Wie hou van aanstoot gee, hou van rusie; wie homself hoog aanslaan, soek sy eie ondergang. (Spreuke 17:19 AFR1983)

Vergelijkbare documenten
Sing vooraf: Psalm 138:4 Amen. Wie twis liefhet, het oortreding lief; hy wat sy deur hoog maak, soek verbreking.

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

Die Groot Gebod dennis de wet

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

Jesaja sien die Toekoms

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

Jesus - Die Grootste Geskenk van Alle Tye - Reformation Society

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

Goeie Konings, Slegte Konings

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

Dankoffersondag met Nagmaal 4 November

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

Jona en die Groot Vis

Sing vooraf: Psalm 95:6 (p. 478)

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

Van Vervolger tot Prediker

Welkom by Die Storie God se storie

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

Meer Jesus Meer Liefde Meer Dissipels. Leierskap Strukture

n Tempel Leier besoek Jesus

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

SKRIFLESING: Lukas 6: TEKS: Lukas 6:37 HK 43. God se mense het ook met hulle woorde lief. Psalm 34 : 1, 2. Psalm 34 : 6.

Grote God, ons bring U eer, ons aanbid U, Koning, Heer. U kom toe die lof alom - U wat was, wat is, wat kom. Voor U buig die skepping neer - U wat

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het.

Sing vooraf: Psalm 84:4 (p. 425)

Les 2 vir 13 Oktober 2018

Die Kerk se Geboorte

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

Tema van die dag is ons bekommernisse, en wat om daarmee te maak.

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

Aanbieding 1 Agtergrond. Skrywer van 2 Petrus

Sing vooraf staande: Psalm 73:9 (p. 369)

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

Jona en die Groot Vis

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

14. Ek glo my sondes word vergewe 1 Johannes 1:5 2:2

Sing vooraf staande: Psalm 19:4 (p. 83)

sodat jy n gestuurde van die Here kan

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê.

1 JOHANNES 2: Votum en seën. Psalm 34 : 1, 4. Geloofsbelydenis: Nicea. Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 34 : 6. Gebed

Deur Sy wet gee God ons broodnodige kennis van sonde

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 6: TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1. Ook ons liggame behoort aan die Here. Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het

Van Vervolger tot Prediker

Preek Romeine 6:3-4. (Preek tydens erediens in Gereformeerde Kerk Welkom-Noord op Sondag 25 Junie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer

Toe God alles gemaak het

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

Tema: Laat skyn die heerlikheid van God in jou lewe met genade (liefde) EN waarheid!

SKRIFLESING: Jesaja 6. TEKS: Jesaja 6:3 HK 8. Voor die drie-maal heilige God buig ons laag. Psalm 99 : 1, 2. Psalm 81 : 11, 12

PSALM 90:2 NGB 1. Votum en seën. Psalm 90 : 1. Gebed. Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1. Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53)

Geloofsbelydenis: Nicea Na die wet sing ons van ons verlossing en vryspraak deur die Here met Psalm 22:2 (p. 99). Wet Psalm 22:2 (p.

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder.

Baie welkom by vanoggend se erediens. Doen asb moeite om ander mense rondom jou te groet

Bybel vir Kinders. bied aan. Totsiens Farao!

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Skriflesing: 1 Johannes 4:1-5:13 Teks: 1 Johannes 4:2-4; 9; 18-20; 5:12 Sing- Ps 65:2,3; Ps. 73:1,10; Ps. 66:7,9

INHOUDSOPGAWE. Voorwoord Doen God al die skuifwerk hier op aarde? God se genade bepaal sy planne God se meesterplan...

Verootmoediging en Gebed vir Gendergeweld deur Rethie van Niekerk

Woorddiens Skriflesing: Jakobus 1: 1 8; Jak. 4: 1 5; Jak. 5: Teks: Jakobus 4: 2b en 5: 16 Belydenis: HK vr. 116 en 117 Woordverkondiging

Sing vooraf: Psalm 24:1 (p. 111)

Jakobus 4a Tema: toets van wêreldliefde / begeertes. Wat het jy?

Tema: Dra die vrug van die Gees om meer soos Christus te word. Vooraf sang Sb 9 4: 1,2,3,4 Sb 14 1: 1,3

Les 1 vir 7 Oktober 2017

Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)?

Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees?

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

Die Here tree op teen dié wat terugdraai sonde toe

Sing vooraf staande: Psalm 119:33 (p. 593)

n Dubbele kruis-belydenis

Preek Romeine 1:16-17

Transcriptie:

Sing vooraf: Psalm 31:9, 10 (p. 145) 9 Ek word bespot, beskimp vanweë my haters; van my smaad hoor ek die bure praat. Selfs vriende is my ongeneë; my, reeds in smart verlate, ontvlug hul op die strate! 10 Ek is vergeet soos een wat dood is; ek is wie dink daaraan? soos iets wat al vergaan. Hul skinder nou dat ek in nood is, en daar is geen verkwikking, maar onrus en verskrikking. Ons hulp is in die Naam van die Here wat die hemel en die aarde geskape het. Geliefdes, genade en vrede vir u van God ons Vader en die Here Jesus Christus deur die kragtige werking van God die Heilige Gees. Lofpsalm 34:6 (p. 167) 6 Kom kinders, hoor na my! / Die HEER se vrees wil ek jul leer. Wie is t wat lewensduur begeer / en dae wat hom verbly? Laat tong en lippe vra / na waarheid, en ontwyk die kwaad; soek wat God wil: die regte daad, / en jaag die vrede na. Geloofsbelydenis: Nicea Na die wet antwoord ons met Psalm 19:7 (p. 84). Wet Psalm 19:7 (p. 84) 7 Bewaar my vir die kwaad / dat ek met trotse daad / u heil ge wil weerstreef; laat nie die sonde my / oorheers, dan sal ek vry / van groot oortreding leef. Laat tog my tong en mond, / my hart se diepste grond, / o HEER, op wie k vertrou het, U welbehaaglik wees / wat in my hart kan lees / my Rots, op wie k gebou het. Gebed Doksologie: Aanbidding: Skuldbelydenis: Vergifnis: Dank: Smeking vir die nood van die gemeente en voorbidding vir die kerk, owerhede en sondige wêreld, asook die beroep op die beloftes van God Algemene bede: Verligting van die Gees ter wille van die Woorddiens: Psalm 138:4 (p. 671) 4 As in my angs en teëspoed / die krag en moed my wil begewe, as vyande van veglus brand, / dan keer u hand en red my lewe. Die HEER is goed en wondersterk: / Hy sal sy werk deur niks laat keer nie. Laat my, o HEER wat my bewaar, / tog nou nie vaar, en nimmermeer nie. Skriflesing: Romeine 1:28 2:16; Spreuke 17 Teks: Spreuke 17:19 Wie twis liefhet, het oortreding lief; hy wat sy deur hoog maak, soek verbreking. (Spreuke 17:19 AFR1953) Wie hou van aanstoot gee, hou van rusie; wie homself hoog aanslaan, soek sy eie ondergang. (Spreuke 17:19 AFR1983) Skinder en rusie maak (of twis) is sondes waarmee dit nie verby is die oomblik wanneer dit gedoen 1

word nie. Die twee sondes gaan gewoonlik hand aan hand, want ons skinder gewoonlik oor mense met wie ons twis en rusie maak. Daar is soms ernstige nagevolge, want die onwaarheid wat iemand loop en verkondig het, gaan die een of die ander tyd die persoon wat beskinder is, se ore bereik. Op sy beurt gaan hierdie persoon sy eer verdedig: o Dan ontstaan daar rusies in die kerk. o Baie kere lei dit tot diep verbittering tussen mense wat saam in een gemeente is. o Somtyds gaan dit so ver dat mense mekaar dagvaar vir laster. Die Here verdra nie hierdie soort van onverkwiklikheid in sy kerk nie. Daarom waarsku hy die gelowiges daarteen. Hy wys daarop dat twis vermy moet word, want die gevolge daarvan is soos n damwal wat breek en die mense onderkant die wal in die modder verdrink: Om rusie te begin, is om n damwal te breek; staak liewer die getwis voor die vloed jou tref. (Spreuke 17:14 AFR1983). Twis en rusie maak is van die sondes wat maklik gepleeg word. Daarby is daar mense wat daarop roem dat hulle die geaardheid het dat hulle maklik veg: mense moet net nie met hulle moeilikheid soek nie, want hulle is so-en-so reguit en hulle sit mense wat met hulle sukkel sommer vinnig en maklik op hulle plek! So roem hulle op hulle sondes! Iemand wat so praat, moet tot bekering kom, want n gelowige wat sy eie sondeskuld en gebreke besef, en wat die Here waarlik vrees, sal nie maklik n uitspraak soos hierdie een maak nie. Die Bybel waarsku duidelik dat n gelowige nie sonder oorsaak met iemand anders moet twis as hy jou geen kwaad gedoen het nie (Spreuke 3:30). Dit is baie keer so dat iemand wat met ander loop en rusie maak, iemand is wat valse getuienis en leuens uitstrooi en tussen mense tweedrag saai. Daarom waarsku die Bybel baie direk daarteen. Die Nuwe Vertaling noem so iemand sommer reguit n getuie wat lieg en iemand wat rusie stook tussen broers (Spreuke 6:19). Daar is n hele aantal uitsprake in die Bybel wat twis en rusie maak in die regte lig stel. Soos met talle ander sondes is dit ook met hierdie sonde die geval dat dit nie begaan kan word sonder dat daar ander sondes in die gesigsveld kom nie. In Psalm 55:10 bid Dawid dat die Here hom moet help teen sy vyande. o In sy gebed sê hy dan onder andere die volgende: want ek sien geweld en twis in die stad. (Ek sien geweld en oproer in die stad). o Die onderlinge oproerigheid was so erg dat Dawid eintlik die Here gevra het om hulle taal te verwar. o Geweld, oproer en rusie gaan in hierdie beskrywing saam. Twis ontstaan by mense waar die Heilige Gees nie toegelaat word om aan hulle leiding te gee nie. Mense wat luister na die Heilige Gees en wat die Here Jesus ken en deur sy bloed versoen is met God, het ook God se liefde in hulle. Hulle sal iemand in liefde vermaan wat verkeerd doen. Iemand wat nie bekeer is nie en nie in die versoening deur die Here Jesus Christus deel nie, se hart is uiteraard nog vervul met die haat wat eie is aan die duiwel. Daarom openbaar die Here dat daar n groot wêreld van verskil is tussen die optrede van iemand wat uit haat optree en iemand wat in liefde met ander mense omgaan. Die Bybel het n paar uitsprake daaroor. In elkeen van hierdie uitsprake word n ander eienskap 2

genoem wat n deelnemende party is wanneer twis opduik: Die een uitspraat praat van haat: Haat verwek twiste, maar liefde bedek al die oortredinge (Haat verwek twis; liefde bedek alles wat aanstoot gee) (Spreuke 10:12). n Ander uitspraak wat hierby aansluit, wys daarop dat haat en humeurigheid uiteindelik nie veel van mekaar verskil nie. Al twee gaan saam met twis. Luister wat leer die Here: n Driftige man verwek twis, maar die lankmoedige laat die geskil bedaar ( n Humeurige mens soek skoor; n verdraagsame mens maak rusies uit die wêreld) (Spreuke 15:18) en: n Opvlieënde mens veroorsaak rusie; iemand wat kort van draad is, doen sonde op sonde (Spreuke 29:22 AFR1983). Dit is merkwaardig dat die Here ons waarsku dat hebsugtige (gierige) mense twis/rusie verwek, terwyl die mense wat op die Here vertrou, voorspoedig is. Dit is asof die Here daarmee waarsku dat die mens wat so aan geld en besittings vasklou dat dit eintlik rusie veroorsaak, uiteindelik die een gaan wees wat dit nie sal hê nie (Spreuke 28:25). Op n ander plek wys die Here daarop dat iemand wat heeldag loop en twis n oneerlike mens is. Sy oneerlikheid lei dan tot rusie en verdeeldheid. Hoor net hoe het die Here dit laat opskryf: n Man van valse streke saai tweedrag, en n kwaadstoker skei vriende van mekaar (Iemand wat die waarheid verdraai, veroorsaak twis, iemand wat skinder, bring verwydering tussen vriende) (Spreuke 16:28). Die Here brei hierop uit. Hy wys daarop dat iemand wat rusie soek met ander mense juis n verwaande soort van mens is wat nie omgee om sonde te doen nie. o Maar, dan wys die Here ook daarop dat hierdie mense uiteindelik ondergaan. Hulle word deur God verbreek, sê die Bybel wat n sinspeling daarop is dat sulke mense nie in die hemel sal wees nie. Spreuke 17:19: Wie twis liefhet, het oortreding lief; hy wat sy deur hoog maak, soek verbreking (Wie hou van aanstoot gee, hou van rusie; wie homself hoog aanslaan, soek sy eie ondergang). Dit is eintlik logies, want jy kan nie op die aarde op een manier lewe, en in die hemel meteens met n heeltemal ander lewenstyl vorendag kom nie. Die bedoeling van ons lewe op die aarde is onder andere dat ons die Here so moet dien en heilig lewe dat ons hemelse lewe nou al in ons sigbaar is. Daarom is die standpunt wat so baie van ons het dat ons onskuldig was toe ons geskinder het of rusie gesoek het dat ons maar net gesê het, of net ons opinie gegee het glad nie waar nie. o Die Here maak dit duidelik dat die sogenaamde onskuldige rusies nie ongestraf gelaat word nie. o Trouens, ons weet nog voor ons die moeilikheid begin dat ons gestraf gaan word. n Dwaas praat hom in n rusie in, hy soek slae met wat hy sê (Spreuke 18:6). Wie van ons gaan met die Here stry oor hierdie uitspraak van Hom? Die Here laat by ons geen twyfel oor wat Hy dink of hoe Hy voel oor rusiemakers en skindertonge 3

nie. Hy beskou dit as n eer vir n man om van twis weg te bly, maar direk daarteenoor kom sy minagting uit teenoor los tonge as Hy sê: maar elke sot breek los (Spreuke 20:3). Die Bybel waarsku dat sulke twisgierige mense hulle eer verloor omdat die waarheid bekend gaan word en dan kom hulle in die skande (Spreuke 25:8). Die Nuwe Vertaling sê dat hulle dan belaglik gemaak word. Natuurlik is dit seer as jy belaglik gemaak word. Maar as dit jou die dag oorkom omdat jy geloop en moeilikheid soek het, moet jy weet dat jy dit verdien het. Salomo het eenkeer gesien hoe so iets gebeur het. Toe maak hy die opmerking dat iemand wat woedend instorm in n rusie wat hom nie aangaan nie, soos iemand is wat n kwaai hond sommer aan die ore pak (Spreuke 26:17). Hy gaan verskeur word, en dan moet hy niemand daarvoor blameer nie. Dit is juis omdat rusie al hierdie onverkwiklikhede in hom het, dat dit dikwels lei tot totale verbreking van bande tussen mense. Mense raak so verbitterd teen mekaar dat daar nie weer versoening kom nie. Die Here gebruik n beeld waarmee Hy dit vir ons beskryf. o Hy sê dat iemand wat met n rusie skade aangedoen is, soms ontoegankliker as n vestingstad word. o Die rusie wat die ding veroorsaak het, het die deure tussen die twee mense toegemaak soos die sluitbalk van n fort sy hek verseël dat niemand van buite af kan inkom nie (Spreuke 18:19). Die Here wil nie hê dat gelowiges met sulke mense moet meng nie. Die Here beveel dat sulke mense uit die geselskap verwyder moet word. As hulle nie deel van die mense om jou vorm nie, kan hulle nie rondom jou en jou mense kwaad stook nie. As daar dan rusies was, sal dit vanself gaan lê. Die Here dra dit met n mooi beeld aan ons oor. Hy sê: Sonder hout bly n vuur nie brand nie; sonder n kwaadstoker hou n rusie nie aan nie. Daar is houtskool nodig vir gloeiende kole, hout vir n vuur, en n twissiek mens vir rusie stook. (Spreuke 26:20, 21). Die tongsondes van die mensdom het natuurlik die grootste rol gespeel in die veroordeling van die Here Jesus Christus. Ons weet dat Hy gesterf het vir al ons sondes sodat ons daarvan versoen kan wees. Maar dis tog beduidend dat tydens die verhoor dit geblyk het dat dit juis die geskinder oor die Here was wat as argumente in die hof gebruik was daarom kon nie een van hulle bewys word nie. Tog laat die Here die dinge gebeur, sodat Hy die straf daarvoor kan dra sodat ons as veranderde mense in sy genade anderkant kan uitkom. Die terugstuur van God die Heilige Gees na die hemelvaart is omdat God persoonlik in ons harte kom woon en werk. o o Natuurlik werk die Heilige Gees geloof in ons. Natuurlik werk Hy ook bekering: Ook bekering dat gelowiges hulle tonge in beheer hou en nie verkeerde dinge van ander mense loop en vertel nie. Bekering, sodat gelowiges hulle tonge gebruik om God te loof en hulle naaste se eer te bevorder. 4

Dink aan drie uitsprake wat die Heilige Gees laat neerskryf het: Jakobus 3:8 Maar die tong kan geen mens tem nie; dit is n onbedwingbare kwaad, vol dodelike gif. 1 Petrus 3:10 Want wie die lewe wil liefhê en goeie dae wil sien, moet sy tong bewaar vir wat verkeerd is, en sy lippe dat hulle geen bedrog spreek nie. 1 Johannes 3:18 My kinders, laat ons nie liefhê met woorde of met die tong nie, maar met die daad en in waarheid. Slotgebed Skrifberyming 9-1:11 (26:11) 11 Ons het, o HEER, u wet weerstrewe, genade is al waar ons op pleit; gee ons in Christus nuwe lewe, om dit te doen uit dankbaarheid. Die HERE sal jou seën en jou behoed; Die HERE sal sy aangesig oor jou laat skyn en jou genadig wees; Die HERE sal sy aangesig oor jou verhef en aan jou vrede gee. Dr MJ du Plessis Gereformeerde Kerk Bellville Datum: 22Julie 2007 (oggend) 5