WET OP ARBEIDSVERHOUDINGE 66 VAN 1995 [GOEDGEKEUR OP 29 NOVEMBER 1995] [DATUM VAN INWERKINGTREDING: 11 NOVEMBER 1996] (Tensy anders vermeld) (Engelse

Maat: px
Weergave met pagina beginnen:

Download "WET OP ARBEIDSVERHOUDINGE 66 VAN 1995 [GOEDGEKEUR OP 29 NOVEMBER 1995] [DATUM VAN INWERKINGTREDING: 11 NOVEMBER 1996] (Tensy anders vermeld) (Engelse"

Transcriptie

1 WET OP ARBEIDSVERHOUDINGE 66 VAN 1995 [GOEDGEKEUR OP 29 NOVEMBER 1995] [DATUM VAN INWERKINGTREDING: 11 NOVEMBER 1996] (Tensy anders vermeld) (Engelse teks deur die President geteken) soos gewysig by Wysigingswet op Arbeidsverhoudinge 42 van 1996 Wet op Basiese Diensvoorwaardes 75 van 1997 Wysigingswet op Arbeidsverhoudinge 127 van 1998 Wysigingswet op Arbeidsverhoudinge 12 van 2002 Wet op Intelligensiedienste 65 van 2002 Wet op Electronic Communications Security (Pty) Ltd 68 van 2002 Algemene Wysigingswet op Intelligensiewette 52 van 2003 Wet op die Voorkoming en Bestryding van Korrupte Bedrywighede 12 van 2004 Staatsdienswysigingswet 30 van 2007 WET Om die reg wat arbeidsverhoudinge reël, te verander en, vir dié doelom uitvoering aan artikel 27 van die Grondwet te gee; om die organiseringsregte van vakbonde te reguleer; om kollektiewe bedinging by die werkplek en op sektorale vlak te bevorder, aan te help en te vergemaklik; om die reg om te staak en die wending tot uitsluiting te reguleer in ooreenstemming met die Grondwet; om werknemersdeelname aan besluitneming te bevorder deur die instelling van werkplekforums; om voorsiening te maak vir eenvoudige prosedures vir die beslegting van arbeidsgeskille deur statutêre versoening, bemiddeling en arbitrasie (vir welke doel die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie ingestel word), en deur alternatiewe onafhanklike geskilbeslegtingsdienste wat vir dié doel geakkrediteer is; om die Arbeidshof en Arbeidsappèlhof in te stel as hoër howe met die uitsluitende jurisdiksie om aangeleenthede wat uit hierdie Wet voortspruit, te beslis; om voorsiening te maak vir 'n vereenvoudigde prosedure vir die registrasie van vakbonde en werkgewersorganisasies en voorsiening te maak vir hul regulering ten einde demokratiese praktyke en behoorlike finansiële beheer te verseker; om uitvoering te gee aan die volkeregtelike verpligtinge van die Republiek met betrekking tot arbeidsverhoudinge; om sekere wette met betrekking tot arbeidsverhoudinge te wysig of te herroep; en om voorsiening te maak vir bykomstige aangeleenthede. INHOUD VAN WET [Inhoud van Wet gewysig by a. 29 van Wet 127 van 1998.] Artikel HOOFSTUK I DOEL, TOEPASSING EN INTERPRETASIE 1 Doel van hierdie Wet 2 Sekere persone uitgesluit van toepassing van hierdie Wet 3 Interpretasie van hierdie Wet HOOFSTUK II VRYHEID VAN ASSOSIASIE EN ALGEMENE BESKERMING 4 Werknemers se reg op vryheid van assosiasie

2 5 Beskerming van werknemers en werksoekers 6 Werkgewers se reg op vryheid van assosiasie 7 Beskerming van werkgewersregte 8 Regte van vakbonde en werkgewersorganisasies 9 Prosedure vir geskille 10 Bewyslas HOOFSTUK III KOLLEKTIEWE BEDINGING Deel A - Organisasieregte 11 Vakbondverteenwoordigendheid 12 Vakbondtoegang tot werkplek 13 Aftrekking van vakbondledegeld of -heffings 14 Vakbondverteenwoordigers 15 Verlof vir vakbondbedrywighede 16 Openbaarmaking van inligting 17 Beperkte regte in die huishoudelike sektor 18 Reg om drempels van verteenwoordigendheid te stel 19 Sekere organiseringsregte vir vakbond wat party by raad is 20 Organiseringsregte in kollektiewe ooreenkomste 21 Uitoefening van regte verleen by hierdie Deel 22 Geskille oor organiseringsregte Deel B - Kollektiewe ooreenkomste 23 Regsuitwerking van kollektiewe ooreenkoms 24 Geskille oor kollektiewe ooreenkomste 25 Agentskapwerkplekooreenkomste 26 Geslotegeledere-ooreenkomste Deel C - Bedingingsrade 27 Instelling van bedingingsrade 28 Bevoegdhede en werksaamhede van bedingingsraad 29 Registrasie van bedingingsrade 30 Konstitusie van bedingingsrade 31 Bindende aard van kollektiewe ooreenkoms in bedingingsraad gesluit 32 Uitbreiding van kollektiewe ooreenkoms in bedingingsraad gesluit 33 Aanstelling en bevoegdhede van aangewese agent vir bedingingsrade 33A Afdwinging van kollektiewe ooreenkomste deur bedingingsrade [A. 33A ingevoeg by a. 7 van Wet 12 van 2002.] 34 Amalgamasie van bedingingsrade Deel D - Bedingingsrade in die Staatsdiens 35 Bedingingsrade in die staatsdiens 36 Koördinerende Staatsdiens Bedingingsraad 37 Bedingingsrade vir staatsdienssektore [A. 37 vervang by a. 8 van Wet 12 van 2002.] 38 Geskille tussen bedingingsrade in staatsdiens [A. 38 vervang by a. 9 van Wet 12 van 2002.] Deel E - Statutêre rade 39 Aansoek om statutêre raad in te stel 40 Instelling en registrasie van statutêre raad 41 Instelling en registrasie van statutêre raad by ontstentenis van ooreenkoms 42 Registrasiesertifikaat van statutêre raad 43 Bevoegdhede en werksaamhede van statutêre rade 44 Ministeriële vasstellings

3 45 Geskille oor vasstellings 46 Onttrekking van party uit statutêre raad 47 Aanstelling van nuwe verteenwoordiger van statutêre raad 48 Verandering van status van statutêre raad Deel F - Algemene bepalings betreffende rade 49 Verteenwoordigendheid van raad 50 Uitwerking van registrasie van raad 51 Geskilbeslegtingswerksaamhede van raad 52 Akkreditering van raad of aanstelling van geakkrediteerde agentskap 53 Rekeningkundige rekords en ouditering van rade 54 Pligte om rekords te bewaar en inligting aan registrateur te voorsien 55 Delegering van werksaamhede aan komitee van raad 56 Toelating van partye tot raad 57 Verandering van konstitusie of naam van raad 58 Wysiging van geregistreerde bestek van raad 59 Likwidasie van raad 60 Likwidasie van raad vanweë insolvensie 61 Intrekking van registrasie van raad 62 Geskille oor afbakening tussen sektore en gebiede 63 Geskille oor Dele A en C tot F HOOFSTUK IV STAKINGS EN UITSLUITINGS 64 Reg om te staak en wending tot uitsluiting 65 Beperkings op reg te staak of wending tot uitsluiting 66 Sekondêre stakings 67 Staking of uitsluiting in ooreenstemming met hierdie Wet 68 Staking of uitsluiting nie in ooreenstemming met hierdie Wet 69 Betooglinievorming 70 Komitee vir noodsaaklike dienste 71 Aanwysing van diens as noodsaaklike diens 72 Minimumdienste 73 Geskille oor kwessie of diens 'n noodsaaklike diens is 74 Geskille binne noodsaaklike dienste 75 Instandhoudingsdienste 76 Vervangingsarbeid 77 Protesoptrede om sosio-ekonomiese belange van werkers te bevorder of te beskerm HOOFSTUK V WERKPLEKFORUMS 78 Woordomskrywing vir hierdie Hoofstuk 79 Algemene werksaamhede van werkplekforum 80 Instelling van werkplekforum 81 Vakbond-gefundeerde werkplekforum 82 Vereistes vir konstitusie van werkplekforum 83 Vergaderings van werkplekforum 84 Besondere aangeleenthede waaroor oorleg gepleeg moet word 85 Oorlegpleging 86 Gesamentlike besluitneming 87 Hersiening op versoek van nuutingestelde werkplekforum 88 Aangeleenthede rakende meer as een werkplekforum in werkgewer se bedryf 89 Openbaarmaking van inligting

4 90 Insae in en afskrifte van dokumente 91 Skending van vertroulikheid 92 Voltydse lede van werkplekforum 93 Ontbinding van werkplekforum 94 Geskille oor werkplekforums HOOFSTUK VI VAKBONDE EN WERKGEWERSORGANISASIES Deel A - Registrasie en regulering van vakbonde en werkgewersorganisasies 95 Vereistes vir registrasie van vakbonde of werkgewersorganisasies 96 Registrasie van vakbonde of werkgewersorganisasies 97 Uitwerking van registrasie van vakbond of werkgewersorganisasie 98 Rekeningkundige rekords en ouditering 99 Plig om rekords te hou 100 Plig om inligting aan registrateur te verskaf 101 Verandering van konstitusie of naam van geregistreerde vakbonde of werkgewersorganisasies 102 Amalgamasie van vakbonde of werkgewersorganisasies 103 Likwidasie van vakbonde of werkgewersorganisasies [Opskrif vervang by a. 19 (a) van Wet 12 van 2002.] 104 Likwidasie van vakbonde of werkgewersorganisasies vanweë insolvensie 105 Verklaring dat 'n vakbond nie meer onafhanklik is nie [Opskrif vervang by a. 20 van Wet 12 van 2002.] 106 Intrekking van registrasie van vakbonde of werkgewersorganisasies Deel B - Regulering van federasies van vakbonde en van werkgewersorganisasies 107 Regulering van federasies van vakbonde of werkgewersorganisasies Deel C - Registrateur van Arbeidsverhoudinge 108 Aanstelling van registrateur van arbeidsverhoudinge 109 Werksaamhede van registrateur 110 Toegang tot inligting Deel D - Appèlle teen Registrateur se besluit 111 Appèlle teen registrateur se besluit HOOFSTUK VII GESKILBESLEGTING Deel A - Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie 112 Instelling van Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie 113 Onafhanklikheid van Kommissie 114 Regsgebied en kantore van Kommissie 115 Werksaamhede van Kommissie 116 Beheerliggaam van Kommissie 117 Kommissarisse van Kommissie 118 Direkteur van Kommissie 119 Waarnemende direkteur van Kommissie 120 Personeel van Kommissie 121 Instelling van komitees van Kommissie 122 Finansiering van Kommissie 123 Omstandighede waaronder Kommissie gelde mag vorder 124 Kontraktering deur Kommissie, en Kommissie wat in samewerking met iemand optree 125 Delegering van beheerliggaam se bevoegdhede, werksaamhede en pligte 126 Beperking van aanspreeklikheid, en beperkings op openbaarmaking van inligting Deel B - Akkreditering van en subsidiëring van rade en private agentskappe 127 Akkreditering van rade en private agentskappe

5 128 Algemene bepalings met betrekking tot akkreditering 129 Wysiging van akkreditering 130 Intrekking van akkreditasie 131 Aansoek om akkreditasie te hernieu 132 Subsidie aan raad of private agentskap Deel C - Geskilbeslegting onder beskerming van kommissie 133 Beslegting van geskille onder beskerming van Kommissie 134 Geskille oor aangeleenthede van onderlinge belang 135 Beslegting van geskille deur versoening 136 Aanstelling van kommissaris om geskil deur arbitrasie te besleg 137 Aanstelling van senior kommissaris om geskil deur arbitrasie te besleg 138 Algemene bepalings by arbitrasieverrigtinge 139 Spesiale bepalings vir arbitrasie van geskille by noodsaaklike dienste 140 Spesiale bepalings vir arbitrasies oor ontslag weens redes in verband met gedrag, geskiktheid of bekwaamheid 141 Beslegting van geskille indien partye instem tot arbitrasie onder beskerming van Kommissie 142 Bevoegdhede van kommissaris wanneer gepoog word om geskille te besleg 142A Om 'n skikkingsooreenkoms 'n arbitrasietoekenning te maak [A. 142A ingevoeg by a. 31 van Wet 12 van 2002.] 143 Uitwerking van arbitrasietoekennings 144 Wysiging en opheffing van arbitrasietoekennings en beslissings [A. 144 vervang by a. 33 van Wet 12 van 2002.] 145 Hersiening van arbitrasietoekennings 146 Uitsluiting van Wet op Arbitrasie 147 Verrigting van geskilbeslegtingswerksaamhede deur Kommissie in buitengewone omstandighede 148 Kommissie kan advies verskaf 149 Kommissie kan bystand lewer 150 Kommissie kan aanbied om geskil deur versoening te besleg Deel D - Arbeidshof 151 Instelling en status van Arbeidshof 152 Samestelling van Arbeidshof 153 Aanstelling van regters van Arbeidshof 154 Ampsbekleding, besoldiging en aanstellingsbedinge en -voorwaardes van regters van Arbeidshof 155 Beamptes van Arbeidshof 156 Regsgebied en setel van Arbeidshof 157 Jurisdiksie van Arbeidshof 158 Bevoegdhede van Arbeidshof 159 Reëlsraad vir Arbeidshowe en reëls vir Arbeidshof 160 Verrigtinge van Arbeidshof moet in ope hof plaasvind 161 Verteenwoordiging voor Arbeidshof 162 Koste 163 Betekening en afdwinging van bevele van Arbeidshof 164 Seël van Arbeidshof 165 Wysiging en opheffing van bevele van Arbeidshof 166 Appèlle teen vonnis of bevel van Arbeidshof Deel E - Arbeidsappèlhof 167 Instelling en status van Arbeidsappèlhof 168 Samestelling van Arbeidsappèlhof

6 169 Aanstelling van ander regters van Arbeidsappèlhof 170 Ampsbekleding, besoldiging en aanstellingsbedinge en -voorwaardes van Arbeidsappèlhofregters 171 Beamptes van Arbeidsappèlhof 172 Regsgebied en setel van Arbeidsappèlhof 173 Jurisdiksie van Arbeidsappèlhof 174 Bevoegdhede van Arbeidsappèlhof by verhoor van appèlle 175 Arbeidsappèlhof kan as hof van eerste instansie sit 176 Reëls vir Arbeidsappèlhof 177 Verrigtinge van Arbeidsappèlhof moet in ope hof plaasvind 178 Verteenwoordiging voor Arbeidsappèlhof 179 Koste 180 Betekening en afdwinging van bevele 181 Seël van Arbeidsappèlhof 182 Uitspraak van Arbeidsappèlhof bindend op Arbeidshof 183 Arbeidsappèlhof is finale hof van appèl Deel F - Algemene bepalings van toepassing op howe ingestel by hierdie Wet 184 Algemene bepalings van toepassing op howe ingestel by hierdie Wet HOOFSTUK VIII ONBILLIKE ONTSLAG EN ONBILLIKE ARBEIDSPRAKTYKE [Opskrif vervang by a. 39 van Wet 12 van 2002.] 185 Reg om nie onbillik ontslaan of aan onbillike arbeidspraktyke onderwerp te word nie [A. 185 vervang by a. 40 van Wet 12 van 2002.] 186 Betekenis van ontslag en onbillike arbeidspraktyk [Opskrik vervang by a. 41 (a) van Wet 12 van 2002.] 187 Outomaties onbillike ontslag 188 Ander gevalle van onbillike ontslag 188A Arbitrasie voor ontslag [A. 188A ingevoeg by a. 43 van Wet 12 van 2002.] 189 Ontslag gegrond op bedryfsvereistes 189A Ontslag gegrond op bedryfsvereistes deur werkgewers met meer as 50 werknemers [A. 189A ingevoeg by a. 45 van Wet 12 van 2002.] 190 Datum van ontslag 191 Geskille oor onbillike ontslag en onbillike arbeidspraktyke [Opskrif vervang by a. 46 (a) van Wet 12 van 2002.] 192 Bewyslas by geskille oor ontslag 193 Regsmiddele by onbillike ontslag en onbillike arbeidspraktyke [Opskrif vervang by a. 47 (a) van Wet 12 van 2002.] 194 Perke op vergoeding 195 Vergoeding is bykomend by enige ander bedrag 196 Uittreeloon 197 Oordrag van dienskontrak 197A 197B Oordrag van dienskontrak in omstandighede van insolvensie [A. 197A ingevoeg by a. 50 van Wet 12 van 2002.] Bekendmaking van inligting oor insolvensie [A. 197B ingevoeg by a. 50 van Wet 12 van 2002.] HOOFSTUK IX ALGEMENE BEPALINGS 198 Tydelike werkverskaffingsdienste 199 Dienskontrakte mag nie kollektiewe ooreenkomste of arbitrasietoekennings verontagsaam of daarvan afstand doen nie

7 200 Verteenwoordiging van werknemers of werkgewers 200A Vermoede oor wie 'n werknemer is [A. 200A ingevoeg by a. 51 van Wet 12 van 2002.] 201 Vertroulikheid 202 Betekening van dokumente 203 Goeie praktykkodes 204 Kollektiewe ooreenkoms, arbitrasietoekenning of loonvasstelling moet deur werkgewer gehou word 205 Rekords wat deur werkgewer gehou moet word 206 Uitwerking van sekere gebreke en onreëlmatighede 207 Ministers by magte om Bylaes te verander en daaraan toe te voeg 208 Regulasies 208A Delegasies [A. 208A ingevoeg by a. 51 van Wet 42 van 1996.] 209 Hierdie Wet bind die Staat 210 Toepassing van Wet wanneer met ander wette strydig 211 Wysiging van wette 212 Herroeping van wette, en oorgangsreëlings 213 Woordomskrywing 214 Kort titel en inwerkingtreding Bylae 1 INSTELLING VAN BEDINGINGSRADE VIR STAATSDIENS 1 Woordomskrywings vir hierdie Bylae 2 Instelling van Koördinerende Staatsdiens Bedingingsraad 3 Instelling van bedingingsrade in sektore Bylae 2 RIGLYNE VIR KONSTITUSIE VAN WERKPLEKFORUM 1 Inleiding 2 Getal setels in werkplekforums (artikel 82 (1) (a)) 3 Verspreiding van setels om beroepstruktuur te weerspieël (artikel 82 (1) ). 4 Verkiesings (artikel 82 (1) (c), (d), (g), (h), (i) en (j)) 5 Ampstermyne (artikel 82 (1) (k), (l) en (m)) 6 Vergaderings van werkplekforum (artikel 82 (1) (n)) 7 Tyd vry vir lede van werkplekforum (artikel (82 (1) (p)) 8 Geriewe wat aan werkplekforum voorsien moet word (artikel 82 (1) (r)) 9 Deskundiges (artikel 82 (1) (t)) 10 Instelling van koördinerende en ondergeskikte werkplekforums (artikel 82 (2) ) Bylae 3 KOMMISSIE VIR VERSOENING, BEMIDDELING EN ARBITRASIE 1 Besoldiging en toelaes van lede van beheerliggaam 2 Bedanking en ontheffing van amp van lid van beheerliggaam 3 Vakatures in beheerliggaam 4 Verrigtinge van beheerliggaam 5 Direkteur van Kommissie 6 Bankrekening 7 Belegging van surplusgeld 8 Boekhouding en ouditering 9 Jaarverslag Bylae 4 GESKILBESLEGTING: VLOEIDIAGRAMME

8 Bylae 5 WYSIGING VAN WETTE 1 Wysiging van artikel 1 van Wet op Basiese Diensvoorwaardes 2 Wysiging van artikel 35 van Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid, Wysiging van artikel 2 van Wet op Pensioenfondse, Wysiging van artikel 2 van Wet op Mediese Skemas, Wysiging van artikel 1 van Versekeringswet, Wysiging van artikel 2 van Wet op Onderlinge Hulpverenigings, Wysiging van artikel 3 van Wet op Onderlinge Hulpverenigings, 1956 Bylae 6 WETTE HERROEP BY ARTIKEL 212 Bylae 7 OORGANGSREËLINGS Deel A - Woordomskrywings vir hierdie Bylae 1 Woordomskrywings vir hierdie Bylae Deel B - Onbillike arbeidspraktyke 2. tot en met 4... [Items 2 tot en met 4 herroep by a. 55 (a) van Wet 12 van 2002.] Deel C - Bepalings betreffende bestaande vakbonde, werkgewersorganisasies, nywerheidsrade en versoeningsrade 5 Bestaande geregistreerde vakbonde en werkgewersorganisasies 6 Hangende aansoeke deur vakbonde of werkgewersorganisasies om registrasie, wysiging van bestek en verandering van konstitusie of naam 7 Nywerheidsrade 8 Hangende aansoeke deur nywerheidsrade om registrasie en verandering van bestek 8A Hangende ondersoeke deur nywerheidsregistrateur 9 Hangende aansoeke deur nywerheidsrade om verandering van konstitusie of naam 10 Hangende aansoeke om toelating van partye by nywerheidsrade 11 Hangende aansoeke om vakbonde, werkgewersorganisasies en nywerheidsrade te likwideer en hul registrasies in te trek 12 Bestaande ooreenkomste en toekennings van nywerheidsrade en versoeningsrade 12A Aangewese agente 13 Bestaande ooreenkomste, met inbegrip van erkenningsooreenkomste Deel D - Aangeleenthede betreffende die Staatsdiens 14 Staatsdiensbedingingsraad 15 Kollektiewe ooreenkomste in die Staatsdiens 16 Raad vir Arbeidsverhoudinge in die Onderwys 17 Kollektiewe ooreenkomste in onderwyssektor 18 Onderhandelingsforums in Suid-Afrikaanse Polisiediens 19 Kollektiewe ooreenkomste in Suid-Afrikaanse Polisiediens 20 Gevolge vir Staatsdiensbedingingsraadinstellings wanneer Koördinerende Staatsdiens Bedingingsraad ingestel word Deel E - Geskille en howe 21 Geskille wat voor inwerkingtreding van hierdie Wet ontstaan 21A Geskilbeslegting deur rade voor hul akkreditering 22 Howe Deel F - Pensioenaangeleenthede 23 Voortsetting van bestaande pensioenregte van personeellede van Kommissie by diensaanvaarding Deel G - Noodsaaklike Dienste 24 Noodsaaklike dienste in die Staatsdiens

9 25 Noodsaaklike dienste waarvoor in Wet op Arbeidsverhoudinge voorsiening gemaak word Deel H - Oorgangsbepalings voortspruitend uit die toepassing van die Wysigingswet op Arbeidsverhoudings, 2002 [Deel H bygevoeg by a. 55 van Wet 12 van 2002.] 26 Woordomskrywing 27 Verteenwoordiging in versoening en arbitrasie 28 Kostebevel in arbitrasie 29 Arbitrasie ingevolge artikel 33A 30 Onbillike arbeidspraktyke 31 Bedingingsrade in die staatsdiens 32 Versnelde versoek ingevolge artikel 189A (13) Bylae 8 GOEIE PRAKTYKSKODE: ONTSLAG 1 Inleiding 2 Billike redes vir ontslag 3 Dissiplinêre maatreëls minder as ontslag 4 Billike prosedure 5 Dissiplinêre rekords 6 Ontslag en nywerheidsoptrede 7 Riglyne in gevalle van ontslag weens wangedrag 8 Proef [Opskrif vervang by a. 56 van Wet 12 van 2002.] 9 Riglyne in gevalle van ontslag weens swak werkprestasie 10 Ongeskiktheid: Swak gesondheid of besering 11 Riglyne in gevalle van ontslag weens swak gesondheid of besering Bylae 9 MODELKONSTITUSIE VIR 'N STATUTÊRE RAAD Bylae 10 BEVOEGDHEDE VAN AANGEWESE AGENTE VAN BEDINGINGSRADE [Bylae 10 vervang by a. 57 van Wet 12 van 2002.] HOOFSTUK I DOEL, TOEPASSING EN INTERPRETASIE (aa 1-3) 1 Doel van hierdie Wet Die doel van hierdie Wet i * is om ekonomiese ontwikkeling, maatskaplike geregtigheid, arbeidsvrede en die demokratisering van die werkplek te bevorder deur bereiking van die hoofoogmerke van hierdie Wet, naamlik- (a) om uitvoering te gee aan die fundamentele regte verleen by artikel 27 van die Grondwet ii * en dit te reguleer; om uitvoering te gee aan die verpligtinge wat die Republiek as 'n lidstaat van die Internasionale Arbeidsorganisasie aangegaan het; (c) om 'n raamwerk daar te stel waarbinne werknemers en hulle vakbonde, werkgewers en werkgewersorganisasies- (i) kollektief kan beding om lone, bedinge en voorwaardes van diens en ander aangeleenthede van onderlinge belang te bepaal; en (ii) nywerheidsbeleid te formuleer; en (d) om die volgende te bevorder- (i) ordelike kollektiewe bedinging; (ii) kollektiewe bedinging op sektorale vlak;

10 (iii) werknemerdeelname aan besluitneming in die werkplek; en (iv) die doeltreffende beslegting van arbeidsgeskille. 2 Sekere persone uitgesluit van toepassing van hierdie Wet Hierdie Wet is nie van toepassing nie op lede van- (a) die Nasionale Weermag; die Nasionale Intelligensie-agentskap; (c) die Suid-Afrikaanse Geheimediens; (d) die Suid-Afrikaanse Nasionale Akademie van Intelligensie; (e) Comsec. [Par. (e) bygevoeg as par. (d) by a. 40 (1) van Wet 65 van 2002 en by a. 26 van Wet 68 van 2002 en bygevoeg as par. (e) by a. 25 (2) van Wet 52 van 2003.] 3 Interpretasie van hierdie Wet Enigiemand wat hierdie Wet toepas moet die bepalings daarvan so interpreteer- (a) dat dit aan die hoofoogmerke daarvan uitvoering gee; dat dit aan die vereistes van die Grondwet voldoen; en (c) dat dit bestaanbaar is met die volkeregtelike verpligtinge van die Republiek. HOOFSTUK II VRYHEID VAN ASSOSIASIE EN ALGEMENE BESKERMING (aa 4-10) 4 Werknemers se reg op vryheid van assosiasie (1) Elke werknemer het die reg- (a) om deel te neem aan die stigting van 'n vakbond of federasie van vakbonde; en om by 'n vakbond aan te sluit, behoudens sy konstitusie. (2) Elke lid van 'n vakbond het die reg, behoudens die konstitusie van daardie vakbond- (a) om deel te neem aan sy wettige bedrywighede; om deel te neem aan die verkiesing van enige van sy ampsdraers, beamptes of vakbondverteenwoordigers; (c) om vir verkiesing te staan, en in aanmerking te kom vir aanstelling, as 'n ampsdraer of beampte en, indien verkies of aangestel, om dié amp te beklee; en (d) om vir verkiesing te staan, en in aanmerking te kom vir aanstelling, as 'n vakbondverteenwoordiger en, indien verkies of aangestel, om ingevolge hierdie Wet of 'n kollektiewe ooreenkoms die werksaamhede van 'n vakbondverteenwoordiger te verrig. (3) Elke lid van 'n vakbond wat 'n lid van 'n federasie van vakbonde is, het die reg, behoudens die konstitusie van daardie federasie- (a) om deel te neem aan sy wettige bedrywighede; (c) om deel te neem aan die verkiesing van enige van sy ampsdraers of beamptes; en om te staan vir verkiesing, en in aanmerking te kom vir aanstelling, as 'n ampsdraer of beampte en, indien verkies of aangestel, om dié amp te beklee. 5 Beskerming van werknemers en werksoekers (1) Niemand mag teen 'n werknemer diskrimineer vir die uitoefening van enige reg wat by hierdie Wet verleen word nie. (2) Sonder om die algemene beskerming verleen by subartikel (1) te beperk, mag niemand enige van die volgende doen of dreig om dit te doen nie- (a) van 'n werknemer of 'n werksoeker vereis- (i) om nie 'n lid van 'n vakbond of werkplekforum te wees nie; (ii) om nie 'n lid van 'n vakbond of werkplekforum te word nie; of

11 (iii) om lidmaatskap van 'n vakbond of werkplekforum te laat vaar; 'n werknemer of werksoeker verhinder om enige reg uit te oefen wat by hierdie Wet verleen word of deel te neem aan enige verrigtinge ingevolge hierdie Wet; of (c) 'n werknemer of 'n werksoeker benadeel as gevolg van vorige, huidige of verwagte- (i) lidmaatskap van 'n vakbond of werkplekforum; (ii) deelname aan die stigting van 'n vakbond of federasie van vakbonde of instelling van 'n werkplekforum; (iii) deelname aan die wettige bedrywighede van 'n vakbond of federasie van vakbonde of 'n werkplekforum; (iv) versuim of weiering om iets te doen wat 'n werkgewer nie wettig van 'n werknemer mag vereis of 'n werknemer mag toelaat om te doen nie; (v) openbaarmaking van inligting wat die werknemer wettig aan 'n ander persoon mag of moet gee; (vi) uitoefening van enige reg by hierdie Wet verleen; of (vii) deelname aan enige verrigtinge ingevolge hierdie Wet. (3) Niemand mag 'n werknemer of 'n werksoeker bevoordeel of bevoordeling belowe in ruil vir die nie-uitoefening van 'n reg wat by hierdie Wet verleen word of vir die nie-deelname aan enige verrigtinge ingevolge hierdie Wet nie. Nietemin verhinder hierdie verbod nie die partye by 'n geskil om 'n ooreenkoms aan te gaan om daardie geskil te skik nie. (4) Enige bepaling in 'n kontrak, hetsy aangegaan voor of na die inwerkingtreding van hierdie Wet, wat regstreeks of onregstreeks enige bepaling van artikel 4 of hierdie artikel weerspreek of beperk, is ongeldig, tensy kontraksbepaling ingevolge hierdie Wet geoorloof is. 6 Werkgewers se reg op vryheid van assosiasie (1) Elke werkgewer het die reg- (a) om deel te neem aan die stigting van 'n werkgewersorganisasie of 'n federasie van werkgewersorganisasies; en om by 'n werkgewersorganisasie aan te sluit, behoudens sy konstitusie. (2) Elke lid van 'n werkgewersorganisasie het die reg, behoudens die konstitusie van daardie werkgewersorganisasie- (a) om deel te neem aan sy wettige bedrywighede; om deel te neem aan die verkiesing van enige van sy ampsdraers of beamptes; en (c) indien- (i) 'n natuurlike persoon, om te staan vir verkiesing, en in aanmerking te kom vir aanstelling, as 'n ampsdraer of beampte en, indien verkies of aangestel, om dié amp te beklee; (ii) 'n regspersoon, om 'n verteenwoordiger te laat staan vir verkiesing, en dat sy verteenwoordiger in aanmerking kom vir aanstelling, as 'n ampsdraer of beampte en, indien verkies of aangestel, dat die verteenwoordiger dié amp beklee. (3) Elke lid van 'n werkgewersorganisasie wat 'n lid is van 'n federasie van werkgewersorganisasies het die reg, behoudens die konstitusie van daardie federasie- (a) om deel te neem aan sy wettige bedrywighede; om deel te neem aan die verkiesing van enige van sy ampsdraers of beamptes; en (c) indien- (i) 'n natuurlike persoon, om te staan vir verkiesing, en in aanmerking te kom

12 vir aanstelling, as 'n ampsdraer of beampte en, indien verkies of aangestel, om dié amp te beklee; (ii) 'n regspersoon, om 'n verteenwoordiger te laat staan vir verkiesing, en dat sy verteenwoordiger in aanmerking kom vir aanstelling, as 'n ampsdraer of beampte en, indien verkies of aangestel, dat die verteenwoordiger dié amp beklee. 7 Beskerming van werkgewersregte (1) Niemand mag teen 'n werkgewer diskrimineer vir die uitoefening van 'n reg by hierdie Wet verleen nie. (2) Sonder om die algemene beskerming verleen by subartikel (1) te beperk, mag niemand enige van die volgende doen of dreig om dit te doen nie- (a) van 'n werkgewer vereis- (i) om nie 'n lid van 'n werkgewersorganisasie te wees nie; (ii) om nie 'n lid van 'n werkgewersorganisasie te word nie; of (iii) om lidmaatskap van 'n werkgewersorganisasie te laat vaar; 'n werkgewer verhinder om enige reg uit te oefen wat by hierdie Wet verleen word of deel te neem aan enige verrigtinge ingevolge hierdie Wet; of (c) 'n werkgewer benadeel as gevolg van vorige, huidige of verwagte- (i) lidmaatskap van 'n werkgewersorganisasie; (ii) deelname aan die stigting van 'n werkgewersorganisasie of 'n federasie van werkgewersorganisasies; (iii) deelname aan die wettige bedrywighede van 'n werkgewersorganisasie of federasie van werkgewersorganisasies; (iv) openbaarmaking van inligting wat die werkgewer regtens aan 'n ander persoon mag of moet gee; (v) uitoefening van enige reg by hierdie Wet verleen; of (vi) deelname aan enige verrigtinge ingevolge hierdie Wet. (3) Niemand mag 'n werkgewer bevoordeel of bevoordeling belowe in ruil vir die nie-uitoefening van 'n reg wat by hierdie Wet verleen word of vir die nie-deelname aan enige verrigtinge ingevolge hierdie Wet nie. Nietemin verhinder hierdie verbod nie die partye by 'n geskil om 'n ooreenkoms aan te gaan om daardie geskil te skik nie. (4) Enige bepaling in 'n kontrak, hetsy aangegaan voor of na die inwerkingtreding van hierdie Wet, wat regstreeks of onregstreeks enige bepaling van artikel 6 of hierdie artikel weerspreek of beperk, is ongeldig, tensy die kontraksbepaling ingevolge hierdie Wet geoorloof is. 8 Regte van vakbonde en werkgewersorganisasies Elke vakbond en elke werkgewersorganisasie het die reg- (a) behoudens die bepalings van Hoofstuk VI- (i) om sy eie konstitusie en reëls te bepaal; en (ii) om verkiesings van sy ampsdraers, beamptes en verteenwoordigers te hou; om sy administrasie en wettige bedrywighede te beplan en te reël; (c) om deel te neem aan die stigting van 'n federasie van vakbonde of 'n federasie van werkgewersorganisasies; (d) om aan te sluit by 'n federasie van vakbonde of 'n federasie van werkgewersorganisasies, behoudens die konstitusie daarvan, en om deel te neem aan die wettige bedrywighede daarvan; en

13 (e) om te affilieer met en deel te neem aan die sake van enige internasionale werkersorganisasie of internasionale werkgewersorganisasie of die Internasionale Arbeidsorganisasie, en om geldelike bydraes te maak tot, of geldelike bystand te ontvang van, daardie organisasies. 9 Prosedure vir geskille iii * (1) Indien daar 'n geskil oor die interpretasie of toepassing van enige bepaling van hierdie Hoofstuk bestaan, kan enige party by die geskil die geskil skriftelik verwys- (a) na 'n raad, indien die partye by 'n geskil binne die geregistreerde bestek van daardie raad val; of na die Kommissie, indien geen raad jurisdiksie het nie. (2) Die party wat die geskil verwys, moet die raad of die Kommissie oortuig dat 'n afskrif van die verwysing aan al die ander partye by die geskil beteken is. (3) Die raad of die Kommissie moet poog om die geskil deur versoening te besleg. (4) Indien die geskil steeds onbesleg is, kan enige party by die geskil dit na die Arbeidshof vir beregting verwys. 10 Bewyslas In enige verrigtinge- (a) moet 'n party wat aanvoer dat 'n reg of beskerming by hierdie Hoofstuk verleen, geskend is, die feite van die gewraakte optrede bewys; en moet die party wat by daardie optrede betrokke was, daarop bewys dat die optrede nie enige bepalings van hierdie Hoofstuk geskend het nie. HOOFSTUK III KOLLEKTIEWE BEDINGING (aa 11-63) Deel A Organiseringsregte (aa 11-22) 11 Vakbondverteenwoordigendheid In hierdie Deel, tensy anders vermeld, beteken "verteenwoordigende vakbond" 'n geregistreerde vakbond, of twee of meer geregistreerde vakbonde wat gesamentlik optree, wat voldoende verteenwoordigend is van die werknemers by 'n werkgewer in 'n werkplek in diens. 12 Vakbondtoegang tot werkplek (1) Enige ampsdraer of beampte van 'n verteenwoordigende vakbond is geregtig om die werkgewer se perseel te betree om lede te werf of om met lede te kommunikeer of om sy lede se belange op 'n ander wyse te dien. (2) 'n Verteenwoordigende vakbond is geregtig om buite werkure by die werkgewer se perseel met werknemers vergadering te hou. (3) Die lede van 'n verteenwoordigende vakbond is geregtig om, in enige verkiesing of stemming per stembrief beoog in daardie vakbond se konstitusie, by die werkgewer se perseel te stem. (4) Die regte by hierdie artikel verleen is onderworpe aan enige voorwaardes oor tyd en plek wat redelik en nodig is om lewens of eiendom te beskerm of om onnodige werksontwrigting te voorkom. 13 Aftrekking van vakbondledegeld of -heffings (1) 'n Werknemer wat lid is van 'n verteenwoordigende vakbond, kan die werkgewer skriftelik magtig om ledegeld of heffings wat aan daardie vakbond betaalbaar is, van die werknemer se loon af te trek. (2) 'n Werkgewer wat 'n magtiging ingevolge subartikel (1) ontvang, moet die

14 gemagtigde aftrekking so spoedig moontlik begin maak en moet die bedrag wat afgetrek is aan die verteenwoordigende vakbond oorbetaal nie later nie as teen die 15de dag van die maand eersvolgend na die datum waarop elke aftrekking gemaak is. (3) 'n Werknemer kan die magtiging bedoel in subartikel (1) intrek deur skriftelike kennisgewing van een maand of, indien die werknemer in die staatsdiens werk, skriftelike kennisgewing van drie maande, aan die werkgewer en die verteenwoordigende vakbond te gee. (4) 'n Werkgewer wat 'n kennisgewing ingevolge subartikel (3) ontvang, moet voortgaan om die gemagtigde aftrekkings te maak totdat die kennisgewingstydperk verstryk het, en moet dan die aftrekkings staak. (5) Saam met elke maandelikse oorbetaling moet die werkgewer aan die verteenwoordigende vakbond- (a) 'n lys voorsien met die name van elke lid van wie se loon die werkgewer die aftrekkings gemaak het wat in die oorbetaling ingesluit word; besonderhede voorsien van die bedrae wat afgetrek is en oorbetaal word en die tydperk waarop die aftrekkings betrekking het; en (c) 'n afskrif voorsien van elke kennisgewing van intrekking ingevolge subartikel (3). 14 Vakbondverteenwoordigers (1) In hierdie artikel beteken "verteenwoordigende vakbond" 'n geregistreerde vakbond, of twee of meer geregistreerde vakbonde wat gesamentlik optree, wat as lede die meerderheid het van die werknemers wat by 'n werkgewer in 'n werkplek in diens is. (2) In enige werkplek waar minstens 10 lede van 'n verteenwoordigende vakbond in diens is, is daardie lede geregtig om uit eie geledere- (a) (c) (d) indien daar 10 lede van die vakbond in die werkplek in diens is, een vakbondverteenwoordiger te verkies; indien daar meer as 10 lede van die vakbond in die werkplek in diens is, twee vakbondverteenwoordigers, te verkies; indien daar meer as 50 lede van die vakbond in die werkplek in diens is, twee vakbondverteenwoordigers vir die eerste 50 lede, plus een bykomende vakbondverteenwoordiger vir elke bykomende 50 lede, tot 'n maksimum van sewe vakbondverteenwoordigers, te verkies; indien daar meer as 300 lede van die vakbond in die werkplek in diens is, sewe vakbondverteenwoordigers vir die eerste 300 lede, plus een bykomende vakbondverteenwoordiger vir elke 100 bykomende lede, tot 'n maksimum van 10 vakbondverteenwoordigers, te verkies; (e) indien daar meer as 600 lede van die vakbond in die werkplek in diens is, 10 vakbondverteenwoordigers vir die eerste 600 lede, plus een bykomende vakbondverteenwoordiger vir elke 200 bykomende lede, tot 'n maksimum van 12 vakbondverteenwoordigers, te verkies; en (f) indien daar meer as lede van die vakbond in die werkplek in diens is, 12 vakbondverteenwoordigers vir die eerste lede, plus een bykomende vakbondverteenwoordiger vir elke 500 bykomende lede, tot 'n maksimum van 20 vakbondverteenwoordigers, te verkies. (3) Die konstitusie van die verteenwoordigende vakbond reël die benoeming, verkiesing, ampstermyn en ampsontheffing van 'n vakbondverteenwoordiger. (4) 'n Vakbondverteenwoordiger het die reg om die volgende werksaamhede te verrig- (a) om, op versoek van 'n werknemer in die werkplek, die werknemer by griewe- en

15 dissiplinêre verrigtinge by te staan; om die werkgewer se nakoming van die werkplekverwante bepalings van hierdie Wet, 'n wet wat bedinge en voorwaardes van diens reël en 'n kollektiewe ooreenkoms wat bindend is op die werkgewer, te moniteer; (c) om enige beweerde oortreding van die werkplekverwante bepalings van hierdie Wet, 'n wet wat bedinge en voorwaardes van diens reël en enige kollektiewe ooreenkoms wat bindend is op die werkgewer, aan te meld by- (i) die werkgewer; (ii) die verteenwoordigende vakbond; en (iii) 'n verantwoordelike gesag of liggaam; en (d) om enige ander werksaamheid te verrig soos ooreengekom tussen die verteenwoordigende vakbond en die werkgewer. (5) Behoudens redelike voorwaardes, is 'n vakbondverteenwoordiger daarop geregtig om gedurende werkure redelike tyd vry te neem met betaling- (a) om die werksaamhede van 'n vakbondverteenwoordiger te verrig; en om opleiding te ontvang oor enige onderwerp wat ter sake is by die verrigting van die werksaamhede van 'n vakbondverteenwoordiger. 15 Verlof vir vakbondbedrywighede (1) 'n Werknemer wat 'n ampsdraer is van 'n verteenwoordigende vakbond, of van 'n federasie van vakbonde waarmee die verteenwoordigende vakbond geaffilieer is, is daarop geregtig om redelikerwys verlof gedurende werkure te neem om die werksaamhede van daardie amp te verrig. (2) Die verteenwoordigende vakbond en die werkgewer kan ooreenkom oor die getal dae verlof, die getal dae betaalde verlof en die voorwaardes verbonde aan enige verlof. (3) 'n Arbitrasietoekenning ingevolge artikel 21 (7) wat enige van die aangeleenthede bedoel in subartikel (2) reël, bly vir 12 maande vanaf die datum van die toekenning van krag. 16 Openbaarmaking van inligting (1) Vir doeleindes van hierdie artikel beteken "verteenwoordigende vakbond" 'n geregistreerde vakbond of twee of meer geregistreerde vakbonde wat gesamentlik optree, wat as lede die meerderheid van die werknemers het wat by 'n werkgewer in 'n werkplek in diens is. (2) Behoudens subartikel (5) moet 'n werkgewer aan 'n vakbondverteenwoordiger alle tersaaklike inligting openbaar maak wat die vakbondverteenwoordiger in staat sal stel om die werksaamhede bedoel in artikel 14 (4) doeltreffend te verrig. (3) Behoudens subartikel (5), wanneer 'n werkgewer met 'n verteenwoordigende vakbond oorleg pleeg of beding, moet die werkgewer alle tersaaklike inligting aan die verteenwoordigende vakbond openbaar maak wat die verteenwoordigende vakbond in staat sal stel om doeltreffend by oorlegpleging of kollektiewe bedinging betrokke te raak. (4) Die werkgewer moet die vakbondverteenwoordiger of die verteenwoordigende vakbond skriftelik kennis gee wanneer enige inligting wat ingevolge subartikel (2) of (3) openbaar gemaak is, vertroulik is. (5) Van 'n werkgewer word nie vereis om inligting openbaar te maak- (a) wat regtens gepriviligeerd is nie; wat die werkgewer nie kan openbaar sonder om 'n verbod wat die werkgewer by 'n wet of bevel van 'n geregshof opgelê word, te oortree nie; (c) wat vertroulik is en, indien dit openbaar gemaak sou word, vir die werknemer of die werkgewer aansienlike nadeel kan berokken nie; of

16 (d) wat private persoonlike inligting in verband met 'n werknemer is nie, tensy daardie werknemer instem dat daardie inligting openbaar gemaak word. (6) Indien daar 'n geskil is oor watter inligting ingevolge hierdie artikel openbaar gemaak moet word, kan enige party by die geskil, die geskil skriftelik na die Kommissie verwys. (7) Die party wat die geskil na die Kommissie verwys, moet hom oortuig dat 'n afskrif van die verwysing aan al die ander partye by die geskil beteken is. (8) Die Kommissie moet poog om die geskil deur versoening te besleg. (9) Indien die geskil onbesleg bly, kan enige party by die geskil versoek dat die geskil deur arbitrasie besleg word. (10) By enige geskil oor die openbaarmaking van inligting bedoel in subartikel (6), moet die kommissaris eers beslis of die inligting tersaaklik is, al dan nie. (11) Indien die kommissaris beslis dat die inligting ter sake is, en indien dit inligting is wat in subartikel (5) (c) of (d) beoog word, moet die kommissaris die nadeel wat die openbaarmaking waarskynlik vir 'n werknemer of 'n werkgewer sal berokken, opweeg teenoor die nadeel wat die versuim om die inligting openbaar te maak, waarskynlik sal berokken aan die vakbondverteenwoordiger se vermoë om die werksaamhede bedoel in artikel 14 (4) doeltreffend te verrig, of die vermoë van 'n verteenwoordigende vakbond om doeltreffend by oorlegpleging of kollektiewe bedinging betrokke te raak. (12) Indien die kommissaris beslis dat die nadeelsewewig in die guns van die openbaarmaking van die inligting is, kan die kommissaris die openbaarmaking van die inligting gelas op voorwaardes wat daarop gerig is om die nadeel wat waarskynlik vir die betrokke werknemer of die werkgewer berokken sal word, te beperk. (13) By die doen van 'n lasgewing ingevolge subartikel (12), moet die kommissaris enige skending van vertroulikheid ten opsigte van inligting wat ingevolge hierdie artikel by daardie werkplek openbaar gemaak is, in ag neem, en kan, vir 'n tydperk in die arbitrasietoekenning vermeld, weier om die openbaarmaking te gelas van inligting of enige ander vertroulike inligting wat andersins openbaar gemaak sou kon word. (14) By enige geskil oor 'n beweerde skending van vertroulikheid, kan die kommissaris gelas dat die reg op openbaarmaking van inligting in daardie werkplek teruggetrek word vir 'n tydperk in die arbitrasietoekenning vermeld. 17 Beperkte regte in huishoudelike sektor (1) Vir doeleindes van hierdie artikel beteken "huishoudelike sektor" die diens van werknemers wat gemoeid is met huishoudelike werk in hulle werkgewers se huise of op die eiendom waarop die huis geleë is. (2) Die regte by hierdie Deel verleen aan verteenwoordigende vakbonde vir sover dit op die huishoudelike sektor betrekking het, is aan die volgende beperkings onderworpe- (a) die reg van toegang tot die perseel van die werkgewer wat 'n ampsdraer of beampte van 'n verteenwoordigende vakbond by artikel 12 verleen word, sluit nie die reg in om die werkgewer se woning binne te gaan nie, tensy die werkgewer daartoe instem; en die reg op die openbaarmaking van inligting wat by artikel 16 verleen word, is nie in die huishoudelike sektor van toepassing nie. 18 Reg om drempels van verteenwoordigendheid te stel (1) 'n Werkgewer en 'n geregistreerde vakbond wie se lede die meerderheid uitmaak van die werknemers wat by daardie werkgewer in 'n werkplek in diens is, of die partye by 'n bedingingsraad, kan 'n kollektiewe ooreenkoms sluit wat die drempel van

17 verteenwoordigendheid vasstel wat ten opsigte van een of meer van die organiseringsregte bedoel in artikels 12, 13 en 15 vereis word. (2) 'n Kollektiewe ooreenkoms gesluit ingevolge subartikel (1) is nie bindend nie tensy die drempels van verteenwoordigendheid in die kollektiewe ooreenkoms in gelyke mate toegepas word op 'n geregistreerde vakbond wat enige van die organiseringsregte bedoel in daardie subartikel verlang. 19 Sekere organiseringsregte vir vakbond wat party by raad is Geregistreerde vakbonde wat partye by 'n raad is, beskik outomaties die regte beoog in artikels 12 en 13 ten opsigte van alle werkplekke binne die geregistreerde bestek van die raad, ongeag hulle verteenwoordigendheid in enige bepaalde werkplek. 20 Organiseringsregte in kollektiewe ooreenkomste Hierdie Deel belet nie die sluiting van 'n kollektiewe ooreenkoms wat organiseringsregte reël nie. 21 Uitoefening van regte verleen by hierdie Deel iv * (1) 'n Geregistreerde vakbond kan 'n werkgewer skriftelik in kennis stel dat hy verlang om een of meer van die regte wat by hierdie Deel verleen word, in 'n werkplek uit te oefen. (2) Die kennisgewing bedoel in subartikel (1) moet vergesel gaan van 'n gewaarmerkte afskrif van die vakbond se registrasiesertifikaat en moet die volgende vermeld- (a) die werkplek ten opsigte waarvan die vakbond die regte wil uitoefen; die verteenwoordigendheid van die vakbond in daardie werkplek en die feite (c) waarop hy steun om aan te toon dat hy 'n verteenwoordigende vakbond is; en die regte wat die vakbond wil uitoefen en die wyse waarop hy daardie regte wil uitoefen. (3) Die werkgewer moet binne 30 dae na ontvangs van die kennisgewing met die vakbond byeenkom in 'n poging om 'n kollektiewe ooreenkoms te sluit oor die wyse waarop die vakbond sy regte ten opsigte van daardie werkplek sal uitoefen. (4) Indien 'n kollektiewe ooreenkoms nie gesluit word nie, kan óf die geregistreerde vakbond óf die werkgewer die geskil skriftelik na die Kommissie verwys. (5) Die party wat 'n geskil na die Kommissie verwys, moet die Kommissie oortuig dat 'n afskrif van die verwysing aan die ander party by die geskil beteken is. (6) Die Kommissie moet 'n kommissaris aanstel om te poog om die geskil deur versoening te besleg. (7) Indien die geskil onbesleg bly, kan of die een of die ander van die partye by die geskil die Kommissie versoek dat die geskil deur arbitrasie besleg word. (8) Indien die onbeslegte geskil handel oor die kwessie of die geregistreerde vakbond 'n verteenwoordigende vakbond is, al dan nie- (a) moet die kommissaris probeer- (i) (ii) om die vermenigvuldiging van vakbondverteenwoordiging in 'n enkele werkplek te minimaliseer en, indien moontlik, om 'n stelsel aan te moedig waarvolgens daar by 'n werkplek net een verteenwoordigende vakbond is; en om die geldelike en administratiewe las wat meegebring word deur te vereis dat 'n werkgewer organiseringsregte aan meer as een geregistreerde vakbond toegestaan word, te minimaliseer; moet die kommissaris oorweging skenk aan- (i) die aard van die werkplek;

18 (ii) die aard van die een of meer organiseringsregte wat die geregistreerde vakbond verlang om uit te oefen; (iii) die aard van die sektor waarin die werkplek geleë is; en (iv) die organiseringsgeskiedenis by die werkplek of enige ander werkplek van die werkgewer; en (c) kan die kommissaris enige van die organiseringsregte wat by hierdie Deel verleen word en wat deur enige ander geregistreerde vakbond ten opsigte van daardie werkplek uitgeoefen word, intrek indien daardie ander vakbond opgehou het om 'n verteenwoordigende vakbond te wees. (9) Ten einde die lidmaatskap of steun van die geregistreerde vakbond te bepaal, kan die kommissaris- (a) enige nodige navrae doen; waar paslik, 'n stemming per stembrief onder die betrokke werknemers hou; en (c) enige ander tersaaklike inligting in aanmerking neem. (10) Die werkgewer moet aan die kommissaris samewerking verleen wanneer die Kommissaris ingevolge subartikel (9) handel en moet enige inligting en geriewe aan die kommissaris beskikbaar stel wat vir die doeleindes van daardie subartikel redelikerwys nodig is. (11) 'n Werkgewer wat beweer dat 'n vakbond nie meer 'n verteenwoordigende vakbond is nie, kan by die Kommissie aansoek doen om enige van die organiseringsregte ingevolge hierdie Deel verleen, in te trek, in welke geval die bepalings van subartikels (5) tot (10), saamgelees met die veranderinge wat in die konteks nodig is. 22 Geskille oor organiseringsregte (1) 'n Party by 'n geskil oor die interpretasie of toepassing van enige bepaling van hierdie Deel, behalwe 'n geskil beoog in artikel 21, kan die geskil skriftelik na die Kommissie verwys. (2) Die party wat 'n geskil na die Kommissie verwys, moet die Kommissie oortuig dat 'n afskrif van die verwysing aan al die ander partye by die geskil beteken is. (3) Die Kommissie moet poog om die geskil deur versoening te besleg. (4) Indien die geskil onbesleg bly, kan enige party by die geskil versoek dat die geskil so spoedig moontlik deur arbitrasie besleg word. Deel B Kollektiewe ooreenkomste (aa 23-26) 23 Regsuitwerking van kollektiewe ooreenkoms (1) 'n Kollektiewe ooreenkoms is bindend- (a) op die partye by die ooreenkoms; op elke party by die kollektiewe ooreenkoms en die lede van elke ander party by die kollektiewe ooreenkoms, in soverre die bepalings tussen hulle van toepassing is; (c) op die lede van 'n geregistreerde vakbond, en die werkgewers wat lede is van 'n geregistreerde werkgewersorganisasie, wat party is by die kollektiewe ooreenkoms, indien die kollektiewe ooreenkoms- (i) diensbedinge en -voorwaardes reël; of (ii) die gedrag van die werkgewers teenoor hulle werknemers of die gedrag van die werknemers teenoor hulle werkgewers reël; (d) op werknemers wat nie lede is van die geregistreerde vakbond of vakbonde wat party by die ooreenkoms is nie, indien- (i) die werknemers in die ooreenkoms geïdentifiseer word;

19 (ii) (iii) die ooreenkoms die werknemers uitdruklik verbind; en daardie vakbond of vakbonde as lede die meerderheid het van die werknemers wat by die werkgewer in die werkplek in diens is. (2) 'n Kollektiewe ooreenkoms is vir die hele termyn van die kollektiewe ooreenkoms bindend op elke persoon wat ingevolge subartikel (1) (c) gebind is en wat lid was op die tydstip toe dit bindend geword het of wat 'n lid word nadat dit bindend geword het, ongeag of daardie persoon vir die kollektiewe ooreenkoms lid van die geregistreerde vakbond of geregistreerde werkgewersorganisasie bly, al dan nie. (3) Waar van toepassing, verander 'n kollektiewe ooreenkoms 'n dienskontrak tussen 'n werknemer en werkgewer wat albei deur 'n kollektiewe ooreenkoms gebind word. (4) Tensy die kollektiewe ooreenkoms anders bepaal, kan 'n party by 'n kollektiewe ooreenkoms wat vir 'n onbepaalde tydperk gesluit is, die ooreenkoms beëindig deur redelike kennis daarvan skriftelik aan die ander partye te gee. [Sub-a. (4) vervang by a. 1 van Wet 12 van 2002.] 24 Geskille oor kollektiewe ooreenkomste (1) Elke kollektiewe ooreenkoms, behalwe 'n agentskapwerkplekooreenkoms ingevolge artikel 25 gesluit of 'n geslotegeledere-ooreenkoms ingevolge artikel 26 gesluit of 'n skikkingsooreenkoms soos in artikel 142A of 158 (1) (c) beoog, moet voorsiening maak vir 'n prosedure om enige geskil oor die interpretasie of toepassing van die kollektiewe ooreenkoms te besleg. Die prosedure moet vir eers vereis dat die partye poog om die geskil deur versoening te besleg en, indien die geskil onbesleg bly, om dit deur arbitrasie te besleg. [Sub-a. (1) vervang by a. 2 (a) van Wet 12 van 2002.] (2) Indien daar 'n geskil oor die interpretasie of toepassing van 'n kollektiewe ooreenkoms bestaan, kan enige party by die geskil die geskil skriftelik na die Kommissie verwys indien- (a) (c) die kollektiewe ooreenkoms nie 'n prosedure bepaal soos in subartikel (1) vereis nie; die prosedure waarvoor in die kollektiewe ooreenkoms voorsiening gemaak word, nie in werking is nie; of enige party by die kollektiewe ooreenkoms die beslegting van die geskil ingevolge die kollektiewe ooreenkoms gedwarsboom het. (3) 'n Party wat die geskil na die Kommissie verwys, moet die Kommissie oortuig dat 'n afskrif van die verwysing aan al die ander partye by die geskil beteken is. (4) Die Kommissie moet poog om die geskil deur versoening te besleg. (5) Indien die geskil onbesleg bly, kan enige party by die geskil versoek dat dit deur arbitrasie besleg word v *. (6) Indien daar 'n geskil bestaan oor die interpretasie of toepassing van 'n agentskapwerkplekooreenkoms ingevolge artikel 25 gesluit of 'n geslotegeledere-ooreenkoms ingevolge artikel 26 gesluit, kan enige party by die geskil die geskil skriftelik na die Kommissie verwys, en daarop is subartikels (3) tot (5) op daardie geskil vi * van toepassing. (7) Enige persoon wat gebonde is aan 'n arbitrasietoekenning oor die interpretasie of toepassing van artikel 25 (3) (c) en (d) of artikel 26 (3) (d) kan na die Arbeidshof teen daardie toekenning appelleer. (8) As daar 'n geskil is oor die interpretasie of toepassing van 'n skikkingsooreenkoms soos in artikel 142A of 158 (1) (c) beoog, kan 'n party die geskil na 'n raad of die Kommissie verwys, en subartikels (3) tot (5), gelees met die nodige veranderings, is op daardie geskil van toepassing.

20 [Sub-a. (8) bygevoeg by a. 2 van Wet 12 van 2002.] 25 Agentskapwerkplekooreenkomste (1) 'n Verteenwoordigende vakbond en 'n werkgewer of werkgewersorganisasie kan 'n kollektiewe ooreenkoms sluit, wat bekend staan as 'n agentskapwerkplekooreenkoms, waarby van die werkgewer vereis word om 'n ooreengekome agentskapgeld af te trek van die lone van werknemers wat in die ooreenkoms geïdentifiseer word en wat nie lede van die vakbond is nie maar vir lidmaatskap daarvan kwalifiseer. [Sub-a. (1) vervang by a. 1 (a) van Wet 42 van 1996.] (2) Vir doeleindes van hierdie artikel beteken "verteenwoordigende vakbond" 'n geregistreerde vakbond of twee of meer geregistreerde vakbonde wat gesamentlik optree, wie se lede die meerderheid uitmaak van die werknemers in diens- (a) by 'n werkgewer in 'n werkplek; of by die lede van 'n werkgewersorganisasie in 'n sektor en gebied ten opsigte waarvan die agentskapwerkplekooreenkoms van toepassing is. (3) 'n Agentskapwerkplekooreenkoms is bindend slegs indien dit bepaal dat- (a) werknemers wat nie lede van die verteenwoordigende vakbond is nie, nie verplig is om lede van daardie vakbond te word nie; die ooreengekome agentskapgeld gelyk is aan of minder is as- (i) die bedrag van die ledegeld wat deur die lede van die verteenwoordigende vakbond betaalbaar is; (ii) waar die ledegeld van die verteenwoordigende vakbond bereken word as 'n persentasie van 'n werknemer se salaris, daardie persentasie; (iii) waar twee of meer geregistreerde vakbonde partye by daardie ooreenkoms is, die hoogste ledegeld van toepassing op 'n werknemer; (c) die bedrag wat aldus afgetrek word, inbetaal moet word in 'n afsonderlike rekening wat deur die verteenwoordigende vakbond geadministreer word; en (d) geen agentskapgeld wat afgetrek word- (i) (ii) (iii) as affiliasiegeld aan 'n politieke party betaal mag word nie; as bydrae, hetsy in kontant of in goedere, aan 'n politieke party of iemand wat staan vir verkiesing tot enige politieke amp, aangewend mag word nie; of gebruik mag word vir enige uitgawe wat nie die sosio-ekonomiese belange van werknemers bevorder of beskerm nie. [Par. (d) gewysig by a. 1 van Wet 42 van 1996.] (4) (a) Ondanks die bepalings van enige wet of kontrak kan 'n werkgewer sonder die magtiging van 'n werknemer die ooreengekome agentskapsgelde van die loon van die werknemer aftrek. Ondanks subartikel 3 (c) kan 'n gewetensbeswaarde die werkgewer versoek om die bedrag wat van daardie werknemer se loon afgetrek word, in te betaal in 'n fonds wat deur die Departement van Arbeid geadministreer word. (5) Die bepalings van artikels 98 en 100 en (c), saamgelees met die veranderinge wat in die konteks nodig is, is van toepassing op die afsonderlike rekening in subartikel (3) (c) bedoel. (6) Enigiemand kan in die registrateur se kantoor insae hê in die ouditeursverslag in soverre dit betrekking het op 'n rekening bedoel in subartikel (3) (c). (7) Die registrateur moet 'n gewaarmerkte afskrif van, of uittreksel uit, enige van die

21 dokumente bedoel in subartikel (6), voorsien aan enige persoon wat die voorgeskrewe gelde betaal het. (8) 'n Werkgewer of werkgewersorganisasies wat beweer dat 'n vakbond nie meer 'n verteenwoordigende vakbond ingevolge subartikel (1) is nie, moet daardie vakbond skriftelik van die bewering kennis gee en die vakbond 90 dae toelaat vanaf datum van die kennisgewing om te bewys dat hy 'n verteenwoordigende vakbond is. (9) Indien die vakbond nie daarin slaag om binne die 90-dae tydperk te bewys dat hy 'n verteenwoordigende vakbond is nie, moet die werkgewer aan die vakbond en die werknemers wat deur die agentskapwerkplekooreenkoms gedek word, 30 dae kennis van die beëindiging gee, by die afloop waarvan daardie ooreenkoms tot 'n einde kom. (10) Indien 'n agentskapwerkplekooreenkoms beëindig word, is die bepalings van subartikel (3) (c) en (d) en (5) van toepassing totdat die geld in die afsonderlike rekening bestee is. 26 Geslotegeledere-ooreenkomste (1) 'n Verteenwoordigende vakbond en 'n werkgewer of 'n werkgewersorganisasie kan 'n kollektiewe ooreenkoms, wat as 'n geslotegeledere-ooreenkoms bekend staan, sluit waarby vereis word dat alle werknemers wat in die ooreenkoms gedek word, lede van die vakbond moet wees. (2) Vir doeleindes van hierdie artikel beteken "verteenwoordigende vakbond" 'n geregistreerde vakbond, of twee of meer geregistreerde vakbonde wat gesamentlik optree, wie se lede 'n meerderheid uitmaak van die werknemers in diens- (a) by 'n werkgewer in 'n werkplek; of by die lede van 'n werkgewersorganisasie in 'n sektor en gebied ten opsigte waarvan die geslotegeledere-ooreenkoms van toepassing is. (3) 'n Geslotegeledere-ooreenkoms is bindend slegs indien- (a) 'n stemming per stembrief gehou is onder die werknemers wat deur die ooreenkoms gedek gaan word; twee derdes van die werknemers wat gestem het, ten gunste van die ooreenkoms gestem het; (c) daar geen bepaling in die ooreenkoms is wat lidmaatskap van die verteenwoordigende vakbond vereis voordat diens 'n aanvang neem nie; en (d) dit bepaal dat geen lidmaatskapsgeld of -heffing wat afgetrek word- (i) (ii) (iii) as affiliasiegeld aan 'n politieke party betaal mag word nie; as 'n bydrae, hetsy in kontant of in goedere, aan 'n politieke party of iemand wat vir verkiesing tot enige politieke amp staan nie, aangewend mag word nie; of gebruik mag word vir enige uitgawe wat nie die sosio-ekonomiese belange van werknemers bevorder of beskerm nie. [Par. (d) gewysig by a. 2 van Wet 42 van 1996.] (4) Ondanks subartikel (3) kan 'n geslotegeledere-ooreenkoms beoog in subartikel (2) gesluit word tussen 'n geregistreerde vakbond en 'n geregistreerde werkgewersorganisasie ten opsigte van 'n sektor en gebied om bindend te wees in elke werkplek waarin- (a) 'n stemming per stembrief gehou is onder die werknemers wat deur die ooreenkoms gedek gaan word; en twee derdes van die werknemers wat gestem het, ten gunste van die ooreenkoms gestem het. (5) Geen vakbond wat 'n party by 'n geslotegeledere-ooreenkoms is, mag lidmaatskap aan

22 'n werknemer weier of 'n werknemer se lidmaatskap van die vakbond beëindig nie, tensy- (a) die weiering of beëindiging in ooreenstemming met die vakbond se konstitusie is; en die rede vir die weiering of beëindiging billik is, welke rede insluit, maar nie beperk is nie, tot gedrag wat die vakbond se kollektiewe uitoefening van sy regte belemmer. (6) Dit is nie onbillik om 'n werknemer te ontslaan- (a) weens weiering om by 'n vakbond aan te sluit wat 'n party by 'n geslotegeledere-ooreenkoms is nie; wat lidmaatskap geweier word van 'n vakbond wat 'n party by 'n geslotegeledere-ooreenkoms is nie waar die weiering ooreenkomstig die bepalings van subartikel (5) geskied; of (c) wie se lidmaatskap van 'n vakbond wat 'n party by 'n geslotegeledere-ooreenkoms is, beëindig word nie, waar die beëindiging ooreenkomstig die bepalings van subartikel (5) geskied. (7) Ondanks subartikel (6)- (a) kan die werknemers op die tydstip wat 'n geslotegeledere-ooreenkoms in werking tree, nie ontslaan word weens weiering om aan te sluit by 'n vakbond wat 'n party by die ooreenkoms is nie; en kan werknemers nie ontslaan word weens weiering, op grond van gewetensbesware, om aan te sluit by 'n vakbond wat 'n party by die ooreenkoms is nie. (8) Die geslotegeledere-ooreenkoms kan van die werknemers bedoel in subartikel (7) vereis om die ooreengekome agentskapgelde te betaal, in welke geval die bepalings van artikel 25 (3), (c) en (d) en (4) tot (7) van toepassing is. (9) Indien die Arbeidshof beslis dat 'n ontslag onbillik is omdat die weiering of die beëindiging van lidmaatskap van 'n vakbond wat party by 'n geslotegeledere-ooreenkoms is, onbillik was, is die bepalings van Hoofstuk VIII van toepassing, behalwe dat 'n vergoedingsbevel ingevolge daardie Hoofstuk teen die vakbond gegee moet word. (10) 'n Geregistreerde vakbond wat 'n beduidende belang het in, of 'n aansienlike getal verteenwoordig van, die werknemers wat deur 'n geslotegeledere-ooreenkoms gedek word, kan die partye by die ooreenkoms in kennis stel van sy voorneme om aansoek te doen om 'n party by die ooreenkoms te word, en die werkgewer moet binne 30 dae na die kennisgewing 'n vergadering tussen die partye en die geregistreerde vakbond belê ten einde die aansoek te oorweeg. (11) Indien die partye by 'n geslotegeledere-ooreenkoms nie die geregistreerde vakbond as 'n party toelaat nie, kan die vakbond die geskil skriftelik na die Kommissie verwys; (12) Die geregistreerde vakbond moet die Kommissie oortuig dat 'n afskrif van die verwysing aan al die partye by die geslotegeledere-ooreenkoms beteken is. (13) Die Kommissie moet poog om die geskil deur versoening te besleg. (14) Indien die geskil onbesleg bly, kan enige party by die geskil dit na die Arbeidshof vir beregting verwys. (15) Die verteenwoordigende vakbond moet 'n stemming per stembrief hou onder die werknemers wat deur die geslotegeledere-ooreenkoms gedek word, om te bepaal of die ooreenkoms beëindig behoort te word, indien- (a) een derde van die werknemers wat deur die ooreenkoms gedek word, 'n petisie vir

23 die beëindiging van die ooreenkoms onderteken; en drie jaar verloop het sedert die datum waarop die ooreenkoms in werking getree het of die laaste stemming per stembrief ingevolge hierdie artikel gehou is. (16) Indien die meerderheid van die werknemers wat aan die stemming deelgeneem het, vir die beëindiging van die geslotegeledere-ooreenkoms gestem het, word die ooreenkoms beëindig. (17) Tensy 'n kollektiewe ooreenkoms anders bepaal, moet die stemming per stembrief bedoel in subartikels (3) (a) en (15) gehou word ooreenkomstig die riglyne deur die Kommissie gepubliseer. Deel C Bedingingsrade (aa 27-34) 27 Instelling van bedingingsrade (1) Een of meer geregistreerde vakbonde en een of meer geregistreerde werkgewersorganisasies kan 'n bedingingsraad vir 'n sektor en gebied instel deur- (a) 'n konstitusie aan te neem wat aan die vereistes van artikel 30 voldoen; en registrasie van die bedingingsraad ingevolge artikel 29 te verkry. (2) Die Staat kan 'n party wees by 'n bedingingsraad wat ingevolge hierdie artikel ingestel is, indien hy 'n werkgewer is in die sektor en gebied ten opsigte waarvan die bedingingsraad ingestel word. (3) Waar die Staat ingevolge subartikel (2) 'n party by 'n bedingingsraad is, sluit 'n verwysing na 'n geregistreerde werkgewersorganisasie 'n verwysing na die Staat as 'n werkgewer in. (4) 'n Bedingingsraad kan vir meer as een sektor ingestel word. [Sub-a. (4) bygevoeg by a. 3 van Wet 42 van 1996.] 28 Bevoegdhede en werksaamhede van bedingingsraad (1) Die bevoegdhede en werksaamhede van 'n bedingingsraad met betrekking tot sy geregistreerde bestek omvat die volgende- (a) om kollektiewe ooreenkomste te sluit; om daardie kollektiewe ooreenkomste af te dwing; (c) om arbeidsgeskille te voorkom en te besleg; (d) om die geskilbeslegtingswerksaamhede bedoel in artikel 51, te verrig; (e) om 'n fonds wat bestem is vir die beslegting van geskille te stig en te administreer; (f) (g) (h) (i) (j) (k) om opleidings- en onderwysskemas te bevorder en in te stel; om pensioen-, voorsorg-, mediese hulp-, siektebetaling-, vakansie-, werkloosheiden opleidingskemas of -fondse of enige soortgelyke skemas of fondse ten voordele van een of meer van die partye by die bedingingsraad of hulle lede te stig en te administreer; om voorstelle oor beleid en wetgewing wat die sektor en gebied mag raak, uit te werk en te ontwikkel vir voorlegging aan NEOAR of enige ander toepaslike forum; om by wyse van kollektiewe ooreenkoms, die aangeleenthede te bepaal wat, vir doeleindes van 'n staking of uitsluiting by die werkplek, nie 'n vraagstuk in geskil mag wees nie; om aan werkplekforums bykomende aangeleenthede op te dra vir oorlegpleging; om nywerheidsteundienste in die sektor te verskaf; en [Par. (k) bygevoeg by a. 3 van Wet 12 van 2002.]

24 (l) om die dienste en werksaamhede van die bedingingsraad na werkers in die informele sektor en huiswerkers uit te brei. [Par. (l) bygevoeg by a. 3 van Wet 12 van 2002.] (2) Vanaf die datum waarop die Wysigingswet op Arbeidsverhoudinge, 1998, in werking tree, moet daar by die stigting van enige pensioen-, voorsorg- of mediese hulpskema of -fonds ingevolge subartikel (1) (g), aan die wetsbepalings wat betrekking het op pensioen-, voorsorg- of mediese hulpskemas of -fondse, voldoen word. [Sub-a. (2) bygevoeg by a. 1 van Wet 127 van 1998.] (3) Die wetsbepalings wat op pensioen-, voorsorg of mediese hulpskemas of -fondse betrekking het, is van toepassing ten opsigte van enige pensioen-, voorsorg- of mediese hulpskema of -fonds wat nà die inwerkingtreding van die Wysigingswet op Arbeidsverhoudinge, 1998, ingevolge subartikel (1) (g) gestig word. [Sub-a. (3) bygevoeg by a. 1 van Wet 127 van 1998.] 29 Registrasie van bedingingsrade (1) Die partye bedoel in artikel 27 kan aansoek doen om die registrasie van 'n bedingingsraad deur aan die registrateur- (a) die voorgeskrewe vorm wat behoorlik ingevul is, voor te lê; (c) 'n afskrif van sy konstitusie voor te lê; en enige ander inligting te voorsien wat die registrateur van nut mag wees ten einde te bepaal of die bedingingsraad aan die vereistes vir registrasie voldoen, al dan nie. (2) Die registrateur kan bykomende inligting ter stawing van die aansoek verlang. (3) So gou doenlik na ontvangs van die aansoek moet die registrateur 'n kennisgewing in die Staatskoerant publiseer wat die wesenlike besonderhede van die aansoek bevat, en 'n afskrif van die kennisgewing aan NEOAR stuur. Die kennisgewing moet die algemene publiek inlig dat hulle- (a) teen die aansoek beswaar kan maak op enige van die gronde bedoel in subartikel (4); en 30 dae vanaf die datum van die kennisgewing het om enige beswaar aan die registrateur en 'n afskrif daarvan aan die aansoeker te beteken. [Sub-a. (3) vervang by a. 4 (a) van Wet 12 van 2002.] (4) Enige persoon wat teen die aansoek beswaar maak, moet die registrateur oortuig dat 'n afskrif van die beswaar aan die aansoeker beteken is en dat die beswaar daarop gegrond is dat- (a) die aansoeker nie aan die bepalings van hierdie artikel voldoen het nie; die sektor en gebied ten opsigte waarvan die aansoek gedoen is, nie toepaslik is nie; (c) die aansoeker nie voldoende verteenwoordigend is in die sektor en gebied ten opsigte waarvan die aansoek gedoen is nie. (5) Die registrateur kan bykomende inligting ter stawing van die beswaar verlang. (6) Die aansoeker kan binne 14 dae na verstryking van die tydperk bedoel in subartikel (3), op 'n beswaar reageer en moet die registrateur oortuig dat 'n afskrif van daardie reaksie beteken is aan die persoon wat beswaar gemaak het. (7) Die registrateur moet so gou doenlik die aansoek, en enige besware, reaksies en bykomende inligting aan NEOAR vir oorweging deurstuur. (8) Binne 90 dae nadat die dokumente vanaf die registrateur ontvang is, moet NEOAR- (a) die toepaslikheid van die sektor en gebied ten opsigte waarvan die aansoek

25 gedoen is, oorweeg; die toepaslike sektor en gebied ten opsigte waarvan die bedingingsraad geregistreer moet word, afbaken; en (c) skriftelik aan die registrateur verslag doen. (9) Indien NEOAR nie daarin slaag om, soos in subartikel (8) vereis, oor 'n afbakening ooreen te kom nie, moet die Minister die toepaslike sektor en gebied afbaken en die registrateur daarvan in kennis stel. (10) By die bepaling van die toepaslikheid van die sektor en gebied vir die afbakening beoog in subartikel (8), moet NEOAR of die Minister poog om aan die hoofoogmerke van hierdie Wet uitvoering te gee. (11) Die registrateur- (a) moet die aansoek en enige bykomende inligting wat deur die aansoeker verstrek is, oorweeg; moet bepaal of- (i) die aansoeker aan die bepalings van hierdie artikel voldoen het; (ii) die konstitusie van die bedingingsraad aan artikel 30 voldoen; (iii) daar in die konstitusie van die bedingingsraad voldoende voorsiening gemaak word vir die verteenwoordiging van klein en medium-grootte ondernemings; (iv) die partye by die bedingingsraad voldoende verteenwoordigend is van die sektor en gebied deur NEOAR of die Minister bepaal; en (v) daar geen ander raad geregistreer is vir die sektor en gebied ten opsigte waarvan aansoek gedoen word nie; en (c) moet, indien oortuig dat die aansoeker aan die voorwaardes vir registrasie voldoen, die bedingingsraad registreer deur die aansoeker se naam in die register van rade in te skryf. (12) Indien die registrateur nie oortuig is dat die aansoeker aan die vereistes vir registrasie voldoen nie, moet die registrateur- (a) 'n skriftelike kennisgewing van die besluit en van die redes vir daardie besluit aan die aansoeker stuur; en in daardie kennisgewing meld dat die aansoeker 30 dae vanaf die datum van die kennisgewing het om aan daardie vereistes te voldoen. (13) Indien die aansoeker binne daardie 30-daetydperk aan daardie vereistes voldoen, moet die registrateur die aansoeker registreer deur die aansoeker se naam in die register van rade in te skryf. [Sub-a. (13) gewysig by a. 4 van Wet 42 van 1996.] (14) Indien die registrateur na die 30-daetydperk tot die slotsom raak dat die aansoeker nie aan die vereistes vir registrasie voldoen het nie, moet die registrateur- (a) weier om die aansoeker te registreer; en die aansoeker en enige persoon wat teen die aansoek beswaar gemaak het, skriftelik van die besluit in kennis stel. [Sub-a. (14) gewysig by a. 4 van Wet 42 van 1996.] (15) Nadat die aansoeker geregistreer is, moet die registrateur- (a) 'n registrasiesertifikaat op naam van die aansoeker uitreik wat die geregistreerde bestek van die aansoeker moet vermeld; en die registrasiesertifikaat en 'n gewaarmerkte afskrif van die geregistreerde

26 konstitusie aan die aansoeker stuur. (16) Die bepalings van subartikels (3) tot (10) en (11) (iii) en (iv) is nie op die registrasie of amalgamasie van bedingingsrade in die staatsdiens van toepassing nie. [Sub-a. (16) bygevoeg by a. 4 van Wet 12 van 2002.] 30 Konstitusie van bedingingsraad (1) Die konstitusie van elke bedingingsraad moet minstens voorsiening maak vir- (a) die aanstelling van verteenwoordigers van die partye by die bedingingsraad, van wie die helfte aangestel moet word deur die vakbonde wat partye by die bedingingsraad is, en die ander helfte deur die werkgewersorganisasies wat partye by die bedingingsraad is, en die aanstelling van plaasvervangers vir die verteenwoordigers; die verteenwoordiging van klein en medium-grootte ondernemings; (c) die omstandighede waarin en wyse waarop verteenwoordigers hulle setels moet ontruim, en die prosedure vir hulle vervanging; (d) reëls vir die belê en hou van vergaderings van verteenwoordigers, met inbegrip van die kworum vereis by, en die hou van notules van, daardie vergaderings; (e) (f) (g) (h) (i) (j) (k) (l) (m) (n) (o) die wyse waarop besluite geneem word; die aanstelling of verkiesing van ampsdraers en beamptes, hulle werksaamhede, en die omstandighede waarin en wyse waarop hulle van hul ampte onthef kan word; die instelling en funksionering van komitees; die beslissing, deur arbitrasie, van 'n geskil wat tussen die partye by die bedingingsraad ontstaan oor die interpretasie of toepassing van die bedingingsraad se konstitusie; die prosedure wat gevolg moet word indien 'n geskil tussen die partye by die bedingingsraad ontstaan; die prosedure wat gevolg moet word indien 'n geskil ontstaan tussen 'n geregistreerde vakbond wat 'n party by die bedingingsraad is, of sy lede, of beide, aan die een kant, en werkgewers wat behoort aan 'n geregistreerde werkgewersorganisasie wat 'n party is by die bedingingsraad, aan die ander kant; die prosedure vir vrystelling van kollektiewe ooreenkomste; die deponering en belê van sy fondse; die doeleindes waarvoor sy fondse gebruik kan word; die delegering van sy bevoegdhede en werksaamhede; die toelating van bykomende geregistreerde vakbonde en geregistreerde werkgewersorganisasies as partye by die bedingingsraad, behoudens die bepalings van artikel 56 vii *; (p) 'n prosedure vir die verandering van sy konstitusie; en (q) 'n prosedure waarvolgens hy kan besluit om hom te laat likwideer. [Sub-a. (1) gewysig by a. 5 (a) van Wet 42 van 1996.] (2) Die vereistes wat betref die konstitusie van 'n bedingingsraad soos in subartikel (1) vervat, is ook op 'n bedingingsraad in die staatsdiens van toepassing behalwe dat- (a) enige verwysing na 'n "werkgewersorganisasie" gelees moet word as 'n verwysing na die Staat as werkgewer; en die vereiste in subartikel (1) oor die verteenwoordiging van klein en medium-grootte ondernemings nie van toepassing is nie.

27 (3) Die konstitusie van die Koördinerende Staatsdiens Bedingingsraad moet voorsiening maak vir 'n prosedure wat vir die instelling van 'n bedingingsraad in 'n sektor van die staatsdiens wat ingevolge artikel 37 (1) aangewys is. (4) Die konstitusie van 'n bedingingsraad in die staatsdiens kan bepalings insluit vir die instelling en funksionering van kamers van die bedingingsraad op nasionale en streekvlakke. (5) Die prosedures vir die beslegting van geskille bedoel in subartikel (1) (h), (i) en (j) mag nie aan die Kommissie geskilbeslegtingswerksaamhede toevertrou tensy die beheerliggaam van die Kommissie daartoe ingestem het nie. [Sub-a. (5) bygevoeg by a. 5 van Wet 42 van 1996.] 31 Bindende aard van kollektiewe ooreenkoms in bedingingsraad gesluit Behoudens die bepalings van artikel 32 en die konstitusie van die bedingingsraad, bind 'n kollektiewe ooreenkoms wat in 'n bedingingsraad gesluit is- (a) die partye by die bedingingsraad wat ook partye by die kollektiewe ooreenkoms is; elke party by die kollektiewe ooreenkoms en die lede van elke ander party by die kollektiewe ooreenkoms, vir sover die bepalings daarvan op die verhouding tussen so 'n party en die lede van so 'n ander party van toepassing is; en (c) die lede van 'n geregistreerde vakbond wat 'n party by die kollektiewe ooreenkoms is en die werkgewers wat lede is van 'n geregistreerde werkgewersorganisasie wat so 'n party is, indien die kollektiewe ooreenkoms dien ter reëling van- (i) (ii) diensbedinge en -voorwaardes; of die gedrag of optrede van die werkgewers met betrekking tot hul werknemers of die gedrag of optrede van die werknemers met betrekking tot hul werkgewers. [A. 31 vervang by a. 6 van Wet 42 van 1996.] 32 Uitbreiding van kollektiewe ooreenkoms in bedingingsraad gesluit (1) 'n Bedingingsraad kan die Minister skriftelik versoek om 'n kollektiewe ooreenkoms wat in die bedingingsraad gesluit is, uit te brei na enige nie-partye by die kollektiewe ooreenkoms wat binne sy geregistreerde bestek val en in die versoek geïdentifiseer word indien, by 'n vergadering van die bedingingsraad- (a) een of meer geregistreerde vakbonde wie se lede die meerderheid uitmaak van die lede van die vakbonde wat partye by die bedingingsraad is, ten gunste van die uitbreiding stem; en een of meer geregistreerde werkgewersorganisasies wie se lede werk verskaf aan die meerderheid van die werknemers wat in diens is by die lede van die werkgewersorganisasies wat partye by die bedingingsraad is, ten gunste van die uitbreiding stem. (2) Die Minister moet, binne 60 dae na ontvangs van die versoek, die kollektiewe ooreenkoms, soos versoek, uitbrei deur by kennisgewing in die Staatskoerant te verklaar, dat vanaf die datum en vir die tydperk in die kennisgewing vermeld, die kollektiewe ooreenkoms bindend is op die nie-partye in die kennisgewing vermeld. (3) 'n Kollektiewe ooreenkoms word nie ingevolge subartikel (2) uitgebrei nie tensy die Minister oortuig is dat- (a) die besluit deur die bedingingsraad om die uitbreiding van die kollektiewe ooreenkoms te versoek, aan die vereistes van subartikel (1) voldoen; die meerderheid van al die werknemers wat by die uitbreiding van die kollektiewe

28 ooreenkoms, binne die bestek van die ooreenkoms sal val, lede is van die vakbonde wat partye by die bedingingsraad is; [Par. vervang by a. 7 (a) van Wet 42 van 1996.] (c) die lede van die werkgewersorganisasies wat partye by die bedingingsraad is, by die uitbreiding van die kollektiewe ooreenkoms, gevind sal word werk te verskaf aan die meerderheid van al die werknemers wat binne die bestek van die kollektiewe ooreenkoms val;[par. (c) vervang by a. 7 (a) van Wet 42 van 1996.] (d) die nie-partye wat in die versoek vermeld word, binne die bedingingsraad se geregistreerde bestek val; (e) in die kollektiewe ooreenkoms voorsiening gemaak word vir 'n onafhanklike liggaam wat so spoedig moontlik enige appèl aanhoor en beslis wat aangeteken word teen- (i) die bedingingsraad se weiering van 'n nie-party se aansoek om vrystelling van die bepalings van die kollektiewe ooreenkoms; (ii) die intrekking van so 'n vrystelling deur die bedingingsraad; [Par. (e) vervang by a. 2 (a) van Wet 127 van 1998.] (f) die kollektiewe ooreenkoms maatstawwe bevat wat deur die onafhanklike liggaam toegepas moet word wanneer hy 'n appèl oorweeg, en dat daardie maatstawwe billik is en die hoofoogmerke van hierdie Wet bevorder; en [Par. (f) vervang by a. 2 (a) van Wet 127 van 1998.] (g) die bepalings van die kollektiewe ooreenkoms nie teen nie-partye diskrimineer nie. (4)... [Sub-a. (4) geskrap by a. 2 van Wet 127 van 1998.] (5) Ondanks subartikel (3) en (c), kan die Minister 'n kollektiewe ooreenkoms ooreenkomstig subartikel (2) uitbrei indien- (a) die partye by die bedingingsraad voldoende verteenwoordigend is binne die geregistreerde bestek van die bedingingsraad en; [Par. (a) vervang by a. 7 van Wet 42 van 1996 en by a. 5 (a) van Wet 12 van 2002.] die Minister oortuig is dat versuim om die ooreenkoms uit te brei, kollektiewe bedinging op sektorale vlak, of in die staatsdiens in die geheel, kan belemmer.[par. vervang by a. 7 van Wet 42 van 1996.] (6) (a) Nadat 'n kennisgewing ingevolge subartikel (2) gepubliseer is, kan die Minister op versoek van die bedingingsraad 'n verdere kennisgewing in die Staatskoerant publiseer- (i) waarby die tydperk vermeld in die vroeëre kennisgewing verleng word vir 'n (ii) verdere tydperk wat die Minister bepaal; of wat, indien die tydperk vermeld in die vroeëre kennisgewing reeds verstryk het, verklaar dat die bepalings van die vroeëre kennisgewing van krag is vanaf 'n nuwe datum en vir 'n verdere tydperk. Die bepalings van subartikels (3) en (5), saamgelees met die veranderinge wat in die konteks nodig is, is van toepassing ten opsigte van die publikasie van 'n kennisgewing ingevolge hierdie subartikel. (7) Die Minister moet, op die versoek van die bedingingsraad, 'n kennisgewing in die Staatskoerant publiseer waarby die geheel of enige gedeelte van 'n kennisgewing gepubliseer ingevolge subartikel (2) of (6), ingetrek word vanaf 'n datum in die kennisgewing vermeld. (8) Wanneer enige kollektiewe ooreenkoms ten opsigte waarvan 'n kennisgewing

29 ingevolge subartikel (2) of (6) gepubliseer is, verander word, of daaraan toegevoeg word of dit vervang word, deur 'n nuwe kollektiewe ooreenkoms, is die bepalings van hierdie artikel op daardie nuwe kollektiewe ooreenkoms van toepassing. (9) Vir doeleindes van die uitbreiding van kollektiewe ooreenkomste wat in die Koördinerende Staatsdiens Bedingingsraad of enige bedingingsraad beoog in artikel 37 (3) of (4) gesluit is- (a) word 'n verwysing in hierdie artikel na 'n werkgewersorganisasie gelees as 'n verwysing na die Staat as werkgewer; en is subartikels (3) (c), (e) en (f) en (4) van hierdie artikel nie van toepassing nie. [Sub-a. (9) bygevoeg by a. 7 (c) van Wet 42 van 1996.] (10) Indien die partye by 'n kollektiewe ooreenkoms wat kragtens hierdie artikel uitgebrei is, die ooreenkoms beëindig, moet hulle die Minister skriftelik in kennis stel. [Sub-a. (10) bygevoeg by a. 5 van Wet 12 van 2002.] 33 Aanstelling en bevoegdhede van aangewese agent vir bedingingsrade (1) Die Minister kan op versoek van 'n bedingingsraad 'n persoon as aangewese agent van daardie bedingingsraad aanstel om enige kollektiewe ooreenkoms wat in die bedingingsraad gesluit is, te bevorder, te moniteer en nakoming daarvan af te dwing. [Sub-a. (1) vervang by a. 6 (a) van Wet 12 van 2002.] (1A) 'n Aangewese agent kan- (a) nakoming van die raad se kollektiewe ooreenkomste verkry- (i) deur die inhoud van die ooreenkomste te publiseer; (ii) deur inspeksies te doen; (iii) deur klagtes te ondersoek; of (iv) op enige ander manier wat die raad aanneem; en enige ander werksaamhede verrig wat deur die raad aan die agent opgedra of opgelê word. [Sub-a. (1A) ingevoeg by a. 6 van Wet 12 van 2002.] (2) 'n Bedingingsraad moet elke aangewese agent voorsien van 'n sertifikaat wat deur die bedingingsraad se sekretaris onderteken is en verklaar dat die agent ingevolge hierdie Wet as 'n aangewese agent van daardie bedingingsraad aangestel is. (3) 'n Aangewese agent van 'n bedingingsraad beskik, binne die geregistreerde bestek van die bedingingsraad, oor al die bevoegdhede uiteengesit in Bylae 10. [Sub-a. (3) vervang by a. 6 (c) van Wet 12 van 2002.] (4) Die bedingingsraad kan die sertifikaat wat aan 'n aangewese agent ingevolge subartikel (2) voorsien is, te eniger tyd kanselleer en die agent hou dan op om 'n aangewese agent van die bedingingsraad te wees en moet die sertifikaat onmiddellik aan die sekretaris van die bedingingsraad oorgee. 33A Afdwinging van kollektiewe ooreenkomste deur bedingingsrade (1) Ondanks enige ander bepaling van hierdie Wet kan 'n bedingingsraad sy kollektiewe ooreenkomste ingevolge hierdie artikel of 'n kollektiewe ooreenkoms wat deur die partye by die raad gesluit is, moniteer en nakoming daarvan afdwing. (2) Vir doeleindes van hierdie artikel word 'n kollektiewe ooreenkoms geag in te sluit- (a) enige basiese diensvoorwaarde wat, ingevolge artikel 49 (1) van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes, 'n diensbepaling uitmaak van enige werknemer wat gedek word deur die kollektiewe ooreenkoms; en die reëls van enige fonds of skema wat deur die bedingingsraad ingestel is.

30 (3) 'n Kollektiewe ooreenkoms ingevolge hierdie artikel kan 'n aangewese agent wat kragtens artikel 33 aangestel is, magtig om 'n nakomingsbevel uit te reik wat van enige persoon wat deur daardie kollektiewe ooreenkoms gebind word, vereis om daardie kollektiewe ooreenkoms binne 'n bepaalde tydperk na te kom. (4) (a) Die raad kan enige onbeslegte geskil rakende die nakoming van enige bepaling van 'n kollektiewe ooreenkoms verwys na arbitrasie deur 'n arbiter wat deur die raad aangestel word. Indien 'n party by 'n arbitrasie ingevolge hierdie artikel, wat nie 'n party by die raad is nie, beswaar aanteken teen die aanstelling van 'n arbiter ingevolge paragraaf (a), moet die Kommissie, op versoek van die raad, 'n arbiter aanstel. (c) Indien 'n arbiter ingevolge subparagraaf aangestel word- (i) bly die Raad aanspreeklik vir die betaling van die arbiter se gelde; en (ii) word die arbitrasie nie onder die beskerming van die Kommissie gedoen nie. (5) 'n Arbiter wat ingevolge hierdie artikel arbitrasie doen, het die bevoegdhede van 'n kommissaris ingevolge artikel 142, gelees met die veranderinge wat in die konteks nodig is. (6) Artikel 138, gelees met die veranderinge wat in die konteks nodig is, is van toepassing op enige arbitrasie wat ingevolge hierdie artikel gedoen word. (7) 'n Arbiter wat ingevolge hierdie artikel optree, kan enige geskil rakende die vertolking of toepassing van 'n kollektiewe ooreenkoms beslis. (8) 'n Arbiter wat ingevolge hierdie artikel arbitrasie doen, kan 'n gepaste toekenning maak, insluitende- (a) om enige persoon te gelas om enige bedrag te betaal wat ingevolge 'n kollektiewe ooreenkoms verskuldig is; om 'n boete ooreenkomstig subartikel (13) op te lê vir 'n versuim om 'n kollektiewe ooreenkoms na te kom; (c) om arbitrasiegelde van 'n party te vorder; (d) om 'n party te gelas om die koste van 'n arbitrasie te betaal; (e) om 'n nakomingsbevel wat ooreenkomstig subartikel (4) deur 'n aangewese agent uitgereik is, te bekragtig, te wysig of tersyde te stel; (f) enige toekenning by artikel 138 (9) beoog. (9) Rente op enige bedrag wat 'n persoon verplig is om ingevolge 'n kollektiewe ooreenkoms te betaal, loop op vanaf die datum waarop die bedrag verskuldig en betaalbaar was teen die koers voorgeskryf ingevolge artikel 1 van die Wet op die Voorgeskrewe Rentekoers, 1975 (Wet 55 van 1975), tensy die arbitrasietoekenning anders bepaal. (10) 'n Toekenning in 'n arbitrasie wat kragtens hierdie artikel gedoen word, is finaal en bindend en kan ingevolge artikel 143 afgedwing word. (11) Enige verwysing in artikel 138 of 142 na die direkteur moet gelees word as 'n verwysing na die sekretaris van die bedingingsraad. (12) Indien 'n werkgewer aan wie 'n boete opgelê is kragtens hierdie artikel, 'n aansoek indien om die hersiening en tersydestelling van 'n toekenning wat kragtens subartikel (8) gemaak is, word enige verpligting om 'n boete te betaal, opgeskort hangende die uitslag van die aansoek. (13) (a) Die Minister kan, na oorleg met NEOAR, 'n kennisgewing in die Staatskoerant publiseer wat die maksimum boetes uiteensit wat opgelê mag word deur 'n arbiter wat ingevolge hierdie artikel optree. 'n Kennisgewing ingevolge paragraaf (a) kan die maksimum boete bepaal wat opgelê mag word-

31 (i) (ii) vir die skending van 'n kollektiewe ooreenkoms- (aa) wat nie versuim om enige bedrag geld te betaal, behels nie; (bb) wat versuim om enige bedrag geld te betaal, behels; en vir herhaalde skendings van die kollektiewe ooreenkoms soos beoog by subparagraaf (i). [A. 33A ingevoeg by a. 7 van Wet 12 van 2002.] 34 Amalgamasie van bedingingsrade (1) Enige bedingingsraad kan by resolusie besluit om met een of meer ander bedingingsrade te amalgameer. (2) Die amalgamerende bedingingsrade kan by die registrateur aansoek doen om die registrasie van die geamalgameerde bedingingsraad, en die registrateur hanteer die aansoek soos 'n aansoek ingevolge artikel 29. (3) Indien die registrateur die geamalgameerde bedingingsraad geregistreer het, moet die registrateur die registrasie van elk van die amalgamerende bedingingsrade intrek deur hulle name uit die register van rade te verwyder. (4) Die registrasie van 'n geamalgameerde bedingingsraad is van krag vanaf die datum waarop die registrateur die naam daarvan in die register van rade inskryf. (5) Wanneer die registrateur 'n geamalgameerde bedingingsraad geregistreer het- (a) gaan al die bates, regte, verpligtinge en laste van die amalgamerende bedingingsrade oor op en berus dit by die geamalgameerde bedingingsraad; en bly al die kollektiewe ooreenkomste van die amalgamerende bedingingsrade, hetsy hulle ingevolge artikel 32 uitgebrei is, al dan nie, van krag vir die duur van dié kollektiewe ooreenkomste tensy hulle deur die geamalgameerde bedingingsraad gewysig of beëindig word. Deel D Bedingingsrade in die staatsdiens (aa 35-38) 35 Bedingingsrade in die staatsdiens Daar is 'n bedingingsraad vir- (a) die staatsdiens in die geheel, wat as die Koördinerende Staatsdiens Bedingingsraad bekend staan; en enige sektor binne die staatsdiens wat ingevolge artikel 37 aangewys word. 36 Koördinerende Staatsdiens Bedingingsraad (1) Die Koördinerende Staatsdiens Bedingingsraad moet ingestel word ooreenkomstig Bylae 1. viii * (2) Die Koördinerende Staatsdiens Bedingingsraad kan al die werksaamhede van 'n bedingingsraad verrig ten opsigte van daardie aangeleenthede wat- (a) (c) deur eenvormige reëls, norme en standaarde gereël word wat regoor die staatsdiens van toepassing is; of van toepassing is op diensbedinge en -voorwaardes wat op twee of meer sektore van toepassing is; of wat opgedra is aan die Staat as werkgewer ten opsigte van die staatsdiens en wat nie aan die Staat as werkgewer in enige sektor opgedra is nie. 37 Bedingingsrade vir staatsdienssektore (1) Die Koördinerende Staatsdiens Bedingingsraad kan, ingevolge sy konstitusie en by besluit- (a) 'n sektor van die staatsdiens aanwys vir die instelling van 'n bedingingsraad; en

32 bedingingsrade aldus ingestel, amalgameer of afskaf of die aanwysing daarvan verander. (2) 'n Bedingingsraad vir 'n sektor wat ingevolge subartikel (1) (a) aangewys is, moet ingestel word ingevolge die konstitusie van die Koördinerende Staatsdiens Bedingingsraad. (3) Indien die partye in die sektor nie kan ooreenkom oor 'n konstitusie vir die bedingingsraad vir 'n sektor wat ingevolge subartikel (1) (a) aangewys is nie, moet die registrateur sy konstitusie bepaal. (4) Die betrokke besluit wat ingevolge subartikel (1) geneem is, moet enige aansoek om 'n bedingingsraad te registreer of die registrasie daarvan te verander, of om 'n geamalgameerde bedingingsraad te registreer, vergesel. (5) 'n Bedingingsraad wat ingevolge subartikel (2) ingestel is, het uitsluitende jurisdiksie ten opsigte van aangeleenthede wat besonderlik op daardie sektor betrekking het en ten opsigte waarvan die Staat as werkgewer in daardie sektor oor die nodige gesag beskik om kollektiewe ooreenkomste te sluit en arbeidsgeskille te besleg. [A. 37 gewysig by a. 8 van Wet 42 van 1996 en vervang by a. 8 van Wet 12 van 2002.] 38 Geskille tussen bedingingsrade in staatsdiens (1) As daar 'n geskil oor jurisdiksie ontstaan tussen twee of meer bedingingsrade in die staatsdiens, insluitende die Koördinerende Staatsdiens Bedingingsraad, kan enige party by die geskil die geskil skriftelik na die Kommissie verwys. (2) Die party wat die geskil na die Kommissie verwys, moet die Kommissie oortuig dat 'n afskrif van die verwysing aan alle ander bedingingsrade wat partye by die geskil is, beteken is. (3) Die Kommissie moet poog om die geskil so spoedig moontlik deur versoening te besleg. (4) Indien die geskil onbesleg bly, kan enige party by die geskil versoek dat die geskil deur arbitrasie deur die Kommissie besleg word. [A. 38 gewysig by a. 9 van Wet 42 van 1996 en vervang by a. 9 van Wet 12 van 2002.] Deel E Statutêre rade (aa 39-48) 39 Aansoek om statutêre raad in te stel (1) Vir doeleindes van hierdie Deel, beteken- (a) "verteenwoordigende vakbond" 'n geregistreerde vakbond, of twee of meer geregistreerde vakbonde wat gesamentlik optree, wie se lede minstens 30 persent van die werknemers in 'n sektor en gebied uitmaak; en "verteenwoordigende werkgewersorganisasie" 'n geregistreerde werkgewersorganisasie, of twee of meer geregistreerde werkgewersorganisasies wat gesamentlik optree, wie se lede minstens 30 persent van die werknemers in 'n sektor en gebied in diens het. (2) 'n Verteenwoordigende vakbond of verteenwoordigende werkgewersorganisasie kan op die voorgeskrewe wyse by die registrateur aansoek doen om die instelling van 'n statutêre raad in 'n sektor en gebied ten opsigte waarvan daar nie 'n raad geregistreer is nie. (3) Die registrateur moet die bepalings van artikel 29 (2) tot (10) op die aansoek toepas- (a) saamgelees met die veranderinge wat in die konteks nodig is; en behoudens die skrapping van die woord "voldoende" in artikel 29 (4) (c). (4) Die registrateur- (a) moet die aansoek en enige bykomende inligting wat deur die aansoeker voorsien is, oorweeg; en

33 moet bepaal of- (i) die aansoeker aan artikel 29 en hierdie artikel voldoen het; (ii) die aansoeker verteenwoordigend is van die sektor en gebied deur NEAOR of die Minister bepaal; en (iii) daar nie ook 'n ander raad is wat geregistreer is vir die sektor en gebied ten opsigte waarvan die aansoek gedoen word nie. (5) Indien die registrateur nie oortuig is dat die aansoeker aan die vereistes vir instelling voldoen nie, moet die registrateur- (a) 'n skriftelike kennisgewing van die besluit en van die redes vir daardie besluit aan die aansoeker stuur; en in daardie kennisgewing meld dat die aansoeker 30 dae vanaf die datum van die kennisgewing het om aan daardie vereistes te voldoen. (6) Indien die registrateur na die 30-dae tydperk tot die slotsom raak dat die aansoeker nie aan die vereistes vir instelling voldoen het nie, moet die registrateur- (a) weier om die aansoeker te registreer; en die aansoeker en enige persoon wat teen die aansoek beswaar gemaak het, skriftelik van die besluit in kennis stel. 40 Instelling en registrasie van statutêre raad (1) Indien die registrateur oortuig is dat die aansoeker aan die vereistes vir die instelling van 'n statutêre raad voldoen het, moet die registrateur by kennisgewing in die Staatskoerant die statutêre raad vir 'n bepaalde sektor en gebied instel. (2) Die kennisgewing moet 'n uitnodiging rig- (a) aan geregistreerde vakbonde en geregistreerde werkgewersorganisasies in die sektor en gebied om 'n vergadering by te woon; en aan enige belanghebbendes in die sektor en gebied om verteenwoordigers vir die statutêre raad te benoem. (3) Die Kommissie moet 'n kommissaris aanstel om by die vergadering voor te sit en meewerk ter aanhelping van die sluit van 'n ooreenkoms oor- (a) die geregistreerde vakbonde en geregistreerde werkgewersorganisasies wat partye by die statutêre raad moet wees; en 'n konstitusie wat voldoen aan die vereistes van artikel 30, saamgelees met die veranderinge wat in die konteks nodig is. (4) Indien 'n ooreenkoms gesluit word, kan die Minister die registrateur aansê om die statutêre raad in ooreenstemming met die ooreenkoms te registreer indien die Minister oortuig is dat- (a) elke geregistreerde vakbond en elke geregistreerde werkgewersorganisasie wat ingesluit behoort te gewees het by die ooreenkoms, wél ingesluit is; en die konstitusie voldoen aan die vereistes van artikel 30, saamgelees met die veranderinge wat in die konteks nodig is. (5) Wanneer die vereistes genoem in subartikel (4) (a) oorweeg word, moet die Minister oorweging gee aan- (a) die hoofoogmerke van hierdie Wet; die verskeidenheid van geregistreerde vakbonde en geregistreerde werkgewersorganisasies in die sektor en gebied; en (c) die beginsel van proporsionele verteenwoordiging. (6) Indien die Minister nie oortuig is soos wat in subartikel (4) beoog word nie, moet die

34 Minister die Kommissie van die besluit en die redes vir daardie besluit verwittig en die Kommissie gelas om die vergadering te herbelê ingevolge subartikel (3) ten einde die sluiting van 'n nuwe ooreenkoms aan te help. (7) Indien deur die Minister daartoe aangesê ingevolge subartikel (4), moet die registrateur die statutêre raad registreer deur sy naam in die register van rade in te skryf. 41 Instelling en registrasie van statutêre raad by ontstentenis van ooreenkoms (1) Indien daar nie ingevolge artikel 40 (3) 'n ooreenkoms gesluit is nie, moet die kommissaris afsonderlike vergaderings van die geregistreerde vakbonde en die geregistreerde werkgewersorganisasies belê ter aanhelping van die sluit van ooreenkomste oor- (a) die geregistreerde vakbonde wat partye by die statutêre raad moet wees; die geregistreerde werkgewersorganisasies wat partye by die statutêre raad moet wees; en (c) die toewysing aan elke party van 'n getal verteenwoordigers in die statutêre raad. (2) Indien 'n ooreenkoms gesluit word oor- (a) die geregistreerde vakbonde wat partye by die statutêre raad moet wees, moet die Minister daardie geregistreerde vakbonde waarop ooreengekom is, as partye by die statutêre raad toelaat; die geregistreerde werkgewersorganisasies wat partye by die statutêre raad moet wees, moet die Minister daardie geregistreerde werkgewersorganisasies waarop ooreengekom is, as partye by die statutêre raad toelaat. (3) Indien geen ooreenkoms gesluit word oor- (a) die geregistreerde vakbonde wat partye by die statutêre raad moet wees nie, moet die Minister as partye by die statutêre raad- (i) (ii) die aansoeker toelaat, indien hy 'n geregistreerde vakbond is; en enige ander geregistreerde vakbond in die sektor en gebied wat, met inagneming van die faktore genoem in artikel 40 (5), toegelaat behoort te word, toelaat; die geregistreerde werkgewersorganisasies wat partye by die statutêre raad moet wees nie, moet die Minister as partye by die statutêre raad- (i) die aansoeker toelaat, indien hy 'n geregistreerde werkgewersorganisasie is; en (ii) enige ander geregistreerde werkgewersorganisasie in die sektor en gebied wat, met inagneming van die faktore genoem in artikel 40 (5), toegelaat behoort te word, toelaat. (4) (a) Die Minister moet 'n gelyke getal verteenwoordigers vir die statutêre raad bepaal met inagneming van die faktore genoem in artikel 40 (5). Een helfte van die verteenwoordigers moet toegewys word aan die geregistreerde vakbonde wat partye by die statutêre raad is, en die ander helfte moet toegewys word aan die geregistreerde werkgewersorganisasies wat partye by die statutêre raad is. (5) Indien geen ooreenkoms gesluit word ten opsigte van die toewysing van die getal verteenwoordigers van die statutêre raad- (a) tussen die geregistreerde vakbonde, onderling, wat partye by die statutêre raad is nie, moet die Minister dié toewysing bepaal op die grondslag van proporsionele verteenwoordiging; tussen die geregistreerde werkgewersorganisasies wat partye by die statutêre raad is nie, moet die Minister dié toewysing bepaal op die grondslag van

35 proporsionele verteenwoordiging en met inagneming van die belange van klein en medium-grootte ondernemings. (6) Indien die aansoeker 'n vakbond is en daar geen geregistreerde werkgewersorganisasie is wat 'n party by die statutêre raad is nie, moet die Minister, na oorlegpleging met die Kommissie, geskikte persone as verteenwoordigers en as plaasvervangers vir daardie verteenwoordigers, aanstel, met inagneming van die benoemings wat ingevolge artikel 40 (2) van werkgewers en werkgewersorganisasies ontvang is. (7) Indien die aansoeker 'n werkgewersorganisasie is en daar geen geregistreerde vakbond is wat 'n party by die statutêre raad is nie, moet die Minister, na oorlegpleging met die Kommissie, geskikte persone as verteenwoordigers en as plaasvervangers vir daardie verteenwoordigers, aanstel, met inagneming van die benoemings wat ingevolge artikel 40 (2) van werknemers en vakbonde ontvang is. (8) Die Minister moet die registrateur in kennis stel van die ooreenkomste wat gesluit is en besluite wat geneem is ingevolge hierdie artikel, en die registrateur moet- (a) die model-konstitusie bedoel in artikel 207 (3) aanpas in die mate wat nodig is ten einde uitvoering te gee aan die ooreenkomste en besluite ingevolge hierdie artikel aangegaan en geneem; die statutêre raad registreer deur sy naam in die register van rade in te skryf; en (c) die konstitusie sertifiseer as die konstitusie van die statutêre raad. 42 Registrasiesertifikaat van statutêre raad Na registrasie van enige statutêre raad, moet die registrateur- (a) 'n registrasiesertifikaat uitreik wat die geregistreerde bestek van die statutêre raad vermeld; en die sertifikaat en 'n gewaarmerkte afskrif van die geregistreerde konstitusie stuur aan al die partye by die statutêre raad en die verteenwoordigers wat in die statuêre raad aangestel is. 43 Bevoegdhede en werksaamhede van statutêre rade (1) Die bevoegdhede en werksaamhede van 'n statutêre raad is- (a) om die geskilbeslegtingswerksaamhede bedoel in artikel 51 te verrig; (c) (d) om opleidings- en onderwysskemas te bevorder en in te stel; en om pensioen-, voorsorg-, mediese hulp-, siektebetalings-, vakansie-, werkloosheid- en opleidingskemas of -fondse of enige soortgelyke skemas of fondse ten voordele van een of meer van die partye by die statutêre raad of hulle lede te stig of in te stel en te administreer; en om kollektiewe ooreenkomste te sluit ten einde uitvoering te gee aan die aangeleenthede genoem in paragrawe (a), en (c). (2) 'n Statutêre raad kan ingevolge sy konstitusie instem om enige van die ander werksaamhede van 'n bedingingsraad in artikel 28 bedoel, uit te oefen of te verrig. (3) Indien 'n statutêre raad 'n kollektiewe ooreenkoms ingevolge subartikel (1) (d) sluit, is die bepalings van artikels 31, 32 en 33, saamgelees met die veranderinge wat in die konteks nodig is, van toepassing. [Sub-a. (3) vervang by a. 10 van Wet 42 van 1996.] (4) (a) Vanaf die datum waarop die Wysigingswet op Arbeidsverhoudinge, 1998, in werking tree, moet daar by die stigting van enige pensioen-, voorsorg- of mediese hulpskema of -fonds ingevolge subartikel (1) (c), aan die wetsbepalings wat betrekking het op pensioen-, voorsorg- of mediese hulpskemas of -fondse, voldoen word.

36 Die wetsbepalings wat op pensioen-, voorsorg- of mediese hulpskemas of -fondse betrekking het, is van toepassing ten opsigte van enige pensioen-, voorsorg- of mediese hulpskema of -fonds wat ná die inwerkingtreding van die Wysigingswet op Arbeidsverhoudinge, 1998, ingevolge subartikel (1) (c) gestig word. [Sub-a. (4) bygevoeg by a. 3 van Wet 127 van 1998.] 44 Ministeriële vasstellings (1) 'n Statutêre raad wat nie binne sy geregistreerde bestek voldoende verteenwoordigend is nie, kan 'n kollektiewe ooreenkoms oor enige van die aangeleenthede genoem in artikel 43 (1) (a), of (c) aan die Minister voorlê. Die Minister hanteer voorts die kollektiewe ooreenkoms asof dit 'n aanbeveling is wat deur die Kommissie vir Diensvoorwaardes ingevolge artikel 54 (4) van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes gedoen is. [Sub-a. (1) vervang by a. 10 (a) van Wet 12 van 2002.] (2) Die Minister kan die statutêre raad se aanbevelings as 'n vasstelling kragtens die Wet op Basiese Diensvoorwaardes afkondig indien oortuig dat die statutêre raad aan artikel 54 (3) van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes, saamgelees met die veranderinge wat in die konteks nodig is, voldoen het. [Sub-a. (2) vervang by a. 10 van Wet 12 van 2002.] (3) Die vasstelling moet daarvoor voorsiening maak- (a) dat versoeke om vrystellings oorweeg word deur 'n onafhanklike liggaam wat deur die Minister aangestel word; en vir maatstawwe vir vrystellings wat billik is en die hoofoogmerke van hierdie Wet bevorder. (4) Die Minister kan in 'n vasstelling alle werkgewers en werknemers binne die geregistreerde bestek van die statutêre raad 'n heffing oplê om die bedryfskoste van die statutêre raad te bestry. (5) 'n Statutêre raad kan aan die Minister 'n voorstel voorlê dat die tydperk van enige vasstelling verander of verleng word en daarop kan die Minister by kennisgewing in die Staatskoerant die verandering aan die vasstelling aanbring of die tydperk daarvan verleng. 45 Geskille oor vasstellings (1) Indien daar 'n geskil bestaan oor die interpretasie of toepassing van 'n vasstelling wat ingevolge artikel 44 (2) afgekondig is, kan 'n party by 'n geskil die geskil skriftelik na die Kommissie verwys. (2) Die party wat die geskil na die Kommissie verwys, moet die Kommissie oortuig dat 'n afskrif van die verwysing aan al die ander partye by die geskil beteken is. (3) Die Kommissie moet poog om die geskil deur versoening te besleg. (4) Indien die geskil onbesleg bly, kan enige party by die geskil versoek dat dit deur arbitrasie besleg word. 46 Onttrekking van party uit statutêre raad (1) Indien 'n geregistreerde vakbond of geregistreerde werkgewersorganisasie wat 'n party by 'n statutêre raad is, hom aan die statutêre raad onttrek, kan die Minister die Kommissie versoek om 'n vergadering van die oorblywende geregistreerde vakbonde of geregistreerde werkgewersorganisasies in die sektor en gebied te belê ten einde die sluiting van 'n ooreenkoms oor die geregistreerde vakbonde of geregistreerde werkgewersorganisasies wat partye by die statutêre raad moet wees, en die toedeling van verteenwoordigers, aan te help. (2) Indien geen ooreenkoms gesluit word nie, is die bepalings van artikel 41 van toepassing, saamgelees met die veranderinge wat in die konteks nodig is.

37 47 Aanstelling van nuwe verteenwoordiger van statutêre raad (1) Indien 'n verteenwoordiger aangestel ingevolge artikel 41 (6) of (7) om enige rede ophou om dié amp te beklee, moet die Minister 'n kennisgewing in die Staatskoerant publiseer wat belanghebbendes binne die geregistreerde bestek van die statutêre raad uitnooi om 'n nuwe verteenwoordiger te benoem. (2) Die bepalings van artikel 41 (6) of (7), saamgelees met die veranderinge wat in die konteks nodig is, is ten opsigte van die aanstelling van 'n nuwe verteenwoordiger van toepassing. 48 Verandering van status van statutêre raad (1) 'n Statutêre raad kan by resolusie besluit om aansoek te doen om as 'n bedingingsraad te registreer. (2) Die registrateur moet die aansoek hanteer asof dit 'n aansoek ingevolge artikel 29 ix *, uitgesonderd artikel 29 (4), (7) tot (10) en (15), was. (3) Indien die registrateur die statutêre raad as 'n bedingingsraad geregistreer het, moet die registrateur veranderings aanbring aan die register van rade en aan sy registrasiesertifikaat ten einde die veranderde status daarvan weer te gee. (4) Enige vasstelling van krag ten tyde van die registrasie van die bedingingsraad of enige ooreenkoms deur die Minister ingevolge artikel 43 (3) uitgebrei- (a) bly van krag vir sy toepassingstermyn tensy dit deur 'n kollektiewe ooreenkoms vervang word; en kan vir 'n verdere tydperk verleng word. (5) Die bedingingsraad moet, gedurende die toepassingstermyn van die vasstelling, enige werksaamheid of plig van die statutêre raad ingevolge die vasstelling verrig. (6) Indien enige geskil ingevolge 'n vasstelling onbesleg is wanneer die vasstelling ophou om van krag te wees, moet die geskil hanteer word asof die vasstelling steeds van krag was. Deel F Algemene bepalings betreffende rade (aa 49-63) 49 Verteenwoordigendheid van raad (1) By oorweging van die verteenwoordigendheid van die partye by 'n raad, of partye wat registrasie van 'n raad verlang, moet die registrateur, met inagneming van die aard van die sektor en die ligging van die gebied ten opsigte waarvan registrasie verlang word, die partye by 'n raad as verteenwoordigend beskou ten opsigte van die hele gebied, selfs indien 'n vakbond of werkgewersorganisasie wat 'n party by die raad is, geen lede in 'n gedeelte van daardie gebied het nie. (2) 'n Bedingingsraad met 'n kollektiewe ooreenkoms wat ingevolge artikel 32 deur die Minister uitgebrei is, moet die registrateur jaarliks op 'n datum wat die registrateur bepaal, skriftelik in kennis stel van die getal werknemers wat- (a) deur die kollektiewe ooreenkoms gedek word; lede is van die vakbonde wat partye by die ooreenkoms is; (c) in diens is van lede van die werkgewersorganisasies wat partye by die ooreenkoms is. [Sub-a. (2) vervang by a. 11 (a) van Wet 12 van 2002.] (3) 'n Bedingingsraad moet die registrateur op versoek van die registrateur skriftelik binne die tydperk in die versoek vermeld, in kennis stel van die getal werknemers wat- (a) binne die geregistreerde bestek van die raad in diens is; lede is van die vakbonde wat partye by die raad is; (c) in diens is van lede van die werkgewersorganisasies wat partye by die raad is.

38 [Sub-a. (3) vervang by a. 11 Wet 12 van 2002.] (4) 'n Vasstelling van die verteenwoordigendheid van 'n bedingingsraad ingevolge hierdie artikel is afdoende bewys van die verteenwoordigendheid van die raad vir die jaar wat volg op die vasstelling. [Sub-a. (4) bygevoeg by a. 11 (c) van Wet 12 van 2002.] (5) Hierdie artikel is nie op die staatsdiens van toepassing nie. [Sub-a. (5) bygevoeg by a. 11 (c) van Wet 12 van 2002.] 50 Uitwerking van registrasie van raad (1) 'n Registrasiesertifikaat is voldoende bewys dat die geregistreerde raad waarop dit betrekking het 'n regspersoon is. (2) 'n Raad het al die bevoegdhede, werksaamhede en pligte wat aan hom verleen of opgedra word by of ingevolge hierdie Wet, en het jurisdiksie om daardie bevoegdhede, werksaamhede en pligte binne sy geregistreerde bestek uit te oefen en te verrig. (3) 'n Party by 'n raad is nie aanspreeklik vir enige van die verpligtinge en laste van die raad uit hoofde daarvan dat hy 'n party by die raad is nie. (4) 'n Party by of ampsdraer of beampte van 'n raad is nie persoonlik aanspreeklik vir enige verlies wat deur iemand gely word as gevolg van 'n handeling wat deur die party, ampsdraer of beampte by die uitoefening of verrigting van enige werksaamheid vir of namens die raad ingevolge hierdie Wet, te goeder troue verrig of nagelaat is nie. (5) Betekening van enige dokument gerig aan 'n raad by die adres wat mees onlangs aan die registrateur verstrek is, is vir alle doeleindes betekening van daardie dokument aan daardie raad. 51 Geskilbeslegtingswerksaamhede van raad (1) In hierdie artikel beteken 'n geskil enige geskil oor die aangeleentheid van onderlinge belang tussen- (a) aan die een kant- (i) een en meer vakbonde; (ii) een of meer vakbonde en een of meer werknemers; en aan die ander kant- (i) een of meer werkgewersorganisasies; (ii) een of meer werkgewersorganisasies en een of meer werkgewers. (2) (a) (i) Die party by 'n raad moet poog om enige geskil onder mekaar te besleg ooreenkomstig die konstitusie van die raad. (ii) By die toepassing van subparagraaf (i) beteken 'n party by 'n raad ook die lede van 'n geregistreerde vakbond of geregistreerde werkgewersorganisasie wat 'n party by die raad is. [Sub-par. (ii) bygevoeg by a. 11 (a) van Wet 42 van 1996.] 'n Party by 'n geskil wat nie 'n party by 'n raad is nie maar wel binne die geregistreerde bestek van die raad val, kan die geskil skriftelik na die raad verwys. (c) Die party wat die geskil na die raad verwys, moet die raad oortuig dat 'n afskrif van die verwysing aan al die ander partye by die geskil beteken is. (3) Indien 'n geskil ingevolge hierdie Wet x * na 'n raad verwys is, en enige party by daardie geskil nie 'n party by daardie raad is nie, moet die raad poog om die geskil te besleg- (a) deur versoening; en indien die geskil steeds onbesleg is na pogings tot versoening, moet die raad die geskil arbitreer indien- (i) hierdie Wet arbitrasie vereis en 'n party by die geskil versoek het dat dit

39 deur arbitrasie besleg word; of (ii) al die partye by die geskil tot arbitrasie onder beskerming van die raad instem. (4) Indien een of meer van die partye by 'n geskil wat na die raad verwys is, nie binne die geregistreerde bestek van daardie raad val nie, moet hy die geskil na die Kommissie verwys. (5) Die datum waarop die verwysing ingevolge subartikel (4) deur 'n raad ontvang is, word vir alle doeleindes gereken die datum te wees waarop die raad die geskil na die Kommissie verwys het. (6) 'n Raad kan met die Kommissie of 'n geakkrediteerde agentskap 'n ooreenkoms aangaan ingevolge waarvan die Kommissie of geakkrediteerde agentskap namens die raad sy geskilbeslegtingswerksaamhede ingevolge hierdie artikel sal verrig. [Sub-par. (6) bygevoeg by a. 11 van Wet 42 van 1996.] (7) Behoudens hierdie Wet mag 'n raad nie in 'n kollektiewe ooreenkoms voorsiening maak vir die verwysing van geskille na die Kommissie nie sonder oorlegpleging vooraf met die direkteur. [Sub-a. (7) bygevoeg by a. 12 van Wet 12 van 2002.] (8) Tensy daar in 'n kollektiewe ooreenkoms anders ooreengekom is, is artikels 142A en 123 tot 146 van toepassing op enige arbitrasie wat onder beskerming van 'n bedingingsraad gedoen word. [Sub-a. (8) bygevoeg by a. 12 van Wet 12 van 2002.] (9) 'n Bedingingsraad kan by kollektiewe ooreenkoms prosedures bepaal om enige geskil by hierdie artikel beoog, te besleg. [Sub-a. (9) bygevoeg by a. 12 van Wet 12 van 2002.] 52 Akkreditering van raad of aanstelling van geakkrediteerde agentskap (1) Met die oog op die verrigting van sy geskilbeslegtingswerksaamhede ingevolge artikel 51 (3), moet elke raad- (a) by die beheerliggaam van die Kommissie aansoek doen om akkreditasie ten einde daardie werksaamhede te verrig; of 'n geakkrediteerde agentskap aanstel om van die werksaamhede bedoel in artikel 51 (3), dié te verrig waarvoor die raad nie geakkrediteer is nie. (2) Die raad moet die Kommissie so spoedig moontlik skriftelik inlig oor die aanstelling van 'n geakkrediteerde agentskap ingevolge subartikel (1) en oor die voorwaardes rakende dié aanstelling.[a. 52 vervang by a. 12 van Wet 42 van 1996.] 53 Rekeningkundige rekords en ouditering van rade (1) Elke raad moet ooreenkomstig die maatstawwe en standaarde van algemeenaanvaarde rekeningkundige praktyk, beginsels en prosedure- (a) rekeningboeke en rekords hou van sy inkomste, uitgawe, bates en laste; en binne ses maande na die einde van elke boekjaar, finansiële state opstel, met inbegrip van minstens- (i) 'n staat van inkomste en uitgawe vir die vorige boekjaar; en (ii) 'n balansstaat wat sy bates, laste en finansiële posisie soos aan die einde van die vorige boekjaar aantoon. (2) Elke raad moet reël dat sy rekeningboeke en rekords en finansiële state jaarliks geouditeer word deur 'n ouditeur wat- (a) die oudit moet uitvoer ooreenkomstig algemeen-aanvaarde

40 ouditeringsmaatstawwe en standaarde; en skriftelik aan die raad verslag moet doen en in daardie verslag 'n mening uitspreek oor die kwessie of die raad daardie bepalings van sy konstitusie wat op finansiële aangeleenthede betrekking het, nagekom het, al dan nie. (3) Iedere raad moet- (a) die finansiële state en die ouditeur se verslag aan die partye by die raad of hul verteenwoordigers vir insae beskikbaar stel; en daardie state en die ouditeur se verslag by 'n vergadering van die raad voorlê soos bepaal in sy konstitusie. (4) Iedere raad moet elk van sy rekeningboeke, stawende bewysstukke, inkomste- en -uitgawestate, balansstate en ouditeursverslae in die oorspronklike of 'n gereproduseerde vorm, bewaar vir 'n tydperk van drie jaar vanaf die einde van die boekjaar waarop hulle betrekking het. (5) Die geld van 'n raad of van enige fonds deur 'n raad wat nie vir sy behoeftes of ter bestryding van die uitgawes van die fonds benodig word nie, mag net belê word- (a) in spaarrekeninge, permanente aandele of vaste deposito's by of in 'n geregistreerde bank of finansiële instelling; in binnelandse geregistreerde effekte soos beoog in artikel 21 van die Skatkiswet, 1975 (Wet 66 van 1975); (c) in 'n geregistreerde eenhedetrust; of (d) op enige ander wyse deur die registrateur goedgekeur.[sub-a. (5) gewysig by a. 13 van Wet 42 van 1996.] (6) 'n Raad moet subartikels (1) tot (5) nakom ten opsigte van alle fondse deur hom ingestel, uitgesonderd fondse in artikel 28 (3) bedoel. (6) 'n Raad moet subartikels (1) tot (5) nakom ten opsigte van alle fondse deur hom ingestel, uitgesonderd fondse in artikel 28 (3) bedoel. [Sub-a. (6) bygevoeg by a. 13 van Wet 12 van 2002.] 54 Plig om rekords te bewaar en inligting aan registrateur te voorsien (1) Benewens die rekords deur artikel 53 (4) vereis, moet elke raad die notules van sy vergaderings in die oorspronklike of 'n gereproduseerde vorm bewaar vir 'n tydperk van drie jaar vanaf die einde van die boekjaar waarop hulle betrekking het. (2) Elke raad moet die registrateur voorsien- (a) (c) (d) (e) (f) binne 30 dae na ontvangs van die ouditeur se verslag, van 'n gewaarmerkte afskrif van daardie verslag en van die finansiële state; binne 30 dae na ontvangs van 'n skriftelike versoek van die registrateur, van 'n verduideliking oor enigiets wat betrekking het op die ouditeur se verslag of die finansiële state; by registrasie, van die adres in die Republiek waar hy betekening sal aanvaar van enige dokumente wat aan hom gerig is; binne 30 dae na enige aanstelling of verkiesing van sy nasionale ampsdraers, van die name en werkadresse van daardie ampsdraers, selfs al het hul aanstelling of verkiesing geen verandering in die samestelling van sy ampsdraers tot gevolg gehad nie; 30 dae voordat sy nuwe adres vir die betekening van dokumente van krag word, van kennis van daardie adresverandering; en van 'n verslag in die voorgeskrewe vorm elke jaar en op 'n datum wat die registrateur bepaal, waarin gemeld word-

41 (i) (ii) (iii) (iv) die getal werknemers wat in diens is by klein ondernemings wat binne die geregistreerde bestek van die raad val en die getal werknemers van daardie ondernemings wat lede van vakbonde is; die getal werknemers in diens by klein ondernemings wat gedek word deur 'n kollektiewe ooreenkoms wat deur die raad gesluit is en deur die Minister uitgebrei is ingevolge artikel 32; die getal klein ondernemings wat lede van die werkgewersorganisasies is wat partye by die raad is; en die getal aansoeke vir vrystelling wat van klein ondernemings ontvang is en die getal aansoeke wat toegestaan en die getal wat verwerp is. [Par. (f) bygevoeg by a. 14 van Wet 12 van 2002.] (3) Elke raad moet die Kommissie voorsien- (a) van gewaarmerkte afskrifte van elke kollektiewe ooreenkoms gesluit deur die partye by die raad, binne 30 dae na die ondertekening van daardie kollektiewe ooreenkoms; en van besonderhede oor partye se toelating tot en bedanking uit die raad, binne 30 dae na hulle toelating of bedanking. (4) Indien 'n raad versuim om enige van die bepalings van artikel 49 (2) of (3), artikel 53 of subartikels (1) of (2) van hierdie artikel na te kom, kan die registrateur- (a) (c) (d) (e) ondersoek instel na die sake van daardie raad; gelas dat die raad se finansiële rekords en enige ander tersaaklike dokumente voorgelê word; 'n kennisgewing aan die raad aflewer waarin die raad versoek word om die betrokke bepalings na te kom; 'n verslag oor die sake van die raad opstel; of die verslag aan die Arbeidshof voorlê ter stawing van enige aansoek ingevolge artikel 59 (1). [Sub-a. (4) bygevoeg by a. 14 (c) van Wet 12 van 2002.] (5) Die registrateur kan die bevoegdhede in subartikel (4) bedoel, aanwend ten opsigte van enige fonds wat deur 'n raad ingestel is, uitgesonderd 'n fonds in artikel 28 (3) bedoel. [Sub-a. (5) bygevoeg by a. 14 (c) van Wet 12 van 2002.] 55 Delegering van werksaamhede aan komitee van raad (1) 'n Raad kan enige van sy bevoegdhede en werksaamhede aan 'n komitee delegeer op enige voorwaardes deur die raad ooreenkomstig sy konstitusie opgelê. [Sub-a. (1) vervang by a. 14 (a) van Wet 42 van 1996.] (2) 'n Komitee beoog in subartikel (1) bestaan uit 'n gelyke getal verteenwoordigers van die werknemers en die werkgewers. (3)... [Sub-a. (3) geskrap by a. 14 van Wet 42 van 1996.] 56 Toelating van partye tot raad xi * (1) Enige geregistreerde vakbond of geregistreerde werkgewersorganisasie kan skriftelik by 'n raad aansoek doen om as 'n party by daardie raad toegelaat te word. (2) Die aansoek moet vergesel gaan van 'n gewaarmerkte afskrif van die aansoeker se geregistreerde konstitusie en registrasiesertifikaat en van- (a) besonderhede van die aansoeker se lidmaatskap binne die geregistreerde bestek van die raad en, indien die aansoeker 'n geregistreerde werkgewersorganisasie is,

42 die getal werknemers wat sy lede binne daardie geregistreerde bestek in diens het; die redes waarom die aansoeker as 'n party by die raad toegelaat behoort te word; en (c) enige ander inligting waarop die aansoeker staatmaak ter stawing van die aansoek. (3) 'n Raad moet binne 90 dae na ontvangs van 'n aansoek om toelating besluit of aan die aansoeker toelating verleen of geweier moet word en moet die aansoeker van sy besluit in kennis stel, by versuim waaraan die raad geag word die aansoeker se toelating te geweier het. (4) Indien die raad weier om 'n aansoeker toe te laat, moet hy die aansoeker binne 30 na die datum van weiering van sy besluit en die redes vir daardie besluit in kennis stel. (5) Die aansoeker kan by die Arbeidshof aansoek doen om 'n bevel dat hy as 'n party by die raad toegelaat word. (6) Die Arbeidshof kan die aansoeker as 'n party by die raad toelaat, die konstitusie van die raad aanpas en enige ander toepaslike bevel maak. 57 Verandering van konstitusie of naam van raad (1) Enige raad kan by resolusie besluit om sy konstitusie te verander of te vervang. (2) Die raad moet 'n afskrif van die resolusie en 'n sertifikaat onderteken deur sy sekretaris waarby verklaar word dat die resolusie aan sy konstitusie voldoen, aan die registrateur stuur. (3) Die registrateur moet- (a) die veranderde of nuwe konstitusie van 'n raad registreer indien dit aan die vereistes van artikel 30 voldoen of, indien dit 'n statutêre raad is wat ingevolge artikel 41 ingestel is, indien dit voldoen aan die vereistes van die model-konstitusie bedoel in artikel 207 (3); en 'n afskrif van die resolusie wat deur die registrateur geëndosseer is ter sertifisering dat die wysiging of vervanging geregistreer is, aan die raad stuur. (4) Die veranderde of nuwe konstitusie is van krag vanaf die datum van die registrateur se sertifisering. (5) 'n Raad kan by resolusie besluit om sy naam te verander. (6) Die raad moet aan die registrateur 'n afskrif van die resolusie en die oorspronklike van sy geldende registrasiesertifikaat stuur. (7) Die registrateur moet- (a) die nuwe naam in die register van rade inskryf en 'n registrasiesertifikaat op die nuwe naam van die raad uitreik; die ou naam uit daardie register verwyder en die vroeëre registrasiesertifikaat intrek; en (c) die nuwe sertifikaat aan die raad stuur. (8) Die nuwe naam is van krag vanaf die datum waarop die registrateur dit in die register van rade inskryf. 58 Wysiging van geregistreerde bestek van raad (1) Indien die registrateur oortuig is dat die sektor en gebied waarbinne 'n raad verteenwoordigend is, nie saamval met die geregistreerde bestek van die raad nie, kan die registrateur, handelende op eie inisiatief of in reaksie op 'n aansoek van die raad, die geregistreerde bestek van die raad wysig. [Sub-a. (1) vervang by a. 15 van Wet 42 van 1996.] (2) Die bepalings van artikel 29, saamgelees met die veranderinge wat in die konteks nodig is, is op enige wysiging ingevolge hierdie artikel van toepassing.

43 (3) Ondanks subartikel (2), indien daar binne die vasgestelde tydperk geen wesenlike beswaar ingebring word nie teen enige kennisgewing wat die registrateur ingevolge artikel 29 (3) gepubliseer het- (i) kan die registrateur die geregistreerde bestek van die raad wysig; (ii) kan die registrateur 'n sertifikaat uitreik wat die gewysigde bestek van die raad vermeld; (iii) hoef die registrateur nie die prosedure by artikel 29 voorgeskryf, na te kom nie. [Sub-a. (3) bygevoeg by a. 15 van Wet 12 van 2002.] 59 Likwidasie van raad (1) Die Arbeidshof kan gelas dat 'n raad gelikwideer word indien- (a) die raad by resolusie besluit het om te likwideer en by die Hof aansoek gedoen het om 'n bevel wat uitvoering aan daardie resolusie gee; of die registrateur van arbeidsverhoudinge of enige party by die raad, by die Hof aansoek gedoen het en die Hof oortuig is dat die raad weens die een of ander rede wat nie reggestel kan word nie, nie voort kan gaan om te funksioneer nie. (2) Indien daar enige persone is wat nie voor die Arbeidshof verteenwoordig is nie en wie se belange geraak kan word deur 'n bevel ingevolge subartikel (1), moet die Hof- (a) daardie belange in ag neem alvorens besluit word of die bevel toegestaan behoort te word, al dan nie; en indien die bevel toegestaan word, bepalings by die bevel insluit wat oor elk van daardie belange beskik. (3) By die toestaan van 'n bevel ingevolge subartikel (1), kan die Arbeidshof 'n geskikte persoon as likwidateur op gepaste voorwaardes aanstel. (4) (a) Die griffier van die Arbeidshof moet die likwidateur se gelde bepaal. Die Arbeidshof kan die bepaling gedoen deur die griffier van die Arbeidshof, in kamers hersien. (c) Likwidateursgelde wat betaalbaar is, is 'n voorkeurskuld, eerste in voorrang, teen die bates van die raad. (5) Indien daar, nadat al die verpligtinge van die raad voldoen is, enige bates oorbly waaroor nie ooreenkomstig die konstitusie van daardie raad beskik kan word nie, moet die likwidateur daardie bates te gelde maak en die opbrengs aan die Kommissie vir sy eie gebruik oorbetaal. (6) By die toepassing van hierdie artikel word die bates en laste van 'n pensioen-, voorsorg- of mediese hulpskema of -fonds wat deur 'n raad gestig is, beskou en behandel as deel van die bates en laste van die raad tensy- (a) (c) die partye by die raad ooreengekom het om, ten spyte van die likwidasie van die raad, die bedryf van die pensioen-, voorsorg- of mediese hulpskema of -fonds as 'n afsonderlike skema of fonds voort te sit; en die Minister die voortsetting van die skema of fonds goedgekeur het; en daar ooreenkomstig die wetsbepalings wat op pensioen-, voorsorg- of mediese hulpskemas of -fondse van toepassing is, aansoek gedoen is om die registrasie van daardie skema of fonds ingevolge dié bepalings. [Sub-a. (6) bygevoeg by a. 4 van Wet 127 van 1998.] (7) 'n Pensioen-, voorsorg- of mediese hulpskema of -fonds wat na sy aansoek ingevolge subartikel (6) (c) kragtens daardie wetsbepalings geregistreer is, bly 'n afsonderlike skema of fonds ten spyte van die likwidasie van die raad waardeur dit gestig is.

44 [Sub-a. (7) bygevoeg by a. 4 van Wet 127 van 1998.] (8) Die Minister kan, by kennisgewing in die Staatskoerant, die statute of reëls van 'n pensioen-, voorsorg- of mediese hulpskema of -fonds genoem in subartikel (7), bindend verklaar op enige werknemers en werkgewer of werkgewers wat onmiddellik voordat die betrokke raad gelikwideer is, binne sy geregistreerde bestek geval het. [Sub-a. (8) bygevoeg by a. 4 van Wet 127 van 1998.] 60 Likwidasie van raad vanweë insolvensie Iemand wat verlang dat 'n raad vanweë insolvensie gelikwideer word, moet aan die Insolvensiewet, 1936 (Wet 24 van 1936), voldoen, en vir doeleindes van hierdie artikel word enige verwysing na die hof in daardie Wet geïnterpreteer as verwysende na die Arbeidshof. 61 Intrekking van registrasie van raad (1) Die griffier van die Arbeidshof moet die registrateur van arbeidsverhoudinge in kennis stel indien die Hof die likwidasie van die raad gelas het. (2) Wanneer die registrateur kennis van die Arbeidshof ingevolge subartikel (1) ontvang, moet die registrateur die raad se registrasie intrek deur sy naam uit die register van rade te verwyder. (3) Die registrateur kan 'n raad en elke party by die raad in kennis stel dat die registrateur oorweeg om die raad se registrasie in te trek, indien die registrateur vermoed dat- (a) die raad, vir 'n tydperk langer as 90 dae voor die datum van die kennisgewing, opgehou het om sy werksaamhede ingevolge hierdie Wet te verrig; of die raad, vir 'n tydperk langer as 90 dae voor die datum van die kennisgewing, opgehou het om verteenwoordigend te wees ingevolge die bepalings van die tersaaklike Deel. (4) Die registrateur moet in 'n kennisgewing ingevolge subartikel (3) die redes vir die kennisgewing verstrek, en die raad en elke party by die raad inlig dat hulle 60 dae het om redes aan te voer waarom die raad se registrasie nie ingetrek moet word nie. (5) Na verstryking van die tydperk van die 60-dae tydperk moet die registrateur, tensy redes aangevoer is waarom die registrasie nie ingetrek moet word nie, die raad en elke party by die raad in kennis stel dat die registrasie ingetrek sal word tensy 'n appèl na die Arbeidshof aangeteken word en die Hof die besluit omverwerp. (6) Die intrekking word van krag- (a) indien geen appèl by die Arbeidshof aangeteken word binne die tydperk in artikel 111 (3) beoog nie, by verstryking van daardie tydperk; of indien die raad of enige party geappelleer het en die Arbeidshof die besluit van die registrateur bekragtig het, op die datum van die Arbeidshof se beslissing. (7) Indien óf die een óf die ander van die gebeurtenisse beoog in subartikel (6) plaasvind, moet die registrateur die raad se registrasie intrek deur die naam van die raad uit die register van rade te verwyder. (8) 'n Kollektiewe ooreenkoms wat gesluit is deur partye by 'n raad wie se registrasie ingetrek is, ongeag of die ooreenkoms deur die Minister ingevolge artikel 32 na nie-partye uitgebrei is, al dan nie, verval 60 dae nadat die raad se registrasie ingetrek is. (9) Ondanks subartikel (8) bly die bepalings van 'n kollektiewe ooreenkoms wat bedinge en voorwaardes van diens reël, van krag vir een jaar na die datum waarop die raad se registrasie ingetrek is of tot met die verstryking van die ooreenkoms, indien vroeër. (10) Enige party by 'n geskil oor die interpretasie of toepassing van 'n kollektiewe ooreenkoms wat bedinge en voorwaardes van diens bedoel in subartikel (8) reël, kan die geskil

45 skriftelik na die Kommissie verwys. (11) Die party wat die geskil na die Kommissie verwys, moet die Kommissie oortuig dat 'n afskrif van die verwysing aan al die ander partye by die geskil beteken is. (12) Die Kommissie moet poog om die geskil deur versoening te besleg. (13) Indien die geskil onbesleg bly, kan enige party by die geskil versoek dat die geskil deur arbitrasie besleg word. (14) Die registrateur moet die registrasie van 'n bedingingsraad in die staatsdiens intrek deur sy naam uit die register van rade te skrap wanneer die registrateur 'n besluit van die Koördinerende Staatsdiens Bedingingsraad ontvang vir die afskaffing van 'n bedingingsraad wat ingevolge artikel 37 (2) ingestel is. [Sub-a. (14) bygevoeg by a. 16 van Wet 12 van 2002.] (15) Die bepalings van subartikels (3) tot (7) is nie op bedingingsrade in die staatsdiens van toepassing nie. [Sub-a. (15) bygevoeg by a. 16 van Wet 12 van 2002.] 62 Geskille oor afbakening tussen sektore en gebiede (1) 'n Geregistreerde vakbond, werkgewer, werknemer, geregistreerde werknemersorganisasie of raad wat 'n regstreekse of onregstreekse belang het by die aansoek in hierdie artikel beoog, kan in die voorgeskrewe vorm en op die voorgeskrewe wyse aansoek doen om 'n beslissing oor die vraag- (a) of 'n werknemer, werkgewer, klas werknemers of klas werkgewers, in 'n sektor of gebied in diens of gemoeid is of was; of enige bepaling in 'n arbitrasietoekenning of kollektiewe ooreenkoms of 'n loonvasstelling ingevolge die Loonwet gemaak, bindend is of was op 'n werknemer, werkgewer, klas werknemers of klas werkgewers. [Sub-a. (1) gewysig by a. 16 (a) van Wet 42 van 1996.] (2) Wanneer twee of meer rade 'n geskil oor 'n vraag beoog in subartikel (1) (a) of bedoel, skik, moet die rade die Minister oor die bepalings van hul ooreenkoms inlig, en die Minister kan 'n kennisgewing in die Staatskoerant laat publiseer wat die besonderhede van die ooreenkoms uiteensit. (3) Indien 'n vraag beoog in subartikel (1) (a) of by enige verrigtinge ingevolge hierdie Wet voor die Arbeidshof geopper word, moet die Arbeidshof daardie verrigtinge verdaag en die vraag na die Kommissie verwys vir beslissing indien die Hof oortuig is dat- (a) die geopperde vraag- (i) nie voorheen deur arbitrasie ingevolge hierdie artikel beslis is nie; en (ii) nie die onderwerp van 'n ooreenkoms ingevolge subartikel (2) is nie; en beslissing van die geopperde vraag vir doeleindes van die verrigtinge nodig is. (3A) Indien 'n vraag beoog in subartikel (1) (a) of geopper word by enige verrigtinge voor 'n arbiter oor die interpretasie of toepassing van 'n kollektiewe ooreenkoms, moet die arbiter daardie verrigtinge verdaag en die vraag na die Kommissie verwys vir beslissing indien die arbiter oortuig is dat- (a) die geopperde vraag- (i) nie voorheen deur arbitrasie ingevolge hierdie artikel beslis is nie; en (ii) nie die onderwerp van 'n ooreenkoms ingevolge subartikel (2) is nie; en beslissing van die geopperde vraag vir doeleindes van die verrigtinge nodig is.[sub-a. (3A) ingevoeg by a. 16 van Wet 42 van 1996.] (4) Wanneer die Kommissie 'n aansoek ingevolge subartikel (1) of 'n verwysing

46 ingevolge subartikel (3) ontvang, moet hy 'n kommissaris aanstel om die aansoek aan te hoor of die vraag te beslis, en is die bepalings van artikel 138, saamgelees met die veranderinge wat in die konteks nodig is, van toepassing. (5) Indien 'n vraag beoog in subartikel (1) (a) of by enige verrigtinge ingevolge hierdie Wet voor 'n kommissaris geopper word, moet die kommissaris die verrigtinge verdaag en met die direkteur oorleg pleeg indien die kommissaris oortuig is dat- (a) die geopperde vraag- (i) nie voorheen deur arbitrasie ingevolge hierdie artikel beslis is nie; en (ii) nie die onderwerp van 'n ooreenkoms ingevolge subartikel (2) is nie; en die beslissing van die geopperde vraag nodig is vir doeleindes van die verrigtinge. (6) Die direkteur moet óf die betrokke kommissaris gelas om die vraag te beslis óf 'n ander kommissaris aanstel om dit te doen, en die bepalings van artikel 138, saamgelees met die veranderinge wat in die konteks nodig is, is van toepassing. (7) Indien die Kommissie van mening is dat die vraag van wesenlike belang is, moet die Kommissie 'n kennisgewing in die Staatskoerant gepubliseer waarin die besonderhede van die aansoek of verwysing uiteengesit word en die tydperk waarbinne, en die adres waarheen enige skriftelike vertoë gerig mag word, vermeld word. (8) Indien 'n kennisgewing beoog in subartikel (7) gepubliseer is, mag die kommissaris nie met die arbitrasie begin alvorens die tydperk in die kennisgewing vermeld, verstryk het nie. (9) Alvorens 'n toekenning gemaak word, moet die kommissaris enige skriftelike vertoë wat gerig is ingevolge subartikel (7), oorweeg, en met NEOAR oorleg pleeg. (10) Die kommissaris moet die toekenning, met bondige redes daarvoor, aan die Arbeidshof en die Kommissie deurstuur. (11) Indien die Kommissie van mening is dat die aard van die toekenning wesenlik belangrik is, kan hy 'n kennisgewing van die toekenning in die Staatskoerant publiseer. (12) Die registrateur moet die registrasiesertifikaat van 'n raad wysig in soverre dit in die lig van die toekenning nodig is. 63 Geskille oor Dele A en C tot F (1) 'n Party by 'n geskil oor die interpretasie of toepassing van Dele A en C tot F van hierdie Hoofstuk kan die geskil skriftelik na die Kommissie verwys tensy- (a) die geskil in die loop van arbitrasieverrigtinge of verrigtinge in die Arbeidshof ontstaan het; of[par. (a) vervang by a. 17 van Wet 42 van 1996.] daar met die geskil op 'n ander wyse ingevolge Dele A en C tot F gehandel moet word. (2) Die party wat die geskil na die Kommissie verwys, moet die Kommissie oortuig dat 'n afskrif van die verwysing aan al die ander partye by die geskil beteken is. (3) Die Kommissie moet poog om die geskil deur versoening te besleg. (4) Indien die geskil onbesleg bly, kan enige party by die geskil dit na die Arbeidshof vir beregting verwys. HOOFSTUK IV STAKINGS EN UITSLUITINGS (aa 64-77) 64 Reg om te staak en wending tot uitsluiting (1) Elke werknemer het die reg om te staak en elke werkgewer kan uitsluiting aanwend- (a) indien die vraagstuk in geskil na 'n raad of na die Kommissie verwys is soos in hierdie Wet vereis, en- (i) 'n sertifikaat uitgereik is wat vermeld dat die geskil onbesleg bly; of

47 (ii) 'n tydperk van 30 dae, of enige verlenging van daardie tydperk waarop die partye by die geskil ooreengekom het, verstryk het sedert die verwysing deur die raad of die Kommissie ontvang is; en daarnain die geval van 'n beoogde staking, skriftelike kennisgewing van minstens 48 uur oor die aanvang van die staking aan die werkgewer gegee is, tensy- (i) die vraagstuk in geskil betrekking het op 'n kollektiewe ooreenkoms wat in 'n raad gesluit moet word, in welke geval kennis aan daardie raad gegee moes gewees het; of (ii) die werkgewer 'n lid is van 'n werkgewersorganisasie wat 'n party is by die geskil, in welke geval kennis aan daardie werkgewersorganisasies gegee moes gewees het; of (c) in die geval van 'n beoogde uitsluiting, skriftelike kennisgewing van minstens 48 uur oor die aanvang van die uitsluiting gegee is aan enige vakbond wat 'n party by die geskil is, of, indien daar nie so 'n vakbond is nie, aan die werknemers, tensy die vraagstuk in geskil betrekking het op 'n kollektiewe ooreenkoms wat in 'n raad gesluit moet word, in welke geval kennis aan daardie raad gegee moes gewees het; of (d) in die geval van 'n beoogde staking of uitsluiting waar die Staat die werkgewer is, skriftelike kennisgewing van minstens sewe dae oor die aanvang van die staking of uitsluiting gegee is aan die partye beoog in paragrawe en (c). (2) Indien die vraagstuk in geskil handel oor 'n weiering om te onderhandel, moes daar 'n adviserende toekenning ingevolge artikel 135 (3) (c) gemaak gewees het voordat daar ingevolge subartikel (1) of (c) kennis gegee word. 'n Weiering om te onderhandel, sluit in- (a) 'n weiering- (i) om 'n vakbond as 'n kollektiewe-bedingingsagent te erken; of (ii) om in te stem dat 'n bedingingsraad ingestel word; die intrekking van die erkenning van 'n kollektiewe-bedingingsagent; (c) die bedanking van 'n party uit 'n bedingingsraad; (d) 'n geskil oor- (i) gepaste bedingingseenhede; (ii) gepaste bedingingsvlakke; of (iii) bedingingsonderwerpe. (3) Die vereistes van subartikel (1) is nie van toepassing op 'n staking of 'n uitsluiting indien- (a) die partye by die geskil lede van 'n raad is en daar met die geskil deur daardie raad ooreenkomstig sy konstitusie gehandel is, nie; die staking of uitsluiting in ooreenstemming is met die prosedures vervat in 'n kollektiewe ooreenkoms nie; (c) die werknemers staak in reaksie op 'n uitsluiting deur hul werkgewer wat nie voldoen aan die bepalings van hierdie Hoofstuk nie; (d) die werkgewer sy werknemers uitsluit in reaksie op hul deelname aan 'n staking wat nie in ooreenstemming is met die bepalings van hierdie Hoofstuk nie; of (e) die werkgewer in gebreke bly om aan die vereistes van subartikels (4) en (5) te voldoen nie. (4) Enige werknemer of vakbond wat 'n geskil oor die eensydige verandering van bedinge en voorwaardes van diens na 'n raad of die Kommissie verwys ingevolge subartikel (1) (a), kan

48 in die verwysing, en vir die tydperk in subartikel (1) (a) bedoel- (a) van die werkgewer vereis om nie die verandering aan bedinge en voorwaardes van diens eensydig te implementeer nie; of indien die werkgewer reeds die verandering eensydig geïmplementeer het, van die werkgewer vereis om die bedinge en voorwaardes van diens wat voor die verandering van toepassing was, te herstel. (5) Die werkgewer moet aan 'n vereiste ingevolge subartikel (4) voldoen binne 48 uur na betekening van die verwysing aan die werkgewer. 65 Beperkings op reg om te staak of wending tot uitsluiting (1) Niemand mag deelneem aan 'n staking of uitsluiting of aan enige optrede of gedrag gemik op of ter bevordering van 'n staking of uitsluiting nie, indien- (a) daardie persoon gebonde is aan 'n kollektiewe ooreenkoms wat 'n staking of uitsluiting ten opsigte van die vraagstuk in geskil verbied; daardie persoon gebonde is aan 'n ooreenkoms wat vereis dat die vraagstuk in geskil na arbitrasie verwys word; (c) die vraagstuk in geskil 'n vraagstuk is wat 'n party ingevolge hierdie Wet na arbitrasie of na die Arbeidshof mag verwys; (d) daardie persoon betrokke is by- (i) 'n noodsaaklike diens; of (ii) 'n instandhoudingsdiens. xii * (2) (a) Ondanks subartikel 65 (1) (c) mag iemand aan 'n staking of uitsluiting of aan optrede of gedrag gemik op of ter bevordering van 'n staking of uitsluiting deelneem indien die vraagstuk in geskil handel oor enige aangeleentheid wat in artikels 12 tot 15 xiii * behandel word. Indien die geregistreerde vakbond van die beoogde staking kennis gegee het ingevolge artikel 64 (1) ten opsigte van 'n vraagstuk in geskil bedoel in paragraaf (a), mag hy die reg ingevolge artikel 21 om die geskil na arbitrasie te verwys, nie uitoefen vir 'n tydperk van 12 maande vanaf die datum van die kennisgewing nie. (3) Behoudens 'n kollektiewe ooreenkoms, mag 'n persoon nie aan 'n staking of 'n uitsluiting of aan enige optrede of gedrag gemik op of ter bevordering van 'n staking of uitsluiting deelneem nie- (a) indien daardie persoon gebonde is aan- (i) enige arbitrasietoekenning of kollektiewe ooreenkoms wat die vraagstuk in geskil reguleer; of (ii) enige vasstelling deur die Minister ingevolge artikel 44 gemaak wat die vraagstuk in geskil reguleer; of enige vasstelling ingevolge die Loonwet gemaak wat die vraagstuk in geskil reguleer, gedurende die eerste jaar van daardie vasstelling. 66 Sekondêre stakings (1) In hierdie artikel beteken "sekondêre staking" 'n staking, of optrede of gedrag gemik op of ter bevordering van 'n staking, wat ter ondersteuning is van ander werknemers se staking teen húlle werkgewer, maar sluit dit nie 'n staking ter navolging of voortsetting van 'n eis wat na 'n raad verwys is, in nie indien die stakende werknemers in diens binne die geregistreerde bestek van daardie raad 'n wesenlike belang in daardie eis het nie. (2) Niemand mag aan 'n sekondêre staking deelneem nie tensy- (a) die staking wat ondersteun gaan word aan die bepalings van artikels 64 en 65 voldoen;

49 (c) die werkgewer van die werknemers wat aan die sekondêre staking deelneem of, waar van toepassing, die werkgewersorganisasie waarvan daardie werkgewer 'n lid is, skriftelike kennisgewing van die voorgenome sekondêre staking minstens sewe dae voor die aanvang daarvan ontvang het; en die aard en omvang van die sekondêre staking redelik is met betrekking tot die moontlike regstreekse of onregstreekse uitwerking wat die sekondêre staking op die besigheid van die primêre werkgewer kan hê. (3) Behoudens artikel 68 (2) en (3) kan 'n sekondêre werkgewer by die Arbeidshof aansoek doen om 'n interdik wat 'n sekondêre staking wat met subartikel (2) strydig is, verbied of beperk. (4) Enigiemand wat 'n party is by verrigtinge ingevolge subartikel (3), of die Arbeidshof, kan die Kommissie versoek om 'n dringende ondersoek te doen ten einde die Hof behulpsaam te wees by die bepaling of daar aan die vereistes van subartikel (2) (c) voldoen is. (5) By ontvangs van 'n versoek ingevolge subartikel (4) gerig, moet die Kommissie 'n paslik gekwalifiseerde persoon aanstel om die ondersoek te doen, en om so gou as moontlik 'n verslag aan die Arbeidshof voor te lê. (6) Die Arbeidshof moet die Kommissie se verslag ingevolge subartikel (5) in aanmerking neem alvorens 'n bevel uitgereik word. 67 Staking of uitsluiting in ooreenstemming met hierdie Wet (1) In hierdie Hoofstuk beteken "beskermde staking" 'n staking wat aan die bepalings van hierdie Hoofstuk voldoen, en "beskermde uitsluiting" 'n uitsluiting wat aan die bepalings van hierdie Hoofstuk voldoen. (2) 'n Persoon pleeg nie 'n delik of kontrakbreuk deur deel te neem aan- (a) 'n beskermde staking of 'n beskermde uitsluiting nie; of enige optrede of gedrag gemik op of ter bevordering van 'n beskermde staking of beskermde uitsluiting nie. (3) Ondanks subartikel (2) is 'n werkgewer nie verplig om 'n werknemer te besoldig vir dienste wat die werknemer nie gedurende 'n beskermde staking of 'n beskermde uitsluiting lewer nie, nietemin- (a) indien die werknemer se besoldiging betaling in goedere ten opsigte van akkommodasie, die verskaffing van voedsel en ander basiese lewensnoodsaaklikhede insluit, mag die werkgewer, op die werknemer se versoek, nie gedurende die staking of uitsluiting met die betaling van goedere ophou nie; en na beëindiging van die staking of uitsluiting kan die werkgewer die geldwaarde van betaling in goedere wat gedurende die staking of uitsluiting gedoen is, van die werknemer verhaal by wyse van 'n siviele geding in die Arbeidshof ingestel. (4) 'n Werkgewer mag nie 'n werknemer ontslaan op grond van deelname aan 'n beskermde staking of weens enige optrede of gedrag gemik op of ter bevordering van 'n beskermde staking nie. (5) Subartikel (4) belet nie 'n werkgewer om 'n werknemer billikerwys te ontslaan, in ooreenstemming met die bepalings van Hoofstuk VIII, weens 'n rede wat betrekking het op die werknemer se optrede of gedrag tydens die staking of weens 'n rede gegrond op die werkgewer se bedryfsvereistes, nie. (6) Siviele verrigtinge mag nie teen iemand aanhangig gemaak word weens- (a) deelname aan 'n beskermde staking of 'n beskermde uitsluiting nie; of

50 enige optrede of gedrag gemik op of ter bevordering van 'n beskermde staking of 'n beskermde uitsluiting nie. (7) Versuim van 'n geregistreerde vakbond of 'n geregistreerde werkgewersorganisasie om te voldoen aan 'n bepaling in sy konstitusie wat vereis dat hy 'n stemming per stembrief onder dié van sy lede hou ten opsigte van wie hy beoog om 'n staking of uitsluiting uit te roep, mag nie aanleiding gee tot, en stel nie 'n rede daar vir, enige gedingvoering wat die wettigheid van 'n staking of uitsluiting en die beskerming wat dit aan hierdie artikel ontleen, raak nie. (8) Die bepalings van subartikels (2) en (6) is nie van toepassing op enige handeling wat gemik is op of ter bevordering van 'n staking of uitsluiting indien die verrigting van daardie handeling 'n misdryf is nie. (9) Enige handeling wat gemik is op of ter bevordering is van 'n beskermde staking of 'n beskermde uitsluiting wat 'n oortreding van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes of die Loonwet is, maak nie 'n misdryf uit nie. 68 Staking of uitsluiting nie in ooreenstemming met hierdie Wet (1) In die geval van enige staking of uitsluiting of enige optrede of gedrag gemik op of ter bevordering van 'n staking of uitsluiting, wat nie aan die bepalings van hierdie Hoofstuk voldoen nie, het die Arbeidshof uitsluitende jurisdiksie- (a) om 'n interdik of bevel uit te reik wat xiv *- (i) iemand belet om deel te neem aan enige staking of optrede of gedrag gemik op of ter bevordering van 'n staking; of (ii) iemand belet om deel te neem aan 'n uitsluiting of optrede of gedrag gemik op of ter bevordering van 'n uitsluiting; om die betaling te gelas van regverdige en billike vergoeding weens enige verlies toeskryfbaar aan die staking of uitsluiting, of optrede of gedrag, met inagneming- (i) of- (aa) pogings aangewend is om aan die bepalings van hierdie Hoofstuk te voldoen, en die omvang van daardie pogings; (bb) die staking of uitsluiting of optrede of gedrag voorafbeplan was; (cc) die staking of uitsluiting of optrede of gedrag in reaksie was op ongeregverdigde optrede of gedrag deur 'n ander party by die geskil; en (dd) daar aan 'n bevel ingevolge paragraaf (a) toegestaan, voldoen is; (ii) van die belange van ordelike kollektiewe bedinging; (iii) (iv) van die duur van die staking of uitsluiting of optrede of gedrag; en van onderskeidelik die finansiële posisie van die werkgewer, vakbond of werknemers. [Par. vervang by a. 17 van Wet 12 van 2002.] (2) Die Arbeidshof mag nie 'n bevel ingevolge subartikel (1) (a) uitreik nie, tensy 48 uur kennis van die aansoek aan die respondent gegee is. Nietemin kan die Hof 'n korter tydperk van kennisgewing toelaat indien- (a) die aansoeker skriftelik aan die respondent kennis gegee het van die aansoeker se voorneme om aansoek te doen om die toestaan van 'n bevel; die respondent, voordat 'n besluit oor daardie aansoek geneem word, 'n redelike geleentheid gebied is om aangehoor te word; en (c) die aansoeker gegronde redes aanvoer waarom 'n korter tydperk as 48 uur toegestaan behoort te word. (3) Indien skriftelike kennis van die aanvang van die beoogde staking of uitsluiting

51 minstens 10 dae voor die aanvang van die beoogde staking of uitsluiting aan die aansoeker gegee is, moet die aansoeker, ondanks subartikel (2), die respondent minstens vyf dae kennis gee van 'n aansoek om 'n bevel ingevolge subartikel (1) (a). (4) Subartikels (2) en (3) is nie van toepassing op 'n werkgewer of 'n werknemer wat met 'n noodsaaklike diens of 'n instandhoudingsdiens gemoeid is nie. (5) Deelname aan 'n staking wat nie aan die bepalings van hierdie Hoofstuk voldoen nie, of aan optrede of gedrag gemik op of ter bevordering van daardie staking, mag 'n billike rede vir ontslag wees. By bepaling of 'n ontslag billik is, al dan nie, moet die Goeie Praktykskode: Ontslag in Bylae 8 in berekening gebring word. 69 Betooglinievorming xv * (1) 'n Geregistreerde vakbond kan die vorming van 'n betooglinie deur sy lede en ondersteuners magtig met die doel om vreedsaam te betoog- (a) ter ondersteuning van enige beskermde staking; of in verset teen enige uitsluiting. (2) Ondanks enige wet wat die reg op byeenkoms reël, kan 'n betooglinie wat ingevolge subartikel (1) gemagtig is, vorm- (a) op enige plek waartoe die publiek toegang het, maar buite die perseel van 'n werkgewer; of met die toestemming van die werkgewer, binne die werkgewer se perseel. (3) Die toestemming bedoel in subartikel (2) mag nie op onredelike wyse weerhou word nie. (4) Indien deur die geregistreerde vakbond of die werkgewer daarom versoek, moet die Kommissie probeer om 'n ooreenkoms tussen die partye by die geskil te bewerkstellig oor reëls wat van toepassing moet wees op enige betooglinievorming met betrekking tot daardie staking of uitsluiting. (5) Indien ooreenkoms nie bereik word nie, moet die Kommissie reëls vir die betooglinievorming vasstel en moet, wanneer dit gedoen word, oorweging gee aan- (a) die bepaalde omstandighede van die werkplek of ander perseel waar beoog word om die reg op betooglinievorming uit te oefen; en enige tersaaklike goeie praktykskode. (6) Die reëls deur die Kommissie vasgestel, kan voorsiening maak vir vorming van 'n betooglinie deur werknemers op die werkgewer se perseel indien die Kommissie oortuig is dat die werkgewer se toestemming op onredelike wyse weerhou is. (7) Die bepalings van artikel 67, saamgelees met die veranderinge wat in die konteks nodig is, is van toepassing op die oproep tot, reëling van en deelname aan 'n betooglinie wat aan die bepalings van hierdie artikel voldoen. (8) Enige party by 'n geskil oor enige van die volgende vraagstukke kan die geskil skriftelik na die Kommissie verwys- (a) 'n bewering dat die doeltreffende uitoefening van die reg op betooglinievorming belemmer word; 'n beweerde wesenlike oortreding van subartikel (1) of (2); (c) 'n beweerde wesenlike verbreking van 'n ooreenkoms wat ingevolge subartikel (4) gesluit is; of (d) 'n beweerde wesenlike skending van 'n reël ingevolge subartikel (5) vasgestel. (9) Die party wat die geskil na die Kommissie verwys, moet die Kommissie oortuig dat 'n afskrif van die verwysing aan al die ander partye by die geskil beteken is.

52 (10) Die Kommissie moet poog om die geskil deur versoening te besleg. (11) Indien die geskil onbesleg bly, kan enige party by die geskil dit vir beregting na die Arbeidshof verwys. 70 Komitee vir noodsaaklike dienste (1) Die Minister, na oorlegpleging met NEOAR en in oorleg met die Minister vir die Staatsdiens en Administrasie, moet 'n komitee vir noodsaaklike dienste onder beskerming van die Kommissie instel en- (a) ooreenkomstig enige voorwaardes wat die Minister goedvind, persone in daardie komitee aanstel wat oor kennis en ervaring van arbeidsreg en arbeidsverhoudinge beskik; en een van die lede van die komitee as voorsitter daarvan aanwys. [Sub-a. (1) vervang by a. 5 van Wet 127 van 1998.] (2) Die werksaamhede van die komitee vir noodsaaklike dienste is- (a) om ondersoek in te stel na die kwessie of 'n diens in die geheel, of 'n deel daarvan, 'n noodsaaklike diens is, al dan nie, en om dan te besluit of daardie diens in die geheel of 'n deel daarvan aangewys moet word as 'n noodsaaklike diens, al dan nie; [Datum van inwerkingtreding van par. (a): 1 Januarie 1996.] om geskille oor die kwessie of 'n diens in die geheel of vir 'n deel daarvan 'n (c) noodsaaklike diens is, al dan nie, te beslis; om te bepaal of enige diens in die geheel of vir 'n deel daarvan 'n instandhoudingsdiens is, al dan nie. xvi * (3) Die komitee vir noodsaaklike dienste moet op versoek van 'n bedingingsraad 'n ondersoek ingevolge subartikel (2) (a) hou. 71 Aanwysing van diens as noodsaaklike diens (1) Die komitee vir noodsaaklike dienste moet in die Staatskoerant kennis gee van enige ondersoek wat hy gaan hou oor die kwessie of 'n diens, in die geheel of vir 'n deel daarvan, 'n noodsaaklike diens is. (2) Die kennisgewing moet die diens of die gedeelte van 'n diens wat die onderwerp van die ondersoek gaan wees, aandui en moet belanghebbendes uitnooi om, binne 'n tydperk in die kennisgewing vermeld- (a) skriftelike vertoë voor te lê; en aan te dui of hulle 'n geleentheid verlang om mondelinge vertoë te rig. (3) Enige belanghebbende kan by die Kommissie se kantore insae hê in enige skriftelike vertoë wat na aanleiding van die kennisgewing gerig is. (4) Die Kommissie moet 'n gewaarmerkte afskrif van of uittreksel uit die skriftelike vertoë verskaf aan enige persoon wat die voorgeskrewe gelde betaal het. (5) Die komitee vir noodsaaklike dienste moet partye wat mondelinge vertoë wil rig, inlig oor die plek waar en tyd wanneer dit gedoen kan word. (6) Mondelinge vertoë moet in die openbaar gerig word. (7) Na oorweging van enige skriftelike en mondelinge vertoë moet die komitee vir noodsaaklike dienste besluit of hy die diens wat die onderwerp van die ondersoek was, in die geheel of vir 'n deel daarvan as 'n noodsaaklike diens gaan aanwys, al dan nie. (8) Indien die komitee vir noodsaaklike dienste 'n diens, in die geheel of vir 'n gedeelte daarvan, as 'n noodsaaklike diens aanwys, moet die komitee 'n kennisgewing te dien effekte in die Staatskoerant laat publiseer.

53 (9) Die komitee vir noodsaaklike dienste kan die aanwysing van 'n diens in die geheel of vir 'n gedeelte daarvan, as 'n noodsaaklike diens, wysig of intrek deur die bepalings in subartikels (1) tot (8) uiteengesit, saamgelees met die veranderinge wat in die konteks nodig is, te volg. (10) Die Parlementsdiens en die Suid-Afrikaanse Polisiediens word geag as noodsaaklike dienste ingevolge hierdie artikel aangewys te gewees het. [Datum van inwerkingtreding van a. 71: 1 Januarie 1996.] 72 Minimumdienste Die komitee vir noodsaaklike dienste kan enige kollektiewe ooreenkoms bekragtig wat voorsiening maak vir die handhawing van minimumdienste in 'n diens wat as 'n noodsaaklike diens aangewys is, in welke geval- (a) die ooreengekome minimumdienste as 'n noodsaaklike diens gereken moet word ten opsigte van die werkgewer en dié se werknemers; en die bepalings van artikel 74 nie van toepassing is nie. 73 Geskille oor kwessie of diens 'n noodsaaklike diens is (1) Enige party by 'n geskil by óf die een óf die ander van die volgende kwessies, kan die geskil skriftelik na die komitee vir noodsaaklike dienste verwys- (a) of 'n diens 'n noodsaaklike diens is, al dan nie; of of 'n werknemer of werkgewer gemoeid is met 'n diens wat as 'n noodsaaklike diens aangewys is, al dan nie. (2) Die party wat die geskil na die komitee vir noodsaaklike dienste verwys, moet die komitee oortuig dat 'n afskrif van die verwysing aan al die ander partye by die geskil beteken is. (3) Die komitee vir noodsaaklike dienste moet die geskil so spoedig moontlik beslis. 74 Geskille binne noodsaaklike dienste xvii * (1) 'n Party by 'n geskil wat deelname aan 'n staking of 'n uitsluiting belet word omdat daardie party met 'n noodsaaklike diens gemoeid is, kan die geskil skriftelik verwys na- (a) 'n raad, indien die partye by die geskil binne die geregistreerde bestek van daardie raad val; of die Kommissie, indien daar nie 'n raad is wat jurisdiksie het nie. (2) Die party wat 'n geskil verwys, moet die raad of die Kommissie oortuig dat 'n afskrif van die verwysing aan al die ander partye by die geskil beteken is. (3) Die raad of die Kommissie moet poog om die geskil deur versoening te besleg. (4) Indien die geskil onbesleg bly, kan enige party by die geskil versoek dat die geskil deur arbitrasie deur die raad of die Kommissie besleg word. (5) Enige arbitrasietoekenning ingevolge subartikel (4) gemaak ten opsigte van die Staat as werkgewer en wat finansiële implikasies vir die Staat het, word bindend- (a) 14 dae na die datum van die toekenning, tensy 'n Minister die toekenning binne daardie tydperk in die Parlement ter Tafel gelê het; of 14 dae na die datum van die tertafellegging van die toekenning, tensy die Parlement 'n besluit aanneem dat die toekenning nie bindend is nie. (6) Indien die Parlement 'n besluit aanneem dat die toekenning nie bindend is nie, moet die geskil na die Kommissie terugverwys word vir verdere versoening tussen die partye by die geskil, en indien dit misluk, kan enige party by die geskil die Kommissie versoek om te arbitreer. (7) Indien die Parlement nie in sitting is by verstryking van- (a) die tydperk bedoel in subartikel (5) (a) nie, loop daardie tydperk of die oorblywende gedeelte van daardie tydperk vanaf die begin van die eersvolgende sitting van die Parlement;

54 die tydperk bedoel in subartikel (5) nie, loop daardie tydperk vanaf die verstryking van die tydperk bedoel in paragraaf (a) van hierdie subartikel, of vanaf die begin van die eersvolgende sitting van die Parlement. [Par. vervang by a. 21 van Wet 42 van 1996.] 75 Instandhoudingsdienste (1) 'n Diens is 'n instandhoudingsdiens indien die onderbreking van daardie diens die uitwerking het dat enige werkgebied, aanleg of masjinerie fisies wesenlik vernietig word. (2) Indien daar nie 'n kollektiewe ooreenkoms met betrekking tot die lewering van 'n instandhoudingsdiens is nie, kan 'n werkgewer skriftelik by die komitee vir noodsaaklike dienste aansoek doen om 'n beslissing dat die werkgewer se besigheid of diens in die geheel of vir 'n gedeelte daarvan 'n instandhoudingsdiens is. [Sub-a. (2) vervang by a. 22 (a) van Wet 42 van 1996.] (3) Die werkgewer moet die komitee vir noodsaaklike dienste oortuig dat 'n afskrif van die aansoek aan alle belanghebbendes beteken is. (4) Die komitee vir noodsaaklike dienste moet so spoedig moontlik beslis of die werkgewer se besigheid of diens in die geheel of vir 'n gedeelte daarvan 'n instandhoudingsdiens is, al dan nie. [Sub-a. (4) vervang by a. 22 van Wet 42 van 1996.] (5) Die komitee vir noodsaaklike dienste kan as deel van sy beslissing ingevolge subartikel (4) gelas dat 'n geskil ten opsigte waarvan die werknemers wat met 'n instandhoudingsdiens gemoeid is, as dit nie vir die bepalings van artikel 65 (1) (d) (ii) was nie, die reg sou gehad het om te staak, na arbitrasie verwys word. [Sub-a. (5) bygevoeg by a. 22 (c) van Wet 42 van 1996.] (6) Die komitee doen nie 'n lasgewing ingevolge subartikel (5) nie indien- (a) die diensbedinge en -voorwaardes van die werknemers wat met die instandhoudingsdiens gemoeid is, deur kollektiewe bedinging bepaal word; of die getal werknemers wat verbied word om te staak vanweë hul gemoeidheid met die instandhoudingsdiens, nie die getal werknemers wat geregtig is om te staak, te bowe gaan nie. [Sub-a. (6) bygevoeg by a. 22 (c) van Wet 42 van 1996.] (7) Indien 'n lasgewing ingevolge subartikel (5) vereis dat 'n geskil deur arbitrasie besleg word- (a) is die bepalings van artikel 74 op die arbitrasie van toepassing; en is 'n arbitrasietoekenning bindend op die werknemers wat met die instandhoudingsdiens gemoeid is, en hul werkgewer, tensy die terme van die toekenning by wyse van 'n kollektiewe ooreenkoms verander word. [Sub-a. (7) bygevoeg by a. 22 (c) van Wet 42 van 1996.] 76 Vervangingsarbeid (1) 'n Werkgewer mag nie 'n persoon in diens neem- (a) om gedurende 'n beskermde staking produksie voort te sit of te handhaaf nie indien die werkgewer se dienste in die geheel of vir 'n gedeelte daarvan as 'n instandhoudingsdiens aangewys is; of met die doel om die werk te verrig van enige werknemer wat uitgesluit is nie, tensy die uitsluiting in reaksie op 'n staking plaasvind. (2) Vir die doel van hierdie artikel, beteken "in diens neem" ook om van die dienste van

55 'n tydelike werkverskaffingsdiens of 'n onafhanklike kontrakteur gebruik te maak. 77 Protesoptrede om sosio-ekonomiese belange van werkers te bevorder of te beskerm (1) Elke werknemer wat nie met 'n noodsaaklike diens of 'n instandhoudingsdiens gemoeid is nie, het die reg om deel te neem aan protesoptrede indien- (a) die protesoptrede gelas is deur 'n geregistreerde vakbond of 'n federasie van vakbonde; die geregistreerde vakbond of federasie van vakbonde 'n kennisgewing aan NEOAR beteken het wat die volgende vermeld: (i) die redes vir die protesoptrede; en (ii) die aard van die protesoptrede; (c) die aangeleentheid wat tot die beoogde protesoptrede aanleiding gee, oorweeg is deur NEOAR of enige ander geskikte forum waaraan die betrokke partye kan deelneem ten einde die aangeleentheid op te los; en (d) die geregistreerde vakbond of federasie van vakbonde minstens 14 dae voor die aanvang van die protesoptrede kennisgewing van sy voorneme om met die optrede voort te gaan, aan NEOAR beteken het. (2) Die Arbeidshof het uitsluitende jurisdiksie- (a) om enige bevel toe te staan waarby 'n persoon belet word om deel te neem aan protesoptrede, of aan enige optrede of gedrag gemik op of ter bevordering van protesoptrede, wat nie aan subartikel (1) voldoen nie; om, ten opsigte van protesoptrede wat aan subartikel (1) voldoen, 'n verklarende bevel beoog in subartikel (4) uit te reik na inagneming van- (i) (ii) die aard en duur van die protesoptrede; die stappe deur die geregistreerde vakbond of federasie van vakbonde gedoen om die nadeel wat deur die protesoptrede veroorsaak word, te minimaliseer; en (iii) die gedrag van die deelnemers aan die protesoptrede. (3) Iemand wat deelneem aan protesoptrede of aan enige optrede of gedrag gemik op of ter bevordering van protesoptrede wat aan subartikel (1) voldoen, geniet die beskerming wat by artikel 67 verleen word. (4) Ondanks die bepalings van subartikel (3), verbeur 'n werknemer die beskerming teen ontslag wat by daardie subartikel verleen word indien die werknemer- (a) strydig met 'n bevel van die Arbeidshof, deelneem aan protesoptrede of enige optrede of gedrag gemik op of ter bevordering van protesoptrede; of andersins in minagting optree van 'n bevel van die Arbeidshof ingevolge hierdie artikel uitgevaardig. HOOFSTUK V WERKPLEKFORUMS (aa 78-94) 78 Woordomskrywing vir hierdie Hoofstuk In hierdie Hoofstuk beteken- (a) "werknemer" enige persoon wat in 'n werkplek in diens is, behalwe 'n senior bestuurswerknemer aan wie se dienskontrak of status die gesag ontleen word om binne die werkplek enige van die volgende te doen- (i)... [Sub-par. (i) geskrap by a. 23 van Wet 42 van 1996.] (ii) om die werkgewer in die omgang met die werkplekforum te

56 verteenwoordig; (iii) om namens die werkgewer beleid te bepaal en besluite te neem wat met verteenwoordiging van werknemers in die werkplek in botsing mag wees; en "verteenwoordigende vakbond" 'n geregistreerde vakbond, of twee of meer geregistreerde vakbonde wat gesamentlik optree, wat as lede die meerderheid het van die werknemers wat by 'n werkgewer in 'n werkplek in diens is. 79 Algemene werksaamhede van werkplekforum 'n Werkplekforum ingevolge hierdie Hoofstuk ingestel- (a) moet daarna streef om die belange van al die werknemers in die werkplek te bevorder, ongeag of hulle lede van 'n vakbond is, al dan nie; moet daarna streef om doeltreffendheid in die werkplek te verbeter; (c) is daarop geregtig dat die werkgewer met hom oorleg pleeg ten einde eenstemmigheid oor die aangeleenthede bedoel in artikel 84 te bereik; en (d) is geregtig om deel te neem aan gesamentlike besluitneming oor die aangeleenthede in artikel 86 bedoel. 80 Instelling van werkplekforum (1) 'n Werkplekforum kan ingestel word in enige werkplek waar 'n werkgewer 100 of meer werknemers in diens het. (2) Enige verteenwoordigende vakbond kan op die voorgeskrewe wyse by die Kommissie om die instelling van 'n werkplekforum aansoek doen. (3) Die aansoeker moet die Kommissie oortuig dat 'n afskrif van die aansoek aan die werkgewer beteken is. (4) Die Kommissie kan bykomende inligting ter stawing van die aansoek vereis. (5) Die Kommissie moet- (a) die aansoek en enige bykomende inligting oorweeg wat deur die aansoeker verskaf is; en oorweeg of, in die werkplek ten opsigte waarvan aansoek gedoen word- (i) die werkgewer 100 of meer werknemers in diens het; (ii) (iii) die aansoeker 'n verteenwoordigende vakbond is; en daar nie reeds 'n funksionerende werkplekforum is wat ingevolge hierdie Hoofstuk ingestel is nie. (6) Indien oortuig dat daar aan die vereistes van subartikel (5) voldoen is, moet die Kommissie 'n kommissaris aanstel om die partye te help om 'n werkplekforum by wyse van 'n kollektiewe ooreenkoms in te stel, of, indien nie daarin geslaag word nie, om 'n werkplekforum ingevolge hierdie Hoofstuk in te stel. (7) Die kommissaris moet 'n vergadering belê met die aansoeker, die werkgewer en enige geregistreerde vakbond wat lede in die werkplek in diens het, ten einde die sluit van 'n kollektiewe ooreenkoms tussen daardie partye, of dan minstens tussen die aansoeker en die werkgewer, aan te help. (8) Indien 'n kollektiewe ooreenkoms gesluit word, is die bepalings van hierdie Hoofstuk nie van toepassing nie. [Sub-a. (8) gewysig by a. 24 van Wet 42 van 1996.] (9) Indien 'n kollektiewe ooreenkoms nie gesluit word nie, moet die kommissaris met die partye bedoel in subartikel (7) byeenkom ten einde 'n ooreenkoms tussen hulle, of dan minstens tussen die aansoeker en die werkgewer, aan te help oor die bepalings van 'n konstitusie vir 'n werkplekforum ooreenkomstig hierdie Hoofstuk en met inagneming van die riglyne in Bylae 2.

57 (10) Indien daar nie ooreenkoms oor enige van die bepalings van 'n konstitusie bereik word nie, moet die kommissaris 'n werkplekforum stig en die bepalings van die konstitusie ooreenkomstig hierdie Hoofstuk en met inagneming van die riglyne in Bylae 2, bepaal. (11) Nadat die werkplekforum ingestel is, moet die kommissaris 'n datum vasstel vir die verkiesing van die eerste lede van die werkplekforum en 'n kiesbeampte aanstel om die verkiesing te hou. (12) Die bepalings van hierdie artikel is nie op die staatsdiens van toepassing nie. Die instelling van werkplekforums in die staatsdiens word gereël in 'n bylae wat deur die Minister vir die Staatsdiens en Administrasie ingevolge artikel 207 (4) afgekondig word. 81 Vakbond-gefundeerde werkplekforum (1) Indien 'n verteenwoordigende vakbond deur 'n werkgewer ingevolge 'n kollektiewe ooreenkoms erken word vir doeleindes van kollektiewe bedinging ten opsigte van alle werknemers in 'n werkplek, kan daardie vakbond op die voorgeskrewe wyse by die Kommissie om die stigting van 'n werkplekforum aansoek doen. (2) Die aansoeker kan die lede van die werkplekforum uit die geledere van sy verkose verteenwoordigers in die werkplek kies. (3) Indien die aansoeker hierdie keuse uitoefen, is die bepalings van hierdie Hoofstuk van toepassing, behalwe artikel 80 (11) en artikel 82 (1) tot (m). (4) Die konstitusie van die aansoeker reël die benoeming, verkiesing en ampsontheffing van verkose verteenwoordigers van die aansoeker in die werkplek. (5) 'n Werkplekforum ingevolge hierdie artikel saamgestel, word ontbind indien- (a) die kollektiewe ooreenkoms bedoel in subartikel (1), beëindig word; die aansoeker nie meer 'n verteenwoordigende vakbond is nie. (6) Die bepalings van hierdie artikel is nie op die staatsdiens van toepassing nie. 82 Vereistes vir konstitusie van werkplekforum (1) Die konstitusie van elke werkplekforum moet- (a) 'n formule vasstel vir die bepaling van die getal setels in die werkplekforum; 'n formule vasstel vir die verspreiding van setels in die werkplekforum sodat dit die beroepstruktuur van die werkplek weerspieël; (c) voorsiening maak vir die regstreekse verkiesing van lede van die werkplekforum deur die werknemers in die werkplek; (d) voorsiening maak vir die aanstelling van 'n werknemer as 'n kiesbeampte om verkiesings te hou, en moet daardie beampte se werksaamhede en bevoegdhede omskryf; (e) bepaal dat 'n verkiesing van lede van die werkplekforum nie later nie as 24 maande na elke voorafgaande verkiesing gehou word; (f) bepaal dat indien 'n ander vakbond verteenwoordigend word, hy te eniger tyd binne 21 maande na die voorafgaande verkiesing op 'n nuwe verkiesing kan aandring; (g) voorsiening maak vir die prosedure en wyse waarop verkiesings en stemmings per stembrief gehou moet word; (h) bepaal dat enige werknemer, wat insluit 'n voormalige of dienende lid van die werkplekforum, as kandidaat vir verkiesing as 'n lid van die werkplekforum benoem kan word- (i) deur 'n geregistreerde vakbond met lede wat in die werkplek in diens is; of (ii) by wyse van 'n petisie onderteken deur minstens 20 persent van die

58 werknemers in die werkplek of 100 werknemers, watter getal werknemers ook al die kleinste is; (i) bepaal dat in enige stemming per stembrief elke werknemer daarop geregtig is- (i) om by wyse van 'n geslote stembriefie in die geheim te stem; en (ii) om gedurende werkure by die werkgewer se perseel te stem; (j) bepaal dat in 'n verkiesing vir lede van die werkplekforum elke werknemer daarop geregtig is, tensy die konstitusie anders bepaal- (i) om die getal stemme uit te bring wat gelyk is aan die getal lede wat verkies moet word; en (ii) om een of meer van daardie stemme ten gunste van enige kandidaat uit te bring; (k) die ampstermyne van lede van die werkplekforum en die omstandighede waarin 'n lid die amp moet ontruim, vasstel; (l) die omstandighede waarin en wyse waarop lede van die werkplekforum van die amp onthef kan word, vasstel, wat insluit die reg van die verteenwoordigende vakbond wat 'n lid vir verkiesing benoem het, om daardie lid te eniger tyd te onthef; (m) die wyse bepaal waarop vakatures in die werkplekforum gevul kan word, met inbegrip van die reëls vir die hou van tussenverkiesings; (n) die omstandighede waarin en wyse waarop die vergaderings bedoel in artikel 83 gehou moet word, vasstel; (o) bepaal dat die werkgewer die kiesbeampte redelike tyd gedurende werkure met betaling vry moet gee vir die voorbereiding vir en hou van verkiesings; (p) bepaal dat die werkgewer elke lid van die werkplekforum redelike tyd gedurende werkure met betaling vry moet gee ten einde die werksaamhede van 'n lid van die werkplekforum te verrig en om opleiding wat vir die verrigting van daardie werksaamhede ter sake is, te ontvang; (q) van die werkgewer vereis om enige stappe te doen wat redelikerwys nodig is om die kiesbeampte met die hou van verkiesings by te staan; (r) van die werkgewer vereis om geriewe te verskaf ten einde die werkplekforum in staat te stel om sy werksaamhede te verrig; (s) voorsiening maak vir die aanwysing van voltydse lede van die werkplekforum waar daar meer as werknemers in 'n werkplek is; [Par. (s) vervang by a. 25 (a) van Wet 42 van 1996.] (t) bepaal dat die werkplekforum enige kundige kan uitnooi om vergaderings daarvan by te woon, wat insluit vergaderings met die werkgewer of die werknemers, en dat 'n kundige geregtig is op enige inligting waarop die werkplekforum geregtig is en om enige dokument na te gaan en te kopieer wat die lede van die werkplekforum geregtig is om na te gaan en te kopieer;[par. (t) vervang by a. 25 van Wet 42 van 1996.] (u) bepaal dat ampsdraers of beamptes van die verteenwoordigende vakbond vergaderings van die werkplekforum kan bywoon, wat insluit vergaderings met die werkgewer of die werknemers; (v) bepaal dat die verteenwoordigende vakbond en die werkgewer die konstitusie van die werkplekforum deur ooreenkoms kan verander; en (w) die wyse waarop besluite geneem word, vasstel.[par. (w) bygevoeg by a. 25 (e) van Wet 42 van 1996.]

59 (2) Die konstitusie van 'n werkplekforum kan- (a) 'n prosedure vasstel wat voorsiening maak vir die versoening en arbitrasie van voorstelle ten opsigte waarvan die werkgewer en die werkplekforum nie eenstemmigheid bereik nie; 'n koördinerende werkplekforum instel om enige van die algemene werksaamhede van 'n werkplekforum te verrig, asook een of meer ondergeskikte werkplekforums om enige bepaalde werksaamhede van 'n werkplekforum te verrig; en (c) bepalings insluit wat van artikels 83 tot 92 afwyk. (3) Die konstitusie van 'n werkplekforum bind die werkgewer. (4) Die Minister vir die Staatsdiens en Administrasie kan die vereistes wat ingevolge hierdie artikel vir 'n konstitusie geld, by wyse van 'n bylae wat ingevolge artikel 207 (4) afgekondig word, wysig vir werkplekforums in die staatsdiens. 83 Vergaderings van werkplekforum (1) Daar moet gereeld vergaderings van die werkplekforum gehou word. (2) Daar moet gereelde vergaderings tussen die werkplekforum en die werkgewer gehou word, waarby die werkgewer- (a) 'n verslag oor die werkgewer se finansiële en indiensnemingsituasie, die prestasies sedert die laaste verslag en die verwagte prestasie oor die kort- en langtermyn moet voorhou; en met die werkplekforum moet oorleg pleeg oor enige aangeleentheid voortspruitend uit die verslag wat werknemers in die werkplek kan raak. (3) (a) Daar moet met gereelde en gepaste tussenposes vergaderings gehou word tussen lede van die werkplekforum en die werknemers wat in die werkplek in diens is. By die vergaderings met werknemers moet die werkplekforum verslag doen oor- (i) sy bedrywighede in die algemeen; (ii) aangeleenthede ten opsigte waarvan daar met hom deur die werkgewer oorleg gepleeg is; en (iii) aangeleenthede ten opsigte waarvan hy aan gesamentlike besluitneming met die werkgewer deelgeneem het. Die werkgewer moet elke kalenderjaar by een van die vergaderings met die werknemers, 'n jaarverslag van die werkgewer se finansiële en indiensnemingsituasie, algemene prestasie en toekomsvooruitsigte en -planne voorhou. (c) Die vergaderings van werknemers moet gedurende werkure en sonder verlies aan betaling van werknemerskant, gehou word op 'n tyd en plek waarop deur die werkplekforum en die werkgewer ooreengekom word. 84 Besondere aangeleenthede waaroor oorleg gepleeg moet word (1) Tensy die aangeleenthede vir oorlegpleging deur 'n kollektiewe ooreenkoms met die verteenwoordigende vakbond gereël word, is 'n werkplekforum daarop geregtig om deur die werkgewer geraadpleeg te word oor voorstelle betreffende enige van die volgende aangeleenthede- (a) herstrukturering van die werkplek, wat insluit die bekendstelling van nuwe tegnologie en nuwe werkmetodes; veranderinge in die organisasie van werk; (c) gedeeltelike of algehele aanlegsluiting; (d) samesmeltings en oordragte van eiendomsreg, in soverre dit die werknemers raak; (e) die ontslag van werknemers weens redes gegrond op bedryfsvereistes;

60 (f) vrystellings van enige kollektiewe ooreenkoms of enige wetsmaatreël; (g) werkgradering; (h) maatstawwe vir merieteverhogings of die betaling van diskresionêre bonusse; (i) onderwys en opleiding; (j) produkontwikkelingsplanne; en (k) uitvoerbevordering. (2) 'n Bedingingsraad kan aan 'n werkplekforum die reg verleen om geraadpleeg te word oor bykomende aangeleenthede in werkplekke wat binne die geregistreerde bestek van die bedingingsraad val. (3) 'n Verteenwoordigende vakbond en 'n werkgewer kan 'n kollektiewe ooreenkoms sluit waarby die reg om oor bykomende aangeleenthede in daardie werkplek geraadpleeg te word, aan die werkplekforum verleen word. (4) Enige ander wet kan aan 'n werkplekforum die reg verleen om oor bykomende aangeleenthede geraadpleeg te word. (5) Behoudens enige toepaslike beroepsgesondheids- en -veiligheidswetgewing, kan 'n verteenwoordigende vakbond en werkgewer ooreenkom- (a) dat die werkgewer met die werkplekforum oorleg moet pleeg met die oog op die inisiëring, ontwikkeling, bevordering, monitering en hersiening van maatreëls om gesondheid en veiligheid by die werkplek te verseker; dat 'n vergadering tussen die werkplekforum en die werkgewer 'n vergadering daarstel van 'n gesondheids- en veiligheidskomitee wat ingevolge daardie wetgewing in die werkplek ingestel moet word; en (c) dat een of meer lede van die werkplekforum gesondheids- en veiligheidsverteenwoordigers vir die doeleindes van daardie wetgewing is. (6) Vir doeleindes van werkplekforums in die staatsdiens- (a) is die kollektiewe ooreenkoms bedoel in subartikel (1) 'n kollektiewe ooreenkoms wat in 'n bedingingsraad gesluit is; kan 'n bedingingsraad ten opsigte van werkplekke wat binne sy geregistreerde bestek val, enige aangeleentheid afhaal van die lys aangeleenthede bedoel in subartikel (1); en (c) is subartikel (3) nie van toepassing nie. 85 Oorlegpleging (1) Alvorens 'n werkgewer 'n voorstel met betrekking tot 'n aangeleentheid bedoel in artikel 84 (1) ten uitvoer mag bring, moet die werkgewer met die werkplekforum oorleg pleeg en poog om eenstemmigheid met hom te bereik. (2) Die werkgewer moet gedurende die oorlegpleging die werkplekforum 'n geleentheid bied om vertoë te rig en om met alternatiewe voorstelle vorendag te kom. (3) Die werkgewer moet die vertoë of alternatiewe voorstelle wat deur die werkplekforum gerig en gedoen is, oorweeg en daarop reageer, en indien die werkgewer nie daarmee eens is nie, moet die werkgewer die redes daarvoor verstrek. (4) Indien die werkgewer en die werkplekforum nie eenstemmigheid bereik nie, moet die werkgewer enige ooreengekome prosedure in werking stel om verskille uit die weg te ruim, alvorens die werkgewer se voorstel ten uitvoer gebring word. 86 Gesamentlike besluitneming (1) Tensy die aangeleenthede vir gesamentlike besluitneming by wyse van 'n kollektiewe ooreenkoms met die verteenwoordigende vakbond gereël word, moet 'n werkgewer met die

61 werkplekforum oorleg pleeg en eenstemmigheid bereik voordat uitvoering gegee word aan enige voorstel oor- (a) dissiplinêre kodes en prosedures; reëls met betrekking tot die behoorlike regulering van die werkplek in soverre dit van toepassing is op optrede of gedrag wat nie met die werkprestasie van werknemers in die werkplek verband hou nie; (c) maatreëls wat daarvoor ontwerp is om persone wat deur onbillike diskriminasie benadeel is, te beskerm en te laat vooruitgaan; en (d) veranderings aan die reëls wat maatskaplike voordeleskemas reguleer, deur die werkgewer of deur die werkgewer-aangestelde verteenwoordigers op trusts of in die rade van skemas deur die werkgewer beheer. (2) 'n Verteenwoordigende vakbond en 'n werkgewer kan 'n kollektiewe ooreenkoms sluit- (a) wat aan die werkplekforum die reg op gesamentlike besluitneming ten opsigte van bykomende aangeleenthede in die werkplek, verleen; wat enige aangeleentheid bedoel in subartikel (1) (a) tot (d) afhaal van die lys aangeleenthede wat gesamentlike besluitneming verg. (3) Enige ander wet kan aan 'n werkplekforum die reg verleen om deel te neem aan gesamentlike besluitneming oor bykomende aangeleenthede. (4) Indien die werkgewer nie eenstemmigheid met die werkplekforum bereik nie, kan die werkgewer- (a) die geskil na arbitrasie ingevolge 'n ooreengekome prosedure verwys; of indien daar nie 'n ooreengekome prosedure is nie, die geskil na die Kommissie verwys. (5) Die werkgewer moet die Kommissie oortuig dat 'n afskrif van die verwysing aan die voorsitter van die werkplekforum beteken is. (6) Die Kommissie moet poog om die geskil deur versoening te besleg. (7) Indien die geskil onbesleg bly, kan die werkgewer versoek dat die geskil deur arbitrasie xviii * besleg word. (8) (a) 'n Arbitrasietoekenning oor 'n voorstel bedoel in subartikel (1), tree in werking 30 dae na die datum van die toekenning. 'n Verteenwoordiger op 'n trust of in 'n raad kan by die Arbeidshof aansoek doen om 'n bevel dat die uitvoering van die toekenning 'n verbreking van 'n vertrouensplig aan die kant van die verteenwoordiger daarstel. (c) Ondanks paragraaf (a), tree die toekenning nie in werking hangende die Arbeidshof se beslissing van 'n aansoek wat ingevolge paragraaf (a) gedoen is nie. (9) Vir doeleindes van werkplekforums in die staatsdiens, is 'n kollektiewe ooreenkoms bedoel in subartikels (1) en (2) 'n kollektiewe ooreenkoms wat in 'n bedingingsraad gesluit is. 87 Hersiening op versoek van nuutingestelde werkplekforum (1) Na die instelling van 'n werkplekforum kan die werkplekforum 'n vergadering met die werkgewer aanvra met die oog op die hersiening van- (a) die maatstawwe vir merieteverhogings of betaling van diskresionêre bonusse; dissiplinêre kodes en prosedures; en (c) reëls met betrekking tot die behoorlike regulering van die werkplek in soverre dit van toepassing is op gedrag wat nie met die werkprestasie van werknemers in die werkplek verband hou nie. (2) Die werkgewer se maatstawwe, dissiplinêre kodes en prosedures, en reëls bedoel in

62 subartikel (1), as daar is, moet skriftelik aan die werkplekforum vir oorweging voorgelê word. (3) Hersiening van die maatstawwe moet ooreenkomstig die bepalings van artikel 85 geskied. (4) Hersiening van die dissiplinêre kodes en prosedures, en reëls, moet ooreenkomstig die bepalings van artikel 86 (2) tot (7) geskied, behalwe dat, by die toepassing van artikel 86 (4), óf die werkgewer óf die werkplekforum 'n geskil tussen hulle na arbitrasie of na die Kommissie kan verwys. [Sub-a. (4) vervang by a. 26 van Wet 42 van 1996.] 88 Aangeleenthede rakende meer as een werkplekforum in werkgewer se bedryf (1) Indien die werkgewer meer as een werkplek in bedryf het en daar afsonderlike werkplekforums by twee of meer van daardie werkplekke ingestel is, en 'n aangeleentheid na arbitrasie verwys is ingevolge artikel 86 (4) (a) of of deur 'n werkplekforum ingevolge artikel 87 (4), kan die werkgewer skriftelik kennis gee aan die voorsitters van al die werkplekforums dat geen ander werkplekforum 'n aangeleentheid mag verwys wat wesenlik dieselfde is as die aangeleentheid wat na arbitrasie verwys is nie. [Sub-a. (1) vervang by a. 27 van Wet 42 van 1996.] (2) Wanneer die werkgewer kennis ingevolge subartikel (1) gee- (a) is elke werkplekforum daarop geregtig om vertoë te rig en deel te neem aan die arbitrasieverrigtinge; en bind die arbitrasietoekenning die werkgewer en die werknemers in elke werkplek. 89 Openbaarmaking van inligting (1) 'n Werkgewer moet alle tersaaklike inligting aan die werkplekforum openbaar maak wat die werkplekforum in staat sal stel om doeltreffend mee te doen aan oorlegpleging en gesamentlike besluitneming. (2) 'n Werkgewer hoef nie inligting openbaar te maak- (a) wat regtens gepriviligeerd is nie; wat die werkgewer nie kan openbaar maak sonder om 'n verbod wat die werkgewer by 'n wet of hofbevel opgelê word, te oortree nie; (c) wat vertroulik is en wat, indien dit openbaar gemaak sou word, 'n werknemer of (d) die werkgewer aansienlike nadeel kan berokken nie; of wat private persoonlike inligting in verband met 'n werknemer is nie, tensy daardie werknemer instem dat daardie inligting openbaar gemaak word. (2A) Die werkgewer moet die werkplekforum skriftelik in kennis stel indien van oordeel dat enige inligting ingevolge subartikel (1) geopenbaar, vertroulik is.[sub-a. (2A) ingevoeg by a. 28 van Wet 42 van 1996.] (3) Indien daar 'n geskil oor die openbaarmaking van inligting bestaan, kan enige party by die geskil dit skriftelik na die Kommissie verwys. (4) Die party wat die geskil na die Kommissie verwys, moet die Kommissie oortuig dat 'n afskrif van die verwysing aan al die ander partye by die geskil beteken is. (5) Die Kommissie moet poog om die geskil deur versoening te besleg. (6) Indien die geskil onbesleg bly, kan enige party by die geskil versoek dat die geskil deur arbitrasie besleg word. (7) By enige geskil oor die openbaarmaking van inligting beoog in subartikel (3), moet die kommissaris eers beslis of die inligting ter sake is, al dan nie. (8) Indien die kommissaris beslis dat die inligting ter sake is, en indien dit inligting is wat

63 in subartikel (2) (c) of (d) beoog word, moet die kommissaris die nadeel wat die openbaarmaking waarskynlik vir 'n werknemer of werkgewer sal berokken, opweeg teenoor die nadeel wat versuim om die inligting openbaar te maak, waarskynlik sal berokken aan die vermoë van die werkplekforum om doeltreffend aan oorlegpleging en gesamentlike besluitneming mee te doen. (9) Indien die kommissaris beslis dat die nadeelsewewig in die guns van die openbaarmaking van die inligting is, kan die kommissaris die openbaarmaking van die inligting gelas op voorwaardes wat daarop gerig is om die nadeel wat waarskynlik vir die werknemer of werkgewer berokken sal word, te beperk. (10) By die doen van 'n lasgewing ingevolge subartikel (9) moet die kommissaris enige skending van vertroulikheid ten opsigte van inligting wat ingevolge hierdie artikel by daardie werkplek openbaar gemaak is, in ag neem en kan, vir 'n tydperk in die arbitrasietoekenning vermeld, weier om die openbaarmaking te gelas van die inligting of enige ander vertroulike inligting wat andersins openbaar gemaak sou kon word. 90 Insae in en afskrifte van dokumente (1) Enige gedokumenteerde inligting wat ingevolge artikel 89 deur die werkgewer bekend gemaak moet word, moet op versoek aan die lede van die werkplekforum vir insae beskikbaar gestel word. (2) Die werkgewer moet afskrifte van die dokumentasie op versoek aan die lede van die werkplekforum verskaf. 91 Skending van vertroulikheid By enige geskil oor 'n beweerde skending van vertroulikheid kan die kommissaris gelas dat die reg op die openbaarmaking van inligting in daardie werkplek ingetrek word vir 'n tydperk in die arbitrasietoekenning vermeld. 92 Voltydse lede van werkplekforum (1) In 'n werkplek waar of meer werknemers in diens is, kan die lede van die werkplekforum uit eie geledere een voltydse lid aanwys. (2) (a) Die werkgewer moet 'n voltydse lid van die werkplekforum dieselfde besoldiging betaal wat die lid sou verdien het in die pos wat die lid onmiddellik voor aanwysing as voltydse lid beklee het. Wanneer 'n persoon ophou om 'n voltydse lid van 'n werkplekforum te wees, moet die werkgewer daardie persoon herstel in die posisie wat die persoon onmiddellik voor verkiesing beklee het of daardie persoon in enige hoër pos aanstel waartoe daardie persoon sou gevorder het indien dit nie vir die verkiesing was nie. 93 Ontbinding van werkplekforum (1) 'n Verteenwoordigende vakbond in 'n werkplek kan 'n stemming per stembrief versoek ten einde 'n werkplekforum te ontbind. (2) Wanneer 'n stemming per stembrief ten einde 'n werkplekforum te ontbind, versoek is, moet 'n kiesbeampte ingevolge die konstitusie van die werkplekforum aangestel word. (3) Binne 30 dae na die versoek om 'n stemming per stembrief ten einde die werkplekforum te ontbind, moet die kiesbeampte die stemming per stembrief voorberei en hou. (4) Indien meer as 50 persent van die werknemers wat gestem het in die stemming per stembrief, die ontbinding van die werkplekforum steun, word die werkplekforum ontbind. 94 Geskille oor werkplekforums (1) Tensy 'n kollektiewe ooreenkoms of hierdie Hoofstuk anders bepaal, kan 'n party by 'n geskil oor die interpretasie of toepassing van hierdie Hoofstuk daardie geskil skriftelik na die Kommissie verwys, indien daardie party-

64 (a) een of meer werknemers is wat in die werkplek in diens is; (aa) 'n werkplekforum;[par. (aa) ingevoeg by a. 29 van Wet 42 van 1996.] 'n geregistreerde vakbond is met lede wat in die werkplek in diens is; (c) die verteenwoordigende vakbond is; of (d) die werkgewer is. (2) Die party wat 'n geskil na die Kommissie verwys, moet die Kommissie oortuig dat 'n afskrif van die verwysing aan al die ander partye by die geskil beteken is. (3) Die Kommissie moet poog om die geskil deur versoening te besleg. (4) Indien die geskil onbesleg bly, kan 'n party by die geskil versoek dat die geskil deur arbitrasie besleg word. HOOFSTUK VI VAKBONDE EN WERKGEWERSORGANISASIES (aa ) Deel A Registrasie en regulering van vakbonde en werkgewersorganisasies (aa ) 95 Vereistes vir registrasie van vakbonde of werkgewersorganisasies (1) Enige vakbond kan by die registrateur om registrasie aansoek doen indien- (a) hy 'n naam aanvaar het wat aan die vereistes van subartikel (4) voldoen; hy 'n konstitusie aanvaar het wat aan die vereistes van subartikels (5) en (6) voldoen; (c) hy 'n adres in die Republiek het; en (d) hy onafhanklik is. (2) 'n Vakbond is onafhanklik indien- (a) hy nie onder die regstreekse of onregstreekse beheer van enige werkgewer of werkgewersorganisasie is nie; en hy vry is van enige inmenging of beïnvloeding van enige aard wat uitgaan vanaf 'n werkgewer of werkgewersorganisasie. (3) Enige werkgewersorganisasie kan by die registrateur om registrasie aansoek doen indien- (a) hy 'n naam aanvaar het wat aan die vereistes van subartikel (4) voldoen; hy 'n konstitusie aanvaar het wat aan die vereistes van subartikels (5) en (6) voldoen; en (c) hy 'n adres in die Republiek het. (4) 'n Vakbond of werkgewersorganisasie wat voornemens is om te registreer, mag nie 'n naam of 'n verkorte vorm van 'n naam hê wat so nou met die naam of verkorte vorm van die naam van 'n ander vakbond of werkgewersorganisasie ooreenkom dat dit waarskynlik tot misleiding of verwarring aanleiding sal gee nie. (5) Die konstitusie van 'n vakbond of werkgewersorganisasie wat voornemens is om te registreer, moet- (a) verklaar dat die vakbond of werkgewersorganisasies 'n vereniging sonder winsoogmerk is; vereistes vir, en toelating tot, lidmaatskap voorskryf; (c) die omstandighede vasstel waaronder 'n lid nie meer op die voordele van lidmaatskap geregtig is nie; (d) voorsiening maak vir die beëindiging van lidmaatskap; (e) voorsiening maak vir appèlle teen verlies van die voordele van lidmaatskap of

65 teen beëindiging van lidmaatskap, 'n prosedure vir daardie appèlle voorskryf en die liggaam bepaal waarna daardie appèlle aangeteken kan word; (f) voorsiening maak vir lidmaatskapgelde en die metode waarvolgens lidmaatskapgelde en ander betalings deur lede, bepaal word; (g) reëls voorskryf vir die belê en hou van vergaderings van lede en vergaderings van verteenwoordigers van lede, met inbegrip van die kworum wat vereis word vir, en die notule wat gehou moet word van, daardie vergaderings; (h) die wyse vasstel waarvolgens besluite geneem moet word; (i) die amp van sekretaris instel en die werksaamhede verbonde aan daardie amp omskryf; (j) voorsiening maak vir ander ampsdraers, beamptes en, in die geval van 'n vakbond, vakbondverteenwoordigers, en hulle onderskeie werksaamhede omskryf; (k) 'n prosedure voorskryf vir die benoeming of verkiesing van ampsdraers en, in die geval van 'n vakbond, vakbondverteenwoordigers; (l) 'n prosedure voorskryf vir die aanstelling, of benoeming en verkiesing, van beamptes; (m) die omstandighede vasstel waaronder en wyse waarop ampsdraers, beamptes en, in die geval van 'n vakbond, vakbondverteenwoordigers, van die amp onthef kan word; (n) voorsiening maak vir appèlle teen die ampsontheffing van ampsdraers, beamptes en, in die geval van 'n vakbond, vakbondverteenwoordigers, 'n prosedure vir daardie appèlle voorskryf, en die liggaam bepaal, na wie daardie appèlle aangeteken kan word; (o) die omstandighede vasstel waaronder en wyse waarop 'n stemming per stembrief gehou moet word; (p) voorsiening maak dat die vakbond of werkgewersorganisasie, alvorens 'n staking of uitsluiting uitgeroep word, 'n stemming per stembrief moet hou onder dié van sy lede ten opsigte van wie hy voornemens is om die staking of uitsluiting uit te roep; (q) voorsiening maak dat lede van die vakbond of werkgewersorganisasie nie gedissiplineer kan word of dat hulle lidmaatskap nie beëindig kan word weens versuim of weiering om aan 'n staking of uitsluiting deel te neem nie, indien- (i) geen stemming per stembrief oor die staking of uitsluiting gehou is nie; of (ii) 'n stemming per stembrief wel gehou is maar die meerderheid van die lede wat gestem het, nie ten gunste van die staking of uitsluiting gestem het nie; (r) voorsiening maak vir die deponering en belegging van sy geld; (s) die doeleindes vasstel waarvoor sy geld aangewend mag word; (t) voorsiening maak vir die verkryging van en beheer oor eiendom; (u) 'n datum vir die einde van sy boekjaar bepaal; (v) 'n prosedure vir die verandering van sy konstitusie voorskryf; en (w) 'n prosedure voorskryf waarvolgens hy by resolusie kan besluit om gelikwideer te word. (6) Die konstitusie van 'n vakbond of werkgewersorganisasie wat voornemens is om hom te laat registreer, mag nie enige bepaling bevat wat regstreeks of onregstreeks op grond van ras of geslag teen enige persoon diskrimineer nie.

66 (7) Die registrateur mag 'n vakbond of 'n werkgewersorganisasie nie registreer nie tensy die registrateur oortuig is dat die aansoeker 'n ware vakbond of 'n ware werkgewersorganisasie is. [Sub-a. (7) bygevoeg by a. 18 van Wet 12 van 2002.] (8) Die Minister, in oorleg met NEOAR, kan by kennisgewing in die Staatskoerant riglyne publiseer wat deur die registrateur toegepas moet word om te bepaal of 'n aansoeker 'n ware vakbond of 'n ware werkgewersorganisasie is. [Sub-a. (8) bygevoeg by a. 18 van Wet 12 van 2002.] 96 Registrasie van vakbonde of werkgewersorganisasies (1) Enige Vakbond of werkgewersorganisasie kan om registrasie aansoek doen deur die volgende aan die registrateur voor te lê- (a) 'n voorgeskrewe vorm wat behoorlik voltooi is; 'n afskrif van sy konstitusie; en (c) enige ander inligting wat vir die registrateur van nut mag wees om te bepaal of die vakbond of werkgewersorganisasie aan die vereistes vir registrasie voldoen, al dan nie. (2) Die registrateur kan bykomende inligting ter stawing van die aansoek vereis. (3) Die registrateur- (a) moet die aansoek en enige bykomende inligting wat deur die aansoeker verskaf is, oorweeg; en moet, indien oortuig dat die aansoeker aan die vereistes vir registrasie voldoen, die aansoeker registreer deur die aansoeker se naam in die register van vakbonde of die register van werkgewersorganisasies in te skryf. (4) Indien die registrateur nie oortuig is dat die aansoeker aan die vereistes vir registrasie voldoen nie, moet die registrateur- (a) 'n skriftelike kennisgewing van die besluit en van die redes vir daardie besluit aan die aansoeker stuur; en in daardie kennisgewing meld dat die aansoeker 30 dae vanaf datum van die kennisgewing het om aan daardie vereistes te voldoen. (5) Indien die aansoeker binne daardie 30-dae tydperk aan die vereistes vir registrasie voldoen, moet die registrateur die aansoeker registreer deur die aansoeker se naam in die toepaslike register in te skryf. (6) Indien 'n aansoeker binne daardie 30-dae tydperk gepoog het om aan die vereistes vir registrasie te voldoen, maar die registrateur tot die slotsom raak dat die aansoeker versuim het om daaraan te voldoen, moet die registrateur- (a) weier om die aansoeker te registreer; en die aansoeker skriftelik van daardie besluit in kennis stel. (7) Nadat die aansoeker geregistreer is, moet die registrateur- (a) 'n registrasiesertifikaat op naam van die aansoeker uitreik; en die sertifikaat en 'n gewaarmerkte afskrif van die geregistreerde konstitusie aan die aansoeker stuur. 97 Uitwerking van registrasie van vakbond of werkgewersorganisasie (1) 'n Registrasiesertifikaat is voldoende bewys dat 'n geregistreerde vakbond of geregistreerde werkgewersorganisasie 'n regspersoon is. (2) Die feit dat 'n persoon 'n lid is van 'n geregistreerde vakbond of 'n geregistreerde werkgewersorganisasie maak nie daardie persoon aanspreeklik vir enige van die verpligtinge of

67 laste van die vakbond of werkgewersorganisasie nie. (3) 'n Lid, ampsdraer of beampte van 'n geregistreerde vakbond of 'n geregistreerde werkgewersorganisasie of, in die geval van 'n vakbond, 'n vakbondverteenwoordiger, is nie persoonlik aanspreeklik vir enige verlies wat deur iemand gely word as gevolg van 'n handeling wat deur die lid, ampsdraer, beampte of vakbondverteenwoordiger by die uitoefening of verrigting van enige werksaamhede vir of namens die vakbond of werkgewersorganisasie ingevolge hierdie Wet, verrig of nagelaat is nie. (4) Betekening van enige dokument gerig aan 'n geregistreerde vakbond of werkgewersorganisasie by die mees onlangse adres wat aan die registrateur verskaf is, is vir alle doeleindes betekening van daardie dokument aan daardie vakbond of werkgewersorganisasie. 98 Rekeningkundige rekords en ouditering (1) Elke geregistreerde vakbond en elke geregistreerde werkgewersorganisasie moet, volgens die maatstawwe en standaarde van algemeen aanvaarde rekeningkundige praktyk, beginsels en prosedures- (a) rekeningboeke en rekords hou van sy inkomste, uitgawe, bates en laste; en binne ses maande na die einde van elke boekjaar, finansiële state opstel wat minstens die volgende insluit- (i) (ii) 'n staat van inkomste en uitgawes vir die vorige boekjaar; en 'n balansstaat wat sy bates, laste en finansiële posisie soos aan die einde van die vorige boekjaar aantoon. (2) Elke geregistreerde vakbond en elke geregistreerde werkgewersorganisasie moet reël dat sy rekeningboeke en rekords en sy finansiële state jaarliks geouditeer word deur 'n ouditeur wat- (a) die oudit moet uitvoer ooreenkomstig algemeen-aanvaarde ouditeringsmaatstawwe en -standaarde; en skriftelik aan die vakbond of werkgewersorganisasie verslag moet doen en in daardie verslag- (i) 'n mening moet uitspreek oor die kwessie of die vakbond of werkgewersorganisasie daardie bepalings van sy konstitusie wat op finansiële aangeleenthede betrekking het, nagekom het al dan nie; en (ii) indien die vakbond 'n party is by 'n agentskapwerkplekooreenkoms bedoel in artikel 25, of 'n geslotegeledere-ooreenkoms in artikel 26 bedoel, 'n mening uitspreek oor die kwessie of die vakbond die bepalings van daardie artikels nagekom het, al dan nie. (3) Elke geregistreerde vakbond en elke geregistreerde werkgewersorganisasie moet- (a) die finansiële state en die ouditeur se verslag aan sy lede vir insae beskikbaar stel; en daardie state en die ouditeur se verslag by 'n vergadering of vergaderings van sy lede of hulle verteenwoordigers voorlê, soos in sy konstitusie bepaal. (4) Iedere geregistreerde vakbond en elke geregistreerde werkgewersorganisasie moet elk van sy rekeningboeke, stawende bewyse, rekords van ledegelde of heffings deur sy lede betaal, state van inkomste en uitgawes, balansstate en ouditeursverslae, in die oorspronklike of 'n gereproduseerde vorm, bewaar vir 'n tydperk van drie jaar vanaf die einde van die boekjaar waarop hulle betrekking het. 99 Plig om rekords te hou Benewens die rekords in artikel 98 vereis, moet elke geregistreerde vakbond en elke

68 geregistreerde werkgewersorganisasie- (a) 'n lys van sy lede hou; die notules van sy vergaderings, in die oorspronklike of 'n gereproduseerde vorm, bewaar vir 'n tydperk van drie jaar vanaf die einde van die boekjaar waarop hulle betrekking het, bewaar; en (c) die stembriewe vir 'n tydperk van drie jaar vanaf die datum van elke stemming bewaar. 100 Plig om inligting aan registrateur te verskaf Elke geregistreerde vakbond en elke geregistreerde werkgewersorganisasie moet die registrateur- (a) (c) (d) (e) teen 31 Maart elke jaar, voorsien van 'n staat, deur die sekretaris gesertifiseer as synde in ooreenstemming met sy rekords, wat die getal lede aantoon soos op 31 Desember van die vorige jaar, en enige ander verwante besonderhede wat die registrateur mag verlang; binne 30 dae na ontvangs van sy ouditeur se verslag, voorsien van 'n gewaarmerkte afskrif van daardie verslag en van die finansiële state; binne 30 dae na ontvangs van 'n skriftelike versoek van die registrateur, voorsien van 'n verduideliking oor enigiets wat op die lidmaatskapstaat, die ouditeur se verslag of die finansiële state betrekking het; binne 30 dae na enige aanstelling of verkiesing van sy nasionale ampsdraers, voorsien van die name en werkadresse van daardie ampsdraers, selfs al het hul aanstelling of verkiesing nie enige veranderinge in die samestelling van sy ampsdraers tot gevolg gehad het nie; en 30 dae voordat sy nuwe adres vir die betekening van dokumente van krag word, voorsien van 'n kennisgewing van daardie adresverandering. 101 Verandering van konstitusie of naam van geregistreerde vakbonde of werkgewersorganisasies (1) 'n Geregistreerde vakbond of 'n geregistreerde werkgewersorganisasie kan by resolusie besluit om sy konstitusie te verander of te vervang. (2) Die geregistreerde vakbond of die geregistreerde werkgewersorganisasie moet 'n afskrif van die resolusie en 'n sertifikaat onderteken deur sy sekretaris waarin verklaar word dat die resolusie aan sy konstitusie voldoen, aan die registrateur stuur. (3) Die registrateur moet- (a) die veranderde of nuwe konstitusie registreer indien dit aan die vereistes vir registrasie voldoen; en 'n afskrif van die resolusie wat deur die registrateur geëndosseer is ter sertifisering dat die wysiging of vervanging geregistreer is, aan die geregistreerde vakbond of geregistreerde werkgewersorganisasie stuur. (4) Die veranderde of nuwe konstitusie is van krag vanaf die datum van die registrateur se sertifisering. (5) 'n Geregistreerde vakbond of geregistreerde werkgewersorganisasie kan by resolusie besluit om sy naam te verander. (6) Die geregistreerde vakbond of geregistreerde werkgewersorganisasie moet aan die registrateur 'n afskrif van die resolusie en die oorspronklike van sy geldende registrasiesertifikaat stuur. (7) Indien die nuwe naam van die vakbond of werkgewersorganisasie aan die vereistes

69 van artikel 95 (4) xix * voldoen, moet die registrateur- (a) die nuwe naam in die toepaslike register aanteken en 'n registrasiesertifikaat op die nuwe naam van die vakbond of werkgewersorganisasie uitreik; die ou naam uit daardie register verwyder en die vroeëre registrasiesertifikaat intrek; en (c) die nuwe sertifikaat aan die vakbond of werkgewersorganisasie stuur. (8) Die nuwe naam is van krag vanaf die datum waarop die registrateur dit in die toepaslike register inskryf. 102 Amalgamasie van vakbonde of werkgewersorganisasies (1) Enige geregistreerde- (a) vakbond kan by resolusie besluit om met een of meer ander vakbonde te amalgameer, ongeag of daardie ander vakbonde geregistreer is, al dan nie; en werkgewersorganisasie kan by resolusie besluit om met een of meer ander werkgewersorganisasies te amalgameer, ongeag of daardie ander werkgewersorganisasies geregistreer is, al dan nie. (2) Die amalgamerende vakbonde of amalgamerende werkgewersorganisasies kan by die registrateur aansoek doen om die registrasie van die geamalgameerde vakbond of geamalgameerde werkgewersorganisasie selfs al is enige van die amalgamerende vakbonde of amalgamerende werkgewersorganisasies self reeds geregistreer is, en die registrateur moet die aansoek as 'n aansoek ingevolge artikel 96 hanteer. (3) Nadat die registrateur die geamalgameerde vakbond of geamalgameerde werkgewersorganisasie geregistreer het, moet die registrateur die registrasie van elk van die amalgamerende vakbonde of amalgamerende werkgewersorganisasies kanselleer deur hulle name uit die toepaslike register te verwyder. (4) Die registrasie van 'n geamalgameerde vakbond of 'n geamalgameerde werkgewersorganisasie is van krag vanaf die datum waarop die registrateur sy naam in die toepaslike register inskryf. (5) Wanneer die registrateur 'n geamalgameerde vakbond of geamalgameerde werkgewersorganisasie geregistreer het- (a) gaan al die bates, regte, verpligtinge en laste van die amalgamerende vakbonde of die amalgamerende werkgewersorganisasies oor op en berus dit by die geamalgameerde vakbond of die geamalgameerde werkgewersorganisasie; en volg die geamalgameerde vakbond of geamalgameerde werkgewersorganisasie die amalgamerende vakbonde of die amalgamerende werkgewersorganisasies op ten opsigte van- (i) (ii) (iii) (iv) (v) (vi) enige reg wat die amalgamerende vakbonde of die amalgamerende werkgewersorganisasies geniet het; enige fonds ingestel ingevolge hierdie Wet of enige ander wet; enige arbitrasietoekenning of hofbevel; enige kollektiewe ooreenkoms of ander ooreenkoms; lidmaatskap van enige raad; en enige skriftelike magtiging deur 'n lid vir die periodieke aftrekking van heffings of ledegelde verskuldig aan die amalgamerende vakbonde of amalgamerende werkgewersorganisasies. 103 Likwidasie van vakbonde of werkgewersorganisasies (1) Die Arbeidshof kan gelas dat 'n vakbond of werkgewersorganisasie gelikwideer word

70 indien- (a) die vakbond of werkgewersorganisasie by resolusie besluit het om te likwideer en by die Hof aansoek gedoen het om 'n bevel wat uitvoering aan daardie resolusie gee; of die registrateur of enige lid van die vakbond of werkgewersorganisasie om die likwidasie daarvan by die Hof aansoek gedoen het en die Hof oortuig is dat die vakbond of die werkgewersorganisasie weens die een of ander rede wat nie reggestel kan word nie, nie kan voortgaan om te funksioneer nie. [Sub-a. (1) vervang by a. 19 van Wet 12 van 2002.] (1A) Indien die registrateur die registrasie van 'n vakbond of werkgewersorganisasie ingevolge artikel 106 (2A) ingetrek het, moet enige persoon wat teen die likwidasie daarvan gekant is, bewys dat die vakbond of werkgewersorganisasie kan voortgaan om te funksioneer. [Sub-a. (1A) ingevoeg by a. 19 (c) van Wet 12 van 2002.] (2) Indien daar enige persone is wat nie voor die Arbeidshof verteenwoordig is nie, wie se belange geraak kan word deur 'n bevel ingevolge subartikel (1), moet die Hof- (a) daardie belange in ag neem alvorens besluit word of die bevel waarom aansoek gedoen is, verleen behoort te word, al dan nie; en indien die bevel waarom aansoek gedoen is, toegestaan word, bepalings by die bevel insluit wat oor elk van daardie belange beskik. (3) By die toestaan van 'n bevel ingevolge subartikel (1), kan die Arbeidshof 'n geskikte persoon as likwidateur op gepaste voorwaardes aanstel. (4) (a) Die griffier van die Arbeidshof moet die likwidateur se gelde bepaal. Die Arbeidshof kan die bepaling gedoen deur die griffier van die Arbeidshof, in kamers hersien. (c) Likwidateursgelde wat betaalbaar is, is 'n voorkeurskuld, eerste in voorrang, teen die bates van die vakbond of werkgewersorganisasie. (5) Indien daar, nadat aan al die verpligtinge van die vakbond of werkgewersorganisasie voldoen is, enige bates oorbly waaroor nie ooreenkomstig die konstitusie van daardie vakbond of werkgewersorganisasie beskik kan word nie, moet die likwidateur daardie bates te gelde maak en die opbrengs aan die Kommissie vir sy eie gebruik oorbetaal. [Sub-a. (5) vervang by a. 19 (d) van Wet 12 van 2002.] (6) (a) Die Arbeidshof kan gelas dat die koste van die registrateur of enige ander persoon wat 'n aansoek ingevolge subartikel (1) ingebring het, betaal word uit die bates van die vakbond of werkgewersorganisasie. Enige koste ingevolge paragraaf (a) staan gelyk in rangorde met die likwidateur se gelde. [Sub-a. (6) bygevoeg by a. 19 (e) van Wet 12 van 2002.] [A. 103 gewysig by a. 19 (a) van Wet 12 van 2002.] 104 Likwidasie van vakbonde of werkgewersorganisasies vanweë insolvensie Iemand wat verlang dat 'n vakbond of werkgewersorganisasie gelikwideer word vanweë insolvensie, moet aan die Insolvensiewet, 1936 (Wet 24 van 1936), voldoen, en vir die doeleindes van hierdie artikel word enige verwysing na die hof in daardie Wet geïnterpreteer as 'n verwysing na die Arbeidshof. 105 Verklaring dat 'n vakbond nie meer onafhanklik is nie (1) Enige geregistreerde vakbond kan by die Arbeidshof aansoek doen om 'n bevel waarby verklaar word dat 'n ander vakbond nie meer onafhanklik is nie.

71 (2) Indien die Arbeidshof oortuig is dat 'n vakbond nie onafhanklik is nie, moet die Hof 'n verklarende bevel te dien effekte maak. [A. 105 gewysig by a. 20 van Wet 12 van 2002.] 106 Intrekking van registrasie van vakbonde of werkgewersorganisasies (1) Die griffier van die Arbeidshof moet die registrateur in kennis stel daarvan indien die Hof- (a) ingevolge artikel 103 of 104 gelas het dat 'n geregistreerde vakbond of 'n geregistreerde werkgewersorganisasie gelikwideer word; of kragtens artikel 105 verklaar het dat 'n geregistreerde vakbond nie onafhanklik is nie. [Sub-a. (1) vervang by a. 21 (a) van Wet 12 van 2002.] (2) Wanneer die registrateur 'n kennisgewing van die Arbeidshof ingevolge subartikel (1) ontvang, moet die registrateur die registrasie van die vakbond of werkgewersorganisasie intrek deur die naam daarvan uit die toepaslike register te verwyder. (2A) Die registrateur kan die registrasie van 'n vakbond of werkgewersorganisasie intrek deur sy naam uit die toepaslike register te verwyder indien die registrateur- (a) oortuig is dat die vakbond of werkgewersorganisasie nie 'n ware vakbond of werkgewersorganisasie is nie of opgehou het om as 'n ware vakbond of werkgewersorganisasie te funksioneer, na gelang van die geval; of 'n skriftelike kennisgewing uitgereik het waarin die vakbond of werkgewersorganisasie gelas word om artikels 98, 99 en 100 binne 'n tydperk van 60 dae na die kennisgewing na te kom en die vakbond of werkgewersorganisasie ondanks die kennisgewing nie daardie artikels nagekom het nie. [Sub-a. (2A) ingevoeg by a. 21 van Wet 12 van 2002,] (2B) Die registrateur mag nie kragtens subartikel (2A) optree nie tensy die registrateur minstens 60 dae tevore, 'n kennisgewing in die Staatskoerant gepubliseer het waarin- (a) kennis gegee is van die registrateur se voorneme om die registrasie van die vakbond of werkgewersorganisasie in te trek; en die vakbond of werkgewersorganisasie of enige ander belanghebbende partye genooi word om skriftelike vertoë te rig oor waarom die registrasie nie ingetrek moet word nie. [Sub-a. (2B) ingevoeg by a. 21 van Wet 12 van 2002,] (3) Wanneer 'n vakbond of 'n werkgewersorganisasie se registrasie ingetrek word, kom die regte wat hy ten gevolge van registrasie geniet het, tot 'n einde. Deel B Regulering van federasies van vakbonde en van werkgewersorganisasies (a 107) 107 Regulering van federasies van vakbonde of werkgewersorganisasies (1) 'n Federasie van vakbonde wat dit as hoofoogmerk het om die belange van werknemers te bevorder, en 'n federasie van werkgewersorganisasies wat dit as 'n hoofoogmerk het om die belange van werkgewers te bevorder, moet die registrateur- (a) binne drie maande na die stigting daarvan, en daarna teen 31 Maart elke jaar, voorsien van die name en adresse van sy lede en die getal persone wat elke lid in die federasie verteenwoordig; binne drie maande na die stigting daarvan, en daarna binne 30 dae na enige aanstelling of verkiesing van sy nasionale ampsdraers, voorsien van die name en werksadresse van daardie ampsdraers, selfs al het hul aanstelling of verkiesing

72 nie enige veranderings in die samestelling van sy ampsdraers tot gevolg gehad nie; (c) binne drie maande na die stigting daarvan, voorsien van 'n gewaarmerkte afskrif van sy konstitusie en 'n adres in die Republiek waar hy betekening sal aanvaar van enige dokument wat aan hom gerig is; (d) binne 30 dae na enige verandering aan sy konstitusie of van die adres wat aan die registrateur verskaf is soos in paragraaf (c) vereis, voorsien van 'n kennisgewing van daardie verandering; en (e) binne 14 dae nadat hy by resolusie besluit het om te likwideer, voorsien van 'n afskrif van daardie resolusie. (2) Betekening van enige dokument gerig aan 'n federasie van vakbonde of 'n federasie van werkgewersorganisasies by die mees onlangse adres wat aan die registrateur verskaf is, is vir alle doeleindes betekening van daardie dokument aan daardie federasie. (3) Die registrateur moet die naam van 'n federasie uit die toepaslike register verwyder indien die registrateur oortuig is dat dit gelikwideer of gesekwestreer is. Deel C Registrateur van arbeidsverhoudinge (aa ) 108 Aanstelling van registrateur van arbeidsverhoudinge (1) Die Minister moet 'n beampte van die Departement van Arbeid as die registrateur van arbeidsverhoudinge aanwys om die werksaamhede te verrig wat by of ingevolge hierdie Wet aan die registrateur opgedra word. (2) (a) Die Minister kan enige getal beamptes van die Departement as adjunk-registrateurs van arbeidsverhoudinge aanwys om die registrateur by te staan met die verrigting van die werksaamhede van registrateur ingevolge hierdie Wet. 'n Adjunkregistrateur kan enige van die werksaamhede van die registrateur verrig wat in die algemeen of in die besonder aan die adjunk gedelegeer is. (3) Die adjunkregistrateur van arbeidsverhoudinge, of indien daar meer as een is, die mees senior van hulle, tree op as registrateur wanneer- (a) die registrateur buite die Republiek is of van diens afwesig is, of om enige rede tydelik nie in staat is om die werksaamhede van registrateur te verrig nie; of die amp van registrateur vakant is. [Datum van inwerkingtreding van a. 108: 1 Januarie 1996.] 109 Werksaamhede van registrateur (1) Die registrateur moet- (a) 'n register van geregistreerde vakbonde hou; 'n register van geregistreerde werkgewersorganisasies hou; (c) 'n register van federasies van vakbonde hou wat die name bevat van die federasies wie se konstitusies aan die registrateur voorgelê is; (d) 'n register van federasies van werkgewersorganisasies hou wat die name bevat van die federasies wie se konstitu\sies aan die registrateur voorgelê is; en (e) 'n register van rade. (2) Binne 30 dae nadat 'n inskrywing in of skrapping uit 'n register gedoen is, moet die registrateur kennis van daardie inskrywing of skrapping in die Staatskoerant gee. (3) Die registrateur kan, na aanvoering van gegronde redes, enige van die tydperke wat in hierdie Hoofstuk vasgestel word, verleng of die laat-voldoening daaraan kondoneer, behalwe die tydperk waarin 'n persoon appèl teen 'n beslissing van die registrateur mag aanteken.

73 (4) Die registrateur moet al die ander werksaamhede verrig wat by of ingevolge hierdie Wet aan die registrateur opgedra word. [Datum van inwerkingtreding van a. 109: 1 Januarie 1996.] 110 Toegang tot inligting (1) Enigiemand kan in die registrateur se kantoor insae hê in enige van die volgende dokumente- (a) (c) die registers van geregistreerde vakbonde, geregistreerde werkgewersorganisasies, federasies van vakbonde en federasies van werkgewersorganisasies en van rade; die registrasiesertifikate en die geregistreerde konstitusies van geregistreerde vakbonde, geregistreerde werkgewersorganisasies en rade, en die konstitusies van federasies van vakbonde en federasies van werkgewersorganisasies; die ouditeur se verslag, in soverre daarin 'n mening uitgespreek word oor die aangeleenthede in artikel 98 (2) (ii) bedoel. (2) Die registrateur moet 'n gewaarmerkte afskrif van of uittreksel uit enige van die dokumente bedoel in subartikel (1) verskaf aan enige persoon wat die voorgeskrewe gelde betaal het. (3) Enigiemand wat 'n lid, ampsdraer of beampte van 'n geregistreerde vakbond of 'n geregistreerde werkgewersorganisasie is, of wat 'n lid is van 'n party by 'n raad, is geregtig om insae te hê in enige dokument wat ter nakoming van hierdie Wet deur daardie persoon se geregistreerde vakbond, geregistreerde werkgewersorganisasie, of raad aan die registrateur verskaf is. (4) Die registrateur moet 'n gewaarmerkte afskrif van of uittreksel uit enige dokument bedoel in subartikel (3), verskaf aan enigiemand wat ingevolge daardie subartikel 'n reg het om daardie dokument in te sien, en wat die voorgeskrewe geld betaal het. (5) Die registrateur moet enige van die volgende inligting kosteloos aan enigiemand verskaf- (a) (c) die name en werkadresse van persone wat nasionale ampsdraers van 'n geregistreerde vakbond, geregistreerde werkgewersorganisasie, 'n federasie of raad is; die adres in die Republiek waar 'n geregistreerde vakbond, geregistreerde werkgewersorganisasie, federasie of raad betekening van enige dokument wat aan hom gerig is, sal aanvaar; en enige van die besonderhede oor 'n federasie van vakbonde of 'n federasie van werkgewersorganisasies in artikel 107 (1) (a), (c) en (e) bedoel. Deel D Appèlle teen registrateur se besluit (a 111) 111 Appèlle teen registrateur se besluit (1) Binne 30 dae na die skriftelike kennisgewing van 'n besluit van die registrateur kan enigiemand wat deur die besluit veronreg voel, skriftelik eis dat die registrateur redes vir die besluit skriftelik verstrek. (2) Die registrateur moet binne 30 dae na ontvangs van 'n eis kragtens subartikel (1) aan die aansoeker skriftelike redes vir die besluit gee. (3) Enigiemand wat veronreg voel deur 'n besluit van die registrateur, kan na die Arbeidshof teen daardie besluit appelleer binne 60 dae na- (a) die datum van die registrateur se besluit; of

74 indien skriftelike redes vir die besluit geëis word, die datum van daardie redes. (4) Die Arbeidshof kan, by aanvoering van gegronde redes die tydperk verleng waarbinne 'n persoon 'n appèl teen 'n besluit van die registrateur kan aanteken. HOOFSTUK VII GESKILBESLEGTING (aa ) Deel A Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (aa ) 112 Instelling van Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie Die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie word hierby as 'n regspersoon ingestel. [Datum van inwerkingtreding van a. 112: 1 Januarie 1996.] 113 Onafhanklikheid van Kommissie Die Kommissie is onafhanklik van die Staat, enige politieke party, vakbond, werkgewer, werkgewersorganisasie, federasie van vakbonde of federasie van werkgewersorganisasies. 114 Regsgebied en kantore van Kommissie (1) Die Kommissie het jurisdiksie in al die provinsies van die Republiek. (2) Die Minister moet, na oorlegpleging met die beheerliggaam, die ligging van die Kommissie se hoofkantoor bepaal. (3) Die Kommissie moet 'n kantoor in elke provinsie van die Republiek en soveel plaaslike kantore as wat hy nodig ag, in stand hou. 115 Werksaamhede van Kommissie (1) Die Kommissie moet- (a) poog om enige geskil wat ingevolge hierdie Wet na hom verwys word, deur middel van versoening te besleg; indien 'n geskil wat na hom verwys is, steeds onbesleg is na versoening, die geskil arbitreer indien- (i) hierdie Wet arbitrasie vereis en enige party by die geskil versoek het dat die geskil deur arbitrasie besleg word; of (ii) al die partye by 'n geskil ten opsigte waarvan die Arbeidshof jurisdiksie het tot arbitrasie onder beskerming van die Kommissie instem; (c) bystand verleen met die instelling van werkplekforums op die wyse beoog in Hoofstuk V; en (d) inligting en statistiek oor sy bedrywighede saamstel en publiseer. (2) Die Kommissie kan- (a) indien daarom gevra, 'n party by 'n geskil adviseer oor die prosedure wat ingevolge hierdie Wet gevolg moet word; xx * indien daarom gevra, 'n party by 'n geskil help om regsadvies, regsbystand of regsverteenwoordiging te bekom; xxi * (c) aanbied om 'n geskil wat nie na die Kommissie verwys is nie, deur versoening te besleg; xxii * (ca) reëls uitvaardig- (i) om, behoudens Bylae 3, die verrigtinge by sy vergaderings en by die vergaderings van enige komitee van die Kommissie te reël; (ii) waarby die praktyk en prosedure van die komitee vir noodsaaklike dienste gereël word; (iii) wat die praktyk en prosedure reël-

75 (f) (g) (h) (aa) by enige proses vir die beslegting van 'n geskil deur versoening; (bb) by arbitrasieverrigtinge; en (iv) wat die bedrag van enige geld wat die Kommissie kragtens artikel 147 mag hef, bepaal en die betaling van so 'n geld in besonderheid reël; [Par. (ca) ingevoeg by a. 6 (a) van Wet 127 van 1998.] (d) en (e)...[pare. (d) en (e) geskrap by a. 31 (a) van Wet 42 van 1996.] 'n verkiesing of stemming per stembrief vir 'n geregistreerde vakbond of geregistreerde werkgewersorganisasie hou, of toesig daaroor hou of dit nagaan, indien hy deur daardie vakbond of werkgewersorganisasie daarom gevra word; riglyne publiseer met betrekking tot enige aangeleentheid wat in hierdie Wet gereël word; navorsing doen oor aangeleenthede wat ter sake is by sy werksaamhede, en dit publiseer; en (i)...[par. (i) geskrap by a. 31 (a) van Wet 42 van 1996.] (2A) Die Kommissie kan reëls uitvaardig ter reëling van- (a) die praktyk en prosedure in verband met die beslegting van 'n geskil deur versoening of arbitrasie; die proses waardeur versoening geïnisieer word, en die vorm, inhoud en gebruik van daardie proses; (c) die proses waardeur arbitrasie of arbitrasieverrigtinge geïnisieer word, en die vorm, inhoud en gebruik van daardie proses; (d) die voeging van enige persoon met 'n belang by die geskil in enige versoeningsof arbitrasieverrigtinge; (e) die toetrede van enige persoon as 'n applikant of respondent in versoenings- of arbitrasieverrigtinge; (f) die wysiging van enige dagvaarding en die vervanging van enige party deur 'n ander in versoenings- of arbitrasieverrigtinge; (g) die ure waartydens kantore van die Kommissie oop sal wees om enige prosesstukke te ontvang; (h) enige tydperk wat nie getel sal word nie vir die doel om tyd of tydperke te bereken vir die aflewering van enige prosesstukke of kennisgewing rakende enige verrigtinge; (i) die vorms wat deur partye en die Kommissie gebruik moet word; (j) die grondslag waarop 'n kommissaris 'n kostebevel in enige arbitrasie kan maak; (k) die reg van enige persoon of kategorie persone om enige party in enige versoenings- of arbitrasieverrigtinge te verteenwoordig; (l) die omstandighede waarin die Kommissie gelde kan hef ten opsigte van enige versoenings- of arbitrasieverrigtinge of vir enige dienste wat die Kommissie lewer; en (m) alle ander aangeleenthede wat verband hou met die verrigting van die werksaamhede van die Kommissie. [Sub-a. (2A) ingevoeg by a. 22 (a) van Wet 12 van 2002.] (3) Indien daarom gevra, kan die Kommissie aan werknemers, werkgewers, geregistreerde vakbonde, geregistreerde werkgewersorganisasies, federasies van vakbonde, federasies van werkgewersorganisasies of rade advies gee of opleiding verskaf in verband met

76 aangeleenthede wat betrekking het op die hoofoogmerke van hierdie Wet, wat insluit, maar nie beperk is nie, tot- (a) die instelling van kollektiewe bedingingstrukture; die ontwerp, instelling en verkiesing van werkplekforums en die daarstelling van meganismes vir die uitskakeling van dooie punte; (c) die funksionering van werkplekforums; (d) die voorkoming en beslegting van geskille en van werknemers se griewe; (e) dissiplinêre prosedures; (f) prosedures met betrekking tot ontslag; (g) die proses van herstrukturering van die werkplek; (h) programme vir regstellende optrede en gelyke geleenthede; en (i) die voorkoming van seksuele teistering in die werkplek.[par. (i) ingevoeg by a. 31 van Wet 42 van 1996.] (4) Die Kommissie moet enige ander pligte hom opgedra, verrig, en kan enige ander bevoegdhede uitoefen wat by of ingevolge hierdie Wet aan hom verleen word, en is bevoeg om enige ander werksaamheid te verrig wat by enige ander wet aan hom toevertrou word. (5) Die beheerliggaam se prosedure-reëls, die aanstellingsvoorwaardes van sy lede en ander administratiewe aangeleenthede word in Bylae 3 behandel. (6) (a) 'n Reël kragtens subartikel (2) (ca) of (2A) uitgevaardig, moet in die Staatskoerant gepubliseer word. Die Kommissie is daarvoor verantwoordelik om te verseker dat publikasie plaasvind. 'n Reël wat aldus uitgevaardig is, het nie enige regskrag of -gevolg nie tensy dit aldus gepubliseer is. (c) 'n Reël wat aldus uitgevaardig is, word op die datum van publikasie van krag, tensy 'n later datum bepaal word. [Sub-a. (6) bygevoeg by a. 6 van Wet 127 van 1998 en vervang by a. 22 van Wet 12 van 2002.] 116 Beheerliggaam van Kommissie (1) Die Kommissie staan onder die bestuur en beheer van die beheerliggaam, wie se handelinge die handelinge van die Kommissie is. xxiii * (2) Die beheerliggaam bestaan uit- (a) 'n voorsitter en nege ander lede, elk wat deur NEOAR benoem en deur die Minister vir 'n tydperk van drie jaar in hul ampte aangestel xxiv * word; en die direkteur van die Kommissie, wat- (i) 'n lid is van die beheerliggaam slegs uit hoofde van die aanstelling as direkteur; en (ii) nie by vergaderings van die beheerliggaam mag stem nie. (3) NEOAR benoem- (a) een onafhanklike persoon vir die amp van voorsitter; drie persone voorgestel deur daardie stemgeregtigde lede van NEOAR wat die georganiseerde arbeidsektor verteenwoordig; (c) drie persone voorgestel deur daardie stemgeregtigde lede van NEOAR wat die georganiseerde besigheidsektor verteenwoordig; en (d) drie persone voorgestel deur daardie stemgeregtigde lede van NEOAR wat die Staat verteenwoordig.

77 [Datum van inwerkingtreding van a. 116: 1 Januarie 1996.] 117 Kommissarisse van Kommissie (1) Die beheerliggaam stel soveel voldoende gekwalifiseerde persone as kommissarisse aan as wat hy nodig ag om die werksaamhede van kommissarisse by of ingevolge hierdie Wet of enige ander wet te verrig. (2) Die beheerliggaam- (a) kan 'n kommissaris aanstel- (i) op óf 'n heeltydse óf 'n deeltydse grondslag; en (ii) as óf 'n kommissaris óf 'n senior kommissaris; moet elke kommissaris aanstel vir 'n vaste tydperk wat die beheerliggaam ten tyde van aanstelling moet bepaal; (c) kan 'n kommissaris, wat nie 'n senior kommissaris is nie, vir 'n proeftydperk (d) aanstel; en moet by doen van aanstellings na behore daarmee rekening hou dat dit nodig is om die Kommissie so saam te stel dat dit onafhanklik en bevoeg is en verteenwoordigend ten opsigte van ras en geslag is. (3) Enige verwysing in hierdie Wet na 'n kommissaris word, tensy anders aangedui, so uitgelê dat dit ook 'n senior kommissaris beteken. (4) Die beheerliggaam bepaal die kommissarisse se besoldiging en toelaes en enige ander aanstellingsbedinge en -voorwaardes wat nie in hierdie artikel vervat word nie. (5) 'n Kommissaris kan bedank deur skriftelik kennis aan die beheerliggaam te gee. (6) Die beheerliggaam moet 'n gedragskode vir die kommissarisse opstel en verseker dat hulle by die verrigting van hulle werksaamhede die gedragskode nakom. (7) Die beheerliggaam kan 'n kommissaris uit die amp onthef weens- (a) ernstige wangedrag; onbevoegdheid of ongeskiktheid; of (c) 'n wesenlike skending van die Kommissie se gedragskode. (8) Elke kommissaris is vir die verrigting van die kommissaris se werksaamhede teenoor die direkteur verantwoordelik. [Datum van inwerkingtreding van a. 117: 1 Januarie 1996.] 118 Direkteur van Kommissie (1) Die beheerliggaam moet as direkteur van die Kommissie 'n persoon aanstel wat- (a) oor bedrewenheid en ervaring van arbeidsverhoudinge en geskilbeslegting beskik; en nie aan enige oneerlikheidsmisdryf skuldig bevind is nie. (2) Die direkteur moet- (a) die werksaamhede verrig wat- (i) by of ingevolge hierdie Wet of by 'n ander wet aan die direkteur opgedra of verleen word; (ii) aan die direkteur deur die beheerliggaam gedelegeer is; die bedrywighede van die Kommissie bestuur en daaraan rigting gee; en (c) toesig oor die Kommissie se personeel hou. (3) Die beheerliggaam bepaal die direkteur se besoldiging en toelaes en enige ander aanstellingsbedinge en -voorwaardes wat nie in Bylae 3 vervat word nie. (4) Iemand wat as direkteur aangestel word, beklee outomaties die amp van 'n senior kommissaris.

78 (5) Ondanks subartikel (4) is die bepalings van artikel 117, met uitsondering van artikel 117 (6), nie op die direkteur van toepassing nie. [Datum van inwerkingtreding van a. 118: 1 Januarie 1996.] (6) Die direkteur kan in oorleg met die beheerliggaam enige van die werksaamhede verbonde aan daardie amp, behalwe die werksaamhede in artikels 120 en 138 (8) genoem, aan 'n kommissaris delegeer. [Sub-a. (6) bygevoeg by a. 7 van Wet 127 van 1998.] 119 Waarnemende direkteur van Kommissie (1) Die voorsitter van die beheerliggaam kan enige geskikte persoon aanstel om as direkteur waar te neem wanneer- (a) die direkteur buite die Republiek is of van diens afwesig is, of om die een of ander rede tydelik nie in staat is om die werksaamhede van direkteur te verrig nie; of die amp van direkteur vakant is. (2) Slegs 'n senior kommissaris kan as waarnemende direkteur aangestel word. (3) 'n Waarnemende direkteur is bevoeg om enige van die bevoegdhede en werksaamhede van die direkteur uit te oefen en te verrig. [Datum van inwerkingtreding van a. 119: 1 Januarie 1996.] 120 Personeel van Kommissie (1) Die direkteur kan, na oorleg met die beheerliggaam, personeel vir die Kommissie aanstel. (2) Die beheerliggaam bepaal die besoldiging en toelaes en enige ander aanstellingsbedinge en -voorwaardes van die personeellede. [Datum van inwerkingtreding van a. 120: 1 Januarie 1996.] 121 Instelling van komitees van Kommissie (1) Die beheerliggaam kan komitees instel om die Kommissie by te staan. (2) 'n Komitee kan uit enige kombinasie van die volgende persone bestaan- (a) 'n lid van die beheerliggaam; die direkteur; (c) 'n kommissaris; (d) 'n personeellid van die Kommissie; en (e) enige ander persoon. (3) Die beheerliggaam bepaal die besoldiging en toelaes en enige ander aanstellingsvoorwaardes van komiteelede in subartikel (2) (e) bedoel. (4) Die beheerliggaam kan te eniger tyd 'n besluit van enige komitee wysig of tersyde stel. (5) Die beheerliggaam kan enige komitee ontbind. [Datum van inwerkingtreding van a. 121: 1 Januarie 1996.] 122 Finansiering van Kommissie (1) Die Kommissie word gefinansier en voorsien van werkskapitaal vanuit- (a) die geld wat die Minister, met die instemming van die Minister van Finansies, by die inwerkingtreding van hierdie Wet uit staatsgeld aan die Kommissie moet toewys; die geld wat die Parlement van tyd tot tyd aan die Kommissie mag bewillig; (c) gelde wat ingevolge hierdie Wet aan die Kommissie betaalbaar is; (d) toekennings, skenkings en bemakings aan hom gedoen; en (e) inkomste verdien op surplusgeld wat gedeponeer of belê is.

79 (2) Die boekjaar van die Kommissie begin op 1 April elke jaar en eindig op 31 Maart van die volgende jaar, behalwe die eerste boekjaar, wat begin loop wanneer hierdie Wet in werking tree en eindig op die eersvolgende 31ste Maart. (3) Die Kommissie moet in elke boekjaar, op 'n tyd deur die Minister bepaal, aan die Minister 'n staat van die Kommissie se beraamde inkomste en uitgawes en die verlangde bewilliging van die Parlement vir die volgende boekjaar, voorlê. [Datum van inwerkingtreding van a. 122: 13 September 1996.] 123 Omstandighede waaronder Kommissie gelde mag vorder (1) Die Kommissie kan gelde vorder net vir- (a) die beslegting van geskille wat na hom verwys word, onder omstandighede waar hierdie Wet die Kommissie of 'n kommissaris toelaat om gelde te vorder; die hou van enige verkiesing of stemming per stembrief, of die toesighouding daaroor of nagaan daarvan, op versoek van 'n geregistreerde vakbond of werkgewersorganisasie; en (c) die gee van advies of verskaffing van opleiding ingevolge artikel 115 (3). (2) Die Kommissie mag nie gelde vorder nie tensy- (a) die beheerliggaam 'n tarief van gelde vasgestel het; en die gelde wat gevorder word, in ooreenstemming met daardie tarief is. (3) Die Kommissie moet die tarief in die Staatskoerant publiseer. 124 Kontraktering deur Kommissie, en Kommissie wat in samewerking met iemand optree (1) Die beheerliggaam kan- (a) met enigiemand kontrakteer om werk vir die Kommissie te doen of met enige geakkrediteerde agentskap kontrakteer om, hetsy teen vergoeding of andersins, enige werksaamheid van die Kommissie namens hom te verrig; en[par. (a) vervang by a. 32 van Wet 42 van 1996.] 'n werksaamheid van die Kommissie in samewerking met enige persoon verrig. (2) Enigiemand met wie die Kommissie kontrakteer of in samewerking met wie hy optree, is gebonde aan die vereiste van onafhanklikheid wat die Kommissie bind. [Datum van inwerkingtreding van a. 124: 1 Januarie 1996.] 125 Delegering van beheerliggaam se bevoegdhede, werksaamhede en pligte (1) Die beheerliggaam kan enige van sy werksaamhede, behalwe die werksaamhede hieronder genoem, skriftelik delegeer aan enige lid van die beheerliggaam, of aan die direkteur, of 'n kommissaris of aan 'n komitee deur die Kommissie ingestel. Die werksaamhede wat die beheerliggaam nie mag delegeer nie, is- (a) die aanstelling van die direkteur; die aanstelling van kommissarisse, of die ampsontheffing van 'n kommissaris; (c) die deponering of belê van surplusgeld; (d) die akkreditering van rade of private agentskappe, of die wysiging, intrekking of hernuwing van hul akkreditasie; of (e) die subsidiëring van geakkrediteerde rade of geakkrediteerde agentskappe. (2) Die beheerliggaam kan voorwaardes aan 'n delegasie koppel, en kan 'n delegasie te eniger tyd wysig of intrek. (3) 'n Werksaamheid aan die direkteur gedelegeer, kan verrig word deur enige kommissaris of personeellid van die Kommissie wat deur die direkteur gemagtig is, tensy die voorwaardes van daardie delegasie die direkteur belet om dit te doen.

80 (4) Die beheerliggaam kan enige besluit deur 'n persoon geneem uit hoofde van 'n delegasie ingevolge subartikel (1), wysig of tersyde stel. (5) Die beheerliggaam word nie deur die delegering van enige werksaamheid ontneem van enige bevoegdheid of onthef van enige werksaamheid of plig wat hy gedelegeer het nie. Hierdie reël is ook van toepassing indien die direkteur die verrigting van 'n werksaamheid subdelegeer ingevolge subartikel (3). [Datum van inwerkingtreding van a. 125: 1 Januarie 1996.] 126 Beperking van aanspreeklikheid, en beperkings op openbaarmaking van inligting (1) In hierdie artikel beteken "die Kommissie"- (a) die beheerliggaam; 'n lid van die beheerliggaam; (c) die direkteur; (d) 'n kommissaris; (e) 'n personeellid van die Kommissie; (f) (g) 'n lid van enige komitee deur die beheerliggaam ingestel; en enigiemand met wie die beheerliggaam gekontrakteer het om werk te doen vir, of in samewerking met wie die beheerliggaam 'n werksaamheid verrig van, die Kommissie. (2) Die Kommissie is nie aanspreeklik vir enige verlies gely deur enigiemand as gevolg van enige handeling wat te goeder trou in die loop van die verrigting van die werksaamhede van die Kommissie verrig of nagelaat is nie. (3) Die Kommissie mag nie enige inligting, kennis of dokument wat hy op vertroulike grondslag of sonder benadeling van regte in die loop van die verrigting van sy werksaamhede verkry het, aan enigiemand of in enige hof openbaar maak nie, behalwe op bevel van 'n hof. Deel B Akkreditering van en subsidiëring van rade en private agentskappe (aa ) 127 Akkreditering van rade en private agentskappe (1) 'n Raad of private agentskap kan op die voorgeskrewe wyse by die beheerliggaam aansoek doen om akkreditering om enige van die volgende werksaamhede te verrig- (a) beslegting van geskille deur versoening; en arbitrering van geskille wat onbesleg bly na versoening, indien hierdie Wet arbitrasie vereis. (2) Vir doeleindes van hierdie artikel word die verwysing na geskille uitgelê om die geskille uit te sluit wat beoog word in- (a) artikels 16, 21 en 22; xxv * artikel 24 (2) tot (5); xxvi * (c) artikel 24 (6) en (7) en artikel 26 (11); xxvii * (d) artikel 45; xxviii * (e) artikel 61 (5) tot (8); xxix * (f) artikel 62; xxx * (g) artikel 63; xxxi * (h) artikel 69 (8) tot (10); xxxii * (i) artikel 86; xxxiii * (j) artikel 89; xxxiv * (k) artikel 94. xxxv * (3) Die beheerliggaam kan bykomende inligting vereis ter stawing van die aansoek en

81 kan vir daardie doel van die aansoeker vereis om een of meer vergaderings van die beheerliggaam by te woon. (4) Die beheerliggaam kan 'n aansoeker akkrediteer om enige werksaamheid te verrig waarvoor hy akkreditasie verlang, na oorweging van die aansoek, enige verdere inligting wat deur die aansoeker verskaf is, asook- (a) of die dienste wat deur die aansoeker verskaf word, aan die Kommissie se standaarde voldoen; (c) (d) (e) (f) of die aansoeker in staat is om sy bedrywighede doeltreffend uit te voer; of die persone wat deur die aansoeker aangestel word om daardie werksaamhede te verrig, dit sal doen op 'n wyse wat onafhanklik is van die Staat, enige politieke party, vakbond, werkgewer, werkgewersorganisasie, federasie van vakbonde of federasie van werkgewersorganisasies; of die persone wat deur die aansoeker aangestel word om daardie werksaamhede te verrig, bevoeg sal wees om daardie werksaamhede te verrig en enige gepaardgaande bevoegdhede uit te oefen; of die aansoeker 'n aanvaarbare gedragskode het ter regulering van die persone wat hy aanstel om daardie werksaamhede te verrig; of die aansoeker aanvaarbare dissiplinêre prosedures aanwend om te verseker dat elke persoon wat hy aanstel om enige van daardie werksaamhede te verrig, die gedragskode sal onderskryf en daarby sal hou; en (g) of die aansoeker 'n diens bevorder wat in breë trekke verteenwoordigend van die Suid-Afrikaanse gemeenskap is. [Par. (g) gewysig by a. 33 van Wet 42 van 1996.] (h)...[par. (h) geskrap by a. 33 (c) van Wet 42 van 1996.] (5) Indien die beheerliggaam besluit- (a) om die aansoeker te akkrediteer, moet die beheerliggaam- (i) die aansoeker se naam in die register van geakkrediteerde rade of die register van geakkrediteerde agentskappe inskryf; (ii) 'n akkrediteringsertifikaat op naam van die aansoeker uitreik wat die tydperk en ander bepalings van die akkreditasie vermeld; (iii) die sertifikaat aan die aansoeker stuur; en (iv)... [Sub-par. (iv) geskrap by a. 23 (a) van Wet 12 van 2002.] om die aansoeker nie te akkrediteer nie, moet die beheerliggaam die onsuksesvolle aansoeker skriftelik van sy besluit in kennis stel. (5A) Die beheerliggaam moet jaarliks 'n lys van geakkrediteerde rade en geakkrediteerde agentskappe publiseer. [Sub-a. (5A) ingevoeg by a. 23 van Wet 12 van 2002.] (6) Die bepalings van die akkreditasie moet die mate vermeld waarin die bepalings van elke artikel in Deel C van hierdie Hoofstuk op die geakkrediteerde raad of geakkrediteerde agentskap van toepassing is. (7) (a) Enigiemand het insae in die registers en sertifikate van geakkrediteerde rade of geakkrediteerde agentskappe wat in die Kommissie se kantore gehou word. Die Kommissie moet 'n gewaarmerkte afskrif van of uittreksel uit enige van die dokumente in paragraaf (a) bedoel, verskaf aan enige persoon wat die voorgeskrewe gelde betaal het.

82 [Datum van inwerkingtreding van a. 127: 13 September 1996.] 128 Algemene bepalings met betrekking tot akkreditering (1) (a) 'n Geakkrediteerde raad of geakkrediteerde agentskap kan gelde vorder vir die verrigting van enige van die werksaamhede waarvoor hy geakkrediteer is onder omstandighede waar hierdie Wet 'n kommissaris veroorloof om gelde te vorder.[par. (a) vervang by a. 34 van Wet 42 van 1996 en by a. 24 (a) van Wet 12 van 2002.] Enige gelde wat ingevolge paragraaf (a) gevorder word, moet in ooreenstemming wees met die tarief van gelde van tyd tot tyd deur die Kommissie bepaal. (2) (a) 'n Geakkrediteerde raad of geakkrediteerde agentskap of iemand wat by enigeen van hulle in diens is om die werksaamhede te verrig waarvoor dit geakkrediteer is, is nie aanspreeklik vir enige verlies gely deur enigiemand as gevolg van enige handeling wat te goeder trou in die loop van die verrigting van daardie werksaamhede verrig of nagelaat is nie. 'n Geakkrediteerde raad, 'n geakkrediteerde agentskap of iemand wat by enigeen van hulle in diens is om die werksaamhede te verrig waarvoor dit geakkrediteer is, mag nie enige inligting, kennis of dokument wat hy of daardie persoon op 'n vertroulike grondslag of sonder benadeling van regte in die loop van die verrigting van daardie werksaamhede verkry het, aan enigiemand of in enige hof openbaar maak nie, behalwe op bevel van 'n geregshof. (3) (a) (i) 'n Geakkrediteerde raad kan aan enige persoon deur hom aangestel om 'n geskil te besleg, die bevoegdhede verleen van 'n kommissaris ingevolge artikel 142, gelees met die veranderinge wat die konteks vereis. (ii) Vir hierdie doel word enige verwysing in daardie artikel na die direkteur gelees as 'n verwysing na die sekretaris van die bedingingsraad. 'n Geakkrediteerde private agentskap kan aan enige persoon deur hom aangestel om 'n geskil te besleg, die bevoegdhede verleen van 'n kommissaris ingevolge artikel 142 (1) (a) tot (e), (2) en (7) tot (9), gelees met die veranderinge wat die konteks vereis. [Sub-s. (3) bygevoeg by a. 24 van Wet 12 van 2002.] [Datum van inwerkingtreding van a. 128: 13 September 1996.] 129 Wysiging van akkreditering (1) 'n Geakkrediteerde raad of geakkrediteerde agentskap kan op die voorgeskrewe wyse by die beheerliggaam aansoek doen om sy akkreditering te wysig. (2) Die beheerliggaam moet die aansoek as 'n aansoek ingevolge artikel 127 hanteer. 130 Intrekking van akkreditasie Indien 'n geakkrediteerde raad of geakkrediteerde agentskap in gebreke bly om in wesenlike mate aan die voorwaardes van sy akkreditasie te voldoen, kan die beheerliggaam sy akkreditasie intrek nadat redelike kennis van die intrekking aan daardie raad of geakkrediteerde agentskap gegee is. 131 Aansoek om akkreditasie te hernieu (1) 'n Geakkrediteerde raad of geakkrediteerde agentskap kan op die voorgeskrewe wyse by die beheerliggaam aansoek doen om sy akkreditasie te hernieu, hetsy in die bestaande of in 'n gewysigde vorm. (2) Die beheerliggaam moet die aansoek om hernuwing as 'n aansoek ingevolge artikel 127 hanteer. 132 Subsidie aan raad of private agentskap (1) (a) 'n Raad kan op die voorgeskrewe vorm by die beheerliggaam om 'n subsidie aansoek doen vir die verrigting van enige geskilbeslegtingswerksaamhede wat die raad volgens voorskrif van hierdie Wet moet verrig, en vir die opleiding van persone om daardie

83 werksaamhede te verrig. 'n Geakkrediteerde agentskap, of 'n private agentskap wat om akkreditering aansoek gedoen het, kan op die voorgeskrewe vorm by die beheerliggaam om 'n subsidie aansoek doen vir die verrigting van enige geskilbeslegtingswerksaamhede waarvoor hy geakkrediteer is of om akkreditering aansoek gedoen het, en vir die opleiding van persone om daardie werksaamhede te verrig.[sub-a. (1) vervang by a. 35 van Wet 42 van 1996.] (2) Die beheerliggaam kan bykomende inligting ter stawing van die aansoek vereis, en kan vir daardie doel van die aansoeker vereis om een of meer vergaderings van die beheerliggaam by te woon. (3) Die beheerliggaam kan 'n subsidie aan die aansoeker toestaan na oorweging van die aansoek, enige bykomende inligting wat deur die aansoeker verskaf is, en- (a) die behoefte aan die verrigting deur die aansoeker van die werksaamhede waarvoor hy geakkrediteer is; die mate waarin die publiek die aansoeker gebruik om die werksaamhede te verrig waarvoor hy geakkrediteer is; (c) die koste wat die verrigting deur die aansoeker van die werksaamhede waarvoor hy geakkrediteer is, vir gebruikers inhou; (d) die redes waarom 'n subsidie verlang word; (e) die bedrag wat aangevra word; en (f) die aansoeker se vermoë om sy finansiële sake in ooreenstemming met aanvaarde rekeningkundige praktyk, beginsels en prosedures te bestuur. (4) Indien die beheerliggaam besluit- (a) om 'n subsidie aan die aansoeker toe te staan, moet die beheerliggaam- (i) die aansoeker skriftelik van die bedrag, duur en voorwaardes van die subsidie in kennis stel; en (ii) so gou doenlik na die besluit die skriftelike kennisgewing in die Staatskoerant publiseer; of om nie 'n subsidie aan die aansoeker toe te staan nie, moet die beheerliggaam die onsuksesvolle aansoeker skriftelik van sy besluit in kennis stel. (5) 'n Subsidie ingevolge subartikel (4) (a) toegestaan- (a) mag nie aan 'n raad of private agentskap betaal word, tensy dit geakkrediteer is nie; en verstryk aan die einde van daardie boekjaar van die Kommissie waarin dit toegestaan is. (6) (a) Enigiemand het insae in 'n skriftelike kennisgewing bedoel in subartikel (4) (a) wat in die Kommissie se kantore gehou word. Die Kommissie moet 'n gewaarmerkte afskrif van, of uittreksel uit, 'n skriftelike kennisgewing bedoel in paragraaf (a) verskaf aan enigiemand wat die voorgeskrewe gelde betaal het. (7) Indien 'n geakkrediteerde raad of geakkrediteerde agentskap in gebreke bly om in wesenlike mate aan die voorwaardes van sy subsidie te voldoen, kan die beheerliggaam die subsidie intrek nadat hy redelike kennis van die intrekking aan daardie raad of agentskap gegee het. (8) (a) 'n Geakkrediteerde raad of geakkrediteerde agentskap aan wie 'n subsidie toegestaan is, kan op die voorgeskrewe wyse by die beheerliggaam aansoek doen om sy subsidie

84 te hernieu, hetsy in die bestaande of in 'n gewysigde vorm en bedrag. Die beheerliggaam moet die aansoek om hernuwing as 'n aansoek ingevolge subartikels (1) tot (4) hanteer. [Datum van inwerkingtreding van a. 132: 13 September 1996.] Deel C Geskilbeslegting onder beskerming van kommissie (aa ) 133 Beslegting van geskille onder beskerming van Kommissie (1) Die Kommissie moet 'n kommissaris aanstel wat moet poog om deur versoening- (a) 'n geskil te besleg wat ingevolge artikel 134 na hom verwys is; en enige ander geskil te besleg wat ingevolge hierdie Wet na hom verwys is. (2) Indien 'n geskil onbesleg bly na versoening, moet die Kommissie die geskil arbitreer indien- (a) hierdie Wet vereis dat die geskil gearbitreer word en 'n party by die geskil versoek het dat die geskil deur arbitrasie besleg word; of al die partye by die geskil ten opsigte waarvan die Arbeidshof jurisdiksie het, skriftelik instem tot arbitrasie onder beskerming van die Kommissie. [Sub-a. (2) vervang by a. 25 van Wet 12 van 2002.] 134 Geskille oor aangeleenthede van onderlinge belang (1) Enige party by 'n geskil oor 'n aangeleentheid van onderlinge belang kan die geskil skriftelik na die Kommissie verwys indien die partye by die geskil- (a) aan die een kant- (i) een of meer vakbonde is; (ii) een of meer werknemers is; of (iii) een of meer vakbonde en een of meer werknemers is; en aan die ander kant- (i) een of meer werkgewersorganisasies is; (ii) een of meer werkgewers is; of (iii) een of meer werkgewersorganisasies en een of meer werkgewers is. (2) Die party wat die geskil na die Kommissie verwys, moet die Kommissie oortuig dat 'n afskrif van die verwysing aan al die ander partye by die geskil beteken is. 135 Beslegting van geskille deur versoening (1) Wanneer 'n geskil na die Kommissie verwys is, moet die Kommissie 'n kommissaris aanstel wat moet poog om dit deur versoening te besleg. (2) Die aangestelde kommissaris moet poog om die geskil binne 30 dae na die datum waarop die Kommissie die verwysing ontvang het, deur versoening te besleg. Die partye kan egter ooreenkom om die 30-daetydperk te verleng. [Sub-a. (2) gewysig by a. 36 (a) van Wet 42 van 1996.] (3) Die kommissaris moet 'n proses bepaal waardeur gepoog sal word om die geskil te besleg, wat kan insluit- (a) (c) die bemiddeling van die geskil; die inwin van feite; en die doen van 'n aanbeveling aan die partye, wat die vorm van 'n adviserende arbitrasietoekenning mag aanneem. (3A) Indien 'n enkele kommissaris ingevolge subartikel (1) aangestel is ten opsigte van meer as een geskil waarby dieselfde partye betrokke is, kan daardie kommissaris die versoeningsverrigtinge konsolideer sodat daar met al die betrokke geskille tydens dieselfde

85 verrigtinge gehandel kan word. [Sub-a. (3A) ingevoeg by a. 8 (a) van Wet 127 van 1998.] (4)... [Sub-a. (4) vervang by a. 8 van Wet 127 van 1998 en geskrap by a. 26 van Wet 12 van 2002.] (5) Wanneer versoening misluk het, of aan die einde van die 30-daetydperk of enige verdere tydperk waarop tussen die partye ooreengekom is- (a) moet die kommissaris 'n sertifikaat uitreik wat verklaar of die geskil besleg is, al dan nie; moet die Kommissie 'n afskrif van daardie sertifikaat laat beteken aan elke party by die geskil of die persoon wat 'n party by die versoeningsverrigtinge verteenwoordig het; en (c) moet die Kommissie die oorspronklike van daardie sertifikaat by die Kommissie laat indien.[sub-a. (5) gewysig by a. 36 van Wet 42 van 1996.] (6) (a) Indien 'n geskil oor 'n aangeleentheid van onderlinge belang wat na die Kommissie verwys is en die party by die geskil met 'n noodsaaklike diens is, gemoeid is, kan die partye, ondanks subartikel (1), binne sewe dae na die datum waarop die Kommissie die verwysing ontvang het, instem- (i) tot die aanstelling deur die Kommissie van 'n bepaalde kommissaris wat moet poog om die geskil deur middel van versoening te besleg; en (ii) tot daardie kommissaris se opdrag. Indien die partye nie binne die sewedaetydperk tot óf die een óf die ander van daardie aangeleenthede instem nie, moet die Kommissie so gou doenlik- (i) (ii) 'n kommissaris aanstel wat moet poog om die geskil te besleg; en die kommissaris se opdrag bepaal. [Par. gewysig by a. 36 (c) van Wet 42 van 1996.] 136 Aanstelling van kommissaris om geskil deur arbitrasie te besleg (1) Indien hierdie Wet vereis dat 'n geskil deur arbitrasie besleg word, moet die Kommissie 'n kommissaris aanstel om daardie geskil te arbitreer, indien- (a) 'n kommissaris 'n sertifikaat uitgereik het wat verklaar dat die geskil steeds onbesleg is; en enige party by die geskil binne 90 dae ná die datum waarop daardie sertifikaat uitgereik is, versoek het dat die geskil deur arbitrasie besleg word. Die Kommissie kan egter 'n party se nie-nakoming van dié tydsvereiste kondoneer ná aanvoering van gegronde redes, en 'n versoek om arbitrasie wat deur die party nà verstryking van die 90-daetydperk ingedien is, toelaat. [Par. vervang by a. 9 (a) van Wet 127 van 1998.] (2) 'n Kommissaris wat ingevolge subartikel (1) aangestel is, kan dieselfde kommissaris wees wat gepoog het om die geskil deur versoening te besleg. (3) 'n Party by die geskil wat beswaar wil maak daarteen dat die arbitrasie ook gedoen word deur die kommissaris wat probeer het om die geskil deur versoening te besleg, kan dit doen deur 'n beswaar in dié verband by die Kommissie in te dien binne sewe dae ná die datum waarop die kommissaris se sertifikaat uitgereik is, en moet die Kommissie oortuig dat 'n afskrif van die beswaar beteken is aan al die ander partye by die geskil. [Sub-a. (3) vervang by a. 9 van Wet 127 van 1998.] (4) Wanneer die Kommissie 'n beswaar ontvang, moet hy 'n ander kommissaris aanstel

86 om die geskil deur arbitrasie te besleg. (5) (a) Die partye by 'n geskil kan die Kommissie versoek om, by die aanstelling van 'n kommissaris ingevolge subartikel (1) of (4), hulle vermelde voorkeur in ag te neem in die mate wat dit onder al die omstandighede redelikerwys uitvoerbaar is. Die vermelde voorkeur beoog in paragraaf (a) moet- (i) skriftelik wees; (ii) nie meer as vyf kommissarisse lys nie; (iii) verklaar dat die versoek gerig word met die instemming van al die partye by die geskil; en (iv) voorgelê word binne 48 uur na die datum van die sertifikaat bedoel in subartikel (1) (a). (6) Indien die omstandighede beoog in subartikel (1) bestaan en die partye by die geskil met 'n noodsaaklike diens gemoeid is, is die bepalings van artikel 135 (6), saamgelees met die veranderinge wat in die konteks nodig is, van toepassing op die aanstelling van 'n kommissaris om die geskil deur arbitrasie te besleg. 137 Aanstelling van senior kommissaris om geskil deur arbitrasie te besleg (1) Enige party by 'n geskil kan, onder die omstandighede beoog in artikel 136 (1) by die direkteur aansoek doen om 'n senior kommissaris aan te stel om te poog om die geskil deur arbitrasie te besleg. (2) By oorweging of die geskil na 'n senior kommissaris verwys moet word, moet die direkteur die party wat die aansoek doen, enige ander party by die geskil en die kommissaris wat gepoog het om die geskil te versoen, aanhoor. (3) Die direkteur kan 'n senior kommissaris aanstel om die geskil deur arbitrasie te besleg, na oorweging- (a) van die aard van die regsvrae wat uit die geskil na vore kom; van die ingewikkeldheid van die geskil; (c) of daar botsende arbitrasietoekennings is wat ter sake is by die geskil; en (d) van die openbare belang. (4) Die direkteur moet die partye by die geskil van die besluit in kennis stel, en- (a) indien die aansoek toegestaan is, 'n senior kommissaris aanstel om die geskil te arbitreer; of indien die aansoek geweier is, die aanstelling van die kommissaris wat aanvanklik aangestel is, bekragtig, behoudens artikel 136 (4). [Par. vervang by a. 37 van Wet 42 van 1996.] (5) Die direkteur se besluit is finaal en bindend. (6) Niemand mag by enige geregshof om die hersiening van die direkteur se besluit aansoek doen alvorens die geskil gearbitreer is nie. 138 Algemene bepalings by arbitrasieverrigtinge (1) Die kommissaris doen die arbitrasie op 'n wyse wat die kommissaris gepas beskou ten einde die geskil billik en spoedig te beslis, en moet die wesenlike meriete van die geskil met die mins moontlike regsformaliteite hanteer. (2) Onderworpe aan die diskresie van die kommissaris wat betref die gepaste vorm vir die verrigtinge, kan 'n party by die geskil self getuienis aflê, getuies oproep om te getuig, die getuies van enige ander party ondervra, en afsluitingsbetoë aan die kommissaris rig. (3) Indien al die partye daartoe instem, kan die kommissaris die arbitrasieverrigtinge

87 opskort en poog om die geskil deur versoening te besleg. (4)... [Sub-a. (4) vervang by a. 10 van Wet 127 van 1998 en geskrap by a. 27 (a) van Wet 12 van 2002.] (5) Indien 'n party by die geskil in gebreke bly om óf persoonlik óf deur 'n verteenwoordiger by die arbitrasieverrigtinge teenwoordig te wees, en daardie party- (a) die geskil na die Kommissie verwys het, kan die kommissaris die aangeleentheid afwys; of nie die geskil na die Kommissie verwys het nie, kan die kommissaris- (i) voortgaan met die arbitrasieverrigtinge in die afwesigheid van die betrokke party; of (ii) die arbitrasieverrigtinge tot 'n latere datum verdaag. (6) Die kommissaris moet enige goeie praktykskode wat deur NEOAR uitgereik is of riglyne wat deur die Kommissie ooreenkomstig die bepalings van hierdie Wet gepubliseer is en wat tersaaklik is by 'n aangeleentheid wat in die arbitrasieverrigtinge oorweeg word, in aanmerking neem. (7) Binne 14 dae na die afloop van die arbitrasieverrigtinge- (a) moet die kommissaris 'n arbitrasietoekenning met bondige redes, wat deur daardie kommissaris onderteken is, uitreik; moet die Kommissie 'n afskrif van daardie toekenning beteken aan elke party by die geskil of die persoon wat 'n party by die arbitrasieverrigtinge verteenwoordig het; en (c) moet die Kommissie die oorspronklike van daardie toekenning by die griffier van die Arbeidshof indien. (8) Die direkteur kan die tydperk waarin die arbitrasietoekenning en redes beteken en ingedien moet word, na aanvoering van gegronde redes verleng. (9) Die kommissaris kan enige gepaste arbitrasietoekenning ingevolge hierdie Wet maak, wat insluit, maar nie beperk is nie tot, 'n toekenning- (a) wat aan enige kollektiewe ooreenkoms uitvoering gee; wat aan die bepalings en hoofoogmerke van hierdie Wet uitvoering gee; (c) wat 'n verklarende bevel insluit of in die vorm daarvan is. (10) Die Kommissaris mag 'n kostebevel maak vir die betaling van koste volgens die vereistes van die reg en billikheid in ooreenstemming met reëls deur die Kommissie kragtens artikel 115 (2A) (j) uitgevaardig en met inagneming van- (a) enige tersaaklike goeie praktykkode ingevolge artikel 203 deur NEOAR uitgereik; enige tersaaklike riglyn deur die Kommissie uitgereik. [Sub-a. (10) vervang by a. 27 van Wet 12 van 2002.] 139 Spesiale bepalings vir arbitrasie van geskille by noodsaaklike dienste (1) Indien 'n geskil oor 'n aangeleentheid van onderlinge belang tot arbitrasie vorder en enige party met 'n noodsaaklike diens gemoeid is- (a) moet die kommissaris, binne 30 dae vanaf datum van die sertifikaat bedoel in artikel 136 (1) (a), of binne die langer tydperk waarop die partye by die geskil onderling ooreengekom het, die arbitrasie afhandel en 'n arbitrasietoekenning met bondige redes, wat deur daardie kommissaris onderteken is, uitreik; moet die Kommissie 'n afskrif van daardie toekenning laat beteken aan elke party by die geskil of die persoon wat 'n party by die arbitrasieverrigtinge

88 verteenwoordig het; en (c) moet die Kommissie die oorspronklike van daardie toekenning by die griffier van die Arbeidshof liasseer. (2) Die kommissaris mag nie 'n kostebevel by die arbitrasietoekenning insluit nie, tensy 'n party, of die persoon wat die party by die arbitrasieverrigtinge verteenwoordig het, deur die betrokkene se gedrag tydens die arbitrasieverrigtinge, op 'n beuselagtige of kwelsugtige wyse opgetree het. 140 Spesiale bepalings vir arbitrasies oor ontslag weens redes in verband met gedrag, geskiktheid of bekwaamheid (1)... [Sub-a. (1) geskrap by a. 28 van Wet 12 van 2002.] (2) Indien die kommissaris, ingevolge artikel 194 (1), bevind dat die ontslag prosedureel onbillik was, kan die kommissaris van die werkgewer 'n arbitrasiegeld vorder. 141 Beslegting van geskille indien partye instem tot arbitrasie onder beskerming van Kommissie (1) Indien 'n geskil na versoening steeds onbesleg is, moet die Kommissie die geskil arbitreer indien 'n party by die geskil andersins daarop geregtig sou wees om die geskil vir beregting na die Arbeidshof te verwys, en al die partye, in plaas daarvan, skriftelik ooreenkom op arbitrasie onder beskerming van die Kommissie. [Sub-a. (1) vervang by a. 29 (a) van Wet 12 van 2002.] (2) Die arbitrasieverrigtinge geskied ooreenkomstig die bepalings van artikels 136, 137 en 138, saamgelees met die veranderinge wat in die konteks nodig is. (3) Die arbitrasie-ooreenkoms in subartikel (1) beoog, mag slegs met die skriftelike instemming van al die partye by daardie ooreenkoms beëindig word, tensy die ooreenkoms self anders bepaal. [Sub-a. (3) vervang by a. 29 van Wet 12 van 2002.] (4) 'n Party by die arbitrasie-ooreenkoms kan te eniger tyd by die Arbeidshof aansoek doen om daardie ooreenkoms te wysig of tersyde te stel, wat die Hof na aanvoering van gegronde redes kan doen. (5) (a) Indien 'n party by 'n arbitrasie-ooreenkoms verrigtinge in die Arbeidshof aanhangig maak teen enige ander party by daardie ooreenkoms oor 'n aangeleentheid wat die partye ooreengekom het om na arbitrasie te verwys, kan enige party by daardie verrigtinge die Hof versoek- (i) (ii) om daardie verrigtinge op te skort en die geskil na arbitrasie te verwys; of met die instemming van die partye en mits dit doenlik is, om met die verrigtinge voort te gaan met die Hof wat as arbiter optree, in welke geval die Hof net 'n bevel mag maak wat ooreenstem met die toekenning wat die arbiter sou kon gemaak het. Indien die Hof oortuig is dat daar voldoende rede is om die geskil ooreenkomstig die arbitrasie-ooreenkoms na arbitrasie te verwys, kan die Hof daardie verrigtinge op enige voorwaardes opskort. (6) Indien die bepalings van subartikel (1) van toepassing is, kan die kommissaris 'n toekenning maak wat die Arbeidshof sou kon gemaak het.[sub-a. (6) gewysig by a. 39 van Wet 42 van 1996.] 142 Bevoegdhede van kommissaris wanneer gepoog word om geskille te besleg (1) 'n Kommissaris wat aangestel is om te poog om 'n geskil te besleg, kan-

89 (a) (c) (d) (e) (f) iemand vir ondervraging dagvaar wat in staat mag wees om inligting te verskaf of wie se teenwoordigheid by die versoenings- of arbitrasieverrigtinge kan meewerk om die geskil te besleg; iemand dagvaar wat na vermoede in besit is van of beheer het oor enige boek, dokument of voorwerp wat vir die beslegting van die geskil ter sake is, om voor die kommissaris te verskyn om ondervra te word of daardie boek, dokument of voorwerp oor te lê; 'n deskundige oproep en, indien nodig, dagvaar, om voor die kommissaris te verskyn om getuienis af te lê wat vir die beslegting van die geskil ter sake is; iemand wat by die versoenings- of arbitrasieverrigtinge teenwoordig is of wat gedagvaar is of gedagvaar sou kon word vir enige doel in hierdie artikel uiteengesit, oproep om ondervra te word oor 'n aangeleentheid wat by die geskil ter sake is; 'n eed oplê aan of 'n bevestiging afneem van 'n persoon wat opgeroep is om getuienis af te lê of ondervra te word; te eniger redelike tyd, maar slegs na verkryging van die nodige skriftelike magtiging- (i) (ii) enige perseel waarin of waarop 'n boek, dokument of voorwerp wat ter sake is by die beslegting van die geskil, te vinde is of op redelike gronde vermoed word te vinde te wees, binnegaan of betree en inspekteer; en enige boek, dokument of voorwerp wat op of in daardie perseel is en wat ter sake is by die beslegting van die geskil, ondersoek, of vereis dat dit oorgelê word en daarop beslag lê; en (iii) 'n verklaring ten opsigte van enige aangeleentheid wat by die beslegting van die geskil ter sake is, afneem van enigiemand op die perseel wat bereid is om 'n verklaring af te lê; en[sub-par. (iii) bygevoeg by a. 40 van Wet 42 van 1996.] (g) enige van die boeke, dokumente of voorwerpe wat oorgelê is aan, of in beslag geneem is deur, die Kommissie, ondersoek en dit vir 'n redelike tydperk behou. (2) 'n Dagvaarding wat vir enige doel ingevolge subartikel (1) uitgereik word, moet deur die direkteur onderteken word en moet- (a) die persoon daarin genoem spesifiek aansê om voor die kommissaris te verskyn; die boek, dokument of voorwerp wat oorgelê moet word, voldoende identifiseer; en (c) die datum en tyd waarop en die plek waar daardie persoon moet verskyn, vermeld. (3) Die skriftelike magtiging bedoel in subartikel (1) (f)- (a) indien dit op 'n woonperseel betrekking het, mag net deur 'n regter van die Arbeidshof, met behoorlike inagneming van artikel 13 van die Grondwet, gegee word en dan net op aansoek van die kommissaris waarin onder eed of bevestiging die volgende inligting uiteengesit word- (i) (ii) (iii) (iv) die aard van die geskil; die tersaaklikheid van enige boek, dokument of voorwerp vir die beslegting van die geskil; die aanwesigheid van enige boek, dokument of voorwerp op of in daardie perseel; en die nodigheid vir die betreding, en om die boek, dokument of voorwerp te

90 ondersoek of daarop beslag te lê; en kan, in alle ander gevalle, deur die direkteur gegee word. (4) Die eienaar of bewoner van enige perseel wat 'n kommissaris gemagtig is om te betree en te inspekteer, en elke persoon in diens van daardie eienaar of bewoner, moet enige geriewe verskaf wat 'n kommissaris benodig om die perseel te betree en om 'n inspeksie of beslaglegging uit te voer. (5) Die kommissaris moet 'n kwitansie uitreik vir enige boek, dokument of voorwerp waarop ingevolge subartikel (4) beslag gelê is. (6) Die reg met betrekking tot privilegie soos van toepassing op 'n getuie wat gedagvaar is om voor 'n geregshof getuienis af te lê of 'n boek, dokument of voorwerp oor te lê, is eweseer van toepassing op die ondervraging van 'n persoon of die oorlê van, of beslaglegging op 'n boek, dokument of voorwerp ingevolge hierdie artikel. (7) (a) Die Kommissie moet die voorgeskrewe getuiegelde betaal aan elke persoon wat voor 'n kommissaris verskyn ter voldoening aan 'n getuiedagvaarding deur die kommissaris uitgereik. Enige persoon wat die Kommissie versoek om 'n getuiedag- vaarding uit te reik, moet die voorgeskrewe getuiegelde betaal aan elke persoon wat voor 'n kommissaris verskyn ter voldoening aan die getuiedagvaarding en teenwoordig bly totdat hy of sy deur die kommissaris verskoon word. (c) Die Kommissie kan by aanvoering van die gegronde redes afsien van die vereiste in paragraaf en die voorgestelde getuiegelde aan die getuie betaal. [Sub-a. (7) vervang by a. 30 (a) van Wet 12 van 2002.] (8) 'n Persoon pleeg minagting van die Kommissie- (a) indien, nadat die persoon gedagvaar is om voor die kommissaris te verskyn, die persoon sonder gegronde redes nie teenwoordig is op die tyd en plek in die dagvaarding vermeld nie; indien 'n persoon, na verskyning ter voldoening aan 'n getuiedagvaarding, in gebreke bly om teenwoordig te bly totdat die persoon deur die kommissaris verskoon word; (c) deur te weier om die eed af te lê of om 'n bevestiging as getuie te doen wanneer 'n kommissaris dit vereis; (d) deur te weier om enige vraag volledig en na daardie persoon se beste kennis en wete te beantwoord, behoudens subartikel (6); (e) indien die persoon, sonder goeie rede, in gebreke bly om 'n boek, dokument of voorwerp wat in die getuiedagvaarding vermeld is, aan 'n kommissaris oor te lê; (f) indien die persoon 'n kommissaris opsetlik verhinder om enige werksaamheid te verrig wat by of ingevolge hierdie Wet verleen of opgelê word; (g) indien die persoon 'n kommissaris beledig, neerhaal of kleineer, of die verrigtinge benadeel of op onbehoorlike wyse beïnvloed of onbehoorlikerwys die kommissaris se toekenning vooruitloop; (h) deur opsetlik die versoenings- of arbitrasieverrigtinge te ontwrig of deur enige ander wangedrag tydens daardie verrigtinge te pleeg; (i) deur enigiets anders met betrekking tot die Kommissie te doen wat, indien dit met betrekking tot 'n geregshof gedoen was, minagting van die hof sou uitgemaak het. (9) (a) 'n Kommissaris kan 'n bevinding maak dat 'n party minagting van die Kommissie pleeg om enige van die redes in subartikel (8) uiteengesit.

91 Die kommissaris kan die bevinding, tesame met die rekord van verrigtinge, na die Arbeidshof verwys vir sy besluit ingevolge subartikel (11). [Sub-a. (9) vervang by a. 30 van Wet 12 van 2002.] (10) Alvorens die Arbeidshof ingevolge subartikel (11) 'n besluit neem- (a) moet hy enige persoon wat vir minagting gedagvaar is, dagvaar om voor hom te verskyn op 'n datum wat die Hof bepaal; en kan hy enige ander persoon dagvaar om voor hom te verskyn op 'n datum wat die Hof bepaal; (c) kan hy enige bevel maak wat hy gepas ag, insluitende 'n bevel in die geval van 'n persoon wat nie 'n regspraktisyn is nie, dat die persoon se reg om 'n party in die Kommissie en die Arbeidshof te verteenwoordig, opgeskort word. [Sub-a. (10) bygevoeg by a. 30 (c) van Wet 12 van 2002.] (11) Die Arbeidshof kan die bevinding van 'n kommissaris bekragtig, wysig of tersyde stel. [Sub-a. (11) bygevoeg by a. 30 (c) van Wet 12 van 2002.] (12) Indien enige persoon versuim om voor die Arbeidshof te verskyn na aanleiding van 'n getuiedagvaarding uitgereik kragtens subartikel (10) (a), kan die Hof in die afwesigheid van daardie persoon enige bevel maak wat hy gepas ag. [Sub-a. (12) bygevoeg by a. 30 (c) van Wet 12 van 2002.] 142A Om 'n skikkingsooreenkoms 'n arbitrasietoekenning te maak (1) Die Kommissie kan, by ooreenkoms tussen die partye of op aansoek deur 'n party, enige skikkingsooreenkoms ten opsigte van enige geskil wat na die Kommissie verwys is, 'n arbitrasietoekenning maak. (2) Vir die doeleindes van subartikel (1) is 'n skikkingsooreenkoms 'n skriftelike ooreenkoms ter skikking van 'n geskil wat 'n party die reg het om na arbitrasie of na die Arbeidshof te verwys, uitgesonderd 'n geskil wat 'n party geregtig is om na arbitrasie te verwys ingevolge artikel 74 (4) of 75 (7). [A. 142A ingevoeg by a. 31 van Wet 12 van 2002.] 143 Uitwerking van arbitrasietoekennings (1) 'n Arbitrasietoekenning deur 'n kommissaris uitgereik, is finaal en bindend, en dit kan afgedwing word asof dit 'n bevel van die Arbeidshof is, tensy dit 'n adviserende arbitrasietoekenning is. [Sub-a. (1) vervang by a. 32 (a) van Wet 12 van 2002.] (2) Indien 'n arbitrasietoekenning 'n party gelas om 'n som geld te betaal, verdien die bedrag rente vanaf die datum van die toekenning en teen dieselfde koers as die koers wat van tyd tot tyd ingevolge artikel 2 van die Wet op die Voorgeskrewe Rentekoers, 1975 (Wet 55 van 1975), ten opsigte van 'n vonnisskuld voorgeskryf word, tensy die toekenning anders bepaal. (3) 'n Arbitrasietoekenning mag ingevolge subartikel (1) afgedwing word slegs as die direkteur gesertifiseer het dat die arbitrasietoekenning 'n toekenning is soos by subartikel (1) beoog. [Sub-a. (3) bygevoeg by a. 32 van Wet 12 van 2002.] (4) Indien 'n party versuim om 'n arbitrasietoekenning na te kom wat gelas dat 'n handeling verrig word, uitgesonderd die betaling van 'n bedrag geld, kan enige ander party by die toekenning dit afdwing deur middel van minagtingsverrigtinge wat in die Arbeidshof ingestel word. [Sub-a. (4) bygevoeg by a. 32 van Wet 12 van 2002.]

92 144 Wysiging en opheffing van arbitrasietoekennings en beslissings 'n Kommissaris wat 'n arbitrasietoekenning of beslissing uitgereik het, of enige ander kommissaris wat vir daardie doel deur die direkteur aangestel is, kan op eie inisiatief of op aansoek van enige geaffekteerde party 'n arbitrasietoekenning of beslissing verander of ophef- (a) wat verkeerdelik aangevra of verkeerdelik gemaak is in die afwesigheid van enige party wat deur daardie toekenning geraak word; waarin daar 'n dubbelsinnigheid of 'n klaarblyklike fout of weglating is, maar net (c) in die mate van dié dubbelsinnigheid, fout of weglating; of wat gemaak is as gevolg van 'n mistasting gemeen aan al die partye by die verrigtinge. [A. 144 vervang by a. 33 van Wet 12 van 2002.] 145 Hersiening van arbitrasietoekennings (1) 'n Party by 'n geskil wat beweer dat daar 'n gebrek is in enige arbitrasieverrigtinge onder beskerming van die Kommissie, kan by die Arbeidshof aansoek doen om 'n bevel wat die arbitrasietoekenning tersyde stel- (a) binne ses weke na die datum waarop die toekenning aan die aansoeker beteken is, tensy 'n misdryf bedoel in Dele 1 tot 4, of artikel 17, 20 of 21 (vir sover dit op voornoemde misdrywe betrekking het) van Hoofstuk 2 van die Wet op die Voorkoming en Bestryding van Korrupte Bedrywighede, 2004, by die vermeende gebrek betrokke is; of [Par. (a) vervang by a. 36 (1) van Wet 12 van 2004.] indien 'n misdryf bedoel in paragraaf (a) by die vermeende gebrek betrokke is, binne ses weke na die datum waarop die aansoeker sodanige misdryf ontdek. [Par. vervang by a. 36 (1) van Wet 12 van 2004.] (1A) Die Arbeidshof kan by aanvoering van gegronde redes die laat indiening van 'n aansoek ingevolge subartikel (1) kondoneer. [Sub-a. (1A) ingevoeg by a. 34 van Wet 12 van 2002.] (2) 'n Gebrek soos in subartikel (1) bedoel, beteken- (a) dat- (i) die kommissaris wangedrag gepleeg het met betrekking tot die pligte van die kommissaris as arbiter; (ii) die kommissaris 'n growwe onreëlmatigheid begaan het by die voer van die arbitrasieverrigtinge; of (iii) die kommissaris se bevoegdhede gedurende die arbitrasie oorskry is; of dat 'n toekenning onbehoorlik verkry is. (3) Die Arbeidshof kan die afdwinging van die toekenning hangende sy beslissing, opskort. (4) Indien die toekenning tersyde gestel word, kan die Arbeidshof- (a) die geskil beslis op die wyse wat hy gepas ag; of enige bevel uitreik wat hy gepas ag oor die prosedure wat gevolg moet word ten einde die geskil te besleg. 146 Uitsluiting van Wet op Arbitrasie Die Wet op Arbitrasie, 1965 (Wet 42 van 1965), is nie op enige arbitrasie onder beskerming van die Kommissie van toepassing nie. 147 Verrigting van geskilbeslegtingswerksaamhede deur Kommissie in buitengewone omstandighede

93 (1) (a) Indien dit in enige stadium nadat 'n geskil na die Kommissie verwys is, blyk dat die geskil oor die interpretasie of toepassing van 'n kollektiewe ooreenkoms handel, kan die Kommissie- (i) die geskil verwys vir beslegting ooreenkomstig die prosedures waarvoor in (ii) daardie kollektiewe ooreenkoms voorsiening gemaak word; of 'n kommissaris aanstel of, indien een alreeds aangestel is, die aanstelling van die kommissaris bekragtig, om die geskil ingevolge hierdie Wet te besleg. Die Kommissie kan van die partye by 'n kollektiewe ooreenkoms 'n geld vorder vir die verrigting van geskilbeslegtingswerksaamhede indien- (i) hul kollektiewe ooreenkoms nie 'n prosedure bepaal soos in artikel 24 (1) xxxvi * vereis nie; of (ii) die prosedure in die kollektiewe ooreenkoms bepaal, nie in werking is nie. (c) Die Kommissie kan van 'n party by 'n kollektiewe ooreenkoms 'n geld vorder indien daardie party die beslegting van die geskil gedwarsboom het. (2) (a) Indien dit in enige stadium nadat 'n geskil na die Kommissie verwys is, blyk dat die partye by die geskil partye is by 'n raad, kan die Kommissie- (i) (ii) die geskil na die raad vir beslegting verwys; of 'n kommissaris aanstel of, indien een alreeds aangestel is, die aanstelling van die kommissaris bekragtig, om die geskil ingevolge hierdie Wet te besleg. Die Kommissie kan van die partye by 'n raad 'n geld vorder vir die verrigting van die geskilbeslegtingswerksaamhede indien die raad se geskilbeslegtingsprosedure nie in werking is nie. (3) (a) Indien dit in enige stadium nadat 'n geskil na die Kommissie verwys is, blyk dat die partye by die geskil binne die geregistreerde bestek van 'n raad val en dat een of meer van die partye by die geskil nie partye by die raad is nie, kan die Kommissie- (i) (ii) die geskil na die raad vir beslegting verwys; of 'n kommissaris aanstel of, indien een alreeds aangestel is, die aanstelling van die kommissaris bekragtig, om daardie geskil ingevolge hierdie Wet te besleg. Die Kommissie kan van die partye by 'n raad 'n geld vorder vir die verrigting van die geskilbeslegtingswerksaamhede indien die raad se geskilbeslegtingsprosedure nie in werking is nie. (4) (a) Indien 'n geskil na die Kommissie verwys is en nie al die partye by die geskil binne die geregistreerde bestek van 'n raad of binne die geregistreerde bestek van twee of meer rade val nie, moet die Kommissie die geskil ingevolge hierdie Wet besleg. Die Kommissie het, in die omstandighede in paragraaf (a) beoog, uitsluitende bevoegdheid om daardie geskil te besleg. (5) (a) Indien dit in enige stadium nadat 'n geskil na die Kommissie verwys is, blyk dat die geskil na 'n geakkrediteerde agentskap verwys moes gewees het, kan die Kommissie- (i) die geskil na die geakkrediteerde agentskap vir beslegting verwys; of (ii) 'n kommissaris aanstel om die geskil ingevolge hierdie Wet te besleg. [Par. (a) gewysig by a. 41 (a) van Wet 42 van 1996.] Die Kommissie kan- (i) (ii) van die geakkrediteerde agentskap 'n geld vorder vir die verrigting van die geskilbeslegtingswerksaamhede indien die geakkrediteerde agentskap se geskilbeslegtingsprosedures nie in werking is nie; en die voortgesette akkreditering van daardie agentskap in hersiening neem.

94 (6) Indien dit in enige stadium nadat 'n geskil na die Kommissie verwys is, blyk dat die geskil, ingevolge 'n private ooreenkoms tussen die partye by die geskil, besleg moes word deur private geskilbeslegting, kan die Kommissie- (a) die geskil na die toepaslike persoon of liggaam vir beslegting deur private geskilbeslegtingsprosedures verwys; of 'n kommissaris aanstel om daardie geskil ingevolge hierdie Wet te besleg.[sub-a. (6) vervang by a. 41 van Wet 42 van 1996.] (7) Waar die Kommissie ingevolge hierdie artikel 'n geskil na 'n ander persoon of liggaam as 'n 'n kommissaris verwys, word die datum van die Kommissie se aanvanklike ontvangs van die geskil geag die datum te wees waarop die Kommissie die geskil elders verwys het. (8) Die Kommissie kan enige van die geskilbeslegtingswerksaamhede van 'n raad of 'n geakkrediteerde agentskap wat deur die raad aangestel is, verrig indien die raad of geakkrediteerde agentskap nalaat om sy geskilbeslegtingswerksaamhede te verrig in omstandighede waar daar regtens 'n verpligting bestaan om dit te verrig.[sub-a. (8) bygevoeg by a. 41 (c) van Wet 42 van 1996.] (9) By die toepassing van subartikels (2) en (3) beteken 'n party by 'n raad ook die lede van 'n geregistreerde vakbond of geregistreerde werkgewersorganisasie wat 'n party by die raad is.[sub-a. (9) bygevoeg by a. 41 (c) van Wet 42 van 1996.] 148 Kommissie kan advies verskaf (1) Die Kommissie kan, indien daarom gevra, enige party by 'n geskil adviseer oor die prosedure wat gevolg moet word vir die beslegting van daardie geskil ingevolge hierdie Wet. (2) Die Kommissie kan, in reaksie op 'n versoek om advies, die advies gee wat hy gepas ag. 149 Kommissie kan bystand lewer (1) Indien daarom gevra, kan die Kommissie 'n werknemer of werkgewer wat 'n party by 'n geskil is, bystaan- (a) om, saam met die Regshulpraad xxxvii *, te reël vir die advies of bystand van 'n regspraktisyn; om, saam met die Regshulpraad, te reël dat 'n regspraktisyn- (i) poog om die instelling van enige verrigtinge teen 'n werknemer of werkgewer ingevolge hierdie Wet, te vermy; (ii) poog om enige verrigtinge wat ingevolge hierdie Wet teen die werknemer of werkgewer ingestel is, te skik; (iii) namens die werknemer of werkgewer enige verrigtinge ingevolge hierdie Wet instel; (iv) namens die werknemer of werkgewer enige verrigtinge wat ingevolge hierdie Wet teen die werknemer of die werkgewer ingestel is, verdedig of teenstaan; of (c) deur enige ander vorm van bystand te verleen wat die Kommissie gepas ag. (2) Die Kommissie kan die bystand bedoel in subartikel (1) verleen na oorweging- (a) van die aard van die regsvrae wat uit die geskil na vore kom; van die ingewikkeldheid van die geskil; (c) of daar botsende arbitrasietoekennings is wat ter sake is by die geskil; en (d) van die openbare belang. (3) So gou doenlik na ontvangs van 'n versoek ingevolge subartikel (1), maar nie later as 30 dae na die datum waarop die Kommissie die versoek ontvang het nie, moet die Kommissie

95 die aansoeker skriftelik inlig of hy die aansoeker sal bystaan, al dan nie, en, indien wel, watter vorm die bystand sal aanneem. 150 Kommissie kan aanbied om geskil deur versoening te besleg (1) Indien die Kommissie bewus is van 'n geskil wat nie na hom verwys is nie, en indien die beslegting van die geskil in die openbare belang sou wees, kan die Kommissie aanbied om 'n kommissaris aan te stel om te poog om die geskil deur versoening te besleg. (2) Die Kommissie kan aanbied om 'n kommissaris aan te stel om die partye te help om deur verdere versoening 'n geskil te besleg wat na die Kommissie of 'n raad verwys is en ten opsigte waarvan- (a) 'n sertifikaat ingevolge artikel 135 (5) (a) uitgereik is wat verklaar dat die geskil onbesleg bly; of die tydperk beoog by artikel 135 (2) verstryk het. [Sub-a. (2) vervang by a. 35 (a) van Wet 12 van 2002.] (3) Die Kommissie kan 'n kommissaris ingevolge subartikel (1) of (2) aanstel indien al die partye by die geskil tot daardie aanstelling instem. [Sub-a. (3) bygevoeg by a. 35 van Wet 12 van 2002.] Deel D Arbeidshof (aa ) 151 Instelling en status van Arbeidshof (1) Die Arbeidshof word hierby ingestel as 'n geregshof en 'n hof van ekwiteit. [Sub-a. (1) gewysig by a. 11 van Wet 127 van 1998.] (2) Die Arbeidshof is 'n hoërhof wat, met betrekking tot die aangeleenthede onder sy jurisdiksie, beskik oor gesag, inherente bevoegdhede en status wat gelykwaardig is aan dié waaroor 'n hof van 'n provinsiale afdeling van die Hooggeregshof met betrekking tot die aangeleenthede onder sy jurisdiksie, beskik. (3) Die Arbeidshof is 'n hof van rekord. 152 Samestelling van Arbeidshof (1) Die Arbeidshof bestaan uit- (a) (c) 'n Regter-president; 'n Adjunk-regter-president; en soveel regters as wat die President, handelende op advies van NEOAR en in oorleg met die Minister van Justisie en die Regter-president van die Arbeidshof, nodig ag. (2) Die Arbeidshof word gekonstitueer voor 'n enkele regter. (3) Die Arbeidshof kan in soveel afsonderlike howe sit as waarvoor daar regters beskikbaar is. 153 Aanstelling van regters van Arbeidshof (1) (a) Die President, handelende op advies van NEOAR en die Regterlike Dienskommissie waarvoor in die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996 (Wet 108 van 1996), voorsiening gemaak word (in hierdie Deel en Deel E die Regterlike Dienskommissie genoem), en na oorlegpleging met die Minister van Justisie, moet die Regter-president van die Arbeidshof aanstel. [Par. (a) vervang by a. 12 (a) (i) van Wet 127 van 1998.] Die President, handelende op advies van NEOAR en die Regterlike Dienskommissie, en na oorleg met die Minister van Justisie en die Regter-president van die Arbeidshof, moet die Adjunk-regter-president van die Arbeidshof aanstel.

96 [Par. gewysig by a. 12 (a) (ii) van Wet 127 van 1998.] (2) Die Regter-president en die Adjunk-regter-president van die Arbeidshof- (a) moet regters van die Hooggeregshof wees; en moet kundig, ervare en bedrewe wees in arbeidsreg. (3) Die Adjunk-regter-president moet as Regter-president van die Arbeidshof optree indien die Regter-president om enige rede nie in staat is om dit te doen nie. (4) Die President, handelende op advies van NEOAR en die Regterlike Dienskommissie, en na oorleg met die Minister van Justisie en die Regter-president van die Arbeidshof, kan een of meer persone wat aan die vereistes van subartikel (6) voldoen, aanstel as regters van die Arbeidshof. [Sub-a. (4) gewysig by a. 12 van Wet 127 van 1998.] (5) Die Minister van Justisie, na oorleg met die Regter-president van die Arbeidshof, kan een of meer persone wat aan die vereistes van subartikel (6) voldoen, aanstel as waarnemende regters van die Arbeidshof vir die tydperk wat die Minister van Justisie in elke geval bepaal.[sub-a. (5) vervang by a. 42 (a) van Wet 42 van 1996.] (6) 'n Regter van die Arbeidshof- (a) (i) moet 'n regter van die Hoë Hof wees; of [Sub-par. (i) gewysig by a. 12 (c) van Wet 127 van 1998.] (ii) moet 'n persoon wees wat 'n regspraktisyn is; en [Sub-par. (ii) vervang by a. 42 van Wet 42 van 1996.] moet kundig, ervare en bedrewe wees in arbeidsreg. [Datum van inwerkingtreding van a. 153: 1 Januarie 1996.] 154 Ampsbekleding, besoldiging en aanstellingsbedinge en -voorwaardes van regters van Arbeidshof (1) 'n Regter van die Arbeidshof word aangestel vir 'n tydperk wat deur die President ten tyde van aanstelling bepaal word. (2) 'n Regter van die Arbeidshof kan bedank deur skriftelik kennis aan die President te gee. (3) (a) Die amp van 'n regter van die Arbeidshof wat ook 'n regter van die Hoë Hof is, raak vakant- (i) wanneer die regter se ampstermyn in die Arbeidshof verstryk; (ii) wanneer die regter se bedanking van krag word; (iii) wanneer die regter van die amp onthef word; (iv) wanneer die regter ophou om 'n regter van die Hoë Hof te wees; of (v) wanneer die regter te sterwe kom. Die amp van 'n ander regter van die Arbeidshof raak vakant- (i) wanneer die regter se ampstermyn verstryk; (ii) wanneer die regter se bedanking van krag word; (iii) wanneer die regter van die amp onthef word; of (iv) wanneer die regter te sterwe kom. [Sub-a. (3) gewysig by a. 13 van Wet 127 van 1998.] (4) Die ampsbekleding en die besoldiging en aanstellingsbedinge en -voorwaardes wat ten opsigte van 'n regter van die Hoë Hof van toepassing is ingevolge die Wet op Besoldiging en Diensvoorwaardes van Regters, 1989 (Wet 88 van 1989), word nie geraak deur daardie regter se aanstelling en gelyktydige ampsbekleding as 'n regter van die Arbeidshof nie. [Sub-a. (4) gewysig by a. 13 van Wet 127 van 1998.]

97 (5) (a) Die besoldiging betaalbaar aan 'n regter van die Arbeidshof wat 'n persoon is soos bedoel in artikel 153 (6) (a) (ii), is dieselfde as dié wat aan 'n regter van die Hoë Hof betaalbaar is.[par. (a) vervang by a. 43 (a) van Wet 42 van 1996.] Die aanstellingsbedinge en -voorwaardes van 'n regter van die Arbeidshof in paragraaf (a) bedoel, is dieselfde as dié van 'n regter van die Hoë Hof. [Sub-a. (5) gewysig by a. 13 van Wet 127 van 1998.] (6) Iemand wat as 'n regter van die Arbeidshof aangestel is en wat nie ook 'n regter van die Hoë Hof is nie, kan die werksaamhede van 'n regter van die Arbeidshof verrig slegs na aflegging van 'n eed of plegtige verklaring in die voorgeskrewe vorm voor die Regter-president van die Arbeidshof. [Sub-a. (6) gewysig by a. 13 van Wet 127 van 1998.] (7) (a) 'n Regter van die Arbeidshof wat ook 'n regter van die Hoë Hof is- (i) kan uit die amp van regter van die Arbeidshof onthef word slegs indien daardie (ii) persoon eers uit die amp van regter van die Hoë Hof onthef is; en moet, na ontheffing uit die amp van regter van die Hoë Hof uit die amp van regter van die Arbeidshof onthef word. Die President, handelende op advies van NEOAR, en in oorleg met die Minister van Justisie en die Regter-president van die Arbeidshof, kan enige ander regter van die Arbeidshof van sy amp onthef weens onbehoorlike gedrag, ongeskiktheid of onbekwaamheid. [Sub-a. (7) gewysig by a. 13 van Wet 127 van 1998.] (8) Ondanks die verstryking van die tydperk waarvoor 'n persoon as 'n regter van die Arbeidshof aangestel is, kan dié persoon voortgaan om die werksaamhede van 'n regter van daardie Hof te verrig en in alle opsigte as sodanig gereken te word, slegs- (a) vir doeleindes van die afhandeling van enige verrigtinge waarin daardie persoon as 'n regter van daardie Hof deelgeneem het en wat by die verstryking van daardie persoon se aanstelling steeds hangende is of wat, nadat dit óf voor óf na die verstryking van daardie persoon se aanstelling aldus afgehandel is, heropen is; en vir so lank as wat daardie persoon noodsaaklikerwys betrokke sal wees in verband met die afhandeling van die verrigtinge wat aldus hangende of heropen is. [Sub-a. (8) bygevoeg by a. 43 van Wet 42 van 1996.] (9) Die bepalings van subartikels (2) tot (8), saamgelees met die veranderings wat in die konteks nodig is, is van toepassing op waarnemende regters ingevolge artikel 153 (5) aangestel.[sub-a. (9) bygevoeg by a. 43 van Wet 42 van 1996.] [Datum van inwerkingtreding van a. 154: 1 Januarie 1996.] 155 Beamptes van Arbeidshof (1) Die Minister van Justisie stel, behoudens die wette ter reëling van die staatsdiens, die volgende beamptes van die Arbeidshof aan- (a) iemand met ondervinding en bedrewenheid in arbeidsreg en administrasie, as die griffier van die Arbeidshof; en een of meer adjunkgriffiers en soveel ander beamptes van die Arbeidshof as wat die regsadministrasie vereis. (2) (a) Die beamptes van die Arbeidshof moet, onder toesig en beheer van die griffier van daardie Hof, die administratiewe werksaamhede van die Arbeidshof verrig. 'n Adjunkgriffier van die Arbeidshof kan enige van die werksaamhede van die griffier van daardie Hof verrig wat in die algemeen of spesifiek aan die adjunkgriffier gedelegeer is. (3) Die adjunkgriffier van die Arbeidshof of, indien daar meer as een is, die mees senior

98 van hulle, neem as griffier van die Arbeidshof waar wanneer ook al- (a) die griffier uit die Republiek of van diens afwesig is of om enige rede tydelik nie in staat is om die werksaamhede van griffier te verrig nie; of die amp van griffier vakant is. (4) Die beamptes van die Arbeidshof moet sekretariële en administratiewe bystand aan die Reëlsraad vir Arbeidshowe verleen. [Datum van inwerkingtreding van a. 155: 1 Januarie 1996.] 156 Regsgebied en setel van Arbeidshof (1) Die Arbeidshof het jurisdiksie in al die provinsies van die Republiek. (2) Die Minister van Justisie, handelende op advies van NEOAR, bepaal die setel van die Arbeidshof. (3) Die werksaamhede van die Arbeidshof kan op enige plek in die Republiek verrig word. [Datum van inwerkingtreding van a. 156: 1 Januarie 1996.] 157 Jurisdiksie van Arbeidshof (1) Behoudens die Grondwet en artikel 173, en behalwe waar hierdie Wet anders bepaal, het die Arbeidshof uitsluitende jurisdiksie ten opsigte van alle aangeleenthede wat elders ingevolge hierdie Wet of ingevolge enige ander wet deur die Arbeidshof beslis moet word. (2) Die Arbeidshof het konkurrente jurisdiksie met die Hoë Hof ten opsigte van 'n beweerde of dreigende skending van enige fundamentele reg in Hoofstuk 2 van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996, verskans wat voortspruit uit- (a) indienshouding of indiensneming, en uit arbeidsverhoudinge; 'n geskil oor die grondwetlikheid van enige uitvoerende of administratiewe handeling of optrede, of enige dreigende uitvoerende of administratiewe handeling of optrede, deur die Staat in sy hoedanigheid as 'n werkgewer; en (c) die toepassing van enige wet vir die uitvoering waarvan die Minister verantwoordelik is. [Sub-a. (2) vervang by a. 14 van Wet 127 van 1998.] (3) Enige verwysing in die Wet op Arbitrasie, 1965 (Wet 42 van 1965), na die hof moet geïnterpreteer word as verwysende na die Arbeidshof wanneer 'n arbitrasie ingevolge daardie Wet gevoer word ten opsigte van enige geskil wat ingevolge hierdie Wet na arbitrasie verwys word. (4) (a) Die Arbeidshof kan weier om enige geskil voor hom, behalwe op appèl of hersiening, te beslis indien die Hof nie oortuig is dat 'n poging aangewend is om die geskil deur versoening te besleg nie. 'n Sertifikaat uitgereik deur 'n kommissaris of 'n raad waarin verklaar word dat 'n geskil steeds onbesleg is, is voldoende bewys dat 'n poging aangewend is om daardie geskil deur versoening te besleg. (5) Behalwe soos in artikel 158 (2) bepaal, het die Arbeidshof nie jurisdiksie om 'n onbeslegte geskil te bereg indien hierdie Wet vereis dat die geskil deur arbitrasie besleg moet word nie. 158 Bevoegdhede van Arbeidshof (1) Die Arbeidshof kan- (a) enige gepaste bevel uitreik, insluitende- (i) die toestaan van dringende tussentydse regshulp; (ii) 'n interdik;

99 (iii) (iv) (v) (vi) 'n bevel wat gelas dat 'n bepaalde handeling verrig word, welke bevel, wanneer dit uitgevoer word, 'n onreg sal herstel en uitvoering aan die hoofoogmerke van hierdie Wet sal gee; 'n verklarende bevel; 'n toekenning van vergoeding in enige omstandighede in hierdie Wet beoog; 'n toekenning van skadevergoeding in enige omstandighede in hierdie Wet beoog; en 'n kostebevel; (vii) nakoming van enige bepaling van hierdie Wet gelas; (c) enige arbitrasietoekenning of enige skikkingsooreenkoms 'n bevel van die Hof maak; [Par. (c) vervang by a. 36 (a) van Wet 12 van 2002.] (d) (e) (f) (g) (h) (i) (j) die Kommissie versoek om 'n ondersoek in te stel ten einde die Hof by te staan, en om 'n verslag aan die Hof voor te lê; 'n geskil beslis tussen 'n geregistreerde vakbond of geregistreerde werkgewersorganisasie, en enigeen van die lede of aansoekers om lidmaatskap daarvan, oor 'n beweerde nie-nakoming van- (i) die konstitusie van daardie vakbond of werkgewersorganisasie (na gelang van die geval); of (ii) artikel 26 (5) ;[Par. (e) vervang by a. 44 van Wet 42 van 1996.] behoudens die bepalings van hierdie Wet, die laat-liassering van 'n dokument by, of die laat-verwysing van 'n geskil na, die Hof kondoneer; behoudens artikel 145, die verrigting of beweerde verrigting van enige werksaamheid waarvoor in hierdie Wet voorsiening gemaak word, in hersiening neem op enige gronde wat regtens geoorloof is; [Par. (g) vervang by a. 36 van Wet 12 van 2002.] enige besluit geneem of handeling verrig deur die Staat in sy hoedanigheid as werkgewer, in hersiening neem op enige gronde wat regtens geoorloof is; 'n appèl ingevolge artikel 35 van die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid, 1993 (Wet 85 van 1993), aanhoor en beslis; en met alle aangeleenthede handel wat noodsaaklik is vir of bykomstig is tot die verrigting van sy werksaamhede ingevolge hierdie Wet of enige ander wet. (1A) Vir die doeleindes van subartikel (1) (c) is 'n skikkingsooreenkoms 'n skriftelike ooreenkoms ter skikking van 'n geskil wat 'n party geregtig is om na arbitrasie of na die Arbeidshof te verwys, uitgesonderd 'n geskil wat 'n party geregtig is om na arbitrasie te verwys slegs ingevolge artikel 22 (4), 74 (4) of 75 (7). [Sub-a. (1A) ingevoeg by a. 36 (c) van Wet 12 van 2002.] (2) Indien in enige stadium nadat 'n geskil na die Arbeidshof verwys is, dit aan die Hof blyk dat die geskil na arbitrasie verwys moes gewees het, kan die Hof- insluit- (a) die verrigtinge opskort en die geskil na arbitrasie verwys; of met die instemming van die partye en indien dit dienstig is om dit te doen, voortgaan met die verrigtinge met die Hof wat as arbiter sit, in welke geval die Hof net 'n bevel kan uitreik wat 'n kommissaris of arbiter sou kon gemaak het. (3) Die verwysing na "arbitrasie" in subartikel (2) word so uitgelê dat dit ook arbitrasie (a) onder beskerming van die Kommissie;

100 (c) (d) (e) onder beskerming van 'n geakkrediteerde raad; deur 'n geakkrediteerde agentskap; ooreenkomstig 'n private geskilbeslegtingsprosedure; of waar die geskil handel oor die interpretasie of toepassing van 'n kollektiewe ooreenkoms. (4) (a) Die Arbeidshof kan, op eie inisiatief of op versoek van 'n party by die verrigtinge voor hom, 'n regsvraag wat in daardie verrigtinge na vore kom, voorbehou vir die beslissing van die Arbeidsappèlhof. 'n Vraag kan voorbehou word slegs indien dit van deurslaggewende belang is vir die behoorlike beregting van die geskil. (c) Die Arbeidshof kan, hangende die beslissing van die Arbeidsappèlhof oor 'n regsvraag wat ingevolge paragraaf (a) voorbehou is, enige tussentydse bevel uitreik. 159 Reëlsraad vir Arbeidshowe en reëls vir Arbeidshof (1) Die Reëlsraad vir Arbeidshowe word hierby ingestel. (2) Die Raad bestaan uit- (a) die Regter-president van die Arbeidshof, wat die voorsitter is; die Adjunk-regter-president van die Arbeidshof; en (c) die volgende persone, wat vir 'n tydperk van drie jaar deur die Minister van Justisie handelende op advies van NEOAR, aangestel word- (i) 'n praktiserende advokaat met kennis, ondervinding en kundigheid in arbeidsreg; (ii) 'n praktiserende prokureur met kennis, ondervinding en kundigheid in arbeidsreg; (iii) iemand wat die belange van werknemers verteenwoordig; (iv) iemand wat die belange van werkgewers verteenwoordig; en (v) iemand wat die belange van die Staat verteenwoordig. (3) Die Raad kan reëls maak om die voer van verrigtinge in die Arbeidshof te reël, wat insluit, maar nie beperk is nie tot, reëls betreffende- (a) die prosesstukke waardeur verrigtinge voor die Hof aanhangig gemaak word en die vorm en inhoud van prosesstukke; die tydperk, en die proses wat gevolg moet word, vir die aanteken van appèlle; (c) die taksasie van kosterekeninge; (d) na oorlegpleging met die Minister van Finansies, die gelde betaalbaar en die koste en uitgawes toelaatbaar, ten opsigte van die betekening of uitvoering van enige prosesstukke van die Arbeidshof, en die tarief van koste en uitgawes wat toegelaat kan word ten opsigte van daardie betekening of uitvoering; en (e) alle ander aangeleenthede wat in verband staan met die verrigting van die werksaamhede van die Hof, met inbegrip van enige aangeleenthede wat nie uitdruklik in hierdie subartikel vermeld word nie, en wat soortgelyk is aan aangeleenthede waaroor die Reëlsraad vir Geregshowe ingevolge artikel 6 van die Wet op die Reëlsraad vir Geregshowe, 1985 (Wet 107 van 1985), reëls kan maak.[par. (e) gewysig by a. 45 (a) van Wet 42 van 1996.] (4) Die Raad kan 'n reël wat hy gemaak het, herroep of wysig. (5) Vyf lede van die Raad maak 'n kworum by 'n vergadering van die Raad uit. (6) Die Raad moet enige reëls wat hy maak, wysig of herroep, in die Staatskoerant publiseer. (7) (a) Aan 'n lid van die Raad wat 'n regter van die Hoë Hof is, kan ten opsigte van die

101 verrigting van die werksaamhede van 'n lid van die Raad 'n toelae betaal word soos ingevolge subartikel (9) bepaal. Ondanks enige wetsbepaling tot die teendeel, is die betaling, ingevolge paragraaf (a), van 'n toelae aan 'n lid van die Raad wat 'n regter van die Hoë Hof is, bykomstig tot enige salaris of toelaes, met inbegrip van toelaes vir die vergoeding van reis- en verblyfuitgawes, wat aan daardie persoon in die hoedanigheid van 'n regter van die Hoë Hof betaal word. [Sub-a. (7) bygevoeg by a. 45 van Wet 42 van 1996 en gewysig by a. 15 van Wet 127 van 1998.] (8) 'n Lid van die Raad wat nie 'n regter van die Hoë Hof is nie en ook nie aan die Staatsdienswet, 1994, onderhewig is nie, is geregtig op die besoldiging, toelaes (met inbegrip van toelaes ter vergoeding van reis- en verblyfuitgawes), voordele en voorregte wat ingevolge subartikel (9) bepaal word. [Sub-a. (8) bygevoeg by a. 45 van Wet 42 van 1996 en gewysig by a. 15 van Wet 127 van 1998.] (9) Die besoldiging, toelaes, voordele en voorregte van die lede van die Raad- (a) word deur die Minister van Justisie met die instemming van die Minister van Finansies bepaal; kan verskil na gelang van rang, die werksaamhede wat verrig staan te word en of (c) die amp in 'n voltydse of deeltydse hoedanigheid beklee word; en kan deur die Minister van Justisie kragtens enige wet ten opsigte van enige persoon of kategorie persone gewysig word. [Sub-a. (9) bygevoeg by a. 45 van Wet 42 van 1996.] (10) (a) Hangende publikasie in die Staatskoerant van reëls deur die Raad gemaak, word daar met aangeleenthede voor die Hof gehandel ooreenkomstig die algemene voorskrifte wat die Regter-president van die Arbeidshof of enige ander regter of regters van daardie Hof vir dié doel deur die Regter-president aangewys, gepas ag en skriftelik uitreik; Daardie voorskrifte hou op om van krag te wees op die datum van publikasie van die Raad se reëls in die Staatskoerant, behalwe met betrekking tot verrigtinge wat reeds voor daardie datum ingestel is. Ten aansien van daardie verrigtinge, bly daardie voorskrifte van krag tensy die Regter-president van die Arbeidshof dit skriftelik intrek.[sub-a. (10) bygevoeg by a. 45 van Wet 42 van 1996.] [Datum van inwerkingtreding van a. 159: 1 Januarie 1996.] 160 Verrigtinge van Arbeidshof moet in ope hof plaasvind (1) Die verrigtinge van die Arbeidshof word in die ope hof gevoer. (2) Ondanks subartikel (1) kan die Arbeidshof die lede van die algemene publiek, of spesifieke persone of kategorieë persone, van die verrigtinge uitsluit in enige geval waar 'n hof van 'n provinsiale afdeling van die Hooggeregshof dit sou kon doen. 161 Verteenwoordiging voor Arbeidshof By enige verrigtinge voor die Arbeidshof kan 'n party by die verrigtinge persoonlik verskyn of verteenwoordig word slegs deur- (a) (c) (d) 'n regspraktisyn; 'n direkteur of werknemer van die party; enige lid, ampsdraer of beampte van daardie party se geregistreerde vakbond of geregistreerde werkgewersorganisasie; 'n aangewese agent of beampte van 'n raad; of [Par. (d) vervang by a. 37 van Wet 12 van 2002.]

102 (e) 'n beampte van die Departement van Arbeid. [A. 161 vervang by a. 16 van Wet 127 van 1998.] 162 Koste (1) Die Arbeidshof kan 'n bevel vir die betaling van koste maak ooreenkomstig regsvereistes en billikheid. (2) By die besluit of die betaling van koste gelas moet word, al dan nie, kan die Arbeidshof in ag neem- (a) of die aangeleentheid wat na die Hof verwys is, ingevolge hierdie Wet na arbitrasie verwys behoort te gewees het en, indien wel, die ekstra koste wat deur verwysing van die aangeleentheid na die Hof aangegaan is; en die gedrag van die partye- (i) deur die aangeleentheid voor die Hof voort te sit of te verdedig; en (ii) tydens die verrigtinge voor die Hof. (3) Die Arbeidshof kan 'n kostebevel maak teen 'n party by die geskil of teen iemand wat daardie party in daardie verrigtinge voor die Hof verteenwoordig het. 163 Betekening en afdwinging van bevele van Arbeidshof 'n Beslissing, vonnis of bevel van die Arbeidshof word beteken en ten uitvoer gelê asof dit 'n beslissing, vonnis of bevel van die Hoë Hof was. [A. 163 gewysig by a. 17 van Wet 127 van 1998.] 164 Seël van Arbeidshof (1) Die Arbeidshof het 'n amptelike seël met 'n ontwerp deur die President by proklamasie in die Staatskoerant voorgeskryf, vir gebruik na vereiste van die omstandighede. (2) Die amptelike seël van die Arbeidshof word in bewaring van die griffier van daardie Hof gehou. 165 Wysiging en opheffing van bevele van Arbeidshof Die Arbeidshof kan, op eie inisiatief of op aansoek van enige geaffekteerde party, 'n beslissing, vonnis of bevel verander of ophef- (a) (c) wat verkeerdelik aangevra of verkeerdelik toegestaan is in die afwesigheid van enige party wat deur daardie vonnis of bevel geraak word; waarin daar 'n dubbelsinnigheid of 'n klaarblyklike fout of weglating is, maar net in die mate van daardie dubbelsinnigheid, fout of weglating; of wat toegestaan is as gevolg van 'n mistasting gemeen aan al die partye by die verrigtinge. 166 Appèlle teen vonnis of bevel van Arbeidshof (1) 'n Party by enige verrigtinge voor die Arbeidshof kan by die Arbeidshof aansoek doen om verlof om na die Arbeidsappèlhof te appelleer teen 'n finale vonnis of finale bevel van die Arbeidshof. (2) Indien die aansoek om verlof om te appelleer afgewys word, kan die aansoeker die Arbeidsappèlhof petisioneer om verlof om te appelleer. (3) Verlof om te appelleer kan toegestaan word onderworpe aan enige voorwaardes wat die betrokke Hof mag bepaal. (4) Behoudens die Grondwet en ondanks enige ander wet kan 'n appèl teen 'n finale uitspraak of finale bevel van die Arbeidshof in enige aangeleentheid ten opsigte waarvan die Arbeidshof uitsluitlike jurisdiksie het, slegs by die Arbeidsappèlhof aanhangig gemaak word. Deel E Arbeidsappèlhof (aa )

103 167 Instelling en status van Arbeidsappèlhof (1) Die Arbeidsappèlhof word hierby ingestel as 'n geregshof en 'n hof van ekwiteit. (2) Die Arbeidsappèlhof is die hoogste hof van appèl ten opsigte van alle vonnisse en bevele gegee of gemaak deur die Arbeidshof ten opsigte van die aangeleenthede binne sy uitsluitende jurisdiksie. (3) Die Arbeidsappèlhof is 'n hoër hof wat, met betrekking tot aangeleenthede onder sy jurisdiksie, beskik oor gesag, inherente jurisdiksie en status wat gelykwaardig is aan dié waaroor die Hoogste Hof van Appèl met betrekking tot die aangeleenthede onder sy jurisdiksie beskik. [Sub-a. (3) gewysig by a. 18 van Wet 127 van 1998.] (4) Die Arbeidsappèlhof is 'n hof van rekord. 168 Samestelling van Arbeidsappèlhof (1) Die Arbeidsappèlhof bestaan uit- (a) die Regter-president van die Arbeidshof, wat uit hoofde van daardie amp Regter-president van die Arbeidsappèlhof is; die Adjunk-regter-president van die Arbeidshof, wat uit hoofde van daardie amp (c) Adjunk-regter-president van die Arbeidsappèlhof is; en so 'n getal ander regters, wat regters van die Hoë Hof is, as wat nodig mag wees vir die doeltreffende funksionering van die Arbeidsappèlhof. [Par. (c) vervang by a. 46 van Wet 42 van 1996 en gewysig by a. 19 van Wet 127 van 1998.] (2) Die Arbeidsappèlhof word gekonstitueer voor enige drie regters wat die Regter-president aanwys uit die paneel van regters beoog in subartikel (1). (3) Geen regter van die Arbeidsappèlhof sit voor by die aanhoor van 'n appèl teen 'n vonnis of 'n bevel wat gegee is in 'n saak wat voor daardie regter verhoor is nie. 169 Aanstelling van ander regters van Arbeidsappèlhof (1) Die President, handelende op advies van NEOAR en die Regterlike Dienskommissie, en na oorlegpleging met die Minister van Justisie en die Regter-president van die Arbeidsappèlhof, moet die regters van die Arbeidappèlhof in artikel 168 (1) (c) bedoel, aanstel. [Sub-a. (1) gewysig by a. 20 (a) van Wet 127 van 1998.] (2) Na oorlegpleging met die Regter-president van die Arbeidsappèlhof, kan die Minister van Justisie een of meer regters van die Hoë Hof aanstel om as waarnemende regters van die Arbeidsappèlhof te dien. [Sub-a. (2) gewysig by a. 20 van Wet 127 van 1998.][A. 169 vervang by a. 47 van Wet 42 van 1996.] [Datum van inwerkingtreding van a. 169: 1 Januarie 1996.] 170 Ampsbekleding, besoldiging en aanstellingsbedinge en -voorwaardes van Arbeidsappèlhofregters (1) 'n Regter van die Arbeidsappèlhof word aangestel vir 'n vaste termyn wat deur die President ten syde van die aanstelling bepaal word. (2) 'n Regter van die Arbeidsappèlhof kan bedank deur skriftelik kennis aan die President te gee. (3) (a) Die amp van 'n regter van die Arbeidsappèlhof raak vakant wanneer- (i) (ii) (iii) (iv) (v) die regter se ampstermyn in die Arbeidsappèlhof verstryk; die regter se bedanking van krag word; die regter van die amp onthef word; die regter ophou om 'n regter van die Hoë Hof te wees; of die regter te sterwe kom.

104 Die regter-president en die Adjunk-regter-president van die Arbeidsappèlhof beklee hul ampte vir solank as wat hulle hul onderskeie ampte van Regter-president en Adjunk-regter-president van die Arbeidshof beklee. [Sub-a. (3) gewysig by a. 21 van Wet 127 van 1998.] (4) Die ampsbekleding en die besoldiging en aanstellingsbedinge en -voorwaardes wat ten opsigte van 'n regter van die Hoë Hof van toepassing is ingevolge die Wet op Besoldiging en Diensvoorwaardes van Regters, 1989 (Wet 88 van 1989), word nie geraak deur daardie regter se aanstelling en gelyktydige ampsbekleding as 'n regter van die Arbeidsappèlhof nie. [Sub-a. (4) gewysig by a. 21 van Wet 127 van 1998.] (5) 'n Regter van die Arbeidsappèlhof- (a) kan van die amp van regter van die Arbeidsappèlhof onthef word slegs indien daardie persoon eers van die amp van regter van die Hoë Hof onthef is; en moet, na ontheffing van die amp van regter van die Hoë Hof, van die amp van regter van die Arbeidsappèlhof onthef word. [Sub-a. (5) gewysig by a. 21 van Wet 127 van 1998.] (6) Ondanks die verstryking van die tydperk waarvoor 'n persoon as 'n regter van die Arbeidsappèlhof aangestel is, kan dié persoon voortgaan om die werksaamhede van 'n regter van daardie Hof te verrig en in alle opsigte as sodanig gereken te word, slegs- (a) vir doeleindes van die afhandeling van enige verrigtinge waarin daardie persoon as 'n regter van daardie Hof deelgeneem het en wat by die verstryking van daardie persoon se aanstelling steeds hangende is of wat, nadat dit óf voor óf na die verstryking van daardie persoon se aanstelling aldus afgehandel is, heropen is; en vir so lank as wat daardie persoon noodsaaklikerwys betrokke sal wees in verband met die afhandeling van die verrigtinge wat aldus hangende of heropen is.[sub-a. (6) bygevoeg by a. 48 van Wet 42 van 1996.] (7) Die bepalings van subartikels (2) tot (6), saamgelees met die veranderings wat in die konteks nodig is, is van toepassing op waarnemende regters ingevolge artikel 169 (2) aangestel. [Sub-a. (7) bygevoeg by a. 48 van Wet 42 van 1996.] 171 Beamptes van die Arbeidsappèlhof (1) Die griffier van die Arbeidshof is ook die griffier van die Arbeidsappèlhof. (2) Elk van die adjunkgriffiers en ander beamptes van die Arbeidshof beklee ook die ooreenstemmende amp met betrekking tot die Arbeidsappèlhof. (3) (a) Die beamptes van die Arbeidsappèlhof verrig, onder toesig en beheer van die griffier van daardie Hof, die administratiewe werksaamhede van die Arbeidsappèlhof. 'n Adjunkgriffier van die Arbeidsappèlhof kan enige van die werksaamhede van die griffier van daardie Hof verrig wat in die algemeen of spesifiek aan die adjunkgriffier gedelegeer is. (4) Die adjunkgriffier van die Arbeidsappèlhof of, indien daar meer as een is, die mees senior van hulle, neem as griffier van die Arbeidsappèlhof waar, wanneer ook al- (a) die griffier uit die Republiek of van diens afwesig is of om enige rede tydelik nie in staat is om die werksaamhede van griffier te verrig nie; of die amp van griffier vakant is. [Datum van inwerkingtreding van a. 171: 1 Januarie 1996.] 172 Regsgebied en setel van Arbeidsappèlhof (1) Die Arbeidsappèlhof het jurisdiksie in al die provinsies van die Republiek. (2) Die setel van die Arbeidshof is ook die setel van die Arbeidsappèlhof.

105 (3) Die werksaamhede van die Arbeidsappèlhof kan op enige plek in die Republiek verrig word. [Datum van inwerkingtreding van a. 172: 1 Januarie 1996.] 173 Jurisdiksie van Arbeidsappèlhof (1) Behoudens die Grondwet en ondanks enige ander wet het die Arbeidsappèlhof uitsluitende jurisdiksie- (a) om alle appèlle teen die finale vonnisse en die finale bevele van die Arbeidshof aan te hoor en te beslis; en om enige regsvraag wat ingevolge artikel 158 (4) voorbehou is, te beslis. (2)... [Sub-a. (2) geskrap by a. 22 (a) van Wet 127 van 1998.] (3)... [Sub-a. (3) gewysig by a. 22 van Wet 127 van 1998 en geskrap by a. 38 van Wet 12 van 2002.] (4) 'n Beslissing waarmee enige twee regters van die Arbeidsappèlhof instem, is die beslissing van dié Hof. 174 Bevoegdhede van Arbeidsappèlhof by verhoor van appèlle Die Arbeidsappèlhof het die bevoegdheid- (a) om, by die verhoor van 'n appèl, verdere getuienis aan te hoor, hetsy mondelings of deur 'n beëdigde verklaring afgelê voor 'n persoon deur die Arbeidsappèlhof aangestel, of om die saak na die Arbeidshof terug te verwys vir verdere verhoor, met die opdragte betreffende die afneem van verdere getuienis of andersins wat die Arbeidsappèlhof nodig ag; en om die vonnis of bevel wat die onderwerp van die appèl is, te bekragtig, te wysig of tersyde te stel, en om enige uitspraak of vonnis te gee of enige bevel te maak wat die omstandighede vereis. 175 Arbeidsappèlhof kan as hof van eerste instansie sit Ondanks die bepalings van hierdie Deel, kan die Regter-president gelas dat enige aangeleentheid voor die Arbeidshof, verhoor moet word deur die Arbeidsappèlhof wat sit as 'n hof van eerste instansie, in welke geval die Arbeidsappèlhof geregtig is om enige bevel te maak wat die Arbeidshof geregtig sou gewees het om te maak. 176 Reëls vir Arbeidsappèlhof (1) Die Reëlsraad vir Arbeidshowe ingestel by artikel 159 kan reëls maak om die voer van verrigtinge in die Arbeidsappèlhof te reël. (2) Die Raad het al die bevoegdhede in artikel 159 bedoel wanneer hy reëls vir die Arbeidsappèlhof maak. (3) Die Raad moet enige reëls wat hy maak, wysig of herroep, in die Staatskoerant publiseer. [Datum van inwerkingtreding van a. 176: 1 Januarie 1996.] 177 Verrigtinge van Arbeidsappèlhof moet in ope hof plaasvind (1) Die verrigtinge van die Arbeidsappèlhof word in ope hof gevoer. (2) Ondanks subartikel (1) kan die Arbeidsappèlhof die lede van die algemene publiek, of spesifieke persone of kategorieë persone, van die verrigtinge uitsluit in enige geval waar 'n Hoë Hof dit sou kon doen. [Sub-a. (2) gewysig by a. 23 van Wet 127 van 1998.] 178 Verteenwoordiging voor Arbeidsappèlhof

106 Enigiemand wat ingevolge artikel 161 voor die Arbeidshof mag verskyn, het die reg om voor die Arbeidsappèlhof te verskyn. 179 Koste (1) Die Arbeidsappèlhof kan 'n bevel vir die betaling van koste maak ooreenkomstig regsvereistes en billikheid. (2) By die besluit of die betaling van koste gelas moet word, al dan nie, kan die Arbeidsappèlhof in ag neem- (a) of die aangeleentheid wat na die Hof verwys is, ingevolge hierdie Wet na arbitrasie verwys behoort te gewees het en, indien wel, die ekstra koste wat deur verwysing van die aangeleentheid na die Hof aangegaan is; en die gedrag van die partye- (i) deur die aangeleentheid voor die Hof voort te sit of te verdedig; en (ii) tydens die verrigtinge voor die Hof. (3) Die Arbeidsappèlhof kan 'n kostebevel maak teen 'n party by die geskil of teen iemand wat daardie party in daardie verrigtinge voor die Hof verteenwoordig het. 180 Betekening en afdwinging van bevele 'n Beslissing, vonnis of bevel van die Arbeidsappèlhof word beteken en ten uitvoer gelê asof dit 'n beslissing, vonnis of bevel van die Hoë Hof was. [A. 180 gewysig by a. 24 van Wet 127 van 1998.] 181 Seël van Arbeidsappèlhof (1) Die Arbeidsappèlhof het 'n amptelike seël met 'n ontwerp deur die President by proklamasie in die Staatskoerant voorgeskryf, vir gebruik na vereiste van die omstandighede. (2) Die amptelike seël van die Arbeidsappèlhof word in die bewaring van die griffier van die Arbeidsappèlhof gehou. 182 Uitspraak van Arbeidsappèlhof bindend op Arbeidshof 'n Uitspraak van die Arbeidsappèlhof is bindend op die Arbeidshof. 183 Arbeidsappèlhof is finale hof van appèl Behoudens die Grondwet en ondanks enige ander wet is daar geen appèl teen enige beslissing of vonnis wat gegee, of bevel wat gemaak is, deur die Arbeidsappèlhof ten opsigte van- (a) 'n appèl ingevolge artikel 173 (1) (a) nie; sy beslissing van 'n regsvraag ingevolge artikel 173 (1) nie; of (c) enige vonnis gegee of bevel gemaak ingevolge artikel 175 nie. Deel F Algemene bepalings van toepassing op howe ingestel by hierdie Wet (a 184) 184 Algemene bepalings van toepassing op howe ingestel by hierdie Wet Artikels 5 xxxviii *, 18 xxxix *, 25 xl *, 30 xli *, 31 xlii *, 39 xliii *, 40 xliv * en 42 xlv * van die Wet op die Hooggeregshof, 1959 (Wet 59 van 1959), saamgelees met die veranderinge wat in die konteks nodig is, is van toepassing ten opsigte van die Arbeidshof, of die Arbeidsappèlhof, of albei, in soverre daardie bepalings nie met hierdie Wet onbestaanbaar is nie. HOOFSTUK VIII ONBILLIKE ONTSLAG EN ONBILLIKE ARBEIDSPRAKTYKE (aa B) [Opskrif vervang by a. 39 van Wet 12 van 2002.] 185 Reg om nie onbillik ontslaan of aan onbillike arbeidspraktyke onderwerp te word nie Elke werknemer het die reg- (a) om nie onbillik ontslaan te word nie; en

107 om nie aan onbillike arbeidspraktyke onderwerp te word nie. [A. 185 vervang by a. 40 van Wet 12 van 2002.] 186 Betekenis van ontslag en onbillike arbeidspraktyk (1) "Ontslag" beteken dat- (a) (c) (d) 'n werkgewer 'n dienskontrak met of sonder kennisgewing beëindig het; 'n werknemer redelikerwys van die werkgewer verwag het om 'n vastetermyndienskontrak op dieselfde of soortgelyke voorwaardes te hernieu, terwyl die werkgewer aangebied het om dit op minder gunstige voorwaardes te hernieu, of dit nie hernieu het nie; 'n werkgewer geweier het om 'n werknemer toe te laat om werk te hervat nadat sy- (i) kraamverlof geneem het ingevolge 'n wet, of kollektiewe ooreenkoms of haar dienskontrak; of (ii)... [Sub-par. (ii) herroep by a. 95 (4) van Wet 75 van 1997.] 'n werkgewer wat 'n aantal werknemers weens dieselfde of soortgelyke redes ontslaan het, aangebied het om sommige van hulle weer in diens te neem maar geweier het om ander weer in diens te neem; of (e) 'n werknemer 'n dienskontrak met of sonder kennisgewing beëindig het omdat die werkgewer voortgesette diens vir die werknemer ondraaglik gemaak het. (f) 'n werknemer 'n dienskontrak beëindig het met of sonder kennisgewing omdat die nuwe werkgewer na 'n oordrag ingevolge artikel 197 of 197A die werknemer voorsien het van toestande of omstandighede by die werk wat wesenlik minder gunstig vir die werknemer is as dié wat deur die ou werkgewer verskaf is. [Par. (f) bygevoeg by a. 41 van Wet 12 van 2002.] (2) 'Onbillike arbeidspraktyk' beteken enige onbillike handeling of versuim wat tussen 'n werkgewer en 'n werknemer ontstaan met betrekking tot- (a) (c) (d) die onbillike gedrag van die werkgewer rakende die bevordering, demosie, proeftydperk (uitgesonderd geskille oor ontslag om 'n rede rakende proef) of opleiding van 'n werknemer of rakende die voorsiening van voordele aan 'n werknemer; die onbillike skorsing van 'n werknemer of enige ander onbillike dissiplinêre optrede behalwe ontslag ten opsigte van 'n werknemer; die versuim of weiering van 'n werkgewer om 'n gewese werknemer in diens te herstel of weer in diens te neem ingevolge enige ooreenkoms; of 'n beroepsnadeel, uitgesonderd ontslag, in stryd met die Wet op Beskermde Bekendmakings, 2000 (Wet 26 van 2000), omrede die werknemer 'n beskermde bekendmaking soos in daardie Wet omskryf, gedoen het." [Sub-a. (2) bygevoeg by a. 41 (c) van Wet 12 van 2002.] [A. 186 gewysig by a. 41 (a) van Wet 12 van 2002.] 187 Outomaties onbillike ontslag (1) Ontslag is outomaties onbillik indien die werkgewer by die ontslag van die werknemer strydig met artikel 5 xlvi * optree, of indien die rede vir die ontslag is- (a) dat die werknemer aan 'n staking of protesoptrede wat aan die bepalings van Hoofstuk IV xlvii * voldoen, deelgeneem het of dit gesteun het of 'n voorneme te kenne gegee het om daaraan deel te neem of dit te steun; dat die werknemer geweier het of 'n voorneme te kenne gegee het om te weier, om

108 enige werk te doen wat gewoonlik gedoen word deur 'n werknemer wat op die betrokke tydstip deelgeneem het aan 'n staking wat aan die bepalings van Hoofstuk IV voldoen, of wat uitgesluit was, tensy daardie werk noodsaaklik is ten einde te voorkom dat die lewe, persoonlike veiligheid of gesondheid werklik in gevaar gestel word; (c) om die werknemer te verplig om 'n eis ten opsigte van enige aangeleentheid van onderlinge belang tussen die werkgewer en die werknemer, te aanvaar; (d) dat die werknemer stappe gedoen het, of 'n voorneme te kenne gegee het om stappe te doen teen die werkgewer deur- (i) enige reg uit te oefen wat by hierdie Wet verleen word; of (ii) deel te neem aan enige verrigtinge ingevolge hierdie Wet; (e) die werknemer se swangerskap, of voorgenome swangerskap of enige rede wat met haar swangerskap verband hou; (f) dat die werkgewer onbillik gediskrimineer het teen 'n werknemer, regstreeks of onregstreeks, op enige arbitrêre grond, wat insluit, maar nie beperk is nie, tot ras, geslagtelikheid, geslag, etniese of sosiale herkoms, kleur, seksuele georiënteerdheid, ouderdom, gestremdheid, godsdiens, gewete, geloof, politieke mening, kultuur, taal, huwelikstaat of gesinsverantwoordelikheid; (g) 'n oordrag, of 'n rede rakende 'n oordrag, beoog by artikel 197 of 197A; of [Par. (g) bygevoeg by a. 42 van Wet 12 van 2002.] (h) 'n oortreding van die Wet op Beskermde Bekendmakings, 2000 (Wet 26 van 2000), deur die werkgewer omrede die werknemer 'n beskermde bekendmaking soos in daardie Wet omskryf, gedoen het. [Par. (h) bygevoeg by a. 42 van Wet 12 van 2002.] (2) Ondanks subartikel (1) (f)- (a) kan 'n ontslag billik wees indien die rede vir die ontslag gegrond is op 'n inherente vereiste van die bepaalde werk; is 'n ontslag gegrond op ouderdom billik indien die werknemer die gewone of ooreengekome aftree-ouderdom vir persone wat in daardie hoedanigheid in diens is, bereik het. 188 Ander gevalle van onbillike ontslag (1) 'n Ontslag wat nie outomaties onbillik is nie, is onbillik indien die werkgewer in gebreke bly om te bewys- (a) dat die rede vir ontslag 'n billike rede is- (i) wat verband hou met die werknemer se gedrag, geskiktheid of bekwaamheid; of (ii) wat gegrond is op die werkgewer se bedryfsvereistes; en dat die ontslag gedoen is ooreenkomstig 'n billike prosedure. (2) Iemand wat oorweeg of die rede vir ontslag billik is en of die ontslag ooreenkomstig 'n billike prosedure gedoen is, moet enige tersaaklike goeie praktykskode wat ingevolge hierdie Wet uitgereik is, in aanmerking neem. xlviii * 188A Arbitrasie voor ontslag (1) Met die instemming van die werknemer kan 'n werkgewer 'n raad, 'n geakkrediteerde agentskap of die Kommissie versoek om arbitrasie te doen oor bewerings oor die gedrag of bekwaamheid van daardie werknemer. (2) Die versoek moet in die voorgeskrewe vorm wees.

109 (3) Die raad, die geakkrediteerde agentskap of die Kommissie moet 'n arbiter aanstel by ontvangs van- (a) betaling deur die werkgewer van die voorgeskrewe gelde; en die werknemer se skriftelike instemming tot die ondersoek. (4) (a) 'n Werknemer mag instem tot 'n arbitrasie voor ontslag slegs nadat die werknemer in kennis gestel is van die bewering in subartikel (1) bedoel en ten opsigte van 'n bepaalde arbitrasie. Ondanks paragraaf (a) kan 'n werknemer wat meer verdien as die bedrag deur die Minister ingevolge artikel 6 (3) van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes bepaal, in 'n dienskontrak instem tot die hou van 'n arbitrasie voor ontslag. (5) In enige arbitrasie ingevolge hierdie artikel kan 'n party by die geskil persoonlik verskyn of verteenwoordig word slegs deur- (a) 'n medewerknemer; 'n direkteur of werknemer, indien die party 'n regspersoon is; (c) enige lid, ampsdraer of beampte van daardie party se geregistreerde vakbond of geregistreerde werkgewersorganisasie; of (d) by ooreenkoms tussen die partye, 'n regspraktisyn. (6) Artikel 138, gelees met die veranderinge wat die konteks vereis, is van toepassing op enige arbitrasie ingevolge hierdie artikel. (7) 'n Arbiter wat ingevolge hierdie artikel aangestel is, beskik oor al die bevoegdhede wat aan 'n kommissaris verleen word by artikel 142 (1) (a) tot (e), (2) en (7) tot (9), gelees met die veranderinge wat die konteks vereis, en enige verwysing in daardie artikel na die direkteur word vir die doel van hierdie artikel gelees as 'n verwysing na- (a) die sekretaris van die raad, indien die arbitrasie onder beskerming van die raad gedoen word; die direkteur van die geakkrediteerde agentskap, indien die arbitrasie onder beskerming van 'n geakkrediteerde agentskap gedoen word. (8) Die bepalings van artikels 143 tot 146 is van toepassing op enige toekenning wat ingevolge hierdie artikel deur 'n arbiter gedoen word. (9) 'n Arbiter wat 'n arbitrasie ingevolge hierdie artikel doen, moet in die lig van die getuienis aangebied en met verwysing na die maatstawwe van billikheid in die Wet, gelas watter stappe, indien wel, teen die werknemer gedoen moet word. (10) (a) 'n Private agentskap mag 'n arbitrasie ingevolge hierdie artikel doen slegs indien hy vir die doel by die Kommissie geakkrediteer is. 'n Raad mag 'n arbitrasie ingevolge hierdie artikel ten opsigte waarvan die werkgewer of die werknemer nie 'n party by die raad is nie, doen slegs indien die raad vir die doel by die Kommissie geakkrediteer is. [A. 188A ingevoeg by a. 43 van Wet 12 van 2002.] 189 Ontslag gegrond op bedryfsvereistes (1) Wanneer 'n werkgewer beoog om een of meer werknemers te ontslaan weens redes gegrond op die werkgewer se bedryfsvereistes, moet die werkgewer oorleg pleeg- (a) met iemand met wie die werkgewer volgens voorskrif van 'n kollektiewe ooreenkoms oorleg moet pleeg; indien daar nie 'n kollektiewe ooreenkoms is wat oorlegpleging vereis nie- (i) met 'n werkplekforum, indien die werknemers wat waarskynlik deur die beoogde ontslag geraak sal word, in diens is in 'n werkplek ten opsigte

110 waarvan daar 'n werkplekforum is; en (ii) enige geregistreerde vakbond wie se lede waarskynlik deur die voorgestelde ontslag geraak sal word; (c) indien daar nie 'n werkplekforum is in die werkplek waarin die werknemers wat waarskynlik deur die beoogde ontslag geraak sal word, in diens is nie, met enige geregistreerde vakbond wie se lede waarskynlik deur die beoogde ontslag geraak sal word; of (d) indien daar nie so 'n vakbond is nie, met die werknemers wat waarskynlik deur die beoogde ontslag geraak sal word of met hulle verteenwoordigers wat vir daardie doel benoem is. (2) Die werkgewer en die ander oorlegplegende partye moet in die oorleg beoog by subartikels (1) en (3) deelneem aan 'n sinvolle gesamentlike proses van konsensussoeke en poog om eenstemmigheid te bereik oor- (a) geskikte maatreëls- (i) om die ontslag te vermy; (ii) om die getal persone wat ontslaan word, tot die minimum te beperk; (iii) om die tydsberekening van die ontslag te verander; en (iv) om die nadelige gevolge van die ontslag te versag; die metode vir die selektering van die werknemers wat ontslaan sal word; en (c) die uittreeloon vir die ontslane werknemers. (3) Die werkgewer moet 'n skriftelike kennisgewing uitreik waarin die ander oorlegplegende party genooi word om met hom oorleg te pleeg en alle tersaaklike inligting skriftelik openbaar maak, wat insluit, maar nie beperk is nie tot- (a) die redes vir die beoogde ontslag; die alternatiewe wat die werkgewer oorweeg het voordat hy ontslag voorgestel het, en die redes waarom elk van daardie alternatiewe verwerp is; (c) die getal werknemers wat waarskynlik geraak gaan word en die werkkategorieë waarin hulle in diens is; (d) die voorgestelde metode vir die selektering van welke werknemers ontslaan moet word; (e) die tydstip wanneer, of die tydperk waartydens, die ontslag waarskynlik van krag sal word; (f) die voorgestelde uittreeloon; (g) enige bystand wat die werkgewer beoog om die werknemers wat waarskynlik ontslaan gaan word, aan te bied; (h) die moontlikheid van die toekomstige herindiensneming van die werknemers wat ontslaan word; (i) (j) die getal werknemers in diens van die werkgewer; en die getal werknemers wat die werkgewer in die voorafgaande 12 maande ontslaan het om redes gegrond op sy bedryfsvereistes. (4) (a) Die bepalings van artikel 16, saamgelees met die veranderinge wat in die konteks nodig is, is van toepassing op die openbaarmaking van inligting ingevolge subartikel (3). In enige geskil waarin 'n arbiter of die Arbeidshof moet besluit of enige inligting tersaaklik is al dan nie, rus die onus op die werkgewer om te bewys dat enige inligting wat hy geweier het om openbaar te maak, nie tersaaklik is nie vir die doel waarvoor dit verlang word. (5) Die werkgewer moet gedurende die oorlegpleging die ander oorlegplegende party 'n

111 geleentheid bied om vertoë te rig oor enige aangeleentheid wat in subartikels (2), (3) en (4) behandel word, asook enige ander aangeleentheid rakende die voorgestelde ontslag. (6) (a) Die werkgewer moet die vertoë wat deur die ander oorlegplegende party gerig is, oorweeg en daarop reageer, en indien die werkgewer nie daarmee eens is nie, moet die werkgewer redes daarvoor verstrek. Indien enige vertoë skriftelik gerig is, moet die werkgewer skriftelik reageer. (7) Die werkgewer moet die werknemers wat ontslaan staan te word, selekteer volgens selekteringsmaatstawwe- (a) waaroor die oorlegplegende partye ooreengekom het; of wat, indien daar nie oor maatstawwe ooreengekom is nie, billik en objektief is. [A. 189 vervang by a. 44 van Wet 12 van 2002.] 189A Ontslag gegrond op bedryfsvereistes deur werkgewers met meer as 50 werknemers (1) Hierdie artikel is van toepassing op werkgewers wat meer as 50 werknemers in diens het indien- (a) die werkgewer omrede die werkgewer se bedryfsvereistes die ontslag oorweeg van minstens- (i) 10 werknemers, as die werkgewer tot 200 werknemers in diens het; (ii) 20 werknemers, as die werkgewer meer as 200 maar hoogstens 300 werknemers in diens het; (iii) 30 werknemers, as die werkgewer meer as 300 maar hoogstens 400 werknemers in diens het; (iv) 40 werknemers, as die werkgewer meer as 400 maar hoogstens 500 werknemers in diens het; (v) 50 werknemers, as die werkgewer meer as 500 werknemers in diens het; of die aantal werknemers wat die werkgewer beoog om te ontslaan, saam met die getal werknemers wat in die 12 maande voor die uitreiking deur die werkgewer van 'n kennisgewing ingevolge artikel 189 (3) op grond van die werkgewer se bedryfsvereistes ontslaan is, gelyk is aan of meer is as die tersaaklike getal in paragraaf (a) vermeld. (2) Ten opsigte van enige ontslag wat deur hierdie artikel gedek word- (a) moet 'n werkgewer kennis van diensbeëindiging gee ooreenkomstig die bepalings van hierdie artikel; ondanks artikel 65 (1) (c), kan 'n werknemer aan 'n staking deelneem en kan 'n werkgewer uitsluit in ooreenstemming met die bepalings van hierdie artikel; (c) kan die oorlegplegende partye ooreenkom om die tydperke vir fasilitering of oorlegpleging te verander. (3) Die Kommissie moet 'n fasiliteerder aanstel ingevolge enige regulasies kragtens subartikel (6) uitgevaardig om die partye betrokke by oorlegpleging by te staan indien- (a) die werkgewer in sy kennisgewing ingevolge artikel 189 (3) fasilitering versoek het; of oorlegplegende partye wat die meerderheid werknemers verteenwoordig wat die werkgewer oorweeg om te ontslaan, fasilitering versoek het en die Kommissie binne 15 dae na die kennisgewing in kennis gestel het. (4) Hierdie artikel belet nie 'n ooreenkoms om 'n fasiliteerder aan te stel in omstandighede wat nie deur subartikel (3) beoog word nie. (5) Indien 'n fasiliteerder ingevolge subartikel (3) of (4) aangestel word, moet die

112 fasilitering geskied ingevolge enige regulasies wat die Minister ingevolge subartikel (6) uitgevaardig het vir die doen van sodanige fasilitering. (6) Die Minister kan, na oorleg met NEOAR en die Kommissie, regulasies uitvaardig met betrekking tot- (a) die tydperk, en die verandering van tydperke, vir fasilitering; die bevoegdhede en pligte van fasiliteerders; (c) die omstandighede waarin die Kommissie gelde kan hef vir die aanstelling van 'n fasiliteerder en die bedrag van die gelde; en (d) enige ander aangeleentheid wat nodig is vir die doen van fasilitering. (7) Indien 'n fasiliteerder ingevolge subartikel (3) of (4) aangestel is en 60 dae verstryk het vanaf die datum waarop daar ingevolge artikel 189 (3) kennis gegee is- (a) kan die werkgewer kennis gee om die dienskontrakte te beëindig in ooreenstemming met artikel 37 (1) van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes; en kan 'n geregistreerde vakbond of die werknemers wat kennis van diensbeëindiging gekry het- (i) (ii) kennis gee van 'n staking ingevolge artikel 64 (1) of (d); of 'n geskil oor die vraag of daar 'n billike rede vir die ontslag is, ingevolge artikel 191 (11) na die Arbeidshof verwys. (8) Indien daar nie 'n fasiliteerder aangestel is nie- (a) mag geen party 'n geskil na 'n raad of die Kommissie verwys nie tensy 'n tydperk van 30 dae verloop het vanaf die datum waarop daar ingevolge artikel 189 (3) kennis gegee is; en nadat die tydperke vermeld in artikel 64 (1) (a) verstryk het- (i) kan die werkgewer kennis gee om die dienskontrakte te beëindig in ooreenstemming met artikel 37 (1) van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes; en (ii) kan 'n geregistreerde vakbond of die werknemers wat kennis van diensbeëindiging gekry het- (aa) kennis gee van 'n staking ingevolge artikel 64 (1) of (d); of (bb) 'n geskil oor die vraag of daar 'n billike rede vir die ontslag is, ingevolge artikel 191 (11) na die Arbeidshof verwys. (9) Kennis van die begin van 'n staking kan gegee word indien die werkgewer ontslaan of kennis van ontslag gee voor verstryking van die tydperke in subartikel (7) (a) of (8) (i) bedoel. (10) (a) 'n Oorlegplegende party mag nie- (i) van 'n staking ingevolge hierdie artikel ten opsigte van 'n ontslag kennis gee nie indien hy 'n geskil oor die vraag of daar 'n billike rede vir daardie ontslag is, na die Arbeidshof verwys het; (ii) 'n geskil oor die vraag of daar 'n billike rede vir 'n ontslag is, na die Arbeidshof verwys nie indien hy kennis gegee het van 'n staking ingevolge hierdie artikel ten opsigte van daardie ontslag. Indien 'n vakbond kennis gee van 'n staking ingevolge hierdie artikel- (i) mag geen lid van daardie vakbond, en geen werknemer tot wie 'n kollektiewe ooreenkoms aangegaan deur daardie vakbond wat handel oor oorlegpleging of fasilitering ten opsigte van ontslag as gevolg van die werkgewer se bedryfsvereistes, ingevolge artikel 23 (1) (d) uitgebrei is, 'n geskil oor die vraag of

113 daar 'n billike rede vir 'n ontslag is, na die Arbeidshof verwys nie; (ii) word enige verwysing na die Arbeidshof beoog by subparagraaf (i), geag teruggetrek te wees. (11) Die volgende bepalings van Hoofstuk IV is van toepassing op enige staking of uitsluiting ingevolge hierdie artikel: (a) Artikel 64 (1) en (3) (a) tot (d), behalwe dat- (i) artikel 64 (1) (a) nie van toepassing is nie indien 'n fasiliteerder ingevolge hierdie artikel aangestel is; (ii) 'n werkgewer mag uitsluit slegs ten opsigte van 'n geskil waarin 'n stakingskennisgewing uitgereik is; subartikel (2) (a), artikel 65 (1) en (3); (c) artikel 66, behalwe dat skriftelike kennisgewing van enige voorgestelde sekondêre staking minstens 14 dae voor die begin van die staking gegee moet word; (d) artikels 67, 68, 69 en 76. (12) (a) Gedurende die tydperk van 14 dae in subartikel (11) (c) bedoel, moet die direkteur, op versoek van 'n werkgewer wat kennis van enige voorgenome sekondêre staking gekry het, 'n kommissaris aanstel om te poog om enige geskil tussen die werkgewer en die party wat die kennis gegee het, deur versoening te besleg. Nóg 'n versoek om 'n kommissaris aan te stel nóg die aanstelling van 'n kommissaris ingevolge paragraaf (a) raak die reg van werknemers om te staak by verstryking van die tydperk van 14 dae. (13) Indien 'n werkgewer nie 'n billike prosedure nakom nie, kan 'n oorlegplegende party die Arbeidshof nader deur middel van 'n aansoek om 'n bevel wat- (a) die werkgewer verplig om 'n billike prosedure na te kom; die werkgewer by interdik verbied of belet om 'n werknemer te ontslaan voor die nakoming van 'n billike prosedure; (c) die werkgewer gelas om 'n werknemer in diens te herstel totdat hy 'n billike (d) prosedure nagekom het. 'n vergoedingstoekenning doen, indien 'n bevel ingevolge paragrawe (a) tot (c) nie gepas is nie. (14) Behoudens hierdie artikel kan die Arbeidshof 'n gepaste bevel in artikel 158 (1) (a) bedoel, uitreik. (15) Enige toekenning van vergoeding aan 'n werknemer ingevolge subartikel (14) moet aan artikel 194 voldoen. (16) Die Arbeidshof mag nie 'n bevel uitreik nie ten opsigte van enige aangeleentheid rakende die openbaarmaking van inligting ingevolge artikel 189 (4) wat die onderwerp van 'n arbitrasietoekenning ingevolge artikel 16 is. (17) (a) 'n Aansoek ingevolge subartikel (13) moet gedoen word hoogstens 30 dae nadat die werkgewer kennis gegee het van die beëindiging van die werknemers se dienste of, as daar nie kennis gegee is nie, die datum waarop die werknemers ontslaan word. Die Arbeidshof kan versuim om die tydsbeperking van 30 dae in paragraaf (a) na te kom, kondoneer by aanvoering van gegronde redes. (18) Die Arbeidshof mag nie 'n geskil oor die prosedurele billikheid van 'n ontslag gegrond op die werkgewer se bedryfsvereistes in enige geskil wat ingevolge artikel 191 (5) (ii) na hom verwys is, bereg nie. (19) In enige geskil wat ingevolge artikel 191 (5) (ii) na die Arbeidshof verwys is wat

114 handel oor die ontslag van minstens die getal werknemers in subartikel (1) vermeld, moet die Arbeidshof bevind dat die werknemers om 'n billike rede ontslaan is indien- (a) die ontslag daarop gemik was om uitvoering te gee aan 'n vereiste gegrond op die werkgewer se ekonomiese, tegnologiese, strukturele of soortgelyke behoeftes; die ontslag op rasionele gronde operasioneel regverdigbaar was; (c) daar 'n behoorlike oorweging van alternatiewe was; en (d) seleksiemaatstawwe billik en objektief was. (20) Vir doeleindes van hierdie artikel is 'n 'werkgewer' in die staatsdiens die uitvoeringsgesag van 'n nasionale departement, provinsiale administrasie, provinsiale departement of organisasiekomponent bedoel in artikel 7 (2) van die Staatsdienswet, 1994 (afgekondig by Proklamasie 103 van 1994). [A. 189A ingevoeg by a. 45 van Wet 12 van 2002.] 190 Datum van ontslag (1) Die datum van ontslag is die vroegste van- (a) die datum waarop die dienskontrak ten einde geloop het; of die datum waarop die werknemer die diens van die werkgewer verlaat het. (2) Ondanks subartikel (1)- (a) indien 'n werkgewer aangebied het om 'n vastetermyndienskontrak op minder gunstige voorwaardes te hernieu of in gebreke gebly het om dit te hernieu, is die datum van ontslag die datum waarop die werkgewer die minder gunstige voorwaardes aangebied het of die datum waarop die werkgewer die werknemer in kennis gestel het van die voorneme om nie die kontrak nie te hernieu nie; indien die werkgewer geweier het om 'n werknemer toe te laat om werk te hervat, is die datum van ontslag die datum waarop die werkgewer eerste geweier het om toe te laat dat die werknemer werk hervat; (c) indien die werkgewer geweier het om die werknemer in diens te herstel of weer in diens te neem, is die datum van ontslag die datum waarop die werkgewer eerste geweier het om daardie werknemer in diens te herstel of weer in diens te neem. 191 Geskille oor onbillike ontslag en onbillike arbeidspraktyke (1) (a) Indien daar 'n geskil oor die billikheid van 'n ontslag of 'n geskil oor 'n onbillike arbeidspraktyk bestaan, kan die ontslane werknemer of die werknemer wat die onbillike arbeidspraktyk beweer, die geskil skriftelik verwys na- (i) 'n raad, indien die partye by die geskil binne die geregistreerde bestek van die raad val; of (ii) die Kommissie, indien daar nie 'n raad is wat jurisdiksie het nie. 'n Verwysing ingevolge paragraaf (a) moet gedoen word binne- (i) 30 dae na die datum van 'n ontslag of, as dit 'n later datum is, binne 30 dae nadat (ii) die werkgewer 'n finale besluit neem om te ontslaan of die ontslag te handhaaf; 90 dae na die datum van die handeling of versuim wat na bewering die onbillike arbeidspraktyk uitmaak of, as dit 'n later datum is, binne 90 dae na die datum waarop die werknemer van die handeling of gebeurtenis bewus geword het. [Sub-a. (1) vervang by a. 46 van Wet 12 van 2002.] (2) Indien die werknemer te eniger tyd gegronde redes aanvoer, kan die raad of die Kommissie die werknemer toelaat om die geskil te verwys nadat die tersaaklike tydsbeperking in subartikel (1) verstryk het. [Sub-a. (2) vervang by a. 46 (c) van Wet 12 van 2002.]

115 (2A) Behoudens subartikels (1) en (2) kan 'n werknemer wie se dienskontrak met kennisgewing beëindig word, die geskil na die raad of die Kommissie verwys nadat die werknemer kennis gekry het. [Sub-a. (2A) ingevoeg by. 46 (d) van Wet 12 van 2002.] (3) Die werknemer moet die raad of die Kommissie oortuig dat 'n afskrif van die verwysing aan die werkgewer beteken is. (4) Die raad of die Kommissie moet poog om die geskil deur versoening te besleg. (5) Indien 'n raad of 'n kommissaris gesertifiseer het dat die geskil steeds onbesleg is, of indien 30 dae verloop het sedert die raad of die Kommissie die verwysing ontvang het en die geskil steeds onbesleg is- (a) moet die raad of die Kommissie die geskil op versoek van die werknemer arbitreer indien- (i) (ii) die werknemer beweer het dat die rede vir ontslag verband hou met die werknemer se gedrag, geskiktheid of bekwaamheid, tensy paragraaf (iii) van toepassing is; die werknemer beweer het dat die rede vir ontslag daarin lê dat die werkgewer voortgesette diens ondraaglik gemaak het of die werkgewer die werknemer voorsien het van wesenlik minder gunstige toestande of omstandighede by die werk na 'n oordrag ingevolge artikel 197 of 197A, tensy die werknemer beweer dat die dienskontrak beëindig is om 'n rede in artikel 187 beoog; [Sub-par. (ii) vervang by a. 46 (e) van Wet 12 van 2002.] (iii) die werknemer nie weet wat die rede vir ontslag is nie; of (iv) die geskil oor 'n onbillike arbeidspraktyk handel; of [Sub-par. (iv) bygevoeg by a. 46 (f) van Wet 12 van 2002.] kan die werkgewer die geskil na die Arbeidshof vir beregting verwys indien die werknemer beweer het dat die rede vir ontslag- (i) outomaties onbillik is; (ii) gegrond is op die werkgewer se bedryfsvereistes; (iii) die werknemer se deelname is aan 'n staking wat nie aan die bepalings van Hoofstuk IV voldoen nie; of (iv) is dat die werknemer geweier het om aan te sluit by 'n vakbond wat party is by 'n geslotegeledere-ooreenkoms, of lidmaatskap daarvan geweier is of as lid daarvan uitgesit is. (5A) Ondanks enige ander bepaling in hierdie Wet moet die raad of die Kommissie met die arbitrasie begin onmiddellik na sertifisering dat die geskil onbesleg bly, indien die geskil handel oor- (a) (c) die ontslag van 'n werknemer om enige rede rakende proef; enige onbillike arbeidspraktyk rakende proef: enige ander geskil by subartikel (5) (a) beoog ten opsigte waarvan geen party 'n beswaar het dat die aangeleentheid ingevolge hierdie subartikel behandel word nie. [Sub-a. (5A) ingevoeg by a. 46 (g) van Wet 12 van 2002.] (6) Ondanks subartikel (5) (a) of (5A) moet die direkteur die geskil na die Arbeidshof verwys indien die direkteur, op aansoek van enige party by die geskil, beslis dat dit gepas is na oorweging-

116 (a) (c) (d) (e) van die rede vir ontslag; of daar regsvrae is wat uit die geskil na vore kom; van die ingewikkeldheid van die geskil; of daar botsende arbitrasietoekennings is wat opgelos moet word; van die openbare belang. [Sub-a. (6) vervang by a. 46 (h) van Wet 12 van 2002.] (7) By oorweging of die geskil na die Arbeidshof verwys moet word, moet die direkteur aan die partye by die geskil en die kommissaris wat gepoog het om die geskil te versoen, 'n geleentheid bied om vertoë te rig. (8) Die direkteur moet die partye van die besluit in kennis stel en moet die geskil- (a) na die Kommissie vir arbitrasie verwys; of na die Arbeidshof vir beregting verwys. (9) Die direkteur se besluit is finaal en bindend. (10) Niemand mag by enige geregshof om hersiening van die direkteur se besluit aansoek doen alvorens die geskil gearbitreer of bereg is nie (na gelang van die geval). (11) (a) Die verwysing van 'n geskil ingevolge subartikel (5) na die Arbeidshof vir beregting, moet gedoen word binne 90 dae nadat die raad of (na gelang van die geval) die kommissaris gesertifiseer het dat die geskil steeds onbesleg is. Die Arbeidshof kan egter, na aanvoering van gegronde redes, enige nie-nakoming van daardie tydperk kondoneer. [Sub-a. (11) bygevoeg by a. 25 van Wet 127 van 1998.] (12) Indien 'n werknemer ontslaan word omrede die werkgewer se bedryfsvereistes na 'n proses van oorlegpleging ingevolge artikel 189 wat slegs op daardie werknemer van toepassing was, kan die werknemer verkies om die geskil na arbitrasie of na die Arbeidshof te verwys. [Sub-a. (12) bygevoeg by a. 46 (i) van Wet 12 van 2002.] (13) (a) 'n Werknemer kan 'n geskil oor 'n beweerde onbillike arbeidspraktyk na die Arbeidshof verwys vir beregting indien die werknemer beweer dat die werknemer onderwerp is aan 'n beroepsnadeel deur die werkgewer in stryd met artikel 3 van die Wet op Beskermde Bekendmakings, 2000, vanweë 'n beskermde bekendmaking soos in daardie Wet omskryf. 'n Verwysing ingevolge paragraaf (a) word geag ingevolge subartikel (5) gedoen te wees. [Sub-a. (13) bygevoeg by a. 46 (i) van Wet 12 van 2002.] [A. 191 gewysig by a. 46 (a) van Wet 12 van 2002.] 192 Bewyslas by geskille oor ontslag (1) By enige verrigtinge rakende 'n ontslag moet die werknemer bewys dat die ontslag plaasgevind het. (2) Indien die ontslag bewys is, moet die werkgewer bewys dat die ontslag billik is. 193 Regsmiddele by onbillike ontslag en onbillike arbeidspraktyke (1) Indien die Arbeidshof of 'n arbiter aangestel ingevolge hierdie Wet bevind dat 'n ontslag onbillik is, kan die Hof of die arbiter- (a) die werkgewer gelas om die werknemer in diens te herstel met ingang van 'n datum wat nie vroeër as die datum van ontslag is nie; die werkgewer gelas om die werknemer weer in diens te neem, óf in die werk waarin die werknemer voor die ontslag in diens was, óf in 'n ander redelikerwys-geskikte werk, op enige voorwaardes en met ingang vanaf enige datum wat nie vroeër as die datum van ontslag is nie; of

117 (c) die werkgewer gelas om vergoeding aan die werknemer te betaal. (2) Die Arbeidshof of die arbiter moet van die werkgewer vereis om die werknemer in diens te herstel of weer in diens te neem tensy- (a) die werknemer nie in diens herstel of weer in diens geneem wil word nie; die omstandighede rondom die ontslag sodanig is dat 'n voortgesette diensverhouding onduldbaar sou wees; (c) dit nie redelikerwys doenlik is vir die werkgewer om die werknemer in diens te herstel of weer in diens te neem nie; of (d) die ontslag onbillik is bloot omdat die werkgewer nie 'n billike prosedure gevolg het nie. (3) Indien 'n ontslag outomaties onbillik is, of indien 'n ontslag wat gegrond is op die werkgewer se bedryfvereistes gevind word onbillik te wees, kan die Arbeidshof daarbenewens enige ander bevel maak wat hy in die omstandighede gepas ag. xlix * (4) 'n Arbiter wat ingevolge hierdie Wet aangestel is, het die bevoegdheid om enige geskil oor onbillike arbeidspraktyke wat na dié arbiter verwys is, te beslis op bepalings wat die arbiter redelik ag, insluitende 'n bevel om in diens te herstel, weer in diens te neem of vergoeding te betaal. [Sub-a. (4) bygevoeg by a. 47 van Wet 12 van 2002.] [A. 193 gewysig by a. 47 (a) van Wet 12 van 2002.] 194 Perke op vergoeding (1) Die vergoeding wat toegeken word aan 'n werknemer wie se ontslag onbillik bevind is hetsy omdat die werkgewer nie bewys het dat die rede vir ontslag 'n billike rede was nie rakende die werknemer se gedrag of bekwaamheid of die werkgewer se bedryfsvereistes of omdat die werkgewer nie 'n billike prosedure gevolg het nie, of albei, moet in alle omstandighede regverdig en billik wees, maar mag hoogstens die ekwivalent van 12 maande se besoldiging wees, bereken teen die werknemer se koers van besoldiging op die datum van ontslag. [Sub-a. (1) vervang by a. 48 (a) van Wet 12 van 2002.] (2)... [Sub-a. (2) geskrap by a. 48 van Wet 12 van 2002.] (3) Die vergoeding wat toegeken word aan 'n werknemer wie se ontslag outomaties onbillik is, moet, beoordeel in al die omstandighede, regverdig en billik wees, maar hoogstens die ekwivalent van 24 maande se besoldiging, bereken teen die werknemer se besoldigingskoers soos op die datum van ontslag. (4) Die vergoeding wat aan 'n werknemer toegeken word ten opsigte van 'n onbillike arbeidspraktyk, moet in alle omstandighede regverdig en billik wees, maar hoogstens die ekwivalent van 12 maande se besoldiging. [Sub-a. (4) bygevoeg by a. 48 (c) van Wet 12 van 2002.] 195 Vergoeding is bykomend by enige ander bedrag 'n Bevel of toekenning van vergoeding ingevolge hierdie Hoofstuk gemaak, is bykomend by enige ander bedrag waarop die werknemer ingevolge enige wet, kollektiewe ooreenkoms of dienskontrak geregtig is, en is nie in die plek daarvan nie [A. 196 herroep by a. 95 (5) van Wet 75 van 1997.] 197 Oordrag van dienskontrak (1) In hierdie artikel en in artikel 197A- (a) sluit "besigheid" die geheel of 'n deel van enige besigheid, bedryf, onderneming

118 of diens in; beteken "oordrag" die oordrag van 'n besigheid deur een werkgewer ('die ou werkgewer') aan 'n ander werkgewer ('die nuwe werkgewer') as 'n lopende onderneming. (2) Indien 'n oordrag van 'n besigheid plaasvind, tensy daar ingevolge subartikel (6) anders ooreengekom word- (a) word die nuwe werkgewer outomaties in die plek van die ou werkgewer gestel ten opsigte van alle dienskontrakte wat onmiddellik voor die datum van die oordrag bestaan het; bly al die regte en verpligtinge tussen die ou werkgewer en 'n werknemer ten tyde van die oordrag van krag asof dit regte en verpligtinge tussen die nuwe werkgewer en die werknemer is; (c) word enigiets wat voor die oordrag deur of met betrekking tot die ou werkgewer gedoen is, insluitende die ontslag van 'n werknemer of die pleeg van 'n onbillike arbeidspraktyk of handeling van onbillike diskriminasie, geag deur of met betrekking tot die nuwe werkgewer gedoen te wees; en (d) onderbreek die oordrag nie 'n werknemer se aaneenlopendheid van diens nie, en gaan 'n werknemer se dienskontrak by die nuwe werkgewer voort asof dit by die ou werkgewer is. (3) (a) Die nuwe werkgewer kom subartikel (2) na as daardie werkgewer werknemers wat oorgedra is, in diens neem op bepalings en voorwaardes wat in die geheel nie minder gunstig vir die werknemers is nie as die waarop hulle by die ou werkgewer in diens was. Paragraaf (a) is nie op werknemers van toepassing nie indien enige van hulle diensvoorwaardes deur 'n kollektiewe ooreenkoms bepaal word. (4) Subartikel (2) verhinder nie dat 'n werknemer na 'n ander pensioen-, voorsorg-, aftreeof soortgelyke fonds as die fonds waaraan die werknemer voor die oordrag behoort het, oorgedra word nie indien die maatstawwe in artikel 14 (1) (c) van die Wet op Pensioenfondse, 1956 (Wet 24 van 1956), nagekom word. l * (5) (a) Vir die doeleindes van hierdie subartikel is die bedoelde kollektiewe ooreenkomste en arbitrasietoekennings in paragraaf bedoel, ooreenkomste en toekennings wat die ou werkgewer onmiddellik voor die datum van oordrag gebind het ten opsigte van die werknemers wat oorgedra word. Tensy daar anders ooreengekom word ingevolge subartikel (6), word die nuwe werkgewer gebind deur- (i) enige arbitrasietoekenning ingevolge hierdie Wet, die gemene reg of enige ander wet; (ii) enige kollektiewe ooreenkoms wat ingevolge artikel 23 bindend is; en (iii) enige kollektiewe ooreenkoms wat ingevolge artikel 32 bindend is, tensy 'n kommissaris wat kragtens artikel 62 optree, anders besluit. (6) (a) 'n Ooreenkoms in subartikel (2) bedoel, moet skriftelik wees en moet gesluit word tussen- (i) die ou werkgewer, die nuwe werkgewer, of die ou en die nuwe werkgewer wat gesamentlik optree, aan die een kant; en (ii) die gepaste persoon of liggaam in artikel 189 (1) bedoel, aan die ander kant. In enige onderhandelings om 'n ooreenkoms aan te gaan wat by paragraaf (a) bedoel word, moet die werkgewer of werkgewers in subparagraaf (i) bedoel, aan die person of liggaam

119 in subparagraaf (ii) bedoel, alle tersaaklike inligting bekend maak wat hom in staat sal stel om doeltreffend aan die onderhandelings deel te neem. (c) Artikel 16 (4) tot (14), gelees met die veranderinge wat in die konteks nodig is, is van toepassing op die openbaarmaking van inligting ingevolge paragraaf. (7) Die ou werkgewer moet- (a) met die nuwe werkgewer ooreenkom op 'n waardasie soos op die datum van die oordrag van- (i) die verlofbetaling wat vir die oorgedraagde werknemers van die ou werkgewer opgeloop het; (ii) die uittreeloon wat aan die oorgedraagde werknemers van die ou werkgewer betaalbaar sou gewees het in die geval van ontslag op grond van die werkgewer se bedryfsvereistes; en (iii) enige ander betalings wat aan die oorgedraagde werknemers toegeval het maar nie aan werknemers van die ou werkgewer betaal is nie; 'n skriftelike ooreenkoms sluit wat bepaal- (i) watter werkgewer aanspreeklik is vir die betaling van enige bedrag in paragraaf (a) bedoel, en in die geval van die toewysing van aanspreeklikheid tussen hulle, die bepalings van daardie toewysing; en (ii) watter voorsiening daar gemaak is vir enige betaling in paragraaf (a) bedoel as enige werknemer daarop geregtig raak om 'n betaling te ontvang; (c) die bepalings van die ooreenkoms in paragraaf bedoel, bekend maak aan elke werknemer wat na die oordrag deur die nuwe werkgewer in diens geneem word; en (d) enige ander maatreël tref wat in die omstandighede redelik is om te verseker dat daar voldoende voorsiening gemaak word vir enige verpligting vir die nuwe werkgewer wat ingevolge paragraaf (a) kan ontstaan. (8) Vir 'n tydperk van 12 maande na die datum van die oordrag is die ou werkgewer gesamentlik en afsonderlik met die nuwe werkgewer aanspreeklik vir elke werknemer wat daarop geregtig raak om 'n betaling in subartikel (7) (a) beoog, te ontvang as gevolg van die werknemer se ontslag om 'n rede wat verband hou met die werkgewer se bedryfsvereistes of die werkgewer se likwidasie of sekwestrasie, tensy die ou werkgewer kan aantoon dat hy die bepalings van hierdie artikel nagekom het. (9) Die ou en die nuwe werkgewer is gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik ten opsigte van enige eis rakende enige diensvoorwaarde of -beding wat voor die oordrag ontstaan het. (10) Hierdie artikel raak nie die aanspreeklikheid van enige persoon wat vir enige misdryf vervolg, skuldig bevind en gevonnis gaan word nie. [A. 197 vervang by a. 49 van Wet 12 van 2002.] 197A Oordrag van dienskontrak in omstandighede van insolvensie (1) Hierdie artikel is van toepassing op die oordrag van 'n besigheid- (a) indien die ou werkgewer insolvent is; of indien 'n reëlingskema of kompromis aangegaan word om likwidasie of sekwestrasie omrede insolvensie te voorkom. (2) Ondanks die Insolvensiewet, 1936 (Wet 24 van 1936), as die oordrag van 'n besigheid plaasvind in die omstandighede by subartikel (1) beoog, tensy daar ingevolge artikel 197 (6) anders ooreengekom word- (a) word die nuwe werkgewer outomaties in die plek van die ou werkgewer gestel ten

120 opsigte van alle dienskontrakte wat onmiddellik voor die voorlopige likwidasie of sekwestrasie van die ou werkgewer bestaan het; bly al die regte en verpligtinge tussen die ou werkgewer en elke werknemer ten tyde van die oordrag, regte en verpligtinge tussen die ou werkgewer en elke werknemer; (c) word enigiets wat voor die oordrag deur die ou werkgewer ten opsigte van elke werknemer gedoen is, geag deur die nuwe werkgewer gedoen te wees; (d) onderbreek die oordrag nie die werknemer se aaneenlopendheid van diens nie, en gaan die werknemer se dienskontrak by die nuwe werkgewer voort asof dit by die ou werkgewer is. (3) Artikel 197 (3), (4), (5) en (10) is van toepassing op 'n oordrag ingevolge hierdie artikel, en enige verwysing na 'n ooreenkoms in daardie artikel moet gelees word as 'n verwysing na 'n ooreenkoms by artikel 197 (6) beoog. (4) Artikel 197 (5) is van toepassing op 'n kollektiewe ooreenkoms of arbitrasie wat bindend was vir die werkgewer onmiddellik voor die werkgewer se voorlopige likwidasie of sekwestrasie. (5) Artikel 197 (7), (8) en (9) is nie op 'n oordrag ooreenkomstig hierdie artikel van toepassing nie. [A. 197A ingevoeg by a. 50 van Wet 12 van 2002.] 197B Bekendmaking van inligting oor insolvensie (1) 'n Werkgewer wat finansiële probleme ondervind wat redelikerwys tot die werkgewer se likwidasie of sekwestrasie kan lei, moet 'n oorlegplegende party in artikel 189 (1) beoog, in kennis stel. (2) (a) 'n Werkgewer wat aansoek doen om gelikwideer of gesekwestreer te word, hetsy ingevolge die Insolvensiewet, 1936, of enige ander wet, moet ten tyde van die aansoek 'n afskrif van die aansoek verskaf aan 'n oorlegplegende party in artikel 189 (1) beoog. 'n Werkgewer wat 'n aansoek vir sy likwidasie of sekwestrasie ontvang, moet 'n afskrif van die aansoek binne twee dae na ontvangs of, as die verrigtinge dringend is, binne 12 uur verskaf aan 'n oorlegplegende party in artikel 189 (1) beoog. [A. 197B ingevoeg by a. 50 van Wet 12 van 2002.] HOOFSTUK IX ALGEMENE BEPALINGS (aa ) 198 Tydelike werkverskaffingsdienste (1) In hierdie artikel beteken "tydelike werkverskaffingsdiens" iemand wat teen vergoeding vir 'n kliënt ander persone verkry of voorsien- (a) wat aan die kliënt dienste lewer of vir die kliënt werk doen; en wat deur die tydelike werkverskaffingsdiens besoldig word. (2) Vir doeleindes van hierdie Wet is iemand wie se dienste deur 'n tydelike werkverskaffingsdiens vir 'n kliënt verkry of aan 'n kliënt voorsien is, die werknemer van daardie tydelike werkverskaffingsdiens en is die tydelike werkverskaffingsdiens daardie persoon se werkgewer. (3) Ondanks subartikels (1) en (2) is iemand wat 'n onafhanklike kontrakteur is, nie 'n werknemer van 'n tydelike werkverskaffingsdiens nie, en is die tydelike werkverskaffingsdiens ook nie daardie persoon se werkgewer nie. (4) Die tydelike werkverskaffingsdiens en die kliënt is gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik indien die tydelike werkverskaffingsdiens ten opsigte van enige van sy werknemers,

121 enige van die volgende oortree- (a) 'n kollektiewe ooreenkoms wat in 'n bedingingsraad gesluit is wat bedinge en voorwaardes van diens reël; 'n bindende arbitrasietoekenning wat bedinge en voorwaardes van indiensneming reël; (c) die Wet op Basiese Diensvoorwaardes; of (d) 'n vasstelling ingevolge die Loonwet gemaak. (5) Twee of meer bedingingsrade kan ooreenkom om die volgende persone, indien hulle binne die gesamentlike geregistreerde bestek van daardie bedingingsrade val, te verbind aan 'n kollektiewe ooreenkoms wat in enigeen van hulle gesluit is- (a) 'n tydelike werkverskaffingsdiens; iemand in diens by 'n tydelike werkverskaffingsdiens; en (c) 'n tydelike werkverskaffingsdiens se kliënt. (6) 'n Ooreenkoms wat ingevolge subartikel (5) gesluit is, is bindend slegs indien die kollektiewe ooreenkoms uitgebrei is na nie-partye binne die geregistreerde bestek van die bedingingsraad. (7) Twee of meer bedingingsrade kan ooreenkom om die volgende persone wat binne hulle gesamentlike geregistreerde bestek val, te verbind aan 'n kollektiewe ooreenkoms- (a) 'n tydelike werkverskaffingsdiens; iemand in diens by 'n tydelike werkverskaffingsdiens; en (c) 'n tydelike werkverskaffingsdiens se kliënt. (8) 'n Ooreenkoms gesluit ingevolge subartikel (7) is bindend slegs indien- (a) elkeen van die kontrakterende bedingingsrade die Minister versoek het om die ooreenkoms uit te brei na nie-partye wat binne sy geregistreerde bestek val; die Minister oortuig is dat die bepalings van die ooreenkoms nie wesenlik meer beswarend is as dié wat te vinde is in die ooreenstemmende kollektiewe ooreenkomste wat in die bedingingsrade gesluit is nie; en (c) die Minister, by kennisgewing in die Staatskoerant, die ooreenkoms uitgebrei het soos versoek deur al die bedingingsrade wat partye by die ooreenkoms is. 199 Dienskontrakte mag nie kollektiewe ooreenkomste of arbitrasietoekennings verontagsaam of daarvan afstand doen nie (1) 'n Dienskontrak, hetsy voor of na die inwerkingtreding van 'n toepaslike kollektiewe ooreenkoms of arbitrasietoekenning gesluit, mag nie- (a) voorsiening maak dat 'n werknemer besoldiging betaal word wat minder is as dié wat deur daardie kollektiewe ooreenkoms of arbitrasietoekenning voorgeskryf nie; voorsiening maak dat 'n werknemer op 'n wyse behandel word, of dat aan die werknemer 'n voordeel toegestaan word, wat minder gunstig is as dié wat deur daardie kollektiewe ooreenkoms of arbitrasietoekenning voorgeskryf word nie; of (c) van die toepassing van enige bepaling van daardie kollektiewe ooreenkoms of arbitrasietoekenning afstand doen nie. (2) 'n Bepaling in enige kontrak wat voorgee dat dit enige betaling, behandeling, voordeel of afstanddoening wat by subartikel 20 (1) verbied word, toelaat, is ongeldig. 200 Verteenwoordiging van werknemers of werkgewers (1) 'n Geregistreerde vakbond of geregistreerde werkgewersorganisasie kan, by enige geskil waarby enige van sy lede 'n party is, in een of meer van die volgende hoedanighede optree-

122 (a) in eiebelang; namens enige van sy lede; (c) in belang van enige van sy lede. (2) 'n Geregistreerde vakbond of 'n geregistreerde werkgewersorganisasie is geregtig om by enige verrigtinge ingevolge hierdie Wet 'n party te wees indien een of meer van sy lede 'n party by daardie verrigtinge is. 200A Vermoede oor wie 'n werknemer is (1) Totdat die teendeel bewys is, word daar vermoed dat 'n persoon wat werk vir, of dienste lewer aan, enige ander persoon, ongeag die vorm van die kontrak, 'n werknemer is, indien een of meer van die volgende faktore aanwesig is: (a) Die wyse waarop die persoon werk, is onderhewig aan die beheer of leiding van 'n ander persoon; die persoon se werkure is onderhewig aan die beheer of leiding van 'n ander persoon; (c) in die geval van 'n persoon wat vir 'n organisasie werk, maak die persoon deel van daardie organisasie uit; (d) die persoon het oor die afgelope drie maande gemiddeld minstens 40 uur per maand vir daardie persoon gewerk; (e) die persoon is ekonomies afhanklik van die ander persoon vir wie hy of sy werk of dienste lewer; (f) die persoon word deur die ander persoon van bedryfsgereedskap of werktoerusting voorsien; of (g) die persooon werk vir of lewer dienste aan net een persoon. (2) Subartikel (1) is nie van toepassing nie op enige persoon wat meer verdien as die bedrag wat die Minister ingevolge artikel 6 (3) van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes bepaal. (3) Indien 'n voorgestelde of bestaande werkreëling persone raak wat bedrae verdien gelyk aan of minder as die bedrae wat die Minister ingevolge artikel 6 (3) van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes bepaal, kan enige van die kontrakterende partye die Kommissie nader vir 'n adviserende toekenning oor die vraag of die persone wat by die reëling betrokke is, werknemers is. (4) NEOAR moet 'n Goeie Praktykkode opstel en uitreik wat riglyne uiteensit om te bepaal of persone, insluitende die wat meer verdien as die bedrag in subartikel (2) bepaal, werknemers is. [A. 200A ingevoeg by a. 51 van Wet 12 van 2002.] 201 Vertroulikheid (1) Iemand begaan 'n misdryf deur enige inligting openbaar te maak wat op die finansiële of besigheidsaangeleenthede van enige ander persoon of enige besigheid, bedryf of onderneming betrekking het indien die inligting deur eersgenoemde persoon verkry is by die verrigting van enige werksaamheid of uitoefening van enige bevoegdheid ingevolge hierdie Wet, in enige hoedanigheid, deur of namens- (a) 'n raad; enige onafhanklike liggaam wat by 'n kollektiewe ooreenkoms of vasstelling ingestel is om vrystellings van die bepalings van die kollektiewe ooreenkoms te verleen; (c) die registrateur;

123 (d) die Kommissie; en (e) 'n geakkrediteerde agentskap. (2) Subartikel (1) is nie van toepassing nie indien die inligting openbaar gemaak is ten einde 'n persoon in staat te stel om 'n werksaamheid of bevoegdheid ingevolge hierdie Wet te verrig of uit te oefen. (3) (a) Iemand wat skuldig bevind word aan 'n misdryf ingevolge hierdie artikel kan gevonnis word tot 'n boete wat nie R te bowe gaan nie. Die Minister, in oorleg met die Minister van Justisie, kan van tyd tot tyd by kennisgewing in die Staatskoerant die maksimum bedrag van die boete in paragraaf (a) bedoel, wysig.[sub-a. (3) vervang by a. 49 van Wet 42 van 1996.] 202 Betekening van dokumente (1) Indien 'n geregistreerde vakbond of 'n geregistreerde werkgewersorganisasie namens enige van sy lede in 'n geskil optree, is die betekening, aan daardie vakbond of werkgewersorganisasie, van 'n dokument wat in verband met daardie geskil aan daardie lede gerig is, voldoende betekening aan daardie lede vir doeleindes van hierdie Wet. (2) Betekening aan die Kantoor van die Staatsprokureur van enige prosesstukke wat gerig is aan die Staat in sy hoedanigheid as 'n werkgewer, is betekening aan die Staat vir die doeleindes van hierdie Wet. 203 Goeie praktykkodes (1) NEOAR kan- (a) goeie praktykkodes opstel en uitreik; en enige goeie praktykkode verander of vervang. (2) 'n Goeie praktykkode of enige verandering aan of vervanging van 'n goeie praktykkode, moet in die Staatskoerant gepubliseer word. (3) Iemand wat hierdie Wet uitlê of toepas, moet enige tersaaklike goeie praktykkode in aanmerking neem. (4) 'n Goeie Praktykkode wat ingevolge hierdie artikel uitgereik word, kan bepaal dat die kode in aanmerking geneem moet word by die toepassing of interpretasie van enige dienswet. [Sub-a. (4) bygevoeg by a. 52 van Wet 12 van 2002.] [Datum van inwerkingtreding van a. 203: 1 Januarie 1996.] 204 Kollektiewe ooreenkoms, arbitrasietoekenning of loonvasstelling moet deur werkgewer gehou word Tensy 'n kollektiewe ooreenkoms, arbitrasietoekenning of vasstelling wat ingevolge die Wet op Basiese Diensvoorwaardes gemaak is, anders bepaal, moet elke werkgewer op wie die kollektiewe ooreenkoms, arbitrasietoekenning of vasstelling bindend is- (a) te alle tye 'n afskrif van daardie kollektiewe ooreenkoms, arbitrasietoekenning of vasstelling in die werkplek beskikbaar hou; daardie afskrif vir insae deur enige werknemer beskikbaar stel; en (c) 'n afskrif van daardie kollektiewe ooreenkoms, arbitrasietoekenning of vasstelling- (i) aan 'n werknemer gee wat die voorgeskrewe geld betaal het; en (ii) op versoek, kosteloos gee aan 'n werknemer wat 'n vakbondverteenwoordiger of 'n lid van 'n werkplekforum is. [A. 204 gewysig by a. 53 van Wet 12 van 2002.] 205 Rekords wat deur werkgewer gehou moet word (1) Elke werkgewer moet die rekords hou wat 'n werkgewer verplig is om te hou ingevolge enige toepaslike-

124 (a) kollektiewe ooreenkoms; arbitrasietoekenning; (c) vasstelling ingevolge die Loonwet gemaak. (2) 'n Werkgewer wat ingevolge subartikel (1) verplig is om rekords te hou, moet- (a) daardie rekords in hul oorspronklike vorm of 'n gereproduseerde vorm hou vir 'n tydperk van drie jaar na die datum van die gebeurtenis of die einde van die tydperk waarop hulle betrekking het; en in antwoord op 'n aanvraag wat op enige redelike tyd gerig is, daardie rekords in hul oorspronklike vorm of in 'n gereproduseerde vorm voorlê aan 'n agent van 'n bedingingsraad, 'n kommissaris of iemand wie se werksaamhede ingevolge hierdie Wet die beslegting van geskille insluit. (3) (a) 'n Werkgewer moet 'n rekord hou van die voorgeskrewe besonderhede van enige staking, uitsluiting of protesoptrede waarby werknemers van die werkgewer betrokke is. 'n Werkgewer moet daardie rekords op die voorgeskrewe wyse aan die registrateur voorlê. 206 Uitwerking van sekere gebreke en onreëlmatighede (1) Ondanks enige bepaling in hierdie Wet of enige ander wet, maak 'n gebrek nie die volgende ongeldig nie- (a) die konstitusie of die registrasie van enige geregistreerde vakbond, geregistreerde werkgewersorganisasie of raad; 'n kollektiewe ooreenkoms of arbitrasietoekenning wat andersins ingevolge hierdie Wet bindend sou wees; (c) enige handeling van 'n raad; of (d) enige handeling van die direkteur of 'n kommissaris. (2) 'n Gebrek bedoel in subartikel (1) beteken- (a) enige gebrek in of weglating uit die konstitusie van 'n geregistreerde vakbond, geregistreerde werkgewersorganisasie of raad; enige vakature in die lidmaatskap van 'n raad; of (c) enige onreëlmatigheid in die aanstelling of verkiesing van- (i) 'n verteenwoordiger tot 'n raad; (ii) 'n plaasvervanger vir 'n verteenwoordiger in 'n raad; (iii) 'n voorsitter of iemand anders wat voorsit by 'n vergadering van 'n raad of 'n (iv) komitee van 'n raad; of die direkteur of 'n kommissaris. [Datum van inwerkingtreding van a. 206: 1 Januarie 1996.] 207 Ministers by magte om Bylaes te verander en daaraan toe te voeg (1) Die Minister, na oorlegpleging met NEOAR, kan by kennisgewing in die Staatskoerant Bylaes 2 en 4 by hierdie Wet en die bylae in subartikel (3) in die vooruitsig gestel, verander, vervang of daarby byvoeg. [Sub-a. (1) vervang by a. 50 (a) van Wet 42 van 1996 en by a. 26 (a) van Wet 127 van 1998.] (2)... [Sub-a. (2) geskrap by a. 26 van Wet 127 van 1998.] (3) Die Minister kan, na oorlegpleging met NEOAR, by kennisgewing in die Staatskoerant 'n verdere bylae by hierdie Wet voeg wat 'n modelgrondwet vir 'n statutêre raad bevat. (4) Die Minister vir die Staatsdiens en Administrasie, na oorlegpleging met die

125 Koördinerende Staatsdiens Bedingingsraad, kan by kennisgewing in die Staatskoerant 'n bykomende bylae by hierdie Wet toevoeg wat die instelling en die konstitusies van werkplekforums in die staatsdiens reël. (5) Die Minister kan enige kop-etiket of voetnoot verander, vervang of daaraan toevoeg. (6)... [Sub-a. (6) geskrap by a. 26 van Wet 127 van 1998.] [Datum van inwerkingtreding van a. 207: 1 Januarie 1996.] 208 Regulasies Die Minister, na oorlegpleging met NEOAR en, wanneer toepaslik, die Kommissie, kan regulasies, wat nie met hierdie Wet onbestaanbaar is nie, uitvaardig met betrekking tot- (a) enige aangeleentheid wat ingevolge hierdie Wet voorgeskryf kan of moet word; en enige aangeleentheid wat die Minister nodig of dienstig ag om voor te skryf of by regulasie te reël ten einde die hoofoogmerke van hierdie Wet te bereik. [Datum van inwerkingtreding van a. 208: 1 Januarie 1996.] 208A Delegasies (1) Die Minister kan enige bevoegdheid, werksaamheid of plig wat die Minister verleen of opgelê word by of ingevolge hierdie Wet, behalwe die bevoegdhede, werksaamhede of pligte beoog in artikel 32 (maar uitgesonderd subartikel (6)) en artikels 44, 207 en 208, skriftelik delegeer aan die Direkteur-generaal of enige ander beampte van die Departement van Arbeid. (2) 'n Delegasie ingevolge subartikel (1) begrens of beperk nie die kompetensie van die Minister om enige bevoegdheid, werksaamheid of plig wat gedelegeer is, uit te oefen of te verrig nie. (3) Die Minister kan 'n delegasie verleen onderworpe aan enige voorwaardes of beperkings wat gerade geag word. (4) Die Minister kan te eniger tyd- (a) 'n delegasie ingevolge subartikel (1) verleen, intrek; en enige beslissing gedoen deur iemand by die uitoefening van 'n bevoegdheid of die verrigting van 'n werksaamheid of plig wat ingevolge subartikel (1) gedelegeer is, intrek of wysig.[a. 208A ingevoeg by a. 51 van Wet 42 van 1996.] 209 Hierdie Wet bind die Staat Hierdie Wet bind die Staat. 210 Toepassing van Wet wanneer met ander wette strydig Indien daar 'n strydigheid tussen hierdie Wet en die bepalings van enige ander wet behalwe die Grondwet of 'n wet waarby hierdie Wet uitdruklik gewysig word, ontstaan met betrekking tot die aangeleenthede wat in hierdie Wet behandel word, geniet die bepalings van hierdie Wet voorrang. 211 Wysiging van wette Elkeen van die wette wat in items 1 en 2 van Bylae 5 genoem word, word hierby gewysig in die mate soos in daardie items vermeld. 212 Herroeping van wette, en oorgangsreëlings (1) Elkeen van die wette wat in die eerste twee kolomme van Bylae 6 genoem word, word hierby herroep in die mate wat teenoor daardie wet in die derde kolom van daardie Bylae genoem word. (2) Die herroeping van daardie wette raak nie enige van die oorgangsreëlings wat in Bylae 7 getref word nie. (3) Die oorgangsreëlings vervat in Bylae 7 word gelees en toegepas as substantiewe

126 bepalings van hierdie Wet. 213 Woordomskrywing (1) In hierdie Wet, tensy uit die samehang anders blyk, beteken- "ampsdraer" 'n persoon wat 'n amp beklee in 'n vakbond, werkgewersorganisasie, federasie van vakbonde, federasie van werkgewersorganisasies of enige raad en wat nie 'n beampte is nie; "beampte", met betrekking tot 'n vakbond, werkgewersorganisasie, federasie van vakbonde of federasie van werkgewersorganisasies, iemand in diens as die sekretaris, assistent-sekretaris of organiseerder van 'n vakbond, werkgewersorganisasie of federasie, of in enige ander voorgeskrewe hoedanigheid, ongeag of daardie persoon in 'n voltydse hoedanigheid in diens is, al dan nie, en, met betrekking tot 'n raad, iemand in diens van die raad as sekretaris of in enige ander voorgeskrewe hoedanigheid, ongeag of daardie persoon in 'n voltydse hoedanigheid in diens, is al dan nie; "bedingingsraad" 'n bedingingsraad bedoel in artikel 27 en ook, met betrekking tot die staatsdiens, die bedingingsrade in artikel 35 bedoel; "bedryfsvereistes" vereistes gegrond op die ekonomiese, tegnologiese, strukturele of soortgelyke behoeftes van 'n werkgewer; "besoldiging" enige betaling in kontant of in goedere, of beide in kontant en goedere, gedoen of verskuldig aan 'n persoon, in ruil waarvoor daardie persoon vir 'n ander persoon, met inbegrip van die Staat, werk, en het "besoldig" 'n ooreenstemmende betekenis; "beteken" om per geregistreerde pos, telegram, teleks of telefaks te stuur of per hand af te lewer; "dienswet" ook hierdie Wet, enige ander Wet waarvan die administrasie aan die Minister opgedra is, en enige van die volgende wette: (a) Die Werkloosheidversekeringswet, 1966 (Wet 30 van 1966); die "Skills Development Act", 1998 (Wet 97 van 1998); (c) die "Employment Equity Act", 1998 (Wet 55 van 1998); (d) (e) die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid, 1993 (Wet 85 van 1993); en die Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes, 1993 (Wet 130 van 1993); [Omskrywing van "dienswet" ingevoeg by a. 54 (a) van Wet 12 van 2002.] "direkteur" die direkteur van die Kommissie aangestel ingevolge artikel 118 (1), en ook 'n waarnemende direkteur aangestel ingevolge artikel 119; "gebied" ook enige aantal gebiede, hetsy aangrensend, al dan nie; "geregistreerde bestek"- (a) (c) in die geval van die Koördinerende Staatsdiens Bedingingsraad, die staatsdiens in die geheel, behoudens artikel 36; in die geval van bedingingsrade ingestel vir sektore in die staatsdiens, die sektor aangewys deur die Koördinerende Staatsdiens Bedingingsraad ingevolge artikel 37 (1); [Par. vervang by a. 54 van Wet 12 van 2002.] in die geval van enige ander raad, die sektor en gebied ten opsigte waarvan dit ingevolge hierdie Wet geregistreer is; "geskil" ook 'n beweerde geskil; "goeie praktykkode" 'n praktykkode deur NEOAR uitgereik ingevolge artikel 203 (1) van hierdie Wet;

127 "hierdie Wet" ook die artikelnommers, die Bylaes, behalwe Bylaes 4 en 8, en enige regulasies kragtens artikel 208 uitgevaardig, maar sluit dit nie die kop-etikette, die opskrifte of voetnote in nie; "kollektiewe ooreenkoms" 'n skriftelike ooreenkoms oor bedinge en voorwaardes van diens of enige ander aangeleentheid van onderlinge belang, aangegaan deur een of meer geregistreerde vakbonde, aan die een kant, en aan die ander kant- (a) een of meer werkgewers; een of meer geregistreerde werkgewersorganisasies; of (c) een of meer werkgewers en een of meer geregistreerde werkgewersorganisasies; "Loonwet" die Loonwet, 1957 (Wet 5 van 1957); "Minister" die Minister van Arbeid; "NEOAR" die Nasionale Ekonomiese, Ontwikkelings- en Arbeidsraad, ingestel by artikel 2 van die Wet op die Nasionale Ekonomiese, Ontwikkelings- en Arbeidsraad, 1994 (Wet 35 van 1994); "noodsaaklike diens"- (a) 'n diens waarvan die onderbreking die lewe, persoonlike veiligheid of gesondheid van die hele bevolking of 'n deel daarvan in die gevaar stel; die Parlementsdiens; (c) die Suid-Afrikaanse Polisiediens; "ontslag" ontslag soos in artikel 186 omskryf; "ouditeur" iemand wat geregistreer is om in die Republiek as 'n openbare rekenmeester en ouditeur te praktiseer; "protesoptrede" die gedeeltelike of algehele gesamentlike weiering om te werk, of die vertraging of belemmering van werk, met die doel om die sosio-ekonomiese belange van werkers te bevorder of te beskerm, maar nie vir 'n doel in die omskrywing van "staking" bedoel nie; "raad" 'n bedingingsraad en 'n statutêre raad; "registrateur" die registrateur van arbeidsverhoudinge aangestel ingevolge artikel 108, en ook- (a) 'n adjunkregistrateur aangestel ingevolge daardie artikel, handelende op die lasgewing of uit hoofde van 'n algemene of spesiale delegasie van die registrateur; en 'n waarnemende registrateur aangestel ingevolge daardie artikel; "regspraktisyn" enige persoon wat toegelaat is om in die Republiek as 'n advokaat of 'n prokureur te praktiseer; "Republiek"- (a) met verwysing na die Staat as 'n staatkundige entiteit, die Republiek van Suid-Afrika soos omskryf in artikel 1 van die Grondwet; en in die territoriale sin van die woord, die nasionale grondgebied van die Republiek soos in artikel 1 van die Grondwet omskryf; "sektor", behoudens artikel 37, 'n nywerheid of 'n diens; "staatsdiens" die nasionale departemente, provinsiale administrasies, provinsiale departemente en regeringskomponente bedoel in artikel 7 (2) van die Staatsdienswet, 1994 (afgekondig by Proklamasie 103 van 1994), maar uitgesonderd- (a) (c) die lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag; die Nasionale Intelligensie-agentskap; en die Suid-Afrikaanse Geheimediens.

128 [Omskrywing van "staatsdiens" vervang by a. 54 (c) van Wet 12 van 2002 en gewysig by a. 42 van Wet 30 van 2007.] "staking" die gedeeltelike of volkome gesamentlike weiering om te werk, of die vertraging of belemmering van werk, deur persone wat in diens is of was van dieselfde werkgewer of verskillende werkgewers, met die oog op die regstelling van 'n grief of die beslegting van 'n geskil rakende enige aangeleentheid van onderlinge belang tussen werkgewer en werknemer, en sluit elke verwysing na "werk" in hierdie omskrywing oortydwerk in, ongeag of dit vrywillig of verpligtend is; "statutêre raad" 'n raad ingevolge Deel E van Hoofstuk III ingestel; "uitsluiting" die uitsluiting deur 'n werkgewer van werknemers uit die werkgewer se werkplek, met die doel om die werknemers te verplig om 'n eis ten opsigte van enige aangeleentheid van onderlinge belang tussen werkgewer en werknemer te aanvaar, ongeag of die werkgewer in die loop van of vir doeleindes van daardie uitsluiting die dienskontrakte met daardie werknemers verbreek; "vakbond" 'n vereniging van werknemers waarvan die hoofdoel is om verhoudinge tussen werknemers en werkgewers, met inbegrip van enige werkgewersorganisasies, te reël; "vakbondverteenwoordiger" 'n lid van 'n vakbond wat verkies is om die werknemers in 'n werkplek te verteenwoordig; "voorgeskryf" van tyd tot tyd by regulasie ingevolge artikel 208 voorgeskryf; "vraagstuk in geskil", met betrekking tot 'n staking of uitsluiting, die eis, die grief of die geskil wat die onderwerp van die staking of uitsluiting uitmaak; "werknemer" li *- (a) iemand, behalwe 'n onafhankelike kontrakteur, wat vir iemand anders of die Staat werk en wat besoldiging ontvang of geregtig is om besoldiging te ontvang; en iemand anders wat op enige wyse help om die besigheid van 'n werkgewer voort te sit of te bedryf, en "in diens" en "diens" het betekenisse wat met dié van "werknemer" ooreenstem; "werkgewersorganisasie" enige aantal werkgewers wat met mekaar geassosieer is met die doel, hetsy op sigself of saam met ander doeleindes, om verhoudinge tussen werkgewers en werknemers of vakbonde te reël; "werkplek"- (a) met betrekking tot die staatsdiens- (i) vir die doeleindes van kollektiewe bedinging en geskilbeslegting, die geregistreerde bestek van die Koördinerende Staatsdiens Bedingingsraad of 'n bedingingsraad in 'n sektor in die staatsdiens, na gelang van die geval; of (ii) vir enige ander doel, 'n nasionale departement, provinsiale administrasie, provinsiale departement of organisasiekomponent beoog in artikel 7 (2) van die Staatsdienswet, 1994 (afgekondig by Proklamasie 103 van 1994), of enige ander deel van die staatsdiens wat die Minister vir Staatsdiens en Administrasie, na oorleg met die Koördinerende Staatsdiens Bedingingsraad, as 'n werkplek afbaken; [Par. (a) vervang by a. 54 (d) van Wet 12 van 2002.]... [Par. geskrap by a. 54 (e) van Wet 12 van 2002.] (c) in alle ander gevalle, die plek of plekke waar die werknemers van 'n werkgewer werk. Indien 'n werkgewer twee of meer bedrywe voer of voortsit wat vanweë hul

129 grootte, werking of organisasie onafhanklik van mekaar is, maak die plek of plekke waar werknemers in verband met elke onafhanklike bedryf werk, die werkplek vir daardie bedryf uit; "werkplekforum" 'n werkplekforum ingestel ingevolge Hoofstuk V; "werkure" die ure waartydens 'n werknemer verplig is om te werk; en "Wet op Basiese Diensvoorwaardes" die Wet op Basiese Diensvoorwaardes, 1997 (Wet 75 van 1997). [Omskrywing van "Wet op Basiese Diensvoorwaardes" vervang by a. 54 (f) van Wet 12 van 2002.] 214 Kort titel en inwerkingtreding (1) Hierdie Wet heet die Wet op Arbeidsverhoudinge, (2) Hierdie Wet tree in werking op 'n datum deur die President by proklamasie in die Staatskoerant bepaal te word, behalwe in die geval van 'n bepaling met betrekking waartoe daar elders in hierdie Wet 'n ander reëling betreffende inwerkingtreding getref word.[sub-a. (2) vervang by a. 53 van Wet 42 van 1996.] Bylae 1 INSTELLING VAN BEDINGINGSRADE VIR STAATSDIENS 1 Woordomskrywings vir hierdie Bylae In hierdie Bylae, tensy uit die sinsverband anders blyk, beteken- "Nasionale Onderhandelingsforum" die Nasionale Onderhandelingsforum ingestel vir die Suid-Afrikaanse Polisiediens by die Regulasies betreffende Arbeidsverhoudinge in die Suid-Afrikaanse Polisiediens, 1995; "Raad vir Arbeidsverhoudinge in die Onderwys" die raad ingestel by artikel 6 (1) van die Wet op Arbeidsverhoudinge in die Onderwys; "Staatsdiensbedingingsraad" die raad bedoel in artikel 5 (1) van die Wet op Arbeidsverhoudinge in die Staatsdiens; "Wet op Arbeidsverhoudinge in die Onderwys" die Wet op Arbeidsverhoudinge in die Onderwys, 1993 (Wet 146 van 1993); "Wet op Arbeidsverhoudinge vir die Staatsdiens" die Wet op Arbeidsverhoudinge vir die Staatsdiens, 1994 (afgekondig by Proklamasie 105 van 1994). 2 Instelling van Koördinerende Staatsdiens Bedingingsraad (1) So gou doenlik na die inwerkingtreding van hierdie Wet moet die Kommissie by kennisgewing in die Staatskoerant die werknemers- en werkgewersverteenwoordigers in die Raad vir Arbeidsverhoudinge in die Onderwys, en dié in die Nasionale Onderhandelingsforum en die sentrale kamer van die Staatsdiensbedingingsraad uitnooi om 'n vergadering by te woon met die oog daarop dat daardie verteenwoordigers 'n ooreenkoms sal bereik oor 'n konstitusie vir die Koördinerende Staatsdiens Bedingingsraad. (2) Die Kommissie moet 'n kommissaris aanstel om by die vergadering voor te sit en die sluiting aanhelp van 'n ooreenkoms oor 'n konstitusie wat voldoen aan die vereistes van artikel 30, saamgelees met die veranderinge wat in die konteks nodig is. (3) Die partye by die Raad vir Arbeidsverhoudinge in die Onderwys, die Nasionale Onderhandelingsforum en die sentrale kamer van die Staatsdiensbedingingsraad is die stigterslede by die Koördinerende Staatsdiens Bedingingsraad. (4) Indien 'n ooreenkoms gesluit word en die registrateur oortuig is dat die konstitusie aan die vereistes van artikel 30 voldoen, moet die registrateur die Koördinerende Staatsdiens Bedingingsraad registreer deur sy naam in die register van rade in te skryf.

130 (5) Indien daar nie 'n ooreenkoms oor 'n konstitusie gesluit word nie, moet die registrateur- (a) die konstitusie vir die Koördinerende Staatsdiens Bedingingsraad bepaal; die Koördinerende Staatsdiens Bedingingsraad registreer deur sy naam in die register van rade te skryf; en (c) die konstitusie sertifiseer as die konstitusie van die Koördinerende Staatsdiens Bedingingsraad. (6) Nadat die Koördinerende Staatsdiens Bedingingsraad geregistreer is, moet die registrateur- (a) 'n registrasiesertifikaat uitreik wat die geregistreerde bestek van die Koördinerende Staatsdiens Bedingingsraad vermeld; en die registrasiesertifikaat en 'n gewaarmerkte afskrif van die konstitusie aan die Koördinerende Staatsdiens Bedingingsraad stuur. 3 Instelling van bedingingsrade in sektore (1) Die departementele en provinsiale kamers van die Staatsdiensbedingingsraad word geag bedingingsrade te wees wat ingevolge artikel 37 (3) (a) van hierdie Wet ingestel is, behoudens enige aanwysing ingevolge artikel 37 (1) van hierdie Wet. (2) Die Raad vir Arbeidsverhoudinge in die Onderwys word geag 'n bedingingsraad te wees wat ingevolge artikel 37 (3) van hierdie Wet ingestel is. (3) Die Nasionale Onderhandelingsforum word geag 'n bedingingsraad te wees vir 'n sektor wat ingevolge artikel 37 (2) van hierdie Wet aangewys is. (4) Indien die President 'n sektor ingevolge artikel 37 (2) aanwys, moet die President die Kommissie inlig en dié aansê om 'n vergadering te belê van die verteenwoordigers van die geregistreerde vakbonde met lede wat in die sektor in diens is. (5) Die Kommissie moet 'n kennisgewing in die Staatskoerant publiseer wat geregistreerde vakbonde wat lede in die sektor in diens het, uitnooi om die vergadering by te woon. (6) Die Kommissie moet 'n kommissaris aanstel om by die vergadering voor te sit en die sluiting van 'n ooreenkoms aanhelp oor- (a) die geregistreerde vakbonde wat partye by die bedingingsraad moet wees; en 'n konstitusie wat voldoen aan die vereistes van artikel 30, saamgelees met die veranderinge wat in die konteks nodig is. (7) Indien 'n ooreenkoms gesluit word, moet die registrateur- (a) die geregistreerde vakbonde as partye by die bedingingsraad toelaat; en indien oortuig dat die konstitusie aan die vereistes van artikel 30 voldoen, die bedingingsraad registreer deur sy naam in die register van rade in te skryf. (8) Indien daar nie 'n ooreenkoms gesluit word- (a) oor die geregistreerde vakbonde wat toegelaat moet word nie, moet die Kommissie beslis welke vakbonde wel toegelaat behoort te word; oor die konstitusie nie, moet die registrateur, ooreenkomstig die beslissing van die Kommissie ingevolge paragraaf (a), 'n konstitusie bepaal wat voldoen aan die vereistes van artikel 30, saamgelees met die veranderinge wat in die konteks nodig is. (9) Die registrateur moet die bedingingsraad vir die sektor registreer deur sy naam in die register van rade in te skryf. (10) Nadat die bedingingsraad geregistreer is, moet die registrateur-

131 (a) 'n registrasiesertifikaat uitreik wat die geregistreerde bestek van die bedingingsraad vermeld; en die sertifikaat en 'n gewaarmerkte afskrif van die konstitusie aan die bedingingsraad stuur. Bylae 2 RIGLYNE VIR KONSTITUSIE VAN WERKPLEKFORUM 1 Inleiding (1) Hierdie Bylae bevat riglyne vir die konstitusie van 'n werkplekforum. Die bedoeling is om leiding te gee aan verteenwoordigende vakbonde wat 'n werkplekforum wil instel, asook aan werkgewers en kommissarisse. (2) Hierdie Wet verleen die hoogste voorkeur aan die instelling van werkplekforums by wyse van ooreenkoms tussen 'n verteenwoordigende vakbond en 'n werkgewer. Die rol van die kommissaris is om die bereiking van 'n ooreenkoms waarby die struktuur en werksaamhede van 'n werkplekforum vasgestel word, te vergemaklik en aan te help. Indien 'n ooreenkoms nie moontlik is nie, hetsy in die geheel óf gedeeltelik, moet die kommissaris uit hierdie Bylae put en die riglyne daarin vervat so gebruik dat dit die bepaalde werkplek die beste pas. (3) Geriefshalwe volg die riglyne die volgorde van die paragrawe in artikel 82 van hierdie Wet. 2 Getal setels in werkplekforums (artikel 82 (1) (a)) Die formule om die getal setels in die werkplekforums vas te stel, moet die grootte, aard, beroepstruktuur en fisiese ligging van die werkplek weerspieël. Die volgende kan as 'n riglyn dien- (a) in 'n werkplek waarin 100 tot 200 werknemers in diens is, vyf lede; in 'n werkplek waarin 201 tot 600 werknemers in diens is, agt lede; (c) (d) in 'n werkplek waarin 601 tot werknemers in diens is, 10 lede; in 'n werkplek waarin meer as werknemers in diens is, 10 lede vir die eerste werknemers, plus 'n addisionele lid vir elke bykomende 500 werknemers, tot hoogstens 20 lede. 3 Verspreiding van setels om beroepstruktuur te weerspieël (artikel 82 (1) ) Die formule om die verspreiding van setels in die werkplekforum te bepaal, moet die beroepstruktuur van die werkplek weerspieël. Voorbeeld: Daar is 300 werknemers in 'n werkplek. Die beroepstruktuur is soos volg: 200 werknemers wat hande-arbeid verrig; 50 wat administratiewe en klerklike werknemers is; en 50 wat toesighoudende, bestuurs- en tegniese werknemers is. Die ses setels kan soos volg verdeel word: 4 setels vir lede wat gekies moet word uit kandidate benoem uit die geledere van die werknemers wat hande-arbied verrig 1 setel vir lede wat gekies moet word uit kandidate benoem uit die geledere van die administratiewe en klerklike werknemers 1 setel vir lede wat gekies moet word uit kandidate benoem uit die geledere van die toesighoudende, bestuurs- en tegniese werknemers. 4 Verkiesings (artikel 82 (1) (c), (d), (g), (h), (i) en (j)) (1) Die konstitusie moet bepalings bevat wat vir die aanstelling van 'n kiesbeampte voorsiening maak. Voorbeeld: (a) Elke verkiesing of tussenverkiesing met betrekking tot 'n werkplekforum moet

132 (c) gehou word deur 'n kiesbeampte aangestel by ooreenkoms tussen die verteenwoordigende vakbond en die werkgewer. Indien die vakbond en die werkgewer nie kan ooreenkom nie, kan die vakbond by die Kommissie aansoek doen om 'n kiesbeampte aan te stel. Die Kommissie stel 'n kiesbeampte aan om 'n tussenverkiesing te hou slegs indien die Kommissie oortuig is dat die werkplekforum nie sonder 'n tussenverkiesing behoorlik kan funksioneer nie. (2) Die konstitusie moet die pligte van die kiesbeampte uiteensit asook die prosedure vir 'n verkiesing. Voorbeeld: (a) Dertig dae voor elke verkiesing van lede van die werkplekforum moet die kiesbeampte- (i) 'n lys opstel van al die werknemers in die werkplek; en (ii) benoemings vir lede van die werkplekforum aanvra. Enige werknemer kan as 'n kandidaat vir verkiesing tot lid van die werkplekforum benoem word- (i) deur 'n geregistreerde vakbond met lede in diens in die werkplek; (ii) by wyse van 'n petisie wat onderteken is deur minstens 20 persent van die werknemers in die werkplek of 100 werknemers, watter getal werknemers ook al die kleinste is. (c) Enige werknemer wat 'n lid is of wat voorheen gedien het as 'n lid van 'n werkplekforum, is herkiesbaar. (d) Veertien dae voor elke verkiesing van lede van die werkplekforum moet die kiesbeampte- (i) bevestig dat die benoemde kandidate kwalifiseer om verkies te word; (ii) 'n lys publiseer van al die kandidate wat kwalifiseer en wat behoorlik benoem is; en (iii) 'n stembrief vir die verkiesing opstel waarin die benoemde kandidate alfabeties volgens vanne gelys word. (e) Stemming geskied in die geheim by wyse van 'n geslote stembriefie. (f) Elke werknemer is daarop geregtig om gedurende werkure op die werknemer se perseel in die verkiesing van die werkplekforum te stem. (g) Elke werknemer in die werkplek is daarop geregtig om 'n getal stemme uit te bring wat gelyk is aan die getal lede wat vir die werkplekforum verkies moet word. (h) Elke werknemer kan een of meer van daardie stemme ten gunste van enige kandidaat uitbring. 5 Ampstermyne (artikel 82 (1) (k), (l) en (m)) (1) Die konstitusie moet voorsiening maak dat die lede van 'n werkplekforum hulle ampte bly beklee tot met die eerste vergadering van die nuut-verkose werkplekforum. (2) Die konstitusie moet bepalings insluit wat lede toelaat om te bedank asook bepalings met betrekking tot die ampsontheffing van lede. Voorbeeld: (a) 'n Lid van 'n werkplekforum kan bedank deur skriftelik aan die voorsitter kennis te gee. 'n Lid van 'n werkplekforum moet daardie amp ontruim- (i) wanneer die lid se bedanking in werking tree;

133 (c) (d) (e) (f) (ii) indien die lid bevorder word tot 'n pos met senior bestuurstatus; (iii) indien die lid uit die werkplek verplaas word; (iv) indien die lid se diens beëindig word; (v) ten gevolge van 'n toekenning van 'n kommissaris; of (vi) indien die verteenwoordigende vakbond wat 'n lid benoem het, die lid onttrek. Die verteenwoordigende vakbond, die werkgewer of die werkplekforum kan by die Kommissie aansoek doen om 'n lid van die werkplekforum van die amp te onthef op grond van growwe versaking van ampspligte. Twintig persent van die werknemers in die werkplek kan by wyse van 'n petisie deur hulle onderteken en aan die Kommissie voorgelê, aansoek doen dat 'n lid van die werkplekforum op grond van growwe versaking van ampspligte, van die amp onthef word. 'n Aansoek om 'n lid van die werkplekforum van die amp te onthef moet deur arbitrasie onder beskerming van die Kommissie beslis word. 'n Tussenverkiesing om 'n vakature in die werkplekforum te vul, moet deur 'n kiesbeampte gehou word. 6 Vergaderings van 'n werkplekforum (artikel 82 (1) (n)) Die konstitusie moet bepalings insluit waarby vergaderings van die werkplekforum gereël word. Voorbeeld: (a) (c) (d) (e) (f) Die eerste vergadering van 'n nuut-verkose werkplekforum moet so gou doenlik na die verkiesing deur die verkiesingsbeampte belê word. By daardie vergadering moet die lede van die werkplekforum uit hul geledere 'n voorsitter en 'n ondervoorsitter kies. Die werkplekforum moet vergader wanneer ook al dit nodig mag wees, maar ten minste een keer per maand. 'n Kworum van die werkplekforum is die meerderheid van die lede van die werkplekforum wat te eniger tyd die amp beklee. 'n Beslissing van die meerderheid van die lede van die werkplekforum teenwoordig by die vergadering is die beslissing van die werkplekforum. Vergaderings tussen lede van die werkplekforum en die werknemers moet ten minste vier keer per jaar plaasvind. Voorbeeld 1: By 'n werkplek wat 'n enkele plek is, moet die vergaderings met werknemers met al die lede van die werkplekforum plaasvind. Voorbeeld 2: In 'n werkplek wat geografies versprei is, hoef die vergaderings met werknemers nie met al die lede van die werkplekforum plaas te vind nie, maar kan dit met een of meer lede van die werkplekforum plaasvind. 7 Tyd vry vir lede van werkplekforum (artikel 82 (1) (p)) Die konstitusie moet bepalings insluit wat die tyd wat lede vry het om hulle werksaamhede te verrig, reël. Voorbeeld: (a) 'n Lid van 'n werkplekforum is geregtig om redelike tyd vry met betaling gedurende werkure te neem met die doel om- (i) die werksaamhede en pligte van 'n lid te verrig; en

134 (ii) opleiding met betrekking tot die verrigting van daardie werksaamhede en pligte te ondergaan. Die reg op tyd vry is onderworpe aan voorwaardes wat redelik is ten einde die onnodige ontwrigting van werk te voorkom. (c) Die koste verbonde aan opleiding moet deur die werkgewer betaal word indien daardie koste redelik is, met inagneming van die grootte en vermoëns van die werkgewer. 8 Geriewe wat aan werkplekforum voorsien moet word (artikel 82 (1) (r)) Die konstitusie moet van die werkgewer vereis om aan die werkplekforum geriewe te verskaf wat voldoende is om sy werksaamhede te verrig. Voorbeeld: (a) Die werkgewer moet op eie koste die volgende voorsien- (i) gelde, geriewe en materiaal wat nodig is vir die hou van verkiesings en tussenverkiesings van die werkplekforum; en (ii) administratiewe en sekretariële geriewe wat geskik is om die lede van die werkplekforum in staat te stel om hulle werksaamhede en pligte te verrig. Hierdie geriewe moet insluit, maar is nie beperk nie tot, 'n kamer waarin die (c) werkplekforum kan vergader, en toegang tot 'n telefoon. Die koste aangegaan deur die werkgewer ter nakoming van die bepalings van paragrawe (a) en moet redelik wees, met inagneming van die grootte en vermoëns van die werkgewer. 9 Deskundiges (artikel 82 (1) (t)) Die konstitusie kan voorsiening maak vir die gebruikmaking van deskundiges. Voorbeeld: (a) (c) (d) 'n Werkplekforum kan deskundiges versoek om hulp te verleen by die verrigting van enige van sy werksaamhede. 'n Deskundige moet toesien dat daar geen botsing van belange tussen die hulp verleen aan een werkplekforum en aan 'n ander is nie. 'n Deskundige kan enige vergadering van die werkplekforum bywoon en kan, op versoek van die werkplekforum, enige vergadering van die werkplekforum toespreek, wat insluit 'n vergadering met die werkgewer of die werknemers. 'n Deskundige is geregtig op enige inligting waarop die werkplekforum geregtig is en kan enige dokument nagaan en 'n afskrif daarvan maak. 10 Instelling van koördinerende en ondergeskikte werkplekforums (artikel 82 (2) ) (1) Waar 'n werkgewer twee of meer bedrywe voortsit of voer wat onafhanklik van mekaar is vanweë hulle grootte, werking of organisasie, kan die konstitusie voorsiening maak vir die instelling van 'n koördinerende werkplekforum met jurisdiksie oor daardie aangeleenthede genoem in artikels 84 en 86 wat die werknemers in die algemeen raak, en vir die instelling van 'n ondergeskikte werkplekforum in elk van die werkplekke met jurisdiksie oor die aangeleenthede wat slegs die werknemers in daardie werkplek raak. (2) Waar die werkgewer 'n werkplek het wat geografies versprei is en daar aangeleenthede is wat van plaaslike eerder as algemene belang is, kan die konstitusie 'n koördinerende werkplekforum met algemene jurisdiksie en ondergeskikte werkplekforums met jurisdiksie oor plaaslike belange, instel. Voorbeeld: 'n Bank met 'n hoofkantoor kan baie takke hê wat oor die hele land versprei is. Indien

135 die takke nie as afsonderlike werkplekke beskou word nie, kan die bank een werkplekforum vir al sy werknemers hê, of die konstitusie kan vir die instelling van 'n koördinerende werkplekforum op hoofkantoorvlak voorsiening maak en in sekere van of al die takke voorsiening maak vir die instelling van ondergeskikte werkplekforums om aangeleenthede te hanteer wat slegs die werknemers in daardie takke raak. Bylae 3 KOMMISSIE VIR VERSOENING, BEMIDDELING EN ARBITRASIE 1 Besoldiging en toelaes van lede van beheerliggaam Die Minister, moet na oorleg met die Minister van Finansies, die besoldiging en toelaes en ander diensbedinge en -voorwaardes van lede van die beheerliggaam bepaal. 2 Bedanking en ontheffing van amp van lid van beheerliggaam (1) 'n Lid van die beheerliggaam kan bedank deur skriftelike kennis daarvan aan die beheerliggaam te gee. (2) Die Minister handelende op advies van NEOAR, kan 'n lid van die beheerliggaam van sy amp onthef weens- (a) ernstige wangedrag; (c) ongeskiktheid of onbevoegdheid; of afwesigheid van drie opeenvolgende vergaderings van die beheerliggaam sonder gegronde redes of sonder die vooraf verkreë toestemming van die voorsitter. 3 Vakatures in beheerliggaam (1) 'n Vakature in die beheerliggaam ontstaan wanneer- (a) 'n lid se ampstermyn ten einde loop; 'n lid se bedanking van krag word; (c) 'n lid van die amp onthef word; of (d) 'n lid sterf. (2) Die Minister moet 'n vakature in die beheerliggaam so gou doenlik vul. Die Kommissie se verrigtinge en besluite bly intussen geldig. (3) By die ontstaan van 'n vakature- (a) wanneer 'n lid se ampstermyn ten einde loop, kan die Minister die lid heraanstel of iemand anders aanstel wat ooreenkomstig artikel 116 (2) en (3) deur NEOAR benoem is; om enige ander rede, moet die Minister iemand anders aanstel wat ooreenkomstig artikel 116 (2) en (3) deur NEOAR benoem is om die lid te vervang en die onverstreke deel van die ampstermyn van die lid wat vervang word, uit te dien. 4 Verrigtinge van beheerliggaam (1) Die beheerliggaam moet prosedures vir sy vergaderings bepaal. (2) 'n Kworum vir 'n vergadering van die beheerliggaam is drie lede van die beheerliggaam. Die kworum van drie lede moet insluit- (a) (c) een lid wat benoem is deur daardie stemgeregtigde lede van NEOAR wat die georganiseerde besigheidsektor verteenwoordig; een lid wat benoem is deur daardie stemgeregtigde lede van NEOAR wat die georganiseerde arbeidsektor verteenwoordig; en een lid wat benoem is deur daardie stemgeregtigde lede van NEOAR wat die Staat verteenwoordig. (3) Ondanks subitem (2), kan 'n vergadering van die beheerliggaam gehou word in die afwesigheid van enige lid wat die georganiseerde besigheidsektor of georganiseerde arbeidsektor

136 of die Staat verteenwoordig, indien daardie lede daartoe ingestem het dat die vergadering in die afwesigheid van daardie lid gehou word of voortgaan en ooreengekom het oor die sake wat in die afwesigheid van daardie lid behandel mag word. (4) Indien die voorsitter afwesig is van 'n vergadering van die beheerliggaam, moet die teenwoordige lede iemand uit hulle geledere kies om by daardie vergadering voor te sit, en by daardie vergadering mag daardie lid enige werksaamheid van die voorsitter uitoefen of verrig. (5) 'n Gebrek of fout by die aanstelling van 'n lid van die Kommissie raak nie die geldigheid van die Kommissie se verrigtinge of beslissings nie. 5 Direkteur van Kommissie (1) Die direkteur kan bedank deur skriftelike kennis daarvan aan die beheerliggaam te gee. (2) Die beheerliggaam kan die direkteur van die amp onthef weens- (a) ernstige wangedrag; ongeskiktheid of onbevoegdheid; (c) 'n wesenlike skending van die Kommissie se gedragskode; of (d) afwesigheid van drie opeenvolgende vergaderings van die beheerliggaam sonder gegronde redes of sonder die vooraf verkreë toestemming van die voorsitter. (3) 'n Vakature in die amp van direkteur ontstaan wanneer- (a) die direkteur die ouderdom van 65 bereik; die direkteur se bedanking van krag word; (c) die beheerliggaam die direkteur van die amp onthef; of (d) die direkteur sterf. (4) So gou doenlik nadat die amp van direkteur vakant raak, moet die beheerliggaam ooreenkomstig die bepalings van artikel 118 'n direkteur aanstel. 6 Bankrekening Die beheerliggaam moet 'n bankrekening op naam van die Kommissie open en in stand hou by 'n bank wat in die Republiek geregistreer is, of by 'n ander geregistreerde finansiële instelling deur die Minister van Finansies goedgekeur en moet, behoudens item 7- (a) enige geld wat die Kommissie ontvang, in daardie rekening inbetaal; en alle betalings namens die Kommissie vanuit daardie rekening gedoen word. 7 Belegging van surplusgeld Die beheerliggaam kan by resolusie besluit om enige geld wat die Kommissie nie onmiddellik benodig om lopende of gebeurlikheidsuitgawes te betaal nie, te belê- (a) teen aanvraag of as korttermyndeposito's by 'n bank wat voldoen aan die vereistes in item 6 genoem; in 'n beleggingsrekening by die Korporasie vir Openbare Deposito's, indien die Minister met die instemming van die Minister van Finansies die duur en ander voorwaardes van die belegging skriftelik goedkeur. 8 Boekhouding en ouditering Die Kommissie moet, ooreenkomstig algemeen aanvaarde rekeningkundige praktyk, beginsels en prosedures- (a) boeke en rekords hou van sy inkomste, uitgawe, bates en laste; so gou doenlik na die einde van elke boekjaar, finansiële state opstel wat minstens insluit 'n staat van inkomste en uitgawe vir die voorafgaande boekjaar en 'n balansstaat wat sy bates, laste en finansiële posisie soos aan die einde van die vorige boekjaar toon; en

137 (c) elke jaar reël dat die Ouditeur-generaal sy rekeningboeke en rekords en finansiële state ouditeer. 9 Jaarverslag (1) So gou doenlik na die einde van elke boekjaar moet die Kommissie die Minister voorsien van 'n verslag betreffende die aktiwiteite en die finansiële posisie van die Kommissie gedurende die voorafgaande boekjaar. (2) Die Minister moet die Kommissie se jaarverslag binne 14 dae na ontvangs daarvan van die Kommissie in die Parlement ter Tafel lê, maar indien die Parlement nie dan sit nie, moet die Minister die verslag binne 14 dae na die aanvang van die eersvolgende Parlementêre sessie ter Tafel lê. [Datum van inwerkingtreding van Bylae 3: 1 Januarie 1996.] Bylae 4 GESKILBESLEGTING: VLOEIDIAGRAMME Hierdie Bylae bevat vloeidiagramme wat riglyne stel met betrekking tot die prosedures vir die beslegting van sommige van die belangriker geskille wat ingevolge hierdie Wet kan ontstaan. Hierdie Bylae vorm nie deel van hierdie Wet nie, en het nie regskrag nie. Die vloeidiagramme is bloot bedoel om van hulp te wees aan daardie partye wat by 'n geskil betrokke mag raak. Die vloeidiagramme dui nie die regte aan wat partye mag hê om dringende tussentydse regshulp aan te vra nie, en dui ook nie 'n reg op hersiening deur of reg van appèl na die Arbeidshof of Arbeidsappèlhof aan wat die partye in sekere gevalle mag hê nie. Die omstandighede waaronder hierdie regte beskikbaar is, word in hierdie Wet uiteengesit. Arbiters se toekennings en vasstellings is in die finale instansie afdwingbaar deur die Arbeidshof. ======================================================== VLOEIDIAGRAM 1 VRYHEID VAN ASSOSIASIE

138 VOETNOTE: 1. Hierdie prosedure is van belang by die interpretasie en toepassing van Hoofstuk II. Byvoorbeeld, indien 'n werkgewer dreig om 'n werknemer te ontslaan tensy die werknemer uit 'n vakbond bedank, kan daardie werknemer ingevolge hierdie prosedure die regte by hierdie hoofstuk verleen, afdwing. Indien 'n vakbond dreig om 'n werkgewer te boikot omdat die werkgewer, byvoorbeeld, verrigtinge teen die vakbond instel, kan die werkgewer se regte op dieselfde wyse afgedwing word. 2. Die geskil moet na 'n raad verwys word indien die partye by 'n verskil binne die geregistreerde bestek van die raad val. ======================================================== VLOEIDIAGRAM 2 ORGANISERINGSREGTE VOETNOTE: 1. 'n Geregistreerde vakbond kan 'n werkgewer in kennis stel dat hy van voorneme is om organiseringsregte uit te oefen. Die inhoud van die kennisgewing word in a 21 (2) uiteengesit. Byvoorbeeld, indien 'n geregistreerde vakbond voldoende verteenwoordigend is, kan hy die werkgewer in kennis stel dat hy die reg tot toegang wil uitoefen. 2. Die doel van die vergadering is om 'n kollektiewe ooreenkoms oor die uitoefening van die organiseringsreg te sluit. Indien 'n ooreenkoms nie gesluit word nie, kan die vakbond besluit om te staak of die geskil na die Kommissie verwys. Indien die vakbond besluit om nie te staak nie, kan hy nie 'n geskil oor die organiseringsregte vir 'n tydperk van 12 maande na die Kommissie verwys nie. 3. Die Wet beoog geskille en, derhalwe, vasstellings oor die omskrywing van 'n werkplek, die verteenwoordigendheid van die vakbond en die wyse waarop organiseringsregte uitgeoefen word.

139 ======================================================== VLOEIDIAGRAM 3 KOLLEKTIEWE OOREENKOMSTE ======================================================== VLOEIDIAGRAM 4 KOLLEKTIEWE OOREENKOMSTE (Agentskapwerkplek- en geslote geledere-ooreenkomste)

140 VOETNOTE: 1. Hierdie prosedure handel oor die interpretasie en toepassing van geslote geledere- en agentskapwerkplekooreenkomste. Byvoorbeeld, indien die bydraes wat ingevolge daardie ooreenkomste van lone afgetrek word, vir ander doeleindes as waarna in artikels 25 (3) (d) of 26 (3) (d) aangewend word, kan daardie geskil na die Kommissie verwys word. Geskille met betrekking tot ontslag waar geslote geledere betrokke is, word in Hoofstuk IX hanteer - sien vloeidiagram Artikel 24 (7) verleen 'n beperkte reg tot appél teen sommige toekennings na die Arbeidshof. ======================================================== VLOEIDIAGRAM 5 RADE (Toelating van Partye)

141 ======================================================== VLOEIDIAGRAM 6 STAKINGS & UITSLUITINGS (Wat nie aan die Wet voldoen nie) VOETNOTE: 1. Die kennisgewing vereiste word in a 68 (2) behandel. 'n Korter tydperk van kennisgewing kan toegelaat word in die omstandighede in daardie artikel uiteengesit. Kennisgewing word nie

142 vereis indien die werknemers met 'n noodsaaklike diens of 'n instandhoudingsdiens gemoeid is nie. 2. Die bevele wat die Arbeidshof kan toestaan sluit in bevele van belet en 'n vergoedingsbevel. ======================================================== VLOEIDIAGRAM 7 BETOOGLINIEVORMING ======================================================== VLOEIDIAGRAM 8 NOODSAAKLIKE DIENSTE (Geskil van belang binne noodsaaklike dienste)

143 VOETNOTE: 1. 'n Geskil van belang binne 'n noodsaaklike diens kan, byvoorbeeld, 'n geskil oor lone insluit. Aangesien werknemers nie mag staak en werkgewers nie mag uitsluit nie (kyk a 65 (1) (d)), kan enige party die geskil na 'n raad of die Kommissie verwys. 2. Die geskil moet na 'n raad verwys word indien die partye by die geskil binne die geregistreerde bestek van die raad val. 3. In die geval van 'n toekenning wat die Staat bind en wat finansiële implikasies het, word spesiale Parlementêre prosedures voorgeskryf (kyk a 74 (5) tot (7)). ======================================================== VLOEIDIAGRAM 9 WERKPLEKFORUM (1) (Gesamentlike Besluitneming)

144 ======================================================== VLOEIDIAGRAM 10 ONBILLIKE ONTSLAG (1) (Outomaties Onbillike Redes)

145 VOETNOTE: 1. Voorbeelde van ontslagte wat outomaties onbillik is sluit in ontslag weens deelname in 'n beskermde staking, ontslag weens swangerskap en ontslag wat neerkom op 'n daad van diskriminasie. 2. Die tydsbeperking is bereken om te verseker dat geskille so gou doenlik hanteer word. Kondonasie kan op goeie gronde toegestaan word. ======================================================== VLOEIDIAGRAM 11 ONBILLIKE ONTSLAG (2) (Stakings en redes in verband met geslote geledere)

146 VOETNOTE: 1. Die tydsbeperking is bereken om te verseker dat geskille so gou moontlik hanteer word. Kondonasie kan op goeie gronde toegestaan word. ======================================================== VLOEIDIAGRAM 12 ONBILLIKE ONTSLAG (3) (Wangedrag/Ongeskiktheid en Onbekwaamheid)

147 VOETNOTE: 1. Ontslag weens wangedrag en ongeskiktheid en onbekwaamheid word hanteer in die Goeie Praktykskode: Ontslag in Bylae Die tydsbeperking is bereken om te verseker dat geskille so gou doenlik hanteer word. Kondonasie kan op goeie gronde toegestaan word. ======================================================== VLOEIDIAGRAM 13 ONBILLIKE ONTSLAG (4) (Bedryfsvereistes)

148 ======================================================== VLOEIDIAGRAM 14 ONBILLIKE ARBEIDSPRAKTYK

ARBEIDSREG ARR214. Tema 5 Organiseringsregte, Kollektiewe Arbeidsreg & Kollektiewe Bedinging

ARBEIDSREG ARR214. Tema 5 Organiseringsregte, Kollektiewe Arbeidsreg & Kollektiewe Bedinging ARBEIDSREG ARR214 Tema 5 Organiseringsregte, Kollektiewe Arbeidsreg & Kollektiewe Bedinging PGL (2006: 213-220, 227-245) ;WL (2009: 307-363) PLL (2005: 210-256) TEMA 5 (LEERUITKOMSTE) Bespreek die erkenning

Nadere informatie

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN LAERSKOOL RUSTENBURG

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN LAERSKOOL RUSTENBURG GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN LAERSKOOL RUSTENBURG 1. NAAM: Die naam van die Beheerliggaam is die Beheerliggaam van die Laerskool Rustenburg 2. STATUS: 2.1 Die beheerliggaam bestuur en beheer die

Nadere informatie

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE ARBEIDSVERHOUDINGE (I) WET OP ARBEIDSVERHOUDINGE No. 66 van 1995 (soos gewysig) - Vakbonde 22/27 Hierdie nuusbrief handel oor vakbonde en is in n Vraag en Antwoord formaat.

Nadere informatie

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN DIE PRE-PRIMÊRE SKOOL SENEKAL

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN DIE PRE-PRIMÊRE SKOOL SENEKAL GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN DIE PRE-PRIMÊRE SKOOL SENEKAL 1. NAAM: Pre-Primêre Skool Senekal Die naam van die Beheerliggaam is die Beheerliggaam van die Pre-Primêre Skool Senekal (hierna genoem

Nadere informatie

HOOFSTUK 9 Regspleging

HOOFSTUK 9 Regspleging HOOFSTUK 9 Regspleging Artikel 78 - Die Regbank (1) Die regterlike gesag berus by die howe van Namibië wat bestaan uit: (a) n Hoogste Hof van Namibië (b) n Hoërhof van Namibië (c) Laerhowe van Namibië

Nadere informatie

Ingevolge artikel 185 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 55 van 1995, het elke werknemer die reg om nie onbillik ontslaan te word nie.

Ingevolge artikel 185 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 55 van 1995, het elke werknemer die reg om nie onbillik ontslaan te word nie. Beëindiging van ʼn vastetermyndienskontrak 1 Uit FEDSAS se omgewingsontleding van ledeskole blyk dat 28% van opvoeders en 52% van nie-opvoeders deur die beheerliggaam aangestel word. ʼn Groot persentasie

Nadere informatie

HOOFSTUK 8 Die Nasionale Raad

HOOFSTUK 8 Die Nasionale Raad 40 HOOFSTUK 8 Die Nasionale Raad Artikel 68 - Instelling Daar sal n Nasionale Raad wees wat die bevoegdhede en werksaamhede het soos in hierdie Grondwet uiteengesit is. Artikel 69 - Samestelling (1) Die

Nadere informatie

DIENSKONTRAK MEMORANDUM VAN OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: hierin verteenwoordig deur behoorlik daartoe gemagtig (hierna die WERKGEWER genoem)

DIENSKONTRAK MEMORANDUM VAN OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: hierin verteenwoordig deur behoorlik daartoe gemagtig (hierna die WERKGEWER genoem) DIENSKONTRAK MEMORANDUM VAN OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: met adres te: hierin verteenwoordig deur behoorlik daartoe gemagtig (hierna die WERKGEWER genoem) EN met adres te: (hierna die WERKNEMER

Nadere informatie

ENKEL E BELANGRIKE REGTE VAN WERKNEM ERS. 1. Die werknemer se reg op vryheid van assosiasie.

ENKEL E BELANGRIKE REGTE VAN WERKNEM ERS. 1. Die werknemer se reg op vryheid van assosiasie. ENKEL E BELANGRIKE REGTE VAN WERKNEM ERS 1. Die werknemer se reg op vryheid van assosiasie. 1.1 Elke w erknemer het die reg op vryheid van assosiasie. 1 Hierdie basiese reg van w erknemers w ord bevestig

Nadere informatie

WET OP BASIESE DIENSVOORWAARDES 75 VAN 1997 [GOEDGEKEUR OP 26 NOVEMBER 1997] [DATUM VAN INWERKINGTREDING: 1 DESEMBER 1998] (Tensy anders vermeld)

WET OP BASIESE DIENSVOORWAARDES 75 VAN 1997 [GOEDGEKEUR OP 26 NOVEMBER 1997] [DATUM VAN INWERKINGTREDING: 1 DESEMBER 1998] (Tensy anders vermeld) WET OP BASIESE DIENSVOORWAARDES 75 VAN 1997 [GOEDGEKEUR OP 26 NOVEMBER 1997] [DATUM VAN INWERKINGTREDING: 1 DESEMBER 1998] (Tensy anders vermeld) (Engelse teks deur die President geteken) soos gewysig

Nadere informatie

REGLEMENT VAN DIE ADMINISTRATIEWE PERSONEELVERENIGING

REGLEMENT VAN DIE ADMINISTRATIEWE PERSONEELVERENIGING REGLEMENT VAN DIE ADMINISTRATIEWE PERSONEELVERENIGING 1. NAAM Die naam van die vereniging is die Administratiewe Personeelvereniging (hierna genoem "die Vereniging") van die Universiteit van Stellenbosch

Nadere informatie

PERSONEELADMINISTRASIEMAATREËLS (PAM)

PERSONEELADMINISTRASIEMAATREËLS (PAM) PERSONEELADMINISTRASIEMAATREËLS (PAM) B.5 DIE ADVERTERING EN VULLING VAN OPVOEDERPOSTE 1 5.2 Advertering 5.2.1 Die advertensie van vakatures vir opvoeders moet: 5.2.1.1 selfverduidelikend en duidelik wees,

Nadere informatie

GRONDWET. Centurion Kunsvereniging (hierna genoem die Kunsvereniging) Die naam van die Kunsvereniging sal wees CENTURION KUNSVERENIGING.

GRONDWET. Centurion Kunsvereniging (hierna genoem die Kunsvereniging) Die naam van die Kunsvereniging sal wees CENTURION KUNSVERENIGING. GRONDWET Centurion Kunsvereniging (hierna genoem die Kunsvereniging) 1. NAAM Die naam van die Kunsvereniging sal wees CENTURION KUNSVERENIGING. 2. JURISDIKSIE Die area van jurisdiksie van hierdie Kunsvereniging

Nadere informatie

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN HOËRSKOOL OUTENIQUA Opgedateer 19 Mei 2015

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN HOËRSKOOL OUTENIQUA Opgedateer 19 Mei 2015 GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN HOËRSKOOL OUTENIQUA Opgedateer 19 Mei 2015 1. AGTERGROND: Die ordelike funksionering van Hoërskool Outeniqua hang baie af van die goeie funksionering van die beheerliggaam

Nadere informatie

KONSTITUSIE. Van die. Hoedspruit Plaaswag. ( die Plaaswag )

KONSTITUSIE. Van die. Hoedspruit Plaaswag. ( die Plaaswag ) KONSTITUSIE Van die Hoedspruit Plaaswag ( die Plaaswag ) Aangesien die aanvanklike lede ondervermeld die plaaswag as n Vrywillige Assosiasie wil stig op voorwaardes hiervan: en Aangesien die Aanvanklike

Nadere informatie

WET OP ERKENNING VAN GEBRUIKLIKE HUWELIKE 120 VAN 1998

WET OP ERKENNING VAN GEBRUIKLIKE HUWELIKE 120 VAN 1998 WET OP ERKENNING VAN GEBRUIKLIKE HUWELIKE 120 VAN 1998 [GOEDGEKEUR OP 20 NOVEMBER 1998][DATUM VAN INWERKINGTREDING: 15 NOVEMBER 2000] (Engelse teks deur die President geteken) soos gewysig by Wysigingswet

Nadere informatie

KONSTITUSIE VAN PRETORIA PAPEGAAI KLUB

KONSTITUSIE VAN PRETORIA PAPEGAAI KLUB KONSTITUSIE VAN PRETORIA PAPEGAAI KLUB 1. NAAM Die naam van die klub sal bekend wees as: Pretoria Papegaai Klub 2. Definisie Papegaai verwys na Psittaciformes dit is Alle spesies wat families van Cacatuidae

Nadere informatie

LAERSKOOL DE TYGER GRONDWET. 1. WOORDOMSKRYWING beheerliggaam : Die beheerliggaam van die Laerskool De Tyger soos in artikel 16(1) van die Wet bedoel.

LAERSKOOL DE TYGER GRONDWET. 1. WOORDOMSKRYWING beheerliggaam : Die beheerliggaam van die Laerskool De Tyger soos in artikel 16(1) van die Wet bedoel. LAERSKOOL DE TYGER GRONDWET 1. WOORDOMSKRYWING beheerliggaam : Die beheerliggaam van die Laerskool De Tyger soos in artikel 16(1) van die Wet bedoel. borgliggaam : n Liggaam of groep persone deur die beheerliggaam

Nadere informatie

WET OP DIE SUID-AFRIKAANSE RAAD VIR OPVOEDERS 31 VAN 2000 [GOEDGEKEUR OP 26 JULIE 2000] [DATUM VAN INWERKINGTREDING: 2 AUGUSTUS 2000]

WET OP DIE SUID-AFRIKAANSE RAAD VIR OPVOEDERS 31 VAN 2000 [GOEDGEKEUR OP 26 JULIE 2000] [DATUM VAN INWERKINGTREDING: 2 AUGUSTUS 2000] WET OP DIE SUID-AFRIKAANSE RAAD VIR OPVOEDERS 31 VAN 2000 [GOEDGEKEUR OP 26 JULIE 2000] [DATUM VAN INWERKINGTREDING: 2 AUGUSTUS 2000] (Engelse teks deur die President geteken) WET Om voorsiening te maak

Nadere informatie

DIENSKONTRAK vir TYDELIKE PERSONEEL. Universiteit Stellenbosch

DIENSKONTRAK vir TYDELIKE PERSONEEL. Universiteit Stellenbosch 1 van 8 DIENSKONTRAK vir TYDELIKE PERSONEEL Aangegaan deur en tussen Universiteit Stellenbosch (voorts na verwys as die Universiteit ) EN [NAAM EN VAN] Identiteitsnommer: (voorts na verwys as die werknemer

Nadere informatie

WET OP BEVORDERING VAN

WET OP BEVORDERING VAN WET OP BEVORDERING VAN ADMINISTRATIEWE GEREGTIGHEID, 2000 [GOEDGEKEUR OP 3 FEBRUARIE 2000] [DATUM VAN INWERKINGTREDING: 30 NOVEMBER 2000] (Tensy anders aangedui) (Engelse teks deur die President geteken)

Nadere informatie

Tensy uit die samehang anders blyk, beteken in hierdie reglement: 'n Lid van die Fakulteitsraad met spreek- maar geen stemreg nie.

Tensy uit die samehang anders blyk, beteken in hierdie reglement: 'n Lid van die Fakulteitsraad met spreek- maar geen stemreg nie. B. FAKULTEITSRADE WOORDBEPALING Tensy uit die samehang anders blyk, beteken in hierdie reglement: Assessorlid: 'n Lid van die Fakulteitsraad met spreek- maar geen stemreg nie. Fakulteitsraad: Die Raad

Nadere informatie

VEILINGSOOREENKOMS. NADEMAAL die Verkoper begerig om onder die beskerming van S.A. Holstein 'n veiling te reël op te,

VEILINGSOOREENKOMS. NADEMAAL die Verkoper begerig om onder die beskerming van S.A. Holstein 'n veiling te reël op te, 1 VEILINGSOOREENKOMS OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: S.A. HOLSTEIN (hierinlater na verwys as "S.A.H" en hierin verteenwoordig deur n SA Holstein verteenwoordiger behoorlik daartoe gemagtig) en (hierinlater

Nadere informatie

KONSTITUSIE FICHARDTPARK WOONBUURT ASSOSIASIE 2 JUNIE 2010

KONSTITUSIE FICHARDTPARK WOONBUURT ASSOSIASIE 2 JUNIE 2010 KONSTITUSIE FICHARDTPARK WOONBUURT ASSOSIASIE 2 JUNIE 2010 1. NAAM Die naam van die Assosiasie is die FICHARDTPARK WOONBUURT ASSOSIASIE (hierna genoem die ASSOSIASIE) 2. DOELWITTE Die Assosiasie is nie-polities

Nadere informatie

GEDRAGSKODE VIR LEDE VAN BEHEERLIGGAME

GEDRAGSKODE VIR LEDE VAN BEHEERLIGGAME GEDRAGSKODE VIR LEDE VAN BEHEERLIGGAME Alle beheerliggaamlede staan in ʼn vertrouensverhouding teenoor hulle skool sowel as teenoor die mense wat hulle verkies het, en het daarom ʼn vertrouensplig teenoor

Nadere informatie

REËLS VIR DIE AANSTELLING VAN AMPSDRAERS

REËLS VIR DIE AANSTELLING VAN AMPSDRAERS REËLS VIR DIE AANSTELLING VAN AMPSDRAERS Verwysingsnommer Verantwoordelike uitvoerende bestuurder Eienaar van beleid Verantwoordelike afdeling Status Goedgekeur deur 1P/1.4 Registrateur Registrateur en

Nadere informatie

DIENSKONTRAK VIR HUISWERKER. 1. Persoonlike besonderhede van huiswerker (hierna genoem die werknemer )

DIENSKONTRAK VIR HUISWERKER. 1. Persoonlike besonderhede van huiswerker (hierna genoem die werknemer ) DIENSKONTRAK VIR HUISWERKER Afdeling A: BESONDERHEDE VAN DIENS 1. Persoonlike besonderhede van huiswerker (hierna genoem die werknemer ) Van :... Voorname:.. ID-nommer: Woonadres:.. Tel.no.:.. Naasbestaande:..

Nadere informatie

UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT BELEID. Ondernemingsbeleid. Senior Direkteur: IKT-dienste UBK. Jaarliks

UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT BELEID. Ondernemingsbeleid. Senior Direkteur: IKT-dienste UBK. Jaarliks UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT BELEID Dokumentnommer IS 1003 Dokumentnaam Dokumenttipe Koördinerende UBK-lid Kontak Status Goedgekeur deur Beleid oor die Lisensiëring en Bewaring van Sagteware Ondernemingsbeleid

Nadere informatie

NASIONALE LUSERNHOOI GRADERINGS- EN KWALITEITSKEMA (NLT SKEMA) AANSOEK OM REGISTRASIE EN/OF AKKREDITASIE

NASIONALE LUSERNHOOI GRADERINGS- EN KWALITEITSKEMA (NLT SKEMA) AANSOEK OM REGISTRASIE EN/OF AKKREDITASIE NASIONALE LUSERNHOOI GRADERINGS- EN KWALITEITSKEMA (NLT SKEMA) AANSOEK OM REGISTRASIE EN/OF AKKREDITASIE BESONDERHEDE VAN AANSOEKER Naam van boerdery/besigheid/instansie BTW nommer Straatadres: Posadres:

Nadere informatie

DEPARTEMENT VAN ONDERWYS. Goewermentskennisgewing R Oktober 2006

DEPARTEMENT VAN ONDERWYS. Goewermentskennisgewing R Oktober 2006 DEPARTEMENT VAN ONDERWYS Goewermentskennisgewing R1052 18 Oktober 2006 SUID-AFRIKAANSE SKOLEWET, WET 84 VAN 1996 REGULASIES VIR DIE VRYSTELLING VAN OUERS VAN DIE BETALING VAN SKOOLGELD IN OPENBARE SKOLE

Nadere informatie

Les 7: Uitdagings vir die Suid-Afrikaanse ekonomie

Les 7: Uitdagings vir die Suid-Afrikaanse ekonomie Les 7: Uitdagings vir die Suid-Afrikaanse ekonomie Lees die volgende stuk aandagtig deur en beantwoord die vrae: hierdie mense is woonagtig in ses lande naamlik China, Indië, die VSA, Indonesië, Brasilië

Nadere informatie

DIENSVOORWAARDES VIR NAVORSINGS- EN STEUNDIENSTEPERSONEEL

DIENSVOORWAARDES VIR NAVORSINGS- EN STEUNDIENSTEPERSONEEL 1 van 6 DIENSVOORWAARDES VIR NAVORSINGS- EN STEUNDIENSTEPERSONEEL 1. RAAMWERK WAARBINNE DIÉ DOKUMENT INPAS 1.1 Die Raad van Universiteit Stellenbosch het op 13 Desember 2000 n Diensbillikheidsplan aanvaar

Nadere informatie

Riglyne vir die regulering van termynaanstellings van langer as 3 (drie) maande 1

Riglyne vir die regulering van termynaanstellings van langer as 3 (drie) maande 1 Riglyne vir die regulering van termynaanstellings van langer as 3 (drie) maande 1 1. Oogmerk Die oogmerk van hierdie riglyne is om die aanstelling van werknemers op n termynkontrak van langer as drie maande

Nadere informatie

WYSIGINGSWETSONTWERP OP REGISTRASIE VAN AKTES

WYSIGINGSWETSONTWERP OP REGISTRASIE VAN AKTES REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA WYSIGINGSWETSONTWERP OP REGISTRASIE VAN AKTES (Soos ingedien by die Nasionale Vergadering (voorgestelde artikel 75); verklarende opsomming van Wetsontwerp gepubliseer in Staatskoerant

Nadere informatie

EIS OM VERGOEDING INGEVOLGE DIE WET OP MINERAAL- EN PETROLEUM-HULPBRONONTWIKKELING

EIS OM VERGOEDING INGEVOLGE DIE WET OP MINERAAL- EN PETROLEUM-HULPBRONONTWIKKELING EIS OM VERGOEDING INGEVOLGE DIE WET OP MINERAAL- EN PETROLEUM-HULPBRONONTWIKKELING INLEIDING 1. Die doel van hierdie dokument is om riglyne te verskaf aan mineraalreghouers wat die wettige houers van 'n

Nadere informatie

WET OP HOËR ONDERWYS 101 VAN 1997

WET OP HOËR ONDERWYS 101 VAN 1997 1 WET OP HOËR ONDERWYS 101 VAN 1997 [GOEDGEKEUR OP 26 NOVEMBER 1997] [DATUM VAN INWERKINGTREDING: 19 DESEMBER 1997] (Engelse teks deur die President geteken) soos gewysig by Wysigingswet op Hoër Onderwys

Nadere informatie

Nasionale Minimumloon: Wie, waar, hoekom en hoe?

Nasionale Minimumloon: Wie, waar, hoekom en hoe? Nasionale Minimumloon: Wie, waar, hoekom en hoe? Die Nasionale Minimumloon wetsontwerp, sowel as die NEDLAC ooreenkoms, blyk n groot bron van kommer te wees in die landbousektor. Hierdie dokument lig die

Nadere informatie

NASIONALE BEDINGINGSRAAD VIR DIE CHEMIESE NYWERHEID CEBONE COLLETTE DE BEER WISE WINDSCREEN REPAIRS BK TOEKENNING

NASIONALE BEDINGINGSRAAD VIR DIE CHEMIESE NYWERHEID CEBONE COLLETTE DE BEER WISE WINDSCREEN REPAIRS BK TOEKENNING NASIONALE BEDINGINGSRAAD VIR DIE CHEMIESE NYWERHEID VERWYSINGSNOMMER: GPCHEM 2121 VERHOORDATUM: 2005/11/28 In die arbitrasie tussen: CEBONE COLLETTE DE BEER Applikant en WISE WINDSCREEN REPAIRS BK Respondent

Nadere informatie

ARBEIDSREG Tema 4 NEOAR, Raamwerk van die Wet op Arbeidsverhoudinge & Vryheid van ARR214 Assossiasie

ARBEIDSREG Tema 4 NEOAR, Raamwerk van die Wet op Arbeidsverhoudinge & Vryheid van ARR214 Assossiasie ARBEIDSREG ARR214 Tema 4 NEOAR, Raamwerk van die Wet p Arbeidsverhudinge & Vryheid van Assssiasie PHA (2008: 201-225) ;WL (2009: 425-442) PLL (2005: 10-12, 15-19, 210-256) TEMA 4 (LEERUITKOMSTE) Verduidelik

Nadere informatie

Gladdebek Kommentatorsoektog Standaard Terme en Voorwaardes

Gladdebek Kommentatorsoektog Standaard Terme en Voorwaardes Gladdebek Kommentatorsoektog Standaard Terme en Voorwaardes STANDAARD TERME & VOORWAARDES VIR WEDSTRYD Lees asseblief die onderstaande en teken en dateer dit: 1.1 Ek is 18 (agtien) jaar en ouer; 1.2 Ek

Nadere informatie

KONSTITUSIE VAN ARSO

KONSTITUSIE VAN ARSO KONSTITUSIE VAN ARSO Handeldrywend as ICO ARTIKEL 1: NAAM 1.1 Aksie Reformatoriese (Gereformeerde) Skoolonderwys handeldrywend as Instituut vir Christelike Onderwys, afgekort ICO. 1.2 ICO is ʼn regspersoon

Nadere informatie

Gedragskode: Beheerliggaam Januarie 2010

Gedragskode: Beheerliggaam Januarie 2010 Gedragskode: Beheerliggaam Januarie 2010 Nademaal die beheerliggaam van die Laerskool Theresapark as n statutêre liggaam funksioneer volgens n grondwet wat ingevolge artikel 19 van die Suid-Afrikaanse

Nadere informatie

GOUDVELD-HOËRSKOOL GEDRAGSKODE OPVOEDERS

GOUDVELD-HOËRSKOOL GEDRAGSKODE OPVOEDERS GOUDVELD-HOËRSKOOL GEDRAGSKODE OPVOEDERS AANVAAR: 18 September 2012 Bladsy 1 van 5 GOUDVELD-HOëRSKOOL GEDRAGSKODE VIR OPVOEDERS 1. DEFINISIES Tensy die konteks anders aandui, het uitdrukkings in hierdie

Nadere informatie

ARBEIDSREG ABR214. T:

ARBEIDSREG ABR214. T: ARBEIDSREG ABR214 Lesing 13 Die Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes 130 van 1993 Hoofstuk 6 (par 6.1-6.8) in Du Plessis & Fouche Praktiese Gids tot die Arbeidsreg LexisNexis Butterworths:

Nadere informatie

BELEID OOR GESLOTEKRINGTELEVISIE. 1. Inleiding

BELEID OOR GESLOTEKRINGTELEVISIE. 1. Inleiding BELEID OOR GESLOTEKRINGTELEVISIE 1. Inleiding Hierdie dokument is die Beleid oor Geslotekringtelevisie van (voeg naam van skool in), soos die beheerliggaam dit op (voeg datum in) goedgekeur het. Die beleid

Nadere informatie

vonnisse tot 12 maande resorteer onder die Hoof van die Korrektiewe Sentrum vir plasing op parool. Artikel 76:

vonnisse tot 12 maande resorteer onder die Hoof van die Korrektiewe Sentrum vir plasing op parool. Artikel 76: -445- BYLAAG 11 Artikel 73 tot 82 en 117(e) van die Wet op Korrektiewe Dienste (wet 111 van 1998) Funksionering van die nuwe Korrektiewe toesig- en Paroolraad Artikel 73: - n gevonniste gevangene bly in

Nadere informatie

SKEDULE 1 Eed/Plegtige verklaring van Regters SKEDULE 2 Eed/Plegtige verklaring van Ministers en Adjunk-Ministers

SKEDULE 1 Eed/Plegtige verklaring van Regters SKEDULE 2 Eed/Plegtige verklaring van Ministers en Adjunk-Ministers SKEDULE 1 Eed/Plegtige verklaring van Regters Ek,..., verklaar onder eed/verklaar hiermee plegtig dat ek as n Regter van die Republiek van Namibië die Grondwet van die Republiek van Namibië as die opperste

Nadere informatie

Eerste jaarvergadering en konstitusie

Eerste jaarvergadering en konstitusie Christen gemeenskap Hartbeespoort Eerste jaarvergadering en konstitusie Notule van die eerste algemene jaarvergadering gehou op 25 Februarie 1983 om 19h00 in die Christensentrum Meerhof 1. Opening Br Samuel

Nadere informatie

HOOFSTUK 5 Die President

HOOFSTUK 5 Die President 20 HOOFSTUK 5 Die President Artikel 27 Die Hoof van die Staat en die Regering (1) Die President is die Hoof van die Staat en die Regering sowel as die opperbevelhebber van die Weermag. (2) Die uitvoerende

Nadere informatie

GEDRAGSKODE. Vir die Direksielede, Hoofde en Onderwysers van PRO LIBERIS

GEDRAGSKODE. Vir die Direksielede, Hoofde en Onderwysers van PRO LIBERIS 1 INLEIDING GEDRAGSKODE Vir die Direksielede, Hoofde en Onderwysers van PRO LIBERIS Elke direksielid het n spesiale verpligting teenoor Leeuwenhof Akademie ( die skool ), mede-direksielede en lede van

Nadere informatie

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA. REGULASIE EN PROSEDURE VIR DIE AANSTELLING VAN UITVOERENDE DIREKTEURE EN DIE REGISTRATEUR (Rt326/10)

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA. REGULASIE EN PROSEDURE VIR DIE AANSTELLING VAN UITVOERENDE DIREKTEURE EN DIE REGISTRATEUR (Rt326/10) UNIVERSITEIT VAN PRETORIA REGULASIE EN PROSEDURE VIR DIE AANSTELLING VAN UITVOERENDE DIREKTEURE EN DIE REGISTRATEUR (Rt326/10) 1. INLEIDING Paragrawe 12 en 13 van die Statuut Van die Universiteit van Pretoria

Nadere informatie

KONSTITUSIE VAN DIE SCHOEMANSVILLE OEWERKLUB

KONSTITUSIE VAN DIE SCHOEMANSVILLE OEWERKLUB KONSTITUSIE VAN DIE SCHOEMANSVILLE OEWERKLUB AANHEF (2017 hersiening goedgekeur op 19 September 2017) Aangesien die Staat die deel van die Hartbeespoortdamoewer aangrensend aan Schoemansville per servituut

Nadere informatie

GOUDVELD-HOËRSKOOL GEDRAGSKODE VIR DIE LEDE VAN DIE BEHEERLIGGAAM

GOUDVELD-HOËRSKOOL GEDRAGSKODE VIR DIE LEDE VAN DIE BEHEERLIGGAAM GOUDVELD-HOËRSKOOL GEDRAGSKODE VIR DIE LEDE VAN DIE BEHEERLIGGAAM AANVAAR: Bladsy 1 van 11 GOUDVELD-HOëRSKOOL GEDRAGSKODE VIR DIE LEDE VAN DIE BEHEERLIGGAAM Nademaal die beheerliggaam van Goudveld-Hoërskool

Nadere informatie

BEVORDERING VAN TOEGANG TOT INLIGTING HANDLEIDING

BEVORDERING VAN TOEGANG TOT INLIGTING HANDLEIDING BEVORDERING VAN TOEGANG TOT INLIGTING HANDLEIDING Inhoudsopgawe 1 AGTERGROND EN DOEL... 3 2 PAIA-HANDLEIDING... 3 3 HANDLEIDING VAN DIE MENSEREGTEKOMMISSIE... 3 4 FUNKSIES VAN DIE MEDEDINGINGSTRIBUNAAL...

Nadere informatie

HR BYLAE F-5 BEPALINGS EN VOORWAARDES VERBONDE AAN SOLIDARITEIT LIDMAATSKAP

HR BYLAE F-5 BEPALINGS EN VOORWAARDES VERBONDE AAN SOLIDARITEIT LIDMAATSKAP HR 2009-11-27 - BYLAE F-5 BEPALINGS EN VOORWAARDES VERBONDE AAN SOLIDARITEIT LIDMAATSKAP 1. Inleiding 1.1. Alle lede van Solidariteit is gebonde en onderworpe aan die geheel van die bepalings van Solidariteit

Nadere informatie

HR BYLAE F-5 BEPALINGS EN VOORWAARDES VERBONDE AAN SOLIDARITEIT LIDMAATSKAP

HR BYLAE F-5 BEPALINGS EN VOORWAARDES VERBONDE AAN SOLIDARITEIT LIDMAATSKAP BEPALINGS EN VOORWAARDES VERBONDE AAN SOLIDARITEIT LIDMAATSKAP 1. Alle lede van Solidariteit MWU ( Solidariteit ) is gebonde en onderworpe aan die geheel van die bepalings van Solidariteit se Grondwet.

Nadere informatie

GRONDWET VAN DIE PAARL BELASTINGBETALERSVERENIGING (Die Grondwet) - 26 Januarie 2012

GRONDWET VAN DIE PAARL BELASTINGBETALERSVERENIGING (Die Grondwet) - 26 Januarie 2012 GRONDWET VAN DIE PAARL BELASTINGBETALERSVERENIGING (Die Grondwet) - 26 Januarie 2012 KLOUSULE 1: NAAM Die naam van die Vereniging is die PAARL BELASTINGBETALERSVERENIGING / PAARL RATE PAYERS ASSOCIATION,

Nadere informatie

BELEID TER VOORKOMING VAN NEPOTISME

BELEID TER VOORKOMING VAN NEPOTISME 1 van 5 BELEID TER VOORKOMING VAN NEPOTISME 1. TREFWYDTE Hierdie beleid is van toepassing op alle personeellede (permanent, tydelik, voltyds, deeltyds) en alle studente. In die verdere bewoording sluit

Nadere informatie

ARBEIDSREG ABR214. T:

ARBEIDSREG ABR214. T: ARBEIDSREG ABR214 Lesing 12 Die Werkloosheidsversekeringswet 63 van 2011 Hoofstuk 5 (par 5.1-5.9) in Du Plessis & Fouche Praktiese Gids tot die Arbeidsreg LexisNexis Butterworths: Durban. LESING 12 (LEERUITKOMSTE)

Nadere informatie

NUUSBRIEF: JANUARIE 2014

NUUSBRIEF: JANUARIE 2014 NUUSBRIEF: JANUARIE 2014 'n Stukkie goeie nuus wat ons pas ontvang het is dat die Minister van Arbeid haar belofte nagekom het en nie weer n algemene hersiening van die minimum loon vir plaaswerkers gedoen

Nadere informatie

BEPALINGS EN VOORWAARDES VERBONDE AAN SOLIDARITEIT LIDMAATSKAP

BEPALINGS EN VOORWAARDES VERBONDE AAN SOLIDARITEIT LIDMAATSKAP BEPALINGS EN VOORWAARDES VERBONDE AAN SOLIDARITEIT LIDMAATSKAP 1. Inleiding 1.1. Alle lede van Solidariteit is gebonde en onderworpe aan die geheel van die bepalings van Solidariteit se Grondwet. 1.2.

Nadere informatie

VOORWAARDES VAN VERKOPING VAN ONROERENDE EIENDOM. Die volgende sal voorwaardes van verkoping wees waarvolgens sekere vaste eiendomme bekend as :

VOORWAARDES VAN VERKOPING VAN ONROERENDE EIENDOM. Die volgende sal voorwaardes van verkoping wees waarvolgens sekere vaste eiendomme bekend as : VOORWAARDES VAN VERKOPING VAN ONROERENDE EIENDOM Die volgende sal voorwaardes van verkoping wees waarvolgens sekere vaste eiendomme bekend as : ERF : GELEë : GROOT : GEHOU KRAGTENS : aangebied sal word

Nadere informatie

WET OP NASIONALE ONDERWYSBELEID 27 VAN 1996 [GOEDGEKEUR OP 16 APRIL 1996][DATUM VAN INWERKINGTREDING: 24 APRIL 1996] (Afrikaanse teks deur die

WET OP NASIONALE ONDERWYSBELEID 27 VAN 1996 [GOEDGEKEUR OP 16 APRIL 1996][DATUM VAN INWERKINGTREDING: 24 APRIL 1996] (Afrikaanse teks deur die WET OP NASIONALE ONDERWYSBELEID 27 VAN 1996 [GOEDGEKEUR OP 16 APRIL 1996][DATUM VAN INWERKINGTREDING: 24 APRIL 1996] (Afrikaanse teks deur die President geteken) soos gewysig by Wysigingswet op Onderwyswette

Nadere informatie

HOËRSKOOL OOS-MOOT OOS-MOOT RAAD GEDRAGSKODE

HOËRSKOOL OOS-MOOT OOS-MOOT RAAD GEDRAGSKODE HOËRSKOOL OOS-MOOT OOS-MOOT RAAD GEDRAGSKODE INHOUDSOPGAWE 1. INLEIDING 2. OORTREDING VAN DIE GEDRAGSKODE DEUR OMR-LEDE 2.1 Ernstige oortredings 2.2 Tugstappe 2.3 Minder ernstige oortredings 2.4 OMR-Tugkomitee

Nadere informatie

REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA MAATSKAPPYWET, AKTE VAN OPRIGTING KRANSPOORT EIENAARSKOMITEE NWM 8 Maart 2016 Rev 1

REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA MAATSKAPPYWET, AKTE VAN OPRIGTING KRANSPOORT EIENAARSKOMITEE NWM 8 Maart 2016 Rev 1 REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA MAATSKAPPYWET, 2008 AKTE VAN OPRIGTING KRANSPOORT EIENAARSKOMITEE NWM 8 Maart 2016 Rev 1 Nota: Hierdie dokument is slegs vir kennisname deur lede, indien enige inhoud verskil

Nadere informatie

PLANTVERBETERINGSWET NO. 53 VAN 1976

PLANTVERBETERINGSWET NO. 53 VAN 1976 1 PLANTVERBETERINGSWET NO. 53 VAN 1976 [GOEDGEKEUR OP 29 MAART 1976] [DATUM VAN INWERKINGTREDING: 1 JUNIE 1980] (behalwe aa. 23 en 24 op 1 Desember 1983 en behalwe a. 42, vir sover dit betrekking het op

Nadere informatie

Die verhuurder verleen aan die huurder die eerste opsie om die kontrak te hernu vir n verdere termyn.

Die verhuurder verleen aan die huurder die eerste opsie om die kontrak te hernu vir n verdere termyn. HUURKONTRAK Aangegaan deur en tussen ------------------------------------------------------------------------------------------- Hierna genoem die VERHUURDER aan die een kant En ----------------------------------------------------------------------------------------------

Nadere informatie

ARBEIDSREG ABR214. T:

ARBEIDSREG ABR214. T: ARBEIDSREG ABR214 Lesing 6 Die kontrak Handelingsbevoegdheid Hoofstuk 5 (par 5.01-5.50) in Nagel CJ (ed) Kommersiële Reg 3de uitg, LexisNexis Butterworths: Durban. LESING 6 (LEERUITKOMSTE) Verduidelik

Nadere informatie

DAT op hierdie (dag) dag van (maand) in die jaar Twee Duisend en... (jaar) (20.. )

DAT op hierdie (dag) dag van (maand) in die jaar Twee Duisend en... (jaar) (20.. ) Voorbeeld Huweliks Kontrak met die aanwasbedeleing Voorhuwelikse kontrak met aanwas Protokol Nr. VOORHUWELIKSE KONTRAK LAAT DIT HIERMEE BEKEND WEES DAT op hierdie (dag) dag van (maand) in die jaar Twee

Nadere informatie

Dokumentnommer: HUUROOREENKOMS

Dokumentnommer: HUUROOREENKOMS emcon Dokumentnommer: HUUROOREENKOMS - 1 - HIERDIE OOREENKOMS opgestel en aangegaan deur en tussen Naam van Verhuurder Hierna die VERHUURDER genoem wie se adres die volgende is: EN Naam van Huurder 1.

Nadere informatie

Dokumentnommer: HUUROOREENKOMS

Dokumentnommer: HUUROOREENKOMS Dokumentnommer: HUUROOREENKOMS - 1 - HIERDIE OOREENKOMS is opgestel en aangegaan deur en tussen (naam van verhuurder) (hierna die VERHUURDER genoem), wie se adres soos volg is: EN (naam van huurder) HUURDER

Nadere informatie

AANBOD OM TE KOOP AAN. F J D TRUST IT2390/1995 Hierin verteenwoordig deur FRANCOIS JOSEPHUS DERCKSEN (hierna genoem die Verkoper)

AANBOD OM TE KOOP AAN. F J D TRUST IT2390/1995 Hierin verteenwoordig deur FRANCOIS JOSEPHUS DERCKSEN (hierna genoem die Verkoper) AANBOD OM TE KOOP AAN F J D TRUST IT2390/1995 Hierin verteenwoordig deur FRANCOIS JOSEPHUS DERCKSEN (hierna genoem die Verkoper) en Hierin verteenwoordig deur (hierna genoem die Koper) NADEMAAL die Ontwikkelaar

Nadere informatie

AANVANG VAN N ONDERSOEK VAN BEWEERDE ONBEHOORLIKE GEDRAG

AANVANG VAN N ONDERSOEK VAN BEWEERDE ONBEHOORLIKE GEDRAG HERROEPING VAN DIE DISSIPLINÊRE REËLS INGESTEL INGEVOLGE DIE WET OP OPENBARE REKENMEESTERS EN OUDITEURS, 80 VAN 1991, EN AANVAARDING VAN NUWE DISSIPLINÊRE REËLS OP 7 JUNIE 2007 Nadat die Raad sy voorneme

Nadere informatie

DEPARTEMENT VAN VERVOER

DEPARTEMENT VAN VERVOER DEPARTEMENT VAN VERVOER No. R.. Datum PADONGELUKFONDSWET, 1996 PADONGELUKFONDSREGULASIES, 2008 Die Minister van Vervoer het, kragtens artikel 26 van die Padongelukfondswet, 1996 (Wet No. 56 van 1996) die

Nadere informatie

P A U L R O O S Gymnasium / Gimnasium

P A U L R O O S Gymnasium / Gimnasium SUID-AFRIKAANSE SKOLEWET, NO. 84 VAN 1996 REGULASIES VIR DIE VRYSTELLING VAN OUERS VAN DIE BETALING VAN SKOOLGELD AANSOEK VIR VRYSTELLING P A U L R O O S Gymnasium / Gimnasium Tel (021) 887 0017/77 Fax

Nadere informatie

WET OP BEROEPSGESONDHEID EN VEILIGHEID 85 VAN soos gewysig by

WET OP BEROEPSGESONDHEID EN VEILIGHEID 85 VAN soos gewysig by WET OP BEROEPSGESONDHEID EN VEILIGHEID 85 VAN 1993 [GOEDGEKEUR OP 23 JUNIE 1993] [DATUM VAN INWERKINGTREDING: 1 JANUARIE 1994] (behalwe a. 1 (3) (b): sal geproklameer word) (Engelse teks deur die Staatspresident

Nadere informatie

GRONDWET VAN DIE HERMANUS HISTORIESE VERENIGING

GRONDWET VAN DIE HERMANUS HISTORIESE VERENIGING GRONDWET VAN DIE HERMANUS HISTORIESE VERENIGING 1. NAAM Die naam van die Vereniging is: Die Hermanus Historiese Vereniging, (hierna verwys as die Vereniging). 2. GEOGRAFIESE GEBIED Die gebied sal van Voëlklip

Nadere informatie

Outeursreg Juta & Kie Beperk

Outeursreg Juta & Kie Beperk WET OP DIEREVERBETERING 62 VAN 1998 [GOEDGEKEUR OP 16 SEPTEMBER 1998] [DATUM VAN INWERKINGTREDING: 21 NOVEMBER 2003] (Engelse teks deur die Waarnemende President geteken) WET Om voorsiening te maak vir

Nadere informatie

STAD KAAPSTAD KONSEPVERORDENING OP GRAFFITI

STAD KAAPSTAD KONSEPVERORDENING OP GRAFFITI STAD KAAPSTAD KONSEPVERORDENING OP GRAFFITI Om vir die verbod op graffiti binne die regsgebied van die Stad Kaapstad voorsiening te maak; om vir die verwydering van graffiti en die herstel van oppervlakke

Nadere informatie

Karoo Meat of Origin Sertifiseringskema

Karoo Meat of Origin Sertifiseringskema Karoo Meat of Origin Sertifiseringskema Aansoekvorm vir die Sertifisering van Plase Voltooi en teken hierdie vorm asb. om aansoek te doen vir deelname aan die Karoo Meat of Origin Sertifiseringskema. Die

Nadere informatie

Outeursreg Juta & Kie Beperk

Outeursreg Juta & Kie Beperk WET OP BEVORDERING VAN TOEGANG TOT INLIGTING 2 VAN 2000 [GOEDGEKEUR OP 2 FEBRUARIE 2000] [DATUM VAN INWERKINGTREDING: 9 MAART 2001] (Tensy anders vermeld) (Engelse teks deur die President geteken) soos

Nadere informatie

1.1 Erfenis Wes-Kaap (EWK) en die Departement van Kultuursake en Sport (DKES)

1.1 Erfenis Wes-Kaap (EWK) en die Departement van Kultuursake en Sport (DKES) BELEID OOR DIE IDENTIFISERING EN BEWARING VAN INISIASIETERREINE IN DIE WES-KAAP 1. Inleiding 1.1 Erfenis Wes-Kaap (EWK) en die Departement van Kultuursake en Sport (DKES) EWK saam met die DKES het 'n raamwerk

Nadere informatie

KONTIKI PREPRIMêRE SKOOL GRONDWET

KONTIKI PREPRIMêRE SKOOL GRONDWET KONTIKI PREPRIMêRE SKOOL GRONDWET 1. WOORDOMSKRYWINGS, WET EN REGULASIES 1.1 Die eienaar van die skool is die Kontiki Bestuursliggaam, synde die lede van die bestuursliggaam soos deur die ouers verkies.

Nadere informatie

VERWYSINGSGIDS VIR SOLIDARITEIT VERTEENWOORDIGERS

VERWYSINGSGIDS VIR SOLIDARITEIT VERTEENWOORDIGERS VERWYSINGSGIDS VIR SOLIDARITEIT SAAMGESTEL DEUR: PHILIP KRUGER SOLIDARITEIT REGSDIENSTE Ons beskerm ons mense Belangrike Solidariteit Kontaknommers Hoofkantoor: 012-644 4300 Dienssentrum: 0861 25 24 23

Nadere informatie

Ontleding van die toepassing van die 75 beginsels van korporatiewe bestuurstoesig soos aanbeveel in die King III-verslag

Ontleding van die toepassing van die 75 beginsels van korporatiewe bestuurstoesig soos aanbeveel in die King III-verslag soos aanbeveel in die King III-verslag 1. Etiese leierskap en korporatiewe burgerskap 1.1 Die direksie moet op n etiese grondslag doeltreffende leiding gee. 1.2 Die direksie moet toesien dat die maatskappy

Nadere informatie

REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA WET OP REGSPRAKTYK. Wet No. 28 van

REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA WET OP REGSPRAKTYK. Wet No. 28 van REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA WET OP REGSPRAKTYK Wet No. 28 van 2014 -------------------------------- 2 040517nim (Die Engelse teks is deur die President onderteken) (Op 20 September, 2014 goedgekeur) WET

Nadere informatie

[1] Die beskuldigde is aanvanklik op 29/08/2005 deur die. landdros, Botshabelo skuldig bevind aan huisbraak met die

[1] Die beskuldigde is aanvanklik op 29/08/2005 deur die. landdros, Botshabelo skuldig bevind aan huisbraak met die IN DIE HOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (ORANJE VRYSTAAT PROVINSIAL AFDELING) In die saak tussen: DIE STAAT en Hersiening Nr: 98/2006 PAKISHO JOHN MOTAUNG CORAM: C.J. MUSI, J et MATHEBULA, AJ UITSPRAAK: C.J.

Nadere informatie

5. NOTULE VAN DIE VERGADERING GEHOU OP 7 NOVEMBER Bylae A

5. NOTULE VAN DIE VERGADERING GEHOU OP 7 NOVEMBER Bylae A 2 5. NOTULE VAN DIE VERGADERING GEHOU OP 7 NOVEMBER 2017 Bylae A PROTEïENNAVORSINGSTIGTING NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING GEHOU OM 13:00 OP 7 NOVEMBER 2017 PNS-KANTOORGEBOU, WOODMEAD 1. OPENING

Nadere informatie

DIE RAAD BEHOU DIE REG VOOR OM N KORTING TOE TE STAAN, AL DAN NIE. AFDELING A

DIE RAAD BEHOU DIE REG VOOR OM N KORTING TOE TE STAAN, AL DAN NIE. AFDELING A DIE AAD BEHOU DIE EG VOO OM N KOTING TOE TE STAAN, AL DAN NIE. MEK BLOKKIE MET N KUISIE X WAT OP U VAN TOEPASSING IS. AFDELING A 1. Vul asseblief die volgende besonderhede in met betrekking tot die applikant:

Nadere informatie

DISSIPLINÊRE KODE EN VOORGESTELDE OPTREDE

DISSIPLINÊRE KODE EN VOORGESTELDE OPTREDE UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT UNIVERSITY OF THE FREE STATE YUNIVESITHI YA FREISTATA DISSIPLINÊRE KODE EN VOORGESTELDE OPTREDE 1. Onderliggende beginsels... p.1 2. Sleutel tot dissiplinêre matriks... p.1

Nadere informatie

MEMORANDUM VAN OOREENKOMS

MEMORANDUM VAN OOREENKOMS MEMORANDUM VAN OOREENKOMS tussen SITALI JEWELLERS (hierna genoem SITALI) en KATRINA PHILLIPS ANNA CLOETE REBECCA DE WET RONALD JOSEPH DEONALD CLOETE STEVERT HANS (hierna genoem die Kunstenaars) 1. DIE

Nadere informatie

ARBEIDSREG ABR214. T:

ARBEIDSREG ABR214. T: ARBEIDSREG ABR214 Lesings 14-15 Die Wet op Beroepsgesondheid en veiligheid 85 van 1993 Hoofstuk 7 (par 7.1-7.10) in Du Plessis & Fouche Praktiese Gids tot die Arbeidsreg LexisNexis Butterworths: Durban.

Nadere informatie

RAAD OP FINANSIËLE DIENSTE

RAAD OP FINANSIËLE DIENSTE RAAD OP FINANSIËLE DIENSTE TAALBELEID (Deur die RFD Raad op 18 Maart 2015 goedgekeur) 1 INHOUDSOPGAWE 1. DEFINISIES... 3 2. INLEIDING... 4 3. DOEL... 4 4. TERSAAKLIKE WETGEWENDE BEPALINGS... 4 5. BESTEK

Nadere informatie

REGLEMENT VAN DIE GKSA PREDIKANTE ONDERSTEUNINGSFONDS

REGLEMENT VAN DIE GKSA PREDIKANTE ONDERSTEUNINGSFONDS REGLEMENT VAN DIE GKSA PREDIKANTE ONDERSTEUNINGSFONDS "ARTIKEL 1: NAAM, AANVANGSDATUM, STATUS, DOEL EN GEREGIS-TREERDE KANTOOR VAN DIE FONDS 1.1 NAAM EN AANVANGSDATUM Die GKSA PREDIKANTE-ONDERSTEUNINGSFONDS

Nadere informatie

OPSIE-OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN :

OPSIE-OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN : OPSIE-OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN : MAGNIFICENT MILE TRADING 73 (PTY) LIMITED REGISTRASIENOMMER 2003/006953/07 hierin verteenwoordig deur PIETER HENDRIK VAN STADEN in sy hoedanigheid as Direkteur

Nadere informatie

AANSOEK: GEASSOSIEëRDE LID

AANSOEK: GEASSOSIEëRDE LID SA Braford Beestelersgenootskap AANSOEK: GEASSOSIEëRDE LID Also available in English Vorms 1 en 3 moet deur almal voltooi word en vorm 2 indien van toepassing. E-Pos aan info@braford.co.za Of Faks aan

Nadere informatie

KVBA beteken die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie, Bedingingsraad, die Arbeidshof of die Arbeidsappèlhof.

KVBA beteken die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie, Bedingingsraad, die Arbeidshof of die Arbeidsappèlhof. AFDELING ARBEIDSPRAKTYKE AANSPREEKLIKHEID Omskrewe gebeurtenisse Verlies voortspruitend uit n eis wat aanvanklik tydens n versekeringstydperk ingestel word vir n werklike of beweerde onbillike arbeidspraktyk

Nadere informatie

ARBEIDSREG ABR214. T:

ARBEIDSREG ABR214. T: ARBEIDSREG ABR214 Lesing 10.2 Die kontrak Beeindiging van kontraktuele verhouding Hoofstuk 9 (par 9.106-9.150) in Nagel CJ (ed) Kommersiële Reg 3de uitg, LexisNexis Butterworths: Durban. LESING 10.2 (LEERUITKOMSTE)

Nadere informatie

GEDRAGSOWERHEID VAN DIE FINANSIËLE SEKTOR TAALBELEID

GEDRAGSOWERHEID VAN DIE FINANSIËLE SEKTOR TAALBELEID GEDRAGSOWERHEID VAN DIE FINANSIËLE SEKTOR TAALBELEID GOEDKEURINGSLIGGAAM DATUM Uitvoerende Komitee 9 FEBRUARIE 2017 Risikokomitee 30 AUGUSTUS 2017 FSCA- Uitvoerende Komitee 18 OKTOBER 2017 INHOUD 1. DEFINISIES...

Nadere informatie

SWANGERSKAPBELEID erken die verantwoordelikheid en invloed van die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel ten opsigte van leerderswangerskappe; en

SWANGERSKAPBELEID erken die verantwoordelikheid en invloed van die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel ten opsigte van leerderswangerskappe; en SWANGERSKAPBELEID Hoërskool McLachlan en sy beheerliggaam erken die Grondwet van die Republiek van Suid- Afrika, Wet 108 van 1996 (hierna die Grondwet ); die Suid-Afrikaanse Skolewet, Wet 84 van 1996 (hierna

Nadere informatie