Die Here het n groot wrewel aan mense wat onder die indruk verkeer dat hulle Hom kan dien en daarmee saam volop genietinge van die sonde kan hê.

Vergelijkbare documenten
Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Jesaja sien die Toekoms

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

Aanbieding 1 Agtergrond. Skrywer van 2 Petrus

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

Welkom by Die Storie God se storie

Preek Romeine 1:16-17

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)?

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11)

Van Vervolger tot Prediker

Heilig, heilig, heilig, heilig is die Heer. Eng'le in die hemel buig hul voor Hom neer. Here, hoor my bede, hoor my as ek sing, en aan U, my Vader,

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

Meer Jesus Meer Liefde Meer Dissipels. Leierskap Strukture

Goeie Konings, Slegte Konings

n Tempel Leier besoek Jesus

Die Kerk se Geboorte

Bybelsondag, Kraggakamma, 29 Augustus 2010

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

SKRIFLESING: Jesaja 6. TEKS: Jesaja 6:3 HK 8. Voor die drie-maal heilige God buig ons laag. Psalm 99 : 1, 2. Psalm 81 : 11, 12

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap.

Sing vooraf: Skrifberyming 17-2:3, 4 (18:3, 4)

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

Die Groot Gebod dennis de wet

Geroep vir Gemeenskap

n Dubbele kruis-belydenis

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

Hoé weet ons die Bybel is die Woord van God? Erkenning van die gesag van die Skrif en die Heilige Gees

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

Skriflesing: 2 Tim 2:14-26(word gelees deur gemeentelede uit die banke)

LITURGIE VIR N OOP GESPREK

SKRIFLESING: Handelinge 16: TEKS: Handelinge 16:30-31 HK 23. Wie in die Here Jesus glo, word gered. Psalm 48 : 4.

Preek Genesis 1:27. (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 6 November 2016)

Jona en die Groot Vis

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

WAAROM ONS AANHOU MET DIE KINDERDOOP. n Reaksie op Christo Nel se oproep tot n nuwe hervorming, en sy verwerping van die kinderdoop

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

Grote God, ons bring U eer, ons aanbid U, Koning, Heer. U kom toe die lof alom - U wat was, wat is, wat kom. Voor U buig die skepping neer - U wat

Petrus en die Krag van Gebed

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

Tema: Laat skyn die heerlikheid van God in jou lewe met genade (liefde) EN waarheid!

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

Preek Romeine 9:6-7. (Preek gelewer tydens erediens van Geref. Kerk Welkom op Sondag 15 Julie 2018) Prediker: Ds JL van der Schyff

Bybel vir Kinders. bied aan. Totsiens Farao!

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het.

Sing vooraf staande: Psalm 73:9 (p. 369)

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

'n Man gestuur deur God

sodat jy n gestuurde van die Here kan

SKRIFLESING: Titus 1. TEKS: Titus 1:15. Die Here wil ons op die hoofspoor hê. Psalm 134 : 1, 2. Psalm 119 : 4. Psalm 18 : 12. Skrifberyming 78 (13-3)

14. Ek glo my sondes word vergewe 1 Johannes 1:5 2:2

Van Vervolger tot Prediker

DIE JERUSALEM RAAD Les 8 vir 25 Augustus 2018

Preek Romeine 6:3-4. (Preek tydens erediens in Gereformeerde Kerk Welkom-Noord op Sondag 25 Junie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies?

SKRIFLESING: Romeine 1:1-17. TEKS: Romeine 1:3b-4a HK 13. Jesus is die Seun van God en ons Here. Psalm 149 : 1, 2.

Paulus kritiseer sy tyd se manier

Toe God alles gemaak het

Baie welkom by vanoggend se erediens. Doen asb moeite om ander mense rondom jou te groet

Skriflesing: Dordtse Leerreëls Hoofstuk 2 paragraaf 8 Sing- Ps. 25:4; Ps. 19:5; Ps. 23:2 volkome vrye raadsbesluit, genadige wil en voorneme van God

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

Wie God se beloftes het, streef om skoon te word en heilig te wees

Preek 1 oor gesag (vyfde gebod)

Dooppreek Mika Bogaards

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

Toe God alles gemaak het

Les 2 vir 13 Oktober 2018

Simson, God se sterk Man

Jesus - Die Grootste Geskenk van Alle Tye - Reformation Society

Die gebruik van 'n persoonlike joernaal of dagboek

Transcriptie:

Sing vooraf: Psalm 89:6-6- Hoe salig is die volg wat luister na u woord, hul wandel in die lig wat van U afstraal, voort. Hul sal hul in u diens, waaraan hul toegewy is, die ganse dag verheug, omdat hul in U bly is; hul prys u grote krag wat alle krag oortref het, en u geregtigheid wat hul weer opgehef het. Ons hulp is in die Naam van die Here wat die hemel en die aarde geskape het. Geliefdes, genade en vrede vir u van God ons Vader en die Here Jesus Christus deur die kragtige werking van God die Heilige Gees. Lofpsalm 2:6-6- Kom, dien die HEER en wees in Hom verblyd met blydskap wat Hom huldig as die HEER, en kus die Seun in onderworpenheid, buig jul voor Hom met vrees en bewing neer. Want ligt'lik kan Gods gramskap jul verteer net soos 'n vuur, eers alte klein geag. Welsalig wie Hom huldig as hul HEER, wie by Hom skuil en op sy bystand wag. Gebed. Psalm 72:6 6- Ek sien al vorste, ryk en magtig, wat buigend voor Hom staan, en al die nasies wat eendragtig Hom dien as onderdaan. Want Hy sal die verstotelinge, die wat geen helper het - die stilverloorne en geringe - sal Hy verhoor en red. Skriflesing: Josua 24. Teks: Josua 24:15 Maar as dit verkeerd is in julle oë om die HERE te dien, kies dan vir julle vandag wie julle wil dien: òf die gode wat julle vaders daar oorkant die Eufraat gedien het, òf die gode van die Amoriete in wie se land julle woon; maar ek en my huis, ons sal die HERE dien. (Josua 24:15 AFR1953) Die Here het n groot wrewel aan mense wat onder die indruk verkeer dat hulle Hom kan dien en daarmee saam volop genietinge van die sonde kan hê. Daar was n volksvergadering te Sigem. Ons moet ook eerlik wees dit was nie n gewone volksvergadering nie. 1

Dit was eintlik n erediens, want daar staan geskryf dat die volk hulle voor die aangesig van die Here gestel het. Sigem self is ook n besondere plek. In n sekere sin was dit destyds beskou as n heilige plek, want die Here het op hierdie plek soms van sy openbaringe gedoen. Die Here het hier aan Abraham verskyn toe hy maar pas in Kanaän aangeland het. Abraham het ook hier vir die Here n altaar gebou. Dit was ook op hierdie selfde plek waar Jakob die afgodsbeelde wat in sy huis gevind was, begrawe het. Die plek Sigem preek dus van God se trou in die vervulling van sy beloftes aan Abraham en aan Jakob se dure roeping om radikaal met alle afgodery te breek. In die gedeelte wat ons saam gelees het, kry ons die volk op hierdie selfde plek. Josua is oud, en hy tree uit sy amp uit. Dit doen hy nou by hierdie geleentheid waar die volk uiterlik en ook inwendig voor God gaan staan. n Erediens vind plaas waarin die hele volk hulle harte ophef na God toe, en waarin hulle hulle dit die saak maak dat hulle met God gemeenskap wil oefen en sy Woord wil hoor. Dan preek Josua n preek wat presies dieselfde inhoud het as dit wat die Here vantevore op daardie plek aan Abraham en Jakob geopenbaar het. In die eerste paar verse word die volk herinner aan die besondere gunsbewyse wat die Here in die geskiedenis van Israel aan hulle betoon het. Daarop rus die oproep om aan die Here getrou te wees. God se verkiesende liefde word oor hierdie volk openbaar vandat die Here Abraham geroep het. Van toe af bestaan die volk nie deur natuurlike omstandighede voort nie. Alles wat oor hulle beskik word, is die Here se genade oor hulle. Veral in die gedeelte van vers 5 tot 7 word dit onderstreep dat hulle deur die Here gemaak is. Daarna word die geskiedenis van die volk in Egipteland vertel en dat die Here Moses en Aäron gestuur het en dat die Here die tien plae beskik het. Hulle word daaraan herinner dat die Here die Egiptenare verhinder het om tydens die deurtog sy volk enige leed aan te doen. So het God sy doel met hierdie volk uitgevoer en hulle begin lei na die land waar Hy hulle wou hê. Selfs die veronderstelde vloek van Bileam is in n seën verander. n Nuwe reeks goddelike wonderdade begin, waar die een wonderliker en grootser is as die ander een. Vers 11 en 12 vertel dat die Here selfs voor die tyd al die vyand se moed verlam het, want daar was n keer toe die Here perdebye gebruik het om die vyand te help verslaan. 2

Dan kom die toepassing van Josua se preek: Julle het eintlik geen ander keuse nie, as om die Here alleen voluit te dien nie, want julle het alles aan Hom alleen te danke. Josua se preek maak onverwags n baie belangrike wending. Die volk mag die Here nie net uitwendig dien nie. Die vorm alleen is nie genoeg nie. Kom ons stel dit dat dit pas by ons en ons gemeente: kerkbesoek en uiterlike meelewe met die gemeente is nie genoeg nie. Daar moet ook geestelike meelewing wees. o Daar moet godsvrug in jou lewe wees. o Jy moet n hartlike opregte mens wees. Jy moet absoluut standvastig vir die Here wees. o Baie prakties gestel beteken dit dat jy elke oomblik absoluut bereid moet wees om te breek met dit wat verkeerd is. o Wanneer jy tog n fout begaan het, en sonde gepleeg het breek daarmee en moet dit nie meer herhaal nie. Leef net vir God en vir sy waarheid. o Daarom word hier die verpligting op die volk geplaas dat hulle alle afgodery onder hulle uit moet verwyder. Die geestelike toestand van die volk was destyds taamlik suiwer, maar daar was nog baie van hulle wat n verskeidenheid afgode gedien het. Al was die volk in die breë redelik geestelik voorbeeldig, was die swakkelinge tog nog steeds onder hulle en hulle kon nog altyd weer die res van die volk besoedel. Dan eis die Here van hulle daar in daardie erediens n openbare belydenis van hulle geloof. Kies wie julle wil dien! Die Here bedoel beslis nie hier dat sy uitverkiesing verval en dat die volk self kan kies en dat God Hom daarby sal skik nie. Onthou, Hy stel n uitverkore volk voor die keuse! Mense wat reeds uitverkies is! Maar Hy eis van hulle dat hulle hulle ware kleure moet bewys! Hy wil weet watter waardering hulle vir al sy genade het, want later sê die Here Jesus self dat almal nie Israel is wat uit Israel is nie. Daar staan dus n klomp mense onder daardie verbondsvolk wat nooit die binnekant van die hemel sal sien nie! Daarom word die volk se geloof hier aan die toets onderwerp: Kies! Josua oefen geen dwang op hulle uit nie. Hy gee hulle die keuse tussen twee verskillende afgode, en dan stel hy dit net baie helder dat hy en sy huis die Here sal dien. Calvyn, die hervormer, skryf by hierdie vers die volgende kommentaar: Dis nie sonder oorsaak dat hulle die vryheid gegee word om te kies nie, sodat hulle nie later sou kon sê dat hulle gedwing was hoe om te kies nie. Hulle moet uit eie beweging verplig word om die verbond te onderhou. Die volk is dadelik gretig om saam met Josua en sy huis te staan. 3

Hulle sal die Here dien. Maar Josua het hierdie volk geken. Hoeveel keer het sy eie oë nie gesien hoe hulle murmureer en opstandig word teen God en teen Moses nie?! Daarom glo hy hulle nie. Hy sê vir hulle: Julle kan die Here nie dien nie, want Hy is n heilige God, Hy is n jaloerse God; Hy sal julle oortredinge en julle sondes nie vergewe nie. Die oomblik is een van groot erns, want God verwag van ons om elke oomblik te staan by ons geloof, en die uitlewing van sy heiligheid. Daarom sê Josua vir hulle dat hulle n groot fout maak as hulle dink dat hulle kan voorgee dat hulle die Here dien, maar die sonde geniet wanneer hulle kan. Prakties beteken dit dat ons altyd in ons lewe bewus moet wees daarvan dat die Here ons sien. Ons moet met elke ding wat ons doen, wys aan watter kant van die geloofslyn ons staan. Dit beteken dat ons n bekeringslewe moet leef, of anders bewys ons dat ons eintlik burgers van die hel is. Die dinge is nie bedoel om ons kleinmoedig te maak nie, maar juis om ons te laat waardeer wat ons van die Here ontvang het, en om ons dan aan te spoor om dit reg te benut. Ons kan nie heul met verkeerde dinge en dink ons moet nog vir die Here ook aanvaarbaar wees nie. Daarom hierdie ontsettende swaar aanspraak: Julle kan die Here nie dien nie, want julle moet onthou Hy is heilig. Hy sê nie een ding en doen n ander een nie! Broeders en susters, laat hierdie preek van die Here ook vir ons geld. Laat ons dit ons saak maak om so skoon as moontlik van die sondes te leef en so sterk as moontlik in die geloof, en laat ons die genade van die Here so veel as moontlik waardeer. Dit is ook die genade van hierdie preek. Die Jode het net die geskiedenis van hulle voorvadere en die uit- en intog gehad. Ons het die Here Jesus. Goddelik het Hy geleef vry van oortreding. Hy het gesterf soos n Magtige oor die dood. Hy het aan ons ook n land gegee wat klaar bebou is soos wat Israel destyds ontvang het - maar meer nog, want ons land is die nuwe aarde, en die stad daar is deur God self gebou. Ons het baie meer genade en daarom staan ons ook seker skerper in die lig van God se oordeel as ons hierdie genade misbruik. Daarom moet ons lewe elke dag die woorde van Josua uitspel: EK en my huis, ons sal die Here dien. Slotgebed. Slotpsalm 103:11 4

11- Verhef die HEER, o al sy leërmagte, sy dienaars wat Hom dien as troue wagte! Laat hemel, aarde en see en berg en dal, waar ook sy septer swaai - laat alle dinge sy lof verhef in altyd wyer kringe! En jy, my siel, loof jy Hom bowenal. Die HERE sal jou seën en jou behoed; Die HERE sal sy aangesig oor jou laat skyn en jou genadig wees; Die HERE sal sy aangesig oor jou verhef en aan jou vrede gee. Dr. M.J. du Plessis Gereformeerde Kerk Bellville Datum: 6 Junie 2010 5