Preektema: Die doop is n genadedaad van God aan sondaarmense.

Vergelijkbare documenten
Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Tema: God gee die blydskap van die ewige lewe aan diégene wat in ons boodskap van Jesus Christus glo!

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

Tema: Die doop teken ʼn prentjie en verseker jou van wat God vir jou doen en nie van wat jy vir God doen nie.

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

TEKS: Handelinge 2:39 HK 27:74. Die Here se belofte geld ook vir die kinders van gelowiges

VRAE EN BESWARE WAT MENSE SOMS OOR DIE DOOP HET

Jesaja sien die Toekoms

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

WAAROM ONS AANHOU MET DIE KINDERDOOP. n Reaksie op Christo Nel se oproep tot n nuwe hervorming, en sy verwerping van die kinderdoop

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Preek Romeine 6:3-4. (Preek tydens erediens in Gereformeerde Kerk Welkom-Noord op Sondag 25 Junie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

Aanbieding 1 Agtergrond. Skrywer van 2 Petrus

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

Preek Genesis 1:27. (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 6 November 2016)

Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)?

Dankoffersondag met Nagmaal 4 November

DIE JERUSALEM RAAD Les 8 vir 25 Augustus 2018

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

n Dubbele kruis-belydenis

Welkom by Die Storie God se storie

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

D O O P. Die doop van bekeerlinge is n kardinale deel van ons redding, wat ons nie kan uit die weg stoot of verontagsaam nie.

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

SKRIFLESING: Handelinge 16: TEKS: Handelinge 16:30-31 HK 23. Wie in die Here Jesus glo, word gered. Psalm 48 : 4.

Wat is die doop? Wat is n ordonnansie? Wat is n sakrament?

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

Preek 2 Timoteus 3:16-17

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

LITURGIE VIR N OOP GESPREK

Kinders hoe voel julle oor die eksamen wat voorlê? Vir wie van julle is die Bybel soms moeilik om te verstaan? Ja daar is dinge waarmee ons sukkel né.

Skriflesing: Dordtse Leerreëls Hoofstuk 2 paragraaf 8 Sing- Ps. 25:4; Ps. 19:5; Ps. 23:2 volkome vrye raadsbesluit, genadige wil en voorneme van God

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

Tema: Dra die vrug van die Gees om meer soos Christus te word. Vooraf sang Sb 9 4: 1,2,3,4 Sb 14 1: 1,3

Skriflesing: 2 Tim 2:14-26(word gelees deur gemeentelede uit die banke)

God red mense wat glo deur die krag van die evangelie

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

Preek Romeine 1:16-17

Deur Christus Alleen

Quo Vadis? EVANGELISASIEBLAD VAN DIE GEREFORMEERDE KERKE IN SUID-AFRIKA. Geregistreer by die poskantoor as nuusblad. NR.

Preek oor: Wat doen die Heilige Gees? Die Heilige Gees laat die wedergeboorte plaasvind

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

Tema: Laat skyn die heerlikheid van God in jou lewe met genade (liefde) EN waarheid!

Tema: Troos mekaar met Christus se lewe en sterwe, die bron van ons hoop in lewe en dood.

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

Woorddiens Skriflesing: Jakobus 1: 1 8; Jak. 4: 1 5; Jak. 5: Teks: Jakobus 4: 2b en 5: 16 Belydenis: HK vr. 116 en 117 Woordverkondiging

n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2)

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Bybelsondag, Kraggakamma, 29 Augustus 2010

n Tempel Leier besoek Jesus

Tema: As vreemdelinge op reis deur hierdie wêreld is ons in Christus geanker en kan ons persoonlik en kerklik in Hom groei en in sy koninkryk werk.

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

God, die Almagtige, en die geboorte en lewe van die kerk

Die gebruik van 'n persoonlike joernaal of dagboek

Preek Romeine 9:6-7. (Preek gelewer tydens erediens van Geref. Kerk Welkom op Sondag 15 Julie 2018) Prediker: Ds JL van der Schyff

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11)

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het

Preek Romeine 11:36. (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 26 Maart 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff

Preek 1 oor gesag (vyfde gebod)

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het.

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

Hoé weet ons die Bybel is die Woord van God? Erkenning van die gesag van die Skrif en die Heilige Gees

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

Deur Christus Alleen

Tema: God is blydskap en Hy maak ons in Christus ook bly! Lofprysing ter voorbereiding van die erediens Ps : 1, 2 Lied 571: 1, 4

Tema: Leef jou geloof uit in n persoonlike verhouding met God.

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol

Van Vervolger tot Prediker

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

Skriflesing: Dordtse Leerreëls Hoofstuk 1 paragraaf 17 Teks: Sing- Ps. 131:1,2,3; Ps. 25:6,7; Ps. 128:4

1 KORINTIËRS 3:21-23 HK Sondag 1

TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5

Preek Markus 9:50 (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 24 Januarie 2016)

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15

Tema: Bely jou geloof in Christus te midde van baie stemme wat Hom ontken.

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

Karl Barth was verleë en die nederige mens wat hy was, het geantwoord: Ja, ek ken hom. Ek skeer elke oggend sy baard.

JOHANNES 6:48 HK 28. Votum en seën. Psalm 100 : 1, 3. Gebed. Skrifberyming 54 (2-6) : 1. Skriflesing: Johannes 6:41-59 (AV 1983) Belydenis: HK 28

sodat jy n gestuurde van die Here kan

SKRIFLESING: Jesaja 6. TEKS: Jesaja 6:3 HK 8. Voor die drie-maal heilige God buig ons laag. Psalm 99 : 1, 2. Psalm 81 : 11, 12

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

Deur Christus Alleen

Transcriptie:

1 Preektema: Die doop is n genadedaad van God aan sondaarmense. Vooraf sang Lied 241:1,2; Nuwe Sb: God spreek deur sy Seun vers 1,2 (Mel Lied 271) Intreelied: Lied 151:1,2 Votum Seëngroet Lofsang: Lied 334:1,2,3,4. Gebed Skriflesing: Romeine 4: 1-12 Kolossense 2: 6-15 Belydenis: Heidelbergse Kategismus Sondag 27 Woordbediening. Gebed Liefdegawes Gebed vir gebedsgroepe Sing: Lied 292:1,2 Wegstuurseën Amen Sb 13-2 Geliefde brs. en srs. en kinders

2 Wanneer ons vanaand op apologetiese manier leiding gee oor die kinderdoop dan is dit nie om voorstaanders van die grootdoop hierdeur te veroordeel of te verketter nie, maar is dit om vir onsself vaste grond onder ons voete te kry oor ons standpunt oor die kinderdoop. Dit is om onsself weer opnuut te bring tot verwondering oor wat God vir ons openbaar in die kinderdoop met die tema: Die kinderdoop is n genadedaad van God aan sondaarmense. Iemand kom by jou en sê: Daar staan nêrens in die Bybel dat kinders gedoop moet word nie. Ons lees net van volwassenes wat gedoop is en die woorde van die Here Jesus Christus in Markus 16: 16 sê baie duidelik: Wie tot geloof gekom het en gedoop is, sal gered word. So, die doop het te doen met my geloof. Die doop is n daad van die mens in antwoord op God se genade en daarom kan net volwassenes wat alreeds kan bely dat hulle glo, gedoop word. Die doop volg dus logies na geloof en is n voorwaarde vir my saligheid. As ek nie groot gedoop is nie, dan kan ek nie gered word nie, so staan dit tog daar. Die argument gaan verder: Kinders kan nog nie glo nie en daarom moet hulle nie gedoop word nie. Daar staan dan in Matteus 19 dat Jesus die kindertjies die hande opgelê het en hulle geseën het, Hy het hulle nie gedoop nie. Jy kan dalk antwoord: Ja, maar nou moet jy onthou dat die meerderheid mense wat tot geloof in Jesus gekom het, as volwassenes tot die geloof gekom het en daarom is hulle groot gedoop. Dat was die begin van n nuwe bedeling, die Nuwe Testament en daarom begin dit op so wyse. Later is daar aanduidings dat hele huisgesinne gedoop is, ook kinders. Die ander persoon sal sê: Presies, dit bevestig my standpunt van n nuwe bedeling. Die bedeling van die besnydenis en bloed is verby, nou het die doop gekom en volwasse mense is alleen gedoop. Die dinge van die besnydenis geld nie nou meer nie. Daar staan dan in Romeine 7: 6: Maar nou is ons vrygemaak van die wet, want ons het gesterf en staan nie meer onder die wet waardeur ons gebind is nie. Nou kan ons dien in die nuwe bedeling van die Gees, nie in die ou bedeling van die wetsvoorskrifte nie. M.a.w. die reëls van die besnydenis geld nie nou meer nie. En in daardie tekste van die doop van huisgesinne staan daar nêrens dat daar kinders by betrokke was nie. Dit is dus nie n geldige argument nie! Br. en sr. wat gaan dan jou volgende antwoord wees? Gaan jy net terugval op die Ou Testament en wys op die beloftes en eise van die verbond met Abraham? Of gaan u nou begin rondblaai in die Nuwe Testament op soek na tekste wat die kinderdoop uitspel? Jy sal verniet op hierdie trant redeneer en soek na sulke tekste want hulle bestaan nie. Daar word weliswaar nêrens in die Bybel in direkte sin gepraat oor die kinderdoop nie en tog is dit een van ons kerk se mees fundamentele leerstellinge. Maar moet nou nie daaroor onsteld word en dink die leer van die kinderdoop is n dwaalleer nie. Dit is nie net waar van die Kinderdoop nie, dit is ook waar van die leer van die Drie-eenheid. Nêrens in die Bybel word die begrip Drie-enige God gebruik nie. En tog aanvaar die meeste kerke oor die wêreld dit as n Bybelse leerstelling, ook diegene wat die Kinderdoop verwerp.

Want u sien, brs. en srs.,die verstaan van die Bybel berus op die verstaan van meer as net een teks. Dit berus op die feit dat God se openbaring aan ons in die hele Bybel gegee is en nie net in een Testament, een boek of een teks nie. n Mens moet die Bybel in geheel lees en tekste met mekaar in verband bring om die boodskap van die Bybel reg te verstaan. Jy moet verstaan dat die een Testament nie sonder die ander verstaan of verklaar kan word nie en dat die twee n eenheid vorm waarin God sy openbaring al hoe duideliker aan ons gegee het. Dit is dan ook een van die redes waarom die voorstaanders van die Kinderdoop en die voorstaanders van die grootdoop dit so moeilik vind om met mekaar te praat. Want ons gaan van verskillende vertrekpunte uit. Ons vanuit die Skrif in geheel en hulle slegs vanuit die Nuwe Testament. En daarom volg dit noodwendig dat hulle n probleem sal hê met die Kinderdoop. Ek wil daarom vanaand in hierdie preek vir u twee Bybelse riglyne gee oor die Kinderdoop, sodat u dit kan gebruik in gesprekke met mense oor hierdie kosbare Sakrament. Br. en sr. dit gaan u nie help om soos met die begin van die preek met iemand oor bewysplekke in die Bybel oor die doop te redeneer nie. Dit bring n mens nerens. n Mens moet dadelik deurdring na die eerste belangrike vraag en dit is: Wat is die betekenis van die doop? Is die doop n daad van God of n daad van die mens? En wat beteken hierdie daad? En hier is Romeine 4:11 van kardinale belang. Paulus is hier besig om te besin oor die belangrike vraag: Wat maak n mens salig? Die geloof of die besnydenis? En dan verduidelik hy dat God Abraham alreeds as geregverdig gereken het nog voor hy besny was. Hy is geregverdig gereken alleen op grond van sy geloof in God se beloftes en nie op grond van die besnydenis nie. Want Paulus se teenstaanders het juis gereken dat die besnydenis n voorwaarde is vir geloof. Hulle het gesê dat as n mens nie besny word nie, jy nie gered kan word nie. Op dieselfde trant misbruik die voorstaanders van die grootdoops Markus 16: 16 waar daar staan: Wie tot geloof gekom het en hulle laat doop het, die sal gered word. Hulle stel doop en geloof op een vlak asof die doop n voorwaarde vir ware geloof is. Terwyl dieselfde vers in die volgende woorde net stel dat die wat nie glo nie, verlore sal gaan en die doop nie weer genoem word nie. So word daar elders in die Nuwe Testament ook ander volgordes gebruik as geloof, doop en redding! En daarom die belangrike feit waarop Paulus die klem lê: Abraham het die besnydenis as n teken van God ontvang. Dit moes hom oortuig soos n waarmerkseël jou oortuig dat n dokument eg is, so moes die besnydenis hom as teken van God oortuig dat God Hom regverdig reken alleen op grond van sy geloof. En van uiterste belang is die feit dat die bsnydenis in opdrag van God gedoen moes word om sy beloftes te bevestig. Dit het niks met Abraham se geloof te doen gehad nie. Dit moes alleen sy geloof versterk. Brs. en srs. hierdie Skrifwaarheid is van uiterste belang in n gesprek oor die doop. Want die voorstaanders van die groot doop beskou die doop as n daad van die mens. Nadat die mens tot geloof gekom het moet hy homself laat doop as bewys van sy geloof. En daarom plaas hulle geloof as voorwaarde vir die doop. En dit is tog duidelik in teenstelling met wat die Skrif hier in Romeine 4 leer. Die besnydenis, net soos die doop, is n teken van God se beloftes wat Hy aan die mens laat bedien en het niks 3

met ons geloof te doen nie. Daarom moes die teken ook aan die kinders bedien word, omdat God se beloftes ook vir hulle geld. Petrus stel dit duidelik in Handelinge 2: 39: Hierdie beloftes kom julle toe en julle kinders en almal wat die Here na Hom sal roep. Nie net die wat die Here alreeds geroep en en wat glo nie, maar ook die kinders wat volgens sy belofte ook deur Christus gered sal word. Hierdie eerste feit van die doop as teken wat deur God ingestel is,is kardinaal. Daarom word dit ook in die Kategismus mooi uiteengesit sodat ons dit kan verstaan. En met hierdie argument word die saak van die kinderdoop in sy kern aangeraak. Ons tweede argument km uit Kolossense 2. Hier is Paulus weer met die gemeente in gesprek oor die dwaalleraars wat leer dat die gelowiges hulle moes laat besny voordat hulle gered kan word. En dan stel hy in sy argument dit duidelik dat die besnydenis en die doop twee verskillende tekens is wat een en dieselfde saak aandui. Hy sê: Julle hoef nie liggaamlik weer besny te word nie, want julle is in wese besny omdat Christus aan die kruis vir julle gesterf het. Daar is sy bloed gestort en hoef julle nie weer bloed te stort nie. Julle is dus geestelik besny. En dan plaas hy die doop op presies dieselfde vlak: net so is julle met julle doop saam met Christus begrawe en het julle saam met Hom opgestaan. Die teken van die doop dui daarop dat ons in Christus van ons sondes bevry en deur God geregverdig gereken word, net soos Abraham met die besnydenis. Brs. en srs. hier word die verband tussen besnydenis en doop, tussen Ou testament en Nuwe testament onweerlegbaar gelê en dit moet ons baie duidelik stel in ons gesprekke oor die doop. Die Ou en die Nuwe Testament is presies dieselfde in die saak waaroor dit gaan, maar in die nuwe bedeling het net die teken verander, maar nie die saak of die beloftes van God nie. En daarom geld die instelling van die besnydenis vir kinders nog net so vir die nuwe teken naamlik die doop. Ook dit moet aan kinders bedien word as teken van God se beloftes aan hulle. Hierdie verandering van teken terwyl die saak dieselfde bly is nie vreemd aan die Bybel nie. Met die ander geloofsteken wat God ons gegee het, die Nagmaal, doen die Here presies dieselfde: die pasga word vervang met brood en wyn van die Nagmaal, maar dit het niks verander aan dit wat God met die teken wou sê nie. En dit aanvaar die teenstaanders van die Kinderdoop wel, maar dieselfde verband en eenheid tussen besnydenis en doop wil hulle nie aanvaar nie, omdat hulle in wese die inhoud van die teken verander het. Vir hulle het dit n teken van die mens geword en nie n teken van God nie. Die Skrif is tog duidelik: die doop is n teken van die genadedaad van God aan sondaarmense! Brs. en sr., onthou dus hierdie twee belangrike tekste en hoe hulle met mekaar verband staan. Die verband tussen Ou en Nuwe Testament en hoe dit in die Doop, net soos in al die ander belangrike leringe van die Bybel bewys word, dit is die kardinale punt waarop die Kinderdoop berus. n Mens sou nog kon verwys na ander tekste en na die feit dat Christus besny en gedoop is en daardeur die verband met mekaar gelê word. n Mens kan ook met groot vrug gaan let op die Nuwe Testament wat sterk berus op die Verbond wat God met sy volk gesluit het en hoe hierdie verbond in die Nuwe Testament nuwe betekenis gekry het. 4

Brs, en srs. alhoewel hierdie preek bedoel was om u toe te rus met enkele beginsels uit die Skrif kan ons nie anders as om terselfdertyd weer oor ons eie doop na te dink nie. Ons het vanoggend weer die voorreg gehad om hierdie teken van die water met ons eie oë te sien. En elke keer verkondig dit maar een saak: Dit is deur God se genade alleen dat ons kan deel wees van sy verbondsvolk. En Hy red ons maar op een wyse en dit is deur die geloof in Jesus Christus as ons Verlosser en ons kan daarvan seker wees. Net so seker soos die water op die kindjie se kop geval het, net so seker is ek in Christus gered. En om dit aan ons te bewys gee Hy n sigbare teken. Net soos n man en vrou aan mekaar n trouring gee as sigbare teken en elke keer as iemand dit sien dan weet hulle hierdie mense staan in n besonderse verhouding. Net so herinner die doop ons aan ons verhouding met God. Die water herinner ons aan Christus se bloed en Christus se bloed is die teken van ons verlossing. Daarom hierdie vraag: Watter reaksie kom daar in u hart op grond van die doop? Nog belangriker: watter dade word deur daardie reaksie voortgebring?. Is daar by ons dankbaarheid, blydskap, toewyding en liefde? Spoor die doop ons elke keer opnuut aan om met groter ywer, hernude liefde die Here te dien. Of het vanoggend se doop dalk geen reaksie by ons ontlok nie? Kon die water ons nie opnuut bly maak oor die genade in Christus nie? Brs. en srs. as dit waar is, dan is daar n ernstige probleem met ons verhouding met God. Dan het ons verval in verstandsgeloof en raak dit nie meer ons harte en verhouding met God nie. Dan argumenteer ons met ons lippe terwyl ons lewe nie getuig dat die Doop n wonderlike sakrament is wat ons geloof versterk nie. Dan moet ons weer gaan dink oor ons verhouding met God. Mag die Here gee dat dit nooit van ons waar sal wees nie en dat ons met mond en hart en met ons dade die Kinderdoop kan verdedig. Amen. 5