Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Vergelijkbare documenten
Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

n Tempel Leier besoek Jesus

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Die Groot Gebod dennis de wet

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

n Dubbele kruis-belydenis

Welkom by Die Storie God se storie

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

Jesaja sien die Toekoms

Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)?

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

Aanbieding 1 Agtergrond. Skrywer van 2 Petrus

Skriflesing: 2 Tim 2:14-26(word gelees deur gemeentelede uit die banke)

Goeie Konings, Slegte Konings

Tema: God gee die blydskap van die ewige lewe aan diégene wat in ons boodskap van Jesus Christus glo!

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

SKRIFLESING: Jesaja 6. TEKS: Jesaja 6:3 HK 8. Voor die drie-maal heilige God buig ons laag. Psalm 99 : 1, 2. Psalm 81 : 11, 12

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

Dooppreek Mika Bogaards

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het.

Heilig, heilig, heilig, heilig is die Heer. Eng'le in die hemel buig hul voor Hom neer. Here, hoor my bede, hoor my as ek sing, en aan U, my Vader,

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

sodat jy n gestuurde van die Here kan

Skriflesing: Dordtse Leerreëls Hoofstuk 2 paragraaf 8 Sing- Ps. 25:4; Ps. 19:5; Ps. 23:2 volkome vrye raadsbesluit, genadige wil en voorneme van God

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

Paulus en sy vriende vertel ander van God

Preek Romeine 1:16-17

Die Kerk se Geboorte

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

ons rykdom in Christus 2

Pragtige Koningin Ester

14. Ek glo my sondes word vergewe 1 Johannes 1:5 2:2

LITURGIE VIR N OOP GESPREK

Woorddiens Skriflesing: Jakobus 1: 1 8; Jak. 4: 1 5; Jak. 5: Teks: Jakobus 4: 2b en 5: 16 Belydenis: HK vr. 116 en 117 Woordverkondiging

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

Ouderdom: Gr1-6 Tema: Veg saam met Jesus teen die duiwel Teks: 1 Samuel 17:34-37

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het

Deur Christus Alleen

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap.

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

Toe God alles gemaak het

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

Baie welkom by vanoggend se erediens. Doen asb moeite om ander mense rondom jou te groet

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

Bybelsondag, Kraggakamma, 29 Augustus 2010

Jona en die Groot Vis

SKRIFLESING: Lukas 17:1-10. TEKS: Lukas 17:10 HK 24. Begenadigdes skuld God gehoorsaamheid. Psalm 138 : 1. Skrifberyming 24 (1-1) : 2.

Les 2 vir 13 Oktober 2018

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 13. TEKS: 1 Korintiërs 13:8. Die liefde bly vir ewig. Psalm 103 : 1, 2. Psalm 102 : 11, 12. Skrifberyming 21 (9-4) : 1, 6

Van Vervolger tot Prediker

JEUGLES - FUNAAND: Om Jesus te volg

Preek Genesis 1:27. (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 6 November 2016)

Preek Romeine 11:36. (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 26 Maart 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

Baie welkom by vanoggend se erediens

Preektema: Die doop is n genadedaad van God aan sondaarmense.

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

Sondag 20. Lees: Johannes 16:1-15

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11)

Simson, God se sterk Man

Meer Jesus Meer Liefde Meer Dissipels. Leierskap Strukture

TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5

Dankoffersondag met Nagmaal 4 November

LYDINGSREIS. Paasweek 2011

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

Die Here sal jou soos n kroon in sy hand hou, n koning se kroon in die hand van jou God.

SKRIFLESING: Romeine 8:31-39 (AV 1983) TEKS: Romeine 8:32b. Skrifberyming 24 (1-1) : 3. Psalm 62 : 4 (na gebed) Psalm 93 : 1, 4

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

Preek Romeine 6:3-4. (Preek tydens erediens in Gereformeerde Kerk Welkom-Noord op Sondag 25 Junie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff

Jesus - Die Grootste Geskenk van Alle Tye - Reformation Society

Tema: Laat skyn die heerlikheid van God in jou lewe met genade (liefde) EN waarheid!

6. Ek glo in Jesus Christus Johannes 3:16-18 en Matteus 1:18-25

Les 1 vir 7 Oktober 2017

Transcriptie:

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig INLEIDING In ons verduideliking van hoe ons Nagmaal vier, het ons gehoor dat God ons waardig maak om aan die hemelse spys en drank deel te hê. Dit beteken dat ons in onsself onwaardig is om die redding van Jesus Christus ons eie te maak. Ek is onwaardig omdat ek sondig is, dit diskwalifiseer my heeltemal. Dit kan vergelyk word met wanneer jy `n pos adverteer. Mense doen aansoek en gee hulle CV`s in om te wys dat hulle bekwaam genoeg is vir die werk. Jy sal tog nie iemand in diens neem wat onbekwaam vir die werk is nie. Nee, jy soek iemand wat die werk kan doen, iemand wat gereed is, wat waarde tot die werk sal toevoeg. Hoe nou gemaak as ons weet dat ons uit onsself nie deel kan hê aan dit wat Jesus met sy liggaam en bloed gekoop het nie? Wat kan ons doen as ons vandag die tekens van die brood en wyn wil gebruik, maar weet dat ons onbekwaam onwaardig is? Ons moet glo dat God ons bekwaam en waardig maak, m.a.w. dat ons bekwaamheid en waarde van buite onsself kom. Hy doen dit vir drie redes: o Bekwaam gemaak in sy diens o Bekwaam gemaak tot voorbeeld o Bekwaam gemaak vir die stryd

Bekwaam gemaak in sy diens In vers 12 hoor ons dat Paulus dankbaar is teenoor Jesus Christus. Hy is dankbaar vir twee dinge: 1 Hy het my krag gegee Ons sou dit ook kon vertaal met : Hy het my bemagtig of Hy het my bekwaam gemaak. 2 en my betroubaar geag Omdat Hy my bekwaam maak, is ek `n betroubare instrument in sy hand. Maar hoekom doen God hierdie twee dinge? Paulus sê: om my in sy diens te stel God doen nie hierdie dinge sodat ek kan goed voel oor myself nie, Hy doen dit sodat ek vir Hom kan werk. Paulus versterk hierdie punt deur in vers 13 te sê wie hy in homself is en dat hy nie waardig was om deel te hê aan Jesus se verlossing nie. Luister na sy CV: ek het U belaster, vervolg en beledig. En dan die MAAR! Maar God was genadig teenoor my Al het Paulus al hierdie vreeslike dinge in onkunde en ongeloof gedoen, het God hom volgens vers 14 met genade, geloof en liefde oorlaai. Deur die Heilige Gees maak God ons bekwaam met genade, geloof en liefde. Hy gee aan ons alles wat nodig is om deel te hê aan die dood en opstanding van Jesus Christus, waaraan ons mekaar vandag met brood en wyn herinner.

En die opdrag DIENS Ek werk nou vir Jesus Christus. Ek is net `n boer, onderwyser, haarkapper of rekenmeester sodat ek in diens van Jesus kan wees daar op die plek waar Hy my gesit het. Wanneer ons vandag die brood eet en die wyn drink, of as julle kinders dit sien, moet ons besef dat God ons so deur Jesus se dood bekwaam gemaak het tot sy diens. Bekwaam gemaak tot voorbeeld In vers 15 stel Paulus `n geloofsfeit. Hy gee die rede waarom Jesus Christus aarde toe gekom het: Om sondaars te verlos En dan doen hy `n skokkende belydenis: waarvan ek die grootste is Paulus die man wat verantwoordelik is vir die meeste briewe in die NT, die man wat die kerk onder die heidene gevestig het die grootste sondaar? Waarom sê hy dit? Maak dit hom nie ongeloofwaardig nie, hoe volg jy so iemand se voorbeeld? Luister na vers 16: Maar juis daarom was God my genadig sodat Christus Jesus aan my, as die grootste sondaar, al sy verdraagsaamheid sou betoon en ek `n voorbeeld kon wees vir almal wat in die toekoms in Hom sou glo om die ewige lewe te verkry.

Paulus is nie `n goeie voorbeeld omdat hy geen sonde gedoen het, en perfek gelewe het nie, nee dit kon net Jesus regkry. Hy is `n voorbeeld omdat hyself uit die vuur gered is. Hy is `n voorbeeld daarvan dat God selfs die grootste sondaar, ja jy en ek ook verlos en bekwaam maak. Glo jy in Jesus om die ewige lewe te verkry? Glo jy vandag dat Hy ook jou sondes, al is hulle die grootste, vergewe? Dan moet jy ook glo dat God jou bekwaam maak tot voorbeeld vir ander, nie omdat jy so goed is nie, maar omdat sy genade so groot is. Vandag gebruik ons die tekens van brood en wyn, nie omdat ons sondeloos is nie, maar omdat ons die grootste sondaars is. Tog ook omdat ons in Jesus glo vir die ewige lewe. Ons kry weer die bevestiging dat Hy ons bekwaam gemaak het tot voorbeelde. Daarom kan hierdie woorde van Paulus ook vandag in ons harte wees: Aan Hom wat vir ewig Koning is, die onverganklike, onsienlike, enigste God, kom toe die eer en die heerlikheid tot in alle ewigheid! Amen. Bekwaam gemaak vir die stryd In vers 18 dra Paulus die opdrag aan Timoteus oor. Nie net Paulus nie, maar ook Timoteus moet glo dat hy deur God bekwaam gemaak is tot sy diens en om `n voorbeeld vir gelowiges te wees. Sy opdrag aan die einde van vers 18 is: Met hierdie woorde in gedagte, moet jy die goeie stryd stry.

Maar het Paulus dan nie nou net gesê dat God hom bekwaam gemaak het om deel te hê aan die verlossing nie? Waarom moet hy dan nog stry? Want hy is nog op hierdie aarde. Hy doen nog steeds sonde, en buitendien is dit die goeie stryd, die stryd van God teenoor die bose magte. In vers 19 leer Paulus vir Timoteus en vir jou en my hoe mens hierdie goeie stryd stry: Eerstens: hou vas aan die geloof glo dat Jesus Christus vir jou gekom het. Al glo niemand anders dit nie, al doen ek my dienswerk met ywer en al is ek `n voorbeeld vir ander en niemand wil glo nie, moet ek glo. Ons sal maklik sê: `n mens moet glo. Ons moet leer om te sê: ek Henning, ek Rudie, ek Karina, ek Magda... EK GLO!! Die tweede manier om die goeie stryd te stry is om `n goeie gewete te behou. Wat is `n gewete? Dit is die Heilige Gees se manier om jou aan jou sonde te herinner en jou te waarsku wanneer jy besig is, of op die punt is om sonde te doen. Hoe behou ek `n goeie gewete? Deur gereeld my sondes uit die Bybel te herken en te bely. Om weer en weer te onthou dat ek uit genade alleen gered is. Deur nie weg te bly van die samekomste van die gemeente nie, sodat ek deur die gesprek tussen God en sy volk geslyp mag word.

Deur die sakrament van die Nagmaal reg te gebruik, en as ek `n kind is, reg deel te neem met my gedagtes en oë. Ek doen dit ook deur my medegelowiges te waarsku as hulle nie `n goeie gewete behou nie, maar deur te luister as van hulle my sou waarsku. Omdat ons deur God self bekwaam gemaak is om aan die verlossing in Jesus Christus deel te hê, daarom is ons in `n stryd. Hierdie stryd is teen die bosegeeste in die lug en daarom dikwels teen onsself. Die wonderlike is dat, as ons vandag die tekens van brood en wyn gebruik, vier ons die feit dat God reeds die stryd gewen het. Hy bevestig vandag weer die feit dat Hy ons bekwaam maak vir die stryd. SLOT Geliefdes in ons Here. Ja dit is Nagmaal, `n wonderlike fees. Maar onthou ons dat God nie net vandag vir ons bevestig dat Hy ons bekwaam maak nie. Hy doen dit elke Sondag, en elke keer as jy erediens in jou lewe hou. Dink mooi, wat beteken vandag se Nagmaal vir my? Beteken dit ek kan maar `n paar samekomste skip, want ek is mos nou weer bekwaam vir `n ruk?

Al drie dinge waartoe God ons bekwaam maak is werkwoorde, dit vra aksie: Diens, voorbeeld, stryd. Dit vra `n lewe wat wys. Moenie dat vandag se sakrament net van simboliese waarde wees nie. Mag elkeen van ons tydens Nagmaal beleef hoedat God vir ons bevestig: Ek maak jou bekwaam: Dien my! Wees `n voorbeeld! Stry die goeie stryd! Amen!