eboeke word ontwikkel en gratis verskaf deur die

Vergelijkbare documenten
Watter koek se dele lyk vir jou die grootste? Dis Reg! Die koek wat in 3 dele gesny is se dele is groter as die koek wat in 4 dele gesny is.

FAKTORE EN VEELVOUDE

Breedte. Oppervlak = Lengte X Breedte. Ons kan nou enige reghoek se oppervlak bereken met hierdie formule, nie waar nie?

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies?

Die horisontale as verteenwoordig die invoerveranderlike en die vertikale as die uitvoerveranderlike, en die twee asse sny by n gesamentlike nulpunt.

6 tellers en noemers bymekaarbring en van mekaar skei.

Kom ons kyk nou gou net na die getalle van nul to by 999 en selfs groter, as n hersiening van plekwaardes. Bewerkings met telgetalle

Wiskundige Geletterdheid. Data Hantering. Opsomming van Data. Kwartiele

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

SENIOR FASE GRAAD 7 NOVEMBER 2017 WISKUNDE

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

Omgekeerde bewerkings Getalsinne

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Maak dit n kwadratiese vergelyking deur =0 aan die regterkant by te sit: 2x

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

GRAAD 3 GESYFERDHEID VOORBEELDITEMS (AFRIKAANS) ONDERWYSERSGIDS

FORMELE DEFINISIE van n PRISMA

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1

EKSAMENAFBAKENING WISK. Kwartaal 4 Gr 4 EKSAMEN DATUM: DATUM UITGEHANDIG: 22 Nov Okt (Bestaan uit 9 bladsye)

Is jy seker dis nie n voorry nie. Ek wonder of die kinders weet wat n voorry doen.

Credo Musiekteorie-opleidingsprogram GRAAD 1 Deur S. J. Cloete

Gemeenskap. Wat is n gemeenskap? n Gemeenskap het n hoof/hoof?

Probleemoplossing Skryf van Getallesinne:

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1

RESPECT 4 U. L e s 1. Jou vermoëns en sommige van jou verwagtinge en drome indentifiseer

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12

GRAAD 6 NOVEMBER 2015

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

2; 5; 7; 4; 6; 8; 7; 5; 1; 3; 7; 8; 5; 5. (Onthou: Frekwensie beteken die aantal kere wat n spesifieke waarde getel kan word)

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën.

MENTAL MATHS IN DIE KLASKAMER

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

Om getalle voor te stel, te herken en te vergelyk *

SKRIFLESING: Titus 1. TEKS: Titus 1:15. Die Here wil ons op die hoofspoor hê. Psalm 134 : 1, 2. Psalm 119 : 4. Psalm 18 : 12. Skrifberyming 78 (13-3)

ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING WISKUNDE JUNIE EKSAMEN 2015 GRAAD 8

Jesaja sien die Toekoms

Wiskunde Gr.7 November Vraestel (0002) 120 minute MEMO 100 punte. Vraag 1: [10] Multikeuse vrae

Wiskunde Graad 4. November 2016

Van Vervolger tot Prediker

Luister en praat. Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun?

3. Jesus oorwin versoekings Matteus 4:1-11

SKRIFLESING: Prediker 1:1-11. TEKS: Prediker 1:3. Los van God bied die lewe niks. Psalm 149 : 1, 2. Skrifberyming 19 (2-1) : 1, 2.

2. In die pikdonker nag. Johannes 3:1-21

Pragtige Koningin Ester

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2)

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

L7: Werkkaart 1: Bereken Omtrek en Oppervlakte van die sirkel. (praktiese oefening)

ALGEMENDE ONDERWYS EN OPLEIDING WISKUNDE JUNIE EKSAMEN 2015 GRAAD 9

God eer Josef die slaaf

Die planeet aarde beweeg

Ouderdom: Gr1-6 Tema: Veg saam met Jesus teen die duiwel Teks: 1 Samuel 17:34-37

VERSPREI GOD SE LIEFDE (2) VERTEL ANDER VAN GOD SE LIEFDE 13 Augustus 2006, Ds Freddie Schoeman

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

Hierdie toets bestaan uit 20 bladsye, die buiteblad uitgesluit.

Van Vervolger tot Prediker

Wiskunde Vraestel 1 Vrae Wiskunde Vraestel 1: Vrae. Kopiereg voorbehou

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

Verduidelik nou vir die kinders die insamelingsmetodes wat vir jul gemeente / skool sal werk.

GRAAD BASISLYN TOETS 2013

Die brief aan die Filippense

Jakkals lê eendag heerlik en

Gr 9 Wiskunde: Inhoudsarea 2 Patrone, Algebra & Grafieke

Hoërskool Pretoria-Noord. Wiskunde Geletterdheid GR 11. Junie Eksamen 2016 Vraestel 2

Die vrae uit ou vraestelle, toetsvraestelle, en modelvraestelle is individueel gekies en uitgehaal vir

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

Lewensoriëntering Vraestel 12 Graad 6 Totaal: 35

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

PSALM 90:2 NGB 1. Votum en seën. Psalm 90 : 1. Gebed. Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1. Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53)

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

INTERMEDIÊRE FASE GRAAD 6 NOVEMBER 2014 AFRIKAANS HUISTAAL V2 MEMORANDUM

RESPECT 4 U. L e s 4. Populêre idees verduidelik oor wat ʼn man/seun of ʼn vrou/meisie is en hoe hierdie idees problematies kan wees

10 Die bou van n plant

Vergelyking van 'n reguitlyn vanuit 'n grafiek *

Credo Musiekteorie-opleidingsprogram VOORGRAAD 1 Deur S. J. Cloete INHOUDSOPGAWE

Foto-redigering vir sun.ac.za

Jona en die Groot Vis

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

2. Jesus eet saam met sondaars Markus 2:13-17

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

SKOOL AFRIKAANS - GR 6 JUNIE 2010 AFDELING A: KREATIEWE SKRYFWERK TOTAAL: 100 NAAM:

Hierdie vraestel is deel van InternetLearning se ExamKit pakket.

Die Groot Geloofswoordeboek: Liefde

Skoolgereed in 10 weke: Week 1

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1

Briewe, posseëls en elektroniese pos

JEUG GEBEDSAAND: Operasie Transformasie

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

Letterlike en figuurlike taalgebruik

10. Ek is by julle Matteus 28:16-20

Transcriptie:

Ons praat baie van dinge wat in verhouding tot mekaar is, sonder om dit regtig agter te kom! As jy byvoorbeeld sê dat jy twee van die ses stukke van n pizza geëet het, het jy n verhouding beskryf: Die aantal stukke geëet, tot die aantal stukke wat daar was. Jy gaan later leer van Koers en Tempo, wat eintlik maar n verhouding tussen twee verskillende eenhede of dinge is, en baie meer algemeen in die alledaagse lewe is, maar eers moet jy verhoudings bestudeer en verstaan. Die eerste belangrike ding wat jy moet weet van Verhoudings is dat dit altyd dieselfde goed of items met mekaar vergelyk. Ons kan dus praat van twee mense se geld wat in n sekere verhouding tot mekaar is, want dan vergelyk ons geld met geld, of as ons praat van die aantal seuns in die klas in n sekere verhouding tot die meisies, of selfs die totale klas, want dan vergelyk ons nog steeds kinders met kinders. Om egter hierdie vergelyking te kan doen, kies ons om dit in die vorm van breuke te doen. Dink weer aan die verhouding tussen twee mense se geld: As een persoon R100 het, en die ander het R140, hoe sal jy hulle geld kan vergelyk? Jy kan miskien sê dat die een R40 meer het as die ander, maar dit kos nou n lang sin in Afrikaans. As jy nou sou dink om persentasies te gebruik om te sê hoeveel die een meer het as die ander, gebruik jy ook eintlik breuke, want persentasies is n vorm van ekwivalente breuke. Dus, verhoudings neem die vorm aan van breuke. As een persoon R100 het, en die ander het R140, dan sê ons die verhouding 100 van hulle geld is, en ons lees dit as 100 tot 140. 140

Breuke kan natuurlik vereenvoudig word, dus is die verhouding tussen hulle geld ook 7 5. Hier is nou n belangrike faset van verhoudings wat jy moet onthou, naamlik dat die verhouding nie noodwendig die waardes gee nie: In 100 5 doen dit, maar in doen dit nie. 140 7 Jy gaan ook nie altyd net twee items in n verhouding hê nie. Jy kan nou dink hoe deurmekaar dit gaan raak as jy drie mense se geld in verhouding tot mekaar moet skryf, maar in breuk-vorm! Om hierdie rede maak ons baie keer gebruik van dubbelpunte, eerder as die breuk-strepie, en ons skryf die verhoudingswaardes 100 langs mekaar, eerder as onder mekaar: sal geskryf word 140 as 100 : 140 en 7 5 sal geskryf word as 5 : 7. Let op dat dit dieselfde betekenis het! Let ook op dat, as ons praat van die verhouding van seuns tot meisies in die klas as 2 : 3, dan beteken dit die 2 verwys na die seuns en die 3 na die meisies. Wat ook al eerste genoem word, se verhoudingswaarde moet eerste geskryf word. As die meisies eerste genoem was, sou die verhouding 3 : 2 gewees het. Beteken dit dus nou dat daar net 2 seuns en 3 meisies in die klas is? Wel, dit kan: daar kan regtig net 2 seuns en 3 meisies in die klas wees.

Maar daar kan ook 10 seuns en 15 meisies wees dan is die 10 2 verhouding of 2 : 3, nie waar nie? Of 20 seuns en 30 meisies, 15 3 en só kan ons aangaan... Die vereenvoudigde vorm van n verhouding het n baie belangrike gevolg: As ons sê die verhouding van seuns tot meisies is 2 : 3, en daar is net 2 seuns en 3 meisies, dan is daar 2 + 3 = 5 kinders in totaal. Hier verstaan ons dit nog, maar in breukvorm 3 2 moet jy die teller en die noemer bymekaar tel en dit is iets wat jy nog nooit met breuke moes doen nie! Die verhouding 2 : 3 beteken egter dat, vir elke 2 seuns is daar 3 meisies. Onthou dit beteken jy moet soos volg kan dink: Vir elke 2 seuns is daar drie meisies, Dus, vir 4 seuns is daar 6 meisies, en vir 6 seuns is daar 9 meisies, en só aan... Dit raak egter meer van n breinboelie as algemene kennis wanneer jy byvoorbeeld gevra word om 30 kinders in twee groepe te verdeel, in die verhouding 2 : 3, en dan kan jy eerder soos volg te werk gaan: Tel die twee verhoudingswaardes bymekaar: 2 + 3 = 5 Deel nou die 30 met hierdie som: 30 5 = 6 Maal nou elkeen van die verhoudingswaardes met hierdie antwoord (6): 2 x 6 = 12 en 3 x 6 = 18. Dus, jou twee groepe is 12 seuns en 18 meisies. Op hierdie punt moet ons net eers stilstaan en n oefening doen om al hierdie begrippe in vrae te sien.

1) Skryf twee ekwivalente verhoudings vir elkeen van die volgende a) 12 : 7 b) 8 11 2) Druk die volgende as verhoudings uit in eenvoudigste vorm a) 40cm tot 45cm b) 48 reën-dae tot 66 reën-dae c) Jy het 30 punte uit n moontlike 36 gekry vir n toets d) Daar is 24 muskiete in n kamer, uit n totaal van 30 insekte 3) Is die volgende verhoudings ekwivalent? 11 55 a) en b) 10 : 7 en 40 : 28 7 35 4) Bepaal die onbekende: a) 5 30 7 k {Gebruik ekwivalente breuke} 5 30 7 b) x 11 18 9 {Gebruik kruisvermenigvuldiging} 5) Verdeel die volgende in die verhouding soos gegee R5 000 in verhouding 6 : 2

Iets wat nou kan bykom, is om met meer as twee waardes in n verhouding te moet werk. Die beginsels bly egter dieselfde. As jy die volgende in eenvoudigste vorm moet skryf: 64 : 48 : 80, en 64 jy probeer dit as n breuk hanteer: 48, sal jy sien dat dit in n redelike 80 nagmerrie kan ontaard. Onthou net dat die verhouding mos eintlik beteken: vir elke 64 van een is daar 48 van n ander en 80 van nog n ander. (Om dit op n makliker manier te probeer verstaan, dink aan drie mense wat geld vir die DBV skenk: Hulle het n ooreenkoms dat, as persoon A n bedrag van R64 gee, sal persoon B n bedrag van R48 gee, en persoon C sal R80 gee. Maar hoe nou gemaak as persoon A net R32 gee?) Kry dus n manier om 64, 48 en 80 met n gemeenskaplike faktor te vereenvoudig: Die grootste getal wat in al drie hierdie waardes kan indeel is 16, dus is die verhouding in 64 48 80 eenvoudigste vorm : : of dan 4 : 3 : 5. 16 16 16 Hier is gou n paar vrae in hierdie lyn: 1) Skryf die verhouding in sy eenvoudigste vorm om die salarisse van Simon, Julie en John te vergelyk as Simon R4 000 per maand, Julie R6 000 per maand en John R3 500 per maand verdien. 2) Die sye van n driehoek is AB = 12cm, AC = 16cm en BC = 20cm. Bepaal die verhouding van die sye AB : AC : BC in die eenvoudigste vorm 3) Drie maats bring kospakkies in die verhouding 1 : 2 : 3 vir n projek. As die laaste een 18 kospakkies gebring het, hoeveel het elkeen van die ander gebring?

As jy egter gevra word om iets in verhouding te vermeerder of te verminder, dan val jy bloot terug op jou kennis van vermenigvuldiging van breuke. Eintlik is hierdie afdeling niks meer as n ander manier om jou te vra om met breuke te vermenigvuldig nie, maar, as ons dit net van die ander kant af beskou, sal jy verstaan waarom dit nodig is om te kan doen. Dus, as jy gevra word om 50 in die verhouding 6 : 5 te vermeerder, 50 6 word dit bloot 60. Dink egter nou soos volg: Die aantal 1 5 onderwysers by die skool word vermeerder van 50 na 60. In watter verhouding is die nuwe aantal tot die ou aantal? Natuurlik is dit 6 : 5. Maar, as die Beheerliggaam dit in hierdie verhouding wou gehad het, dan sou hulle gesê het: Vermeerder 50 onderwysers in die verhouding 6 : 5. Party boeke maak jou egter nog meer deurmekaar deurdat hulle sal sê: Vermeerder in die verhouding 2 : 3, of verminder in die verhouding 5 : 4. Jy sal nou sien dat, as jy kyk na 2 : 3, dan is dit n egte breuk 3 2, en 5 : 4 is n onegte breuk 4 5. Wanneer jy met n egte breuk maal, kan die antwoord nie groter word nie, en as jy met n onegte breuk maal, kan die antwoord nie kleiner word nie!

Waarop dit egter neerkom, is dat jy moet onthou om altyd met n egte breuk te maal, ten spyte van hoe die verhouding gegee word, as die vraag sê verminder en andersom vir vermeerder. n Goeie voorbeeld is die volgende: n Tenk bevat 560l water. Deur verdamping is die water verminder in die verhouding 8 : 7. As jy egter 560 gaan maal met 7 8 gaan jy 640l kry. Dan is daar mos nou skielik meer water in die tenk as wat daar was toe ons begin het! Die logika hieragter is maar eintlik net: Nadat die water verdamp het, is die verhouding van die ou watervlak tot die nuwe watervlak in die verhouding 8 : 7. Maar om te bepaal hoeveel water daar na die verdamping oor is, 7 560 7 maal jy met : 490l. 8 1 8 As jy dus moet verminder, maal altyd met n egte breuk, maak nie saak hoe die verhouding gegee is nie, en as jy moet vermeerder, maal altyd met n onegte breuk. Doen gou die volgende vrae: Vermeerder of verminder die volgende getalle in die verhoudings wat aangetoon word: 1) 15 in die verhouding 5 : 6 2) 120 in die verhouding 4 : 3 3) 45 in die verhouding 5 : 9

Wanneer jy twee eenhede vergelyk wat nie dieselfde is nie, dan praat ons nie meer van verhouding nie, maar van koers. Dit beteken maar net dat die teller en die noemer nie op dieselfde manier gemeet word nie, en by koers gebruik ons weer net breuke. n Voorbeeld is die volgende: 5 sakrekenaars kos R1 400. 5 sakrekenaars Dan is die koers die volgende:. 1 400 Rand Ons kan baie sulke koerse uitdink: kilometer oppervlakte geverf Vir spoed: ; vir verfwerk: uur hoeveelheid liter verf Vir fliekkaartjies: aantal kaartjies koste...en só kan ons aangaan! n Baie gewilde gebruik van koers is by geldsake. Jy het seker al gehoor van die Wisselkoers, waar die breuk gegee word as, Doller byvoorbeeld:. Jy gaan baie meer Rand hiermee te doen kry in die Hoërskool onthou dus maar net wat dit beteken: n Vergelyking van twee eenhede. Om nou net die begrip van Koers te vestig, gaan ons kyk na n paar tipiese voorbeelde: 1) Wat beteken hierdie padteken? Dit sê vir jou dat die koers van afstand en tyd 80kilometer nie mag oorskry nie. 1uur

2) Bereken die koste van n enkele item van elkeen van hierdie pakke: Koste: R30 Koers: 5 R30 sjokolades 6 bokse ontbytpap R12, 30 R54,90 10 penne Let op dat die geldeenheid bo óf onder kan staan. Ons verkies maar gewoonlik egter om dit bo te skryf, want dan kan ons praat van Soveel rand per... of Soveel rand vir een...(sjokolade, of pen). By die voorbeeld van die ontbytpap sal ons egter moet praat van Soveel bokse per R2,05 wat nie altyd so lekker van die tong af gly nie. 3) Watter oppervlak sal een liter van hierdie soort verf bedek? Dit sê vir jou dat die koers van oppervlakte en 60 vierkante meter aantal verf is, en as jy die 3 liter verf breuk vereenvoudig sal jy weet watter oppervlakte 20 vierkante meter deur een liter verf gedek word:. 1liter verf

By hierdie laaste vraag het jy gesien dat jy die noemer in n koers kan manipuleer om 1 te word, sodat die koers makliker kan lees. Ons kan dan praat van die woord per, soos in die volgende voorbeelde: Kilometer per uur Boeke lees per dag Rondtes om die baan hardloop per dag Prys per sjokolade ens... Wanneer jy n koers uitdruk met 1 in die noemer, verwys ons dan net daarna as n eenheidskoers. n Laaste woord om te onthou oor koerse is dat, wanneer jy n koers het met tyd of n tydseenheid in die noemer, ons daarna verwys as tempo. Iets soos kilometer per uur is dan n tempo. Grafika: http://www.foodmayhem.com http://www.athgo.org http://www.talkingheads.be http://prmi.org http://www.line-a-pool.com http://money.howstuffworks.com http://www.automobilesreview.com