Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Vergelijkbare documenten
Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

Welkom by Die Storie God se storie

Jesaja sien die Toekoms

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

n Tempel Leier besoek Jesus

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees?

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

Die Groot Gebod dennis de wet

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

Is jy seker dis nie n voorry nie. Ek wonder of die kinders weet wat n voorry doen.

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

Toe God alles gemaak het

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

Goeie Konings, Slegte Konings

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder.

Toe God alles gemaak het

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap.

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

Van Vervolger tot Prediker

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het.

Gisteraand het dit gegaan dit oor hoe ons lewens moet wees om Jesus te volg. Watter klere ek moet aantrek.

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

Baie welkom by vanoggend se erediens. Doen asb moeite om ander mense rondom jou te groet

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

Ontdek God Saam. (v 1.0) n Riglyn om nuwe groepe te lei

Aanbieding 1 Agtergrond. Skrywer van 2 Petrus

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê.

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer

Jakobus 4a Tema: toets van wêreldliefde / begeertes. Wat het jy?

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

KINDERKERK LES: Vrugte van die Gees Gebedsaand

LITURGIE VIR N OOP GESPREK

Inhoudsopgawe. Voorwoord... 11

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

God eer Josef die slaaf

Jesus - Die Grootste Geskenk van Alle Tye - Reformation Society

VADERSDAG. Een van die raadslede van die sinagoge, 'n man met die naam Jaïrus, kom toe daar aan. Net toe hy vir Jesus sien, val hy op sy

Tema van die dag is ons bekommernisse, en wat om daarmee te maak.

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

JOHANNES 6:48 HK 28. Votum en seën. Psalm 100 : 1, 3. Gebed. Skrifberyming 54 (2-6) : 1. Skriflesing: Johannes 6:41-59 (AV 1983) Belydenis: HK 28

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

Die Here gee vir mense, wat oor Hom bly is, dit wat hulle harte begeer.

12. God se Advokaat by my Johannes 14:15-26

Paulus en sy vriende vertel ander van God

Skriflesing: 2 Tim 2:14-26(word gelees deur gemeentelede uit die banke)

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

Het jy al jou kruis opgeneem Die Besluit

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

Die Kerk se Geboorte

Die gebruik van 'n persoonlike joernaal of dagboek

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

Briewe van Johannes. Ontmoeting 22

Ons hoor hulle het in die land Kanaän gaan woon. (kaart) Kanaän Egipte.

SKRIFLESING: Romeine 8:31-39 (AV 1983) TEKS: Romeine 8:32b. Skrifberyming 24 (1-1) : 3. Psalm 62 : 4 (na gebed) Psalm 93 : 1, 4

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

PSALM 40:9. Votum en seën. Psalm 89 : 3. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1933/53) Psalm 50 : 6, 7.

1 Johannes 5: /03/2014

die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën.

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15

23. Reëls vir die pad die padgebruikers

Preek Romeine 1:16-17

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 6: TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1. Ook ons liggame behoort aan die Here. Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2

Vir die Here is die hoofsaak dat ons sal glo en gehoorsaam.

Preek deur ds. Jaco van Sittert Vrydag, 14 April Skriflesing: Johannes 19:17-37 Van die eenkant na die anderkant van die kruis.

Lees Genesis 22 Hoe laat dit wat jy sopas gehoor het jou voel? Hoe laat dit jou voel oor Abraham se situasie en hoe voel jy oor God?

Jona en die Groot Vis

Stephan Joubert skryf gisteroggend in sy Goeie Nuus rubriek in Beeld: Ek wil graag by Stephan aansluit en vir jou vra: hoekom soek jy vir Jesus?

Transcriptie:

1 Johannes 14b WH Belydenisaflegging en Nagmaal Kinders, doen julle wat mamma en pappa vra? Altyd? Partykeer eers later nè? Hoekom sal jy iets doen as jou ouers vra? Doen jy wat die Here vra? Wat is jou rede? Doen jy alles wat Hy vra, of is daar sekeres wat jy bloot net nie doen nie? Vanoggend het twee jongmense hulle geloof hier in die openbaar bely wat beteken, Jessica en Karene, dat julle nou verantwoordelikheid vir jul eie geestelike lewens neem. Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Kom ons luister uit Johannes 14:15-31 hoe julle juis nooit alleen hoef te voel, terwyl julle begeerte is om juis te doen wat die Here van julle vra nie. Jesus is aan die woord. Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie. Mense wat regtig Jesus se volgelinge is, het Hom lief. Die geloofsverhouding waarvan Jesus hier praat is baie meer as `n godsdienstige verhouding waar jy `n klompie mooi dinge doen om jou slegte dinge weg te steek. Iemand wat doen wat die Here sê, doen dit nie sodat Hy hulle sal liefhê nie, maar juis omdat hulle Hom liefhet. En duidelik is hierdie liefde tweeledig: liefde vir God kan net kom omdat Hy eerste liefhet. Ons sal uit die teks verder hoor hoe dit werk.

2 As julle my liefhet, sal julle my opdragte uitvoer. Jesus stel `n feit, en nie `n versoek nie. Die rede daarvoor is juis omdat Hy nie verwag dat sy kinders dit alleen moet doen nie, maar omdat Hy op verskeie maniere deel is van hierdie liefde. Volgens vers 16 en 17 help Hy sy volgelinge deur naby hulle te wees. Hierdie naby hulp is niemand anders as die Heilige Gees self nie. Direk vertaal staan hier iets soos: die Vader sal julle nog een van dieselfde soort Helpers laat ervaar. Die troos is dat elkeen wat die Here werklik liefhet, Hom ken en die belofte het dat Hy nie net by jou sal wees nie, maar ook in jou! 1 Korintiërs 2:14 15 Die mens wat die Gees van God het, kan die waarde van alle dinge beoordeel. In vers 18 word die belofte van die Heilige Gees se liefdevolle teenwoordigheid bevestig: Ek sal julle nie as weeskinders agterlaat nie. Dit word nog verder versterk met `n belofte oor die toekoms: Ek kom weer na julle toe. Nog `n manier hoe die Here seker maak dat ons weet ons is nie alleen in ons strewe om Hom lief te hê en sy opdragte uit te voer nie, is die feit dat ons Hom kan sien, terwyl die wêreld nie kan nie. Nou dink jy, maar ons kan nie vir Jesus sien nie, en Hy het boonop mos opgevaar na die hemel. Dit is waar, maar luister mooi wat Hy hier in vers 19 sê: julle sien My, omdat Ek lewe en julle sal lewe. Ons sien Hom in die geloof wat ons saam met mekaar het.

3 Om vanoggend saam te wees, help ons om die lewe van Jesus te sien. Ek sien Hom in jou geloof! Jy versterk my omdat jy vir die lewe aan Hom vashou! Net so sien ons Hom in die betekenis van brood en wyn. `n Vierde versekering is dat ons kan weet dat ons deel het aan die liefde van die Drieeenheid. Dink mooi oor hierdie wonderlike hoop en troos vir jou en my in vers 20: julle sal weet dat ek in my Vader is en julle in My en Ek in julle. Ons is deel van `n ewige liefdesverhouding. En net om seker te wees waarom die Here so naby ons is, herhaal Hy dit weer in vers 21: Wie my opdragte het en dit uitvoer dis is hy wat My liefhet. Hoe weet ons of iemand die Here liefhet? In wie sal ons die liefde van Jesus kan sien en weet dat Hy lewe? Daardie mense wat ken en daarom doen. Ons kan mos nie van iemand verwag om Jesus se opdragte te doen as hy/sy dit nie het nie. Maar ons kan verwag om dit by elkeen te sien wat vir Jesus liefhet. Uit hierdie tweede bevestiging dat iemand wat Jesus liefhet ook sy opdragte sal uitvoer, kom daar nog `n belofte vir die pad vorentoe: Ek sal hom ook liefhê en My aan hom openbaar. Dit beteken dat, soos jy hierdie pad stap van in liefde leef soos die Here wil hê, jy al hoe meer van Hom sal verstaan. Hy doen dit self vir jou.

4 Terwyl Jesus hierdie liefde verduidelik, is iemand bekommerd oor die ander mense aan wie Jesus Hom nou nie bekend gaan maak nie. Wat dan van die ander? Dis dan amper asof Jesus net hier in sy Koningskap sê: moet jou nie bekommer nie. Dis in my hande: - wie My liefhet, sal luister, m.a.w. sal hoor as Ek my bekend maak. - wie My nie liefhet nie, gaan nie luister nie. Dis nogal interessant om op te merk dat dit `n ander Judas is wat hierdie vraag vra, terwyl Judas Iskariot, die een wat Jesus verraai het, juis op pad is om net dit te gaan doen. Die rede? Hy het Jesus nie lief nie, en daarom ook nie die Vader nie. Maar terug by die hulp wat dié kan verwag wat regtig vir Jesus liefhet: Mense wat Jesus in liefde volg en doen wat Hy sê, hou nooit op groei nie. Hulle word self, volgens vers 26, deur die Heilige Gees geleer EN herinner aan alles wat Jesus gesê het. Hoor mooi, die Heilige Gees leer nie nuwe dinge nie, want Hy is `n helper van dieselfde soort as wat Jesus is. Daarom wys Hy altyd weer terug na die woorde wat God lank reeds vir ons gegee het, en wat Hy in Jesus se koms bevestig het. In vers 27 maak Jesus hierdie werk van die Heilige Gees baie prakties. `n Uitwerking van dit wat die Heilige Gees ons leer en herinner, is dat ons sy vrede ervaar. Dis nie `n vrede omdat daar nooit slegte goed gebeur nie, maar dit is `n vrede wat sorg dat ons in alle omstandighede nie ontsteld of bang hoef te wees nie. Vers 28 help om dit te verstaan, want Jesus gaan juis weg, omdat sy tipe vrede nie van hier is nie, maar kom uit dit wat groter, beter en ewig is, soos sy Vader.

5 Ons kan sy vrede in alle omstandighede beleef, juis omdat Jesus uit liefde vir die Vader en vir ons, alles gedoen het wat die Vader beveel het. Selfs om gemartel te word, en onskuldig te sterf, om juis daardeur te wys dat die owerste van hierdie wêreld, die duiwel, geen mag oor Hom het nie. Elkeen wat in liefde saam met Jesus stap deur sy opdragte uit te voer, het die wonderlike voordeel om dit vooruit te weet. Ons opdrag? Vers 30 die wêreld moet weet dat Ek die Vader liefhet en daarom doen wat die Vader My beveel het. Ek en jy moet so uit die hulp en nabyheid van die Heilige Gees leef, dat die mense om ons sal weet, ons het Jesus lief omdat Hy sy Vader se opdrag uitgevoer het. Ons vier juis hierdie wonder saam met Karene en Jessica wat vandag hier voor ons en die wêreld bely het dat hulle vanuit hierdie liefde en vrede vir die wêreld sal vertel van die Vader se reddingsplan. Dat Hy sy Seun, vir wie Hy lief is, aan die kruis laat sterf het, sodat ons deel kan word van hul liefde. Ons vier dit ook saam met hulle en mekaar in die Nagmaal. Mag ons elkeen weer die liefde ervaar as die Heilige Gees ons tasbaar leer oor wat Jesus vir ons kom doen het soos ons die brood eet en die wyn drink. Voer jy die opdragte van die Here uit? Het jy Hom met alles in jou lief? Leef dan voluit in die vaste wete: jou Helper is naby jou en in jou. Luister soos Hy jou leer en herinner en leef in sy vrede!