Vleis-en-groentesop Bestandele: 20 ml olyfolie 200 g strepiespek, gekap 800 g beenlose stowe-beesvleis, in blokkies gekap 2 uie, gekap 3 knoffelhuisie

Vergelijkbare documenten
Etes. vir n maand. 30 maklike resepte

Voëlvlei waterblommetjie bredie...bl 3. Waterblommetjie fritters...bl 4. Skilferkorsdeeg met waterblomme...bl 5. Waterblom sop...

Biltong Muffins. Pampoen-en-Roomkaas Muffins

FYNPROEWERS KASSEROL. 700g dikrib, in 25mm blokkies gesny

Weeklikse inkopielys (Nie-vegetaries)

Seekos-Potjie. Rooibok Potjie. Souskluitjies in 'n Ysterpot. Wors-en-Niertjie Potjie

KOMKOMMERS VOL. die SPYSKAART. Deur Kobie van der Merwe

TUISRESEPTE. Familie-Fees Tuisbly-Dae Wedstryddag Kos Kuiertyd met Vriende. Tuisbraai. Heerlik. Inhoud 1 Vorentoe >

Resepte. Resep Week 11 / 2008 KASERIGE GEBRAAIDE HOENDER:

Lekker Boere Resepte.

INDEKS. Twee-vis kitsery. Pronto Seekospaella. Patatkoekies met gerookte snoek. Tradisionele Vis en Skyfies. Aartappel- en hoenderhappies

Inhoudsopgawe. Saam is ons beter 1. Begin só 13. Wenke en riglyne 51

Resepte Vir Vleis. Inhoud. Raap en skraap (dis nou my soort kos, dié)

Elmine du Toit. Dept Voeding en Dieetkunde

Visvingerpastei. Spek en eierpasteie

RESEPTE MET BILTONG 'n Versameling van heerlike resepte vir geregte met biltong en 'n paar handige wenke.

PAP EN WORS GEREG MET CHAKALAKA

4 Aartappels 5 Aspersies 6 Avokado 8 Beesstert 9 Beestong 11 Beet 13 Beskuit 14 Biefstuk 16 Blatjang 17 Blomkool 19 Bobotie 21 Boeliebief 23

POTJIEKOS - WENNERS. DIE POT

KRAAKVARS SOMER LEKKER MAKLIK. 12 heerlike, jou familie.

Jou Eie Resepte boek. C. Du Plessis

Resepte. Heerlik. 30-Minuut Maaltye. Voorbereiding van Varkvleis. Riglyne vir die Gaarmaak van Varkvleis INDEKS

80+TREFFERS EN TROOSKOS VIR DIE WINTER. BAK EN LÊ IN Hier s die soetste verleidings en flesse vol bêrekos

HEIN SE BONUS BURGER, PATTIES, MEATBALLS,FRIKKADELLE

DROE SPESERYE EN KRUIE:

ONTDEK DIE VOORBEREIDING VAN GROENTE OP 'N ANDER MANIER AS NET DIE GEWONE.

Peterjasie se Kampkosresepte

Allerlei

Boereworspastei (Bedien ses)

Peterjasie se Feesresepteversameling

INHOUDS OPGAWE. BRODE 18 Bruinbrood Dadelbrood Gemmerbrood Koringroerbrood. Bladsy 2. Lemoen en rosynebrood Piesangbrood Polenta brood Witbrood


Spyskaart 2015 & 2016

sal al die biltong in die eesrte witsous gooi. En die sous wat dan oor die pannekoek kom ekstra kaas insit.

VLAMBRAAIER GEBRUIKSAANWYSINGS

Let Wel :- Asyn kan na eie smaak in die plek van tamaryn gebruik word.

Nuusbrief Februarie 2016

Vadersdag TAFELELEMENTE. Tafellopers: blou, in die vorm van n dubbel-kruis gedek. Onderborde: leiklipteels. Servette: koperkleurige taf

GEMMERBIER RESEPTE 1

Bierbroodjie Dadelbrood Die allerlekkerste rosynebrood Doodvreet lepelskons Growwemeelbeskuit Heerlike witbrood Kaas-en-uiebrood Karringmelkbeskuit

CLOSTRIDIUM BOTULINUM

INHOUDSOPGAWE. Bladsy. Getoets deur Johan du Preez

FOOD LOVERS RECIPES Resepte Boekie Nommer 1. Waar Mense Lekker Kos Maak & Heerlik Saam Kuier

Ougat se resepte Peuselhappies

Koffie, thee met Wortel-appeltaart met lemoncurd. Goed gevulde bonensoep met bruin brood, boeren roomboter en/of pesto

INHOUDS OPGAWE BESKUIT TUISGEMAAK KONFYT BRODE KLEIN KOEKIES PIEKELS KOEKE DRANKIES HAPPIES BREDIES BLATJANG

ONTBYT 09:00-11:30 DRANKIES PLAATKOEKIE EN SPEK. R58 drie plaatkoekies gestapel met spek, piesang en esdoringstroop R64

RESEPTE BLADSY NAVRAE

Fudge 1 Blik kondensmelk (400g) 125g Margarien. Skuimpies (Meringues)

In n mengbak meng die aarbeie, blare, roket en camembert. Geur met swart peper, sout en balsamiese asyn.

Kosteberekening 8 voorstelle/wenke/ekstra inligting Vra leerders om hul sakrekenaars skool toe te bring sodat hul berekeninge in die klas kan doen. Kl

Soep van geroosterde pompoen

ONTBYT 09:00-11:30 DRANKIES PLAATKOEKIE EN SPEK. R52 drie plaatkoekies gestapel met spek, piesang en esdoringstroop R59

VRAESTEL I DAVID SE NUWE ROVER

66 Soet, Soutige & Sappige idees met Perskes, Pere & Appelkose. (uit 'n blik)

Logus Proefmenu Maart 2015

Kruie, speserye, smaakmiddels en geurmiddels

Gestoomde scholrolletjes

Piemonte. Antipasti Paprika s met bagna caoda Pollo Tonnato. Primo: Risotto met pompoen en kaassaus. Secondo: Gestoofde kip met paddestoelen

TUISGEMAAKTE BILTONG... KOULEKKER KOSWAARDE!

Werkblad 13 Tapas. Brood met makreelspread Ingrediënten (voor 4 personen) 50 gram makreelfilet 4 sprieten bieslook 1 eetlepel magere kwark citroensap

Bruine bonen soep met Hollandse keukenstroop

WegSleep. Navigasie. Jy is hier: Tuis» Kampkos» Brood» Deeglike bykos. Deeglike bykos.

'N UITTREKSEL UIT ROOI ROSE SE SPLINTERNUWE RESEPTEBOEK

3. Snij ondertussen de wortel, prei, en selderij klein en spoel deze schoon. 4. Prak het gehakt plat met een vork en kruid het gehakt met wat maggi.

Die Beter Eet Slimkoop GIDS

Logus Proefmenu December 2014

EG Kerk Kimberley. Lekkerbek

Vijgen met gorgonzola en dadels met serranoham en Parmezaanse kaas

TAAIPITPERSKEKONFYT ROOSBLAAR KONFYT TAAIPITPERSKEKONFYT

Menu Marokkaans. Zeebrasem met tomatenvulling Marokkaanse salade van gekookte aubergines. Soep met lamsvlees en linzen

Boursin-hapje met zalm

Ma Se Kookboek. Korse.

10min 45. Soep van geroosterde tomaten, rode paprika en knoflookcroutons. 4 personen. ProPoints waarde. voorbereiding. bereiding min.

Recepten half vast naar vast voedsel. Thaise kippensoep (4 personen)

10 Luxe Afslank Recepten

Schol is. Schol is lekker en gezond. Schol is smullen!

Kippenbouten met limoen en gebakken krieltjes

Koolhydraatrijke recepten werkt voor de zorg

Witloofsla. Ingrediënten 6 stronkjes witloof 2 eetlepels mayonaise scheutje natuurazijn peper zout

Ierland 26 april 2018 **** Garlic mushroom (champignons met knoflook) **** Cottage Pie ( ovenschotel van gehakt en aardappelpuree) ****

Mulligatawny. Voorgerecht. (cashew groentesoep ) Ingrediënten

Zaalouk Ingrediënten: 4 personen

Doe een flinke scheut olie in de pan en fruit de ui en wortel op laag vuur aan. Voeg ruim een halve liter water toe en zet het vuur hoger

Logus Proefmenu november 2015

Hapjes menu november 2011

NUUT OP DIE RAK. Beskikbaar by uitgesoekte winkels MAKLIKE RESEPTE. WILD Piet Warren se raad vir swartwitpense met langer horings

Warm notenontbijt Met Griekse yoghurt en honing

Baie Belangrik! (sonder eie suiker) knoffel, mushrooms en uie byvoeg. J Moet nie enige vorm van olie, botter of margarien gebruik nie.

Kip & zo. Index. Hete kip Kalkoenstoofschotel Kip in de hoed Kip met boursin Kip met perziken. Kipkerrie. Spitskoolschotel met satésaus

EXPERIENCE OUTSIDE-IN. Recept 1. Wat en hoe beweegt jouw doelgroep? Viskoekjes met spicy korianderdip - 20 personen

Bombe met gerookte zalm en mosterd-dillesaus.

1. Je schilt een kg kruimige aardappels en deze snijd je in kleine stukken.

Bospaddenstoelensoep met een twist

Salade met gerookte rib-eye geserveerd met Caponata. Ingrediënten;

Paasmenu April 2019 Velouté van gerookte paling **** Krieltjes in schil met gember Asperges met hollandaisesaus Lamskotelet **** Advocaat-ijstaart

Beenhamsalade met warme appeltjes en abrikozen.

Broccoli-pie met gorgonzola

10min. 14min. 30min. Salade van artisjokken met roodbaars en tuinkruiden. 2 personen. ProPoints waarde. voorbereiding. magnetron. rusten.

Ingrediënten 10 plakjes bladerdeeg, 2 friszoete stevige appels (bijv. Jazz, ) 1 ei, 2 el rietsuiker

Transcriptie:

1

Vleis-en-groentesop Bestandele: 20 ml olyfolie 200 g strepiespek, gekap 800 g beenlose stowe-beesvleis, in blokkies gekap 2 uie, gekap 3 knoffelhuisies, fyngedruk 2 liter beesvleisaftreksel 1 blik fyngekapte tamaties 5 ml gedroogte tiemie 5 ml fyngedrukte droë brandrissies 3 wortels, geskil en gekap 8 baba-aartappels, geskil 2 middelslag-soetpatats, geskil en in blokkies gesny 1 groen soetrissie, in blokkies gesny suurlemoen- of lemmetjiesap na smaak plaasbrood om voor te sit 1 Verhit die olyolie oor medium hitte. Braai die spek en beesvleis in die olie. Voeg die uie en knoffel by en roer dit vir n paar minute oor die hitte. 2 Gooi dan die aftreksel, tamatie, kruie en die brandrissie by en verhit tot kookpunt. Verlaag die hitte en laat die sop vir 1½ ure lank met die deksel op prut. 3 Voeg al die groente by en laat dit vir nog 40 minute lank prut of tot die vleis en groente sag is. Gooi n paar druppel suurlemoen- of lemmetjiesap by en geur na smaak met sout en varsgemaalde swartpeper. Sit voor saam met plaasbrood.

Dik beesstertsop Bestandele: 60 ml sonneblomolie 800 g beesstert 300 g beesskenkel, in blokkies gesny 2 uie, gekap 45 ml koekmeel 2 liter beesvleisaftreksel 6 lourierblare 10 ml gedroogde tiemie 3 knoffelhuisies, fyngedruk 10 ml suiker 500 ml rooi wyn 50 ml tamatiepasta 4 groot wortels, geskil en in groterige stukke gesny 6 selderystokkies, gekap 16 baba-aartappels, geskil en middeldeur gesny 60 ml vars gekapte pietersielie 5 ml gerasperde suurlemoenskil melba-roosterbrood vir voorsit 1 Verhit n groot swaarboomkastrol. Wanneer dit baie warm is, moet jy n bietjie sonneblom-olie ingooi en die vleis bietjiesbietjies oor hoë hitte braai tot bruin. Gooi, indien nodig, nog n bietjie olie by om te keer dat die vleis brand en aan die kastrol vassit. 2 Verlaag die hitte en verhit dan die res van die sonneblomolie. Soteer die uie tot goudbruin. Gooi die koekmeel by en roer tot die mengsel begin bruin word. Roer die beesvleisaftreksel by, gooi die vleis terug in die kastrol en voeg dan die lourierblare, tiemie, knoffel, suiker, rooi wyn, tamatiepasta en die helfte van die wortels en seldery by. Verhit tot kookpunt, verlaag die hitte, sit die deksel op en laat dit vir vier uur prut. Haal die kastrol van die plaat af en laat eenkant afkoel. Sit dit oornag in die yskas. 3 Skep die volgende dag die gestolde vet van die sop af en gooi dit weg. Verhit die sop en gooi die res van die wortels en seldery asook die aartappels by. Verhit die sop

2

3

Lam-en-lensiesop Bestandele: 1-1,5 kg lamsnek olyfolie vir braai 2 uie, gekap n bossie spinasie, fyngesnipper 1 wortel, skoongemaak en grofgekap 1 ui, in kwarte gesny 1 selderystingel, grofgekap 5 ml fyn komyn 350 ml groen lensies 2 ml fyn borrie 1 ml fyn kaneel 3 ml gerookte paprika suurlemoensap om te geur natuurlike jogurt, granaatpitte en paprika om voor te sit 1 Verhit n bietjie olyfolie in n groot kastrol en braai die stukke lam alkant bruin. Braai n paar op n slag. Skep die bruingebraaide stukke uit en hou eenkant. 2 Gooi die oortollige vet af. Voeg die gekapte uie by en soteer dit tot sag. Voeg die spinasie by en kook tot net verlep. Skep uit die kastrol en hou eenkant. Skep die vleis terug in die kastrol. Bedek met 1¼ liter water en voeg die wortel, ui, seldery en komyn by. Verhit tot kookpunt, sit die deksel op en verlaag die hitte. Laat dit vir 2½ uur prut of tot die vleis sag is. 3 Laat die lensies vir 30 minute in koue water week. As die vleis sag is, haal die kastrol van die plaat af. Skep die vleis met n gaatjieslepel uit en laat dit effens afkoel. 4 Gooi die kookvloeistof deur n sif. Laat dit vir n rukkie staan en skep die vetlagie af. 5 Trek die vleis van die bene af. Sit die vleis eenkant en gooi die bene en vet weg. 6 Verhit weer die kookvloeistof en voeg die lensies by. Voeg die borrie, kaneel en paprika by. Laat dit prut tot die lensies sag is. Voeg nog water by indien nodig. 7 Voeg die ui-enspinasiemengsel en die vleis

Tamatie-en-tortellini-sop Bestandele: 125 g strepiespek, gekap (opsioneel) 60 ml olyfolie 4 preie, opgesny 2 selderystingels, gekap 12 ryp tamaties, gekap 5 ml droë basilie 3 ml droë origanum 1 klein blikkie tamatiepasta 2 liter klaargemaakte hoenderof groenteaftreksel 150 ml droë witwyn (opsioneel) 1 pak kaas- of vleis-tortellini suurroom, pesto en parmesaan-skaafsels om voor te sit 1 Verhit die olie in n groot kastrol. Voeg die spek by, braai dit vir n paar minute, en voeg dan die preie en seldery by. Kook tot sag. 2 Voeg die tamaties, kruie, tamatiepasta, n liter aftreksel en die wyn by. Verhit tot kookpunt, verlaag die hitte en prut vir 30 minute. 3 Maak die sop in n versapper fyn. Gooi dit terug in die kastrol en voeg die res van die aftreksel by. Verhit dit tot kookpunt en voeg die tortellini by. Laat dit vir drie tot vyf minute kook tot die tortellini heeltemal gaar is. 4 Sit die sop voor met n skeppie suurroom, pesto en parmesaan-skaafsels.

4

5

Patatsop met Marokkaanse speserye Bestandele: 100 g botter 2 uie, gekap 10-15 ml Marokkaanse spesery-vryfmengsel 700 g patat, geskil en in blokkies gesny 250 g botterskorsie, geskil en in blokkies gesny 1 Granny Smith-appel, geskil, ontpit en in blokkies gesny 1 250 ml hoender- of groente-aftreksel 50 ml gekapte vars koljander suurlemoensap na smaak suurroom, om voor te sit (opsioneel) 1 Verhit die botter in n groot kastrol en soteer die uie vir omtrent 10 minute oor n lae hitte tot sag. Sit die speserymengsel by en kook vir n paar minute. 2 Voeg die groente, appel en 150 ml van die aftreksel by. Bedek met n dubbele laag bakpapier, en vou die rande teen die kante op. Sit die deksel op en laat dit vir 30 minute stoom skud die kastrol elke nou en dan sodat die kos nie aan die bodem vassit nie. 3 Haal die papier af; die groente behoort nou sag te wees. Sit dit in n versapper saam met die koljander en maak dit fyn. Voeg nog n bietjie aftreksel by as die mengsel te dik is. 4 Gooi die mengsel terug in die kastrol en voeg die res van die aftreksel by. Roer goed en verhit weer. Geur na smaak met suurlemoensap en sout en varsgemaalde swartpeper. Sit n skeppie suurroom in elke bakkie, as jy wil, en sit voor.

Botterskorsiesop met camembert Bestandele: 2 rooi soetrissies, middeldeur gesny en ontpit 800 g botterskorsie, in blokkies gesny 1 knoffelbol 50 ml olyfolie 50 ml (50 g) botter 2 middelslag-uie, gekap 120 ml droë sjerrie 1 liter hoender- of groenteaftreksel 250 g strepiespek, gesnipper en gerooster tot bros 1 ryp camembert-kaas, in wiggies gesny 1 Pak die rooi soetrissies en die botterskorsie in n oondpan. Sny die bokant van die knoffelbol af sodat die vleis sigbaar is en sit dit ook in die pan. Drup olyfolie oor al die groente. Rooster dit vir 20 tot 30 minute in die verhitte oond of tot dit sag is. Haal die pan uit die oond uit en druk die sagte knoffel uit die skilletjies. Gooi die skilletjies weg. 2 Verhit die botter in n kastrol. Soteer die uie tot sag. Voeg die geroosterde groente en sjerrie by. Sit die deksel op en laat vir 15 minute oor lae hitte prut. Skep die mengsel in n voedselverwerker en pols tot glad. 3 Gooi die mengsel terug in die kastrol en voeg die aftreksel by. Verhit tot kookpunt, verlaag die hitte en laat vir 10 minute prut. Geur na smaak met sout en varsgemaalde swartpeper. 4 Sit dit voor Rond elke porsie sop af met bros spekstukkies en camembert-wiggies. Sit die sop dadelik voor.

6

7

Herfsgroente-en- speksop Bestandele: 250 g swoerdlose strepiespek, gekap 4 preie, gesny 2 selderystingels, gesny 1,25 liter hoenderaftreksel 500 ml elk blokkies wortels, botterskorsie en patat 125 ml room 30 ml gekerfde vars grasuie 5 ml suurlemoensap 1 Braai die spek in n groot kastrol oor lae hitte. Haal die helfte uit sodra dit gaar is en sit dit eenkant. 2 Voeg die preie en seldery by die spek in die kastrol en soteer dit vir twee minute. Voeg die hoenderaftreksel by en laat dit kook. 3 Voeg die groente by en stel die hitte laer sodat dit prut. Sit die deksel op en laat dit vir 15 tot 20 minute prut, tot die groente sag is. 4 Skep n derde van die groente uit en maak dit met n handmenger of voedselverwerker fyn tot glad. Skep dit terug in die kastrol. Roer die room en die helfte van die grasuie by en geur dit met sout, swartpeper en n paar druppels suurlemoensap. Strooi die spek wat eenkant gehou is en die grasuie oor en sit dit voor met mieliebrood.

Thaise kerriesop Bestandele: 300-400 g uitgedopte garnale (of 6-8 hoenderdye, in blokkies gesny) sonneblomolie vir braai 1 ui, fyngekap 1 knoffelhuisie, fyngedruk 15 ml gerasperde vars gemmer 30-45 ml rooi kerriepasta 125 ml dungesnyde swart sampioene 1 klein rooi of geel soetrissie, ontpit en fyngesny 1 liter hoenderaftreksel 15 ml skerp rissiesous (opsioneel) omtrent 150 g Pad Thai-rysnoedels, in stukkies gebreek 1 blik klappermelk 30 ml vissous sap van 1 lemmetjie of n klein suurlemoen n hand vol gekapte vars koljander, ment of basilie om voor te sit 4 fyngesnyde sprietuie om voor te sit 1 Verhit n dun lagie olie oor hoë hitte in n groot kastrol en braai die garnale tot goudbruin. Skep dit uit en sit eenkant. 2 Voeg nog n bietjie olie by en soteer die ui tot sag. Voeg die knoffel en gemmer by, soteer vir 30 sekondes, en voeg dan die kerriepasta by. Kook vir n minuut en voeg die sampioene en soetrissie by. Kook vir nog n minuut of tot die sampioene en rissie effens sagter is. 3 Voeg die aftreksel by en roer dan die rissiesous by. Voeg die noedels by en kook tot sag. 4 Gooi die garnale en enige sappe terug in die kastrol en roer die klappermelk en vissous by. Roer om alles te meng en maak deurwarm. Haal van die plaat af en roer die lemmetjiesap by. Proe en geur na smaak. Sprinkel die kruie en sprietuie oor en sit voor.

8

9

Ghoelasj-sop met suurroom en pesto Bestandele: 30 ml olyfolie 1 kg beesdikrib, in blokkies van sowat 4 cm gesny 3 uie, gekap 3 knoffelhuisies, fyngedruk 30 ml koekmeel 30 ml gerookte paprika 2 x 410 g-blikke pruimtamaties 1,3 liter beesvleisaftreksel 2 rooi soetrissies, ontpit en in klein blokkies gesny 250 ml suurroom 80 ml roketpesto 1 Verhit n swaarboomkastrol oor hoë hitte. Sodra dit warm is, moet jy n bietjie olyfolie ingooi en die vleis bietjies-bietjies oor hoë hitte bruin braai. Gooi, indien nodig, nog n bietjie olie in die kastrol om te keer dat die vleis brand en aan die kastrol vassit. 2 Gooi die uie in die pan en soteer dit tot bruin. Voeg die knoffel by en gooi die vleis terug in die pan. Strooi die koekmeel en paprika oor. Roer dit goed en gooi dan die tamaties en die bereide beesvleisaftreksel by. Verhit tot kookpunt, verlaag die hitte en sit die deksel op. Laat dit saggies prut vir twee uur of tot die vleis baie sag is. 3 Gooi die rooi soetrissies by en laat dit vir nog 30 minute prut. Geur na smaak met sout en varsgemaalde swartpeper. Sit voor met roketpesto en suurroom booor, en rond dit af met nog n strooisel paprika.

Romerige hoendersop Bestandele: 1 groot ui, gekap 250 g botter 3 knoffelhuisies, fyngedruk 250 g koekmeel, gesif 1 liter hoenderaftreksel 400 g hoenderborsfilette, in stukke gesny n hand vol vars tiemie, gekap, plus ekstra vir garnering 150 ml Stork Crèmendous crème fraîche en vars brood om voor te sit 1 Smelt die botter in n groot kastrol en gooi die ui by. Braai die ui tot sag. Voeg die knoffel by en haal die kastrol van die plaat af. Voeg die koekmeel by terwyl jy die mengsel die heeltyd roer sodat dit n roux vorm. Sit dit vir twee minute terug op matige hitte. 2 Gooi n bietjie aftreksel by en roer dit tot gemeng. Gaan so voort totdat al die aftreksel bygegooi is. Voeg die hoender en tiemie by en verhit die mengsel tot kookpunt. Verlaag die hitte en voeg dan die Stork Crèmendous by. Laat dit vir 15 minute prut. Sit dit voor met n skeppie crème fraîche en n takkie vars tiemie met vars brood daarby.

10

Notas