Die geskiedenis van onderstokke in Suid-Afrika (Deel 3)

Vergelijkbare documenten
Die geskiedenis van onderstokke in Suid-Afrika (Deel 6)

Bloubuffelgras (Cenchrus ciliaris)

D E P A R T M E N T of AGRIC ULTURE Provincial Government of the Western Cape

SOILL PRODUSENTE NUUSBRIEF

KAN SUID-AFRIKA SE GRAANBOERE OORSEE MEEDING? DEUR DR PHILIP THEUNISSEN COMPUTUS BESTUURSBURO

September 2013 No. 55

Vraag 1: Wat is bevolkingsdigtheid? Bevolkinsdigtheid is die meting van hoeveel mense daar in n gebied is.

BEVOLKINGS GEOGRAFIE

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur

SOILL PRODUSENTE NUUSBRIEF

Weeklikse Marksiening 16 April 2012

SUID-AFRIKAANSE WYNOESVERSLAG 2003

Die klimaat van SA: Temperatuur

Afdeling A: Ekonomiese stelsels

Foto-redigering vir sun.ac.za

Vog in die Atmosfeer en Neerslae

Die Suid-Afrikaanse aartappelbedryf in perspektief in 2015

Les 14: Entrepreneurskap

Risikoprofielsamestelling op SanPort ipad- app

Statistieke met een oogopslag

Hoofstuk 5: Ekonomiese sektore

VALS DRAADWURM RIG SKADE AAN Izané Leygonie-Crous

KAN MIELIES WINSGEWEND GEPRODUSEER WORD? DEUR DR PHILIP THEUNISSEN COMPUTUS BESTUURSBURO

BESTUURSINLIGTING VOORUITSIGTE VIR GRAANGEWASSE LYK GOED. Posbus 1615 Bethlehem, 9700 Tel/Faks: (058)

AGRI-TREAT. n Revolusionêre water ontsmettingsmiddel vir drupperlyne en alle verwante besproeiingstoerusting in die landboubedryf.

VLEISINVOERE VANAF NAMIBIË GERHARD SCHUTTE OOS-KAAP RPO JAARVERGADERING 20 MEI 2015

Willem Burger, Departement van Landbou: Wes-Kaap, Landbou-Ekonoom, Program Ondersteuning van Landbouers, Eden Distrik, George

Maart No. 69 INVLOED VAN ONKRUIDDODERS OP OPVOLGGEWASSE Chris Cumming PNS Konsultant

KAN N MIELIE MET N HAMBURGER KRAGTE MEET? DEUR DR PHILIP THEUNISSEN COMPUTUS BESTUURSBURO

Landboudienste. Akkerboukundige wenke vir 2011/12. Augustus SENWES INLIGTINGSESSIE: Johan van Tonder

SKOOL Eksamen - Gr 7 - EBW 3 Desember 2010

DIE VOEDING VAN VERVANGINGSVERSE, DROË KOEIE EN BULKALWERS

Die Vestiging van Canola en Bemestingsriglyne

20. Biodiversiteit: die biome van die planeet Aarde

Les 11: Tegnologie in die sake-omgewing

Wiskundige Geletterdheid. Data Hantering. Opsomming van Data. Kwartiele

SOILL PRODUSENTE NUUSBRIEF

HANDLEIDING LANDBOUBESTUURS- GRAAD 10

Elektriese Stroombane

AGRI-TREAT 300. n Revolusionêre water ontsmettingsmiddel vir drupperlyne en alle verwante besproeiingstoerusting in die landboubedryf.

KLASTOETS GRAAD 11. LEWENSWETENSKAPPE: HOOFSTUK 12 Toets 6: Die mens se invloed op die omgewing

UITVOERPRESTASIE VAN DIE SUID-AFRIKAANSE SUIWELBEDRYF, FAKTORE WAT DIT BEÏNVLOED

HOOFSTUK 5 SAMEVATTING, GEVOLGTREKKING EN AANBEVELINGS

Prysvorming deur vraag en aanbod

SPEKTRALE WEERKAATSING VAN PLANTEGROEI, GROND EN WATER LWR314

BEMESTINGSRIGLYNE VIR CANOLA IN DIE WINTERREëNSTREEK

FAKTORE EN VEELVOUDE

- Die belangrikheid van n effekiewe wortelstelsel en wortelonwikkeling.

Ingevolge artikel 185 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 55 van 1995, het elke werknemer die reg om nie onbillik ontslaan te word nie.

Les 7: Uitdagings vir die Suid-Afrikaanse ekonomie

Geagte graad 9-Ouer/Voog en leerder VAKKEUSES VIR VOO-FASE

Boer vooruit met Russiese koringluis weerstandbiedende cultivars

SA INKOMSTEVERDIENERS MET R MILJARD ONDERVERSEKER VIR DOOD EN ONGESKIKTHEID

1. Gee TWEE voorbeelde van elk:

Praktiese punte vir Canola produksie Bemesting van Canola Slak- en Insekbeheer Swambeheer Opbrengseffekte Risiko van Canola in kort rotasie.

SOILL INLIGTINGSBRIEF - AUGUSTUS 2013

BEKALKING EN 20 BEKALKING EN KALKSTOWWE

Oos-Vrystaat kultivarproef onder droëlandtoestande op Warden in 2014/2015 Verwerkingsaartappels

Kom ons kyk nou gou net na die getalle van nul to by 999 en selfs groter, as n hersiening van plekwaardes. Bewerkings met telgetalle

Analise van arbeid en kapitaal in die aartappelproduksieproses

Ignition Munt en Die Ignition Netwerk Ontwerp vir Waarde, Volhoubaarheid, en Groei

NATIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRADE 11

Leemte in Suid-Afrikaanse lewens- en ongeskiktheidsversekering is steeds benard

(insluitende nie-dodelike en dodelike metodes) sal mettertyd help om veeverliese te verminder.

SUID-AFRIKAANSE WYNOESVERSLAG 2009 Inligting verskaf deur VinPro en SAWIS Saamgestel en geskryf deur Romi Boom

WAARSKUWINGS VOORSORGMAATREËLS

Mondstuk van die canolawerkgroep

Die horisontale as verteenwoordig die invoerveranderlike en die vertikale as die uitvoerveranderlike, en die twee asse sny by n gesamentlike nulpunt.

PLANT PARASITIESE AALWURMS OP MIELIES

CLOSTRIDIUM BOTULINUM

Wildbyvoeding se voor- en nadele. Craig Shepstone

Onderwerp 2: Die eerste boere in Suid-Afrika

TAAK 3: BEVOLKINGSTRUKTUUR (BL )

eboeke word ontwikkel en gratis verskaf deur die

SSG 564 het 'n aanvanklike regop groeiwyse en redelike stoelvermoë en kan teen 'n plantdigtheid van kg/ha geplant word.

Ontwikkeling van die luistersiklus. n Hulpmiddel

Oos-Kaap kultivarproef onder besproeiing op Hankey in 2015

Dit volgens die wingerdkonsultante van VinPro, die verteenwoordigende organisasie vir nagenoeg Suid-Afrikaanse wynprodusente en kelders.

2014 SUID-AFRIKAANSE WYNDRUIFSEISOEN SEISOENSOORSIG (WINTER & LENTE 2013) EN OESVERWAGTINGE Oktober 2013

KLASTOETS GRAAD 11. LEWENSWETENSKAPPE: HOOFSTUK 10 EN 11 Toets 5: Diversiteit van diere in Suid-Afrika en biogeografie

MAKRO-EKONOMIESE IMPAK VAN DIE WYNBEDRYF OP DIE WES-KAAP

BELASTINGVRYE PLAN Kom ons kry Suid-Afrika aan die spaar.

Soos verskaf deur Sawis, in samewerking met VinPro Konsultasiediens saamgestel deur ROMI BOOM.

KAAP AGULHAS MUNISIPALITEIT WERKNEMERBYSTANDBELEID

Limpopo kultivarproef onder besproeiing op Tom Burke in 2015

Opgradering van Oracle PeopleSoft Studente-, Finansies-, HR- en CRM- stelsels. 1. Agtergrond

VRYWARINGSVORM VIR JEUGKAMP:

RESPECT 4 U. L e s 1. Jou vermoëns en sommige van jou verwagtinge en drome indentifiseer

Doel. Agtergrond. Bid dat... Begroting... R1,2 miljoen sal dit moontlik maak dat daar in 2011 met hierdie projek voortgegaan kan word.

Presisieboerdery => Volhoubaarheid?? Aangebied deur: Cobus Burger. Onafhanklike adviseurs vir volhoubare landbou

Groepsdruk kan sowel negatief as positief wees. Goeie maats is dié wat n positiewe invloed op jou gedrag het

WENKE VIR SKEERSELVOORBEREIDING OM DIE MEESTE EKONOMIESE VOORDEEL TE TREK AJ Aucamp, JL Venter, Jakes Muller (CWSA)

SUID-AFRIKAANSE WYN OESVERSLAG 2018

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Gids vir Byvoordele eise

Sanlam. Ernstige Siektevoordele. Oktober is Borskankerbewustheidsmaand. Statistieke van die voorkoms van borskanker in Suid-Afrika.

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

SUID-AFRIKAANSE WYN: OESVERSLAG Kleiner, hoë kwaliteit wyndruifoes van vroeë seisoen BEDRYFSTENDENSE

Vraag 1: Danse in Verskillende Kulture Beantwoord die vrae gebaseer op die foto's langs die vrae.

Jou brein fokus op oorlewing. Wat het dit met gesonde eetgewoontes te make?

Transcriptie:

Die geskiedenis van onderstokke in Suid-Afrika (Deel 3) Sleutelwoorde: Seleksie, onderstokke, droogte, aalwurms, swamme, brak, natheid. andrew teubes Voor-Groenberg Kwekerye Hierdie is die derde artikel oor die geskiedenis van onderstokke in Suid-Afrika. Die klem val op die seleksiekriteria om die mees geskikte onderstok vir n bepaalde perseel te vind. Ander oorwe gings benewens die onderstok se eienskappe speel n belangrike rol by die finale besluit. Seleksiekriteria vir onderstokke Weerstand teen filloksera was die eerste en vernaamste prioriteit vir Europese telers, maar ander ewe belangrike eienskappe was geredelike voortplanting, wat bewortelingsvermoë en entaffiniteit met Vitis vinifera-spesies ingesluit het. Nog n belangrike parameter was aanpasbaarheid by die grond wat betref weerstand teen kalkgeïnduseerde chlorose, vanweë die kalk-gebaseerde oorsprong van die grond in die grootste dele van Europa en die Mediterreense streek. Droogtebestandheid was die volgende belangrike faktor, veral in die suide van Frankryk en Italië, die Mediterreense eilande en die noord- Afrikaanse kus. Bogenoemde was die vernaamste seleksiekriteria wat deur telers gebruik is om die Europese wingerde weer te hervestig. Nog ander sou volg. Die meeste onderstokke is tussen 1875 en 1910 in Europa geteel (hoofsaaklik in Frankryk en Italië). Tydens hierdie periode is onderstokke wat weerstand teen filloksera, kalk en droogte kon bied, na lande in die Nuwe en Ou Wêreld waar wingerdbou beoefen is en uitbrake van filloksera voorgekom het, uitgevoer. Bestandheid teen aalwurms het belangrik geraak in die VSA, veral in die binnelandse wingerdbougebiede in die San Joaquin-vallei in Kalifornië waar die dolk-aalwurm, Xiphinema index, netelblaarvirus met katastrofiese gevolge vir druiweproduksie oordra. Die teling van onderstokke in Kalifornië fokus sedert die jare 1940 vernaamlik op die ontwikkeling van onderstokke wat teen aalwurms en netelblaar bestand is. Suid- Afrikaanse onderstokteling en -seleksie het amptelik in 1949 begin en in Australië in die middel van die jare 1960, terwyl n nuwe teelprogram vir onderstokke in Duitsland in 1990 begin het. Die soektog na onderstokke wat by plaaslike toestande aanpasbaar is, duur voort. Dit is n komplekse besluit om te bepaal watter onderstok by uitstek geskik vir n bepaalde wingerdperseel is en dit vereis goeie tegniese kennis van onderstok-eienskappe. Dit sluit in: Bestandheid teen filloksera. Bestandheid teen droogte. Bestandheid teen verskillende aalwurmspesies. Bestandheid teen ondergrondse natheid ( nat voete ). Bestandheid teen grond-gedraagde swamme soos Phytophora cinnamomi. Bestandheid teen kalk-geïnduseerde chlorose (hoë grond ph wat met vry kalk in die grond geassosieer word). Bestandheid teen brak grondtoestande. Bogenoemde kan egter nie ten koste van ander ewe belangrike oorwegings (soms selfs belangriker) gebruik word nie. Dit sluit in: Aanpasbaarheid by die grond. Beskikbaarheid van besproeiingswater. Keuse van bostok kultivar. Geïnduseerde groeikrag in bostok kultivar. Verwagte opbrengs (ton/ha). FOTO 1. Tipiese simptoom van kalk-geïnduseerde chlorose op Autumn Royal.

Wyngehalte parameters. Klimaatsindikators (somertemperature en relatiewe humiditeit). Bogenoemde kriteria moet in samehang met ondervinding van plaaslike toestande gebruik word. Daar is geen plaasvervanger vir ondervinding wanneer dit by die keuse van die mees geskikte onderstok kom nie. Aanpasbaarheid by die grond Fisiologiese en anatomiese verskille tussen onderstokke het n bepalende invloed op hul vermoë om by verskillende grondtoestande aan te pas. Telers het baie vroeg reeds tot die besef gekom dat dieselfde onderstok nie universeel op alle grondsoorte gebruik kan word nie. Hierdie onthulling ten opsigte van die ontwikkeling van onderstokke het die telers hoofbrekens gegee en die noodsaaklikheid van voortgesette teling beklemtoon. Verskille in die prestasie van onderstokke is minimaal onder perfekte grondfisiese en -chemiese toestande. Verskille word slegs geopenbaar wanneer grondtoestande meer marginaal is. Beperkende faktore wat die onderstok se prestasie beïnvloed, sluit in vlak of gekompakteerde gronde, grond wat laag is in organiese materie inhoud, asook die voorkoms van brakheid, swak dreinering en uitermatige hoeveelhede kalk. Fisiese grondeienskappe wat die prestasie van onderstokke beïnvloed, sluit in grondtekstuur (komposisie van sand, slik en klei), grondstruktuur, waterretensievermoë, effektiewe diepte en wisselende watertafel. Chemiese faktore van die grond sluit in die teenwoordigheid van braksoute, vry kalk en lae ph-toestande, wat veral in die kusstreek wingerdgebiede van Suid-Afrika voorkom. Vordering in grondvoorbereidingstegnieke in die jare 1970 het die grond se potensiaal dramaties verhoog deur effektiewe gronddiepte (en interne dreinering) te verhoog en daarmee saam die wingerdstok se vermoë om weerstand teen ongunstige toestande, veral droogte, te bied. Talle gronde wat voorheen as te marginaal vir druiweproduksie beskou is, het vervolgens geskik geraak. Diep aanwending van chemiese ameliorante soos kalk (vir suur gronde), gips (vir brak toestande) en fosfor het grondpotensiaal verder verhoog. Die bekendstelling van diep grondvoorbereidingstegnieke het onmiddellik beteken dat gronde vir n wyer reeks onderstokke geskik was. Wingerdbou in Suid-Afrika, veral in die kusstreek, word op uiters ou geologiese formasies in n baie gevorderde toestand van verwering beoefen. Die meeste gronde is laag in organiese materie inhoud wat, tesame met die fyn tekstuur van die bogrond en swaar FOTO 3. Hierdie lae potensiaal Westleigh-grondsoort met n hoë watertafel sal n onderstok met hoë groeikrag en goeie affiniteit met ondergrondse nattigheid vereis. (foto: KWV Voorligtingsdiens) FOTO 2. Hoë potensiaal diep rooi Hutton-grondsoort in Stellenbosch sal hoë groeikrag induseer. FOTO 4. Hierdie dupleks grond in Elim (Estcourt-grondsoort) sal interne dreinering vereis en n onderstok met vlak wortels wat ondergrondse nattigheid en brak toestande kan hanteer.

(foto: Coenie Snyman, Rust en Vrede) FOTO 6. Suksesvolle droëland boerdery vereis n onderstok met n goed vertakte wortelstelsel en groeikrag wat tot diep in die grondlae kan indring. FOTO 5. Hierdie uiters brak grond vereis n onderstok met uitsonderlike weerstand teen brak toestande. klei ondergrond, die risiko van kompaktering verhoog. Bepaalde gronde (veral dié met n granietagtige oorsprong) kompakteer natuurlik, terwyl ander sensitief is vanweë meganiese aksies (ploeglae, trekkerwiele, ensovoorts). Lae ph-gronde het n natuurlike neiging om relatief maklik te kompakteer, terwyl kalkryke gronde met phwaardes bo 7.5 (in kaliumchloried gemeet) dit normaalweg nie doen nie. Geologies jonger, minder verweerde kalkagtige neerleggings word in binnelandse gebiede aangetref, met heelwat minder fisiese en chemiese beperkings op wingerdgroei. Geskiktheid van die grond vir bepaalde onderstokke sal tydens die bespreking oor kommersiële onderstokke aangespreek word. Bestandheid teen droogte Droogtebestandheid het n belangrike oorweging geword in die suidelike en suidoostelike wynboustreke van Frankryk, wat in die somer warm en droog is. Dit is selfs meer van toepassing in Spanje, Italië en die meeste Mediterreense eilande en wingerdstreke aan die kus. Die wingerdstok se vermoë om droogte te verduur, hou direk verband met die mate van vertakking van die wortelstelsel, bewortelingsdiepte en nie-beskikbaarheid van besproeiing. By wingerde onder besproeiing is droogtebestandheid nie n oorweging nie, tensy die beskikbare besproeiingswater beperk is. Die grond se waterhouvermoë word deur die hoeveelheid klei, die soort klei, klipinhoud en organiese materie in die grond bepaal. Onderstokseleksie vir droogtetoestande is slegs nodig in die kusgebiede waar geen of beperkte besproeiing beskikbaar is. Hierdie gebiede sluit in Malmesbury, Paarl, die Weskus, Stellenbosch, Grabouw, Somerset-Wes en Hermanus. Die binnelandse streke is bykans geheel en al onder besproeiing. Bestandheid teen aalwurms Aalwurmbestandheid het belangrik geraak toe daar met verbouing van wingerd onder besproeiing in warmer klimaatstreke begin is. Die meeste navorsing oor hierdie aspek is in die Verenigde State in Kalifornië gedoen, in die San Joaquin-vallei waar groot gebiede onder wingerd is, en waar gereeld skade deur aalwurms aangerig is, veral Xiphinema-spesies (dolk-aalwurm) wat netelblaar oordra. Onderstokke toon nie slegs verskille in weerstand teen aalwurms oor die algemeen nie, maar ook teen verskillende aalwurmspesies. Die algemeenste aalwurmspesies wat met wingerd geassosieer word, is: Knopwortel-aalwurms (Meloidogyne-spesies). Dolk-aalwurms (Xiphinema index, Xiphinema italiae). Letsel-aalwurms (Pratylenchus vulnus). Sitrus-aalwurms (Tylenchus semipenetrans). Ring-aalwurms (Mesocriconema xenoplax). Spiraal-aalwurms (Criconemoides-spesies). Algemene aalwurmbestandheid van onderstokke word normaalweg in die populêre literatuur voorgehou as bestandheid teen die algemeenste aalwurmspesie wat op die wortels van die wingerdstok aangetref word, naamlik Meloidogyne-spesies (knopwortel-aalwurms). Dit kan gewoonlik as n goeie indikator van breër aalwurmbe standheid van onderstokke in Suid-Afrika beskou word, maar ander aalwurmspesies is ook teenwoordig en moet nie geïgnoreer word nie. Die potensiaal van die grond en mate van aggressie by die onderstok se wortelstelsel speel sleutelrolle in die weerstand wat dit teen aalwurms bied. Die uitwerking van aalwurms op die wingerd se prestasie raak slegs onder marginale grondtoestande duidelik. Aalwurms is n algemene pes in Suid-Afrika wat versigtige seleksie van onderstokke noodsaak. Aalwurms is veral aktief in die warmer gebiede met sandgronde onder intensiewe besproeiing. Grond-gedraagde swamme Bestandheid teen grond-gedraagde swamme soos Phytophthora cinnamomi is belangrik onder Suid-Afrikaanse toestande. Hierdie swam word normaalweg met vlak, nat gronde vereenselwig, wat tydens die wintermaande met swaar reënval versuip, en vervolgens in die lente stadig dreineer. Dit kom natuurlik in die suur gronde (ph < 5.5) van die kusgebiede voor, veral waar fynbos en denne groei (algemeen op die sandsteen- en graniethellings van die Drakensteinberge, Simonsberg en Helderberg). Ameliorante soos Aliette wat op die grond en loof aangewend word, kan egter die impak van Phytophthora

FOTO 7. Simptome van knopwortel-aalwurm op die wortels van Vitis vinifera cv Flame Seedless. FOTO 9. Tipiese simptome van Phtophthora cinnamomi op wingerdwortels (regs) en n gesonde wortelstelsel (links). (bron: Wingerdbou in Suid-Afrika) FOTO 10. Tipiese blaarrand brandsimptome van Thompson Seedless wat aan brak toestande blootgestel is. FOTO 8. Uiters swak vrugset as gevolg van waaierblaar virusinfeksie. cinnamomi onder sodanige toestande verminder. Phytophthora cinnamomi word normaalweg nie met gronde met n hoër ph vereenselwig nie. Kommersiële onderstokke toon groot verskille wat die mate van weerstand betref. Bestandheid teen brak toestande Brak toestande in die grond word algemeen in Suid-Afrika, veral in die droër wingerdboustreke, aangetref. Die soort sout moet ook in ag geneem word, aangesien soute soos chloriede minder risiko as natrium, wat die grondstruktuur destabiliseer, inhou. Dit kan tot sekondêre probleme soos swak dreinering (bron: UC Integrated Viticulture) en versuiping lei. In talle gevalle kan brak gronde deur behoorlike grondbewerking, interne dreinering en/of die aanwending van gips verbeter word. Sanderige, goed-gedreineerde gronde kan maklik herwin word en selfs onderstokke met matige tot lae weerstand teen brak toestande kan baie goed presteer. Swaarder gronde wat stadig dreineer, is geneig om die grootste probleme te veroorsaak; dit is waar onderstokseleksie van kardinale belang is. Die gehalte van die besproeiingswater speel ook n rol, aangesien dit óf die soutgehalte van die grond kan verhoog, óf die risiko van brak grondtoestande kan laat afneem deur toksiese elemente uit te loog. Die keuse van onderstokke is groter wanneer besproeiing beskikbaar is, maar dit word baie klein onder droëland toestande. In die lig van bogenoemde kombinasie van faktore speel ervaring n sleutelrol by die keuse van onderstokke. Klimaatsindikators Een aspek wat nie gewoonlik as n kriterium vir onderstokseleksie beskou word nie, is die aanpasbaarheid van die onderstok by verskillende klimaatstoestande. Klimaat verskil van een streek tot die volgende, veral in terme van somertemperatuur en relatiewe humi- 93

140). Sodanige onderstokke is geneig om beter by n strawwe klimaat aan te pas. Klimaatsverskille kan nie maklik gekwantifiseer word nie en vereis uitgebreide ondervinding van plaaslike toestande. FOTO 11. Hierdie uitsig oor die wingerde van Klein Constantia oor Valsbaai is n voorbeeld van n milde klimaat. Maksimum somertemperature is tussen 25 en 28ºC met RH-vlakke bo 60%. FOTO 12. Hierdie lugfoto van Southern Farms langs die Oranjerivier wes van Kakamas toon n gebied met n strawwe klimaat waar somertemperature gereeld bokant 40ºC en RH minder as 30% is. diteit (RH). Streke met gematigde temperature in die somer, maar met RH van 60% of meer, het n gematigde klimaat vergeleke met gebiede met hoër temperature en RH van 40% of minder. Die tempo van transpirasie (afkoel effek) is van die RH afhanklik; op n baie warm en droë dag is transpirasie baie hoër as op n dag met hoër RH. Die wingerdstok is byvoorbeeld onder minder stres in Hermanus as in Malmesbury. Dit het n beduidende invloed op die prestasie van onderstokke, veral onder droëland (onbesproeide) toestande. Dieselfde grondsoort onder verskillende klimaatstoestande sal verskillende onderstokkeuses benodig. Dit is een van die redes waarom Richter 99 byvoorbeeld as n beter droëland onderstok as Richter 110 in die Swartland (met warmer en droër somers) as in Stellenbosch (met n meer gematigde klimaat) beskou word. Die sterker groeikrag en aggressiewe wortelstelsel van Richter 99 kan die strawwe somerklimaat en droër gronde beter as Richter 110 hanteer. Die teenoorgestelde geld in Stellenbosch, waar Richter 110 beter as Richter 99 presteer. Die hoë groeikrag van Richter 99 put die beskikbare grondvog te vroeg in die seisoen uit, wat die wingerd sonder voldoende vog laat om die druiwe ryp te maak. Sekere onderstokke vaar beter in n gematigde klimaat as ander. Onderstokke van Vitis riparia-herkoms is geneig om sulke eienskappe te hê (101-14, SO 4). Bestandheid teen droogte word normaalweg met sterker groeikrag vereenselwig, omdat die grondvolume baie meer doeltreffend benut word deur n wortelstelsel wat diep en swaar vertak is (Richter 99, Richter 110, Paulsen 1103 en Ruggeri (bron: African Business Review) Geïnduseerde groeikrag, lengte van die vegetatiewe siklus, Vitis vinifera-kultivar en markdoelwit (wyn-/tafel-/ rosyntjiedruif) Dit is n gekompliseerde besluit wat talle sekondêre aspekte in oorweging neem. Die groeikrag wat die onderstok induseer en die lengte van die vegetatiewe siklus sal die tyd van die oes, soort opleistelsel, gehalte en grootte van die oes bepaal. Die beste manier om dit te verduidelik, is deur die volgende drie scenario s as voorbeelde te gebruik: Stellenbosch-streek: Laer hellings van Helderberg, diep rooi grond (Hutton- en Oakleaf-grondvorm), noordelike aansig, Cabernet Sauvignon, druiwe wat op die ope mark verkoop word, besproeiing beskikbaar. Onder hierdie toestande moet die kultivar heel eerste in ag geneem word. Cabernet Sauvignon word laat ryp, en teen die Helderberg-hellings selfs later (rypwording laat Maart/ vroeg April). Dit is dus belangrik dat n onderstok met n korter vegetatiewe siklus gekies word. Besproeiingswater is beskikbaar, met die gevolg dat n droogtebestande onderstok nie oorweeg hoef te word nie. Cabernet Sauvignon se groeikrag is ook bogemiddeld sodat dit n groter opleistelsel benodig om die groeikrag te akkommodeer. Die spesifieke grond sal ook die potensiële groeikrag verhoog. Vrugbaarheid kan n kwessie word indien groeikrag nie behoorlik bestuur word nie, gevolglik moet n onderstok wat minder groeikrag induseer, gekies word. Wanneer n mens druiwe op die ope mark in die hoë prys marksegment verkoop, moet die druiwe van n hoë gehalte wees, iets wat deur die koper vereis sal word. Gebalanseerde groeikrag sal gehalte verbeter en opbrengs verhoog, wat n wen-wen situasie vir die produsent en die koper sal verseker. Die onderstok-opsie is vanselfsprekend wanneer bogenoemde in ag geneem word. 101-14 het n korter vegetatiewe siklus, wat die druiwe in staat stel om vroeër ryp te word; dit het matige tot laer groeikrag op n perseel wat potensieel hoë groeikrag bevorder, wat die groeikrag sal laat afneem en die opbrengs sal balanseer; dit is nie baie be stand teen droogte nie, maar omdat besproeiing beskikbaar is, speel hierdie vereiste nie n rol nie. Indien die perseel nie besproeiing gehad het nie, sou Richter 110 n beter keuse gewees het (met wyer spasiëring in die ry om die groeikrag, wat na verwagting hoër sal wees, te akkommodeer). Robertson-streek: Sanderige leemgrond (Dundee-grondvorm), intensiewe besproeiing beskikbaar, Colombar, verkoop druiwe aan koöperatiewe kelder, aanwending van druiwe vir brandewyn, meganiese snoei en oes. Onder hierdie toestande moet mens die vereiste vir hoë opbrengste van 30 ton/ha of meer in bereke ning bring; Colombar is n kultivar wat laat ryp word; dit het lae potensiaal vir vrot en sal by 18º Balling geoes word. Om hoë opbrengste te behaal, vereis n onderstok wat sterker groeikrag kan induseer en wat konsekwent opbrengste van 30 ton/ha of meer kan produseer; die risiko van n lang vegetatiewe siklus is klein weens die lae vlak van rypheid wat vereis word; aalwurms kan problematies wees in die binnelandse verbouingsgebiede onder intensiewe besproeiing op sanderige leemgrond. Ramsey sou die ooglopende keuse wees as gevolg van die sterker groeikrag wat dit induseer, wat die kultivar in staat stel om op n konsekwente basis hoë opbrengste te handhaaf. Dit bied baie goeie weerstand teen aalwurms; by Colombar is die risiko van vrot laag, dus sal die hoë groeikrag nie problematies wees nie;

FOTO 13. Hierdie hoë opbrengs Red Globe-wingerd (40 ton/ha) vereis n sterk onderstok wat die oes kan rypmaak. die lang vegetatiewe siklus van Ramsey sal nie n belangrike rol speel nie omdat die druiwe by n relatief lae rypheidsvlak geoes sal word. Colombar is van nature n vrugbare kultivar; gevolglik sal die sterker groeikrag wat Ramsey induseer nie langtermyn vrugbaarheid nadelig beïnvloed nie. Hexrivier-streek: Rivierbedding klippe, marginale sanderige grond; tafeldruiwe vir uitvoer, Crimson Seedless, mikro-besproeiing. Waar toestande marginale grond behels, is dit van die uiterste belang om n onderstok met sterk groeikrag te gebruik. Alhoewel Crimson Seedless een van die tafeldruif kultivars met die sterkste groeikrag is, sal n onderstok met matige groeikrag nie voldoende wees om die nodige korrelgrootte vir uitvoerdruiwe te behaal nie. Van al die tafeldruif streke in Suid-Afrika word die Hexrivier s n heel laaste ryp en Crimson Seedless is een van die kultivars wat laaste ryp word. Volledige verkleuring van Crimson Seedless is minder belangrik omdat nagtemperature in die Hexrivier aansienlik val teen middel Maart wanneer Crimson geoes word. n Onderstok met sterk groeikrag en n lang vegetatiewe siklus sal n voordeel wees om die rypwording van die druiwe te vertraag met die oog daarop om hoër pryse aan die einde van die seisoen te behaal. Ramsey sou die ooglopende keuse wees, aangesien in hierdie geval die lae potensiaal van die grond die belangrikste faktor by die bepaling van die onderstok is. Geen ander onderstok het die vermoë om voldoende groeikrag op sulke marginale grond te induseer nie. Dit is moontlik om die ander eienskappe van FOTO 14. By lae opbrengs Cabernet Sauvignon-wingerdstokke met gebalanseerde groei word hoë groeikrag nie vereis nie, mits dit n milde klimaat is met hoë grondpotensiaal en beskikbare besproeiing. Ramsey onder hierdie toestande te modereer. Groeikrag kan met besproei ing en aanwending van bemesting bestuur word, kleur is nie n kwessie nie as gevolg van die koue nagtemperature, vertraagde rypwording en die risiko van reën (en vrot) is onbeduidend weens die hoë weerstand van Crimson Seedless teen reën (asook die moontlikheid van plastiekbedekking). Indien die grond n sanderige leem was, met ryk organiese materiaal laer af in die vallei, sou Richter 110 of US 8-7 n beter keuse gewees het as gevolg van die neiging van hierdie onderstokke in vrugbare gronde om groeikrag te beperk. Bogenoemde drie voorbeelde van die denkwyse wat gevolg moet word om die keuse van onderstok te bepaal, dui aan hoe kompleks die besluit is. Dit is selfs belangriker as die spesifieke eienskappe van die onderstok. Ondervinding van plaaslike toestande is nodig om hierdie besluite te neem. n Holistiese benadering is nodig, asook n oop gemoed, omdat die keuse van onderstok n besluit vir 20-25 jaar is. Vir verdere inligting kontak Andrew Teubes by vgnurseries@intekom.co.za. 95