LITURGIE GOEIE VRYDAG

Vergelijkbare documenten
Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Goeie Konings, Slegte Konings

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

Jesaja sien die Toekoms

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

n Tempel Leier besoek Jesus

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

Meer Jesus Meer Liefde Meer Dissipels. Leierskap Strukture

Welkom by Die Storie God se storie

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

Tema: Laat skyn die heerlikheid van God in jou lewe met genade (liefde) EN waarheid!

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11)

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

SKRIFLESING: Jesaja 6. TEKS: Jesaja 6:3 HK 8. Voor die drie-maal heilige God buig ons laag. Psalm 99 : 1, 2. Psalm 81 : 11, 12

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap.

LITURGIE VIR N OOP GESPREK

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer

Preek Romeine 1:16-17

Baie welkom by vanoggend se erediens

Baie welkom by vanoggend se erediens. Doen asb moeite om ander mense rondom jou te groet

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

Skriflesing: Esegiël 47 Tema: God se nuwe lewe vloei deur ons na mekaar en na die res van die wêreld.

n Dubbele kruis-belydenis

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees?

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

Van Vervolger tot Prediker

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)?

Preek God se genade voed jou op om onberispelik te wees

Preek Romeine 6:3-4. (Preek tydens erediens in Gereformeerde Kerk Welkom-Noord op Sondag 25 Junie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

Preek Romeine 11:36. (Preek gelewer tydens erediens in Welkom-Noord op Sondag 26 Maart 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff

Skriflesing: Dordtse Leerreëls Hoofstuk 2 paragraaf 8 Sing- Ps. 25:4; Ps. 19:5; Ps. 23:2 volkome vrye raadsbesluit, genadige wil en voorneme van God

14. Ek glo my sondes word vergewe 1 Johannes 1:5 2:2

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

Deur Christus Alleen

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

God eer Josef die slaaf

Toe God alles gemaak het

Preek deur ds. Jaco van Sittert Vrydag, 14 April Skriflesing: Johannes 19:17-37 Van die eenkant na die anderkant van die kruis.

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het.

Les 2 vir 13 Oktober 2018

Tema: Troos mekaar met Christus se lewe en sterwe, die bron van ons hoop in lewe en dood.

Tema: God gee die blydskap van die ewige lewe aan diégene wat in ons boodskap van Jesus Christus glo!

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

Tema: Dra die vrug van die Gees om meer soos Christus te word. Vooraf sang Sb 9 4: 1,2,3,4 Sb 14 1: 1,3

Dis net so ondenkbaar soos n gemeente die tempel van die Heilige Gees 1 wat nie bid nie.

Aanbieding 1 Agtergrond. Skrywer van 2 Petrus

VADERSDAG. Een van die raadslede van die sinagoge, 'n man met die naam Jaïrus, kom toe daar aan. Net toe hy vir Jesus sien, val hy op sy

Die Kerk se Geboorte

Preek Genesis 1:27. (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 6 November 2016)

Geroep vir Gemeenskap

Jesus - Die Grootste Geskenk van Alle Tye - Reformation Society

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën.

Die Groot Gebod dennis de wet

Stephan Joubert skryf gisteroggend in sy Goeie Nuus rubriek in Beeld: Ek wil graag by Stephan aansluit en vir jou vra: hoekom soek jy vir Jesus?

Simson, God se sterk Man

LITURGIE OGGEND EREDIENS

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

LYDINGSREIS. Paasweek 2011

Preektema: Die doop is n genadedaad van God aan sondaarmense.

Deur Sy wet gee God ons broodnodige kennis van sonde

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê.

Preek oor: Wat doen die Heilige Gees? Die Heilige Gees laat die wedergeboorte plaasvind

Ouderdom: Gr1-6 Tema: Veg saam met Jesus teen die duiwel Teks: 1 Samuel 17:34-37

Heilig, heilig, heilig, heilig is die Heer. Eng'le in die hemel buig hul voor Hom neer. Here, hoor my bede, hoor my as ek sing, en aan U, my Vader,

Skriflesing: 2 Tim 2:14-26(word gelees deur gemeentelede uit die banke)

JOHANNES 6:48 HK 28. Votum en seën. Psalm 100 : 1, 3. Gebed. Skrifberyming 54 (2-6) : 1. Skriflesing: Johannes 6:41-59 (AV 1983) Belydenis: HK 28

hoofstuk fokus op die volgende hoofgedagtes:

BYBELSTUDIE HEBREËRS 9:1-10.

Toe God alles gemaak het

BYBELSTUDIE OPENBARING LES 4 HOOFSTUK 1:9-13.

Transcriptie:

LITURGIE GOEIE VRYDAG VOTUM Ons slaan ons oë op na die berge, waar sal ons hulp vandaan kom? Ons hulp is van die Here, wat hemel en aarde gemaak het en getrou bly tot in ewigheid GROETSEëN Genade, barmhartigheid en vrede vir u van God ons Vader en Jesus Christus ons Here deur die kragtige werk van die Heilige Gees Amen SING PS 2:6 GEBED SING SB 5-4:1,2 SKRIFLESING Eksodus 26:31-37; Markus 15:33-41; Hebreërs 10:19-27 FOKUSVERSE Markus 15:38 PREDIKING Die voorhangsel het geskeur! SING PS 65:1,2 GEBED LIEFDEGAWES SING PS 103:1,2 WEGSTUURSEëN Die HERE sal jou seën en jou behoed; die HERE sal sy aangesig oor jou laat skyn en jou genadig wees; die HERE sal sy aangesig oor jou verhef en aan jou Sy vrede gee Amen preeknommer [7]2016 1

1. Die hart van Goeie Vrydag Wat maak Goeie Vrydag, juis goed? Ons weet ons herdenk vandag die kruisiging van ons Here Jesus Christus. Maar hoekom is dit goed? Is dit goed om die dood van iemand aan n kruis te herdenk? Gemeente, dit is vir ons duidelik dat die Blye Boodskap van Goeie Vrydag nie stop by die dood van Jesus Christus nie. Daar is meer om te herdenk, as net die feit dat Christus gesterf het! Die hart van Goeie Vrydag, is dat die voorhangsel geskeur het! Gemeente, aan die hand van ons gelese gedeeltes: Eks 26, Mark 15 en Heb 10, maak die Heilige Gees juis vir ons die betekenis van die geskeurde tempelgordyn/voorhangsel duidelik. Die gedeelte oor Jesus se kruisiging is vir ons almal baie bekend, en ons het sekerlik al heelwat daardie Skrifgedeeltes gelees en gehoor. Maar ons lees dikwels baie vinnig oor die enkele vers wat vertel van die voorhangsel in die tempel wat geskeur het. En soos ek genoem het, die feit dat die tempelgordyn geskeur het, is juis die hart van Goeie Vrydag. Kom ons kyk dan nou in die eerste plek na wat die OT vir ons leer oor presies wat die voorhangsel was. 2. Wat was die voorhangsel? In Eksodus 26 lees ons hoe God aan Moses voorskryf hoe die tabernakel gebou moet word en moet lyk. Die tabernakel was die aanbiddingsplek van God. Dit was n tent met n akasiahoutraam, wat dan oorgetrek is met verskeie tentdoeke. Die pilare van die houtraam het op silwervoetstukke gestaan en die tentdoeke is met goue hakies aanmekaar vasgesit. Die binnekant van die tabernakel het bestaan uit twee hoofdele: die Heilige en Allerheiligste. Die Allerheiligste word soms ook die heiligdom genoem. Die Heilige was die voorste gedeelte van die tabernakeltent en die Allerheiligste/Heiligdom was die agterste gedeelte. Die twee kamers van die Tabernakel is dan geskei deur die sg. voorhangsel. Die voorhangsel was n gordyn geweef van "blou, pers en bloedrooi wolstof en fyn dubbeldraad-linne." Op die voorhangsel is dan ook gerubs geborduur. (Sommer terloops: n Gerub is n engel, maar van n ander orde en rang as die ander engele. Die gerubs moet spesifiek God se heerlikheid en glorie aankondig. Hulle is ook fisiese tekens van God se teenwoordigheid onder Sy volk). In die Allerheiligste het net die Verbondsark gestaan niks anders nie. Die ark het ook twee gerubs gehad wat vooroor oor die deksel gebuig het; gesigte na mekaar toe, sodat die punte van hulle vlerke aanmekaar geraak het en hulle die Verbondsark bedek het. Eks 25 sê die Allerheiligste met die Verbondsark daarin, was die ruimte waar God dan met Moses sou spreek. Eks 25:22 sê God vir Moses: Ek sal met jou praat van die deksel van die ark af tussen die twee gerubs uit wat op die ark...is." Dit is die Allerheiligste; die agterste gedeelte van die Tabernakel. 2

In die Heilige, die voorste gedeelte van die Tabernakel, het die tafel met toonbrode, die goue kandelaar en die reukaltaar gestaan. Die Allerheiligste en die Heilige gedeeltes van die Tabernakel is dus deur die voorhangsel geskei dit is die kerngedagte wat ons hier moet vashou. Ons lees in Levitikus dat die priesters offers vir die volk gebring het in die Heilige. Maar dan was daar net een dag van die jaar, die Groot Versoendag, wanneer die hoëpriester in die Allerheiligste, d.w.s. ágter die voorhangsel ingegaan het om vir die volk versoening te doen. Nét die hoëpriester mog dit doen. Die Allerheiligste was die gedeelte waar God aan Moses, en later, die hoëpriester verskyn het. Wanneer die hoëpriester in die Allerheiligste ingaan, dan kom hy in die teenwoordigheid van God self! In die OT, vóór Christus se kruisiging en opstanding, mog niemand eers die Allerheiligste sien nie. Net die hoëpriester op die Groot Versoendag. En die voorhangsel was dus die skeiding tussen die volk en die heerlike teenwoordigheid van God. Toegang tot die Allerheiligste; toegang tot God, was weens die skeiding van die voorhangsel nie moontlik nie, behalwe d.m.v. die hoëpriester. Die voorhangsel het dus dit wat die volk van God geskei het verteenwoordig, naamlik: hulle sonde. Weens die sondes van die volk, was daar vir hulle nie vrye toegang tot God nie. Die hoëpriester moes eers versoening doen; offers bring en dan in die Allerheiligste vir die hele volk in die teenwoordigheid van God, versoening doen. Die tempel van die NT, wat later in Jerusalem gebou is was dan ook volgens hierdie voorskrifte van die OT Tabernakel gebou. Die Tempel het dus ook n voorhangsel of n tempelgordyn gehad. As ons dus lees in Luk 23 van die voorhangsel wat geskeur het, dan was dit hierdie blou, pers en rooi linnegordyn wat die Allerheiligste en die Heilige van die tempel geskei het. Dit in kort, verduidelik dus vir ons wat die voorhangsel was. 3. Waarom het die voorhangsel geskeur? Geliefdes, so word dit nou vir ons stelselmatig duideliker hoekom hierdie vers in Luk 23 oor die voorhangsel, van groot belang is! Die feit dat die voorhangsel sonder mense toedoen skeur, is alreeds n teken van iets bonatuurlik wat gebeur het! Dit was n duursame, geweefde gordyn nie sommer iets wat maklik skeur nie. En tog, terwyl Jesus aan die kruis hang, gebeur dit! Matteus en Markus vertel dat die voorhangsel van bo na onder geskeur het. Die tempelgordyn, wat skeiding maak tussen God en Sy volk, skeur in twee, toe Christus aan die kruis Sy laaste asem uitblaas! Waarom het die voorhangsels geskeur, gemeente? Die voorhangsel het geskeur om aan te toon dat daar nou iets verander het in die verhouding tussen God en Sy volk. Die gordyn is geskeur, wat beteken dat die Allerheiligste nou oop is; sigbaar en toeganklik! 3

Heb 10:19 sê: "Broers, ons het dus nou deur die bloed van Jesus vrye toegang tot die heiligdom, en dit op n weg wat nuut is en na die lewe lei. Hierdie weg het Hy vir ons gebaan deur die voorhangsel heen, dit is deur sy liggaam". Die Hebreërbriefskrywer koppel hier die liggaam van Christus, sy vlees, direk met die voorhangsel. Soos die voorhangsel geskeur het, so het Jesus se liggaam aan die kruis geskeur, juis sodat die Allerheiligste vir die volk toeganklik kan word. En die gordyn het sonder mense toedoen geskeur van bo na onder! Die tempelgordyn was te lank vir n mens om dit van bo na onder te skeur. Iets bonatuurlik het gebeur, sodat die gordyn geskeur het! Geliefdes, die sondes kan nie deur mense toedoen geskeur/verwyder word nie. Die mens kan nie vir hul sondes betaal nie daar moet iets bonatuurlik gebeur om die mens se sondes te verwyder! Soos die voorhangsel deur God self geskeur is, so het God self die sondes verwyder! Christus was self God en sondelose mens. Christus is die Bonatuurlike wonderwerk, wat die sondes van mense weggeneem het en die weg tot God die Vader oopgeskeur het! Christus kom van bo na die aarde hieronder, om die weg vir mense hieronder na Bo oop te skeur! Die blou, pers en rooi kleure van die voorhangsel wys dit ook duidelik: Die blou dui op Christus se hemelse herkoms Die pers dui daarop dat Hy Koning is En die rooi kleur dui op sy bloed wat gestort is om toegang tot die heiligdom; tot God self, te verseker. U sien, die Goeie Boodskap van Goeie Vrydag is nie nét dat Christus gesterf het nie. Die Goeie Boodskap is juis dat daar met sy sterwe iets verander het in ons verhouding met God! As Christus se sterwe geen verandering teweeggebring het nie, dan was dit tog sinneloos! Maar sy bloed aan die kruis het ons sondes verwyder en vir ons die weg na God oopgeskeur! Deur die sterwe van Christus se liggaam aan die kruis, is dit wat skeiding maak tussen ons en God, weggeneem; vernietig! Nou het ons vrymoedigheid om in die heiligdom in te gaan deur die bloed van Jesus (Heb 10:19). Gemeente, die Hebreërbrief leer ons dat Jesus Christus die Hoogste Hoëpriester is. Die dag toe Hy, ons Hoëpriester aan die kruis gehang het, was dit díé Groot Versoendag. Een dag, in die geskiedenis van die wêreld, wat die Ewige Hoëpriester eenmalig versoening gedoen het vir al ons sondes. Jes 53:5 profeteer: "Oor ons oortredings is hy deurboor, oor ons sondes is hy verbrysel; die straf wat vir ons vrede moes bring, was op hom, deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom" ('83 vert.). Dít is die hart van Goeie Vrydag: deur Sy wonde het daar vir ons genesing gekom! Deur Sy sterwe, het ons vrye toegang tot God verkry. Hoe weet ons dit? Want die tempelgordyn is geskeur! 4

4. Wat beteken die geskeurde voorhangsel vir ons? Gemeente, die Goeie Boodskap van Goeie Vrydag stop egter nogsteeds nie hier nie. Die geskeurde voorhangsel beteken nie net dat ons toegang tot God verkry het nie, maar ons is ook skoongewas en gereinig, juis sodat ons in God se teenwoordigheid kan kom! Die hoëpriester in die OT moes homself eers reinig voordat Hy in die Allerheiligste kon ingaan om te offer. So word ons deur die bloed van Christus gereinig en gewas, om in God se teenwoordigheid te kan ingaan. Die geskeurde gordyn gee dus nie net vir ons vrye toegang tot God nie, maar verander ook my hart; my hele lewe! Heb 10:22-25: noudat ons vrye toegang tot God het, " laat ons tot God nader met 'n opregte hart en met volle geloofsekerheid. Ons harte is immers gereinig van 'n skuldige gewete, en ons liggame is gewas met skoon water. Gemeente, wat beteken die geskeurde voorhangsel vir u? Die feit dat Christus se sterwe die sonde verwyder het, wys vir ons dat God wil hê ons moet tot Hom nader! Wat n besondere gedagte! God wil ons in Sy teenwoordigheid hê! Soveel so, dat Hy Sy Seun gegee het om deur sondige mense verskeur te word. Verstaan ons die omvang van Christus se sterwe? Het dit al in jou lewe ingesink? Wortel geskiet? Is jou hart al daardeur verander? Ons het nie meer vandag n tempel waar ons God moet aanbid en priesters wat vir ons offers moet bring nie. Dit was alles n heenwysing na Jesus Christus. Jesus Christus is self ons Hoëpriester; Hy was self die Offer vir ons sondes en deur Sy sterwe heen kan ons in die teenwoordigheid van God lewe! Nou offer ons met ons lewens! Deur die bloed van ons Here Jesus Christus, kan ons nou in God se teenwoordigheid wees, met vrymoedigheid en opregte harte! Die vraag wat nou op Goeie Vrydag voor ons deur gelê word is: is dit duidelik in ons lewe, dat die tempelgordyn geskeur het? Leef ek met hierdie sekere wete dat ek vrye toegang tot God het? Nader ek tot God met opregte hart en volle geloofsekerheid? Die vraag aan u, broer en suster is: nader u tot God deur Christus? Nader u tot God met opregte hart en volle geloofsversekerdheid en vrymoedigheid? Heb 10 gee vir ons n toets om te kyk of ek waarlik leef asof die voorhangsel geskeur het; of ek waarlik met opregte hart in God se teenwoordigheid leef. Kom ek verwoord Heb 10:23-26 in die vorm van n paar vrae wat ons vir onsself moet afvra: :23: hou ek styf vas aan die belydenis, naamlik dat ek in Christus skoongewas is? :24: Spoor ek ander aan tot liefde en goeie dade? :25: Bly ek van die samekomste van die gemeente, die eredienste, af weg? En: moedig ek ander aan om na die erediens te kom? En dan laastens :26: sien ek die oordeelsdag naderkom? Geliefdes :26 sê, as ons willens en wetens sondig nadat ons kennis van hierdie waarheid ontvang het, bly daar nie meer n offer vir ons sondes oor nie, maar n 5

verskriklike verwagting van oordeel en intense vuur wat God se teenstanders gaan verteer! As ek steeds in my sondes bly en nie tot God nader en Sy teenwoordigheid soek nie, dan verag ek die kruisoffer van Christus! Gemeente lééf so met die besef, dat daar baie duur betaal is vir my sondes en dat die weg na God vir my oopgeskeur is deur die liggaam van Christus self! As ek deur die werking van die Heilige Gees, Christus se kruisiging in my lewe laat posvat, sal Christus my ook eendag opwek en verklaar: Vir jou sondes het ek volledig betaal, kom leef nou ewig in my heerlike teenwoordigheid! Ten slotte, Nou is geen tempel, geen offers meer nodig nie, want ons leef elke dag in God se teenwoordigheid. My lewe is nou n offer! Die geskeurde voorhangsel is nie maar iets wat in die geskiedenis gebeur het en daar bly nie. Nee, die feit dat die voorhangsel geskeur het, beteken dat die Goeie Boodskap van Goeie Vrydag ook in my lewe moet posvat. Christus het gesterwe, nie sodat my lewe maar kan bly soos dit is nie, maar juis sodat my lewe kan verander. Die voorhangsel het geskeur! Nou kan ons met ons geloofsoë die Allerheiligste sien en die heerlike teenwoordigheid van God beleef! Wat maak Goeie Vrydag, juis goed? Die hart van Goeie Vrydag is dat die voorhangsel geskeur het. Deur Christus se dood het Hy die sonde wat skeiding maak tussen my en God, weggeneem. AMEN! 6