SA BOERPERD TELERSGENOOTSKAP HANDLEIDING VIR ENKEL- EN DUBBELTUIG (Hersiende uitgawe van 2014) INHOUDSOPGAWE A. TUIGKLASSE.. 2 B. DIE TUIGPERD 2 C. UITRUSTING VAN DIE KOETSIER. 3 D. KAR EN TUIG.. 4 E. DIE BEWEGING VAN DIE TUIGPERD 7 F. DIE POSISIE VAN DIE KOETSIER. 10 G. DIE BEOORDELING VAN TUIGKLASSE - ENKEL- EN DUBBELTUIG..11 H. DIE BEOORDELING VAN BESTE AFGERIGTE ENKELTUIG PERD... 11 I. HANDTEKENS.11 J. ALGEMENE TUIG SKOUREËLS. 12 K. TUIGKLASSE 12 Alle regte voorbehou. Geen gedeelte van hierdie publikasie mag gereproduseer, in n ontsluitingstelsel of weergegee word, in enige vorm of op enige manier, hetsy elektronies of meganies deur fotokopiëring, die maak van opnames of anderins sonder die skriftelike toestemming van die SA Boerperd Telersgenootskap nie.
A. TUIGKLASSE Ten einde te kan inspan het ons n perd of perde nodig, n tuig of tuie en n dubbel- of enkel disselboom rytuig asook n koetsier. Aangesien n skou n spoggeleentheid is, het ons spesifieke toerusting nodig. B. DIE TUIGPERD 1. ALGEMENE VOORKOMS 2. ORE Dit help vorm aan daardie belangrike blywende eerste indrukke in die arena Die perd moet skoon en n goeie kondisie wees. Met goeie kondisie word bedoel dat die haarkleed selfs in die winder moet blink, ribbes goed bedek en oë wakker moet wees. n Bles en wit aan bene moet skoon gewas wees. Geen papie-eiers op die liggaam of bene nie. Strooi en mismerke moet verwyder wees, sowel as beddegoed en mis onder die hoewe. Geen dwelm- of kalmeermiddels mag gebruik word nie. Geskeer, skoongevee en ge-olie. 3. ONDERKAAK Verwyder oortollige hare. 4. MAANHARE Lang, skoon en uitgekamde maanhare. Gevlegte of afgeskeerde mane en kuif is slegs toelaatbaar by Universele enkeltuig. Glansmiddels mag opgespuit word. Die maanhare mag vir 10cm agter die ore skoon geskeer word. Dit is egter opsioneel. 5. STERT Skoon, uitgekam en vry van beddegoed. Die stertwortelhare mag nie gepluk, geskeer, geknip of gevleg wees nie. Die onderpunt van die sterthare moet puntig wees en nie gelyk geknip nie. Alle bosluise en mismerke onder die stert moet verwyder wees. Geen vals- of gelitte sterte nie. Gemmer of enige ander irritasies word nie toegelaat nie. Glansmiddels mag opgespuit word. Universele Enkeltuig mag wel vleg en sterte mag gepunt wees 6. BENE Skeer oortollige hare van die hoefkroon, koot, kootgewrig en res van die bene af. Geen kunsmatige been beskermings-middele bv. Verbande, ens. mag gedra word nie. Hielbeskermers ( quaterboots') in leer of rubber mag in enkeltuigklasse gedra word. 7. HOEWE Hoewe moet netjies en korrek beslaan wees. Hoefysters moet die grote van die hoef goed pas. Voorhoewe moet beslaan wees. Dit is nie verpligtend om die agterhoewe te beslaan nie maar word aanbeveel in n skou klas. 2
Maksimum hoeflengte gemeet vanaf die haarlyn op die hoefkroon tot by die bo-rand van die hoefyster is 11cm. Maksimum dikte van die hoefyster is 10mm. Maksimum breedte van die hoefyster is 25mm. Maksimum toelaatbare toeclips, 25mm basis, 50mm lank en 2mm dik. Standaard tipe hoefyster sonder ekstra sweiswerk onder aan skoen of enige vorm van ekstra gewig of n sool mag gebruik word nie. Geen medisinale hoefysters soos bar shoes of open bar shoes sal toegelaat word nie. Hoefysters mag verby die hiel steek vir ekstra ondersteuning maar nie te veel nie anders gaan die perd die yster aftrap. Die lengte van die ondersteuning moet volgens die diskressie van die eienaar en/of hoefsmit bepaal word. Hoefysters wat volgens die eienaar en/of hoefsmit se diskressie te lank is, mag nie omgebuig word nie maar moet korter gesny word. Hoewe moet ge-olie of gepolitoer wees. Deelnemers moet self verseker dat die perde se hoewe gemeet is voor aanvang van die eerste klas waaraan die perd gaan deelneem. Standaard hielbeskermers verpligtend. C. UITRUSTING VAN DIE KOETSIER 1. ALGEMENE VOORKOMS 2. HOED 3. HARE Alhoewel die drywer ook deel uitmaak van die eerste indrukke, moet sy uitrusting konserwatief wees en sonder kontraste. Die drywer moet nie met sy perd kompeteer vir aandag nie, maar wel so geklee dat die maksimum aandag op die perd gevestig bly. Die wagwoord is weer eens netheid asook klere wat goed pas en stewels wat blink gepoets is. Drywers wie se kleredrag nie volgens die SA Boerperd spesifikasies is nie sal teen gediskrimineer word. n Netjiese en skoon Vilthoed ( Felt hat ) met 'n maksimum rand van 8cm in skakerings van swart, bruin, vaal of grys mag gedra word. Sorg dat die hoed goed pas en nie kan afwaai nie. Vermy liewers n kenband want dit vertoon onnet. Geen materiaal-, seilhoed of stetson tipe hoed sal toegelaat word nie. Deelnemers met skouerlengte of lang hare moet dit agtertoe kam, vasbind en in in 'n haarnet plaas. 4. BAADJIE 'n Baadjie is verpligtend, verkieslik Tweed of konserwatief geruit maar 'n effekleur in swart, bruin, donkerblou of donkergroen is aanvaarbaar. Die SA Boerperd embleem mag op die sak aangebring word alleenlik onder die beskerming van die SA Boerperd Telersgenooskap. Geen ander ras se embleem of n instansie wat produkte verskaf mag vertoon word nie. Baadjies moet toegeknoop wees. Moue moet lank genoeg wees om die handskoene by die polse te bedek. 3
5. HEMP 'n Stywe boordjie hemp in 'n ligte kleur met 'n konserwatiewe gekleurde skuifknoop das. Die das moet onder die baadjie bly (dasspeld) en nie oor die skouer wapper nie. Dit geld vir Mans, dames en kinders. Die skouspring moulose bloes ( turtle neck ) met 'n speld of 'n string tie word nie toegelaat nie. 6. BROEK 'n Gewone stylvolle netjiese broek in konserwatiewe kleure. Nie klinknael broeke nie. Geen rybroeke met stewels nie. 7. VOORSKOOT OF STOFDEKEN Opsioneel maar moet effekleurig wees in swart, donkerblou, bruin of donkergroen. 8. SKOENE Gewone konserwatief gekleurde toeryg of aanglip skoene/stewels saam met 'n gewone broek. Nie sport- of drafskoene nie. 9. HANDSKOENE Handskoene is opsioneel in dryfklasse alhoewel dit altyd 'n sterk aanbeveling bly. Die kleur moet pas by die res van die drywer se uitrusting. Effekleure soos swart, donkerbruin of donkerblou handskoene word aanbeveel. 10. KARPEITS 'n Lang karpeits in die hand of in die peitshouer is 'n vereiste. Peits moet met 45º na die linkeroor van die perd wys. 11. JUWELE Geen juwele nie maar klein oorbelle wat nie onder die oorlel uitsteek nie mag gedra word. 12. DONKERBRILLE Bedags toelaatbaar maar moet egter nie dekoratief wees nie maar eenvoudig en funksioneel. 13. DAMES ENKELTUIG Hierdie is 'n spogklas en dames moet in formele drag geklee wees. Lang nousluitende rompe of rokke met nousluitende rompe is verpligtend vir veiligheid. Die uitrusting word inaanmerking geneem tydens beoordeling maar bly egter ondergeskik aan die dryfvermoeë. Skou prosedure sal dieselfde wees as vir die ander enkeltuig klasse. D. KAR EN TUIG 1. KAR Die volgende tipe rytuie mag gebruik word: Vierwiel spider met ligte rubberbande Ligte moderne vierwiel kar met fietsbande soos bv. Aasvoel 4
2. TUIG OF TUIE Tradisionele antieke karre of replikas daarvan. Alle karre moet in 'n goeie toestand wees met gebalanseerde wiele. Geen advertensies van n stoet wat verteenwoordig word of produkte reklame mag aan die kar aangebring word nie. Skou-tuie moet skoon en netjies vertoon. Dit moet die perd goed pas. Daar mag nie teen tuisgemaakte tuie gediskrimineer word as dit netjies, skoon en voldoen aan die vereistes nie. Alleenlik swart of bruin egte leer of sintetiese tipe leer tuie sal toegelaat word. 2.1 VERSKILLE TUSSEN ENKEL-EN DUBBELTUIG n Enkeltuig is soos sy naam aandui gemaak vir een perd. Die tuig verskil, van n enkel deel van n dubbeltuig in hoofsaaklik die volgende opsigte: 2.2 TUIGDELE Die borsriem of borsketting asook die borsriemring ontbreek. Die draagriemlussie ontbreek op die skof of neksaal Die leisels is nie gesplete nie. Die rugsaal het nie plek vir die disselboomgord nie. Die teenwoordigheid van n disselboomgord en disselboomringe of lusse. Enkel- en dubbeltuie bestaan uit basies dieselfde dele, naamlik: Stuurgedeelte Trekdeel Dradeel `Remdeel 2.2.1 STUURDEEL TOOM Die stuurdeel bestaan uit die: neusband, oogklap, oogklap-ophaler, kroonband, sterband, wangstuk, keelband, stang/trens, ophaler (opsioneel), ophalertrens. Die toom moet so gestel word dat dit stewig aan die perd se kop sit. Is dit te styf gestel, trek die gebit te hoog op. Is dit te los gestel, trek die wangstukke bak as die leisels getrek word. GEBIT Die volgende gebit is toelaatbaar:(sien ingevoegde voorbeelde voorbeelde.) a) Liverpool standard b) Kimblewick c) Bogenoemde stange slegs met reguit mondstukke en wangstukke nie langer as 12 cm nie. d) Alle variasies van enkel of dubbel skakel trense met rollers, skakels en rollers moet binne die dimensies en vlak van die hele monstuk en met afgeronde oppervlaktes wees. e) Dubbelring tuigtrens (Wilson snaffle) f) D-trens g) Gewone Egg butt trens. h) Duitse trens met los ringe. i) Franse trens met dubbel skakel. k) Rubber of ander gladde (nylon) nie-metaal trense. 5
l) Trense met reguit mondstukke. m) Trense met wangstukke. n) Die monstuk mag nie kantig, gekartel of van draad of ketting wees nie. o) Draad mag ook nie om die mondstuk gedraai wees nie. p) Tuisgemaakte gebit is ontoelaatbaar. q) Trense mag nie dunner as 8mm wees waar die monstuk en die ringe skarnier by die hoek van die bek nie. r) Daar moet n 10mm spasie weerskante van die bek wees. s) Die trens moet hoog genoeg in die bek pas en moet een velvou in die mondhoek maak. OPHALER GEBIT/TRENSE Dikte van ophaler moet ooreenstem met 3-en 5gang skelmtrensie Ophaler gebit mag nie dunner as 6mm wees nie. Die volgende ophaler gebit is toelaatbaar: OPHALERTRENS (OPSIONEEL) Die volgende ophalertrense is toelaatbaar: a) Gewone skelmtrens met een stel los ringe en een skakel in die monsdtuk ( German loose ring snaffle tipe) b) Skelmtrens met een stel los ringe en twee skakels in die mond ( Eliptical link, French link of KK ) 6
Die volgende ophalertrense is ontoelaatbaar: a) Met meer as een mondstuk b) Met n ketting, rollers of gedraaide draad c) D-trense d) Geen tuisgemaakte trense AFHALER Die gebruik van n afhaler ( martingale of springteul) aan die leisels is opsioneel. Dit moet egter voorsien wees van teuelstoppers indien gebruik word 2.2.3 DRADEEL a) Neksaal. Ook bekend as skofsaal of kamsaal. Met of sonder leiselringe b) Borsplaat ophaler c) Rugsaal of saaltjie met buikgord leiselringe, asook ophaler hakkie. d) Broekophaler of Kruisbande e) Stringophaler 2.2.5 REMGEDEELTE a) Rugkoppel met kruislussie b) Stertriem c) Disselboomgord en disselboomringe (enkeltuig) Alhoewel laasgenoemde ook as n dragedeelte dien by die enkeltuig dien punte a), b) en c) as totale rem gedeelte by die enkeltuig maar is gedeelte c) nie deel van n dubbeltuig nie. d) Broek e) Broekriem f) Borsriem Alhoewel die beul deel van die disselboom is en nie deel van die tuig nie is dit onontbeerlik in die rem proses, net soos wat die swingels onontbeerlik is in die trek proses. E. DIE BEWEGING VAN DIE TUIGPERD Die rasstandaarde van die SA Boerperd stel die volgende vereistes aan beweging, ongeag die gang waarin die perd beweeg: Matige hoër, lang veerkragtige treë wat grond dek. Agter bene moet goed onder die lyf inwerk en gewig van die voorkwart wegneem. Al vier bene moet spoor met ander woorde, reguit vorentoe beweeg wanneer van agter of van voor gesien. Hierdie omskrywing vorm die basis vir die afrigting, vertoning en beoordeling van die enkeltuig SA Boerperd. 1. STAP Stap is n duidelike 4-slag maat. 7
Die enkeltuig perd moet met lang veerkragtige treë vorentoe stap Agterkwart moet aktief wees en met agterhoewe op of oor die voorhoefspore trap Perd moet flink en vloeiend stap met ewe lang treë (ritmies) Nek hoog en geboeë Kop in n vertikale lyn Perd moet lig bly in voorkwart en sag en die koetsier se hande wees SA Boerperde moet goed en platvoet kan stap Let op na ritme, impulsie en balans (RIB) Die perd moet spoor Perd moet wakker en gereed lyk vir die volgende gang Die kar moet met elke treë saam gevat word. 1.1 FOUTE Perd dek nie grond nie. Perd konsentreer nie. Perd wat gespanne is en treë word kort en/of onreëlmatig. Perd wat drafstap, pas of gang, dws nie meer 4-slag maat nie. Perd wat kontak vermy met kop te hoog of te laag en nie met n stil kop stap nie. Kop skeef dra. Perd se kopprofiel te ver voor of agter die vertikaal. Met te lang teuels stap en sodoende styl verloor. Nie aktief genoeg in die agerlyf nie, trap dus nie diep genoeg met sy agterbene nie. RIB is versteur. Spoor nie en/of loop skeef. Perd lyk verveeld. 1.2 KOMMENTAAR Die beoordelaar moet seker maak dat elke perd se stap deeglik ge-evalueer word. Aangesien dit een van die basiese bewegings is, behoort elke perd dit redelik te kan doen en sal daar meer gediskrimineer word teen swak stappers. 2. SAAMGEVATTE DRAF 2.1 FOUTE Dit is 'n diagonale beweging met 'n 2-slag maat Matig, hoë, korter veerkragtiger tree terwyl die perd se liggaam verkort Die agterhoewe trap duidelik op of agter die voorhoef spore die saamgevatte draf is meer gekollekteer as die gestrekte draf Die nek word hoog en die skouer vry gedra Die kop profiel moet vertikaal wees Die kop moet stil wees Hakke word goed beset en beweeg energiek en veerkragtig Die perd se rug moet soepel wees en die stert behoort op te lig en liggies heen en weer swaai. Let op na ritme, impulsie en balans (RIB) Perd moet spoor en agter- en voorkwart moet in lyn wees. Perd se kop nie vertikaal. Perd lê (hang) in die drywer se hande (op die voorhand) of holnek (neus gepunt) Kop en nek skeep. Beweeg nie reguit vorentoe nie. (Spoor nie) RIB foutief. Aankap en raaktrap (balans versteur) 8
3. GESTREKTE DRAF 3.1 FOUTE Te vinnig draf en styl verloor. Te kort treë met hoë knie-aksie. Hakke wat agterbly Nie van agter oor die voorhoef merk trap nie. Agterbene wat oopmaak. Deurslaan na ander gange. Swak transisies. Tydens enkeltuig vertonings word die klem op hierdie aanskoulikke gang gelê.die treë word langer vanuit die saamgevatte draf, die perd dek dus meer grond sonder om ritme,impulsie en balans te verloor.die spoed waarmee die perd beweeg is nie van belang nie solank daar duidelike onderskeid getref kan word tussen die gestrekte en saamgevatte drawwe. Styl mag onder geen omstandighede ingeboet word nie. Die profiel moet effens voor die vertikaal wees en die nek stylvol gekrom vanuit die kambeen. Voor en agter aksie moet gebalanseerd wees met hakke wat behoorlik gebuig word en agterbene wat diep onder die lyf intrap. Die krag waarmee die treë verleng word moet uit die agterkwart kom. Die vooraksie moet uit die skouer kom met duidelikke kragtige lang hale wat die knieg dryf om so na as moontlik aan die horisontale lyn te laat draai. Kragtige gemak met n perd wat baie grond dek sonder om styl te verloor is die sleutel a) Perd wat styl verloor. b) Agerbene wat nie onder die perd inbeweeg nie, dit wil se bly agter of maak oop. c) Neus gepunt of op die bors (oor of agter die vertikaal) d) Deurslaan na ander gange begin gewoonlik galop met die een agterbeen e) Beheer verloor. f) Perd se kop na buite gedraai. g) Aanslaan 4. Siertuig. Die siertuig klasse verskil van die enkeltuig klasse hoofsaaklik omdat tydens hierdie klasse daar slegs twee gange beoordeel word nl. die stap en die pronkdraf. Die stap is dieselfde platvoet stap soos omskryf in die enkeltuig gedeelte. Die pronkdraf is die gang waarop die klem gelê word in hierdie klas. Dit is n baie ritmiese suiwer draf, uitgevoer met baie gemak maar tog met die hoogste mate van kolleksie. Spoed is tydens hierdie gang stadiger as tydens die gestrekte draf en behoort net genoeg te wees om n ritmiese, baie aanskoulikke,uiters elegante beweging te kan uitvoer sonder dat dit lyk asof dit enigsins vermoeiend vir die perd is. Hoë gebalanseerde aksie,wat steeds grond dek,met n duidelikke suspensie van die hoewe in die lug,met n statige, grasieuse elegante,opsetlikke ritme is die beweging waarna gestreef word. Die kop moet hoog gedra word met die nek gekrom vanuit die kambeen en die totale krag van die beweging moet duidelik uit die agterkwart gestu word. Die agteraksie is baie belangrik maar moet steeds in balans met die vooraksie wees. Daar kan amper nie genoeg klem op die statige, afgemete, vasberade voorkoms van die pronkdraf gelê word nie, amper asof die die voorbeen opglig word,die perd uit die hoogte kyk wie hulle aan hom verwonder en dan die hoef grasieus en vies vir die grond neersit. 4.1) Foute in die siertuig. 9
a) Te vinnig b) Verlies aan styl. c) Perde wat in die toom lê. d) Ongebalanseerde aksie. e) Rukkerige trekvermoë tydens rigting veranderings. f) Verlies aan belangstelling. g) Perde wat swaar op die hoef is. h) Hakke wat nie onder die perd in werk nie. i) Bekke wat oop is in duidelikke onvermoë van die perd om homself te dra. j) Te min veerkrag 4. INKOM EN HALT Na afloop van die vertoning sal die tuigperde inkom vir inspeksie. Hulle kan dan bygestaan word deur n assistent wat voor die perd kan kom plaasneem hetsy of die assistent langs die drywer gesit het(slegs toelaatbaar op rytuie wat hiervoor geskik is) of langs die baan gewag het. Die perd moet behoorlik kan stilstaan om die beoordelaar kans te gee om in veiligheid om die kar te kan beweeg. 4.1 ALGEMENE FOUTE 4.2 WENKE a) Rukkerig wegtrek b) Perd of perde wat in die borsplaat inspring c) Rukkerige of onegalige omdraai wat met n halt gepaard gaan d) Foutiewe inspanpraktyk e) Enkelas karrre wat nie in balans is nie f) Vuil wielnawe g) Ongebalanseerde horrelwiele. a) Sorg dat die stringe ewe lank gestel is. b) Maanhare en withoewe na binne (dubbeltuig) c) Peits in die hand en hand en die punt in die rigting van die linker perd se kop (dubbeltuig) of linkeroor van die perd (enkeltuig) d) Op- en afhalers is toelaatbaar. Die gebruik of nie daarvan moet dus nie n rol speel tydens beoordeling nie, so ook met hiel beskermings en koggelstok. e) Disselboom moet so horisontaal as moontlik wees. f) Enkeltuig disselboompunte so na as moontlik in lyn met die skouerknoppe. F. DIE POSISIE VAN DIE KOETSIER n Netjiese ferm houding agter die leisels sonder om styf en stokkerig te lyk. Die hande parallel na voor, elmboë gerieflik teen die lyf en wel in so n posisie dat wanneer die leisels getrek word die elmboë nie agter die lyf verbysteek nie. Die voete is gerieflik skuins agtermekaar. Ter wille van veiligheid mag vertoners te alle tye een assistent op die kar hê, indien die kar daarvoor geskik is. Die assistent moet langs die vertoner sit en wel netjies geklee wees ( sonder advertensies van die stoet wat verteenwoordig word of produkte reklame) en sonder om komentaar te lewer. Dit sal n diskwalifikasie wees indien die assistent agterop die kar sit. Slegs een assistent word per kar toegelaat. Swak gedrag en kleredrag van die assistent sal tot diskriminasie lei. 10
G. DIE BEOORDELING PROSEDURE VAN TUIGKLASSE ENKEL- EN DUBBELTUIG Vertoners kom die baan binne onder beoordeling, anti-kloksgewys (indien die plasing van die baan dit toelaat) of links-om op n saamgevatte draf. Op bevel sal oorgegaan word na n gestrekte draf. Hierna volg die stap, ook op bevel. Die perd sal nou n half sirkel omdraai na die binnekant van die baan op n stap. Die vertoners gaan dadelik, sonder bevel, aan op n saamgevatte draf. Hierna volg die gestrekte draf en stap op bevel. Die perd sal dan intrek of inkom op n draf. Inspeksie van perd, tuig en kar sal volg en wel deur te let na die perd en veral tekens van bloed aan die bek en aan die bene. Die netheid van die kar, tuig, drywer en assistant sal dan plaasvind. Bevele van die beoordelaar sal deur die baanbeampte aan die aankondiger oorgedra word. H. DIE BEOORDELING VAN BESTE AFGERIGTE ENKELTUIG PERD Eenvoudige toetse moet daargestel word om die vermoeë, temperament en afrigting van die perd te toets. Toerusting wat gebruik gaan word vir aanwysers of merkers moet geen gevaar inhou vir die perd, drywer of kar nie. Die gebruik van plastiese kegels of strooibale is n aanbeveling. Die toets wat deur die beoordelaar vooraf uitgewerk word moet duidelik en verstaanbaar aan die drywers oorgedra word deur die baanbeampte voor die klas begin. Minstens 3 verskillende toetse moet uitgevoer word. Voorbeelde van toetse wat gevra kan word: a) Halt en stap agteruit 3 5 treë ( reinback ) b) Draf n figuur 8 c) Draf n figuur 8 met een hand. Hand waarin peits gedra word, moet in die lug gehou word. d) Draf 3 halfsirkel kronkeldraaie ( 3 Loop Serpentine ) e) Halt tussen twee voorwerpe vir n bepaalde tyd bv. 10 tellings f) Vleg deur kegels of bale g) Draf of stap oor seil. h) Draf of stap n L-vorm ( Dogsleg ) BEOORDELING: Elke toets kan uit 10 punte tel waarna die 3 of 4 individueele toetse se punte bymekaar getel word om die wenner van die klas te bepaal. n Standaard vorm is verkrygbaar daarvoor. Perde mag nie gevra word vir n gallop in hierdie klas nie. I. HANDTEKENS Stap een vinger in die lug Saamgevatte draf twee vingers in die lug Gestrekte draf gestrekte hand voor die lyf uitswaai Rigting verander sirkel beweging met een hand voor die lyf maak Ontspan albei arms getrek voor die lyf en dan na kante toe swaai Intrek beide hande in n sirkel beweging na die liggaam toe. Herrit gebalde vuis opgetrek. 11
J. ALGEMENE TUIG SKOUREËLS Ongewenste metodes, gebruike of gedrag is ontoelaatbaar op die skouterrein. Perde mag tydens hul verblyf op die skougronde slegs gedryf word met toerusting wat toelaatbaar is binne die skou-arena volgens die huidige SA Boerperd reëls en regulasies. Die gebruik van kunsmatige hulpmiddels vir die duur van die skou soos bv. rekke, shacles, kettings aan kote, ens. kan tot die eliminasie van so n perd in die skou-arena lei. Bykomende beskerming bv. brushing boots, over reaching boots, ens. van bene is wel toelaatbaar buite die skou-arena tydens opwarming. K. TUIG SKOUKLASSE Sien skou klaslys en minimum klaslys vir streekskoue. 12