SKRIFLESING: Jesaja 55. TEKS: Jesaja 55: Die Here se Woord werk. Skrifberyming 34 (2-2) : 1. Psalm 19 : 4. Psalm 33 : 5.

Vergelijkbare documenten
SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Jesaja sien die Toekoms

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

SKRIFLESING: Prediker 11. TEKS: Prediker 11:4, 6. Wie met God reken, gebruik sy/haar kanse. Psalm 149 : 1, 2. Psalm 126 : 3.

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

n Tempel Leier besoek Jesus

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê.

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

SKRIFLESING: Titus 1. TEKS: Titus 1:15. Die Here wil ons op die hoofspoor hê. Psalm 134 : 1, 2. Psalm 119 : 4. Psalm 18 : 12. Skrifberyming 78 (13-3)

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het

SKRIFLESING: Jesaja 6. TEKS: Jesaja 6:3 HK 8. Voor die drie-maal heilige God buig ons laag. Psalm 99 : 1, 2. Psalm 81 : 11, 12

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder.

Wie in die Here glo, vertrou Hom met die bestemming.

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 6: TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1. Ook ons liggame behoort aan die Here. Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

Goeie Konings, Slegte Konings

Welkom by Die Storie God se storie

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3.

Preek oor: Wat doen die Heilige Gees? Die Heilige Gees laat die wedergeboorte plaasvind

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

RESPECT 4 U. L e s 1. Jou vermoëns en sommige van jou verwagtinge en drome indentifiseer

Die gebruik van 'n persoonlike joernaal of dagboek

TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5

INHOUDSOPGAWE. Voorwoord Doen God al die skuifwerk hier op aarde? God se genade bepaal sy planne God se meesterplan...

JOHANNES 6:48 HK 28. Votum en seën. Psalm 100 : 1, 3. Gebed. Skrifberyming 54 (2-6) : 1. Skriflesing: Johannes 6:41-59 (AV 1983) Belydenis: HK 28

1 KORINTIËRS 13:12. Ook: Sb 18-8 (30) : 4, 5

Van Vervolger tot Prediker

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

TEKS: Handelinge 2:39 HK 27:74. Die Here se belofte geld ook vir die kinders van gelowiges

PSALM 90:2 NGB 1. Votum en seën. Psalm 90 : 1. Gebed. Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1. Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53)

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

Die Seun het gekom om die Vader aan ons bekend te maak.

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

Deur Sy wet gee God ons broodnodige kennis van sonde

Die Here gee vir mense, wat oor Hom bly is, dit wat hulle harte begeer.

Baie welkom by vanoggend se erediens. Doen asb moeite om ander mense rondom jou te groet

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

SKRIFLESING: Handelinge 16: TEKS: Handelinge 16:30-31 HK 23. Wie in die Here Jesus glo, word gered. Psalm 48 : 4.

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

PSALM 40:9. Votum en seën. Psalm 89 : 3. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Deuteronomium 5:6-21 (AV 1933/53) Psalm 50 : 6, 7.

Van Vervolger tot Prediker

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

HOSEA 6:1-3. Votum en seën. Psalm 48 : 1. Gebed. Skriflesing: Hosea 6 (AV 1933/53) Teks: Hosea 6:1-3 (AV 1933/53) Psalm 72 : 3

SKRIFLESING: Johannes 4:1-30. TEKS: Johannes 4:10. Die Here les mense se diepste dors. Psalm 84 : 2, 3. Psalm 139 : 1, 3. Skrifberyming 6 (5-1) : 5

Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees?

SKRIFLESING: Lukas 17:1-10. TEKS: Lukas 17:10 HK 24. Begenadigdes skuld God gehoorsaamheid. Psalm 138 : 1. Skrifberyming 24 (1-1) : 2.

Die Kerk se Geboorte

JESAJA 53:9 HK Sondag 16:40-43

Dis net so ondenkbaar soos n gemeente die tempel van die Heilige Gees 1 wat nie bid nie.

1 JOHANNES 5:4. Votum en seën. Psalm 45 : 1, 3, 4. Gebed. Skriflesing: 1 Johannes 5:1-13 (AV 1933/53) Teks: 1 Johannes 5:4 (AV 1933/53) Psalm 18 : 15

'n Man gestuur deur God

TEKS: Jeremia 42:5-6 en 43:2-3 HK 38. Die Here se volk moet hulle regtig deur Sy Woord laat lei

Jona en die Groot Vis

MATTEUS 5:17 NGB 25. Votum en seën. Psalm 67 : 2. Gebed. Skriflesing: Matteus 5:17-32 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 25. Teks: Matteus 5:17 (AV 1933/53)

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

6. Ek glo in Jesus Christus Johannes 3:16-18 en Matteus 1:18-25

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën.

Baie welkom by vanoggend se erediens

Aanbieding 1 Agtergrond. Skrywer van 2 Petrus

SKRIFLESING: Rigters 6:1-27. TEKS: Rigters 6: Die Here stuur jóú om op te tree. Psalm 18 : 1. Skrifberyming 21 (9-4) : 1, 6.

n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2)

God red mense wat glo deur die krag van die evangelie

SKRIFLESING: 1 Petrus 2:1-10. TEKS: 1 Petrus 2:9. God red sodat ons sal vertel. Psalm 40 : 5. Psalm 4 : 3. Skrifberyming 8 (5-3) : 2.

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het.

Tema: God gee die blydskap van die ewige lewe aan diégene wat in ons boodskap van Jesus Christus glo!

God eer Josef die slaaf

Wie God se beloftes het, streef om skoon te word en heilig te wees

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

Ontdek God Saam. (v 1.0) n Riglyn om nuwe groepe te lei

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

1 JOHANNES 2: Votum en seën. Psalm 34 : 1, 4. Geloofsbelydenis: Nicea. Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 34 : 6. Gebed

Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)?

KOLOSSENSE 3:17 HK Sondag 36

VADERSDAG. Een van die raadslede van die sinagoge, 'n man met die naam Jaïrus, kom toe daar aan. Net toe hy vir Jesus sien, val hy op sy

JEUGLES - FUNAAND: Om Jesus te volg

Transcriptie:

SKRIFLESING: Jesaja 55 TEKS: Jesaja 55:10-11 TEMA: Die Here se Woord werk. Skrifberyming 34 (2-2) : 1 Psalm 19 : 4 Psalm 33 : 5 Psalm 89 : 6 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Ps 147 : 6, 7 Sb 34 (2-2) : 2

2 Hoe belangrik is die Bybel regtig? Veral in die gereformeerde godsdiens het die Here se Woord n baie prominente plek gekry; - dis vir ons ondenkbaar dat iemand n kind van die Here kan wees, en dan nie elke dag een of ander tyd self uit die Bybel lees en so gaan luister na wat die Here vir jou sê nie; - preke en katkisasie en Bybelstudie en ander vorms van Bybelse toerusting is n groot deel van ons kerklike lewe; - gereformeerdes was ook nog altyd die mense wat hulle daarvoor beywer het dat die Here se Woord ook in die skole en by universiteite en in die politiek en in ál die fasette van die openbare lewe moet geld. Maar is die Woord van die Here regtig so belangrik? Maak dit rêrig n verskil of n mens dit hoor en lees, of nie? Baie kere hoor of lees n mens tog die Bybel en dan voel dit vir jou of daar niks gebeur nie; - dit maak jou nie bly en dit maak jou nie bang nie; - dit vat nie jou probleme weg nie en dit antwoord nie vrae waarmee jy sit nie; - dit verander niks aan jou lewe nie; - jy s na jou stiltetyd of na die huisgodsdiens of na die preek nog presies dieselfde mens as wat jy voor die tyd was. Is die Woord regtig só belangrik? In ons teksverse word hierdie vraag duidelik geantwoord hier waar ons hoor dat die Here se Woord, wat Hy soos reën en sneeu uitstuur, werk. Die Here se Woord wérk Kom ons kyk na die volgende sake: - dat dit hier oor die Hére se Woord gaan; - dat Hy dit soos reën en sneeu maak; - dat Hy dit stuur; - dat dit werk, effektief is. 1. DIS DIE HÉRE SE WOORD

3 Die Here noem hier die beloftes en die versekerings en die waarskuwings en die voorspellings wat Hy deur Jesaja laat hoor het: die woord wat uit my mond kom En dit beteken dat as Jesaja vir ons sê: So sê die Here, dan s hy nie besig om vir ons sy eie opinie oor sake te gee nie, maar dan gee hy vir ons woorde weer wat by die Here se mond begin het, woorde wat die Here as t ware met Sy asem gesê het (soos wat ons ook ons woorde met ons asems sê) en wat Hy die profeet laat hoor het, sodat die profeet dit nou verder kan gaan oordra. As daar uit die Bybel, waarin al hierdie so-sê-die-here s opgeneem is, gelees word, is dit iets heeltemal anders as die lees van enige ander geskrif in die wêreld. Elke ander geskrif in die wêreld het sy oorsprong by mense; dit bevat idees en denke en navorsing en ervarings van mense; wat heeltemal goed en geldig kan wees so goed en geldig as wat mense se idees en denke en navorsing en ervarings kan wees. Maar die Bybel het sy oorsprong by God. As jy dít lees hoor jy woorde wat uit Sý mond uit kom. Die woord, waarvan ons netnou gaan hoor dat dit wérk, is die Woord van God. 2. DIS SOOS REËN EN SNEEU Een rede waarom mense baie kere dink dat die Here se Woord niks aan jou doen nie, is omdat hulle dit vergeet wat die Here ook hier van Sy woord sê: dat dit soos die reen en die sneeu is. U weet mos hoe dit met reën en sneeu is: o Wat vaal was, is nie dadelik groen as dit gereën het nie. Die reën maak eers net die aarde nat, en dan word die grond vrugbaar en dan kan al die groeiprosesse begin. o En die sneeu val daar in die winter op die bergtoppe. En eers as die lente kom, dan begin dit smelt

4 en word dit stroompies en riviere wat afloop en wat die droë land daaronder help. So is dit met die Here se Woord ook. 1 Dit werk nie soos n towerstaf nie. Die Heilige Gees laat dit so met verloop van tyd werk, op n stil manier binne in mense. Die Here Jesus het n beeld gebruik wat baie dieselfde beklemtoon: dat die Here se woord soos saad is wat gesaai word. En jy saai nie nou en netnou staan die plant daar nie. Die saad vat sy tyd om te ontkiem en te groei. Dis nie eers dadelik sigbaar wanneer hierdie saadjie begin groei nie. Dis eers na n ruk wat daar n klein groen sprietjie bokant die grond begin uitsteek. Die Here maak Sy woord soos reën en sneeu. n Derde feit wat ons hier van die Here se Woord hoor, is dat Hy dit stuur. 3. HY STUUR DIT Die Here se Woord het altyd n spesifieke doel en adres. Hy sê hier dat Sy woord sal doen wat Ek gedoen wil hê en tot stand bring waarvoor Ek dit gestuur het. Die Here praat nie (om dit so te stel) maar sommer net Sy woorde en laat die wind dit dan waai waarheen dit wil en dan kyk Hy met belangstelling óf dit iets gaan bereik en wat dit hierdie keer gaan bereik nie. Die Here het met al die woorde wat Hy gepraat het, spesifieke doele wat Hy daarmee wil bereik en spesifieke mense na wie toe Hy dit laat gaan. 1 As n reël. Daar is ook uitsonderings, vgl bv Jer 23:29 en Heb 4:12.

5 Vir die Here is Sy Woord nie soos n skoot bokhael wat Hy skiet in die hoop om iets iewers te tref nie. Hy s met Sy Woord soos iemand wat met n fyn-ingestelde geweer dooierus vat op Sy teikens! Dit maak dat n mens met ander oë lees as jy Bybel lees en luister as die Bybel waar ook al vir jou voorgelees word: - daardie Skrifgedeelte het by jou uitgekom omdat die Here jóú ook daarmee in Sy visier het Maar die hoofaksent van ons teksverse is die feit dat hierdie woorde van die Here, wat uit Sy mond kom en wat soos reën en sneeu is en wat n bepaade doel en adres het, n woord is wat wérk. 4. DIT WÉRK Met werk word bedoel: - dis effektief; - dit slaag; - dis soos n projek wat uitwerk soos dit beplan is. Dís wat die Here hier bedoel as Hy sê dat sy woord nie onverrigter sake na Hom toe sal terugkeer nie. Die ander vertaling gee dit weer met leeg: die Here se woord sal nie leeg na Hom terugkeer nie. Die woord wat hier gebruik word, word ook gebruik in twee ander situasies wat ons help om te verstaan wat hier bedoel word: o Dit kan ook verwys na n kind van die Here wat in die Ou Testamentiese tyd tempel toe gegaan het om die Here daar te ontmoet, en nooit sonder n offer, met leë hande, sou kom nie. Die Here se woord sal nooit sonder n offer wees wat dit vir Hom bewerk het en bring nie. o En dan kan hierdie uitdrukking ook verwys na soldate wat gaan veg het, en nie met leë hande sal terugkom nie, maar met die buit wat hulle afgeneem het by die vyande wat hulle verslaan het.

6 Die Here se Woord gaan doen wat Hy daarmee gedoen wou hê en waar Hy dit gedoen wou hê en kom dan terug met hande vol buit wat dit vir Hom gemaak het. Dis soos reën en sneeu: - waar dit gereën en waar die strome en riviere van gesmelte sneeu vloei, gebeur daar altyd iets, groei daar altyd iets; - dis nooit sonder effek nie, selfs nie eers in droë woestyne nie! Waar die Here se woorde gelees word of vertel word of gepreek word, gebeur daar altyd iets al is dit wat gebeur nie altyd dadelik sigbaar nie; maar Sy Woord is nooit sonder resultate nie. Die verskriklike is dat die Here se Woord nie net altyd dit wat ons positiewe resultate sal noem, het nie, maar partykeer ook negatiewe resultate. Die Here stuur Sy Woord nie net altyd om die goeie te laat oplewe nie, maar partykeer ook om die verset wat daar teen Hom in mense se harte is, te laat opvlam of sigbaar te laat word. o Dink byvoorbeeld aan Moses se tyd, hoe die boodskappe wat Moses van die Here af aan die farao gebring het, net al hoe meer die verharding van die farao se hart teen die Here gewys het. 2 o En dink aan hierdie einste Jesaja, vir wie die Here gesê het dat sy profesieë nie tot bekering by die volk Israel sou lei nie, maar juis daartoe sou meewerk dat hulle geestelik traag van begrip en blind en doof sou word, nog meer as wat hulle alreeds was ryp vir die straf van die Here! 3 Dis net soos die lieflike reën wat van Bo af op hierdie aarde val: - as dit val waar daar onkruid is, gaan die onkruid ook al hoe weliger daarvan groei! n Mens kan ook hierdie twee moontlike resultate wat die Woord kan hê, in die terme van hierdie hoofstuk verduidelik. Hierdie hoofstuk is mos baie duidelik n roep vanaf die Here: 2 Bv Exod 10:27-28 3 Jes 6:10

7 Kom, almal wat dors is, kom na die water toe 4 En as n mens geroep word, kan daar een van twee dinge gebeur: o Jy kan Ja! sê en kom: - ja, Here, ek kom; - want ek ís honger en dors; - ek kom om die brood te eet wat U gee en om die wyn en melk wat U aanbied, te drink, al het ek nie geld nie; - ek kom, want ek weet dat die Here Jesus Christus vir my betaal het Sy dood vir my lewe! Die Here se Woord kan n Ja! bewerk, daar waar die Gees van die Here die saad laat ontkiem en die plantjie van die geloof laat opkom o Maar daar kan iets anders ook gebeur as jy geroep word: - jy kan die roepstem ignoreer en nie kom nie. En dan t daar nie niks gebeur nie, maar iets ernstigs: - jou verset teen die Een wat jou roep, het gegroei; - jy t nog n keer Nee! gesê; - jy t nog n kans laat verbygaan; - jy t nog n keer Sy liefde in Sy gesig teruggegooi en so nog n sonde by al die ander bygesit. Die Here se Woord bewerk áltyd iets: - of n ja, of n nee; - of dit laat die goeie plante groei, of dit laat die onkruid groei; - of dit versag n hart, of dit lok die rebelsheid uit; - of dit bring genade, of dit laat die sonde meer word en die sondaar ryp vir die oordeelsdag. Sy Woord keer nooit onverrigter sake, met leë hande, na Hom toe terug nie. Dit wérk. 4 Vers 1

8 TEN SLOTTE Verstaan u nou hoe belangrik dit is dat u self die Bybel lees gereeld, ernstig, en dat u die Bybel vir u kinders lees, en dat u moeite doen om preke wat die Woord vir u verduidelik en in u lewe toepas te hoor - dat u geen moeite sal ontsien om hierdie reën en sneeu in u lewe te kry nie? As dit nie gebeur nie waar die reën en sneeu nie val nie gaan die geloofsplantjie nie kan groei nie en gaan dit wat daar is, kwyn en gaan mense op die oesdag met leë hande voor die Regter staan. Wat doen ouers nie aan hulle kinders as hulle hulle van die seën van daaglikse huisgodsdiens beroof nie! Wat doen jy nie aan jouself as jy jou persoonlike Bybellees begin nalaat, of as jy nie meer gereeld kerk toe kom nie! As ons dink aan hoe dor ons siele oor die algemeen is, kan ons nooit genoeg van die Bybel kry nie! Maar verstaan u nou ook dat ons nooit dieselfde is nadat ons Bybel gelees het of n preek gehoor het nie? Al voel dit dalk vir ons of daar niks gebeur het nie, dit is nie so nie. Die Here se Woord werk. Ook die Woord wat ons hierdie jaar lees en hoor, gaan met ons werk. Óf dit gaan die Ja by ons al hoe sterker en duideliker laat word. Of dit gaan as ons die onkruid van weerstand teen die Here in ons binneste toelaat dit al hoe erger laat word. Maar die Woord gaan nooit niks aan ons doen nie. Ook vandag se Jesaja 55:10-11 sal iets met elkeen van ons laat gebeur AMEN