Tema: Bely jou geloof in Christus te midde van baie stemme wat Hom ontken.

Vergelijkbare documenten
God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Tema: God gee die blydskap van die ewige lewe aan diégene wat in ons boodskap van Jesus Christus glo!

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

Jesaja sien die Toekoms

Tema: Leef jou geloof uit in n persoonlike verhouding met God.

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

Tema: Troos mekaar met Christus se lewe en sterwe, die bron van ons hoop in lewe en dood.

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

Tema: God is blydskap en Hy maak ons in Christus ook bly! Lofprysing ter voorbereiding van die erediens Ps : 1, 2 Lied 571: 1, 4

n Tempel Leier besoek Jesus

Woorddiens Skriflesing: Jakobus 1: 1 8; Jak. 4: 1 5; Jak. 5: Teks: Jakobus 4: 2b en 5: 16 Belydenis: HK vr. 116 en 117 Woordverkondiging

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

Preek Genesis 1:27. (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 6 November 2016)

Petrus en die Krag van Gebed

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

Tema: Dra die vrug van die Gees om meer soos Christus te word. Vooraf sang Sb 9 4: 1,2,3,4 Sb 14 1: 1,3

Preek Romeine 1:16-17

Tema: Leef in Christus getrou aan jou woorde en beloftes. Vooraf sang Lied 205: 1, 2 Lied 155: 1, 2, 3

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

Bybelsondag, Kraggakamma, 29 Augustus 2010

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol

Deur die eeue heen het hierdie vraag mense besig gehou. Met hierdie vraag kom ons by dit wat die kern en die hartklop van ons Christelike geloof is.

Tema: Kom leer by Christus hoe om mense na Hom te lei sodat Hy hulle kan red.

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

Tema: Laat skyn die heerlikheid van God in jou lewe met genade (liefde) EN waarheid!

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Die Kerk se Geboorte

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

Goeie Konings, Slegte Konings

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

Tema: As vreemdelinge op reis deur hierdie wêreld is ons in Christus geanker en kan ons persoonlik en kerklik in Hom groei en in sy koninkryk werk.

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

Skriflesing: Esegiël 47 Tema: God se nuwe lewe vloei deur ons na mekaar en na die res van die wêreld.

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

SKRIFLESING: Jesaja 6. TEKS: Jesaja 6:3 HK 8. Voor die drie-maal heilige God buig ons laag. Psalm 99 : 1, 2. Psalm 81 : 11, 12

Welkom by Die Storie God se storie

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

'n Man gestuur deur God

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

Kinders hoe voel julle oor die eksamen wat voorlê? Vir wie van julle is die Bybel soms moeilik om te verstaan? Ja daar is dinge waarmee ons sukkel né.

Tema: Die doop teken ʼn prentjie en verseker jou van wat God vir jou doen en nie van wat jy vir God doen nie.

Preektema: Die doop is n genadedaad van God aan sondaarmense.

Die Groot Gebod dennis de wet

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

Eerder bang Jan as dooie Jan, of eerder dooie Jan as bang Jan?

Preek Efesiërs 4:26. Voor die erediens Sing: Lied 190:1,2,3 Sing: Psalm 4-1:3 Afkondigings Stilte

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het.

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

SKRIFLESING: Handelinge 16: TEKS: Handelinge 16:30-31 HK 23. Wie in die Here Jesus glo, word gered. Psalm 48 : 4.

Aanbieding 1 Agtergrond. Skrywer van 2 Petrus

Les 1 vir 7 Oktober 2017

Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)?

TEKS: 1 Korintiërs 8:4-6 HK 34:94-95

Ontdek God Saam. (v 1.0) n Riglyn om nuwe groepe te lei

Preek Romeine 6:3-4. (Preek tydens erediens in Gereformeerde Kerk Welkom-Noord op Sondag 25 Junie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff

Skriflesing: 1 Johannes 4:1-5:13 Teks: 1 Johannes 4:2-4; 9; 18-20; 5:12 Sing- Ps 65:2,3; Ps. 73:1,10; Ps. 66:7,9

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

Preek Romeine 9:6-7. (Preek gelewer tydens erediens van Geref. Kerk Welkom op Sondag 15 Julie 2018) Prediker: Ds JL van der Schyff

Preek Romeine 11:36. (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 26 Maart 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff

Lofsang met die oog op die erediens Ps : 1,6,7 (eerste melodie) Lied 255: 1,2

PREEK Sondag 10 Junie 2007 Ds Freddie Schoeman

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

Preek 1 oor gesag (vyfde gebod)

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

D O O P. Die doop van bekeerlinge is n kardinale deel van ons redding, wat ons nie kan uit die weg stoot of verontagsaam nie.

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

Meer Jesus Meer Liefde Meer Dissipels. Leierskap Strukture

God red mense wat glo deur die krag van die evangelie

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

Jona en die Groot Vis

DIE JERUSALEM RAAD Les 8 vir 25 Augustus 2018

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Jesus het aan Petrus gesê: "en as jy eendag bekeerd is, moet jy jou broeders versterk", net voor sy ontkenning (Lukas 22:32) Petrus vervul die bevel

Preek Handelinge 15:11 en Efesiërs 2:8

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 6: TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1. Ook ons liggame behoort aan die Here. Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2

Januarie Sondag Maandag Dinsdag Woensdag Donderdag Vrydag Saterdag. 24 Sopkombuis 08:00 Snr Kuier 09:30 Kerkraad 18:00

Preek Genesis 15:5. (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 8 Januarie 2017)

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

1 KORINTIËRS 13:12. Ook: Sb 18-8 (30) : 4, 5

Hoé weet ons die Bybel is die Woord van God? Erkenning van die gesag van die Skrif en die Heilige Gees

Van Vervolger tot Prediker

Transcriptie:

1 Tema: Bely jou geloof in Christus te midde van baie stemme wat Hom ontken. Vooraf sang: Sb 12-3: 1,2 Lied 486: 1,4. Ontmoetingsdiens Intreelied Ps 97-2: 5 Votum: Ps. 18:3 Seën Loflied Psalm 31-2: 1,2,3,9. Verootmoedigingsdiens Wet - fokus op die 5 de Gebod Sondag 39 Sing Ps 99-2: 1,2 Gebed. Woorddiens Skriflesing: Matteus 16: 13-20 Teks: Matteus 16: 13-20 Woordbediening Antwoorddiens Geloofsbelydenis: Sing Sb 12-2: 1,2,3 en lees verse 4,5 Liefdegawes Gebed Sing Sb 8-2: 4,5,7,9 (Mel ps 100) Seën Sing Amen Sb 13-3.

2 Geliefde gemeente Die stemme van ongeloof rondom ons word al hoe harder. Hierdie afgelope week tydens ʼn program op RSG spreek ʼn ongelowige onbeskaamd sy siening uit dat die Christelike geloof ʼn mite is en dat Christus nie bestaan nie. Dat die Bybel die versinsel van mense is. Ander stemme roep nog harder dat geen moderne, regdenkende mens in God of die Bybel kan glo nie. Die wetenskap plaas vraagtekens agter geloof in God en sy Woord. Wat gaan ek en jy antwoord as iemand ons sou vra: En jy, wat sê jy van Christus en van geloof? Wat sê jy van die kerk? Die Here Jesus vra vir sy dissipels: En julle, wie sê julle is Ek? Die impak van hierdie vraag word groter wanneer ons gaan kyk na die plek wat Jesus kies om hierdie vraag vir hulle te vra, naamlik Sesarea-Filippi. Brs en srs, daar tussen die baie ongeloofstemme van hulle tyd moes die dissipels hulle verantwoord oor Christus. Net so moet ek en jy vandag ons verantwoord oor ons geloof. Daarom roep die Here ons op met die boodskap: Bely jou geloof te midde van die baie ongeloofstemme! Moenie dat die stemme van ongeloof jou verwar nie, moenie twyfel in wat God jou gegee het nie! Bely voor al die mense dat Jesus Christus die Verlosser is, die Seun van God. Die Here openbaar hier in die eerste plek dat geloof ʼn persoonlike toe-eiening van Jesus Christus as jou Verlosser is. Geloof, br en sr, is nie iets wat in die bladsye van die Bybel leef nie. Geloof is nie iets wat buite jouself staan en wat jy van tyd tot tyd gebruik nie! Geloof is nie net om aan Jesus ʼn belangrike plek toe te ken nie. Geloof is nie net kennis van Jesus of van die Woord nie. Geloof is nie om ʼn sg. teologie te hê nie. In antwoord op Jesus se vraag: Wie sê die mense is Ek? sê die dissipels dat die mense hoogstens aan Jesus ʼn belangrike plek toeken. Hy is dalk ʼn teruggekeerde groot profeet van die Ou Testament. Elia of dalk Jeremia. So kom baie gelowiges ook hoogstens om aan Jesus ʼn belangrike plek toe te ken. Maar dit is nie genoeg nie! Jy moet erken dat jy ʼn verlore mens is en dat jy ʼn Verlosser nodig het. Jy moet ook erken dat hierdie verlossing nie uit die mens kan kom nie, maar dat dit van God moet kom. Dat Jesus die Seun van God is wat jou van jou sonde verlos, jou ʼn nuwe mens maak en dat jy Hom met verstand, hart, woorde, emosies en dade vir jouself as Verlosser toe-eien. Dit moet jy doen te midde van ʼn wêreld wat Jesus ontken as Verlosser. Jesus het nie om dowe neute die dissipels na Sesarea- Filippi geneem om hulle met hierdie kritiese vraag te konfronteer nie. Hierdie gebied was van die ou Kanaanietiese tydperk af ʼn sentrum van afgodsaanbidding. Hier was ʼn Baältempel waar mense tot Baä gebid het en hom gedien het. In die Griekse tydperk het die mense hier die afgod Pan aanbid. Hy sou

dan in daardie grot in die rotsblok gebly het en mense het daar vir hom ʼn tempel gebou. In die tyd van die Romeine is hier ʼn tempel vir die keiser gebou waar mense die keiser as God aanbid het. Die dissipels het al die afgodsbeelde in die nisse in die rotsblok gesien en valse geloof was ʼn realiteit voor hulle oë. En hier vra Jesus vir hulle: En julle, wie sê julle is Ek. En dan antwoord Petrus namens die dissipels: U is die Christus, die Seun van die lewende God. Die dissipels maak te midde van al die ongeloof van die heidendom, te midde van die uitsprake van die kerkleiers van daardie tyd dat Jesus in die naam van die duiwel optree, te midde van volksgenote wat hoogstens aan Jesus ʼn belangrike plek toeken, maak hulle ʼn persoonlike geloofsverklaring! Hulle eien Christus vir hulleself toe: Here Jesus, U is ons Verlosser, die Seun van God wat gekom het om ons lewe te verander! Ons glo in U. Hoe kon die dissipels hierdie geloofbelydenis maak? Hoe het dit gebeur dat hulle te midde van sovele valse stemme hierdie geloofsbelydenis kon doen? 3 Dit kon gebeur, geliefdes, omdat ware geloof ʼn gawe van God is. Dit is die tweede openbaring van God in hierdie teks. Jesus spreek Petrus aan as Simon Barjona. Bar Jona beteken seun van Jona seun van jou pa. Hiermee wil Jesus die klem laat val op Simon Petrus se menslike afkoms. En Jesus verklaar nog verder: ʼn mens het hierdie geloof nie aan jou geopenbaar nie maar my Vader wat in die hemel is. Ware geloof is ʼn gawe wat God aan die mens gee! Dit is die geheimenis van geloof. Dat dit nie ʼn produk van die mens se verstand is nie. Dat dit nie uit die mens gebore kan word nie God gee dit aan jou deur die Heilige Gees wat hierdie geloof in jou bewerk. Dit is die geheimenis wat ons ook moet deel aan mense wat nie glo nie! Dat hulle nie na geloof vanuit die wêreld moet soek nie maar by God! Hy gee geloof en deur die genade van die Heilige Gees eien ons hierdie geloof vir onsself toe! Geliefdes, Jesus verklaar ons baie gelukkig dat ons kan glo! Maar hierdie saligspreking is nie om ons in selftevredenheid te hul nie, maar ons juis aan te vuur om hierdie geheimenis met ander mense te deel! Ons kom later daarby terug! Ware geloof gaan om Jesus Christus! Dit is die derde saak wat God ons leer! Ware geloof is nie ʼn vae of onsekere aanduiding van ʼn God wat êrens in die hemel woon nie. Dit is nie soos baie mense op straat sê dat alle gelowe jou uiteindelik by God uitbring nie. Dat al die verskillende gelowe maar net verskillende paaie na God is nie. Nee, ware geloof is gebaseer op Jesus Christus as die Verlosser en Koning van die kerk. Daar is geen ander verlossing te vind nie. Nie in die Baalaanbidding nie, nie in die afgod Pan nie, nie in die keiser nie, nie in die rasionalisme of postmodernisme van ons tyd nie, nie in die Islam nie, nie in Boeddhisme nie, nie in die ateïsme nie, maar in Jesus Christus alleen.

4 Die leuen van die Satan is vandag juis dat ons nie aanspraak kan maak op eksklusiwiteit nie. Hoe kan ons as Christene ons aanmatig dat ons alleen die verlossing het? Brs en srs, die Here Jesus het nie verskoning gemaak vir die feit dat Hy teenoor alle ongeloof die aanspraak maak dat Hy alleen die Verlosser is nie! Hy kon nie want Hy het geweet in Hom alleen is daar redding te vind! Hy is die fondament van die kerk en Hy bou die kerk niks of niemand anders nie! En Hy bou dit op die rots van Petrus en die dissipels se belydenis dat Hy die enigste ware Verlosser is. Petrus se naam beteken rots en Jesus gebruik dit om aan te dui dat die ware belydenis van mense in Hom die fondament van die kerk is. Die ware kerk is nie gebou op die idees van mense nie, die kom nie uit hierdie wêreld nie. Dit is nie gebou op afgode soos die afgode wat op die rots in Sesarea- Filippi staan gemaak is nie nee dit is op Hom alleen gebou. Maar Jesus gebruik ook mense om sy kerk en koninkryk te bou! Dit is die vierde saak wat die Here ons vanoggend leer. Petrus en die ander apostels se belydenis, hulle prediking en hulle getuienis word die fondament waarop die kerk gebou sou word. Petrus sou na Jesus se hemelvaart ʼn baie belangrike rol speel om die kerk onder Jode te vestig en later ook onder die heidene. Hy sou nie ʼn eksklusiewe plek kry soos die Roomse kerk beweer dat hy die hoof van die kerk sou word nie, maar Jesus het hulle as boustene gebruik. Net so, br en sr, wil die Here my en jou vandag gebruik as boustene in sy kerk en koninkryk. Dis waarom ek en jy moet besluit waar staan ons met betrekking tot Christus. Jy moet kies waar jy staan. As jy ʼn gelowige is en Jesus reeds as jou Verlosser toegeëien het, dan wil Christus jou gebruik. Dat jy hier te midde van al die ongeloofstemme jou getuienis kan laat hoor en so mense tot geloof kan bring. Indien jy nog nie Jesus Christus as jou persoonlike Verlosser in geloof toegeëien het nie, dan roep die Here jou nou op om jou keuse te maak. Jy moet besluit: Wie sê jy is Christus? Br en sr, gryp vas aan Jesus! Moenie dat die ongeloofstemme jou verwar nie! Moenie dat die duiwel jou verwar met allerhande mooi klinkende teorieë nie, nee, eien Jesus vir jou toe as jou Verlosser en Hy kan jou ook as boublok gebruik. Hoe gebruik die Here jou! Dit is die laaste saak waarna ons kyk! Die Here Jesus sê vir Petrus dat Hy aan hom en die kerk die sleutels van die hemelryk gee. Wat is hierdie sleutel? Dit is die Woord van God! Deur die Woord te verkondig sluit ons die koninkryk vir mense oop wanneer God aan hulle die ware geloof gee. Maar die Woord is ook die sleutel wat die koninkryk toesluit indien jy die nie aanvaar nie!

5 Die wonderlike belofte van die Here is dat ons nie bang hoef te wees wanneer ons voor die mense moet getuig nie. Hy belowe in Matteus 10 dat Hy vir ons die woorde van die Bybel sal gee en dat die Gees dan self deur ons sal praat. Die is dus die Woord en die Gees wat die valse godsdienste ontwapen en hulle oorreed om in Jesus te glo. Jesus beloof ook in ons teks aan die dissipels dat die verkondiging van die Woord die mag van die Satan sal oorweldig. Anders as wat die mense van Sesarea-Filippi geglo het dat die magte van die hel uit daardie grot na vore sal kom om mense te oorweldig, sal hulle met hulle getuienis die magte van die hel sal oorwin. Onthou jy nog die droom van Nebukadneser in Daniel 2? Daar droom Nebukadneser van ʼn groot beeld van ongeloof wat oor die wêreld heers. En dan breek daar in sy droom ʼn rotsblok los en hierdie rotsblok rol die afgodsbeeld te pletter. Dit is die Here se belofte dat die rots waarop sy kerk gebou is, die afgodsbeelde van hierdie wêreld sal vernietig. Daarom, br en sr, wie sê jy is Christus? Is Hy jou Verlosser en jou Koning? Eien Hom toe as jou persoonlike Verlosser en Koning! Wees dan deel van die rotsblokke van die kerk van die Here wat Hy gebruik om sy kerk te bou en die mag van die bose te oorwin. Want daar kom ʼn laaste dag die Wederkoms dag en op daardie dag sal elke mond bely dat Jesus die Verlosser is en elke knie sal buig voor Hom as koning. Amen Br en sr: Wie sy jy is Christus? Kom ons bely ons geloof in Hom. Ons staan op en sing Sb Sing Sb 12 2: 1,2,3 en lees verse 4,5