God se verlossingsplan word in ons alledaagse bestaan uitgevoer

Vergelijkbare documenten
JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

HEMELVAART. SKRIFLESING: Johannes 14:1-14. TEKS: Johannes 14:2-3 (AV 1933/53) Jesus Christus is hemel toe vir ons. Psalm 2 : 4, 6.

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Jesaja sien die Toekoms

Welkom by Die Storie God se storie

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

Goeie Konings, Slegte Konings

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5

n Tempel Leier besoek Jesus

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3.

PSALM 40:9. Votum en seën. Psalm 89 : 3. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1933/53) Psalm 50 : 6, 7.

God red mense wat glo deur die krag van die evangelie

Wie die Here vertrou, kan radikaal gehoorsaam wees.

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 6: TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1. Ook ons liggame behoort aan die Here. Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2

Baie welkom by vanoggend se erediens

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 13. TEKS: 1 Korintiërs 13:8. Die liefde bly vir ewig. Psalm 103 : 1, 2. Psalm 102 : 11, 12. Skrifberyming 21 (9-4) : 1, 6

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

SKRIFLESING: Prediker 1:1-11. TEKS: Prediker 1:3. Los van God bied die lewe niks. Psalm 149 : 1, 2. Skrifberyming 19 (2-1) : 1, 2.

1 KORINTIËRS 13:12. Ook: Sb 18-8 (30) : 4, 5

SKRIFLESING: Openbaring 19:1-10. TEKS: Openbaring 19:7b. Vir die groot bruilof moet ons gereed maak. Skrifberyming 23b (18-6) : 1, 2.

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

Skriflesing: 2 Tim 2:14-26(word gelees deur gemeentelede uit die banke)

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)?

n Dubbele kruis-belydenis

Preek Romeine 11:36. (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 26 Maart 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff

Wie in die Here glo, vertrou Hom met die bestemming.

SKRIFLESING: 1 Petrus 2:1-10. TEKS: 1 Petrus 2:9. God red sodat ons sal vertel. Psalm 40 : 5. Psalm 4 : 3. Skrifberyming 8 (5-3) : 2.

SKRIFLESING: Handelinge 16: TEKS: Handelinge 16:30-31 HK 23. Wie in die Here Jesus glo, word gered. Psalm 48 : 4.

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder.

Preek Romeine 1:16-17

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê.

Simson, God se sterk Man

PSALM 90:2 NGB 1. Votum en seën. Psalm 90 : 1. Gebed. Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1. Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53)

SKRIFLESING: Titus 1. TEKS: Titus 1:15. Die Here wil ons op die hoofspoor hê. Psalm 134 : 1, 2. Psalm 119 : 4. Psalm 18 : 12. Skrifberyming 78 (13-3)

Preek Romeine 6:3-4. (Preek tydens erediens in Gereformeerde Kerk Welkom-Noord op Sondag 25 Junie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff

SKRIFLESING: Jesaja 6. TEKS: Jesaja 6:3 HK 8. Voor die drie-maal heilige God buig ons laag. Psalm 99 : 1, 2. Psalm 81 : 11, 12

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

Die Here gee vir mense, wat oor Hom bly is, dit wat hulle harte begeer.

Die Here vlek ons sondes oop om ons te behou.

Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees?

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

PREEK Sondag 10 Junie 2007 Ds Freddie Schoeman

Die Kerk se Geboorte

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

Preek oor: Wat doen die Heilige Gees? Die Heilige Gees laat die wedergeboorte plaasvind

SKRIFLESING: Romeine 8:31-39 (AV 1983) TEKS: Romeine 8:32b. Skrifberyming 24 (1-1) : 3. Psalm 62 : 4 (na gebed) Psalm 93 : 1, 4

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

Het jy al jou kruis opgeneem Die Besluit

Ons hoor hulle het in die land Kanaän gaan woon. (kaart) Kanaän Egipte.

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

Jesus kom op n onbekende tyd weer bly dan gereed vir Hom!

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het.

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

Tema: Troos mekaar met Christus se lewe en sterwe, die bron van ons hoop in lewe en dood.

1 KORINTIËRS 3:21-23 HK Sondag 1

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

Dr AH Bogaards. 1. Inleiding Wat is eensaamheid? Lees: Mt.27: Teks: Mt.27: Datum: 18 Oktober 2015

JOHANNES 3:19-20 DL 3/4:1

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol

Die Groot Gebod dennis de wet

Kinders hoe voel julle oor die eksamen wat voorlê? Vir wie van julle is die Bybel soms moeilik om te verstaan? Ja daar is dinge waarmee ons sukkel né.

Van Vervolger tot Prediker

D O O P. Die doop van bekeerlinge is n kardinale deel van ons redding, wat ons nie kan uit die weg stoot of verontagsaam nie.

SKRIFLESING: Openbaring 1:1-8. TEKS: Openbaring 1:8. Die Here omvat alles altyd. Psalm 90 : 1, 2. Psalm 65 : 2, 4. Psalm 102 : 11

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Hierdie raaisel word op meer as een manier in die Bybel beantwoord.

PSALM 115:1 HK Sondag 52:

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

Transcriptie:

SKRIFLESING: Rut 4 TEKS: Rut 4:22 TEMA: God se verlossingsplan word in ons alledaagse bestaan uitgevoer Skrifberyming 34 (2-2) : 1 Psalm 38 : 1, 8 Psalm 103 : 8 Skrifberyming 34 (2-2) : 3 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Ps 90 : 3, 9

2 Daar gaan skielik baie lig op as jy die laaste paar verse van hierdie boek lees: - alles wat gebeur het, val in plek; - die raaisels van hierdie mense se lewens kry antwoorde; - selfs hulle teëspoed maak nou sin; - álles kry betekenis. Dit gebeur omdat die laaste verse van hierdie boek wys dat hierdie hele geskiedenis deel is van God se groot plan, Sy verlossingsplan, n plan so sien ons in hierdie boek wat Hy in die alledaagse lewens van mense uitvoer. Daaroor gaan vanoggend se preek: God se plan in ons alledaagse bestaan. Kom ons praat eers oor die feit dat ons hier met God se verlossingsplan te doen het en dan oor hoe dit in die alledaagse lewe en bestaan van mense uitgevoer word. 1. GOD SE PLAN God werk met n groot plan: - n plan om hierdie wêreld uit die greep van die sonde en die bose te verlos; - n plan om al Sy uitverkorenes as Sy kinders bymekaar te maak; - n plan om Sy mag en Sy regverdigheid en Sy goedheid te laat wen en dit eendag volmaak in n nuutgemaakte wêreld gestalte te gee. En hierdie boekie Rut gaan oor hierdie plan van God. Hoe weet ons dit? Die heel laaste woordjie van hierdie boek, die naam Dawid, sê dit vir ons. Kom ek probeer verduidelik. In hierdie groot verlossingsplan van God is die sentrale Figuur natuurlik Jesus Christus: - Hy s die Verlosser; - Hy s die Een wat die beslissende dele van hierdie plan uitgevoer het toe Hy na hierdie wêreld toe gekom het en hier geleef het en gely het en gesterf het en opgestaan het uit die dood.

3 Van die begin af, vandat God die eerste woord oor hierdie plan laat val het daar in die paradys al, 1 tot op die dag wanneer hierdie plan volmaak voltooi sal wees, is Jesus Christus die Middelpunt van hierdie meesterplan van God. Maar nou het God dit in Sy wysheid só gemaak dat daar in die verloop van die uitvoering van hierdie plan sekere bakens is; bakens wat vir jou wys dat jy nog op die spoor van Jesus Christus is en dat God se plan nog op koers is. Een so n baken is byvoorbeeld Abraham, uit wie die volk gekom het waaruit die Verlosser gebore sou word. n Ander baken is Israel se uittog uit Egipte. As die Here hulle deur bemiddeling van Moses uit die slawerny van Egipte bevry, dan wys Hy daarmee vir hulle hoe Hy van plan is om mense eendag uit die sondeslawerny te verlos deur die Middelaar, Jesus Christus. n Ander baken is Dawid, n koning van Israel, wie se oorwinnings oor die vyande van God se volk en wie se regverdige regering en wie se profetiese Psalms hom duidelik n voorloper van die groot Koning wat sou kom en wat juis een van sy nasate sou wees, gemaak het. As jy by Dawid verbygaan, is jy baie duidelik nog op die spoor van God se verlossingsplan en van Jesus Christus. En daar s nog baie meer sulke bakens Maar u behoort nou te verstaan hoekom n mens kan sê dat die laaste versie van die boek Rut, n versie wat sê dat Rut en Boas se seuntjie die oupa van koning Dawid was, hierdie hele geskiedenis iets baie meer maak as n outydse liefdesverhaal. Hierdie laaste versie koppel hierdie hele geskiedenis direk aan een van die belangrike bakens op die pad van God se plan aan Dawid, en wys so dat al die dinge waarvan ons in hierdie boek lees, eintlik deel is van die pad wat God loop in die uitvoering van Sy plan. Dit gaan in die boek Rut om niks minder nie as die groot verlossingsplan van God 1 Gen 3:15

4 2. UITGEVOER IN MENSE SE ALLEDAAGSE BESTAAN Die Here Jesus se geboorte en verlossingswerk hier op aarde, waarop God se plan in die Ou Testamentiese tye afgestuur het, het nie sommer eendag soos n meteoriet uit die lug uit op die aarde geval nie: - God het dit deur die eeue heen geduldig voorberei; - Hy t steentjie vir steentjie aan hierdie verlossingshuis gebou; - Hy t hierdie pad treetjie vir treetjie geloop. En Hy t hierdie pad nie daar Bo iewers geloop nie, maar hiér, in hierdie wêreld en in die gewone, alledaagse lewe en bestaan van mense. Kom ons kyk byvoorbeeld net na een van die bakens op hierdie pad van God se plan na Dawid, na hoe God hierdie baken met groot geduld in die alledaagse lewe van mense gebou het. Waar kom Dawid vandaan? Hy t nie uit die lug uit geval nie; hy s deur Isai verwek. En net so val Isai val ook nie uit die lug uit nie; hy s deur Obed verwek. En Obed val ook nie uit die lug uit nie; hy s die kind van Boas en Rut. En Boas en Rut het Obed nie uit die lug uit gekry nie; God het hom vir hulle gegee deur middel van hulle huwelik en hulle huweliksgemeenskap. En ook hulle huwelik is nie iets wat sommer net eendag uit die bloute uit daar was nie. Hulle lewens het n lang paadjie geloop voordat dit by hierdie punt uitgekom het: o Daar was hongersnood in Israel. o Dit het gemaak dat Elimelek en sy gesin na Moab geëmigreer het. o Daar het Rut, n Moabitiese meisie, met Maglon, een van die seuns van Elimelek, getrou. o Toe sterf al die mans in daardie huisgesin met al die hartseer daarvan.

5 o Daar was Rut se geloof in die Here en haar liefde vir haar skoonma, Naomi, en hulle twee se terugkeer na Israel toe. o Daar was Rut se bereidheid om as n arme te gaan are optel. o Daar was Boas, n ongetroude grondbesitter. o Toe werk dit so dat Rut juis by Boas se landerye uitkom toe sy gaan are optel. o Daar was Boas se jammerhartigheid en sy vroomheid en sy reinheid en fynheid van optrede teenoor Rut en sy bereidheid om as losser op te tree volgens die bepalings van die Here se wet. Kan u sien? God se plan word nie daar bo in die lug iewers uitgevoer nie, maar hier op aarde in die alledaagse bestaan van mense. Hierdie mense se voorspoed en teëspoed, hulle suksesse en hulle terugslae, hulle hartsere en hulle vreugdes, hulle geloof in God en hulle gehoorsaamheid aan Hom, is alles deel van God se bouwerk aan Sy verlossingsplan! Ja, ook hulle gehoorsaamheid dit moet tog beklemtoon word. God se plan word veral uitgevoer deur middel van die gehoorsaamheid van mense, selfs hulle gehoorsaamheid in klein dingetjies: - Rut, wat in haar armoede bereid was om die Here se voorskrif vir armes uit te voer en te gaan are optel; - Boas, wat bereid was om vir haar en Naomi as losser op te tree. As jy ongehoorsaam is aan die Here, dan staan jy in Sy pad. Nie só dat ons ongehoorsaamheid ooit die uitvoering van Sy verlossingsplan sal kan keer nie al die magte van die duisternis saam sal dit nie kan keer nie! Maar só dat jy, as jy nie vir die Here luister nie, ook in die klein dingetjies, skuldig is aan n poging tot obstruksie van Sy plan, terwyl Sy plan vlot vloei wanneer ons, ook in klein dingetjies, doen wat Hy sê.

6 Die Here vervul Sy plan in die alledaagse lewe en bestaan en gehoorsaamheid van Sy kinders. As n mens so deur die boek Rut blaai, dan wonder jy op n stadium wat al hierdie dinge met ons saligheid te doen het: - wat het n hongersnood met Jesus Christus te doen? - wat het are optel met die koninkryk van die hemel te doen? - wat het n outydse lossingstransaksie met God se groot eeue-omspannende verlossingsplan te doen? Tot jy die laaste paar verse van hierdie boekie lees. Dan val alles in plek. Dan kry al die raaisels antwoorde. Dan verstaan jy dat al hierdie klein en skynbaar onbenullige dingetjies die steentjies is waarmee God aan Sy groot verlossingsplan bou. Dis alles deel van die pad waarlangs Jesus Christus sou kom om vir almal wat in Hom glo, redding en ewige lewe te gee. Hierdie boek gaan oor God se plan in die alledaagse lewe en bestaan van Sy kinders TOEPASSING God is vandag nog besig om Sy plan uit te voer. Christus het al gekom en gedoen wat Hy hier op aarde tot ons verlossing moes doen en is nou besig om in en vanuit die hemel die res van die werk aan God se verlossingsplan klaar te maak. Maar n deel van hierdie voltooiingswerk wat Hy nou doen, raak nog steeds die aarde. Hy t die Heilige Gees uitgestort om hier op aarde God se uitverkorenes uit alle volke en nasies bymekaar te maak en om die laaste voorbereidingswerk aan hulle vir hulle lewe in die hiernamaals af te handel. En ook vandag is God besig om hierdie deel van Sy plan uit te voer, nie daarbo iewers in die lug nie, maar hier in die alledaagse lewe en bestaan van mense.

7 Hiér lei God (byvoorbeeld) deur allerhande gewone faktore gelowige mans en vroue na mekaar toe en hulle trou en daar word verbondskinders gebore en so vergader Hy Sy kerk. Hiér bring Hy op allerhande maniere, wat baie kere vir ons na blote toeval lyk maar dit natuurlik nie is nie, mense met die evangelie in aanraking en hulle word daardeur getref en kom tot geloof en ook so word Sy kinders bymekaargemaak. Hiér slyp Hy ons geloof en toets Hy ons geloof en oefen Hy ons gehoorsaamheid aan Hom, deur die voorspoed en die teëspoed, die suksesse en die terugslae, die siektes en die ongelukke en al die ander gewone, alledaagse dinge wat met ons gebeur en so berei Hy ons voor vir ons lewe in Sy ewige koninkryk. U moet die grote God, wat Sy grootse plan uitvoer, nie net daar bo of net in die enkele groot en dramatiese gebeurtenisse in hierdie wêreld se geskiedenis en in u lewe soek nie. Hy werk hiér. Hy t hierdie afgelope jaar ook gewerk hier waar u trane geval het en hier waar u so lekker gelag het; hier waar u geswoeg en gesweet het en hier waar u gerus en ontspan het; hier waar u sukses behaal het en hier waar deure vir u toegegaan het; hier waar u n huweliksmaat gekies het en hier waar die huweliksmaat (nog) nie gekom het nie, of waar u u huweliksmaat verloor het; hier waar u paadjie allerhande ander mense s n gekruis het en waar u dalk n vriendelike woordjie gepraat of n helpende hand uitgesteek het. Ín u alledaagse lewe en bestaan

8 en veral in u alledaagse gehoorsaamheid aan die Here, is Hy besig om Sy plan in hierdie wêreld te voltooi. Dit gebeur baie kere dat n mens se lewe nie vir jou sin maak nie: o jy t n bepaalde talent, maar jou lewe verloop so dat jy dit nie kan uitleef nie; o jy t n sekere geaardheid, maar dan t jy ouers of n huweliksmaat wat jou nie verstaan nie; o hier gaan deure oop, en dan t jy nie die krag of moed om hierdie kans te benut nie, en die geleentheid gaan verby Ons lewens is baie kere vir ons so vol raaisels en teenstrydighede. Ons wonder wat ons vreugdetjies en pyne ooit met die koninkryk van die hemel te doen kan hê. Ons kan nie sien hoe ons gehoorsaamheid of ongehoorsaamheid in klein dingetjies enige verskil aan enige iets in hierdie wêreld kan maak nie. Totdat ons die lig van hierdie boekie in God se Woord aansit; dán begin ons iets verstaan van hoe die alledaagse dinge in ons lewens tog deel kan wees van die pad waarop God Sy plan uitvoer. En al kan ons definitief nie nou al verstaan hoe álles in ons lewens in God se plan inpas nie, weet ons dat die Here eendag, op die regte tyd, ook vir elkeen van ons die laaste versie van ons lewensverhaal sal gee om te lees. En dan sal alles van my lewe ook in hulle plekke inval en die raaisels antwoorde kry en selfs die teëspoed sin maak En as n mens dit verstaan, dat God in ons alledaagse lewe en bestaan en gehoorsaamheid besig is om Sy groot en wonderlike plan vir elkeen wat glo, uit te voer, dan kry jy mens sommer weer moed om met jou doodgewone lewe voort te gaan, om jou plekkie te gaan volstaan, om jou lag te gaan lag en jou huil te gaan huil, en veral ook om selfs in die klein dingetjies, gehoorsaam te gaan wees In ons alledaagse treetjies, gee God Sy reusetreë.. AMEN