IH Scholtz Preekmanuskrip: Genesis 37:1-36 April 2017

Vergelijkbare documenten
Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Jesaja sien die Toekoms

Bybel vir Kinders. bied aan. Storie 6 van 60.

Welkom by Die Storie God se storie

n Tempel Leier besoek Jesus

Ons hoor hulle het in die land Kanaän gaan woon. (kaart) Kanaän Egipte.

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Jesus as Kind Teks: Matteus 2, 13: 55-56, Lukas 2

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

God eer Josef die slaaf

Goeie Konings, Slegte Konings

Toe God alles gemaak het

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Toe God alles gemaak het

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

Van Vervolger tot Prediker

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

'n Man gestuur deur God

Is jy seker dis nie n voorry nie. Ek wonder of die kinders weet wat n voorry doen.

Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees?

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

VADERSDAG. Een van die raadslede van die sinagoge, 'n man met die naam Jaïrus, kom toe daar aan. Net toe hy vir Jesus sien, val hy op sy

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)?

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

Jona en die Groot Vis

Pragtige Koningin Ester

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

Baie welkom by vanoggend se erediens. Doen asb moeite om ander mense rondom jou te groet

Die Kerk se Geboorte

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

Wie in die Here glo, vertrou Hom met die bestemming.

Preek Romeine 9:6-7. (Preek gelewer tydens erediens van Geref. Kerk Welkom op Sondag 15 Julie 2018) Prediker: Ds JL van der Schyff

Die Groot Gebod dennis de wet

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

Gisteraand het dit gegaan dit oor hoe ons lewens moet wees om Jesus te volg. Watter klere ek moet aantrek.

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

Ontdek God Saam. (v 1.0) n Riglyn om nuwe groepe te lei

10. In Tomas se skoene Johannes 20:19-31

26. Ek kies om die Here te dien Daniël 6

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Man van Vuur

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

LITURGIE VIR N OOP GESPREK

Baie welkom by vanoggend se erediens

Die Groot Muur van Nehemia

n Dubbele kruis-belydenis

Preek Die sondeval het siek gesinne veroorsaak

Simson, God se sterk Man

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

Om makliker saam te dink oor God se goedheid gaan ons weer `n paar handvatsels gee.

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

Luister en praat. Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun?

Van Vervolger tot Prediker

Preek oor: Wat doen die Heilige Gees? Die Heilige Gees laat die wedergeboorte plaasvind

Preek deur ds. Jaco van Sittert Vrydag, 14 April Skriflesing: Johannes 19:17-37 Van die eenkant na die anderkant van die kruis.

Paulus en sy vriende vertel ander van God

VRAE EN BESWARE WAT MENSE SOMS OOR DIE DOOP HET

Preek Romeine 11:36. (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 26 Maart 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff

Bybel vir Kinders. bied aan. Totsiens Farao!

Lees Genesis 22 Hoe laat dit wat jy sopas gehoor het jou voel? Hoe laat dit jou voel oor Abraham se situasie en hoe voel jy oor God?

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het.

die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën.

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

2. Jakob, sy vlug en verblyf by Laban

Gereformeerde Kerk Bloempark Ikabod Ark reeks 2

Kinders hoe voel julle oor die eksamen wat voorlê? Vir wie van julle is die Bybel soms moeilik om te verstaan? Ja daar is dinge waarmee ons sukkel né.

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

1 Johannes 5: /03/2014

Preek Romeine 6:3-4. (Preek tydens erediens in Gereformeerde Kerk Welkom-Noord op Sondag 25 Junie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff

23 Nadat hy hulle deur die rivier gevat het, het hy ook alles wat hy besit, laat deurgaan.

SKRIFLESING: 1 Petrus 2:1-10. TEKS: 1 Petrus 2:9. God red sodat ons sal vertel. Psalm 40 : 5. Psalm 4 : 3. Skrifberyming 8 (5-3) : 2.

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

6. Ek glo in Jesus Christus Johannes 3:16-18 en Matteus 1:18-25

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

Matteus se Judas en die koninkryk

jou hele liggaam lig hê. Maar as jou oog sleg is, sal jou hele liggaam sonder lig wees. As jou oë sleg is dit beteken eintlik maar as jou oë slegte

Petrus en die Krag van Gebed

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

Tema van die dag is ons bekommernisse, en wat om daarmee te maak.

KINDERKERK LES: Vrugte van die Gees Geduld & Selfbeheersing

Deur Christus Alleen

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê.

3. Jakob en sy nageslag

Transcriptie:

Preektema: Josef die veragte dromer Skriflesing: Genesis 37:1-36 Teksvers: Genesis 37:8,10 Inleiding Geliefdes in die Here Jesus Christus, ons gaan vir die volgende paar kere stilstaan by die geskiedenis van Josef. As n mens n nuwe reeks begin moet n mens eers die randte van die legkaart mooi bou, voordat jy in die detail van die legkaart kan ingaan. Hierdie eerste preek gaan dus vir ons die konteks fokus gee in die groter geheel waarbinne ons Josef maar ook dan Genesis 37 moet verstaan. Ons ken die geskiedenis: Abraham is geroep deur God. Abraham het n seun gehad Isak. Isak en Rebekka het 2 seuns gehad: Jakob en Esau. Jakob het 12 seuns gehad by twee vroue Lea en Ragel. Ragel het vir Jakob net 2 seuns gegee: Josef en Benjamin. Josef en Benjamin was die jongste en die laaste seuns van Jakob wat gebore is. As ons regtig wil verstaan waar die geskiedenis van Josef inpas en waarom al hierdie dinge rondom Josef op hierdie stadium in die geskiedenis gebeur dan moet ons dit verstaan teen die verbond wat God met Abraham gesluit het. Die Here begin die verbond aan Abraham met die volgende woorde in Genesis 12:1-3, 7: 12 Die Here het vir Abram gesê: Trek uit jou land uit, weg van jou mense en jou familie af na die land toe wat Ek vir jou sal aanwys. 2Ek sal jou n groot nasie maak, Ek sal jou seën en jou n man van groot betekenis maak, en jy moet tot n seën wees. 3Ek sal seën wie jou seën, en hom vervloek wat jou vervloek. In jou sal al die volke van die aarde geseën wees. 7Toe het die Here aan Abram verskyn en vir hom gesê: Aan jou nageslag gee Ek hierdie land. Abram het daar n altaar gebou vir die Here wat aan hom verskyn het. Ook hierby sluit aan Genesis 15:13-16: 13Toe sê die Here vir Abram: Weet beslis dat jou nageslag vreemdelinge sal wees in n land wat nie aan hulle behoort nie. Daar sal hulle slawe wees en onderdruk word, vier honderd jaar lank. 14Maar Ek sal die nasie straf wat van jou nageslag slawe maak, en dan sal hulle met baie besittings wegtrek. 15Jy sal in vrede sterf en op n hoë ouderdom begrawe word. 16Die vierde geslag ná jou sal hiernatoe terugkom. Dan eers sal die ongeregtigheid van die Amoriete sy volle maat bereik het. Die Here bevestig: Ek sal my verbond met jou realiseer Ek sal my verbond met jou nakom. Ek belowe dat jou nageslag hierdie land waar jy nou woon sal be-êrwe. Ek belowe dat ek hulle n groot nasie sal maak. Dit gaan egter meer as 400 jaar vat om te realiseer. 18 Op daardie dag het die Here n verbond gesluit met Abram en vir hom gesê: Aan jou nageslag gee Ek hierdie land, van Egiptespruit af tot by die Eufraat, die groot rivier; 19 die land van die Keniete, die Kenissiete en die Kadmoniete, 20 die Hetiete, die Feresiete en die Refaïete, 21 die Amoriete, die Kanaäniete, die Girgasiete en die Jebusiete. 1 b l a d s y

Deur die jare herbevestig God die verbond met Isak en Jakob en hier kom God en Hy gebruik Josef om sy groter plan verder te realiseer. Stadig sien ons hoe God hierdie plan van Hom besig is om te ontvou in die geskiedenis. God is besig met sy volk. Hy is besig om hulle te lei na die doel waarheen Hy hulle stuur. Ons lees in Eksodus 12:40-41. Dis die instelling van die Pasga die laaste aand van die Israeliete in Egipte. Voor die laaste plaag van God in Egipte. 40 Die Israeliete was vier honderd en dertig jaar in Egipte. 41 Na vier honderd en dertig jaar, presies op die dag waarop die fees nou gevier word, het die hele volk van die Here uit Egipte weggetrek. Wag n bietjie. Jy het nou net gesê Abraham, Isak en Jakob was in Kanaän nou staan hier iets van die volk van die Here wat in Egipteland is. Iets moes gebeur het tussen Kanaän waar hulle was en Egipteland. Verder om die belofte van God aan Abraham te realiseer moet daar iets gebeur wat hulle terug gaan laat gaan na die beloofde land, Kanaän toe. Daar is n gap! Wat het tussen in gebeur o.a. Josef. Wie was Josef? Josef was die 11de broer van die 12 wat gebore is. Josef was die seun van Ragel by Jakob. Genesis 35:24 sê Ragel het 2 seuns gehad by Jakob: Josef en Benjamin. Hoe sluit dit aan by ons gelese gedeelte? Lees saam met my Genesis 37:2-3 Jakob het in Kanaän gebly, die land waar sy voorvaders ook as vreemdelinge gebly het. 2 Hier volg die familiegeskiedenis van Jakob. Josef was nog jonk, sewentien, toe hy kleinvee opgepas het saam met sy broers, die seuns van Bilha en Silpa, sy pa se vrouens. Josef het slegte stories oor sy broers by hulle pa aangedra. 3 Van al sy seuns was Israel die liefste vir Josef, die seun wat in sy ouderdom gebore is, en daarom het hy vir Josef lang klere met moue gemaak. Wat gebeur hier? Hier gebeur iets wat jare lank al deel is van hierdie familie. Genesis 25:28 lees: 28 Isak het vir Esau voorgetrek, want Isak het van wildsvleis gehou. Rebekka weer het vir Jakob voorgetrek. Isak was dus liewer vir Esau as vir Jakob. Van sy pa se kant af ervaar Jakob dus verwerping. Hy skroom dus nie om sy broer te na te kom en om sy pa te mislei om die seën van sy pa te kry nie. Dan vlug hy na Laban toe om daar vir hom n vrou te gaan soek. Hy sien vir Ragel en dis die vrou wat hy graag sy lewe mee wil deel. Ons ken die geskiedenis. Laban laat hom 7 jaar werk vir Ragel en mislei hom daardeur. Laban gee Lea aan hom ipv Ragel hy moet nog 7 jaar werk vir Ragel. Hy trou met albei vroue. Jakob het egter Ragel liewer as vir Lea ons lees in Genesis 29:31: Toe die Here sien dat Jakob nie vir Lea liefhet nie, het die Here vir haar kinders gegee, terwyl Ragel kinderloos gebly het. 2 b l a d s y

En Genesis 30:1 Toe Ragel merk dat sy nie vir Jakob kinders in die wêreld bring nie, het sy jaloers geword op haar suster. Ragel het vir Jakob gesê: Gee vir my seuns, anders sterf ek. Later gee die Here wel aan Jakob en Ragel n seun: Josef. Op daardie stadium die jongste. Die sonde van jaloesie en afguns loop dus reg deur in hierdie mense se lewe. Jakob begin sy seun Josef voortrek. Hy maak vir hom n baie waardevolle kleed. Die Bybel stel dit uitdruklik dat hy liewer vir sy Josef was as vir sy anders seuns. Dis dan die kind van die vrou wat hy wou gehad het. 3Van al sy seuns was Israel die liefste vir Josef, die seun wat in sy ouderdom gebore is, en daarom het hy vir Josef lang klere met moue gemaak. 4Toe sy broers sien dat hulle pa vir Josef liewer het as vir enige van hulle, het hulle n afkeer van Josef gekry en het hulle niks goeds oor hom gesê nie. Jakob doen sonde deur sy seun uit te sonder. Josef reageer daarop en word n nuusaandraer (alhoewel hy tussen waarheid en leuen kan onderskei). Die ander broers word jaloers en begin Josef haat. So sonde plant sonde voort. Inteendeel die haat van sy broers vir Josef groei by die dag. Hierdie is n kookpot wat iewers gaan ontfplof Die Here gee aan Josef 2 drome. Hy vertel ook hierdie drome aan sy broers nie noodwendig uit vennyn nie inteendeel hy klink opreg as hy die drome vertel. Hierdie is drome wat later in die toekoms in vervulling gaan. Die eerste droom: 5 Op n keer het Josef gedroom en dit vir sy broers vertel. Daarna was hulle afkeer van hom nog groter. 6 Hy het vir hulle gesê: Luister na die droom wat ek gehad het. Ons was op die land besig om gerwe te bind 7 en skielik gaan staan my gerf regop en julle gerwe gaan staan daar rondom en hulle buig voor myne. 8 Toe sê sy broers vir hom: Jy verbeel jou jy sal oor ons koning word. Dink jy dalk jy sal oor ons regeer? Oor sy drome en sy praatjies het hulle n nog groter afkeer van hom gekry. Die tweede droom: 9 Hy het ook nog n ander droom gehad en hy het dit vir sy broers vertel. Hy het gesê: Ek het weer gedroom. Die son en die maan en elf sterre het voor my kom buig. 10 Toe hy dit vir sy pa en sy broers vertel, het sy pa hom berispe en vir hom gesê: Wat vir n soort droom is dit wat jy gehad het? Verbeel jy jou ek en jou ma en jou broers moet voor jou kom buig? 11 Sy broers was afgunstig op hom, en sy pa het aan die droom bly dink. Hier is Josef. Die veragte ou dromer. Sy broers spot hom en sê hom sleg. Sy broers se haat het egter kookpunt bereik! Hulle is moeg vir sy storetjies hulle is moeg vir sy aanhoudende dromery. Hulle is moeg vir die feit dat hy voorgetrek word. Hulle is moeg daarvoor dat hulle pa hom liewer het as vir hom. Hulle gaan hom doodmaak! Ruben kom tot Josef se redding. Ruben het geredeneer dat hulle hom in n droeë put gooi dan sal hy Josef later weer kom uithaal en veilig besorg aan sy pa. Tussen die dwase optrede van die broers is daar n oomblik van helderheid by Ruben maar dit hou nie te lank nie. 3 b l a d s y

21 Ruben het hulle hoor praat en omdat hy vir Josef wou red, het Ruben gesê: Nee, ons moet hom nie doodmaak nie. 22 Moenie moord pleeg nie. Gooi hom liewer in hierdie put hier in die veld. Moenie sy lewe neem nie. Ruben het dit gesê sodat hy vir Josef kon red en hom na sy pa toe kon terugstuur. Terwyl Ruben weg is kom Juda navore en dink aan n plan wat hulle kan geld maak uit hulle broer dan hoef hulle hom nie dood te maak nie. Hulle kan steeds dan vir hulle pa lieg en sê hy is dood maar dan maak hulle darem n geldjie so aan die kant. Hy stel voor hulle verkoop hulle broer aan die Midianiete. Hierdie veraglike broer wat verkoop word wat verhandel word. 26Toe sê Juda vir sy broers: Watter nut het dit vir ons om ons broer dood te maak en dit dig te hou? 27Kom ons verkoop hom aan die Ismaeliete. Ons moenie sy lewe neem nie, hy is ons broer, hy is bloedfamilie. Juda se broers het na hom geluister, 28en toe daar van die Midianitiese handelaars verbykom, het die broers vir Josef uit die put uit opgetrek en vir twintig stukke silwer aan die Ismaeliete verkoop en dié het hom Egipte toe gevat. Die broers se haat is so diep dat hulle vir hulle pa sal lieg en bereid is dat hy deur hierdie pyn en hartseer gaan van sy kind wat dood is net sodat hulle van hulle broer ontslae kan raak. Josef se lewe wys heen na Jesus as die Veragte Hierdie veragting van Josef deur sy broers laat ons dadelik die ooreenkoms sien met Jesus as die Veragte. Dis ook Jesus wat die spot van die wêreld word. Die verwagting van die mense oor Jesus is net so veragtelik. Hoor die volgende oor Jesus: Luister hoe beskryf Matt 13:53-58 dit: 53Toe Jesus hierdie gelykenisse klaar vertel het, het Hy daarvandaan weggegaan. 54Hy het in die dorp gekom waar Hy grootgeword het, en Hy het die mense in hulle sinagoge so geleer dat hulle verstom was en gesê het: Waar kry hy hierdie wysheid vandaan en die vermoë om die kragtige dade te doen? 55Is hy dan nie die timmerman se seun nie? Is sy ma nie Maria en sy broers Jakobus, Josef, Simon en Judas nie? 56En sy susters, is hulle nie almal hier by ons nie? Waar kry hy dan al hierdie dinge vandaan? 57En hulle wou niks van Hom weet nie. Jesus sê toe vir hulle: n Profeet word oral erken behalwe in die plek waar hy grootgeword het, en in sy familiekring. 58Vanweë hulle ongeloof het Hy daar nie baie wonderwerke gedoen nie. Of n ander gedeelte vgl. Johannes 1:45-47: 45Filippus kry toe vir Natanael en sê vir hom: Ons het Hom gekry van wie Moses in die wet geskrywe het en van wie die profete ook geskrywe het. Dit is Jesus van Nasaret, die seun van Josef. 46Maar Natanael sê vir hom: Kan daar uit Nasaret iets goeds kom? Kom kyk, het Filippus hom geantwoord. 47Toe Jesus vir Natanael na Hom toe sien aankom, sê Hy van hom: Hier is n ware Israeliet, n man in wie daar geen bedrog is nie. Jesus word verwerp deur die Joodse leiers van sy dag. Hy word verwerp deur die mense dat Hy selfs op n punt vra of sy dissipels nie ook maar wil gaan nie. Jesus word verag deur die mense. Jesus word verkoop en verhandel Hy word uitgelewer. Die jaloesie van die Joodse raad kook oor. Die wonderlike is soos by Josef word die veragte van Nasaret, die Verlosser van die wat Hom verag. Die verlossing van Josef en die Verlossing van Jesus verskil egter in wese duidelik van mekaar ons sal 4 b l a d s y

in opeenvolgende preke daarby stilstaan. Josef verlos deur die hand van die Here die mense van die dood agv die droogte Jesus verlos mense van hulle sonde Hy verlos hulle van die ewige dood! Jesus word soos Josef deur sy broers uitgelewer, maar Hy kom ook om vir sy broers se sonde te sterf anders as by Josef. Deur hierdie veragting en dood word ons wat glo broers en susters van Jesus! Die Joodse leiers bedink en beplan hoe hulle van Jesus ontslae kan raak, terwyl dit die pad is wat die Here moet stap. Let mooi op: - Josef die dromer se drome gaan in vervulling en sy broers kniel laag voor Hom later. Dit alleen is egter moontlik deurdat hulle hom verkoop. Hulle wil die dromer doodmaak maar dit wat hulle doen laat juis God se plan in vervulling gaan en laat juis die drome waar word. - Die Joodse leiers wil die veragte Jesus uit die weg ruim, maar dit het juis tot gevolg dat God se plan in vervulling gaan. n Plan waardeur mense wat glo gered kan word! Josef se lewe gaan nie oor Josef nie. Dit wys vorentoe na Jesus, die Verlosser, wat deur sy broers verag is. Vriende, ook ons word baie maal verag omdat ons met Jesus vereenselwig. Ons hoef egter nie die mense se woede en veragting en optrede te vrees nie. Hoekom nie? Want dit vorm deel van God se plan wat - Ons beter af laat wees as wat ons was in die groter geheel. - Soms uitloop op redding van die wat persone wat ons verag. Ons sal sien hoe hierdie waarhede in die lewe van Josef al hoe meer duideliker word soos ons aanbeweeg met ons reeks. Mag die Here die veragting wat ons van ander mense ontvang (omdat ons Christene is) gebruik tot sy eer. Ten Slotte Ek sluit af met die woorde van Josef in Genesis 50:19-20,24 (OAV), wat ook ons temavers is vir die reeks uit Josef: 19 Maar Josef het hulle geantwoord: Moenie bevrees wees nie; want is ek in die plek van God? 20 Want júlle het wel kwaad teen my bedink, maar God het dit ten goede gedink om te doen soos dit vandag is, om n groot volk in die lewe te hou 24 Josef het vir sy broers gesê: Na my dood sal God na julle omsien en Hy sal julle uit hierdie land uit laat trek na die land toe wat Hy met n eed beloof het aan Abraham, Isak en Jakob. God se plan het vol-sirkel gegaan. Ons sal in die komende weke daarna kyk! Wees gereed om verbaas te staan hoe ons God werk! Amen. 5 b l a d s y