Preek God se genade voed jou op om onberispelik te wees

Vergelijkbare documenten
Preek Romeine 1:16-17

Preek 2 oor gesag (vyfde gebod)

Preek Romeine 6:3-4. (Preek tydens erediens in Gereformeerde Kerk Welkom-Noord op Sondag 25 Junie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff

Preek Romeine 11:36. (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 26 Maart 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff

Preek Die sondeval het siek gesinne veroorsaak

Preek 1 oor gesag (vyfde gebod)

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Preek Handelinge 15:11 en Efesiërs 2:8

Preek Genesis 1:27. (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 6 November 2016)

Preek oor: Wat doen die Heilige Gees? Die Heilige Gees laat die wedergeboorte plaasvind

Preek 2 Timoteus 3:16-17

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

Preek Markus 9:50 (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 24 Januarie 2016)

Bybelsondag, Kraggakamma, 29 Augustus 2010

Preek Efesiërs 4:26. Voor die erediens Sing: Lied 190:1,2,3 Sing: Psalm 4-1:3 Afkondigings Stilte

Preek Romeine 9:6-7. (Preek gelewer tydens erediens van Geref. Kerk Welkom op Sondag 15 Julie 2018) Prediker: Ds JL van der Schyff

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

Preek Uit n gebroke voorgeslag is Jesus Christus gebore as Messias

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

Skriflesing: Dordtse Leerreëls Hoofstuk 2 paragraaf 8 Sing- Ps. 25:4; Ps. 19:5; Ps. 23:2 volkome vrye raadsbesluit, genadige wil en voorneme van God

Skriflesing: 2 Tim 2:14-26(word gelees deur gemeentelede uit die banke)

INHOUDSOPGAWE. Voorwoord Doen God al die skuifwerk hier op aarde? God se genade bepaal sy planne God se meesterplan...

Preek 1 Petrus 2:9-12

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

SKRIFLESING: Jesaja 6. TEKS: Jesaja 6:3 HK 8. Voor die drie-maal heilige God buig ons laag. Psalm 99 : 1, 2. Psalm 81 : 11, 12

Kinders hoe voel julle oor die eksamen wat voorlê? Vir wie van julle is die Bybel soms moeilik om te verstaan? Ja daar is dinge waarmee ons sukkel né.

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

Goeie Konings, Slegte Konings

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

Preek 2 Korintiërs 5:7

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

Preek Genesis 15:5. (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 8 Januarie 2017)

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

Les 2 vir 13 Oktober 2018

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap.

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

n Tempel Leier besoek Jesus

Tema: God gee die blydskap van die ewige lewe aan diégene wat in ons boodskap van Jesus Christus glo!

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het.

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Preek 1 Job 42:5. Voor die erediens Sing: Psalm 23-1:1,2,3 Sing: Skrifberyming 14-2 Sing: Lied 579:1,3,6 Afkondigings Stilte

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

Jesaja sien die Toekoms

Dooppreek Mika Bogaards

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

SKRIFLESING: Titus 1. TEKS: Titus 1:15. Die Here wil ons op die hoofspoor hê. Psalm 134 : 1, 2. Psalm 119 : 4. Psalm 18 : 12. Skrifberyming 78 (13-3)

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11)

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

God red mense wat glo deur die krag van die evangelie

1 KORINTIËRS 13:12. Ook: Sb 18-8 (30) : 4, 5

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

Welkom by Die Storie God se storie

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

6. Ek glo in Jesus Christus Johannes 3:16-18 en Matteus 1:18-25

Preektema: God bring ons uit die lykshuis, skenk geloof om te leef tot sy eer! Skriflesing: Efesiërs 2:1-10

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

Tema: Laat skyn die heerlikheid van God in jou lewe met genade (liefde) EN waarheid!

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

TEKS: 1 Korintiërs 8:4-6 HK 34:94-95

Tema: God is blydskap en Hy maak ons in Christus ook bly! Lofprysing ter voorbereiding van die erediens Ps : 1, 2 Lied 571: 1, 4

PSALM 115:1 HK Sondag 52:

12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15

Dankoffersondag met Nagmaal 4 November

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder.

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

VRAE EN BESWARE WAT MENSE SOMS OOR DIE DOOP HET

TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3.

Ons hoor graag wat jy dink van hierdie boek! Gaan na soek hierdie titel en kliek op resensies. Of praat saam op Facebook by

Ontdek God Saam. (v 1.0) n Riglyn om nuwe groepe te lei

SKRIFLESING: Handelinge 16: TEKS: Handelinge 16:30-31 HK 23. Wie in die Here Jesus glo, word gered. Psalm 48 : 4.

Aanbieding 1 Agtergrond. Skrywer van 2 Petrus

LITURGIE VIR N OOP GESPREK

SKRIFLESING: Romeine 1:1-17. TEKS: Romeine 1:3b-4a HK 13. Jesus is die Seun van God en ons Here. Psalm 149 : 1, 2.

Transcriptie:

1 Preek God se genade voed jou op om onberispelik te wees (Preek gelewer tydens erediens van Geref. Kerk Welkom op Sondag 9 September 2018) Prediker: Ds JL van der Schyff Voor die erediens: Sing: Oowinningslied Sing: Loof Hom met die tromme Afkondigings Stilte Erediens: Votum Groetseën Lofprysing: Psalm 92-1:1,6,7 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Die Wet van die Here: Exodus 20:1-17 Sing: Psalm 119-2:1,3 Gebed Skriflesing: 1 Timoteus 3:1-7 Sing: Lied 274:1,2 Fokus: 1 Timoteus 3:2, die woorde n Ouderling moet onberispelik wees (Let ook op Titus 1:6, die woorde n Ouderling moet onberispelik van gedrag wees ) Preek Tema: God se genade voed jou op om onberispelik te wees. Gebed Diens van barmhartigheid Sing: Skrifberyming 1-1:2,7 Wegstuurseën Amen: Skrifberyming 13-3 ------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------ Preek: Geliefdes in ons Here Jesus Christus Ons kort mans wat geestelike leiding kan gee. Hoekom sê ek so? Ek sê so, omdat die man as die hoof die verantwoordelikheid het om geestelike leiding aan sy vrou en sy kinders te gee. Mans wat geestelike leiding kan gee, is noodsaaklik vir Bybels-gesonde gesinne.

2 Hoe lyk n man wat aan sy vrou en sy kinders geestelike leiding kan gee? Daar is heelwat gedeeltes in die Bybel wat ek sou kon gebruik om hierdie vraag te beantwoord. Ek het egter besluit om die vereistes vir ouderlinge, soos dit in 1 Timoteus 3:2-7 en in Titus 1:6-9 opgenoem word, te gebruik. Ek gaan elkeen van die eienskappe wat daar genoem word wat n ouderling behoort te hê, behandel. Nie almal vandag nie, maar een vir een, Sondag vir Sondag, elke Sondag een daarvan. In die proses gaan ek vir julle sê: Só lyk n man na God se hart. Ons kort nie net mans wat geestelike leiding kan gee nie ons kort ook vroue wat geestelike leiding kan gee. Hoekom sê ek so? Ek sê so, omdat ma s ook aan hulle kinders geestelike leiding moet gee. Die vrou moet haar man aanvul en saam met hom geestelike leiding aan hulle kinders gee. En weens die gebrokenheid van die samelewing, soos in die geval van enkel-ouer gesinne, moet ma s soms die leemte vul van n pa wat nie daar is nie. As ek dus die vereistes vir ouderlinge behandel, is dit nie net om te sê so lyk n man na God se hart nie. Dit is ook om te sê: So lyk n Christen (man of vrou) na God se hart. Dit is ongelukkig so dat baie mans nie in staat is om geestelike leiding te gee nie. Dít is n hartseer werklikheid. Baie mans is of nie volwasse genoeg daarvoor nie of hulle het nie die nodige vaardighede daarvoor nie. Dit beteken egter nie dat alles verlore is vir daardie mans se huwelikke of gesinne nie. Die goeie nuus is dat, om n man na God se hart te wees en in staat te wees om geestelike leiding te gee, iets is wat jy kan aanleer. Of anders gestel: Jy kan deur God se genade opgevoed word om so te wees. Geliefdes, daarom my uitnodiging aan elkeen van julle (mans en vroue): Kom stap saam met my op hierdie pad om te leer hoe lyk n man of n vrou na God se hart. Kom groei saam, sodat jy ook iemand kan word wat in staat is om geestelike leiding te gee. Onthou, n man of n vrou na God se hart verskyn nie skielik nie. Daar is geen vinnige kortpad om n man of n vrou na God se hart te wees nie. Dit neem tyd om soos Jesus Christus te word n proses wat natuurlik eers voltooi word, wanneer ons by Hom is. Daarom, laat God se genade jou opvoed om iemand te word wat geestelike leiding kan gee. Vandag fokus ek op die eerste vereiste waaraan n ouderling volgens 1 Timoteus 3 en Titus 1 moet voldoen, naamlik dat hy onberispelik moet wees. Hierdie is soort van n oorkoepelende eienskap wat n ouderling moet hê. Al die ander vereistes trek as t ware daarin saam. Die vereistes waaraan n ouderling volgens 1 Timoteus 3 en Titus 1 moet voldoen, en spesifiek die eerste vereiste, naamlik dat hy onberispelik moet wees, gaan oor n persoon se waardes. Dit gaan oor dit wat reg is in sy oë en dit wat verkeerd is in sy oë. Dit gaan oor wat in sy oë toelaatbaar is en wat in sy oë nie toelaatbaar is nie. Die woord onberispelik beteken onder andere om bo verdenking of sonder blaam te wees. Dit dui op iemand wat n goeie naam het. Dit is iemand teen wie geen beskuldiging gemaak kan word nie, omdat hy die regte dinge doen. Dit is iemand wat gerespekteer

3 word vir sy voorbeeldige lewe. Dit is iemand wat reg optree volgens die algemeen aanvaarde norme. Dit is iemand wat ordentlik is. Ons sou ook kon sê: Dit is iemand wat betaamlik optree. Dit is iemand wat welvoeglik optree. Ons sou ook kon sê: Dit is iemand wat in die woorde van Handelinge 6:3 daarvoor bekend is dat hulle vol van die Heilige Gees is en wysheid het. Hoekom moet n ouderling onberispelik wees? Die antwoord is: Omdat hy geestelike leiding moet gee. As n ouderling nie onberispelik is nie, kan hy nie geestelike leiding gee nie. Die doel van geestelike leiding is immers om iemand te lei om reg op te tree. Die doel van geestelike leiding is om iemand te lei om die regte waardes te hê. Die doel van geestelike leiding is om iemand te lei om onberispelik te wees. Daarom kan iemand wat self nie onberispelik is nie, nie ander lei om onberispelik te wees nie. Onthou, God se doel met ons is dat ons onberispelik moet wees. Dít is waarvoor Hy ons uitverkies het. So staan dit in Efesiërs 1:4 (1983/92-Vertaling): So het Hy, nog voordat die wêreld geskep is, ons in Christus uitverkies om heilig en onberispelik voor Hom te wees. Dít is waarvoor Jesus Christus aan die kruis vir ons gesterf het. Jesus Christus het aan die kruis gesterf om daardie doel wat God met ons gehad het, toe Hy ons uitverkies het, werklikheid te laat word. Dit is wat ons kry in Kolossense 1:22 (1983/92- Vertaling): Maar nou het Hy ook julle met Homself versoen deurdat sy Seun as mens gesterwe het om julle heilig, sonder smet en onberispelik voor Hom te stel. Dít is ook waarvoor God sy Heilige Gees gestuur het. Die Heilige Gees lei ons om God se doel met ons, soos wat Hy dit deur Jesus Christus tot uitvoering gebring het, in die geloof te omhels en ons eie te maak. Die Heilige Gees lei ons om in die woorde van Efesiërs 2:10 ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het. Die Heilige Gees lei ons om onberispelik te wees. In Handelinge 20:28 (1983/92-Vertaling) word vir die ouderlinge gesê: Pas julle self op en die hele kudde wat die Heilige Gees onder julle sorg gestel het. Soos wagters n kudde versorg, so moet julle die gemeente versorg wat Hy vir Hom verkry het deur die bloed van sy eie Seun. God se gemeente, vir wie Jesus Christus aan die kruis gesterf het, sodat hulle heilig, sonder smet en onberispelik voor God kan wees, is deur die Heilige Gees onder die ouderlinge se sorg geplaas. n Ouderling wat nie onberispelik is nie, kan nie die gemeente volgens God se doel en dit waarvoor Jesus Christus gesterf het, versorg nie. Hoekom moet n man onberispelik wees? Die antwoord is: Omdat hy aan sy vrou en sy kinders geestelike leiding moet gee. In n vorige preek het ek gesê: n Gesonde huwelik eggo die verhouding tussen Christus en sy kerk. Die man se geestelike leiding aan sy vrou moet Christus se leiding aan sy kerk eggo. Wat behels dit? Kyk na Efesiërs 5:26-27 (1983/92-Vertaling): Dit het Hy gedoen om die kerk aan God te wy, nadat Hy dit met die water en die woord gereinig het, sodat Hy die kerk in volle heerlikheid by Hom kan neem, sonder vlek of rimpel of iets dergeliks, heilig en onberispelik. Christus se liefde vir sy kerk en al die opofferings wat Hy vir sy kerk gemaak het, was om die kerk te reinig, skoon te maak. Dit was om die kerk in volle heerlikheid by Hom te neem. Dit was sodat sy kerk sonder vlek of rimpel kan wees. Dit was sodat die kerk heilig en onberispelik kan wees. Net so moet die geestelike leiding wat die man aan sy vrou gee, so wees dat sy geestelik

4 kan groei en ontwikkel, sodat sy onberispelik kan wees. n Man wat self nie onberispelik is nie, kan nie sy vrou lei om onberispelik te wees nie. n Christen (hetsy of dit n man of n vrou is) kan nie aan ander geestelike leiding gee, as hy of sy self nie onberispelik is nie. Geliefdes, die implikasies hiervan is verreikend. Kom ons veronderstel jy het jou eie besigheid en jy is ook een van daardie mense wat soveel as moontlik besigheid kontant wil doen, sodat alles nie deur jou boeke gaan nie, sodat jy minder BTW of belasting kan betaal. Hoe sal jy dan aan jou vrou en jou kinders geestelike leiding kan gee oor wat reg is en wat verkeerd is, veral as hulle mettertyd agterkom op watter oneerlike manier jy jou besigheid doen? As jy ook een van daardie manne is wat nie by reëls hou nie, hoe sal jy dan aan jou vrou en jou kinders geestelike leiding kan gee oor wat reg is en wat verkeerd is? As jy n bullebak is wat jou gewig oral wil rondgooi, hoe sal jy dan aan jou vrou en jou kinders geestelike leiding kan gee oor wat dit beteken om ordentlik te wees en welvoeglik te lewe? As jy dink dat jou huwelik of jou gesin jou persoonlike koninkryk is, waar jy kan baasspeel, hoe sal jy dan aan jou vrou en jou kinders geestelike leiding kan gee van wat Jesus Christus se dienaarsliefde beteken en wat dit beteken om te dien en om ander se voete te was? Daar verskyn van tyd tot tyd in die koerant berigte oor vuisgevegte in kroeë. Ons lees soms van sportmanne wat by kuierplekke moles gemaak het of tydens n sport toer in die hotel moles gemaak het. Ons almal het al stories gehoor van lelike dinge wat by sommige rampartye of tydens sommige jagtogte gebeur het, wanneer die manne alleen is, of in sommige gevalle waar manne saam gaan rugby kyk het. As enige van daardie lelike dinge in jou oë toelaatbaar is, hoe kan jy dan aan jou vrou of jou kinders geestelike leiding gee van wat toelaatbaar is en wat nie toelaatbaar is nie? In die voorbeelde wat ek hierbo genoem het, het ek verwys na lelike dinge wat mans soms doen of beter gestel: lelike dinge wat sommige mans soms doen. Ek sou ook kon verwys na lelike dinge wat vroue soms doen of beter gestel: lelike dinge wat sommige vroue soms doen. Die beginsel bly dieselfde: Geen mens (man of vrou) vir wie dit toelaatbaar is om vieslike dinge te doen (al is dit net soms), kan aan ander geestelike leiding gee nie! Weens die sonde is nie een van ons ten volle onberispelik nie. Nie ek of enige een van julle is ten volle onberispelik nie. Nie een van ons is sonder blaam of bo verdenking nie. As iemand ons sou beskuldig dat ons verkeerd gedoen het, is daardie beskuldiging waar, want ons het almal verkeerd gedoen. Ons is almal skuldig dat ons sonde gedoen het. Ons is almal deur die sonde besoedel. Ons is almal besmet deur die sonde. Die goeie nuus, waarna ek vroeër in die preek verwys het, is dat Jesus Christus dit alles verander het. Hy het dit alles verander deurdat Hy aan die kruis vir ons sondes gesterf het. Deur sy bloed het Hy ons heilig en onberispelik voor God gemaak: Hy is in ons plek skuldig bevind en in ons plek gestraf. Daardeur het Hy ons skuld weggevat. Hy het ons skuld tot so n mate weggevat dat niemand enige beskuldiging meer teen ons kan inbring nie. Dink daaraan: Niemand kan meer n beskuldiging teen

5 jou inbring dat jy verkeerd gedoen het nie tot só n mate het Jesus Christus jou skuld weggevat. Hy het ons skuld tot so n mate weggevat dat ons nou deur ons eenwees met Hom sonder blaam en bo verdenking is. Ons taak is nou om al meer ook so te gaan leef en al meer te word wat ons reeds in Christus voor God is. Verder is Hy in ons plek vervloek, deurdat Hy n dood van skande gesterf het. Daardeur het Hy ons skande weggevat. Hy het ons skande tot so n mate weggevat dat ons deur ons eenwees met Hom nou onbesmet voor God is, skoon voor God is en rein voor God is. Ons is nie meer besoedel deur die sonde nie. Ons is nog nie volmaak nie, maar omdat ons in Christus reeds onberispelik is, moet ons in dit wat ons elke dag doen, al meer en meer so word soos wat ons in Christus reeds is. Dit wat ons reeds in Christus voor God is, moet al meer in ons lewe na vore kom, deurdat ons al meer en meer onberispelik word en daarin groei en toeneem. n Belangrike deel van die geestelike leiding wat jy aan ander kan gee, is om hulle na hierdie goeie nuus toe te lei. Die geestelike leiding wat jy aan ander moet gee, is om vir hulle te wys wat die enigste pad is na onberispelik wees, naamlik deur Jesus Christus wat jou onberispelik voor God maak. Die enigste pad na onberispelik wees, is om dit wat Jesus Christus gedoen het, in die geloof te omhels en dan vervul te word met die Gees dat jy al meer onberispelik kan lewe. Voordat jy hierdie geestelike leiding aan ander kan gee, moet jy eers self hierdie goeie nuus ken en daarvolgens lewe. Hierdie goeie nuus moes eers jou lewe verander het, voordat jy hierdie geestelike leiding aan ander kan gee. Jy moes eers self ontdek het dat die enigste manier om weer onberispelik te word, deur Jesus Christus is. Jy moes eers ontdek het dat jy jou sonde moet erken, dan daaroor berou moet hê en dan glo dat Jesus Christus daarvoor betaal het en jou so onberispelik voor God gemaak het. Jy moet dit nie net ontdek het nie jy moet dit glo ook. Jy moet dit nie net ontdek het en dit glo nie jy moet ook dat die Heilige Gees jou lei om so te lewe. n Man wat sy foute en sy sondes erken en bely en daaroor berou het, gee daarmee kosbare geestelike leiding aan sy vrou en sy kinders. Hy gee daarmee kosbare geestelike leiding oor waar die pad na verlossing begin. n Man wat glo dat Jesus Christus vir al sy sondes gesterf het en dan daarvolgens lewe, gee daarmee kosbare geestelike leiding aan sy vrou en sy kinders. Hy gee daarmee kosbare leiding oor hoe jy, omdat jy deur Jesus Christus jou verlos is, nuut kan begin. n Man wat probeer regmaak waar hy verbrou het, gee daarmee kosbare geestelike leiding aan sy vrou en sy kinders. Hy gee daarmee kosbare geestelike leiding oor hoe jy onder leiding van die Heilige Gees nuut kan begin. Ek sluit af. Ek glo persoonlik dat ons tans n groot krisis in ons samelewing het. Ek glo persoonlik dat n groot deel van die probleem by die mans in ons samelewing lê. Ek glo persoonlik dat daar baie mans is wat nie geestelike leiding in hulle gesinne gee nie. Julle hoef nie met my daaroor saam te stem nie. Dit is n dalk kontroversiele ding om te sê. Of ek nou reg of verkeerd is, maak nie saak nie. Die punt is dat Efesiërs 5 vir ons leer dat die man in sy optrede teenoor sy vrou Jesus Christus se optrede teenoor die kerk moet eggo. Dit behels om geestelike leiding te gee. Nie net mans moet geestelik leiding gee nie

6 elke Christen moet geestelike leiding gee. God se genade voed ons op om hierdie leiding te kan gee. Sy genade voed jou op om onberispelik te wees, sodat jy geestelike leiding aan ander kan gee. Amen.