IN DIE HOË HOF VAN SUID-AFRIKA VRYSTAATSE AFDELING, BLOEMFONTEIN SKILLFULL 54 (EDMS) BEPERK JOHANNES WAGENAAR HUMAN N.O.

Vergelijkbare documenten
VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA

DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL

[1] Hierdie appèl is gerig teen die afwysing, met koste, van die appellant se. vorderings teen beide die eerste respondent en die tweede

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

[1] Die beskuldigde is aanvanklik op 29/08/2005 deur die. landdros, Botshabelo skuldig bevind aan huisbraak met die

MALHERBE RP. Eiseres vorder skadevergoeding in haar persoonlike hoedanigheid. as moeder en natuurlike voog van haar minderjarige seun, Stefan

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. APPèLAFDELING

ANNA HENDRINA MYBURGH

MALHERBE RP et VAN COPPENHAGEN R VAN COPPENHAGEN R. [1] Die appellant n 46 jarige man het in die Landdroshof

VEILINGSVOORWAARDES VASTE EIENDOM. Koper(s): ERF 207 en ERF 208 te Karoo Hoogland Munisipaliteit, WILLISTON. Opgestel deur :

AANBOD OM TE KOOP AAN. F J D TRUST IT2390/1995 Hierin verteenwoordig deur FRANCOIS JOSEPHUS DERCKSEN (hierna genoem die Verkoper)

Dorpstigting. Werkstukke vir Hoofstuk 10. Paragraaf 1 - Agtergrond Aansoek om registrasie van algemene plan; en opening van n dorpsregister i i

UITSPRAAK. [1] In hierdie uitspraak sal die partye na verwys word soos in konvensie in die hoofaksie.

MUNISIPALITEIT DEERNIS BELEID

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

WRIGHT R et VAN DER MERWE R VAN DER MERWE R. [1] Die beskuldigde in hierdie hersieningsaak is op 26 Junie

MODULE 3: GEBOUE. Ja. Dit ís n huis. En hierdie is versekering. Eenvoudige, verstaanbare, duidelike versekering.

MUNISIPALITEIT DEERNIS BELEID / (HERSIEN EN GEWYSIG)

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II LEERUITKOMS 3 & 4 LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR

IN DIE HOe HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD GAUTENG HOe HOF, PRETORIA)

UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT BELEID. Ondernemingsbeleid. Senior Direkteur: IKT-dienste UBK. Jaarliks

Ingevolge artikel 185 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 55 van 1995, het elke werknemer die reg om nie onbillik ontslaan te word nie.

EIS OM VERGOEDING INGEVOLGE DIE WET OP MINERAAL- EN PETROLEUM-HULPBRONONTWIKKELING

KRUGER R, et BLOEM WND R BLOEM, WND R. [1] Hierdie is n hersiening. Volgens die oorkonde was die

VEILINGVOORWAARDES. Die verkoop van hierdie eiendom sal in die geldkoers van die Republiek van Suid- Afrika geskied.

REDES VIR BEVEL GELEWER OP 28\10\2005

UITSPRAAK. IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (Noord-Kaapse Hoë hof, Kimberley) Saak No: CA&R 23/2010 Saak Aangehoor: 24/05/2010 Datum gelewer: 28/05/2010

HOOFSTUK 8 Die Nasionale Raad

WYSIGINGSWETSONTWERP OP REGISTRASIE VAN AKTES

DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL VAN SUID-AFRIKA

[1] Hierdie is n aansoek vir die voorlopige likwidasie van die. respondent nie in staat is om sy skulde te betaal nie.

Tensy uit die samehang anders blyk, beteken in hierdie reglement: 'n Lid van die Fakulteitsraad met spreek- maar geen stemreg nie.

KOOPKONTRAK VIR N VOLTOOIDE DEELTITEL EENHEID

FAKTORE EN VEELVOUDE

VAN COPPENHAGEN R. 1. Respondent het as prokureur gepraktiseer tot 5 Augustus 1999 op welke

Eerste applikant. Tweede applikant. Derde applikant. Vierde applikant. Vyfde applikant. Eerste respondent. Tweede respondent.

TYGERBERG SKOOLFONDS 2015

WYSIGINGSWETSONTWERP OP DEELTITELS

CILLIé R et VOGES WR. [1] Die verhoor van hierdie beskuldigde het in die landdroshof te. Sasolburg n aanvang geneem op 11 November 2002.

IN DIE HOË HOF VAN SUID AFRIKA GAUTENG AFDELING, PRETORIA

KAN SUID-AFRIKA SE GRAANBOERE OORSEE MEEDING? DEUR DR PHILIP THEUNISSEN COMPUTUS BESTUURSBURO

UITSPRAAKOPHERSIENING

REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA MAATSKAPPYWET, AKTE VAN OPRIGTING KRANSPOORT EIENAARSKOMITEE NWM 8 Maart 2016 Rev 1

KOOPKONTRAK HARTENBOS LANDGOED

Karoo Meat of Origin Sertifiseringskema

DIE RAAD BEHOU DIE REG VOOR OM N KORTING TOE TE STAAN, AL DAN NIE. AFDELING A

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (NOORD KAAPSE AFDELING)

Gemeenskap. Wat is n gemeenskap? n Gemeenskap het n hoof/hoof?

Deeltitels. Werkstukke vir Hoofstuk 1 (Deel 2) Paragraaf 2 - Woordomskrywings i i i. Paragraaf n Skema op een of meer stukke grond i i

DAT op hierdie (dag) dag van (maand) in die jaar Twee Duisend en... (jaar) (20.. )

DIENSKONTRAK MEMORANDUM VAN OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: hierin verteenwoordig deur behoorlik daartoe gemagtig (hierna die WERKGEWER genoem)

Les 14: Entrepreneurskap

5. NOTULE VAN DIE VERGADERING GEHOU OP 7 NOVEMBER Bylae A

Hoofstuk D1 HUURPAG. Afdeling A: Huurpag met betrekking tot die Wet op Ontwikkeling van Swart Gemeenskappe, No.4 van 1984

FASILITEITSBESTUUR SE PLANON-STELSEL

Omgekeerde bewerkings Getalsinne

Appellant is n 25 jarige eerste oortreder wat in die Streekhof verskyn het. op n aanklag van verkragting van n 41 jarige vrou.

WISKUNDE SKOOL GEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE

Proses van wysiging van Artikel 1 van die Kerkorde

KONSTITUSIE. Van die. Hoedspruit Plaaswag. ( die Plaaswag )

Vereistes vir Fica. Tipe dokumentasie wat vereis word

HOOFSTUK 9 Regspleging

Nasionale Minimumloon: Wie, waar, hoekom en hoe?

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

Geldterugvoordeel. Beskikbaarheid

AANSOEK OM STUDIELENING

HARMONY GOLD MINING COMPANY BPK. CORAM: MUSI, CJ, R et MURRAY, H, Wnd R. [1] Die Appellant appèlleer teen die geheel van die uitspraak van

vonnisse tot 12 maande resorteer onder die Hoof van die Korrektiewe Sentrum vir plasing op parool. Artikel 76:

Riglyne vir die regulering van termynaanstellings van langer as 3 (drie) maande 1

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

BASIESE KONSEPTE-PROGRAM PROGRAM. n Toets ontwikkel deur dr. Louis Benjamin, Naam van leerder: Ouderdom van leerder: Geslag: Graad: Skool:

Dokumentnommer: HUUROOREENKOMS

HOëRSKOOL STRAND WISKUNDE NOVEMBER 2016 GRAAD 11 VRAESTEL 1

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

Watter koek se dele lyk vir jou die grootste? Dis Reg! Die koek wat in 3 dele gesny is se dele is groter as die koek wat in 4 dele gesny is.

NASIONALE LUSERNHOOI GRADERINGS- EN KWALITEITSKEMA (NLT SKEMA) AANSOEK OM REGISTRASIE EN/OF AKKREDITASIE

Kom ons kyk nou gou net na die getalle van nul to by 999 en selfs groter, as n hersiening van plekwaardes. Bewerkings met telgetalle

Die horisontale as verteenwoordig die invoerveranderlike en die vertikale as die uitvoerveranderlike, en die twee asse sny by n gesamentlike nulpunt.

DEPARTEMENT VAN VERVOER

NUUSBRIEF: JANUARIE 2014

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11)

VEILINGSOOREENKOMS. NADEMAAL die Verkoper begerig om onder die beskerming van S.A. Holstein 'n veiling te reël op te,

DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL VAN SUID-AFRIKA

1. Gee TWEE voorbeelde van elk:

PERSONEELADMINISTRASIEMAATREËLS (PAM)

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

Hoe om Jou Kind se Van te Verander

VERDUIDELIKING VAN DIE BEVESTIGING VAN BESTAANDE WETTIGE WATERGEBRUIKE

GRONDWET. Centurion Kunsvereniging (hierna genoem die Kunsvereniging) Die naam van die Kunsvereniging sal wees CENTURION KUNSVERENIGING.

IN DIE HOOGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) Datum: 24/5/2006 In die aangeleentheid van Saaknommer 35953/03

SWARTLAND MUNISIPALITEIT VERORDENING INSAKE MURE EN HEININGS

Aansoek om deur Ruimsig Gemeente Leraar in die eg verbind te word.

GRAAD 12 LEERDER ONDERSTEUNINGSPROGRAM

INLIGTINGSDOKUMENT: HOE OM GRONDEISE TE HANTEER

Dokumentnommer: HUUROOREENKOMS

2. Die skepping van die mens

LAERSKOOL SAAMTREK. Grond-en-gebouebeleid

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

Transcriptie:

IN DIE HOË HOF VAN SUID-AFRIKA VRYSTAATSE AFDELING, BLOEMFONTEIN In die aansoek tussen:- Saaknr. : 5107/2013 SKILLFULL 54 (EDMS) BEPERK Applikant en JOHANNES WAGENAAR HUMAN N.O. Respondent AANGEHOOR OP: 13 FEBRUARIE 2014 UITSPRAAK DEUR: VAN DER MERWE, R GELEWER OP: 20 FEBRUARIE 2014 [1] Hierdie aansoek het te make met die toepassing van die bepalings van artikel 25(13) van die Wet op Deeltitels 95 van 1986 (die Wet). Vir huidige doeleindes bepaal hierdie artikel dat n ontwikkelaar van n deeltitelskema of sy of haar opvolger in titel wat n voorbehoue reg op uitbreiding van die deeltitelskema uitoefen, verplig is om die geboue of geboue streng ooreenkomstig die dokumente waarna in artikel 25(2) van die Wet verwys word op te rig, met inagneming van veranderde omstandighede wat streng voldoening onprakties maak en dat n eienaar van n deel in die skema wat benadeel word deur n versuim om daaraan te voldoen n aansoek daaroor aan die hof kan rig, waarna die hof

2 behoorlike voldoening aan die voorbehoud of sodanige ander regshulp, insluitende skadevergoeding, wat die hof gepas ag, kan gelas. [2] Die deeltitelskema wat hier ter sake is, is bekend as Bloemvallei, Willows, Bloemfontein (die skema). Die respondent in persoonlike hoedanigheid was die ontwikkelaar van die skema. Die aanvanklike ontwikkeling kragtens die geregistreerde deelplan het bestaan uit drie drieverdieping woonstelblokke, elke blok bestaande uit twaalf woonstelle, elk met twee slaapkamers en een badkamer. In terme van die geregistreerde deelplan het die ontwikkelaar egter ook n reg van uitbreiding van die skema voorbehou ingevolge die bepalings van artikel 25(1) van die Wet, vir die oprigting van n verdere drie woonstelblokke met dieselfde voorkoms en uitleg as die oorspronklike drie woonstelblokke. Die reg van uitbreiding is voorbehou vir n tydperk van 20 jaar vanaf 18 Maart 1994 en verval dus op 18 Maart 2014. Ingevolge artikel 25(6) van die Wet sal die reg om die skema uit te brei by die regspersoon van die skema berus indien die ontwikkelaar of sy regsopvolger se reg op uitbreiding vir een of ander rede verval. [3] Mettertyd het die ontwikkelaar twee van die voorsiene drie verdere woonstelblokke opgerig, wesenlik ooreenkomstig die dokumente wat ten opsigte daarvan deel van die geregistreerde deelplan gevorm het ingevolge artikel 25(2) van die Wet. Hierdie verdere twee woonstelblokke is voltooi teen 1997. Gedurende 2007 is die voorbehoue reg van

3 uitbreiding kragtens notariële akte van sessie oorgedra aan n trust waarvan die respondent die enigste trustee is. [4] Die applikant is die eienaar van dertien eenhede in die skema. Die eenhede in die bestaande vyf blokke word hoofsaaklik deur die eienaars daarvan aan studente verhuur. [5] Dit blyk uit die getuienis dat die trust tans in die proses is van oprigting van n sesde blok woonstelle op die grond ten opsigte waarvan die skema geregistreer is. Hierdie blok woonstelle verskil wesenlik van die dokumente en planne wat ten aansien van die voorbehoue reg op uitbreiding registreer is, besonderlik deurdat n tweeverdieping woonstelblok bestaande uit twaalf woonstelle, elk met vier slaapkamers en twee badkamers, opgerig word. [6] Die applikant vra in wese n finale bevel dat die respondent verbied moet word om geboue op te rig strydig met die geregistreerde deelplan. Ten opsigte van die aangevraagde regshulp is daar sekere feitegeskille op die stukke voor my. Dit is geykte reg dat in sodanige geval die weergawe van die respondent vir doeleindes van die beregting van die aansoek aanvaar moet word, tensy daardie weergawe so vergesog of duidelik onhoudbaar is dat dit op die stukke verwerp kan word. Dit is voldoende om te sê dat die getuienis van die respondent in hierdie aansoek nie bloot op die stukke verwerp kan word nie.

4 [7] Dit is die respondent se saak dat veranderde omstandighede streng voldoening aan die geregistreerde deelplan onprakties maak. Die respondent steun daarop dat oor die afgelope ongeveer 20 jaar marktoestande in die betrokke gebied sodanig verander het dat dit baie moeilik is om woonstelle wat bedoel is vir verhuring aan studente, te verkoop en dat die werklike vraag in die mark in die betrokke area na behuising vir gesinne is. In hierdie verband word die respondent se saak ondersteun deur die getuienis van n deskundige. In Knoetze v Saddlewood CC [2001] 1 ALL SA 42 (SE) het Jones R beslis dat veranderde omstandighede vir doeleindes van artikel 25(13) van die Wet nie beperk is tot fisiese aspekte nie en dat dit insluit veranderinge in marktoestande, op die basis dat geen ontwikkelaar geboue sal oprig wat nie verkoop kan word nie. Die korrektheid van hierdie beslissing is nie werklik voor my in twyfel getrek nie en ek stem met eerbied daarmee saam. Ek vind dit egter onnodig om te beslis of in die onderhawige geval sodanige veranderde omstandighede bestaan. [8] Die applikant se saak is vierkantig geskoei op die bepalings van artikel 25(13) van die Wet. Hierdie artikel maak dit duidelik dat regshulp slegs verleen kan word aan n eienaar van n deel in n skema wat benadeel word deur die versuim om streng aan die geregistreerde planne te voldoen. Die reg hou hom natuurlik nie met beuselagtighede op nie en die vraag is of die applikant op die stukke voor my aangetoon het dat dit werklik benadeel sal word deur die afwyking.

5 [9] In hierdie verband steun die applikant op die volgende: (i) dat die onderhawige woonstelblok n groter oppervlakte sal beslaan dan wat beoog is, wat n gevoel van beknoptheid asook verlies aan gemeenskaplike eiendom ten opsigte van die skema sal veroorsaak; (ii) dat die groter woonstelblok meer mense sal huisves, wat op sy beurt groter vereistes sal stel aan die voorsiening van water, elektrisiteit en sanitasie aan die skema sowel as n groter verkeersvloei; (iii) dat luidrugtige laataandpartytjies wat tans algemeen in die skema voorkom, waarskynlik sal toeneem; (iv) dat die waarde van die bestaande eenhede in die skema nadelig beïnvloed sal word. [10] Die respondent het hom in die stukke voor my herhaaldelik en duidelik onder eed daartoe verbind om slegs n tweeverdieping woonstelblok op te rig. Dit kan op hierdie grondslag nie ingesien word dat die woonstelblok sal bydra tot n gevoel van beknoptheid nie, die teendeel lyk eerder waar. Die posisie is dat daar tans vyf drieverdieping woonstelblokke staan op ongeveer 6 500 vierkante meter. Die oorblywende ongeveer 2 500 vierkante meter, waarop tans gebou word, word nie deur die eienaars of bewoners van die vyf woonstelblokke benut nie. Die respondent sê dat die nuwe blok ongeveer 670 vierkante meter van die ongeveer 2 500 vierkante meter sal beslaan en n afsonderlike ingang sal hê. Indien die applikant se berekening van die oppervlakte van die blok volgens die geregistreerde deelplan van ongeveer 400 vierkante meter,

6 aanvaar word, sal dus 270 vierkante meter meer bebou word. Daar was voor die laaste paar maande van 2013 geen sekerheid oor of, en indien wel, wanneer ontwikkeling op die 2 500 vierkante meter sou plaasvind nie. Die applikant sê ook nie dat dit belegging in die dertien eenhede gemaak het met die oog op die ontwikkeling van die sesde blok of die gemeenskaplike eiendom ten opsigte daarvan nie. Om in hierdie omstandighede te sê dat die eienaar van studentewoonstelle benadeel word omdat die nuwe blok ongeveer 270 vierkante meter (ongeveer 16 meter by 16 meter) groter sal wees, is heeltemal onrealisties en kom vir my voor na die gryp na n strooihalm. [11] Dit is so dat die groter blok meer mense sal huisves. Dit kan derhalwe aanvaar word dat groter vereistes aan die voorsiening van water, elektrisiteit en sanitasie aan die skema gestel sal word. Daar is egter geen getuienis wat daarop dui dat nie aan hierdie vereistes voldoen sal kan word nie, trouens die getuienis van die respondent dat die voorsiening van water, elektrisiteit en sanitasie ten opsigte van die nuwe blok woonstelle deur die plaaslike munisipaliteit en die verskaffer van elektrisiteit goedgekeur is, staan onbetwis. Dieselfde geld vir die getuienis dat die nuwe blok woonstelle n afsonderlike ingang sal hê met geen wesenlike invloed op die verkeersvloei ten aansien van die ander woonstelblokke nie. [12] Die respondent wys tereg daarop dat dit funksie van die regspersoon van die skema is om ontoelaatbare gedrag van

7 inwoners van die skema te beheer. Maar omdat ek vir doeleindes van die beslissing van hierdie aansoek moet aanvaar dat die nuwe woonstelblok deur gesinne bewoon sal word, het die klagte van luidrugtige partytjies nie n feitlike grondslag nie. [13] Uit hoofde van die voorgaande is daar na my oordeel geen grondslag vir n bevinding dat die waarde van die eenhede in die aanvanklike vyf woonstelblokke verminder sal word nie. Selfs indien dit so sou wees, kom dit my voor relatief maklik bewysbaar te wees by wyse van waardasies voor en na die bewoning van die nuwe woonstelblok. [14] Vir hierdie redes kan die aansoek na my oordeel nie toegestaan word nie. Daar is geen rede waarom koste nie die resultaat sal volg nie. [15] Bygevolg word die volgende bevel gemaak: 1. Die aansoek word afgewys met koste. C.H.G. VAN DER MERWE, R Namens die applikant: Adv M.H. Wessels SC In opdrag van: Rossouws Prokureurs BLOEMFONTEIN

8 Namens respondent: Adv P.J.T. de Wet In opdrag van: Symington & De Kok BLOEMFONTEIN /spieterse