DEURBRAAK MET PRIKKELVOEDING
|
|
- Lucas Dekker
- 7 jaren geleden
- Aantal bezoeken:
Transcriptie
1 DEURBRAAK MET PRIKKELVOEDING Dr. Jasper Coetzee Pr.Sci.Nat. (Anim.Sci.) Ph.D. (Agric.) Stell. Professionele Veekundige (400328/83); Skaapvoeding- en Bestuurspesialis Konsultant & Meer as 30 jaar se volgehoue navorsing oor prikkelvoeding deur dr. Jasper Coetzee het waarskynlik tot een van die grootste voedingsdeurbrake die afgelope eeu gelei. Die konstante en uitstekende respons in terme van die verhoging van lampersentasie met die nuwe "prikkellek" is 'n aanduiding dat van die "vermiste skakels,"wat navorsers wêreldwyd al meer as 100 jaar ontwyk, dalk ontdek is. Prikkelvoeding het ten doel om die meerlinggeboortes (fekunditeit) eerder as die besetting van 'n ooikudde te verhoog. Die aantal eiselle wat 'n ooi per hittesiklus afskei (ovulasietempo), bepaal die boonste limiet van die ooi se fekunditeit en dit word geneties beheer (Downing & Scaramuzzi, 1991). Die mate waarin 'n ooi haar genetiese reproduksiepotensiaal bereik, is afhanklik van omgewingsfaktore, waarvan voeding die belangrikste is (Downing & Scaramuzzi, 1991). Meer as 70 % van 'n ooikudde se reproduksietempo word deur voeding bepaal (Rowe, 2005). Agtergrond Volgens die tipiese vrugbaarheidsprofiel van enige ooikudde is ongeveer 5 tot 10 % van die ooie potensiaal "onvrugbaar" en sal nie lam nie. Hierdie sogenaamde "vrugbaarheidsdrempel" kan slegs gedeeltelik oorkom word omdat slegs ongeveer die helfte van hierdie ooie sal lam indien hulle prikkelvoeding ontvang wat opsigself nie 'n noemenswaardige invloed op die lampersentasie sal hê nie. Afhangend van die reproduksiepotensiaal van 'n ooikudde sal ongeveer 5 tot 10 % van die ooie elke lamseisoen, ondanks die voedingstoestande, selfs in 'n droogte 'n tweeling lam. Daarenteen kan tot 50 % of selfs meer van die ooie slegs tweelinge lam indien hulle prikkelvoeding ontvang. Reproduksietempo word grootliks deur voeding en bestuur beïnvloed (Fogarty & Donnelly, 1988), waarvan voeding die grootste (> 70 %) invloed het (Rowe & Atkins, 2005). Volgens Van Niekerk (aangehaal Vosloo, 1975) verhoog prikkelvoeding die besetting met ongeveer twee persentasie-eenhede terwyl die aantal stelle tweelinge van ongeveer 2 % tot 18 % verhoog het met 'n gevolglik 20 % verhoging in lampersentasie. Wanneer die navorsingsresultate van 50 prikkelvoedingsproewe in Australië, wat ooie insluit, saamgevoeg word, was die gemiddelde respons met lupiene as prikkelvoer -14 % tot +21 %, 'n verskil van 35 % tussen die hoogste en laagste respons. In Suid-Afrika rapporteer navorsers dieselfde variërende respons met prikkelvoeding. Van Pletzen (1990) het verskeie prikkelvoere geëvalueer. Die respons het gevarieer van -17 % tot +15 %, 'n variasie van 32 % (Tabel 1). Volgens Tabel 1 was slegs sojabone en lupiene betalend, maar dit was ook net-net. Daarenteen rapporteer Cloete (1990) slegs een persentasie-eenheid hoër lampersentasie (102 % vs. 101 %) met lupiene as prikkelvoer wat nie koste-doeltreffend is nie.
2 2 Tabel 1 Respons met verskillende prikkelvoere (Van Pletzen, 1990) Prikkelvoere Lampersentasie Respons in vergelyking met kontrole Gelykbreek lampersentasie Kontrole (geen) 92.8 % % Mielies 76.9 % % Mielies + proteïenlek 90.9 % % Sjokolademielies % % Sojabone % % Lupiene % % 'n Nuwe innoverende benadering tot prikkelvoeding Tussen 2001 en 2004 het dr. Jasper Coetzee 3500 Merino-ooie van Johannes van Zyl en Cecile van der Berg van Mooiplaas in die Barkly-Oosdistrik gebruik om 10 verskillende prikkelvoere te evalueer. Geen respons (111 % vs. 111 %) in vergelyking met die kontrolegroepe (geen prikkelvoeding) is met ooie, in 'n goeie kondisie en met goeie bestuurspraktyke, verkry nie. Die prikkelvoere het onder andere sjokolademielies, deurvloeiproteïenbronne, vette, minerale, ensovoorts ingesluit. Tot op hede kon navorsers wêreldwyd nog nie hierdie "verskynsel" verklaar waarom soms 'n negatiewe, geen of 'n positiewe respons met prikkelvoeding verkry word nie. Gedurende 2005 is besluit om hierdie misterieuse "verskynsel" in dieselfde Merinokudde verder na te vors. Die ooie wat in al hierdie ondersoeke gebruik is, was in 'n goeie kondisie en goeie bestuurspraktyke is toegepas. Na een van die mees omvattende literatuurstudies nog oor prikkelvoeding, in die soeke na 'n "prikkelfaktor," ontdek dr. Coetzee in 2005 van die waarskynlike vermiste skakels (rumenaktivators & genetiese faktor). Ondersoeke sedert 2005 met die nuwe "Prototipe Prikkelkorrels" waarin 3250 ooie betrokke was, het vir die eerste keer 'n betekenisvolle en konstante respons (124 % vs. 108 %) teenoor die kontroles (geen prikkelvoeding) gegee. Die ooie wat hierdie "Prototipe Prikkelkorrels" as 'n prikkelvoer (300 g/ooi/dag), vir drie weke voor paring vir 'n periode van ses weke ontvang het, het gemiddeld 16 ekstra lammers per 100 ooie gepaar, geproduseer. Die proewe toon dat dit wel moontlik is om die lampersentasie van ooie, wat reeds in 'n goeie kondisie is en waar goeie bestuurspraktyke toegepas word, te verhoog, mits die ooie hoogs vrugbaar is en die genetiese vermoë vir meerlingovulasies het, die sogenaamde responsiewe ooie. Verskeie navorsers is van mening dat daar in die meeste kuddes ooie is wat die potensiaal het om 'n groot respons (hoë ovulasietempo) met prikkelvoer te gee terwyl ander ooie glad nie reageer nie. Volgens Coop (1966) sal ooikuddes met verskillende inherente vrugbaarheid verskillend op prikkelvoeding reageer terwyl Lightfoot (1989) van mening is dat hoogs vrugbare rasse 'n baie groter respons met prikkelvoeding toon as minder vrugbare rasse. Daar is besluit om die sogenaamde "genetiese faktor" verder na te vors om te bepaal wat die respons is met prikkelvoeding van enkelinggebore ooie, tweelinggebore ooie en ooie wat die vorige lamseisoen tweelinglammers gelam het (Tabel 2). Merino-ooie van Johannes van Zyl en Cecile van der Berg van Mooiplaas, in die Barkly-Oosdistrik, is aanvanklik in drie hoofgroepe (enkelinggebore ooie; tweelinggebore ooie en ooie wat die vorige lamseisoen tweelinglammers gelam het) verdeel. Die onderskeie drie hoofgroepe is daarna onderling in twee subgroepe elk verdeel. Die een groep het as 'n kontrole gedien en het geen ( ) prikkelvoeding ontvang nie terwyl die ander subgroep prikkelvoeding ontvang het (+). Die prikkelvoedingsgroepe het vanaf drie weke voor die paarseisoen 300 g/ooi/dag van die "Prototipe Prikkelkorrels" vir 'n ses weke periode ontvang.
3 3 Enkelinggebore ooie wat prikkelvoeding ontvang het, het 7 ekstra lammers per 100 ooie gepaar, geproduseer (109 % vs. 102 %); ooie wat as 'n tweelinggebore is, het 10 ekstra lammers per 100 ooie gepaar, geproduseer (111 % vs. 101 %) en dié wat die vorige lamseisoen aan 'n tweeling geboorte geskenk het, het 26 ekstra lammers per 100 ooie gepaar, geproduseer (149 % vs. 123 %). Dit blyk dus dat hoogs vrugbare ooie (ooie wat geboorte geskenk het aan twee- en meerlinge) meer responsief is omdat hulle beter reageer op prikkelvoeding (26 vs. 7 tot 10 ekstra lammers/100 ooie gepaar). Hierdie ooie het ook deurgaans in die ondersoeke 'n hoër gemiddelde besetting van 98 % (varieer vanaf 97 % tot 100 %) met prikkelvoeding gehad teenoor die 95 % van die ander groepe ooie. Ooie wat geen prikkelvoeding ontvang het nie se gemiddelde besetting was 93 %. Die nuutste oorsese se navorsing is in ooreenstemming met my navorsing deurdat dit bevestig dat hoogs vrugbare ooie (bv. ooie wat gereeld meerlinge lam) 'n baie groter respons met prikkelvoeding (tot % hoër ovulasietempo) gee as ooie gebore uit moederlyne wat 'n laer vrugbaarheid het (d.i. ooie wat enkelinge lam of gereeld oorslaan) (Demmers et al., 2011). Tabel 2 Bepaling van responsiwiteit in terme van verhoging in lampersentasie van 2250 Merino-ooie vir die nuwe "Prototipe Prikkelkorrels" (Coetzee, 2008) Genetiese groepe Enkelinggebore ooie Tweelinggebore ooie Ooie vorige lamseisoen tweeling gelam Behandeling Lampersentasie 102 % 109 % 101 % 111 % 123 % 149 % Respons 7 ekstra lammers/100 ooie gepaar 10 ekstra lammers/100 ooie gepaar 26 ekstra lammers/100 ooie gepaar Geen prikkelvoer g "Prototipe Prikkelkorrels" vanaf 3 weke voor lam vir ses weke Nuwe prikkellekke Op grond van die resultate wat met die "Prototipe Prikkelkorrels" sedert 2005 in verskeie prikkelvoedingsproewe behaal is, is besluit om Voermol Maxiwol Produksiekorrels (V15415) en Voermol Maxiwolkonsentraat (V4985) op te gradeer deur die insluiting van verskeie spesifieke rumenaktivators. Die sogenaamde "supravoedingsbeginsel" (supranutritional) is gebruik om hierdie prikkellekke te ontwikkel. Die "supravoedingsbeginsel" berus op die voer van baie hoë vlakke van spesifieke rumenaktivators sodat die volle genetiese reproduksiepotensiaal van die ooie ontsluit kan word. Hierdie rumenaktivators is nie net vir die prikkeleffek nie, maar is ook tot voordeel van beide laatdragtige en lakterende ooie omdat dit beide lamoorlewing en lamgroei verhoog. Prikkelvoedingprosedures Vroeë navorsing het reeds aangetoon dat ooie wat met paring in massa toeneem meer geneig is om tweelinge te produseer as dié wat massa handhaaf of massa verloor. Daarenteen neem die besetting en ovulasietempo af indien ooie kort voor die paarseisoen massa verloor. Verder moet die ooie in 'n uitstekende kondisie (3.5 kondisiepunt op 'n skaal van 5) met die aanvang van die paarseisoen wees. Navorsing deur Coop (1966) toon dat die hoogste lampersentasie verkry word deur ooie twee maande voor die paarseisoen in spaarkampe te plaas en dan vanaf drie weke voor paring vir ses weke prikkelvoeding te voer. In die gevalle waar prikkelvoer verskaf word, is die nuutste aanbeveling tans dat die lengte van die prikkelvoedingsperiode bepaal word deur die metode van sinchronisasie wat gebruik word, naamlik:
4 4 Kunsmatig met sponse/cdir s: Prikkel vanaf 14 dae voor paarseisoen vir drie weke; Natuurlik met koggelramme: Prikkel vanaf 14 dae voor paarseisoen vir vier weke; Geen sinchronisasie: Prikkel vanaf 14 dae voor paarseisoen vir ses weke. Teelooie wat die vorige lamseisoen tweelinge gelam het, moet ongeag hulle kondisie, op droë weiding 300 tot 400 g Voermol Maxiwol Produksiekorrels/ooi/dag as 'n prikkelvoer gevoer word. Volgens die nuutste Australiese navorsing word beter resultate behaal indien dit daagliks in plaas van een tot twee keer per week gevoer word. Geen soutlek of -klip moet gevoer word wanneer Maxiwol Produksiekorrels gebruik word nie, want dit sal onvoldoende inname van Maxiwol Produksiekorrels tot gevolg hê. Maxiwol Produksiekorrels moet ook nie as 'n prikkelvoer op groenweiding of brakbossies gebruik word nie en/of waar die drinkwater brak is nie omdat dit onvoldoende inname tot gevolg sal hê. In sulke omstandighede moet 'n Maxiwol-lekmengsel (250 kg Voermol Maxiwolkonsentraat kg gemaalde mielies of garspitte + 50 kg sout) teen 300 tot 400 g/ooi/dag as 'n prikkelvoer gevoer word. Die Maxiwollekmengsel kan op beide droë of groenweiding as 'n prikkelvoer gebruik word. In die geval van maer en skraal teelooie, moet ooie ongeag of hulle die vorige lamseisoen enkeling of tweeling gelam het, prikkelvoeding gevoer word. Enige tipe prikkelvoeding (bv. spaarkampe (weiding of oesreste); produksielek; lupienpitte; ensovoorts kan gebruik word. Daarteen sal dit heel waarskynlik nie koste-doeltreffend wees om teelooie wat die vorige lamseisoen enkelinge gelam het en drie weke voor die aanvang van die paarseisoen in 'n goeie kondisie is prikkelvoeding te gee nie. Gedurende die eerste maand van dragtigheid moet volwasse ooie hulle massa handhaaf terwyl jongooie ongeveer 70 tot 180 g/ooi/dag in massa moet toeneem (NRC, 2007). Weens die risiko van resorpsie mag ooie nie gedurende vroeë dragtigheid geweeg word nie. Na bogenoemde prikkelperiodes moet volwasse ooie se voedingspeil aangepas word deur dit na 250 g/ooi/dag te verminder en die week daarna na 200 g/ooi/dag. Laasgenoemde is onderhoudvoedingspeil en behoort voldoende vir vroeë dragtige volwasse ooie te wees, totdat die ramme uitgehaal word, indien daar voldoende weiding beskikbaar is. Die rede hoekom die prikkelvoedingspeil verlaag word, is omdat navorsing toon dat die hoogste embriooorlewing geskied waar ooie kort na besetting op 'n onderhoudvoedingspeil gevoer word. Vir jongooie word die prikkellek, totdat die ramme uitgehaal word, teen dieselfde vlak (300 g/ooi/dag) as vir prikkelvoeding, voorsien om die aanbevole teikenmassatoenames te handhaaf. Enige massa verlies moet voorkom word, want dit kan embrio-resorpsie tot gevolg hê. Coop (1966) is van mening dat daar met prikkelvoeding volgehou moet word totdat ongeveer 70 % van die ooie beset is. Om prikkelvoeding dus meer koste-doeltreffend te maak, is dit hoogs aan te beveel om dit saam met koggelramme te gebruik omdat koggelramme verseker dat meer as 90 % van die ooie binne die eerste siklus (± 17 dae) op hitte sal kom. As gevolg van koggel, kom die ooie dus oor 'n korter periode op hitte en is 'n ses weke prikkelperiode (twee weke voor paring en die eerste vier weke van paring) voldoende en kan gevolglik op prikkelvoeding bespaar word. Daarbenewens is daar ook aanduidinge dat prikkelvoeding 'n oordrageffek het deurdat dit ovulasietempo vir nog ongeveer drie weke verhoog nadat dit gestaak is. As gevolg van koggel sal die meeste ooie die prikkelvoer dus in die regte stadium ontvang wat maksimum ovulasietempo sal verseker. Terselfdertyd word prikkelvoer gespaar. Betalendheid van prikkellekke Proewe wat sedert 2005 gedoen is, toon dat die nuwe Maxiwolgebaseerde prikkellekke betalend is. 'n Teelooi benodig ongeveer 12.6 kg prikkellek (d.i. 300 g vir 42 dae) vir 'n ses weke prikkelvoedingsperiode. Om vir die prikkelvoeding te betaal, moet ongeveer 6 ekstra
5 lammers gespeen word. Die gemiddelde verhoging as gevolg van prikkelvoeding in die proewe was 16 ekstra lammers per 100 ooie gepaar. Dit is 'n terugbetaling van minstens 10 lammers per 100 ooie gepaar. Dit is dus 'n wins van R85/ooi gepaar as gevolg van die voorsiening van hierdie nuwe prikkellek. Die terugbetaling vir die voorsiening van die nuwe prikkellek aan ooie wat die vorige lamseisoen tweelinglammers gelam het, is R170/ooi gepaar. Om prikkelvoeding te spaar, moet ooie reeds op die stadium wat hulle lammers gespeen word, in minstens twee groepe volgens kondisie (skraal vs. goeie kondisie) verdeel word. Die skraal ooie moet dan op beter weiding geplaas word om hulle kondisie te herwin sodat hulle met die aanvang van die prikkelvoedingperiode in 'n uitstekende kondisie (3.5 kondisiepunt) is. Totale benadering om maksimum genetiese reproduksiepotensiaal te ontsluit Om maksimum lampersentasie te verseker, moet teelooie se volle reproduksiepotensiaal ontsluit word. Reproduksietempo is 'n multifaktoriale eienskap. Prikkelvoeding is maar slegs een van die sleutelfaktore, hoewel 'n baie belangrike een, wat 'n rol speel om lampersentasie te verhoog. Om maksimum lampersentasie te verseker, moet 'n totale benadering gevolg word. Die resep vir 'n hoë lampersentasie behels dat die volgende aksies doelgerig uitgevoer word: Prikkelvoeding met Voermol Maxiwol Produksiekorrels of Maxiwollekmengsel. Om maksimum ovulasietempo te verseker, moet gesorg word dat ooie in 'n uitstekende kondisie (kondisiepunt van 3.5 op 'n vyfpuntskaal) met paring is. Kry teelooie so swaar as moontlik met paring, want vir elke 1 kg toename in paringsmassa neem die ovulasietempo met 2 tot 2.5 % en die lampersentasie met ongeveer 1.5 tot 2 % toe totdat hulle genetiese reproduksiepotensiaal bereik is. Jongooie moet geen massa vanaf geboorte totdat hulle die eerste keer lam, verloor nie. Verder moet jongooie met eerste paring voor 12 maande ouderdom minstens 80 % en indien na 12 maande ouderdom gepaar word, minstens as 90 % van volwasse massa weeg. Inspuiting van beide teelooie en -ramme met Multimin en dosering met Vitamien A & E. Korrekte voorbereiding van teelramme (bv. prikkelvoeding, oefening, vrugbaarheids- en dekbehendigheidstoetsing). Gee voorkeur aan meerlinggebore ramme met 'n hoë libido. Teelooie moet geen kontak (d.i. aanraak, sien, hoor of reuk) met enige manlike diere (d.i. ramme, ramlammers, koggelramme en bokramme) vanaf vyf weke, maar verkieslik agt weke voor paring hê nie, want dit verlaag besetting. Gebruik van koggelramme met 'n hoë libido (bv. Afrikaner- of Afrinokoggelramme). Geen stresvolle aktiwiteite (bv. skeer, dip, mikskeer, dosering, ensovoorts) moet korter as vier weke voor paring gedoen word nie, want dit verlaag lampersentasie met tot 7 persentasie-eenhede. Vermy die paring van ooie op peulplantweidings (bv. lusern, klawer, medic s, ensovoorts) waar blaarsiektes (a.g.v. swam-, bakterie- en virusinfeksies), plantluise en insektebeskadiging of vogtekorte (bv. droogte) voorkom. Onder sulke omstandighede produseer die plante fito-estrogene (bv. koumestrol) wat die ovulasietempo van ooie verlaag asook 'n vertraging in die estrussiklus (m.a.w. ooie kom stadiger op hitte) tot gevolg het. Waar 'n swam (Fusarium fungi) op grasse groei, kan 'n estrogeniese mikotoksien, zearalenone, geproduseer word wat soortgelyke simptome as koumestrol het. Waar ooie gekoggel is, beperk die paarperiode tot maksimum 28 dae, maar verkieslik net 21 dae en prul alle volwasse en jongooie wat nie in hierdie verkorte paarperiode beset raak nie. Voorsien skaduwee gedurende paring en die eerste maand na paring indien die dagtemperature meer as 28 º C, maar veral as dit 32 º C en hoër is om embrio-resorpsie te voorkom. 5
6 Vermy alle stresfaktore (bv. oormatige hantering, massa- en kondisieverlies, siektetoestande, ensovoorts) gedurende paring en die eerste maand nadat die ramme uitgehaal is om embrio-resorpsie en fetale afsterwing te voorkom. Selekteer vir hoë vrugbaarheid omdat hoogs vrugbare ooie die beste en die mees kostedoeltreffende respons met prikkelvoeding gee. Indien die doelwit is om 'n hoogs vrugbare ooikudde te ontwikkel, moet die top 10 % ooie (* = uitstaande ooie) met die hoogste BLUPteelwaarde vir TWW (total weight of lamb weaned) in 'n elite ooikudde saamgevoeg word. Indien hierdie BLUP-teelwaarde nie bekend is nie, moet alle ooie wat bogemiddelde tweelinge speen (nie dié wat klein en boepenslammers het nie) in hierdie elite ooikudde saamgevoeg word. Hierdie ooie moet dan gepaar word met tweelinggebore ramme met 'n hoë libido en wat in die top 10 % val wat BLUP-teelwaarde vir TWW aanbetref. Indien hierdie teelwaarde nie bekend is nie, gebruik ramme wie se ma, ouma en oumagrootjie al hulle tweelinglammers tot speen suksesvol grootgemaak het. Die beste ramme wat in hierdie elite kudde gebore word, moet dan op die res van die ooie gebruik word om hulle nageslag se vrugbaarheid te verhoog. Skandering van teelooie en uitskot van ooie wat nie lam nie of nie 'n lam speen nie. Volg 'n doeltreffende ent- (bv. immuniseer vir ensoötiese aborsie en gebruik multiklostridiale entstowwe) en doseerprogram. Ooie moet die eerste twee maande van laktasie, d.i. ses maand voor paring nie meer as 10 % van hulle liggaamsmassa verloor nie omdat dit tot 'n lae lampersentasie in die daaropvolgende lamseisoen aanleiding sal gee. Volgens Fletcher (1974) is daar 'n betekenisvolle verskil tussen die ovulasietempo (aantal eiselle afgeskei) van ooie wat ses maande vantevore 'n periode van voedingsbeperking ondergaan het en dié wat voldoende voeding ontvang het. Hierdie verskynsel kom voor ten spyte daarvan dat die ondervoede ooie die massaverskil een maand voor paring uitgewis en hulle dieselfde geweeg het as die ooie wat voldoende voeding ontvang het. Fisiologiese bewyse hiervoor bestaan deurdat Cahill en Mauleon (1980) aangetoon het dat dit ongeveer ses maande neem vanaf 'n follikel (eisel) in die eierstokke (ovaria) begin groei en ontwikkel totdat dit gereed is vir ovulasie en bevrugting deur die ram se spermsel. Samevatting Met sy nuwe innoverende benadering het dr. Coetzee daarin geslaag om 'n unieke prikkellek te ontwikkel om lampersentasie op 'n koste-doeltreffende wyse te verhoog. Om maksimum lampersentasie te verseker, moet 'n "totale benadering" gevolg word deur die uitvoering van al die aksies wat nodig is om teelooie se maksimum genetiese reproduksiepotensiaal ten volle te ontsluit. Erkenning Erkenning word met dank verleen aan Johannes van Zyl en Cecile van der Berg van Mooiplaas in die Barkly-Oosdistrik vir die beskikbaarstelling van hulle Merino-ooikudde sedert 2001 asook die uitvoering van die daaglikse proefprosedures en die insameling van die proefresultate. 6
DEURBRAAK MET PRIKKELVOEDING
1 DEURBRAAK MET PRIKKELVOEDING Dr. Jasper Coetzee, Voermol Voere (Tel no.: 021-8879559; 0833 86 83 82; jasperco@iafrica.com) Meer as 30 jaar se volgehoue navorsing oor prikkelvoeding deur dr. Jasper Coetzee
Nadere informatiePRIKKELVOEDING VAN TEELOOIE IN PERSPEKTIEF
PRIKKELVOEDING VAN TEELOOIE IN PERSPEKTIEF Dr. Jasper Coetzee, Voermol Voere (Tel no.: 021-8879559; 0833 86 83 82; jasperco@iafrica.com) n Kort periode van verbeterde voeding, oftewel prikkelvoeding vir
Nadere informatieVOEDINGSPROGRAM VIR SKAPE ONDER EKSTENSIEWE EN SEMI-INTENSIEWE TOESTANDE
VOEDINGSPROGRAM VIR SKAPE ONDER EKSTENSIEWE EN SEMI-INTENSIEWE TOESTANDE Dr. Jasper Coetzee, Voermol Voere (021-8879559; 0833 86 83 82; jasperco@iafrica.com) 1 Die doel van hierdie artikel is om slegs
Nadere informatieVOEDINGSPROGRAM VIR SKAPE ONDER EKSTENSIEWE EN SEMI-INTENSIEWE TOESTANDE
1 VOEDINGSPROGRAM VIR SKAPE ONDER EKSTENSIEWE EN SEMI-INTENSIEWE TOESTANDE Die doel van hierdie artikel is om slegs breë riglyne te gee met betrekking tot 'n voedingsprogram vir skape onder ekstensiewe
Nadere informatieDIE VOEDING VAN VERVANGINGSVERSE, DROË KOEIE EN BULKALWERS
DIE VOEDING VAN VERVANGINGSVERSE, DROË KOEIE EN BULKALWERS Ulrich Müller, VOERMOL VOERE Die suksesvolle grootmaak van vervangingsverse vorm n belangrike skakel in enige melkbeeskudde. Die doelwit van so
Nadere informatieBENUT KOGGELRAMEFFEK TOT VOORDEEL
BENUT KOGGELRAMEFFEK TOT VOORDEEL Dr. Jasper Coetzee, Voermol Voere (Tel no.: 021-8879559; 0833 86 83 82; jasperco@iafrica.com) Indien die koggelrameffek korrek benut word, kan dit n belangrike rol speel
Nadere informatieBelangrike voedingstappe vir die winter 2013
Belangrike voedingstappe vir die winter 2013 Belangrike beplanning by teelkunde 1. Kondisie Telling 2. Winter byvoeding 3. Vervangingsverse 4. Teelbulle 5. Inentings en parasietbeheer 6. Skape Kondisie
Nadere informatieKRUIPVOER VERHOED SPEENSKOK EN BEVORDER NASPEENSE GROEI
KRUIPVOER VERHOED SPEENSKOK EN BEVORDER NASPEENSE GROEI Dr. Jasper Coetzee Pr.Sci.Nat. (Anim.Sci.) Ph.D. (Agric.) Stellenbosch Professionele Veekundige (400328/83); Skaapvoeding- en Bestuurspesialis Konsultant
Nadere informatieVraag: Ek soek riglyne om my skape te voer sodat ek produksie kan volhou om sodoende winsgewend met die skape te boer.
Opskrif: Voer van skape vir volgehoue hoё produksie en wins Vraag: Ek soek riglyne om my skape te voer sodat ek produksie kan volhou om sodoende winsgewend met die skape te boer. Antwoord: VOER SKAPE VIR
Nadere informatieMAKSIMALISEER DIE OORLEWING VAN EMBRIO S EN FETUSSE DEUR DIE BEPERKING VAN DIE "VERDWYN- FAKTOR" MET BEHULP VAN PRESISIESKAAPBOERDERY
MAKSIMALISEER DIE OORLEWING VAN EMBRIO S EN FETUSSE DEUR DIE BEPERKING VAN DIE "VERDWYN- FAKTOR" MET BEHULP VAN PRESISIESKAAPBOERDERY Dr. Jasper Coetzee Pr.Sci.Nat. (Anim.Sci.) Ph.D. (Agric.) Stellenbosch
Nadere informatieFOKUS OP DOELTREFFENDHEID VIR VOLGEHOUE WINSGEWENDE WOLSKAAPBOERDERY
FOKUS OP DOELTREFFENDHEID VIR VOLGEHOUE WINSGEWENDE WOLSKAAPBOERDERY Dr. Jasper Coetzee, Voermol Voere (0833 86 83 82; jasperco@iafrica.com) Die gebruik van moderne tegnologie en die nuutste skaapbestuur-
Nadere informatieVraag vanaf:kassel van den Berg -
Aborsies by skape Vraag vanaf:kassel van den Berg - 0834060725@mtnloaded.co.za Opskrif is:aborsies, Peestersiekte en Ramsiekte Vraag is:ek wil graag weet wat die oorsake van aborsies in skape kan wees.
Nadere informatieToepassing van doeltreffende paring-stelsels verseker hoë lampersentasie
Toepassing van doeltreffende paring-stelsels verseker hoë lampersentasie Verskeie paringstelsels kan vir skape oorweeg word, naamlik kudde- of massaparing; groep-paring; handdekking; kunsmatige inseminasie;
Nadere informatieVROEGSPEEN VAN LAMMERS KAN VLEISPRODUKSIE PER HEKTAAR VERHOOG
VROEGSPEEN VAN LAMMERS KAN VLEISPRODUKSIE PER HEKTAAR VERHOOG Dr. Jasper Coetzee Pr.Sci.Nat. (Anim.Sci.) Ph.D. (Agric.) Stellenbosch Professionele Veekundige (400328/83); Skaapvoeding- en Bestuurspesialis
Nadere informatieLamtyd verg besondere vernuf
Lamtyd verg besondere vernuf Lamtyd is oestyd! Om dus maksimum inkomste te genereer, moet skaapprodusente hulle kennis en bestuursvernuf opskerp om te verseker dat soveel as moontlik lammers wat gebore
Nadere informatieINSKRYWINGSVORM 2010 NASIONALE SKAAPBOER VAN DIE JAAR KOMPETISIE. Die kompetisie is oop vir deelname deur enige boer wat met skape boer.
INSKRYWINGSVORM 2010 NASIONALE SKAAPBOER VAN DIE AR KOMPETISIE Vereistes en Prosedure Die kompetisie is oop vir deelname deur enige boer wat met skape boer. Die kandidaat moet die inskrywingsvorm self
Nadere informatieDROOGTEVOEDING VAN SKAPE
Opskrif: Droogtevoeding van skape Vraag: Wat kan ek voer om my skape te laat oorleef tydens n droogte? Hellao! Naruseb hnaruseb@swkmun.com.na Antwoord: DROOGTEVOEDING VAN SKAPE Droogtevoeding neem normaalweg
Nadere informatieVraag: Vertel my asb meer van n sinchronisasieprogram vir ooie.
Opskrif: Sinchronisasie van ooie Vraag van: Wiele-martinje@iim.co.za Vraag: Vertel my asb meer van n sinchronisasieprogram vir ooie. Antwoord: Beheerde teling by kleinvee het baie voordele. As kunsmatige
Nadere informatieVOORBEREIDING VAN TEELRAMME VIR 'N SUKSESVOLLE PAARSEISOEN
VOORBEREIDING VAN TEELRAMME VIR 'N SUKSESVOLLE PAARSEISOEN Dr. Jasper Coetzee Pr.Sci.Nat. (Anim.Sci.) Ph.D. (Agric.) Stell. Professionele Veekundige (400328/83); Skaapvoeding- en Bestuurspesialis Konsultant
Nadere informatieMet goeie rambestuur kan elke ram die maksimum aantal lammers. Bestuur ramme vir meer lammers
April 2013 24 Bestuur ramme vir meer lammers Produksie en skeer Ramme verteenwoordig n groot kapitale uitleg in elke kudde. Die optimale benutting van ramme beteken dus ook die grootste opbrengs op daardie
Nadere informatieHoë potensiaal skaapras sonder grense
FOKUS OP DIE S. A. VLEISMERINO Hoë potensiaal skaapras sonder grense Die Suid Afrikaanse Vleismerino het sy oorsprong uit Duitsland in 1932. Oor die afgelope 80 jaar het die ras n reuse omwenteling veroorsaak
Nadere informatieWYSE WAAROP OOILAMMERS UITGROEI, BEPAAL HULLE LEEFTYDREPRODUKSIE- EN -PRODUKSIEPOTENSIAAL
WYSE WAAROP OOILAMMERS UITGROEI, BEPAAL HULLE LEEFTYDREPRODUKSIE- EN -PRODUKSIEPOTENSIAAL Dr. Jasper Coetzee Pr.Sci.Nat. (Anim.Sci.) Ph.D. (Agric.) Stell. Professionele Veekundige (400328/83); Skaapvoeding-
Nadere informatieKAN SUID-AFRIKA SE GRAANBOERE OORSEE MEEDING? DEUR DR PHILIP THEUNISSEN COMPUTUS BESTUURSBURO
- 1 - KAN SUID-AFRIKA SE GRAANBOERE OORSEE MEEDING? DEUR DR PHILIP THEUNISSEN COMPUTUS BESTUURSBURO Graanbedrywe in Suid-Afrika se winsgewendheid is tans onder groot druk. Die twee grootste graanoeste,
Nadere informatieGedrag en lamvrektes
Gedrag en lamvrektes Al word n hoë vlak van bestuur en voeding toegepas, kom n sekere persentasie lamvrektes nog steeds voor (Alexander, 1984). Lamoorlewing is grootliks afhanklik van n eksklusiewe band
Nadere informatieVLEISBEESTE & SKAPE NEW VOERBROSJURE
VLEISBEESTE & SKAPE NEW VOERBROSJURE EKONOMIESE VETMESTING VAN SPEENKALWERS BEESAFRONDINGSRANTSOEN Wet 36 van 1947, Reg. Nr. V503 PRAKTIESE WENKE Proteïen min g/kg 130 Proteïen ex NPN % 30 Ureum maks g/kg
Nadere informatieKAN N MIELIE MET N HAMBURGER KRAGTE MEET? DEUR DR PHILIP THEUNISSEN COMPUTUS BESTUURSBURO
- 1 - KAN N MIELIE MET N HAMBURGER KRAGTE MEET? DEUR DR PHILIP THEUNISSEN COMPUTUS BESTUURSBURO Die Britse tydskrif, The Economist, het pas weer sy jongste Big Mac-indeks (Januarie 214) bekend gemaak.
Nadere informatieWildbyvoeding se voor- en nadele. Craig Shepstone
Wildbyvoeding se voor- en nadele Craig Shepstone 083 305 1380 Byvoeding Aanvullende voeding van wild: om goeie diereprestasie te verseker en nutriënt wanbalanse en tekorte te voorkom Winsgewendheid van
Nadere informatieDIEREGESONDHEID GESONDHEIDSPLAN VIR SKAPE VIR VERBETERDE PRODUKSIE EN REPRODUKSIE
DIEREGESONDHEID GESONDHEIDSPLAN VIR SKAPE VIR VERBETERDE PRODUKSIE EN REPRODUKSIE Die lam gesondheidsplan... WAT IS DIE DOEL VAN LAM BESTUUR? Maksimale groei Swaar speenmassa GROTER WINS Gesonde lammers
Nadere informatieSPEEN EN UIER NAVORSING MET BOERBOKKE (deur Jack en Anita Mauldin)
SPEEN EN UIER NAVORSING MET BOERBOKKE (deur Jack en Anita Mauldin) Ons het besluit om ʼn projek aan te pak om die feite en geskiedenis van die studie van spene en uier strukture te ontleed en te dokumenteer
Nadere informatieDie gebruik van doeltreffende lamstelsels beperk lamvrektes
Die gebruik van doeltreffende lamstelsels beperk lamvrektes Hoë lamvrektes word allerweë as n knelpunt in die kleinveebedryf beskou en is een van die belangrikste oorsake van die lae winsgewendheid van
Nadere informatie78 THE DAIRY MAIL MAY Voer elke koei volgens haar individuele produksiestatus en kondisie.
78 THE DAIRY MAIL MAY 2012 Voer elke koei volgens haar individuele produksiestatus en kondisie. TEGNOLOGIE Super stelsels vir megakuddes deur Johan Heunis Hedendaagse elektroniese bestuurstelsels maak
Nadere informatieKALF GROOTMAAK. A18044 RCL FOODS Calf Brochure A5 AFR DPS.indd 1
KALF GROOTMAAK A18044 RCL FOODS Calf Brochure A5 AFR DPS.indd 1 N GOEIE BEGIN MAAK SAAK Die toekoms van jou suiwelkudde word bepaal deur die prestasie van jou kalwers. Met Epol se kalfreeks is jy van goeie
Nadere informatie1. Gee TWEE voorbeelde van elk:
1. Gee TWEE voorbeelde van elk: a) Bevolking se insette. Geboortes Immigrante b) Bevolking se deursette. Natuurlike verandering Migrasie c) Bevolking se uitsette. Sterftes Emigrante 2. Wat is natuurlike
Nadere informatieAfdeling A: Ekonomiese stelsels
Ekonomiese- en Bestuurswetenskappe Vraestel 13 Graad 8 Totaal: 65 Ekonomiese stelsels Ekonomiese probleme Invoere/Uitvoere Afdeling A: Ekonomiese stelsels 1. Wat is 'n ekonomiese stelsel? (4) 2. Verduidelik
Nadere informatieHOOFSTUK 5 SAMEVATTING, GEVOLGTREKKING EN AANBEVELINGS
University of Pretoria etd Orban, L P (2003) 85 HOOFSTUK 5 SAMEVATTING, GEVOLGTREKKING EN AANBEVELINGS 5.1 INLEIDING Uit die navorsingsresultate wat in hoofstuk 4 bespreek is blyk dit duidelik dat daar
Nadere informatieDie spons proses vir sinchronisasie van skape.
Die spons proses vir sinchronisasie van skape. Algemene inligting: Handdekking Met handdekking word spesifieke ooie met spesifieke ramme onder toesig gepaar. Ooie kan met behulp van sinchronisasie middels
Nadere informatieFAKTORE EN VEELVOUDE
FAKTORE EN VEELVOUDE Ons gaan nou na n paar stukkies teorie kyk in verband met Natuurlike- en Telgetalle. Voltooi: 3 X 1 = 3 X 2 = 3 X 3 = 3 X 4 = 3 X 5 = Ons sê dus dat 3, 6, 9, 12 en 15 VEELVOUDE is
Nadere informatieDie horisontale as verteenwoordig die invoerveranderlike en die vertikale as die uitvoerveranderlike, en die twee asse sny by n gesamentlike nulpunt.
As jy na die volgende getal- masjien kyk: y = x +, sal jy sien wanneer ons verskillende waardes vir x invoer, ons elke keer n ander waarde sal hê vir y. Met ander woorde, gestel ons voer die volgende waardes
Nadere informatieHandleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur
Handleiding 11 Belangegroepbestuur 1 11.1 INLEIDING Die kerk het n hele paar belangegroepe wat in ag geneem word, wor, en waarmee daar gereeld gekommunikeer moet word. Die kommunikasie met elk van hierdie
Nadere informatieKLASTOETS GRAAD 11. LEWENSWETENSKAPPE: HOOFSTUK 12 Toets 6: Die mens se invloed op die omgewing
KLASTOETS GRAAD 11 LEWENSWETENSKAPPE: HOOFSTUK 12 Toets 6: Die mens se invloed op die omgewing PUNTE: 50 TYD: 1 uur INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Beantwoord AL die vrae. 2. Nommer die antwoorde korrek volgens
Nadere informatieKodes vir Afkeurredes
KONTAK HENRYSTRAAT 118 STREET WESTDENE BLOEMFONTEIN 9301 POSBUS 12051 BRANDHOF 9324 TEL 051 448 6084 051 448 6085 Kodes vir Afkeurredes minimum rasstandaarde-skedule B FAKS 051 448 6327 0861 BONSMARA 0861
Nadere informatieDOMSIEKTE. Oorsake van domsiekte
DOMSIEKTE Wanneer domsiektegevalle in n kudde voorkom, is dit die eerste waarskuwing dat iets radikaal met die voeding en/of bestuur van die kudde as geheel verkeerd is (Henderson, 1990). Die risiko vir
Nadere informatieLes Plan Twee. Habitats
Les Plan Twee Habitats KRITIEKE UITKOMSTE KU #1: Identifiseer en los probleme op op 'n manier wat getuig daarvan dat kritieke en vindingryke denke gebruik is om verantwoordelike besluite te neem. KU #7:
Nadere informatieDrastiese verhoging in speenpersentasie is moontlik met lamhokke
Drastiese verhoging in speenpersentasie is moontlik met lamhokke Hoë lamvrektes word allerweë as n knelpunt in die kleinveebedryf beskou en is een van die belangrikste oorsake van die lae winsgewendheid
Nadere informatieRisikoprofielsamestelling op SanPort ipad- app
Risikoprofielsamestelling op SanPort ipad- app RISIKOPROFIELSAMESTELLING KAN NOU OP DIE SANPORT IPAD- APP GEDOEN WORD. DIS BESKIKBAAR VIR ALLE SANLAM- TUSSENGANGERS MET IPADS. Die nuwe risikoprofielsamestelling
Nadere informatieTEMA : HOE BOER EK INTENSIEF OP N HOE LYK DIE OMGEWING?
CMW Lei..Ander volg CMW Leads..Others follow KUDDE BESTUUR CMW Giepie Calldo Nationale Bestuurder: Wol Tegniese Velddienste en Skaap&Woldeskundige Noord Kaap RPO TEMA : HOE BOER EK INTENSIEF OP N EKSTENSIEWE
Nadere informatieAlgemene vrae - skenkers
~ 1 ~ Algemene vrae - skenkers 1) Hoeveel embrio s sal my koei gee per spoeling? Hierdie vraag is onmoontlik om te antwoord. Ons rekord vir die meeste embrio s van n enkele spoeling was 65 graad 1 s van
Nadere informatieBESTUURSINLIGTING VOORUITSIGTE VIR GRAANGEWASSE LYK GOED. Posbus 1615 Bethlehem, 9700 Tel/Faks: (058)
54 September Februarie 2002 Posbus 1615 Bethlehem, 9700 Tel/Faks: (058) 303 9640 VOORUITSIGTE VIR GRAANGEWASSE LYK GOED Die wisselkoers is nie die enigste rede vir die volgehoue styging in graanpryse nie.
Nadere informatieANDRIES VAN DER POLL KLIPDRIFT MALMESBURY
ANDRIES VAN DER POLL KLIPDRIFT MALMESBURY AGTERGROND Gebore 1972 in Vredendal. Word groot op Molsvlei, kommunale plaas in dorre Namakwaland. Verwerf Landbou Diploma op Kromme Rhee 1992. Eerste vaste werk
Nadere informatieGROENVOER HEELJAAR OOR VOER-BOER WAT KAN VOER-BOER DOEN VIR JOU
GROENVOER HEELJAAR OOR VOER-BOER Voerboer is n maklik, tog goedkoop oplossing teen duur voerpryse van vandag. Droё saad word gespruit binne 6 dae en word omskep in n Hoё- Proteïen en Uitmuntende Voedsame
Nadere informatieINDIVIDUELE LEKINNAME BEPAAL ALGEHELE KUDDEPRESTASIE
INDIVIDUELE LEKINNAME BEPAAL ALGEHELE KUDDEPRESTASIE Strategiese byvoeding van skape is geregverdig solank dit produsente help om meer wins te maak. Hedendaagse dierevoeding streef na voedingstofaanvulling,
Nadere informatieVolgens die nuutste statistieke
Seleksie met behulp van die Logix Koeiwaarde Seleksie-indeks in twee Nguni-kuddes Deur Michiel van Niekerk Volgens die nuutste statistieke is daar ongeveer 25 000 kommersiële vleisbeesboere in die land.
Nadere informatieLes 14: Entrepreneurskap
Les 14: Entrepreneurskap Aktiwiteit Beantwoord die volgende vrae deur die regte kolom te merk Altyd Gereeld Soms Nooit A Dryfkrag en motivering 1. Ek is nie seker wat ek van die lewe dink nie. 0 1 2 3
Nadere informatieHANDLEIDING VIR OPTIMALE SKAAPBOERDERY IN EKSTENSIEWE GEBIEDE
HANDLEIDING VIR OPTIMALE SKAAPBOERDERY IN EKSTENSIEWE GEBIEDE deur Juan Venter en Gawie van Wyk NWKV INHOUDSOPGAWE Bladsy 1. Ram-aankope 2 2. Koggeltyd 3 3. Rambestuur 4 4. Ooibestuur in paartyd 7 5. Dragtigheidsperiode
Nadere informatieHANDLEIDING VIR OPTIMALE SKAAPBOERDERY VRYSTAAT EN NOORD-OOS KAAP. J.L. Venter
HANDLEIDING VIR OPTIMALE SKAAPBOERDERY VRYSTAAT EN NOORD-OOS KAAP J.L. Venter INHOUDSOPGAWE Bladsy 1. Algemene Rambestuur 2 2. Bestuur van Ramme tydens paartyd 3 3. Ram aankope 4 4. Rambestuurspraktyke
Nadere informatieWiskunde Vraestel 1 Vrae Wiskunde Vraestel 1: Vrae. Kopiereg voorbehou
Wiskunde Vraestel 1: Vrae 1 Vraag 1 1.1 Los die volgende op vir x, korrek tot twee desimale plekke waar nodig. 1.1.1 x ( x + 5) = 1.1. 1.1. x < 0 x + 1. 1..1 Los gelyktydig op vir x en y as x y = 1 en
Nadere informatieTAAK 3: BEVOLKINGSTRUKTUUR (BL )
Monaco Mongolië TAAK 3: BEVOLKINGSTRUKTUUR (BL.158-164) VRAAG 1: WAT DUI DIE GEBOORTESYFER EN STERFTESYFER VAN N LAND VIR ONS AAN? Die geboortesyfer dui die aantal geboortes per 1000 mense per jaar aan.
Nadere informatiegroot spronge koeie, of NIE dit tog korrek en betyds en die geslagsiekte Sou BULLE bespaar koste vir u, DIE September op dae
LENTE NUUSBRIEF 2012 Dit is die begin van n nuwe teelseisoen met die moontlikheid om HIERDIEE JAAR groot spronge vorentoe te gee met die beeskudde. Die kombinasie van bul en koei lewer tog die kalf, wat
Nadere informatieHoofstuk 5: Ekonomiese sektore
Hoofstuk 5: Ekonomiese e 1 Drie Ekonomiese e Die drie ekonomiese e verwys na die verskillende stadia waardeur produkte gaan van: die ontginning van die grondstof (primêre ) na die vervaardigingsproses
Nadere informatieMEGA VEILING Woensdag H00 Hochfeld, Namboerkrale
HART 07-64 MEGA VEILING Woensdag 21.09.11-13H00 Hochfeld, Namboerkrale ERH 08-0015 ERH 08-0015 is n bul wat ek self geteel het uit ERH 04-0007 en ERH 05-0070. Hier het my telingkombinasie baie goed gewerk
Nadere informatieWiskundige Geletterdheid. Data Hantering. Opsomming van Data. Kwartiele
Wiskundige Geletterdheid Data Hantering Opsomming van Data Kwartiele Let wel: KAPV vereis slegs die interpretasie van kwartiele (houer-en-punt stippings). Ek sluit egter die teken van die houer-en-punt
Nadere informatieAnalise van arbeid en kapitaal in die aartappelproduksieproses
Analise van arbeid en kapitaal in die aartappelproduksieproses Artikel: Pieter van Zyl, Aartappels SA Aartappelproduksie is beide arbeid- en kapitaalintensief. Sedert 1 Maart 213 (minimumloon verhoog met
Nadere informatieOpgradering van Oracle PeopleSoft Studente-, Finansies-, HR- en CRM- stelsels. 1. Agtergrond
Opgradering van Oracle PeopleSoft Studente-, Finansies-, HR- en CRM- stelsels Deur Inligtingtegnologiediens Gepubliseer op 02 Mei 2012 1. Agtergrond Die onlangse opgradering van die bogenoemde IT-stelsels
Nadere informatie4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30
4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30 Tema Die goeie Herder hou al sy skape veilig in sy hand. Agtergrond en interpretasie Kyk weer na Agtergrond en interpretasie by Ontmoeting 1, asook na die aantekenings
Nadere informatie2016 SACAI-WINTERSKOOL LANDBOU- WETENSKAPPE NOTAS
2016 SACAI-WINTERSKOOL LANDBOU- WETENSKAPPE NOTAS 1 Voeding en Voere : Berekenings Koëffisiënt van verteerbaarheid ; Dit is n maatstaf van die verteerbaarheid van die droë voer en word uitgedruk in n persentasie
Nadere informatie2017 SACAI-WINTERSKOOL LEWENS- WETENSKAPPE NOTAS
2017 SACAI-WINTERSKOOL LEWENS- WETENSKAPPE NOTAS GRAAD 12 Die eksamen sal bestaan uit twee vraestelle van 2 ½ uur en 150 punte elk. Die gewig en die beoordeling van die onderwerpe in Vraestel 1 en Vraestel
Nadere informatieLewensoriëntering Vraestel 12 Graad 6 Totaal: 35
Lewensoriëntering Vraestel 12 Graad 6 Totaal: 35 Vraag 1 GROEPSDRUK Vul die ontbrekende woorde in. 1. Hierdie scenario is n voorbeeld van en groepsdruk vind hoofsaaklik plaas tussen mense van dieselfde
Nadere informatieVOEDING EN SPYSKAARTBEPLANNING
VOEDING EN SPYSKAARTBEPLANNING Indien voedsel aan kleuters verskaf word, moet die daaglikse spyskaart vertoon word. Spyskaarte se samestelling moet voedsame maaltye aan die kinders verskaf. Voedselvoorbereiding
Nadere informatieRAMSEM K.I. & EMBRIOSENTRUM
RAMSEM K.I. & EMBRIOSENTRUM 1 RAMSEM bied sedert 1985 n voltydse en volledige reproduksiediens aan die SA Kleinveetelers. Die volgende basiese dienste word aangebied: 1. Bevriesing en bemarking van ramsemen.
Nadere informatieRESPECT 4 U. L e s 1. Jou vermoëns en sommige van jou verwagtinge en drome indentifiseer
WIE KIES EK OM TE WEES? WAT KIES EK OM TE WEES RESPECT 4 U Gedurende hierdie les sal jy: Leer oor die RESPEK vir jouself program en jou ontmoet onderwyser ontmoet Maniere identifiseer om RESPEK te wys
Nadere informatieVoorgrond- Agtergrond Voorgrond-agtergrond is die vermoë om voorwerpe op die voorgrond en agtergrond waar te neem en hulle sinvol te skei.
Voorgrond- Agtergrond Voorgrond-agtergrond is die vermoë om voorwerpe op die voorgrond en agtergrond waar te neem en hulle sinvol te skei. Voorgrond-Agtergrond Wat is voorgrond-agtergrond? Dit is die vermoë
Nadere informatieDIE KEUSE VAN DIE KORREKTE LEK AANVULLING IS BAIE BELANGRIK VIR OPTIMALE DIEREPRODUKSIE
DIE KEUSE VAN DIE KORREKTE LEK AANVULLING IS BAIE BELANGRIK VIR OPTIMALE DIEREPRODUKSIE Die hoof oogmerk van lek aanvulling is om n tekort of tekorte aan voedingstowwe wat mag voorkom in weiding of ruvoere
Nadere informatieSomer. Winter. Behoefte. Fosfaat Voorsiening. Okt. Okt
Somer Winter Behoefte Fosfaat Voorsiening Okt Okt Die belangrikheid van Mikrominerale vir dieregesondheid Kleiner hoeveelhede in finale lek, maar word oral in die liggaam benut Essensiële spoorminerale:
Nadere informatieOpskrif: Lekaanvulling in die winter en die kafeteriastelsel
Opskrif: Lekaanvulling in die winter en die kafeteriastelsel Vraag een op Landbouforum: My beeste (veral koeie met klein kalfies) is nie in 'n goeie toestand nie. Ek wil hulle aanvullende lek gee sodat
Nadere informatieJou brein fokus op oorlewing. Wat het dit met gesonde eetgewoontes te make?
Jou brein fokus op oorlewing Wat het dit met gesonde eetgewoontes te make? Jy het n oorlewingsbrein Jy het jou brein oorgeërf van mense wat oorlewe het. Daarom is jou brein op oorlewing ingestel. Jy mag
Nadere informatieDit is 'n staafgrafiek wat vertikaal rangskik is. Dit toon die verspreiding van 'n bevolking volgens ouderdom en geslag. Gewoonlik is die jonger
Dit is 'n staafgrafiek wat vertikaal rangskik is. Dit toon die verspreiding van 'n bevolking volgens ouderdom en geslag. Gewoonlik is die jonger ouderdomme aan die onderkant van die grafiek. Data oor mans
Nadere informatieLees en Leesgereedheid
Lees en Leesgereedheid Leesgereedheid Dit is belangrik dat voordat met formele lees begin word om seker te maak dat u kind wel leesgereed is. Visuele en ouditiewe diskriminasie speel n uiters belangrike
Nadere informatieAntieke Egipte en die Nylrivier
Eenheid 2 Leergids 1 Antieke Egipte en die Nylrivier Doelwitte Leer wie die antieke egiptenare was. Leer wanneer en wanneer die antieke Egiptenare geleef het. Leer van tyd, kronologie en tydlyne. A. Basiese
Nadere informatieHUISWERKRIGLYNE - INTERSENFASE: GR
HUISWERKRIGLYNE - INTERSENFASE: GR. 4 2015 Doel: Die koördinering en monitering van alle graad 4-huiswerk op n daaglikse basis. Duidelike kommunikasie vanaf die graad 4-onderwysers aan die leerders, en
Nadere informatieToets: Tegnologie en die Ontwerpproses
1 Afdeling A: Lees die vrae hieronder en omkring die regte opsie(s): 1. Watter van die volgende stellings is nie waar nie? (1) a) n Voordeel van tegnologie is dat diens gewoonlik verbeter word. b) n Voorbeeld
Nadere informatieInleiding Tot Die Jagluiperd
Les Plan Een Inleiding Tot Die Jagluiperd KRITIEKE UITKOMSTE KU #1: KU #2: KU #3: Identifiseer en los probleme op en maak besluite deur van kritieke en vindingryke denke gebruik te maak. Werk effektief
Nadere informatieOEFENVRAESTEL VRAESTEL 1
OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1 WISKUNDE GRAAD 10 TOTAAL: 100 PUNTE INSTRUKSIES 1. Hierdie is SLEGS n oefenvraestel met voorbeelde van die tipe vrae wat in n Gr 10- jaareindvraestel verwag kan word. Dus is daar
Nadere informatieHoe maak ek meer wins uit bees- boerdery? Benut geleenthede Waardetoevoeging Geleentheidsvoerkraal Toekomsvisie Samevatting
Geleentheidsvoerkraal Dr. Jasper Coetzee (0833 86 83 82 & jasperco@iafrica.com) Hoe maak ek meer wins uit bees- boerdery? Benut geleenthede Waardetoevoeging Geleentheidsvoerkraal Toekomsvisie Samevatting
Nadere informatieMEMORANDUM GRAAD 10 VOORBEELD Lewenswetenskappe - V 2
MEMORANDUM GRAAD 10 VOORBEELD 2006 Lewenswetenskappe - V 2 2 AFDELING A 1.1 1.1.1 A 1.1.2 B 1.1.3 D 1.1.4 C 1.1.5 B 1.1.6 D 1.2 1.2.1 Kompetitsie 1.2.2 Habitat 1.2.3 Fungi/bakterieë 1.2.4 Indringer/Eksoties
Nadere informatieSONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk
SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk Doel van les: Voordat ons kan leer van ons nuwe identiteit in Christus, moet ons eers stil staan by wat Christus vir ons kom doen het. Vandag gaan ons gesels
Nadere informatieLes 7: Uitdagings vir die Suid-Afrikaanse ekonomie
Les 7: Uitdagings vir die Suid-Afrikaanse ekonomie Lees die volgende stuk aandagtig deur en beantwoord die vrae: hierdie mense is woonagtig in ses lande naamlik China, Indië, die VSA, Indonesië, Brasilië
Nadere informatieKliënte kommunikasie - Begroting 2016
Kliënte kommunikasie - Begroting 2016 Die 2016 Begroting is uiteindelik verby en die spekulasie oor wat dit sou behels het nou plek gemaak vir besprekings oor of dit genoeg gaan wees. In die geheel gesien
Nadere informatieSKOOL Eksamen - Gr 7 - EBW 3 Desember 2010
SKOOL Eksamen - Gr 7 - EBW 3 Desember 2010 Les 12, 13, 14 & 16 Tyd: 120 min Totaal: 100 NAAM: Instruksies: 1. Vul eerstens jou naam en van op die vraestel in. 2. Lees jou vrae noukeurig voordat jy antwoord.
Nadere informatieGRAAD 11 WISKUNDE DERDE VRAESTEL NOVEMBER 2009
Province of the EASTERN CAPE EDUCATION NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 WISKUNDE DERDE VRAESTEL NOVEMBER 2009 PUNTE: 100 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye, diagramvel en formuleblad.
Nadere informatieGRAAD 7 SOSIALE WETENSKAPPE
GRAAD 7 SOSIALE WETENSKAPPE WAT IS SOSIALE WETENSKAPPE? Die vak Sosiale Wetenskappe bestaan uit Geskiedenis en Geografie. Beide Geskiedenis en Geografie moet gedurende elke kwartaal van die skooljaar onderrig
Nadere informatieLeemte in Suid-Afrikaanse lewens- en ongeskiktheidsversekering is steeds benard
Mediaverklaring Vereniging vir Spaar en Belegging in Suid-Afrika (ASISA) 17 November 2010 Leemte in Suid-Afrikaanse lewens- en ongeskiktheidsversekering is steeds benard Sowat 160 000 Suid-Afrikaanse inkomsteverdieners
Nadere informatieDORMER SKAAPTELERSGENOOTSKAP VAN SA. REëLS VIR DIE AANBIEDING VAN DORMER VEILINGS
B l a d s y 1 DORMER SKAAPTELERSGENOOTSKAP VAN SA REëLS VIR DIE AANBIEDING VAN DORMER VEILINGS Inleiding 1. Dormer stoetveilings kan onder die volgende kategorieë geklassifiseer word: a. Produksie-, Promosie-,
Nadere informatieWillem Burger, Departement van Landbou: Wes-Kaap, Landbou-Ekonoom, Program Ondersteuning van Landbouers, Eden Distrik, George
DIE EKONOMIE VAN LUSERN VERBOUING IN DIE KLEIN KAROO Willem Burger, Departement van Landbou: Wes-Kaap, Landbou-Ekonoom, Program Ondersteuning van Landbouers, Eden Distrik, George 1. INLEIDING Lusern produksie
Nadere informatieLAMHOKLAMSTELSEL IN PERSPEKTIEF
LAMHOKLAMSTELSEL IN PERSPEKTIEF Dr. Jasper Coetzee Pr.Sci.Nat. (Anim.Sci.) Ph.D. (Agric.) Stell. Professionele Veekundige (400328/83), Skaapvoeding- en Bestuurspesialis Konsultant jasperco@iafrica.com
Nadere informatieElektriese Stroombane
Elektriese Stroombane Definisie BEGRIP Elektriese Stroombaan Sel en Battery (Bron) Geleier Skakelaar Stroombaandiagram Serieverbinding Parallelverbinding Potensiaalverskil of Spanning Stroom Weerstand
Nadere informatieSA INKOMSTEVERDIENERS MET R MILJARD ONDERVERSEKER VIR DOOD EN ONGESKIKTHEID
Mediaverklaring Vereniging vir Spaar en Belegging in Suid-Afrika (ASISA) 1 November 2016 SA INKOMSTEVERDIENERS MET R28 800 MILJARD ONDERVERSEKER VIR DOOD EN ONGESKIKTHEID Die gesinne van Suid-Afrika se
Nadere informatieDr. G.M. Ferreira (BVSc. M.Med Vet Bov) Veearts/Veterinarian. (Produksiedier Spesialis) Potchefstroom.
BK/CC 23/51339/23 Dr. G.M. Ferreira (BVSc. M.Med Vet Bov) Veearts/Veterinarian. (Produksiedier Spesialis) Potchefstroom. Tel: (18) 285-1156. Sel: 79-9615651. Posbus 62, Baillie Park 2526. Geleë te Hadeda
Nadere informatieDit verg net n paar minute om n groot verskil te maak!
Hoe kan ons ons babas ondersteun terwyl hulle leer? Babas word gebore met die wil om te leer. Selfs klein babatjies gebruik hulle sintuie om die wêreld om hulle te verken. Ouers, sorggewers en VKO-praktisyns
Nadere informatieKLASTOETS GRAAD 11. LEWENSWETENSKAPPE: HOOFSTUK 10 EN 11 Toets 5: Diversiteit van diere in Suid-Afrika en biogeografie
KLASTOETS GRAAD 11 LEWENSWETENSKAPPE: HOOFSTUK 10 EN 11 Toets 5: Diversiteit van diere in Suid-Afrika en biogeografie PUNTE: 40 TYD: 1 uur INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Beantwoord AL die vrae. 2. Nommer
Nadere informatieCredo Musiekteorie-opleidingsprogram GRAAD 1 Deur S. J. Cloete
- 8 - Credo Musiekteorie-opleidingsprogram GRAAD 1 Deur S. J. Cloete L.1 INHOUDSOPGAWE BLADSY 1. Notebalk... 8 2. Toonhoogte... 9 3. Sleuteltekens... 10 4. Lettername van lyne en spasies in die diskantsleutel...
Nadere informatie