Om makliker saam te dink oor God se goedheid gaan ons weer `n paar handvatsels gee.

Maat: px
Weergave met pagina beginnen:

Download "Om makliker saam te dink oor God se goedheid gaan ons weer `n paar handvatsels gee."

Transcriptie

1 1 God se goedheid en Abraham Lees Efesiërs 3:16-21 INLEIDING Ons is besig met `n reeks preke wat handel oor wie God is. Hoe langer ek hiermee besig is, hoe meer kom ek agter dat dit nogal voorbarig is om `n tema soos Wie is God te hê, want selfs al sou ek al die regte teologiese terme gebruik om God te beskryf sal ons Hom self daaruit nie heeltemal kan ken nie. Hy is net heeltemal te groot daarvoor. Maar verdra my maar as ons tog gaan probeer om iets van God te verstaan, want om God reg te ken, is uiters belangrik, sodat ons Hom met die nodige kennis en vertroue kan dien. Vandag fokus ons op die goedheid van God. Die tema kon ook God se liefde gewees het, maar ek kies juis die term goedheid, omdat die woordjie liefde so `n afgewaterde betekenis in ons tyd gekry het. God se goedheid omsluit egter sy liefde en herinner ons aan die grootheid daarvan. Soos die gebruik is, probeer ek `n definisie gee van hierdie eienskap van God. Def: God kies mense uit sy goedhartigheid en gee aan hulle onverdiende liefde en genade. Om makliker saam te dink oor God se goedheid gaan ons weer `n paar handvatsels gee. God kies uit Goedhartigheid Onder hierdie handvatsel wil ons onthou wat ons reeds by vorige geleenthede geleer het, nl. dat God alwetend en almagtig is. Omdat God alles weet, en omdat Hy almagtig is kies Hy sekere mense om Hom te dien. Vir party is hierdie gedagte van uitverkiesing `n probleem en selfs iets wat onregverdig is, maar, as God als weet, en Almagtig is, dan beteken dit eintlik dat Hy nie `n fout kan maak nie, ook nie met sy keuse nie. Wie sou jy eerder met die keuse wou vertrou? Ons leer in Ef. 1:4 4So het Hy, nog voordat die wêreld geskep is, ons in Christus uitverkies om heilig en onberispelik voor Hom te wees. Maar waarom sou God dit doen? Kan iemand uitstaan, of iets meer doen om gekies te word? Nee, as ons deur die volgende verse van Ef 1 lees, hoor jy woorde soos: in liefde, volgens sy genade, vrye geskenk. God kies mense om Hom te dien omdat dit in sy goddelike aard is.

2 2 Hy is goedhartig. Is jy oop vir hierdie goedhartigheid van God, sien ons dit nog raak? God gee God gee twee dinge in sy goedheid: Hy gee liefde en Hy gee genade. Eintlik som die woordjie GEE God se liefde op. Deur sy Woord wys God Homself as die een wat gee. As ek julle 10 sekondes gee om te dink aan dié teksgedeelte wat hierdie waarheid vir ons uitspel, dan is ek seker julle hierdie een onthou: Joh. 3:16 16 God het die wêreld so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê. Kan daar `n groter, meer indrukwekkende daad van liefde wees as dit? En Hy doen dit uit genade, uit omgee. God gee genade op genade, want Hy gee hierdie tipe liefde aan mense wat dit nie verdien nie, en Hy gee dit verniet. God se hand is nooit toe nie. God gee aan hulle wat dit nie verdien nie Dit is die derde handvatsel. Sou God se goedheid nie reeds groot gewees het as Hy gegee het aan hulle wat dit verdien nie? Verseker, ongelukkig sou daar geen kandidate vir daardie liefde gevind word nie. Niemand kan verdien nie. Juis hierin is God se goedheid oorweldigend, dat Hy dit bewys teenoor mense wat dit hoegenaamd nie verdien nie. Dit is lewens belangrik dat oud en jonk moet besef hoe groot God se liefde is. Dit is presies waarvoor Paulus in Ef. 3:18 bid. 18Mag julle in staat wees om saam met al die gelowiges te begryp hoe wyd en ver en hoog en diep die liefde van Christus strek. 19 Mag julle sy liefde ken, liefde wat ons verstand te bowe gaan, en mag julle heeltemal vervul word met die volheid van God. Maar waarom is dit dan belangrik dat ons die liefde van ons Here Jesus moet ken? Sodat ons vervul mag word met die volheid van God. As ek God in sy volheid wil beleef, dan moet ek besef dat sy liefde groter is as wat my breintjie kan verstaan of wat my emosies kan voel. Maar hoe beleef ons hierdie volheid van God? Vers 18 sê: saam met al die gelowiges.

3 3 Ons beleef die volheid van God se goedheid, wanneer ons mekaar daaraan herinner, ja ook in ons verskeidenheid. Ek doen dit as ek in my huwelik nie vir myself leef nie, maar my lewe aan my vrou, my kinders gee. Ek doen dit wanneer ek soos Jesus, teen die stroom in gehoorsaam is aan God, en goed doen aan mense. Ek doen dit as ek weer onthou hoe geweldig baie seëninge ekself ontvang, wanneer ek God daarvoor dank, en wanneer ek dit met ander deel. So raak ons meer en meer bewus van hoe volledig en oorvloedig God se liefde is. Soos dit ook die gebruik in hierdie reeks is, gaan ons kyk hoe hierdie eienskap van God in die lewe van `n OT karakter lyk. Ons kyk vandag hoe God se goedheid in die lewe van Abraham duidelik is. Abraham se lewe As ons dink aan die verhaal van Abraham, dan getuig dit by uitstek oor die goedheid van God. God kies vir Abraham uit sy goedhartigheid Blaai saam met my na Genesis 12. As julle net vinnig terug kyk na hoofstuk 11, dan sien ons dat hierdie gebeure voorafgegaan word deur die verwarring by die toring van Babel. Die mense was weereens nie gehoorsaam aan God nie, en God begin oor met Abraham. Dan hoor ons in 12:1 hoe God vir Abraham kies. God kies Abraham omdat Hy goedhartig is. Hy wil steeds `n verhouding met mense hê, sodat Hy hulle kan red, sodat Hy kan heel maak wat stukkend is. Omdat God in sy wese goed is, kies Hy vir Abraham sodat die wêreld kan hoor dat Hy God is. So kry Abraham dan die opdrag om te trek. God gee As God vir Abraham kies, dan gee Hy ook. Hy gee beloftes van `n nageslag, van `n land en ook van `n seën vir al die volke. Ons sien hierin God se liefde vir Abraham. Abraham is teen hierdie tyd 75 jaar oud en sonder kinders.

4 4 God beloof aan hom kinders in daardie tyd was kinderloosheid gesien as `n straf van God, `n skande. Maar soos ons deur die verhaal van Abraham se lewe gaan, sien ons hoedat God hom voorberei, sodat hy sy liefde kan verstaan vir wat dit is. Abraham wag 25 jaar voordat die eerste belofte van `n nageslag tot uitvoering kom. So leer Abraham dat God se liefde nie net in die deur voer van beloftes sit nie, maar dat die liefde wat Hy gee in elke dag se lewe met Hom ervaar kan word. Hierdie dinge gee God aan Abraham uit genade, want Abraham sou die res van sy lewe kinderloos gebly het as God nie vir Isak aan hom gegee het nie. Verder het God ook vir Abraham die teken van die besnydenis gegee as teken van sy genadige liefde. God gee aan Abraham terwyl hy dit nie verdien nie Nou moet ons onthou wie Abraham die man was. As julle weer terugblaai na die laaste verse van hoofstuk 11. Daar hoor ons dat Abraham die seun van Tera was, wat uit Ur weggetrek het na Haran toe. (wys kaart Ons weet uit opgrawings en geskiedenis dat beide stede, Ur en Haran, plekke was waar die aanbidding van die maangod die primêre godsdiens was. En dan hoor ons in Joshua 24:2 2Toe sê Josua vir die hele volk: So sê die Here die God van Israel: Lank gelede het julle voorvaders onder hulle was Tera, vader van Abraham en Nahor anderkant die Eufraat gewoon en hulle het ander gode gedien. Abraham was vir 75 jaar van sy lewe `n afgodsdienaar! Verder hoor ons reg deur Abraham se verhaal dat hy dikwels nie vertrou het dat God hom en Sarai sal beskerm nie, ons hoor dat hy leuens vertel het. Nadat hy al lank moes wag vir die geboorte van `n kind, kry hy op aandrang van Sarai `n kind by haar slavin, om darem net vir God so bietjie te help. In hoofstuk 17 kom Abraham agter dat dit nie God se plan was nie, en as God weer vir Abraham belowe dat hy `n kind by Sara sal hê, dan hoor ons in vers 17 dat Abraham lag. Dit is asof hy wil sê: Here, kom ons wees net bietjie realisties. Dit wat U beloof is onmoontlik, hier is Ismael, kan dit nie maar hy wees nie. As God dan self vir Abraham kom besoek om die belofte te bevestig, hoor ons hoe Sara in hfst. 18 ook lag. Abraham was dus glad nie die perfekte kandidaat om hierdie goedheid van God te verdien nie.

5 5 `n Heiden, `n leuenaar, `n twyfelaar en noem maar op. Nee God gee omdat Hy goed is, en weereens sluit God se goedheid meer mense as net een in. Kom ons luister na Deut. 7:6-8 Net vinnig die konteks van die gedeelte: Die Israeliete se kamp is langs die Jordaanrivier opgeslaan, reg om die beloofde land in te gaan nadat hulle 40 jaar in die woestyn moes rond swerf. Moses kon nie die beloofde land binnegaan nie omdat hy voor God gesondig het. Nou is hy besig om die volk te leer oor die groot dinge wat God alles vir hulle gedoen het = die goedheid wat God aan hulle bewys het. 6Jy is n volk wat vir die Here jou God afgesonder is. Vir jou het die Here jou God gekies om uit al die volke op die aarde sy eiendomsvolk te wees. 7 Die Here het jou nie liefgekry en gekies omdat jy groter was as die ander volke nie, jy was die kleinste van almal. 8 Omdat die Here jou liefhet en Hy sy belofte nakom wat Hy met n eed bekragtig het aan jou voorvaders, het Hy jou deur sy groot krag laat wegtrek en jou bevry uit die plek van slawerny. Deurdat God sy liefde aan Abraham gegee het, het Hy dit ook aan hierdie volk gegee. God se goedheid moes deur Abraham by hierdie volk uitkom, en weer deur hulle by al die volke van die aarde, ook by ons. Onthou God se woorde toe Hy Abraham gekies het: In jou sal al die volke van die aarde geseën wees. So sal ons die volheid van God se goedheid beleef. Slot Broer en suster, vriende. God se grootste daad van liefde was toe Hyself na hierdie aarde gekom het in Jesus Christus. Die Vader het sy Seun gegee, die Seun het Homself gegee. Sodat Hy finaal alles wat stukkend is, kan heelmaak. Sodat Hy my stukkende lewe kan heelmaak. Die wat Hy dan in sy goedhartigheid gekies het om Hom te dien, sal dit glo. Aan hulle gee Hy, sonder dat hulle dit verdien, die Heilige Gees, om hulle elke dag aan sy onuitputbare liefde te herinner. Mag die kennis van God se goedheid jou weer aanspoor om opnuut te vertrou op sy liefde elke dag, in elke omstandigheid.

6 6 Kom ons gee dan in dieselfde liefde, kom ons deel die goedheid van God met mekaar, sodat ons sy volheid mag ken. Ons bid saam met Paulus. Ef. 3:16 16Ek bid dat Hy deur sy Gees uit die rykdom van sy heerlikheid aan julle die krag sal gee om innerlik sterk te word, 17 dat Christus deur die geloof in julle harte sal woon en dat julle in die liefde gewortel en gegrondves sal wees.

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels. 1 Johannes 17b PT INLEIDING Lees Johannes 17:1-19 Hoe het dit die week met julle gebede gegaan? Kon julle intiem met julle Vader gesels? Ons het `n tydjie gelede gekyk na die eerste 6 verse van Jesus se

Nadere informatie

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie. 1 Johannes 14b WH Belydenisaflegging en Nagmaal Kinders, doen julle wat mamma en pappa vra? Altyd? Partykeer eers later nè? Hoekom sal jy iets doen as jou ouers vra? Doen jy wat die Here vra? Wat is jou

Nadere informatie

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig INLEIDING In ons verduideliking van hoe ons Nagmaal vier, het ons gehoor dat God ons waardig maak om aan die hemelse spys en drank deel te hê. Dit beteken

Nadere informatie

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk Doel van les: Voordat ons kan leer van ons nuwe identiteit in Christus, moet ons eers stil staan by wat Christus vir ons kom doen het. Vandag gaan ons gesels

Nadere informatie

Welkom by Die Storie God se storie

Welkom by Die Storie God se storie Welkom by Die Storie God se storie Hierdie boek vertel die belangrikste, aangrypendste storie ooit: die storie van n ware God wat lief is vir sy kinders, wat gesorg het dat hulle gered is, en wat vir hulle

Nadere informatie

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk Doel van les: Voordat ons kan leer van ons nuwe identiteit in Christus, moet ons eers stil staan by wat Jesus vir ons kom doen het en dat ons die nuwe mens

Nadere informatie

Aanbieding 1 Agtergrond. Skrywer van 2 Petrus

Aanbieding 1 Agtergrond. Skrywer van 2 Petrus 2 Petrus Aangebied deur dr. Douw Breed Aanbieding 1 Agtergrond Tema van 2 Petrus 1:1 Aan dié wat deur die regverdige beskikking van ons God en Verlosser, Jesus Christus, dieselfde kosbare geloof as ons

Nadere informatie

Voorsienigheid van God en Moses

Voorsienigheid van God en Moses 1 Voorsienigheid van God en Moses INLEIDING Ons is steeds besig met die reeks oor wie God is. Vanaand kyk ons na God se voorsienigheid. God se voorsienigheid is nie so seer `n eienskap van God, as dat

Nadere informatie

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was nie om limate te gaan werf of om mense te gaan bekeer nie, maar om dissipels te gaan maak, mense wat Jesus volg. Net soos wat n mens nie noodwendig

Nadere informatie

n Tempel Leier besoek Jesus

n Tempel Leier besoek Jesus Bybel vir Kinders bied aan n Tempel Leier besoek Jesus Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: M. Maillot; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible

Nadere informatie

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3 1 Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps. 116... Sb 33:1,3 1 Johannes 3 1Jn 3:1 Kyk wat n groot liefde die Vader aan ons bewys het,

Nadere informatie

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL Votum en seën Psalm 118 : 2 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 4 : 3 Gebed Skriflesing: Johannes 19:17-27 (AV 1933/53) Teks: Johannes 19:26-27

Nadere informatie

Les 2 vir 13 Oktober 2018

Les 2 vir 13 Oktober 2018 Les 2 vir 13 Oktober 2018 God wil hê dat sy mense verenig moet wees. Om God se wil te gehoorsaam, is noodsaaklik om eenheid te bereik. Wanneer ons verenig is, vul dit die Kerk met vreugde en voorspoed

Nadere informatie

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5) God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5) Wie is Jesus? Wie is Jesus vir die mense...? Godsdienste Boeddhisme Islam Judaïsme Hinduïsme New Age Wat sê die Woord van God? Joh 8:12-30

Nadere informatie

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie Ontmoeting 7 God gebruik n dogtertjie wat ver van haar eie huis af is, om n belangrike generaal in Hom te laat glo. Teks: 2 Konings 5: 1-14 Hulpmiddels: Sandboks met huise, paleis, rivier en karakters

Nadere informatie

Jesaja sien die Toekoms

Jesaja sien die Toekoms Bybel vir Kinders bied aan Jesaja sien die Toekoms Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk. NAGMAAL SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a TEMA: Die kruis is die trots van die Here se kerk. Psalm 149 : 1, 2 Skrifberyming 10 (5-4) : 1, 2 Psalm 103 : 6 Psalm 9 : 1, 2,

Nadere informatie

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees Doel van les: Vandag leer ons van die Vrugte van die Heilige Gees en hoe dit in ons lewens werk. INLEIDING: Sjoe, ons het nou al so baie van die Heilige Gees

Nadere informatie

Die Groot Gebod dennis de wet

Die Groot Gebod dennis de wet Die Groot Gebod dennis de wet Die Groot Gebod Meester, wat is die groot gebod in die wet? En Jesus antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.

Nadere informatie

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus Doel van les: Ons leer meer oor Wie ons is in Christus. Ysbreker: Bome Uitbeeld: In die Bybel lees mens baiekeer dinge oor bome. God praat van bome om ons as

Nadere informatie

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene Bybel vir Kinders bied aan Daniël die Gevangene Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer Voorwoord Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer van die lewe lyk en is nie. Veel eerder is ware hoop om met gestroopte eerlikheid te weet dat jy bang is, maar tog vorentoe beweeg. Dis om,

Nadere informatie

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap... Inhoudsopgawe Aanbidding... 8 Bekommernis... 12 Beskerming... 16 Blydskap... 20 Dankbaarheid... 24 Diensbaarheid... 28 Eerlikheid... 32 Gebed... 36 Geduld... 40 Geloof... 44 Genade... 48 Gesin... 52 Hoop...

Nadere informatie

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK U alleen is my krag en skild Aan U alleen wy ek nou myself U alleen is

Nadere informatie

Meer Jesus Meer Liefde Meer Dissipels. Leierskap Strukture

Meer Jesus Meer Liefde Meer Dissipels. Leierskap Strukture Meer Jesus Meer Liefde Meer Dissipels Leierskap Strukture Woord van God, Woord van die lewe, Woord vir ewig vas en waar, Woord onfeilbaar en verhewe waarin God Hom openbaar! L 255:1 (vervolg) Woord betroubaar,

Nadere informatie

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE: VRUGTE VAN DIE GEES VRAE: GEDULD: (Patience) 1. Wat is geduld? 2. Wat is van die goed waarvoor jy geduldig moet wees? 3. Is dit moeilik vir jou om geduldig te wees? 4. Hoe kan jy geduld wys? SELFBEHEERSING:

Nadere informatie

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek. 1 Lukas 6h 7.10.18 WH Tema: Hoe kyk jy? Ek sien nou die dag `n taxi met `n plakkaat agter in die venster waarop daar staan: only God can judge me. Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in

Nadere informatie

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13 1 Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13 Het jy dalk enige afgode of in jou huis? Miskien weet jy nie dat jy het nie, en dit is dalk die rede vir die konflik in jou huwelik, of dat jou kind

Nadere informatie

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

DIE VLEUELS VAN GEBED (9) DIE VLEUELS VAN GEBED (9) DIE VLEUELS VAN GEBED (9) Jan van der Watt Dankie Here! Dankie sê is om jou skuld te betaal. In die tyd van die Bybel was dankie sê iets anders as vandag. Vandag is dankie n woord

Nadere informatie

Preek Romeine 11:36. (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 26 Maart 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff

Preek Romeine 11:36. (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 26 Maart 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff 1 Preek Romeine 11:36 (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 26 Maart 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff Voor die erediens Sing: Psalm 150-1:1,2,3 Sing: Psalm 99-1:1,2,5 Sing: Psalm

Nadere informatie

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo. SKRIFLESING: Johannes 3:11-21 TEKS: Johannes 3:15, 16b HK 7 TEMA: God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo. Psalm 31 : 3, 5 Psalm 31 : 15, 17 Skrifberyming 27 (12-2) : 1, 4 2 Wie word gered? Dis

Nadere informatie

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder.

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder. SKRIFLESING: Romeine 8:18-30 TEKS: Romeine 8:28 HK 9 TEMA: God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder. Psalm 30 : 3, 4 Skrifberyming 33 (2-4) : 1 Psalm 119 : 25 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Sb 52

Nadere informatie

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k toegewy aan God ross van niekerk goddelike nageslag hoe verseker ons dit? 1. modelleer. 2. liefde. 3. instruksie. 4. dissipline. 5. meedeling. psalm 127:3 Kyk, kinders is n erfdeel van die HERE; die vrug

Nadere informatie

Skriflesing: Dordtse Leerreëls Hoofstuk 2 paragraaf 8 Sing- Ps. 25:4; Ps. 19:5; Ps. 23:2 volkome vrye raadsbesluit, genadige wil en voorneme van God

Skriflesing: Dordtse Leerreëls Hoofstuk 2 paragraaf 8 Sing- Ps. 25:4; Ps. 19:5; Ps. 23:2 volkome vrye raadsbesluit, genadige wil en voorneme van God 1 Skriflesing: Johannes 6:37-40; 10:11, 26-29; Romeine 8:29-30 Belydenis- Dordtse Leerreëls Hoofstuk 2 paragraaf 8 Sing- Ps. 25:4; Ps. 19:5; Ps. 23:2 In die vorige paragrawe van die Dordtse Leerreëls het

Nadere informatie

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8) Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8) Teks: Verskeie & HK Sondag 8 Inleiding Geliefdes, die Drie-eenheid van God is seker van die meeste moeilike dinge om te verstaan, en gewoonlik van

Nadere informatie

Efesiërs 2: Agtergrond. Oor die stad Efese:

Efesiërs 2: Agtergrond. Oor die stad Efese: Efesiërs 2:11-22 Agtergrond Oor die stad Efese: Efese was n groot en belangrike stad in wat ons vandag ken as Turkye. Historici bereken dat daar ongeveer 250 000 mense gewoon het aan die begin van ons

Nadere informatie

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93 1 JOHANNES 4:20 HK 34:93 Votum en seën Psalm 134 : 1, 3 [ ons ] Gebed Psalm 27 : 4 Skriflesing: 1 Johannes 4:7-21 (AV 1983) Belydenis: HK 34:93 Teks: 1 Johannes 4:20 (AV 1983) Preek: God se wil is liefde

Nadere informatie

23. Reëls vir die pad die padgebruikers

23. Reëls vir die pad die padgebruikers 23. Reëls vir die pad die padgebruikers Oorhoofse tema Die Here is saam met ons op pad. As die Padmaker het Hy vir ons tien padreëls of lewensreëls gegee sodat ons elke dag daarvolgens kan leef. Die eerste

Nadere informatie

Lees Genesis 22 Hoe laat dit wat jy sopas gehoor het jou voel? Hoe laat dit jou voel oor Abraham se situasie en hoe voel jy oor God?

Lees Genesis 22 Hoe laat dit wat jy sopas gehoor het jou voel? Hoe laat dit jou voel oor Abraham se situasie en hoe voel jy oor God? 1 Genesis 22, 29 Des 13, doop DN Teksverse: 2; 12; 16 Tema: God se beloftes gaan oor Hom Lees Genesis 22 Hoe laat dit wat jy sopas gehoor het jou voel? Hoe laat dit jou voel oor Abraham se situasie en

Nadere informatie

Heilig, heilig, heilig, heilig is die Heer. Eng'le in die hemel buig hul voor Hom neer. Here, hoor my bede, hoor my as ek sing, en aan U, my Vader,

Heilig, heilig, heilig, heilig is die Heer. Eng'le in die hemel buig hul voor Hom neer. Here, hoor my bede, hoor my as ek sing, en aan U, my Vader, Heilig, heilig, heilig, heilig is die Heer. Eng'le in die hemel buig hul voor Hom neer. Here, hoor my bede, hoor my as ek sing, en aan U, my Vader, al my hulde bring. Lied 171:2 Heilig, heilig, heilig,

Nadere informatie

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30 4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30 Tema Die goeie Herder hou al sy skape veilig in sy hand. Agtergrond en interpretasie Kyk weer na Agtergrond en interpretasie by Ontmoeting 1, asook na die aantekenings

Nadere informatie

WAAROM ONS AANHOU MET DIE KINDERDOOP. n Reaksie op Christo Nel se oproep tot n nuwe hervorming, en sy verwerping van die kinderdoop

WAAROM ONS AANHOU MET DIE KINDERDOOP. n Reaksie op Christo Nel se oproep tot n nuwe hervorming, en sy verwerping van die kinderdoop WAAROM ONS AANHOU MET DIE KINDERDOOP n Reaksie op Christo Nel se oproep tot n nuwe hervorming, en sy verwerping van die kinderdoop Christo Nel het n brief geskryf aan alle predikante in Reformatoriese

Nadere informatie

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24 1 15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24 Tema Wanneer jy in Jesus glo, eindig jou lewe nie op die dag wanneer jy doodgaan nie. Jy sal uit die dood opstaan en

Nadere informatie

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11)

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11) Les 14 vir 30 September 2017 Paulus se slotrede is eintlik 'n oproep tot die Galasiërs. Paulus was soos 'n herder wat vir sy kudde sorg. Hy wou die waarhede van die geloof in die Galasiërs se gedagtes

Nadere informatie

Eerder bang Jan as dooie Jan, of eerder dooie Jan as bang Jan?

Eerder bang Jan as dooie Jan, of eerder dooie Jan as bang Jan? 1 Jeremia 1 Waarvoor is jy bang? Eerder bang Jan as dooie Jan, of eerder dooie Jan as bang Jan? So hoe sou jy hierdie stelling geestelik benader? Is jy wat jou geloof en gehoorsaamheid betref eerder bang

Nadere informatie

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding Bybelse Dissipelskap Saligheid/ Redding Johannes 14:6 Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie. Vers om te memoriseer... Efesiërs 2:8-9

Nadere informatie

Van Vervolger tot Prediker

Van Vervolger tot Prediker Bybel vir Kinders bied aan Van Vervolger tot Prediker Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

Nadere informatie

Wie in die Here glo, vertrou Hom met die bestemming.

Wie in die Here glo, vertrou Hom met die bestemming. SKRIFLESING: Hebreërs 11:8-19 TEKS: Hebreërs 11:8 TEMA: Wie in die Here glo, vertrou Hom met die bestemming. Psalm 84 : 3, 4 Skrifberyming 28 (10-1) : 2, 3 Psalm 1 : 4 Psalm 37 : 2, 23 Skrifberyming 78

Nadere informatie

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12 14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12 Tema Jesus het uit liefde sy lewe vir ons afgelê en Hy gee ook hierdie liefde in ons sodat ons mekaar kan liefhê. Agtergrond en interpretasie Johannes

Nadere informatie

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart? STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart? - Lees Rom 10:1 - By hierdie stasie gaan elke persoon hulle polsslag neem - Laat elke persoon hulle wysvinger op hulle pols sit om hulle hartklop te voel. - Laat hulle

Nadere informatie

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek SKRIFLESING: 1 Johannes 2:28 3:10 TEKS: 1 Johannes 3:8b TEMA: Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek Psalm 45 : 1, 3, 5, 6 Psalm 79: 5, 6 Skrifberyming 33 (2-4) : 1, 2 Skrifberyming

Nadere informatie

Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees?

Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees? Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees? Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees? Kobus Kok ʼn Leser vra: Wat is die rol van God die Vader in die gelowige se lewe vandag? Wat is die rol van God

Nadere informatie

23 Nadat hy hulle deur die rivier gevat het, het hy ook alles wat hy besit, laat deurgaan.

23 Nadat hy hulle deur die rivier gevat het, het hy ook alles wat hy besit, laat deurgaan. Gen32:22-32 Die nag het hy opgestaan en sy twee vrouens en sy twee persoonlike slavinne en sy elf kinders gevat en deur Jabbokdrif gegaan. 23 Nadat hy hulle deur die rivier gevat het, het hy ook alles

Nadere informatie

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN Skep Die Geleentheid Vir Veilige Kommunikasie Bou Vertroue & Dra Waardes Oor Versterk Verhoudings Ontwikkel Jou Kind Se Emosionele Intelligensie SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN Created by REËLS VIR

Nadere informatie

God, die Almagtige, en die geboorte en lewe van die kerk

God, die Almagtige, en die geboorte en lewe van die kerk 1 God, die Almagtige, en die geboorte en lewe van die kerk Abraham: from embers to a flame Dr AH Bogaards 2012 Lees: Genesis 17 Teks: Genesis 17:1 1. Inleiding In ons tyd is daar n groot diskussie aan

Nadere informatie

Jesus - Die Grootste Geskenk van Alle Tye - Reformation Society

Jesus - Die Grootste Geskenk van Alle Tye - Reformation Society "Jesus antwoord en sê vir haar: As jy die gawe van God geken het en geweet het wie Hy is wat vir jou sê: Gee vir My water om te drink, sou jy Hom gevra het en Hy sou vir jou lewende water gegee het." Johannes

Nadere informatie

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5 MATTEUS 6:8 Votum en seën Psalm 7 : 6 Gebed Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5 Preek: Vir ons hemelse Vader is eenvoudige gebede goed Gebed

Nadere informatie

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun SKRIFLESING: Johannes 1:1-18 TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13 TEMA: God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun Psalm 45 : 1, 2, 3 Psalm 72 : 6 Skrifberyming 33 (2-4) : 1 Skrifberyming 78 (13-3) 2 Dat ons kinders

Nadere informatie

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels... 1 0:01:50-0:03:50 Gnomeo en Juliet se storie begin met twee families, rooi en blou wat nie van mekaar hou nie. Hulle noem die ander familie nooit op hul name nie, maar slegs rooies of bloues. Hierdie word

Nadere informatie

Gisteraand het dit gegaan dit oor hoe ons lewens moet wees om Jesus te volg. Watter klere ek moet aantrek.

Gisteraand het dit gegaan dit oor hoe ons lewens moet wees om Jesus te volg. Watter klere ek moet aantrek. Gisteraand het dit gegaan dit oor hoe ons lewens moet wees om Jesus te volg. Watter klere ek moet aantrek. Vanaand gaan dit oor kosteberekening. Wat gaan dit kos? Wanneer n mens trou met die liefde van

Nadere informatie

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22 1 BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22 Die sekerheid dat jy 'n kind van God is, is nie die einde van die pad nie maar die begin daarvan. Nou word dit moontlik om as gelowiges te groei. Maar waarheen lei

Nadere informatie

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg: Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg: 1. Jy MOET n sondaar wees 2. Jy kan Hom volg al glo jy nog nie

Nadere informatie

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak. Vals beeld van God: Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak. Ware beeld van God: God se beloftes word vervul in Jesus. Ons kan

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër Bybel vir Kinders bied aan Jakob die Bedrieër Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: M. Maillot; Lazarus Aangepas deur: M. Kerr; Sarah S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children

Nadere informatie

PSALM 90:2 NGB 1. Votum en seën. Psalm 90 : 1. Gebed. Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1. Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53)

PSALM 90:2 NGB 1. Votum en seën. Psalm 90 : 1. Gebed. Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1. Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53) PSALM 90:2 NGB 1 Votum en seën Psalm 90 : 1 Gebed Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1 Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53) Psalm 102 : 5, 11 Preek: God bestaan [nog] [altyd] Gebed Kollekte Skrifberyming

Nadere informatie

Ons hoor hulle het in die land Kanaän gaan woon. (kaart) Kanaän Egipte.

Ons hoor hulle het in die land Kanaän gaan woon. (kaart) Kanaän Egipte. 1 Gen. 37a Josef a Die vere maak nie die voël nie Liewe kinders, en broers en susters. Vandag begin ons met `n splinternuwe reeks oor die lewe van Josef. Ek wil veral hê dat die kinders mooi moet luister,

Nadere informatie

Deur Christus Alleen

Deur Christus Alleen Gepubliseer op: Deur Christus Alleen Tuisblad van dr. A.H. Bogaards www.enigstetroos.org 1 Deur Christus alleen Reeks preke oor Galasiërs Nr 11 Dr AH Bogaards Lees: Gal.4:21-31, Genesis 21:1-10 Teks: Gal.4:21-31

Nadere informatie

SKRIFLESING: Jesaja 6. TEKS: Jesaja 6:3 HK 8. Voor die drie-maal heilige God buig ons laag. Psalm 99 : 1, 2. Psalm 81 : 11, 12

SKRIFLESING: Jesaja 6. TEKS: Jesaja 6:3 HK 8. Voor die drie-maal heilige God buig ons laag. Psalm 99 : 1, 2. Psalm 81 : 11, 12 SKRIFLESING: Jesaja 6 TEKS: Jesaja 6:3 HK 8 TEMA: Voor die drie-maal heilige God buig ons laag Psalm 99 : 1, 2 Psalm 81 : 11, 12 Skrifberyming 45 (18-7) : 8, 9 Ook: Skrifberyming 54 (2-6) : 5 2 Die Heidelbergse

Nadere informatie

Preek Romeine 6:3-4. (Preek tydens erediens in Gereformeerde Kerk Welkom-Noord op Sondag 25 Junie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff

Preek Romeine 6:3-4. (Preek tydens erediens in Gereformeerde Kerk Welkom-Noord op Sondag 25 Junie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff 1 Preek Romeine 6:3-4 (Preek tydens erediens in Gereformeerde Kerk Welkom-Noord op Sondag 25 Junie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff Voor die erediens Sing: Skrifberyming 8-3 Sing: Lied 510:1,2,3,4

Nadere informatie

Van Vervolger tot Prediker

Van Vervolger tot Prediker Bybel vir Kinders bied aan Van Vervolger tot Prediker Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Vertaal deur: Gert Badenhorst Aangepas deur: Ruth Klassen Storie 58 van 60 www.m1914.org Bible

Nadere informatie

Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)?

Wat beteken Christus is die einde van die wet (Romeine 10:4)? Les 11 vir 16 Desember 2017 Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)? Christus is die doel of die eindebestemming van die wet. Christus is die vervulling van die wet. Christus is

Nadere informatie

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 6: TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1. Ook ons liggame behoort aan die Here. Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 6: TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1. Ook ons liggame behoort aan die Here. Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2 SKRIFLESING: 1 Korintiërs 6:12-20 TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1 TEMA: Ook ons liggame behoort aan die Here Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2 Psalm 104 : 8, 9, 20 Skrifberyming 24 (1-1) : 7 2 Party mense

Nadere informatie

TEMA 7: N GEBED VIR DIE BIDDER Skriflesing: Joh 17: 9-23 Ef 3: (word aan die einde van de preek gelees)

TEMA 7: N GEBED VIR DIE BIDDER Skriflesing: Joh 17: 9-23 Ef 3: (word aan die einde van de preek gelees) TEMA 7: N GEBED VIR DIE BIDDER Skriflesing: Joh 17: 9-23 Ef 3: 16-19 (word aan die einde van de preek gelees) Ons het hierdie week stilgestaan by die gebed wat die wêreld omspan. Ons het ontdek dat hierdie

Nadere informatie

Die Kerk se Geboorte

Die Kerk se Geboorte Bybel vir Kinders bied aan Die Kerk se Geboorte Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Vertaal deur: Gert Badenhorst Aangepas deur: Ruth Klassen Storie 55 van 60 www.m1914.org Bible for

Nadere informatie

FAKTORE EN VEELVOUDE

FAKTORE EN VEELVOUDE FAKTORE EN VEELVOUDE Ons gaan nou na n paar stukkies teorie kyk in verband met Natuurlike- en Telgetalle. Voltooi: 3 X 1 = 3 X 2 = 3 X 3 = 3 X 4 = 3 X 5 = Ons sê dus dat 3, 6, 9, 12 en 15 VEELVOUDE is

Nadere informatie

Tema van die dag is ons bekommernisse, en wat om daarmee te maak.

Tema van die dag is ons bekommernisse, en wat om daarmee te maak. Psalm 55 Werp jou bekommernis op die Here Tema van die dag is ons bekommernisse, en wat om daarmee te maak. Ons is hier as gelowiges om ons roeping uit te leef deurdat ons meewerk dat die Koninkryk van

Nadere informatie

Toe God alles gemaak het

Toe God alles gemaak het Bybel vir Kinders bied aan Toe God alles gemaak het Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: Bob Davies; Tammy S. Vertaal deur: Hannelie Niemandt Vervaardig deur:

Nadere informatie

12. God se verbond met Abram

12. God se verbond met Abram 12. God se verbond met Abram Génesis 15 en 16 Die Here van die verbond In hierdie hoofstuk openbaar God aan Abram wat Hy vir Abram beteken in die verbond. God is alles vir Abram. Hy staan selfs vir Abram

Nadere informatie

Paulus en sy vriende vertel ander van God

Paulus en sy vriende vertel ander van God Ontmoeting 20 Paulus en sy vriende vertel ander van God In hierdie deel van Paulus se verhaal sien ons weereens hoe God vir ons sorg. Hy het vir Paulus vriende gegee om hom te help met sy taak om die boodskap

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun Bybel vir Kinders bied aan Die Verlore Seun Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80 1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80 Votum en seën Psalm 23 : 1, 3 Gebed Skriflesing: 1 Korintiërs 10:1-13 (AV 1983) Belydenis: HK 29:78-30:80 Teks: 1 Korintiërs 10:4 Psalm 105 : 21, 22 Preek: Die Heilige Gees

Nadere informatie

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra SKRIFLESING: Jeremia 31:23-40 TEKS: Jeremia 31:33b HK 49 TEMA: God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra Psalm 103 : 10, 11 Psalm 131 : 2, 3 Skrifberyming 14 (8-1) : 1, 2 Ook: Ps. 40 :

Nadere informatie

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3 NAGMAAL SKRIFLESING: 1 Petrus 2:18-25 TEKS: 1 Petrus 2:24a TEMA: Jesus Christus het ons sondes gedra Psalm 89 : 1 Psalm 40 : 3 Skrifberyming 10 (5-4) : 1, 2 Psalm 116 : 1, 2, 3, 4, 5, 7 Psalm 89 : 7 Voor

Nadere informatie

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3. SKRIFLESING: Johannes 8 :12-20 TEKS: Johannes 8:12 TEMA: Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe Psalm 150 : 1, 2, 3 Psalm 43 : 3, 4 Skrifberyming 3 (4-7) : 1, 2 Skrifberyming 9 (18-1) : 1, 6 [Ook: Ps

Nadere informatie

12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15

12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15 1 12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15 Tema Jesus het die Heilige Gees gestuur om ons te help. Agtergrond en interpretasie Hierdie ontmoeting sluit by die voriges aan. Een artikel van

Nadere informatie

Les 1 vir 7 Oktober 2017

Les 1 vir 7 Oktober 2017 Les 1 vir 7 Oktober 2017 Hierdie kwartaal bestudeer ons die boek Romeine. Eerstens, dit is goed om te weet hoe Paulus die skrywer verwant is aan die Christene wat in die belangrikste stad van daardie tyd

Nadere informatie

Kinders hoe voel julle oor die eksamen wat voorlê? Vir wie van julle is die Bybel soms moeilik om te verstaan? Ja daar is dinge waarmee ons sukkel né.

Kinders hoe voel julle oor die eksamen wat voorlê? Vir wie van julle is die Bybel soms moeilik om te verstaan? Ja daar is dinge waarmee ons sukkel né. 1 Matteus 11 d2 Wh 16 Lees Matteus 11:25-29 Is jy slim of eenvoudig? Kinders hoe voel julle oor die eksamen wat voorlê? Ek onthou hoe ek baie keer met `n eenvoudige rapport by die huis gekom het, en alles

Nadere informatie

Preek Genesis 1:27. (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 6 November 2016)

Preek Genesis 1:27. (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 6 November 2016) 1 Preek Genesis 1:27 (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 6 November 2016) Voor die erediens Sing: Lied 447:1 Sing: Lied 456:1,3 Afkondigings Stilte Ontmoetingsdiens: Toetredelied:

Nadere informatie

n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2)

n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2) n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2) n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2) Jan van der Watt DEEL 2[1] DIE VERHALE VAN MATTEUS EN LUKAS Die verhaal van Jesus se geboorte (die kersverhaal)

Nadere informatie

Dooppreek Mika Bogaards

Dooppreek Mika Bogaards 1 Dooppreek Mika Bogaards Dr AH Bogaards 26 Junie 2016 Lees: Efesiérs 5:18-21; en 6:1-4 Teks: Efesiërs 5:18 en 6:1-4 Psalms: Ps. 105:1,2; 9:7; 32:1,3; 105:5,6; 84:1,2 1. Inleiding Julle het pas hierdie

Nadere informatie

Tema: Lewe as lig vir die nasies, want Christus het reeds versoening gebring en God se eer herstel!

Tema: Lewe as lig vir die nasies, want Christus het reeds versoening gebring en God se eer herstel! Skrifgedeelte: Jesaja 49:1-7 Teksverse: Jesaja 49:5-6 Tema: Lewe as lig vir die nasies, want Christus het reeds versoening gebring en God se eer herstel! Die afgelope paar weke is ons besig om saam te

Nadere informatie

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het.

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het. 1 Preek: 1 Korintiërs 13:1-13 Teksverse: 1 Korintiërs 13:7 Tema: Die Heilige Gees rus jou toe om met ware liefde te leef! Inleiding Geliefde gemeente, ons het afgelope Donderdag op n besondere manier aan

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer Bybel vir Kinders bied aan Joshua neem Beheer Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

Baie welkom by vanoggend se erediens. Doen asb moeite om ander mense rondom jou te groet

Baie welkom by vanoggend se erediens. Doen asb moeite om ander mense rondom jou te groet Baie welkom by vanoggend se erediens Doen asb moeite om ander mense rondom jou te groet Kerklike jaar 'n Sistematiese kyk na die Evangelie boodskap Advent - die vier Sondae voor Kersfees Epifanie ("Godsverksyning")

Nadere informatie

Jesus het aan Petrus gesê: "en as jy eendag bekeerd is, moet jy jou broeders versterk", net voor sy ontkenning (Lukas 22:32) Petrus vervul die bevel

Jesus het aan Petrus gesê: en as jy eendag bekeerd is, moet jy jou broeders versterk, net voor sy ontkenning (Lukas 22:32) Petrus vervul die bevel Les 6 vir 11 Augustus 2018 Jesus het aan Petrus gesê: "en as jy eendag bekeerd is, moet jy jou broeders versterk", net voor sy ontkenning (Lukas 22:32) Petrus vervul die bevel deur na verskillende plekke

Nadere informatie

Skriflesing: 2 Tim 2:14-26(word gelees deur gemeentelede uit die banke)

Skriflesing: 2 Tim 2:14-26(word gelees deur gemeentelede uit die banke) Preek 2 Tim 2 : 14-26 Kan jy of kan jy nie? Verwelkoming Votum(Ds. Danie) Seëngroet(Ds. Danie) Lofprysing Gebed Kan jy of kan jy nie? Baie eenvoudige tema, maar het so n wye betekenis. Ek wil vra dat u

Nadere informatie

Tema: Laat skyn die heerlikheid van God in jou lewe met genade (liefde) EN waarheid!

Tema: Laat skyn die heerlikheid van God in jou lewe met genade (liefde) EN waarheid! 1 Tema: Laat skyn die heerlikheid van God in jou lewe met genade (liefde) EN waarheid! Lofsang ter voorbereiding van die erediens Sb 1-3: 1, 2, 3 (Mel: Ps. 128) Lied 167: 1, 2 Ontmoetingsdiens Intreelied

Nadere informatie

Jakobus 4a Tema: toets van wêreldliefde / begeertes. Wat het jy?

Jakobus 4a Tema: toets van wêreldliefde / begeertes. Wat het jy? 1 Jakobus 4a Tema: toets van wêreldliefde / begeertes. Wat het jy? Lees Jakobus 3:13 14:10 Wat het jy? Het jy die regte bloed, velkleur, selfoon, motor, huis, werk, kerk, geloof, dade. Het jy iets wat

Nadere informatie

Preek oor: Wat doen die Heilige Gees? Die Heilige Gees laat die wedergeboorte plaasvind

Preek oor: Wat doen die Heilige Gees? Die Heilige Gees laat die wedergeboorte plaasvind 1 Preek oor: Wat doen die Heilige Gees? Die Heilige Gees laat die wedergeboorte plaasvind (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 29 Mei 2016) Voor die erediens Sing: Psalm 71-1:1,9,12

Nadere informatie

Ontdek God Saam. (v 1.0) n Riglyn om nuwe groepe te lei

Ontdek God Saam. (v 1.0) n Riglyn om nuwe groepe te lei Ontdek God Saam (v 1.0) n Riglyn om nuwe groepe te lei n Goeie leier verskaf nie die antwoorde nie, maar vra goeie vrae! Ontdekkingsgroepe is so eenvoudig dat enigeen so n groep kan begin. Enigeen kan

Nadere informatie