IN DIE HOOGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) Datum: 24/5/2006 In die aangeleentheid van Saaknommer 35953/03

Maat: px
Weergave met pagina beginnen:

Download "IN DIE HOOGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) Datum: 24/5/2006 In die aangeleentheid van Saaknommer 35953/03"

Transcriptie

1 fc IN DIE HOOGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA ONRAPORTEERBAAR (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) Datum: 24/5/2006 In die aangeleentheid van Saaknommer 35953/03 ALETTA MARIA BOTHA APPLIKANT EN LOUIS JOHANNES BOTHA RESPONDENT Koste geskil oor uitoefeing van toegangsregte kostebevel gemaak aansoek om verlof tot appèl teen die kostebevele van die hand gewys. Van Rooyen WnR [1] In September 2005 het ek in `n bestrede aansoek wat gegaan het oor die beheer en toesig van kinders `n bevel gemaak wat die geskil besleg het deur die oorspronklike bevel aan te pas by nuwe omstandighede. Ek moes ook drie bevele oor koste maak. Die Applikant, mev Botha, moes die koste van die 13 Januarie 2004-aansoek betaal, die Respondent moes die koste van `n Augustus 2005-uitstel betaal en elke party moes haar of sy eie koste betaal vir die dag waarop ek die aangeleentheid aangehoor het. Alhoewel die bevel verwys na 13 Januarie 2005, was die party dit eens dat die datum 2004 moes wees. Ek het die bevel reeds tevore gewysig. Die applikant doen aansoek om verlof tot appèl teen die drie kostebevele wat ek in September 2005 gemaak het: sy versoek dat die kostebevele van 13 Januarie 2004 en September 2005 teen die respondent moet gaan en dat die Augustus-bevel nie net op die gewone skaal moet wees nie, maar op die skaal van prokureur en kliënt.

2 2 [2] Die dispuut tussen die voormalige egpaar het gegaan oor die wysiging van `n egskeidingsbevel met betrekking tot die redelike toegang van die respondent tot die kinders. `n Tipiese kenmerk van die omvattende stukke is die felheid van die aantygings wat oor en weer gemaak is. Dit het sover gegaan dat die applikant selfs die respondent van seksuele misbruik van die dogtertjie beskuldig het en dat die respondent `n lastersaak teen haar aanhangig gemaak het. Ek het die oorspronklike bevel in September 2005 gewysig, nadat ek beslis het dat die aantygings oor seksuele misbruik teen die respondent deur die applikant op die stukke ongegrond was. [3] In 2006 het die applikant my genader om die kostebevel van 13 Januarie 2004 kragtens Reël 42 weer in oënskou te neem, aangesien applikant die indruk gedurende die aanhoor van die aangeleentheid gekry het dat ek van plan was om deurgaans elke party sy eie koste te laat betaal. Ek het beslis dat ek nòg kragtens Hofreël 42 nòg kragtens die gemene reg die bevel kon wysig. Ek is versoek om redes te gee vir die kostebevele en ek het dit by die weiering van die aansoek kragtens Reël 42 ingesluit. Ek het die bevel op 8 Februarie in die hof oorgedra. [4] Die aansoek om verlof tot appèl is twee dae laat geliasseer. Daar is aansoek gedoen om kondonasie van die laat aansoek. Die redes wat aangevoer is vir die toestaan van die kondonasie het neergekom op `n oorsig van wat gebeur het tussen September 2005 en 3 Maart 2006, toe die aansoek om verlof liasseer is. Applikant vermeld dat vergeefse pogings om die koste te skik aangewend is en dat sy nie oor die nodige fondse beskik het vir verdere litigasie nie. Ek is van mening dat die applikant `n afdoende saak uitgemaak het vir die laat-liassering van die aansoek om verlof en ek verleen dus kondonasie

3 3 daarvoor. Tot voordeel van die applikant aanvaar ek dat die relevante termyn vir die aansoek om verlof vanaf 8 Februarie 2006 moet loop. [5] Voor ek die meriete van die aansoek verder ondersoek, is dit nodig om te verwys na opmerkings wat ek gemaak het in die Reël 42-aansoek. Ek het gemeld dat indien ek de novo sou kon kyk na die bevele ek elke party sou beveel het om sy of haar eie koste te betaal in elk van die drie gevalle. Ek het sover gegaan om selfs te meld dat ek by nabetragting `n mistasting begaan het: ek het gedink dat ek die koste gelyk op verdeel deur die bevele te maak wat ek gemaak het. My mikpunt was klaarblyklik om die heftige strydbyl tussen die partye tot rus te bring en, ter wille van die kinders, nie die stryd nog verder aan te blaas deur kostebevele nie. Dat ek nie daarin geslaag het nie, blyk uit die feit dat die stryd klaarblyklik nog in felheid voortduur. [4] Die vraag is of daar `n redelike vooruitsig is op sukses op appèl ten aansien van die bevele wat ek gemaak het. Sien Zweni v Minister of Law and Order 1993(1) SA 523(A) op 531E. [5] Me Ferreira, wat vir die applikant opgetree het, het op my vraag hieroor, geargumenteer dat my verwysing na `n mistasting, in hierdie omstandighede, nie die finale toets is nie. Dis `n blote opmerking oor wat ek, by nabetragting, gedink het oor die bevele. Die vraag is of ek bevele gemaak het wat objektief geregverdig was. Die huidige vraag is, in elk geval, of daar objektief gesproke, in die lig van al die feite, `n redelike vooruitsig van sukses op appèl bestaan. Ek neem hier in ag dat daar nie geredelik op appèl ingemeng word met kostebevele nie.

4 4 [6] Ek het weer die stukke gelees. Eerstens die 13 Januarie-aansoek. Die respondent was ongelukkig met die samewerking van die applikant ten aansien van sy reg tot toegang. Die enigste basis waarop hy toegang sou kon kry was die volgende klousule in die egskeidingsbevel: Die reg om die minderjarige kind per vooraf reëling met die eiseres te eniger tyd te besoek indien omstandighede dit toelaat, tot en met voormelde minderjarige kind die ouderdom van vyf jaar bereik. Na die kind vyfjarige ouderdom bereik, sou `n ander, meer toeskietlike reëling geld. Die partye het aanvaar dat die reg van toegang ten aansien van die seuntjie wat na die egskeiding gebore is, ook deur die klousule beheers sou word. Aanvanklik het die partye sonder probleme hierdie klousule toegepas. Hulle het selfs weer saam gewoon vir `n ruk. [7] Mettertyd het daar egter skerp verskille ontstaan oor hoe die toegang beheer sou word. Volgens die respondent het die applikant onredelik begin optree en het dit hom genoodsaak om groter duidelikheid oor die toegangsregte te verkry. Die aangeleentheid is op die spits gedryf deur omstandighede aan die einde van Op 19 Desember 2003 het die applikant die huidige aansoek aanhangig gemaak op `n dringende basis. Gepak met verslae van deskundiges het dit uiteindelik in September 2005 voor my gekom. [8] Aangesien die partye mekaar oor en weer heftig beskuldig was dit moeilik om te besluit wie se skuld eintlik gelei het tot die dringende aansoek aan die einde van Uit `n e-pos van 10 Oktober 2003 van die applikant aan die respondent (bl van die gepagineerde stukke) kan daar egter afgelei word dat applikant eise aan die respondent gestel het wat hom tereg omgekrap het. Sy verwys weer na optredes van hom wat haar benadeel het: soos om haar posisie in sy firma van vryskut na werknemer te verander,

5 5 met gevolglike verlies aan salaris. Die toon van die e-pos is duidelik onredelik. Die klousule in die egskeidingsbevel het op die oog af `n breë diskresie aan die applikant gegee wat dit, uit `n leke hoek, vatbaar gemaak het vir misbruik. Uit `n juridiese hoek sou die diskresie natuurlik redelik uitgeoefen moes word, maar in die praktyk is die klousule vatbaar vir misbruik deur leke. [9] Op die 13de Januarie 2004 het die partye, opvolgend tot die dringende aansoek van die respondent, `n ooreenkoms gesluit wat `n bevel van die Hof laat gemaak is (sien bl 271). Dit het `n inleidende klousule bevat dat die partye vir drie maande ouerbegeleiding moes ondergaan. Gedurende die periode sou die respondent die volgende toegangsregte tot die twee kinders geniet: (1) die reg om die kinders by hom te hê elke alternatiewe Saterdag vanaf 09:00 17:00; (2) die reg om die kinders by hom te hê elke alternatiewe Sondag vanaf 09:00 tot 17:00; (3) die toegangsregte sou daarop neerkom dat die respondent die kinders by hom sou hê elke alternatiewe naweek vir een dag. Sewe dae kennisgewing sou gegee moes word indien die voorgaande nie nagekom kon word nie. Redelike telefoniese kontak is ook toegelaat. Na drie maande sou die sielkundige dan `n verslag lewer en reëlings aanbveel. As enige van die partye nie saamstem nie, sou daardie party die Hof kon nader. Klaarblyklik was die saak nog nie opgelos nie en moes ek die geskil in September 2005 besleg. [10] Alhoewel die 13 Januarie 2004-bevel `n tydelike bevel was, blyk dit, ten spyte van wat Me Ferreira argumenteer het namens die applikant, dat die respondent tog `n verbetering in sy posisie bereik het. Die applikant se uitoefening van haar bevoegdheid was onbillik en het onsekerheid veroorsaak. Die hofbevel het sekerheid bewerkstellig ten gunste van die respondent; die vaagheid van die oorspronklike bevel is verwyder. Die

6 6 posisie van die respondent was in duidelike terme omskryf. Koste is oorgehou vir latere beslegting. In effek het die respondent `n meer voordelige bepaling van toegangsregte verkry wat die diskresie van die applikant uitgeskakel het. In die lig hiervan was dit geregverdig om `n kostebevel teen die applikant te maak. In effek het die applikant verloor en het die respondent sy posisie verbeter. Haar e-pos waarin sy duidelik haar magte uiteensit, was waarskynlik die hoof rede vir die aansoek en die respondent was geregtig om by die Hof oor haar onaanvaarbare benadering te kla. Al was sy hoe vies vir die respondent, was sy nie geregtig om haar bevoegdheid op die onbillike manier uit te oefen en/of te beskryf nie. Daar bestaan nie redelike vooruitsigte op sukses op appèl nie: die onbillike benadering van die applikant in die e-pos is beëindig deur `n duidelik omskrewe toegangsreg. [11] Vir sover dit die Agustus-bevel betref: die stryd is fel van beide kante gevoer en ek kan aan geen rede dink waarom die respondent op hierdie skaal koste sou moes betaal nie. Die respondent was wel die oorsaak van die uitstel, maar sy styl was nie onderskeibaar van die styl wat die applikant ook deurlopend aangewend het nie. Daar bestaan nie redelike vooruitsigte op sukses op appèl nie. [12] Vir sover dit die September-2005 kostebevel betref, was die respondent op die ou end suksesvol op die meriete. Die bewerings van seksuele misbruik is die nek ingeslaan en ek kon die toegangsregte so reël dat die respondent in `n meer voordelige posisie was as tevore. Die aanval en teenaanval was egter so omvangryk en heftig dat ek van oordeel was dat dit billik was om elke party sy eie koste te laat betaal. Dit sou die stryd net laat voort woed het om een van die partye die kostelas te laat dra. Dit sou ook nie in belang

7 7 van die kinders gewees het nie. Daar bestaan nie redelike vooruitsigte op sukses op appèl nie. Die aansoek om verlof tot appèl word van die hand gewys. Geen kostebevel word gemaak nie. JCW van Rooyen.. 24 Mei 2006 Waarnemende Regter Vir die applikant : adv Reani Ferreira Die respondent het sy eie saak behartig.

UITSPRAAK. [1] In hierdie uitspraak sal die partye na verwys word soos in konvensie in die hoofaksie.

UITSPRAAK. [1] In hierdie uitspraak sal die partye na verwys word soos in konvensie in die hoofaksie. IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD GAUTENG AFDELING) SAAKNR.: 19357/2010 DATUM: 03/09/2010 In die saak tussen L, A Applikant en L, A M Respondent In re: Saaknr. 24167/2006 L, A Eiseres en L, A

Nadere informatie

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA In die saak tussen:- VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA Aansoeknommer : 4511/09 JAN-NEL DU PLESSIS CHRISTINA MAGDALENA DU PLESSIS Eerste Applikant Tweede Applikant en CHANGING TIDES

Nadere informatie

ANNA HENDRINA MYBURGH

ANNA HENDRINA MYBURGH IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING) In die saak tussen:- Saak Nr. : 4525/2008 MARIUS JACOBS Applikant en JOHAN FREDERICK MARITZ MARIA SUSANNA MARITZ ANNA HENDRINA

Nadere informatie

DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL

DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL Saak No 622/95 DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL In die saak tussen: CHRISTIAAN WILLEM BROODRYK APPELLANT en BOSCHHOEK MEULE BK RESPONDENT VOOR: HEFER, F H GROSSKOPF, HARMS, SCOTT ARR en STREICHER WndAR DATUM

Nadere informatie

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (NOORD KAAPSE AFDELING)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (NOORD KAAPSE AFDELING) IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (NOORD KAAPSE AFDELING) KIMBERLEY SAAK NO.: 1459/05 DATUM AANGEHOOR: 17 3 2006 DATUM GELEWER: 02 06 2006 In die saak tussen: GWK BEPERK Eiser teen HENDRIK HERMANUS

Nadere informatie

DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL VAN SUID-AFRIKA

DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL VAN SUID-AFRIKA Rapporteerbaar DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL VAN SUID-AFRIKA Saaknommer: 657/98 Insake die appèl van GF WESSELS NO Appellant en CJ DE JAGER NO JF PEYPER NO 1ste Respondent 2de Respondent HOF: Van Heerden WndHR,

Nadere informatie

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) SAAKNOMMER: 52629/2007 31 OCTOBER 2008 In die saak tussen: ETLO MOTORS CC h/a AUTO TRADERS APPLIKANT EN ABSA BANK BEPERK RESPONDENT

Nadere informatie

CILLIé R et VOGES WR. [1] Die verhoor van hierdie beskuldigde het in die landdroshof te. Sasolburg n aanvang geneem op 11 November 2002.

CILLIé R et VOGES WR. [1] Die verhoor van hierdie beskuldigde het in die landdroshof te. Sasolburg n aanvang geneem op 11 November 2002. IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (ORANJE-VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING) Hersieningsnommer : SR29/2004 In die Spesiale Hersiening van: DIE STAAT versus PHILLEHA TABOHO MOKOENA CORAM: CILLIé R et VOGES

Nadere informatie

[1] Hierdie is n aansoek vir die voorlopige likwidasie van die. respondent nie in staat is om sy skulde te betaal nie.

[1] Hierdie is n aansoek vir die voorlopige likwidasie van die. respondent nie in staat is om sy skulde te betaal nie. IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING) In die aansoek van: Aansoek Nr. : 1251/2006 INTERCOMP 24 (EDMS) BEPERK Applikant en HENQUE 2544 BK h/a KESTELL VERVOER Respondent

Nadere informatie

Ingevolge artikel 185 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 55 van 1995, het elke werknemer die reg om nie onbillik ontslaan te word nie.

Ingevolge artikel 185 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 55 van 1995, het elke werknemer die reg om nie onbillik ontslaan te word nie. Beëindiging van ʼn vastetermyndienskontrak 1 Uit FEDSAS se omgewingsontleding van ledeskole blyk dat 28% van opvoeders en 52% van nie-opvoeders deur die beheerliggaam aangestel word. ʼn Groot persentasie

Nadere informatie

[1] Die beskuldigde is aanvanklik op 29/08/2005 deur die. landdros, Botshabelo skuldig bevind aan huisbraak met die

[1] Die beskuldigde is aanvanklik op 29/08/2005 deur die. landdros, Botshabelo skuldig bevind aan huisbraak met die IN DIE HOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (ORANJE VRYSTAAT PROVINSIAL AFDELING) In die saak tussen: DIE STAAT en Hersiening Nr: 98/2006 PAKISHO JOHN MOTAUNG CORAM: C.J. MUSI, J et MATHEBULA, AJ UITSPRAAK: C.J.

Nadere informatie

MALHERBE RP et VAN COPPENHAGEN R VAN COPPENHAGEN R. [1] Die appellant n 46 jarige man het in die Landdroshof

MALHERBE RP et VAN COPPENHAGEN R VAN COPPENHAGEN R. [1] Die appellant n 46 jarige man het in die Landdroshof IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING) Appèl Nr.: A198/2003 PHILLIP MAKASE KHOASE Appellant en DIE STAAT Respondent AANGEHOOR OP: 11 APRIL 2005 CORAM: MALHERBE RP

Nadere informatie

REDES VIR BEVEL GELEWER OP 28\10\2005

REDES VIR BEVEL GELEWER OP 28\10\2005 Verslagwaardig: Ja / Nee Sirkuleer aan Regters: Ja / Nee Sirkuleer aan Landdroste: Ja / Nee IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (Noord Kaapse Afdeling) Datum Verhoor: 2005\10\28 Saaknommer: 209\05 In

Nadere informatie

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. APPèLAFDELING

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. APPèLAFDELING SAMSON RADEBE MATTHEWS MOLOLEKO EERSTE APPELLANT TWEEDE APPELLANT en DIE STAAT RESPONDENT IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPèLAFDELING In die saak tussen SAMSON RADEBE MATTHEWS MOLOLEKO EERSTE APPELLANT

Nadere informatie

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra SKRIFLESING: Romeine 12:1-8 TEKS: Romeine 12:1-2 HK 49 TEMA: Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra Psalm 103 : 10, 11 Skrifberyming 28 (10-1) : 1, 2 Psalm 119 : 11 Skrifberyming 78 (13-3)

Nadere informatie

IN DIE HOË HOF VAN SUID AFRIKA GAUTENG AFDELING, PRETORIA

IN DIE HOË HOF VAN SUID AFRIKA GAUTENG AFDELING, PRETORIA 1 SAFLII Note: Certain personal/private details of parties or witnesses have been redacted from this document in compliance with the law and SAFLII Policy IN DIE HOË HOF VAN SUID AFRIKA GAUTENG AFDELING,

Nadere informatie

IN DIE HOË HOF VAN SUID-AFRIKA VRYSTAATSE AFDELING, BLOEMFONTEIN SKILLFULL 54 (EDMS) BEPERK JOHANNES WAGENAAR HUMAN N.O.

IN DIE HOË HOF VAN SUID-AFRIKA VRYSTAATSE AFDELING, BLOEMFONTEIN SKILLFULL 54 (EDMS) BEPERK JOHANNES WAGENAAR HUMAN N.O. IN DIE HOË HOF VAN SUID-AFRIKA VRYSTAATSE AFDELING, BLOEMFONTEIN In die aansoek tussen:- Saaknr. : 5107/2013 SKILLFULL 54 (EDMS) BEPERK Applikant en JOHANNES WAGENAAR HUMAN N.O. Respondent AANGEHOOR OP:

Nadere informatie

Kom ons kyk nou gou net na die getalle van nul to by 999 en selfs groter, as n hersiening van plekwaardes. Bewerkings met telgetalle

Kom ons kyk nou gou net na die getalle van nul to by 999 en selfs groter, as n hersiening van plekwaardes. Bewerkings met telgetalle Van die vroegste tye wat mense kon praat en nodig gehad het om te kan tel, het hulle Natuurlike Getalle gebruik. Dit maak sin, want hulle kon 3 rotse of 5 koeie sien maar hulle het geen begrip gehad vir

Nadere informatie

UITSPRAAKOPHERSIENING

UITSPRAAKOPHERSIENING Sirkuleer aan Landdroste: Ja / Nee Verslagwaardig: Ja / Nee Sirkuleer aan Regters: Ja / Nee IN DIE HOOGGEREGSHOFVANSUID-AFRIKA (Noord-KaapseAfdeling) Saaknr: 808/02 Datum gelewer: 2003-02-05 Hersieningsnr:

Nadere informatie

VAN COPPENHAGEN R. 1. Respondent het as prokureur gepraktiseer tot 5 Augustus 1999 op welke

VAN COPPENHAGEN R. 1. Respondent het as prokureur gepraktiseer tot 5 Augustus 1999 op welke IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING) Saak No : 510/2003 In die saak tussen: PROKUREURSORDE VAN DIE VRYSTAAT Applikant En PIETER JACOBUS BRITZ Respondent CORAM:

Nadere informatie

UITSPRAAK. IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (Noord-Kaapse Hoë hof, Kimberley) Saak No: CA&R 23/2010 Saak Aangehoor: 24/05/2010 Datum gelewer: 28/05/2010

UITSPRAAK. IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (Noord-Kaapse Hoë hof, Kimberley) Saak No: CA&R 23/2010 Saak Aangehoor: 24/05/2010 Datum gelewer: 28/05/2010 ---------Rapporteerbaar: Ja / Nee Sirkuleer onder Regters: Ja / Nee Sirkuleer onder Landdroste: Ja / Nee Sirkuleer onder Streeklanddroste: Ja / Nee IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (Noord-Kaapse Hoë hof,

Nadere informatie

HARMONY GOLD MINING COMPANY BPK. CORAM: MUSI, CJ, R et MURRAY, H, Wnd R. [1] Die Appellant appèlleer teen die geheel van die uitspraak van

HARMONY GOLD MINING COMPANY BPK. CORAM: MUSI, CJ, R et MURRAY, H, Wnd R. [1] Die Appellant appèlleer teen die geheel van die uitspraak van /vv VRYSTAATSE HOë HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA Appél nr.: A322/2011 Landdroshof saak nr.: 2390/2011 In die appél van: HARMONY GOLD MINING COMPANY BPK Appellant en NDOESELE ESAU XUMA Respondent

Nadere informatie

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

DIE VLEUELS VAN GEBED (9) DIE VLEUELS VAN GEBED (9) DIE VLEUELS VAN GEBED (9) Jan van der Watt Dankie Here! Dankie sê is om jou skuld te betaal. In die tyd van die Bybel was dankie sê iets anders as vandag. Vandag is dankie n woord

Nadere informatie

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE ARBEIDSVERHOUDINGE (I) WET OP ARBEIDSVERHOUDINGE No. 66 van 1995 (soos gewysig) - Vakbonde 22/27 Hierdie nuusbrief handel oor vakbonde en is in n Vraag en Antwoord formaat.

Nadere informatie

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp. SKRIFLESING: Johannes 18:28-40 TEKS: TEMA: INHOUD: Johannes 18:37-38b Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp. Die waarheid verwerp Psalm 105 : 2, 3 Psalm 73 : 12 Skrifberyming 18 (17-2)

Nadere informatie

NASIONALE BEDINGINGSRAAD VIR DIE CHEMIESE NYWERHEID CEBONE COLLETTE DE BEER WISE WINDSCREEN REPAIRS BK TOEKENNING

NASIONALE BEDINGINGSRAAD VIR DIE CHEMIESE NYWERHEID CEBONE COLLETTE DE BEER WISE WINDSCREEN REPAIRS BK TOEKENNING NASIONALE BEDINGINGSRAAD VIR DIE CHEMIESE NYWERHEID VERWYSINGSNOMMER: GPCHEM 2121 VERHOORDATUM: 2005/11/28 In die arbitrasie tussen: CEBONE COLLETTE DE BEER Applikant en WISE WINDSCREEN REPAIRS BK Respondent

Nadere informatie

Dokumentnommer: HUUROOREENKOMS

Dokumentnommer: HUUROOREENKOMS Dokumentnommer: HUUROOREENKOMS - 1 - HIERDIE OOREENKOMS is opgestel en aangegaan deur en tussen (naam van verhuurder) (hierna die VERHUURDER genoem), wie se adres soos volg is: EN (naam van huurder) HUURDER

Nadere informatie

Dokumentnommer: HUUROOREENKOMS

Dokumentnommer: HUUROOREENKOMS emcon Dokumentnommer: HUUROOREENKOMS - 1 - HIERDIE OOREENKOMS opgestel en aangegaan deur en tussen Naam van Verhuurder Hierna die VERHUURDER genoem wie se adres die volgende is: EN Naam van Huurder 1.

Nadere informatie

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II LEERUITKOMS 3 & 4 LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II LEERUITKOMS 3 & 4 LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR GRAAD 10: PROEFVRAESTEL EKSAMEN 2006 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II LEERUITKOMS 3 & 4 Tyd: 2 uur 100 punte LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR 1. Hierdie vraestel bestaan

Nadere informatie

Watter koek se dele lyk vir jou die grootste? Dis Reg! Die koek wat in 3 dele gesny is se dele is groter as die koek wat in 4 dele gesny is.

Watter koek se dele lyk vir jou die grootste? Dis Reg! Die koek wat in 3 dele gesny is se dele is groter as die koek wat in 4 dele gesny is. Hoe om breuke met mekaar te vergelyk Jou ma het sjokoladekoeke gebak. Sy het een in gelyke dele verdeel en die ander in gelyke dele. Jy wil graag die grootste stuk koek hê, maar weet nou nie van watter

Nadere informatie

MALHERBE RP. Eiseres vorder skadevergoeding in haar persoonlike hoedanigheid. as moeder en natuurlike voog van haar minderjarige seun, Stefan

MALHERBE RP. Eiseres vorder skadevergoeding in haar persoonlike hoedanigheid. as moeder en natuurlike voog van haar minderjarige seun, Stefan (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING) Saak Nr. : 5957/2005 In die saak tussen: LOUISA JUSTINE WARD Eiseres en DIE PADONGELUKKEFONDS Verweerder CORAM: MALHERBE RP AANGEHOOR OP: 13 EN 14 MAART 2007 UITSPRAAK

Nadere informatie

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies?

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies? VERGELYK en RANGSKIK GETALLE Om vergelykings te tref tussen verskillende dinge is n vaardigheid waarmee ons almal gebore word. Dit begin vroeg-vroeg al wanneer ons verskillende tipes speelgoed met mekaar

Nadere informatie

Eerste applikant. Tweede applikant. Derde applikant. Vierde applikant. Vyfde applikant. Eerste respondent. Tweede respondent.

Eerste applikant. Tweede applikant. Derde applikant. Vierde applikant. Vyfde applikant. Eerste respondent. Tweede respondent. In die saak tussen: SAAK NO. 3 8444/08 INYANGA TRADING 472 (EDMS) BPK CARL BUCHNER VOS N O CORNELIUS JOHANNES VOS N O CARL BUCHNER VOS CORNELIUS JOHANNES VOS Eerste applikant Tweede applikant Derde applikant

Nadere informatie

GRONDWET. Centurion Kunsvereniging (hierna genoem die Kunsvereniging) Die naam van die Kunsvereniging sal wees CENTURION KUNSVERENIGING.

GRONDWET. Centurion Kunsvereniging (hierna genoem die Kunsvereniging) Die naam van die Kunsvereniging sal wees CENTURION KUNSVERENIGING. GRONDWET Centurion Kunsvereniging (hierna genoem die Kunsvereniging) 1. NAAM Die naam van die Kunsvereniging sal wees CENTURION KUNSVERENIGING. 2. JURISDIKSIE Die area van jurisdiksie van hierdie Kunsvereniging

Nadere informatie

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA 70/85. (APPèLAFDELING) In die saak tussen: CILLIé, HOEXTER et VAN HEERDEN, ARR. Verhoor: 24 Mei 1985

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA 70/85. (APPèLAFDELING) In die saak tussen: CILLIé, HOEXTER et VAN HEERDEN, ARR. Verhoor: 24 Mei 1985 IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA 70/85 (APPèLAFDELING) In die saak tussen: ELIJAH MOLOANTOA Appellant EN DIE STAAT Respondent Coram: CILLIé, HOEXTER et VAN HEERDEN, ARR Verhoor: 24 Mei 1985 Gelewer:

Nadere informatie

IN DIE HOe HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD GAUTENG HOe HOF, PRETORIA)

IN DIE HOe HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD GAUTENG HOe HOF, PRETORIA) 12 OCTOBER 2010 NOT REPORTABLE IN DIE HOe HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD GAUTENG HOe HOF, PRETORIA) SAAK NO: 12431/2007 IN DIE SAAK TUSSEN: MAINROAD CENTURION 30068CC EN SEVEN FALLS TRADING 59 (PTY) LTD APPLIKANT

Nadere informatie

Karoo Meat of Origin Sertifiseringskema

Karoo Meat of Origin Sertifiseringskema Karoo Meat of Origin Sertifiseringskema Aansoekvorm vir die Sertifisering van Plase Voltooi en teken hierdie vorm asb. om aansoek te doen vir deelname aan die Karoo Meat of Origin Sertifiseringskema. Die

Nadere informatie

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk Doel van les: Voordat ons kan leer van ons nuwe identiteit in Christus, moet ons eers stil staan by wat Christus vir ons kom doen het. Vandag gaan ons gesels

Nadere informatie

AANVANG VAN N ONDERSOEK VAN BEWEERDE ONBEHOORLIKE GEDRAG

AANVANG VAN N ONDERSOEK VAN BEWEERDE ONBEHOORLIKE GEDRAG HERROEPING VAN DIE DISSIPLINÊRE REËLS INGESTEL INGEVOLGE DIE WET OP OPENBARE REKENMEESTERS EN OUDITEURS, 80 VAN 1991, EN AANVAARDING VAN NUWE DISSIPLINÊRE REËLS OP 7 JUNIE 2007 Nadat die Raad sy voorneme

Nadere informatie

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3 1 Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps. 116... Sb 33:1,3 1 Johannes 3 1Jn 3:1 Kyk wat n groot liefde die Vader aan ons bewys het,

Nadere informatie

eboeke word ontwikkel en gratis verskaf deur die

eboeke word ontwikkel en gratis verskaf deur die Ons praat baie van dinge wat in verhouding tot mekaar is, sonder om dit regtig agter te kom! As jy byvoorbeeld sê dat jy twee van die ses stukke van n pizza geëet het, het jy n verhouding beskryf: Die

Nadere informatie

Paulus kritiseer sy tyd se manier

Paulus kritiseer sy tyd se manier . Datum: 25 Mei 2011 Oorspronklike artikel in Beeld. Kyk ook: - Vrouens en Hoede ********** Paulus kritiseer sy tyd se manier Paulus beveel nie die vroue om aan hul mans onderdanig te wees nie, hy kritiseer

Nadere informatie

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA Sirkuleer aan Landdroste: Ja / Nee Verslagwaardig: Ja / Nee Sirkuleer aan Regters: Ja / Nee IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (Noord-Kaapse Afdeling) Saaknr: 919/2002 Datum gelewer: 2002-10-31 Hersieningsnr:

Nadere informatie

VRAE EN BESWARE WAT MENSE SOMS OOR DIE DOOP HET

VRAE EN BESWARE WAT MENSE SOMS OOR DIE DOOP HET VRAE EN BESWARE WAT MENSE SOMS OOR DIE DOOP HET! DIT STAAN NIE IN DIE BYBEL DAT KINDERS GEDOOP MOET WORD NIE. Dit is waar, daar staan nie êrens dat klein babatjies van gelowige ouers gedoop moet word nie.

Nadere informatie

DIENSKONTRAK MEMORANDUM VAN OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: hierin verteenwoordig deur behoorlik daartoe gemagtig (hierna die WERKGEWER genoem)

DIENSKONTRAK MEMORANDUM VAN OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: hierin verteenwoordig deur behoorlik daartoe gemagtig (hierna die WERKGEWER genoem) DIENSKONTRAK MEMORANDUM VAN OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: met adres te: hierin verteenwoordig deur behoorlik daartoe gemagtig (hierna die WERKGEWER genoem) EN met adres te: (hierna die WERKNEMER

Nadere informatie

DNK TRUST NASORG AANSOEKVORM 2017 n Aparte vorm moet vir elke kind voltooi word

DNK TRUST NASORG AANSOEKVORM 2017 n Aparte vorm moet vir elke kind voltooi word DNK TRUST NASORG AANSOEKVORM 2017 n Aparte vorm moet vir elke kind voltooi word GEBOORTEDATUM: GESLAG: LEERDERBESONDERHEDE GRAAD: HUISTAAL: FISIESE ADRES: VAN EN NAAM VAN MOEDER TELEFOON: BEROEP: SEL:

Nadere informatie

TYGERBERG SKOOLFONDS 2015

TYGERBERG SKOOLFONDS 2015 HOERSKOOL TYGERBERG In belang van die kind Geagte Oue(s) 5 Novembet 2014 SKOOLFONDS 2015 Die skoolfonds vir 2015 is tydens die onlangse begrotingsvergadering gehou op 30 Oktober 2014 deur die meerderheid

Nadere informatie

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels... 1 0:01:50-0:03:50 Gnomeo en Juliet se storie begin met twee families, rooi en blou wat nie van mekaar hou nie. Hulle noem die ander familie nooit op hul name nie, maar slegs rooies of bloues. Hierdie word

Nadere informatie

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (NOORD GAUTENG HOOGGEREGSHOF) Saak nommer: 21591/2008 Datum: 8 November 2010 HAAL DEUR WAT NIE VAN TOEPASSING IS NIE (1) RAPPORTEERBAAR: JA/NEE (2) VAN BELANG VIR ANDER

Nadere informatie

HOËRSKOOL OOS-MOOT OOS-MOOT RAAD GEDRAGSKODE

HOËRSKOOL OOS-MOOT OOS-MOOT RAAD GEDRAGSKODE HOËRSKOOL OOS-MOOT OOS-MOOT RAAD GEDRAGSKODE INHOUDSOPGAWE 1. INLEIDING 2. OORTREDING VAN DIE GEDRAGSKODE DEUR OMR-LEDE 2.1 Ernstige oortredings 2.2 Tugstappe 2.3 Minder ernstige oortredings 2.4 OMR-Tugkomitee

Nadere informatie

Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)?

Wat beteken Christus is die einde van die wet (Romeine 10:4)? Les 11 vir 16 Desember 2017 Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)? Christus is die doel of die eindebestemming van die wet. Christus is die vervulling van die wet. Christus is

Nadere informatie

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13 1 Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13 Het jy dalk enige afgode of in jou huis? Miskien weet jy nie dat jy het nie, en dit is dalk die rede vir die konflik in jou huwelik, of dat jou kind

Nadere informatie

SPESIALE INTERIM HS 21 & 22 HSAG NUUSBRIEF: NOVEMBER 2018

SPESIALE INTERIM HS 21 & 22 HSAG NUUSBRIEF: NOVEMBER 2018 *ENGLISH TEXT BELOW* SPESIALE INTERIM HS 21 & 22 HSAG NUUSBRIEF: NOVEMBER 2018 Geagte HSAG-belegger / Mnr. / Mev. / Mej. [Customer Name] Hierdie Kennisgewing word aan u gerig as lid van die Hoëveld Sindikasie

Nadere informatie

REGLEMENT VAN DIE ADMINISTRATIEWE PERSONEELVERENIGING

REGLEMENT VAN DIE ADMINISTRATIEWE PERSONEELVERENIGING REGLEMENT VAN DIE ADMINISTRATIEWE PERSONEELVERENIGING 1. NAAM Die naam van die vereniging is die Administratiewe Personeelvereniging (hierna genoem "die Vereniging") van die Universiteit van Stellenbosch

Nadere informatie

DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING. Land & Landbou Ontwikkelingsbank van S.A. In die saak tussen: h/a Die landbank

DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING. Land & Landbou Ontwikkelingsbank van S.A. In die saak tussen: h/a Die landbank DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING Datum aangehoor: 31/05/2007 Saaknommer: 18328/02 Datum van uitspraak: 03/08/2007 ONRAPORTEERBAAR Land & Landbou Ontwikkelingsbank van

Nadere informatie

Tema van die dag is ons bekommernisse, en wat om daarmee te maak.

Tema van die dag is ons bekommernisse, en wat om daarmee te maak. Psalm 55 Werp jou bekommernis op die Here Tema van die dag is ons bekommernisse, en wat om daarmee te maak. Ons is hier as gelowiges om ons roeping uit te leef deurdat ons meewerk dat die Koninkryk van

Nadere informatie

Briewe, posseëls en elektroniese pos

Briewe, posseëls en elektroniese pos moet oor die skepping heers en dit onderwerp (Gen. 1: 28). Die mens ontvang van God die opdrag om die moontlikhede van die skepping te ontgin. Daarom moet ons die skepping probeer verstaan en dit bestuur.

Nadere informatie

Jesaja sien die Toekoms

Jesaja sien die Toekoms Bybel vir Kinders bied aan Jesaja sien die Toekoms Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL Votum en seën Psalm 118 : 2 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 4 : 3 Gebed Skriflesing: Johannes 19:17-27 (AV 1933/53) Teks: Johannes 19:26-27

Nadere informatie

DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL VAN SUID-AFRIKA

DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL VAN SUID-AFRIKA SAAKNOMMER: 482/96 In die saak tussen: DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL VAN SUID-AFRIKA KLIPPIES NTEO Appellant en DIE STAAT Respondent CORAM: Van Heerden AHR, MaraisetStreicher ARR VERHOOR: 20 November 1997

Nadere informatie

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30 4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30 Tema Die goeie Herder hou al sy skape veilig in sy hand. Agtergrond en interpretasie Kyk weer na Agtergrond en interpretasie by Ontmoeting 1, asook na die aantekenings

Nadere informatie

GRONDWET VAN DIE HERMANUS HISTORIESE VERENIGING

GRONDWET VAN DIE HERMANUS HISTORIESE VERENIGING GRONDWET VAN DIE HERMANUS HISTORIESE VERENIGING 1. NAAM Die naam van die Vereniging is: Die Hermanus Historiese Vereniging, (hierna verwys as die Vereniging). 2. GEOGRAFIESE GEBIED Die gebied sal van Voëlklip

Nadere informatie

[1] Hierdie appèl is gerig teen die afwysing, met koste, van die appellant se. vorderings teen beide die eerste respondent en die tweede

[1] Hierdie appèl is gerig teen die afwysing, met koste, van die appellant se. vorderings teen beide die eerste respondent en die tweede IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING) Appèl Nr. : A220/2005 In die appèl tussen: PAX OIL VERKOPE CC Appellant en HARRINGTONS INGELYF JOHAN HEINRICH SCHöNKEN 1ste

Nadere informatie

INLIGTINGSDOKUMENT: HOE OM GRONDEISE TE HANTEER

INLIGTINGSDOKUMENT: HOE OM GRONDEISE TE HANTEER INLIGTINGSDOKUMENT: HOE OM GRONDEISE TE HANTEER Daar is twee tipes eise wat teen grond ingestel kan word, naamlik n restitusie-eis of n huurarbeider-eis. Huurarbeider-eise is grootliks beperk tot twee

Nadere informatie

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê.

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê. MATTEUS 21:29 HK 49 Votum Seën Psalm 40 : 2 Gebed Psalm 40 : 4 Skriflesing: Matteus 21:23-32 (AV 1933/53) Belydenis: HK 49 Teks: Matteus 21:29 (AV 1933/53) Preek: Jesus leer ons bid vir berou en bekering

Nadere informatie

Wie in die Here glo, vertrou Hom met die bestemming.

Wie in die Here glo, vertrou Hom met die bestemming. SKRIFLESING: Hebreërs 11:8-19 TEKS: Hebreërs 11:8 TEMA: Wie in die Here glo, vertrou Hom met die bestemming. Psalm 84 : 3, 4 Skrifberyming 28 (10-1) : 2, 3 Psalm 1 : 4 Psalm 37 : 2, 23 Skrifberyming 78

Nadere informatie

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. APPèLAFDELING

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. APPèLAFDELING IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPèLAFDELING In die saak tussen: MOSES NHLAPO Appellant EN DIE STAAT Respondent Coram: JOUBERT AR, CILLIé, et GALGUT, Wn ARR Verhoor: 6 September 1985 Gelewer: 13

Nadere informatie

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (NOORD KAAPSE AFDELING) KIMBERLEY SAAK NO.: 183/2005 DATUM: In die Hersieningsuitspraak van:

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (NOORD KAAPSE AFDELING) KIMBERLEY SAAK NO.: 183/2005 DATUM: In die Hersieningsuitspraak van: IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (NOORD KAAPSE AFDELING) KIMBERLEY SAAK NO.: 183/2005 DATUM: 14 10 2005 In die Hersieningsuitspraak van: DIE STAAT teen DAWID MIAS CORAM: WILLIAMS R U I T S P R A A

Nadere informatie

Saak nr 438/92 /MC IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPeLAFDELING) Tussen. GIDEON JOHANNES BOTHA Appellant. - en - DIE STAAT Respondenb

Saak nr 438/92 /MC IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPeLAFDELING) Tussen. GIDEON JOHANNES BOTHA Appellant. - en - DIE STAAT Respondenb Saak nr 438/92 /MC IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPeLAFDELING) Tussen GIDEON JOHANNES BOTHA Appellant - en - DIE STAAT Respondenb CORAM: VIVIER, EKSTEEN ARR et KRIEGLER Wnd AR. VERHOOR: 17 September

Nadere informatie

2. Die skepping van die mens

2. Die skepping van die mens 2. Die skepping van die mens Génesis 1: 26 en 2: 7-25 Die mens as beelddraer van God Die bestaan en doel van die mens rus in God se skepping. Alleen omdat die mens skepsel van God is, is hy ook beelddraer

Nadere informatie

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun SKRIFLESING: Johannes 1:1-18 TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13 TEMA: God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun Psalm 45 : 1, 2, 3 Psalm 72 : 6 Skrifberyming 33 (2-4) : 1 Skrifberyming 78 (13-3) 2 Dat ons kinders

Nadere informatie

Gemeenskap. Wat is n gemeenskap? n Gemeenskap het n hoof/hoof?

Gemeenskap. Wat is n gemeenskap? n Gemeenskap het n hoof/hoof? Gemeenskap Wat is n gemeenskap? Die woord gemeenskap dui n intieme verband tussen mense aan. Mense wat deel aan iets, maar dit wat hulle deel is baie besonders. Uit die Grieks is die woord vir gemeenskap

Nadere informatie

by die werk Mm, ek moet hierdie nuwe assistent n bietjie beter leer ken.

by die werk Mm, ek moet hierdie nuwe assistent n bietjie beter leer ken. Seksuele Teistering by die werk Dit was briljant van my om die nuwe assistent aan te stel, nê? Sy werk regtig hard. Ek is in my skik. Ek sou haar sommer net vir haar voorkoms aangestel het. Het jy daai

Nadere informatie

Pragtige Koningin Ester

Pragtige Koningin Ester Bybel vir Kinders bied aan Pragtige Koningin Ester Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Vertaal deur: Gert Badenhorst Aangepas deur: Ruth Klassen Storie 30 van 60 www.m1914.org Bible

Nadere informatie

Die horisontale as verteenwoordig die invoerveranderlike en die vertikale as die uitvoerveranderlike, en die twee asse sny by n gesamentlike nulpunt.

Die horisontale as verteenwoordig die invoerveranderlike en die vertikale as die uitvoerveranderlike, en die twee asse sny by n gesamentlike nulpunt. As jy na die volgende getal- masjien kyk: y = x +, sal jy sien wanneer ons verskillende waardes vir x invoer, ons elke keer n ander waarde sal hê vir y. Met ander woorde, gestel ons voer die volgende waardes

Nadere informatie

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING? WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING? Daar is geen chronologiese volgorde nie. Daar is egter wel n logiese volgorde. # 1 Bekering Bekering, Regverdigmaking, Wedergeboorte Aanneming, Heiligmaking......alles

Nadere informatie

ENKEL E BELANGRIKE REGTE VAN WERKNEM ERS. 1. Die werknemer se reg op vryheid van assosiasie.

ENKEL E BELANGRIKE REGTE VAN WERKNEM ERS. 1. Die werknemer se reg op vryheid van assosiasie. ENKEL E BELANGRIKE REGTE VAN WERKNEM ERS 1. Die werknemer se reg op vryheid van assosiasie. 1.1 Elke w erknemer het die reg op vryheid van assosiasie. 1 Hierdie basiese reg van w erknemers w ord bevestig

Nadere informatie

DISSIPLINERE KODE VIR STUDENTE DIE JOU SAKGIDS VIR:

DISSIPLINERE KODE VIR STUDENTE DIE JOU SAKGIDS VIR: JOU SAKGIDS VIR: DIE DISSIPLINERE KODE VIR STUDENTE Die Dissiplinêre Kode vir Studente verduidelik wat onaanvaarbare gedrag is, hoe dit aangespreek word en deur wie. Die Kode verseker dat ons die korrekte

Nadere informatie

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22 1 BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22 Die sekerheid dat jy 'n kind van God is, is nie die einde van die pad nie maar die begin daarvan. Nou word dit moontlik om as gelowiges te groei. Maar waarheen lei

Nadere informatie

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11)

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11) Les 14 vir 30 September 2017 Paulus se slotrede is eintlik 'n oproep tot die Galasiërs. Paulus was soos 'n herder wat vir sy kudde sorg. Hy wou die waarhede van die geloof in die Galasiërs se gedagtes

Nadere informatie

HOOFSTUK 8 Die Nasionale Raad

HOOFSTUK 8 Die Nasionale Raad 40 HOOFSTUK 8 Die Nasionale Raad Artikel 68 - Instelling Daar sal n Nasionale Raad wees wat die bevoegdhede en werksaamhede het soos in hierdie Grondwet uiteengesit is. Artikel 69 - Samestelling (1) Die

Nadere informatie

KONSTITUSIE VAN PRETORIA PAPEGAAI KLUB

KONSTITUSIE VAN PRETORIA PAPEGAAI KLUB KONSTITUSIE VAN PRETORIA PAPEGAAI KLUB 1. NAAM Die naam van die klub sal bekend wees as: Pretoria Papegaai Klub 2. Definisie Papegaai verwys na Psittaciformes dit is Alle spesies wat families van Cacatuidae

Nadere informatie

WRIGHT R et VAN DER MERWE R VAN DER MERWE R. [1] Die beskuldigde in hierdie hersieningsaak is op 26 Junie

WRIGHT R et VAN DER MERWE R VAN DER MERWE R. [1] Die beskuldigde in hierdie hersieningsaak is op 26 Junie IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING) Hersiening Nr. : 1579/2004 In die hersiening van: DIE STAAT versus MOSES SEGOBO CORAM: WRIGHT R et VAN DER MERWE R UITSPRAAK:

Nadere informatie

Nasionale Minimumloon: Wie, waar, hoekom en hoe?

Nasionale Minimumloon: Wie, waar, hoekom en hoe? Nasionale Minimumloon: Wie, waar, hoekom en hoe? Die Nasionale Minimumloon wetsontwerp, sowel as die NEDLAC ooreenkoms, blyk n groot bron van kommer te wees in die landbousektor. Hierdie dokument lig die

Nadere informatie

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48 OPENBARING 5:5 HK Sondag 48 Votum en seën Psalm 93 : 1, 4 Gebed Skriflesing: Openbaring 5 (AV 1933/53) Belydenis: HK 48 Teks: Openbaring 5:5 (AV 1933/53) Psalm 72 : 2 Preek: God sorg self vir die koms

Nadere informatie

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig INLEIDING In ons verduideliking van hoe ons Nagmaal vier, het ons gehoor dat God ons waardig maak om aan die hemelse spys en drank deel te hê. Dit beteken

Nadere informatie

Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees?

Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees? Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees? Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees? Kobus Kok ʼn Leser vra: Wat is die rol van God die Vader in die gelowige se lewe vandag? Wat is die rol van God

Nadere informatie

U het rég gehoor: dat u die HÉre daar gaan dien; want dis wat die Heilige Gees ons hier laat hoor, dat ook ons alledaagse werk godsdiens is.

U het rég gehoor: dat u die HÉre daar gaan dien; want dis wat die Heilige Gees ons hier laat hoor, dat ook ons alledaagse werk godsdiens is. SKRIFLESING: Kolossense 3:18 4:1 TEKS: Kolossense 3:23 TEMA: God se kinders dien HÅm in hulle werk. Psalm 84 : 1, 6 Psalm 139 : 1, 5 Psalm 104 : 8, 9, 14 Skrifberyming 45 (18-7) : 1, 10 2 Vir die meeste

Nadere informatie

Preek deur ds. Jaco van Sittert Vrydag, 14 April Skriflesing: Johannes 19:17-37 Van die eenkant na die anderkant van die kruis.

Preek deur ds. Jaco van Sittert Vrydag, 14 April Skriflesing: Johannes 19:17-37 Van die eenkant na die anderkant van die kruis. Vrydag, 14 April 2017 Skriflesing: Johannes 19:17-37 Tema: Van die eenkant na die anderkant van die kruis. Skriflesing Johannes 19:17-37 Jesus word gekruisig 17 Jesus het self sy kruis gedra en uitgegaan

Nadere informatie

SNIPPER-SNIP KLEUTERSKOOL EN CRÈCHE

SNIPPER-SNIP KLEUTERSKOOL EN CRÈCHE CK97/44692/23 SNIPPER-SNIP KLEUTERSKOOL EN CRÈCHE SNIPPER-SNIP KLEUTERSKOOL EN CRÈCHE Sandrastraat 585, Garsfontein x 11. Tel. 012 998 6679 E-pos: snipper@8tamail.com Carla van Zyl: 0833203390 en...(hierna

Nadere informatie

FAKTORE EN VEELVOUDE

FAKTORE EN VEELVOUDE FAKTORE EN VEELVOUDE Ons gaan nou na n paar stukkies teorie kyk in verband met Natuurlike- en Telgetalle. Voltooi: 3 X 1 = 3 X 2 = 3 X 3 = 3 X 4 = 3 X 5 = Ons sê dus dat 3, 6, 9, 12 en 15 VEELVOUDE is

Nadere informatie

Les 14: Entrepreneurskap

Les 14: Entrepreneurskap Les 14: Entrepreneurskap Aktiwiteit Beantwoord die volgende vrae deur die regte kolom te merk Altyd Gereeld Soms Nooit A Dryfkrag en motivering 1. Ek is nie seker wat ek van die lewe dink nie. 0 1 2 3

Nadere informatie

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees Doel van les: Vandag leer ons van die Vrugte van die Heilige Gees en hoe dit in ons lewens werk. INLEIDING: Sjoe, ons het nou al so baie van die Heilige Gees

Nadere informatie

1 JOHANNES 2: Votum en seën. Psalm 34 : 1, 4. Geloofsbelydenis: Nicea. Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 34 : 6. Gebed

1 JOHANNES 2: Votum en seën. Psalm 34 : 1, 4. Geloofsbelydenis: Nicea. Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 34 : 6. Gebed 1 JOHANNES 2:15-17 Votum en seën Psalm 34 : 1, 4 Geloofsbelydenis: Nicea Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 34 : 6 Gebed Skriflesing: 1 Johannes 2:3-17 (AV 1933/53) Teks: 1 Johannes 2:15-17 (AV 1933/53)

Nadere informatie

Sakkie Parsons E-Pos Bediening

Sakkie Parsons E-Pos Bediening Sakkie Parsons E-Pos Bediening E-pos: sparsons@absamail.co.za Webtuiste: www.sakkieparsons.co.za Sel: 082-568 2704/Tel: 012 543 3669 Ons Here se Heilige volk. Iemand skryf aan my en vra as volg en ek plaas

Nadere informatie

Ontmoeting 40. Welkom. Wyding. Woord. te maak, in vorms te giet en te laat droog word.)

Ontmoeting 40. Welkom. Wyding. Woord. te maak, in vorms te giet en te laat droog word.) Ontmoeting 40 Kinders kan vir grootmense van God vertel. Teks: 2 Konings 5; Jesaja 44:6 Hulpmiddels: Bordkryt om teen n muur of op die vloer te skryf (Of maak afwasbare kryt deur waspoeier met kleursel

Nadere informatie

JOHANNES 6:48 HK 28. Votum en seën. Psalm 100 : 1, 3. Gebed. Skrifberyming 54 (2-6) : 1. Skriflesing: Johannes 6:41-59 (AV 1983) Belydenis: HK 28

JOHANNES 6:48 HK 28. Votum en seën. Psalm 100 : 1, 3. Gebed. Skrifberyming 54 (2-6) : 1. Skriflesing: Johannes 6:41-59 (AV 1983) Belydenis: HK 28 JOHANNES 6:48 HK 28 Votum en seën Psalm 100 : 1, 3 Gebed Skrifberyming 54 (2-6) : 1 Skriflesing: Johannes 6:41-59 (AV 1983) Belydenis: HK 28 Teks: Johannes 6:48 (AV 1983) Preek: Christus is die Brood wat

Nadere informatie

Verloop van die kerkregtelike proses. Besluite van die Algemene Sinode: Selfdegeslag verhoudinge

Verloop van die kerkregtelike proses. Besluite van die Algemene Sinode: Selfdegeslag verhoudinge Verloop van die kerkregtelike proses Besluite van die Algemene Sinode: Selfdegeslag verhoudinge Oorsig Inleiding Kronologiese verloop van die proses Die opskorting van die uitvoering van die besluit Proses

Nadere informatie

KONSTITUSIE FICHARDTPARK WOONBUURT ASSOSIASIE 2 JUNIE 2010

KONSTITUSIE FICHARDTPARK WOONBUURT ASSOSIASIE 2 JUNIE 2010 KONSTITUSIE FICHARDTPARK WOONBUURT ASSOSIASIE 2 JUNIE 2010 1. NAAM Die naam van die Assosiasie is die FICHARDTPARK WOONBUURT ASSOSIASIE (hierna genoem die ASSOSIASIE) 2. DOELWITTE Die Assosiasie is nie-polities

Nadere informatie

IN DIE HOË HOF VAN SUID-AFRIKA (Noord-Kaapse Afdeling, Kimberley)

IN DIE HOË HOF VAN SUID-AFRIKA (Noord-Kaapse Afdeling, Kimberley) Verslagwaardig: Sirkuleer Aan Regters: Sirkuleer aan Streeklandroste Sirkuleer Aan Landdroste: JA / NEE JA / NEE JA / NEE JA / NEE IN DIE HOË HOF VAN SUID-AFRIKA (Noord-Kaapse Afdeling, Kimberley) Saakno:

Nadere informatie