Tema: Laat skyn die heerlikheid van God in jou lewe met genade (liefde) EN waarheid!

Vergelijkbare documenten
Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Tema: God gee die blydskap van die ewige lewe aan diégene wat in ons boodskap van Jesus Christus glo!

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Tema: Troos mekaar met Christus se lewe en sterwe, die bron van ons hoop in lewe en dood.

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

Tema: Dra die vrug van die Gees om meer soos Christus te word. Vooraf sang Sb 9 4: 1,2,3,4 Sb 14 1: 1,3

Jesaja sien die Toekoms

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

Woorddiens Skriflesing: Jakobus 1: 1 8; Jak. 4: 1 5; Jak. 5: Teks: Jakobus 4: 2b en 5: 16 Belydenis: HK vr. 116 en 117 Woordverkondiging

Preek Genesis 1:27. (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 6 November 2016)

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

Tema: Die doop teken ʼn prentjie en verseker jou van wat God vir jou doen en nie van wat jy vir God doen nie.

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

Tema: God is blydskap en Hy maak ons in Christus ook bly! Lofprysing ter voorbereiding van die erediens Ps : 1, 2 Lied 571: 1, 4

n Tempel Leier besoek Jesus

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

Goeie Konings, Slegte Konings

Baie welkom by vanoggend se erediens. Doen asb moeite om ander mense rondom jou te groet

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

Aanbieding 1 Agtergrond. Skrywer van 2 Petrus

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het.

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)?

Preek Romeine 1:16-17

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

Tema: God het ons lief en daarom gaan dit altyd goed met ons.

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

Dr AH Bogaards. 1. Inleiding Wat is eensaamheid? Lees: Mt.27: Teks: Mt.27: Datum: 18 Oktober 2015

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Welkom by Die Storie God se storie

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

Preektema: Die doop is n genadedaad van God aan sondaarmense.

Preek Handelinge 15:11 en Efesiërs 2:8

Preek Romeine 6:3-4. (Preek tydens erediens in Gereformeerde Kerk Welkom-Noord op Sondag 25 Junie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

Tema: Prys die Here vir tweede kanse met jou hele lewe. Vooraf sang Lied 188: 1,3 Lied 200:1,2

14. Ek glo my sondes word vergewe 1 Johannes 1:5 2:2

SKRIFLESING: Jesaja 6. TEKS: Jesaja 6:3 HK 8. Voor die drie-maal heilige God buig ons laag. Psalm 99 : 1, 2. Psalm 81 : 11, 12

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

Skriflesing: 2 Tim 2:14-26(word gelees deur gemeentelede uit die banke)

Meer Jesus Meer Liefde Meer Dissipels. Leierskap Strukture

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

23. Reëls vir die pad die padgebruikers

Preek oor: Wat doen die Heilige Gees? Die Heilige Gees laat die wedergeboorte plaasvind

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap.

LITURGIE VIR N OOP GESPREK

Die Groot Gebod dennis de wet

Preek 2 oor gesag (vyfde gebod)

Preek God se genade voed jou op om onberispelik te wees

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

Geroep vir Gemeenskap

Tema: Bely jou geloof in Christus te midde van baie stemme wat Hom ontken.

Ontdek God Saam. (v 1.0) n Riglyn om nuwe groepe te lei

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

Van Vervolger tot Prediker

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

INHOUDSOPGAWE. Voorwoord Doen God al die skuifwerk hier op aarde? God se genade bepaal sy planne God se meesterplan...

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

Jesus - Die Grootste Geskenk van Alle Tye - Reformation Society

Heilig, heilig, heilig, heilig is die Heer. Eng'le in die hemel buig hul voor Hom neer. Here, hoor my bede, hoor my as ek sing, en aan U, my Vader,

SKRIFLESING: Romeine 8:31-39 (AV 1983) TEKS: Romeine 8:32b. Skrifberyming 24 (1-1) : 3. Psalm 62 : 4 (na gebed) Psalm 93 : 1, 4

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3.

D O O P. Die doop van bekeerlinge is n kardinale deel van ons redding, wat ons nie kan uit die weg stoot of verontagsaam nie.

Die Kerk se Geboorte

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

sodat jy n gestuurde van die Here kan

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

Preektema: God bring ons uit die lykshuis, skenk geloof om te leef tot sy eer! Skriflesing: Efesiërs 2:1-10

Baie welkom by vanoggend se erediens

Skriflesing: Esegiël 47 Tema: God se nuwe lewe vloei deur ons na mekaar en na die res van die wêreld.

Tema: Leef jou geloof uit in n persoonlike verhouding met God.

Dankoffersondag met Nagmaal 4 November

Tema: Leef eerlik en met ʼn skoon gewete want God ken alles ook jou geheime.

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

1 KORINTIËRS 13:12. Ook: Sb 18-8 (30) : 4, 5

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê.

Transcriptie:

1 Tema: Laat skyn die heerlikheid van God in jou lewe met genade (liefde) EN waarheid! Lofsang ter voorbereiding van die erediens Sb 1-3: 1, 2, 3 (Mel: Ps. 128) Lied 167: 1, 2 Ontmoetingsdiens Intreelied Lied 155: 1, 2, 3 Votum Seën Loflied Sb 2-4: 1, 3 Geloofsbelydenis: NGB artikel 20 Verootmoedigingsdiens Wet uit Psalm 15 Sing Ps. 86-1: 6, 8 Gebed Woorddiens Skriflesing: Johannes 1: 1-18 Teksvers: Johannes 1: 14 Sing Sb 4-8: 1, 2 (Mel: eerste mel) Woordverkondiging Antwoorddiens Bevestiging van ouderlinge en diakens; Sing Ps. 134-2; 2 Liefdegawes Gebed vir Bediening na Buite (Suid-Sudan) Sing Sb 3-2: 1, 2, 5, 6 (Mel: Sb 18-6) Seën Amenlied Sb13-2.

2 Geliefde brs en srs en liewe kinders Hoe beleef jy God in jou verhouding met Hom? Ervaar jy God as ʼn liefdevolle en vergewende God of as ʼn kwaai pa wat net kyk wat jy verkeerd doen en met jou raas? Kom ek stel dit so vir die ander van ons wat meer verstandsmense is: hoe sien en dink jy oor God? Sien jy God as regverdige God wat hou by die waarheid of sien jy God as ʼn barmhartige God wat sonde oorsien? Dis tog vreemd dat ons as mense wil kies tussen die twee eienskappe van God. Sommige wil God sien net as ʼn genadige en liefdevolle God wat my sonde vergewe en ander hou weer van God as God van die waarheid wat sy wil en wette voorhou en ons moet daarby hou. Dit is asof daar by ons mense en in ons denke oor God spanning bestaan tussen genade en waarheid. Dit voel vir ons die twee kan nie saam loop nie! Genade sluit waarheid uit of waarheid kan nie genade betoon nie! Johannes sê egter dat hulle as dissipels en almal wat Christus gesien en geken het, al twee hierdie heerlike, wonderlike eienskappe van God in volle en oorvloedige mate in Christus gesien en beleef het! Ons teks leer dat Christus God die Vader aan ons kom wys het (kom openbaar het) en wat Hy kom wys het is nie net een kant of een aspek van God nie! Nee, in Christus openbaar God Homself in volle mate as genadige en liefdevolle God EN as die God van waarheid wat sy wil aan mense voorhou en verwag dat mense dit moet naleef! En daarom leer die Here ons vanmore dat ons dieselfde heerlikheid van God moet laat skyn in ons lewe met genade EN en met waarheid. Mense moet ook al twee hierdie wonderlike eienskappe van God in ons lewe sien soos die dissipels dit in Christus se lewe gesien het. Natuurlik gaan ons dit nie in volle mate kan doen soos Jesus nie, maar dit is wat Hy aan ons gegee het en so moet ons ook lewe! God se genade EN waarheid moet in ons lewe sigbaar word! Die vraag is: hoekom is vir ons as mense spanning tussen genade en waarheid? En die antwoord is: omdat ons die heerlike, volle beeld van God gedeeltelik verloor het met die sondeval! Ons kan nou nie meer ten volle wees soos God nie. Dit is nou vir ons moeilik om te verstaan dat God ʼn God van genade en vergifnis is en tog terselfdertyd die God van waarheid wat sonde straf! Genade en waarheid lyk vir ons soos die twee spore van ʼn spoorlyn wat net nooit bymekaar kan kom nie! Een voorbeeld van so ʼn spanning is die vraag waarmee baie mense worstel naamlik: hoe kan God sommige mense vergewe maar ander mense vir ewig met die hel straf? Dit voel vir ons dit bots: of God moet alle mense vergewe of God moet alle mense straf! Dit klink regverdig maar genade en waarheid in een asem klink nie regverdig nie!

3 Dit blyk selfs as gevolg van ons persoonlikhede so te wees dat sommige mense geneig is om als in liefde te vergewe en vergeet terwyl ander onwrikbaar staan op die waarheid van ʼn saak en dat reg moet geskied. Ons sien dit ook in die manier waarop ouers hulle kinders grootmaak. Die een ouer is streng en hou by die reëls en die ander ouer sien maar die kinders se foute oor en probeer net die vrede bewaar. Selfs kerke kies tussen dié twee: in sommige kerke word om liefdeswil alles verduur terwyl in ander kerke die waarheid onwrikbaar afgedwing word. ʼn Mens sien ook iets hiervan met die verkiesing van Donald Trump as president van Amerika en die afgelope week ook met sy inhuldiging. Die Demokrate en Obama word gesien as die liberale party wat alles toelaat en Trump en die Republikeine word gesien as konserwatief en wat volgens sekere beginsels gaan optree en nie alles gaan toelaat wat in die verlede toegelaat is nie. Daarom ook die ongekende geweld en protesoptredes met Trump se inhuldiging. Maar, brs en srs, wanneer ons egter kies vir een van die twee en die ander een nalaat, is ons nie meer met God besig nie - dan skep ons vir onsself ʼn eie god of afgod. God is nie net die een of die ander nie! Christus het juis kom toon dat God vol van genade EN waarheid is. In God se lewe en bestaanswyse is daar geen spanning tussen genade en waarheid nie want God leef in volmaakte heerlikheid. So het Hy Homself reeds van die begin af in die Ou Testament aan die mens geopenbaar. Onthou julle nog toe Moses die Here wou sien en wat God Hom geantwoord het? Ons lees in Eks 34:5 8: 5 Die Here het in n wolk afgekom en daar by Moses kom staan en die Naam die Here uitgeroep. 6 Terwyl Hy by Moses verbygaan, roep die Here: Ek, die Here, is die barmhartige en genadige God, lankmoedig, vol liefde en trou. 7 Ek betoon my liefde aan geslagte en geslagte. Ek vergewe ongeregtigheid, oortreding en sonde, maar Ek spreek niemand sonder meer vry nie. Ek reken kinders en kleinkinders die sondes van vaders toe selfs tot in die derde en vierde geslag. 8 Moses het toe vinnig gebuig in eerbied In Christus het God vir ons die twee lyne saamgebring en in Hom kom daar versoening in die oënskynlike spanning tussen genade en waarheid. Christus kom leef vir ons die volheid van God se genade en liefde deur die manier waarop Hy volkome volgens die waarheid en die wil van sy Vader leef. In sy lewe toon Hy ons hoe genade en waarheid saam werk. Kom ons kyk net na een voorbeeld: die manier waarop Christus die vrou behandel wat haar man verneuk het en owerspel gepleeg het. Die Joodse leiers

4 wou haar genadeloos oordeel maar Jesus toon hoe die wet in genade toegepas word deur die vrou nie te veroordeel nie maar wat sê het vir haar: Gaan maar en moet van nou af nie meer sonde doen nie. Daar is genade en vergifnis maar dit hef nie die waarheid van God se wil op nie! En dit is presies wat God ook bewys as Hy Jesus in ons plek oor ons sonde straf! Sondaars kry genade en vergifnis by God omdat God die waarheid gehandhaaf het en ons sonde aan Christus gestraf het. Daar aan op Golgota kruis die twee lyne van die treinspoor: in Christus kom genade en waarheid bymekaar en bring dit nie meer vir ons wat in Hom glo spanning nie! Ons kry vergifnis maar moet steeds volgens die waarheid leef! Die wat egter nie in Hom glo nie veroordeel hulleself! Dit gebeur ook aan die kruis: daar is genade vir een sondaar wat saam met Christus gekruisig word, maar die ander een, wat Christus nie as Verlosser aanvaar nie, word volgens die waarheid van God se wil veroordeel! En br. en sr, ons moenie dat God se optrede oor ongelowiges by ons spanning bring nie! Dit is God se regverdige oordeel en sy regverdige genade wat Hy as God aan mense betoon en ons moet glo dat God dit in volmaaktheid regverdig doen! Wat belangriker is, is dat ons - wat nou volgens die genade en waarheid wat daar in Christus is - kinders van God geword het, dat ons ook genade EN waarheid leef! Jesus bid in Johannes 17: 22 oor ons die volgende woorde: Die heerlikheid wat U My gegee het, het Ek ook aan hulle gegee, sodat hulle een kan wees net soos Ons een is. Die heerlikheid wat God aan Christus gegee het naamlik oorvloed van genade en waarheid, het Hy ook aan ons wat in Hom glo gegee. Hy gee dit deur die werking van die Heilige Gees in ons lewe. In Joh. 14: 16 beloof het dat die Heilige Gees as die Gees van die waarheid ons in alles sal lei soos Christus ons geleer het! Dieselfde genade en waarheid leef nou in ons en ons moet deur albei God se heerlikheid in ons lewe laat skyn. Ons kan nou weer met die herstel wat Christus vir ons gebring het en die leiding van die Heilige Gees, iets van die volle beeld van God weerspieël deur met genade en waarheid te leef! Ons moet voluit vashou aan die vergifnis wat God vir ons in Christus gee vir die sonde wat ons doen en terselfdertyd moet ons voluit leef volgens die waarheid van God se wil vir ons lewe. God se vergifnis beteken nie ek kan maar aangaan en leef soos ek wil nie dan maak ons die straf wat God aan Christus gestraf het, goedkoop!

5 Maar ons kan ook nie waarheid van God se wil leef sonder om genade te betoon nie. Ons kan nie die waarheid so voorhou en afdwing asof mense nie sondaar mense is wat foute kan maak nie! En as iemand ʼn fout gemaak het en gesondig het, daardie persoon veroordeel en liefdeloos behandel nie. Br en sr, God is nie net liefde en vergifnis nie Hy handhaaf ook die waarheid van sy wil onverslap en ons moet al twee hierdie eienskappe van God aanvaar en daarvolgens lewe! Maar God is ook nie net iemand wat die waarheid van sy Woord genadeloos afdwing nie Hy betoon ook genade aan die sondaar. Hy handhaaf al twee in volkome balans en regverdigheid. Net so kinders: moet pappa en mamma reëls hê om julle ook te leer wat is reg en verkeerd. En as ek die reëls oortree dan moet ek die gevolge daarvan dra as pa en ma my streng gaan straf! En ouers: om te dink dat ʼn mens maar alles kan oorsien omdat kinders ook maar net kinders is, is nie reg nie! Dan leer ken jou kind ʼn afgod want God is nie so nie! God het ons sonde gestraf maar Hy betoon ook genade! Net soos ʼn pa en ma liefdevol sal vergewe en hulle kind sal koester as hy of sy ʼn fout maak! Maar altyd weer hulle kinders deur hulle foute leer wat die reg en goed is soos God ons altyd weer bring by die waarheid van sy Woord. So moet ons dan as gemeenskap van gelowiges in hierdie wêreld die heerlike genade en heerlike waarheid van God laat skyn. Dat ons mekaar kan vergewe maar mekaar terselfdertyd hou by die waarheid van God se Woord. So kan ek en jy God ook persoonlike belewe en sien! Ons lewe met God en met mekaar is nie ʼn keuse tussen hart en verstand nie dis albei! Die Here het my en jou ongelooflik lief! So lief dat Hy het ons sonde aan Christus gestraf het en aan ons genade betoon. Maar Hy het dit gedoen sodat ek en jy onberispelik volgens die waarheid van sy Woord sal lewe! En wat van ongelowiges, van mense wat buite die kerk staan? Hulle ervaar die kerk en gelowiges juis as mense wat oordeel en verwerp! Daarom, geliefdes, moet ons met al ons kragte, met woorde en dade teenoor hulle met genade en waarheid leef en getuig! Dit was juis hierdie wonderlike heerlikheid van Christus wat so tussen die mense geleef het, wat skares na Hom toe getrek het en mense tot geloof gebring het! Soos Christus onder mense kom woon het so moet ons onder mense van Potchefstroom leef met die heerlikheid van God vol genade en waarheid. Amen