Ontleding van die toepassing van die 75 beginsels van korporatiewe bestuurstoesig soos aanbeveel in die King III-verslag

Vergelijkbare documenten
Kennisgewing van Twintigste Algemene Jaarvergadering van Aandeelhouers

Korporatiewe bestuurstoesig

KORPORATIEWE BESTUURSVERSLAG

Remgro Beperk ( Remgro ) onderskryf die waardes van, en is ten volle verbind tot, die King II-verslag

HOOFSTUK 8 Die Nasionale Raad

HOOFSTUK 9 Regspleging

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA. REGULASIE EN PROSEDURE VIR DIE AANSTELLING VAN UITVOERENDE DIREKTEURE EN DIE REGISTRATEUR (Rt326/10)

KORPORATIEWE BESTUURSVERSLAG

REËLS VIR DIE AANSTELLING VAN AMPSDRAERS

Kennisgewing van Een en Twintigste Algemene Jaarvergadering van BKBaandeelhouers

DIE BURGEMEESTER, RAADSLID T VAN ESSEN, SE VOORLEGGING VAN DIE TWEEDE HERSIENING VAN DIE

VERGOEDINGSVERSLAG INLEIDING VERGOEDINGS-EN-NOMINASIEKOMITEE VERGOEDINGSBENADERING

PERSONEELADMINISTRASIEMAATREËLS (PAM)

LAERSKOOL SAAMTREK. Grond-en-gebouebeleid

Tensy uit die samehang anders blyk, beteken in hierdie reglement: 'n Lid van die Fakulteitsraad met spreek- maar geen stemreg nie.

KORPORATIEWE BESTUURSVERSLAG

5. NOTULE VAN DIE VERGADERING GEHOU OP 7 NOVEMBER Bylae A

besigheidsversekering finansiële onderskrywingsriglyne

INVESTERING BELEID BELEID VAN DIE RAAD

Ingevolge artikel 185 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 55 van 1995, het elke werknemer die reg om nie onbillik ontslaan te word nie.

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN DIE PRE-PRIMÊRE SKOOL SENEKAL

????: Eienaar van I Do tydskrif. BESIGHEIDSVERSEKERING Finansiële Onderskrywingsriglyne

EUROPA Trust Company 2

REGLEMENT VAN DIE ADMINISTRATIEWE PERSONEELVERENIGING

UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT BELEID. Ondernemingsbeleid. Senior Direkteur: IKT-dienste UBK. Jaarliks

KORPORATIEWE BESTUURSVERSLAG

GRONDWET VAN DIE HERMANUS HISTORIESE VERENIGING

KONTANT BESTUUR BELEID

KENNISGEWING AAN AANDEELHOUERS

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN LAERSKOOL RUSTENBURG

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur

KENNISGEWING VAN ALGEMENE JAARVERGADERING EN VOLMAG

KONSTITUSIE VAN PRETORIA PAPEGAAI KLUB

3 Maart 2004 BESTUURSTAKE VAN VRYWILLIGERS AS LEDE VAN AFRIKAANSE CHRISTELIKE VROUE VERENIGING BESTURE

TrueHealth se ekwiteit het op 15 Oktober 2010 uit die volgende kredietsaldo s bestaan:

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

Vergoedingsverslag BESTUUR EN VOLHOUBAARHEID

Kennisgewing van algemene jaarvergadering

REGLEMENT VAN DIE OUDIT- EN RISIKOBESTUURSKOMITEE (Goedgekeur deur die Raad op 7 Junie 2013)

BERGRIVIER MUNISIPALITEIT

KAAP AGULHAS MUNISIPALITEIT WERKNEMERBYSTANDBELEID

HOËRSKOOL OOS-MOOT OOS-MOOT RAAD GEDRAGSKODE

vonnisse tot 12 maande resorteer onder die Hoof van die Korrektiewe Sentrum vir plasing op parool. Artikel 76:

GRONDWET. Centurion Kunsvereniging (hierna genoem die Kunsvereniging) Die naam van die Kunsvereniging sal wees CENTURION KUNSVERENIGING.

Riglyne vir die regulering van termynaanstellings van langer as 3 (drie) maande 1

KENNISGEWING VAN ALGEMENE JAARVERGADERING 2016

VLEISINVOERE VANAF NAMIBIË GERHARD SCHUTTE OOS-KAAP RPO JAARVERGADERING 20 MEI 2015

BELEID TER VOORKOMING VAN NEPOTISME

Die komitee is bekend as die OUDITKOMITEE VAN DIE UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT.

Reglement vir die akademiese gehalteversekering van kortkursusse

HOOFSTUK 5 SAMEVATTING, GEVOLGTREKKING EN AANBEVELINGS

"ESLOTE $EBITEURE $EBITEURE $EBITEURE KREDITEURE /NTLEDING BANKVERSOENING )NLEIDING "ELASTING VOORRAADSTELSEL OP )TEMS WAARDE

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

4 Analisering en interpretering van die terugvoer uit die empiriese ondersoek

EKONOMIE EKSAMEN INLIGTING GRAAD 11 NOVEMBER EKSAMEN. VRAESTEL 1: 14 JUNIE: 1e SESSIE. VRAESTEL 2: 18 JUNIE: 1e SESSIE

SWANGERSKAPBELEID erken die verantwoordelikheid en invloed van die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel ten opsigte van leerderswangerskappe; en

MEDIA24 SE KODE VIR SAKE-ETIEK EN -GEDRAG

jaar Kennisgewing van Algemene Jaarvergadering 2017

Posbus 31, KLERKSDORP, 2570 AANSOEK VIR DIE OPNEEM VAN SENWESBEL AANDELE

GEDRAGSKODE VIR LEDE VAN BEHEERLIGGAME

DIENSKONTRAK MEMORANDUM VAN OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: hierin verteenwoordig deur behoorlik daartoe gemagtig (hierna die WERKGEWER genoem)

Gedurende die jaar onder oorsig het die Maatskappy

Kennisgewing van algemene jaarvergadering

Produsente TUSSENTYDSE RESULTATE. Belegging. Belegging. Beleggers. Toedeling SENWESBEL. Prestasie. Beleggers. Samewerking. Toedeling.

Die Direksie van Senwes is verbind tot die beste beginsels van effektiewe en gesonde

KONSTITUSIE. Van die. Hoedspruit Plaaswag. ( die Plaaswag )

DIE JERUSALEM RAAD Les 8 vir 25 Augustus 2018

KENNISGEWING VAN VERDAAGDE ALGEMENE JAARVERGADERING VAN BKB-AANDEELHOUERS

Compass Group Etiese Gedragskode

Nuus SIZA VISIE SIZA MISSIE SIZA PLATFORM / SEDEX INHOUD:

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

AANDEELHOUERSINLIGTING

Risikoprofielsamestelling op SanPort ipad- app

1.1 Erfenis Wes-Kaap (EWK) en die Departement van Kultuursake en Sport (DKES)

DISSIPLINERE KODE VIR STUDENTE DIE JOU SAKGIDS VIR:

Nasionale Minimumloon: Wie, waar, hoekom en hoe?

UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT BELEID. Senior Direkteur: IKT-dienste UBK. Jaarliks

KENNISGEWING IN TERME VAN ARTIKEL 2.1 VAN DIE ATKV-REGLEMENT VIR DIE VERKIESING VAN DIREKTEURE

GOUDVELD-HOËRSKOOL GEDRAGSKODE OPVOEDERS

GRAAD: 4 VAK: LEWENSVAARDIGHEDE SKEPPENDE KUNSTE KWARTAAL VIER FORMELE ASSESSERINGSTAAK (FAT) 4

REKENINGKUNDE: VRAESTEL II LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR

Les 7: Uitdagings vir die Suid-Afrikaanse ekonomie

PERSONEELONTWIKKELINGSBELEID

HOËRSKOOL WONDERBOOM FINANSIËLE BELEID

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT REKENINGKUNDE GRAAD 12 FEBRUARIE/MAART 2010 SPESIALE ANTWOORDEBOEK

GOUDVELD-HOËRSKOOL VOERTUIG EN VERVOER BELEID

KONSTITUSIE VAN DIE SCHOEMANSVILLE OEWERKLUB

Les 14: Entrepreneurskap

KLASTOETS GRAAD 11. LEWENSWETENSKAPPE: HOOFSTUK 10 EN 11 Toets 5: Diversiteit van diere in Suid-Afrika en biogeografie

DIE SENWES GROEP ( die groep ) en die raad van direkteure ( die raad )

MUNISIPALITEIT DEERNIS BELEID

VOORSTEL VIR LIDMAATSKAP VAN DIE S.A. AKADEMIE

NUUSBRIEF: DESEMBER 2010-FEBRUARIE 2011

Hierdie beleid moet saam met die skool se veiligheidsbeleid gelees word.

RESPECT 4 U. L e s 1 5. Bespreek hoe om n behulpsame, ondersteunende vriend/vriendin te wees waar geweld is of mag plaas vind

GRAAD: 6 VAK: LEWENSVAARDIGHEDE SKEPPENDE KUNSTE KWARTAAL VIER FORMELE ASSESSERINGSTAAK (FAT) 4

VEILINGSOOREENKOMS. NADEMAAL die Verkoper begerig om onder die beskerming van S.A. Holstein 'n veiling te reël op te,

BELASTINGVRYE PLAN Kom ons kry Suid-Afrika aan die spaar.

MUNISIPALITEIT DEERNIS BELEID / (HERSIEN EN GEWYSIG)

BELEID TEN OPSIGTE VAN OOV UITGAWES

Transcriptie:

soos aanbeveel in die King III-verslag 1. Etiese leierskap en korporatiewe burgerskap 1.1 Die direksie moet op n etiese grondslag doeltreffende leiding gee. 1.2 Die direksie moet toesien dat die maatskappy n verantwoordelike korporatiewe burger is en as sodanig beskou word. 1.3 Die direksie moet toesien dat die maatskappy se etiek doeltreffend bestuur word. 2. Direksies en direkteure 2.1 Die direksie moet die fokuspunt vir en bewaarder van korporatiewe bestuurstoesig wees. 2.2 Die direksie moet in gedagte hou dat strategie, risiko, prestasie en volhoubaarheid nie geskei kan word nie. 2.3 Die direksie moet op n etiese grondslag doeltreffende leiding gee. 2.4 Die direksie moet toesien dat die maatskappy n verantwoordelike korporatiewe burger is en as sodanig beskou word. 2.5 Die direksie moet toesien dat die maatskappy se etiek doeltreffend bestuur word. 2.6 Die direksie moet toesien dat die maatskappy n doeltreffende en onafhanklike ouditkomitee het. 2.7 Die direksie moet verantwoordelik wees vir bestuurstoesig oor risiko. 2.8 Die direksie moet verantwoordelik wees vir bestuurstoesig oor inligtingstegnologie (IT). 1 NASPERS GEÏNTEGREEDE JAARVERSLAG 2015

2. Direksies en direkteure (vervolg) 2.9 Die direksie moet toesien dat die maatskappy aan toepaslike wette voldoen en oorweeg om niebindende reëls, kodes en standaarde na te kom. 2.10 Die direksie moet toesien dat daar n doeltreffende risikogebaseerde interne oudit is. 2.11 Die direksie moet in gedagte hou dat belanghebbendes se persepsies n invloed op die maatskappy se naam het. 2.12 Die direksie moet die integriteit van die maatskappy se geïntegreerde jaarverslag verseker. 2.13 Die direksie moet oor die doeltreffendheid van die maatskappy se interne beheerstelsel verslag doen. 2.14 Die direksie en sy direkteure moet in die maatskappy se belang optree. 2.15 Die direksie moet besigheidsreddingsaksies of ander regruk-meganismes oorweeg sodra die maatskappy in finansiële nood is, soos in die Wet omskryf word. 2.16 Die direksie moet n onafhanklike nie-uitvoerende direkteur as voorsitter van die direksie kies. Die uitvoerende hoof van die maatskappy moenie ook die rol van voorsitter van die direksie vervul nie. 2.17 Die direksie moet die uitvoerende hoof aanstel en n raamwerk vir die delegering van gesag opstel. Nie van toepassing nie Toegelig Met die hulp van die groep se regsnakomingsprogram. Die uitvoerende hoof en voorsitter se rolle is geskei. Die voorsitter is n nie-uitvoerende direkteur. Die direksie het n leidende onafhanklike, nieuitvoerende direkteur aangestel om as voorsitter waar te neem wanneer die voorsitter botsende belange het. NASPERS GEÏNTEGREEDE JAARVERSLAG 2015 2

2. Direksies en direkteure (vervolg) 2.18 Die direksie moet n ewewigtige samestelling hê, met n meerderheid van nie-uitvoerende direkteure. Die meerderheid van nie-uitvoerende direkteure behoort onafhanklik te wees. 2.19 Direkteure moet volgens n formele proses aangestel word. 2.20 Die induksie en deurlopende opleiding en ontwikkeling van direkteure moet volgens formele prosesse plaasvind. 2.21 Die direksie moet deur n vaardige, paslik gekwalifiseerde en ervare maatskappysekretaris bygestaan word. 2.22 Die direksie, sy komitees en die individuele direkteure moet jaarliks geëvalueer word. 2.23 Die direksie moet sekere funksies aan goed gestruktureerde komitees delegeer sonder om van sy eie verantwoordelikhede afstand te doen. 2.24 Die groep en sy filiale se direksies moet oor n bestuurstoesig-raamwerk ooreenkom. King III beveel aan dat alle direksiekomitees, behalwe die risikokomitee, slegs uit nie-uitvoerende direkteure bestaan, van wie die meeste onafhanklik behoort te wees. Met inagneming van die verantwoordelikhede van die maatskaplike en etiese komitee, en die feit dat hierdie komitee die pligte van al Naspers se Suid-Afrikaanse filiale sal uitvoer, is die direksie van mening dat dit meer gepas is om uitvoerende direkteure en die uitvoerende hoofde van sy Suid-Afrikaanse filiale by die samestelling van die komitee in te sluit. Die voorsitter van die komitee is n onafhanklike, nie-uitvoerende direkteur. 3 NASPERS GEÏNTEGREEDE JAARVERSLAG 2015

2. Direksies en direkteure (vervolg) 2.25 Maatskappye moet direkteure en bestuurshoofde op billike en verantwoordelike wyse vergoed. 2.26 Maatskappye moet die vergoeding van elke direkteur en sekere senior bestuurshoofde bekend maak. 2.27 Aandeelhouers moet die maatskappy se vergoedingsbeleid goedkeur. 3. Ouditkomitees 3.1 Die direksie moet toesien dat die maatskappy n doeltreffende en onafhanklike ouditkomitee het. 3.2 Ouditkomiteelede moet paslik gekwalifiseerde en ervare, onafhanklike nie-uitvoerende direkteure wees. 3.3 Die voorsitter van die ouditkomitee moet n onafhanklike nie-uitvoerende direkteur wees. 3.4 Die ouditkomitee moet oor geïntegreerde verslagdoening toesig hou. 3.5 Die ouditkomitee moet toesien dat n gekombineerde gerusstellingsmodel toegepas word om n gekoördineerde benadering tot alle gerusstellingsaktiwiteite te verskaf. 3.6 Die ouditkomitee behoort hom te vergewis van die kundigheid, hulpbronne en ervaring van die maatskappy se finansiële funksie. 3.7 Die ouditkomitee moet verantwoordelik wees vir toesig oor interne oudit. NASPERS GEÏNTEGREEDE JAARVERSLAG 2015 4

3. Ouditkomitees (vervolg) 3.8 Die ouditkomitee moet n integrerende komponent van die risikobestuursproses wees. 3.9 Die ouditkomitee is verantwoordelik vir die aanbeveling van die eksterne ouditeur se aanstelling en vir toesig oor die eksterne ouditproses. 3.10 Die ouditkomitee moet aan die direksie en aandeelhouers verslag doen oor hoe hy sy pligte nagekom het. 4. Bestuurstoesig oor risiko 4.1 Die direksie moet verantwoordelik wees vir bestuurstoesig oor risiko. 4.2 Die direksie moet die risikotoleransievlakke bepaal. 4.3 Die risikokomitee of ouditkomitee moet die direksie bystaan om sy verantwoordelikhede ten opsigte van risiko na te kom. 4.4 Die direksie moet aan bestuur die verantwoordelikheid delegeer om die risikobestuursplan te ontwerp, toe te pas en te monitor. 4.5 Die direksie moet toesien dat risiko-evaluerings deurlopend gedoen word. 4.6 Die direksie moet toesien dat raamwerke en metodes toegepas word om die waarskynlikheid te verhoog dat onvoorspelbare risiko s voorsien kan word. 4.7 Die direksie moet toesien dat bestuur geskikte risikomaatreëls oorweeg en toepas. 5 NASPERS GEÏNTEGREEDE JAARVERSLAG 2015

4. Bestuurstoesig oor risiko (vervolg) 4.8 Die direksie moet deurlopende risikomonitering deur bestuur verseker. 4.9 Die direksie moet gerusstelling oor die doeltreffendheid van die risikobestuursproses kry. 4.10 Die direksie moet toesien dat prosesse in plek is om volledige, tydige, relevante, akkurate en toeganklike risikobekendmaking aan belanghebbendes moontlik te maak. 5. Bestuurstoesig oor inligtingstegnologie 5.1 Die direksie moet verantwoordelik wees vir bestuurstoesig oor IT. 5.2 IT moet in ooreenstemming gebring word met prestasie- en volhoubaarheidsdoelwitte van die maatskappy. 5.3 Die direksie moet aan bestuur die verantwoordelikheid delegeer om n raamwerk vir IT-bestuurstoesig te implementeer. 5.4 Die direksie moet beduidende IT-beleggings en -besteding monitor en evalueer. 5.5 IT moet n integrerende deel van die maatskappy se risikobestuur uitmaak. 5.6 Die direksie moet toesien dat inligtingsbates doeltreffend bestuur word. 5.7 Die risikokomitee en ouditkomitee moet die direksie bystaan om sy IT-verantwoordelikhede na te kom. NASPERS GEÏNTEGREEDE JAARVERSLAG 2015 6

6. Voldoening aan belangrike wette, reëls, kodes en standaarde 6.1 Die direksie moet toesien dat die maatskappy aan toepaslike wette voldoen en oorweeg om niebindende reëls, kodes en standaarde na te kom. Met die hulp van die groep se regsnakomingsprogram. 6.2 Die direksie en elke individuele direkteur moet n praktiese begrip hê van die uitwerking van die toepaslike wette, reëls, kodes en standaarde op die maatskappy en sy werksaamhede. King III bepaal dat direkteure n praktiese begrip moet hê van die uitwerking van toepaslike wette, reëls, kodes en standaarde op die maatskappy en sy werksaamhede. Die maatskappy vertolk nie hierdie bepalings dat dit beteken die direksie moet oor regskundigheid in alle gebiede waar die maatskappy bedrywig is, beskik of moet vertroud wees met alle wette wat op die maatskappy en sy verskillende ondernemings van toepassing is nie. Dit is ook nie prakties moontlik nie, aangesien Naspers in ongeveer 130 lande en in verskeie subsektore van hierdie ekonomieë bedrywig is. Die Naspers-direksie sien egter wel toe dat toereikende strukture en stelsels in plek is en in stand gehou word deur persone wat bekwaam is om te verseker dat die groep aan die toepaslike wette voldoen. Voorts bestuur die direksie korporatiewe bestuurstoesig deur sy oudit- en risikokomitees, wat die behoorlike werking van hierdie strukture en stelsels monitor en aan die direksie verslag doen. 6.3 Nakomingsrisiko moet n integrerende deel van die maatskappy se risikobestuursproses uitmaak. 6.4 Die direksie moet aan bestuur die implementering van n doeltreffende nakomingsraamwerk en -prosesse delegeer. 7 NASPERS GEÏNTEGREEDE JAARVERSLAG 2015

7. Interne oudit 7.1 Die direksie moet toesien dat daar n doeltreffende risikogebaseerde interne ouditfunksie is. 7.2 Interne oudit moet n risikogebaseerde benadering tot sy plan volg. 7.3 Interne oudit moet n skriftelike evaluering van die doeltreffendheid van die maatskappy se interne beheerstelsel en risikobestuurstelsel verskaf. 7.4 Die ouditkomitee moet verantwoordelik wees vir toesig oor interne oudit. 7.5 Interne oudit moet strategies geposisioneer wees om sy doelwitte te bereik. 8. Bestuurstoesig oor verhoudinge met belanghebbendes 8.1 Die direksie moet in gedagte hou dat belanghebbendes se persepsies n invloed op die maatskappy se naam het. 8.2 Die direksie moet aan bestuur die funksie delegeer om verhoudinge met belanghebbendes proaktief te benader. 8.3 Die direksie moet in die maatskappy se belang die regte balans tussen sy verskillende groeperings belanghebbendes nastreef. 8.4 Maatskappye moet gelyke behandeling van aandeelhouers verseker. NASPERS GEÏNTEGREEDE JAARVERSLAG 2015 8

8. Bestuurstoesig oor verhoudinge met belanghebbendes (vervolg) 8.5 Deursigtige en doeltreffende kommunikasie met belanghebbendes is noodsaaklik om hul vertroue te wen en te behou. 8.6 Die direksie moet toesien dat geskille so doeltreffend en spoedig moontlik opgelos word. 9. Geïntegreerde verslagdoening en openbaarmaking 9.1 Die direksie moet die integriteit van die maatskappy se geïntegreerde verslag verseker. 9.2 Volhoubaarheidsverslagdoening en -openbaarmaking moet met die maatskappy se finansiële verslagdoening geïntegreer word. 9.3 Volhoubaarheidsverslagdoening en -openbaarmaking moet onafhanklike gerusstelling kry. Toegelig Die finansiële inligting wat uit die geouditeerde gekonsolideerde finansiële jaarstate van Naspers Beperk vir die jaar geëindig 31 Maart 2015 verkry is, is korrek aangehaal in hierdie geïntegreerde jaarverslag. Sien PricewaterhouseCoopers Geïnk. (PwC) se verslag op bladsy 123. Wat die nie-ifrs-verwante finansiële inligting in die geïntegreerde jaarverslag betref, het bestuur PwC aangestel om sekere ooreengekome prosedures te volg om die inligting na te gaan en te bepaal of dit strook met onderliggende ondersteuning wat deur bestuur verleen word en in sekere gevalle, waar van toepassing, voldoen aan en bereken word ooreenkomstig die norm wat deur die bedryf aanvaar word. Die inligting oor breedgebaseerde swart ekonomiese bemagtiging in Suid-Afrika is deur Empowerlogic (MultiChoice) en AQRate (Media24) geverifieer. 9 NASPERS GEÏNTEGREEDE JAARVERSLAG 2015