Wie sal ingaan in die koninkryk van God? - Die honderdguldenprent van Rembrandt



Vergelijkbare documenten
SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)?

BYBELSTUDIE OPENBARING LES 4 HOOFSTUK 1:9-13.

jou hele liggaam lig hê. Maar as jou oog sleg is, sal jou hele liggaam sonder lig wees. As jou oë sleg is dit beteken eintlik maar as jou oë slegte

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

VERSPREI GOD SE LIEFDE (2) VERTEL ANDER VAN GOD SE LIEFDE 13 Augustus 2006, Ds Freddie Schoeman

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

PREEK Sondag 10 Junie 2007 Ds Freddie Schoeman

n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2)

3-6 MAANDE BABAPROGRAM

Welkom by Die Storie God se storie

Gemeenskap. Wat is n gemeenskap? n Gemeenskap het n hoof/hoof?

Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees?

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

n Tempel Leier besoek Jesus

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

Jesaja sien die Toekoms

2. Die skepping van die mens

die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën.

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

Stephan Joubert skryf gisteroggend in sy Goeie Nuus rubriek in Beeld: Ek wil graag by Stephan aansluit en vir jou vra: hoekom soek jy vir Jesus?

Gisteraand het dit gegaan dit oor hoe ons lewens moet wees om Jesus te volg. Watter klere ek moet aantrek.

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

INHOUDSOPGAWE. Voorwoord Doen God al die skuifwerk hier op aarde? God se genade bepaal sy planne God se meesterplan...

TEKS: 1 Korintiërs 8:4-6 HK 34:94-95

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

Efesiërs 2: Agtergrond. Oor die stad Efese:

VADERSDAG. Een van die raadslede van die sinagoge, 'n man met die naam Jaïrus, kom toe daar aan. Net toe hy vir Jesus sien, val hy op sy

FAKTORE EN VEELVOUDE

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

Deur Christus Alleen

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

DIE JERUSALEM RAAD Les 8 vir 25 Augustus 2018

Les 1 vir 7 Oktober 2017

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

Pragtige Koningin Ester

WAAROM ONS AANHOU MET DIE KINDERDOOP. n Reaksie op Christo Nel se oproep tot n nuwe hervorming, en sy verwerping van die kinderdoop

Die Groot Gebod dennis de wet

Verduidelik nou vir die kinders die insamelingsmetodes wat vir jul gemeente / skool sal werk.

Matteus se Judas en die koninkryk

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

Deur Sy wet gee God ons broodnodige kennis van sonde

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies?

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

10. In Tomas se skoene Johannes 20:19-31

Die Groot Geloofswoordeboek: Liefde

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

Petrus en die Krag van Gebed

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11)

Preek oor: Wat doen die Heilige Gees? Die Heilige Gees laat die wedergeboorte plaasvind

God bly met u, waar u ook mag gaan. Mag sy Gees u lei en heilig en u altyddeur beveilig. God bly met u, waar u ook mag gaan

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

JOHANNES 6:48 HK 28. Votum en seën. Psalm 100 : 1, 3. Gebed. Skrifberyming 54 (2-6) : 1. Skriflesing: Johannes 6:41-59 (AV 1983) Belydenis: HK 28

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

Kinders hoe voel julle oor die eksamen wat voorlê? Vir wie van julle is die Bybel soms moeilik om te verstaan? Ja daar is dinge waarmee ons sukkel né.

Die Kerk se Geboorte

Jnr. Kategese 22 Januarie 2017 Visvang vir Jesus! Matteus 4: 12-23

Skriflesing: 2 Tim 2:14-26(word gelees deur gemeentelede uit die banke)

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

Die horisontale as verteenwoordig die invoerveranderlike en die vertikale as die uitvoerveranderlike, en die twee asse sny by n gesamentlike nulpunt.

SKRIFLESING: Titus 1. TEKS: Titus 1:15. Die Here wil ons op die hoofspoor hê. Psalm 134 : 1, 2. Psalm 119 : 4. Psalm 18 : 12. Skrifberyming 78 (13-3)

Watter koek se dele lyk vir jou die grootste? Dis Reg! Die koek wat in 3 dele gesny is se dele is groter as die koek wat in 4 dele gesny is.

Hoé weet ons die Bybel is die Woord van God? Erkenning van die gesag van die Skrif en die Heilige Gees

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het

Dankoffersondag met Nagmaal 4 November

2. Jesus eet saam met sondaars Markus 2:13-17

Maar nou was September alweer `n baie besige maand, veral vir `n klompie sogenaamde profete. Miskien weet jy van sommige hiervan.

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

Dit verg net n paar minute om n groot verskil te maak!

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Van Vervolger tot Prediker

Psalm 91:4, Die Bybel vir almal

Om makliker saam te dink oor God se goedheid gaan ons weer `n paar handvatsels gee.

Daar is vandag n tendens onder baie Christene om die Joodse Feeste en die sabbat te hou. Daar is Joodse gemeentes in Christus wat nie Christene

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

DIE BRIEF AAN FILEMON

Hoe moet ek die Drie-eenheid verstaan?

Aanbieding 1 Agtergrond. Skrywer van 2 Petrus

LITURGIE VIR N OOP GESPREK

LYDINGSREIS. Paasweek 2011

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

SKRIFLESING: Jesaja 6. TEKS: Jesaja 6:3 HK 8. Voor die drie-maal heilige God buig ons laag. Psalm 99 : 1, 2. Psalm 81 : 11, 12

Transcriptie:

Wie sal ingaan in die koninkryk van God? - Die honderdguldenprent van Rembrandt Selfs by mense wat nie n interesse in kuns het sal die naam Rembrandt n klokkie lui. Saam met kunstenaars soos Da Vinci, Michelangelo, van Gogh en Picasso val hy onder die bekendste kunstenaars. Wat hom egter besonder maak is dat hy, anders as hule, n protestante christen was. Iets wat ook in sy werk deurgekom het. Dit maak hom vir ons, wat dieselfde geloofsoortuiging as hy deel, baie toeganklik. Mens word juis getref deur die Bybelse boodskap wat hy so meesterlik verbeeld. Rembrand van Rijn woon in die 17 e eeu in Amsterdam. Nederland beleef dan sy Goue Eeu. Die Reformasie het plaasgevind, daar is godsdiensvryheid, n opbloei van die handel, baie mense van ander lande stroom in en ook die kunste beleef n bloeitydperk. Rembrandt, Honderdguldenprent, ca. 1649,278x388 mm

Die honderdguldenprent Behalwe skilderye maak Rembrandt ook etse. n Ets is as n kunstenaar die afbeelding in n metaalplaat gegrafeer. Daarna word ink in die groewe van die metaalplaat gesmeer en meerdere afdrukke kan op die manier gemaak word. Die honderdguldenprent is n voorbeeld van n ets wat deur Rembrandt gemaak is. Hierdie ets geniet op grafiese vlak dieselfde bekendheid as die Nagwag op skilderkunstige vlak. Selfs in die 17 e eeu is die ets hoog aangeslaan. Dit bewys die bynaam honderdguldenprent as gevolg van die honderd guldens wat in Rembrandt se dae vir hierdie ets betaal is. n Ongehoord hoë bedrag vir n ets waarvan daar meerdere afdrukke gemaak kan word en dus nie so uniek is soos n skildery nie! Rembrandt het tussen 1640 en 1650 aan hierdie ets gewerk. As n mens kyk na hoeveel voorstudies hy daarvoor gemaak het en ook hoeveel kere hy die metaalplaat verander het en bygewerk het, besef n mens dat dit die produk is van n intensiewe geestelike en artistieke worsteling. In plaas van honderdguldenprent kon hierdie ets miskien eerder die naam Wie sal ingaan in die koninkryk van die hemele gekry het. Die voorstelling is namelik gemaak na aanleiding van Mattheüs 19. In daardie hoofstuk kom daar verskillende mense na Jesus: Siek mense om genesing te soek, Fariseërs met n strikvraag oor egskeiding, n ryk jong man asook moeders wat hulle kinders na Jesus bring. Hierdie ets is nie n blote illustrasie van die gebeure soos wat n mens dit byvoorbeeld in n kinderbybel sal kry nie. Dit is eerder n beeld waarin hy die essensie van daardie hoofstuk wil saamvat amper soos n visuele preek. Gebeurtenisse wat in die hoofstuk na mekaar gebeur, word hier gelyktydig afgebeeld. Daar word ook ander simbole toegevoeg, amper soos teksverwysings, om die sentrale gedagte te ondersteun. Om die honderdguldenprent beter te kan verstaan, sal daar nou in detail na sekere gedeeltes gekyk word: Christus sentraal Christus staan in die middelpunt. Sy kop steek bo al die mense uit. Hy is groter in verhouding as die ander mense. n Ligkrans om sy kop dui op sy goddelikheid. Sy houding straal waardigheid en kwetsbaarheid uit. Sy hande hou hy verwelkomend uitgesprei. Sy hande maak egter ook die tradisionele gebaar van Jesus as die Regter wat ons dikwels in skilderye oor die laaste oordeel sien. Die omhoogwysende hand stuur mense na die hemel (gewoonlik sy regterhand) en die omlaagwysende hand stuur die mense na die hel (gewoonlik sy linkerhand). Interessant dat hier die hande omgekeer is. Later sal meer daaroor gesê word. Die finale

oordeel is nog nie gevel nie. Rembrandt gebruik die verwysing net om op die erns van ons keuses vandag te wys. Die Fariseërs Aan die regterkant van Christus, die verste van Hom af, staan n groepie Fariseers. Hulle keer hul rug op Christus. Hulle is duidelik besig om saam n bietjie neerhalend oor Jesus te praat. Kyk hoe mooi het Rembrandt dit reggekry om daardie selfingenome houding in hulle gesigte tot uitdrukking te bring! Dit is nie toevallig dat hulle almal rond n witgepleisterde muurtjie staan nie. Die disipels Die dissipels is naby Christus aan sy regterhand die afwysende hand. As n mens Mattheüs 19 lees verstaan n mens waarom Rembrandt hulle daar geplaas het. Elke keer toon hulle onbegrip en onwil. Wanneer die Here die Fariseeers se idees oor egskeiding afwys, reageer hulle krities. Net so ook as hy op die gevare van rykdom wys. En wanneer die moeders met hulle kindertjies kom, vererg hulle hulself. Die dissipel wat die naaste aan Jesus is kan n mens op grond van die

manier wat hy gewoonlik afgebeeld word, identifiseer as Petrus. Met sy een hand probeer hy die vrou terug hou wat haar baba na Christus wil bring. Die ryk jong man en die moeders met hul kinders

Tussen die twee moeders sit die ryk jong man. Sy klere, haarstyl en deftige stewels dui op n welvarende lewe. Hy sit daar egter terneergedruk, sy hand voor sy mond. Hy kan nie sy rykdom opoffer om Jesus te volg nie. Die kameel wat heeltemal regs op die ets deur die poort kom is n verwysing na wat Jesus in Matth 19:24 sê: dit is makliker vir n kameel om deur die oog van n naald te gaan as vir n ryk man om in die koninkryk van God in te gaan. Die klere van die vrou wat haar baba na Christus bring dui ook daarop dat sy n ryk vrou is. Tog keer haar rykdom haar nie om haar baba na Christus te bring nie. Uit die posisie waarvandaan hulle kom is Christus se hand nie afwysend nie, maar eerder uitnodigend. n Ander ma twyfel nog, maar haar kind wys na Jesus en trek haar saam. Hier sien ons n sinspeling op Matth 18:3: as julle nie verander en soos die kindertjies word nie, sal julle nooit in die koninkryk van die hemele ingaan nie. Agter die seuntjie lê n hondjie. In die beeldtaal van die 17 e eeu is n hond simbolies vir trou. n Hond ken sy meester en volg hom. Hier kan ook n verwysing na Matth 15:24-28 in wees, veral omdat dit lyk asof daar langs die hond n stuk brood lê. Die Jode het God afgewys, terwyl die heidene om hulp vra. Die siekes en ellendiges Aan die regterkant sien ons die mense wat Christus gevolg het soos wat in Matth 19:2 staan. Onder hulle is n hele aantal siekes saam met hulle begeleiers. Daar word selfs n sieke in n kruiwa na die Here gebring. Die mense is nie net siek nie, hulle is in ellende gedompel. Visueel gaan hierdie groep gebuk onder die groot donker gedeelte bo hulle koppe. Vooraan die groep is daar n aantal mense wat in gebed hulself na Christus rig. Die siekes raak so ook simbolies vir die mense wat hulle ellende ken en daarom hulself tot Christus wend. Die vrou uit Afrika

Heeltemal in die hoek sien ons n vrou met Afrika gelaatstrekke as verteenwoordiger van die heidene vir wie die heil bedoel is nadat die Jode dit verwerp het. Alhoewel sy haar mus oor haar oë het (in die beeldtaal van die 17 e eeu simbool vir geestelike blindheid), wys sy na Christus. Dit kan gesien word as n vooruitblik op die feit dat later baie volke Christus as hulle Verlosser sal sien. By haar staan n os. Dit verwys na Jesaja 1:3 n Os ken sy besitter..., maar Israel het geen kennis nie, my volk verstaan nie. Baie wat eerste is sal die laaste wees Opvallend is die baie teenstellings in die ets. Links lig, regs donker, links hoog, regs laag, ryk en arm, mens en dier, mense wat hulleself verhef en die wat neerkniel. Dit is kontraste wat pas by die teks waarmee Mattheus 19 afsluit: Baie wat eerste is sal die laaste wees. Die evangelie draai ons wêreldbeeld om. By mense is dit onmoontlik, maar by God is alle dinge moontlik Matth19:26. Die gat op die voorgrond waarop n tak lê sluit waarskynlik by hierdie teenstellings aan: Wie n kuil grawe, sal daarin val. Die klip langs die gat kan n verwysing wees na Christus as steen des aanstoots. (Rom.9:33) Genade sentraal Van al die omkerings in die ets is die opvallenste seker Christus se hande wat omgekeer is. Die afwysende hand regs en die vrysprekende hand links. Die oordeel is nog nie finaal nie! Boon-op is die vrysprekende hand heeltemal sentraal in die komposisie. Genade in die middelpunt! Jenny Boon (vir die skryf van hierdie artikel is gebruik van W.L. Meijer se boek Kleinood en aanstoot. De honderdguldenprent en andere bijbelse historiën van Rembrandt. J.J.Groen en Zoon Leiden,1995)

DE HONDERDGULDENPRENT, REMBRANDT Zieken die zichzelf verstaan als blinden, Trekken op het licht aan door de poort, Zien Hem wie hun leven toebehoort En aanbidden, voor ze heling vinden. Wie met mensenregels mensen binden, Spannen allen kerngezond gestoord Hun verlichte ruggen naar het Woord: Smoezend 1 worden ze gelijkgezinden. Pal naast liefde die voor rijkdom zwicht 2 Krijgt een moeder hoogheid wil haar weren Koninklijke zegen voor haar wicht 3. Vrolijk rukt een joch 4 aan arme kleren, Toont de groten dat je Jezus vindt Zelfvergeten open als een kind. W.L. Meijer 1 onderlangspratende 2 val 3 kind 4 seuntjie