78 THE DAIRY MAIL MAY Voer elke koei volgens haar individuele produksiestatus en kondisie.

Save this PDF as:
 WORD  PNG  TXT  JPG

Maat: px
Weergave met pagina beginnen:

Download "78 THE DAIRY MAIL MAY Voer elke koei volgens haar individuele produksiestatus en kondisie."

Transcriptie

1 78 THE DAIRY MAIL MAY 2012 Voer elke koei volgens haar individuele produksiestatus en kondisie.

2 TEGNOLOGIE Super stelsels vir megakuddes deur Johan Heunis Hedendaagse elektroniese bestuurstelsels maak dit moontlik vir boere om kuddes van duisende koeie doeltreffend te bestuur wat hul gesondheid, reproduksie, voeding, melkproduksie en algemene gesondheidsbestuur betref. Hierdie tegnologie verg natuurlik die aanskaf van interaktiewe toerusting soos rekenaarhardeware en -programme, elektronies-beheerde meet- en weegtoerusting, outomatiese afkeerhekke en identifi seringstoerusting. Die aanvanklike uitgawes is duur, maar die belegging is beslis die geld werd wanneer die waarde van meer doeltreffende bestuur oor n lang termyn bereken word. Tipiese toerusting Die koei moet eerstens geïdentifi seer kan word en hiervoor is n elektroniese identifi - kasieskyfi e nodig. Dit kan om haar agterpoot, om die nek of aan die ore vas wees. Daar is twee soorte ID-skyfi es: een wat net die koei identifi seer ( n passiewe skyfi e) en die tipe wat ook aandui hoe aktief die koei in die tyd tussen nou en die vorige melking was. Laasgenoemde is n aktiewe ID-skyf wat onder andere gebruik word om aan te dui wanneer die koei op hitte is. Elektroniese skandeerders word dan in die stal aangebring om koeie op strategiese plekke te identifi seer. Elektroniese melkmeters kan nogal verskil in toepassing sommige meet die gewig van die melk terwyl ander die volume meet. Die meeste meters kan ook die elektriese geleidingsvermoë van die melk bepaal, wat gebruik word om koeie met mastitis te identifi seer. Outomatiese afhalers word ook gebruik om die kloustukke af te haal wanneer die koei klaar gemelk is. n Oorloopskaal waarmee die koeie na elke melking geweeg word maak gewoonlik deel uit van n volledige bestuurstelsel. Elektronies-beheerde outomatiese uitkeerhekke word gewoonlik saam met die oorloopskaal geïnstalleer. Outomatiese voerders waarmee veskillende voere in verskillende kombinasies aan individuele koeie gevoer kan word, is ook n opsie vir die meer noukeurige bestuur van koeie. Van dié stelsels kan ook vloeistowwe saam met die voer toedien, soos polipropileen-glikol vir die behandeling van ketose. THE DAIRY MAIL MAY

3 TECHNOLOGY TEGNOLOGIE n Verdere uitbreiding tot hierdie toerusting is stelsels wat die melkgehalte en melkvastestowwe van elke koei met elke melking bepaal en waardes vir bottervet, proteïen en somatieseseltelling (SST) aandui. Hittewaarneming Sommige aktiwiteitsmeters bepaal die gemiddelde aantal treë wat die koei per uur gee terwyl ander modelle die koei se beweging meet. Koeie wat heelwat meer aktief as die res van die kudde is, is moontlik op hitte. Deur navorsing en waarneming op individuele plase word die persentasie bepaal hoeveel n koei van die res van haar groep moet verskil voordat die stelsel haar sal uitwys as op hitte. Hierdie syfer word individueel vir elke plaas bepaal en spesifi eke parameters word gebruik by volvoer- en weidingstelsels waar die afstand wat die koeie loop aansienlik verskil. Hittewaarneming is relatief akkuraat met behulp van n aktiwiteitsmeter. Beter gesondheid Elektroniese bestuurstelsels kan die boer help om gesondheidsorg meer akkuraat te bestuur rakende aspekte soos gereguleerde inentings en mastitiswaarneming. Veral by inentings wat op verskillende stadiums van die laktasie toegedien moet word, kan die stelsel die regte koeie op die regte stadium vir die boer uitkeer. Die stelsel sal telkens spesifi ek uitwys waarom n koei uitgekeer word en die volle inentingsrekord van elke dier word outomaties bygehou. Mastitiswaarneming is aansienlik makliker met outomatiese monitering. Elke koei het n eiesoortige geleidingsvermoë in haar melk. Indien daar van haar norm afgewyk word met n toename in die geleidingsvermoë, het n koei moontlik mastitis. Hierdie koeie word dan uitgekeer, die uiers ondersoek en n CMT-toets (California Mastitis Test) op elkeen gedoen. Koeie wat positief toets vir mastitis kry dan die nodige behandeling. Daar is ook toerusting wat die SST in melk kan meet hierdie stelsels is egter nie so akkuraat soos laboratoriumtoetse nie, maar sal vir die boer wys watter koeie n hoë SST het. Produsente kan nie hierdie inligting vergelyk met die melkkoper se syfers wat in n laboratorium ontleed word nie. Met die voorkoms van mastitis is daar n groot verlies van melk en ook van liggaamsmassa. Deur n siek koei te identifi seer voordat sy kliniese mastitis het, word hierdie verliese tot die minimum beperk. Elke dag wys die stelsel koeie uit wat groot afwykings toon rakende melkproduksie, liggaamsmassa en aktiwiteit, wat moontlik aandui dat hierdie koeie besig is om siek te word. Die produsent kan dan na elk van hierdie koeie se produksiegrafi eke kyk en besluit watter koeie hy wil ondersoek en moontlik moet behandel. Só het koeie waar die melkproduksie na kalwing nie na verwagting klim nie moontlik ketose en wys die stelsel dit ook uit. Ondervinding het ook geleer dat hierdie koeie dikwels metritis het. Met hierdie stelsels word koeie behandel voordat hul sigbaar siek is. Die gevolg is n beperking op verliese aan produksie en kondisie. Die outomatiese identifi sering van siektes en mastitis op n vroeë stadium het groot besparings tot gevolg wat die koste van n elektroniese bestuurstel- THE DAIRY MAIL MAY

4 sel absoluut die belegging werd maak. Die bestuur van melkonttrekking is nog n handige voordeel. Die stelsel sal nie koeie melk wat met antibiotika behandel is nie. Indien só n koei in die melkkudde beland, sal die stelsel outomaties vir die melker aandui dat die koei met antibiotika behandel is en dat sy apart gemelk moet word. Die daaglikse outomatiese inweeg van koeie help om hulle welstand te monitor. Die elektroniese stelsel dui siek koeie, die nodige behandeling en melkonttrekkingstyd aan. Weeg en meet Wanneer honderde of selfs duisende koeie per dag gemelk word, is n outomatiese bestuurstelsel byna onontbeerlik rakende die meet en weeg van koeie en verse se groeikurwe, gewig en liggaamskondisie. Die kondisie van koeie het n groot invloed op die produksie van koeie vroeg in laktasie en daarom ook op die melkproduksie. Koeie wat baie kondisie verloor het of dié wat in n negatiewe energiebalans is, raak moeilik beset. Indien die probleem gou aangedui word, kan die nodige behandeling of voedingsaanpassing ingespan word. Verder verskil koeie baie in hul effektiwiteit om voer te benut. Op dieselfde rantsoen sal een koei toeneem in kondisie, terwyl n ander koei kondisie verloor. Dit is noodsaaklik dat koeie se kondisie op n individuele basis bestuur word en n elektroniese bestuurstelsel maak dit nie net moontlik nie, maar ook maklik. Komponente en koste Die komponente en die geraamde koste van n basiese elektroniese bestuurstelsel (tabel 1) met passiewe ID-skyfi es vir n plaas met koeie en n 60-punt draaitafel lyk tipies só: n Meer gesofi stikeerde stelsel (tabel 2) met aktiewe ID-skyfi es is sowat R100 per koei duurder, maar vergemaklik bestuur aansienlik. n Verdere koste wat nog kan bykom is die meters wat bottervet, proteïene en SST aandui. Die bykomende koste is R en sal die kostes per koei met R170 per koei verhoog. Individuele voer Individuele konsentraatvoeding volgens elke koei se behoefte is met outomatiese bestuurstelsels moontlik en die voordele is aansienlik vir beide die kudde en die boer se sak. Met hierdie stelsels word voerkomponente soos energie, proteïene en minerale individueel gevoer en elke koei kry haar eie kombinasie op grond van haar melkproduksie, stadium van laktasie, kondisie en liggaamsmassa. By stelsels wat bottervet en proteïene meet, word die koei se rantsoen ook aangepas volgens die vlak van vaste stowwe in die melk. 82 THE DAIRY MAIL MAY 2012

5 TEGNOLOGIE Tabel 1: Basiese stelsel koeie, 60-punt draaitafel Waardevermindering oor 10 jaar 10% rente Totale koste per jaar per koei Melkmeters en kloustukafhalers R R R R Oorloopskaal R R R R Passiewe ID-skyfi es R R5 000 R5 000 R Totaal R R R R R250 Tabel 2: Stelsel met aktiewe ID-skyfies koeie, 60-punt draaitafel Waardevermindering oor 10 jaar 10% rente Totale koste per jaar per koei Melkmeters en kloustukafhalers R R R R Oorloopskaal R R R R Aktiewe ID-skyfi es R R R R Totaal R R R R R350 Die feit dat komponente apart gevoer word, gee aan boere die opsie om mielies en sekere proteïenbronne direk aan te koop, wat tot groot besparings op voerkoste lei. Die stelsel voer die regte kombinasie van al die komponente vir elke individuele koei volgens eersgenoemde faktore. Die voer wat die koei in die stal ontvang, word verder gebaseer op dit wat sy buite die stal ontvang (volvoer of weiding). Soos hierdie voer verander in gehalte en/of kwantiteit, word die voer in die melkstal daarby aangepas. Ontleding van voerbronne is dus belangrik. Dikwels word die hoog-produserende koei ondervoed, wat weer lei tot n verlies in kondisie. Dit het gewoonlik swak vrugbaarheid tot gevolg en sulke diere word dan uitgeskot weens n voerbestuursfout en nie gebrekkige vrugbaarheidseienskappe nie. Met outomatiese voerstelsels word die hoog-produserende koei volgens haar potensiaal gevoer en bestuur die stelsel ook haar kondisie met die regte voeding. Die teendeel is ook waar en koeie met n lae potensiaal word dikwels oorvoer, wat die winspeil van hierdie diere verlaag. Omdat die stelsel buiten gewig en melk ook rekord hou van alle voer wat die koei ontvang, is dit maklik om die winsgewendheid van elke koei per kilogram liggaamsmassa te bereken. Koeie met die laagste wins kan dan uitgeskot word om oor tyd die winsgewendheid van die kudde te verhoog. Johan Heunis is n landboukonsultant in die Oos-Kaap. Vir meer inligting oor hierdie artikel, skakel hom by TDM THE DAIRY MAIL MAY

DIE VOEDING VAN VERVANGINGSVERSE, DROË KOEIE EN BULKALWERS

DIE VOEDING VAN VERVANGINGSVERSE, DROË KOEIE EN BULKALWERS DIE VOEDING VAN VERVANGINGSVERSE, DROË KOEIE EN BULKALWERS Ulrich Müller, VOERMOL VOERE Die suksesvolle grootmaak van vervangingsverse vorm n belangrike skakel in enige melkbeeskudde. Die doelwit van so

Nadere informatie

Les 14: Entrepreneurskap

Les 14: Entrepreneurskap Les 14: Entrepreneurskap Aktiwiteit Beantwoord die volgende vrae deur die regte kolom te merk Altyd Gereeld Soms Nooit A Dryfkrag en motivering 1. Ek is nie seker wat ek van die lewe dink nie. 0 1 2 3

Nadere informatie

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies?

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies? VERGELYK en RANGSKIK GETALLE Om vergelykings te tref tussen verskillende dinge is n vaardigheid waarmee ons almal gebore word. Dit begin vroeg-vroeg al wanneer ons verskillende tipes speelgoed met mekaar

Nadere informatie

KAN SUID-AFRIKA SE GRAANBOERE OORSEE MEEDING? DEUR DR PHILIP THEUNISSEN COMPUTUS BESTUURSBURO

KAN SUID-AFRIKA SE GRAANBOERE OORSEE MEEDING? DEUR DR PHILIP THEUNISSEN COMPUTUS BESTUURSBURO - 1 - KAN SUID-AFRIKA SE GRAANBOERE OORSEE MEEDING? DEUR DR PHILIP THEUNISSEN COMPUTUS BESTUURSBURO Graanbedrywe in Suid-Afrika se winsgewendheid is tans onder groot druk. Die twee grootste graanoeste,

Nadere informatie

Sentraalbeplande stelsel

Sentraalbeplande stelsel Hoofstuk 1: Ekonomiese stelsels 1 Definisie van die konsep Ekonomiese stelsel: n Ekonomiese stelsel kan beskryf word as die manier waarop besluite geneem word oor: Hoe produksiefaktore / hulpbronne (kapitaal,

Nadere informatie

FAKTORE EN VEELVOUDE

FAKTORE EN VEELVOUDE FAKTORE EN VEELVOUDE Ons gaan nou na n paar stukkies teorie kyk in verband met Natuurlike- en Telgetalle. Voltooi: 3 X 1 = 3 X 2 = 3 X 3 = 3 X 4 = 3 X 5 = Ons sê dus dat 3, 6, 9, 12 en 15 VEELVOUDE is

Nadere informatie

Belangrike voedingstappe vir die winter 2013

Belangrike voedingstappe vir die winter 2013 Belangrike voedingstappe vir die winter 2013 Belangrike beplanning by teelkunde 1. Kondisie Telling 2. Winter byvoeding 3. Vervangingsverse 4. Teelbulle 5. Inentings en parasietbeheer 6. Skape Kondisie

Nadere informatie

Antieke Egipte en die Nylrivier

Antieke Egipte en die Nylrivier Eenheid 2 Leergids 1 Antieke Egipte en die Nylrivier Doelwitte Leer wie die antieke egiptenare was. Leer wanneer en wanneer die antieke Egiptenare geleef het. Leer van tyd, kronologie en tydlyne. A. Basiese

Nadere informatie

Lewensoriëntering Vraestel 12 Graad 6 Totaal: 35

Lewensoriëntering Vraestel 12 Graad 6 Totaal: 35 Lewensoriëntering Vraestel 12 Graad 6 Totaal: 35 Vraag 1 GROEPSDRUK Vul die ontbrekende woorde in. 1. Hierdie scenario is n voorbeeld van en groepsdruk vind hoofsaaklik plaas tussen mense van dieselfde

Nadere informatie

NUUSBRIEF: JANUARIE 2014

NUUSBRIEF: JANUARIE 2014 NUUSBRIEF: JANUARIE 2014 'n Stukkie goeie nuus wat ons pas ontvang het is dat die Minister van Arbeid haar belofte nagekom het en nie weer n algemene hersiening van die minimum loon vir plaaswerkers gedoen

Nadere informatie

Algemene Grootboek. DIT IS BAIE BELANGRIK NOU OM TE WEET WATTER REKENINGE IS BATES, EIENAARSBELANG en LASTE.

Algemene Grootboek. DIT IS BAIE BELANGRIK NOU OM TE WEET WATTER REKENINGE IS BATES, EIENAARSBELANG en LASTE. Algemene Grootboek Skryf die eerste vier stappe van die Rekeningkundige siklus neer: 1. 2. 3. 4. So met ander woorde, 1. Eerstens moes daar n transaksie plaasvind, 2. dan moes die transaksie wat plaasgevind

Nadere informatie

Geboorte- en sterftesyfers is vername maatstawwe om bevolkings te beskryf. ie geboortesyfer dui die aantal geboortes per duisend mense per jaar aan.

Geboorte- en sterftesyfers is vername maatstawwe om bevolkings te beskryf. ie geboortesyfer dui die aantal geboortes per duisend mense per jaar aan. BEVOLKINGSTRUKTUUR Maatstawwe waarmee 'n bevolking beskryf word: Geboorte- en sterftesyfers is vername maatstawwe om bevolkings te beskryf. ie geboortesyfer dui die aantal geboortes per duisend mense per

Nadere informatie

RESPECT 4 U. L e s 4. Populêre idees verduidelik oor wat ʼn man/seun of ʼn vrou/meisie is en hoe hierdie idees problematies kan wees

RESPECT 4 U. L e s 4. Populêre idees verduidelik oor wat ʼn man/seun of ʼn vrou/meisie is en hoe hierdie idees problematies kan wees L e s 4 Wat is geslag? Gedurende hierdie les sal jy: Populêre idees verduidelik oor wat ʼn man/seun of ʼn vrou/meisie is en hoe hierdie idees problematies kan wees Die verskil tussen seks as n biologiese

Nadere informatie

TAAK 3: BEVOLKINGSTRUKTUUR (BL )

TAAK 3: BEVOLKINGSTRUKTUUR (BL ) Monaco Mongolië TAAK 3: BEVOLKINGSTRUKTUUR (BL.158-164) VRAAG 1: WAT DUI DIE GEBOORTESYFER EN STERFTESYFER VAN N LAND VIR ONS AAN? Die geboortesyfer dui die aantal geboortes per 1000 mense per jaar aan.

Nadere informatie

Vlotheid en intonasie

Vlotheid en intonasie Vlotheid en intonasie Marlene van der Berg 5/20/2012 2 Vlotheid Die gebrek aan vaardigheid in swak lesers is bewys deur hul stadige, hakkelrige en inkonsekwente tempo, swak frasering; en onvoldoende intonasie

Nadere informatie

Die historiese Jesus. Vertrekpunt

Die historiese Jesus. Vertrekpunt Die eerste e oorsprong o van hierdie e soeke e kom uit die mens se strewe om Jesus so konsekwent moontlik te volg (dus positief), maar... Reimarus (1694-1768) loods die eerste soektog na die historiese

Nadere informatie

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE: VRUGTE VAN DIE GEES VRAE: GEDULD: (Patience) 1. Wat is geduld? 2. Wat is van die goed waarvoor jy geduldig moet wees? 3. Is dit moeilik vir jou om geduldig te wees? 4. Hoe kan jy geduld wys? SELFBEHEERSING:

Nadere informatie

Toets: Tegnologie en die Ontwerpproses

Toets: Tegnologie en die Ontwerpproses 1 Afdeling A: Lees die vrae hieronder en omkring die regte opsie(s): 1. Watter van die volgende stellings is nie waar nie? (1) a) n Voordeel van tegnologie is dat diens gewoonlik verbeter word. b) n Voorbeeld

Nadere informatie

Ontwikkeling van die luistersiklus. n Hulpmiddel

Ontwikkeling van die luistersiklus. n Hulpmiddel Ontwikkeling van die luistersiklus n Hulpmiddel 3 4 Basiese gebruik 5 Vir gemeentes Vir groepe Die luistersiklus gee struktuur aan ons gesprek: Dit is n handvatsel om aan vas te hou. 6. Vir gesprekke met

Nadere informatie

Inleiding Tot Die Jagluiperd

Inleiding Tot Die Jagluiperd Les Plan Een Inleiding Tot Die Jagluiperd KRITIEKE UITKOMSTE KU #1: KU #2: KU #3: Identifiseer en los probleme op en maak besluite deur van kritieke en vindingryke denke gebruik te maak. Werk effektief

Nadere informatie

Afdeling A: Ekonomiese stelsels

Afdeling A: Ekonomiese stelsels Ekonomiese- en Bestuurswetenskappe Vraestel 13 Graad 8 Totaal: 65 Ekonomiese stelsels Ekonomiese probleme Invoere/Uitvoere Afdeling A: Ekonomiese stelsels 1. Wat is 'n ekonomiese stelsel? (4) 2. Verduidelik

Nadere informatie

diere (Gen. 1: 26). Dit beteken ook dat ons hulle sal bewonder en bewaar.

diere (Gen. 1: 26). Dit beteken ook dat ons hulle sal bewonder en bewaar. Voëls Week 28 29 diere (Gen. 1: 26). Dit beteken ook dat ons hulle sal bewonder en bewaar. Voëls in die Bybel Ons lees dikwels van voëls in die Bybel, byvoorbeeld in Genesis 8: 7 en 8, waar ver genoeg

Nadere informatie

Briewe, posseëls en elektroniese pos

Briewe, posseëls en elektroniese pos moet oor die skepping heers en dit onderwerp (Gen. 1: 28). Die mens ontvang van God die opdrag om die moontlikhede van die skepping te ontgin. Daarom moet ons die skepping probeer verstaan en dit bestuur.

Nadere informatie

Humiditeit en relatiewe humiditeit

Humiditeit en relatiewe humiditeit HUMIDITEIT Taak 8. Humiditeit en relatiewe humiditeit Humiditeit beteken eenvoudig dat die lug waterdamp bevat. Die term wat die meeste gebruik word, is 'relatiewe humiditeit'. Relatiewe humiditeit is

Nadere informatie

Les Plan Twee. Habitats

Les Plan Twee. Habitats Les Plan Twee Habitats KRITIEKE UITKOMSTE KU #1: Identifiseer en los probleme op op 'n manier wat getuig daarvan dat kritieke en vindingryke denke gebruik is om verantwoordelike besluite te neem. KU #7:

Nadere informatie

Wiskundige Geletterdheid. Data Hantering. Opsomming van Data. Kwartiele

Wiskundige Geletterdheid. Data Hantering. Opsomming van Data. Kwartiele Wiskundige Geletterdheid Data Hantering Opsomming van Data Kwartiele Let wel: KAPV vereis slegs die interpretasie van kwartiele (houer-en-punt stippings). Ek sluit egter die teken van die houer-en-punt

Nadere informatie

KAN MIELIES WINSGEWEND GEPRODUSEER WORD? DEUR DR PHILIP THEUNISSEN COMPUTUS BESTUURSBURO

KAN MIELIES WINSGEWEND GEPRODUSEER WORD? DEUR DR PHILIP THEUNISSEN COMPUTUS BESTUURSBURO KAN MIELIES WINSGEWEND GEPRODUSEER WORD? DEUR DR PHILIP THEUNISSEN COMPUTUS BESTUURSBURO Die afgelope mielieseisoen (2004/05) was nie n goeie een vir mielieboere nie. Ten spyte van n rekord-oes (12,1 miljoen

Nadere informatie

Hoofstuk 11- Desibelstelsel

Hoofstuk 11- Desibelstelsel Hoofstuk 11- Desibelstelsel In amateurradio gebruik ons dikwels drywingsverhoudings. Byvoorbeeld: die wins van n versterker is die verhouding van sy uitsetkrag tot sy insetkrag. Hierdie verhouding kan

Nadere informatie

eboeke word ontwikkel en gratis verskaf deur die

eboeke word ontwikkel en gratis verskaf deur die Ons praat baie van dinge wat in verhouding tot mekaar is, sonder om dit regtig agter te kom! As jy byvoorbeeld sê dat jy twee van die ses stukke van n pizza geëet het, het jy n verhouding beskryf: Die

Nadere informatie

Willem Burger, Departement van Landbou: Wes-Kaap, Landbou-Ekonoom, Program Ondersteuning van Landbouers, Eden Distrik, George

Willem Burger, Departement van Landbou: Wes-Kaap, Landbou-Ekonoom, Program Ondersteuning van Landbouers, Eden Distrik, George DIE EKONOMIE VAN LUSERN VERBOUING IN DIE KLEIN KAROO Willem Burger, Departement van Landbou: Wes-Kaap, Landbou-Ekonoom, Program Ondersteuning van Landbouers, Eden Distrik, George 1. INLEIDING Lusern produksie

Nadere informatie

RESPECT 4 U. L e s 1. Jou vermoëns en sommige van jou verwagtinge en drome indentifiseer

RESPECT 4 U. L e s 1. Jou vermoëns en sommige van jou verwagtinge en drome indentifiseer WIE KIES EK OM TE WEES? WAT KIES EK OM TE WEES RESPECT 4 U Gedurende hierdie les sal jy: Leer oor die RESPEK vir jouself program en jou ontmoet onderwyser ontmoet Maniere identifiseer om RESPEK te wys

Nadere informatie

(insluitende nie-dodelike en dodelike metodes) sal mettertyd help om veeverliese te verminder.

(insluitende nie-dodelike en dodelike metodes) sal mettertyd help om veeverliese te verminder. Daar is n dringende behoefte aan n gekoördineerde benadering tot roofdierbestuur in Suid-Afrika. Volgehoue gebruik van n kombinasie van die beste praktyke (insluitende nie-dodelike en dodelike metodes)

Nadere informatie

EBW GRAAD 7. Sê of die volgende stellings waar of onwaar is. (7)

EBW GRAAD 7. Sê of die volgende stellings waar of onwaar is. (7) EBW GRAAD 7 VRAAG 1 Sê of die volgende stellings waar of onwaar is. (7) 1.1 Die bestuur van ons alledaagse lewe het oneindig baie opsies waarvan ons moet kennis nee, 1.2 Net sekere behoeftes word deur

Nadere informatie

Jnr. Kategese 22 Januarie 2017 Visvang vir Jesus! Matteus 4: 12-23

Jnr. Kategese 22 Januarie 2017 Visvang vir Jesus! Matteus 4: 12-23 Benodighede: Visse op karton afgerol en uitgeknip Skuifspelde Stok met tou en magneet Jnr. Kategese 22 Januarie 2017 Visvang vir Jesus! Matteus 4: 12-23 Wenke: Lees die VERLOOP hier onder deur en maak

Nadere informatie

GRAAD 3 GESYFERDHEID VOORBEELDITEMS (AFRIKAANS) ONDERWYSERSGIDS

GRAAD 3 GESYFERDHEID VOORBEELDITEMS (AFRIKAANS) ONDERWYSERSGIDS 2011 GRAAD 3 GESYFERDHEID VOORBEELDITEMS (AFRIKAANS) ONDERWYSERSGIDS INSTRUKSIES AAN ONDERWYSERS 1. Daar is makliker en moeiliker items. 2. Die voorbeelditems is so saamgestel dat leerders hulself kan

Nadere informatie

Risikoprofielsamestelling op SanPort ipad- app

Risikoprofielsamestelling op SanPort ipad- app Risikoprofielsamestelling op SanPort ipad- app RISIKOPROFIELSAMESTELLING KAN NOU OP DIE SANPORT IPAD- APP GEDOEN WORD. DIS BESKIKBAAR VIR ALLE SANLAM- TUSSENGANGERS MET IPADS. Die nuwe risikoprofielsamestelling

Nadere informatie

Evalueringsvorm: Is jou kind reg vir lees? Stel jou kind belang in lees en boeke? Ja / nee

Evalueringsvorm: Is jou kind reg vir lees? Stel jou kind belang in lees en boeke? Ja / nee Kinderwerf.co.za leesprodukte (2014) Evalueringsvorm Meer inligting Gratis diftongkaart Evalueringsvorm: Is jou kind reg vir lees? Beantwoord die volgende vrae om te kyk of die leesmateriaal op julle van

Nadere informatie

MENTAL MATHS IN DIE KLASKAMER

MENTAL MATHS IN DIE KLASKAMER MENTAL MATHS IN DIE KLASKAMER HOEKOM MENTAL MATHS? Ons wil hê dat ons leerders gemaklik met getalle kan speel. Hy moet weet waar n getal lê. Hy moet n klomp somme met die getal kan maak. Mental Maths bou

Nadere informatie

Wiskunde Graad 4. November 2016

Wiskunde Graad 4. November 2016 1 Wiskunde Graad 4 November 2016 Vraag 1 Voltooi die volgende hoofreken vrae: 1.1 5746 200 = 5546 1.2 5 9 = 45 1.3 + = 1.4 250 + 350 = 600 1.5 546 0 = 546 1.6 700 10 = 70 1.7 1 = 1.8 30 7 = 210 1.9 14

Nadere informatie

Hoë potensiaal skaapras sonder grense

Hoë potensiaal skaapras sonder grense FOKUS OP DIE S. A. VLEISMERINO Hoë potensiaal skaapras sonder grense Die Suid Afrikaanse Vleismerino het sy oorsprong uit Duitsland in 1932. Oor die afgelope 80 jaar het die ras n reuse omwenteling veroorsaak

Nadere informatie

OpenStax-CNX module: m Om tyd te leer lees. Siyavula Uploaders

OpenStax-CNX module: m Om tyd te leer lees. Siyavula Uploaders OpenStax-CNX module: m31957 1 Om tyd te leer lees Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 WISKUNDE 2 Bonnie en Tommie

Nadere informatie

SA INKOMSTEVERDIENERS MET R MILJARD ONDERVERSEKER VIR DOOD EN ONGESKIKTHEID

SA INKOMSTEVERDIENERS MET R MILJARD ONDERVERSEKER VIR DOOD EN ONGESKIKTHEID Mediaverklaring Vereniging vir Spaar en Belegging in Suid-Afrika (ASISA) 1 November 2016 SA INKOMSTEVERDIENERS MET R28 800 MILJARD ONDERVERSEKER VIR DOOD EN ONGESKIKTHEID Die gesinne van Suid-Afrika se

Nadere informatie

RESPECT 4 U. L e s 1 5. Bespreek hoe om n behulpsame, ondersteunende vriend/vriendin te wees waar geweld is of mag plaas vind

RESPECT 4 U. L e s 1 5. Bespreek hoe om n behulpsame, ondersteunende vriend/vriendin te wees waar geweld is of mag plaas vind L e s 1 5 Verantwoordelikheid en hoe om Hulp te kry Gedurende hierdie les sal jy: Bespreek hoe om n behulpsame, ondersteunende vriend/vriendin te wees waar geweld is of mag plaas vind Erken wanneer die

Nadere informatie

OPSIES WANNEER UIT DIENS TREE BY JOU WERK UMBRELLA FUNDS

OPSIES WANNEER UIT DIENS TREE BY JOU WERK UMBRELLA FUNDS OPSIES WANNEER UIT DIENS TREE BY JOU WERK UMBRELLA FUNDS 1 ALEXANDER FORBES OPSIES WANNEER JY AFTREE OPSIES wanneer jy uit jou werk aftree OPSIE A OPSIE B STEL UIT Wil nie dadelik n inkomste begin ontvang

Nadere informatie

Credo Musiekteorie-opleidingsprogram GRAAD 1 Deur S. J. Cloete

Credo Musiekteorie-opleidingsprogram GRAAD 1 Deur S. J. Cloete - 8 - Credo Musiekteorie-opleidingsprogram GRAAD 1 Deur S. J. Cloete L.1 INHOUDSOPGAWE BLADSY 1. Notebalk... 8 2. Toonhoogte... 9 3. Sleuteltekens... 10 4. Lettername van lyne en spasies in die diskantsleutel...

Nadere informatie

Caledon en Bredasdorp Gesamentlike Studiegroep Resultate

Caledon en Bredasdorp Gesamentlike Studiegroep Resultate Caledon en Bredasdorp Gesamentlike Studiegroep Resultate EKONOMIE VAN SKAAL Rietpoel - 27 Februarie 2014 Caledon en Bredasdorp Gesamentlike Studiegroep Resultate Agtergrond Oorsig van Resultate Effek van

Nadere informatie

Credo Musiekteorie-opleidingsprogram VOORGRAAD 1 Deur S. J. Cloete INHOUDSOPGAWE

Credo Musiekteorie-opleidingsprogram VOORGRAAD 1 Deur S. J. Cloete INHOUDSOPGAWE - 90 - Credo Musiekteorie-opleidingsprogram VOORGRAAD 1 Deur S. J. Cloete T.T.v1 INHOUDSOPGAWE BLADSY 1. Toontrappe... 90 2. Tegniese name van toontrappe... 91 3. Solfanotasie...95 Nadat jy hierdie module

Nadere informatie

Hoofstuk 5: Ekonomiese sektore

Hoofstuk 5: Ekonomiese sektore Hoofstuk 5: Ekonomiese e 1 Drie Ekonomiese e Die drie ekonomiese e verwys na die verskillende stadia waardeur produkte gaan van: die ontginning van die grondstof (primêre ) na die vervaardigingsproses

Nadere informatie

Groepsdruk kan sowel negatief as positief wees. Goeie maats is dié wat n positiewe invloed op jou gedrag het

Groepsdruk kan sowel negatief as positief wees. Goeie maats is dié wat n positiewe invloed op jou gedrag het Die Elander Lente 2014 page 1 JONGMENSE Groepsdruk Groepsdruk is die manipulasie deur ander mense, veral jou maats, om jou iets te laat doen wat jy self nie noodwendig wil doen nie. Soms is die groepsdruk

Nadere informatie

n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2)

n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2) n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2) n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2) Jan van der Watt DEEL 2[1] DIE VERHALE VAN MATTEUS EN LUKAS Die verhaal van Jesus se geboorte (die kersverhaal)

Nadere informatie

WAT BETEKEN GESLAGSGELYKHEID BINNE N VERHOUDING?

WAT BETEKEN GESLAGSGELYKHEID BINNE N VERHOUDING? WAT BETEKEN GESLAGSGELYKHEID BINNE N VERHOUDING? GESLAGSGELYKHEID ALLE PERSONE MOET GELYK WEES VOOR DIE WET Die Namibiese Grondwet, Artikel 10 Wil jy n plakkaat hê? Kinders uit ons jeuggroep het plakkate

Nadere informatie

SKRIFLESING: Prediker 11. TEKS: Prediker 11:4, 6. Wie met God reken, gebruik sy/haar kanse. Psalm 149 : 1, 2. Psalm 126 : 3.

SKRIFLESING: Prediker 11. TEKS: Prediker 11:4, 6. Wie met God reken, gebruik sy/haar kanse. Psalm 149 : 1, 2. Psalm 126 : 3. SKRIFLESING: Prediker 11 TEKS: Prediker 11:4, 6 TEMA: Wie met God reken, gebruik sy/haar kanse Psalm 149 : 1, 2 Psalm 126 : 3 Psalm 128 : 1, 4 1 Is dit nog die moeite werd om dinge aan te pak in die kerk,

Nadere informatie

1. Die kliënt sê volgens sy makelaar is items waaraan hy n sentimentele waarde heg nie versekerbaar nie. Is dit korrek? JA/NEE

1. Die kliënt sê volgens sy makelaar is items waaraan hy n sentimentele waarde heg nie versekerbaar nie. Is dit korrek? JA/NEE 1 OPDRAG 1 Beantwoord die volgende kortvrae wat deur kliënte gevrae word. (Elke vraag tel slegs een punt) 1. Die kliënt sê volgens sy makelaar is items waaraan hy n sentimentele waarde heg nie versekerbaar

Nadere informatie

Natuurwetenskappe. 1.Noem alle materie wat bestaan uit klein deeltjies wat atome genoem word? (6) 2.Waaruit bestaan elemente? (6)

Natuurwetenskappe. 1.Noem alle materie wat bestaan uit klein deeltjies wat atome genoem word? (6) 2.Waaruit bestaan elemente? (6) Vraestel 1.Noem alle materie wat bestaan uit klein deeltjies wat atome genoem word? (6) 2.Waaruit bestaan elemente? (6) 3.Hoekom kan elemente nie op ʼn chemiese materie afgebreek word nie? (4) 4.Vul die

Nadere informatie

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

DIE VLEUELS VAN GEBED (9) DIE VLEUELS VAN GEBED (9) DIE VLEUELS VAN GEBED (9) Jan van der Watt Dankie Here! Dankie sê is om jou skuld te betaal. In die tyd van die Bybel was dankie sê iets anders as vandag. Vandag is dankie n woord

Nadere informatie

Paulus kritiseer sy tyd se manier

Paulus kritiseer sy tyd se manier . Datum: 25 Mei 2011 Oorspronklike artikel in Beeld. Kyk ook: - Vrouens en Hoede ********** Paulus kritiseer sy tyd se manier Paulus beveel nie die vroue om aan hul mans onderdanig te wees nie, hy kritiseer

Nadere informatie

Vraag 1: Wat is bevolkingsdigtheid? Bevolkinsdigtheid is die meting van hoeveel mense daar in n gebied is.

Vraag 1: Wat is bevolkingsdigtheid? Bevolkinsdigtheid is die meting van hoeveel mense daar in n gebied is. Vraag 1: Wat is bevolkingsdigtheid? Bevolkinsdigtheid is die meting van hoeveel mense daar in n gebied is. Vraag 2: Wanneer is dit n ylbevolkte plek? Ons sê plekke met slegs n paar mense in verhouding

Nadere informatie

INHOUDSOPGAWE. Voorwoord Doen God al die skuifwerk hier op aarde? God se genade bepaal sy planne God se meesterplan...

INHOUDSOPGAWE. Voorwoord Doen God al die skuifwerk hier op aarde? God se genade bepaal sy planne God se meesterplan... INHOUDSOPGAWE Voorwoord... 7 1. Doen God al die skuifwerk hier op aarde?... 9 2. God se genade bepaal sy planne... 12 3. God se meesterplan... 15 4. Die Bybel: God se kompas... 18 5. Doen God se wil...

Nadere informatie

Skoolgereed in 10 weke: Week 1

Skoolgereed in 10 weke: Week 1 Skoolgereed in 10 weke: Week 1 www.kinderwerf.co.za Vaardigheid 1: Kan jou kind al skoenveters vasmaak? Indien hy/sy nog sukkel, oefen dit met hierdie oulike skoenveter-rympie! Hasie-gaatjie om die draaitjie,

Nadere informatie

Vraag 1: Oordraagbare Siektes Pas kolom A by kolom B.

Vraag 1: Oordraagbare Siektes Pas kolom A by kolom B. CAPS Persoonlike- en Sosiale Welstand Vraestel 7 Graad 6 Tyd: 1 Uur Totaal: 55 Vraag 1: Oordraagbare Siektes Pas kolom A by kolom B. Kolom A 1.1 Oordraagbare siektes A 1.2 Voorkoming B Kolom B Stowwe wat

Nadere informatie

Algemene vrae - skenkers

Algemene vrae - skenkers ~ 1 ~ Algemene vrae - skenkers 1) Hoeveel embrio s sal my koei gee per spoeling? Hierdie vraag is onmoontlik om te antwoord. Ons rekord vir die meeste embrio s van n enkele spoeling was 65 graad 1 s van

Nadere informatie

MEMORANDUM KWARTAAL 1

MEMORANDUM KWARTAAL 1 MEMORANDUM KWARTAAL 1 WISKUNDIGE GELETTERDHEID Graad 12 KWARTAAL 1 TAAK 1: OPDRAG KOSTEBERAMING EN REISPLAN 40 Impak Onderwysdiens (Edms) Bpk 3 Impak Onderwysdiens (Edms) Bpk 4 WISKUNDIGE GELETTERDHEID

Nadere informatie

CAMI EDUCATION. Graad 12 Wiskunde Geletterdheid Vraestel II Rekord eksamen Punte

CAMI EDUCATION. Graad 12 Wiskunde Geletterdheid Vraestel II Rekord eksamen Punte CAMI EDUCATION Graad 12 Wiskunde Geletterdheid Vraestel II Rekord eksamen 2009 150 Punte CAMI Education (Pty) Ltd Reg. No. 1996/017609/07 CAMI House Fir Drive, Northcliff P.O. Box 1260 CRESTA, 2118 Tel:

Nadere informatie

AGRI-TREAT. n Revolusionêre water ontsmettingsmiddel vir drupperlyne en alle verwante besproeiingstoerusting in die landboubedryf.

AGRI-TREAT. n Revolusionêre water ontsmettingsmiddel vir drupperlyne en alle verwante besproeiingstoerusting in die landboubedryf. INLEIDING Water speel n al hoe belangriker rol in die boerdery vandag. Water en minerale regte behoort vandag aan die staat. Waterbronne raak al minder beskikbaar vir die boere omdat al hoe meer water

Nadere informatie

Week 5. Dag 1. Aktiwiteit 1: Luister en praat. Aktiwiteit 2: Klanke. Leermateriaal

Week 5. Dag 1. Aktiwiteit 1: Luister en praat. Aktiwiteit 2: Klanke. Leermateriaal Dag 1 Leermateriaal Weerkaart Klaskoerant Klankkaart: oo (Apparaat) Dubbelklankstorie: oo (bl. 7) Assosiasieprent 1: oo vir oog (bl. 91) Assosiasieprent 2: oo vir boom (bl. 92) Letterkaarte Natrekvel oo

Nadere informatie

6 tellers en noemers bymekaarbring en van mekaar skei.

6 tellers en noemers bymekaarbring en van mekaar skei. Vereenvoudiging van veeltermige eksponensiële uitdrukkings As jy die volgende breuk kry: dan weet jy mos dat jy n KGV moet kry, sodat beide die getalle onder die lyn dieselfde sal wees Die twee breuke

Nadere informatie

Installerings instruksies vir Winkerk 7

Installerings instruksies vir Winkerk 7 Installerings instruksies vir Winkerk 7 Inhoudsopgawe 1. Agtergrond:... 1 2. Bedryfstelsels:... 1 3. Media:... 1 4. Internet toegang:... 2 5. Prosedures wat voor installering gedoen moet word:... 2 6.

Nadere informatie

20. Biodiversiteit: die biome van die planeet Aarde

20. Biodiversiteit: die biome van die planeet Aarde SW Aardrykskunde 20. Biodiversiteit: die biome van die planeet Aarde Aktiwiteite 1. Kyk na die volgende foto s. Watter van hierdie organismes speel na jou oordeel die belangrikste rol in die voedselketting.

Nadere informatie

BELASTINGVRYE PLAN Kom ons kry Suid-Afrika aan die spaar.

BELASTINGVRYE PLAN Kom ons kry Suid-Afrika aan die spaar. DIE OLD MUTUAL INVEST BELASTINGVRYE PLAN Kom ons kry Suid-Afrika aan die spaar. BELASTINGVRYE PLAN Dink net hoeveel gemoedsrus n belegging jou kan gee wat jou toelaat om vir jou drome en doelwitte te

Nadere informatie

Om materiaal te weef

Om materiaal te weef OpenStax-CNX module: m26144 1 Om materiaal te weef Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 TEGNOLOGIE Graad 5 TEKSTIELE

Nadere informatie

GRAAD: 4 VAK: LEWENSVAARDIGHEDE SKEPPENDE KUNSTE KWARTAAL VIER FORMELE ASSESSERINGSTAAK (FAT) 4

GRAAD: 4 VAK: LEWENSVAARDIGHEDE SKEPPENDE KUNSTE KWARTAAL VIER FORMELE ASSESSERINGSTAAK (FAT) 4 GRAAD: 4 VAK: LEWENSVAARDIGHEDE SKEPPENDE KUNSTE KWARTAAL VIER FORMELE ASSESSERINGSTAAK (FAT) 4 Naam: Klas: Datum: Skool: Onderwyser: FAT Aktiwiteit/Vorm Leerder se punte Leerder se % 4 Visuele Kunste:

Nadere informatie

HVD LOT 6 Daar is n klomp vleis aan die bul

HVD LOT 6 Daar is n klomp vleis aan die bul HVD 140007 LOT 6 Die bul moet een van jou gunstellinge wees. Sy moeder is uitstekend met besonderse syfers. Die bul het uitgestaan in die fase D. Hy is geteel uit genetika van Syferfontein SYF 080182 wat

Nadere informatie

Hoe lyk die grafiek van y = x 2 4?

Hoe lyk die grafiek van y = x 2 4? Hoe lyk die grafiek van y = x 2 4? Miskien het jy dit nog nie op skool geleer nie!? Maar wys hoe julle self kan uitvind. y x OOR Hoe lyk die grafiek van y = x 2 4? Vooraf Baie kortliks: Onderrig is besluitneming!

Nadere informatie

Tema 8: Mense wat ons help

Tema 8: Mense wat ons help Tema 8: Mense wat ons help Dag 1 Week 4 8 Leermateriaal Weerkaart Klaskoerant Klankkaart aa (Apparaat) Dubbelklankstorie: aa (bl. 7) Assosiasieprent 1: aa vir aap (bl. 69) Assosiasieprent 2: aa vir haan

Nadere informatie

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3.

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3. MATTEUS 7:12 Votum en seën Psalm 34 : 2, 4 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3 Gebed Skrifberyming 53 (14-3) : 4 Skriflesing: Matteus 7:7-23 (AV 1983/91) Teks:

Nadere informatie

Die Here gee vir mense, wat oor Hom bly is, dit wat hulle harte begeer.

Die Here gee vir mense, wat oor Hom bly is, dit wat hulle harte begeer. SKRIFLESING: Psalm 37 : 1-11 TEKS: Psalm 37:4 TEMA: Die Here gee vir mense, wat oor Hom bly is, dit wat hulle harte begeer. Psalm 150 : 1, 2 Psalm 139 : 1, 3 Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2 Psalm 33 : 11

Nadere informatie

Nokke. Siyavula Uploaders. 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 9 3 MEGANISMES EN BEWEGING 4 Module 4 5 NOKKE NOKKE

Nokke. Siyavula Uploaders. 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 9 3 MEGANISMES EN BEWEGING 4 Module 4 5 NOKKE NOKKE OpenStax-CNX module: m25254 1 Nokke Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 TEGNOLOGIE 2 Graad 9 3 MEGANISMES EN BEWEGING

Nadere informatie

1. Energie is iets binne-in mense, diere en dinge wat hulle laat. 2. Waarvandaan kom alle energie op aarde?

1. Energie is iets binne-in mense, diere en dinge wat hulle laat. 2. Waarvandaan kom alle energie op aarde? 14 Energie Wat weet ek van energie 1. Energie is iets binne-in mense, diere en dinge wat hulle laat. 2. Waarvandaan kom alle energie op aarde? 3. Gebruik die soorte energie in die blokkie en vul die regte

Nadere informatie

Lees en Leesgereedheid

Lees en Leesgereedheid Lees en Leesgereedheid Leesgereedheid Dit is belangrik dat voordat met formele lees begin word om seker te maak dat u kind wel leesgereed is. Visuele en ouditiewe diskriminasie speel n uiters belangrike

Nadere informatie

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het.

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het. 1 Preek: 1 Korintiërs 13:1-13 Teksverse: 1 Korintiërs 13:7 Tema: Die Heilige Gees rus jou toe om met ware liefde te leef! Inleiding Geliefde gemeente, ons het afgelope Donderdag op n besondere manier aan

Nadere informatie

Statistieke met een oogopslag

Statistieke met een oogopslag Verkoophulpmiddel Februarie 2017 Sanlam Risikodekking Kankervoordele Statistieke met een oogopslag Die las van kanker wêreldwyd Kanker is wêreldwyd een van die grootste oorsake van dood*. In 2012 was daar

Nadere informatie

LEES DIE TEKENS VAN BANKROTSKAP DEUR DR PHILIP THEUNISSEN COMPUTUS BESTUURSBURO

LEES DIE TEKENS VAN BANKROTSKAP DEUR DR PHILIP THEUNISSEN COMPUTUS BESTUURSBURO LEES DIE TEKENS VAN BANKROTSKAP DEUR DR PHILIP THEUNISSEN COMPUTUS BESTUURSBURO n Boerdery wat finansiële probleme ondervind word nie summier gesekwestreer nie. Hoewel dit tegnies reeds bankrot is, is

Nadere informatie

Plantstruktuur en Plant Voedsel

Plantstruktuur en Plant Voedsel Plantstruktuur en Plant Voedsel Vraag 3: Kyk na die prentjies en beantwoord die vrae wat volg: Prentjie A Prentjie B Prentjie C 1. Prentjie A is n illustrasie van n plantsel soos gesien deur die lens van

Nadere informatie

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5 MATTEUS 6:8 Votum en seën Psalm 7 : 6 Gebed Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5 Preek: Vir ons hemelse Vader is eenvoudige gebede goed Gebed

Nadere informatie

Ek wil baie graag weet: was daar spesifiek met Jesus se geboorte 3 wysemanne en wat was hulle elkeen se naam?

Ek wil baie graag weet: was daar spesifiek met Jesus se geboorte 3 wysemanne en wat was hulle elkeen se naam? Drie Wyse Manne Drie Wyse Manne Jan van der Watt Una vra: Ek wil baie graag weet: was daar spesifiek met Jesus se geboorte 3 wysemanne en wat was hulle elkeen se naam? Antwoord: Prof Jan van der Watt antwoord:

Nadere informatie

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93 1 JOHANNES 4:20 HK 34:93 Votum en seën Psalm 134 : 1, 3 [ ons ] Gebed Psalm 27 : 4 Skriflesing: 1 Johannes 4:7-21 (AV 1983) Belydenis: HK 34:93 Teks: 1 Johannes 4:20 (AV 1983) Preek: God se wil is liefde

Nadere informatie

Module 3 (Term 1): Voortplanting in Angiosperme Die volgende vraestel se tema handel oor die geslagtelike voortplanting in angiosperme.

Module 3 (Term 1): Voortplanting in Angiosperme Die volgende vraestel se tema handel oor die geslagtelike voortplanting in angiosperme. Natuurwetenskappe Vraestel 3 Graad 7 Tyd: 1 Uur Totaal: 60 Module 3 (Term 1): Voortplanting in Angiosperme Die volgende vraestel se tema handel oor die geslagtelike voortplanting in angiosperme. Vraag

Nadere informatie

die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën.

die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën. Ontmoeting 4 God is lief vir Noag Kinders hoor in die storie van Noag dat God regverdig is. Hy sien mense raak wat aan Hom gehoorsaam is en Hy maak n duidelike plan om sy kinders te red. Teks: Genesis

Nadere informatie

Aktiwiteit 2. onontbeerlik byvoorbeeld vir hospitale, aanlegte soos kragstasies, fabrieke en ondernemings en om die verkeer te reël.

Aktiwiteit 2. onontbeerlik byvoorbeeld vir hospitale, aanlegte soos kragstasies, fabrieke en ondernemings en om die verkeer te reël. - onontbeerlik byvoorbeeld vir hospitale, aanlegte soos kragstasies, fabrieke en ondernemings en om die verkeer te reël. - 3. Magnetiese energie 4. Klank-energie - 5. Hitte-energie Aktiwiteit 2 (Jy het

Nadere informatie

6. Die Weer: natuurverskynsels

6. Die Weer: natuurverskynsels 6. Die Weer: natuurverskynsels Die weer en wind Opdrag 1 1. Wat word die luglaag om die aarde genoem? 2. Waar tref ons geen lug aan nie? 3. Hoe word wind gevorm? 8. Watter skade kan sterk stormwinde aanrig?

Nadere informatie

Maak die meeste van jou marges

Maak die meeste van jou marges Maak die meeste van jou marges Artikel deur Izak Hofmeyr in die Dairymail Mielies is al vir baie jare die hoofkomponent in melkkoeirantsoene en soos kuddegroottes toeneem, is al minder boere in staat om

Nadere informatie

Probleemoplossing Skryf van Getallesinne:

Probleemoplossing Skryf van Getallesinne: n Getallesin bestaan altyd uit die volgende: 1. Syfers of getalle; bv. 23; 567; 3,245; ens. 2. Bewerkingsteken; bv. 3. Verwantskap teken; bv. Getallesinne Ons kry twee soorte getallesinne: 1. Oop getallesin

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL VRAESTEL 2: SKRYF NOVEMBER 2008 PUNTE: 80 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye. Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2

Nadere informatie

2. Die skepping van die mens

2. Die skepping van die mens 2. Die skepping van die mens Génesis 1: 26 en 2: 7-25 Die mens as beelddraer van God Die bestaan en doel van die mens rus in God se skepping. Alleen omdat die mens skepsel van God is, is hy ook beelddraer

Nadere informatie

jou hele liggaam lig hê. Maar as jou oog sleg is, sal jou hele liggaam sonder lig wees. As jou oë sleg is dit beteken eintlik maar as jou oë slegte

jou hele liggaam lig hê. Maar as jou oog sleg is, sal jou hele liggaam sonder lig wees. As jou oë sleg is dit beteken eintlik maar as jou oë slegte Johannes 9:1-12; 35-38 09/03/2014 n Mens se oog is n baie komplekse orgaan. In jou oog is daar o.a. n buiteoogvlies, n oogvaatvlies en n oognetvlies wat ook jou retina genoem word. Daar is n kornea en

Nadere informatie

Die Groot Geloofswoordeboek: Liefde

Die Groot Geloofswoordeboek: Liefde Die Groot Geloofswoordeboek: Liefde Die Groot Geloofswoordeboek: Liefde Liefde (*God) Liefde is een van die kernwoorde van die Bybel, maar miskien juis daarom een van die mees misbruikte woorde. In ons

Nadere informatie

21. Soogdiere: karnivore Week 21

21. Soogdiere: karnivore Week 21 Weeklikse lesbeplanning Derde kwartaal 21. Soogdiere: karnivore Week 21 Meting Skat, meet, vergelyk en orden 3D-vorms deur gebruik te maak van standaarden nie-standaardmeting. Skat, meet, vergelyk en orden

Nadere informatie

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra SKRIFLESING: Romeine 12:1-8 TEKS: Romeine 12:1-2 HK 49 TEMA: Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra Psalm 103 : 10, 11 Skrifberyming 28 (10-1) : 1, 2 Psalm 119 : 11 Skrifberyming 78 (13-3)

Nadere informatie

AFRIKAANS HT GEDIGTE GRAAD 10. Geneem vanaf Sacai se webblad

AFRIKAANS HT GEDIGTE GRAAD 10. Geneem vanaf Sacai se webblad GEDIG 8 Geneem vanaf Sacai se webblad Herinneringe Koos du Plessis 1. Jou beeld is n verflenterde foto 2. in n skewe, versplinterde raam 3. en n sestal geskommelde letters 4. spel jou tweelettergrepige

Nadere informatie

FASILITEERDERSGIDS SOSIALE WETENSKAPPE: GEOGRAFIE GRAAD 4

FASILITEERDERSGIDS SOSIALE WETENSKAPPE: GEOGRAFIE GRAAD 4 FASILITEERDERSGIDS SOSIALE WETENSKAPPE: GEOGRAFIE GRAAD 4 Kopiereg 2016 Impak Onderwysdiens (Edms.) Bpk. Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat

Nadere informatie