16. Dit sal nie opraak nie 1 Konings 17

Vergelijkbare documenten
4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

Bybel vir Kinders. bied aan. Storie 24 van 60.

26. Ek kies om die Here te dien Daniël 6

Jesaja sien die Toekoms

23. Reëls vir die pad die padgebruikers

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Man van Vuur

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

3. Jesus oorwin versoekings Matteus 4:1-11

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12

Ontmoeting 40. Welkom. Wyding. Woord. te maak, in vorms te giet en te laat droog word.)

12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

6. Ek glo in Jesus Christus Johannes 3:16-18 en Matteus 1:18-25

12. God se Advokaat by my Johannes 14:15-26

10. Ek is by julle Matteus 28:16-20

10. In Tomas se skoene Johannes 20:19-31

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

21. Glo maak soms seer Jesaja 6

2. Dit is donker Johannes 8:12-13; 9:1-41

n Tempel Leier besoek Jesus

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

18. Naäman word gesond 2 Konings 5

25. Ja, Jeremia, jy kan! Jeremia 1

22. Reëls vir die pad die Padmaker

God eer Josef die slaaf

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

14. Ek glo my sondes word vergewe 1 Johannes 1:5 2:2

VADERSDAG. Een van die raadslede van die sinagoge, 'n man met die naam Jaïrus, kom toe daar aan. Net toe hy vir Jesus sien, val hy op sy

Welkom by Die Storie God se storie

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

9. Ek glo Jesus het opgestaan Johannes 20:1-18

die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën.

16. Die Israeliete soek ʼn koning 1 Samuel 8:1-22

Jona en die Groot Vis

Jona en die Groot Vis

2. In die pikdonker nag. Johannes 3:1-21

2. Jesus eet saam met sondaars Markus 2:13-17

Goeie Konings, Slegte Konings

Wie die Here vertrou, kan radikaal gehoorsaam wees.

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

1. So iets het ons nog nooit gesien nie Markus 2:1-12

11. Jesus gaan vooruit (Hemelvaart)

Die brief aan die Filippense

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

Jesus as Kind Teks: Matteus 2, 13: 55-56, Lukas 2

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

'n Man gestuur deur God

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

22. Die Here hoor sy kinders Rigters 6:1-22

18. Leiers wissel God bly Deuteronomium 31 34; Josua 1

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

26. Kies wysheid 1 Konings 3

9. Ons Vader dink anders oor gebed Matteus 6:9-10

Paulus en sy vriende vertel ander van God

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

Pragtige Koningin Ester

Ons hoor hulle het in die land Kanaän gaan woon. (kaart) Kanaän Egipte.

LITURGIE VIR N OOP GESPREK

Luister en praat. Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun?

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

Elisa, Man van Wonderwerke

Jnr. Kategese 22 Januarie 2017 Visvang vir Jesus! Matteus 4: 12-23

Die Groot Gebod dennis de wet

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

Ontmoeting 13. roomystokkies plak.)

Gisteraand het dit gegaan dit oor hoe ons lewens moet wees om Jesus te volg. Watter klere ek moet aantrek.

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

15. Baas-klaas of ouer-kind? Matteus 25:14-30

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

Die Kerk se Geboorte

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

Debora. Wyding Sing die Temalied en doen die Stilword-ritueel soos by ontmoeting 1.

1. Ek is honger Johannes 6:1-37

Is jy seker dis nie n voorry nie. Ek wonder of die kinders weet wat n voorry doen.

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

8. Ek glo Jesus het gesterf en is begrawe Johannes 19:30-42

21. Die koning word gesalf

Van Vervolger tot Prediker

Tema van die dag is ons bekommernisse, en wat om daarmee te maak.

jou hele liggaam lig hê. Maar as jou oog sleg is, sal jou hele liggaam sonder lig wees. As jou oë sleg is dit beteken eintlik maar as jou oë slegte

3. Jesus praat met haar. Johannes 4:1-42. Tema Jesus is die Verlosser van alle mense en dit maak ons bly wanneer mense in Hom glo.

Bybel vir Kinders. bied aan. Storie 6 van 60.

Aanbieding 1 Agtergrond. Skrywer van 2 Petrus

VERSPREI GOD SE LIEFDE (2) VERTEL ANDER VAN GOD SE LIEFDE 13 Augustus 2006, Ds Freddie Schoeman

1 Johannes 5: /03/2014

21. Saul is jaloers 1 Samuel 19 31

Toe God alles gemaak het

Transcriptie:

1 16. Dit sal nie opraak nie 1 Konings 17 Tema Wanneer leiers nie meer vir God as die enigste Here erken nie, praat die Here steeds deur doodgewone mense soos Elia en sorg vir sy kinders. Agtergrond en interpretasie In 1 Konings 17 tot 2 Konings 9 kom daar onverwags drie doodgewone mense, nie konings nie, op die toneel. Dit maak dit vir ons duidelik dat die Here se mag groter is as dié van konings en dat konings nie die Here beheer nie. Dié drie mense is Elia, Miga en Elisa. In ontmoeting 16-19 kyk ons kortliks na twee verhale uit Elia se lewe en twee verhale uit Elisa se lewe. In 1 Konings 17 lees ons vir die eerste keer van die profeet Elia (sy naam beteken Jahwe is my God ). Hy bots trompop met die koning (Agab), sy vrou (Isebel) en die afgod Baäl. Die boodskap wat hierdie verhaal uitdra, is dat reën, kos en lewe uit die hand van die Here kom, nie uit die hand van die koning, sy vrou of die afgod Baäl nie. Elia is die draer van hierdie boodskap: Nou weet ek dat u ʼn man van God is, en dat wat die Here deur u sê, die waarheid is (1 Kon 17:24). In die eerste deel van die verhaal breek daar ʼn groot droogte aan wat Elia laat weggaan uit die gebied wat die koning (en sy vrou en hulle afgod) as hulle gebied beskou, tot buite die administrasie en beheer van die koning. Hier voorsien die Here vir hom. In die tweede deel van die verhaal is Elia in Sidon, die landstreek van waar Isebel en haar Baälaanbidding kom (16:31). Hier wys die Here hoe Hy vir ʼn naamlose weduwee sorg. Sy kan gesien word as die verteenwoordiger van mense sonder mag, status en voorregte, mense wat sonder hoop maar net probeer oorleef. Dis vir haar wat Elia sê: Moenie bekommerd wees nie In ʼn wêreld waarin magtige mense wat baie besit altyd maak of daar tekorte is, wys die Here dat daar genoeg is en dat die beginsel van mededeelsaamheid vir Hom belangrik is. In die derde moment oorwin die Here die grootste vyand, die dood. Koning Agab is in diens van selfsug en die dood, soos die verhaal van Nabot se wingerd vir ons wys. Elia is in diens van die Here wat Homself onselfsugtig met mense deel. Hierdie verhaal laat ons dink aan Jesus wat Jaïrus se dogtertjie gesond gemaak het. Jesus was in die rol van Elia, maar genees dan self die dogtertjie omdat Hy God is. Wys vir die groep hierdie skildery van Ford Maddox Brown. Bo-aan die skildery is ʼn skaduwee van ʼn voël wat boontoe vlieg, reg bokant die vrou se biddende hande. (Die vrou

2 kyk bo Elia uit na Elia se God.) Onderaan die skildery is ʼn hen met haar kuiken op haar rug. (Die vrou het haar kind lewend teruggekry en kon hom verder versorg.) Ford Maddox Brown, Elijah restoring the widow s son (1868) Bybelgedeeltes en hoofgedagtes Bybelgedeelte (lees of vertel) Lees 1 Konings 17:1-7 Lees 1 Konings 17:8-15 Lees 1 Konings 17:16-24 Hoofgedagtes van die ontmoeting 1. Die Here sorg. 2. Die Here leer ʼn weduwee om te deel en gee dan genoeg. 3. Die Here gee lewe ná die dood en laat ʼn eenvoudige mens, Elia (17:1), as man van God geken word. Uitkoms 1. Insig: Ons kan ons hoop op God vestig. 2. Respons: Onderskei wie waarlik namens God praat. Hulpmiddels by die storie 1. Paneel 4. 2. Portrette en prente van Elia en koning Agab. 3. Skildery van Ford Maddox Brown, Elijah restoring the widow s son (1868).

3 Hulpmiddels vir kleingroepvaslegging Junior kleingroep Bring saam 1. Water en brood vir elke kind. 2. Tekenpapier vir elke kind. 3. Kleurpotlode of kryte. Voor die tyd 1. Kyk nou reeds goed na die rap-rympies by die volgende twee ontmoetings (onder Werksaam en Wegstuur ). Julle kan dit met hierdie ontmoeting reeds begin aanleer. Senior kleingroep Bring saam 1. Water en brood vir elke kind. 2. Penne of potlode. Voor die tyd 1. Kyk nou reeds goed na die rap-rympies by die volgende twee ontmoetings (onder Werksaam en Wegstuur ). Julle kan dit met hierdie ontmoeting reeds begin aanleer.

4 Die storie Begin Kan jy nog onthou hoe jy gevoel het toe jy eenkeer in groot moeilikheid was? Jy was bang en onseker. Daar was ʼn hol kol op jou maag. Jy het gewonder hoe jy uit die moeilikheid gaan loskom. Kon iemand jou kom help? (Opmerking: Gee die groep kans om te antwoord.) Hoor Moment 1: 1 Konings 17:1-7 Die Here sorg Agab was ʼn magtige koning, maar hy het nie die Here gedien nie. Hy het gemaak dat die volk ook nie meer die Here dien nie. Eendag loop Elia, ʼn doodgewone man, vir koning Agab raak. Hy het vir die koning ʼn boodskap van die Here: So seker as die Here leef, die God van Israel in wie se diens ek staan, daar sal die volgende paar jaar geen dou of reën val nie, behalwe as ek so sê (v 1). Nadat hy hierdie boodskap vir die koning gegee het, moes Elia vlug, want die koning wou hom doodmaak. Gelukkig het die Here ʼn goeie wegkruipplek vir Elia gehad. Die Here het vir Elia na die Kritspruit anderkant die Jordaan gestuur. Hy het vir Elia belowe Hy sou kraaie stuur om twee keer per dag vir hom brood en vleis te bring. Ek wonder wat Elia gedink het toe die Here dit vir hom gesê het. Ken julle kraaie? (Opmerking: Laat ʼn paar kinders antwoord.) Kraaie is aasvoëls. Hulle vreet alles wat hulle sien. Maar die Here het op ʼn wonderlike manier vir Elia gesorg totdat die water in die spruit op was. Só moes Elia leer om op die Here se woord te vertrou. Moment 2: 1 Konings 17:8-15 Die Here leer ʼn weduwee om te deel en gee dan genoeg Toe kom die tweede uitdaging vir Elia. Die Here beveel hom om in hierdie droogtetyd na ʼn arm weduwee in Sarfat te gaan. Sarfat was in die land van die Baäls van waar Agab se vrou, Isebel, gekom het. In Sarfat loop Elia die moedelose weduwee raak en vra vir haar water en brood. Sy het geweet dit is baie goeie maniere om vir ʼn vreemdeling kos te gee, maar sy het net genoeg gehad vir een ete vir haar en haar seuntjie. Sy het die dood in die oë gekyk. Maar Elia sê vir haar: Moenie bekommerd wees nie. Gaan bak eers ʼn broodjie en bring dit vir my. Dan gaan jy terug en maak vir jou en jou seun kos. Die Here belowe daar sal genoeg kos vir ons al drie wees totdat die droogte verby is. Ek wonder hoekom die weduwee gehoorsaam was aan Elia. (Opmerking: Bly ʼn oomblik stil sodat die kinders hieroor kan dink.) Die Here het sy belofte nagekom. Die weduwee het die wonderwerk beleef dat haar meel en olie nie opgeraak het nie. Hoe wonderlik het die Here hulle nie aan die lewe gehou nie! Moment 3: 1 Konings 17:16-24 Die Here gee lewe ná die dood en laat ʼn eenvoudige mens, Elia (17:1), as man van God geken word ʼn Derde keer leer Elia hoe getrou die Here is. Op ʼn dag word die weduwee se seun baie siek en hy sterf. Julle kan julle seker indink hoe hartseer en ontsteld sy was. Sy het sommer vir Elia gesê dit was sy skuld dat haar kind gesterf het. Elia was self baie ontsteld. Hy het die kind opgetel en op ʼn bed neergelê. Toe doen hy iets baie vreemd. Elia het drie keer op die kind gaan lê en elke keer gebid en gesmeek: Here my God, laat die lewe tog terugkom in die kind (v 21).

5 Toe gebeur die wonder! Die Here het Elia se gebed beantwoord en die kind weer laat leef. Hierna het die weduwee hierdie woorde gesê: Nou weet ek dat u ʼn man van God is, en dat wat die Here deur u sê, die waarheid is (v 24). (Opmerking: As jy wil, kan jy ʼn paar kinders kans gee om hierdie woorde met emosie uit te spreek.) Dink Ons kan op God hoop. Elia en die weduwee (en haar kind) het op wonderbaarlike maniere geleer ʼn mens kan glo wat die Here sê. Hy sal ons nie in die steek laat nie. Ons kan volledig op Hom vertrou. Elia het ook ervaar dat die Here oral is en vir hom sorg, selfs by die verafgeleë spruit en in die gebied waar mense afgode aanbid. Leef Daar is baie mense wat sê die Here het vir hulle iets gesê. Ons moet versigtig wees en goed oplet wie regtig namens God praat. Luister na dié mense wat jy ken en vertrou en wat ook die Here ken en liefhet.

6 Kleingroepvaslegging: Junior groep Welkom Verwelkom elke groeplid deur iets in sy of haar oor te fluister soos: Welkom, die Here is baie lief vir jou. Wegspring 1. Sing Lied 540 of 553 saam. 2. Bid saam. 3. Gee vir elkeen ʼn bietjie water en ʼn stukkie brood. Sê dan: Ons moet elke dag eet en drink om aan die lewe te bly. Ons gaan ons verbeel dit is baie warm en ons is baie honger en dors. Eet dan saam die brood en drink die water. Doen dit stadig en met smaak. Werksaam 1. Wys weer vir die groep die skildery van Ford Maddox Brown, Elijah restoring the widow s son (1868). Vra dan: Sien julle die skaduwee van die voëltjie? Hy vlieg boontoe, verby Elia. Wat dink julle beteken dit? Sien julle die hoender met die kuiken op haar rug? Wat dink julle beteken dit? 2. Teken in die raam in jou werkboek ʼn prentjie van mense wat jou al versorg het. Sê vir die Here dankie vir hierdie mense.

7 3. Vul die ontbrekende woorde in: 1 Konings 17:4: Ek het die beveel om daar vir jou. 1 Konings 17:13a-14: Moenie wees nie So sê die die God van Israel: die in die kruik sal nie opraak nie, en die in die kan sal nie. Wegstuur/Huisgeloof 1. Laat een van die grootmense in die huis vir julle vertel van ʼn keer toe die Here vir julle gesorg het. 2. Lees Matteus 6:25-34. Wat leer julle hier oor bekommernis? 3. Lees 2 Tessalonisense 3:6-13. Wat leer julle hier oor werk?

8 Kleingroepvaslegging: Senior groep Welkom Verwelkom elke groeplid deur iets in sy of haar oor te fluister soos: Welkom, die Here is baie lief vir jou. Wegspring Gee vir elkeen ʼn bietjie water en ʼn stukkie brood. Sê dan: Ons moet elke dag eet en drink om aan die lewe te bly. Ons gaan ons verbeel dit is baie warm en ons is baie honger en dors. Eet dan saam die brood en drink die water. Doen dit stadig en met smaak. Wonder Maak jou oë toe en wonder hieroor: 1. Gaan staan in Elia se skoene. Hoe voel jy? 2. Gaan staan in die weduwee se skoene. Hoe voel jy nou? 3. Gaan staan in die seun se skoene? Hoe voel jy? 4. Watter deel van hierdie verhaal sal jy altyd onthou? Werksaam 1. Gesels saam oor die skildery van Ford Maddox Brown, Elijah restoring the widow s son (1868.) (Opmerking: Dit is in die handleiding en by die juniors se aanbieding.) 2. Verbeel jou jy kon met Elia praat nadat al hierdie wonderwerke gebeur het. Watter drie vrae sou jy vir hom wou vra? 1. 2. 3. 2. Gesels saam hieroor: Hoe praat die Here vandag met ons? Hoe weet ons iemand praat regtig namens die Here? 3. Vul die ontbrekende woorde in: 1 Konings 17:4: Ek het die beveel om daar vir jou. 1 Konings 17:13a-14: Moenie wees nie So sê die die God van Israel: die in die kruik sal nie opraak nie, en die in die kan sal nie. Wegstuur/Huisgeloof 1. Laat een van die grootmense in die huis vir julle vertel van ʼn keer toe die Here vir julle gesorg het. 2. Lees Matteus 6:25-34. Wat leer julle hier oor bekommernis? 3. Lees 2 Tessalonisense 3:6-13. Wat leer julle hier oor werk?