2011 BELASTINGVERWANTE BEGROTINGSVOORSTELLE

Vergelijkbare documenten
2015 BELASTINGVERWANTE BEGROTINGSVOORSTELLE

Kliënte kommunikasie - Begroting 2016

Belastingkoerse vir natuurlike persone en spesiale trusts: 2016/2017-belastingjaar

Press Minister Pravin Gordhan, 2014 Begrotingsrede

2014 BELASTINGVERWANTE BEGROTINGSVOORSTELLE

GERIG OP HOOP, VERTROUE, EN N BETER TOEKOMS VIR ALMAL. In die woorde van die Vryheidsmanifes: Suid-Afrika behoort aan almal wat hier woon.

INHOUD. Slytasietoelaes... 60

BELASTINGGIDS

INHOUD. Slytasietoelaes... 60

NUUSBRIEF: DESEMBER 2010-FEBRUARIE 2011

INHOUD. Slytasietoelaes... 60

TYGERBERG SKOOLFONDS 2015

besigheidsversekering finansiële onderskrywingsriglyne

AFTREKKINGS VIR INDIVIDUE

BELASTINGVRYE PLAN Kom ons kry Suid-Afrika aan die spaar.

????: Eienaar van I Do tydskrif. BESIGHEIDSVERSEKERING Finansiële Onderskrywingsriglyne

Belastingkoerse vir natuurlike persone en spesiale trusts 2018/2019-belastingjaar

BELASTINGGIDS

Opsies vir wanneer u u aftreefonds verlaat

NUUSBRIEF (2014/02) PSG Menlyn Building B Ground Level; 261 Lois Avenue, Newlands,Pretoria Tel: +27 (12) Fax: +27 (12)

NUUSBRIEF: JANUARIE 2014

Geldterugvoordeel. Beskikbaarheid

UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT BELEID. Ondernemingsbeleid. Senior Direkteur: IKT-dienste UBK. Jaarliks

Afdeling A: Ekonomiese stelsels

DIE RAAD BEHOU DIE REG VOOR OM N KORTING TOE TE STAAN, AL DAN NIE. AFDELING A

1. SKOOLFONDS: R per leerder periaar

Egskeidingskontrolelys vir Lede

INLIGTINGSTUK VRAE EN ANTWOORDE

INLIGTING t.o.v. NUWE BELASTINGJAAR

Nasionale Minimumloon: Wie, waar, hoekom en hoe?

Employment Tax Incentive (ETI) Act

MUNISIPALITEIT DEERNIS BELEID / (HERSIEN EN GEWYSIG)

NG Kerk in Oos-Kaapland

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT REKENINGKUNDE GRAAD 12 FEBRUARIE/MAART 2011 SPESIALE ANTWOORDEBOEK

NG Kerk in Oos-Kaapland

INVESTERING BELEID BELEID VAN DIE RAAD

HOE OM DIE INDIVIDUELE INKOMSTEBELASTINGOPGAWE (ITR12) TE VOLTOOI

INLIGTING t.o.v. NUWE BELASTINGJAAR

KONSTITUSIE. Van die. Hoedspruit Plaaswag. ( die Plaaswag )

HUISLENINGSAANSOEK ALGEMENE INLIGTING. Tipe lening: Nuwe lening Verdere lening Herhaalde voorskot Oorskakeling

OLD MUTUAL INVEST BELASTINGVRYE PLAN GEREELDE VRAE. Kom ons kry Suid-Afrika aan die spaar.

NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK IN SUID-AFRIKA

ARBEIDSREG ABR214. T:

Leemte in Suid-Afrikaanse lewens- en ongeskiktheidsversekering is steeds benard

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT REKENINGKUNDE GRAAD 12 FEBRUARIE/MAART 2010 SPESIALE ANTWOORDEBOEK

FPSA FISA RAADSEKSAMEN

DIENSKONTRAK VIR HUISWERKER. 1. Persoonlike besonderhede van huiswerker (hierna genoem die werknemer )

P A U L R O O S Gymnasium / Gimnasium

GRAAD 9 NOVEMBER 2012 EKONOMIESE- EN BESTUURSWETENSKAPPE MEMORANDUM

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

MUNISIPALITEIT TARIEF BELEID /

VERLIES VAN WINSTE (MASJINERIE BREEKSKADE)

MUNISIPALITEIT DEERNIS BELEID

GRONDWET. Centurion Kunsvereniging (hierna genoem die Kunsvereniging) Die naam van die Kunsvereniging sal wees CENTURION KUNSVERENIGING.

NUUSBRIEF: MAART-MEI 2011

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT REKENINGKUNDE GRAAD 12 NOVEMBER 2014 SPESIALE ANTWOORDEBOEK

BESIGHEIDSVERSEKERING: HOE OM DIE BELASTINGIMPLIKASIES TE VERSTAAN

Belastingaankondiging: Aftreefondse

AANSOEK OM STUDIELENING

"ESLOTE $EBITEURE $EBITEURE $EBITEURE KREDITEURE /NTLEDING BANKVERSOENING )NLEIDING "ELASTING VOORRAADSTELSEL OP )TEMS WAARDE

EIS OM VERGOEDING INGEVOLGE DIE WET OP MINERAAL- EN PETROLEUM-HULPBRONONTWIKKELING

Vereistes vir Fica. Tipe dokumentasie wat vereis word

PERSOONLIK 1. Huishoudelike Geboue

Belastingvrye Belegging. Planbeskrywing

NG Kerk in Oos-Kaapland

BELEID TEN OPSIGTE VAN OOV UITGAWES

DIENSKONTRAK MEMORANDUM VAN OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: hierin verteenwoordig deur behoorlik daartoe gemagtig (hierna die WERKGEWER genoem)

SA INKOMSTEVERDIENERS MET R MILJARD ONDERVERSEKER VIR DOOD EN ONGESKIKTHEID

BELASTING OP BUITELANDSE DIVIDENDE IN DIE REPUBLIEK VAN SUID AFRIKA

REGLEMENT VAN DIE ADMINISTRATIEWE PERSONEELVERENIGING

Optimaliseer voordele en bestuur u premies

WAT OM MET JOU IRP5 TE DOEN 2013-JAAR VAN AANSLAG

AANSOEK OM GEDEELTELIKE / VOLLE VRYSTELLING VAN SKOOLGELD

Uittree-annuïteit en Bewaringsfondse

VERLIES VAN WINSTE (MASJINERIE BREEKSKADE)

DIENSVLAKOOREENKOMS MET BETREKKING TOT DIE PLASING VAN WERWINGSADVERTENSIES, ONDERHOUDSVOERING EN HERVESTIGING VAN NUUT AANGESTELDE PERSONEEL

Afdeling A Vraag 1: Pas Kolom A by Kolom B en skryf slegs die korrekte letter neer.

Ingevolge artikel 185 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 55 van 1995, het elke werknemer die reg om nie onbillik ontslaan te word nie.

Finansiële Wiskunde ENKELVOUDIGE RENTE

Hoofstuk 5: Ekonomiese sektore

REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA MAATSKAPPYWET, AKTE VAN OPRIGTING KRANSPOORT EIENAARSKOMITEE NWM 8 Maart 2016 Rev 1

Aansoek om deur Ruimsig Gemeente Leraar in die eg verbind te word.

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur

REKENINGKUNDE: VRAESTEL I INLIGTINGSBOEKIE. VRAAG 1 VERVAARDIGING (37 punte; 22 minute)

OPSIES WANNEER UIT DIENS TREE BY JOU WERK UMBRELLA FUNDS

Makelaarskommunikasie. Onderwerp: Gemeenregtelike Aanspreeklikheid Gebeurtenis vs Eise ingestel

VLEISINVOERE VANAF NAMIBIË GERHARD SCHUTTE OOS-KAAP RPO JAARVERGADERING 20 MEI 2015

DNK TRUST NASORG AANSOEKVORM 2017 n Aparte vorm moet vir elke kind voltooi word

Goedere in Transito Module 6. Kopiereg Santam Bpk Kursuskode: ASSESS123 / Module 6

Bewaringsfondsplan. Planbeskrywing

HOOFSTUK 8 Die Nasionale Raad

Een Stap Dekking. Mediese onderskrywing. Kwalifiserende kriteria/finansiële onderskrywing. Belangrik:

Die verhuurder verleen aan die huurder die eerste opsie om die kontrak te hernu vir n verdere termyn.

DIE ROL VAN LANDBOU IN DIE EKONOMIE DEUR DR PHILIP THEUNISSEN COMPUTUS BESTUURSBURO

Die bydrae, minus heffings, sal belê word in ooreenstemming met die bestaande beleggingstoedeling.

SKOOL Eksamen - Gr 7 - EBW 3 Desember 2010

Opsies wanneer jy aftree PREDIKANTE PENSIOENFONDS VAN DIE NED. GEREF. KERK IN SUID-AFRIKA (PPF)

Doel. Agtergrond. Bid dat... Begroting... R1,2 miljoen sal dit moontlik maak dat daar in 2011 met hierdie projek voortgegaan kan word.

Nadat al bogenoemde nagegaan is, sal n kredietlimiet aan die debiteur toegeken word. Dit is die maksimum bedrag waarvoor die debiteur mag koop.

DAT op hierdie (dag) dag van (maand) in die jaar Twee Duisend en... (jaar) (20.. )

Transcriptie:

2011 BELASTINGVERWANTE BEGROTINGSVOORSTELLE Die volgende is n opsomming van die belastingverwante begrotingsvoorstelle wat op 23 Februarie 2011 deur die Minister van Finansies aangekondig is. HOOGTEPUNTE UIT DIE BEGROTING Die belangrikste voorstelle sluit die volgende in: Persoonlike inkomstebelastingverligting van R8.1 biljoen. n Derde inkomstebelastingkorting van R2 000 vir individue 75 jaar en ouer. Omskepping van mediese belastingaftrekkings in belastingkrediete vanaf Maart 2012. Vanaf 1 Maart 2012 sal n werkgewer se bydrae tot uittredingsfondse namens n werknemer n belasbare byvoordeel in die hande van die werknemer wees. Individue sal vanaf daardie datum toegelaat word om op tot 22.5% (persent) van hul belasbare inkomste vir bydraes tot pensioen-, voorsorg- en uittredingsannuïteitsfondse af te trek, met n minimum jaarlikse aftrekking van R12 000 en n jaarlikse maksimum van R200 000. Hereregteverligting vir transaksies vanaf 23 Februarie 2011. Nasionale Gesondheidsversekering sal oor 14 jaar infaseer word. Befondsingsopsies wat oorweeg word, is n salarisstelselbelasting (betaalbaar deur werkgewers), n verhoging in die BTW-koers en n belastingheffing op individue se belasbare inkomste. Dividendbelasting tree vanaf 1 April 2012 in werking en Sekondêre Belasting op Maatskappye sal vanaf daardie datum gestaak word. Dividende ontvang onder sekere dividendskemas wat die belastingbasis ondermyn, sal as gewone inkomste hanteer word. Die leerlingskaptoelae sal vir n verdere vyf jaar verleng word. Instelling van n jeugindiensnemingsubsidie in die vorm van n belastingkrediet. Vanaf 1 April 2012 sal dobbelwinste wat R25 000 oorskry teen 15% belas word. INDIVIDUE

Verligting vir Individue Persoonlike Inkomstebelasting Begroting 2011 verskaf beduidende belastingverligting vir individue ten bedrae van R8.1 biljoen, gedeeltelik om vir die uitwerking van blokkruiping te kompenseer. Die belastingdrempel vir individue jonger as 65 jaar sal R59 750 wees, vir individue van 65 tot 75 jaar sal dit R93 150 wees en vir diegene ouer as 75 jaar sal dit R104 261 wees. Verhoogde vrystelling vir rente- en dividendinkomste: Die jaarlikse vrystelling op rente verdien vir individue jonger as 65 jaar word van R22 300 tot R22 800 verhoog. Die vrystelling vir individue 65 jaar en ouer styg van R32 000 tot R33 000. Die drempel vir die belastingvrye gedeelte van rente en dividende uit buitelandse beleggings bly op R3 700, onveranderd vanaf die 2010 begroting. Mediese Uitgawes Vanaf 1 Maart 2011 sal die belastingaftrekbare gedeelte van maandelikse bydraes tot mediese skemas vir elk van die eerste twee afhanklikes vanaf R670 tot R720 styg en vir elke bykomende afhanklike vanaf R410 tot R440. Ander Belastingvoorstelle wat Individue raak Aanpassing van monetêre drempels Afgesien van die maatreëls bo genoem, is die regering van voorneme om bedrae uitgesluit uit kapitaalwins soos volg vanaf 1 Maart 2011 te verhoog: Vir individue en spesiale trusts vanaf R17 500 tot R20 000 per jaar. Met afsterwe vanaf R120 000 tot R200 000. Op beskikking van n klein besigheid wanneer n persoon ouer as 55 jaar is, vanaf R750 000 tot R900 000. Beëindiging van die reëls vir kapitaalwins op buitelandse valuta Om teoretiese konsekwentheid te bewerkstellig moet kapitaalwinste uit buitelandse valuta-aanpassings ten volle belas word wanneer dit gerealiseer word. Omdat dit uiters veeleisend kan wees om valuta op grond van realisering te belas, is n valutapoelkonsep ingestel waarvolgens enige buitelandse valutawins/verlies uitgestel word totdat daardie buitelandse valuta in n ander geldeenheid omgereken

word. Ten spyte van hierdie uitstel is dit grootliks onprakties om individue op hul valutawinste te belas. Oor die algemeen oorskadu die koste van nakoming enige inkomste aan die fiskus. In die lig van hierdie oorwegings word voorgestel dat heeltemal weggedoen word met die kapitaalwinsbelasting op buitelandse valuta. MAATSKAPPYE Geen verandering aan maatskappy belastingkoerse word voorgestel nie. Dividendbelasting Die dividendbelasting sal op 1 April 2012 in werking tree en die sekondêre belasting op maatskappye vervang. Die instelling van die belasting behoort die indruk dat n belasting op dividende nog n belasting op besighede is, reg te stel: vanuit n regs- en ekonomiese oogpunt sal dit n belasting op individue en nie-inwoner aandeelhouers wees. Sluiting van dividendskemas Verskeie dividendskemas ondermyn die belastingbasis. Een metode behels die gebruik van dividendsessies,waarin belastingpligtiges in werklikheid belastingvrye dividende koop sonder dat hulle enige belang in die onderliggende aandele het. n Ander skema behels die ontvangs van dividende uit aandele waarin die belastingpligtige geen betekenisvolle ekonomiese risiko het nie (m.a.w. n kompenserende afgeleide posisie het). Sommige reëlings gebruik voorkeuraandele wat sogenaamde belastingvrye dividende genereer, terwyl die dividende indirek uit renteproduserende skuld gegenereer word. Hierdie skemas sal almal gestop word deur die betrokke dividende as gewone inkomste te behandel. Interne maatskappyherstrukturering Die Inkomstebelastingwet (1962) maak voorsiening vir spesiale reëls vir skuldkansellering en soortgelyke aanpassings. Die regering sal belastingvrystelling van n debiteur se winste of gewone inkomste wat andersins gehef sou word oorweeg, indien die skuld gekanselleer of verminder word. Verligting sal tot insolvente debiteure beperk word om te verseker dat dit nie tot belastingvermyding aanleiding gee nie. Waagkapitaalmaatskappy Baie klein of mediumgrootte besighede vind dit moeilik om toegang tot ekwiteitsfinansiering te kry. Dit het daartoe gelei dat die regering die konsep van n waagkapitaalmaatskappy in die Inkomstebelastingwet ingevoeg het. Die reaksie op hierdie medium was swak en die bepalings sal hersien word.

Islamitiese finansiering Die 2010 begroting het aangekondig dat belasting op Islamitiese finansiële produkte in lyn met konvensionele finansiële instrumente gebring sal word. Bepalings is ingestel wat verskeie instrumente dek. Vanjaar sal die reëls ijara-produkte, wat dieselfde werking as kommersiële bruikhuurkontrakte het, aanspreek. Wetswysigings sal die kwessie van regeringseffekte met Islamitiese nakoming aanspreek. Belastingaansporing vir navorsing en ontwikkeling Die doel van die belastingaansporing vir navorsing en ontwikkeling is om innovering en werkskepping aan te moedig. Die regering is van voorneme om die huidige aansporing te vaartbelyn deur die instelling van n goedkeuringsproses deur die Department van Wetenskap en Tegnologie, voor die belastingbetaler hierdie aansporing kan eis. Dit behoort geleenthede vir die terugwerkende herklassifisering van besteding te beperk. Bevordering van vaardigheidsontwikkeling en werkskepping Leerlingskaptoelae Die leerlingskaptoelae,wat op ondersteuning van jeugindiensneming gemik is, sal in September 2011 verval. Daar word geraam dat die belastingbesteding wat met hierdie aansporing verband hou, in 2007/08 R324 miljoen beloop het, maar dit is moeilik om die doeltreffendheid daarvan te beoordeel. Die regering stel voor dat die aansporing vir vyf jaar verleng word, onderworpe aan n ontleding van die doeltreffendheid daarvan deur besighede, sektor- en opleidingsowerhede, en die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding. Die oorsig sal gedurende 2011 plaasvind. Jeugindiensnemingsubsidie n Jeugindiensnemingsubsidie in die vorm van n belastingkrediet met n koste van R5 biljoen oor drie jaar, sal ingestel word om werkskepping te bevorder. Dit sal deur die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) by wyse van die LBS-stelsel geadministreer word om misbruik te beperk, maksimum likiditeit te verseker en besigheidsnakoming te vergemaklik.

Nywerheidsontwikkelingsones Om die doelstellings van die nywerheidsbeleid aksieplan en die Nuwe Groeiroete ( New Growth Path ) te bevorder, kwalifiseer besighede wat groenveld- en/of bruinveldbeleggings, maak vir belastingverligting. Groenveldbeleggings in nywerheids-ontwikkelingsones kwalifiseer vir bykomende verligting. Die regering sal dit oorweeg om aansporings na arbeidsintensiewe projekte in nywerheidsontwikkelingsones uit te brei. Internasionale belasting Poort na Afrika ( Gateway into Africa ) hoofkwartierregime Belastingreëls is gedurende 2010 gewysig om dit moontlik te maak dat streeksbeleggings deur Suid-Afrika vloei sonder om belas te word. Die doel van hierdie maatreëls was om die ontwikkeling van streeksbeleggingsbanke en - houermaatskappye in Suid-Afrika te bevorder. Die bestaande reëls kan egter tot dubbele belasting lei. Daar is ook kwellings oor die wyse waarop inwonergebaseerde belasting opgelê word. Hierdie aspekte sal hersien word. Verfyning van beheerde buitelandse maatskappywetgewing Die hoofdoel van beheerde buitelandse maatskappyreëls is om te voorkom dat Suid-Afrikaanse inwoners passiewe inkomste na die buiteland skuif. Sommige bepalings is te kompleks en kan met normale sakebedrywighede inmeng, terwyl ander onopsetlik skuiwergate geskep het. Aanpassings sal op die reëls fokus, sonder om die doel daarvan te benadeel. BELASTINGGIDS INDIVIDUE EN TRUSTS Inkomstebelastingkoerse: Natuurlike Persone en Spesiale Trusts Jaar van aanslag geëindig 29 Februarie 2012 Belasbare inkomste Belastingskaal 0-150 000 18% van belasbare inkomste 150 001-235 000 27 000 + 25% van belasbare inkomste bo 150 000 235 001-325 000 48 250 + 30% van belasbare inkomste bo 235 000 325 001-455 000 75 250 + 35% van belasbare inkomste bo 325 000 455 001-580 000 120 750 + 38% van belasbare inkomste bo 455 000

580 001 en bo 168 250 + 40% van belasbare inkomste bo 580 000 Natuurlike persone Belastingdrempels 2011 2012 Onder ouderdom van 65 jaar R 57 000 R 59 750 Ouderdom 65 en onder 75 88 528 93 150 Ouderdom 75 en ouer 104 261 Belastingkortings 2012 R Primêr - Alle natuurlike persone 10 755 Sekondêr - Persone van ouderdom 65 en onder 75 6 012 Sekondêr - Persone van ouderdom 75 en ouer 2 000 Trusts Die belastingkoers op trusts (behalwe spesiale trusts wat belas word teen koerse van toepassing op individue) bly onveranderd op 40%. Voorlopige Belasting n Voorlopige belastingpligtige is enige persoon wat n inkomste verdien behalwe besoldiging of n toelaag of voorskot betaalbaar deur die persoon se werkgewer. Die volgende individue is vrygestel van die betaling van voorlopige belasting: Individue onder die ouderdom van 65 wat nie n besigheid bedryf nie en wie se belasbare inkomste nie die belastingdrempel vir die belastingjaar sal oorskry nie; of uit rente, dividende en huur vir die belastingjaar R20 000 of minder sal wees. Individue wat 65 jaar en ouer is indien hul belasbare inkomste vir die belastingjaar uitsluitlik uit besoldiging, rente, dividende of huur uit die verhuring van vaste eiendom bestaan; en

R120 000 of minder is. Uittreefonds enkelbedrag onttrekkingsvoordele Belasbare inkomste (R) Belastingkoers (R) 0-22 500 0% van belasbare inkomste 22 501-600 000 18% van belasbare inkomste bo 22 500 600 001-900 000 103 950 + 27% van belasbare inkomste bo 600 000 900 001 en bo 184 950 + 36% van belasbare inkomste bo 900 000 Uittreefonds enkelbedrag onttrekkingsvoordele bestaan uit enkelbedrae wat uit n pensioen, pensioenbewarings-, voorsorg-, voorsorgbewarings- of uittredingsannuïteitsfonds onttrek word. Belasting op n spesifieke uittreefonds enkelbedrag onttrekkingsvoordeel (X) is gelykstaande aan belasting bepaal deur die belastingskaal toe te pas op die somtotaal van daardie enkelbedrag X plus alle ander uittreefonds enkelbedrag onttrekkingsvoordele vanaf Maart 2009 opgeloop en alle uittreefonds enkelbedrag onttrekkingsvoordele vanaf Oktober 2007 opgeloop en alle diensbeëindigingsvoordele vanaf Maart 2011 ontvang of opgeloop; min belasting bepaal deur die belastingskaal toe te pas op die totaal van alle uittreefonds enkelbedrag onttrekkingsvoordele voor enkelbedrag X vanaf Maart 2009 opgeloop en alle uittreefonds enkelbedrag onttrekkingsvoordele vanaf Oktober 2007 opgeloop en alle diensbeëindigingsvoordele vanaf Maart 2011 ontvang of opgeloop. Uittreefonds enkelbedragvoordele Belasbare inkomste (R) Belastingkoers (R) 0-315 000 0% van belasbare inkomste 315 001-630 000 18% van belasbare inkomste bo 315 000 630 001-945 000 56 700 + 27% van belasbare inkomste bo 630 000 945 001 en bo 141 750 + 36% van belasbare inkomste bo 945 000 Uittreefonds enkelbedragvoordele bestaan uit enkelbedrae uit n pensioen-, pensioenbewarings-, voorsorg-, voorsorgbewarings- of uittredingsannuïteitsfonds met afsterwe, uittrede of diensbeëindiging weens oortolligheid of beëindiging van die

werkgewer se handel. Belasting op n spesifieke uittreefonds enkelbedragvoordeel (Y) is gelyk aan belasting bepaal deur die belastingskaal toe te pas op die somtotaal van daardie enkelbedrag Y plus alle ander uittreefonds enkelbedragvoordele vanaf Oktober 2007 opgeloop en alle uittreefonds enkelbedrag onttrekkingsvoordele vanaf Maart 2009 opgeloop en alle diensbeëindigingsvoordele vanaf Maart 2011 ontvang of opgeloop; min belasting bepaal deur die belastingskaal toe te pas op die somtotaal van alle uittreefonds enkelbedragvoordele opgeloop voor die enkelbedrag Y vanaf Oktober 2007 en alle uittreefonds enkelbedrag onttrekkingsvoordele opgeloop vanaf Maart 2009 en alle diensbeëindigingsvoordele ontvang of opgeloop vanaf Maart 2011. Buitelandse Dividende Die meeste dividende wat deur individue vanaf buitelandse entiteite ontvang word, is belasbaar. Vrystellings Rente en dividende Rente verdien deur enige natuurlike persoon onder die ouderdom van 65 jaar, op tot R22 800 per jaar, en vir persone 65 jaar en ouer op tot R33 000 per jaar, is vrygestel van belasting. Buitelandse rente en buitelandse dividende is slegs op tot R3 700 van die totale vrystelling vrygestel. Rente is vrygestel waar dit deur nie-inwoners verdien word wat fisies vir 183 dae of meer per jaar uit Suid-Afrika afwesig is en wat nie n besigheid in Suid-Afrika bedryf nie. Terughoudingsbelasting van 10% op sekere rente betaal aan nieinwoners sal op 1 Januarie 2013 in werking tree. Aftrekkings Huidige pensioenfondsbydraes Die grootste van 7,5% van besoldiging uit uittredingsfunderingsdiens, of R1 750. Enige oorskot mag nie na die volgende jaar van aanslag oorgedra word nie. Agterstallige pensioenfondsbydraes

Maksimum van R1 800 per jaar. Enige oorskot bo R1 800 mag na die volgende jaar van aanslag oorgedra word. Huidige uittredingsannuïteitfondsbydraes Die grootste van 15% van belasbare inkomste anders as uittredingsfunderingsdiens, of R3 500 min huidige aftrekkings aan n pensioenfonds, of R1 750. Enige oorskot mag na die volgende jaar van aanslag oorgedra word. Agterstallige uittredingsannuïteitfondsbydraes Maksimum van R1 800 per jaar. Enige oorskot bo R1 800 mag na die volgende jaar van aanslag oorgedra word. Mediese en ongeskiktheidsuitgawes Belastingpligtiges van 65 en ouer mag alle kwalifiserende uitgawes eis. Belastingpligtiges onder die ouderdom van 65 mag alle kwalifiserende mediese uitgawes eis waar die belastingpligtige of die belastingpligtige se gade of kind n gestremde persoon is. Ander belastingpligtiges onder 65 mag maandelikse bydraes tot mediese skemas op tot R720 vir elk van die eerste twee afhanklikes op hul mediese skema en R440 vir elke bykomende afhanklike eis. Daarbenewens kan hulle n aftrekking vir mediese skemabydraes bo die perke en enige ander mediese bydraes eis, beperk tot die bedrag wat 7,5% van belasbare inkomste (uittreefonds enkelbedrae uitgesluit) oorskry. Skenkings Aftrekkings met betrekking tot skenkings aan sekere openbare weldaadorganisasies is beperk tot 10% van belasbare inkomste voordat mediese uitgawes (uittreefonds enkelbedrae uitgesluit) afgetrek word. Toelaes Bestaanstoelaes en voorskotte Waar die ontvanger verplig is om vir besigheid minstens een nag weg van sy/haar gewone plek van inwoning deur te bring en die akkommodasie waarop die toelaag of

voorskot betrekking het in die Republiek is en die toelaag of voorskot toegestaan word om te betaal vir maaltye en bykomende koste, word n bedrag van R286 per dag geag uitgegee te gewees het; slegs bykomende koste, word n bedrag van R88 vir elke dag wat binne die tydperk val, geag uitgegee te gewees het. Waar die akkommodasie waarop die toelaag of voorskot betrekking het buite die Republiek is, word n spesifieke bedrag per land geag uitgegee te gewees het. Besonderhede van hierdie bedrae is beskikbaar op die SAID se webwerf onder Legal & Policy / Legislation / Regulations and Government Notices / Income Tax Act, 1962. Reistoelaag Koerse per kilometer wat gebruik mag word om die toelaatbare aftrekking vir besigheidsreisdoeleindes te bepaal, waar geen rekords van werklike koste gehou word nie, is soos volg: Waarde van die voertuig (BTW ingesluit) (R) Vaste koste (R p.j.) Brandstofkoste (c/km) Instandhoudingskoste (c/km) 0-60 000 19 492 64.6 26.4 60 001-120 000 38 726 68.0 29.2 120 001-180 000 52 594 71.3 31.9 180 001-240 000 66 440 77.7 35.0 240 001-300 000 79 185 87.0 44.7 300 001-360 000 91 873 93.9 54.2 360 001-420 000 105 809 100.9 65.8 420 001-480 000 119 683 113.1 67.6 oorskry 480 000 119 683 113.1 67.6 Aantekeninge 80% van die reistoelaag moet vir doeleindes van die berekening van LBS by die werknemer se besoldiging ingesluit word. Die persentasie word tot 20% verminder indien die werkgewer tevrede is dat minstens 80% van die gebruik van die motorvoertuig vir die belastingjaar vir besigheidsdoeleindes sal wees.

Geen brandstofkoste mag geëis word indien die werknemer nie die volle koste van brandstof in die voertuig gebruik, betaal het nie, en geen instandhoudingskoste mag geëis word indien die werknemer nie die volle koste van instandhouding van die voertuig gedra het nie (m.a.w. indien die voertuig aan n onderhoudsplan onderworpe was). Die vaste koste moet op n pro-ratagrondslag verminder word indien die voertuig vir minder as n volle jaar vir besigheidsdoeleindes gebruik is. Die werklike afstand gedurende n belastingjaar afgelê en die afstand vir besigheidsdoeleindes afgelê, gestaaf deur n ritboek ( logboek ), word gebruik om die koste wat teen n reistoelaag geëis mag word, te bepaal. Alternatief tot die koersskaal Waar die afstand afgelê, vir besigheidsdoeleindes, nie 8 000 kilometer per jaar oorskry nie, is geen belasting op tot n koers van 305 sent per kilometer, ongeag die waarde van die voertuig, betaalbaar op n toelaag wat deur die werkgewer aan die werknemer betaal word nie. Hierdie alternatief is nie beskikbaar indien ander vergoeding in die vorm van n toelaag of terugbetaling ten opsigte van die voertuig van die werkgewer ontvang word nie. Byvoordele Werkgewer-besitte voertuie Die belasbare waarde is 3,5% van die bepaalde waarde (die kontantkoste, BTW ingesluit) per maand van elke voertuig. Waar die voertuig onderworpe is aan n onderhoudsplan op die tydstip toe die werknemer die voertuig bekom het, is die belasbare waarde 3,25% van die bepaalde waarde. 80% van die byvoordeel moet vir doeleindes van die berekening van LBS by die werknemers se besoldiging ingesluit word. Die persentasie word tot 20% verminder indien die werkgewer tevrede is dat ten minste 80% van die gebruik van die motorvoertuig vir die belastingjaar vir besigheidsdoeleindes sal wees.

Met belastingbepaling word die byvoordeel vir die belastingjaar verminder deur die verhouding van die afstand vir besigheidsdoeleindes afgelê, gestaaf deur n ritboek ( logboek ), te deel deur die werklike afstand gedurende die belastingjaar afgelê. Met belastingbepaling is verdere verligting beskikbaar vir die koste van die lisensie, versekering, instandhouding en brandstof vir reis vir privaatdoeleindes indien die volle koste daarvan deur die werknemer gedra is en indien die afstand vir privaatdoeleindes gereis deur n logboek gestaaf word. Rentevrye of lae-rente lenings Die verskil tussen rente gehef teen die amptelike koers en die werklike rentebedrag wat gehef word, moet by bruto inkomste ingesluit word. MAATSKAPPYBELASTINGKOERSE Jare van aanslag geëindig tussen 1 April 2011 en 31 Maart 2012 Normale belasting Maatskappye en beslote korporasies Basiese koers 28% Persoonlike diensverskaffer maatskappye Basiese koers 33% Buitelandse inwonermaatskappye wat inkomste uit n SA bron verdien Basiese koers 33% KLEINSAKEKORPORASIES Die belastingkoerse vir kwalifiserende kleinsakekorporasies sal soos volg wees: Belasbare inkomste (R) Belastingkoers (R) 0 59 750 0% 59 751 300 000 10% van die bedrag bo 59 750 300 001 en bo 24 025 + 28% van die bedrag bo 300 000

MIKROBESIGHEDE Finansiële jaar geëindig op 29 Februarie 2012: Belasbare omset (R) Belastingkoers (R) 0 150 000 0% 150 001 300 000 1% van die bedrag bo 150 000 300 001 500 000 1 500 + 3% van die bedrag bo 300 000 500 001 750 000 7 500 + 5% van die bedrag bo 500 000 750 001 en bo 20 000 + 7% van die bedrag bo 750 000 SEKONDÊRE BELASTING OP MAATSKAPPYE (SBM) Die SBM koers bly onveranderd op 10%. EFFEKTIEWE KAPITAALWINSBELASTINGKOERSE Belastingpligtige Insluitingskoers Statutêre Effektiewe (%) koers (%) koers (%) Individue 25 0 40 0 10 Trusts Spesiale 25 18 40 4,5 10 Ander 50 40 20 Maatskappye Gewone 50 28 14 Kleinsakekorporasie 50 0 28 0 14 Permanente saak 50 33 16,5 ANDER BELASTINGS, AKSYNS EN HEFFINGS Belasting op Toegevoegde Waarde (BTW) BTW word teen die standaardkoers van 14% gehef op die lewering van goedere en dienste deur geregistreerde ondernemers. n Ondernemer wat belasbare lewerings van

meer as R1 miljoen per jaar maak moet vir BTW registreer, en n ondernemer wat belasbare lewerings van meer as R50 000, maar nie meer nie as R1 miljoen per jaar maak, mag om vrywillige registrasie aansoek doen. Sekere lewerings is onderworpe aan n nulkoers of is vrygestel van BTW.

Hereregte Hereregte is teen die volgende koers betaalbaar op transaksies wat nie aan BTW onderworpe is nie Verkryging van eiendom deur alle persone: Waarde van eiendom Koers (R) 0 600 000 0% 600 001 1 000 000 3% van die waarde bo R600 000 1 000 001 1 500 000 R12 000 + 5% van die waarde wat R1 000 000 te bowe gaan 1 500 001 en bo R37 000 + 8% van die waarde wat R1 500 000 te bowe gaan Boedelbelasting Boedelbelasting word teen n vaste koers van 20% gehef op eiendom van inwoners en Suid-Afrikaanse eiendom van nie-inwoners. n Basiese aftrekking van R3,5 miljoen word toegelaat in die bepaling van n boedel se aanspreeklikheid vir boedelbelasting asook aftrekkings vir aanspreeklikhede, bemakings aan openbare weldaadorganisasies en eiendom wat oorlewende gades toekom. Skenkingsbelasting Skenkingsbelasting word teen n vaste koers van 20% gehef op die waarde van eiendom wat geskenk word. Die eerste R100 000 van eiendom wat in elke jaar deur n natuurlike persoon geskenk word, is vrygestel van skenkingsbelasting. In die geval van n belastingpligtige wat nie n natuurlike persoon is nie, is die vrygestelde skenkings beperk tot ongereelde geskenke wat nie in totaal R10 000 per jaar oorskry nie. Bemakings tussen gades en skenkings aan sekere openbare weldaadorganisasies is vrygestel van skenkingsbelasting. Effekte-oordragbelasting Die belasting word gehef teen n koers van 0.25% op die oordrag van genoteerde of ongenoteerde effekte. Effekte bestaan uit aandele in maatskappye of ledebelange in beslote korporasies.

23 Februarie 2012 Hierdie bulletin is voorberei deur die Suid-Afrikaanse Instituut van Geoktrooieerde Rekenmeesters (SAIGR) vir gebruik deur lede van die SAIGR en mag nie gekopieer of reproduseer word deur persone wat nie lede of assosiate van die Instituut is nie, tensy vooraf geskrewe toestemming by die SAIGR verkry is. Let asseblief op dat hoewel gepoog word om akkuraatheid te verseker, die SAIGR nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige onakkuraathede of foute wat hierin vervat mag wees nie.