UITSPRAAK. IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (Noord-Kaapse Hoë hof, Kimberley) Saak No: CA&R 23/2010 Saak Aangehoor: 24/05/2010 Datum gelewer: 28/05/2010

Maat: px
Weergave met pagina beginnen:

Download "UITSPRAAK. IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (Noord-Kaapse Hoë hof, Kimberley) Saak No: CA&R 23/2010 Saak Aangehoor: 24/05/2010 Datum gelewer: 28/05/2010"

Transcriptie

1 Rapporteerbaar: Ja / Nee Sirkuleer onder Regters: Ja / Nee Sirkuleer onder Landdroste: Ja / Nee Sirkuleer onder Streeklanddroste: Ja / Nee IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (Noord-Kaapse Hoë hof, Kimberley) In die saak tussen: Saak No: CA&R 23/2010 Saak Aangehoor: 24/05/2010 Datum gelewer: 28/05/2010 Guys Farao Appellant en Die Staat Respondent Coram: Olivier R et Mjali WnR UITSPRAAK Olivier R: [1]. Die appellant is in die Streekhof skuldig bevind op ʼn aanklag van poging tot verkragting en is verklaar tot gewoontemisdadiger. Op petisie is aan hom verlof toegestaan om teen beide se skuldigbevinding en vonnis te appelleer.

2 2 [2]. Dit moet onmiddellik gemeld word dat die petisie toegestaan is op ʼn stadium toe die oorkonde van die verrigtinge onvolledig was en die ontbrekende gedeelte, wat geslaan het op die appellant se getuienis, die uitspraak en die vonnis-verrigtinge, nie getranskribeer kon word nie. Die gedeelte van die verrigtinge wat geslaan het op die appellant se getuienis is egter sedertdien gerekonstrueer deur die streeklanddros, in samewerking met die betrokke aanklaer en die appellant se destydse regsverteenwoordiger, en daar is na afloop van die rekonstruksieverrigtinge ooreengekom dat dit ʼn korrekte weergawe is. [3]. Wat die uitspraak betref, kon dit nie gerekonstrueer word nie, maar het die streeklanddros sedertdien volledige redes verskaf ten aansien van die skuldigbevinding, asook die vonnis. [4]. Die appèl is dan ook namens die appellant benader, wat die skuldigbevinding betref, op die basis dat die oorkonde volledig en akkuraat genoeg is vir die doeleindes van die appel. [5]. Mnr Setouto, die advokaat wat die appellant op appèl verteenwoordig het, het die appel teen die vonnis reeds in sy betoogshoofde laat vaar. [6]. Die appellant het, toe die aanklag destyds gestel is, onskuldig gepleit, sy swygreg uitgeoefen en geen pleitverduideliking verskaf nie. Die kruisverhoor van die klaagster en die ander getuies vir die vervolging was egter op die grondslag dat die appellant nie die aanvaller was nie. [7]. Mnr Setouto het egter reeds in sy betoogshoofde toegegee dat dit wel die appellant was wat die klaagster aangeval het, en die kwessie van identiteit hoef dus nie verder oorweeg te word nie. [8]. Die enigste submissies wat op appèl namens die appellant gemaak is, is dat dit nie bo redelike twyfel bewys is dat die appellant se handelinge reeds uitvoeringshandelinge (in teenstelling met

3 3 voorbereidingshandelinge 1 ) was nie, en ook nie dat die appellant die opset gehad het om die klaagster te verkrag nie. [9]. Dit is geyk dat ʼn Hof van appèl nie sal inmeng met ʼn verhoorhof se feitebevindinge nie, tensy hulle duidelik op die oorkonde blyk verkeerd te wees 2. Ek is van oordeel dat daar in die onderhawige geval geen basis vir so ʼn bevinding bestaan nie. [10]. Die feit die appellant se weergawe dat hy glad nie eers die aanvaller was nie, vals was (soos in effek ook nou toegegee deur mnr Setouto namens die appellant), beteken dat daar van die kant van die appellant geen weergawe is rakende die opset waarmee hy dan wel die klaagster aangeval het nie. [11]. Afgesien daarvan dat die appellant nie in die omstandighede daarop geregtig is dat daar in hierdie verband in sy guns bespiegel moet word nie 3, is daar na my oordeel in elk geval op die getuienis slegs een redelike afleiding, tot die uitsluiting van alle ander moontlike afleidings, en dit is dat die appellant die klaagster aangeval het met die opset om haar te verkrag 4. [12]. Die appellant het al vroeër in die aand, terwyl hy gesit en drink het, vir die klaagster (wat ʼn jong dogter was) geknipoog en vir haar goed gesê wat so duidelik suggestief was dat die klaagster se niggie me C Klein, ʼn volwasse vrou, vir hom gesê het om daarmee op te hou. [13]. Toe die klaagster en twee jong seuns later in ʼn kamer lê en slaap saam met me Klein, wat tot die kennis van die appellant hopeloos dronk was en nooit in staat sou gewees het om die klaagster te beskerm nie, gaan die appellant die vertrek binne en val die klaagster aan. 1 Strafreg, Snyman, 5de uitgawe, bl 287; S v Newman en n Ander 1998 (1) SACR 94 (C) 2 S v Hadebe 1997 (2) SACR 641 (SCA) 645e-f 3 R v Mlambo 1957 (4) SA 727 (AD) 738B; Rex v N 1947 (3) SA 560 (T) 565; Rex v L 1946 AD 190,196 4 R v Blom 1939 AD 188,

4 4 [14]. Die appellant wurg die klaagster en hou ʼn skerp voorwerp teen haar keel om haar stil te hou. Hoekom sou hy haar wou stilhou as hy haar byvoorbeeld net wou aanrand of selfs wou dood? Dieselfde vraag kan gevra word ten aansien van die feit dat die appellant ook die klaagster se broek en damesbroekie gedeeltelik afgetrek het voordat sy daarin geslaag het om uit sy greep los te kom. [15]. Toe is die appellant so desperaat om die klaagster in die hande te kry dat hy die twee jong seuntjies van die bed af gooi in sy soektog na die klaagster in die donker kamer. [16]. Die feit dat die appellant, toe daarin geslaag is om die lig aan te skakel en hy beskuldig is daarvan dat hy gepoog het om die klaagster te verkrag, dit ontken het, neem nie die saak vir die appellant enigsins verder nie. Hy het immers later besluit om valslik heeltemal te ontken dat hy enigsins in die kamer was, en dit sou dus nie gesê kon word dat die appellant konsekwent was in sy ontkenning dat dit wat hy daar gedoen het, was om die klaagster te probeer verkrag nie. [17]. Mnr Setouto het gesteun op die beslissing van Marwana v S 5 vir sy argument dat die afleiding van ʼn opset om te verkrag nie teen die appellant gemaak moes gewees het nie. Die feite van daardie saak is egter totaal te onderskei van dié van die onderhawige saak. [18]. Die Hof het in daardie saak bevind dat die feit dat die betrokke appellant die klaagster sewe-en-twintig steekwonde toegedien het eerder aanduidend was daarvan dat hy haar aangeval het met die opset om haar te dood, as met die opset om haar te verkrag. [19]. In die onderhawige geval kan daar geen sprake wees van so-iets nie. Dit is hier na my oordeel duidelik dat die appellant die klaagster met alle mag wou stilhou en onderwerp, en die enigste redelike afleiding is dat sy plan was om haar te verkrag. 5 [2010] JOL (ECG)

5 5 [20]. By die verhoor is gewag gemaak daarvan dat die klaagster maar net ʼn klag gelê het omdat haar suster ʼn klag gaan lê het dat sy (die suster) ook verkrag is, en is gesuggereer dat die klaagster aangestig is om die klag teen die appellant te gaan lê. Ons weet egter nou dat die klaagster nie die aanval, of die appellant se teenwoordigheid in die kamer dié nag, uit haar duim gesuig het nie. Tydens ʼn mediese ondersoek enkele dae ná die voorval is daar dan ook beserings gevind aan die klaagster, onder andere aan haar nek. [21]. Die appellant se ingaan by die kamer, sy vasdruk van die klaagster, sy poging om haar stil te hou deur haar te wurg en ʼn skerp voorwerp teen haar nek te druk en ook deur haar aan te sê om stil te bly en sy gedeeltelike aftrek van haar broek en damesbroekie het na my oordeel heeltemal ver genoeg gegaan om as uitvoeringshandelinge aangemerk te word; destemeer nog teen die agtergrond daarvan dat die appellant duidelik die opset gevorm het om die klaagster te verkrag 6. [22]. In die omstandighede kan die appèl na my oordeel nie slaag nie en word die volgende bevel hierin gemaak: Die appèl word afgewys en die skuldigbevinding en vonnis word bekragtig. C J OLIVIER REGTER NOORD-KAAPSE PROVINSIALE AFDELING Ek stem saam: 6 Rex v Schoombie 1945 AD 541, 547; R v B 1958 (1) SA 199 (AD) 204 C-D.

6 6 G N Z MJALI WAARNEMENDE REGTER NOORD-KAAPSE PROVINSIALE AFDELING Nms Applikant: Namens: Nms Respondent: Namens: Adv L Setouto Kimberley Regshulpsentrum, KIMBERLEY Adv J Mabaso Direkteur van Openbare Vervolging, KIMBERLEY

Appellant is n 25 jarige eerste oortreder wat in die Streekhof verskyn het. op n aanklag van verkragting van n 41 jarige vrou.

Appellant is n 25 jarige eerste oortreder wat in die Streekhof verskyn het. op n aanklag van verkragting van n 41 jarige vrou. IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING) In die saak tussen: Appèl Nr. 404/2002 ITUMELENG ISAAC MOLEHE Appellant en DIE STAAT Respondent CORAM: MALHERBE R.P. et LOMBARD

Nadere informatie

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. APPèLAFDELING

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. APPèLAFDELING SAMSON RADEBE MATTHEWS MOLOLEKO EERSTE APPELLANT TWEEDE APPELLANT en DIE STAAT RESPONDENT IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPèLAFDELING In die saak tussen SAMSON RADEBE MATTHEWS MOLOLEKO EERSTE APPELLANT

Nadere informatie

MALHERBE RP et VAN COPPENHAGEN R VAN COPPENHAGEN R. [1] Die appellant n 46 jarige man het in die Landdroshof

MALHERBE RP et VAN COPPENHAGEN R VAN COPPENHAGEN R. [1] Die appellant n 46 jarige man het in die Landdroshof IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING) Appèl Nr.: A198/2003 PHILLIP MAKASE KHOASE Appellant en DIE STAAT Respondent AANGEHOOR OP: 11 APRIL 2005 CORAM: MALHERBE RP

Nadere informatie

[1] Die beskuldigde is aanvanklik op 29/08/2005 deur die. landdros, Botshabelo skuldig bevind aan huisbraak met die

[1] Die beskuldigde is aanvanklik op 29/08/2005 deur die. landdros, Botshabelo skuldig bevind aan huisbraak met die IN DIE HOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (ORANJE VRYSTAAT PROVINSIAL AFDELING) In die saak tussen: DIE STAAT en Hersiening Nr: 98/2006 PAKISHO JOHN MOTAUNG CORAM: C.J. MUSI, J et MATHEBULA, AJ UITSPRAAK: C.J.

Nadere informatie

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA Sirkuleer aan Landdroste: Ja / Nee Verslagwaardig: Ja / Nee Sirkuleer aan Regters: Ja / Nee IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (Noord-Kaapse Afdeling) Saaknr: 919/2002 Datum gelewer: 2002-10-31 Hersieningsnr:

Nadere informatie

IN DIE Hoë HOF NOORD-KAAP, KIMBERLEY

IN DIE Hoë HOF NOORD-KAAP, KIMBERLEY Verslagwaardig: Sirkuleer Aan Regters: Sirkuleer aan Streeklandroste Sirkuleer Aan Landdroste: IN DIE Hoë HOF NOORD-KAAP, KIMBERLEY Saakno: / Case number: CA & R 76 / 2009 Datum verhoor: / Date heard:

Nadere informatie

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (Noord-Kaapse Afdeling) ABRAHAM PETER PRETORIUS. UITSPRAAK OP APPéL

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (Noord-Kaapse Afdeling) ABRAHAM PETER PRETORIUS. UITSPRAAK OP APPéL Sirkuleer aan Landdroste: Ja / Nee 1 Verslagwaardig: Ja / Nee Sirkuleer aan Regters: Ja / Nee IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (Noord-Kaapse Afdeling) Saakno: CA & R 109/02 Datum gelewer: 2002-12-09

Nadere informatie

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (NOORD KAAPSE AFDELING) KIMBERLEY SAAK NO.: 183/2005 DATUM: In die Hersieningsuitspraak van:

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (NOORD KAAPSE AFDELING) KIMBERLEY SAAK NO.: 183/2005 DATUM: In die Hersieningsuitspraak van: IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (NOORD KAAPSE AFDELING) KIMBERLEY SAAK NO.: 183/2005 DATUM: 14 10 2005 In die Hersieningsuitspraak van: DIE STAAT teen DAWID MIAS CORAM: WILLIAMS R U I T S P R A A

Nadere informatie

DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL

DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL Saak No 622/95 DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL In die saak tussen: CHRISTIAAN WILLEM BROODRYK APPELLANT en BOSCHHOEK MEULE BK RESPONDENT VOOR: HEFER, F H GROSSKOPF, HARMS, SCOTT ARR en STREICHER WndAR DATUM

Nadere informatie

KRUGER R, et BLOEM WND R BLOEM, WND R. [1] Hierdie is n hersiening. Volgens die oorkonde was die

KRUGER R, et BLOEM WND R BLOEM, WND R. [1] Hierdie is n hersiening. Volgens die oorkonde was die IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING) In die saak tussen: Hersiening Nr. : 368/2007 DIE STAAT en OLEHILE HERCULUS MATSHEKA CORAM: KRUGER R, et BLOEM WND R UITSPRAAK:

Nadere informatie

IN DIE HOëHOF VAN SUID-AFRIKA (Noord-Kaapse Hoëhof, Kimberley) UITSPRAAK

IN DIE HOëHOF VAN SUID-AFRIKA (Noord-Kaapse Hoëhof, Kimberley) UITSPRAAK Rapporteerbaar: Ja / Nee Sirkuleer onder Regters: Ja / Nee Sirkuleer onder Landdroste: Ja / Nee Sirkuleer onder Streeklanddroste: Ja / Nee IN DIE HOëHOF VAN SUID-AFRIKA (Noord-Kaapse Hoëhof, Kimberley)

Nadere informatie

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA 70/85. (APPèLAFDELING) In die saak tussen: CILLIé, HOEXTER et VAN HEERDEN, ARR. Verhoor: 24 Mei 1985

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA 70/85. (APPèLAFDELING) In die saak tussen: CILLIé, HOEXTER et VAN HEERDEN, ARR. Verhoor: 24 Mei 1985 IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA 70/85 (APPèLAFDELING) In die saak tussen: ELIJAH MOLOANTOA Appellant EN DIE STAAT Respondent Coram: CILLIé, HOEXTER et VAN HEERDEN, ARR Verhoor: 24 Mei 1985 Gelewer:

Nadere informatie

Saaknommer: 311/84 WHN. PHILLIP OOSTHUIZEN Appellant

Saaknommer: 311/84 WHN. PHILLIP OOSTHUIZEN Appellant Saaknommer: 311/84 WHN PHILLIP OOSTHUIZEN Appellant en DIE STAAT Respondent JOUBERT, AR. IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPèLAFDELING In die saak tussen: PHILLIP OOSTHUIZEN Appellant en DIE STAAT

Nadere informatie

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING}

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING} SAAK NR 445/89 ccc IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING} In die saak tussen: SEBEDEUS MUNONJO EERSTE APPELLANT JEFTA MBI TWEEDE APPELLANT en DIE STAAf- RESPONDENT CORAM: JOUBERT, NESTADT

Nadere informatie

WRIGHT R et VAN DER MERWE R VAN DER MERWE R. [1] Die beskuldigde in hierdie hersieningsaak is op 26 Junie

WRIGHT R et VAN DER MERWE R VAN DER MERWE R. [1] Die beskuldigde in hierdie hersieningsaak is op 26 Junie IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING) Hersiening Nr. : 1579/2004 In die hersiening van: DIE STAAT versus MOSES SEGOBO CORAM: WRIGHT R et VAN DER MERWE R UITSPRAAK:

Nadere informatie

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) SAAKNOMMER: 52629/2007 31 OCTOBER 2008 In die saak tussen: ETLO MOTORS CC h/a AUTO TRADERS APPLIKANT EN ABSA BANK BEPERK RESPONDENT

Nadere informatie

VAN DER MERWE R. [1] Die appellant is in die Landdroshof te Viljoenskroon skuldig. bevind aan oortreding van die bepalings van Artikel 1(1)(b)

VAN DER MERWE R. [1] Die appellant is in die Landdroshof te Viljoenskroon skuldig. bevind aan oortreding van die bepalings van Artikel 1(1)(b) IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING) Appèl Nr. : A312/2004 In die saak tussen: THABO PAULUS MATSABU Appellant en DIE STAAT Respondent CORAM: H.M. MUSI R et VAN

Nadere informatie

UITSPRAAKOPHERSIENING

UITSPRAAKOPHERSIENING Sirkuleer aan Landdroste: Ja / Nee Verslagwaardig: Ja / Nee Sirkuleer aan Regters: Ja / Nee IN DIE HOOGGEREGSHOFVANSUID-AFRIKA (Noord-KaapseAfdeling) Saaknr: 808/02 Datum gelewer: 2003-02-05 Hersieningsnr:

Nadere informatie

UITSPRAAK. [1] In hierdie uitspraak sal die partye na verwys word soos in konvensie in die hoofaksie.

UITSPRAAK. [1] In hierdie uitspraak sal die partye na verwys word soos in konvensie in die hoofaksie. IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD GAUTENG AFDELING) SAAKNR.: 19357/2010 DATUM: 03/09/2010 In die saak tussen L, A Applikant en L, A M Respondent In re: Saaknr. 24167/2006 L, A Eiseres en L, A

Nadere informatie

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (NOORD GAUTENG HOOGGEREGSHOF) Saak nommer: 21591/2008 Datum: 8 November 2010 HAAL DEUR WAT NIE VAN TOEPASSING IS NIE (1) RAPPORTEERBAAR: JA/NEE (2) VAN BELANG VIR ANDER

Nadere informatie

MALHERBE RP. Eiseres vorder skadevergoeding in haar persoonlike hoedanigheid. as moeder en natuurlike voog van haar minderjarige seun, Stefan

MALHERBE RP. Eiseres vorder skadevergoeding in haar persoonlike hoedanigheid. as moeder en natuurlike voog van haar minderjarige seun, Stefan (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING) Saak Nr. : 5957/2005 In die saak tussen: LOUISA JUSTINE WARD Eiseres en DIE PADONGELUKKEFONDS Verweerder CORAM: MALHERBE RP AANGEHOOR OP: 13 EN 14 MAART 2007 UITSPRAAK

Nadere informatie

Saak no 258/92 /MC IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING) In die saak tussen. BAREND OOR Eerste Appellant

Saak no 258/92 /MC IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING) In die saak tussen. BAREND OOR Eerste Appellant Saak no 258/92 /MC IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING) In die saak tussen BAREND OOR Eerste Appellant SAMUEL PAPIER Tweede Appellant - en - DIE STAAT Respondent CORAM: VIVIER, F H GROSSKOPF

Nadere informatie

skuldigbevinding aan moord met versagtende omstandighede;

skuldigbevinding aan moord met versagtende omstandighede; IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING) In die saak tussen: MOEGAMAT TAPE PHILLIPS Appellant EN DIE STAAT Respondent Coram: CILLIé, HEFER et GROSSKOPF, ARR Verhoor: 23 Augustus 1985 Gelewer:

Nadere informatie

DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL VAN SUID-AFRIKA

DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL VAN SUID-AFRIKA Rapporteerbaar DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL VAN SUID-AFRIKA Saaknommer: 657/98 Insake die appèl van GF WESSELS NO Appellant en CJ DE JAGER NO JF PEYPER NO 1ste Respondent 2de Respondent HOF: Van Heerden WndHR,

Nadere informatie

DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL VAN SUID-AFRIKA

DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL VAN SUID-AFRIKA SAAKNOMMER: 482/96 In die saak tussen: DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL VAN SUID-AFRIKA KLIPPIES NTEO Appellant en DIE STAAT Respondent CORAM: Van Heerden AHR, MaraisetStreicher ARR VERHOOR: 20 November 1997

Nadere informatie

UITSPRAAK OP HERSIENING

UITSPRAAK OP HERSIENING Sirkuleer aan Landdroste: Ja / Nee Verslagwaardig: Ja / Nee Sirkuleer aan Regters: Ja / Nee IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (Noord Kaapse Afdeling) Hooggeregshof Hersieningsnr: 54/06 Landdros Saaknr:

Nadere informatie

[1] Hierdie appèl is gerig teen die afwysing, met koste, van die appellant se. vorderings teen beide die eerste respondent en die tweede

[1] Hierdie appèl is gerig teen die afwysing, met koste, van die appellant se. vorderings teen beide die eerste respondent en die tweede IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING) Appèl Nr. : A220/2005 In die appèl tussen: PAX OIL VERKOPE CC Appellant en HARRINGTONS INGELYF JOHAN HEINRICH SCHöNKEN 1ste

Nadere informatie

ANNA HENDRINA MYBURGH

ANNA HENDRINA MYBURGH IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING) In die saak tussen:- Saak Nr. : 4525/2008 MARIUS JACOBS Applikant en JOHAN FREDERICK MARITZ MARIA SUSANNA MARITZ ANNA HENDRINA

Nadere informatie

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPéLAFDELING)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPéLAFDELING) Saak nr 638/91 E du Plooy IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPéLAFDELING) In die saak tussen: JOB MADISHA Appellant en DIE STAAT Respondent Coram: HEFER, F H GROSSKOPF ARR et VAN COLLER Wnd AR Verhoordatuin:

Nadere informatie

EPHRAIM BASIMANE MOTSHWAEDI. E M GROSSKOPF, VIVIER et HARMS ARR. UITSPRAAK

EPHRAIM BASIMANE MOTSHWAEDI. E M GROSSKOPF, VIVIER et HARMS ARR. UITSPRAAK Saak nr 539/93 /MC IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SMDAFRIKA (APPèLAFDELING) In die saak tussen: EPHRAIM BASIMANE MOTSHWAEDI APPELLANT -en- DIE STAAT RESPONDENT CORAM: E M GROSSKOPF, VIVIER et HARMS ARR. VERHOOR:

Nadere informatie

CILLIé R et VOGES WR. [1] Die verhoor van hierdie beskuldigde het in die landdroshof te. Sasolburg n aanvang geneem op 11 November 2002.

CILLIé R et VOGES WR. [1] Die verhoor van hierdie beskuldigde het in die landdroshof te. Sasolburg n aanvang geneem op 11 November 2002. IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (ORANJE-VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING) Hersieningsnommer : SR29/2004 In die Spesiale Hersiening van: DIE STAAT versus PHILLEHA TABOHO MOKOENA CORAM: CILLIé R et VOGES

Nadere informatie

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA In die saak tussen:- VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA Aansoeknommer : 4511/09 JAN-NEL DU PLESSIS CHRISTINA MAGDALENA DU PLESSIS Eerste Applikant Tweede Applikant en CHANGING TIDES

Nadere informatie

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPÉLAFDELING In die saak tussen: ERNST LODEWIKUS SMITH Appellant en S A EAGLE VERSEKERINGSMAATSKAPPY BEPERK Eerste Respondent en A G SAUNDERS Tweede Respondent Coram:

Nadere informatie

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING) Saak Nr 640/94 IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING) In die saak tussen: ALFONSO DEON GREEFF Appellant en DIE STAAT Respondent CORAM: E M GROSSKOPF, NESTADT, ARR et SCOTT, Wn AR VERHOOR:

Nadere informatie

IN DIE HOË HOF VAN SUID-AFRIKA VRYSTAATSE AFDELING, BLOEMFONTEIN SKILLFULL 54 (EDMS) BEPERK JOHANNES WAGENAAR HUMAN N.O.

IN DIE HOË HOF VAN SUID-AFRIKA VRYSTAATSE AFDELING, BLOEMFONTEIN SKILLFULL 54 (EDMS) BEPERK JOHANNES WAGENAAR HUMAN N.O. IN DIE HOË HOF VAN SUID-AFRIKA VRYSTAATSE AFDELING, BLOEMFONTEIN In die aansoek tussen:- Saaknr. : 5107/2013 SKILLFULL 54 (EDMS) BEPERK Applikant en JOHANNES WAGENAAR HUMAN N.O. Respondent AANGEHOOR OP:

Nadere informatie

Saak nr 438/92 /MC IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPeLAFDELING) Tussen. GIDEON JOHANNES BOTHA Appellant. - en - DIE STAAT Respondenb

Saak nr 438/92 /MC IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPeLAFDELING) Tussen. GIDEON JOHANNES BOTHA Appellant. - en - DIE STAAT Respondenb Saak nr 438/92 /MC IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPeLAFDELING) Tussen GIDEON JOHANNES BOTHA Appellant - en - DIE STAAT Respondenb CORAM: VIVIER, EKSTEEN ARR et KRIEGLER Wnd AR. VERHOOR: 17 September

Nadere informatie

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. APPèLAFDELING

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. APPèLAFDELING IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPèLAFDELING In die saak tussen: MOSES NHLAPO Appellant EN DIE STAAT Respondent Coram: JOUBERT AR, CILLIé, et GALGUT, Wn ARR Verhoor: 6 September 1985 Gelewer: 13

Nadere informatie

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING) PATRICK JOSIAS... APPELLANT. VILJOEN, VAN HEERDEN et JACOBS, ARR VERHOORDATUM: 21 FEBRUARIE 1986

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING) PATRICK JOSIAS... APPELLANT. VILJOEN, VAN HEERDEN et JACOBS, ARR VERHOORDATUM: 21 FEBRUARIE 1986 421/84 /mb IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING) In die saak tussen PATRICK JOSIAS... APPELLANT en DIE STAAT RESPONDENT CORAM: VILJOEN, VAN HEERDEN et JACOBS, ARR VERHOORDATUM: 21 FEBRUARIE

Nadere informatie

Pragtige Koningin Ester

Pragtige Koningin Ester Bybel vir Kinders bied aan Pragtige Koningin Ester Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Vertaal deur: Gert Badenhorst Aangepas deur: Ruth Klassen Storie 30 van 60 www.m1914.org Bible

Nadere informatie

Gemeenskap. Wat is n gemeenskap? n Gemeenskap het n hoof/hoof?

Gemeenskap. Wat is n gemeenskap? n Gemeenskap het n hoof/hoof? Gemeenskap Wat is n gemeenskap? Die woord gemeenskap dui n intieme verband tussen mense aan. Mense wat deel aan iets, maar dit wat hulle deel is baie besonders. Uit die Grieks is die woord vir gemeenskap

Nadere informatie

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPéLAFDELING)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPéLAFDELING) Saak no 488/91 IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPéLAFDELING) In die saak tussen: SIBUSISU MZAMALI MTUNGWA Appellant en DIE STAAT Respondent CORAM: E M GROSSKOPF, F H GROSSKOPF,GOLDSTONE, ARR VERHOOR:

Nadere informatie

God eer Josef die slaaf

God eer Josef die slaaf Bybel vir Kinders bied aan God eer Josef die slaaf Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: M. Maillot; Lazarus Vertaal deur: Yvonne Kriel Aangepas deur: M. Maillot; Sarah S. Storie 8 van 60 www.m1914.org

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Storie 6 van 60.

Bybel vir Kinders. bied aan. Storie 6 van 60. Bybel vir Kinders bied aan Jakob die Bedrieër Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: M. Maillot; Lazarus Vertaal deur: Yvonne Kriel Aangepas deur: M. Kerr; Sarah S. Storie 6 van 60 www.m1914.org Bible

Nadere informatie

AANVANG VAN N ONDERSOEK VAN BEWEERDE ONBEHOORLIKE GEDRAG

AANVANG VAN N ONDERSOEK VAN BEWEERDE ONBEHOORLIKE GEDRAG HERROEPING VAN DIE DISSIPLINÊRE REËLS INGESTEL INGEVOLGE DIE WET OP OPENBARE REKENMEESTERS EN OUDITEURS, 80 VAN 1991, EN AANVAARDING VAN NUWE DISSIPLINÊRE REËLS OP 7 JUNIE 2007 Nadat die Raad sy voorneme

Nadere informatie

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk Doel van les: Voordat ons kan leer van ons nuwe identiteit in Christus, moet ons eers stil staan by wat Jesus vir ons kom doen het en dat ons die nuwe mens

Nadere informatie

Toe God alles gemaak het

Toe God alles gemaak het Bybel vir Kinders bied aan Toe God alles gemaak het Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: Bob Davies; Tammy S. Vertaal deur: Hannelie Niemandt Vervaardig deur:

Nadere informatie

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA In die saak tussen: ISHMAEL M MAROTHOLI ZACHARIA M KODISANG RICHARD M BUZAKWE Eerste Appellant Tweede Appellant Derde Appellant EN DIE STAAT Respondent Coram: VILJOEN,

Nadere informatie

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (NOORD KAAPSE AFDELING)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (NOORD KAAPSE AFDELING) IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (NOORD KAAPSE AFDELING) KIMBERLEY SAAK NO.: 1459/05 DATUM AANGEHOOR: 17 3 2006 DATUM GELEWER: 02 06 2006 In die saak tussen: GWK BEPERK Eiser teen HENDRIK HERMANUS

Nadere informatie

Beskuldigde nr. 2 was Barry Vetman en beskuldigde nr. 3 was

Beskuldigde nr. 2 was Barry Vetman en beskuldigde nr. 3 was IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING) Appèlnommer : A165/2006 In die appèl van: JOHN MAHLALELA LUDADA Appellant en DIE STAAT Respondent CORAM: HATTINGH R et KRUGER

Nadere informatie

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

DIE VLEUELS VAN GEBED (9) DIE VLEUELS VAN GEBED (9) DIE VLEUELS VAN GEBED (9) Jan van der Watt Dankie Here! Dankie sê is om jou skuld te betaal. In die tyd van die Bybel was dankie sê iets anders as vandag. Vandag is dankie n woord

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer Bybel vir Kinders bied aan Joshua neem Beheer Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

by die werk Mm, ek moet hierdie nuwe assistent n bietjie beter leer ken.

by die werk Mm, ek moet hierdie nuwe assistent n bietjie beter leer ken. Seksuele Teistering by die werk Dit was briljant van my om die nuwe assistent aan te stel, nê? Sy werk regtig hard. Ek is in my skik. Ek sou haar sommer net vir haar voorkoms aangestel het. Het jy daai

Nadere informatie

172/85 JONAS VUYANI MABHANI DIE STAAT

172/85 JONAS VUYANI MABHANI DIE STAAT 172/85 JONAS VUYANI MABHANI EN DIE STAAT 172/85 IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPéLAFDELING) In die saak tussen: JONAS VUYANI MABHANI Appellant en DIE STAAT Respondent CORAM: JOUBERT, BOSHOFF,

Nadere informatie

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie. 1 Johannes 14b WH Belydenisaflegging en Nagmaal Kinders, doen julle wat mamma en pappa vra? Altyd? Partykeer eers later nè? Hoekom sal jy iets doen as jou ouers vra? Doen jy wat die Here vra? Wat is jou

Nadere informatie

REDES VIR BEVEL GELEWER OP 28\10\2005

REDES VIR BEVEL GELEWER OP 28\10\2005 Verslagwaardig: Ja / Nee Sirkuleer aan Regters: Ja / Nee Sirkuleer aan Landdroste: Ja / Nee IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (Noord Kaapse Afdeling) Datum Verhoor: 2005\10\28 Saaknommer: 209\05 In

Nadere informatie

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA Sirkuleer aan Landdroste: Ja / Nee Verslagwaardig: Ja / Nee Sirkuleer aan Regters: Ja / Nee IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (Noord-KaapseAfdeling) 2004 Datum Gelewer: 03 / 06 / 2004 Saakno: K/S 106/03

Nadere informatie

FAKTORE EN VEELVOUDE

FAKTORE EN VEELVOUDE FAKTORE EN VEELVOUDE Ons gaan nou na n paar stukkies teorie kyk in verband met Natuurlike- en Telgetalle. Voltooi: 3 X 1 = 3 X 2 = 3 X 3 = 3 X 4 = 3 X 5 = Ons sê dus dat 3, 6, 9, 12 en 15 VEELVOUDE is

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun Bybel vir Kinders bied aan Die Verlore Seun Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

CORAM: CORBETT HR et HOEXTER, VIVIER, EKSTEEN, NIENABER ARR.

CORAM: CORBETT HR et HOEXTER, VIVIER, EKSTEEN, NIENABER ARR. Saak nr 199/90 /MC IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING) In die saak tussen ETHEL ANNE COLLETT Appellant - en - DIE STAAT Respondent CORAM: CORBETT HR et HOEXTER, VIVIER, EKSTEEN, NIENABER

Nadere informatie

Toe God alles gemaak het

Toe God alles gemaak het Bybel vir Kinders bied aan Toe God alles gemaak het Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: Bob Davies; Tammy S. Vertaal deur: Hannelie Niemandt Vervaardig deur:

Nadere informatie

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene Bybel vir Kinders bied aan Daniël die Gevangene Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

Jesaja sien die Toekoms

Jesaja sien die Toekoms Bybel vir Kinders bied aan Jesaja sien die Toekoms Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun SKRIFLESING: Johannes 1:1-18 TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13 TEMA: God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun Psalm 45 : 1, 2, 3 Psalm 72 : 6 Skrifberyming 33 (2-4) : 1 Skrifberyming 78 (13-3) 2 Dat ons kinders

Nadere informatie

n Tempel Leier besoek Jesus

n Tempel Leier besoek Jesus Bybel vir Kinders bied aan n Tempel Leier besoek Jesus Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: M. Maillot; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible

Nadere informatie

BARTMANN (JNR) SPRINGBOK PATROLS (EDMS) BPK ALERT SPRINGBOK PATROLS BK ABRAHAM ALBERTUS CILLIERS. -en- VAN HEERDEN, VIVIER et MARAIS ARR.

BARTMANN (JNR) SPRINGBOK PATROLS (EDMS) BPK ALERT SPRINGBOK PATROLS BK ABRAHAM ALBERTUS CILLIERS. -en- VAN HEERDEN, VIVIER et MARAIS ARR. Saak nr 158/93 /MC IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING) In die saak tussen: ABRAHAM ALBERTUS CILLIERS BARTMANN (SNR) SPRINGBOK PATROLS (EDMS) BPK ALERT SPRINGBOK PATROLS BK ABRAHAM ALBERTUS

Nadere informatie

VRAE EN BESWARE WAT MENSE SOMS OOR DIE DOOP HET

VRAE EN BESWARE WAT MENSE SOMS OOR DIE DOOP HET VRAE EN BESWARE WAT MENSE SOMS OOR DIE DOOP HET! DIT STAAN NIE IN DIE BYBEL DAT KINDERS GEDOOP MOET WORD NIE. Dit is waar, daar staan nie êrens dat klein babatjies van gelowige ouers gedoop moet word nie.

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT (NSS) GRAAD 11 HALFJAAR EKSAMEN AFRIKAANS HUISTAAL DERDE VRAESTEL (NSC11-06) D C

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT (NSS) GRAAD 11 HALFJAAR EKSAMEN AFRIKAANS HUISTAAL DERDE VRAESTEL (NSC11-06) D C AFRHIG611 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT (NSS) GRAAD 11 HALFJAAR EKSAMEN AFRIKAANS HUISTAAL DERDE VRAESTEL (NSC11-06) D10055661-7-C TYD: 14H00 16H30 TOTAAL: 100 PUNTE TYDSDUUR: 2½ UUR DATUM: 5 JUNIE 2013

Nadere informatie

DIE JERUSALEM RAAD Les 8 vir 25 Augustus 2018

DIE JERUSALEM RAAD Les 8 vir 25 Augustus 2018 DIE JERUSALEM RAAD Les 8 vir 25 Augustus 2018 Die heidene het die evangelie aanvaar, en dit was vir sommige Jode 'n probleem. Moet die heidene nie onder dieselfde reëls leef nie? Waarom het die Jode besny,

Nadere informatie

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk Doel van les: Voordat ons kan leer van ons nuwe identiteit in Christus, moet ons eers stil staan by wat Christus vir ons kom doen het. Vandag gaan ons gesels

Nadere informatie

Saak nr 26/86 /MC. - en -

Saak nr 26/86 /MC. - en - Saak nr 26/86 /MC DIE STAAT - en - MPHUMELELO MAGONGO JANSEN AR. Saak no 26/86 /MC IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING) In die saak tussen: DIE STAAT Appellant - en - MPHUMELELO MAGONGO

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër Bybel vir Kinders bied aan Jakob die Bedrieër Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: M. Maillot; Lazarus Aangepas deur: M. Kerr; Sarah S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children

Nadere informatie

LL Saak No 79/1988 IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. APPèLAFDELING. Insake die appèl van: teen. VAN HEERDEN, STEYN et EKSTEEN, ARR

LL Saak No 79/1988 IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. APPèLAFDELING. Insake die appèl van: teen. VAN HEERDEN, STEYN et EKSTEEN, ARR LL Saak No 79/1988 IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPèLAFDELING Insake die appèl van: GALEBOY ISAK MOKHOBO Appellant teen DIE STAAT Respondent CORAM: VAN HEERDEN, STEYN et EKSTEEN, ARR VERHOORDATUM:

Nadere informatie

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13 1 Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13 Het jy dalk enige afgode of in jou huis? Miskien weet jy nie dat jy het nie, en dit is dalk die rede vir die konflik in jou huwelik, of dat jou kind

Nadere informatie

Elisa, Man van Wonderwerke

Elisa, Man van Wonderwerke Bybel vir Kinders bied aan Elisa, Man van Wonderwerke Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Vertaal deur: Yvonne Kriel Aangepas deur: Ruth Klassen Storie 25 van 60 www.m1914.org Bible for

Nadere informatie

Die Appel wat onder die Botha-boom geval het

Die Appel wat onder die Botha-boom geval het GENEALOGIE Die Appel wat onder die Botha-boom geval het JACO M. GREEFF Vrydag 16 Augustus 2013 Toe die Kaapse burgers Jan Cornelitz en Maria Kickers se huwelik in 1700 ontbind is n seldsame gebeurtenis

Nadere informatie

Welkom by Die Storie God se storie

Welkom by Die Storie God se storie Welkom by Die Storie God se storie Hierdie boek vertel die belangrikste, aangrypendste storie ooit: die storie van n ware God wat lief is vir sy kinders, wat gesorg het dat hulle gered is, en wat vir hulle

Nadere informatie

Jona en die Groot Vis

Jona en die Groot Vis Bybel vir Kinders bied aan Jona en die Groot Vis Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Vertaal deur: Yvonne Kriel Aangepas deur: Mary-Anne S. Storie 26 van 60 www.m1914.org Bible for

Nadere informatie

Nasionale Minimumloon: Wie, waar, hoekom en hoe?

Nasionale Minimumloon: Wie, waar, hoekom en hoe? Nasionale Minimumloon: Wie, waar, hoekom en hoe? Die Nasionale Minimumloon wetsontwerp, sowel as die NEDLAC ooreenkoms, blyk n groot bron van kommer te wees in die landbousektor. Hierdie dokument lig die

Nadere informatie

die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën.

die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën. Ontmoeting 4 God is lief vir Noag Kinders hoor in die storie van Noag dat God regverdig is. Hy sien mense raak wat aan Hom gehoorsaam is en Hy maak n duidelike plan om sy kinders te red. Teks: Genesis

Nadere informatie

IN DIE HOË HOF VAN SUID AFRIKA GAUTENG AFDELING, PRETORIA

IN DIE HOË HOF VAN SUID AFRIKA GAUTENG AFDELING, PRETORIA 1 SAFLII Note: Certain personal/private details of parties or witnesses have been redacted from this document in compliance with the law and SAFLII Policy IN DIE HOË HOF VAN SUID AFRIKA GAUTENG AFDELING,

Nadere informatie

Is jy seker dis nie n voorry nie. Ek wonder of die kinders weet wat n voorry doen.

Is jy seker dis nie n voorry nie. Ek wonder of die kinders weet wat n voorry doen. Op pad vir Christus NG Kraggakamma Le Roux Familie POPPEKASKAPERJOLLE : Frikkie! Frikkie! Hoekom is jy so stadig vandag? Frikkie: (Nog af. Haal hard asem) Want ek is moeg. Hoekom is jy moeg? Frikkie: Ek

Nadere informatie

DIE HOOGSTE HOF VAN APPÈL VAN SUID-AFRIKA

DIE HOOGSTE HOF VAN APPÈL VAN SUID-AFRIKA Saaknommer : 116 / 01 DIE HOOGSTE HOF VAN APPÈL VAN SUID-AFRIKA In die appèl van LUCINDA INGRID ESTERHUIZEN ELSABÉ SHARON SOENIES HELENE LEEUW EUGENE LEEUW GUSTAV WELLINGTON FRANCIS Eerste Appellant Tweede

Nadere informatie

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA Sirkuleer aan Landdroste: Ja / Nee Verslagwaardig: Ja / Nee Sirkuleer aan Regters: Ja / Nee IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (Noord-KaapseAfdeling) Saakno: K/S 3/04 Datum Gelewer: 26 / 04 / 2004 In

Nadere informatie

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE ARBEIDSVERHOUDINGE (I) WET OP ARBEIDSVERHOUDINGE No. 66 van 1995 (soos gewysig) - Vakbonde 22/27 Hierdie nuusbrief handel oor vakbonde en is in n Vraag en Antwoord formaat.

Nadere informatie

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II LEERUITKOMS 3 & 4 LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II LEERUITKOMS 3 & 4 LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR GRAAD 10: PROEFVRAESTEL EKSAMEN 2006 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II LEERUITKOMS 3 & 4 Tyd: 2 uur 100 punte LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR 1. Hierdie vraestel bestaan

Nadere informatie

Ons hoor graag wat jy dink van hierdie boek! Gaan na soek hierdie titel en kliek op resensies. Of praat saam op Facebook by

Ons hoor graag wat jy dink van hierdie boek! Gaan na  soek hierdie titel en kliek op resensies. Of praat saam op Facebook by Ons hoor graag wat jy dink van hierdie boek! Gaan na www.cumuitgewers.co.za, soek hierdie titel en kliek op resensies. Of praat saam op Facebook by ChristelikeBoekeSA. Inhoudsopgawe Voorwoord... 7 Inleiding...

Nadere informatie

Luister en praat. Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun?

Luister en praat. Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun? Luister en praat Naam: Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun? 3. Waaraan, dink jy, dink die kat? 4. Hoekom dink jy is daar ʼn slot aan

Nadere informatie

Sakkie Parsons E-Pos Bediening

Sakkie Parsons E-Pos Bediening Sakkie Parsons E-Pos Bediening E-pos: sparsons@absamail.co.za Webtuiste: www.sakkieparsons.co.za Sel: 082-568 2704/Tel: 012 543 3669 Ons Here se Heilige volk. Iemand skryf aan my en vra as volg en ek plaas

Nadere informatie

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5) God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5) Wie is Jesus? Wie is Jesus vir die mense...? Godsdienste Boeddhisme Islam Judaïsme Hinduïsme New Age Wat sê die Woord van God? Joh 8:12-30

Nadere informatie

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak. Vals beeld van God: Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak. Ware beeld van God: God se beloftes word vervul in Jesus. Ons kan

Nadere informatie

Appellant THEMBILE JAMA. Respondent DIE STAAT

Appellant THEMBILE JAMA. Respondent DIE STAAT THEMBILE JAMA Appellant en DIE STAAT Respondent IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPELAFDELING) In die saak tussen: THEMBILE JAMA Appellant en DIE STAAT Respondent Coram: HEFER, AR, NICHOLAS et BOSHOFF,

Nadere informatie

KONSTITUSIE. Van die. Hoedspruit Plaaswag. ( die Plaaswag )

KONSTITUSIE. Van die. Hoedspruit Plaaswag. ( die Plaaswag ) KONSTITUSIE Van die Hoedspruit Plaaswag ( die Plaaswag ) Aangesien die aanvanklike lede ondervermeld die plaaswag as n Vrywillige Assosiasie wil stig op voorwaardes hiervan: en Aangesien die Aanvanklike

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 FEBRUARIE/MAART 2012

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 FEBRUARIE/MAART 2012 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 FEBRUARIE/MAART 2012 PUNTE: 100 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye. Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 2 DBE/Feb.

Nadere informatie

HELPHETTA VERSLAG JULIE 2018

HELPHETTA VERSLAG JULIE 2018 HELPHETTA VERSLAG JULIE 2018 Inhoud WAT IS DIE #HELPHETTA-PROJEK?... 3 DOEL VAN DIE NAVORSING... 3 BEVINDINGE... 3 Demografie van meisies... 3 Ingesteldheid van meisies teenoor hulle siklus... 6 Die #HelpHetta-projek...

Nadere informatie

Jona en die Groot Vis

Jona en die Groot Vis Bybel vir Kinders bied aan Jona en die Groot Vis Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

ARBEIDSREG ABR214. T:

ARBEIDSREG ABR214. T: ARBEIDSREG ABR214 Lesing 13 Die Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes 130 van 1993 Hoofstuk 6 (par 6.1-6.8) in Du Plessis & Fouche Praktiese Gids tot die Arbeidsreg LexisNexis Butterworths:

Nadere informatie

Jakkals lê eendag heerlik en

Jakkals lê eendag heerlik en Leesbegrip Naam: Jakkals en Hettie die heuningvoëltjie Jakkals lê eendag heerlik en slaap onder ʼn koelteboom toe hy skielik die geflap van vlerke hoor. Dit is Hettie, die heuningvoëltjie. Sy druk haar

Nadere informatie

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL Votum en seën Psalm 118 : 2 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 4 : 3 Gebed Skriflesing: Johannes 19:17-27 (AV 1933/53) Teks: Johannes 19:26-27

Nadere informatie

Letterlike en figuurlike taalgebruik

Letterlike en figuurlike taalgebruik Letterlike en figuurlike taalgebruik Naam: Letterlik: Woorde funksioneer presies soos dit beskryf word. Die motor is blou. Hy vang die sokkerbal. Figuurlik: Hier moet jy uitvind wat dit beteken. Dit is

Nadere informatie

Lewensoriëntering Vraestel 12 Graad 6 Totaal: 35

Lewensoriëntering Vraestel 12 Graad 6 Totaal: 35 Lewensoriëntering Vraestel 12 Graad 6 Totaal: 35 Vraag 1 GROEPSDRUK Vul die ontbrekende woorde in. 1. Hierdie scenario is n voorbeeld van en groepsdruk vind hoofsaaklik plaas tussen mense van dieselfde

Nadere informatie