HANDLEIDING LEWENSORIËNTERING GRAAD 12 Kopiereg 2016 Impak Onderwysdiens (Edms.) Bpk. Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring en herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie. *******8 Aangepas vir KABV Samestellers Dr. Mariëtte Koen Prof. Rita Niemann Ë1612-A-LIO-SG01 ¹µ»Î
Handleiding G12 ~ Lewensoriëntering INHOUDSOPGAWE INLEIDING...5 BYKOMENDE LEESWERK...6 HULPBRONNE...6 TYDSTOEDELING...6 OPSOMMING VAN FORMELE ASSESSERINGSAKTIWITEITE...8 STUDIEWENKE EN -METODES...9 LESELEMENTE... 10 VAKINHOUD EN BEPLANNING...11 Selfontwikkeling: Begrip en hantering van stres... 14 Onderwerp 1.1: Stres...15 Onderwerp 1.2 Liggaamlike Opvoeding: n Gebalanseerde lewenstyl...24 Aktiwiteit 1.1...26 Aktiwiteit 1.2...28 Selfontwikkeling: Verhoudings... 30 Onderwerp 2.1 Verhoudings en kommunikasie...31 Aktiwiteit 2.1...39 Onderwerp 2.2 Liggaamlike Opvoeding: Veiligheidsmaatreëls in fisiese fiksheid..41 Aktiwiteit 2.2...42 Aktiwiteit 2.3...44 Aktiwiteit 2.4...47 Aktiwiteit 2.5...48 Selfontwikkeling: Kommunikasie... 50 Onderwerp 3.1 Kommunikasie...50 Aktiwiteit 3.1...57 Onderwerp 3.2 Liggaamlike Opvoeding: Deelname aan programme vir persoonlike fiksheid en gesondheid...58 Selfontwikkeling: Konflik en konflikhantering... 71 Onderwerp 4.1 Konflik en konflikhantering...72 Aktiwiteit 4.1...75 Aktiwiteit 4.2...78 Onderwerp 4.2 Liggaamlike Opvoeding...79 Aktiwiteit 4.3...80 Studievaardighede... 81 Onderwerp 5.1 Studievaardighede en voorbereiding vir die eksamen...82 Aktiwiteit 5.1...84 Onderwerp 5.2 Liggaamlike Opvoeding...94 Aktiwiteit 5.2...94 Aktiwiteit 5.3...95 3 Impak
1 Selfontwikkeling: Begrip en hantering van stres Dié eenheid fokus op die begrip en hantering van stres as n belangrike element van selfontwikkeling, n onderwerp wat ons sedert graad 10 bespreek. Selfontwikkeling behels die strewe na en bemeestering van vaardighede wat individue kan help om die beste te doen met dit wat hulle het. Dit gaan oor die vervulling van ons volle potensiaal as mens. Stres het n integrale deel van ons alledaagse lewens geword. Die moderne lewe is vol uitdagings, eise, rompslomp en sperdatums wat ons nie altyd kan vermy nie. Die manier waarop ons stres hanteer, het n invloed op ons liggame en siele. Gevolglik moet ons onsself beskerm deur die simptome van stres te herken en stappe te neem om die newe-effekte te verminder. Fisiese aktiwiteite kan ook help om n positiewe lewenstyl te handhaaf, en fisiese beweging en geestesgesondheid te bevorder. Dit versterk ook die immuunstelsel, vertraag die verouderingsproses en help om stres te verlig. Die vermoë om stres doeltreffend te bestuur, is uiters belangrik vir beide persoonlike en professionele sukses. Die doel van die eenheid is dus om jou toe te rus met kennis, waardes, vaardighede en aktiwiteite om stresvolle situasies en uitdagings in die lewe te herken en te hanteer, om te floreer in die lewe en die wêreld daarbuite. UITDAGING Wat kan ek doen om my eie stresvlakke te verlig? LEERUITKOMSTE Nadat jy hierdie eenheid voltooi het, moet jy in staat wees om die volgende te doen: die konsep van stres verduidelik; verskillende reaksies tot stres identifiseer; die algemene oorsake van stres in jou lewe ontleed; kritiese ondersoek van maniere om stres in die daaglikse lewe te hanteer; die belangrikheid van fisiese aktiwiteite bespreek asook die waarde wat dit het vir n mens se lewe en die verligting van stres; oefeninge wat stres teenwerk, identifiseer; bespreek waarom sekere aktiwiteite veral waardevol is in die verligting van stres. DEFINIEER Angs: Bekommernis, senuweeagtigheid of ongemak. Eustres: Die term eustres verwys na twee konsepte. Die voorvoegsel eu- is afgelei van die Griekse woord wat beteken goed of wel. Wanneer dit aan die woord stres gekoppel word, beteken dit letterlik goeie stres. Hanteringsmeganismes: Enige doelbewuste of onbewuste poging wat n individu in staat stel om by omstandighede aan te pas om balans te vind. Impak 14
Handleiding G12 ~ Lewensoriëntering Eenheid 1 Nood: Die term verwys na uiterste angs, hartseer of pyn. Stres: Stres is n reaksie tot n stimulus wat die fisiese of geestelike ewewig versteur. Stresbestuursplan: Fisiese en/of emosionele reaksies wat die liggaam help om stres te verwerk. Stressor: n Stressor is n prikkel of stimulus wat stres veroorsaak, byvoorbeeld geraas, n voortsnellende motor, die skryf van n toets, of om vir die eerste keer uit te gaan met iemand wat jy nog nie voorheen ontmoet het nie (toe-oë-afspraak). Stresvlakke: Die erns van geestelike of fisiese stres as gevolg van faktore wat die ewewig van n persoon omverwerp. Stresweerstand: Stresverdraagsaamheid is die vermoë om te ontspan en te kalmeer ondanks probleme. Terapie: Deskundige ingrypings om n persoon te verander, of om die effek van n negatiewe toestand of ondervinding om te keer. Veg-en-vlug-reaksie: Wanneer jy bedreig voel, vind n chemiese reaksie in die liggaam plaas wat jou in staat stel om op n manier te reageer wat besering voorkom. Onderwerp 1.1: Stres Probleemvrae Om die uitdaging op te los, beantwoord die volgende probleemvrae: Wat is die hoofoorsake van stres in my lewe? Watter uitwerking het stres op my? Hoe gespanne is ek? Wat kan ek doen om my stres te bestuur? Inleiding Die fokus hierdie les is om die verskillende oorsake van stres en die invloed wat dit op ons welsyn het, te herken; en om die verskillende maniere te ondersoek om stres te hanteer. Begrip: Stres Die term stres is sowat 70 jaar gelede deur Hans Seyle uitgedink nadat hy in talle eksperimente opgemerk het dat laboratoriumdiere dieselfde patologiese veranderinge ondergaan wanneer hulle aan volgehoue stres blootgestel word (The American Institute of Stress, 2014:1). Baie ander terme hou verband met stres, bv. kommer, druk, bekommernis, angs en senuweeagtigheid. Wat veroorsaak stres? In mense is stres die gevolg van stremmende of veeleisende interaksies tussen hulle en hul omgewing wat uiteindelik n bedreiging vir hul welstand inhou. Met ander woorde, n stressor wat werklike eise aan n persoon stel wat moontlik tot stres kan lei. Die hantering van stres begin by die identifisering van die oorsake van stres (stressors) in 15 Impak
Eenheid 1 Handleiding G12 ~ Lewensoriëntering jou lewe. Tabel 1.1 lys voorbeelde van stressors wat n invloed gedurende al die stadiums van die lewe kan hê. Die tabel bied vier groepe stressors, naamlik fisies, emosioneel, sosiaal en omgewing. Tabel 1.1: Voorbeelde van stressors Soort stressor Fisies Emosioneel Omgewing Sosiaal Voorbeelde van stressors Fisiese faktore wat die liggaam beïnvloed, bv. pyn, fisiese of seksuele misbruik, siekte, honger of fisiese gestremdheid. Emosionele stressors kan gevoelens, persoonlikhede, selfbeeld, veerkragtigheid of angs wees, of die manier waarop jy op veranderinge in die lewe reageer (dood, egskeiding, die verandering van werk, swangerskap). Omgewingstressors kan natuurlike rampe insluit, asook n gebrek aan privaatheid, gebrek aan vars lug, besoedeling of geraas. Sosiale stressors wat jou welstand beïnvloed, sluit in aspekte van jou verhoudings met ander mense (byvoorbeeld familie en vriende), sosiale taboes en verwagtinge, en druk om by die skool of werk te presteer. n Ander manier om stressors te groepeer, kan wees intern (voedingstatus, algemene gesondheid, fiksheidsvlakke, emosionele welstand of die hoeveelheid slaap wat jy kry) en ekstern (fisiese omgewing soos jou werk, verhoudings met ander, huisomstandighede, uitdagings, moeilikhede en verwagtinge waarmee jy daagliks gekonfronteer word). Wanneer jy oor jou stresvlakke dink, is dit ook belangrik om die oorsake van die stres (stressors) in jou lewe te identifiseer. Hierdie is dikwels n kombinasie van faktore, met sommige stressors wat meer daartoe bydra as ander. n Opgeleide professionele persoon kan jou help om die diepgewortelde of verborge oorsake van die stres in jou lewe vas te stel, soos volgehoue druk, verwerping, misbruik en skuldgevoelens. Verskillende interpretasies van stressors Stres beteken verskillende dinge vir verskillende mense. Hoe jy n stresvolle gebeurtenis ervaar, is baie belangrik omdat dit kan bepaal hoe jy reageer en ook die uiteindelike invloed op jou fisiese en geestesgesondheid kan bepaal. Mense interpreteer dieselfde gebeurtenis op verskillende maniere, met ooreenstemmende verskille in reaksie. Sommige mense blyk alles met n knippie sout te neem. Hulle natuurlike kalm benadering kom selfs in stresvolle situasies na vore. Hulle sal op n stresvolle gebeurtenis reageer met gesegdes soos More is nog n dag of Bring dit, ek kan!. Daarteenoor sal ander mense gespanne raak met die geringste teken van n stresvolle gebeurtenis. Hulle tipiese reaksie kan wees: Daar is nie genoeg tyd nie of Ek kry dit nie perfek nie. Dit is asof verskillende mense verskillende lense gebruik om na moontlike stresvolle gebeurtenisse te kyk. Figuur 1.1 is n grafiese voorstelling van die verskillende stresfaktore wat stres in een persoon kan veroorsaak, maar waaraan n ander hom min sal steur. Impak 16