Tema: Moenie dat vrees jou lewe beheers nie, tree met geloof in God en vaste vertroue in die toekoms op.

Vergelijkbare documenten
Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

Tema: Dra die vrug van die Gees om meer soos Christus te word. Vooraf sang Sb 9 4: 1,2,3,4 Sb 14 1: 1,3

Welkom by Die Storie God se storie

Jesaja sien die Toekoms

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

Tema: God gee die blydskap van die ewige lewe aan diégene wat in ons boodskap van Jesus Christus glo!

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

Woorddiens Skriflesing: Jakobus 1: 1 8; Jak. 4: 1 5; Jak. 5: Teks: Jakobus 4: 2b en 5: 16 Belydenis: HK vr. 116 en 117 Woordverkondiging

Tema: Troos mekaar met Christus se lewe en sterwe, die bron van ons hoop in lewe en dood.

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Ons hoor hulle het in die land Kanaän gaan woon. (kaart) Kanaän Egipte.

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

Tema: Laat skyn die heerlikheid van God in jou lewe met genade (liefde) EN waarheid!

Tema: Prys die Here vir tweede kanse met jou hele lewe. Vooraf sang Lied 188: 1,3 Lied 200:1,2

Lees Genesis 22 Hoe laat dit wat jy sopas gehoor het jou voel? Hoe laat dit jou voel oor Abraham se situasie en hoe voel jy oor God?

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees?

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

Tema van die dag is ons bekommernisse, en wat om daarmee te maak.

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

Preek Genesis 1:27. (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 6 November 2016)

die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën.

Voorsienigheid van God en Moses

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

Tema: Bely jou geloof in Christus te midde van baie stemme wat Hom ontken.

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê.

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

Goeie Konings, Slegte Konings

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

SKRIFLESING: Handelinge 16: TEKS: Handelinge 16:30-31 HK 23. Wie in die Here Jesus glo, word gered. Psalm 48 : 4.

Wie in die Here glo, vertrou Hom met die bestemming.

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

n Tempel Leier besoek Jesus

Tema: As vreemdelinge op reis deur hierdie wêreld is ons in Christus geanker en kan ons persoonlik en kerklik in Hom groei en in sy koninkryk werk.

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

n Dubbele kruis-belydenis

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

Baie welkom by vanoggend se erediens. Doen asb moeite om ander mense rondom jou te groet

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

Preek 2 Korintiërs 5:7

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

Baie welkom by vanoggend se erediens

Tema: Die doop teken ʼn prentjie en verseker jou van wat God vir jou doen en nie van wat jy vir God doen nie.

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)?

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

Preektema: Die doop is n genadedaad van God aan sondaarmense.

Preek Romeine 9:6-7. (Preek gelewer tydens erediens van Geref. Kerk Welkom op Sondag 15 Julie 2018) Prediker: Ds JL van der Schyff

Preek Genesis 15:5. (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 8 Januarie 2017)

PSALM 40:9. Votum en seën. Psalm 89 : 3. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1933/53) Psalm 50 : 6, 7.

Tema: God is blydskap en Hy maak ons in Christus ook bly! Lofprysing ter voorbereiding van die erediens Ps : 1, 2 Lied 571: 1, 4

God eer Josef die slaaf

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

Geroep vir Gemeenskap

LITURGIE VIR N OOP GESPREK

Preek Romeine 1:16-17

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

Les 2 vir 13 Oktober 2018

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

Tema: God het ons lief en daarom gaan dit altyd goed met ons.

Preek 1 oor gesag (vyfde gebod)

Preek oor: Wat doen die Heilige Gees? Die Heilige Gees laat die wedergeboorte plaasvind

VADERSDAG. Een van die raadslede van die sinagoge, 'n man met die naam Jaïrus, kom toe daar aan. Net toe hy vir Jesus sien, val hy op sy

12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15

Die Groot Gebod dennis de wet

Aanbieding 1 Agtergrond. Skrywer van 2 Petrus

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

En dadelik het daar iets soos skille van sy oë afgeval, en hy kon onmiddellik weer sien; en hy het opgestaan en is gedoop.

Bybel vir Kinders. bied aan. Totsiens Farao!

Preek Handelinge 15:11 en Efesiërs 2:8

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

Preek Romeine 11:36. (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 26 Maart 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff

Tema: Leef jou geloof uit in n persoonlike verhouding met God.

Bybelsondag, Kraggakamma, 29 Augustus 2010

23 Nadat hy hulle deur die rivier gevat het, het hy ook alles wat hy besit, laat deurgaan.

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

Gemeenskap. Wat is n gemeenskap? n Gemeenskap het n hoof/hoof?

Preek deur ds. Jaco van Sittert Vrydag, 14 April Skriflesing: Johannes 19:17-37 Van die eenkant na die anderkant van die kruis.

Van Vervolger tot Prediker

INHOUDSOPGAWE. Voorwoord Doen God al die skuifwerk hier op aarde? God se genade bepaal sy planne God se meesterplan...

Die gebruik van 'n persoonlike joernaal of dagboek

Preek deur ds. Jaco van Sittert Sondag, 2 Julie Skriflesing: Matteus 5:5; Matteus 11:28-30

23. Reëls vir die pad die padgebruikers

Jona en die Groot Vis

SKRIFLESING: Jesaja 6. TEKS: Jesaja 6:3 HK 8. Voor die drie-maal heilige God buig ons laag. Psalm 99 : 1, 2. Psalm 81 : 11, 12

Transcriptie:

1 Tema: Moenie dat vrees jou lewe beheers nie, tree met geloof in God en vaste vertroue in die toekoms op. Vooraf sang Ps. 93-1: 1, 2, 4 (Mel Lied 582) Ps. 48-1: 1, 5 Ontmoetingsdiens Intreelied: Ps. 125-2: 1, 3, 4 (Mel Sb. 18-6) Votum Groetseën Loflied: Ps. 98-1: 1, 2 Gebed Woorddiens Skriflesing: Eksodus 1: 1-2: 10 Handelinge 7: 17-22 Hebreërs 11: 23 Teks: Eksodus 2: 1-4 Woordbediening Antwoorddiens Sing Ps. 46-1: 1, 4, 6 Liefdegawe Losmaking van Oudl Riaan Andersen en diaken Johan Janse van Ryssen Reaksie van / toepassing deur gemeente Gebed vir BnB Evangelisering onder die Islam Sing Sb. 14-2: 1 Seën Amenlied Sb. 13-3.

2 Geliefde brs. en srs. en liewe kinders So twee weke gelede vra ek die graad 9 katkisasiekinders uit oor hulle siening van die toekoms. Hulle reaksie het my geskok: soos een man antwoord hulle dat hulle nie hoop het vir hulle toekoms in die land nie! Hulle kan nie sien hoe hulle werk gaan kry en hoe hulle ʼn toekoms het nie! My gesprekke met huisbesoek die afgelope tyd het dieselfde tendens onder volwassenes getoon. ʼn Totale negatiwiteit oor die situasie in die land en bykans geen hoop vir die toekoms nie. Behalwe dat daar by sommige hierdie apatiese toekomslose uitkyk is wat maak dat mense maar net van dag tot dag voortsleep in hulle bestaan, het vrees ook baie mense se lewens begin beheers! Ons is bang vir geweld, bang vir misdaad, bang vir ʼn lewe sonder toekoms, ja, ons bang vir alles. Bang dat ons kinders nie goeie werk sal kry nie, bang dat daar nie ʼn toekoms in die land is nie! Met die opleef van rassisme die afgelope tyd, hoor jy ook telkens dat mense bang is vir rassegeweld en haat! Die vraag is dus: br. en sr. en kinders: is daar dan nog by ons ʼn vaste geloof in en vertroue op God? As vrees ons lewe begin beheers dan beteken dit tog dat ons ons vertroue in God verloor het? As ons vreesgedrewe begin lewe, dan beteken dit tog dat ons nie meer in God glo nie. In plaas daarvan dat geloof in en vertroue op God ons daaglikse denke en dade rig, word dit deur vrees oorheers en gerig! En waar daar vrees is, is daar geen hoop en geen toekoms nie! Daarom geliefdes, sê die Here vanaand vir jou en my: Moenie dat vrees jou lewe beheers nie, tree met geloof in God en ʼn vaste vertroue in die toekoms op! Kyk ʼn mens na die situasie waarin die gelowiges in Egipte verkeer het, sien mens baie ooreenkomste met ons situasie van vandag. So met lees van Eksodus 1 lees jy van xenofobie, van rassehaat en rassisme, jy lees dat vrees gebruik word om mense se lewens te beheer! Jy lees van skrikwekkende geweld en misdaad waar ʼn doelgerigte uitwissingspoging op die gelowiges gerig word. Jy lees van arbeidsonreg en uitbuiting! Ja, brs. en srs., daar was vir die Israeliete in Egipte menslike gesproke geen toekoms nie. Ons lees in hf 1 : 14 dat die Egiptenaars die lewe vir die Israeliete baie swaar gemaak het! Die Farao het 3 planne in werking gestel om die Israeliete uit te wis. Sy eerste plan was om die Israelitiese mans met fisiese slawe-arbeid op hulle knieë te dwing! En hoe swaarder hy die lewe vir die Israeliete gemaak het, hoe meer het die Here hulle geseën met kinders! Sy tweede plan was om die Israelitiese vroedvroue opdrag te gee met geboorte al die seuntjies dood te maak. (kinders: vroedvrou is ʼn iemand

3 soos ʼn verpleegster wat die mammas kom help met geboorte) Hierdie gelowige vroue was egter meer gehoorsaam aan die Here en daarom seën die Here hulle en die volk nog meer kinders word gebore! En uiteindelik gee hy al die Egiptenare opdrag en mag om die babaseuntjies van die Israeliete in die Nylrivier te gooi. En steeds seën die Here die Israeliete met meer en meer kinders! Geliefdes, ʼn mens kan jou voorstel wat die gesprekke tussen die gelowiges was! Hoe gaan ons hier uitkom! Wie gaan ons help! Daar is vir ons geen toekoms nie! Ons kan nie waag om kinders te hê nie want die Egiptenaars maak al die seuntjies dood! Ons volk word met geweld verdruk, ekonomies uitgebuit en daar is menslikerwys geen toekoms nie! Ons lees later met Moses se roeping dat die Here self vertel hoe swaar hierdie tyd vir die volk was as die Here sê: Ek het die ellende van my volk duidelik gesien en hulle noodkrete oor die slawedrywers gehoor. Die volk het swaar gekry en nie hoop gehad nie! En tog...een gesin tree sonder vrees op! Amram en Jogebed, albei uit die stam van Levi Moses se ouers! Hulle was nie bang vir die Farao en sy planne nie! Hulle het in God geglo en met vertroue in die toekoms opgetree! Jogebed word swanger en Moses word gebore en die ouerpaar sien iets besonders in die toekoms van hierdie kind. Die feit dat daar staan dat Moses mooi was en dat beide Stefanus in sy preek en die Hebreerskrywer hierdie feit aanhaal as die rede waarom hulle hom weggesteek het, sê dat daar iets meer in is as net fisiese mooiheid. Gaan kyk ʼn mens na die salwing van Saul en Dawid dan word in beide met hulle aanwysing as konings, verwys na die feit dat hulle besonder mooi was. Die mooi wees was ʼn Hebreeuse uitdrukking om te verwys na ʼn Goddelike roeping! Dit gaan dus oor die roeping wat God op mense lê! Amram en Jogebed het geweet dat God elke mens in sy raadsplan gebruik en daarom is dit die moeite werd om hulle eie lewe in gevaar te stel sodat Moses gered kan word. Hulle gaan sit ook nie in sak en as nie, maar maak in die geloof planne om Moses se lewe te red. Hulle het presies geweet wanneer die prinses kom bad in die Nyl en alles haarfyn beplan sodat Moses se lewe gered kan word! So ook elkeen van ons! Die Here gebruik elkeen van ons in sy raadsplan om ʼn verskil te maak in die wêreld waar die Here ons roep! Ons moet weet dat elkeen van ons mooi is in die oë van die Here, dat Hy vir elkeen van ons ʼn goddelike roeping en taak het wat ons in geloof moet vervul! Maar brs. en srs. hierdie optree in geloof en vertroue in die toekoms vra ook geweldige offers! Twee keer moes hierdie ouerpaar vir Moses weggee. Die eerste keer daar in die mandjie op die water waar die prinses hom moes vind! Hulle moes hom weggee sodat hy gered kan word. ʼn Vraag aan ouers: sou jy dit kon doen? Wat sou deur daardie ouers se harte gaan om Moses daar in die skippie te los en te kyk wat gebeur?

4 Die tweede weggee was toe hy ongeveer op 5 jarige ouderdom moes teruggaan na die paleis om as die prinses se seun te gaan leef! ʼn Tweede keer moes die ouerpaar in geloof en vertroue op God hulle kind weggee. Want hulle het geweet dat wat Christus ons eeue later sou leer, die waarheid is. Naamlik dat jy eers jou lewe in geloof aan God moet afgee voordat jy dit waarlik terugvind! Jy moet dus eers vir God lewe, jou koninkryksroeping uitleef en dan sal God jou seën. En wat gebeur? God gebruik hierdie enkele gelowige ouerpaar en hulle geloof in God en hulle vertroue in die toekoms, om weliswaar sy volk 80 jaar later te kom red en hulle uit Egipte te lei! Brs. en srs., dink julle Amram en Jogebed het dit geweet daardie dag toe hulle vir Moses in die mandjie gesit het? Nee, maar hulle het geglo en geweet dat God sou sorg! Hulle het absolute vertroue in God gehad dat Hy die uitkoms sou bewerk. Hierdie weggee geloof van Amram en Jogebed is ook die Christusprediking van hierdie teks! God moes ook vir Christus weggee. Hy moes sy eie Seun aan die dood weggee sodat deur die kruisdood Christus ons kon verlos! En brs. en srs., omdat God dit gedoen het, kan ons in Hom glo en vertrou dat daar vir ons ʼn toekoms is! Want ons leer immers in Rom. 8: 15 17 dat die Heilige Gees wat God aan ons gegee het, is nie ʼn gees om weer te vrees nie, maar om as kinders van God te lewe en te roep: Abba, - dit is Vader! Ons kan dus met die vaste vertroue in God leef dat Hy ook vandag vir ons in ons situasie, uitkoms sal bewerk en dat daar vir ons en ons kinders ook ʼn toekoms is! Want wat leer ons van God in hierdie gedeelte? 1. Ons leer dat God in beheer bly! Alhoewel die Farao planne maak om die volk uit te wis, is dit God wat sorg dat die Israeliete geseën word met kinders! Ons moet dus nie vrees nie God regeer! 2. Ons leer dat God bewus is van ons nood! As hy die Israeliete se ellende gesien het en hulle gebede gehoor het, dan doen Hy moes vandag dieselfde! Daarom moet ons onophoudelik bly bid! 3. Ons leer ook dat God sulke tye van beproewing oor sy volk bring, juis ook om hulle geloof en vertroue te toets! Die vraag is of ons die toets deurstaan? 4. Ons leer dat God aan gelowiges geloof en vertroue gee waarmee hulle kragdadig kan optree, al lyk alles hoe hopeloos! 5. Ons leer dat God die uitkoms bewerk op grond van geloof en vertroue in Hom. Dat ons nie moedeloos moet word of hoop moet verloor nie! Maar dat ons in die geloof moet optree! 6. Ons leer ook dat ons ons lewe in geloof moet weggee! Dit moet nie in die eerste plek gaan om ons eie voordeel of geluk nie, maar om in gehoorsaamheid aan en met vertroue in God te leef! Soos Amram en

5 Jogebed moet ons ook leer om ons lewe in diens van God te gee met die wete dat God sal voorsien. Daarom broers en susters, kom ons bekeer ons van ons sondige vrees en twyfel en kleingeloof en ons gryp weer met vaste geloof vas aan God en tree met vertroue in die toekoms op! Kom ons leer ons kinders dat daar ʼn toekoms is, omdat God daar is en omdat ons in geloof in Hom en met vertroue in die toekoms wat Hy skep kan optree! En as dit lyk asof daar menslikerwys geen uitkoms is nie? Dan leef en werk ons gelowige en vertrouend wat ons weet daar is ʼn toekoms in God. Amen