opstanding en die lewe. Hierdie uitspraak vorm deel van die gedeelte oor

Vergelijkbare documenten
KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

1 Johannes 5: /03/2014

n Tempel Leier besoek Jesus

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

Jesaja sien die Toekoms

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

VADERSDAG. Een van die raadslede van die sinagoge, 'n man met die naam Jaïrus, kom toe daar aan. Net toe hy vir Jesus sien, val hy op sy

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

jou hele liggaam lig hê. Maar as jou oog sleg is, sal jou hele liggaam sonder lig wees. As jou oë sleg is dit beteken eintlik maar as jou oë slegte

Van Vervolger tot Prediker

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

Is jy seker dis nie n voorry nie. Ek wonder of die kinders weet wat n voorry doen.

Toe God alles gemaak het

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

Jona en die Groot Vis

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

Toe God alles gemaak het

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

Luister en praat. Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun?

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

Welkom by Die Storie God se storie

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

Petrus en die Krag van Gebed

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

FAKTORE EN VEELVOUDE

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het.

Pragtige Koningin Ester

die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën.

SKRIFLESING: 1 Petrus 2:1-10. TEKS: 1 Petrus 2:9. God red sodat ons sal vertel. Psalm 40 : 5. Psalm 4 : 3. Skrifberyming 8 (5-3) : 2.

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

Die brief aan die Filippense

Stephan Joubert skryf gisteroggend in sy Goeie Nuus rubriek in Beeld: Ek wil graag by Stephan aansluit en vir jou vra: hoekom soek jy vir Jesus?

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

Goeie Konings, Slegte Konings

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer

Ontmoeting 40. Welkom. Wyding. Woord. te maak, in vorms te giet en te laat droog word.)

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies?

Dr AH Bogaards. 1. Inleiding Wat is eensaamheid? Lees: Mt.27: Teks: Mt.27: Datum: 18 Oktober 2015

n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2)

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

Die Kerk se Geboorte

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees?

Frits Gaum wonder: Kan jy twyfel in Jesus se opstanding uit die dood en steeds gelowig wees?

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Matteus se Judas en die koninkryk

Ons hoor hulle het in die land Kanaän gaan woon. (kaart) Kanaän Egipte.

Van Vervolger tot Prediker

Jona en die Groot Vis

Jesus lewe! Kruisiging en opstanding. Teks: Mat 21:1-11 en Joh 3:16

SKRIFLESING: Handelinge 16: TEKS: Handelinge 16:30-31 HK 23. Wie in die Here Jesus glo, word gered. Psalm 48 : 4.

2. In die pikdonker nag. Johannes 3:1-21

n Dubbele kruis-belydenis

Bybel vir Kinders. bied aan. Totsiens Farao!

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

10. In Tomas se skoene Johannes 20:19-31

12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

6. Ek glo in Jesus Christus Johannes 3:16-18 en Matteus 1:18-25

Die Groot Gebod dennis de wet

VRAE EN BESWARE WAT MENSE SOMS OOR DIE DOOP HET

Baie welkom by vanoggend se erediens. Doen asb moeite om ander mense rondom jou te groet

Paulus en sy vriende vertel ander van God

Preek Genesis 1:27. (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 6 November 2016)

Deur Christus Alleen

Wie in die Here glo, vertrou Hom met die bestemming.

Jesus as Kind Teks: Matteus 2, 13: 55-56, Lukas 2

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

Jesus het aan Petrus gesê: "en as jy eendag bekeerd is, moet jy jou broeders versterk", net voor sy ontkenning (Lukas 22:32) Petrus vervul die bevel

Skriflesing: Dordtse Leerreëls Hoofstuk 2 paragraaf 8 Sing- Ps. 25:4; Ps. 19:5; Ps. 23:2 volkome vrye raadsbesluit, genadige wil en voorneme van God

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

Elisa, Man van Wonderwerke

Kinders hoe voel julle oor die eksamen wat voorlê? Vir wie van julle is die Bybel soms moeilik om te verstaan? Ja daar is dinge waarmee ons sukkel né.

14. Ek glo my sondes word vergewe 1 Johannes 1:5 2:2

Transcriptie:

Johannes 11:17-44 17/08/2014 Die Johannes evangelie is waarskynlik die boek in die Bybel wat meer mense wat dit gelees het tot bekering laat kom het, as enige ander boek in die Bybel. As jy na van die Gideons se getuienisse luister, sal hulle vir jou vertel van mense wat iewers in n gevangenis of in n hotelkamer of in n hospitaal, n Nuwe Testament van die Gideons opgetel het en hoe hulle tot bekering gekom het nadat hulle die Johannes evangelie gelees het. Dis egter n boek wat n mens nie sommer net op die oppervlak moet lees nie. Jy kan as jy wil, maar jy mis so baie as jy dit net bolangs lees. As jy die Johannes evangelie n bietjie dieper probeer lees, gaan jy soveel interessanthede ontdek... jy gaan ontdek hoe verskillende gebeure by mekaar inspeel hoe Johannes getalle gebruik en hoekom hy sekere inligting op sekere plekke geplaas het. Dis werklik n wonderlike boek om te lees. So bv. is dit interessant dat Johannes, 7 Ek is, uitsprake opgeteken het. Dis ook interessant dat die meeste van hierdie uitsprake - 5 van die 7 - in die 1e 12 hfste. Staan. Hierdie 1e 12 hfste van Johannes staan bekend as die boek van tekens omdat daar 7 wonderwerke/wondertekens in die 1e 12 hfste aangeteken is Johannes is lief vir die getal 7 omdat 7 die volmaakte getal is. Daarmee wil hy o.a. vir ons sê dat ons met die volmaakte God te doen het Jesus kon in 7 uitsprake oor Homself, presies sê wie Hy is en wat Hy kom doen het en wanneer Hy weer kom... Hy ko n met 7 wonderwerke Sy volkome Goddelikheid toon sodat niemand enige twyfel hoef te hê dat Hy tegelyk volkome Mens en volkome God was nie. Ons gaan vandag kyk na Jesus se 5e Ek is, uitspraak, naamlik Ek is die opstanding en die lewe. Hierdie uitspraak vorm deel van die gedeelte oor die die siekte en dood van Lasarus asook die opwekking van Lasarus... wat die 7e wonderwerk is wat Johannes vir ons beskryf. Voor ons na die hele gedeelte gaan kyk, wil ek eers vir ons Johannes 11:17-44 lees - Kom ons doen dit Broers en susters, wat is lewe? Lewe jy as jy asemhaal en as jou hart klop en as jy nog breinfunksies het? Wat is lewe? Hoe sien jy die lewe? Hoe dink jy oor hierdie lewe? Benjamin Franklin, een van die vorige Amerikaanse presidente het gesê, daar is net 2 goed in hierdie lewe wat absoluut seker is en dit is die dood en belasting Ons kan amper sê, lewe was vir hom die sekerheid dat hy een of ander tyd sou doodgaan.

Joffe van Rensburg skryf in 1988 in n gedig Die lewe is n holle dol gejaag... n Boepens onversadigbare maag... Die lewe word n onvervulde stryd... Om by te hou die aangejaagde tyd... Wat heel die dag bepaal... Jy goed uitkom of kaal n Fransman met die naam Albert Camus sê mense is skepsels wat hulle hele lewe deurbring deur hulleself te oortuig dat hulle bestaan nie absurd is nie. (wikipedia) Soos jy kon hoor, is dit mense wat redelik negatief oor die lewe geskryf het. Maar daar is ook baie mense wat baie positief geskryf het oor die lewe... en oor die vraag, wat is lewe? Iemand skryf op n plek, [Die lewe is] om kaalvoet oor nat gras te loop. [Die lewe is] om lug so vars in te asem dat dit brand.[ Die lewe is] Om lief te hê dat dit seermaak [Die lewe is] om dankie nie te hoor nie, maar dit in iemand se oë te sien Ek kan letterlik nog duisende aanhalings of gedigte of uitsprake aanhaal oor wat mense sê. wat die lewe is. Party is mooi. Jy kan jy sien dis gebore uit n diepe geloof en n diepe verhouding met die Here... Ander is sinies... negatief... pessimisties... As n mens na al hierdie uitsprake kyk, positief en negatief, gaan jy 1 gemene deler by almal vind en dit is dat almal iets sê oor die lewe hier en nou... Hulle praat net oor die lewe op hierdie aarde. Die gelowiges wat iets sê oor die lewe, sê hoe iemand wat in n verhouding met die Here is, se lewe hier op aarde moet lyk Jy moet liefhê jy moet vergewe jy moet die lewe geniet kaalvoet oor nat gras loop Wanneer ongelowiges iets oor die lewe sê, gaan dit spesifiek oor hier en nou omdat hulle nie glo in lewe hierna nie omdat hulle nie glo in n hemel en in n Oneindige God nie... Die gedeelte wat ons vanoggend gelees het, wil vir ons verder as hierdie lewe neem. In die gedeelte wil Jesus vir ons sê, Ek is Here, nie net van hierdie lewe nie Ek is ook Here van die lewe anderkant die graf... Jesus wil dat ons d.m.v. ons geloofsbrille nou reeds iets sien van die lewe anderkant die dood Jesus was baie goed bevriend met Lasarus en sy 2 susters, Marta en Maria... Hulle het Hom laat weet dat Lasarus baie siek is in die hoop dat Hy dadelik sou kom... Hulle het geweet Jesus is nie n gewone Mens is nie. Hulle het reeds iets van Sy Goddelikheid gesien en besef dat Iemand wat sulke wonderwerke kan doen, nie n mens is nie. Nie lank gelede het Jesus n blinde man se oë genees. As Hy dit kan doen, kon Hy seker iemand wat siek is, gesond gemaak het. Daarom laat weet hulle vir Hom dat Lasarus ernstig siek is.

Maar Jesus bly weg... Hy bly doelbewus weg... Ons kan amper sê, Hy bly weg totdat Lasarus behoorlik dood is... Niemand moet kan sê hy het net geslaap of hy was in n skyndood nie... 4 dae nadat Lasarus dood kom Jesus eers daar aan. Hy het al geruik. Toe hulle hoor dat Jesus daar is, het Maria in die huis bly sit, maar Marta het Hom tegemoet gehardloop. Toe Sy by Hom kom sê sy so half verwytend vir Hom... Here, as U hier was, sou my broer nie gesterwe het nie Maar selfs nou weet ek dat God U alles sal gee wat U van Hom vra. En dan sê Jesus vir haar... Jou broer sal uit die dood opstaan waarop sy reageer met Ek weet hy sal met die opstanding op die laaste dag uit die dood opstaan. Die Jode het geglo dat mense aan die einde van die wêreld weer lewend sal word Sy het dus ook geglo iewers in die toekoms kan Lasarus dalk weer lewend word. Maar dan sê Jesus vir haar, Ek is die opstanding en die lewe. Wie in My glo, sal lewe, al sterwe hy ook; en elkeen wat lewe en in My glo, sal in alle ewigheid nooit sterwe nie. Jesus probeer hierdie wanopvatting regstel dat die lewe na die dood iets iewers in die verre toekoms is iets wat eers aan die einde van tyd gaan plaasvind. Jesus sê, nee, Ek is die opstanding en die lewe. Nie baie lank nadat Hy dit gesê het, vra Hy vir die mense om die klip voor Lasarus se graf weg te rol... Toe roep Hy hard Lasarus kom uit. En n man wat 4 dae dood is, wat al geruik het, kom lewend uitgestap Wat n ongelooflike wonderwerk Tog is daar baie meer in hierdie verhaal as net die wonderwerk. Die 1e wat ons opval as ons hierdie verhaal baie fyn lees is Jesus se menslikheid Ons lees in vers 33, Toe Jesus sien dat Maria huil en dat die Jode wat saam met haar gekom het, ook huil, het sy gemoed vol geskiet en was Hy aangedaan. Dit ruk Hom aan die hart toe Hy sien hoe die mense oor Lasarus huil... In vers 34 vra Hy vir hulle, Waar het julle hom begrawe? En hulle sê, Here, kom kyk en dan lees ons weer, Jesus het gehuil In vers 38 lees weer Jesus se gemoed het [weer] vol geskiet toe Hy by die graf kom. Jesus huil Hy huil by die graf van n mens by die graf van n vriend Jesus was volkome mens Maar ons moet ook raaksien dat Hy volkome God is Hy laat n man wat 4 dae dood is, weer lewe Hy is self God wat volledig in beheer is oor lewe en dood Daarom is dit nie leë woorde dis nie leë beloftes as Hy sê, Ek is die opstanding en die lewe. Wie in My glo, sal lewe, al sterwe hy ook Die 3e belangrike ding wat ons in hierdie verhaal raaksien is Lasarus se swye. Hy was vir 4 dae lank dood... Hy kom uit die graf gestap... en dan hoor ons niks weer van hom nie... behalwe dat ons n entjie verder lees dat

die Jode hom wou doodmaak omdat baie mense wat hom gesien het, in Jesus begin glo het... Lasarus is stil... n Tyd gelede is n pastoor van Stilfontein dood. Hy het voor die tyd vir sy gemeente en familie gesê hy gaan na sy dood weer lewend word. Aanvanklik wou sy kinders hom nie begrawe nie. Hulle het gewag dat hy lewend word... totdat hulle later nie anders kon as hom te begrawe nie... Ek kan nie help om te wonder wat sou gebeur het as hy wel weer lewendig geword het nie... Ek sê vir julle, hy sou op elke voorblad van elke koerant en elke tydskrif in die wêreld gewees het. Dit sou hoofnuus oor elke radio en TV stasie in die wêreld gewees het... met die soetsappigste berigte oor wie hy is, oor sy gesin, oor sy kerk met foto s uit elke denkbare hoek hier is hy hy was dood en kyk hy lewe... Die vraag is, waar sou God in daardie prentjie ingepas het? Miskien sou hulle hier en daar in n beriggie iets gesê het oor die God wat hy gedien het en oor Wie Hy is... Miskien is dit die rede dat Johannes vir Lasarus heeltemal uit die prentjie laat nadat hy weer lewend geword het want dit gaan nie oor Lasarus nie..., dit gaan oor Jesus... Lasarus sou oor n jaar of 2 weer siek word en vir n 2e maal sterf... Lasarus het nie daardie dag onsterflikheid as mens gekry nie... Lasarus het nie daardie dag gesê, as ek oor n jaar of 2 sterf moet julle my nie begrawe nie, want ek gaan weer lewend word nie... Lasarus het daardie dag onsterflikheid in Jesus gekry omdat hy in Hom geglo het... Jesus se woorde... Wie in My glo, sal lewe, al sterwe hy ook het daardie dag vir Lasarus waar geword. Daarom is dit belangrik om raak te sien dat hierdie wonderwerk nie vir Lasarus of enige iemand anders uit hierdie wêreld met sy pyn en siekte en dood weggeneem het nie Gelowiges sou nie na hierdie wonderwerk nie meer siek word en dood gaan en hartseer nie. Gelowiges sou na hierdie wonderwerk geweet het dat die dood nie die laaste sê oor n gelowige het nie omdat die God wat ons dien God is oor lewe en dood. En daarom begin die ewige lewe nie eers die dag as jy sterf nie Die ewige lewe begin die dag as jy in Jesus glo... Jesus sê, Ek is die opstanding en die lewe Hy sê nie, Ek sal iewers in die toekoms die opstanding en die lewe word vir mense wat in My glo nie. Hy sê nie, Ek sal die dag as iemand wat in My glo doodgaan, vir hom/haar die opstanding en die lewe word nie Hy sê, Ek is Elke gelowige kry nou reeds deel aan die opstanding en die lewe. En dis nogal vir baie gelowiges n probleem want hulle dink juis aan die ewige lewe as iets wat dalk iewers in die toekoms kan gebeur Baie mense

glo met die gedagte, as ek dood gaan en daar is iets soos hemel en hel, dan het ek seker n kans om in die hemel te kom. As ek doodgaan en daar is nie n hemel en hel nie, wat het ek dan verloor? Maar dis nie waaroor die ewige lewe gaan nie. Dis nie a pie in the sky when you die nie Die ewige lewe begin hier Ek lewe nou reeds om vir altyd te lewe. Dit kan nogal n groot verandering aan ons lewe en lewensuitkyk maak as ons begin lewe om vir altyd te lewe eerder as wat ons lewe om dood te gaan en dan maar te sien wat gebeur... te sien of daar iets soos n hemel of n hel is... Paulus sê in Kol 3:1, Aangesien julle saam met Christus uit die dood opgewek is, moet julle strewe na die dinge daarbo waar Christus is, waar Hy aan die regterhand van God sit. Maar direk daarna praat hy oor hoe ons op aarde moet leef... M.a.w. jou gedagtes moet so op God gefokus wees... jy moet so gefokus wees dat jy vir altyd by God gaan lewe dat dit nou reeds jou lewe verander... Johannes wil ons help om te verstaan dat Jesus nie net gekom het om bietjie salf aan ons wonde te smeer nie, maar om vir ons vensters van hoop oop te maak. Jesus nie gekom om hier n bietjie te troos en daar n bietjie salf aan te smeer nie..., Jesus het gekom om die deur na die hemel wawyd oop te maak vir elkeen wat in Hom glo. Hy het vir ons gewys dat ons selfs in ons diepste nood en hartseer by Hom veilig is. Ons is by Hom veilig... selfs binne in 'n graf. Hy het nie gekom om ons te bevry van die dood in die sin dat ons nie meer sal doodgaan nie. Hy het gekom om die grense van die dood te skuif en aan ons die ewige lewe te gee. (Julian Muller). Die vraag is, leef ons hemel gerig... Leef ons om vir altyd by God te leef... of leef ons soos Benjamin Franklin gesê het dat die enigste 2 goed waarvan ons absoluut seker kan wees is die dood en belasting... of leef ons n lewe soos Joffe van Rensburg beskryf Die lewe is n holle dol gejaag... n Boepens onversadigbare maag... n onvervulde stryd... om by te hou die aangejaagde tyd... of leef ons Albert Camus wat gesê het dat ons onsself elke dag probeer oortuig dat hierdie lewe nie absurd is nie. Of leef ons met die sekerheid van die lewe anderkant die graf? Leef ons met die sekerheid dat ek na my lewe op hierdie aarde vir altyd by God gaan leef omdat ek in Jesus glo? Ek lees van n klein dogtertjie wie se pa skielik oorlede is. Sy het vir haar ma gevra, wat het gebeur en waar is pappa nou? Sy het haar probeer antwoord deur te sê, die Here het hom kom haal en eendag sal Hy jou en my ook kom haal ons weet net nie wanneer Hy ons kom haal nie Die klein dogtertjie het so bietjie gedink en toe sê sy, Mamma, as ons nie

weet wanneer die Here ons kom haal nie, gaan ons dalk nie reg wees nie. Ons moet dadelik begin pak Broers en susters, begin vandag pak... begin vandag leef om vir altyd te leef by Hom wat gesê het, Ek is die opstanding en die lewe. Wie in My glo, sal lewe, al sterwe hy ook; en elkeen wat lewe en in My glo, sal in alle ewigheid nooit sterwe nie. Glo jy dit? Amen