1. Ek is honger Johannes 6:1-37

Vergelijkbare documenten
4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

10. In Tomas se skoene Johannes 20:19-31

12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15

2. In die pikdonker nag. Johannes 3:1-21

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

2. Jesus eet saam met sondaars Markus 2:13-17

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

3. Jesus oorwin versoekings Matteus 4:1-11

Welkom by Die Storie God se storie

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

26. Ek kies om die Here te dien Daniël 6

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

2. Dit is donker Johannes 8:12-13; 9:1-41

n Tempel Leier besoek Jesus

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

Jesaja sien die Toekoms

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

6. Ek glo in Jesus Christus Johannes 3:16-18 en Matteus 1:18-25

16. Dit sal nie opraak nie 1 Konings 17

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

12. God se Advokaat by my Johannes 14:15-26

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

JOHANNES 6:48 HK 28. Votum en seën. Psalm 100 : 1, 3. Gebed. Skrifberyming 54 (2-6) : 1. Skriflesing: Johannes 6:41-59 (AV 1983) Belydenis: HK 28

1. So iets het ons nog nooit gesien nie Markus 2:1-12

die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën.

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Stephan Joubert skryf gisteroggend in sy Goeie Nuus rubriek in Beeld: Ek wil graag by Stephan aansluit en vir jou vra: hoekom soek jy vir Jesus?

VADERSDAG. Een van die raadslede van die sinagoge, 'n man met die naam Jaïrus, kom toe daar aan. Net toe hy vir Jesus sien, val hy op sy

25. Ja, Jeremia, jy kan! Jeremia 1

23. Reëls vir die pad die padgebruikers

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Die Groot Gebod dennis de wet

Ons hoor hulle het in die land Kanaän gaan woon. (kaart) Kanaän Egipte.

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

14. Ek glo my sondes word vergewe 1 Johannes 1:5 2:2

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

Pragtige Koningin Ester

Jesus as Kind Teks: Matteus 2, 13: 55-56, Lukas 2

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

10. Ek is by julle Matteus 28:16-20

22. Reëls vir die pad die Padmaker

Ontmoeting 40. Welkom. Wyding. Woord. te maak, in vorms te giet en te laat droog word.)

Goeie Konings, Slegte Konings

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

Van Vervolger tot Prediker

Jnr. Kategese 22 Januarie 2017 Visvang vir Jesus! Matteus 4: 12-23

9. Ek glo Jesus het opgestaan Johannes 20:1-18

Aanbieding 1 Agtergrond. Skrywer van 2 Petrus

Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees?

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

Toe God alles gemaak het

Die brief aan die Filippense

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer

21. Glo maak soms seer Jesaja 6

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

Van Vervolger tot Prediker

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

Jona en die Groot Vis

15. Baas-klaas of ouer-kind? Matteus 25:14-30

God eer Josef die slaaf

Ontmoeting 13. roomystokkies plak.)

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

Die Kerk se Geboorte

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies?

Skriflesing: 2 Tim 2:14-26(word gelees deur gemeentelede uit die banke)

3. Jesus praat met haar. Johannes 4:1-42. Tema Jesus is die Verlosser van alle mense en dit maak ons bly wanneer mense in Hom glo.

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

Toe God alles gemaak het

Ouderdom: Gr1-6 Tema: Veg saam met Jesus teen die duiwel Teks: 1 Samuel 17:34-37

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2)

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

Jesus is ons Koning Die einde van Jesus se aardse lewe

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

Gisteraand het dit gegaan dit oor hoe ons lewens moet wees om Jesus te volg. Watter klere ek moet aantrek.

Verduidelik nou vir die kinders die insamelingsmetodes wat vir jul gemeente / skool sal werk.

Paulus en sy vriende vertel ander van God

Bybel vir Kinders. bied aan. Totsiens Farao!

Ontdek God Saam. (v 1.0) n Riglyn om nuwe groepe te lei

16. Die Israeliete soek ʼn koning 1 Samuel 8:1-22

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3.

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

1 Johannes 5: /03/2014

eboeke word ontwikkel en gratis verskaf deur die

Jona en die Groot Vis

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

Luister en praat. Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun?

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het.

Wedergeboorte Johannes 2:23-3:8

Transcriptie:

1. Ek is honger Johannes 6:1-37 Tema God sorg vir ons en Hy het Jesus na ons toe gestuur om ons honger na God te stil. Agtergrond en interpretasie Johannes vertel in hoofstuk 2 12 die verhaal van Jesus deur sekere wonderwerke, wat hy tekens noem, te beskryf: water verander in wyn (2:1-11) die genesing van n seun (4:46-54) die genesing van n verlamde man (5:1-18) die vermeerdering van brood en vis om baie mense kos te gee (6:1-15) Jesus loop op die water (6:16-21) die genesing van n man wat blind gebore is (9:1-42) die opwekking van Lasarus uit die dood (11:1-57) Tussendeur het Jesus ook sewe belangrike gesprekke met mense: 3:1-36; 4:1-42; 5:19-47; 6:22-66; 7:1-52; 8:12-59; 10:1-42. Verder is daar sewe Ek is -uitsprake van Jesus wat verspreid deur die eerste 15 hoofstukke voorkom: brood (6:35); lig (8:12); ingang (10:7); goeie herder (10:11); opstanding en die lewe (11:25); weg, waarheid en lewe (14:6); ware wingerdstok (15:1). Johannes maak dit duidelik dat Jesus Iemand baie besonders is. Hy kan wondertekens doen wat net God kan doen, en Hy noem Homself Ek is, net soos die Here Hom in die Ou Testament aan Moses bekendgestel het (Eks 3:14). Dit sal goed wees om die sewe Ek is -uitsprake met behulp van prente of beelde aan die kinders te verduidelik sodat hulle dit maklik sal onthou. Die sewe beelde oorvleuel baie omdat almal verwys na Jesus en wat Hy op aarde kom doen het. n Mens sou dus in een lang aanbieding met die kinders kon praat oor die Ek is -uitsprake as sewe maniere om na dieselfde Persoon te kyk. Of jy kan by een uitspraak per week stilstaan. As jy bang is dit gaan te lank en uitgerek word (sewe weke), kan jy van die aanbiedings kombineer, byvoorbeeld brood en lig; die ingang en die goeie herder; die opstanding en die lewe saam met die weg, die waarheid en die lewe, en laastens die ware wingerdstok. Dit is belangrik dat jy dit op so n manier aanbied dat die inligting soos n skatkis of noodhulptas is wat die kinders vir die res van hulle lewe kan saamdra. Ons probeer dit dan ook ontsluit vanuit die basiese behoeftes wat mense het, soos ons dit in die opskrifte van die sewe aanbiedings uitdruk: Ek is honger (brood) Dit is donker (lig)

Ek voel bang en uitgesluit (ingang) Ek voel alleen (goeie herder) Ek wil nie doodgaan nie (die opstanding en die lewe) Hoe kom ek by God uit? (die weg, waarheid en lewe) Ek kan nie self nie (wingerdstok en lote) Elk van hierdie behoeftes word eintlik n simboliese uitdrukking van wie ons as mense is. Terwyl ons praat oor wie Jesus is, ontdek ons ook wie ons is. Hierdie ontdekking gaan nie oor ons normale daaglikse behoeftes aan kos of klere nie, maar sluit dit ook nie uit nie. Daarom sorg die goeie Herder omvattend vir ons anders as die vals herders. Ons kom ook tot die besef dat dit oor n totale lewenstyl gaan, soos n wingerdloot wat vanuit die wortel en stam leef en vrug dra. Die verskillende beelde help ons verstaan dat ons innerlike begeertes, vrese, behoeftes en ons lewenspad en eindbestemming alles in een holistiese ek verweef is. Die klein ek ontdek hom- of haarself wanneer hy of sy die groot Ek leer ken. Die groot Ek speel nie net n rol in ons redding ná die dood nie, maar juis ook vir die lewe hier en nou die lewe wat ons nou reeds leef vanuit n nuwe geboorte, volgens Johannes. Die brood wat die lewe gee Wanneer Jesus in die eerste Ek is -uitspraak na Homself as die brood wat lewe gee verwys, word Hy geteken as Iemand vir wie (soos die manna in die Ou Testament) God gestuur het om hier en nou ons diep menslike behoefte te bevredig, net soos ons daaglikse brood ons behoefte aan kos bevredig. In die debat oor wie Jesus is, het die mense in Johannes se tyd waarskynlik geglo n ware profeet moet wonderwerke doen. Met die vermeerdering van die brood het Jesus reeds n wonderwerk gedoen, maar die grootste wonder bly die feit dat God vir Jesus van die hemel af na ons toe laat kom het, net soos God die manna in Moses se tyd gestuur het. Die mense het dalk gedink Moses was die groot skenkerfiguur, maar God is die Een wat lewe skenk. Jesus wys dan ook vir die mense om verby Moses te kyk na die Een agter Moses. In Johannes 6:1-40 is daar n bepaalde klem op God wat die brood (en Jesus) voorsien: In vers 11 en 23 word God gedank; dan sê Jesus in vers 32: Dit is my Vader wat vir julle die ware brood uit die hemel gee. Dit wat Jesus aan mense kom bied, is wat die Vader eintlik deur Jesus aan hulle bied. Jesus se werk is dieselfde as die Vader se werk. Bybelgedeeltes en hoofgedagtes Bybelgedeelte (lees of vertel) Vertel Johannes 6:1-4 en lees 6:5-14 Vertel Johannes 6:15-27 kortliks Vertel Johannes 6:28-34 en lees 6:35, 37 Hoofgedagtes van die ontmoeting 1. Jesus gee baie mense kos nadat Hy God daarvoor gedank het. 2. Die mense wil by Jesus wees. 3. Jesus is soos brood wat God gee om n mens se grootste honger te stil.

Uitkoms 1. Insig: Diep binne-in ons is daar n ander soort honger. Dit is om te weet dat God ons aanvaar en liefhet. Jesus is soos brood vir hierdie diep honger. 2. Respons: Ons gaan na Jesus toe (6:37) en ons weet Hy sal ons nie verwerp nie. Deur Jesus trek God ons nader aan Hom. Hulpmiddels by die storie 1. Paneel 6 met prent van n brood. Hulpmiddels vir kleingroepvaslegging Junior kleingroep Bring saam 1. Kaartjies wat sê Jy is baie welkom, een vir elke kind. 2. Bestanddele vir n eenvoudige broodjie (sien Kleingroepvaslegging ). Daar moet genoeg deeg vir n broodjie vir elke kind wees. Pas dus die resep aan soos nodig. 3. Voorskote of groot plastieksakke wat as voorskote gebruik kan word. 4. Eetlepels en plastiekborde om die deeg in te meng. 5. n Skottel, water, seep en n handdoek. 6. Plastieksakkies om die deeg in huis toe te neem (of bakplate as daar n oond is om die broodjies dadelik te bak). Voor die tyd 1. Toets die resep en pas dit aan soos nodig. 2. Vra n paar ouers om te kom help. Opsies: Maak die deeg by die huis aan. Laat elke kind sy of haar deeg weer knie. Bak dit by een van die groeplede se huis of in die kerk se kombuis. Laat almal saam die deeg aanmaak. Sit dit dan in sakkies sodat die kinders dit by die huis kan gaan bak. Maak die deeg tydens die ontmoeting aan en bak dit ook (as daar genoeg tyd is). Senior kleingroep Bring saam 1. Kaartjies wat sê Jy is baie welkom, een vir elke kind. 2. Bestanddele vir n eenvoudige broodjie (sien Kleingroepvaslegging ). Daar moet genoeg deeg vir n broodjie vir elke kind wees. Pas dus die resep aan soos nodig. 3. Voorskote of groot plastieksakke wat as voorskote gebruik kan word. 4. Eetlepels en plastiekborde om die deeg in te meng. 5. n Skottel, water, seep en n handdoek. 6. Plastieksakkies om die deeg in huis toe te neem (of bakplate as daar n oond is om die broodjies dadelik te bak). Voor die tyd 1. Toets die resep en pas dit aan soos nodig. 2. Vra n paar ouers om te kom help. Opsies: Maak die deeg by die huis aan. Laat elke kind sy of haar deeg weer knie. Bak dit by een van die groeplede se huis of in die kerk se kombuis. Laat almal saam die deeg aanmaak. Sit dit dan in sakkies sodat die kinders dit by die huis kan gaan bak. Maak die deeg tydens die ontmoeting aan en bak dit ook (as daar genoeg tyd is).

Die storie Begin Johannes vertel vir ons hoe Jesus van die een kant van die See van Galilea na die ander kant gegaan het. n Groot klomp mense het agter Hom en sy dissipels aangegaan, want hulle het gehoor Jesus doen allerhande wonderwerke. Hoor Moment 1: Johannes 6:1-14 Jesus gee baie mense kos nadat Hy God daarvoor gedank het Johannes vertel vir ons van die wonderwerk van die vermeerdering van die brood en vis. Hy sê ook dat die paasfees van die Jode naby was. Die mense in die Bybel se tyd het verstaan wat Johannes hiermee bedoel het, want baie van hulle was Jode wat geweet het waaroor die paasfees gaan. Hulle het die geskiedenis geken en geweet wat dit beteken. Kom ons dink gou weer wat die paasfees was. Dit was die fees wat die Here se mense elke jaar gehou het om terug te dink hoe God hulle uit Egipte laat wegtrek het na hulle land, Kanaän. Hulle het deur die woestyn getrek en hulle kos en water het opgeraak. Die Here het toe vir hulle manna gegee om te eet. Manna was fyn vlokkies wat snags geval het en wat die mense bymekaar moes maak om te eet. Op hierdie oomblik is die skare ook op n plek waar hulle honger is en nie vir hulleself kan sorg nie. Net n wonderwerk van God kan hulle help. Wat gaan Jesus doen? Lees Johannes 6:5-14. Moment 2: Johannes 6:15-27 Die mense wil by Jesus wees Dit klink snaaks dat Jesus vir die mense gevlug het toe hulle Hom hulle koning wou maak. Hy moes ver teen die berg op gegaan het, want teen die aand was Hy nog nie terug by sy dissipels nie. Hulle klim toe maar in hulle bootjie en vaar terug Kapernaum toe. Die see het onstuimig geword omdat daar n sterk wind gewaai het. Toe kom daar iemand uit die donker op die water na hulle toe aangeloop Die Bybel vertel ons dat die dissipels baie bang geword het. Nadat Jesus hulle gerusgestel het dat dit Hy is, het hulle Hom in die boot laat klim en verder Kapernaum toe gevaar. Die skare wou die volgende dag weer na Jesus gaan luister, maar hulle sien toe dat Hy nie meer in Tiberias was nie. Hulle klim toe in hulle bootjies en gaan soek Hom in Kapernaum. Ek wonder of hulle regtig na Jesus gesoek het of net na die kos wat Hy vir hulle kon gee. Jesus het hulle gehelp verstaan dat hulle na Hom moet soek, want Hy is soos brood vir hulle. As hulle in Hom glo, is dit soos om brood uit die hemel te kry wat vir hulle die ewige lewe gee. Moment 3: Johannes 6:28-35, 37 Jesus is soos brood wat God gee om n mens se grootste honger te stil Kan julle dit glo? Die mense vra sowaar vir Jesus om nog n wonderwerk te doen om te bewys Hy is God se geskenk aan hulle. Ek wonder wat vir hulle die belangrikste was: hulle honger na kos of hulle honger om in God te glo. Maar Jesus het klaar vir hulle n wonder gegee sodat hulle Hom kon raaksien as God se groot wonderwerk: die brood van die lewe. Kom om luister wat Jesus vir hulle antwoord. Lees Johannes 6:35, 37.

Dink In ons elkeen is daar n vreemde honger. Dit is nie n honger na kos nie, maar n honger na Iemand wat ons verstaan en ons baie liefhet en wat ons kan help met dinge waarmee gewone mense ons nie kan help nie. Hierdie baie spesiale Iemand gee God vir ons. Sy Naam is Jesus. Jesus sê duidelik dat Hy hierdie honger, die groot verlange na Iemand spesiaal, kan stil. Leef Kom ons aanvaar die geskenk wat God vir ons gee. Hy gee vir ons vir Jesus. Jesus belowe Hy sal nooit iemand wegwys wat na Hom toe kom nie. Wanneer jy in Hom glo, kry jy die ewige lewe.

Kleingroepvaslegging: Junior groep Welkom Verwelkom elke kind met n kaartjie wat sê: Jy is baie welkom. Help dan die groep om jou naam en telefoonnommer in hulle werkboeke in te vul. Hulle kan ook hulle eie name en telefoonnommers invul. Die ander groeplede se name kan hulle volgende keer invul. Stel hulle vandag net eers aan mekaar voor. Wegspring Vra die kinders om jou te vertel van die lekkerste broodjie van hulle al geëet het. Sê dan: Kom ons dink aan verskillende geleenthede waar brood n belangrike rol speel (voorbeelde: by n braai, in n poeding, n roosterbroodjie vir iemand wat siek is, n peuselhappie by n partytjie, n broodjie vir pouse, tydens nagmaal). Vra dan: Waarvan vertel die nagmaalbroodjie ons? Werksaam Let op die opsies wat onder Hulpmiddels vir kleingroepvaslegging gelys word. Besluit of jy die brooddeeg by die huis gaan aanmaak en dit dan vir die kinders gaan gee om te knie, en of die kinders self die deeg gaan aanmaak. Gee dan vir elkeen deeg saam huis toe, of bak dit tydens die ontmoeting. As jy wil hê die kinders moet die deeg tydens die ontmoeting aanmaak, kan jy hulle help om die onderstaande stappe te volg. Ons gaan nou n broodjie bak. Bestanddele: 1 koppie bruismeel n knippie sout n halwe koppie ongegeurde jogurt n paar druppels kookolie Stappe: 1. Was jou hande en trek jou voorskoot aan. 2. Gooi die bruismeel in die mengbak en maak n dammetjie daarin.

3. Gooi n knippie sout daarin. 4. Skep die jogurt in die dammetjie. 5. Roer die jogurt versigtig sodat dit met die meel meng. 6. As die mengsel te styf word om verder met die lepel te meng, gebruik jou hande. Knie dan die deeg vir 5 minute.

7. Smeer n bietjie olie aan jou hande en knie die deeg nog n bietjie. Hou n klein stukkie deeg eenkant. Rol dan die orige deeg in n bolletjie en druk dit plat (sowat 1 cm hoog). 8. Rol die stukkie deeg wat jy eenkant gehou het in twee slangetjies en maak n kruis of n J (vir Jesus) op die platgedrukte deeg. 9. Stel die oond op 180 C. 10. Smeer n bietjie olie op n bakplaat en sit die broodjie daarop. 11. Bak dit sowat 20 minute. Haal dit dan uit die oond en laat dit afkoel. Smeer dan iets lekkers daarop en geniet dit! (As daar nie n oond beskikbaar is tydens die ontmoeting nie, kan jy die deeg vir die kinders saamstuur huis toe. Laat dan stap 9-11 uit.) Wegstuur/Huisgeloof Gesels saam hieroor by die huis: 1. Waarom sê Jesus Hy is soos brood vir honger mense? 2. Wie het Jesus vir ons gegee? 3. Waarom het ons vir Jesus nodig?

Kleingroepvaslegging: Senior groep Welkom Verwelkom elke kind met n kaartjie wat sê: Jy is baie welkom. Help dan die groep om jou naam en telefoonnommer in hulle werkboeke in te vul. Hulle kan ook hulle eie name en telefoonnommers invul. Die ander groeplede se name kan hulle volgende keer invul. Stel hulle vandag net eers aan mekaar voor. Wegspring Vra die kinders om jou te vertel van die lekkerste broodjie van hulle al geëet het. Sê dan: Kom ons dink aan verskillende geleenthede waar brood n belangrike rol speel (voorbeelde: by n braai, in n poeding, n roosterbroodjie vir iemand wat siek is, n peuselhappie by n partytjie, n broodjie vir pouse, tydens nagmaal). Vra dan: Waarvan vertel die nagmaalbroodjie ons? Wonder Sit n rukkie met jou oë toe en dink oor die volgende vrae: Hoe sou dit gevoel het om n dissipel te wees die dag toe Jesus die brood vermeerder het? Hoe sou dit gevoel het om die seun met die brood en vissies te wees? Hoe sou dit gevoel het om een van die honger mense te wees? Dink weer aan die wonderwerk. Watter oomblik is vir jou die mooiste of belangrikste? Werksaam Let op die opsies wat onder Hulpmiddels vir kleingroepvaslegging gelys word. Besluit of jy die brooddeeg by die huis gaan aanmaak en dit dan vir die kinders gaan gee om te knie, en of die kinders die deeg self gaan aanmaak. Gee dan vir elkeen deeg saam huis toe, of bak dit tydens die ontmoeting. As jy wil hê die kinders moet die deeg tydens die ontmoeting aanmaak, kan jy hulle help om die onderstaande stappe te volg. Ons gaan nou n broodjie bak. Volg die stappe soos by die junior groep uiteengesit is. Wegstuur/Huisgeloof Gesels saam by die huis hieroor: 1. Waarom sê Jesus Hy is soos brood vir honger mense? 2. Wie het Jesus vir ons gegee? 3. Waarom het ons vir Jesus nodig?