DROOGTEVOEDING VAN SKAPE
|
|
- Dirk Pieters
- 5 jaren geleden
- Aantal bezoeken:
Transcriptie
1 Opskrif: Droogtevoeding van skape Vraag: Wat kan ek voer om my skape te laat oorleef tydens n droogte? Hellao! Naruseb hnaruseb@swkmun.com.na Antwoord: DROOGTEVOEDING VAN SKAPE Droogtevoeding neem normaalweg n aanvang wanneer die weiding nie meer instaat is om minstens 30 % van die dier se voedingsbehoefte te voorsien nie. Die kernboodskap vir droogtevoeding is eerstens om so gou moontlik van enige oortollige diere, oorslaanooie, uitskotdiere en bemarkbare diere ontslae te raak deur hulle te verkoop of af te rond en te bemark. Tweedens moet daar so ver moontlik gepoog word om in die minimum behoeftes van reproduserende diere (ooie voor en tydens paring, laatdragtige en lakterende diere) asook speenooilammers te voorsien om steeds n aanvaarbare reproduksietempo te handhaaf. Droogte vorm n integrale deel van die veebedryf van Suid-Afrika en aangesien daar tans verskeie produsente in die greep van n baie erge droogte vasgevang is, is dit van pas om n paar bestuurs- en voedingspraktyke tydens n droogte te bespreek. Die doel van hierdie artikel is om enkele van die belangrikste wenke in dié verband puntsgewys te lys. Droogtevoedingopsies Die produsent se opsies hang af van sy eie finansiële situasie; of hy n stoet- of kuddeboer is; watter grondstowwe hy beskikbaar het of kan bekom asook die lengte en die ernstigheid van die droogte. Kuddeboere, veral dié wat nie n goeie gehalte kudde het nie, kan oorweeg om al sy diere te verkoop, die geld te belê en na die droogte weer diere aan te koop. Daar moet onthou word dat aanteeldiere na n droogte dikwels skaars en duur is. Oorweging kan geskenk word om diere net vir oorlewing te voer, maar dit moet opgeweeg word teen baie lae lam- en speenpersentasies, lae speenmassas met n hoë persentasie boepenslammers asook lae wolproduksie met n hoë persentasie tengervagte. Vir produsente met goeie gehalte kuddes en stoetboere is die beter opsie om so gou moontlik alle oortollige diere te bemark en die res teen so n vlak te voer dat hulle steeds teen n aanvaarbare vlak produseer. Voorafgaande besluite moet teen die agtergrond geneem word dat op geen droogtehulp of finansiële ondersteuning van die Regering staatgemaak kan word nie. Wenke tydens droogtevoeding Klasseer skape en verkoop alle surplus diere (bv. dié met tand-, been-, klou-, uier- en ander gebreke asook oorslaanooie) so gou moontlik. Goeie kwaliteit teelooie en ramme is die mees waardevolle diere aan die einde van die droogte. Hierdie diere moet spesiale versorging en voeding gedurende die droogte kry indien teelprogramme volgehou wil word.
2 Met rampdroogtes verskuif die klem na oorlewing en massaverlies van 15 tot 20 % kan onder sekere omstandighede toegelaat word. Byvoeding moet egter n aanvang neem wanneer die skape minstens 3 tot 4 kg bo hulle minimum toelaatbare massa is, want hulle gaan tydens aanpassing massa verloor. n Massaverlies van tot 20 % is toelaatbaar by droë diere terwyl produksie en veral reproduksie ingeboet sal word as reproduserende diere (d.i. teeldiere voor en tydens paring, dragtige en lakterende diere) te veel massa verloor. Indien hierdie strategie met teelooie gevolg word, sal dit aanleiding gee tot baie lae lampersentasies (26 tot 47 %); hoë lamvrektes; swak lamgroei; toename in boepenslammers; probleme om lammers markklaar te kry; drastiese afname in wolproduksie en n toename in die getal tenger vagte. Hoe vroeër byvoeding n aanvang neem, hoe minder byvoeding word benodig om die dier te onderhou. Beter resultate word behaal as byvoeding vroeër op n laer peil as later op n hoër peil begin word. Kripspasie hang af van die grootte, getal skape en die hoeveelheid voer wat gevoer word. Indien n klein hoeveelheid voer daagliks gevoer word, moet vir n kripspasie van minstens 15 cm (ideaal is dat alle diere gelyktydig kan vreet, d.i cm/dier) per skaap voorsiening gemaak word. Indien hooirakke nie beskikbaar is nie, moet die bale oopgebreek word en oor n wye oppervlakte uitgesit word om diere vrye toegang te gee. In die geval van ronde bale moet dit oopgerol word. n Gedeelte, soms tot 10 %, van die skape sukkel om by droogtevoeding aan te pas (sg. skaamvreters). Hierdie diere moet van die res verwyder word en apart gevoer word. Begin met goeie kwaliteit hooi en gooi mettertyd die graan- of konsentraataanvullings bo op die hooi om hulle te leer vreet. Weens die hoë konsentrasie diere in klein kampies tydens droogtevoeding is daar n geweldige opbou van interne parasiete. Om dit te beperk, moet die diere gedoseer word voordat hulle in die klein kampies geplaas word. Mismonsters van merkergroep diere moet gereeld geneem word om parasietbesmetting te monitor en om te besluit wanneer dosering moet geskied. Bloednier kan n probleem wees tydens droogtevoeding weens die verandering van voeding (bv. van weiding na kragvoer of van laasgenoemde na groenweiding nadat die droogte gebreek is) en diere behoort dus voorkomend geïmmuniseer te word. Vitamien A-tekorte kan voorkom wanneer diere vir langer as drie maande nie toegang tot groenweiding gehad het nie en behoort dus aangevul te word. Byvoeding wanneer voldoende droë weiding of ruvoer nog beskikbaar is Dit is belangrik om daarop te let dat skape, al word hulle vir onderhoud gevoer, steeds n gebalanseerde voorsiening van energie, proteïen, minerale en vitamienes moet ontvang. Veral onder spanningstoestande soos tydens droogtevoeding is gebalanseerde voeding noodsaaklik vir die gesondheid van diere en diere wat nog steeds moet reproduseer. Energieryke grane (bv. mielies en kleingrane) moet nooit alleen as enigste byvoeding op droë weiding of saam met droë ruvoer gevoer word nie, want dit versuur die grootpens van die skaap. Sodra die grootpens se ph onder 6.2 val, begin die mikrobes, wat vesel verteer, afsterf. Dit verlaag veselvertering en gevolglik die inname van droë weiding en ruvoer. In sulke omstandighede sal diere min wei en meer geneig wees om by die voerbakke lê. Die voer van grane alleen sal ook geneig wees om tot meer gevalle van geboorteprobleme aanleiding te gee asook swak uierontwikkeling; abnormale dik en taai bies; lae bies en melkproduksie; hoë persentasie lamvrektes en ooie wat lammers weggooi; swak lammers met geboorte en swak lam groei. Vir die beste resultate moet 2
3 grane altyd saam met proteïenbronne as deel van n goed gebalanseerde lek of rantsoen gevoer word. Sjokoladegraan [200 kg heel grane + 25 kg Voermol Korn Kandy (V1551) + 4 kg voerkalk] kan met welslae as energie-aanvulling vir droë diere en middragtige ooie (maand twee en drie van dragtigheid) tydens droë toestande gebruik word. Dit kan gedoen word op voorwaarde dat daar nog voldoende droë weiding is of droë ruvoer moet addisioneel voorsien word. Sjokoladegraan kan teen 200 tot 300 g/skaap/dag op harde oppervlaktes of in bakke op so n wyse gevoer word dat alle diere gelyktyktydig kan vreet. Wanneer voldoende droë weiding en/of ruvoer (bv. hooi, strooi, mielieblare, ens.) beskikbaar is, moet voldoende proteïen aangevul word om die verteerbaarheid daarvan te verhoog asook die inname daarvan te stimuleer. Die rumenaktiwiteit van die mikrobes kan gestimuleer word deur minstens 15 tot 20 ml/skaap van die volgende mengsel elke twee tot drie weke te doseer: Meng 750 ml asyn met 2 kg bruinsuiker en 4 pakkies suurdeeggis en maak na 5 liter op met water. Droë skape en middragtige ooie (maand twee en drie van dragtigheid) kan tydens droogtetoestande slegs vir onderhoud gevoer word. Een van die volgende aanvullings kan twee tot drie keer per week aan hierdie klas diere gevoer word solank daar nog volop droë weiding beskikbaar is of ruvoer ( g/dier/dag) kan addisioneel bygevoer word indien weiding skaars of nie beskikbaar is nie: (1) Voermol Ekonolek (V11147: is klaargemeng) teen 100 tot 180 g/dier/dag, (2) Voermol Winslekkonsentraat (V17865), meng 250 kg Winslekkonsentraat met 100 kg sout en voer teen 100 tot 180 g/dier/dag (3) Voermol Super 18 (V355) teen 200 tot 250 g/dier/dag. Indien die inname te hoog is, kan 4 tot 5 kg sout by elke sakkie Super 18 gevoeg word, (4) Voermol Proteïenblok (V10448) teen 100 tot 150 g/dier/dag, (5) Sjokoladegraan (sien voedingsinstruksies hierbo) of (6) Voermol Maxiwolsoutmengsel [400 kg Maxiwol (V4985) kg sout] teen 125 tot 200 g/dier/dag veral vir wolskape om breekwol te beperk. Vir laatdragtige en lakterende ooie asook jongooie en vir prikkelvoeding van teelooie moet, wanneer daar nog voldoende droë weiding is, deurvloeiproteïen en energie aangevul word. Deurvloeiproteïen sal uierontwikkeling bevorder, bies- en melkproduksie verhoog terwyl dit weidingsinname sal stimuleer. Laatdragtige en lakterende ooie moet daagliks gevoer word. Een van die volgende aanvullings (250 tot 500 g/ooi/dag) kan aan hierdie klas diere gevoer word solank daar nog volop droë weiding beskikbaar is of ruvoer (1 1.5 kg/dier/dag) kan addisioneel bygevoer word indien weiding skaars of nie beskikbaar is nie: (1) Voermol Maxiwollekmengsel (250 kg Maxiwol kg gemaalde grane + 50 kg sout), (2) Voermol Super 18-lekmengel [160 kg Super kg Voermol Procon 33 (V8097) kg gemaalde grane + 5 kg voerkalk + 50 kg sout], (3) Voermol Maxiwol Produksiekorrels (V15415: is n klaargemengde lek), (4) Voermol Maxiblok (V17424). Ooie wat besig is om te lam en na voerbakke hardloop wanneer voer uitgegooi word, kan so permanent van hulle lammers geskei word wat tot hoë lamvrektes aanleiding gee. Om dit te voorkom, kan Maxiblokke in lamkampe uitgepak word. Nuwe blokke moet uitgesit word voordat die oues heeltemal opgevreet is, die proses van uitsit van blokke moet rustig en kalm geskied terwyl die blokke verspreid in die lamkamp uitgesit moet word. Gedurende lamtyd moet hoogstens 15 ooie per lekblok toegeken word. 3
4 (5) Sjokoladegrane moenie vir laatdragtige en lakterende ooie gevoer word nie omdat dit dieselfde probleme as die voer van grane alleen kan veroorsaak (sien hierbo). Sjokoladegrane kan wel as prikkelvoeding en vir jongooie gebruik word. Vir prikkelvoeding moet byvoeding minstens vanaf vier weke voor paring n aanvang neem vir n periode van minstens agt weke. Die doel is om hulle kondisie te verbeter en hulle in n toestand van massatoename te kry wanneer die ramme bygesit word. Met jongooie moet gepoog word om hulle paringsmassa minstens op 80 % van volwasse massa te kry met paring op 18 maande of so nie kan paring n paar maande uitgestel word indien dit prakties moontlik is. Byvoeding wanneer droë weiding skaars is en geen ruvoer beskikbaar is nie Wanneer geen of baie min droë weiding beskikbaar is asook geen hooi of ander ruvoer nie, is die enigste uitweg om na voerkorrels oor te skakel. (1) Droë diere moet minstens 500 tot 750 g Voermol Droogtekorrels (V5554)/dier/dag gevoer word. Dit hoef nie daagliks, maar kan twee tot drie keer per week gevoer word. (2) Middragtige ooie moet minstens 750 tot g Voermol Droogtekorrels/dier/dag gevoer word. Dit hoef nie daagliks, maar kan twee tot drie keer per week gevoer word. (3) Laatdragtige en lakterende ooie; jongooie en vir prikkelvoeding van teelooie moet in hierdie omstandighede minstens 1 tot 1.5 kg Voermol Droogtekorrels/ooi/dag gevoer word plus die onderskeie deurvloeiproteïenbevattende lekke wat in die vorige Afdeling vir hierdie klas diere voorgeskryf is. Laatdragtige en lakterende ooie moet daagliks gevoer word. Gevolge van ondervoeding Voor en tydens paring: Besetting en ovulasietempo neem af indien ooie kort voor die prikkelperiode en tydens paring massa en kondisie verloor wat tot swak besetting en n lae lampersentasie lei. Vroeë dragtigheid (eerste maand van dragtigheid): Afsterwing van bevrugte embrio s (resorbsie) met n gevolglike lae lampersentasie. Middragtigheid (maand twee en drie van dragtigheid): Afsterwing van fetusse met n gevolglike lae lampersentasie en klein lammers met geboorte. Laatdragtigheid (maand vier en vyf van dragtigheid): Domsiekte; as ondervoeding baie erg is, kan aborsies voorkom; swak uierontwikkeling; lae biesproduksie en breekwol. Lamtyd: Swak lammers met geboorte; geboorteprobleme (lammers met n geel geboortekleed); meer doodgebore lammers; min, geen of taai bies; hoë persentasie ooie wat lammers weggooi en hoë lamvrektes. Laktasie (veral eerste twee tot drie maande): Lae melkproduksie; swak lamgroei; lae speenmassa; n hoë persentasie boepenslammers; n lae lampersentasie met die daaropvolgende lamseisoen en breekwol. Vroegspeen Gedurende droogtetoestande moet ernstig oorweeg word om lammers vroeër as normaalweg te speen. Groeitempo s van sogende lammers van minder as 100 en 150 4
5 g/dag onderskeidelik van klein- en grootraam (bouvorm) ooie verhoog die risiko van lamvrektes. Lammers moet verkieslik nie ligter as 20 kg gespeen word nie. Waar lammers ligter as 15 kg gespeen is, het heelwat vrektes voorgekom. Lammers wat vroeggespeen word, moet kruipvoer voor speen gevoer word en hulle moet dit na speen ontvang totdat hulle ten minste 30 kg weeg. Lammers behoort nie gespeen te word voordat hulle ten minste 250 g kruipvoer/lam/dag vreet nie. Die volgende kruipvoermengsel moet ad lib. gevoer word: 150 kg Voermol SS 200 (V8592) kg Voermol Procon kg Voermol Melassemeel (V1995) kg gemaalde grane. Voerkraalafronding Diere wat nie markklaar is nie, moet so gou moontlik afgerond word. Dit is meer ekonomies om diere af te rond en markklaar te kry en te verkoop as om dieselfde kostes oor n langer tydperk te spandeer deur diere vir onderhoud te voer. Een van die mees kritieke faktore wanneer skape afgerond word, is dat die diere geleidelik en stadig op die voerkraalrantsoen aangepas moet word. Tydens die aanpassingsperiode moet daar voldoende vreetspasie wees sodat alle diere gelyktydig kan vreet terwyl ruvoer ad lib. tydens die aanpassingsperiode voorsien moet word. Die volgende volledige afrondingsrantsoen kan met groot welslae gebruik word: 200 kg Voermol SS kg Voermol Procon kg Voermol Melassemeel kg gemaalde mielies of heel gars kg gemaalde strooi (15 mm partikellengte). Wanneer sjokoladegrane vir afronding gebruik word, moet ruvoer vir die volle afrondingsperiode ad lib. voorsien word. Lammers, veral onder 25 kg, presteer swak op sjokolademielies omdat hulle inname laag is weens die harde pitte. Daarteen gee sjokoladekleingraan, veral gars, uitstekende resulate. Boepenslammers vaar baie swak in voerkrale en neem baie lank om af te rond. Algemene opmerkings Droogte dien net een goeie doel en dit is dat dit diere wat swak aangepas is, uitwys. Hulle kan gemerk word en later wanneer hulle kondisie verbeter het, bemark word. Lekke dien slegs as n aanvulling van n beperkende voedingstof of stowwe tot weiding en is nie n voer nie en word daarom slegs aanbeveel wanneer daar voldoende weiding is of as voldoende ruvoer addisioneel verskaf word. Uitermate hoë lekinnames kan gedurende n droogte voorkom wanneer voldoende weiding of ruvoer nie beskikbaar is nie. Dit is bekend dat diere wat erg verhonger is, veral as hulle vir n tydperk n proteïengebrekkige dieet ontvang het, in n groot mate hulle vermoë verloor om ammoniak na ureum in die lewer om te sit. Selfs baie lae ureuminname kan in hierdie omstandighede toksies wees. Hoë ureumbevattende produkte moet met omsigtigheid in hierdie omstandighede aanbeveel word omdat dit tot ureumvergiftiging kan lei. Maer diere op proteïengebrekkige en skaars weiding moet nie ureumryke produkte gevoer word nie, mits hulle met grane of melassemeel verdun is. Wanneer die droogte gebreek is, moet diere van die weidings gehou word totdat daar voldoende groenweiding beskikbaar is om te voorkom dat die diere agter die groen opslag (green pick) aan hardloop wat tot groot vrektes in die geval van swak diere aanleiding kan gee. Sodra voldoende weiding (minstens 3 cm hoog) beskikbaar is, moet die diere geleidelik oor ongeveer sewe dae daarop aangepas word deur hulle aanvanklik 5
6 net vir een tot twee uur per dag te laat wei en elke dag die tyd te verleng. Indien diere nie aangepas word nie kan dit tot spysverteringsteurnisse en vrektes lei. Skape moet nie honger wees wanneer hulle finaal op die groenweiding uitgeplaas word nie. Gee dus hulle daaglikse rantsoen voordat hulle laatnamiddag op die weidings geplaas word. Dit is hoogs aanbeveel dat die diere gedoseer word voordat hulle op die skoon weidings geplaas word. Indien maagwerk op die groen sappige weidings voorkom, kan ruvoer indien beskikbaar, addisioneel bygevoer word. Laatdragtige ooie sal waarskynlik aanvanklik byvoeding moet ontvang om domsiekte te voorkom. Indien alternatiewe lekresepte of meer tegniese inligting oor droogtevoeding verlang word, raadpleeg u naaste Voermol Agent of Voermol se Hoofkantoor ( ) of stuur n e-pos aan info@voermol.co.za. Indien u enige raad of advies t.o.v. dierevoeding benodig, skryf aan: Dr. Jasper Coetzee, Voermol Voere, Posbus 13, Maidstone 4380 of skakel of stuur n e-pos aan: info@voermol.co.za 6
DIE VOEDING VAN VERVANGINGSVERSE, DROË KOEIE EN BULKALWERS
DIE VOEDING VAN VERVANGINGSVERSE, DROË KOEIE EN BULKALWERS Ulrich Müller, VOERMOL VOERE Die suksesvolle grootmaak van vervangingsverse vorm n belangrike skakel in enige melkbeeskudde. Die doelwit van so
Nadere informatieBelangrike voedingstappe vir die winter 2013
Belangrike voedingstappe vir die winter 2013 Belangrike beplanning by teelkunde 1. Kondisie Telling 2. Winter byvoeding 3. Vervangingsverse 4. Teelbulle 5. Inentings en parasietbeheer 6. Skape Kondisie
Nadere informatieVROEGSPEEN VAN LAMMERS KAN VLEISPRODUKSIE PER HEKTAAR VERHOOG
VROEGSPEEN VAN LAMMERS KAN VLEISPRODUKSIE PER HEKTAAR VERHOOG Dr. Jasper Coetzee Pr.Sci.Nat. (Anim.Sci.) Ph.D. (Agric.) Stellenbosch Professionele Veekundige (400328/83); Skaapvoeding- en Bestuurspesialis
Nadere informatieKRUIPVOER VERHOED SPEENSKOK EN BEVORDER NASPEENSE GROEI
KRUIPVOER VERHOED SPEENSKOK EN BEVORDER NASPEENSE GROEI Dr. Jasper Coetzee Pr.Sci.Nat. (Anim.Sci.) Ph.D. (Agric.) Stellenbosch Professionele Veekundige (400328/83); Skaapvoeding- en Bestuurspesialis Konsultant
Nadere informatieVOEDINGSPROGRAM VIR SKAPE ONDER EKSTENSIEWE EN SEMI-INTENSIEWE TOESTANDE
1 VOEDINGSPROGRAM VIR SKAPE ONDER EKSTENSIEWE EN SEMI-INTENSIEWE TOESTANDE Die doel van hierdie artikel is om slegs breë riglyne te gee met betrekking tot 'n voedingsprogram vir skape onder ekstensiewe
Nadere informatieLamtyd verg besondere vernuf
Lamtyd verg besondere vernuf Lamtyd is oestyd! Om dus maksimum inkomste te genereer, moet skaapprodusente hulle kennis en bestuursvernuf opskerp om te verseker dat soveel as moontlik lammers wat gebore
Nadere informatieVOEDINGSPROGRAM VIR SKAPE ONDER EKSTENSIEWE EN SEMI-INTENSIEWE TOESTANDE
VOEDINGSPROGRAM VIR SKAPE ONDER EKSTENSIEWE EN SEMI-INTENSIEWE TOESTANDE Dr. Jasper Coetzee, Voermol Voere (021-8879559; 0833 86 83 82; jasperco@iafrica.com) 1 Die doel van hierdie artikel is om slegs
Nadere informatiePRIKKELVOEDING VAN TEELOOIE IN PERSPEKTIEF
PRIKKELVOEDING VAN TEELOOIE IN PERSPEKTIEF Dr. Jasper Coetzee, Voermol Voere (Tel no.: 021-8879559; 0833 86 83 82; jasperco@iafrica.com) n Kort periode van verbeterde voeding, oftewel prikkelvoeding vir
Nadere informatieVraag: Ek soek riglyne om my skape te voer sodat ek produksie kan volhou om sodoende winsgewend met die skape te boer.
Opskrif: Voer van skape vir volgehoue hoё produksie en wins Vraag: Ek soek riglyne om my skape te voer sodat ek produksie kan volhou om sodoende winsgewend met die skape te boer. Antwoord: VOER SKAPE VIR
Nadere informatieVLEISBEESTE & SKAPE NEW VOERBROSJURE
VLEISBEESTE & SKAPE NEW VOERBROSJURE EKONOMIESE VETMESTING VAN SPEENKALWERS BEESAFRONDINGSRANTSOEN Wet 36 van 1947, Reg. Nr. V503 PRAKTIESE WENKE Proteïen min g/kg 130 Proteïen ex NPN % 30 Ureum maks g/kg
Nadere informatieDie gebruik van doeltreffende lamstelsels beperk lamvrektes
Die gebruik van doeltreffende lamstelsels beperk lamvrektes Hoë lamvrektes word allerweë as n knelpunt in die kleinveebedryf beskou en is een van die belangrikste oorsake van die lae winsgewendheid van
Nadere informatieINSKRYWINGSVORM 2010 NASIONALE SKAAPBOER VAN DIE JAAR KOMPETISIE. Die kompetisie is oop vir deelname deur enige boer wat met skape boer.
INSKRYWINGSVORM 2010 NASIONALE SKAAPBOER VAN DIE AR KOMPETISIE Vereistes en Prosedure Die kompetisie is oop vir deelname deur enige boer wat met skape boer. Die kandidaat moet die inskrywingsvorm self
Nadere informatieDOMSIEKTE. Oorsake van domsiekte
DOMSIEKTE Wanneer domsiektegevalle in n kudde voorkom, is dit die eerste waarskuwing dat iets radikaal met die voeding en/of bestuur van die kudde as geheel verkeerd is (Henderson, 1990). Die risiko vir
Nadere informatieWildbyvoeding se voor- en nadele. Craig Shepstone
Wildbyvoeding se voor- en nadele Craig Shepstone 083 305 1380 Byvoeding Aanvullende voeding van wild: om goeie diereprestasie te verseker en nutriënt wanbalanse en tekorte te voorkom Winsgewendheid van
Nadere informatieKALF GROOTMAAK. A18044 RCL FOODS Calf Brochure A5 AFR DPS.indd 1
KALF GROOTMAAK A18044 RCL FOODS Calf Brochure A5 AFR DPS.indd 1 N GOEIE BEGIN MAAK SAAK Die toekoms van jou suiwelkudde word bepaal deur die prestasie van jou kalwers. Met Epol se kalfreeks is jy van goeie
Nadere informatieINDIVIDUELE LEKINNAME BEPAAL ALGEHELE KUDDEPRESTASIE
INDIVIDUELE LEKINNAME BEPAAL ALGEHELE KUDDEPRESTASIE Strategiese byvoeding van skape is geregverdig solank dit produsente help om meer wins te maak. Hedendaagse dierevoeding streef na voedingstofaanvulling,
Nadere informatieVraag vanaf:kassel van den Berg -
Aborsies by skape Vraag vanaf:kassel van den Berg - 0834060725@mtnloaded.co.za Opskrif is:aborsies, Peestersiekte en Ramsiekte Vraag is:ek wil graag weet wat die oorsake van aborsies in skape kan wees.
Nadere informatieDrastiese verhoging in speenpersentasie is moontlik met lamhokke
Drastiese verhoging in speenpersentasie is moontlik met lamhokke Hoë lamvrektes word allerweë as n knelpunt in die kleinveebedryf beskou en is een van die belangrikste oorsake van die lae winsgewendheid
Nadere informatie78 THE DAIRY MAIL MAY Voer elke koei volgens haar individuele produksiestatus en kondisie.
78 THE DAIRY MAIL MAY 2012 Voer elke koei volgens haar individuele produksiestatus en kondisie. TEGNOLOGIE Super stelsels vir megakuddes deur Johan Heunis Hedendaagse elektroniese bestuurstelsels maak
Nadere informatieHoe maak ek meer wins uit bees- boerdery? Benut geleenthede Waardetoevoeging Geleentheidsvoerkraal Toekomsvisie Samevatting
Geleentheidsvoerkraal Dr. Jasper Coetzee (0833 86 83 82 & jasperco@iafrica.com) Hoe maak ek meer wins uit bees- boerdery? Benut geleenthede Waardetoevoeging Geleentheidsvoerkraal Toekomsvisie Samevatting
Nadere informatieDEURBRAAK MET PRIKKELVOEDING
1 DEURBRAAK MET PRIKKELVOEDING Dr. Jasper Coetzee, Voermol Voere (Tel no.: 021-8879559; 0833 86 83 82; jasperco@iafrica.com) Meer as 30 jaar se volgehoue navorsing oor prikkelvoeding deur dr. Jasper Coetzee
Nadere informatieDIE KEUSE VAN DIE KORREKTE LEK AANVULLING IS BAIE BELANGRIK VIR OPTIMALE DIEREPRODUKSIE
DIE KEUSE VAN DIE KORREKTE LEK AANVULLING IS BAIE BELANGRIK VIR OPTIMALE DIEREPRODUKSIE Die hoof oogmerk van lek aanvulling is om n tekort of tekorte aan voedingstowwe wat mag voorkom in weiding of ruvoere
Nadere informatieTEMA : HOE BOER EK INTENSIEF OP N HOE LYK DIE OMGEWING?
CMW Lei..Ander volg CMW Leads..Others follow KUDDE BESTUUR CMW Giepie Calldo Nationale Bestuurder: Wol Tegniese Velddienste en Skaap&Woldeskundige Noord Kaap RPO TEMA : HOE BOER EK INTENSIEF OP N EKSTENSIEWE
Nadere informatieFOKUS OP DOELTREFFENDHEID VIR VOLGEHOUE WINSGEWENDE WOLSKAAPBOERDERY
FOKUS OP DOELTREFFENDHEID VIR VOLGEHOUE WINSGEWENDE WOLSKAAPBOERDERY Dr. Jasper Coetzee, Voermol Voere (0833 86 83 82; jasperco@iafrica.com) Die gebruik van moderne tegnologie en die nuutste skaapbestuur-
Nadere informatieDEURBRAAK MET PRIKKELVOEDING
DEURBRAAK MET PRIKKELVOEDING Dr. Jasper Coetzee Pr.Sci.Nat. (Anim.Sci.) Ph.D. (Agric.) Stell. Professionele Veekundige (400328/83); Skaapvoeding- en Bestuurspesialis Konsultant 076 846 8800 & jasperco@iafrica.co.za
Nadere informatieRIGLYNE VIR VEEPRODUKSIE TYDENS DROOGTE
ROOIVLEIS PRODUSENTE-ORGANISASIE RED MEAT PRODUCERS' ORGANISATION Posbus 132, PERSEQUOR PARK, 0020 Quinton Brandstraat 2, Eulophia Corner (Eenheid 22), PERSEQUOR PARK, 0020 Tel : 012 349 1102 / 1103 Faks
Nadere informatiePRODUKHANDLEIDING VEERTIENDE UITGAWE. Wat die natuur kort - sal Voermol voorsien
PRODUKHANDLEIDING VEERTIENDE UITGAWE Die Volledige Melassegebaseerde Produktereeks Wat die natuur kort - sal Voermol voorsien 1 INHOUD VOERMOL VELDAANVULLINGS ENERGIE-AANVULLINGS Droogtekorrels Melassemeel
Nadere informatieINHOUDSOPGAWE. BLADSY Sernick Soutfos. 19 Sernick P Sernick Somerlek 10% 21 Sernick Somerlek 12 + P. 22 Sernick Produksie Lek 20%
PRODUKHANDLEIDING VLEISBEESTE Sernick Fase C meel / korrels Sernick Fase C H.P.K. Beesafrond meel (sonder hooi) Volledige Beesafrond Beesvetmeskonsentraat Sernick Vetmix 85 SKAPE Ram, Lam en Ooi korrels
Nadere informatieANDRIES VAN DER POLL KLIPDRIFT MALMESBURY
ANDRIES VAN DER POLL KLIPDRIFT MALMESBURY AGTERGROND Gebore 1972 in Vredendal. Word groot op Molsvlei, kommunale plaas in dorre Namakwaland. Verwerf Landbou Diploma op Kromme Rhee 1992. Eerste vaste werk
Nadere informatie2016 SACAI-WINTERSKOOL LANDBOU- WETENSKAPPE NOTAS
2016 SACAI-WINTERSKOOL LANDBOU- WETENSKAPPE NOTAS 1 Voeding en Voere : Berekenings Koëffisiënt van verteerbaarheid ; Dit is n maatstaf van die verteerbaarheid van die droë voer en word uitgedruk in n persentasie
Nadere informatieGedrag en lamvrektes
Gedrag en lamvrektes Al word n hoë vlak van bestuur en voeding toegepas, kom n sekere persentasie lamvrektes nog steeds voor (Alexander, 1984). Lamoorlewing is grootliks afhanklik van n eksklusiewe band
Nadere informatieINHOUDSOPGAWE VOORWOORD. Christo Faasen BESTURENDE DIREKTEUR UREUM VERGIFTIGING GIDS - BLADSY 43
PRODUK HANDLEIDING INHOUDSOPGAWE VLEISBEESTE BLADSY Sernick Fase C meel / korrels 4 Sernick Fase C H.P.K. 5 Beesafrond meel (sonder hooi) 6 Volledige Beesafrond 7 Beesvetmeskonsentraat 8 Sernick Vetmix
Nadere informatieSomer. Winter. Behoefte. Fosfaat Voorsiening. Okt. Okt
Somer Winter Behoefte Fosfaat Voorsiening Okt Okt Die belangrikheid van Mikrominerale vir dieregesondheid Kleiner hoeveelhede in finale lek, maar word oral in die liggaam benut Essensiële spoorminerale:
Nadere informatieWYSE WAAROP OOILAMMERS UITGROEI, BEPAAL HULLE LEEFTYDREPRODUKSIE- EN -PRODUKSIEPOTENSIAAL
WYSE WAAROP OOILAMMERS UITGROEI, BEPAAL HULLE LEEFTYDREPRODUKSIE- EN -PRODUKSIEPOTENSIAAL Dr. Jasper Coetzee Pr.Sci.Nat. (Anim.Sci.) Ph.D. (Agric.) Stell. Professionele Veekundige (400328/83); Skaapvoeding-
Nadere informatieLes 14: Entrepreneurskap
Les 14: Entrepreneurskap Aktiwiteit Beantwoord die volgende vrae deur die regte kolom te merk Altyd Gereeld Soms Nooit A Dryfkrag en motivering 1. Ek is nie seker wat ek van die lewe dink nie. 0 1 2 3
Nadere informatieGROENVOER HEELJAAR OOR VOER-BOER WAT KAN VOER-BOER DOEN VIR JOU
GROENVOER HEELJAAR OOR VOER-BOER Voerboer is n maklik, tog goedkoop oplossing teen duur voerpryse van vandag. Droё saad word gespruit binne 6 dae en word omskep in n Hoё- Proteïen en Uitmuntende Voedsame
Nadere informatieMaak die meeste van jou marges
Maak die meeste van jou marges Artikel deur Izak Hofmeyr in die Dairymail Mielies is al vir baie jare die hoofkomponent in melkkoeirantsoene en soos kuddegroottes toeneem, is al minder boere in staat om
Nadere informatieWINSGEWENDE KLEINVEEVOEDINGSBESTUUR IN DIE PRAKTYK INLEIDING: AANVULLENDE VOEDING
WINSGEWENDE KLEINVEEVOEDINGSBESTUUR IN DIE PRAKTYK INLEIDING: AANVULLENDE VOEDING Die doel van aanvullende voeding is om die dier se dieet te balanseer sodat sy prestasie verbeter. Dit moet ook weidingsinname
Nadere informatieKAN SUID-AFRIKA SE GRAANBOERE OORSEE MEEDING? DEUR DR PHILIP THEUNISSEN COMPUTUS BESTUURSBURO
- 1 - KAN SUID-AFRIKA SE GRAANBOERE OORSEE MEEDING? DEUR DR PHILIP THEUNISSEN COMPUTUS BESTUURSBURO Graanbedrywe in Suid-Afrika se winsgewendheid is tans onder groot druk. Die twee grootste graanoeste,
Nadere informatieLes Plan Twee. Habitats
Les Plan Twee Habitats KRITIEKE UITKOMSTE KU #1: Identifiseer en los probleme op op 'n manier wat getuig daarvan dat kritieke en vindingryke denke gebruik is om verantwoordelike besluite te neem. KU #7:
Nadere informatieFAKTORE EN VEELVOUDE
FAKTORE EN VEELVOUDE Ons gaan nou na n paar stukkies teorie kyk in verband met Natuurlike- en Telgetalle. Voltooi: 3 X 1 = 3 X 2 = 3 X 3 = 3 X 4 = 3 X 5 = Ons sê dus dat 3, 6, 9, 12 en 15 VEELVOUDE is
Nadere informatie1. Gee TWEE voorbeelde van elk:
1. Gee TWEE voorbeelde van elk: a) Bevolking se insette. Geboortes Immigrante b) Bevolking se deursette. Natuurlike verandering Migrasie c) Bevolking se uitsette. Sterftes Emigrante 2. Wat is natuurlike
Nadere informatieBENUT KOGGELRAMEFFEK TOT VOORDEEL
BENUT KOGGELRAMEFFEK TOT VOORDEEL Dr. Jasper Coetzee, Voermol Voere (Tel no.: 021-8879559; 0833 86 83 82; jasperco@iafrica.com) Indien die koggelrameffek korrek benut word, kan dit n belangrike rol speel
Nadere informatieHoofstuk 5: Ekonomiese sektore
Hoofstuk 5: Ekonomiese e 1 Drie Ekonomiese e Die drie ekonomiese e verwys na die verskillende stadia waardeur produkte gaan van: die ontginning van die grondstof (primêre ) na die vervaardigingsproses
Nadere informatieLewensoriëntering Vraestel 12 Graad 6 Totaal: 35
Lewensoriëntering Vraestel 12 Graad 6 Totaal: 35 Vraag 1 GROEPSDRUK Vul die ontbrekende woorde in. 1. Hierdie scenario is n voorbeeld van en groepsdruk vind hoofsaaklik plaas tussen mense van dieselfde
Nadere informatieBriewe, posseëls en elektroniese pos
moet oor die skepping heers en dit onderwerp (Gen. 1: 28). Die mens ontvang van God die opdrag om die moontlikhede van die skepping te ontgin. Daarom moet ons die skepping probeer verstaan en dit bestuur.
Nadere informatieDIE ROL VAN LANDBOU IN DIE EKONOMIE DEUR DR PHILIP THEUNISSEN COMPUTUS BESTUURSBURO
- 1 - DIE ROL VAN LANDBOU IN DIE EKONOMIE DEUR DR PHILIP THEUNISSEN COMPUTUS BESTUURSBURO n Land se ekonomie bestaan uit drie vlakke. Die primêre sektor moet die natuurlike hulpbronne ontgin en die roumateriaal
Nadere informatieHandleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur
Handleiding 11 Belangegroepbestuur 1 11.1 INLEIDING Die kerk het n hele paar belangegroepe wat in ag geneem word, wor, en waarmee daar gereeld gekommunikeer moet word. Die kommunikasie met elk van hierdie
Nadere informatieHoë potensiaal skaapras sonder grense
FOKUS OP DIE S. A. VLEISMERINO Hoë potensiaal skaapras sonder grense Die Suid Afrikaanse Vleismerino het sy oorsprong uit Duitsland in 1932. Oor die afgelope 80 jaar het die ras n reuse omwenteling veroorsaak
Nadere informatieSKOOL Eksamen - Gr 7 - EBW 3 Desember 2010
SKOOL Eksamen - Gr 7 - EBW 3 Desember 2010 Les 12, 13, 14 & 16 Tyd: 120 min Totaal: 100 NAAM: Instruksies: 1. Vul eerstens jou naam en van op die vraestel in. 2. Lees jou vrae noukeurig voordat jy antwoord.
Nadere informatieMet goeie rambestuur kan elke ram die maksimum aantal lammers. Bestuur ramme vir meer lammers
April 2013 24 Bestuur ramme vir meer lammers Produksie en skeer Ramme verteenwoordig n groot kapitale uitleg in elke kudde. Die optimale benutting van ramme beteken dus ook die grootste opbrengs op daardie
Nadere informatieVLEISINVOERE VANAF NAMIBIË GERHARD SCHUTTE OOS-KAAP RPO JAARVERGADERING 20 MEI 2015
VLEISINVOERE VANAF NAMIBIË GERHARD SCHUTTE OOS-KAAP RPO JAARVERGADERING 20 MEI 2015 1 FUNKSIES ONDER PRODUKSIE-ONTWIKKELING INVOER - MONITERING 2 FUNKSIES ONDER PRODUKSIE-ONTWIKKELING INVOER - MONITERING
Nadere informatieVlotheid en intonasie
Vlotheid en intonasie Marlene van der Berg 5/20/2012 2 Vlotheid Die gebrek aan vaardigheid in swak lesers is bewys deur hul stadige, hakkelrige en inkonsekwente tempo, swak frasering; en onvoldoende intonasie
Nadere informatieGeagte graad 9-Ouer/Voog en leerder VAKKEUSES VIR VOO-FASE
Geagte graad 9-Ouer/Voog en leerder VAKKEUSES VIR VOO-FASE Die graad 9-leerders moet op 22 September 2017 hul finale vakkeuse vir hul VOO-fase (Verdere Onderrig en Opleiding) in hul hoërskoolloopbaan maak.
Nadere informatieIngevolge artikel 185 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 55 van 1995, het elke werknemer die reg om nie onbillik ontslaan te word nie.
Beëindiging van ʼn vastetermyndienskontrak 1 Uit FEDSAS se omgewingsontleding van ledeskole blyk dat 28% van opvoeders en 52% van nie-opvoeders deur die beheerliggaam aangestel word. ʼn Groot persentasie
Nadere informatieGRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12
GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS HUISTAAL V3 NOVEMBER 2011 PUNTE: 100 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 7 bladsye. Afrikaans Huistaal/V3 2 INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie
Nadere informatieSentraalbeplande stelsel
Hoofstuk 1: Ekonomiese stelsels 1 Definisie van die konsep Ekonomiese stelsel: n Ekonomiese stelsel kan beskryf word as die manier waarop besluite geneem word oor: Hoe produksiefaktore / hulpbronne (kapitaal,
Nadere informatieWENKE VIR SKEERSELVOORBEREIDING OM DIE MEESTE EKONOMIESE VOORDEEL TE TREK AJ Aucamp, JL Venter, Jakes Muller (CWSA)
WENKE VIR SKEERSELVOORBEREIDING OM DIE MEESTE EKONOMIESE VOORDEEL TE TREK AJ Aucamp, JL Venter, Jakes Muller (CWSA) Inleiding Behoorlike en doeltreffende wolklassering is die eerste en waarskynlik die
Nadere informatieKom ons kyk nou gou net na die getalle van nul to by 999 en selfs groter, as n hersiening van plekwaardes. Bewerkings met telgetalle
Van die vroegste tye wat mense kon praat en nodig gehad het om te kan tel, het hulle Natuurlike Getalle gebruik. Dit maak sin, want hulle kon 3 rotse of 5 koeie sien maar hulle het geen begrip gehad vir
Nadere informatieLes 7: Uitdagings vir die Suid-Afrikaanse ekonomie
Les 7: Uitdagings vir die Suid-Afrikaanse ekonomie Lees die volgende stuk aandagtig deur en beantwoord die vrae: hierdie mense is woonagtig in ses lande naamlik China, Indië, die VSA, Indonesië, Brasilië
Nadere informatieWillem Burger, Departement van Landbou: Wes-Kaap, Landbou-Ekonoom, Program Ondersteuning van Landbouers, Eden Distrik, George
DIE EKONOMIE VAN LUSERN VERBOUING IN DIE KLEIN KAROO Willem Burger, Departement van Landbou: Wes-Kaap, Landbou-Ekonoom, Program Ondersteuning van Landbouers, Eden Distrik, George 1. INLEIDING Lusern produksie
Nadere informatieBELASTINGVRYE PLAN Kom ons kry Suid-Afrika aan die spaar.
DIE OLD MUTUAL INVEST BELASTINGVRYE PLAN Kom ons kry Suid-Afrika aan die spaar. BELASTINGVRYE PLAN Dink net hoeveel gemoedsrus n belegging jou kan gee wat jou toelaat om vir jou drome en doelwitte te
Nadere informatieNASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT (NSS) GRAAD 11 HALFJAAR EKSAMEN AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL DERDE VRAESTEL (NSC11-07) D C
AFRHIG311 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT (NSS) GRAAD 11 HALFJAAR EKSAMEN AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL DERDE VRAESTEL (NSC11-07) D10055667-7-C TYD: 14H00 16H30 TOTAAL: 100 PUNTE TYDSDUUR: 2½ UUR DATUM:
Nadere informatieMODULE 3: GEBOUE. Ja. Dit ís n huis. En hierdie is versekering. Eenvoudige, verstaanbare, duidelike versekering.
MODULE 3: GEBOUE Ja. Dit ís n huis. En hierdie is versekering. Eenvoudige, verstaanbare, duidelike versekering. 46 GEVALLESTUDIE AFDELING GEBOUE MODULE INLEIDING Die gevallestudie oor Afdeling Geboue spreek
Nadere informatieVOEDING EN SPYSKAARTBEPLANNING
VOEDING EN SPYSKAARTBEPLANNING Indien voedsel aan kleuters verskaf word, moet die daaglikse spyskaart vertoon word. Spyskaarte se samestelling moet voedsame maaltye aan die kinders verskaf. Voedselvoorbereiding
Nadere informatie4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30
4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30 Tema Die goeie Herder hou al sy skape veilig in sy hand. Agtergrond en interpretasie Kyk weer na Agtergrond en interpretasie by Ontmoeting 1, asook na die aantekenings
Nadere informatieGRAAD 6 NATUURWETENSKAPPE KWARTAAL 1. Tyd: 1 uur FORMELE ASSESSERING Totaal: 50 punte. Naam en Van Datum INSTRUKSIES VRAAG 1
GRAAD 6 NATUURWETENSKAPPE KWARTAAL 1 Tyd: 1 uur FORMELE ASSESSERING Totaal: 50 punte Naam en Van Datum INSTRUKSIES 1. Lees alle vrae deeglik deur voordat jy dit beantwood. 2. Alle vrae moet in n netjiese
Nadere informatieGemeenskaplike Vraestel GRAAD 10: AFRIKAANS HT VRAESTEL 3: STELWERK INSTRUKSIES EN INLIGTING. OOS-KAAP Onderwysdepartement UITENHAGE DISTRIK
INSTRUKSIES EN INLIGTING OOS-KAAP Onderwysdepartement UITENHAGE DISTRIK Gemeenskaplike Vraestel GRAAD 10: AFRIKAANS HT VRAESTEL 3: STELWERK JUNIE 2013 PUNTE: 100 TYD: 2 UUR Hierdie vraestel bestaan uit
Nadere informatieDie spons proses vir sinchronisasie van skape.
Die spons proses vir sinchronisasie van skape. Algemene inligting: Handdekking Met handdekking word spesifieke ooie met spesifieke ramme onder toesig gepaar. Ooie kan met behulp van sinchronisasie middels
Nadere informatieLes 11: Tegnologie in die sake-omgewing
Les 11: Tegnologie in die sake-omgewing Aktiwiteit Groot handelsbanke soos Absa, Standard Bank en Nedbank bied verskeie nuwe dienste aan hulle kliënte. Kliënte hoef nie meer soos in die verlede die bank
Nadere informatieSONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk
SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk Doel van les: Voordat ons kan leer van ons nuwe identiteit in Christus, moet ons eers stil staan by wat Christus vir ons kom doen het. Vandag gaan ons gesels
Nadere informatieVoorgrond- Agtergrond Voorgrond-agtergrond is die vermoë om voorwerpe op die voorgrond en agtergrond waar te neem en hulle sinvol te skei.
Voorgrond- Agtergrond Voorgrond-agtergrond is die vermoë om voorwerpe op die voorgrond en agtergrond waar te neem en hulle sinvol te skei. Voorgrond-Agtergrond Wat is voorgrond-agtergrond? Dit is die vermoë
Nadere informatieAntieke Egipte en die Nylrivier
Eenheid 2 Leergids 1 Antieke Egipte en die Nylrivier Doelwitte Leer wie die antieke egiptenare was. Leer wanneer en wanneer die antieke Egiptenare geleef het. Leer van tyd, kronologie en tydlyne. A. Basiese
Nadere informatieFoto-redigering vir sun.ac.za
Foto-redigering vir sun.ac.za Foto s is ʼn baie kragtige bemarkingsinstrument. Ons het oor die afgelope paar jaar nuusberigfoto s op ʼn sekere manier hanteer, maar dit is tyd vir vernuwing om die webwerf
Nadere informatieDIEREGESONDHEID GESONDHEIDSPLAN VIR SKAPE VIR VERBETERDE PRODUKSIE EN REPRODUKSIE
DIEREGESONDHEID GESONDHEIDSPLAN VIR SKAPE VIR VERBETERDE PRODUKSIE EN REPRODUKSIE Die lam gesondheidsplan... WAT IS DIE DOEL VAN LAM BESTUUR? Maksimale groei Swaar speenmassa GROTER WINS Gesonde lammers
Nadere informatiePlantstruktuur en Plant Voedsel
Plantstruktuur en Plant Voedsel Vraag 3: Kyk na die prentjies en beantwoord die vrae wat volg: Prentjie A Prentjie B Prentjie C 1. Prentjie A is n illustrasie van n plantsel soos gesien deur die lens van
Nadere informatieMAKSIMALISEER DIE OORLEWING VAN EMBRIO S EN FETUSSE DEUR DIE BEPERKING VAN DIE "VERDWYN- FAKTOR" MET BEHULP VAN PRESISIESKAAPBOERDERY
MAKSIMALISEER DIE OORLEWING VAN EMBRIO S EN FETUSSE DEUR DIE BEPERKING VAN DIE "VERDWYN- FAKTOR" MET BEHULP VAN PRESISIESKAAPBOERDERY Dr. Jasper Coetzee Pr.Sci.Nat. (Anim.Sci.) Ph.D. (Agric.) Stellenbosch
Nadere informatieSPEEN EN UIER NAVORSING MET BOERBOKKE (deur Jack en Anita Mauldin)
SPEEN EN UIER NAVORSING MET BOERBOKKE (deur Jack en Anita Mauldin) Ons het besluit om ʼn projek aan te pak om die feite en geskiedenis van die studie van spene en uier strukture te ontleed en te dokumenteer
Nadere informatieAGRI-TREAT. n Revolusionêre water ontsmettingsmiddel vir drupperlyne en alle verwante besproeiingstoerusting in die landboubedryf.
INLEIDING Water speel n al hoe belangriker rol in die boerdery vandag. Water en minerale regte behoort vandag aan die staat. Waterbronne raak al minder beskikbaar vir die boere omdat al hoe meer water
Nadere informatieWatter koek se dele lyk vir jou die grootste? Dis Reg! Die koek wat in 3 dele gesny is se dele is groter as die koek wat in 4 dele gesny is.
Hoe om breuke met mekaar te vergelyk Jou ma het sjokoladekoeke gebak. Sy het een in gelyke dele verdeel en die ander in gelyke dele. Jy wil graag die grootste stuk koek hê, maar weet nou nie van watter
Nadere informatieVraag: Vanoggend gehoor van blouoorvarksiekte oor die radio. Kan jy ons meer inligting oor die siekte gee?
Blou-oorsiekte by varke Deur dr. FAFFA MALAN en dr. ANDREW TUCKER Vraag: Vanoggend gehoor van blouoorvarksiekte oor die radio. Kan jy ons meer inligting oor die siekte gee? Antwoord: Huidiglik is daar
Nadere informatieNUUSBRIEF: JANUARIE 2014
NUUSBRIEF: JANUARIE 2014 'n Stukkie goeie nuus wat ons pas ontvang het is dat die Minister van Arbeid haar belofte nagekom het en nie weer n algemene hersiening van die minimum loon vir plaaswerkers gedoen
Nadere informatieRisikoprofielsamestelling op SanPort ipad- app
Risikoprofielsamestelling op SanPort ipad- app RISIKOPROFIELSAMESTELLING KAN NOU OP DIE SANPORT IPAD- APP GEDOEN WORD. DIS BESKIKBAAR VIR ALLE SANLAM- TUSSENGANGERS MET IPADS. Die nuwe risikoprofielsamestelling
Nadere informatieToepassing van doeltreffende paring-stelsels verseker hoë lampersentasie
Toepassing van doeltreffende paring-stelsels verseker hoë lampersentasie Verskeie paringstelsels kan vir skape oorweeg word, naamlik kudde- of massaparing; groep-paring; handdekking; kunsmatige inseminasie;
Nadere informatieBELEID TEN OPSIGTE VAN OOV UITGAWES
LAERSKOOL DE TYGER BELEID TEN OPSIGTE VAN OOV UITGAWES INHOUD 1. Omvang van die beleid 2. Begroting vir uitgawes 3. Goedkeuring van uitgawes 4. Reëls rondom spesifieke uitgawes 5. Oorgangsmaatreëls 6.
Nadere informatieKLASTOETS GRAAD 11. LEWENSWETENSKAPPE: HOOFSTUK 12 Toets 6: Die mens se invloed op die omgewing
KLASTOETS GRAAD 11 LEWENSWETENSKAPPE: HOOFSTUK 12 Toets 6: Die mens se invloed op die omgewing PUNTE: 50 TYD: 1 uur INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Beantwoord AL die vrae. 2. Nommer die antwoorde korrek volgens
Nadere informatieqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyui opasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfgh jklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvb nmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwer
qwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyui opasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopasdfgh jklzxcvbnmqwertyuiopasdfghjklzxcvb Leesbegrip nmqwertyuiopasdfghjklzxcvbnmqwer Dieretuine/Hannes en die koek/zak bak koekies tyuiopasdfghjklzxcvbnmqwertyuiopas
Nadere informatieKINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk
KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk Doel van les: Voordat ons kan leer van ons nuwe identiteit in Christus, moet ons eers stil staan by wat Jesus vir ons kom doen het en dat ons die nuwe mens
Nadere informatieStatistieke met een oogopslag
Verkoophulpmiddel Februarie 2017 Sanlam Risikodekking Kankervoordele Statistieke met een oogopslag Die las van kanker wêreldwyd Kanker is wêreldwyd een van die grootste oorsake van dood*. In 2012 was daar
Nadere informatieGroepsdruk kan sowel negatief as positief wees. Goeie maats is dié wat n positiewe invloed op jou gedrag het
Die Elander Lente 2014 page 1 JONGMENSE Groepsdruk Groepsdruk is die manipulasie deur ander mense, veral jou maats, om jou iets te laat doen wat jy self nie noodwendig wil doen nie. Soms is die groepsdruk
Nadere informatieToets: Tegnologie en die Ontwerpproses
1 Afdeling A: Lees die vrae hieronder en omkring die regte opsie(s): 1. Watter van die volgende stellings is nie waar nie? (1) a) n Voordeel van tegnologie is dat diens gewoonlik verbeter word. b) n Voorbeeld
Nadere informatieRESPECT 4 U. L e s 1. Jou vermoëns en sommige van jou verwagtinge en drome indentifiseer
WIE KIES EK OM TE WEES? WAT KIES EK OM TE WEES RESPECT 4 U Gedurende hierdie les sal jy: Leer oor die RESPEK vir jouself program en jou ontmoet onderwyser ontmoet Maniere identifiseer om RESPEK te wys
Nadere informatieDie intrige rondom Hanna kan in die volgende punte saamgevat word:
Die intrige in n verhaal is die plan waarvolgens n verhaal ontwikkel en word ook die raamwerk van gebeure genoem. Die raamwerk dui op die organisasie van die gebeure in die verhaal en saak en gevolg speel
Nadere informatie46 En wat noem julle My: Here, Here! en doen nie wat Ek sê nie?
1 Rm. 12:2 2 En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is. Ek
Nadere informatieOpskrif: Lekaanvulling in die winter en die kafeteriastelsel
Opskrif: Lekaanvulling in die winter en die kafeteriastelsel Vraag een op Landbouforum: My beeste (veral koeie met klein kalfies) is nie in 'n goeie toestand nie. Ek wil hulle aanvullende lek gee sodat
Nadere informatieWelkom by Die Storie God se storie
Welkom by Die Storie God se storie Hierdie boek vertel die belangrikste, aangrypendste storie ooit: die storie van n ware God wat lief is vir sy kinders, wat gesorg het dat hulle gered is, en wat vir hulle
Nadere informatie6 Strukture. Vrae. 1. Noem drie belangrike dinge wat strukture vir ons kan doen. 2. Watter twee soorte strukture kry ons?
6 Strukture Vrae 1. Noem drie belangrike dinge wat strukture vir ons kan doen. 2. Watter twee soorte strukture kry ons? 3. Plak of teken prente van die verskillende soorte strukture. Raamstrukture 24 Dopstrukture
Nadere informatieDoel. Agtergrond. Bid dat... Begroting... R1,2 miljoen sal dit moontlik maak dat daar in 2011 met hierdie projek voortgegaan kan word.
Bybels vir ons buurlande Afrikaanse Bybelvertalingsprojek Om Bybelgenootskappe in Botswana, Lesotho, Namibië en Swaziland te help met hul taak om Bybels te versprei. Georganiseerde Bybelwerk in hierdie
Nadere informatieWeeklikse Marksiening 16 April 2012
Weeklikse Marksiening 16 April 2012 Mielies Oorsig van verlede week VSA Pryse in die VSA daal 4% vir die week. Na pryse Maandag geval het a.g.v. die USDA se vraag en aanbod syfers, het pryse doelloos rondgehang
Nadere informatieMENTAL MATHS IN DIE KLASKAMER
MENTAL MATHS IN DIE KLASKAMER HOEKOM MENTAL MATHS? Ons wil hê dat ons leerders gemaklik met getalle kan speel. Hy moet weet waar n getal lê. Hy moet n klomp somme met die getal kan maak. Mental Maths bou
Nadere informatie