Weeklikse Marksiening 16 April 2012

Vergelijkbare documenten
KAN SUID-AFRIKA SE GRAANBOERE OORSEE MEEDING? DEUR DR PHILIP THEUNISSEN COMPUTUS BESTUURSBURO

Senwes Opsie- & Makelaarsdienste 2017/05/05

SOILL PRODUSENTE NUUSBRIEF

Opsie- & Makelaarsdienste

Opsie- & Makelaarsdienste

Opsie- & Makelaarsdienste

Maandagoggend Vooruitsig 26 September 2016

Senwes Opsie- & Makelaarsdienste 2017/05/15

S/euro wisselkoers. versnel. 5. $ versterk teen die Euro

KAN N MIELIE MET N HAMBURGER KRAGTE MEET? DEUR DR PHILIP THEUNISSEN COMPUTUS BESTUURSBURO

BESTUURSINLIGTING VOORUITSIGTE VIR GRAANGEWASSE LYK GOED. Posbus 1615 Bethlehem, 9700 Tel/Faks: (058)

Senwes Opsie- & Makelaarsdienste 2017/12/18

KAN MIELIES WINSGEWEND GEPRODUSEER WORD? DEUR DR PHILIP THEUNISSEN COMPUTUS BESTUURSBURO

1. Gee TWEE voorbeelde van elk:

Die Suid-Afrikaanse aartappelbedryf in perspektief in 2015

Maandagoggend Vooruitsig 10 April 2017

VLEISINVOERE VANAF NAMIBIË GERHARD SCHUTTE OOS-KAAP RPO JAARVERGADERING 20 MEI 2015

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

Maandagoggend Vooruitsig 3 Oktober 2016

Kwantifisering van risiko in die Oos-Vrystaat droëlandproduksiegebied:

Watter koek se dele lyk vir jou die grootste? Dis Reg! Die koek wat in 3 dele gesny is se dele is groter as die koek wat in 4 dele gesny is.

Die graanmark in perspektief

Caledon en Bredasdorp Gesamentlike Studiegroep Resultate

Tankwa Karoo : Augustus 2010 Johan Snyman

Nasionale Minimumloon: Wie, waar, hoekom en hoe?

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur

SOILL PRODUSENTE NUUSBRIEF

RESPECT 4 U. L e s 1. Jou vermoëns en sommige van jou verwagtinge en drome indentifiseer

Les 7: Uitdagings vir die Suid-Afrikaanse ekonomie

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

Prysvorming deur vraag en aanbod

Les 14: Entrepreneurskap

8 Die mens in die ruimte

FAKTORE EN VEELVOUDE

Les 11: Tegnologie in die sake-omgewing

Kom ons kyk nou gou net na die getalle van nul to by 999 en selfs groter, as n hersiening van plekwaardes. Bewerkings met telgetalle

eboeke word ontwikkel en gratis verskaf deur die

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

S ukses. << SENWES Scenario >>

Die horisontale as verteenwoordig die invoerveranderlike en die vertikale as die uitvoerveranderlike, en die twee asse sny by n gesamentlike nulpunt.

MENTAL MATHS IN DIE KLASKAMER

Afdeling A: Ekonomiese stelsels

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

Kliënte kommunikasie - Begroting 2016

Groepsdruk kan sowel negatief as positief wees. Goeie maats is dié wat n positiewe invloed op jou gedrag het

DIE ROL VAN LANDBOU IN DIE EKONOMIE DEUR DR PHILIP THEUNISSEN COMPUTUS BESTUURSBURO

bestuur die finansiële risiko s van jou oes met n Voor-Plant Kontrak.

Willem Burger, Departement van Landbou: Wes-Kaap, Landbou-Ekonoom, Program Ondersteuning van Landbouers, Eden Distrik, George

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II LEERUITKOMS 3 & 4 LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1

Foto-redigering vir sun.ac.za

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies?

Vraag 1: Wat is bevolkingsdigtheid? Bevolkinsdigtheid is die meting van hoeveel mense daar in n gebied is.

Finansiële Wiskunde ENKELVOUDIGE RENTE

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1

SKOOL Eksamen - Gr 7 - EBW 3 Desember 2010

DIE VOEDING VAN VERVANGINGSVERSE, DROË KOEIE EN BULKALWERS

Hoe om n goeie Projek Konsep te Ontwikkel. oefeninge

ANDRIES VAN DER POLL KLIPDRIFT MALMESBURY

My naam en van is My ouderdom Kontaknommer My skool se naam is

Ons hoor graag wat jy dink van hierdie boek! Gaan na soek hierdie titel en kliek op resensies. Of praat saam op Facebook by

Sentraalbeplande stelsel

DIE STRANDLOPER. Hierdie is die eerste verslag van 2013.

Maandagoggend Vooruitsig 5 Desember 2016

Landboudienste IN PAS MET DIE VERANDERDE OMGEWING. Augustus 2011 SENWES INLIGTINGSESSIE:

HELPHETTA VERSLAG JULIE 2018

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

hoe kan ons jou help? bestuur die f inansiële risiko s van jou oes met n Voor-Plant Kontrak.

Antieke Egipte en die Nylrivier

Risikoprofielsamestelling op SanPort ipad- app

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

Goedere in Transito Module 6. Kopiereg Santam Bpk Kursuskode: ASSESS123 / Module 6

2016 Nuweling eerstejaar en voorgraadse inskrywings: Finale registrasieperiode

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT REKENINGKUNDE GRAAD 12 NOVEMBER 2014 SPESIALE ANTWOORDEBOEK

Gemeenskap. Wat is n gemeenskap? n Gemeenskap het n hoof/hoof?

Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)?

VERGELYKING TUSSEN KONVENSIONELE ELEKTRISITEITSMETERS EN BEGROTINGS ( PREPAID ) METERS

Bloubuffelgras (Cenchrus ciliaris)

Jou brein fokus op oorlewing. Wat het dit met gesonde eetgewoontes te make?

Doel. Agtergrond. Bid dat... Begroting... R1,2 miljoen sal dit moontlik maak dat daar in 2011 met hierdie projek voortgegaan kan word.

groot spronge koeie, of NIE dit tog korrek en betyds en die geslagsiekte Sou BULLE bespaar koste vir u, DIE September op dae

Welkom by Die Storie God se storie

RESPECT 4 U. L e s 1 5. Bespreek hoe om n behulpsame, ondersteunende vriend/vriendin te wees waar geweld is of mag plaas vind

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

Makelaarskommunikasie. Onderwerp: Gemeenregtelike Aanspreeklikheid Gebeurtenis vs Eise ingestel

die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën.

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

SOILL INLIGTINGSBRIEF - AUGUSTUS 2013

SOILL PRODUSENTE NUUSBRIEF

n Besigheidsplan Vraag 1: Formaat van n Besigheidsplan Pas die term in kolom A by die korrekte beskrywing in kolom B:

Vertrou. alles HERE OP DIE MET WAT JY HET. MO ENIE STAATMAAK OP JOU EIE INSIGTE NIE. SPREUKE 3:5

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

6 tellers en noemers bymekaarbring en van mekaar skei.

TYGERBERG SKOOLFONDS 2015

OpenStax-CNX module: m Om tyd te leer lees. Siyavula Uploaders

1 Waar ek vandaan kom

September 2013 No. 55

VADERSDAG. Een van die raadslede van die sinagoge, 'n man met die naam Jaïrus, kom toe daar aan. Net toe hy vir Jesus sien, val hy op sy

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT REKENINGKUNDE GRAAD 12 NOVEMBER 2012 SPESIALE ANTWOORDEBOEK

Transcriptie:

Weeklikse Marksiening 16 April 2012 Mielies Oorsig van verlede week VSA Pryse in die VSA daal 4% vir die week. Na pryse Maandag geval het a.g.v. die USDA se vraag en aanbod syfers, het pryse doelloos rondgehang op die $6.30 vlak, maar Vrydag verder getuimel a.g.v. kommer oor die wêreld ekonomie. Voorraad vlakke op 1 Maart was 149 miljoen boesels laer as verwag, en dus het verhandelaars ook verwag eindvoorraad sal laer wees in Maandag se maandelikse vraag en aanbod syfers. Die USDA het egter sy syfers onveranderd gelaat en eindvoorraad is nog op 801 miljoen boesels gelaat. Die prysband vir mielies is geskat teen $6.00-$6.40/bu plaasprys ($6.50-$6.90/bu CBOT prys) Onderstaande grafiek toon die skattings vir die plaasprys van mielies vir die VSA deur die USDA: Die fokus is nou op aanplantings. Aanplantings staan nou op 7% vir die hele VSA. Die suide het al rondom 40-50% geplant waar daar gemiddeld slegs rondom 10-20% geplant is. Die ooste van die Midweste het rondom 20% geplant, teenoor die gemiddeld van maar 5%. Die onderstaande kaart toon hoe aanplantings gevorder het tot 8 Apr: 1

Toestande is baie naby aan ideaal ook sover. Die warmer droër toestande was gunstig vir aanplantings om vinnig te vorder. Die droogte het egter effens lank begin aanhou en n paar verhandelaars het begin naels kou. Die naweek het reën uitgesak oor die Midweste en daar word meer reën vir die week voorspel. Dit bring grondvog weer op gunstige vlakke. Internasionaal Aanplantings in China se suidelike mieliegebiede het goed gevorder. Onlangse reën hier het ook toestande verbeter. Die jaar se aanplantings kan 2% vanaf 33.15 miljoen ha in 2011. Die groter aanplantings sal ook in sojaboon areas inbraak maak. Die USDA se wêreld vraag en aanbod syfers het nie veel verras nie. Argentinië se oes is 0.5 miljoen ton laer geskat teen 21.5 miljoen ton. Brasilië se oes is onveranderd gelaat op 62 miljoen ton. Die winter mielie-oes is tans op die lande en toestande is gunstig, alhoewel dit kan doen met meer reën. Europese toestande het ook verlede week gunstiger gedraai. Aanplantings hier het ook afgeskop. Strategie Grains skat 2012/2013 mielie produksie hier op 65.4 miljoen ton, dieselfde as verlede jaar, maar 900 000 ton meer as hul vorige skatting. Plaaslik Plaaslike pryse verhandel 1-2% laer vir die week. 2

Die oes is besig om in te kom en het pryse onder druk. Verlede week het nog 13 000 ton witmielies en 21 000 ton geelmielies van die lande af gekom. Die droë seisoen het mielies vroeër van die lande gebring ten spyte van die later as normale aanplantings. Oor die laaste 4 weke is daar 154 000 ton mielies gelewer, (waarvan 56 000 ton witmielies en 98 000 ton geelmielies is). Dit is ver meer as die gemiddeld van die vorige 5 jaar, teen 106 400 ton (40 800 ton witmielies en 65 600 ton geelmielies). Die onderstaande grafiek toon weeklikse lewerings oor die laaste 5 weke. Let op dat 2012 (die rooi stawe) telkens bo die 5 jaar gemiddeld is (die ligblou area) Normaalweg tuimel pryse ook dan die tyd van die seisoen. Onderstaande grafiek toon die normale siesoensverloop van plaaslike mielies. Pryse maak normaalweg n laag middel April. Vir die laaste drie maande het pryse die normale tendens slaafs nagevolg en die val is ook waarskynlik. 3

Verwagting vir die komende week Die internasionale pryse het hard getuimel en kan waarskynlik weer herstel vroeg die week en sal later die week weer sywaarts beweeg. Kommer oor die wêreld ekonomie kan pryse onder druk hou, maar die onlangse val was oordoen. Die oes vordering verslag wat vandag bekend gemaak word, kan pryse ook onder druk hou, aangesien die rekord aanplantingstempo voortduur. Plaaslike pryse sal onder stroop druk wees. Indien die Rand ook weer herstel sal dit plaaslike pryse onder verdere druk sit. Verwag dus dat pryse sal daal vir die week. Koring Oorsig van verlede week VSA Koringpryse was 4% laer vir die week. Toestande oor die VSA se winter koring vlaktes is meestal gunstig. 59% van die VSA se winterkoring is in die goeie/uitstekende toestand, teenoor 36% die verlede jaar. Toestande oor die lente koring areas is ook gunstig vir vroeë aanplantings. Soos vir mielies het die toestande vroeë aanplantings aangehits en is lente koring 21% geplant, teenoor die 5 jaar gemiddeld van 5%. Reën het die naweek oor meeste lente koring areas uitgesak en dit bring toestande weer naby aan ideaal vir veral vroeë lente koring. Die vraag na VSA koring is egter nog aan die stil kant, en vir die week was daar slegs 452 100 ton verkoop. Internasionaal Die USDA het min verras op sy wêreld koring vraag en aanbod syfers die verslag is so te sê n spieëlbeeld van die Maart skatting. 4

Europa se weste, en veral Spanje het tot onlangs gesukkel met droë toestande. Die laaste week het reën egter hier geval en sal koring beter vaar. Frankryk se suidelike koring vlaktes het ook reën gekry, maar meer reën is nodig oor die noordelike koring gebied. Volgens Strategie Grain sal koring produksie hier 126.8 miljoen ton wees, 4.3 miljoen ton laer as hul vorige skatting. Hul voer ook aan dat tot 2.5 miljoen ha weer geplant sal moet word. Oor die Swart See gebied is toestande ook besig om te verbeter nadat droogte hier ook baie koring se kop geëis het. Indië, die wêreld se tweede grootste koring produsent, sal volgende week hul stroop proses begin. Die koring oes kan n massiewe 90 miljoen ton bereik, na n groter oppervlak geplant is, en die weer saamgespeel het. Koring aanplantings sal binnekort in Australië afskop. Koring aanplantings sal waarskynlik grond afstaan aan kanola wat beter winste kan lewer. Die land het dan ook nog reuse voorraad oor na verlede seisoen se rekord 29.7 miljoen ton oes. China se oes kan 2% meer wees as verlede jaar en selfs 120 miljoen ton bereik. Toestande is meestal gunstig. 5

Plaaslik Plaaslike pryse is rondom 0.5% laer vir die week, effens gehelp deur die swakker Rand. Tans is toestande nog droog oor die Kaapse sowel as die binnelandse koring areas. Meer reën is dringend nodig om grondvog aan te vul voor aanplantings in die binneland sal afskop. Pryse daal normaalweg nog eers na Mei maand toe, maar styg dan skerp in Mei. Die tendens kan die seisoen ook weer afspeel, veral as daar nie binnekort reën val nie. 6

Verwagting vir die komende week Pryse in die VSA het moontlik oorgereageer op swak ekonomiese data, en kan weer herstel gedurende die week. Die weer speel egter nog saam, en potensiaal vir pryse om die hoogte in te skiet is ook maar min. Verwag pryse hier om sywaarts tot hoër te beweeg. In die res van die wêreld speel die weer ook saam, en kan pryse sywaarts bly verhandel. Plaaslike pryse word dus ook maar sywaarts vir die week verwag, maar kan onder druk kom sou die Rand weer herstel. Sonneblomme Oorsig van verlede week Internasionaal Sonneblompryse in Europa en Suid Amerika het onlangs begin ondersteuning kry. Aanplantings in Europa sal ook binnekort afskop. Met somergraan wat beskadigde winter graan kan vervang, kan n goeie oes verwag word. Die weer verbeter ook voor aanplantings afskop Plaaslik Plaaslike pryse het nuwe hoogtepunte vir meeste kontrakte gemaak en is 2% hoër verlede week. Julie pryse het die R5000/ton vlak gebreek en die vlak sal nou n belangrike rol speel. Sonneblom is besig om van die lande af te kom, wat ook pryse onder stroop druk sal hê. Normaalweg word daar 18% van die oes gelewer vanaf Januarie tot einde Maart. Die syfers word op die 23e bekend gemaak, en kan waarskynlik naby of meer as 18% wees. Plaaslike pryse is normaalweg in n beer fase die tyd van die seisoen. Voorraad sal egter baie knap wees, en die Rand het ook pryse hoër gehelp. Onderstaande grafiek toon hoe pryse skerp gestyg het. 7

Verwagting vir die komende week Sonneblompryse kan die week moontlik kalmeer na die onlangse styging. Pryse is reeds hoër as die afgeleide prys vir ingevoerde olie en oliekoek. Perse se marges is dus min, of selfs negatief. Dit sal veroorsaak dat minder sonneblom gepers word. Verwag pryse sywaarts tot laer vir die week. Sojabone Oorsig van verlede week VSA Sojaboon pryse kry nog ondersteuning die verwagting dat VSA sowel as wêreld vraag, produksie sal oorskry. Met sojaboen wat waarskynlik reeds baie grond verloor het teenoor vroeë mielie aanplantings sal die VSA moeilik sy uitvoere kan nakom. Uitvoere uit die VSA kan die hoogte in skiet in die komende seisoen en selfs 260 miljoen boesels meer as hierdie seisoen se 1 290 miljoen boesels wees. China het reeds sterk aankope uit die VSA gemaak vir die nuwe oes. Onderstaande grafiek toon hoe aankope onlangs die hoogte in geskiet het. Internasionaal Soos verwag het die USDA die Suid Amerikaanse sojaboon oes verder verlaag. Argentinië se sojaboon oes is met 1.5 miljoen ton verlaag na 45.00 miljoen ton. Dis reeds 7 miljoen ton minder as die skatting in Desember. Brasilië se oes is 2.5 miljoen ton laer geskat teen 66.00 miljoen ton. Dit is reeds 9 miljoen ton laer as die skatting in Desember. Wêreld sojaboon produksie is 4.92 miljoen ton laer geskat teen 240.15 miljoen ton. Dit is reeds 18.76 miljoen ton laer as die Desember skattings. 8

Plaaslik Plaaslik sojaboonpryse kry ook ondersteuning uit die hoër internasionale pryse en ook die Rand wat onlangs swakker was. Pryse eindig verlede week 1-4% hoër. Die sojaboon stroop proses het ook afgeskop en pryse sal onder druk kom. Daar word dan ook rondom 340 000 ton se oop posisies vir sojabone gehou. Dit is rondom dieselfde hoeveelheid wat vir die jaar gepers kan word vir olie en oliekoek. Omdat perse tans nog baie goeie marges maak, koop hulle voorraad vooruit. Soos wat hulle dan die voorraad pers, koop hul weer vooruit om hul risiko s te verskans. Omdat verwerkers dus nou reeds hul voorraad aangekoop het, en ver vooruit ook gekoop het, sal stroopdruk soveel te meer wees die seisoen. Soos wat sojabone verkoop gaan word, sal daar min kopers aan die koop kant wees en kan pryse tuimel. Onderstaande grafiek toon dat die hoeveelheid oop posisies konstant naby die 340 000 ton merk rond hang. 9

Verwagting vir die komende week Sojaboon pryse het reeds baie gedoen om plantgrond terug te wen, en pryse is naby aan rekord vlakke. Pryse kan dus binnekort begin afkoel. Verwag dus dat internasionale sojaboon pryse die week sywaarts sal beweeg. Plaaslike pryse is nog hoog, maar lyk tevrede op hierdie vlakke. Sodra die oes egter begin inkom kan plaaslike pryse tuimel. Senwes SAFEX Makelaars Johan Strauss 018 464 7575 / 072 116 9999 Kobus Retief 011 253 6937 / 082 461 7166 Jackie van der Merwe 018 464 7528 / 083 460 7664 Senwes Inligtingsdienste Theo Venter 018 464 7723 / 084 715 4171. Thys Grobbelaar 018 464 7385 / 083 449 0944 Vrywaringsklousule Die aanbevelings wat deur Senwes Beperk se verteenwoordigers en/of sy werknemers gemaak word is nie noodwendig korrek nie. Daar is geen voorstellings en/of waarborge ten opsigte van die korrektheid van sodanige aanbevelings nie. Indien die aanbevelings of insette gebruik word, word dit op eie risiko aanvaar en toegepas en word Senwes Beperk en/of sy verteenwoordigers en/of sy werknemers van enige en/of alle eise en/of skade wat mag voortspruit uit die toepassing van sodanige aanbevelings gevrywaar. 10