JY SKEP JOU TOEKOMS. Jou gids om die Alexander Forbes Retirement Fund te verstaan

Vergelijkbare documenten
SKEP JOU TOEKOMS. Jou gids tot die Alexander Forbes Core Plan

Opsies vir wanneer u u aftreefonds verlaat

LIDMAATSKAPBOEKIE LIDMAATSKAPBOEKIE. Die boekie beskryf hoe jou fonds werk en watter voodele jy as lid kry. ALEXANDER FORBES RETIREMENT FUND

OPSIES WANNEER UIT DIENS TREE BY JOU WERK UMBRELLA FUNDS

Opsies wanneer jy aftree PREDIKANTE PENSIOENFONDS VAN DIE NED. GEREF. KERK IN SUID-AFRIKA (PPF)

HI E NUUSBRIEF. Hoofbeampte se kennisgewing. Geagte lid

BELASTINGVRYE PLAN Kom ons kry Suid-Afrika aan die spaar.

VERSTAAN U VOORDELE. Verander vandag se harde werk in môre se beloning. Wees voorbereid op aftrede! Sambreelaftreefonds

UNIVERSITEIT VAN STELLENBOSCH AFTREDEFONDS

????: Eienaar van I Do tydskrif. BESIGHEIDSVERSEKERING Finansiële Onderskrywingsriglyne

Bewaringsfondsplan. Planbeskrywing

VOOR-AFTREDE OPLOSSINGS

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur

UNIVERSITEIT STELLENBOSCH AFTREDEFONDS HANDLEIDING TOT DIE AFTREDEPROSES

BETAALSTROKIE : LENINGS MET RENTE

besigheidsversekering finansiële onderskrywingsriglyne

NUUSBRIEF: JANUARIE 2014

Lewensoriëntering Vraestel 12 Graad 6 Totaal: 35

Optimaliseer voordele en bestuur u premies

RESPECT 4 U. L e s 1. Jou vermoëns en sommige van jou verwagtinge en drome indentifiseer

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

Aansoek om deur Ruimsig Gemeente Leraar in die eg verbind te word.

SKOOL Eksamen - Gr 7 - EBW 3 Desember 2010

UNIVERSITEIT STELLENBOSCH AFTREDEFONDS GIDS VIR NUWE LEDE

Watter koek se dele lyk vir jou die grootste? Dis Reg! Die koek wat in 3 dele gesny is se dele is groter as die koek wat in 4 dele gesny is.

Les 14: Entrepreneurskap

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

BOEKIE VIR AKTIEWE LEDE

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

Kom ons kyk nou gou net na die getalle van nul to by 999 en selfs groter, as n hersiening van plekwaardes. Bewerkings met telgetalle

1. Gee TWEE voorbeelde van elk:

SA INKOMSTEVERDIENERS MET R MILJARD ONDERVERSEKER VIR DOOD EN ONGESKIKTHEID

FAKTORE EN VEELVOUDE

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

CUMULUS ECHO PENSIOEN- EN VOORSORGBEWAARDERS

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II LEERUITKOMS 3 & 4 LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR

Makelaarskommunikasie. Onderwerp: Gemeenregtelike Aanspreeklikheid Gebeurtenis vs Eise ingestel

Omgekeerde bewerkings Getalsinne

Belastingvrye Belegging. Planbeskrywing

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies?

Ingevolge artikel 185 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 55 van 1995, het elke werknemer die reg om nie onbillik ontslaan te word nie.

NUUSBRIEF: DESEMBER 2010-FEBRUARIE 2011

Uittree-annuïteit en Bewaringsfondse

Gids vir Byvoordele eise

PPS Siekte- en Permanente ongeskiktheidsvoordeel

Welkom by die eerste uitgawe van ons nuusbrief oor Testamente en Boedel beplanning.

RESPECT 4 U. L e s 4. Populêre idees verduidelik oor wat ʼn man/seun of ʼn vrou/meisie is en hoe hierdie idees problematies kan wees

Risikoprofielsamestelling op SanPort ipad- app

PLAASLIKE UITKEERPLAN. Skep welvaart en kry n belastingvrye uitbetaling aan die einde van u beleggingstermyn

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

DISSIPLINERE KODE VIR STUDENTE DIE JOU SAKGIDS VIR:

Statistieke met een oogopslag

Kan Ons Asseblief in U Nuusbrief of Advertensie Blad adverteer?

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

Vereistes vir Fica. Tipe dokumentasie wat vereis word

EIS OM VERGOEDING INGEVOLGE DIE WET OP MINERAAL- EN PETROLEUM-HULPBRONONTWIKKELING

DIE BEREGTER VIR PENSIOENFONDSE

Bewaar u bestaande aftreespaargeld en laat u belegging verder groei BEWAARDERPLANNE

OM GOD SE WERK DEUR TRINITAS TE ONDERSTEUN

KONSTITUSIE. Van die. Hoedspruit Plaaswag. ( die Plaaswag )

JOU OM VATTENDE VERSEKERINGS- OPLOSSING

Wiskunde Vraestel 1 Vrae Wiskunde Vraestel 1: Vrae. Kopiereg voorbehou

Belastingaankondiging: Aftreefondse

WAT BETEKEN GESLAGSGELYKHEID BINNE N VERHOUDING?

Bewaringsfondsplan. Planbeskrywing

TYGERBERG SKOOLFONDS 2015

Pragtige Koningin Ester

Wiskundige Geletterdheid. Data Hantering. Opsomming van Data. Kwartiele

FAKTORE WAT LEI TOT DIE VEREENSAMING EN ARMOEDE VAN BEJAARDES

TERUG TE VEG GREENLIGHT ERNSTIGE SIEKTE-DEKKING

CAMI EDUCATION. Graad 12 Wiskunde Geletterdheid Vraestel II Rekord eksamen Punte

DIENSKONTRAK MEMORANDUM VAN OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: hierin verteenwoordig deur behoorlik daartoe gemagtig (hierna die WERKGEWER genoem)

Sentraalbeplande stelsel

KLIËNT INLIGTING KLIËNT. Voornaam: Identiteitsnommer / Geboortedatum: Posadres: Kode: Woonadres: Kode: PERSOON AANSPREEKLIK VIR REKENING.

RESPECT 4 U. L e s 1 5. Bespreek hoe om n behulpsame, ondersteunende vriend/vriendin te wees waar geweld is of mag plaas vind

BELANGRIKE KEUSE MET BETREKKING TOT MEDIESE FONDS MET INGANG VAN 1 JANUARIE 2013

GRONDWET. Centurion Kunsvereniging (hierna genoem die Kunsvereniging) Die naam van die Kunsvereniging sal wees CENTURION KUNSVERENIGING.

Handleiding 2. Skep van ʼn webwerf Weergawe 1.0 Februarie 2014 GKSA

Besonderhede van afhanklikes - Aftree/Pensioenfondse

Universiteit Stellenbosch

EBW GRAAD 7. Sê of die volgende stellings waar of onwaar is. (7)

HUWELIKSBELOFTES. Dis die absolute hart van n huweliksbevestiging

Gids vir Werkgewers en Werknemers

INLIGTINGSTUK VRAE EN ANTWOORDE

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2012

Die vrae uit ou vraestelle, toetsvraestelle, en modelvraestelle is individueel gekies en uitgehaal vir

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 FEBRUARIE/MAART 2011

Foto-redigering vir sun.ac.za

Uittree-Annuïteitsplan. Planbeskrywing

eboeke word ontwikkel en gratis verskaf deur die

die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën.

Toets: Tegnologie en die Ontwerpproses

ARBEIDSREG ABR214. T:

DIE RAAD BEHOU DIE REG VOOR OM N KORTING TOE TE STAAN, AL DAN NIE. AFDELING A

Leemte in Suid-Afrikaanse lewens- en ongeskiktheidsversekering is steeds benard

Geldterugvoordeel. Beskikbaarheid

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

Een Stap Dekking. Mediese onderskrywing. Kwalifiserende kriteria/finansiële onderskrywing. Belangrik:

Transcriptie:

LEDEBOEKIE JY SKEP JOU TOEKOMS Jou gids om die Alexander Forbes Retirement Fund te verstaan Hierdie boekie verduidelik hoe jou aftreefonds werk en op watter voordele jy as lid geregtig is. ALEXANDER FORBES RETIREMENT FUND

ALEXANDER FORBES RETIREMENT FUND Oorsig Jou werkgewer het by die Alexander Forbes Retirement Fund aangesluit om werkers spaar- en beleggingsvoordele vir hulle aftrede te bied. Na regte moet jy aan die Alexander Forbes Retirement Fund behoort terwyl jy in diens is van jou werkgewer. Die hoofrede waarom jy aan die Alexander Forbes Retirement Fund behoort is sodat jy genoeg geld kan spaar om eendag wanneer jy aftree-ouderdom bereik en nie meer werk nie, gerieflik van jou aftreegeld kan leef. Hierdie geld sal van die beleggings kom wat die aftreefonds namens jou sal maak. Die fonds kan egter nie waarborg dat jy eendag genoeg geld sal hê om van te leef wanneer jy afgetree het nie. Die fonds gee jou n voorsprong, maar dit is jou verantwoordelikheid om seker te maak dat jy genoeg geld spaar vir jou aftrede. Hierdie boekie sal verduidelik hoe jy dit kan doen. Deur aan die fonds te behoort, beteken dat n bedrag elke maand van jou salaris afgetrek word sodat finasiële kenners dit namens jou op die belggingsmark kan belê. Hierdie geld staan bekend as jou fondskrediet. As die beleggingsmarkte groei, groei die waarde van jou fondskrediet ook. Maar wanneer beleggings daal, sal die waarde van jou fondskrediet ook daal. Die beste manier om genoeg geld vir jou aftrede te maak, is om jou geld vir baie jare te belê en om jou geld oor die langtermyn reg te belê. Jou aftreevoordeel is jou hoofvoordeel in die fonds. Wanneer jy aftree-ouderdom bereik en jou geld uit die fonds onttrek, word dit jou aftreevoordeel genoem. As jy van werk verander en by jou werkgewer en dus die fonds weggaan voordat jy aftree, behoort jou fondskrediet steeds aan jou en dit staan dan bekend as jou onttrekkingsvoofdeel. Een van jou keuses opsies wanneer jy van werk verander, is om jou geld in die fonds te los. Jou geld kan so in dieselfde portefeulje en volgens dieselfde strategie belê bly as voordat jy van werk verander het en jy sal ook dieselfde beleggingsopsies as vantevore hê. Die fonds kan jou ook n lewende annuïteit pensioen betaal. Dit is n buigbare pensioen waar jy kies hoeveel van jou geld jy elke jaar wil trek as n inkomste, maar onthou jou geld kan opraak as jy te veel te gou trek. Hierdie is net n gepaste opsie as jy genoeg geld het om te belê. Jy kom ook deur die fonds vir n doodsvoordeel in aanmerking. Dit is geld wat aan jou gesin uitbetaal sal word indien jy tot sterwe kom terwyl jy nog lid is van die fonds. Afhangende van die reëls van jou afdeling van die Alexander Forbes Retirement Fund, kan jy ook die volgende voordele kry: n ongeskiktheidsvoordeel, wat geld is wat aan jou uitbetaal sal word indien jy ongeskik sou raak terwyl jy lid is van die fonds en nie meer kan werk nie n begrafnisvoordeel, wat sal uitbetaal om te help om die kostes van n begrafnis te dek as jy tot sterwe sou kom terwyl jy lid is van die fonds of as jou lewensmaat of kind sterf. Hierdie boekie verduidelik hoe jou aftreefonds werk en op watter voordele jy as lid geregtig is. Dit verduidelik wat jy sal kry wanneer jy aftree, wat gebeur as jy van werkgewer verander, wat jou gesin sal kry as jy tot sterwe kom, hoe jou fonds bestuur word, hoe jou aftreespaargeld groei en met wie jy in verbinding kan tree as jy hulp nodig het. Inhoud Hoe die fonds werk 3 Hoe jou aftreegeld groei 5 Wat jy kry wanneer jy aftree 5 Wat gebeur as jy van werk verander 7 Wat jou gesin sal kry as jy tot sterwe kom 8 Hoe word jou fonds bestuur 9 Elke lid kry gereelde kommunikasie 10 Wie om te kontak 10 2

LEDEBOEKIE Hoe die fonds werk Hoe om die boekie te lees Die skedule wat jy saam met hierdie boekie kry, wys presies wat jy uit die fonds sal kry wanneer jy eendag aftree, as jy bedank of afgedank word, as jy ongeskik verklaar sou word en as jy te sterwe sou kom. Lees asseblief hierdie boekie en die skedule noukeurig deur sodat jy en jou gesin weet van die voordele waarvoor jy deur die fonds kwalifiseer. Bêre die boekie op n veilige plek sodat jy en jou gesin daarna kan verwys wanneer julle dit nodig kry. Jy s n lid van die Alexander Forbes Retirement Fund Jou werkgewer het aangesluit by òf die pensioenfonds-òf die voorsorgfondsafdeling van die Alexander Forbes Retirement Fund. Mettertyd, indien noukeurig bestuur, sal jou spaargeld in die fonds groei tot een van jou grootse finansiële bates. Dis hoekom dit so belangrik is dat jy seker maak jy verstaan hoe jou fonds werk. Jou fonds is n vaste bydraefonds Die rëels van jou vaste bydraefonds bepaal of beide jy en jou werkgewer, of net jou werkgewer tot die fonds bydra. Dit sal ook vir jou sê watter persentasie van jou salaris jou werkgewer, of jy en jou werkgewer, elke maand tot die fonds moet bydra. Dit beteken n gewaarborgde bedrag geld word elke maand namens jou aan die fonds betaal. Hierdie geld word belê sodat dit kan groei. Jou fonds is n sambreelfonds n Sambreelfonds is n fonds waaraan verskeie onverwante werkgewers behoort sodat al die lede kan baat vind by die voordeel van groot getalle. Een trusteeraad bestuur die fonds. Al die deelnemende werkgewers deel die kostes van die fonds en die verskaffing van voordele. Hierdie besparing beteken dat meer van jou bydraes gebruik kan word om vir jou aftrede te spaar. Bydraes tot die fonds Voor 1 Maart 2016, kon jy tot 7.5% van jou salaris as bydraes tot enige pensioenfonds van belasting aftrek. Jy kon egter nie bydraes tot voorsorgfondse van belasting aftrek nie. Die werkgewerbydrae was aftrekbaar tot n maksimum van 20% van fondssalaris (insluitende mediese fondsvoordele vir elke lid). Vanaf 1 Maart 2016 word bydraes tot pensioenfondse, voorsorgfondse en aftree-annuiteitsfondse vir belastingdoeleindes dieselfde behandel. Jou werkgewer se bydraes word nou as n byvoordeel by jou belasbare inkomste ingesluit. Jy kan n belastingaftrekking eis van tot 27.5% van jou vergoeding of belasbare inkomste, watter een ookal groter is, tot n jaarlikse perk van R350 000. Hierdie perk geld vir alle pensioenfondse, voorsorgfondse en aftree annuïteitsfondse waartoe jy bydra. Beide die lid en werkgewer se bydraes tel vir hierdie belasting-aftrekkingsperk. As jy meer as R350 000 per jaar bydra, sal die deel wat nie aftrekbaar is nie bygetel word by aftrekkings in toekomstige belastingjare en dan aftrekbaar wees as dit binne daardie jaar se perk val. Wanneer jy aftree en daar is nog enige bydraes waarvoor jy nie aftrekkings gekry het nie, sal dit by jou belastingvrye kontantbedrag of bedrag wat jy as pensioen neem gevoeg word. Die skedule wat jy saam met hierdie boekie ontvang het sal vir jou verduidelik watter persentasie van jou salaris jy elke maand tot die fonds bydra. 3

ALEXANDER FORBES RETIREMENT FUND Bydraes is gegrond op jou fondssalaris Jou werkgewer gebruik jou fondssalaris om jou maandelikse bydraes uit te werk. Jou fondssalaris staan ook bekend as jou pensioendraende salaris en is nie noodwendig dieselfde as jou vergoedingspaket nie. Vra jou personeelafdeling wat jou fondssalaris is, want dit bepaal die bedrag wat elke maand namens jou belê word. Jou doods- en ongeskiktheidsvoordele hang ook van jou fondssalaris af. Annuïteit: Ook bekend as n pensioen, dis n voordeel wat n versekeringsmaatskappy in gereelde paaiemente, byvoorbeeld maandeliks, uitbetaal. Jy koop gewoonlik n pensioen wanneer jy aftree sodat jy vir die res van jou lewe n inkomste het. Wanneer jy n pensioen met jou fondskrediet gekoop het, sal jy nie meer enige voordele uit die fonds kry nie. Elke lid het n fondskrediet Jou fondskrediet is die bedrag geld wat in die fonds vir jou gehou word. Dit bestaan uit: jou en jou werkgewer se maandelikse bydraes, minus administrasioefooie en premies vir versekerde voordele soos doods-, ongeskiktheid- en begrafnisvoordele (soos uiteengesit in die reëls van die fonds) enige bedrae wat jy uit n vorige werkgewer se fonds na die fonds oorgedra het die obrengste (minus beleggingsfooie) uit die belegging van jou geld in die fonds. Administrasiefooie is die fooie betaalbaar aan die administrateurs van die fonds vir hulle dienste. Alexander Forbes Life is die administrateur van die Alexander Forbes Retirement Fund. Elke lid kan bykomende vrywillige bydraes maak Bykomende vrywillige bydraes is ekstra bydraes wat jy kan kies om te maak bo en behalwe die maandelikse bydraes wat jy en jou werkgewer reeds tot die fonds maak. Die doel is om jou te help om meer vir jou aftrede te spaar. Hierdie bydraes is opsioneel en die bestuurskomitee van jou fonds moet die fasiliteit aktiveer. Tree asseblief met die Alexander Forbes Individual Advice Centre by 0860 100 983 in verbinding vir finansiële raad oor ekstra bydraes. Reël dan met jou salariskantoor om die ekstra aftrekkings te maak. 4

LEDEBOEKIE Hoe jou aftreegeld groei Wat jy kry wanneer jy aftree Die groei op die portefeuljes waarin jou fondskrediet belê is bepaal hoeveel geld jy sal kry wanneer jy aftree of die fonds verlaat. Die lede dra die belegginsrisiko in die Alexander Forbes Retirement Fund. Dit beteken dat wanneer jou fonds se beleggingsportefeuljes groei, jou fondskrediet ook groei. Maar wanneer die beleggingsportefeuljes n verlies ly, sal die waarde van jou fondskrediet ook krimp. Die groei op die portefeuljes waarin jou fondskrediet belê word, speel n belangrike rol in hoeveel geld jy kry wanneer jy aftree of die fonds verlaat. Jou fondskrediet groei deur sorgvuldige belegging Dis baie belangrik vir elke fonds om n weldeurdagte beleggingsplan te hê sodat jou fondskrediet in die Alexander Forbes Retirement Fund oor tyd kan groei. Die trustees bied n wye verskeidenheid beleggingsportefeuljes om aan die verskillende behoeftes van al die lede te voldoen. Die skedule wat jy saam met die boekie gekry het, sal wys watter beleggingstrategie jou bestuurskomitee gekies het. Jy kan ingaan op www.afonline.co.za om te sien hoe jou beleggings vaar. Alle beleggingsbesluite dra n mate van risiko. Gewoonlik is daar n regstreekse verband tussen die risiko wat jy neem en die obrengs wat jy kry. Hoe groter die risiko, hoe groter kan die obrengs wees oor tyd. As jy n weldeurdagte beleggingsbesluit neem, kan jy die risiko verminder en steeds n goeie obrengs kry. Aandele bied gewoonlik die beste obrengs oor die langduur (meer as vyf jaar) en klop gemaklik inflasie. Maar oor die kort duur (een jaar of minder) is daar die gevaar dat die waarde van jou belegging kan verminder. Kontantbeleggings het kleiner verwagte obrengste oor die langduur. Jou fondskrediet mag oor die kort duur nie waarde verloor nie, maar dis heel moontlik dat die obrengs oor die langduur nie inflasie sal klop nie. Oor die algemeen, wanneer jy vir jou aftrede belê, sal jy in aandele moet belê om n redelike inkomste vir jou aftreejare te verseker. Hoe meer konserwatief jy belê wanneer jy jonger is (byvoorbeeld as jy hoofsaaklik kontantbelggings kies en nie genoegsaam in aandele belê nie) hoe minder is die kanse dat jy genoeg geld sal spaar om gemaklik te leef tydens jou aftrede. Jou aftreevoordele is daar om vir jou n inkomste te gee wanneer jy aftree en nie meer elke maand n salaris kry nie. Aftrede uit die fonds: normale aftrede As jy aan die pensioenafdeling van die Alexander Forbes Retirement Fund behoort, kan jy tot een-derde van jou fondskrediet as kontant neem wanneer jy aftree. Jy moet die res gebruik om n pensioen van n geregistreerde versekeraar te koop. Onthou, jy sal dalk belasting moet betaal op enige kontantbedrag wat jy neem. As jy aan die voorsorgfonds-afdeling van die Alexander Forbes Retirement Fund behoort, kan jy enige deel of jou hele fondskrediet gebruik om n pensioen by n geregistreerde versekeraar te koop. Daar s geen perk op hoeveel kontant jy kies om te neem nie. Onthou, jy sal dalk belasting moet betaal op enige kontantbedrag wat jy neem. Kry n pensioen uit die fonds Jy kan kies om n pensioen uit die fonds te kry. Dit is n lewende annuïteit en nie n gewaarborgde pensioen nie. Daar is baie ander pensioenopsies buite die fonds beskikbaar. Jy kies hoeveel van jou geld jy elke jaar wil trek as n inkomste, maar jou geld kan opraak as jy te veel te gou trek. Volgens wet kan jy elke jaar tussen 2.5% en 17.5% van jou geld trek. Die fonds stel egter interne perke op die bedrag wat jy as inkomste kan kry. Jy kan een maal n jaar, op dieselfde datum as jou afgetreedatum die bedrag wat jy as inkomste kry aanpas. Hierdie soort pensioen laat jou ook toe om geld aan begunstigdes soos jou gesinslede na te laat wanneer jy sterf. Dit is slegs geskik as jy genoeg geld het om te belê. Jy moet minstens R600 000 in die fonds hê, na enige kontantonttrekkings en belastingaftrekkings. As jy wil kan jy kies om op later jou pensioen, buite die fonds, na n gewaarborgde pensioen te verander.! Belangrik: Die beste manier om seker te maak jy t genoeg geld wanneer jy aftree, is om nie kontant uit jou fonds te neem wanneer jy van werkgewer verander nie. Die beste raad is om dit te bly belê vir jou aftreejare, soos verduidelik in die afdeling Wat gebeur as jy van werk verander. 5

ALEXANDER FORBES RETIREMENT FUND Onthou, jy sal dalk belasting moet betaal op enige kontantbedrag wat jy neem. Wat beteken dit? As jy aan die pensioenafdeling behoort As jy aan die voorsorgfondsafdeling behoort VROEË AFTREDE Jy kan vroeg aftree. Jy kan vroeg aftree, tot 10 jaar voor normale aftreedatum, maar nie voor ouderdom 50 nie. Jy moet minstens twee-derdes van jou fondskrediet gebruik om n pensioen te koop. Jy kan vroeg aftree van ouderdom 55 af. Jy kan jou hele fondskrediet of enige deel daarvan gebruik om n pensioen te koop of as kontant neem. SWAK-GESONDHEID AFTREDE Die trustees en bestuurskomitee mag instem om jou vroeg te laat aftee weens swak gesondheid as jy nie meer kan werk nie, maar nie vir n ongeskiktheidsvoordeel kwalifiseer nie. Jy kan op enige ouderdom weens swak gesondheid aftree. As jy vir n kontantbedrag ongeskiktheidsvoordeel kwalifiseer, kwalifiseer jy outomaties vir swak-gesondheid vroeë aftrede. Jy moet minstens twee-derdes van jou fondskrediet gebruik om n pensioen te koop. Jy kan jou hele fondskrediet of n deel daarvan as kontant neem. LAAT AFTREDE Jy kan na normale aftree-ouderdom werk mits jou werkgewer instem. In hierdie geval sal jy of jou werkgewer, of jy en jou werkgewer, aanhou om tot die fonds by te dra totdat jy aftree. Jy moet minstens twee-derdes van jou fondskrediet gebruik om n pensioen te koop. Jy kan jou hele fondskrediet of n deel daarvan as kontant neem. Die fonds sal nie premies aftrek vir enige voordele wat net van toepassing is op lede tot met aftree-ouderdom nie. Dit beteken dat jy moontlik nie meer ongeskiktheid- of begrafnisvoordele sal hê nie, maar jy mag steeds n doodsvoordeel hê. Jou normale aftree-ouderdom word deur jou werkgewer bepaal as die ouderdom waarop jy behoort af te tree. Hierdie ouderdom word uiteengesit in die spesiale reëls van jou fonds en in die bepalings van jou dienskontrak. Jy kan wag voor jy jou aftreevoordeel neem Jy kan die datum kies waarop jy uit jou fonds tree. Dit beteken jy sal op jou normale aftree-datum by jou werkgewer aftree, maar jy kan jou geld in die fonds hou totdat jy kies om die fonds te verlaat. Dit staan bekend as jou uitsteldatum. Onthou jy sal heel moontlik belasting moet betaal op enige kontantbedrag wat jy uit die fonds neem. 6

LEDEBOEKIE Kry finansiële raad Wanneer jy aftree sal jy nie meer lid wees van die Alexander Forbes Retirement Fund nie en sal jy nie enige ander voordele van die fonds kry nie. Dis hoekom dit so belangrik is om versigtig vir jou aftrede te beplan terwyl jy nog werk. Soek raad by n geregistreerde finansiële adviseur wat jou kan help om seker te maak jy spaar genoeg vir jou aftrede. Onthou, wanneer jy eers afgetree het gaan dit baie moeilik wees om die situasie te red as jy nie genoeg geld gespaar het nie. Dit sal waarskynlik te laat wees, tensy jy op die een of ander manier kan aanhou werk. Beplan vooruit, en kry kundige advise. Belasting by aftrede Bel die Alexander Forbes Individual Advice Centre by 0800 100 983 (tolvry) vir finansiële raad. Die belastingtabelle in die skedule wat jy saam met die boekie gekry het, wys hoeveel belasting jy sal moet betaal op enige kontant wat jy onttrek met aftrede. Wat gebeur as jy van werk verander As jy bedank, ontslaan of afgelê word, sal jou volle fondskrediet aan jou uitbetaal word. Opsies wanneer jy die fonds verlaat Wanneer jy die fonds verlaat voordat jy aftree, kan jy: hou jou geld in die fonds jou fondskrediet oordra na n preserveerfonds soos die Alexander Forbes Preservation Fund jou fondskrediet oordra na n aftree-annuïteitsfonds jou fondskrediet oordra na jou nuwe werkgewer se aftreefonds jou fondskrediet as kontant neem nadat belasting afgetrek is. Opsies wanneer jy die Alexander Forbes Retirement Fund verlaat Jy kan meer uitvind oor wat jy met jou aftreespaargeld kan doen wanneer jy van werkgewer verander in die brosjure Opsies wanneer jy die Alexander Forbes Retirement Fund verlaat. Jy kan die brosjure by jou menslike hulpbronne-departement kry of op die AF Online-webblad (www.afonline.co.za). Jy kan dit ook op die fonds se webblad kry by: https://www.alexanderforbes.co.za/afrf/afrfhome.aspx. Finansiële adviseurs stem almal saam dat dit die beste is om jou geld in n aftreefonds te hou elke keer as jy van werk verander. Jy kan belasting uitstel en jou geld laat behoue bly vir jou aftreejare. n Finansiële adviseur sal jou kan help om aan te hou spaar vir jou aftrede. Belastinguitstel Jy kan vertraag om belasting te betaal op jou fondskrediet as jy dit oordra na: die Alexander Forbes Preservation Fund n ander preserveerfonds n aftree-annuïteitsfonds jou nuwe werkgewer se aftreefonds (behalwe as jy uit die pensioenfonds-afdeling na n voorsorgfonds wil skuif dis omdat pensioen- en voorsorgfondse verskillend belas word). As jy kontant uit jou fondskrediet neem, sal jy onmiddellik belasting moet betaal teen die koers wat op jou van toepassing is ten tyde van die onttrekking. Dis ook belangrik om in ag te neem dat as jy kontant uit jou fonds neem wanneer jy van werk verander, jy weer van voor af moet begin spaar vir jou aftrede. Ongeskiktheidsvoordeel: n Voordeel wat uitbetaal indien jy ongeskik verklaar sou word. Dit mag beskikbaar gestel word deur n aparte, maatskappy-polis. In daardie geval sal dit nie uit die Alexander Forbes Retirement Fund betaal word nie. Die premie sal egter nog steeds gebruik word om jou bydrae tot jou aftreespaargeld te bereken. Begrafnisvoordeel: Geld wat betaal word om jou te help betaal vir begrafnisontkostes as jy, of jou metgesel of een van julle kinders te sterwe sou kom. Dit word verskaf deur n aparte maatskappy-polis en word nie uit die Alexander Forbes Retirement Fund betaal nie. Die premie sal egter nog steeds gebruik word om jou bydrae tot jou aftreespaargeld te bereken. As jy jou geld in die fonds hou Wanneer jy bedank, afgelê of afgedank word kan kies dat jou geld in die fonds belê bly. Daar s nie n minimumbedrag geld wat jy gespaar moet hê om in die fonds te bly nie. Jou geld sal belê bly in dieselfde portefeuljes en volgens dieselfde strategie soos toe jy nog gewerk het. Die portefeuljes en beleggingsopsies sal dieselfde wees as vir lede wat werk en tot die fonds bydra. Jy kan jou geld in die fonds hou, maar jy kan nie meer tot die fonds bydra nie. Jy kan wel later geld van n ander werkgewer se fonds of n preserveerfonds na hierdie fonds oorplaas. As jy jou geld in die fonds los wanneer jy van werk verander, kan jy later kies dat jou geld in die fonds aan jou uitbetaal word, maar jy sal dan al jou geld uit die fonds moet onttrek. Jy kan ook kies om later net n deel van jou geld in die fonds as kontant te 7

ALEXANDER FORBES RETIREMENT FUND neem en die res (of jou volle voordeel) na n ander fonds of preserveerfonds oor te plaas, maar jy kan daarna nie weer by die fonds aansluit nie. Die verskil tussen n afhanklike en n genomineerde Hoe om jou geld na die Alexander Forbes Preservation Fund oor te dra Al wat jy hoef te doen om jou fondskrediet na die Alexander Forbes Preservation Fund oor te dra, is om die bepaalde afdeling op Alexander Forbes onttrekkingsform in te vul en n gewaarmerkte afskrif van jou identiteitsdokument aan te heg. Vertel vir jou werkgewer wat jy met jou aftreespaargeld wil doen Dis jou verantwoordelikheid om vir jou werkgewer te vertel wat jy met jou fondskrediet wil doen. Dis belangrik om onafhanklike, kundige finansiële raad te kry om die mees belasting-effektiewe keuse te maak. As jy hulp nodig het kan jy die Alexander Forbes Individual Advice Centre skakel by 0800 100 983 (tolvry). Wat jou gesin sal kry as jy te sterwe kom Afhanklike: Enigiemand wat jy volgens wet finansieel moet onderhou of enigiemand wat jy nie wettig hoef te onderhou nie, maar wat wel finansieel van jou afhanklik is. Dit sluit in jou wederhelf en alle biologiese en aangenome kinders. Genomineerdes: Mense of organisasies wat jy nomineer (skriftelik kies) op jou nominasie van begunstigdes-vorm om te deel in jou doodsvoordeel hulle is nie wetlike of feitelike afhanklikes nie. Wederhelf: Jou wederhelf is die persoon met wie jy getroud is ingevolge die wette van Suid-Afrika, jou godsdienswette, n tradisionele troue of die persoon met wie jy saamwoon in n langtermynverhouding. Jou gesin sal n voordeel uit die fonds kry as jy te sterwe kom. As jy sterf terwyl jy vir jou werkgewer werk, sal jou begunstigdes n bedrag kry wat bestaan uit: jou fondskrediet die versekerde voordeel uiteengesit in die skedule wat jy saam met hierdie boekie gekry het (waar van toepassing). Dié geld staan bekend as jou doodsvoordeel. Die doodsvoordeel sal belas word voordat dit uitbetaal word. Die belastingbedrag en die manier wat die voordeel uitbetaal word sal afhang van die belastingwetgewing ten tyde van jou dood. Die belastingkoers vir doodsvoordele is dieselfde as vir kontantontrekking by aftrede. Vir eer inligting, lees asseblief die brosjure, Opsies wanneer jy die fonds verlaat, beskikbaar van jou menslike hulpbronnedepartement of aanlyn by www.afonline.co.za of die fonds se webtuiste https://www.alexanderforbes.co.za/afrf/afrfhome.aspx. Hoe jou doodsvoordeel uitgedeel word Vul jou nominasie van begunstigdes-vorm in. Die vorm is nie n testament nie, maar n uitdrukking van jou wense. Die trustees sal die besonderhede op die vorm gebruik as n riglyn wanneer hulle bepaal hoe om jou doodsvoordeel uit te deel. Hulle is wetlik verplig om jou doodsvoordeel regverdig te verdeel met die doel om vir al jou afhanklikes te sorg. Hou jou nominasie van begunstigdes-vorm op datum sodat die trustees maklik kan vasstel wie jou afhanklikes en genomineerdes is. As jou nominasie van begunstigdes-vorm oud of onvoltooi is, kan die trustees se bepaling anders wees as wat jy sou wou hê met jou doodsvoordeel moet gebeur. Dis omdat dit n uitdrukking van jou wense is en nie n wetlik bindende dokument is nie. Dis hoekom dit so belangrik is om die vorm by te bring met elke lewensverandering (soos wanneer jy trou, skei of met die geboorte van n kind). Jy kan die vorms by jou menslike hulpbronne-departement kry of aanlyn by www.afonline.co.za. Wanneer jy dit bygebring het, stuur dit terug aan jou menslike hulpbronnedepartement om dit op jou personeellêer te hou of voltooi dit aanlyn by www.afonline.co.za. Die wet bepaal dat die trustees van die fonds besluit hoe jou doodsvoordeel tussen jou afhanklikes en genomineerdes verdeel moet word. Hulle moet vasstel wie almal jou afhanklikes is en die bedrag regverdig verdeel. Hulle sal jou nominasie van begunstigdes-vorm in ag neem en die bestuurskomitee van jou fonds kan hulle help met inligting, maar die trustees maak die finale besluit. 8

LEDEBOEKIE Hoe word jou fonds bestuur Die trusteeraad bestuur die sambreelfonds. Elke deelnemende werkgewer het sy eie bestuurskomitee. Beide die trusteeraad en die bestuurskomitee moet lede se belange beskerm. Die trusteeraad Die trustees bestuur die fonds ingevolge die wet en die algemede reëls van die fonds. Die trustees bestaan uit: drie interne trustees wat deur Alexander Forbes aangestel word drie eksterne beroepstrustees wat onafhanklik is van Alexander Forbes en wat vaardighede, kennis en ondervinding van verskillende aspekte van die aftrteefondsbedryf het. Die trustees besluit ook op die reeks van beleggingskeuses om aan die verskillende behoeftes van die fonds se lede te voldoen. Jou fonds se bestuurskomitee kies dan uit hierdie wye reeks die mees geskikte opsies vir hulle lede. Al die besonderhede van jou fonds se beleggingsportefeuljes is in die skedule wat jy saam met hierdie boekie gekry het. Die bestuurdkomitee Jou bestuurskomitee bestaan uit werkgewer-aangestelde en lidverkose verteenwoordigers van jou werkgewer. Hierdie verteenwoordigers is verantwoordelik vir die dag-tot-dag bestuur van jou werkgewer se deel van die Alexander Forbes Retirement Fund. Die trusteeraad gee riglyne aan die bestuurskomitee en die bestuurskomitee help die trusteeraad met hulle verpligtinge. Byvoorbeeld, die bestuurskomitee besluit hoe jou bydraes belê moet word, kies die versekeraar vir jou doods-, ongeskiktheids- en begrafnisvoordele (waar vantoepassing) en help met doodsvoordeel-ondersoeke. Die bestuurskomitee maak ook seker dat jy die fondskommunikasie kry. Die fonds se konsultante en administrateurs Die trustees het Alexander Forbes Life aangestel om advies te verskaf, die fonds te bestuur, bates te belê en uitbetalings aan lede te maak. Die reëls van die fonds Daar s n stel reëls wat op al die lede van die Alexander Forbes Retirement Fund van toepassing is. Die trustees stel die reëls op wat bepaal hoe die fonds werk en gee ook n raamwerk vir al die fondsaktiwiteite. Daar s ook n stel spesiale reëls vir jou deelnemende werkgewer se deel van die fonds. Die bestuurskomitee stel die spesiale reëls vir daardie deel van die fonds op. Die spesiale reëls bepaal wie by die fonds kan aansluit, bydraekoerse, versekerde voordele, normale aftree-ouderdom en ander kwessies uniek aan jou werkgewer se deelname aan die fonds. Besigtig die fonds se reëls In hierdie boekie kan ons nie die volle besonderhede gee van hoe die fonds in elke situasie sal werk nie. Ons probeer om die boekie so akkuraat en maklike verstaanbaar as moontlik te maak. As daar enige verskil is tussen die inligting in hierdie boekie en die fondsreëls, sal die reëls altyd reg wees. Jy het die reg om per afspraak die fonds se reëls te besigtig. Jy kan dit by jou werkgewer se hoofkantoor of die geregistreerde adres van die fonds doen. Jy sal die geregistreerde adres van die fonds aan die einde van hierdie boekie kry. As daar n dispuut is, sal die dispuutresolusiemeganisme van die fonds geld. 9

ALEXANDER FORBES RETIREMENT FUND Elke lid kry gereelde kommunikasie Wie om te kontak Dis belangrik om soveel as moontlik oor jou fondskrediet in die Alexander Forbes Retirement Fund te weet en op hoogte te bly van enige veranderinge in die aftreefondsbedryf wat jou aftreebeplanning kan raak. Jy kan dit doen deur die gereelde fondsnuusbriewe en state te lees. AF Online inligting op die punte van jou vingers Jy kan registreer vir Alexander Forbes se aanlyndiens by www.afonline.co.za. Met AF Online het jy toegang tot die jongste fondsinligting net wanneer jy dit nodig het. Kry registrasiebesonderhede van die Alexander Forbeskontaksentrum by 0800 001 510. Lys van kommunisie wat jy as lid van die fonds sal kry 1 Voordelestaat Eenmaal per jaar sal jy n voordelestaat kry wat jou lidmaatskapbesonderhede wys en hoe jou voordele bepaal word as jy sou bedank, aftree of ongeskik verklaar sou word. Dit wys ook wat jou gesin sal kry as jy te sterwe sou kom terwyl jy nog lid van die fonds is. As jy enige vrae het oor die fonds of voordele, skakel asseblief met jou menslike hulpbrond-departement of: bel die Alexander Forbes-kliënte kontaksentrum by 0800 001 510 Maandag tot Vrydag tussen 08:30 en 17:30 stuur n epos aan afrfqueries@aforbes.co.za stuur n faks na 011 263 2260. Fondsnaam: Alexander Forbes Retirement Fund Finansiële Diensteraad registrasienommer: 12/8/34768 (Pensioen-afdeling) 12/8/34766 (Voorsorg-afdeling) Geregistreerde adres: Alexander Forbes, West-straat 115, Sandton Belangrik: Hierdie boekie is vir algemene inligtingsdoeleindes saamgestel en is nie bedoel om te dien as die soort finansiële advies soos uiteengesit in die Wet op Finansiële Advies en Tussengangerdienste, 37 van 2002 nie. Alexander Forbes, die fonds, die trustees en hulle agente kannie aanspreeklik gehou word vir enige skade of verlies gely as gevolg van enige aksie wat jy neem gegrond op inligting in hierdie boekie of gesprekke daaroor nie. 2 Projeksiestaat Die projeksiestaat wys verskillende beraamde bedrae van hoeveel geld jy waarskynlik sal spaar. Dit help jou om jou aftreebeplanning te doen. Dit wys net geraamde bedrae, nie gewaarborgde bedrae nie. Dit is ook elektronies beskikbaar as jy vir AF Online registreer. 3 Beleggingstate (as jou bestuurskomitee dit kies) Jy sal dit kwartaalliks kry, op jou werkgewer se herdenkingsdatum. Dit wys hoe jou beleggings vaar en hoeveel geld jy elke drie maande in jou fondskrediet het. Jy kan in die skedule wat jy saam met die boekie gekry het kyk vir jou werkgewer se herdenkingsdatum. 4 Trusteeverslag Hierdie verslag gee n oorsig van wat deur die vorige jaar met die fonds gebeur het, wie die trustees is, asook enige veranderinge in aftreefondswetgewing wat jou fonds kan raak. 5 Nuusbrief (AFRFinfo) Elke drie maande sal jy n nuusbrief kry vol artikels oor geldsake en nuus oor die fonds. 10

LEDEBOEKIE 11

HEAD OFFICE SANDTON Alexander Forbes 115 West Street, Sandtion PO Box 787240, Sandton, 2146 Tel: +27 (0)11 269 0000 Fax: +27 (0)11 263 2785 PRETORIA Alexander Forbes House 189 Clark Street, Corner of Fehrsen, Brooklyn, Pretoria PO Box 2435, Pretoria, 0001 Tel: +27 (0)12 452 7000 Fax: +27 (0)12 452 7741 STELLENBOSCH 40 Dorp Street, Stellenbosch PO Box 501, Stellenbosch, 7599 Tel: +27 (0)21 809 3600 Fax: +27 (0)21 886 4432 DURBAN Alexander Forbes Place, 10 Torsvale Crescent, Torsvale Park La Lucia Ridge Office Estate, La Lucia KwaZulu-Natal PO Box 782, Umhlanga Rocks, 4320 Tel: +27 (0)31 573 8000 Fax: +27 (0)31 573 8311 EAST LONDON Shortmill House, 1st Floor, Quarry Office Park, Quartzite Drive, Selborne, East London PO Box 19367, Tecoma, 5214 Tel: +27 (0)43 701 4800 Fax: +27 (0)43 721 0028 CAPE TOWN Block A, The Boulevard, Searle Street, Woodstock, Cape Town, 7925 PO Box 253, Cape Town, 8000 Tel: +27 (0)21 401 9300 Fax: +27 (0)21 415 5580 PORT ELIZABETH 256 Cape Road, Newton Park, Port Elizabeth PO Box 27972, Greenacres, 6057 Tel: +27 (0)41 392 8300 Fax: +27 (0)41 392 8792 Alexander Forbes Communications. Photos: Gallo Images 11808-AFRF-MB-Afri-2016-06