Karl Barth was verleë en die nederige mens wat hy was, het geantwoord: Ja, ek ken hom. Ek skeer elke oggend sy baard.

Vergelijkbare documenten
Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

Jesaja sien die Toekoms

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

Die Kerk se Geboorte

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

WAAROM ONS AANHOU MET DIE KINDERDOOP. n Reaksie op Christo Nel se oproep tot n nuwe hervorming, en sy verwerping van die kinderdoop

Van Vervolger tot Prediker

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

Aanbieding 1 Agtergrond. Skrywer van 2 Petrus

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

SKRIFLESING: 1 Petrus 2:1-10. TEKS: 1 Petrus 2:9. God red sodat ons sal vertel. Psalm 40 : 5. Psalm 4 : 3. Skrifberyming 8 (5-3) : 2.

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)?

Baie welkom by vanoggend se erediens

Efesiërs 2: Agtergrond. Oor die stad Efese:

n Tempel Leier besoek Jesus

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het.

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

Jona en die Groot Vis

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

Van Vervolger tot Prediker

VRAE EN BESWARE WAT MENSE SOMS OOR DIE DOOP HET

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

Welkom by Die Storie God se storie

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

Skriflesing: 2 Tim 2:14-26(word gelees deur gemeentelede uit die banke)

TEKS: Handelinge 2:39 HK 27:74. Die Here se belofte geld ook vir die kinders van gelowiges

Tema: God gee die blydskap van die ewige lewe aan diégene wat in ons boodskap van Jesus Christus glo!

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

Petrus en die Krag van Gebed

Baie welkom by vanoggend se erediens. Doen asb moeite om ander mense rondom jou te groet

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

14. Ek glo my sondes word vergewe 1 Johannes 1:5 2:2

Preek oor: Wat doen die Heilige Gees? Die Heilige Gees laat die wedergeboorte plaasvind

DIE JERUSALEM RAAD Les 8 vir 25 Augustus 2018

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

6. Ek glo in Jesus Christus Johannes 3:16-18 en Matteus 1:18-25

Gisteraand het dit gegaan dit oor hoe ons lewens moet wees om Jesus te volg. Watter klere ek moet aantrek.

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 6: TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1. Ook ons liggame behoort aan die Here. Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2

Preektema: Die doop is n genadedaad van God aan sondaarmense.

SKRIFLESING: Handelinge 16: TEKS: Handelinge 16:30-31 HK 23. Wie in die Here Jesus glo, word gered. Psalm 48 : 4.

Deur Christus Alleen

Quo Vadis? EVANGELISASIEBLAD VAN DIE GEREFORMEERDE KERKE IN SUID-AFRIKA. Geregistreer by die poskantoor as nuusblad. NR.

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

Jesus - Die Grootste Geskenk van Alle Tye - Reformation Society

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

Dit is juis wat Paulus ook leer vir die gemeente in Kolosse. God hou mense vuil en onverdienstelik soos hulle is vas in sy arms.

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15

LITURGIE VIR N OOP GESPREK

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap.

Pragtige Koningin Ester

Les 1 vir 7 Oktober 2017

D O O P. Die doop van bekeerlinge is n kardinale deel van ons redding, wat ons nie kan uit die weg stoot of verontagsaam nie.

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3.

Ontdek God Saam. (v 1.0) n Riglyn om nuwe groepe te lei

Jnr. Kategese 22 Januarie 2017 Visvang vir Jesus! Matteus 4: 12-23

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

23. Reëls vir die pad die padgebruikers

Die gebed leer ons dat die kerk die eenheid in die Drie Enige God weerkaats en weerspieël.

FAKTORE EN VEELVOUDE

Jona en die Groot Vis

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

Gemeenskap. Wat is n gemeenskap? n Gemeenskap het n hoof/hoof?

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

SKRIFLESING: Jesaja 6. TEKS: Jesaja 6:3 HK 8. Voor die drie-maal heilige God buig ons laag. Psalm 99 : 1, 2. Psalm 81 : 11, 12

Jesus het aan Petrus gesê: "en as jy eendag bekeerd is, moet jy jou broeders versterk", net voor sy ontkenning (Lukas 22:32) Petrus vervul die bevel

Geroep vir Gemeenskap

Paulus en sy vriende vertel ander van God

PREEK SONDAG 12 NOVEMBER 2006

Preek Romeine 11:36. (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 26 Maart 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff

Goeie Konings, Slegte Konings

Dooppreek Mika Bogaards

Preek deur ds. Jaco van Sittert Vrydag, 14 April Skriflesing: Johannes 19:17-37 Van die eenkant na die anderkant van die kruis.

Skriflesing: Dordtse Leerreëls Hoofstuk 2 paragraaf 8 Sing- Ps. 25:4; Ps. 19:5; Ps. 23:2 volkome vrye raadsbesluit, genadige wil en voorneme van God

Transcriptie:

Handelinge 2:37-42 Vooraf Die konteks waarin ons vandag se erediens hou is drieledig: Dit is die derde Sondag van Paastyd ons fokus op Christus se opstanding Dit is Arbeidsondag ons fokus op die voorreg en verantwoordelikheid om elke dag te kan werk Dit is hierdie week die verkiesing ons fokus op ons voorreg en verantwoordelikheid om te kan stem/kies Agtergrond Ons het verlede Sondag Petrus se toespraak na die uitstorting van die Heilige Gees gelees. In die toespraak verduidelik hy aan n verwarde groep Jode wat gebeur het: God het Jesus die Here en Christus gemaak. Vaoggend lees ons die gevolg van daardie toespraak. Inleiding Karl Barth was een van die twintigste eeu se mees bekende teoloë. Hy het in Basel, Switserland gewoon en klas gegee. Hy het glo eendag op n straatkar in Basel Switserland gery. Die volgende oomblik het n toeris ook op die straatkar geklim en die twee mans het begin gesels. Barth wou by die toeris weet of hy nuut in Basel was. Ja, het die toeris geantwoord. Is daar enigiets spesifiek wat jy in Basel wil sien? was Barth se volgende vraag. Ja, het die toeris geantwoord, ek sal graag vir Karl Barth, die teoloog wil ontmoet. Ken jy hom? Karl Barth was verleë en die nederige mens wat hy was, het geantwoord: Ja, ek ken hom. Ek skeer elke oggend sy baard. Die toeris het baie opgewonde van die straatkar afgeklim en by die hotel aan iemand vertel: Ek het Karl Barth vandag se barbier ontmoet. Min wetende dat hy Karl Barth self ontmoet het en die kans gehad het om nog langer met Karl Barth te gesels. n Verspeelde kans. In die klompie verse wat ons nou gelees het, het die groepie Jode wat na Petrus geluister het hulle kans aangegryp. Hulle het nie die kans wat hulle kry verspeel nie. Alhoewel hulle hulle kans om Jesus te leer

ken as Verlosser verspeel het terwyl Jesus op aarde geleef het, gryp hulle die kans na Petrus se toespraak aan. Hierdie vier verse stel ons ook vanoggend voor die vraag of ons ons kans aangryp om Jesus as Verlosser te ken of verspeel ons dalk ons kans? Ons tema vanoggend: Reageer op God se werk. 1. God se werk Hieroor het ek verlede week in diepte gesels. Ek wil net kortliks dit weer uitlig. Petrus het beklemtoon dat God die Een was wat gehandel het. Hy het Jesus Christus mens laat word, Hy het Jesus laat kruisig. Hy het Jesus laat opstaan. Hy het die Heilige Gees uitgestort. Petrus beklemtoon dat die oor God se plan gaan om mense met God te versoen. n Plan wat God lank tevore geneem het en ook op sy tyd uitgevoer het. God het gehandel en in die proses mense gebruik in sy handelinge. Petrus vat dit in kort saam: God het Jesus Here en Christus gemaak. As ons nadink oor God se werk, dan moet ons ook besef dat ons as mense die bevoordeeldes is. God het Jesus Christus en Here gemaak vir ons; tot ons voordeel. Ons is daardeur bevoordeel. Ons het daarby gebaat. 2. Mense se reaksie Die groep Jode wat na Petrus se toespraak geluister is, is diep getref. Hulle het dadelik iets verstaan van die eerste kans wat hulle verspeel het om Jesus te ken: hulle het immers vir Jesus laat kruisig. Die tweede kans wil hulle aangryp. Daarom vra hulle dadelik vir Petrus en sy mede apostels: Wat moet ons doen? Natuurlik kan ons nie die rol van die Heilige Gees in hierdie vraag en die feit dat hulle diep getref is onderskat nie. Die Gees is immers uitgestort om Christus te verkondig en te bemiddel. Die Gees het in Christus se plek gekom en Christus se werk kom voortsit. Daarom sou die Gees heirdie mense oortuig het dat God Jesus Christus en Here gemaak het. Dit wat God in Christus en deur die Gees gedoen het vir mense, vra reaksie by mense. Petrus beskryf die reaksie in n paar opdragte: Bekeer julle Laat julle doop Laat julle red Ons het God in Petrus se toespraak leer ken as die handelende God. Die God wat doen. Tog stoomroller God nie oor mense nie. HY doen, en dan vra Hy reaksie. Dan vra Hy dat mense reageer op wat Hy gedoen het. Hulle moet iets doen. Hulle moet hulle bekeer, laat doop, laat red. Bekering kan die beste omskryf word met die term omdraai. Iemand wat tot bekering kom, slaan n heel nuwe rigting in. n Rigting heeltemal anders as die waaraan hy of sy gewoond was. As ons praat oor bekering gaan dit oor n verandering in leefstyl en optrede, sowel as in denke.

Van hierdie groep Jode word gevra om hulle teenstand teen Jesus wat gelei het tot sy kruisiging te verander en volgelinge van Jesus te word. Hulle moet anders begin dink or Jesus en daarom ook anders begin doen. Dit is wat hulle moet doen. Dit moet hulle reaksie wees op wat God gedoen het. Dit is die kans wat hulle nie moet verspeel nie. Vir ons is dit natuurlik dieselfde. Ook van ons wat die hele lydenstyd deurgegaan het, Goeie Vrydag op Christus se dood gefokus het en nou stilstaan by sy opstanding, word reaksie verwag. En ons reaksie moet dieselfde as hierdie groep Jode wees: bekering. Ons moet seker maak dat ons nie die kans verspeel nie. Ons sou kon onderskei tussen verskillende tipes bekering. Daar is die eerste bekering. Dit is die dag as n mens tot inkeer kom en daardie eerste draai na God toe maak. Dit kan n skielike, ingrypende besluit gewees het. Dit kan dalk n geleidelike ontdekking wees wat iemand maak dat hy/sy vir God kies. Hoe ook al, ons moet seker maak dat ons daardie eerste bekering ervaar het. Ons kry vanoggend weer die kans om daarvan seker te maak. Daar is ook die voortdurende bekering. Dit is om nadat jy die eerste bekering gemaak, voortdurend aanpassings te maak. Al meer en meer na God te draai en sy wil te soek. Ons kry ook vanoggend weer daardie kans. Ons kan weer ons eie verhouding met God evalueer en weer na God draai met nuwe ywer en entoesiasme. Ook hierdie kans moet ons nie verspeel nie. Doop Die doop is die inlywing in die kerk van die Here. Dit is die sigbare teken dat niemand tot bekering gekom het deel van die kerk van God word. Dit is die bevestiging van God se werk in jou lewe. Dit is bevestiging dat ons deel gekry het aan Jesus wat deur God Christus en Here gemaak is. Vir die groep Jode en vroeë kerk was dit dalk anders as waaraan ons deesdae gewoond is. Die kerk was jonk en nuut en is gevoed deur gelowiges wat tot bekering gekom het. Hulle en hulle gesinne is gedoop. Ons is meer gewoond aan babas wat gedoop word omdat hulle ouers reeds deel van die kerk is. Ongelukkig word maar selde nuwe lidmate gedoop wat as volwassenes tot bekering gekom het. Adrio Konig het by geleentheid geskryf dat n gemeente eintlik eweveel groot as klein lidmate behoort te doop. n Gemeente moet voortdurend ingestel wees om volwassenes buite die kerk in te trek. Daarom is ons eie doop, en elke doop waarvan ons getuies is, opnuut vir ons n herinnering aan God se werk in ons en ons reaksie van bekering daarop. Ons word opnuut herinner dat God die handelende persoon is wat ingegryp het in ons lewens en ons sy kerk, sy eiendom gemaak het. Laat julle red Petrus se atwoord op die Jode se vraag Wat moet ons doen? bereik n hoogtepunt met die opdrag laat julle red. Dit is die kruks van die saak. Dit is hoekom God Jesus Christus en Here gemaak het: om mense te red en te verlos. God wil versoening tussen God en mens hê.

In terme van die verhaal van die wegloop kind, wil God alle wegloop kinders weer terug hê by die vaderhuis. Dit is die doel van bekering, dit is waarvan die doop die bevestiging is: n sondaar mens wat gered is. Dit is die reaksie wat God begeer: mense wat reageer op wat God gedoen het en gered word. Ook hier kan ons mekaar maar herinner. Redding is iets wat God doen. Hy is die handelende Persoon. Ons kan maar net reageer. God het Jesus Christus en Here gemaak dit is God se dade. Hy vra van ons reaksie op wat Hy gedoen het. Hy vra bekering. 3. God se sorg As n mens reageer op God se dade, ontvang jy nog selfs meer. Hulle sondes word vergewe en hulle ontvang die Heilige Gees. En wat meer het enige gelowige nodig. Om te weet jou sonde is vergewe. Die sonde wat jy in die verlede gedoen het, die sonde wat jy nog gaan doen alles vergewe. En dit omdat God Jesus Christus en Here gemaak het. Omdat Christus die straf op die sonde gedra het. Dit is immers wat verlossing en redding beteken! Natuurlik plaas dit vir ons sonde in n heel ander lig. Iemand wie se sonde vergewe is, wil nie meer sondig nie. En dit is juis waar die Heilige Gees ook inkom. Die Gees van God maak ons kinders van God ons aanvaar Jesus as die Christus en Here en ons Verlosser. Maar die Gees van God laat ons ook leef as kinders van God. Die Gees is immers self God wat in ons woon. God sorg Hy gee sy Gees. Slot As jy die kans om jou held te ontmoet verspeel, is dit erg. Die toeris het sy kans om sy held,karl Barth te ontmoet verspeel. As jy die kans om God te leer ken verspeel, is dit hartverskeurend. Gelukkig het meer as drie duisend mense daardie kans net na die uitstorting van die Heilige Gees aangegryp. Hulle het Jesus as Christus en Here ontmoet en leer ken. Kom ons maak seker dat ons nie die kans verspeel nie. God se dade roep ons tot reaksie. God wat Jesus Christus en Here gemaak het roep ons tot bekering en beloof ons dan sy Gees en vergewing van sonde.