HET GOD N SPESIALE BOODSKAP VIR VANDAG?

Vergelijkbare documenten
God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Jesaja sien die Toekoms

Ontdek God Saam. (v 1.0) n Riglyn om nuwe groepe te lei

Die Kerk se Geboorte

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11)

Van Vervolger tot Prediker

Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)?

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

Goeie Konings, Slegte Konings

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

Aanbieding 1 Agtergrond. Skrywer van 2 Petrus

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Jesus - Die Grootste Geskenk van Alle Tye - Reformation Society

Die Groot Gebod dennis de wet

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

Jona en die Groot Vis

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

Van Vervolger tot Prediker

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

Les 2 vir 13 Oktober 2018

Welkom by Die Storie God se storie

Het jy al jou kruis opgeneem Die Besluit

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

Geroep vir Gemeenskap

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

n Tempel Leier besoek Jesus

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

Toe God alles gemaak het

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

Petrus en die Krag van Gebed

ons rykdom in Christus 2

Toe God alles gemaak het

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Jona en die Groot Vis

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

Les 1 vir 7 Oktober 2017

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

TEKS: Handelinge 2:39 HK 27:74. Die Here se belofte geld ook vir die kinders van gelowiges

VRAE EN BESWARE WAT MENSE SOMS OOR DIE DOOP HET

Kinders hoe voel julle oor die eksamen wat voorlê? Vir wie van julle is die Bybel soms moeilik om te verstaan? Ja daar is dinge waarmee ons sukkel né.

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

DIE JERUSALEM RAAD Les 8 vir 25 Augustus 2018

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 6: TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1. Ook ons liggame behoort aan die Here. Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2

23. Reëls vir die pad die padgebruikers

Preek deur ds. Jaco van Sittert Vrydag, 14 April Skriflesing: Johannes 19:17-37 Van die eenkant na die anderkant van die kruis.

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

MAAK JESUS WEER DIE HOOF VAN SY KERK!

Hoe moet ek die Drie-eenheid verstaan?

D O O P. Die doop van bekeerlinge is n kardinale deel van ons redding, wat ons nie kan uit die weg stoot of verontagsaam nie.

Die duiwel versoek Jesus

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

Quo Vadis? EVANGELISASIEBLAD VAN DIE GEREFORMEERDE KERKE IN SUID-AFRIKA. Geregistreer by die poskantoor as nuusblad. NR.

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

SKRIFLESING: Handelinge 16: TEKS: Handelinge 16:30-31 HK 23. Wie in die Here Jesus glo, word gered. Psalm 48 : 4.

TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5

Die Groot Stryd tussen Christus en Satan is die agtergroud regdeur die Bybel. Dit is besonders duidelik in die boek Job. Die Groot Stryd.

Skriflesing: 2 Tim 2:14-26(word gelees deur gemeentelede uit die banke)

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

'n Man gestuur deur God

Meer Jesus Meer Liefde Meer Dissipels. Leierskap Strukture

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

Pragtige Koningin Ester

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol

Januarie Sondag Maandag Dinsdag Woensdag Donderdag Vrydag Saterdag. 24 Sopkombuis 08:00 Snr Kuier 09:30 Kerkraad 18:00

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

Heilig, heilig, heilig, heilig is die Heer. Eng'le in die hemel buig hul voor Hom neer. Here, hoor my bede, hoor my as ek sing, en aan U, my Vader,

BYBELSTUDIE OPENBARING LES 4 HOOFSTUK 1:9-13.

PINKSTER. SKRIFLESING: Handelinge 2:1-21. TEKS: Handelinge 2:2-3. God die Heilige Gees kom om soos wind en vuurtonge te werk.

Jesus het aan Petrus gesê: "en as jy eendag bekeerd is, moet jy jou broeders versterk", net voor sy ontkenning (Lukas 22:32) Petrus vervul die bevel

Preektema: God bring ons uit die lykshuis, skenk geloof om te leef tot sy eer! Skriflesing: Efesiërs 2:1-10

Tema: God is blydskap en Hy maak ons in Christus ook bly! Lofprysing ter voorbereiding van die erediens Ps : 1, 2 Lied 571: 1, 4

10. Ek is by julle Matteus 28:16-20

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer

Hoé weet ons die Bybel is die Woord van God? Erkenning van die gesag van die Skrif en die Heilige Gees

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

DOOP: Deel 2 INLYDING:

HANDELINGE 14:15 HK 34:94-95

HEMELVAART. SKRIFLESING: Johannes 14:1-14. TEKS: Johannes 14:2-3 (AV 1933/53) Jesus Christus is hemel toe vir ons. Psalm 2 : 4, 6.

God eer Josef die slaaf

PAULUS: APOSTEL VIR DIE HEIDENE. Les 1 vir 1 Julie 2017

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

Transcriptie:

HET GOD N SPESIALE BOODSKAP VIR VANDAG? Ramon Umashankar is n Brahmin gebore. Sy ouers het hom op n vroeë ouderdom geleer dat hy n god is en om sy goddelikheid te laat verwesenlik, moet hy joga en meditasie beoefen. Maar as n tiener het Ramon begin wonder of hy God werklik kon vind deur die verskillende afgode wat in die Hindoe tempels aanbid word. Ramon het die Bybel en Christus se aansprake begin ondersoek. Hy het Jesus altyd gerespekteer vir Sy nederigheid, maar nou het Ramon gehoor dat hierdie Jesus daarop aanspraak maak om die unieke Seun van God te wees. En hy het agtergekom dat baie Christene n soort vrede ondervind wat jare van meditasie nie kon verskaf nie. Ramon was egter nog steeds vasbeslote om die waarheid in sy eie Hindoe geloof te vind. Maar toe sien hy n rolprent oor die lewe van Christus. Vir die eerste maal het hy besef dat Jesus lyding en vrees ondervind het as n mens. Vantevore het hy gedink dat Jesus op een of ander manier Sy bo-natuurlike magte gebruik het om die pyn van die kruisiging te ontduik. Maar nou kon hy nie die kruis verduidelik nie. Hy het gewonder: Hoe kon hierdie Jesus deur so n stryd gaan vir sondige mense? Terwyl Ramon voortgegaan het om oor Christus se dood na te dink, was hy oorweldig deur so n uitbeelding van liefde. Hy het besluit om sy begeerlike Brahmin status prys te gee en sy lewe oor te gee aan Jesus, die Verlosser. In vergelyking met Christus se opofferende liefde, het Ramon gesê: Alle ander dinge het net tot niet gegaan. Hierdie jong Brahmin het die sentrale waarheid van die Christendom ontdek: Jesus, die Verlosser van die wêreld. 1. WATTER GELOOF RED? Jesus is die Weg die enigste weg van verlossing. En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie. Handelinge 4:12. (Tensy anders vermeld, word alle Skrifgedeeltes in die ONTDEK Gidse geneem uit die Ou Vertaling van die Bybel in Afrikaans.) Die Bybel leer ons baie duidelik dat ons in sonde verlore is en dus onderworpe aan die straf vir sonde: dood (Romeine 6:23). Almal het sonde gedoen (Romeine 3:23), daarom moet almal voor die dood te staan kom. En Jesus is die Een die enigste Een wat ons kan red van die veroordeling van sonde. En dit is die wil van Hom wat My gestuur het, dat elkeen wat die Seun aanskou en in Hom glo, die ewige lewe mag hê; en Ek sal hom opwek in die laaste dag. - Johannes 6:40.

Daar is slegs een ware godsdiens: Een Here, een GELOOF, een doop. - Efesiërs 4:5. 2. HET GOD N SPESIALE BOODSKAP VIR DIE CHRISTENE VAN DIE LAASTE DAE? Ja. Hierdie drievoudige boodskap verskyn in Openbaring 14:6-16. Die verkondiging van boodskappe wat gegee word deur hierdie drie engele word opgevolg met die hoogtepunt van die wederkoms van Christus (Verse 14-16). (1) Die Eerste Engel se Boodskap. En ek het n ander engel [boodskapper] in die middel van die lug sien vlieg met n ewige evangelie om te verkondig aan die bewoners van die aarde en aan alle nasies en stamme en tale en volke. En hy het met n groot stem gesê: Vrees God en gee Hom heerlikheid, want die uur van sy oordeel het gekom; en aanbid Hom wat die hemel en die aarde en die see en die waterfonteine gemaak het. Openbaring 14:6,7. Alhoewel die Skrifte hierdie drie boodskappe dramaties uitbeeld deur die simbool van drie engele, is God se volk eintlik diegene wat dit aan die wêreld verkondig. Hulle verkondig nie n nuwe evangelie nie, maar die ewige evangelie aan die ganse wêreld aan alle nasies en stamme en tale en volke. Die ewige boodskap van Jesus is dieselfde boodskap van verlossing wat mense in Ou Testamentiese tye deur geloof aanvaar het (Hebreërs 3:16-19; 4:2; 11:1-40); dieselfde leer wat Jesus Self verkondig het; dieselfde evangelie wat die dissipels gepreek het om die wêreld vir Christus te wen; dieselfde evangelie wat deur die eeue van die Christelike era weerklink het. Die eenvoudige, verlossende evangelie van Jesus Christus het byna uit die kerk verdwyn vir meer as n duisend jaar gedurende die Donder Eeue, maar die Hervormers het dit weer laat herlewe, en God se volk preek dit vandag dwarsoor die wêreld. Die eerste engel verkondig hierdie selfde evangelie-boodskap, maar dit word teen n nuwe agtergrond gegee n wêreldwye een vir mense wat leef net voor Jesus weer kom. Diegene wat hierdie boodskap aanneem, vind dat hulle gevra word: Vrees God en gee Hom heerlikheid [weerkaats Sy karakter]. Hulle wys God se karakter van liefde aan die wêreld, nie net deur hulle woorde nie, maar ook die dinamiese getuie van hulle lewens. Hulle bied n opwindende openbaring van wat God kan doen deur mense gevul met die Gees van Christus. Wanneer gaan hierdie drie engele se boodskappe dwarsdeur die wêreld verkondig word? Wanneer die uur van God se oordeel gekom het. Gids 13 verduidelik dat Jesus in 1844 begin het met Sy oordeel voor die wederkoms. In daardie jaar, 1844, het Jesus mense dwarsoor die wêreld geïnspireer om die boodskap van Openbaring 14 te begin preek. Hierdie boodskap vra ons: aanbid Hom wat die hemel en die aarde gemaak het. (Openbaring 14:7). God vra ons om te dink aan die Sabbat dat jy dit heilig hou want in ses dae het die Here die hemel en die aarde geskape (Exodus 20:8-11). In 1844 toe Darwin die teorie van ewolusie begin verkondig het, het God Sy volk begin terugroep na die aanbidding van Hom as Skepper. Op hierdie selfde tyd het diegene wat die drie engele se boodskap gepreek het, ook die sewende-dag Sabbat van God se Woord ontdek en begin om dit te hou ter ere van die Skepper van die hemel en die aarde.

(2) Die Tweede Engel se Boodskap. En n ander engel het gevolg en gesê: Geval, geval het Babilon die groot stad, omdat sy al die nasies laat drink het van die wyn van die grimmigheid van haar hoerery. Openbaring 14:8. Die tweede engel waarsku: Geval, geval het Babilon die Groot stad. Openbaring 17 beskryf geestelike Babilon afvallige Christendom as n immorele vrou (Vers 5). Sy staan in teenstelling met die rein vrou van Openbaring 12 wat die ware Christelike kerk voorstel. Die vrou wat Babilon voorstel is n gevalle vrou wat al die nasies laat drink het van die wyn van die grimmigheid van haar hoerery. Die wyn van valse leerstellings het hierdie vervalste vorms van Christelikheid deurdring. Die boodskap van die tweede engel maak n oproep op God se volk om hierdie valse leerstellings van n afvallige Christendom te weerstaan. Babilon stel n n mengsel voor van baie vorme van afvallige Christelikheid. Sy is so gevaarlik omdat sy die beeld van God in karikature verander het: God as wraaksugtig en veeleisend, of God as n sentimentele grootvader wat te goedhartig is om enigeen te pla oor sy sonde. n Gesonde kerk sal n gebalanseerde beeld van al God se eienskappe voorstel en wys hoe Sy regverdigheid en genade gekombineer is in die waarheid dat God liefde is. God doen n beroep op Sy volk om uit te kom (Openbaring 18:4), om onbybelse leerstellings te verwerp, en om God se leerstellings te volg. (3) Die Derde Engel se Boodskap. En n derde engel het hulle gevolg en met n groot stem gesê: As iemand die dier en sy beeld aanbid en n merk op sy voorhoof of op sy hand ontvang, sal hy self ook drink van die wyn van die grimmigheid van God wat ongemeng ingeskink is in die beker van sy toorn, en hulle het dag en nag geen rus nie hulle wat die dier en sy beeld aanbid, en elkeen wat die merk van sy naam ontvang. Hier kom die lydsaamheid van die heiliges te pas; hier is hulle wat die gebooie van God en die geloof in Jesus bewaar. Openbaring 14:9-12. Die derde engel se boodskap verdeel die ganse wêreld in twee groepe. Aan die een kant staan die afvallige Christene wat die dier en sy beeld aanbid en n merk op sy voorhoof of op sy hand ontvang. Aan die ander kant staan diegene wat die gesag van die dier verwerp, die heiliges wat die gebooie van God en die geloof in Jesus bewaar. Let op die kontras tussen die twee teenoorstaande groepe. Diegene wat die merk van die dier ontvang is aanbidders wat n kompromie aangaan en die gemaklike mens-gemaakte idees en gebruike navolg. Die heiliges het as hulle kenmerkende eienskappe: lydsaamheid, bewaar God se gebooie, en hulle glo en is getrou aan Jesus. Nadat hierdie drieledige boodskappe deur die wêreld versprei is, sal Jesus kom om die gereddes te oes. En ek het gesien, en kyk, daar was n wit wolk en een soos n Menseseun wat op die wolk sit, met n goue kroon op sy hoof en in sy hand n skerp sekel. En n ander engel het uit die tempel gekom en met n groot stem geroep na Hom wat op die wolk sit: Slaan u sekel in en maai, want die uur het vir U gekom om te maai, omdat die oes van die aarde oorryp geword het. En Hy wat op die wolk sit, het sy sekel oor die aarde laat gaan, en die aarde is afgemaai. Openbaring 14:14-16.

3. CHRISTUS SE KERK VAN DIE LAASTE DAE Het jy al n sterk, standvastige Christen bewonder en jou verwonder oor sy of haar toewyding, geduld en geloof en begeer om n soortgelyke geestelike ondervinding te hê? God het sy spesiale boodskap vir ons tyd gegee in Openbaring 14 omdat dit juis so n ondervinding tot gevolg kan hê. Soos bespreek in Gids 25, identifiseer Openbaring 12:17 die Christene van die laaste dae as hulle wat die gebooie van God bewaar en die getuienis van Jesus Christus hou. Openbaring 14:12 beskryf dieselfde groep as heiliges wat die gebooie van God en die geloof in Jesus bewaar. Kom ons som die eienskappe van die Christene van die laaste dae op: (1) Hulle hou die getuienis van Jesus Christus. Selfs wanneer die Satan sy woede teen hulle lug, bly hulle getrou aan Jesus. Hulle geloof is nie hulle eie maaksel nie, dit is n gawe van God (Efesiërs 2:8). God se kerk van die laaste dae sien Christus al hoe duideliker in Sy ware karakter en uit genade deur geloof word hulle lewende gedenktekens tot die krag van n inwonende Christus. (2) Hulle bewaar die geloof in Jesus (Openbaring 14:12). Die geloof wat Jesus gehad het, die geloof wat Hy geleer het, die geloof waarvolgens Hy geleef het, vul nou hulle harte. Hulle het nie slegs die waarheid nie, hulle hou die waarheid hulle volg dit. Vir hulle is godsdiens die lewe. Geloofsoortuiging stem ooreen met uitvoering, en geloof word gekoppel aan gehoorsaamheid. Hulle lewe die geloof in Jesus uit. Hulle het ontdek dat wanneer die grootse leerstellings van die Bybel op die daaglikse lewe toegepas word, n dinamiese Christelike lewe tot gevolg het. Hulle het gevind dat hierdie grootse Bybelse waarhede n liefde en toewyding tot Christus laat ontwaak wat elke behoefte en begeerte van die menslike hart vervul. (3) Hulle gehoorsaam God se gebooie die Tien Gebooie, die morele wet van God. Hulle wil bo alles elke wens van God, elkeen van sy gebooie, gehoorsaam. Hulle bewys hulle liefde aan God en hulle liefde vir ander mense deur al die gebooie van God na te volg, insluitende die vierde gebod wat vir ons daarop wys om ons Skepper te aanbid deur Saterdag, die sewende-dag Sabbat te hou. (4) Hulle deel die boodskap van die ewige evangelie met almal in die wêreld (Openbaring 14:6). Die evangelie verklaar dat Jesus vir ons sondes gesterf het, toe uit die graf opgestaan het sodat ons n reddende verhouding met Hom kan geniet. Christus se kerk van die laaste dae doen n beroep op alle mense oral om uit te kom uit die godsdienstige verwarring en n verhouding met Jesus aan te gaan wat geheel en al gegrond is op Bybelse waarhede. (5) Hulle word gedring deur n gevoel van dringendheid want die uur het gekom om te maai, omdat die oes van die aarde oorryp geword het. (Openbaring 14:15), en miljoene mense het nog steeds nie vir Christus gevind nie. (6) Hulle word verteer deur hulle God-gegewe sending. Omdat Babilon die Grote geval het, pleit hulle met diegene wat nog steeds in godsdienstige verwarring leef, Gaan uit haar uit, my volk (Openbaring 18:4). Hulle begeer om hulle wonderlike verhouding met Christus en hulle geluk met almal te deel. Al hierdie dinge en baie meer verenig die harte van miljoene Christene van die laaste dae wat uitgeroep is deur die drie engele se boodskappe. Hulle vreugdevolle lewens laat hulle saam met Johannes hierdie uitnodiging aan jou rig: Wat ons gesien en gehoor het, verkondig ons aan julle, sodat julle ook gemeenskap met ons kan hê; en ons gemeenskap is met die Vader en met sy Seun, Jesus Christus. En ons skrywe hierdie dinge aan julle, sodat julle blydskap volkome kan wees. 1 Johannes 1:3,4.

Deur Sy Gees en deur Sy kerk, nooi Jesus jou ook om te kom en alles aan Hom oor te gee: En die Gees en die bruid sê: Kom! En laat hom wat hoor, sê: Kom! En laat hom wat dors het, kom; en laat hom wat wil, die water van die lewe neem, verniet. Openbaring 22:17. 4. DIE TWEE OESTE Die drie engele se boodskappe kom tot n einde wanneer Jesus terugkom aarde toe om die gereddes van alle tye te oes (Openbaring 14:14-16). Jesus maak al die gereddes bymekaar en neem hulle saam na Sy baie wonings in die hemel (Johannes 14:1-3). Hy vernietig sonde, siekte, hartseer en dood vir alle tye. Die heiliges begin met heerlike nuwe lewens deur al die eeue saam met Hom (Openbaring 21:1-4). Jesus sal ook die goddelose oes met Sy koms. En n ander engel het uitgekom uit die tempel wat in die hemel is, en hy het ook n skerp sekel gehad; en n ander engel het met n groot stem geroep na hom wat die skerp sekel het, en gesê: Slaan jou skerp sekel in en samel die trosse van die wingerdstok van die aarde in, want sy druiwe het ryp geword. En die engel het sy sekel oor die aarde laat gaan en die wingerdstok van die aarde afgeoes en dit gegooi in die groot parskuip van die grimmigheid van God. En die parskuip is buitekant die stad getrap, en bloed het uit die parskuip gekom. Openbaring 14:17-20. Dit sal n tragiese tyd van finale verwoesting wees, n baie hartseer gebeurtenis vir Christus omdat Hy diegene wat geweier het om gered te word, moet vernietig. Jesus is lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom. (2 Petrus 3:9). Wanneer Jesus kom om die oes van die aarde af te oes, in watter oes sal jy wees? Sal jy tussen die ryp graan staan saam met die verlostes van alle eeue (Openbaring 14:13-16)? Of sal jy in die ryp wingerdstok van God se toorn wees saam met die wat nie gered is nie (verse 17-20)? Die saak is baie duidelik. Aan die een kant staan Jesus met uitgestrekte, deurboorde hande, wat jou aanmoedig om jou plek in te neem saam met die heiliges wat die gebooie van God en die geloof in Jesus bewaar (vers 12). Aan die ander kant is die stemme van blote mense, wat daarop aandring dat gehoorsaamheid aan die hele Bybel en aan al die gebooie van God nie belangrik is nie. Die skare in Pilatus se hofsaal het eenmaal voor n soortgelyke saak te staan gekom.aan die een kant was Jesus, die goddelik-menslike God-mens. Aan die ander kant was Barabbas, n hulpelose man, nie daartoe in staat om homself of diegene in die skare wat die tragiese toneel gadegeslaan het, te help nie. En tog toe die gebiedende woorde van Pilatus deur die gemengde skare weerklink: Wie van die twee sal ek vir julle vrylaat? het die honderde stemme woedend terug weergalm: Barabbas! Wat dan, het Pilatus gevra moet ek doen met Jesus, die een wat hulle Christus noem? Soos met een stem het die skare geskree: Kruisig Hom! En so is Jesus, die Onskuldige, gekruisig; en Barabbas, die skuldige een, is vrygelaat. (Kyk Matteus 27:20-26.) Wie kies jy vandag, Barabbas of Jesus? Kies jy om mensgemaakte idees en leerstellings te volg wat in teenstelling is met die gebooie van God en in teenstelling met die ewige evangelie van

Jesus? Of is dit jou begeerte om God se gebooie te gehoorsaam en getrou te bly aan die geloof in Jesus? Onthou, Jesus is die Een wat belowe het om Sy Heilige Gees te stuur om elke vraag op te los, elke hartseer te heel, en jou diepste verlangens te bevredig. Kopiereg 2000 deur Die Stem van Profesie Posbus 88, Kaapstad 8000