DIE GROOT VERHAAL ASWOENSDAG

Vergelijkbare documenten
Welkom by Die Storie God se storie

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Jesaja sien die Toekoms

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

DIE GROOT VERHAAL ASWOENSDAG

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Ontdek God Saam. (v 1.0) n Riglyn om nuwe groepe te lei

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees?

Januarie Sondag Maandag Dinsdag Woensdag Donderdag Vrydag Saterdag. 24 Sopkombuis 08:00 Snr Kuier 09:30 Kerkraad 18:00

DIE GROOT VERHAAL ASWOENSDAG

Ons hoor hulle het in die land Kanaän gaan woon. (kaart) Kanaän Egipte.

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

God eer Josef die slaaf

Preek Romeine 9:6-7. (Preek gelewer tydens erediens van Geref. Kerk Welkom op Sondag 15 Julie 2018) Prediker: Ds JL van der Schyff

Om makliker saam te dink oor God se goedheid gaan ons weer `n paar handvatsels gee.

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

Pragtige Koningin Ester

DIE GROOT VERHAAL. Jy word uitgenooi om gedurende 2014 hierdie verhaal saam met die NG Gemeente Lyttelton-Oos te ontdek en te ontgin.

23 Nadat hy hulle deur die rivier gevat het, het hy ook alles wat hy besit, laat deurgaan.

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

n Tempel Leier besoek Jesus

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

Bybel vir Kinders. bied aan. Storie 6 van 60.

die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën.

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

Tema: God gee die blydskap van die ewige lewe aan diégene wat in ons boodskap van Jesus Christus glo!

Preek, Ds Freddie Schoeman. Sondag 27 Februarie 2011

Wie in die Here glo, vertrou Hom met die bestemming.

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 3 November 2013 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

Preek 1 oor gesag (vyfde gebod)

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

Bybelsondag, Kraggakamma, 29 Augustus 2010

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Eerder bang Jan as dooie Jan, of eerder dooie Jan as bang Jan?

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

Die Groot Gebod dennis de wet

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

Inhoudsopgawe. Voorwoord

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

Preek deur ds. Jaco van Sittert Vrydag, 14 April Skriflesing: Johannes 19:17-37 Van die eenkant na die anderkant van die kruis.

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II LEERUITKOMS 3 & 4 LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR

Preek Genesis 15:5. (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 8 Januarie 2017)

Lees Genesis 22 Hoe laat dit wat jy sopas gehoor het jou voel? Hoe laat dit jou voel oor Abraham se situasie en hoe voel jy oor God?

jou hele liggaam lig hê. Maar as jou oog sleg is, sal jou hele liggaam sonder lig wees. As jou oë sleg is dit beteken eintlik maar as jou oë slegte

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het.

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

Goeie Konings, Slegte Konings

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

Preek Jan Steyn 1 Maart Teks: Genesis 16:1-15, 17:15-21, 21:1-21 en 25:7-11. Tema: Hoop omdat God my sien en hoor.

Toe God alles gemaak het

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

Toe God alles gemaak het

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies?

10. In Tomas se skoene Johannes 20:19-31

Skriflesing: 2 Tim 2:14-26(word gelees deur gemeentelede uit die banke)

Stephan Joubert skryf gisteroggend in sy Goeie Nuus rubriek in Beeld: Ek wil graag by Stephan aansluit en vir jou vra: hoekom soek jy vir Jesus?

Tema van die dag is ons bekommernisse, en wat om daarmee te maak.

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder.

Van Vervolger tot Prediker

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

DIE GROOT VERHAAL BYBELLEESPROGRAM

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap.

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer

Bybel vir Kinders. bied aan. Totsiens Farao!

DIE GROOT VERHAAL BYBELLEESPROGRAM BAIE GELUK!

Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 5 OKTOBER 2014 Hartlik welkom in die erediens vanoggend

n MAAND MET RUT 1-28 Augustus 2016 Week 1 Die skrywer van Rut is onbekend, al sê party bronne dat Samuel dit dalk geskryf het.

23. Reëls vir die pad die padgebruikers

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3.

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê.

LITURGIE VIR N OOP GESPREK

DIE GROOT VERHAAL BYBELLEESPROGRAM WOENSDAG 27 AUGUSTUS KERKRAADSVERGADERING 19H00

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

VADERSDAG. Een van die raadslede van die sinagoge, 'n man met die naam Jaïrus, kom toe daar aan. Net toe hy vir Jesus sien, val hy op sy

Baie welkom by vanoggend se erediens

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

Paulus en sy vriende vertel ander van God

Jnr. Kategese 22 Januarie 2017 Visvang vir Jesus! Matteus 4: 12-23

26. Ek kies om die Here te dien Daniël 6

PINKSTER (5)6 Junie 10:00 Ds Odie Odendaal 19:00 Sien bladsy 3

Petrus en die Krag van Gebed

10. Ek is by julle Matteus 28:16-20

Transcriptie:

SONDAG 16 FEBRUARIE 09:00 Erediens: Freddie Schoeman Week 3: Josef Doopgeleentheid Kindereredienste 10:00 Senior Kategese 16:00 Bybelskool 18:00 Aanddiens MAANDAG 17 FEBRUARIE 18:00 etydskrifvergadering 19:00 Bedryfspanvergadering DINSDAG 18 FEBRUARIE 09:00 Sustersbiduur / Bybelstudie WOENSDAG 19 FEBRUARIE 17:00 Biduur VRYDAG 21 FEBRUARIE 06:30 Grace Manna 18:00 Koffiehuisbesoek SONDAG 23 FEBRUARIE 09:00 Erediens: Freddie Schoeman - Week 4: Moses Doopgeleentheid Ordening en bevestiging van Lode wyk Sutton Kindereredienste 10:00 Senior Kategese 16:00 Bybelskool 18:00 Aanddiens (Nagmaal) DINSDAG 25 FEBRUARIE 09:00 Sustersbiduur / Bybelstudie WOENSDAG 26 FEBRUARIE 17:00 Biduur 19:00 Kerkraadsvergadering VRYDAG 28 FEBRUARIE 06:30 Grace Manna 18:00 Koffiehuisbesoek SONDAG 2 MAART 09:00 Erediens: Lodewyk Sutton - Week 5: Josua Doopgeleentheid Kindereredienste 10:00 Senior Kategese 16:00 Bybelskool 18:00 Aanddiens (Nagmaal) Ned Geref Gemeente Lyttelton-Oos DIE HEROUT Sondag, 16 FEBRUARIE 2014 Hartlik welkom in die erediens vanoggend Webtuiste: www.lytteltonoos.org.za NUWE INTREKKERS Ons wil julle graag so gou moontlik tuis laat voel en deel maak van ons geloofsgesin! Bly gerus na die diens agter dan ontmoet ons mekaar voor die kansel. Julle kan ook ds Freddie Schoeman (084 581 8139) of Madelaine Steyn (0126644458) skakel. VOORBIDDING Willem en Lien Badenhorst (Van Riebeecklaan 285, 0829240293) met Willem wat herstel na ʼn ernstige operasie. Anadra en Phillip Crafford (Van Riebeeckln 196) met Anadra wat onder behandeling is. Vic en Hennie Haupt, (Langebrinkweg 49, 0827748664) met Hennie wat herstel na ʼn oogoperasie in binnekort ʼn tweede operasie moet ondergaan. Almal wat finansiële druk ervaar weens petrolprys, e-tol, hoër rentekoers en gepaardgaande prysstygings in voedsel ens. John en Anita Dean (0828524327) met Anita wat geval en haar rug seergemaak het. ASWOENSDAG Nagmaal 5 Maart 2014 19:00 (sien bladsy 11) Bianca van Graan en Lodewyk Sutton is amptelik as deeltydse vaste termyn kontrakleraars beroep na NG Lyttelton-Oos. Mag die Here hulle duidelik lei terwyl hulle dit biddend oorweeg. DIE GROOT VERHAAL As daar één verhaal is wat almal op aarde moet hoor en lees en verstaan, dan is dit God se groot verhaal. Dis ʼn verhaal vol waarheid, energie en lewenskrag. Dis opwindend, spannend, vol emosie en drama. Dit vertel van die weg, die waarheid en die lewe. Dit gee antwoorde op ons diepste lewensvrae. Dis soms hartseer en teleurstellend maar uiteindelik vol hoop. Ons noem hierdie aangrypende verhaal Die Groot Verhaal en is vir ons in die Bybel opgeteken. Jy word uitgenooi om gedurende 2014 hierdie verhaal saam met die NG Gemeente Lyttelton-Oos te ontdek en te ontgin. Deur Die Groot Verhaal wat die Bybel vertel wil die Here vir ons n besondere boodskap oordra n boodskap wat ons in sy grootste omvang eers verstaan wanneer ons die Bybel as geheel van voor tot agter lees. Dis n groot voorreg wat ons het om hierdie verhaal te kan volg. Selfs die skrywers van die onderskeie Bybelboeke was nie eers bewus daarvan dat hulle maar slegs n gedeelte van Die Groot Verhaal op skrif stel nie. Die Groot Verhaal van die Bybel gaan hierdie jaar by 28 erediensgeleenthede aan die orde kom. Dit sal telkens gevolg word deur 'n Bybelskoolgeleentheid waar dieper gedelf gaan word. Die kategeselesse sal daarby aansluit en gesinsbyeenkomsriglyne sal daarvolgens opgestel word. Groeigroepe sal ook die groot temas van die verhaal bespreek. As jy nog nie deel is van die reis nie, kan jy enige plek inval. Meer inligting: http://bybelsegrootverhaal.wordpress.com/ of op facebook: https://www.facebook.com/diegrootverhaal?ref=hl 1 2

WEES DEEL VAN IETS GROOT EN OPWINDEND HELP OM LYTTELTON-OOS SE VISIE TE REALISEER Deur betrokke te raak by die aktiwiteite van die Bedieningspan of Bedryfspan van die gemeente kan jy 'n onskatbare bydrae lewer om dissipels wat vrugte dra te vorm. So verheerlik ons die Vader (Joh. 15:8), vul ons ons gemeenskap met liefde, vreugde en vrede en maak ons 'n stukkend wêreld heel. Die Bedieningspan gee aandag aan die prosesse wat hieronder geïllustreer word, naamlik die Inkomproses (waar ons mense deel maak van die gemeente), Versorgingsproses (waardeur ons omsien na mekaar), Toewydingsproses (waardeur ons nader aan God beweeg), Toerustingsproses (waardeur ons ons potensiaal ontdek en diensbaar raak), Uitstuurproses (waardeur ons 'n verskil maak in ons wêreld). Volgende Bedieningspanvergadering: Maandag 27 Januarie 2014 om 19:00. Die Bedryfspan se taak is om die prosesse te ondersteun deur die nodige fasiliteite daar te stel (Taakspan vir Eiendom), die administrasie van die gemeente te behartig (Taakspan vir Administrasie), na die personeel van die gemeente om te sien (Taakspan vir Personeel), die nodige fondse in te samel en te bestuur (Taakspan vir Finansies) en om te sorg dat al die lidmate op hoogte is van die gemeente se aktiwiteite (Taakspan vir Kommunikasie) Volgende Bedryfspanvergadering: Maandag 20 Januarie om 19:00 Wie doen wat in Lyttelton-Oos Voorsitter van die Kerkraad Lourens Botha 0823396136 lourensbotha2000@gmail.com Leier van die Ouderlingraad Johan Bauer 0833053768 bauer@triconet.co.za Leier van die Diakonie Pierre Blignaut 0824668990 pblignaut@mweb.co.za Bedieningspanleier Schalk Meyer 0825200186 m@m.co.za Leier Inkomproses Tania Roos 0829589417 taniar@dinersclub.co.za Bedieningsleier: Tee Madelaine Steyn 0126644458 ngk@lytteltonoos.org.za Leier Versorgingsproses Madelaine Steyn 0126644458 ngk@lytteltonoos.org.za Leier Voedingsproses Freddie Schoeman 0845818139 fredschoeman@mweb.co.za Orrelis Dolly Pienaar 0790383883 Bedieningsleier: Projeksiespan Johan Freysen 0828055330 freysen@telkomsa.net Bedieningsleier: Groeiproses Tian Dry 0823206477 tiandryhuis@gmail.com Bedieningsleier: Groeigroepe Tian Dry 0823206477 tiandryhuis@gmail.com Bedieningsleier: Jeug Tian Dry 0823206477 tiandryhuis@gmail.com Leier Uitstuurproses Schalk Meyer 0825200186 m@m.co.za Bedieningsleier Grace Manna Heinz Meissner 0828068530 heinzmeissner@vodamail.co.za Bedieningsleier Koffiehuis Schalk Meyer 0825200186 m@m.co.za Bedryfspanleier Helét van der Merwe 0835560532 gardini@live.co.za Taakspanleier: Eiendomme Gerhard Steyn 0848699656 gjsteyn@telkomsa.net Koster Willem Scholtz 0828539588 wil.scholtz@gmail.com Taakspanleier: Administrasie Madelaine Steyn 0126644458 ngk@lytteltonoos.org.za Taakspanleier: Finansies Jannie Badenhorst 0824166674 jannie.badenhorst@udtrucks.co.za Taakspanleier: Kommunikasie Tandi van Niekerk 0768783646 tandivn@gmail.com Taakspanleier: Personeel Faan Buys 0833040424 faanbu@gmail.com Administratiewe Beampte Madelaine Steyn 0126644458 ngk@lytteltonoos.org.za 3 4

BELANGRIKE DATUMS VIR 2014 Die jaarprogram van die gemeente het weer eens net een groot doel voor oë: Om dissipels wat vrugte dra tot eer van die Vader te vorm. Daarom is die program so ontwerp en saamgestel om elke lidmaat die geleentheid te gee om geestelik te groei en sterk te word. Doen dus moeite om nou reeds die datums hieronder in jou dagboek aan te teken sodat jy nie dalk 'n belangrike groei-geleentheid misloop nie. Oggenddienste: Elke Sondag om 09:00 Aanddienste: Sommige Sondagaande om 18:00 (Sien Almanak) Bedieningspanvergaderings: Een maal per maand op ʼn Maandag om 19:00 (Sien almanak) Bedryfspanvergaderings: Twee maal per maand op ʼn Maandag om 19:00 (Sien almanak) Bybelskoollesings: Sondae om 16:00 17:30 Grace Manna: Vrydagoggende om 06:30 08:00 Koffiehuisbesoeke (Straatbediening): Twee maal per maand op Vrydagaande om 18:00 (Sien almanak) Junior Kategese (Kindereredienste): Elke Sondag in die kwartaal om 09:00 Senior Kategese: Elke Sondag in die kwartaal om 10:00 (net na oggenddiens) Jeugbash: Vrydae 28 Maart, 27 Junie en 28 November 2014 om 18:00 (Skakel Tian Dry) Klub Immergroen: Uitstappie 21 Mei om 09:00 asook 17 September om 09:00 Die Groot Verhaal: Reeks het begin op Sondag 2 Februarie (sien almanak) Aswoensdag: Nagmaal Woensdag 5 Maart om 19:00 Ontdek jou Potensiaal: Sondae 9 Maart, 25 Mei en 31 Augustus om 11:00 18:00 (Skakel Carla Pretorius) Vroueoggendtee: Saterdag 15 Maart 2014 om 09:00 (met Nadia Valvekens van Binneland-faam) Skolliekampe: 31 Maart 6 April 2014 en 28 April 4 Mei (Skakel Freddie Schoeman) Emmaus Walks vir Manne: 3 6 April en 14 17 Augustus 2014 Emmaus Walks vir Vroue: 10 13 April en 21 24 Augustus 2014 Gholf-dag: 22 Mei 2014 by Pebble Rock. Skakel Pierre Blignaut (0824668990) Manne-oggend: Saterdag 24 Mei 2014 om 10:00 (met Johan Badenhorst van die TV-program Voetspore) Groot Lydensweek: Sondag 13 April tot Saterdag 19 April 2014 Paassondag: Sondag 20 April 2014 Pinksterbidure: Maandag 2 Junie tot Donderdag 5 Junie (10:00 en 19:00) Nataniël: Saterdag 26 Julie 2014 om 11:00 Gemeenskapsete (met Randall Wicomb): Vrydagaand 29 Augustus19:00 PARKNAVAL: Saterdag 30 Augustus vanaf 09:00 Gemeentekamp: 10-12 Oktober 2014 Oesfees: Sondag 26 Oktober 2014 vanaf 12:00 Kerssangdiens: Sondag 30 November 2014 om 19:00 VROUWEES Damesoggend Kom en geniet 'n heerlike oggend saam die aktrise Nadia Valvekens van Binneland. Ons tema is Vrouwees. Datum en plek: 15 Maart om 10h00 die oggend by NG Lyttelton Oos Koste: R150 per persoon Kontak Lodewyk by 072 157 1190 vir kaartjies Ons gaan saam die paar Werner en Rozanne Kaths lofprysing doen en daar gaan heerlike versnaperings wees. BETALINGS Betalings vir die damesoggend kan gemaak word in die gemeente se rekening (ABSA Lyttelton Rek No 0600 580 159). Gebruik die verwysing: Dames + Van. Bewys van betaling moet gestuur word aan lodewyksutton@gmail.com of 0721571190. Daar is nie formele kaartjies beskikbaar nie. Indien gasvrouens kaartjies verkoop kan hulle net die inbetaling maak van hulle tafel en bewys deurstuur. GASVROUENS NOG GESOEK Ons soek nog 6 gasvrouens asseblief. Dit behels die verkoop van sitplekke en die dek van 'n tafel vir die oggend saam met die gaste aan wie u die sitplekke verkoop het maar géén kosvoorbereiding nie. Dit sal baie waardeer word as u ons hierin kan behulpsaam wees. PRYS VIR MOOISTE TAFEL Daar is 'n prys vir die tafel wat die mooiste lyk: 'n Placecol geskenkbewys. 5 6

Preek Sondag 9 Februarie 2014 Ons het verlede weet gesien dat God die hemel en die aarde goed en reg mooi gemaak het en toe die mens (man en vroue) aangestel het om dit te bewaak en te bewaar. Hulle het egter nie dit gedoen nie en uiteindelik het die afwaartse spiraal van haat, jaloesie, bitterheid, geweld ens. gelei tot die sondvloed. Nadat Noag en sy gesin gered is deur die ark, het die boosheid van die mens nie opgehou nie. Dit het sy hoogtepunt (laagtepunt?) bereik met die simbool van menslike arrogansie en hoogmoed met die bou van die Toring van Babel. Dit is op hierdie punt dat God dan ingryp en ʼn langtermyn plan van redding instel: die roeping van een mens wat Hy dan uitbou tot ʼn groot nasie waaruit die Messias later gebore sou word. Hierdie een mens se naam was Abraham en dit is op hom en sy vrou Sara dat ons vanoggend gaan fokus. Dit is ʼn verhaal van geloof en vertroue, maar ook ʼn verhaal van twyfel en wantroue. Dit kon net sowel ons verhaal gewees het, en is in ʼn sekere sin ook. Die verhaal begin met die roeping van Abraham. Sy naam was toe nog Abram. Trek uit jou land uit, weg van jou mense en jou familie af na die land toe wat Ek vir jou sal aanwys. 2 Ek sal jou n groot nasie maak, Ek sal jou seën en jou n man van groot betekenis maak, en jy moet tot n seën wees. 3 Ek sal seën wie jou seën, en hom vervloek wat jou vervloek. In jou sal al die volke van die aarde geseën wees. (Genesis 12:1-3) Die Here maak basies drie beloftes aan Abraham: ʼn Groot nageslag, ʼn land, en: dat al die volke van die aarde in hom geseën sal wees. Dit is veral met die derde belofte dat ons God se reddingsplan vir die mensdom in ʼn neutedop sien. God kies een mensepaar (Abram na Sarai) en bou hulle uit tot ʼn nasie. Die doel van daardie nasie was om tot ʼn seën vir die ander mense in die wêreld te wees. Dit is wat dit beteken het om die uitverkore volk van God te wees. Hulle is nie uitgekies omdat hulle so wonderlik en goed was nie, hulle is uitgekies om iets te gaan doen, naamlik om die lig vir die nasies te wees. Dit was hulle roeping en opdrag. Soos die verhaal van die Bybel verder vertel word sal ons sien dat hulle te veel en te dikwels deel van die probleem is in stede van deel van die oplossing, maar dit neem nooit hulle oorspronklike doel, hulle oorspronklike roeping en opdrag weg nie. Maar kom ons fokus vandag op Abraham. Ons sien dat hy gehoorsaam is aan die Here en wegtrek en uiteindelik in Kanaän, die beloofde land, gaan woon. Die eerste ding wat ons met raaksien is dat Abraham nie die ideale soort persoon is om hierdie groot reddingsplan mee te begin nie. Hy het ʼn paar dinge wat nie in sy guns tel nie. Eerstens: hy kom nie uit ʼn gesin wat die Here dien nie. Tera was waarskynlik ʼn aanhanger van die maangodsdiens. Haran, waar die gesin gebly het nadat hulle uit Ur uit weggetrek het, was die groot sentrum van die maangodsdiens. Abraham het dus nie ʼn goeie geslagslyn gehad nie. Sy bloed was nie blou nie. Tweedens: Abraham en Sara was nie meer vandag se kinders nie. Toe Abraham die opdrag gekry om te trek was hy reeds 75 jaar oud. Dit is weer eens ʼn aanduiding dat daar in die koninkryk van God geen aftreeouderdom is nie! Derdens: Hulle was kinderloos. Hoe sou daar uit hulle ʼn nageslag kon kom soos die Here belowe het? 25 jaar na Abraham getrek het, toe hy 100 jaar oud was, het hulle nog steeds nie ʼn kind van hulle eie gehad nie. Dus: nie die ideale paar nie. Wanneer die Here jou roep mag jy miskien sê: nie ek nie. Ek is nie goed genoeg nie, ek is nie gekwalifiseerd genoeg nie, ek is nie oud / jonk genoeg nie. Wanneer die Here jou roep is die enigste kriterium: is jy bereid om op Hom te vertrou en te doen wat Hy van jou vra? Abraham was en dis waarom hy die vader van die gelowiges genoem word. Beteken dit nou dat Abraham perfek was? Of dat Sara perfek was? Die res van die verhaal wys dit uit: Abraham en Sara was gewone mense net soos ons. Genesis 12:10... 10 Daar was hongersnood in die land, n baie swaar hongersnood, en Abram het na Egipte toe getrek om daar n heenkome te vind. 11 Toe hy op die punt staan om Egipte binne te gaan, sê hy vir sy vrou Sarai: Ek weet jy is n mooi vrou. 12 Wanneer die Egiptenaars jou sien, sal hulle sê: Dis sy vrou, en hulle sal my doodmaak, maar vir jou sal hulle laat bly lewe. 13 Sê tog maar jy is my suster dat dit met my goed kan gaan oor jou, en my lewe deur jou toedoen gespaar word. 14 Toe Abram in Egipte aankom, het die Egiptenaars gesien hoe mooi sy vrou is. 15 En toe die farao se amptenare haar sien, het hulle haar by hom aanbeveel, en sy is na die farao se paleis toe gevat. 16 Hulle het aan Abram goed gedoen oor haar en vir hom kleinvee en beeste gegee; ook donkies, slawe en slavinne, donkiemerries en kamele. 7 8

Dink ʼn bietjie: wat moes dit aan Abraham en Sarai se verhouding gedoen het? Sy moet by ʼn vreemde man slaap terwyl háár man al hou ryker word? Dit laat my dink aan die rolprent Indecent proposal. Dit was ʼn onhoudbare situasie! Die Here gryp in: 17 Maar die Here het die farao en sy huis met swaar plae getref oor Sarai die vrou van Abram. 18 Toe roep die farao vir Abram en vra hom: Wat het jy my aangedoen? Waarom het jy my nie gesê sy is jou vrou nie? 19 Waarom het jy gesê sy is jou suster, sodat ek haar as my vrou gevat het? Hier is jou vrou dan. Vat haar en maak dat jy wegkom! 20 Toe het die farao aan sy amptenare bevele oor Abram uitgereik, en hulle het hom en sy vrou met al sy besittings uit die land uit gestuur. Dit was nie Abraham se beste oomblik nie. Die Here verwerp egter nie vir Abraham nie. Hy herhaal sy beloftes aan hom en sluit met hom n amptelike verbond. En dan in hoofstuk 20: Abraham het van Mamre af weggetrek na die Suidland toe en hom tussen Kades en Sur gaan vestig. Toe hy op n keer in Gerar gewoon het, 2 het hy voorgegee sy vrou Sara is sy suster. Koning Abimelek van Gerar het haar toe laat haal om met haar te trou. (Genesis 20:1-12) Klink bekend? Abraham leer nie sy les nie. Hy trap ʼn tweede keer in dieselfde slagyster! En dit is maar baie soos ons, is dit nie? Ons vertrou die Here in die groot dinge, maar wanneer dit kom by die klein dinge, dan struikel ons. Ons vertrou die Here vir ons redding maar ons vertrou Hom nie met ons finansies of met ons verhoudings nie. Ten spyte daarvan wil die Here ons, net soos vir Abraham gebruik. Hy wil ons gebruik om ʼn stukkende wêreld heel te maak. Hy wil ons gebruik om ʼn geestelike nasie te bou. Sy belofte aan ons is ʼn geestelike nageslag as ons bereid is om Hom te vertrou. Ons bou ʼn geestelike nageslag deur geloof aan ons kinders oor te dra, deur mense van die Here te vertel, om dissipels te maak soos Jesus van ons vra. Ons doen dit deur mense uit te nooi om saam eredienste by te woon, ons doen dit deur mense bloot te stel aan die evangelie en die liefde van God. ---ooo---000---ooo--- Terug na die verhaal: die een jaar na die ander gaan verby en dit lyk asof die belofte van ʼn nageslag nie gaan realiseer nie. Sara maak toe ʼn plan: sy gee Hagar, haar slavin vir Abraham sodat hulle kan begin om die nageslag deur haar te bou. En Abraham het saamgestem met sy vrou (!) Ten spyte van die feit dat dit Sara se voorstel was, verwyt sy vir Abraham na die tyd: 5 Toe sê Sarai vir Abram: Jy dra die skuld vir hierdie onreg wat ek moet verduur. Ek het my slavin vir jou gegee om met haar gemeenskap te hê, en noudat sy agterkom sy is swanger, minag sy my. Mag die Here hierdie saak tussen my en jou uitwys. (Genesis 16:5) Owerspel is nooit ʼn goeie idee nie! Die verhaal vertel verder hoe dit gelei het tot groot smart vir Hagar en Ismael. Om af te wyk van die Here se plan lei dikwels tot groot smart. Uiteindelik word Isak gebore. Vreugde! Maar: hierna kom Abraham se grootste toets. Gaan offer jou seun, die enigste wat jy liefhet. En Abraham, sonder om teë te praat, sonder om te murmureer, gehoorsaam. ʼn Daad van geloof? Miskien. Maar miskien ook nie. Is dit nie vreemd dat Abraham nie met die Here stry nie? Hy het dit immers gedoen toe die Here Sodom en Gomorra wou straf. Hy het dit gedoen ter wille van sy broerskind hoekom nie vir sy eie seun nie? Ons het hier te doen met die hart van wat geloof regtig is: geloof is nie noodwendig altyd nie blinde gehoorsaamheid nie. Geloof is om in ʼn verhouding met die Here te wees. Binne hierdie verhouding kan ons maar onsself wees. Ons kan maar met ons twyfel na die Here toe gaan. Ons kan maar met die Here stry. Blinde geloof het al dikwels tot groot tragedies gelei. Blinde geloof maak dat vliegtuie in geboue vasvlieg, dit maak dat mense bomme om hulleself vasbind en busse en restaurante opblaas. Ons doen soms baie onverantwoordelike dinge in die naam van godsdiens. Soms moet ons vra: regtig Here? Is dit wat U wil hê? Geloof beteken om vrymoedigheid voor God te hê om te stry en vrae te vra sonder die vrees vir verwerping. Ek vermoed die Here was bietjie teleurgesteld in Abraham. Ons lees nêrens verder dat Abraham en die Here weer regtig met mekaar gepraat het nie. Dis asof die naby-verhouding wat hulle gehad het, iets van die verlede was. Dit het nie beteken dat die Here Abraham verwerp het nie; inteendeel, die Here herhaal sy beloftes. Hy veroordeel nie vir Abraham nie. Uiteindelik, beteken geloof ook om alles op die altaar te plaas, soos Abraham. Geloof beteken algehele oorgawe en om niks terug te hou nie. Dit is Ek, die Here, wat praat. Ek lê n eed af by Myself dat Ek jou baie 9 10

sal seën oor wat jy gedoen het: jy het nie geweier om jou seun, jou enigste seun, aan My te offer nie. Ek sal jou vrugbaar maak en jou nageslag so baie maak soos die sterre aan die hemel en soos die sand van die see. Jou nageslag sal die stede van sy vyande in besit neem. 18 In jou nageslag sal al die nasies van die aarde geseën wees, want jy het My gehoorsaam. (Genesis 22:17-18) BINNEKORT: 'N E-TYDSKRIF VIR LYTTELTON-OOS! Hoekom 'n e-tydskrif? Dit is nog 'n manier waarop ons lidmate en lesers wil help om geestelik te groei en nader aan die Here en nader aan mekaar te beweeg. Daarom beoog ons 'n tydskrif vol: Wanneer ons alles op die altaar plaas kan die Here groot dinge deur ons doen. Ons kan ʼn seën vir die nasies van die aarde wees. Ons kan dan ʼn stukkende wêreld heel maak. Maar dan moet ons bereid wees om alles te gee en niks terug te hou nie. Ons moet alles op die veld los. interessante leesstof wat vermaak en verryk nuus oor die gemeente en ander gelowiges oor die wêreld 'n briewekolom en gereelde rubrieke foto's en blokkiesraaisels, resepte ens. ens. ens. Dan is ons deel van God se groot reddingsplan. ASWOENSDAG Nagmaal Woensdag 5 Maart 19:00 Aswoensdag is die begin van Lydenstyd. Dit is 'n tyd van verootmoediging voor die Here en hertoewyding aan die Here. Aswoensdag is 'n geleentheid om weer 'n vaste besluit te neem om die pad agter Jesus aan te stap, om een van sy dissipels te wees en om die wêrel te vul met liefde, vrede en vreugde. Gebed vir Aswoensdag: Jesus, U plaas op my voorkop die teken van u reddende kruis: "Die koninkryk van God het naby gekom, bekeer jou en glo die evangelie." Hoe kan ek die evangelie glo en nie die pad agter U aan te stap nie? U praat, U steek u hand uit en raak my aan en roep my by die naam: "Ek sal jou 'n visser van mense maak." Mag hierdie dae, o Heer, vol van u seëninge wees. KLANKOPNAMES VAN PREKE IS BESKIKBAAR BY http://www.lytteltonoos.co.za Wat kort ons? Ons kort 'n NAAM. Ons wil graag voorstelle van die gemeente hê. Sover het ons gedink aan: Die Môrester, Die Kerkmuis, Die Vrugtebak, Die Sonneblom, Die Oggendson. Watter ander name kan julle aan dink? Ons kort 'n redaksie. Almal wat belang stel om deel van die redaksie te wees kan more-aand se vergadering om 18:00 in die bo-kamer bywoon. Ons wil graag die volgende redaksieposte vul: Redakteur, Nuusredakteur, Sub-redakteur, Verslaggewers, Rubriekskrywers, Jeugredakteur ens. Manier van publikasie: elektronies. Dit sal dan in PDF formaat aan elke gemeentelid uitgestuur word. Daar sal op versoek 'n beperkte aantal gedruik word. HULP EN TOERUSTING VIR SIMON Dringende versoek: Het u dalk ekstra gereedskapstukke wat u aan Simon kan skenk wat sy werk makliker kan maak? Hy het ook 'n staalkas nodig waarin hy die gereedskapstukke kan wegsluit. Sakel my gerus. Gerhard Steyn Landlyn: 012 664 4379 Selfoonnommer: 0848699656 E-pos adresl: gjsteyn@telkomsa.net WEGNEEMETES Ons wil graag een maal per maand n Wegneemete Restaurant begin by die kerk waar elke streek 1x per jaar kans kry om die Restaurant te beman. (Ons soek ʼn naam stuur voorstelle aan ngk@lytteltonoos.org.za) Streek een begin in Februarie met Rib en Tjips. Dit sal altyd die laaste Vrydag aand van die maand wees. Elke streek het n koördineerder (Ouderling en diakens van jou streek). Die wegneemetes sal streng volgens bestelling voorberei word. Vir enige navrae in dié verband is u welkom om die Kerkkantoor of Helét vd Merwe te kontak. 11 12

GRACE MANNA 2014 Kom bedien werksoekers in nood met die liefde van die Here en maak ʼn verskil in ons omgewing. Vrydagoggende van 06h30 tot 08h00. WORD DEEL VAN EEN VAN ONS GEBEDSNETWERKE OP "WHATSAPP" Skakel vir Tian Dry by 0823206477 VAKANSIEHUIS TE HUUR NATAL SUIDKUS : Leisure Bay 3 Slaapkamers Alle geriewe behalwe beddegoed Veilige parkering Stapafstand na n veilige seestrand Beskikbaar enige aantal dae vanaf 1 Maart 2014 tot 12 April 2014. R400 per dag Skakel Dries vd Merwe 0720246393 "JOU NUTSMAN" Kontak JAAP by 083 469 4397 (of Anje by 082 878 1541) as u opsoek is na n vriendelike, doeltreffende en bekostigbare Nutsman. Ons werk is betroubaar en deeglik en ons kan jou met byna enigiets help. BOOMSLOPING SNOEI VAN BOME EN STRUIKE ONS VERSKAF OOK KAGGELHOUT KONTAK : ERNST 083 656 4992 As jy nie toegang tot WhatsApp het nie word dan deel van ons e-pos gebedsnetwerk deur 'n e-pos te stuur aan: gebed@lytteltonoos.org.za Ontdek jou Potensiaal Wat is jou lewensdoel? Waarvoor is jy in die wieg gelê? Watter natuurlike vermoëns het die Here vir jou gegee? Die Ontdek jou Potensiaal seminaar help deelnemers om groter insig in hulleself te kry en so ook hulle lewensroeping en die soort dienswerk waarvoor die Here hulle geskep het, beter te verstaan. Daar is hierdie jaar nog twee geleenthede: 18 Mei en 10 Augustus. Om in te skryf: SMS "Ontdek jou Potensiaal" en jou naam na Carla Pretorius by 0723997648. 13 14

Goeiedag, Ek is n 24 jarige, vierde-jaar student by Tuks, Groenkloof Kampus, op soek na n woonstel te huur so spoedig moontlik. Ek is afkomstig van Zimbabwe en dus is my finansies beperk. My ouers betaal my studies dus kan ek net R3000 per maand bekostig vir n blyplek. Verkieslik n semi gemeubuleerde plekkie sal doen. Ek is n Christen, netjies, lief vir kinders en diere. Indien iemand my kan help, skakel my asb op sel nr. 0763433637. Talita Delport HERDENKINGS BELYDENIS VAN GELOOF Van Noemnaam Datum van Kortadres Belydenis Landlyn Selfoon Swanepoel Swannie 21/02/1965 Df Malanln 203 083 455 9325 27814303883 DOOPHERDENKINGS Van Noemnaam DOOPDATUM Kortadres Landlyn Selfoon Bothma Rochelle 16/02/2003 De La Reyweg 16 664 8578 27828587389 De Villiers Phillip 19/02/2006 Dianastr 37 072 340 1670 27825558397 Le Roux Gideon 18/02/1990 Van Riebeeckln 114 664 3229 27825656312 Piccioli Milané 21/02/2010 De La Reyweg 26. 664 2149 27812701145 HUWELIKSHERDENKINGS Van Noemnaam Huweliks datum Kortadres Landlyn Selfoon Roos Arie & Tania 20/02/1993 Cantonmentsweg 1 664 2943 0825786595 / 0829589417 Van Staden Ryno & Annalize 21/02/2004 Cantonmentsweg 11 664 8117 27825698556 / 0823225584 15 VERJAARSDAE Van Noemnaam Verjaar Kortadres Landlyn Selfoon Du Preez Hans-Jurie 02/16 Smutsln 334 664 4145 278290896 56 Els Zelda 02/16 Fitzpatrickweg 11 664 8316 278480056 56 Fourie Elize 02/16 Hans Strijdomln 644 0134 278378103 215A 54 Kotze Coenie 02/16 Hans Strijdomln 644 1183 79B Badenhorst Ivan 02/17 Ridgebachstr 719 082 855 0773 278285507 73 Meier Marie 02/17 Smutsln 124 664 4790 278247395 88 Roets Gerhard 02/17 Df Malanln 26 082 054 8438 Momberg Jacques 02/18 Df Malanln 99 664 8027 277922320 86 Bareuther Ronald 02/19 Reestland WS 9 644 0273 278341437 61 Crafford Ryno 02/19 Van Riebeeckln 082 965 278277058 196 8609 84 Roets Hannes 02/19 Df Malanln 26 082 054 8438 Wessels Rusty 02/19 Hans Strijdomln 664 1809 130 Ella Clayton 02/20 Krugerln 14 664 3548 Roets Willem 02/20 Df Malanln 26 082 054 8438 Coetzer Toi 02/21 Krugerln 230 664 8485 Van Der Christo 02/21 Hans Strijdomln 664 6645 278344723 Berg 145(A) 54 Venter Marié 02/21 Hans Strijdomln 082 809 278460207 212A 2361 70 Gordon Matthew 02/22 Hans Strijdomln 084 627 278462710 82(b) 1043 43 Roeloffze Kruge 02/22 Df Malanln 29 664 4096 278241776 49 16