21. Saul is jaloers 1 Samuel 19 31

Maat: px
Weergave met pagina beginnen:

Download "21. Saul is jaloers 1 Samuel 19 31"

Transcriptie

1 21. Saul is jaloers 1 Samuel Tema Die jong opkomende ster, Dawid, ondervind hoe die jaloerse koning Saul hom bedreig, maar hy bly in alle omstandighede waardig en wag totdat die Here hom verhoog. Agtergrond en interpretasie Ná sy oorwinning oor Goliat verloop daar nog baie tyd voordat Dawid koning kan word. In hierdie tyd sien ons hoe koning Saul vir Dawid nader aan hom trek, maar ook op allerhande maniere probeer benadeel en selfs probeer doodmaak. Dawid kom telkens as die sterker een anderkant uit. Hy wag die tyd af tot ná koning Saul se dood om as koning na vore te tree. In die proses speel koning Saul se gesin (veral Jonatan en Mikal) ʼn belangrike rol. Hulle albei is baie lief vir Dawid. Die verhaal help lesers om ook vir Dawid lief te word sodat almal, net soos Saul se familielede, tevrede sal wees wanneer Dawid koning word. Ons kies ʼn enkele episode uit hierdie groep verhale om die verhouding tussen koning Saul en Dawid uit te beeld, naamlik 1 Samuel 24, met 23:16-18 as aanloop tot hoofstuk 24, en 1 Samuel 31, die dood van Saul en sy seuns, as afloop van die verhaal. In hierdie gedeeltes word Samuel se dood ook genoem. Daarmee is die tyd toe Israel nog nie konings gehad het nie heeltemal verby. Al is Saul se koninkryk steeds ʼn losse versameling groepe, is dit Dawid wat almal nou in een groot koninkryk sal saambind. Voordat daar ʼn koning was, het die priesters ʼn belangrike rol gespeel. Die verhouding tussen die koning en die priesters, asook die koning en militêre leiers, word in hierdie gedeelte geleidelik uitgesorteer. Alles word gereedgemaak vir een groot Dawidsryk. Bybelgedeeltes en hoofgedagtes Bybelgedeelte (lees of vertel) Vertel 1 Samuel 18:1-9, Vertel 1 Samuel 19:1, 9-18 baie kortliks Lees 1 Samuel 23:16-18 Hoofgedagtes van die ontmoeting 1. Saul raak jaloers. 2. Dawid trou met Saul se dogter Mikal. Mikal help Dawid om te vlug. 3. Jonatan erken dat Dawid koning gaan word.

2 Vertel 1 Samuel 24:1-4 en lees 1 Samuel 24:5-12, Vertel 1 Samuel 31:1-6 in twee of drie sinne 4. Dawid spaar Saul se lewe. Saul erken dat Dawid sal koning word. 5. Saul en sy seuns sterf. Uitkoms 1. Insig: Ek kan waardig bly wanneer allerhande bedreigings (uit my familie asook van ander gesagsfigure) oor my pad as gelowige kom. 2. Insig: Leer om te wag totdat die Here se tyd aanbreek. Doen jou bes in hierdie wagtydperk. Hulpmiddels by die storie 1. Paneel 4. Hulpmiddels vir kleingroepvaslegging Junior kleingroep Bring saam 1. ʼn Pakkie jellie 2. ʼn Ketel om water te kook 3. Water 4. ʼn Beker 5. ʼn Pakkie kitspoeding (moet in 2 minute gereed wees) 6. Melk (soos nodig vir kitspoeding) 7. Klitser 8. Twee bakke vir jellie en kitspoeding 9. ʼn Bak vir gebruikte skottelgoed 10. Klein bakkies en lepels sodat almal van die kitspoeding kan proe 11. ʼn Groot horlosie of wekker waarop almal die tyd (sekondes) kan sien Voor die tyd Sit alles reg op om die jellie en poeding vinnig te kan maak. Senior kleingroep Bring saam Voor die tyd

3 Die storie Begin Dis nie lekker om te wag nie. Sê nou jou pa of ma sê jy moet ʼn bietjie in die motor sit en vir hulle wag. Hulle gaan net gou by ʼn winkel of plek aan. En dan bly hulle lank weg. Hoe voel jy? Miskien sal jy beter voel as jy sien hulle kom uiteindelik motor toe aan met roomys vir jou. Dawid het geweet hy sal uiteindelik koning word, maar hy moes wag en wag en wag. In hierdie tyd kon hy maklik verkeerde dinge gedoen het. Hy kon vir Saul doodgemaak het, maar dan sou daar beslis ʼn klomp mense vir hom kwaad gewees het, veral Saul se familie. Wat het dan gebeur in hierdie tyd wat Dawid moes wag voordat hy koning kon word? Kom ons kyk na een of twee dinge. Hoor Moment 1: 1 Samuel 18:1-9, Saul raak jaloers Nadat Dawid vir Goliat verslaan het, het koning Saul hom nie laat teruggaan na sy pa en sy werk as skaapwagter nie. Nee, Dawid is saam na Saul se paleis toe. Saul het ʼn seun gehad wat baie lief geword het vir Dawid. Sy naam was Jonatan. Jonatan het van sy klere, sy swaard, sy boog en sy gordel vir Dawid gegee. Dawid het een van koning Saul se vernaamste soldate geword. Dit was nie lank nie, toe stel koning Saul vir Dawid aan as leier oor die soldate. Hulle het opgetrek om teen die Filistyne te gaan veg. Natuurlik het hulle gewen. Toe hulle terugkom, gebeur daar egter iets. Die vroue van al die dorpe het langs die pad gesing toe die soldate van die oorlog af terugkom. Hulle het gedans en gesing. Maar luister net wat het hulle gesing: Saul het sy duisende verslaan, maar Dawid sy tienduisende. Van toe af was Saul jaloers. Hy het nie meer van Dawid gehou nie. Saul se seun Jonatan was egter steeds Dawid se beste vriend. En Saul se dogter Mikal het op Dawid verlief geraak. Hulle is getroud, want Saul het gedink hy kan die troue en sy dogter gebruik om Dawid dood te maak. Saul was so jaloers op Dawid dat hy vir Jonatan en die ander leiers probeer oorreed het om vir Dawid dood te maak. Moment 2: 1 Samuel 19:1, 9-18 Dawid trou met Saul se dogter Mikal; sy help Dawid om te vlug Toe koning Saul eenkeer met sy spies in sy hand gesit het, het Dawid vir hom mooi musiek gemaak. Hy kon baie mooi op die lier, ʼn instrument met snare soos ʼn harp of kitaar, speel. Saul gooi toe sommer sy spies na Dawid toe. Maar Dawid het gekoes en Saul het hom nie raakgegooi nie. Dawid het na sy huis toe gevlug. In die nag het sy vrou, Mikal, Saul se dogter, hom gehelp om deur die venster te vlug. Sy het ʼn beeld in sy bed gesit en toegemaak. Toe Saul se soldate kom om Dawid te vang en dood te maak, het sy eers gesê hy is siek. Hulle wou hom toe met bed en al na die koning toe vat, maar toe ontdek hulle dat Dawid gevlug het en dat dit nie hy was wat in die bed gelê het nie.

4 ʼn Ander keer was dit Jonatan wat vir Dawid gewaarsku het dat sy pa hom wou doodmaak. (Vra die groep om gerus 1 Samuel 20 by die huis te lees). Dawid het woestyn toe gevlug, na ʼn plek met die naam Goresa. Jonatan het hom daar ontmoet. Moment 3: 1 Samuel 23:16-18 Jonatan erken dat Dawid koning sal word Ons sien dat Saul se seun Jonatan geweet het Dawid gaan koning word en dat hy dit goedgevind het. Hulle sou vriende bly. Saul het egter vir Dawid bly soek. Hy het naastenby geweet waar Dawid en ʼn klomp van sy manne weggekruip het. Terwyl Saul en sy soldate na Dawid gesoek het, moes Saul dringend ʼn draai loop. Hy het toe by ʼn grot ingegaan om sy ding te doen. Wat hy nie geweet het nie, was dat Dawid en sy manne agter in daardie donker grot weggekruip het. Kom ons lees verder. Moment 4: 1 Samuel 24:1-4, 5-12, Dawid spaar Saul se lewe; Saul erken dat Dawid sal koning word Saul het nou ook erken dat Dawid koning sou word. Hy het vir Dawid gevra om te belowe om nie sy familie dood te maak wanneer hy koning word nie. Alles was nou gereed vir Dawid om ná Saul se dood koning te word. Die Filistyne het toe weer teen Saul en sy soldate kom oorlog maak. Moment 5: 1 Samuel 31:1-6 Saul en sy seuns sterf; Dawid word koning Tydens hierdie oorlog het die Filistyne alles in hulle vermoë gedoen om vir koning Saul en sy seuns dood te maak. Die Filistyne se boogskutters was reg om vir Saul te skiet. Saul vra toe sy wapendraer om hom met sy swaard dood te maak sodat die boogskutters van die vyand hom nie sou doodmaak nie. Toe Saul se wapendraer dit nie wou doen nie, het Saul in sy eie swaard geval. Saul se seuns is ook in daardie oorlog doodgemaak. Dink Die mooi en lang koning se lewe het nie mooi geëindig nie. Alles was nou gereed vir ʼn nuwe begin met ʼn nuwe koning. Hierdie nuwe koning moes geduldig wag vir die regte tyd om koning te word. Hy het nooit probeer om self koning te word deur vir Saul en sy seuns dood te maak nie. In die Nuwe Testament is hierdie riglyne vir die volgelinge van Jesus neergeskryf: Moenie kwaad met kwaad vergeld nie. Wees goedgesind teenoor alle mense. As dit moontlik is, sover dit van julle afhang, leef in vrede met alle mense. Moenie self wraak neem nie, geliefdes, maar laat dit oor aan die oordeel van God (Rom 12:17-19).

5 Leef Dit is nie ons taak om God voor te spring nie. As God ʼn situasie lank laat aanhou, help Hy ons om te volhard en te besef Hy sien die onreg raak. Dit is ʼn baie groot toets vir ons. Dit beteken nie ons mag maar alle onregverdige dade laat voortgaan nie. Ons kan probeer om dit stop te sit, soos Dawid probeer doen het. Hy het selfs Saul se lewe gespaar en probeer om die saak met hom uit te praat. Kinders van die Here doen dinge op die Here se manier met liefde en in vrede.

6 Kleingroepvaslegging: Junior groep Welkom Groet elkeen met die woorde: Hoe laat is dit nou volgens jou horlosie of selfoon? (As iemand nie ʼn horlosie of selfoon by hulle het nie, vra sommer hoe hulle gewoonlik weet hoe laat dit is.) Wegspring Maak nou die jellie en kitspoeding. Volg die instruksies op die pakkies. Maak jellie met kookwater aan. Laat een van die groeplede dit roer totdat al die kristalle opgelos het. Sit dit eenkant op ʼn koel plek neer om te stol. Maak dan die pakkie kitspoeding, van die soort wat jy net twee minute hoef te klits en dan ʼn baie klein rukkie laat staan om styf te word. Laat die groep doodstil sit en wag totdat die poeding gereed is. Elkeen wat doodstil sit en niks sê totdat die poeding gereed is nie, kan daarvan proe. Toets kort-kort of die poeding reg is. Die eksperiment moet wys hoe moeilik dit is om te wag. Kyk of die groep drie minute kan stilsit. Kondig ná elke 15 of 30 sekondes aan hoeveel tyd verloop het. Ná drie minute kan julle die twee soorte poedings toets. Almal kan van die kitspoeding proe, maar die loperige jellie sal nog moet staan. Die groep kan die vrae in hulle werkboeke antwoord: Hoe het dit vir jou gevoel om te wag vir die jellie en kitspoeding om te stol? Het die tyd vinnig of stadig verbygegaan? Werksaam Gesels saam oor hierdie vrae: Is dit lekker of sleg om te wag? Wat gebeur wanneer jy moet wag? Wat het met Dawid gebeur toe hy baie jare moes wag voordat hy kon koning word? Was dit goed vir Dawid om so lank te wag? Hoekom sê jy so? 2. Kan jy vir Dawid met die slingervel help om uit te kom by die Dawid met die kroon op sy kop?

7 Wegstuur/Huisgeloof Ons huis is ʼn skuilplek teen die storms waar ons leer om te wag en respek vir ander mense te hê. 1. Laat een van jou huismense vertel van ʼn storm waarin hulle was en waar hulle teen die storm geskuil het. Hoe lank het die storm aangehou? Hoe lank het dit vir hulle gevoel? 2. Gesels saam oor hierdie stelling: Ons huis is ʼn veilige plek. Hoekom sê julle so? Waarteen bied julle huis skuiling? 3. Lees Psalm 91:1-2. Gesels saam oor wat hierdie gedeelte vir julle as gesin beteken.

8 Kleingroepvaslegging: Senior groep Welkom Groet elkeen met die woorde: Hoe laat is dit nou volgens jou horlosie of selfoon? (As iemand nie ʼn horlosie of selfoon by hulle het nie, vra sommer hoe hulle gewoonlik weet hoe laat dit is.) Wegspring Maak nou die jellie en kitspoeding. Volg die instruksies op die pakkies. Maak jellie met kookwater aan. Laat een van die groeplede dit roer totdat al die kristalle opgelos het. Sit dit eenkant op ʼn koel plek neer om te stol. Maak dan die pakkie kitspoeding, van die soort wat jy net twee minute hoef te klits en dan ʼn baie klein rukkie laat staan om styf te word. Laat die groep doodstil sit en wag totdat die poeding gereed is. Elkeen wat doodstil sit en niks sê totdat die poeding gereed is nie, kan daarvan proe. Toets kort-kort of die poeding reg is. Die eksperiment moet wys hoe moeilik dit is om te wag. Kyk of die groep drie minute kan stilsit. Kondig ná elke 15 of 30 sekondes aan hoeveel tyd verloop het. Ná drie minute kan julle die twee soorte poedings toets. Almal kan van die kitspoeding proe, maar die loperige jellie sal nog moet staan. Die groep kan die vrae in hulle werkboeke antwoord: Hoe het dit vir jou gevoel om te wag vir die jellie en kitspoeding om te stol? Het die tyd vinnig of stadig verbygegaan? Wonder 1. Maak jou oë toe en wonder hieroor: Wat sou gebeur as Dawid vir koning Saul in die grot doodgemaak het? 2. Vertel nou vir mekaar wat julle gedink het. Werksaam 1. Gesels saam hieroor: Wat gebeur wanneer jy moet wag? Wat het met Dawid gebeur toe hy baie jare moes wag voordat hy koning kon word? Christene kry soms baie swaar en verkies dan dat die Here gou moet terugkom. Hoe voel jy hieroor? Kry jy swaar? Wil jy hê Jesus moet gou kom? 2. Lees 2 Petrus 3:8-13. Wat beteken hierdie verse? Gebruik die woorde hieronder en maak kort sinne wat by hierdie Bybelgedeelte pas: duisend

9 geduldig bekeer verwagting die wil van God Wegstuur/Huisgeloof Ons huis is ʼn skuilplek teen die storms waar ons leer om te wag en respek vir ander mense te hê. 1. Laat een van jou huismense vertel van ʼn storm waarin hulle was en waar hulle teen die storm geskuil het. Hoe lank het die storm aangehou? Hoe lank het dit vir hulle gevoel? 2. Gesels saam oor hierdie stelling: Ons huis is ʼn veilige plek. Hoekom sê julle so? Waarteen bied julle huis skuiling? 3. Lees Psalm 91:1-2. Gesels saam oor wat hierdie gedeelte vir julle as gesin beteken.

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30 4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30 Tema Die goeie Herder hou al sy skape veilig in sy hand. Agtergrond en interpretasie Kyk weer na Agtergrond en interpretasie by Ontmoeting 1, asook na die aantekenings

Nadere informatie

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12 14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12 Tema Jesus het uit liefde sy lewe vir ons afgelê en Hy gee ook hierdie liefde in ons sodat ons mekaar kan liefhê. Agtergrond en interpretasie Johannes

Nadere informatie

26. Ek kies om die Here te dien Daniël 6

26. Ek kies om die Here te dien Daniël 6 26. Ek kies om die Here te dien Daniël 6 Tema Wanneer jaloerse mense ander mense met mag gebruik om jou geloof te probeer ondermyn, ontdek jy die Here is en bly getrou. Agtergrond en interpretasie Kyk

Nadere informatie

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24 1 15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24 Tema Wanneer jy in Jesus glo, eindig jou lewe nie op die dag wanneer jy doodgaan nie. Jy sal uit die dood opstaan en

Nadere informatie

Jesus as Kind Teks: Matteus 2, 13: 55-56, Lukas 2

Jesus as Kind Teks: Matteus 2, 13: 55-56, Lukas 2 Jesus as Kind Teks: Matteus 2, 13: 55-56, Lukas 2 Hulpmiddels:: Bordspeletjie: Laai af by http://www.livingwaterbible games.com/christmas-board-game.htm Drukker, papier, gom, skêr, dobbelsteentjies, kleeflint

Nadere informatie

2. Jesus eet saam met sondaars Markus 2:13-17

2. Jesus eet saam met sondaars Markus 2:13-17 2. Jesus eet saam met sondaars Markus 2:13-17 Tema Jesus, ons Onderwyser of Leermeester, laat ons saam drome droom om siek (sondige) mense by die Dokter uit te bring; om hulle in te trek tot in die binnekring

Nadere informatie

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN Skep Die Geleentheid Vir Veilige Kommunikasie Bou Vertroue & Dra Waardes Oor Versterk Verhoudings Ontwikkel Jou Kind Se Emosionele Intelligensie SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN Created by REËLS VIR

Nadere informatie

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees Doel van les: Vandag leer ons van die Vrugte van die Heilige Gees en hoe dit in ons lewens werk. INLEIDING: Sjoe, ons het nou al so baie van die Heilige Gees

Nadere informatie

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie Ontmoeting 7 God gebruik n dogtertjie wat ver van haar eie huis af is, om n belangrike generaal in Hom te laat glo. Teks: 2 Konings 5: 1-14 Hulpmiddels: Sandboks met huise, paleis, rivier en karakters

Nadere informatie

Pragtige Koningin Ester

Pragtige Koningin Ester Bybel vir Kinders bied aan Pragtige Koningin Ester Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Vertaal deur: Gert Badenhorst Aangepas deur: Ruth Klassen Storie 30 van 60 www.m1914.org Bible

Nadere informatie

10. In Tomas se skoene Johannes 20:19-31

10. In Tomas se skoene Johannes 20:19-31 10. In Tomas se skoene Johannes 20:19-31 Tema Jesus help Tomas glo en Hy noem almal wat nie sien nie en tog glo, gelukkig. Agtergrond en interpretasie Hierdie aanbieding fokus op Tomas. Tomas is n Hebreeuse

Nadere informatie

1. So iets het ons nog nooit gesien nie Markus 2:1-12

1. So iets het ons nog nooit gesien nie Markus 2:1-12 1. So iets het ons nog nooit gesien nie Markus 2:1-12 Tema Jesus is God wat ʼn sondige verlamde man help en ons met hierdie Goeie Nuus na ander mense toe stuur. Só sal baie mense God prys. Agtergrond en

Nadere informatie

3. Jesus oorwin versoekings Matteus 4:1-11

3. Jesus oorwin versoekings Matteus 4:1-11 1 3. Jesus oorwin versoekings Matteus 4:1-11 Tema Jesus wys dat God se Woord soos n wapen is waarmee ons die duiwel en sy versoekings kan oorwin. Agtergrond Die verhaal van die Israeliete wat uit Egipte

Nadere informatie

2. In die pikdonker nag. Johannes 3:1-21

2. In die pikdonker nag. Johannes 3:1-21 1 2. In die pikdonker nag Johannes 3:1-21 Tema God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun, Jesus, gestuur het om almal wat in Hom glo, te red. Agtergrond en interpretasie Johannes 3:16-17 sluit

Nadere informatie

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk Doel van les: Voordat ons kan leer van ons nuwe identiteit in Christus, moet ons eers stil staan by wat Jesus vir ons kom doen het en dat ons die nuwe mens

Nadere informatie

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene Bybel vir Kinders bied aan Daniël die Gevangene Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun Bybel vir Kinders bied aan Die Verlore Seun Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

Welkom by Die Storie God se storie

Welkom by Die Storie God se storie Welkom by Die Storie God se storie Hierdie boek vertel die belangrikste, aangrypendste storie ooit: die storie van n ware God wat lief is vir sy kinders, wat gesorg het dat hulle gered is, en wat vir hulle

Nadere informatie

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk Doel van les: Voordat ons kan leer van ons nuwe identiteit in Christus, moet ons eers stil staan by wat Christus vir ons kom doen het. Vandag gaan ons gesels

Nadere informatie

9. Ek glo Jesus het opgestaan Johannes 20:1-18

9. Ek glo Jesus het opgestaan Johannes 20:1-18 1 9. Ek glo Jesus het opgestaan Johannes 20:1-18 Tema Jesus se opstanding was ʼn onverwagse verrassing wat vir ons as sy volgelinge moed gee wanneer ons deel word van sy triomftog waarin Hy baie mense saam

Nadere informatie

14. Ek glo my sondes word vergewe 1 Johannes 1:5 2:2

14. Ek glo my sondes word vergewe 1 Johannes 1:5 2:2 1 14. Ek glo my sondes word vergewe 1 Johannes 1:5 2:2 Tema Wanneer ons bely dat ons sonde doen, vir God daarvan vertel en sê ons is jammer, verseker Hy ons dat Hy ons sonde vergewe. Agtergrond en interpretasie

Nadere informatie

21. Glo maak soms seer Jesaja 6

21. Glo maak soms seer Jesaja 6 1 21. Glo maak soms seer Jesaja 6 Tema Soms gee die Here vir ons moeilike werk om te doen, maar dan gee Hy ook vir ons die krag om dit te doen. Agtergrond en interpretasie In die vorige ontmoeting het

Nadere informatie

25. Ja, Jeremia, jy kan! Jeremia 1

25. Ja, Jeremia, jy kan! Jeremia 1 1 25. Ja, Jeremia, jy kan! Jeremia 1 Tema Wanneer die Here vir ons moeilike werk gee om te doen, is Hy by ons. Agtergrond en interpretasie Die profeet Jeremia het uit Anatot gekom en was nie een van die

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer Bybel vir Kinders bied aan Joshua neem Beheer Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15

12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15 1 12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15 Tema Jesus het die Heilige Gees gestuur om ons te help. Agtergrond en interpretasie Hierdie ontmoeting sluit by die voriges aan. Een artikel van

Nadere informatie

16. Die Israeliete soek ʼn koning 1 Samuel 8:1-22

16. Die Israeliete soek ʼn koning 1 Samuel 8:1-22 16. Die Israeliete soek ʼn koning 1 Samuel 8:1-22 Tema God laat ons kies sodat ons goeie leiers soos Samuel kan wees. Agtergrond Samuel was lank God se mond onder die volk. Hy het hulle gelei, want hy was

Nadere informatie

die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën.

die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën. Ontmoeting 4 God is lief vir Noag Kinders hoor in die storie van Noag dat God regverdig is. Hy sien mense raak wat aan Hom gehoorsaam is en Hy maak n duidelike plan om sy kinders te red. Teks: Genesis

Nadere informatie

Jona en die Groot Vis

Jona en die Groot Vis Bybel vir Kinders bied aan Jona en die Groot Vis Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

Jesaja sien die Toekoms

Jesaja sien die Toekoms Bybel vir Kinders bied aan Jesaja sien die Toekoms Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

DIE VLEUELS VAN GEBED (9) DIE VLEUELS VAN GEBED (9) DIE VLEUELS VAN GEBED (9) Jan van der Watt Dankie Here! Dankie sê is om jou skuld te betaal. In die tyd van die Bybel was dankie sê iets anders as vandag. Vandag is dankie n woord

Nadere informatie

16. Dit sal nie opraak nie 1 Konings 17

16. Dit sal nie opraak nie 1 Konings 17 1 16. Dit sal nie opraak nie 1 Konings 17 Tema Wanneer leiers nie meer vir God as die enigste Here erken nie, praat die Here steeds deur doodgewone mense soos Elia en sorg vir sy kinders. Agtergrond en

Nadere informatie

Jona en die Groot Vis

Jona en die Groot Vis Bybel vir Kinders bied aan Jona en die Groot Vis Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Vertaal deur: Yvonne Kriel Aangepas deur: Mary-Anne S. Storie 26 van 60 www.m1914.org Bible for

Nadere informatie

10. Ek is by julle Matteus 28:16-20

10. Ek is by julle Matteus 28:16-20 10. Ek is by julle Matteus 28:16-20 Tema Jesus verseker mense wat Hom aanbid, en selfs dié wat nog twyfel, dat Hy, die Almagtige, by hulle is wanneer hulle uitgaan om dissipels oor die hele wêreld heen

Nadere informatie

Ons hoor hulle het in die land Kanaän gaan woon. (kaart) Kanaän Egipte.

Ons hoor hulle het in die land Kanaän gaan woon. (kaart) Kanaän Egipte. 1 Gen. 37a Josef a Die vere maak nie die voël nie Liewe kinders, en broers en susters. Vandag begin ons met `n splinternuwe reeks oor die lewe van Josef. Ek wil veral hê dat die kinders mooi moet luister,

Nadere informatie

12. God se Advokaat by my Johannes 14:15-26

12. God se Advokaat by my Johannes 14:15-26 12. God se Advokaat by my Johannes 14:15-26 Tema Die Heilige Gees het na ons toe gekom soos Jesus aanvanklik by die dissipels was om te help dat ons nie alleen word, twyfel en ophou om in Jesus en die

Nadere informatie

26. Kies wysheid 1 Konings 3

26. Kies wysheid 1 Konings 3 26. Kies wysheid 1 Konings 3 Tema Ons kies wys wanneer ons kies om aan die Here gehoorsaam te wees sodat ons die Here se mense kan help. Agtergrond en interpretasie Koning Salomo se bewind begin met ʼn

Nadere informatie

2. Dit is donker Johannes 8:12-13; 9:1-41

2. Dit is donker Johannes 8:12-13; 9:1-41 2. Dit is donker Johannes 8:12-13; 9:1-41 Tema Wie Jesus as Here erken, dwaal nie meer soos n blinde mens in onsekerheid rond nie. Agtergrond en interpretasie Kyk weer na Agtergrond en interpretasie by

Nadere informatie

n Tempel Leier besoek Jesus

n Tempel Leier besoek Jesus Bybel vir Kinders bied aan n Tempel Leier besoek Jesus Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: M. Maillot; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible

Nadere informatie

Debora. Wyding Sing die Temalied en doen die Stilword-ritueel soos by ontmoeting 1.

Debora. Wyding Sing die Temalied en doen die Stilword-ritueel soos by ontmoeting 1. Debora Vertrou op God in alle omstandighede. Teks: Rigters 4:1-24. Hulpmiddels: n Houertjie vir elke kind wat deelneem aan die tweede speletjie by Welkom Appels en 1 patat Blinddoeke en items om n hindernisbaan

Nadere informatie

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart? STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart? - Lees Rom 10:1 - By hierdie stasie gaan elke persoon hulle polsslag neem - Laat elke persoon hulle wysvinger op hulle pols sit om hulle hartklop te voel. - Laat hulle

Nadere informatie

6. Ek glo in Jesus Christus Johannes 3:16-18 en Matteus 1:18-25

6. Ek glo in Jesus Christus Johannes 3:16-18 en Matteus 1:18-25 1 6. Ek glo in Jesus Christus Johannes 3:16-18 en Matteus 1:18-25 Tema Ons glo in Jesus Christus, die God-mens, ons Here wat ons verlos. Agtergrond en interpretasie Ons is besig om oor die Apostoliese

Nadere informatie

23. Reëls vir die pad die padgebruikers

23. Reëls vir die pad die padgebruikers 23. Reëls vir die pad die padgebruikers Oorhoofse tema Die Here is saam met ons op pad. As die Padmaker het Hy vir ons tien padreëls of lewensreëls gegee sodat ons elke dag daarvolgens kan leef. Die eerste

Nadere informatie

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus Doel van les: Ons leer meer oor Wie ons is in Christus. Ysbreker: Bome Uitbeeld: In die Bybel lees mens baiekeer dinge oor bome. God praat van bome om ons as

Nadere informatie

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid Bybel vir Kinders bied aan Die Kerk Kry Moeilikheid Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

Nadere informatie

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie. 1 Johannes 14b WH Belydenisaflegging en Nagmaal Kinders, doen julle wat mamma en pappa vra? Altyd? Partykeer eers later nè? Hoekom sal jy iets doen as jou ouers vra? Doen jy wat die Here vra? Wat is jou

Nadere informatie

VADERSDAG. Een van die raadslede van die sinagoge, 'n man met die naam Jaïrus, kom toe daar aan. Net toe hy vir Jesus sien, val hy op sy

VADERSDAG. Een van die raadslede van die sinagoge, 'n man met die naam Jaïrus, kom toe daar aan. Net toe hy vir Jesus sien, val hy op sy VADERSDAG Teks: Markus 5:22 24, 35-42 Hulpmiddels: Sirkel en sirkel met vyfde uitgesny om saam met die verhaal te gebruik Split pin A4-kartonne A4-papier om hemp-kaartjies te vou Inkleurkryte en ander

Nadere informatie

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek. 1 Lukas 6h 7.10.18 WH Tema: Hoe kyk jy? Ek sien nou die dag `n taxi met `n plakkaat agter in die venster waarop daar staan: only God can judge me. Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in

Nadere informatie

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE: VRUGTE VAN DIE GEES VRAE: GEDULD: (Patience) 1. Wat is geduld? 2. Wat is van die goed waarvoor jy geduldig moet wees? 3. Is dit moeilik vir jou om geduldig te wees? 4. Hoe kan jy geduld wys? SELFBEHEERSING:

Nadere informatie

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg: Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg: 1. Jy MOET n sondaar wees 2. Jy kan Hom volg al glo jy nog nie

Nadere informatie

Goeie Konings, Slegte Konings

Goeie Konings, Slegte Konings Bybel vir Kinders bied aan Goeie Konings, Slegte Konings Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

Ouderdom: Gr1-6 Tema: Veg saam met Jesus teen die duiwel Teks: 1 Samuel 17:34-37

Ouderdom: Gr1-6 Tema: Veg saam met Jesus teen die duiwel Teks: 1 Samuel 17:34-37 Ouderdom: Gr1-6 Tema: Veg saam met Jesus teen die duiwel Teks: 1 Samuel 17:34-37 DOEL: Die kinders moet verstaan dat ons saam met Jesus teen die duiwel moet stry. Ons moet hom geen vastrapplek in ons lewe

Nadere informatie

Van Vervolger tot Prediker

Van Vervolger tot Prediker Bybel vir Kinders bied aan Van Vervolger tot Prediker Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

Nadere informatie

Is jy seker dis nie n voorry nie. Ek wonder of die kinders weet wat n voorry doen.

Is jy seker dis nie n voorry nie. Ek wonder of die kinders weet wat n voorry doen. Op pad vir Christus NG Kraggakamma Le Roux Familie POPPEKASKAPERJOLLE : Frikkie! Frikkie! Hoekom is jy so stadig vandag? Frikkie: (Nog af. Haal hard asem) Want ek is moeg. Hoekom is jy moeg? Frikkie: Ek

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër Bybel vir Kinders bied aan Jakob die Bedrieër Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: M. Maillot; Lazarus Aangepas deur: M. Kerr; Sarah S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children

Nadere informatie

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp. SKRIFLESING: Johannes 18:28-40 TEKS: TEMA: INHOUD: Johannes 18:37-38b Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp. Die waarheid verwerp Psalm 105 : 2, 3 Psalm 73 : 12 Skrifberyming 18 (17-2)

Nadere informatie

Ontmoeting 40. Welkom. Wyding. Woord. te maak, in vorms te giet en te laat droog word.)

Ontmoeting 40. Welkom. Wyding. Woord. te maak, in vorms te giet en te laat droog word.) Ontmoeting 40 Kinders kan vir grootmense van God vertel. Teks: 2 Konings 5; Jesaja 44:6 Hulpmiddels: Bordkryt om teen n muur of op die vloer te skryf (Of maak afwasbare kryt deur waspoeier met kleursel

Nadere informatie

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3.

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3. MATTEUS 7:12 Votum en seën Psalm 34 : 2, 4 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3 Gebed Skrifberyming 53 (14-3) : 4 Skriflesing: Matteus 7:7-23 (AV 1983/91) Teks:

Nadere informatie

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was nie om limate te gaan werf of om mense te gaan bekeer nie, maar om dissipels te gaan maak, mense wat Jesus volg. Net soos wat n mens nie noodwendig

Nadere informatie

Van Vervolger tot Prediker

Van Vervolger tot Prediker Bybel vir Kinders bied aan Van Vervolger tot Prediker Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Vertaal deur: Gert Badenhorst Aangepas deur: Ruth Klassen Storie 58 van 60 www.m1914.org Bible

Nadere informatie

'n Man gestuur deur God

'n Man gestuur deur God Bybel vir Kinders bied aan 'n Man gestuur deur God Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Vertaal deur: Yvette Brits Aangepas deur: E. Frischbutter; Sarah S. Storie 37 van 60 www.m1914.org

Nadere informatie

Baie welkom by vanoggend se erediens. Doen asb moeite om ander mense rondom jou te groet

Baie welkom by vanoggend se erediens. Doen asb moeite om ander mense rondom jou te groet Baie welkom by vanoggend se erediens Doen asb moeite om ander mense rondom jou te groet Kerklike jaar 'n Sistematiese kyk na die Evangelie boodskap Advent - die vier Sondae voor Kersfees Epifanie ("Godsverksyning")

Nadere informatie

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels... 1 0:01:50-0:03:50 Gnomeo en Juliet se storie begin met twee families, rooi en blou wat nie van mekaar hou nie. Hulle noem die ander familie nooit op hul name nie, maar slegs rooies of bloues. Hierdie word

Nadere informatie

Paulus en sy vriende vertel ander van God

Paulus en sy vriende vertel ander van God Ontmoeting 20 Paulus en sy vriende vertel ander van God In hierdie deel van Paulus se verhaal sien ons weereens hoe God vir ons sorg. Hy het vir Paulus vriende gegee om hom te help met sy taak om die boodskap

Nadere informatie

Luister en praat. Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun?

Luister en praat. Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun? Luister en praat Naam: Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun? 3. Waaraan, dink jy, dink die kat? 4. Hoekom dink jy is daar ʼn slot aan

Nadere informatie

22. Die Here hoor sy kinders Rigters 6:1-22

22. Die Here hoor sy kinders Rigters 6:1-22 22. Die Here hoor sy kinders Rigters 6:1-22 Tema Die Here hoor sy kinders wat tot Hom roep al het hulle van Hom af weggedraai en help hulle deur leiers wat Hy daarvoor gereed maak. Agtergrond Rigters vertel

Nadere informatie

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap.

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap. Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap. Ses groepstudies oor die Saligsprekinge uit Matteus 5 Groepstudie 1 17 Februarie 1. Die bergpredikasie. i. Leer gou almal se name

Nadere informatie

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig INLEIDING In ons verduideliking van hoe ons Nagmaal vier, het ons gehoor dat God ons waardig maak om aan die hemelse spys en drank deel te hê. Dit beteken

Nadere informatie

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies?

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies? VERGELYK en RANGSKIK GETALLE Om vergelykings te tref tussen verskillende dinge is n vaardigheid waarmee ons almal gebore word. Dit begin vroeg-vroeg al wanneer ons verskillende tipes speelgoed met mekaar

Nadere informatie

18. Leiers wissel God bly Deuteronomium 31 34; Josua 1

18. Leiers wissel God bly Deuteronomium 31 34; Josua 1 1 18. Leiers wissel God bly Deuteronomium 31 34; Josua 1 Tema Wanneer ons op die drumpel staan van nuwe dinge voor ons, is dit die Here sélf wat ons lei en begelei. Agtergrond Hierdie verhaal speel af

Nadere informatie

Gisteraand het dit gegaan dit oor hoe ons lewens moet wees om Jesus te volg. Watter klere ek moet aantrek.

Gisteraand het dit gegaan dit oor hoe ons lewens moet wees om Jesus te volg. Watter klere ek moet aantrek. Gisteraand het dit gegaan dit oor hoe ons lewens moet wees om Jesus te volg. Watter klere ek moet aantrek. Vanaand gaan dit oor kosteberekening. Wat gaan dit kos? Wanneer n mens trou met die liefde van

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Storie 6 van 60.

Bybel vir Kinders. bied aan. Storie 6 van 60. Bybel vir Kinders bied aan Jakob die Bedrieër Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: M. Maillot; Lazarus Vertaal deur: Yvonne Kriel Aangepas deur: M. Kerr; Sarah S. Storie 6 van 60 www.m1914.org Bible

Nadere informatie

Die Groot Muur van Nehemia

Die Groot Muur van Nehemia Bybel vir Kinders bied aan Die Groot Muur van Nehemia Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Vertaal deur: Yvette Brits Aangepas deur: Mary-Anne S. Storie 35 van 60 www.m1914.org Bible

Nadere informatie

11. Jesus gaan vooruit (Hemelvaart)

11. Jesus gaan vooruit (Hemelvaart) 11. Jesus gaan vooruit (Hemelvaart) Oorhoofse tema Soos iemand vooruit stap en aan die einde van die pad vir jou wag, het Jesus vooruit gegaan om vir ons in die hemel te gaan wag. Die dissipels het getuig

Nadere informatie

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5 MATTEUS 6:8 Votum en seën Psalm 7 : 6 Gebed Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5 Preek: Vir ons hemelse Vader is eenvoudige gebede goed Gebed

Nadere informatie

Toe God alles gemaak het

Toe God alles gemaak het Bybel vir Kinders bied aan Toe God alles gemaak het Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: Bob Davies; Tammy S. Vertaal deur: Hannelie Niemandt Vervaardig deur:

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Totsiens Farao!

Bybel vir Kinders. bied aan. Totsiens Farao! Bybel vir Kinders bied aan Totsiens Farao! Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Lyn Doerksen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

Ons hoor graag wat jy dink van hierdie boek! Gaan na soek hierdie titel en kliek op resensies. Of praat saam op Facebook by

Ons hoor graag wat jy dink van hierdie boek! Gaan na  soek hierdie titel en kliek op resensies. Of praat saam op Facebook by Ons hoor graag wat jy dink van hierdie boek! Gaan na www.cumuitgewers.co.za, soek hierdie titel en kliek op resensies. Of praat saam op Facebook by ChristelikeBoekeSA. Inhoudsopgawe Voorwoord... 7 Inleiding...

Nadere informatie

Jakkals lê eendag heerlik en

Jakkals lê eendag heerlik en Leesbegrip Naam: Jakkals en Hettie die heuningvoëltjie Jakkals lê eendag heerlik en slaap onder ʼn koelteboom toe hy skielik die geflap van vlerke hoor. Dit is Hettie, die heuningvoëltjie. Sy druk haar

Nadere informatie

Tema van die dag is ons bekommernisse, en wat om daarmee te maak.

Tema van die dag is ons bekommernisse, en wat om daarmee te maak. Psalm 55 Werp jou bekommernis op die Here Tema van die dag is ons bekommernisse, en wat om daarmee te maak. Ons is hier as gelowiges om ons roeping uit te leef deurdat ons meewerk dat die Koninkryk van

Nadere informatie

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13 1 Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13 Het jy dalk enige afgode of in jou huis? Miskien weet jy nie dat jy het nie, en dit is dalk die rede vir die konflik in jou huwelik, of dat jou kind

Nadere informatie

INTERMEDIÊRE FASE GRAAD 6 NOVEMBER 2014 AFRIKAANS HUISTAAL V2 MEMORANDUM

INTERMEDIÊRE FASE GRAAD 6 NOVEMBER 2014 AFRIKAANS HUISTAAL V2 MEMORANDUM INTERMEDIÊRE FASE GRAAD 6 NOVEMBER 2014 AFRIKAANS HUISTAAL V2 MEMORANDUM PUNTE: 40 Hierdie memorandum bestaan uit 7 bladsye. 2 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (NOVEMBER 2014) AFDELING A: LEESBEGRIP WENKE VIR NASIEN

Nadere informatie

God eer Josef die slaaf

God eer Josef die slaaf Bybel vir Kinders bied aan God eer Josef die slaaf Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: M. Maillot; Lazarus Vertaal deur: Yvonne Kriel Aangepas deur: M. Maillot; Sarah S. Storie 8 van 60 www.m1914.org

Nadere informatie

15. Baas-klaas of ouer-kind? Matteus 25:14-30

15. Baas-klaas of ouer-kind? Matteus 25:14-30 1 15. Baas-klaas of ouer-kind? Matteus 25:14-30 Tema Hoe ek God sien, gaan bepaal hoe ek met sy riglyne sal omgaan in my lewe: óf soos n slaaf wat net die nodige sal doen, óf soos n kind wat vertrou dat

Nadere informatie

Baie welkom by vanoggend se erediens

Baie welkom by vanoggend se erediens Baie welkom by vanoggend se erediens Kerklike jaar: Lydenstyd Hoekom moes Jesus so ly? Jes 53 Jesaja - drie in een I - Jes 1-39 Verval voor ballingskap Jesaja II - Jes 40-55 Ballingskap in Babilonië III

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL VRAESTEL 2: SKRYF NOVEMBER 2008 PUNTE: 80 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye. Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2

Nadere informatie

10. Jesus help my verstaan

10. Jesus help my verstaan 10. Jesus help my verstaan Oorhoofse tema Jesus gee vir sy volgelinge vrede wanneer Hy aan hulle verskyn. Hy wys vir hulle dat Hy anders is, maar dat Hy waarlik leef en dat hulle die wonderlike taak het

Nadere informatie

KINDERKERK LES: Vrugte van die Gees Gebedsaand

KINDERKERK LES: Vrugte van die Gees Gebedsaand KINDERKERK LES: Vrugte van die Gees Gebedsaand 1. Praise and Worship 2. Instruksies vir die aand: - Hierdie is n gebedsaand rondom die verskillende vrugte van die Gees. - Elke groepleier kry al hulle benodighede

Nadere informatie

Woordlys. ou vrou bouvallig hout kou blou woud goue goud Louwrens Douw tou gou-gou hou jou gou flou boud. Die ou vrou en die voël wat kon praat.

Woordlys. ou vrou bouvallig hout kou blou woud goue goud Louwrens Douw tou gou-gou hou jou gou flou boud. Die ou vrou en die voël wat kon praat. Naam: 1 Die ou vrou en die voël wat kon praat. Woordlys Lees die woorde n paar keer hardop. ou vrou bouvallig hout kou blou woud goue goud Louwrens Douw tou gou-gou hou jou gou flou boud 2 Stillees Oefening

Nadere informatie

9. Ons Vader dink anders oor gebed Matteus 6:9-10

9. Ons Vader dink anders oor gebed Matteus 6:9-10 1 9. Ons Vader dink anders oor gebed Matteus 6:9-10 In hierdie aanbieding word daar ook enkele praktiese wenke vir n kleutergroep gegee. Dit sou ook vir Graad 1 gebruik kon word. Tema In die eerste deel

Nadere informatie

RESPECT 4 U. L e s 1. Jou vermoëns en sommige van jou verwagtinge en drome indentifiseer

RESPECT 4 U. L e s 1. Jou vermoëns en sommige van jou verwagtinge en drome indentifiseer WIE KIES EK OM TE WEES? WAT KIES EK OM TE WEES RESPECT 4 U Gedurende hierdie les sal jy: Leer oor die RESPEK vir jouself program en jou ontmoet onderwyser ontmoet Maniere identifiseer om RESPEK te wys

Nadere informatie

Preek deur ds. Jaco van Sittert Vrydag, 14 April Skriflesing: Johannes 19:17-37 Van die eenkant na die anderkant van die kruis.

Preek deur ds. Jaco van Sittert Vrydag, 14 April Skriflesing: Johannes 19:17-37 Van die eenkant na die anderkant van die kruis. Vrydag, 14 April 2017 Skriflesing: Johannes 19:17-37 Tema: Van die eenkant na die anderkant van die kruis. Skriflesing Johannes 19:17-37 Jesus word gekruisig 17 Jesus het self sy kruis gedra en uitgegaan

Nadere informatie

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra SKRIFLESING: Romeine 12:1-8 TEKS: Romeine 12:1-2 HK 49 TEMA: Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra Psalm 103 : 10, 11 Skrifberyming 28 (10-1) : 1, 2 Psalm 119 : 11 Skrifberyming 78 (13-3)

Nadere informatie

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel Christiaan Coetzee www.mathetes.co.za In die ou testament was die tempel n fisise plek of tent gewees waar mense na toe gegaan het om hulle sondes te belei

Nadere informatie

Toe God alles gemaak het

Toe God alles gemaak het Bybel vir Kinders bied aan Toe God alles gemaak het Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: Bob Davies; Tammy S. Vertaal deur: Hannelie Niemandt Vervaardig deur:

Nadere informatie

1. Ek is honger Johannes 6:1-37

1. Ek is honger Johannes 6:1-37 1. Ek is honger Johannes 6:1-37 Tema God sorg vir ons en Hy het Jesus na ons toe gestuur om ons honger na God te stil. Agtergrond en interpretasie Johannes vertel in hoofstuk 2 12 die verhaal van Jesus

Nadere informatie

FAKTORE EN VEELVOUDE

FAKTORE EN VEELVOUDE FAKTORE EN VEELVOUDE Ons gaan nou na n paar stukkies teorie kyk in verband met Natuurlike- en Telgetalle. Voltooi: 3 X 1 = 3 X 2 = 3 X 3 = 3 X 4 = 3 X 5 = Ons sê dus dat 3, 6, 9, 12 en 15 VEELVOUDE is

Nadere informatie

Jnr. Kategese 22 Januarie 2017 Visvang vir Jesus! Matteus 4: 12-23

Jnr. Kategese 22 Januarie 2017 Visvang vir Jesus! Matteus 4: 12-23 Benodighede: Visse op karton afgerol en uitgeknip Skuifspelde Stok met tou en magneet Jnr. Kategese 22 Januarie 2017 Visvang vir Jesus! Matteus 4: 12-23 Wenke: Lees die VERLOOP hier onder deur en maak

Nadere informatie

Die Groot Gebod dennis de wet

Die Groot Gebod dennis de wet Die Groot Gebod dennis de wet Die Groot Gebod Meester, wat is die groot gebod in die wet? En Jesus antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.

Nadere informatie

6. Geseënde mense dink aan ander Matteus 5:3-6

6. Geseënde mense dink aan ander Matteus 5:3-6 1 6. Geseënde mense dink aan ander Matteus 5:3-6 Tema Geseënde mense is nie die hele tyd net met hulleself besig nie. Agtergrond Matteus skryf vir n klein groepie Christene. Die wêreld rondom hulle is

Nadere informatie

Die brief aan die Filippense

Die brief aan die Filippense Ontmoeting 19 Die brief aan die Filippense Teks: Fillippense 1:4; 4:4; 4:13 Hulpmiddels: Toue Ballonne Oupa Pietie Preekstoel se brief Kopie van prentjie met Fillipense 4:4 Woorde van Fillipense 4:13,

Nadere informatie