Vergoedingsverslag BESTUUR EN VOLHOUBAARHEID

Vergelijkbare documenten
VERGOEDINGSVERSLAG INLEIDING VERGOEDINGS-EN-NOMINASIEKOMITEE VERGOEDINGSBENADERING

Ontleding van die toepassing van die 75 beginsels van korporatiewe bestuurstoesig soos aanbeveel in die King III-verslag

Kennisgewing van Twintigste Algemene Jaarvergadering van Aandeelhouers

KORPORATIEWE BESTUURSVERSLAG

KENNISGEWING AAN AANDEELHOUERS

KONSTITUSIE VAN PRETORIA PAPEGAAI KLUB

AANDEELHOUERSINLIGTING

HOOFSTUK 8 Die Nasionale Raad

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA. REGULASIE EN PROSEDURE VIR DIE AANSTELLING VAN UITVOERENDE DIREKTEURE EN DIE REGISTRATEUR (Rt326/10)

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

5. NOTULE VAN DIE VERGADERING GEHOU OP 7 NOVEMBER Bylae A

Remgro Beperk ( Remgro ) onderskryf die waardes van, en is ten volle verbind tot, die King II-verslag

DIENSKONTRAK MEMORANDUM VAN OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: hierin verteenwoordig deur behoorlik daartoe gemagtig (hierna die WERKGEWER genoem)

GRONDWET. Centurion Kunsvereniging (hierna genoem die Kunsvereniging) Die naam van die Kunsvereniging sal wees CENTURION KUNSVERENIGING.

Kennisgewing van die Algemene Jaarvergadering van Aandeelhouers

REGLEMENT VAN DIE ADMINISTRATIEWE PERSONEELVERENIGING

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN DIE PRE-PRIMÊRE SKOOL SENEKAL

Opsies vir wanneer u u aftreefonds verlaat

DIE BURGEMEESTER, RAADSLID T VAN ESSEN, SE VOORLEGGING VAN DIE TWEEDE HERSIENING VAN DIE

Ingevolge artikel 185 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 55 van 1995, het elke werknemer die reg om nie onbillik ontslaan te word nie.

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

VEILINGSOOREENKOMS. NADEMAAL die Verkoper begerig om onder die beskerming van S.A. Holstein 'n veiling te reël op te,

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN LAERSKOOL RUSTENBURG

HOOFSTUK 9 Regspleging

vonnisse tot 12 maande resorteer onder die Hoof van die Korrektiewe Sentrum vir plasing op parool. Artikel 76:

KENNISGEWING VAN ALGEMENE JAARVERGADERING EN VOLMAG

Kennisgewing van Een en Twintigste Algemene Jaarvergadering van BKBaandeelhouers

EIS OM VERGOEDING INGEVOLGE DIE WET OP MINERAAL- EN PETROLEUM-HULPBRONONTWIKKELING

REËLS VIR DIE AANSTELLING VAN AMPSDRAERS

PERSONEELADMINISTRASIEMAATREËLS (PAM)

REKENINGKUNDE: VRAESTEL I

HOËRSKOOL OOS-MOOT OOS-MOOT RAAD GEDRAGSKODE

Verlof 251 A. OORSIG. Die aantal dae wat n werknemer gewoonlik in ses weke sou gewerk het binne n siklus van 36 maande.

KONSTITUSIE FICHARDTPARK WOONBUURT ASSOSIASIE 2 JUNIE 2010

UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT BELEID. Ondernemingsbeleid. Senior Direkteur: IKT-dienste UBK. Jaarliks

MUNISIPALITEIT DEERNIS BELEID / (HERSIEN EN GEWYSIG)

TrueHealth se ekwiteit het op 15 Oktober 2010 uit die volgende kredietsaldo s bestaan:

Riglyne vir die regulering van termynaanstellings van langer as 3 (drie) maande 1

BERGRIVIER MUNISIPALITEIT

VOORWAARDES VAN VERKOPING VAN ONROERENDE EIENDOM. Die volgende sal voorwaardes van verkoping wees waarvolgens sekere vaste eiendomme bekend as :

Uittree-annuïteit en Bewaringsfondse

AKSIE NOTULE VAN DIE SPESIALE RAADSVERGADERING GEHOU OP DINSDAG 11 APRIL 2017 OM 11:00 IN DIE RAADSAAL, MUNISIPALE KANTORE, KERKSTRAAT, PIKETBERG

KORPORATIEWE BESTUURSVERSLAG

????: Eienaar van I Do tydskrif. BESIGHEIDSVERSEKERING Finansiële Onderskrywingsriglyne

Geldterugvoordeel. Beskikbaarheid

4 Analisering en interpretering van die terugvoer uit die empiriese ondersoek

EUROPA Trust Company 2

DIENSVOORWAARDES VIR NAVORSINGS- EN STEUNDIENSTEPERSONEEL

REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA MAATSKAPPYWET, AKTE VAN OPRIGTING KRANSPOORT EIENAARSKOMITEE NWM 8 Maart 2016 Rev 1

Kennisgewing van algemene jaarvergadering

KENNISGEWING IN TERME VAN ARTIKEL 2.1 VAN DIE ATKV-REGLEMENT VIR DIE VERKIESING VAN DIREKTEURE

besigheidsversekering finansiële onderskrywingsriglyne

KONSTITUSIE. Van die. Hoedspruit Plaaswag. ( die Plaaswag )

REKENINGKUNDE: VRAESTEL II LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR

Produsente TUSSENTYDSE RESULTATE. Belegging. Belegging. Beleggers. Toedeling SENWESBEL. Prestasie. Beleggers. Samewerking. Toedeling.

GOUDVELD-HOËRSKOOL VERKIESINGSBELEID VIR DIE VERKIESING VAN DIE VERTEENWOORDIGENDE RAAD VAN LEERDERS EN MATRIEKRAAD AANVAAR:

MUNISIPALITEIT DEERNIS BELEID

"ESLOTE $EBITEURE $EBITEURE $EBITEURE KREDITEURE /NTLEDING BANKVERSOENING )NLEIDING "ELASTING VOORRAADSTELSEL OP )TEMS WAARDE

GRAAD 12 REKENINGKUNDE MODEL 2008 NAAM VAN LEERDER: ANTWOORDEBOEK

Proses van wysiging van Artikel 1 van die Kerkorde

TYGERBERG SKOOLFONDS 2015

ARBEIDSREG ABR214. T:

NUUSBRIEF: DESEMBER 2010-FEBRUARIE 2011

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA BELEID OOR UP NAGRAADSE BEURSE 2013

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT REKENINGKUNDE GRAAD 12 NOVEMBER 2014 SPESIALE ANTWOORDEBOEK

KLIËNT INLIGTING KLIËNT. Voornaam: Identiteitsnommer / Geboortedatum: Posadres: Kode: Woonadres: Kode: PERSOON AANSPREEKLIK VIR REKENING.

GRONDWET VAN DIE HERMANUS HISTORIESE VERENIGING

KONSTITUSIE VAN ARSO

UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT BELEID. Senior Direkteur: IKT-dienste UBK. Jaarliks

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT REKENINGKUNDE GRAAD 12 FEBRUARIE/MAART 2010 SPESIALE ANTWOORDEBOEK

Tensy uit die samehang anders blyk, beteken in hierdie reglement: 'n Lid van die Fakulteitsraad met spreek- maar geen stemreg nie.

NASIONALE LUSERNHOOI GRADERINGS- EN KWALITEITSKEMA (NLT SKEMA) AANSOEK OM REGISTRASIE EN/OF AKKREDITASIE

KONSTITUSIE VAN DIE SCHOEMANSVILLE OEWERKLUB

INLIGTINGSDOKUMENT: HOE OM GRONDEISE TE HANTEER

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

GOUDVELD-HOËRSKOOL GEDRAGSKODE OPVOEDERS

Kliënte kommunikasie - Begroting 2016

KENNISGEWING VAN VERDAAGDE ALGEMENE JAARVERGADERING VAN BKB-AANDEELHOUERS

Laerskool Wonderboom BELEID OOR MERIETE (GRONDSLAGFASE: GRAAD 1 TOT 3)

INVESTERING BELEID BELEID VAN DIE RAAD

REKENINGKUNDE: VRAESTEL I INLIGTINGSBOEKIE. VRAAG 1 VERVAARDIGING (37 punte; 22 minute)

KONTANT BESTUUR BELEID

Eerste jaarvergadering en konstitusie

VEILINGSVOORWAARDES VASTE EIENDOM. Koper(s): ERF 207 en ERF 208 te Karoo Hoogland Munisipaliteit, WILLISTON. Opgestel deur :

BELEID TER VOORKOMING VAN NEPOTISME

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT REKENINGKUNDE GRAAD 12 FEBRUARIE/MAART 2015 SPESIALE ANTWOORDEBOEK

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT REKENINGKUNDE GRAAD 12 NOVEMBER 2011 SPESIALE ANTWOORDEBOEK

AANSOEK OM TOELATING SLEGS VIR KANTOOR GEBRUIK. Aangeheg. Familie Kode: Toelatingskode:

B E S I G H E I D S O O R S I G

3 Maart 2004 BESTUURSTAKE VAN VRYWILLIGERS AS LEDE VAN AFRIKAANSE CHRISTELIKE VROUE VERENIGING BESTURE

Wiskunde Vraestel 1 Vrae Wiskunde Vraestel 1: Vrae. Kopiereg voorbehou

REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA. Maatskappye Wet, 71 van 2008 (soos gewysig) AKTE VAN OPRIGTING VAN N MAATSKAPPY SONDER WINSOOGMERK MET STEMREG VIR LEDE

VERLIES VAN WINSTE (MASJINERIE BREEKSKADE)

Egskeidingskontrolelys vir Lede

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT REKENINGKUNDE GRAAD 12 NOVEMBER 2015 SPESIALE ANTWOORDEBOEK

KOOPKONTRAK VIR N VOLTOOIDE DEELTITEL EENHEID

DIENSKONTRAK VIR HUISWERKER. 1. Persoonlike besonderhede van huiswerker (hierna genoem die werknemer )

NUUSBRIEF: JANUARIE 2014

AANSOEK OM LIDMAATSKAP VORM 1

Kodes vir Afkeurredes

Transcriptie:

Vergoedingsverslag INLEIDING Die vergoedingsverslag verskaf n oorsig en begrip van Remgro se vergoedingsbeginsels, -beleid en -praktyke, met spesifieke verwysing na uitvoerende en nie-uitvoerende direkteure en lede van die bestuursraad. Die inligting wat in hierdie verslag voorkom, is op aanbeveling van die vergoedings-en-nominasiekomitee deur die direksie goedgekeur. Die komitee het twee keer gedurende die jaar vergader en besonderhede oor die bywoning van die vergadering word in die korporatiewe bestuursverslag op bladsy 62 uiteengesit. Die opdrag van die komitee, soos vervat in die mandaat, sluit die volgende in: Ten opsigte van die nominasiefunksie VERGOEDINGs-EN-NOMINASIEKOMITEE Die funksie van hierdie direksiekomitee is goed gevestig binne Remgro se bedryfsomgewing. In wese is die rol van die komitee om te verseker dat direkteure en bestuur billik en verantwoordelik vergoed word en dat die openbaarmaking van direkteure se vergoeding akkuraat, volledig en deursigtig geskied. Die komitee word bestuur met n mandaat wat die aanbevelings van King III insluit en dien om lede van die komitee te help met die uitvoering van hul rol en verantwoordelikhede. Die lede van die komitee in die jaar onder oorsig was: } Mnr J P Rupert (voorsitter) } Mnr P K Harris } Mnr G T Ferreira } Mnr F Robertson Die direksie erken die beginsel in King III dat die voor sitter van die direksie nie die voorsitter van die vergoedingsen-nominasiekomitee behoort te wees nie. Vanweë die noodsaak om die maatskappy se vergoedingsbenadering in ooreenstemming met korporatiewe strategie te bring word die huidige reëling egter as toepaslik beskou. } Help die direksie met die proses om geskikte kandidate te vind om as direkteure aan te stel } Verseker die daarstelling van n formele en deursigtige proses vir die aanstel van direkteure } Hou toesig oor die ontwikkeling van n formele induksieprogram vir nuwe direkteure } Verseker dat formele opvolgplanne vir die direksie, hoofuitvoerende beampte en ander bestuurs raadslede ontwikkel en geïmplementeer word Ten opsigte van die vergoedingsfunksie } Hou toesig oor die daarstelling en administrasie van vergoeding van alle direkteure, bestuursraadslede en ander werknemers } Hou toesig oor die daarstelling van n vergoedings beleid } Gee raad oor die vergoeding van nie-uitvoerende direkteure } Verseker dat die vergoeding in kontant, aandelegroeiregte (SARs) en ander vorme voldoen aan Remgro se behoeftes en strategiese doelwitte } Hou toesig oor die voorbereiding, en aanbeveling aan die direksie, van die vergoedingsverslag wat in die geïntegreerde jaarverslag ingesluit moet word Die komitee is tevrede dat hy sy verantwoordelikhede vir die jaar in ooreenstemming met sy mandaat uitgevoer het. remgro beperk 95 geïntegreerde jaarverslag

VERGOEDINGSVERSLAG VERGOEDINGSBENADERING Remgro het n vergoedingsbeleid vir direkteure en lede van die bestuursraad. Die vergoedingsbeleid is in ooreenstemming met die maatskappy se benadering om direkteure en senior bestuur billik en mededingend te vergoed volgens hul vermoëns, vaardighede, verantwoordelikhede en vlak van prestasie. Remgro streef daarna om die volgende vergoedingsbeginsels van die maatskappy te ondersteun: } Behoud van die dienste van bestaande direkteure en senior bestuur } Werwing van potensiële direkteure en senior bestuurders } Verskaffing van vergoeding wat billik en regverdig is aan direkteure en senior bestuur } Versekering dat geen diskriminasie plaasvind nie } Erkenning en aanmoediging van prestasie wat buitengewoon is en waarde toevoeg } Versekering dat vergoedingstrukture in ooreen stemming met die maatskappy se lang termyn behoeftes is } Beskerming van die maatskappy se regte deur middel van standaard indiensnemingskontrakte Daar moet gelet word daarop dat, soos in die verlede, die direksie nie by die alge mene jaarvergadering op 3 Desember 2013 die aandee lhouers om n nie-bindende goedkeuring van die maatskappy se vergoedingsbeleid sal vra nie. UITVOERENDE DIREKTEURE EN LEDE VAN DIE BESTUURSRAAD Hierdie werknemers word volgens n tweevlak-benadering tot Remgro se vergoedingstrukture vergoed, wat die volgende behels: Vaste betaling Hierdie element, waarna verwys word as die totale gewaarborgde pakket, bestaan uit komponente soos salaris, kontant- of motortoelae en die maatskappy se bydrae tot aftreebefondsing en die mediesehulpskema. As deel van die jaarlikse hersieningsproses deur die vergoedings-en-nominasiekomitee (die komitee) word gewaarborgde pakkette gemeet aan die boonste kwartiel van die mark vir vergelykende maatskappye, soos deur onafhanklike opnames bepaal. Die dienste van n onafhanklike vergoedingskonsultant word vir dié doel gekontrakteer. Die jaarlikse oorsig word gegrond op die bestuurder se verantwoordelikheidsvlak, sy/haar algehele prestasie en die bereiking van spesifieke ooreengekome doelwitte. Die hoofuitvoerende beampte, wat alle komiteevergaderings op uitnodiging bywoon, kan tydens sulke oorsigvergaderings verho gings in gewaar borgde pakkette voorstel, met uitsluiting van sy eie. Die gemiddelde salarisverhoging wat gedurende die jaar onder oorsig aan uitvoerende direkteure en lede van die bestuursraad betaal is, was 21.0% (2012: 9.9%), vergeleke met die gemiddelde salarisverhoging van 7.1% (2012: 7.3%) wat aan algemene werknemers betaal is. Die hoofrede vir die hoër gemiddelde verhogings wat aan uitvoerende direkteure en lede van die bestuursraad toegeken is, vergeleke met die algemene personeel, het betrekking op die eenmalige veranderinge in die gewaarborgde pakkette van mnre Jannie Durand en Leon Crouse wat sodoende dui op hul verhoogde verantwoordelikhede na mnr Durand se aanstelling as hoofuitvoerende beampte op 7 Mei 2012. Veranderlike betaling Dit is belangrik om daarop te let dat, vanweë die aard van die maatskappy se bedrywighede as n beleggingshouermaatskappy en om die belange van bestuur in ooreenstemming met dié van aandeelhouers te bring, geen korttermynaansporings aan bestuur betaal word nie. Remgro het voorheen twee langtermyn-aansporingsplanne, naamlik die Remgro Aandeleskema en die Remgro Ekwiteitsvereffende Aandelegroeireg-skema (die SAR-skema) gehad. In die jaar onder oorsig is die Remgro Aandeleskema beëindig weens die feit dat die enigste oorblywende lid van die skema Remgro se gewese hoofuitvoerende beampte, wyle mnr M H Visser, was. Alle aandele wat voorheen deur die Remgro Aandeleskema aan wyle mnr Visser aangebied is, is gedurende die jaar oorhandig en deur sy boedel vereffen. Die SAR-skema is n ekwiteitsvereffende skema en het die Remgro Aandeleskema vervang na die ontbondeling van British American Tobacco Plc in November 2008. Die SARskema het ten doel om die dienste van bestuur te behou deur n aansporing wat op die langtermyngroei in die markkapitalisasie van die maatskappy gegrond is. Hierdie benadering verseker dat persoonlike welvaartskepping in ooreenstemming met korporatiewe strategie bly. Alle heeltydse werknemers van die maatskappy neem aan die SAR-skema deel. Deelnemers aan die SAR-skema word vergoed met Remgroaandele ter waarde van die groei van n spesifieke aantal Remgro gewone aandele en dit moet uitgeoefen word binne sewe jaar na die toekenningsdatum. Die vroegste intervalle waarbinne die aandelegroeiregte (SARs) uitgeoefen kan word, is soos volg: } Een-derde na drie jaar na die toekenningsdatum } Twee-derdes na vier jaar na die toekenningsdatum } Die oorblywende gedeelte na vyf jaar na die toe kenningsdatum remgro beperk 96 geïntegreerde jaarverslag

vergoedingsverslag Geen spesifieke prestasiekriteria is vasgestel nie. Toe kennings ingevolge die SAR-skema word van tyd tot tyd deur die komitee aan bestuur gemaak en sulke toekennings word gewoonlik op n veelvoud van die gewaarborgde pakket gegrond. Geen toekenning sal aan n enkele deelnemer gemaak word nie indien, ten tye van of as gevolg van sodanige toekenning, die totale aantal Remgro gewone aandele ten opsigte waarvan enige onuitgeoefende SARs deur die deelnemer uitgeoefen mag word, tesame met enige ander Remgro gewone aandele wat ingevolge enige ander bestuursaandeleskema vir die deelnemer opsygesit is, 2 197 399 Remgro gewone aandele sal oorskry. Soortgelyk sal geen toekenning gemaak word indien, ten tye van sodanige toekenning of as gevolg daarvan, die totale aantal Remgro gewone aandele ten opsigte waarvan enige onuitgeoefende SARs uitgeoefen mag word, tesame met die totale aantal ander Remgro gewone aandele wat ingevolge enige ander bestuurskema vir werknemers opsygesit is, 21 000 000 Remgro gewone aandele in totaal sal oorskry. Vir besonderhede van die huidige status van toe kennings wat ingevolge beide skemas aan uitvoerende direkteure en lede van die bestuursraad gemaak is, verwys na bladsy 100 tot 103. Indien dit aanvaar word dat al die deelnemers aan die SAR-skema al hul opsies, wat op 1 Julie 2013 aan hul aangebied is, uitoefen, sal Remgro 2.1 miljoen aandele moet lewer om sy verpligtinge te vereffen. Hierdie berekening is gebaseer op Remgro se sluitingsprys op 30 Junie 2013 van R189.95. n 10%-toename of -afname in die Remgroaandeelprys sal vereis dat die aantal aandele wat gelewer moet word, 2.3 miljoen aandele en 1.8 miljoen aandele onderskeidelik sal wees. Op 30 Junie 2013 het Remgro genoeg tesourie-aandele gehou om sy verpigting te delg om aandele aan die deelnemers van die SAR-skema te lewer. Die onderskeie komponente van die vergoeding betaalbaar, soos hierbo beskryf, word in die onderstaande tabel opgesom. Element Totale gewaarborgde pakket Langtermyn-veranderlike Doel Weerspieël markwaarde van rol en individuele prestasie In ooreenstemming met aandeelhouersbelange Indiensnemingskontrakte e direkteure en lede van die bestuursraad het nie vastetermyn-kontrakte nie, maar word ingevolge die maatskappy se standaard indiensnemingskontrak in diens geneem. Die kennistydperk vir diensbeëindiging is een kalendermaand en die normale aftreeouderdom is 63. e direkteure en lede van die bestuursraad het ook nie buitengewone voordele wat geassosieer word met hul diensbeëindiging nie. Prestasietydperk en metings Hersien jaarliks op grond van prestasie en markopnames Van tyd tot tyd, met n 3 5 jaar vestigingstydperk Werking en aflewering Meet aan die boonste kwartiel van die mark vir vergelykbare maatskappye Soos bepaal deur die komitee uitvoerende direkteure sal dus, soos in die verlede, n vaste jaarlikse fooi wees. Die fooistruktuur word jaarliks op 1 Julie hersien, onderhewig aan voorafgoedkeuring deur aandeelhouers op die maatskappy se algemene jaarvergadering. Die fooie is markverwant en neem die aard van Remgro se bedrywighede in aanmerking. Remgro betaal ook vir alle reis- en verblyfuitgawes wat op billike en behoorlike wyse aangegaan word om vergaderings by te woon. NIE-UITVOERENDE DIREKTEURE SE VERGOEDING Onafhanklike nie-uitvoerende direkteure Onafhanklike nie-uitvoerende direkteure het nie werknemerkontrakte nie en ontvang nie enige voordele wat verband hou met permanente indiensneming nie. Hulle neem ook nie deel aan die maatskappy se langtermyn-aansporingsplan nie. Die raad, op aanbeveling van die vergoedings-ennominasiekomitee, het besluit dat onafhanklike nieuitvoerende direkteure nie vergoed moet word deur n basisfooi en n bywoningsfooi ten opsigte van hul direksieen komiteeverpligtinge nie. Die fooi betaalbaar aan nie- Die jaarlikse fooie betaalbaar aan onafhanklike nieuitvoerende direkteure vir die tydperk wat op 1 Julie 2012 begin het, is op 27 November 2012 deur aandeelhouers goedgekeur. Nie-onafhanklike nie-uitvoerende direkteure Remgro het voorheen vier nie-onafhanklike nie-uitvoerende direkteure, te wete mnr J P Rupert, dr E de la H Hertzog, asook mnre P E Beyers en J Malherbe, gehad. Met ingang van 31 Augustus 2012 het dr Hertzog in sy uitvoerende hoedanigheid by Mediclinic International Beperk (Mediclinic) uitgetree, terwyl mnr Beyers op 31 Januarie 2013 afgetree het. remgro beperk 97 geïntegreerde jaarverslag

VERGOEDINGSVERSLAG Tot sy aftrede is dr Hertzog se vergoeding deur beide Mediclinic (65%) en Remgro (35%) gedra. n Gedeelte van laasgenoemde, soos jaarliks deur aandeelhouers goedgekeur, word as direkteursfooi beskou. Soortgelyk het mnr Beyers n salaris ontvang waarvan n gedeelte as direkteursfooi beskou en jaarliks deur aandeelhouers goedgekeur is. Mnr Rupert ontvang geen vergoeding by Remgro nie, terwyl mnr Malherbe n jaarlikse direkteursfooi gelyk aan dit wat aan onafhanklike nie-uitvoerende direkteure betaal word, ontvang. Ingevolge King III, en die noteringsvereistes van die JSE, sal n direkteur nie onafhanklik geag word indien hy gedurende die voorafgaande drie finansiële jare in enige uitvoerende hoedanigheid in diens van die maatskappy of die groep was nie. Dr Hertzog word dus steeds as n nie-onafhanklike, nie-uitvoerende direkteur beskou. Tot hul aftrede het dr Hertzog en mnr Beyers, bykomend tot hul pligte as nie-uitvoerende direkteure, die maatskappy verteenwoordig in die direksies van sekere maatskappy waarin belê word. Soos in die geval van onafhanklike, nie-uitvoerende direkteure, neem hierdie direkteure nie aan die maatskappy se langtermyn-aansporingsplanne deel nie. Daar moet egter gelet word daarop dat na die ver kryging van VenFin Beperk in November 2009, Remgro SARs aan mnr J Malherbe toe geken is om hom vir die kansellering van die VenFin-aandelegroeiregskema te vergoed. Mnr Malherbe kwalifiseer nie vir enige verdere toekenning van SARs nie. Besonderhede van die fooistruktuur betaalbaar aan nie-uitvoerende direkteure vir die jare geëindig 30 Junie 2013 en 30 Junie 2012 word in die onderstaande tabel verskaf. Fooi vir die jaar geëindig 30 Junie 2013 Fooi vir die jaar geëindig 30 Junie 2012 Tipe fooi R R Raadslid 213 000 199 000 Voorsitter van die oudit-en-risikokomitee 143 000 133 750 Lid van die oudit-en-risikokomitee 72 000 67 400 Lid van die vergoedings-en-nominasiekomitee 35 500 33 200 Voorsitter van die maatskaplike-en-etiesekomitee 35 500 Die voorgestelde fooistruktuur, betaalbaar aan nie-uitvoerende direkteure vir die jaar eindigende 30 Junie 2014, word in die onderstaande tabel verskaf. Voorgestelde fooi vir die jaar eindigende 30 Junie 2014 Tipe fooi R Raadslid 228 000 Voorsitter van die oudit-en-risikokomitee 153 000 Lid van die oudit-en-risikokomitee 77 000 Lid van die vergoedings-en-nominasiekomitee 38 000 Voorsitter van die maatskaplike-en-etiesekomitee 38 000 Besonderhede van die vergoeding betaal aan uit voerende direkteure en die fooie betaal aan nie-uitvoerende direkteure vir die jaar onder oorsig, word op die volgende bladsy uiteengesit. Die huidige status van alle aanbiedinge wat aan bogenoemde groepe ingevolge die Remgro Aandeleskema en die SAR-skema gemaak is, word ook aangebied. Die inligting van mnre N J Williams en P J Uys, wat lede is van die bestuursraad en ook voorgeskrewe beamptes ingevolge die Maatskappy wet, word afsonderlik aangebied. remgro beperk 98 geïntegreerde jaarverslag

vergoedingsverslag direkteursvergoeding (Die inligting op bladsy 99 tot 103 is geouditeer) Vaste betaling 2013 2012 Aftree- Ander Aftree- Ander Fooie Salarisse fonds voordele (10) Totaal Fooie Salarisse fonds voordele Totaal R 000 R 000 R 000 R 000 R 000 R 000 R 000 R 000 R 000 R 000 W E Bührmann 213 2 302 499 257 3 271 199 2 149 466 236 3 050 L Crouse 213 5 411 1 115 263 7 002 199 4 185 870 248 5 502 J W Dreyer 213 2 407 520 124 3 264 199 2 248 485 117 3 049 J J Durand 213 7 080 1 447 265 9 005 199 5 030 1 037 248 6 514 J A Preller 160 1 049 233 268 1 710 199 1 264 290 248 2 001 M H Visser (3) 166 7 311 1 696 534 9 707 Subtotaal 1 012 18 249 3 814 1 177 24 252 1 161 22 187 4 844 1 631 29 823 Nie-uitvoerend (onafhanklik) G T Ferreira 249 249 232 232 P K Harris 249 249 232 232 N P Mageza (4) 285 285 266 266 P J Moleketi 285 285 266 266 M M Morobe 213 213 199 199 M A Ramphele (5) 124 124 199 199 F Robertson 321 321 300 300 H Wessels (6) 482 482 333 333 Subtotaal 2 208 2 208 2 027 2 027 Nie-uitvoerend (nie-onafhanklik) P E Beyers (7) 124 484 114 79 801 199 718 182 117 1 216 E de la H Hertzog (8) 213 319 50 15 597 199 1 370 278 87 1 934 J Malherbe 213 213 199 199 J P Rupert (9) Subtotaal 550 803 164 94 1 611 597 2 088 460 204 3 349 Totaal 3 770 19 052 3 978 1 271 28 071 3 785 24 275 5 304 1 835 35 199 Mnr J J Durand is op 7 Mei 2012 as hoofuitvoerende beampte aangestel. Mev J A Preller het as uitvoerende direkteur met ingang van 31 Maart 2013 afgetree. (3) Mnr M H Visser is op 26 April 2012 oorlede. (4) Gedurende die jaar onder oorsig het mnr N P Mageza ook R335 000 (2012: R304 000) as direkteursfooie vanaf RCL Foods Beperk, n filiaalmaatskappy van Remgro Beperk, ontvang. (5) Mev M A Ramphele het as nie-uitvoerende direkteur met ingang van 31 Januarie 2013 bedank. (6) Bykomend tot sy direkteursfooi en vergoeding as voorsitter van die oudit-en-risikokomitee en voorsitter van die maatskaplike-en-etiesekomitee is n bedrag van R90 000 (2012: R84 250) in die jaar onder oorsig aan mnr H Wessels betaal vir sy bywoning van die vergaderings van die subkomitees van die oudit-en-risikokomitee. (7) Mnr P E Beyers het as nie-uitvoerende direkteur met ingang van 31 Januarie 2013 afgetree. (8) Met ingang van 31 Augustus 2012 het dr E de la H Hertzog in sy uitvoerende hoedanigheid by Mediclinic International Beperk (Mediclinic) uitgetree. Tot sy aftrede is dr Hertzog se vergoeding deur beide Mediclinic (65%) en Remgro (35%) gedra. Ingevolge King III en die noteringsvereistes van die JSE, sal n direkteur nie onafhanklik geag word indien hy gedurende die voorafgaande drie finansiële jare in enige uitvoerende hoedanigheid in diens van die maatskappy of die groep was nie. Dr Hertzog word dus steeds as n nie-onafhanklike, nie-uitvoerende direkteur beskou. (9) Mnr J P Rupert ontvang geen vergoeding nie. (10) Voordele sluit mediesefondsbydraes en motorvoordele in. remgro beperk 99 geïntegreerde jaarverslag

VERGOEDINGSVERSLAG Veranderlike betaling langtermyn aansporingsplanne Remgro Aandeleskema gewone aandele Balans van Balans van aandele Datum Aandeelprys aandele aanvaar Aandele Datum Aantal van op datum aanvaar op aanvaar van Aanbod- aandele aandele van betaling Waarde- op 30 Junie gedurende aandele prys betaal en betaal en en lewering toename 30 Junie Deelnemer 2012 die jaar aanvaar (Rand) gelewer gelewer (Rand) (R 000) 2013 M H Visser 172 681 135.00 172 681 26/04/2012 129.60 nvt 68 230 186.70 68 230 26/04/2012 129.60 nvt Totaal 240 911 240 911 Ingevolge die reëls van die Remgro Aandeleskema was die eksekuteur van wyle mnr M H Visser se boedel daarop geregtig om die vereffening te bewerkstellig van alle aandele wat hom aangebied is binne twaalf maande na die datum van afsterwe of voor die verstryking van die aanbodtydperke, wat ook al die vroegste. Volledige betaling van alle aandele wat aangebied was, is gedurende die jaar onder oorsig afgehandel. Dit verwys na die toename in die waarde van skema-aandele vir die betrokke deelnemers sedert die datum van aanbod tot en met die datum van betaling en lewering daarvan. Die aandeelprys wat gebruik is om die waarde-toename vir wyle mnr M H Visser te bereken, was die Remgroaandeelprys op die datum van afsterwe. Balans van Aandeelprys Balans van aandele Datum op datum aandele aanvaar Aandele Datum Aantal van van betaling aanvaar op aanvaar van Aanbod- aandele aandele en lewering Waarde- op 30 Junie gedurende aandele prys betaal en betaal en van aandele toename 30 Junie Deelnemer 2011 die jaar aanvaar (Rand) gelewer gelewer (Rand) (R 000) 2012 M H Visser 172 681 135.00 172 681 68 230 186.70 68 230 Totaal 240 911 240 911 Dit verwys na die toename in die waarde van skema-aandele vir die betrokke deelnemers sedert die datum van aanbod tot en met die datum van betaling en lewering daarvan. Ingevolge die reëls van die Remgro Aandeleskema is die eksekuteur van wyle mnr M H Visser se boedel daarop geregtig om die vereffening te bewerkstellig van alle aandele wat hom aangebied is binne twaalf maande na die datum van afsterwe of voor die verstryking van die aanbodtydperke, wat ook al die vroegste. remgro beperk 100 geïntegreerde jaarverslag

vergoedingsverslag Remgro Ekwiteitsvereffende Aandelegroeireg-skema Aandelegroeiregte (SARs) Billike Balans waarde Balans van SARs SARs van SARs van SARs aanvaar aanvaar op Aandeel- aanvaar op gedurende aanbod- Aanbod- Aantal Datum prys op Waarde- op 30 Junie die datum prys SARs van SARs datum van toename (3) 30 Junie Deelnemer 2012 jaar (R 000) (Rand) uitgeoefen uitgeoefen uitoefening (R 000) 2013 W E Bührmann 18 596 64.23 18 596 26/03/2013 181.50 2 181 98 405 64.00 98 405 124 771 65.50 124 771 23 548 97.55 23 548 98 817 3 921 147.25 98 817 L Crouse 418 108 65.60 418 108 51 865 97.55 51 865 283 952 11 266 147.25 283 952 J J Durand 162 354 78.30 54 118 03/04/2013 185.50 5 801 108 236 15 144 75.38 7 572 03/04/2013 185.50 834 7 572 4 220 82.60 4 220 03/04/2013 185.50 434 235 895 97.55 235 895 271 258 10 763 147.25 271 258 J A Preller 76 817 64.23 76 817 09/04/2013 175.96 8 583 5 905 64.00 5 905 18/04/2013 175.02 656 48 788 65.50 48 788 18/04/2013 175.02 5 343 33 080 97.55 33 080 18/04/2013 175.02 2 563 M H Visser 542 424 65.50 542 424 26/04/2012 129.60 34 769 486 465 97.55 486 465 26/04/2012 129.60 15 591 J W Dreyer 270 270 65.50 90 090 03/04/2013 185.50 10 811 180 180 Subtotaal 2 616 655 654 027 25 950 1 368 075 87 566 1 902 607 Nie-uitvoerend J Malherbe 195 730 31.43 195 730 23/10/2012 147.90 22 797 75 761 78.30 25 255 23/10/2012 147.90 1 758 50 506 20 847 75.38 13 898 23/10/2012 147.90 1 008 6 949 5 807 82.60 5 807 23/10/2012 147.90 379 Subtotaal 298 145 240 690 25 942 57 455 Totaal 2 914 800 654 027 25 950 1 608 765 113 508 1 960 062 SARs is aangebied op 29 November 2012. Ingevolge die reëls van die Remgro Aandeleskema was die eksekuteur van wyle mnr M H Visser se boedel daarop geregtig om al die SARs aan hom toegeken, uit te oefen binne twaalf maande na die datum van afsterwe of voor die verstryking van die SAR-tydperk (sewe jaar na die toekenningsdatum), wat ook al die vroegste. Dié reg is gedurende die jaar onder oorsig uitgeoefen. (3) Dit verwys na die toename in die waarde van SAR-skema-aandele van die aangeduide deelnemers sedert die datum van aanbod tot en met betaling en lewering daarvan. Die aandeelprys wat gebruik is om die waarde-toename vir wyle mnr M H Visser te bereken, was die Remgroaandeelprys op die datum van afsterwe. remgro beperk 101 geïntegreerde jaarverslag

VERGOEDINGSVERSLAG Remgro Ekwiteitsvereffende Aandelegroeireg-skema Aandelegroeiregte (SARs) Balans Billike Balans van SARs waarde van van SARs aanvaar SARs SARs op Aandeel- aanvaar op aanvaar aanbod- Aanbod- Aantal Datum prys op Waarde op 30 Junie gedurende datum prys SARs van SARs datum van toename 30 Junie Deelnemer 2011 die jaar (R 000) (Rand) uitgeoefen uitgeoefen uitoefening (R 000) 2012 W E Bührmann 18 596 64.23 18 596 98 405 64.00 98 405 124 771 65.50 124 771 23 548 97.55 23 548 L Crouse 418 108 65.60 418 108 51 865 97.55 51 865 J J Durand 427 047 38.90 427 047 26/10/2011 117.75 33 673 162 354 78.30 162 354 22 717 75.38 7 573 26/10/2011 117.75 258 15 144 12 662 82.60 8 442 26/10/2011 117.75 230 4 220 235 895 97.55 235 895 J A Preller 76 817 64.23 76 817 5 905 64.00 5 905 48 788 65.50 48 788 33 080 97.55 33 080 T van Wyk (3) 113 638 71.71 113 638 13/10/2011 114.95 4 914 87 829 73.71 87 829 13/10/2011 114.95 3 622 M H Visser (4) 542 424 65.50 542 424 486 465 97.55 486 465 J W Dreyer 270 270 65.50 270 270 Subtotaal 3 261 184 644 529 42 697 2 616 655 Nie-uitvoerend J Malherbe 195 730 31.43 195 730 75 761 78.30 75 761 20 847 75.38 20 847 5 807 82.60 5 807 Subtotaal 298 145 298 145 Totaal 3 559 329 644 529 42 697 2 914 800 Ingevolge die reëls van die SAR-skema, is die aanbodprys van die SARs wat toegeken is voor die Implats-ontbondeling, verminder met tussen R7.58 en R13.19 (afhangende van die aanboddatum) om te verseker dat deelnemers naastenby in dieselfde posisie geplaas word as voor die ontbondeling. Dit verwys na die toename in die waarde van SAR-skema-aandele van die aangeduide deelnemers sedert die datum van aanbod tot en met betaling en lewering daarvan. (3) Mnr T van Wyk het op 31 Januarie 2011 as uitvoerende direkteur afgetree. Ingevolge die reëls van die SAR-skema kan deelnemers wat aftree al die SARs aan hulle toegeken, uitoefen op enige tydstip binne twaalf maande na die datum van aftrede, of voor die vervaldatum van die SAR-tydperk (sewe jaar na die toekenningsdatum), wat ook al die vroegste is. (4) Ingevolge die reëls van die Remgro Aandeleskema was die eksekuteur van wyle mnr M H Visser se boedel daarop geregtig om al die SARs aan hom toegeken, uit te oefen binne twaalf maande na die datum van afsterwe of voor die verstryking van die SAR-tydperk (sewe jaar na die toekenningsdatum), wat ook al die vroegste. remgro beperk 102 geïntegreerde jaarverslag

vergoedingsverslag VOORGESKREWE BEAMPTEs Vaste betaling Jaar geëindig Jaar geëindig 30 Junie 2013 30 Junie 2012 Aftree- Ander Aftree- Ander Salarisse fonds voordele Totaal Salarisse fonds voordele Totaal R 000 R 000 R 000 R 000 R 000 R 000 R 000 R 000 P J Uys 907 196 66 1 169 N J Williams 2 030 403 264 2 697 1 884 374 248 2 506 Totaal 2 937 599 330 3 866 1 884 374 248 2 506 Voordele sluit mediesefondsbydraes en motorvoordele in. Mnr P J Uys is op 1 April 2013 aangestel. (3) Beide mnre P J Uys en N J Williams is lede van die bestuursraad en maatskaplike-en-etiesekomitee. Veranderlike betaling langtermyn aansporingsplan Remgro Ekwiteitsvereffende Aandelegroeireg-skema Aandelegroeiregte (SARs) Billike Balans waarde Balans van SARs SARs van SARs van SARs aanvaar aanvaar op Aandeel- aanvaar op gedurende aanbod- Aanbod- Aantal Datum prys op Waarde- op 30 Junie die datum prys SARs van SARs datum van toename 30 Junie Deelnemer 2012 jaar (R 000) (Rand) uitgeoefen uitgeoefen uitoefening (R 000) 2013 P J Uys 218 400 10 519 183.15 218 400 N J Williams 47 449 31.43 47 449 29/10/2012 147.51 5 508 7 555 75.38 7 555 54 228 78.30 18 076 26/03/2013 181.50 1 865 36 152 4 259 82.60 4 259 38 652 97.55 38 652 81 901 3 250 147.25 81 901 152 143 300 301 13 769 65 525 7 373 386 919 SARs aan mnre P J Uys en N J Williams op 2 April 2013 en 29 November 2012 onderskeidelik, aangebied. Dit verwys na die toename in die waarde van SAR-skema-aandele van die aangeduide deelnemers sedert die datum van aanbod tot en met die datum van betaling en lewering daarvan. Billike Balans waarde Balans van SARs van SARs van SARs aanvaar SARs op Aandeel- aanvaar op aanvaar aanbod- Aanbod- Aantal Datum prys op Waarde- op 30 Junie gedurende datum prys SARs van SARs datum van toename 30 Junie Deelnemer 2011 die jaar (R 000) (Rand) uitgeoefen uitgeoefen uitoefening (R 000) 2012 N J Williams 47 449 31.43 47 449 7 555 75.38 7 555 54 228 78.30 54 228 4 259 82.60 4 259 38 652 97.55 38 652 152 143 152 143 Dit verwys na die toename in die waarde van SAR-skema-aandele van die aangeduide deelnemers sedert die datum van aanbod tot en met die datum van betaling en lewering daarvan. Ingevolge die reëls van die SAR-skema, is die aanbodprys van die SARs wat toegeken is voor die Implats-ontbondeling, verminder met tussen R7.58 en R13.19 (afhangende van die aanboddatum) om te verseker dat deelnemers naastenby in dieselfde posisie geplaas word as voor die ontbondeling. remgro beperk 103 geïntegreerde jaarverslag