KORPORATIEWE BESTUURSVERSLAG

Vergelijkbare documenten
KORPORATIEWE BESTUURSVERSLAG

Ontleding van die toepassing van die 75 beginsels van korporatiewe bestuurstoesig soos aanbeveel in die King III-verslag

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN DIE PRE-PRIMÊRE SKOOL SENEKAL

HOOFSTUK 8 Die Nasionale Raad

REGLEMENT VAN DIE ADMINISTRATIEWE PERSONEELVERENIGING

GRONDWET. Centurion Kunsvereniging (hierna genoem die Kunsvereniging) Die naam van die Kunsvereniging sal wees CENTURION KUNSVERENIGING.

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN LAERSKOOL RUSTENBURG

Kennisgewing van Twintigste Algemene Jaarvergadering van Aandeelhouers

GRONDWET VAN DIE HERMANUS HISTORIESE VERENIGING

KONSTITUSIE VAN PRETORIA PAPEGAAI KLUB

5. NOTULE VAN DIE VERGADERING GEHOU OP 7 NOVEMBER Bylae A

HOËRSKOOL OOS-MOOT OOS-MOOT RAAD GEDRAGSKODE

UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT BELEID. Ondernemingsbeleid. Senior Direkteur: IKT-dienste UBK. Jaarliks

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

INVESTERING BELEID BELEID VAN DIE RAAD

Ingevolge artikel 185 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 55 van 1995, het elke werknemer die reg om nie onbillik ontslaan te word nie.

KONSTITUSIE. Van die. Hoedspruit Plaaswag. ( die Plaaswag )

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

HOOFSTUK 9 Regspleging

KONSTITUSIE VAN DIE SCHOEMANSVILLE OEWERKLUB

AKSIE NOTULE VAN DIE SPESIALE RAADSVERGADERING GEHOU OP DINSDAG 11 APRIL 2017 OM 11:00 IN DIE RAADSAAL, MUNISIPALE KANTORE, KERKSTRAAT, PIKETBERG

UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT BELEID. Senior Direkteur: IKT-dienste UBK. Jaarliks

Remgro Beperk ( Remgro ) onderskryf die waardes van, en is ten volle verbind tot, die King II-verslag

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA. REGULASIE EN PROSEDURE VIR DIE AANSTELLING VAN UITVOERENDE DIREKTEURE EN DIE REGISTRATEUR (Rt326/10)

LAERSKOOL DE TYGER GRONDWET. 1. WOORDOMSKRYWING beheerliggaam : Die beheerliggaam van die Laerskool De Tyger soos in artikel 16(1) van die Wet bedoel.

BERGRIVIER MUNISIPALITEIT

1. Hierdie huishoudelike reels is aanvullend tot en vervang nie die Konstitusie van die Centurion Kunsvereniging nie.

DIE BURGEMEESTER, RAADSLID T VAN ESSEN, SE VOORLEGGING VAN DIE TWEEDE HERSIENING VAN DIE

KORPORATIEWE BESTUURSVERSLAG

Die komitee is bekend as die OUDITKOMITEE VAN DIE UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT.

KONTANT BESTUUR BELEID

GOUDVELD-HOËRSKOOL GEDRAGSKODE OPVOEDERS

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur

Compass Group Etiese Gedragskode

LAERSKOOL SAAMTREK. Grond-en-gebouebeleid

KORPORATIEWE BESTUURSVERSLAG

REËLS VIR DIE AANSTELLING VAN AMPSDRAERS

GOUDVELD - HOëRSKOOL VOERTUIG EN VERVOER BELEID I N H O U D S O P G A W E

PERSONEELONTWIKKELINGSBELEID

GOUDVELD-HOËRSKOOL VOERTUIG EN VERVOER BELEID

REGLEMENT VAN DIE OUDIT- EN RISIKOBESTUURSKOMITEE (Goedgekeur deur die Raad op 7 Junie 2013)

4 Analisering en interpretering van die terugvoer uit die empiriese ondersoek

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

Riglyne vir Steundiensaanstellings

Eerste jaarvergadering en konstitusie

Die Direksie van Senwes is verbind tot die beste beginsels van effektiewe en gesonde

Riglyne vir die regulering van termynaanstellings van langer as 3 (drie) maande 1

GEDRAGSKODE VIR LEDE VAN BEHEERLIGGAME

GOUDVELD-HOËRSKOOL VERKIESINGSBELEID VIR DIE VERKIESING VAN DIE VERTEENWOORDIGENDE RAAD VAN LEERDERS EN MATRIEKRAAD AANVAAR:

KONSTITUSIE FICHARDTPARK WOONBUURT ASSOSIASIE 2 JUNIE 2010

Hierdie beleid moet saam met die skool se veiligheidsbeleid gelees word.

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN HOËRSKOOL OUTENIQUA Opgedateer 19 Mei 2015

KAAP AGULHAS MUNISIPALITEIT WERKNEMERBYSTANDBELEID

PERSONEELADMINISTRASIEMAATREËLS (PAM)

BELEID TEN OPSIGTE DIE GEBRUIK VAN TABLETTE DEUR LEERDERS BY LAERSKOOL RANDHART

BELEID TER VOORKOMING VAN NEPOTISME

HOOFSTUK 5 SAMEVATTING, GEVOLGTREKKING EN AANBEVELINGS

GEDRAGSKODE. Vir die Direksielede, Hoofde en Onderwysers van PRO LIBERIS

KLIËNT INLIGTING KLIËNT. Voornaam: Identiteitsnommer / Geboortedatum: Posadres: Kode: Woonadres: Kode: PERSOON AANSPREEKLIK VIR REKENING.

Reglement vir die akademiese gehalteversekering van kortkursusse

Tensy uit die samehang anders blyk, beteken in hierdie reglement: 'n Lid van die Fakulteitsraad met spreek- maar geen stemreg nie.

1.1 Erfenis Wes-Kaap (EWK) en die Departement van Kultuursake en Sport (DKES)

SKOOL Eksamen - Gr 7 - EBW 3 Desember 2010

Korporatiewe bestuurstoesig

Les 7: Uitdagings vir die Suid-Afrikaanse ekonomie

Ouditdokumentasie GEYSER & DU PLESSIS. Geregistreerde Rekenmeesters & Ouditeure Registered Accountants & Auditors

"ESLOTE $EBITEURE $EBITEURE $EBITEURE KREDITEURE /NTLEDING BANKVERSOENING )NLEIDING "ELASTING VOORRAADSTELSEL OP )TEMS WAARDE

VERGOEDINGSVERSLAG INLEIDING VERGOEDINGS-EN-NOMINASIEKOMITEE VERGOEDINGSBENADERING

NOTULE VAN N GEWONE VERGADERING VAN DIE UITVOERENDE BURGEMEESTERSKOMITEE GEHOU IN DIE BANKETSAAL, MALMESBURY OP WOENSDAG, 12 OKTOBER 2016 OM 11:00

Proses van wysiging van Artikel 1 van die Kerkorde

RAAMWERK VIR n KONSTITUSIE VIR n GEMEENSKAPSFORUM / ORGANISASIE VIR GEMEENSKAPSONTWIKKELING

Nuus SIZA VISIE SIZA MISSIE SIZA PLATFORM / SEDEX INHOUD:

VEILINGSOOREENKOMS. NADEMAAL die Verkoper begerig om onder die beskerming van S.A. Holstein 'n veiling te reël op te,

DISSIPLINERE KODE VIR STUDENTE DIE JOU SAKGIDS VIR:

Les 14: Entrepreneurskap

Gedurende die jaar onder oorsig het die Maatskappy

KONTIKI PREPRIMêRE SKOOL GRONDWET

KENNISGEWING IN TERME VAN ARTIKEL 2.1 VAN DIE ATKV-REGLEMENT VIR DIE VERKIESING VAN DIREKTEURE

Vereistes vir Fica. Tipe dokumentasie wat vereis word

NUUSBRIEF: JANUARIE 2014

DIE SENWES GROEP ( die groep ) en die raad van direkteure ( die raad )

BELEID OOR GESLOTEKRINGTELEVISIE. 1. Inleiding

DIENSKONTRAK MEMORANDUM VAN OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: hierin verteenwoordig deur behoorlik daartoe gemagtig (hierna die WERKGEWER genoem)

MEDIA24 SE KODE VIR SAKE-ETIEK EN -GEDRAG

DIENSVOORWAARDES VIR NAVORSINGS- EN STEUNDIENSTEPERSONEEL

????: Eienaar van I Do tydskrif. BESIGHEIDSVERSEKERING Finansiële Onderskrywingsriglyne

3 Maart 2004 BESTUURSTAKE VAN VRYWILLIGERS AS LEDE VAN AFRIKAANSE CHRISTELIKE VROUE VERENIGING BESTURE

Taalbeleid van die Universiteit Stellenbosch

BELEID TEN OPSIGTE VAN OOV UITGAWES

MUNISIPALITEIT TARIEF BELEID /

TYGERBERG SKOOLFONDS 2015

REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA. Maatskappye Wet, 71 van 2008 (soos gewysig) AKTE VAN OPRIGTING VAN N MAATSKAPPY SONDER WINSOOGMERK MET STEMREG VIR LEDE

Menslike Hulpbronne Mentorskapprogram vir US personeel

Posbus 31, KLERKSDORP, 2570 AANSOEK VIR DIE OPNEEM VAN SENWESBEL AANDELE

DORMER SKAAPTELERSGENOOTSKAP VAN SA. REëLS VIR DIE AANBIEDING VAN DORMER VEILINGS

KONSTITUSIE VAN ARSO

MUNISIPALITEIT KONTANT BESTUURS EN BELEGGINGS BELEID

DIE OOSTELIKE PROVINSIE TWEEKAMPVERENIGING. TEGNIESE REëLS VIR ATLETE

TEENBEDROG- EN KORRUPSIE PLAN

Nasionale Minimumloon: Wie, waar, hoekom en hoe?

Transcriptie:

KORPORATIEWE BESTUURSVERSLAG Die Suidwes Groep is daartoe verbind om goeie korporatiewe bestuurspraktyke te handhaaf en te bevorder. In hierdie verband streef die Groep daarna om aan die riglyne van die King IIIverslag te voldoen. DIREKSIE Samestelling Suidwes Beherend (RF) Eiendoms Beperk ( Suidwes Beherend ) se Direksie bestaan slegs uit nie-uitvoerende direkteure wat op 'n wyksgrondslag deur die aandeelhouers verkies word en drie-jaarliks op 'n rotasiegrondslag, ingevolge die toepaslike statuutbepalings, aftree. Suidwes Beleggings Eiendoms Beperk ( Suidwes Beleggings ) se Direksie bestaan uit: Sewe direkteure van Suidwes Beherend wat deur laasgenoemde se aandeelhouers op 'n wyksgrondslag verkies word; drie onafhanklike nie-uitvoerende direkteure wat op grond van hul spesifieke kundigheid en ervaring vir 'n termyn van twee jaar deur die genoemde sewe direkteure aangestel word; sodanige uitvoerende direkteure as wat die nie-uitvoerende direkteure besluit om aan te stel. Nie een van die Suidwes Groep se nie-uitvoerende direkteure het 'n dienskontrak met enige maatskappy in die Groep nie. Daar word egter verwag van alle nie-uitvoerende direkteure om 'n direkteurskontrak met die Maatskappy aan te gaan, welke aspekte rondom hul verantwoordelikhede onder King III, verbintenis tot die Etiese Gedragskode, botsing van belange, vertroulikheid, bywoning van vergaderings, direkteursvergoeding en prestasiebeoordeling reël. Die samestelling van die genoemde direksies, soos op 30 April 2014, word in die Direkteursverslae van die onderskeie maatskappye getoon. Geen direkteur is diskwalifiseer of onbevoeg om die amp te beklee soos bedoel in die Maatskappywet (2008) nie. Prestasiebeoordeling 'n Formele direksie-evaluasie formaat is gedurende die vorige jaar goedgekeur. Die evaluasie van die Direksie word hoofsaaklik baseer op self-evaluasie beginsels gemeet teen beste praktyk. Die uitkoms van die evaluasieproses word in 'n verslag deur die Groepsekretaris (Groep Hoof Regsbeampte) saamgevat, welke verslag deur die Voorsitter van die Direksie oorweeg word en vir bespreking, tydens die opvolgende Direksievergadering, voorgelê word. Onafhanklikheid Die Direksie se onafhanklikheid van die Uitvoerende Bestuur word deur die volgende maatreëls verseker: Die voorsitter van die Direksie het nie enige uitvoerende funksies nie en die rolle van voorsitter en Besturende Direkteur (Hoof Uitvoerende Beampte) is geskei. 1

Met die uitsondering van die Besturende Direkteur en die Direkteur: Finansies (Hoof Finansiële Beampte), bestaan die Direksie slegs uit nie-uitvoerende direkteure, waarvan almal onafhanklik is. Nie-uitvoerende direkteure se vergoeding word nie aan die Groep se finansiële prestasie gekoppel nie. Die samestelling van die Oudit-, Risiko- en IT-Komitee geskied in ooreenstemming met die bepalings van die Maatskappywet (2008) en die riglyne van King III. Die voorsitters en al die lede van die Direksiekomitees is nie-uitvoerende direkteure. Geen individu het onbeperkte besluitnemingsmagte nie. Al die direkteure het onbelemmerde toegang tot die advies en dienste van die Groepsekretaris en tot alle inligting, rekords, dokumente en eiendom van die Groep. Die direkteure is ook geregtig om onafhanklike professionele advies oor die sake van die Groep in te win. Rol en funksie Die Direksie is verantwoordelik vir die oorsig, beheer en strategie van die Groep, wat die volgende insluit: Die bepaling en heroorweging van die strategie van die Groep. Goedkeuring van begrotings en wesenlike kapitale uitgawes. Monitering van die bedryfsresultate teen begrotings. Evaluering van die finansiële stand van die Groep. Evaluering van die Uitvoerende Bestuur se prestasie. Besluitneming oor alle sake van wesenlike belang en die effektiewe beheer oor die Groep, sowel as die uiteindelike aanspreeklikheid ten opsigte daarvan, berus by die Direksie. Operasionele besluitneming, met die uitsondering van bepaalde magte, is delegeer aan die Besturende Direkteur ooreenkomstig 'n formele Delegasie van Besluitnemingsmagte-beleid. Die Besturende Direkteur delegeer verder aan die Uitvoerende Bestuur bepaalde operasionele magte. Die Delegasie van Besluitnemingsmagte word sentraal administreer deur die Sekretariaat en vestig die beginsel dat verantwoordbaarheid hand-aan-hand gaan met gedelegeerde magte. Direkteure wat nuut aangestel word, word deur middel van 'n formele oriëntasieproses volledig oor die Groep se funksionering, aktiwiteite en prestasie ingelig ten einde hulle in staat te stel om so gou as moontlik optimaal te funksioneer. Vergoeding Die direkteure se vergoeding bestaan uit die volgende drie komponente: 'n Vaste jaarlikse honorarium wat deur die Sosiale-, Etiese- en Vergoedingskomitee aanbeveel word en deur die Algemene Jaarvergadering goedgekeur word. Die vergoeding word kwartaalliks betaal. 'n Vergoeding per kilometer vir amptelike ritte, wat op AA-tariewe gebaseer word. 2

'n Daaglikse toelaag vir tyd en uitgawes wat aan amptelike sake van die Groep bestee word. Vergaderings Die Direksie vergader minstens vier keer per jaar. Addisionele vergaderings word gehou soos en wanneer dit nodig is. Dit staan direkteure vry om sake op die sakelys van Direksievergaderings of enige vergadering van die Direksiekomitees te plaas en openhartige bespreking van alle sake word aangemoedig. Die Direksie se inligtingsbehoeftes is deeglik gedefinieer. Sakelyste van vergaderings en toepaslike voorleggings word tydig vooraf aan die direkteure voorsien ten einde hulle voldoende geleentheid vir deeglike voorbereiding te bied. Bywoning van vergaderings Bywoning van vergaderings Mei 2013 tot April 2014 VERGADERINGSDATUM 24/07/2013 18/09/2013* 04/12/2013 30 & 31/01/2014* * 27/02/2014 23/04/2014 Vercueil PS T T T T T T Botha AJ T T T T T T Delport JHT T T V T T T Delport PF T T T T T T Dondur DLT T V V T T T Le Roux JJ T T T T T T Malherbe GL T T T T T T Marx FE T T T T T T Viljoen JJ T T T T T T Wilkinson NT T V T T T T Smit LJ (Besturende Direkteur) (Groep Hoof Uitvoerende Beampte) T T T T T T 3

Potgieter G (Direkteur: Finansies) (Groep Hoof Finansiële Beampte) T T T T T T (* - Strategiese Gesprek; ** - Direkteursopleiding; T = Teenwoordig; V = Afwesig met verskoning) DIREKSIEKOMITEES Die Direksiekomitees hieronder genoem, is ingestel om die Direksie in die uitvoering van sy kollektiewe verantwoordelikheid vir korporatiewe bestuur en risiko s by te staan. Die Direksie erken sy uiteindelike verantwoordelikheid vir die optrede van die Direksiekomitees en is tevrede dat die komitees hulle verantwoordelikhede vir die jaar onder oorsig behoorlik nagekom het. Notules van vergaderings van die komitees word aan al die direkteure gesirkuleer en die voorsitter van elke komitee doen gereeld aan die Direksie verslag oor belangrike sake wat deur die betrokke komitee oorweeg is. Oudit-, Risiko- en IT-Komitee Die samestelling van die Oudit-, Risiko- en IT-Komitee, soos op 30 April 2014, is as volg:. Statutêre lede Mnr AJ Botha (Voorsitter) Me DLT Dondur (Statutêre Lid) Mnr NT Wilkinson (Statutêre Lid) Nie-statutêre lede Mnre GL Malherbe (Verkose lid) FE Marx G Potgieter LJ Smit PS Vercueil JJ Viljoen (Ondervoorsitter van die Direksie - ex officio) (Direkteur: Finansies - ex officio) (Besturende Direkteur - ex officio) (Voorsitter van die Direksie - ex officio) (Verkose lid) Die Oudit- Risiko- en IT-Komitee se verslag ingevolge artikel 94(7) van die Maatskappywet, Wet 71 van 2008, vir die 2013/2014-finansiële jaar word op die Maatskappy se amptelike webwerf (www.suidwes.co.za) gepubliseer. Sosiaal-, Etiese- en Vergoedingskomitee Die samestelling van die Sosiaal-, Etiese en Vergoedingskomitee, soos op 30 April 2014, is as volg: Statutêre lede Me DLT Dondur (Voorsitter) Mnre AJ Botha (Verkose lid) NT Wilkinson Nie-statutêre lede (Verkose lid) Mnre PF Delport (Voorsitter van die Menslike Hulpbronne Raadskomitee - ex officio) 4

FE Marx G Potgieter LJ Smit PS Vercueil (Ondervoorsitter van die Direksie) (Direkteur: Finansies - ex officio) (Besturende Direkteur - ex officio) (Voorsitter van die Direksie - ex officio) Die hooffunksies en bevoegdhede van die Komitee is die volgende: Om die finansiële samestelling en die effek van vergoeding van direkteure en hoofbestuurders in die totale vergoedingsamestelling van Suidwes op beleidsvlak na te vors en voorstelle daaromtrent vir oorweging aan die Direksie voor te lê; om die direkteure en hoofbestuurders se vergoeding op 'n jaarlikse basis te oorweeg en goed te keur en te verseker dat die samestelling van hulle vergoeding markverwant, mededingend en pro-aktief is en 'n aansporingselement bevat; om riglyne vir algemene jaarlikse verhogings van werknemers daar te stel; om aanbevelings aan die Direksie te maak oor die wyse waarop oor die vergoedingsbeleid en individuele vergoeding aan die aandeelhouers verslag gedoen sal word en om toe te sien dat die nodige besluite rakende die vergoeding van direkteure van aandeelhouers verkry word; om, gegewe die noodsaaklikheid om in die lig van die dinamiese besigheidsomgewing geskikte direkteure en hoofbestuurders te werf, vereistes en kriteria na te vors en riglyne daar te stel wat sal bydra dat die bes moontlike kandidate vir Suidwes se werwingsaksies geïdentifiseer word; om geskikte kandidate vir aanstelling as onafhanklike, nie-uitvoerende direkteure te identifiseer, onderhoude met hulle te voer en 'n aanbeveling vir aanstelling aan die Direksie voor te lê; om aanbevelings aan die Direksie te maak oor die samestelling van die Direksie en sy komitees in die algemeen, sowel as ten opsigte van spesifieke vereistes en kundigheid; om die voorsitter van die Direksie by te staan ten opsigte van die beoordeling van die funksionering van die Direksie en sy komitees, asook die evaluering van individuele direkteure; om voorlopige onderhoude met kandidate vir aanstelling as Besturende Direkteur, Hoofbestuurders en die Groepsekretaris te voer en 'n kortlys daaruit aan die Direksie voor te lê; om toe te sien dat opvolgbeplanning met betrekking tot uitvoerende direkteure en hoofbestuurders geskied; om die Groep se nakoming van sy sosiale verantwoordelikheid te oorweeg; om toe te sien dat die Suidwes Groep se besigheid op 'n etiese en volhoubare basis bedryf word, in navolging van die King III-riglyne en die Groep se etiese gedragskode; en om voldoening aan die Maatskappy se korporatiewe bestuursvereistes en wetgewing te verseker, in besonder die nakoming van wette en regulasies wat op die Maatskappy van toepassing is en die voorskrifte van King III. Die Sosiaal-, Etiese- en Vergoedingskomitee vergader minstens drie keer per jaar. 5

Menslike Hulpbronne Raadskomitee Die samestelling van die Menslike Hulpbronne Raadskomitee, soos op 30 April 2014, is as volg: Mnre PF Delport (Voorsitter) JHT Delport (Verkose lid) Me DLT Dondur (Verkose lid) Mnre JJ le Roux (Verkose lid) FE Marx G Potgieter LJ Smit PS Vercueil (Ondervoorsitter van die Direksie - ex officio) (Direkteur: Finansies - ex officio) (Besturende Direkteur - ex officio) (Voorsitter van die Direksie - ex officio) Die rol en funksie van die Menslike Hulpbronne Raadskomitee is hoofsaaklik die volgende: Die opstel, hersiening en monitering van beleide wat op die menslike hulpbronne van die Groep betrekking het. Die evaluasie van die uitvoerende direkteure se prestasie. Die oorweging van die vergoeding betaalbaar aan direkteure en senior bestuurslede, asook die algemene vergoedingsaanpassings vir personeel. Die ontwikkeling van aansporingskemas en uitoefening van beheer daaroor ten einde prestasieverwante elemente in die vergoedingstelsel in te sluit. Om statutêre nakoming van arbeidswetgewing te verseker. Om die Direksie te adviseer met betrekking tot Swart Ekonomiese Bemagtiging. Om aanbevelings aan die Direksie te maak oor gefokusde opleiding en ontwikkeling van personeel, afleggingsprogramme en die aanstellingsbeleide van die Groep. Die jaarlikse hersiening van die toepaslikheid van die Groep se prestasiebeoordelingstelsels. Om toe te sien dat opvolgbeplanning in die Groep behoorlik aandag geniet. Die Menslike Hulpbronne Raadskomitee vergader minstens drie keer per jaar. Verkrygings- en Disinvesteringskomitee Die Verkrygings- en Disinvesteringskomitee is gedurende 2012/2013 in die lewe geroep ten einde as 'n forum van eerste oorsig te dien waarbinne enige korporatiewe verkrygings of disinvestering van beleggings, oorweeg word. Die finale goedkeuring van verkrygings/disinvesterings berus steeds by die Direksie. Die samestelling van die Verkrygings- en Disinvesteringskomitee soos op 30 April 2014, is as volg: Mnre NT Wilkinson (Voorsitter) FE Marx G Potgieter (Ondervoorsitter van die Direksie - ex officio) (Direkteur: Finansies - ex officio) 6

LJ Smit PS Vercueil JJ Viljoen (Besturende Direkteur - ex officio) (Voorsitter van die Direksie - ex officio) (Verkose lid) UITVOERENDE BESTUUR Die Besturende Direkteur vervul die rol van Hoof Uitvoerende Beampte. Die Uitvoerende Bestuur is verantwoordelik vir die dag-tot-dag bestuur van die Suidwes Groep se besigheid. Die Uitvoerende Bestuurslede woon op geselekteerde basis vergaderings van die Direksie en komitees by. Elke Direksievergadering word voorafgegaan deur 'n Raadsadviesforum wat bygewoon word deur die Uitvoerende Bestuur en die direkteure wat op wyksbasis verkies word. Die doel van hierdie forum is om die direkteure die geleentheid te gun om terugvoering aan Uitvoerende Bestuur, aangaande landboutoestande in hul onderskeie wyke, te verskaf en klantverwagtinge en nie-strategiese aanbevelings te maak ten aansien van operasies op grondvlak binne die Suidwes bedieningsgebied. Op hierdie wyse bly die Uitvoerende Bestuur te alle tye in voeling met die toestande en klante-behoeftes van Suidwes. INTERNE OUDIT Die ouditeursfirma KPMG Ingelyf verrig die funksie van interne ouditeure van die Suidwes Groep. Die interne ouditfunksie word onafhanklik en kragtens 'n spesifieke mandaat van die Oudit-, Risiko- en IT-Komitee uitgevoer. Die Interne Ouditeure rapporteer aan die Oudit-, Risikoen IT-Komitee en het direkte en onbelemmerde toegang tot die voorsitter van die Komitee. Hulle geniet die volle steun en samewerking van sowel die Direksie as die Bestuur in al die divisies van die Groep. Die Interne Ouditeure se hooftaak en -oogmerk is om die Groep by te staan met die identifisering van bedryfsrisiko s, 'n onafhanklike evaluasie van die nakoming van groepsbeleid, risikobeheermaatreëls, interne beheerstelsels, prosedures en rekeningkundige praktyk en, waar nodig, aanbevelings ter verbetering daarvan te maak. Die Interne Ouditeure het vrye toegang tot die Eksterne Ouditeure en al die verslae wat die Interne Ouditeure uitreik, word aan die Eksterne Ouditeure gesirkuleer vir hulle kommentaar en optrede, waar nodig. RISIKOBESTUUR Die identifisering, evaluering en bestuur van wesenlike risiko's van die Groep is 'n deurlopende proses. Die Direksie aanvaar volle verantwoordelikheid vir die totale proses van risikobestuur in die Groep en word hierin bygestaan deur die Oudit-, Risiko- en IT-Komitee, die Eksterne Ouditeure en die Interne Ouditeure, sowel as verslagdoening deur die Bestuur oor die ontwerp, implementering en monitering van risikobestuursprosesse. Die effektiwiteit van die interne kontrolestelsels word gereeld nagegaan. Die oogmerk met die risikobestuursproses is om te verseker dat die Groep se bates en beleggings beveilig is, dat die besigheid se doelwitte en volhoubaarheid onder alle bedryfstoestande daardeur ondersteun word en dat verantwoordelik teenoor Suidwes se belangegroepe opgetree word. NAKOMING 7

As Nakomingsbeampte is die Groepsekretaris verantwoordelik vir die bestuur en verslagdoening binne Suidwes aangaande nakoming op korporatiewe vlak, maar die divisionele bestuurders dra die verantwoordelikheid vir nakoming op divisionele vlak. Geen oortredings van enige wette of regulatoriese voorskrifte is gedurende die jaar teen die Suidwes Groep uitgewys nie. ETIESE KODE Suidwes bly verbind tot die handhawing van die hoogste standaarde van integriteit en etiese beginsels in sy interaksie met alle belanghebbendes. Professionele optrede, integriteit en 'n niekompromitterende houding, wat besigheidsetiek van die hoogste standaard vereis, vorm die kern van die bestaande etiese kode. Die direkteure, wat die beskermhere van integriteit binne Suidwes is, verseker dat etiese prestasie gemonitor en by die Sosiaal-, Etiese en Vergoedingskomitee gerapporteer en verklaar word. Daar is verskeie platforms geskep waardeur bedrog en ander onaanvaarbare optrede in Suidwes aangemeld kan word, insluitende 'n tolvrye aanmeldingslyn wat die geleentheid bied vir die anonieme aanmelding van onetiese gedrag en verseker dat die identiteit van die aanmelder beskerm sal word. Die Bestuur is tevrede dat voldoende griewe- en dissiplinêre prosedures bestaan wat die toepassing van die etiese kode verseker en bevorder. Indien werknemers hulle wel aan swak etiese optrede skuldig maak, is Suidwes se standpunt duidelik dat daar sonder uitsondering onverbiddelik teenoor die betrokke werknemers opgetree word. Werknemers wat tydens 'n dissiplinêre proses skuldig bevind word, word gewoonlik ontslaan en in die geval van optrede waarby oneerlikheid betrokke is, word 'n klag by die Suid-Afrikaanse Polisiediens gelê. Tydens interaksie met klante, verskaffers en/of tussengangers, mag werknemers nie geld, gunste en/of geskenke van waarde ontvang nie. 'n Formele beleid wat die gee en ontvang van geskenke reguleer, is goedgekeur om te dien as hulpmiddel vir personeel in hul interaksie met belanghebbendes. Werknemers mag nie betrokke raak by ander belange as dit op enige manier in konflik is met die behoorlike uitvoering van hul pligte of met Suidwes se besigheid nie. INLIGTINGSTEGNOLOGIE BESTUUR (IT) IT vervul sò 'n belangrike rol in die bestuur van enige besigheid, dat die Direksie se verantwoordelikheid ten opsigte daarvan spesifiek in die riglyne van die King III-verslag oor Korporatiewe Bestuur aangespreek word. Gedurende die jaar het die Groep 'n Hoof Inligtingsbeampte aangestel om toegewyd en voltyds die Groep se IT-omgewing te evalueer en te bestuur. Suidwes volg 'n besigheidsgedrewe IT-strategie. Die Direksie verseker aktiewe bestuur van die IT-raamwerk deur middel van `n span toegewyde IT-personeel en -spesialiste as 'n integrale deel van die risikobestuursplan en verseker ook dat die intellektuele eiendomsregte met betrekking tot inligtingstegnologie beskerm word. Die strategie en resultate van die Suidwes Groep is afhanklik van geïntegreerde infrastruktuur en stelsels en die sukses van die besigheid steun swaar op die beskikbaarheid en akkuraatheid 8

van die finansiële transaksies. Daarom word daaglikse kontroles gebruik om data-integriteit en akkurate inligting te verseker. Die magtiging, toegang en regte van die rekenaarstelselgebruikers word deur die Stelselsekuriteitafdeling, volgens `n vasgestelde beleid en prosedures, beheer. Gebruikersprofiele word twee keer per jaar deur die verskillende afdelingshoofde nagegaan en bevestig. 'n Rampherstelsentrum is te Christiana gevestig ten einde die risiko van potensiële rampe en die impak van 'n moontlike onderbreking van die intydse rekenaarstelsel te verminder. Alle finansiële transaksies word op 'n intydse basis vanaf die sentrale verwerker te Leeudoringstad na die verwerker by die rampherstelsentrum te Christiana gestuur, om te verseker dat geen data-verliese plaasvind nie. 'n Koordlose wye area netwerk, waarmee alle bedryfspunte aan die Sentrale Kantoor te Leeudoringstad gekoppel is, is geïmplementeer met die gevolg dat Suidwes in beheer is van die wye area netwerk en nie meer van derde partye afhanklik is vir die instandhouding van die netwerk infrastruktuur nie. Die IT-verwante kontroles en die IT-omgewing van die Suidwes Groep word jaarliks deur die eksterne ouditeure nagegaan, wat oor hulle bevindings aan die Oudit-, Risiko- en IT-Komitee verslag doen. Beleggings en uitgawes rakende IT word volgens 'n begroting bestuur en word dus deurlopend deur die Direksie en die Uitvoerende Komitee gemonitor. Omgewingsvriendelike beginsels in terme van ekonomiese elektrisiteitsverbruik, herwinning, verantwoordelike vernietiging en die uitskakel van onnodige papierverbruik word deurlopend toegepas. GROEPSEKRETARIAAT Die Groep Hoof Regsbeampte vervul die rol van Groepsekretaris en voldoen aan die vereistes gestel in artikel 86 van die Maatskappywet (2008). Hy voorsien leiding en advies aan die direkteure ten opsigte van hulle magte, pligte en verantwoordelikhede en verseker dat die Direksie en die Groep aan alle toepaslike wetgewing, sowel as aan die bepalings van die afsonderlike statute, voldoen. Die Groepsekretaris is verantwoordelik vir die byhou en administrasie van behoorlike notules van alle vergaderings van aandeelhouers, Direksies en Direksiekomitees, in ooreenstemming met die bepalings van die Maatskappywet, sowel as van vergaderings van die Uitvoerende Bestuur. GESLOTE PERIODE VIR AANDELETRANSAKSIES Die Maatskappy handhaaf 'n geslote periode voorafgaande die publikasie van jaarlikse en interim resultate, volgens 'n beleid deur die Direksie neergelê. Gedurende 'n geslote periode mag geen direkteur, beampte of personeellid van die Groep enige transaksie rakende aandele in Suidwes Beherend of Suidwes Beleggings aangaan nie. Die Direksie het 'n beleid oor binnekennistransaksies neergelê ten einde te verseker dat transaksies met aandele in die Groep deur direkteure, amptenare en personeel deursigtig geskied. 9

10