Teks vooraf: Loof die HERE, roep sy Naam aan, maak onder die volke sy dade bekend! (1 Kron 16:8 AFR1953)

Vergelijkbare documenten
Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Jesaja sien die Toekoms

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

n Tempel Leier besoek Jesus

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11)

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

n Dubbele kruis-belydenis

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

Sing vooraf staande: Psalm 73:9 (p. 369)

SKRIFLESING: Handelinge 16: TEKS: Handelinge 16:30-31 HK 23. Wie in die Here Jesus glo, word gered. Psalm 48 : 4.

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

1 KORINTIËRS 13:12. Ook: Sb 18-8 (30) : 4, 5

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

Heilig, heilig, heilig, heilig is die Heer. Eng'le in die hemel buig hul voor Hom neer. Here, hoor my bede, hoor my as ek sing, en aan U, my Vader,

TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5

Jona en die Groot Vis

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 6: TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1. Ook ons liggame behoort aan die Here. Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

Die Groot Gebod dennis de wet

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

PREEK Sondag 10 Junie 2007 Ds Freddie Schoeman

Welkom by Die Storie God se storie

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Goeie Konings, Slegte Konings

PSALM 90:2 NGB 1. Votum en seën. Psalm 90 : 1. Gebed. Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1. Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53)

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

Meer Jesus Meer Liefde Meer Dissipels. Leierskap Strukture

Jesus - Die Grootste Geskenk van Alle Tye - Reformation Society

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

God bly met u, waar u ook mag gaan. Mag sy Gees u lei en heilig en u altyddeur beveilig. God bly met u, waar u ook mag gaan

Van Vervolger tot Prediker

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder.

Die Kerk se Geboorte

Aanbieding 1 Agtergrond. Skrywer van 2 Petrus

LITURGIE VIR N OOP GESPREK

Fontein van die lewe. Liturgie

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

Jona en die Groot Vis

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer

Preek Romeine 6:3-4. (Preek tydens erediens in Gereformeerde Kerk Welkom-Noord op Sondag 25 Junie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff

Skriflesing: 2 Tim 2:14-26(word gelees deur gemeentelede uit die banke)

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê.

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol

Pretoria- 27 Mei 2012 (Nabetragting)

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

Les 1 vir 7 Oktober 2017

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap.

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het.

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

JOHANNES 6:48 HK 28. Votum en seën. Psalm 100 : 1, 3. Gebed. Skrifberyming 54 (2-6) : 1. Skriflesing: Johannes 6:41-59 (AV 1983) Belydenis: HK 28

Petrus en die Krag van Gebed

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

Ouderdom: Gr1-6 Tema: Veg saam met Jesus teen die duiwel Teks: 1 Samuel 17:34-37

Preek Romeine 1:16-17

SKRIFLESING: Romeine 8:31-39 (AV 1983) TEKS: Romeine 8:32b. Skrifberyming 24 (1-1) : 3. Psalm 62 : 4 (na gebed) Psalm 93 : 1, 4

Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)?

Toe God alles gemaak het

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

sodat jy n gestuurde van die Here kan

Baie welkom by vanoggend se erediens

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

INHOUDSOPGAWE. Voorwoord Doen God al die skuifwerk hier op aarde? God se genade bepaal sy planne God se meesterplan...

Preek Genesis 1:27. (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 6 November 2016)

LYDINGSREIS. Paasweek 2011

HEMELVAART. SKRIFLESING: Johannes 14:1-14. TEKS: Johannes 14:2-3 (AV 1933/53) Jesus Christus is hemel toe vir ons. Psalm 2 : 4, 6.

D O O P. Die doop van bekeerlinge is n kardinale deel van ons redding, wat ons nie kan uit die weg stoot of verontagsaam nie.

Dr AH Bogaards. 1. Inleiding Wat is eensaamheid? Lees: Mt.27: Teks: Mt.27: Datum: 18 Oktober 2015

Wie God se beloftes het, streef om skoon te word en heilig te wees

Toe God alles gemaak het

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3.

Deur Sy wet gee God ons broodnodige kennis van sonde

Die Here gee vir mense, wat oor Hom bly is, dit wat hulle harte begeer.

2. Die skepping van die mens

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

Transcriptie:

Teks vooraf: Loof die HERE, roep sy Naam aan, maak onder die volke sy dade bekend! (1 Kron 16:8 AFR1953) Sing vooraf: Psalm 46 6- Hou op, en weet: Ek is die HEER! Ek is verhoog bo alle vlees; My sal die nasies sien en eer, of sidd'rend vir my oordeel vrees. Die HEER sal in gevaar sy leërs om ons skaar, oneindig in getal. Die God van Jakob sal vir ons 'n veil'ge vesting wees. Ons hulp is in die Naam van die Here wat die hemel en die aarde geskape het. Geliefdes, genade en vrede vir u van God ons Vader en die Here Jesus Christus deur die kragtige werking van God die Heilige Gees. Amen. Lofpsalm 48:4-4- Ons wil, o HEER, wat redding skenk, aan al u goedheid bly gedenk as ons tesaam is in u woning. Net soos u Naam is, grote Koning, so is u glansverskyning: die vyand se verdwyning word aan die volkere bekend tot by die aard' se verste end. U hand wat nooit die kwaad gedoog, rys vol geregtigheid omhoog. Skriflesing: Psalm 10 Teks: Psalm 10:1. Kersfees 2009 o HERE, waarom staan U so ver weg en hou U verborge in tye van benoudheid? (Ps 10:1 AFR1953) Psalm 103:2 2- Loof Hom wat jou, van skuldelas onthewe, genadiglik die sondes wil vergewe, jou krankheid ken en liefderyk genees; wat van die dood jou lewe weer verskoon het, met goedheid en ontferming jou gekroon het, en in die nood is Hy jou hulp gewees. Waarom bly die Here ver weg staan? Waarom hoor en sien Hy nie my probleem nie? 1

Die opmerking het iets in van n priester wat ellendes sien, maar op n afstand daarvan af wegbly omdat hy nie daarby betrokke wil raak nie. Die Here Jesus vertel ook van iets soortgelyks in die gelykenis van die barmhartige Samaritaan (Lukas 10:31vv.) Kersfees is n vredetyd en n vreugdetyd. Maar, is dit regtig so, of is daar iets oneerliks in hierdie stelling? Kyk hoe lyk ons lewe! Kyk na al ons nuusberigte van die afgelope paar dae: Nog n bejaarde vermoor. Gewapende roof, kapings, verkragtings en huisbrake neem toe. Het ons regtig vrede en blydskap as ons onsself die hele tyd teen die dinge moet beveilig. Hoeveel gesinsgeweld gaan daar nou weer wees as gevolg van al die drinkery wat oor die kerstyd in sommige huishoudings gebeur? Die lysie van ons ellendes raak nog langer as net die dinge wat aan ons buitekant lê! Daar is nog meer dinge wat aan ons binnekant lê - byvoorbeeld siekte en gesinspannings. Dis ook nie asof ons nie bid dat hierdie dinge nie moet gebeur nie. Dit lyk of God ver is! Dit lyk so van die kantlyn af asof Hy nie belangstel oor wat alles met ons en rondom ons gebeur nie. Kom ons gaan kyk in hierdie preek na twee dinge: 1. Kom die probleem van buite af? 2. Hoe los die Here die probleem op? Is die vyand buite? Dit lyk asof Psalm 10:2 tog van toepassing is op ons lewensomstandighede: In sy trotsheid vervolg die goddelose die ellendige. Laat hulle gegryp word in die listige planne wat hulle uitgedink het! (Ps 10:2 AFR1953) Daar word teen die wittes gediskrimineer met werk, beurse en wat alles nog. Daar word al hoe meer aanvalle op die Christendom in die algemeen gemaak - van buite die kerk, soos byvoorbeeld in die werkplek, wetgewing en ook in die openbare pers. Al hierdie dinge word gedryf deur menslike denke en politieke beplanning om een of ander groep te bevoordeel. Duidelik is al die dinge nie n ontplooiïng van God se Raadsplan nie. Weer kan ons iets van Psalm 10 bespeur in hierdie sake: Die goddelose, met sy neus in die hoogte, sê: Hy ondersoek nie: daar is geen God nie dit is al sy gedagtes! (Ps 10:4 AFR1953) Ons kan so maklik en so graag die vinger na ander toe wys as daar iets verkeerd loop. Daarom maak hierdie Psalm dit duidelik dat die moeilikheid ook van binne af kom. Daar is gelowiges wie se dinge met die Here ook nie reg is nie! 2

Hy sê in sy hart: God vergeet dit; Hy verberg sy aangesig; vir ewig sien Hy dit nie. (Ps 10:11 AFR1953) Wie haat God en wie nie, want almal kan nie reg wees nie! Is die vyand werklik buite die kerk? Wat van gesinne wat met allerhande probleme sit: huwelikke wat nie wil werk nie - bloot oor sonde. Kinders wat wegbreek van die ouers af of uit die bestaande sisteme uit. Venynigheid tussen mense wat nie vir mekaar ruimte wil gee nie - mense wat wrokke loop en koester. Dit lyk of God ver is! Maar ons moenie glo wat ons dink dit lyk nie! Dis juis nie waar nie. Dis juis wanneer ons nie vir God wil luister nie of in opstand is teen sy wil dat ons sê: Dit lyk vir my... of die ander ou cliché: Soos ek dit verstaan.... of: Die saak kan ook anders geïnterpreteer word... Die probleem is dat ons so vasgevang raak in die aanvalle op ons en op ons eie seerkry en dikwels diepgewortelde wrokke in ons binneste dat ons God vergeet. Ons kan iets soms nie aanvaar en berus nie. Sommiges se persoonlikheid is so dat hulle wil veg en verontreg wees - daarom kan ons nie met God se waarheid antwoord nie. Is dit nie dalk so dat ons soms self so tekere gaan met dit wat ons oorkom dat ons self ook nie meer by die waarheid is nie en ook nie meer die beeld van God wat ware kennis, geregtigheid en heiligheid is, kan vertoon nie. 2. Hoe los die Here die probleem op? Wat is die waarheid? God is nie ver nie! Hy het juis naby gekom in die Here Jesus. Daarvoor was sy menswording - kersfees - juis nodig. Hy het sy teenwoordigheid by ons fisies sigbaar gemaak. Hy het fisies gaan sterf sodat ons kon sien wat gebeur terwyl Hy die toorn van God oor ons sondes dra. Hy is nie ver nie - sy Gees is oor en in ons uitgestort om ons te lei in die volle waarheid! Daarom moet ons ophou om die duiwel te verwyt vir alles - of net doodgewoon alles wat skeefloop aan die beskikking van God toeskryf. Al is altwee hierdie dinge waar, is daar iets anders ook waar: God het ons in die lewe ingestuur met verantwoordelikheid! Ons mag nie agter die duiwel wegkruip vir al die ellendes nie. Ons mag God ook nie verwyt dat sy Raadsplan juis alles veroorsaak nie! Kersfees is inderdaad die tyd wat ons by hierdie ellendes en selfopgelegde moeilikhede moet verbykyk. 3

Kyk na die Here self! Wat sien ons? Ons sien nie n God wat verwyt nie. Ek is dit wat julle troos! Wie is jy, dat jy bevrees is vir die mens wat moet sterwe, en vir die mensekind wat oorgegee word soos gras? (Jes 51:12 AFR1953) God werk net met ons vorentoe. Elkeen op n ander manier en in ander omstandighede. Daarom staan die volgende vers in die Bybel: Maar tog, o mens, wie is jy wat teen God antwoord? Die maaksel kan tog nie vir die maker sê: Waarom het u my so gemaak nie? (Ro 9:20 AFR1953) Die Here Jesus was tevrede met al die swaarkry wat vir Hom uitgemeet was. Hy het dit juis kom verduur en deurmaak sodat ons in die ewigheid daarvan vrygemaak kan wees! Die Here Jesus het ook nooit as mens vir God gaan sê: Waarom moes ek wat die Almagtige God is in armoede wêreld toe kom nie! Hy het ook nooit gesê: Waarom moes ek n timmermanskind wees in plaas van n paleiskind nie! Hy het wel gevra dat die beker van die kruis by Hom moes verbygaan as God dit sou wou - maar God wou nie! As ons dus wil kersfees vier - die Here se liggaamlike intrede tot ons aardse geskiedenis - dan moet ons ook die konsekwensies daarvan besef! God is nie ver nie. Hy is hier. Maar dit beteken nie dat Hy my roeping tot verantwoordelikheid gaan nakom nie! Ons sal dit self moet doen. Die wêreld lyk juis so sleg omdat ons dit so sleg maak - die wêreld is n spieëlbeeld van ons eie denke en beplanning. Kersfees leer ons dat God naby is. So naby dat ons tot bekering kan kom. So naby dat ons kan luister. So naby dat ons met sy krag deur enige spanning en vrees kan kom. Hy is so naby dat ons n verskil aan al die ellendes kan maak as ons dit in sy Naam doen. So naby dat Hy ons straf gedra en ons verander het dat ons goed kan wees. Maar dan moet ons nie alles probeer wegskuif en voor ander se deur pak nie. Dan moet ons ons eie verantwoordelikheid aanvaar en met God se waarheid antwoord op dit wat verkeerd is - dis waarvoor ons Here Jesus gekom het en vir ons gesterf het! Amen Slotgebed. 4

Slotpsalm 10;1, 8, 9 1- Waarom, o HEER, bly U so ver weg staan? Waarom is U verborge in die nood - terwyl die trotsaard, in sy oormoed groot, dring met geweld op die verdrukte aan? -8- Ons gee dit oor in al ons kommernis aan U, o HEER, die helper van die wees. Verbreek die arm van hom wat U nie vrees, vergeld die kwaad totdat daar niks meer is. -9- Die HEER is Koning, ewig en altyd; geen heidendom of 't moet voor Hom vergaan. maar die geroep hoor Hy goedgunstig aan van wie ootmoedig op sy bondstrou pleit Die genade van die Here Jesus Christus en die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees bly by u almal. Amen. Dr. M.J. du Plessis Gereformeerde Kerk Bellville Datum 25 Desember 2009 5