AUGUSTUS 2007 UITREIKING 1 INHOUDSOPGAWE AFDELING A DOELSTELLING ALGEMENE VOORWAARDES PRIMêRE ARGITEKTONIESE ELEMENTE AFDELING B VOORGESKREWE AFWERKINGS EN MATERIALE VERPLIGTE DETAILERING AFDELING C GOEDKEURINGSVOORWAARDES
AFDELING A 1. DOELSTELLING Dit is in belang van die voortgesette beskerming van die waarde en integriteit van die ontwikkeling, nou en in die toekoms, en met die oog op effektiewe dienslewering en bestuur van die ontwikkeling, dat hierdie riglyne neergelê word. Hierdie riglyne is deeglik oorweeg en het ten doel om die ontwerp te lei deur die daarstelling van n raamwerk waarbinne die individu se vryheid van uitdrukking uitgeleef kan word sonder om die geheelbeeld van die argitektoniese taal in gedrang te stel. Die doelstelling van hierdie riglyne is om n raamwerk te skep wat die volgende ten doel het: die beleggingspotensiaal van die ontwikkeling vir die koper te beskerm; om die regte van elke eienaar in terme van sekuriteit en privaatheid te beskerm; die standaard van implementering en onderhoud van die ontwerp visie deur die lewe van die ontwikkeling te beheer. 2. ALGEMENE VOORWAARDES 2.1 Argitek Alle planne moet deur n professionele argitek wat by die Suid-Afrikaanse Raad vir die Argitektuur Professie geregistreer is ontwerp word, en moet deur die projekbeheer argitekte goedgekeur word. Munisipale regulasies met betrekking tot dekking en boulyne sal geld, en argitekte moet hulself vergewis van hierdie vereistes alvorens daar met ontwerp begin word. Die projekbeheer argitekte sal slegs estetiese beoordeeling doen. Die nasionale bouregulasies moet ten alle tye voorkeur geniet. 2.2 Vlakke Hoogtebeperking Met inagname van die sensitiewe, geïntegreede benadering tot die verhouding tussen argitektuur en die natuurlike landskap, is die doelstelling dat alle ontwerpe op die spesifieke terrein se kontoere reageer, en vir die huis om saam met die natuurlike val van die terrein te verstap om sodoende die laagste visuele impak tot gevolg te hê Slegs enkelverdieping huise sal in hierdie ontwikkeling toegelaat word. Indien die helling van die erf dit toelaat sal n hoër of laer grondvloer toegelaat word, met dien verstande dat die hoër grondvloervlak nie meer as 340mm (4 steenlae) bokant die natuurlike grondvlak op daardie punt mag wees waar die natuurlike grondvlak en die vloer mekaar ontmoet nie.
Indien hoër binnevolumes (plafonhoogtes) geskep word, mag dit nie hoër as 25% van die gewone plafonhoogtes (2720mm) op die muurplaathoogte wees nie. Dus is die maksimum muurplaathoogte 3400mm. 3. PRIMêRE ARGITEKTONIESE ELEMENTE 3.1 Algemeen Geboue moet oor die algemeen bestaan uit eenvoudige, geïsoleerde reghoekige vorms. Hierdie hoof elemente moet met eenvoudige dubbel-val dakke bedek word. Plat dakke mag nie die oorgrote meerderheid van die dak uitmaak nie, maar moet primêr gebruik word om skakel elemente en sekondêre elemente soos onderdak stoepe, ingange ens. te bedek. Die klem in die argitektuur moet op horisontaliteit en nie op vertikaliteit val nie argitektuur wat naby die landskap sit, erder as om die landskap te domineer. Plan wydtes oor dubbelval dakke moet versigtig oorweeg word ten einde die regte verhouding van muur tot dak te verseker. Hierdie aspek is veral met enkelverdieping wonings van belang. As n riglyn moet wydtes oor enkelverdieping dubbel-val dakke tot n maksimum van 7000mm beperk word om die regte muur tot dak verhouding te verseker asook nokhoogtes te beperk. Hierdie verhoudings sal streng ondersoek word tydens die plan goedkeuringsproses. Motorhuise en tuinwoonstelle moet as n integrale deel van die ontwep beskou word en moet in geheel saam met die ontwerp gesien word, selfs al is hierdie elemente losstaande van die woning. Nie meer as 3 enkel motorhuisdeure mag op enige erf na die straatfront gerig word nie. Indien n hoër grondvloer bygevoeg word bo-op die motorhuis, moet daar met die hoër grondvloer of n oorhang of n terugstapping bewerkstellig word ten einde groot stomp geuwelente en plat aansigte te vermy. Diens areas moet op so n wyse geartikuleer word dat dit behoorlik afgeskerm is van leef en onthaal areas sowel as van die straat en oop areas. 3.2 Massa Skaal Verhouding Deur die opbreek van akkommodasie vereistes in eenvoudige geïsoleerde plan vorms, en die hantering van die gebou as n reeks of groep losstaande elemente wat deur laer platdak elemente verbind word, kan die massa en skaal van die gebou wat aansienlike akkommodasie bevat visueel opgebreek word. Hierdie opbreek van vorms sal ook die stap van die gebou saam met die kontoere vergemaklik, wat nie alleen bydra tot die ervaring van die terrein binne die huis nie, maar help om die eksterne visuele impak van die gebou te verklein, uitsiglyne tussen die staandakke te skep en n meer afwisselende daklyn deur die ontwikkeling te skep
Die opbreek van skaal en massa kan verder bereik word deur die toevoeging van platdak elemente oor bedekte stoepe en ingange, of deur middel van pergola elemente wat aansienlik kan bydra om die skaal van die gebou af te bring na meer menslike verhoudings. Subtiele uitbouings en terugsettings in die aansig hantering skep diepte, beskerm openinge en artikuleer die fasade van die gebou deur die speel van lig en skaduwee. 3.3 Materialiteit eit Kleur Afwerking Die kleur en materiaal palet het primêr ten doel om as meganisme te dien wat n gemeenskaplike argitektoniese taal deur die ontwikkeling verseker. Siersteen sal die hoof materiaal vir muur hantering wees, maar word afgewissel met pleister-elemente en vlakke soos in die aangehegte details beskryf. Die gespesifiseere klip bekleding het ten doel om n fokus materiaal te wees en moet spaarsamig gebruik word op fokus mure, skerm mure, skoorsteen elemente en ander duidelik geartiuleerde elemete. Die spesifieke klip bekleding sal deur die projekbeheer argitekte vasgestel word en aan eienaars gekommunikeer word. Let asseblief daarop dat die gebruik van klip nie afdwingbaar is nie, en dat die bogenoemde elemente in klip, siersteen of pleister hanteer kan word. Die verandering van materiaal of afwerking op dieselfde muur en op dieselfde vlak sal nie toegelaat word nie, en moet geskied volgens die gespesifiseerde details of op logiese vlakverskille.
AFDELING B 1. VOORGESKREWE AFWERKINGS EN MATERIALE 1.1 Plaveisel Alle motoropritte moet geplavei word. Alle plaveistene en die kleur daarvan moet op tekeninge aangetoon word. Geen gruis of beton opritte sal aanvaar word nie. 1.2 Superstruktuur Siersteen: Middelwit Camel Travertine of soortgelyk goedgekeur deur die projek beheer argitekte. Pleisterpanele: Gepitte-/ tekstuurpleister, kleur A (Om deur die projekbeheer argitekte gefinaliseer te word) 1.3 Uitbouings Gepitte-/tekstuurpleister, Kleur A Klipbekleding wat nie meer as 10% van die eksterne muur oppervlak beslaan nie. Die klipbekleding spesifikasie sal deur die projekbeheer argitekte bevestig word. 1.4 Kolomme Plan afmetings mag nie minder as 345 X 345mm wees nie. 1.5 Openinge (Vensters & Deure) Hout: Natuurlike hardehout na dark mahogany gekleur. Geen kleur verf sal op hout toegelaat word nie. Aluminium Brons geanodiseerd of powdercoated. (kleur om deur die projekbeheer argitekte vasgestel te word) Beglasing moet oor die algemeen deursigtig wees. Die gebruik van sandbestraalde glas sal aanvaar word in sekere omstandighede, en kan voorkeur geniet bo troebel glas in badkamers. Subtiel getinte beglasing sal toegelaat word, maar geen reflektiewe glas sal aanvaar word nie. Geen eksterne diefwering op vensters sal toegelaat word nie. Geen cottage pane vensters sal toegelaat word nie.
1.6 Motorhuisdeure Hout: Natuurlike hardehout na dark mahogany gekleur. 1.7 Dak Hoof planvorms moet eenvoudige dubbelval dakke met minimale aansluitings hê. Gekompliseerde staandak aansluitings moet ten alle koste vermy word. Indien aansluitings onvermydelik is moet dit so eenvoudig as moontlik gedoen word. Plat dakke mag nie die oorgrote meerderheid van die dak beslaan nie, maar moet primêr aangewend word oor skakel elemente en sekondêre elemente soos onderdak stoepe en ingange. Plat beton dakke moet tot 30% van die totale dak oppervlak beperk word. Onder geen omstandighede sal plaatmetaal dakke toegelaat word nie. Geen dakvensters sal toegelaat word nie. Dakhelling: Dakteël: Dakteël kleur: Streng 25 met n minimum oorhang van 800mm Marley Monarch Antique Brown Dak tipe: Dubbelval met oop gewelendte. Alle gewelendte moet n minimum van 200mm oorhang hê. Alle gewels van dakke moet afgeëindig word met Marley gewelend teëls. Geen fassie of geute sal toegelaat word nie, ten einde skoon daklyne te verseker. Geplaveide of beton randstoke om die huis om water weg van die huis te lei, sal toegelaat word. 1.8 Louvres Hout: Natuurlike hardehout na dark mahogany gekleur. Aluminium: brons geanodised of powdercoated (Kleur om deur die projekbeheer argitekte gefinaliseer te word) 1.9 Handreëlings Hardehout handreëling met staal balustrade. volgens detail N03/31-F7/D3 Om uitgevoer te word 1.10 Sekuriteitshekke Staal: Kleur om gefinaliseer te word deur die projekbeheer argitekte.
1.11 Grensmure Tuin omheinings en grensmure sigbaar vanaf die straat moet voldoen aan die voorgeskrewe straat estetika. Die straat tema sal deurlopend toegepas word volgens detail N03/31-F7/D9 Straat aansigte van tuin omheinings en grensmure moet saam met die huisplan ingedien word vir estetiese goedkeuring. In die geval van straat palisade heinings moet die standaard kolom met gespsifeseerde intervalle (3m) en kleur gebruik word. Kleure vir die staal palisade sal deur die projekbeheer argitekte vasgestel word. Soliede mure op straatfront moet volgens die voorgeskrewe detail wat deur die projekbeheer argitekte voorsien is gebou word. Geen vooraf gegote betonmure of betonpalisades, draadheinings of rol/lemmetjie draad sal aanvaar word nie 1.12 Lugversorging Lugversorgings eenhede moet versteek word van die straat-aansig en die posisie daarvan moet duidelik op plan aangetoon word vir goedkeuring. 1.13 Eksterne Beligting Die posisie en ontwerp van alle eksterne lig toebehore moet deeglik oorweeg word in terme van sterkte en effektiwiteit. Geen gekleurde lig sal toegelaat word nie. Die Cut-off tipe lig toebehore wat lig afskyn en blikkering verhoed word aanbeveel. 1.14 Televisie Antenna s en Satelliet Skottels Televisie antenna s en satelliet skottels moet versteek word van die straat fasade. Algemene Nota: In die geval waar verf van n ander vervaardiger gebruik word, moet die verf gemeng word om so na as moontlik aan die voorgeskrewe verfkleur te wees.
AFDELING C GOEDKEURINGSVOORWAARDES In die geval waar die projekbeheer argitekte (Theunissen Jankowitz Nelspruit (Edms) Bpk.) nie gebruik word nie, word die volgende verlang ten einde die goedkeuringsproses suksesvol af te handel: 1. Alle planne moet deur professionele argitekte wat by die Suid- Afrikaanse Raad vir die Argitektuur Professie geregistreer is, en deur die die projekbeheer argitekte goedgekeur is, ontwerp word 2. n Eenmalige goedkeuringsfooi sal deur die ontwikkelaar vir goedkeuring betaal word. Die eienaar sal vir daaropvolgende goedkeuringsprosesse (indien nodig) verantwoordelik wees. 3. Voorlopige goedkeuring sal plaasvind op sketsplan stadium. Twee stelle tekeninge wat die volgende bevat moet ingedien word: a. Terreinplan (skaal 1:200) b. Terreinsnitte (minimum 2) wat die vloervlakke en grondlyne toon (Skaal 1: 200) c. Planne wat interne en eksterne afmetings toon (skaal 1:100) d. Alle aansigte: Straat aansigte MOET in kleur ingedien word (skaal 1:100) e. TWEE snitte (skaal 1:100) Beskryf alle afwerkings op bogenoemde tekeninge in detail. n tekort aan inligting sal n vertraging in die goedkeuringsproses tot gevolg hê. Enige afwyking van die voorgeskrewe detailering, kleure of ander standaar bepalings soos uiteengesit in Afdelings A & B, moet onder die aandag van die projekbeheer argitekte gebring word. 4. Werkstekeninge mag slegs ná die goedkeuring van sketsplanne ingedien word. Twee stelle van die finale tekeninge wat met die sketsplanne ooreenstem moet ingedien word. Een van die finale stel tekeninge sal dan gestempel word deur die projekbeheer argitekte en kan deur die eienaar, of argitek, by die munispaliteit ingedien word vir munisipale goedkeuring. Die munisipaliteit sal nie tekeninge wat nie deur die projekbeheer argitekte goedgekeur is, aanvaar nie. 5. Laat een week vir estetiese goedkeuring toe. 6. Enige planne wat afwyk van die voorsgestelde tema sal nie goedgekeur word nie. Let Wel: Die projekbeheer argitekte doen slegs estetiese goedkeuring en sal toesien dat hoogtebeperkings gedurende sketsplan stadium toegepas word. Geen tegniese of strukturele goedkeurings word gedoen nie.