10. Jesus help my verstaan

Vergelijkbare documenten
12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15

n Tempel Leier besoek Jesus

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

23. Reëls vir die pad die padgebruikers

Jesaja sien die Toekoms

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

14. Ek glo my sondes word vergewe 1 Johannes 1:5 2:2

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

Welkom by Die Storie God se storie

11. Jesus gaan vooruit (Hemelvaart)

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

10. Ek is by julle Matteus 28:16-20

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

Van Vervolger tot Prediker

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12

Jona en die Groot Vis

2. Jesus eet saam met sondaars Markus 2:13-17

Die Kerk se Geboorte

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

Toe God alles gemaak het

3. Jesus oorwin versoekings Matteus 4:1-11

Toe God alles gemaak het

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

10. In Tomas se skoene Johannes 20:19-31

Goeie Konings, Slegte Konings

die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën.

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

Petrus en die Krag van Gebed

6. Ek glo in Jesus Christus Johannes 3:16-18 en Matteus 1:18-25

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

Van Vervolger tot Prediker

VADERSDAG. Een van die raadslede van die sinagoge, 'n man met die naam Jaïrus, kom toe daar aan. Net toe hy vir Jesus sien, val hy op sy

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

12. God se Advokaat by my Johannes 14:15-26

Jona en die Groot Vis

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer

2. Dit is donker Johannes 8:12-13; 9:1-41

25. Ja, Jeremia, jy kan! Jeremia 1

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

9. Ek glo Jesus het opgestaan Johannes 20:1-18

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

'n Man gestuur deur God

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

God eer Josef die slaaf

Baie welkom by vanoggend se erediens. Doen asb moeite om ander mense rondom jou te groet

Jesus as Kind Teks: Matteus 2, 13: 55-56, Lukas 2

26. Ek kies om die Here te dien Daniël 6

22. Reëls vir die pad die Padmaker

16. Die Israeliete soek ʼn koning 1 Samuel 8:1-22

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

Luister en praat. Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun?

1. So iets het ons nog nooit gesien nie Markus 2:1-12

Jnr. Kategese 22 Januarie 2017 Visvang vir Jesus! Matteus 4: 12-23

n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2)

2. In die pikdonker nag. Johannes 3:1-21

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

Kopiereg Bybel-Media. 3. Ek dra ʼn kruis. Oorhoofse tema. Bybelgedeeltes. Hoofgedagtes van die ontmoeting. Hulpmiddels by die storie

Pragtige Koningin Ester

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

18. Leiers wissel God bly Deuteronomium 31 34; Josua 1

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

16. Dit sal nie opraak nie 1 Konings 17

Ontmoeting 40. Welkom. Wyding. Woord. te maak, in vorms te giet en te laat droog word.)

jou hele liggaam lig hê. Maar as jou oog sleg is, sal jou hele liggaam sonder lig wees. As jou oë sleg is dit beteken eintlik maar as jou oë slegte

Gisteraand het dit gegaan dit oor hoe ons lewens moet wees om Jesus te volg. Watter klere ek moet aantrek.

Simson, God se sterk Man

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

Is jy seker dis nie n voorry nie. Ek wonder of die kinders weet wat n voorry doen.

1 Johannes 5: /03/2014

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

Die brief aan die Filippense

21. Glo maak soms seer Jesaja 6

VRAE EN BESWARE WAT MENSE SOMS OOR DIE DOOP HET

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

9. Wat glo jy? Matteus 27:62-66; 28:1-15

Jesus - Die Grootste Geskenk van Alle Tye - Reformation Society

15. Baas-klaas of ouer-kind? Matteus 25:14-30

Jakkals lê eendag heerlik en

Preek deur ds. Jaco van Sittert Vrydag, 14 April Skriflesing: Johannes 19:17-37 Van die eenkant na die anderkant van die kruis.

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

Transcriptie:

10. Jesus help my verstaan Oorhoofse tema Jesus gee vir sy volgelinge vrede wanneer Hy aan hulle verskyn. Hy wys vir hulle dat Hy anders is, maar dat Hy waarlik leef en dat hulle die wonderlike taak het om hierdie Goeie Nuus vir ander mense te gaan vertel. Bybelgedeeltes Lees Lukas 24:36-41. Lees Lukas 24:42-49. Hoofgedagtes van die ontmoeting 1. Jesus groet mense met sy vrede. 2. Wie kan nog stry as jy gehoor, gesien én gevoel het? Jesus máák sy dissipels sy getuies. 3. Nadat Jesus uit die dood opgestaan het, was Hy anders. Ons kan dit nie heeltemal verstaan nie. 4. Bekering en vergifnis van ons sondes is die Goeie Nuus aan al die nasies. 5. Ons kan nie God se werk sonder die krag van die Heilige Gees doen nie. Hulpmiddels vir die kleingroepvaslegging Junior kleingroep 1. ʼn Grondboontjie in sy dop, of enige ander neut in sy dop en ʼn neutkraker as die neut ʼn harde dop het Alternatief: 2. Snaakse klere, ʼn pruik, ʼn donkerbril, ensovoorts, om vir iemand aan te trek 3. ʼn Stokkielekker vir elke groeplid in ʼn ondeursigtige papiersak 4. ʼn Portret van Konstantyn saam met Paneel 8 Senior kleingroep 1. ʼn Grondboontjie in sy dop, of enige ander neut in sy dop en ʼn neutkraker as die neut ʼn harde dop het Alternatief: 2. Snaakse klere, ʼn pruik, ʼn donkerbril, ensovoorts, om vir iemand aan te trek 3. ʼn Stokkielekker vir elke groeplid in ʼn ondeursigtige papiersak 4. ʼn Portret van Konstantyn saam met Paneel 8 5. Penne of potlode vir inkleur 5. Penne of potlode vir inkleur 117

Die storie Begin Wie hou van spookstories? Is daar regtig spoke? Is ʼn gees dieselfde as ʼn spook? Een man vra eendag vir ʼn ander een: Glo jy in spoke? Ja, antwoord die man. Sal jy met ʼn spook praat? vra die eerste man. As hy so in die hardloop wil praat, ja, was sy antwoord. Miskien sê hierdie grappie vir ons hoe die meeste mense oor spoke voel. Daar is egter ʼn ander opsie. Baie jare gelede het twee ouers hulle seuntjie sirkus toe geneem sodat hy al die diere kon sien en kon weet hoe hulle regtig lyk. Tydens die vertoning het een van die narre hom soos ʼn spook aangetrek. Hy het ʼn laken oor sy kop getrek en deur twee groot gate in die laken gekyk. Die ander narre het vir hom weggehardloop, maar darem weer nuuskierig nader gekom en probeer om met hom vriende te maak. By die huis het die seuntjie iets interessants begin doen. In daardie stadium het hy net tussen rooi, blou, geel en groen begin onderskei. Elke keer wanneer hy alleen gespeel het, het sy ma hom met iemand hoor praat. Toe sy hom eendag roep om te kom eet, het sy hom hoor sê: Ek kom nounou weer. Sy het vir die seuntjie gevra met wie hy praat en hy het geantwoord: Met die groen spook. Elke dag wanneer hy so alleen gespeel het, het hy sy eie maatjies uitgedink. En almal was spoke! Daar was groen spoke en blou spoke en rooi spoke en geel spoke. In plaas daarvan om vir hulle bang te wees, het hy vriende met die spoke gemaak. Ons noem iets ʼn spook wanneer ons dit nie kan verduidelik nie. Wanneer die verskynsel vir ons soos ʼn mens lyk, noem ons dit soms ʼn gees. Spoke en geeste is die name wat ons gee aan dinge waaraan ons nie kan raak nie of wat ons nie duidelik kan sien nie. Daarom is ons gewoonlik vir hulle bang. Jesus se vriende en familie het met hulle eie oë gesien hoe Jesus aan die kruis sterf. Hulle het self sy liggaam in ʼn graf gaan neerlê. Daarom kon hulle nie glo Hy het werklik uit die dood opgestaan nie. Toe sy dissipels laat een aand bymekaar was (onthou, hulle het nie elektriese ligte soos ons gehad nie), het hulle groot geskrik toe Iemand sommer skielik daar by hulle verskyn. Hulle het regtig gedink dit was ʼn gees of ʼn spook. 118

Wys my die weg Aanbiedersgids Hoor Moment 1: Lees Lukas 24:36-41 Soos ons vandag ʼn paar verskillende woorde gebruik om mekaar te groet wanneer ons mekaar sien, het die Jode mekaar met die woord Sjalom gegroet. Sjalom beteken vrede. Dit was ʼn normale groetwoord, maar vir mense wat bang en hartseer was, kon dit iets meer beteken. Die dinge in jou lewe en gedagtes wat jou hart so vinnig laat klop en wat jou laat voel of daar ʼn storm in jou woed, kan rustig word wanneer jy vrede ontvang. Nota Vra vir die groep watter woorde hulle deesdae gebruik om mekaar te groet. Het hierdie woorde ʼn spesiale betekenis? Onthou julle nog die storie van Noag? Hy en sy familie en al die diere het dae lank in die ark op die onrustige waters rondgedryf. Uiteindelik het Noag ʼn duifie uitgestuur, en die duifie het ʼn takkie teruggebring ark toe. Dié takkie het gesê die waters trek terug en die land en bome verskyn weer. Ons gebruik vandag nog die duifie met die takkie in sy bek om te sê daar sal vrede wees ná die groot storms. Jesus het sy dissipels wel met die gewone woord (Sjalom) gegroet, maar vir hulle het dit ook die begin van iets nuuts beteken: Hulle sou nooit weer dink Jesus is dood nie. Nee, Hy leef! Jesus het sy volgelinge ook verder gehelp. Hy het hulle laat hoor, want Hy het met hulle gepraat. Hy het hulle laat sien: Kyk na my hande en voete Hulle het die spykermerke gesien. Hy het hulle laat voel: Raak aan My. As jy hoor, sien én voel, word jy ʼn getuie. Hulle kan jou dan in die hof vra: Wat het jy gehoor en gesien en gevoel? en jy sal kan vertel of getuig. Nota Johannes skryf in 1 Johannes 1:1: Ons het Hom self gehoor; ons het Hom met ons eie oë gesien; ja, ons het Hom gesien en met ons hande aan Hom geraak. Hy is die Woord, die Lewe. Ons verstaan net dinge wat ons kan sien en hoor en waaraan ons kan vat. Die wind, die kragte van ʼn magneet of die natuurwette is vir ons moeilik om met ons gewone menslike verstand te verstaan. Ons verstaan nie hoe engele en geeste en selfs die hemel lyk en werk nie. Toe Jesus uit die dood opgestaan het, was Hy deel van die nuwe wêreld wat ons nie met ons menslike oë, ore en hande kan ervaar nie. Daarom het Hy die wonderlike ding gedoen om aan sy dissipels te verskyn en hulle te help om vir seker te weet: Hy het opgestaan en Hy leef. Oor 40 dae het Hy op verskillende plekke 119

aan verskillende mense verskyn. Hulle kon Hom sien, Hom hoor praat en aan Hom raak. Toe dit lyk of sy dissipels steeds nie kon glo dat dit werklik Hy was nie, het Jesus hulle selfs nog verder gehelp. Hy het hulle gevra of hulle iets gehad het om te eet. Moment 2: Lees Lukas 24:42-49 Jesus het sy volgelinge gehelp om te glo Hy leef werklik deur vir hulle te wys dat alles wat met Hom gebeur het, uitgewerk het presies soos Hy voor die tyd vir hulle gesê het dit sou en soos Hy die Ou Testament (die wet en die profete en die Psalms) vir hulle uitgelê het. Die hele Ou Testament (nie net ʼn versie hier en ʼn versie daar nie) is immers soos ʼn klomp paadjies wat almal oor een brug na die ander kant toe loop. Hierdie brug gaan oor Jesus, die Een wat deur God gestuur is en wat gesalf is (Christus) om die Verlosser te wees. Nadat Hy aan hulle verskyn het, het Jesus sy dissipels as getuies uitgestuur. Hulle het Hom gesien, hulle het Hom hoor praat en hulle het aan Hom geraak, maar hulle het ook geweet Hy is die Christus wat God belowe het, die Een wat vir almal se sonde sou sterf. Om hierdie belangrike werk as getuies te kon doen, het Jesus boonop belowe om vir hulle ʼn gawe (ʼn geskenk) van God te stuur om hulle te help die Heilige Gees. Hy sou vir hulle nuwe krag gee om die Goeie Nuus oral en aan almal te gaan vertel. Dink Hoekom dink julle wil sommige mense nie die Goeie Nuus hoor nie? Nota Luister na ʼn paar antwoorde uit die groep. Onthou julle Jesus het gesê siek mense het ʼn dokter nodig, nie gesonde mense nie? Dit is hoekom Hy juis na die siekes (die sondaars) toe gekom het. Sê nou jy gaan met Goeie Nuus na iemand toe, maar terwyl jy nog aankom, stap die persoon vinnig nader en gee jou ʼn klap. Wat sal jy doen? Sê nou iemand is baie siek en jy weet van ʼn uitstekende medisyne wat hom of haar beslis gesond sal laat word, maar jy wil nie hierdie goeie nuus met die siek persoon deel nie. Wat sal gebeur? Sê nou maar dit is ʼn baba wat siek is en jy gaan sê vir die ouers jy weet van ʼn wondermedisyne wat die baba gesond sal laat word, maar hulle 120

Wys my die weg Aanbiedersgids antwoord: Nee, ons baba moet eers grootword sodat hy self kan kies of hy die medisyne wil hê. Wat sal jy dink? Wat sal jy doen? Miskien is die probleem die manier waarop ons vir mense vertel van die verlossing wat Jesus bring. Miskien maak ons dit nie Goeie Nuus nie, maar eerder Slegte Nuus. Hoekom dink sommige mense dit is slegte nuus om ʼn Christen te wees? Leef Suurknolle wat niks mag geniet nie en wat die hele tyd net ʼn klomp moets en moenies moet gehoorsaam. Só het iemand Christene beskryf. As dit waar is, is daar groot fout met Goeie Nuus-mense, of hoe? Iemand anders het gesê: Ek wil nou eers die lewe geniet. Eendag wanneer ek ouer is, sal ek soos ʼn Christen begin leef. Nog iemand het gesê: Ek het 18 jaar lank onder my pa se kwaai oë geleef. Nou is ek ʼn student. Ek wil alles geniet en toets. Wat sê dit van Christene? Dat ons nie die lewe geniet nie. Dit is so jammer, want dit is juis ons wat die lewe werklik kan geniet. Miskien is daar mense wat draers van slegte nuus is omdat hulle afgunstig is op Christene en op wat ons het. Nou maak hulle of die lewe van Slegte Nuus lekkerder en beter is as Jesus se lewe van Goeie Nuus. Onthou julle nog die slang wat vir Eva van die lekker vrugte vertel het? Gaan leef vandag in die tuin van God se liefde en vergifnis en geniet dit. Onthou, die dinge wat ons nie mag doen nie, is juis die dinge wat ons stukkend maak. Dink maar goed hieroor. Dit is waar. Jesus het sy dissipels én vir ons draers van sy Goeie Nuus gemaak sodat ons dit oor die hele wêreld heen kan gaan vertel. God gee ook vir ons die krag om dit te kan doen. Wat ʼn lekker werk! 121

Kleingroepvaslegging: Junior groep Welkom As hierdie ontmoeting net ná die vakansie val, kan julle vandag gerus vir mekaar vertel wat in die vakansie gebeur het. Wegspring Gebruik een van die volgende voorstelle om die gedagte van ʼn getuie te illustreer: 1. Sê vir die groep: Ek gaan nou vir X ʼn getuie maak van iets wat hy of sy gesien en geruik en aangeraak het. Julle sal dit nie sien, ruik of aanraak nie. Neem nou een van die groeplede eenkant toe waar die ander hom of haar nie kan sien nie. Vra vir die groeplid of hy of sy al ooit die binnekant van ʼn grondboontjie (of van die spesifieke neut wat jy gekies het) gesien het. Breek nou die grondboontjie of neut oop en laat die groeplid baie mooi daarna kyk, daaraan ruik en daaraan raak. Wanneer hy of sy klaar is, neem die grondboontjie of neut en eet dit op. Gaan nou terug na die groep toe en sê: X het iets gesien, daaraan geruik en daaraan gevat. Ongelukkig is dit nou weg. Niemand gaan dit ooit weer sien soos X dit gesien het nie. Kan julle raai wat dit is? Die groep mag vir X vrae vra, maar hy of sy mag nét ja of nee antwoord. Help hulle ná ʼn rukkie met vrae soos: Is dit bruin? Kan ʼn mens dit eet? Groei dit aan ʼn boom? Wanneer die vrae opraak, kan X vir die groep verduidelik wat hy of sy gesien het. Jy kan dan vir die groep vra: Glo julle vir X? Het hy of sy dit regtig gesien? Julle kan dan ook gesels oor hoe die groep wat die grondboontjie of neut nie gesien het nie daaroor voel. Wanneer ʼn getuie die waarheid op ʼn helder manier oordra, is dit soos ʼn lig wat aangaan. Alternatief: 2. Reël voor die tyd dat iemand die snaakse klere aantrek en in ʼn ander lokaal gaan wegkruip. Neem nou een van die groeplede na daardie lokaal en laat hy of sy die persoon met die snaakse klere goed bekyk. Die persoon met die snaakse klere gee dan die papiersak met stokkielekkers vir die groepslid, maar hy of sy moet dit eers wegsteek. Wanneer julle terug is by die groep, kan die ander die getuie uitvra. Die groot vraag is natuurlik: Wat het jy gesien? Die getuie mag egter nie hierdie vraag antwoord nie. Hy of sy mag net ja of nee antwoord. Die groeplede kan vrae soos die volgende vra: Kan ʼn mens dit eet? Leef dit? Ná ʼn rukkie kan die getuie een feit gee soos: Dit het twee arms. Daarna mag hy of sy weer net ja of nee antwoord. Laat die speletjie ʼn rukkie aangaan. Laat 122

Wys my die weg Aanbiedersgids die getuie dan die sak met die stokkielekkers uithaal. Nooi iemand om te kyk wat in die sak is. Laat die groep nou weer vrae vir die getuie vra. Later kan die getuie nog meer leidrade gee. Dit kan snaaks klink omdat die persoon snaakse klere aan gehad het. Nota As jy albei voorstelle gebruik, sal jy die res van die ontmoeting korter moet maak. Vra nou die volgende vrae, maar hou die antwoorde kort: 1. Het julle gevoel die getuie praat die waarheid? 2. Watter verskil het dit gemaak toe hy of sy die papiersak met stokkielekkers uitgehaal het? (Dit het meer getuienis gelewer, maar hulle het steeds nie geweet van presies wat nie.) 3. Hoe het dit julle gehelp? Toe Jesus vir sy vriende gewys het Hy het werklik opgestaan en leef, het Hy hulle gehelp om goeie getuies te wees. Daar is een verskil tussen hulle en ons getuie in die groep: Die dissipels mag meer as net ja of nee op vrae geantwoord het. Om die waarheid te sê, hulle kon sommer álles vertel! Die mense wat nie weet wat ʼn getuie weet nie, weet nie eens altyd watter soort vrae om te vra nie. Op die ou end is dit egter ʼn verrassing (Goeie Nuus). Wonder Wanneer jy terugkyk op jou lewe, is daar iets wat net jy gesien het, iets wat die res van die kinders in jou groep nie gesien het nie? Probeer aan so iets dink. Sê nou maar Jesus het ná sy opstanding aan net een persoon verskyn. Wat dink julle sou gebeur het? (Laat elkeen eers in stilte hieroor dink en gesels dan saam daaroor.) Werksaam Kleur hierdie prent in. 123

Wegstuur 1. Gaan vra vir iemand hoekom daar een Vrydag is wat Goeie Vrydag genoem word. Neem die portret van Konstantyn en bring dit aan op paneel 8. 2. Jesus het op ʼn Sondag uit die dood opgestaan. Later het een van die Romeinse keisers (Konstantyn), wat ʼn Christen geword het, ʼn wet gemaak wat die Christene toegelaat het om hulle byeenkomste op Sondae te hou en op hierdie dag van hulle gewone daaglikse werk te rus. Soos die mense van die Ou Testament ʼn dag gehad het om te rus (hulle het dit die sabbatdag genoem, want sabbat beteken rus ), het die Christene toe ʼn dag gehad om die Goeie Nuus te vier en te vertel: Jesus leef! Ons hele lewe vertel egter ook wat ons glo. Ons verkondig dit elke dag. Miskien kan jy vir iemand gaan vra wat die beste nuus is wat hy of sy nog ooit gekry het. Vertel dan vir hierdie persoon die Goeie Nuus dat Jesus vir ons sondes betaal het en dat ons daarom nie meer gestraf sal word nie. Jesus het gesterf en uit die dood opgestaan. Hy leef! 124

Wys my die weg Aanbiedersgids Kleingroepvaslegging: Senior groep Welkom As hierdie ontmoeting net ná die vakansie val, kan julle vandag gerus vir mekaar vertel wat in die vakansie gebeur het. Wegspring Reël voor die tyd dat iemand die snaakse klere aantrek en in ʼn ander lokaal gaan wegkruip. Neem nou een van die groeplede na daardie lokaal en laat hy of sy die persoon met die snaakse klere goed bekyk. Die persoon met die snaakse klere gee dan die papiersak met stokkielekkers vir die groeplid, maar hy of sy moet dit eers wegsteek. Wanneer julle terug is by die groep, kan die ander die getuie uitvra. Die groot vraag is natuurlik: Wat het jy gesien? Die getuie mag egter nie hierdie vraag antwoord nie. Hy of sy mag net ja of nee antwoord. Die groeplede kan vrae soos die volgende vra: Kan ʼn mens dit eet? Leef dit? Ná ʼn rukkie kan die getuie een feit gee soos: Dit kan beweeg. Daarna mag hy of sy weer net ja of nee antwoord. Laat die speletjie ʼn rukkie aangaan. Laat die getuie dan die sak met die stokkielekkers uithaal. Nooi iemand om te kyk wat in die sak is. Laat die groep nou weer vrae vir die getuie vra. Later kan die getuie nog meer leidrade gee. Dit kan snaaks klink omdat die persoon snaakse klere aan gehad het. Vra nou die volgende vrae, maar hou die antwoorde kort: 1. Het julle gevoel die getuie praat die waarheid? 2. Watter verskil het dit gemaak toe hy of sy die papiersak met stokkielekkers uitgehaal het? (Dit het meer getuienis gelewer, maar hulle het steeds nie geweet van presies wat nie.) 3. Hoe het dit julle gehelp? Wonder Wanneer jy terugkyk op jou lewe, is daar iets wat net jy gesien het, iets wat die res van die kinders in jou groep nie gesien het nie? Probeer aan so iets dink. Sê nou maar Jesus het ná sy opstanding aan net een persoon verskyn. Wat dink julle sou gebeur het? (Laat elkeen eers in stilte hieroor dink en gesels dan saam daaroor.) 125

Nota Maak hierdie spreekkoor spesiaal. Reël voor die tyd dat julle dit vir iemand of vir een van die junior groepe gaan opsê. Werksaam Kyk na die 40 dae in Lydenstyd op bladsy 14 van die werkboek. Onthou julle dat ons dit tydens Ontmoeting 3 in Lydenstyd saam opgesê het? Kom ons sê dit nou weer saam op. (Hersien die vorige spreekkoor voordat julle nou verder gaan.) Deel nou die groep in twee kleiner groepe. Wanneer julle by die Opstandingsdag kom (dag 1 in die wit en geel blokkies), tel die een groep weer vanaf 1 tot 40, maar na élke dag sê die tweede groep vrolik: Opstanding! Dit moet dus soos volg klink: Dag 1 Opstanding! Dag 2 Opstanding! Dag 3 Opstanding! Gaan so voort tot by die 40ste dag. Dan roep die leier: Hemelvaart! Wegstuur 1. Gaan lees 1 Korintiërs 15:14 en 17-19 by die huis en vra een van jou ouers of ʼn ander volwassene om saam met jou oor hierdie gedeelte na te dink. Gebruik die volgende drie vrae om jou te help: Wat staan hier geskryf? Hoekom is dit hier geskryf? Hoekom moet ek dit weet? Neem die portret van Konstantyn en bring dit aan op paneel 8. 2. Jesus het op ʼn Sondag uit die dood opgestaan. Later het een van die Romeinse keisers (Konstantyn), wat ʼn Christen geword het, ʼn wet gemaak wat die Christene toegelaat het om hulle byeenkomste op Sondae te hou en op hierdie dag van hulle gewone daaglikse werk te rus. Soos die mense van die Ou Testament ʼn dag gehad het om te rus (hulle het dit die sabbatdag genoem, want sabbat beteken rus ), het die Christene toe ʼn dag gehad om die Goeie Nuus te vier en te vertel: Jesus leef! 126