CLOSTRIDIUM BOTULINUM Annelien Pienaar Ek het onlangs n praatjie op Pretoria Fm gedoen oor Bottellering en gehoor van n mamma wat ver swanger was en die baba verloor het omdat sy gebottelde aartappelslaai op n kamp geëet het. Die mamma was self vir baie lank in ICU Dus wil ek net mense inlig oor die gevaar van pasta slaai en aartapppelslaai wat gebottel word. Groete Annelien CLOSTRIDIUM BOTULINUM Hoe die Canner werk 1. WAT IS CLOSTRIDIUM BOTULINUM? Clostridium Botulinum (groep naam vir paar bakteriee saam) die gevaarlikste is. Die toksiene wat deur die bakteriee veroorsaak word lei tot die verlamming van die senuwee stelsel. Die bakterie groei sonder suurstof en met gemak op voedsels wat n lae suurinhoud het en dit is wat dit so gevaarlik maak. 2. WAARDEUR WORD DIT VEROORSAAK? Tuis bottellering of preservering wat nie oordeelkundig toegepas is nie en swak higieniese praktyke. Dit kom natuurlik op alle plante en ook vleis voor. 3. SIMPTOME
Dubbel visie, verswakte spraak en droë mond, sukkel om te sluk, spier aksies is vertraag. As die infeksie nie betyds opgetel word nie gaan die longe wat ook n spier is nie meer kan suurstof toevoer na die liggaam gee en dood is tot gevolg. Infeksie simptome word getoon tussen 8 en 36 uur na inname. Gevalle al na 10 dae aangemeld. Diagnose kan baie lyk soos beroerte of Guillain-Barre. Bloedtoetse moet gedoen word om die bakterie se teenwoordigheid te bevestig. BEHANDELING Met n teenmiddel, resperator in erge gevalle en herstel proses kan maande na n jaar neem. 4. HOE KAN BOTULISME VERHOED WORD? Voedsel soorte met n lae suur inhoud wat gebottelleer word, moet in n spesiale druk koker (Canner) berei word. Die bakterie moet tussen 115 120 C verhit word om die bakterie te dood of die telling na aanvaarbare vlakke te neem. Dit kan ongelukkig net in n Canner gedoen word. Die pot het klampe wat oor die kante in haak en dan ekstra versterkings sodat die deksel nie kan afskiet nie. Die bottel word met die groente of vleis in direk in die canner gesit en dan deur die verhittings proses gesit. Voorbeelde van lae suur groente wat problematies kan wees is groenbone, aspersies, mielies en beet, alle soorte vleis. DIE GROOT FAKTORE OM IN GEDAGTE TE HOU BY BOTULISME IS a. Temperatuur (120 C en hoër), toerusting: Canner. b. ph (4 4.5), toerusting: ph meter. c. Water aktiwiteit (sout en suiker), toerusting: saline meter en ph meter. d. Redox potensiaal (suurstof beskikbaarheid). e. Preserveermiddels: suur, sout, suiker. f. Kompeterende mikro-organismes. Met hiedie faktore ingedagte speel sout en ph n belangrike rol in die inhibering of voorkom groei van die bakterieë METODES VIR PRESERVERING WATERBAD METODE
Hier gaan ek die toepassing van die waterbad bespreek in n resep, grootte van bottel, vs tyd, ph ens. Geskik vir voedsel soorte met hoë suurinhoud. Dus lae ph (4 4.5) Temperatuur:100 C. Nie geskik vir voedsels soos vleis en lae suur inhoud. Voedsel ph moet 4 4.5 wees Moet in 2 3 cm waterbad by 100 C gedoen word, stoompot sonder druk proppie op. JONG BEET ONGEPEKEL RESEP Vars beet 1 kg jong beet gekook en geskil heel of gesny Vir elke 500 ml fles voeg 1 ml sout (opsioneel 5 ml suiker en 5 ml asyn by) METODE 1. Hou bottels in kokende water met die deksels totdat dit nodig is vir gebruik. 2. Sit genoeg beet in die flesse en sprinkel die regte hoeveelheid sout en as jy suiker en asyn gebruik by. 3. Vul die houer aan met water, maak seker dat al die lug borrels verwyder is. 4. Skroef die deksels toe totdat jy voel dit sluit met die hand, moenie te vas draai nie. 5. Plaas in kastrol wat n lappie onder in het sodat die bottels nie in direkte kontak met die bodem kom en moontlik dalk kan ontplof nie. Die bottels mag ook nie aan mekaar raak nie. As jy draadrakkies het met afskortings is dit reg, anders sit lappies om. 6. Vul die bottels tot 5 cm bokant die deksels en hou aan om die water met kokende water aan te vul vir 3 uur 30 minute. 7. Verwyder flesse en draai deksel dadelik weer styf toe. 8. Laat om af te koel en die deksels moet ingeduik wees. CANNER VS STOOMPOT GAAN DIESELFDE BESPREEK WORD SOOS VIR WATERBAD Alle voedsels, maar die beste opsie vir voedsels met lae suurinhoud.
Preserveer by 115 120 C, alle bakteriee dan gedood. TAMATIE EN SELDERY PASTA SOUS RESEP 10 kop tamaties ontvel en in stukke gesny 10 kop seldery in stukkies gesny ½ kop basillie kruid sout en peper na smaak METODE 1. Hou bottels in kokende water met die deksels totdat dit nodig is vir gebruik. 2. Meng die bestanddele saam en kook vir 5 minute in n kastrol. 3. Skep in vooraf gesteriliseerde flesse so 2.5 cm vanaf die bo rant. Kyk vir lugblasies en gebruik n plastiese deegskraper om in die rondte te gaan om borrels uit te kry. 4. Voeg in elkeen van die 6 bottels ½ t sout en 1t basillie. Vee die nekke af met nat lappie. 5. Skroef die deksels met die hand vas, die deksel moet net sy hak maak, nie styf vas nie, lugborrels moet self nog kan uit tydens die hoë druk metode. 6. Plaas die bottels in die Canner en vul aan met water, elke Canner se Fabrikant het verskillende voorskrifte oor dit, lees jou boekie. 7. Maak die deksel toe en laat die water kook, maak druk gaatjie toe en kook 30 minute. Laat afkoel tot die druk verlaag na 0 pascal. Laat nog 2 minute staan voordat dit oop gemaak word. 8. Lig die bottels uit en laat behoorlik afkoel. 9. Die deksels moet ingeduik wees anders moet die wat nie reg geseel het, dadelik gebruik word. 10. Maak 6 x 500 ml botteltjies ALGEMENE INLIGTING http://ozfarmer.com/pressure-canning-bottling RESEPTE http://www.freshpreserving.com/recipes http://www.bernardin.ca/pages/recipe_page/51.php?pid=203
BRON: Boerekos met n Twist