26. Kies wysheid 1 Konings 3

Vergelijkbare documenten
4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12

Jesus as Kind Teks: Matteus 2, 13: 55-56, Lukas 2

3. Jesus oorwin versoekings Matteus 4:1-11

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

16. Die Israeliete soek ʼn koning 1 Samuel 8:1-22

Welkom by Die Storie God se storie

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

Jesaja sien die Toekoms

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

6. Ek glo in Jesus Christus Johannes 3:16-18 en Matteus 1:18-25

23. Reëls vir die pad die padgebruikers

12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15

26. Ek kies om die Here te dien Daniël 6

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

10. In Tomas se skoene Johannes 20:19-31

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën.

Debora. Wyding Sing die Temalied en doen die Stilword-ritueel soos by ontmoeting 1.

2. In die pikdonker nag. Johannes 3:1-21

n Tempel Leier besoek Jesus

Ons hoor hulle het in die land Kanaän gaan woon. (kaart) Kanaän Egipte.

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

2. Jesus eet saam met sondaars Markus 2:13-17

Paulus en sy vriende vertel ander van God

18. Leiers wissel God bly Deuteronomium 31 34; Josua 1

25. Ja, Jeremia, jy kan! Jeremia 1

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

Goeie Konings, Slegte Konings

16. Dit sal nie opraak nie 1 Konings 17

14. Ek glo my sondes word vergewe 1 Johannes 1:5 2:2

22. Reëls vir die pad die Padmaker

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

10. Ek is by julle Matteus 28:16-20

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

VADERSDAG. Een van die raadslede van die sinagoge, 'n man met die naam Jaïrus, kom toe daar aan. Net toe hy vir Jesus sien, val hy op sy

12. God se Advokaat by my Johannes 14:15-26

2. Dit is donker Johannes 8:12-13; 9:1-41

1. So iets het ons nog nooit gesien nie Markus 2:1-12

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

Pragtige Koningin Ester

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

21. Glo maak soms seer Jesaja 6

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

God eer Josef die slaaf

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Jona en die Groot Vis

Die Groot Muur van Nehemia

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

Gisteraand het dit gegaan dit oor hoe ons lewens moet wees om Jesus te volg. Watter klere ek moet aantrek.

Luister en praat. Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun?

Jona en die Groot Vis

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

9. Ek glo Jesus het opgestaan Johannes 20:1-18

Bybel vir Kinders. bied aan. Storie 6 van 60.

Van Vervolger tot Prediker

Reëls vir God se familie

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Les 2 vir 13 Oktober 2018

Woordlys. ou vrou bouvallig hout kou blou woud goue goud Louwrens Douw tou gou-gou hou jou gou flou boud. Die ou vrou en die voël wat kon praat.

Baie welkom by vanoggend se erediens. Doen asb moeite om ander mense rondom jou te groet

1 Johannes 5: /03/2014

Bybel vir Kinders. bied aan. Totsiens Farao!

22. Die Here hoor sy kinders Rigters 6:1-22

15. Baas-klaas of ouer-kind? Matteus 25:14-30

Ontmoeting 40. Welkom. Wyding. Woord. te maak, in vorms te giet en te laat droog word.)

1 Waar ek vandaan kom

Die Groot Gebod dennis de wet

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

LITURGIE VIR N OOP GESPREK

Antonieme en sinonieme

Ons hoor graag wat jy dink van hierdie boek! Gaan na soek hierdie titel en kliek op resensies. Of praat saam op Facebook by

18. Naäman word gesond 2 Konings 5

Baie welkom by vanoggend se erediens

Toe God alles gemaak het

Is jy seker dis nie n voorry nie. Ek wonder of die kinders weet wat n voorry doen.

JEUGLES - FUNAAND: Om Jesus te volg

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

Bybel vir Kinders. bied aan. Storie 24 van 60.

Stephan Joubert skryf gisteroggend in sy Goeie Nuus rubriek in Beeld: Ek wil graag by Stephan aansluit en vir jou vra: hoekom soek jy vir Jesus?

Van Vervolger tot Prediker

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Man van Vuur

Toe God alles gemaak het

14. Gereed vir God se nuwe wêreld Matteus 25:1-13

Jnr. Kategese 22 Januarie 2017 Visvang vir Jesus! Matteus 4: 12-23

Omgekeerde bewerkings Getalsinne

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3.

Verduidelik nou vir die kinders die insamelingsmetodes wat vir jul gemeente / skool sal werk.

Inhoudsopgawe. Voorwoord... 11

Lewensoriëntering Vraestel 12 Graad 6 Totaal: 35

3. Jesus praat met haar. Johannes 4:1-42. Tema Jesus is die Verlosser van alle mense en dit maak ons bly wanneer mense in Hom glo.

Transcriptie:

26. Kies wysheid 1 Konings 3 Tema Ons kies wys wanneer ons kies om aan die Here gehoorsaam te wees sodat ons die Here se mense kan help. Agtergrond en interpretasie Koning Salomo se bewind begin met ʼn opmerking dat hy hom verbind het aan die farao van Egipte deur met die farao se dogter te trou. Uit Egipte het daar baie geleerdheid (wysheid) gekom. Dié land was in Salomo se tyd een van die groot handelslande van die wêreld. Die farao s het ʼn uitgebreide administrasie en regeringswyse gehad. Egipte was ook vir sy boukuns (soos die bou van tempels) bekend. Vir ons, wat weet hoe swaar die Israeliete in Egipte gekry het en die verhaal van die uittog onder leiding van Moses ken, klink dit vreemd dat Salomo hierdie verbintenis gemaak het. Ons kan egter ook ʼn vorige tydperk herroep die tyd toe Josef deel van die regering van die farao s was en dit vir die Israeliete positief uitgewerk het. Polities was Salomo se huwelik met die farao se dogter dus ʼn slim skuif, maar vanuit ʼn geloofsperspektief het dit uiteindelik tot sy ondergang gelei. ʼn Tweede belangrike invalshoek in Salomo se verhaal is sy keuse in sy droom om so aan die Here gehoorsaam te wees dat hy die volk reg sal regeer (1 Kon 3:9). Die Here gee toe vir Salomo hierdie wysheid, maar ook rykdom en aansien. Die wysheid wat die Here vir Salomo gegee het, word verder geïllustreer deur die verhaal van die twee vroue en die baba. Wanneer ons in Salomo se skoene gaan staan, praat die verhaal met ons oor die keuses wat ons maak. Sommige keuses is die regte politieke keuse vir die oomblik, maar dit kan ons op lang termyn laat struikel. ʼn Keuse om die Here se kinders reg te behandel lyk of dit altyd ʼn goeie keuse is (Deut 30:15-20; Matt 6:24, 33). Die wysheid wat van God kom, is wysheid wat verstaan wat die wil van die Here is én wat dit laat deurwerk na ons lewe en die lewe van die mense rondom ons. God se heerskappy in ons lewe en God se geregtigheid is altyd die regte keuse vir ons as gelowiges.

Bybelgedeeltes en hoofgedagtes Bybelgedeelte (lees of vertel) Vertel 1 Konings 3:1-5 en lees vers 6-9 Lees 1 Konings 3:10-14 en vertel 15. Lees 1 Konings 3:16-28 Hoofgedagtes van die ontmoeting 1. Salomo kan kies. 2. Die Here se antwoord. 3. ʼn Voorbeeld van Salomo se wysheid. Uitkoms 1. Dink na oor die keuses wat ons maak en die gevolge wat dit kan inhou. 2. Onderskei tussen wysheid en akademiese prestasie (kennis). Hulpmiddels by die storie 1. Paneel 4. 2. Portret van Salomo. Hulpmiddels vir kleingroepvaslegging Geen.

Die storie Begin Wat dink julle is die verskil tussen wysheid en om slim te wees? (Opmerking: Om slim te wees is om baie dinge te weet en om moeilike dinge te kan verstaan; om wys te wees is om besluite oor die lewe te neem wat goed sal uitwerk.) Wanneer julle aan die Bybelse tyd dink en julle hoor die woorde Egipte en farao, bring dit goeie of slegte gedagtes by julle op? Dink aan die tyd toe die Israeliete daar as slawe gewerk het (verwys na Paneel 3). As ons nog verder teruggaan (Paneel 2 se einde) raak dit beter, want dan sien ons vir Josef in Egipte en ʼn farao wat vir hom goed was. Ons sien sy hele familie het Egipte toe getrek. Lank gelede het Egipte van die beste skole in die wêreld gehad. Dalk is dit hoekom Moses ʼn slim leier van Israel kon word. Die farao s het ook goed geweet hoe om alles in hulle land te reël. Hulle het die wonderlikste dinge gebou strukture waarna mense vandag nog gaan kyk, soos die piramides. Toe Salomo koning word, het hy iets gedoen wat vir ons vreemd klink. Die Bybel vertel reg aan die begin van Salomo se verhaal meer hiervan. Dalk is dit n soort waarskuwing wat vir ons sê: Kyk mooi wat as gevolg hiervan gaan gebeur. Hoor Moment 1: 1 Koning 3:1-9 Salomo kan kies Salomo trou met die farao se dogter en sy kom bly in Jerusalem. In daardie tyd het die mense offerplekke op hoë koppies of berge gehad. Die vernaamste offerplek was by Gibeon en koning Salomo het daarheen gegaan om vir die Here te offer. (Indien nodig, verduidelik wat offer beteken: Dit is om iets op ʼn stapel klippe te verbrand om vir die Here te sê alles behoort aan Hom en jy glo in Hom.) Hier by Gibeon droom Salomo die een nag. Kom ons lees wat in die droom gebeur het (lees v 6-9). Salomo het gevra dat die Here hom sou help om ʼn goeie koning vir die Here se volk te wees. Kom ons lees nou verder. Moment 2: Lees 1 Konings 3:10-15 Die Here se antwoord Die Here het belowe om vir Salomo meer wysheid te gee as wat enigiemand voor hom nog ooit gehad het. Verder sou die Here ook vir hom rykdom sal gee en hom ʼn belangrike man sal maak (aansien). Die laaste ding wat die Here aan Salomo belowe het, was dat hy lank sou leef as hy sou luister na alles wat die Here vir hom sê (voorskrifte en gebooie). Toe Salomo wakker word, is hy terug Jerusalem toe. Daar het hy die Here by die ark gaan aanbid en ʼn feesmaal vir al sy mense gehou. Dan vertel die Bybel vir ons hoe wys Salomo was. Een van die voorbeelde gaan oor twee vroue wat oor ʼn baba baklei het.

Moment 3: 1 Konings 3:16-28 ʼn Voorbeeld van Salomo se wysheid Twee vroue het elkeen het ʼn baba gehad. Toe daar iets slegs met hulle gebeur, het hulle vir Salomo gaan raad vra. Hulle het hulle hele storie vir hom vertel: Hierdie twee vrou het saam in een huis gebly. Net hulle twee en hulle twee babaseuntjies. Die een nag het die een vrou per ongeluk haar baba doodgelê. Toe sy besef wat gebeur het, het sy stilletjies opgestaan en haar dooie seuntjie omgeruil met die ander vrou se baba wat geleef het. Toe die ander vrou die volgende oggend die dooie baba sien, het sy besef dis nie haar seuntjie nie. Die ander vrou het egter gestry en gesê dit is ook nie haar baba nie. Koning Salomo het goed na hulle storie geluister en mooi daaroor nagedink. Toe sê hy hulle moet ʼn swaard bring en die seuntjie wat lewe middeldeur sny. Die een vrou het gesê hulle kan dit maar doen, maar die ander vrou het die koning gesmeek om die seuntjie nie dood te maak nie. Hy moes hom dan maar liewer vir die ander vrou gee. Wat dink julle het koning Salomo toe gedoen? Hy het die lewende seuntjie gegee vir die vrou wat so gesoebat het dat hy moes bly leef. Almal wat hiervan gehoor het, het geweet die Here het vir Salomo so wys maak om die regte besluite te kon neem. Dink As jy vannag in ʼn droom by die Here sou staan en Hy sê vir jou jy kan iets kies, wat sou jy kies? Sou jy ook kies om wys te wees? Leef Die Bybel help ons om te dink oor wat die belangrikste in die lewe is. Een iets wat baie belangrik is, is wysheid. Wysheid is om goed te kan nadink oor alles en dan te besluit wat die beste vir jou en ander mense sal wees.

Kleingroepvaslegging: Junior groep Welkom Groet almal hartlik. Speel die oogknip speletjie: Almal staan of sit in ʼn kring. Iemand begin eerste en knipoog vir iemand anders. Daardie een knipoog dan weer vir ʼn ander groeplid. Jy mag net een keer vir iemand oogknip. Wanneer hy of sy dit nie sien nie, is die oogknip-ketting verbreek. Niemand mag iets sê nie. Gaan aan met die speletjie totdat almal ʼn oogknip gekry het. Dié speletjie lê hierdie waarheid vas: Dis baie goed om mekaar in die oë te kyk wanneer ons mekaar groet. Wegspring Vertel saam die storie van Salomo en die twee vrou wat oor die baba baklei het. Elkeen vertel een of twee sinne. Wanneer jy sê Stop! moet iemand anders verder vertel. Gaan so voort totdat julle die storie klaar vertel het. Werksaam 1. In Spreuke lees ons baie van die wyse woorde wat Salomo self gesê en by ander wyse mense gehoor het. Lees Spreuke 1:7-9. Verduidelik vir die groep wat dit beteken. 2. Wanneer jou ouers of die mense wat vir jou sorg jou leer om vir die Here te leef en ander mense lief te hê soos die Here jou liefhet, word jy wys. Hierdie wysheid is soos ʼn krans wat jou kop versier of soos ʼn mooi kettinkie om jou nek.

Wegstuur/Huisgeloof Ons huis is ʼn plek waar ons leer om goeie besluite te neem en volgens goeie waardes te leef. 1. Lees Spreuke 1:7-19 saam. Lees weer vers 7 en gesels saam oor wat dit vir julle as huismense beteken. 2. Wat beteken dit wanneer iemand sê jy het ʼn goeie opvoeding? 3. Laat elkeen in die huis een van die spreuke in die boek Spreuke kies en sê hoekom hulle dit kies.

Kleingroepvaslegging: Senior groep Welkom Groet almal hartlik. Speel die oogknip speletjie: Almal staan of sit in ʼn kring. Iemand begin eerste en knipoog vir iemand anders. Daardie een knipoog dan weer vir ʼn ander groeplid. Jy mag net een keer vir iemand oogknip. Wanneer hy of sy dit nie sien nie, is die oogknip-ketting verbreek. Niemand mag iets sê nie. Gaan aan met die speletjie totdat almal ʼn oogknip gekry het. Dié speletjie lê hierdie waarheid vas: Dis baie goed om mekaar in die oë te kyk wanneer ons mekaar groet. Wegspring Staan of sit in ʼn kring. Gebruik die letters van die woord W-Y-S-H-E-I-D. Elkeen kry dan ʼn beurt om ʼn ander woord te noem wat hulle aan iets goed, mooi of lekker laat dink en met daardie selfde letter begin. Kyk of hulle minstens drie woorde by elke letter kan kry. Daar is plek in die werkboek waar hulle hulle woorde kan neerskryf. Wonder Maak jou oë toe en wonder oor mense wat jou help 1. Na wie toe gaan ek wanneer ek hulp met wiskunde nodig het? 2. Na wie toe gaan ek wanneer ek baie siek voel? 3. Na wie toe gaan ek wanneer ek raad met vriendskappe soek? 4. Na wie toe gaan ek wanneer iemand my vals beskuldig? 5. Na wie toe gaan ek wanneer ek ʼn groot fout gemaak het en raad soek om dit reg te maak? Werksaam Daar is ʼn paar boeke in die Bybel waarin wyse woorde opgeteken staan. Job, Spreuke en Prediker is voorbeelde van sulke boeke. 1. Verbind die sinne of frases in kolom A met die regte sinne of frases in kolom B. As jy vashaak, soek die antwoorde in Spreuke 17:1; 20:17; 22:24; 23:31; 26:20; 27:17; 12:19; 16:8; 22:1; 26:27. Kolom A Liewer min hê en reg lewe Liewer ʼn stukkie brood met vrede daarby ʼn Goeie naam is meer werd as groot rykdom, Kos wat oneerlik verkry is, smaak miskien goed Moenie saamgaan met een wat kort van draad is nie: Kolom B vriende vorm mekaar. Agterna pik hy soos ʼn slang, spoeg hy gif soos ʼn kobra. Sonder ʼn kwaadstoker hou ʼn rusie nie aan nie. val self daarin. die leuen net ʼn oomblik.

Moenie dat die wyn jou verlei as dit so rooi is, so vonkel in die beker, so lekker smaak nie. Sonder hout bly ʼn vuur nie brand nie Wie ʼn gat vir ʼn ander grawe Yster slyp yster Die waarheid hou vir altyd; maar agterna sal jy klippe kou. Dalk leer jy sy maniere aan en beland jy in lewensgevaar. as baie inkomste hê deur onreg. as ʼn huis vol kos met ʼn getwis daarby. die goeie gesindheid van ander, meer as silwer en goud. 2. Watter een van die spreuke hierbo is vir jou die belangrikste? Kleur die twee blokkies met daardie spreuk met jou gunsteling-kleur in. Wegstuur/Huisgeloof Ons huis is ʼn plek waar ons leer om goeie besluite te neem en volgens goeie waardes te leef. 1. Lees Spreuke 1:7-19 saam. Lees weer vers 7 en gesels saam oor wat dit vir julle as huismense beteken. 2. Wat beteken dit wanneer iemand sê jy het ʼn goeie opvoeding? 3. Laat elkeen in die huis een van die spreuke in jou werkboek kies en sê hoekom hulle dit kies.