MATZIKAMA MUNISIPALITEIT NOTULE RAADSVERGADERING

Vergelijkbare documenten
BERGRIVIER MUNISIPALITEIT

AKSIE NOTULE VAN DIE SPESIALE RAADSVERGADERING GEHOU OP DINSDAG 11 APRIL 2017 OM 11:00 IN DIE RAADSAAL, MUNISIPALE KANTORE, KERKSTRAAT, PIKETBERG

- ADMINISTRASIE EN FINANSIES -

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

5. NOTULE VAN DIE VERGADERING GEHOU OP 7 NOVEMBER Bylae A

INVESTERING BELEID BELEID VAN DIE RAAD

HOOFSTUK 8 Die Nasionale Raad

DIE BURGEMEESTER, RAADSLID T VAN ESSEN, SE VOORLEGGING VAN DIE TWEEDE HERSIENING VAN DIE

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

NOTULE VAN N GEWONE VERGADERING VAN DIE UITVOERENDE BURGEMEESTERSKOMITEE GEHOU IN DIE BANKETSAAL, MALMESBURY OP WOENSDAG, 12 OKTOBER 2016 OM 11:00

REGLEMENT VAN DIE ADMINISTRATIEWE PERSONEELVERENIGING

PERSONEELADMINISTRASIEMAATREËLS (PAM)

DIENSKONTRAK MEMORANDUM VAN OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: hierin verteenwoordig deur behoorlik daartoe gemagtig (hierna die WERKGEWER genoem)

MUNISIPALITEIT DEERNIS BELEID

MUNISIPALITEIT DEERNIS BELEID / (HERSIEN EN GEWYSIG)

EIS OM VERGOEDING INGEVOLGE DIE WET OP MINERAAL- EN PETROLEUM-HULPBRONONTWIKKELING

VERDUIDELIKING VAN DIE BEVESTIGING VAN BESTAANDE WETTIGE WATERGEBRUIKE

VEILINGSOOREENKOMS. NADEMAAL die Verkoper begerig om onder die beskerming van S.A. Holstein 'n veiling te reël op te,

Ingevolge artikel 185 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 55 van 1995, het elke werknemer die reg om nie onbillik ontslaan te word nie.

GRONDWET. Centurion Kunsvereniging (hierna genoem die Kunsvereniging) Die naam van die Kunsvereniging sal wees CENTURION KUNSVERENIGING.

NOTULE VAN N VERGADERING VAN DIE MUNISIPALE BEPLANNINGSTRIBUNAAL GEHOU IN DIE KOMITEEKAMER, KORPORATIEWE DIENSTE OP WOENSDAG, 7 DESEMBER 2016 OM 14:00

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN DIE PRE-PRIMÊRE SKOOL SENEKAL

UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT BELEID. Ondernemingsbeleid. Senior Direkteur: IKT-dienste UBK. Jaarliks

KONSTITUSIE VAN PRETORIA PAPEGAAI KLUB

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA. REGULASIE EN PROSEDURE VIR DIE AANSTELLING VAN UITVOERENDE DIREKTEURE EN DIE REGISTRATEUR (Rt326/10)

Ontleding van die toepassing van die 75 beginsels van korporatiewe bestuurstoesig soos aanbeveel in die King III-verslag

Nasionale Minimumloon: Wie, waar, hoekom en hoe?

LAERSKOOL SAAMTREK. Grond-en-gebouebeleid

1.1 Erfenis Wes-Kaap (EWK) en die Departement van Kultuursake en Sport (DKES)

NUUSBRIEF: JANUARIE 2014

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN LAERSKOOL RUSTENBURG

WYSIGINGSWETSONTWERP OP REGISTRASIE VAN AKTES

KONSTITUSIE FICHARDTPARK WOONBUURT ASSOSIASIE 2 JUNIE 2010

VEILINGSVOORWAARDES VASTE EIENDOM. Koper(s): ERF 207 en ERF 208 te Karoo Hoogland Munisipaliteit, WILLISTON. Opgestel deur :

GRONDWET VAN DIE HERMANUS HISTORIESE VERENIGING

KONSTITUSIE. Van die. Hoedspruit Plaaswag. ( die Plaaswag )

GOUDVELD-HOËRSKOOL GEDRAGSKODE OPVOEDERS

HOOFSTUK 9 Regspleging

MATZIKAMA MUNISIPALITEIT NOTULE RAADSVERGADERING

MEMORANDUM VAN OOREENKOMS

TYGERBERG SKOOLFONDS 2015

AANSOEK VIR ONDERSTEUNING TEN OPSIGTE VAN N NAVORSINGSPROJEK / STUDIEBEURS

DIE NORMALE VOLGORDE VAN GEBEURE TYDENS DIE OORDRAG VAN ONROERENDE EIENDOM

Karoo Meat of Origin Sertifiseringskema

NOTULE VAN N GEWONE VERGADERING VAN DIE UITVOERENDE BURGEMEESTERSKOMITEE GEHOU IN DIE BANKETSAAL, MALMESBURY OP WOENSDAG, 8 FEBRUARIE 2017 OM 11:00

Dorpstigting. Werkstukke vir Hoofstuk 10. Paragraaf 1 - Agtergrond Aansoek om registrasie van algemene plan; en opening van n dorpsregister i i

MAART 2013 DEA REF NO.: 12/12/20/913

STORMSEE REGSPERSOON

Tensy uit die samehang anders blyk, beteken in hierdie reglement: 'n Lid van die Fakulteitsraad met spreek- maar geen stemreg nie.

DIENSKONTRAK vir TYDELIKE PERSONEEL. Universiteit Stellenbosch

DAT op hierdie (dag) dag van (maand) in die jaar Twee Duisend en... (jaar) (20.. )

MUNISIPALITEIT VERHURING VAN KARAVAAN- /KAMPEERSTAANPLEKKE EN CHALETS IN MATZIKAMA MUNISIPALE GEBIED

UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT BELEID. Senior Direkteur: IKT-dienste UBK. Jaarliks

Kodes vir Afkeurredes

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS HUISTAAL V 3 SEPTEMBER 2014

WET OP FINANSIëLE INTELLIGENSIESENTRUM 2001: KLIëNTE INLIGTING

Hoe om n goeie Projek Konsep te Ontwikkel. oefeninge

NASIONALE LUSERNHOOI GRADERINGS- EN KWALITEITSKEMA (NLT SKEMA) AANSOEK OM REGISTRASIE EN/OF AKKREDITASIE

KONSTITUSIE VAN ARSO

Riglyne vir Steundiensaanstellings

OMGEWINGSIMPAKEVALUERING (OIE) Voorgestelde Thyspunt Transmissielyn Integrasieprojek OIE NUUSBRIEF (November 2009)

KONTANT BESTUUR BELEID

HOËRSKOOL OOS-MOOT OOS-MOOT RAAD GEDRAGSKODE

VOORWAARDES VAN VERKOPING VAN ONROERENDE EIENDOM. Die volgende sal voorwaardes van verkoping wees waarvolgens sekere vaste eiendomme bekend as :

REËLS VIR DIE AANSTELLING VAN AMPSDRAERS

Reglement vir die akademiese gehalteversekering van kortkursusse

AANSOEK OM GEDEELTELIKE / VOLLE VRYSTELLING VAN SKOOLGELD

1. Hierdie huishoudelike reels is aanvullend tot en vervang nie die Konstitusie van die Centurion Kunsvereniging nie.

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA BELEID OOR UP NAGRAADSE BEURSE 2013

Eerste jaarvergadering en konstitusie

Riglyne vir die regulering van termynaanstellings van langer as 3 (drie) maande 1

VERGELYKING TUSSEN KONVENSIONELE ELEKTRISITEITSMETERS EN BEGROTINGS ( PREPAID ) METERS

1 Julie 2014 MBA BOLAND NUUSBRIEF: JULIE 2014

BELEID TEN OPSIGTE VAN OOV UITGAWES

MUNISIPALITEIT TARIEF BELEID /

Vereistes vir Fica. Tipe dokumentasie wat vereis word

HOËRSKOOL WONDERBOOM FINANSIËLE BELEID

FASILITEITSBESTUUR SE PLANON-STELSEL

PUBLIEKE OPE DAG EN BELANGHEBBENDE VERGADERING, RAKENDE DIE VOORGESTELDE KUDU INTEGRASIE PROJEK, TE GARRIES, OP 9 FEBRUARIE

GRONDWET VAN DIE PAARL BELASTINGBETALERSVERENIGING (Die Grondwet) - 26 Januarie 2012

TOEGEWINGSPROTOKOL EN -PROSEDURES (geskryf in 2018) 1. INLEIDING

BELEID TER VOORKOMING VAN NEPOTISME

Aansoek om deur Ruimsig Gemeente Leraar in die eg verbind te word.

INLIGTINGSDOKUMENT: HOE OM GRONDEISE TE HANTEER

Verlof 251 A. OORSIG. Die aantal dae wat n werknemer gewoonlik in ses weke sou gewerk het binne n siklus van 36 maande.

DNK TRUST NASORG AANSOEKVORM 2017 n Aparte vorm moet vir elke kind voltooi word

SA GEMEENTE SENTRALE KERKRAAD (SK) NOTULE VAN DIE VERGADERING TE CITY TEMPLE. Sondag 10 Julie 2011 OM 13:00

UNIVERSITEIT STELLENBOSCH

ARBEIDSREG ABR214. T:

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur

Agtergrond Inligtingsdokument. vir Kommentaar

GOUDVELD-HOËRSKOOL VOERTUIG EN VERVOER BELEID

KAAP AGULHAS MUNISIPALITEIT WERKNEMERBYSTANDBELEID

KONSEP BELEID T.O.V. DIE BEHEER EN KONTROLE VAN HANDBOEKE EN LEERHULPMIDDELS

2015 AKADEMIESE JAAR

NUUSBRIEF: DESEMBER 2010-FEBRUARIE 2011

AANBOD OM TE KOOP AAN. F J D TRUST IT2390/1995 Hierin verteenwoordig deur FRANCOIS JOSEPHUS DERCKSEN (hierna genoem die Verkoper)

TERME EN VOORWAARDES

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Transcriptie:

MATZIKAMA MUNISIPALITEIT NOTULE RAADSVERGADERING 29 NOVEMBER 2016

1 MATZIKAMA MUNISIPALITEIT NOTULE VAN RAADSVERGADERING GEHOU OP DINSDAG, 29 NOVEMBER 2016 OM 10:00 IN DIE MUNISIPALE RAADSAAL, VREDENDAL TEENWOORDIG: RAADSLEDE: Rdl (me) G Stephan Rdl A Sindyamba Rdl (me) AFK Job Rdl WD Loff Rdl RJ Nutt Rdl NS Louw Rdl PG Bok Rdl (me) M Carosini Rdl MV Cloete Rdl (me) J de Jongh Rdl (me) AW Links Rdl WH Nell Rdl (me) NM Ngobo : Uitvoerende Burgemeester : Uitvoerende Onderburgemeester : Burgemeesterskomiteelid : Burgemeesterskomiteelid : Burgemeesterskomiteelid : Speaker AMPTENARE: Mnr J Pekeur Mnr G Seas Mnr W Conradie Mnr L Phillips Mnr R Basson Me A Dippenaar : Waarnemende Munisipale Bestuurder/Direkteur Publieke Werke en Basiese Dienste : Direkteur Finansiële Dienste : Direkteur Korporatiewe Dienste : Direkteur Ontwikkeling en Stadsbeplanningsdienste : Waarnemende Direkteur Gemeenskapsdienste : Sekretariaat 1 OPENING Die Speaker verwelkom almal by die vergadering en rdl R Nutt open die vergadering met gebed. Die Burgemeester deel dagboeke en naamplaatjies vir alle raadslede uit. 2 AANSOEKE OM VERLOF TOT AFWESIGHEID Rdle DD Jenner en XP Tshetu. Oorhandiging van sertifikate aan 31 werknemers vir langdienserkenning in 2016 (Aangeheg as Bylae A op bladsy 62 van hierdie notule, is die lys van betrokke werknemers). Die Burgemeester, rdl G Stephan en Waarnemende Munisipale Bestuurder, mnr JD Pekeur oorhandig 10-, 15-, 20-, 25-, 30- en 35 jaar langdienssertifikate onderskeidelik aan die betrokke werknemers wat teenwoordig is en die werknemers verlaat die raadsaal hierna.

2 3 GOEDKEURING VAN NOTULES VAN VORIGE VERGADERINGS 3.1 Notule van Dringende Raadsvergadering gehou op 31 Oktober 2016. Op voorstel van rdl G Stephan, gesekondeer deur rdl A Sindyamba word Dat bogenoemde notule bekragtig word. 3.2 Amptelike weergawe van die goedgekeurde notules van die raad Op voorstel van rdl RJ Nutt, gesekondeer deur rdl G Stephan word Dat die Afrikaanse weergawe van die raadsnotules as amptelike notule van die raad beskou word en dat geboortename van raadslede in die notules gebruik word. 4 VERKLARINGS EN / OF MEDEDELINGS DEUR DIE SPEAKER Die Speaker doen die volgende verklarings / mededelings: Meegevoel word betuig aan n werknemer van die munisipaliteit, me Imelda Claasen wie se dogtertjie van 3 jaar oud vanoggend oorlede is. Rdl MV Cloete gaan op 2 Desember 2016 vir n operasie en hy word sterkte toegewens. n Strategiese beplanningsessie van die raad sal op 6 en 7 Desember 2016 plaasvind en die plek daarvan sal nog bevestig word. Raadslede word herinner aan die voorlegging van Iemas wat na afloop van die raadsvergadering plaasvind. Raadslede word ook uitgenooi na die sessie wat met die Sakekamer vir 14:00 vanmiddag gereël is vir die verbetering van kommunikasie. 4.1 Briewe van dank: 4.1.1 Olifantsrivier Vereniging vir persone met Gestremdhede - Aangeheg as Bylae A op bladsy 1. 4.2 Funksies vir die maand: Die Speaker noem dat die 16 dae van aktivisme oor geweld teen vroue en kinders aan die gang is en versoek raadslede om in hul wyke daarby betrokke te raak. Rdl WH Nell noem dat daar n toename in geweld teenoor plaaswerkers en onregverdige afdankings van plaaswerkers is en ook van twee seuns wat onlangs in Vredendal-Noord verkrag is. Hy versoek dat raadslede sensitief sal wees oor hierdie probleme en hul bepaalde rol speel ter oplossing daarvan.

3 5 VERKLARINGS EN / OF MEDEDELINGS DEUR DIE UITVOERENDE BURGEMEESTER Die Burgemeester doen die volgende verklarings / mededelings: Dit is Blastrite, Lutzville wat die 2017 dagboeke vir raadslede geskenk het en word bedank. Sy wens almal n Geseënde Kersfees toe en hoop dat almal lekker sal kuier met hul familie in hierdie feestyd. Rdl WH Nell bedank die Burgemeester vir die naamplaatjies en dagboeke. 6 ONDERHOUDE MET AFVAARDIGINGS Geen. 7. VERSLAE 7.1 NOTULE VAN BURGEMEESTERSKOMITEEVERGADERING VAN 18 OKTOBER 2016 7.1.1 Maandverslae aan Burgemeesterskomitee Bladsy 7.1.1.1 Verslag van Munisipale Bestuurder 5 7.1.1.2 Verslag van Direktoraat Ontwikkeling en Stadsbeplanningsdienste 6 7.1.1.3 Verslag van Direktoraat Korporatiewe Dienste 7 7.1.1.4 Verslag van Direktoraat Publieke Werke en Basiese Dienste 8 7.1.1.5 Verslag van Direktoraat Gemeenskapsdienste 9 7.1.1.6 Verslag van Direktoraat Finansiële Dienste 10-11 7.1.1.7 Verslag oor Omgewingsgesondheidsdienste (Weskus Distriksmunisipaliteit) 12 7.1.2 Ander verslae aan Burgemeesterskomitee Bladsy 7.1.2.1 Verbruikersdienste Handves vir Munisipale Ingenieurs- en Infrastruktuurdienste 13-14 7.1.2.2 Prestasie hersieningsverslag van Artikel 57 bestuurders 15-16 7.1.2.3 Toepassing van ontwikkelingsvereistes op Louis Rood, Strandfontein 17-20 7.1.2.4 Implementering van n geïntegreerde soneringskema in die Matzikama munisipale area 21-26

4 7.1.2.5 Aansoek om registrasie van n serwituut oor n Gedeelte van Gedeelte 20 van Plaas Windhoek No 449 te Klawer: Engen 27-29 7.1.2.6 Verklaring van onafhanklikheid van die Interne Oudit afdeling 30 7.1.2.7 Sluiting van kantore gedurende 2016/2017 feesseisoen 31-33 7.1.3 Verklarings en/of mededelings deur die Voorsitter Bladsy 7.1.3.1 Nooderwe 34 7.1.3.2 Beskikbaarheid van grafpersele in Vredendal waar grafte self gegrawe kan word 34 7.1.4 Onderhoude met afvaardigings / ander besoeke Bladsy 7.1.4.1 Vredendal Sportklub 35 7.1.4.2 n Oorsig ten opsigte van die onderskeie direktorate se werksaamhede deur betrokke direkteure aangebied 35 7.1.4.3 Agitominds: Voorlegging van konsultant oor die proses en samestelling van n konsep makro- en mikrostruktuur / organogram vir Matzikama Munisipaliteit 36 7.2 NOTULE VAN BURGEMEESTERSKOMITEEVERGADERING VAN 18 NOVEMBER 2016 7.2.1 Maandverslae aan Burgemeesterskomitee Bladsy 7.2.1.1 Verslag van Munisipale Bestuurder 37 7.2.1.2 Verslag van Direktoraat Ontwikkeling en Stadsbeplanningsdienste 38 7.2.1.3 Verslag van Direktoraat Korporatiewe Dienste 39 7.2.1.4 Verslag van Direktoraat Publieke Werke en Basiese Dienste 40 7.2.1.5 Verslag van Direktoraat Gemeenskapsdienste 41 7.2.1.6 Verslag van Direktoraat Finansiële Dienste 42-43 7.2.1.7 Verslag oor Omgewingsgesondheidsdienste (Weskus Distriksmunisipaliteit) 44 7.2.2 Ander verslae aan Burgemeesterskomitee Bladsy 7.2.2.1 Provinsiale toekenning vir die onderhoud van hoofpaaie binne die munisipale gebied: 2017/2018 finansiële jaar 45-46 7.2.3 Onderhoude met afvaardigings / ander besoeke Bladsy 7.2.3.1 Solar Led Street Light Pilot project in Western Cape Local Government 47 7.3 NUWE SAKE VIR OORWEGING DEUR DIE RAAD Bladsy 7.3.1 Oorhandigingsverslag ten opsigte van die 2011-2016 raadstermyn aan die nuut verkose raad 48 7.3.2 Nakoming van koopooreenkomsvoorwaardes: Erf 380, Doringbaai tussen Matzikama Munisipaliteit en Boedel Wyle GEG en HG Louw 49-51 7.3.3 Aansoek: Verkoop / ruil van `n Gedeelte van Erf 37, Vanrhynsdorp: Pieter Louw 52-53 7.3.4 Konsep Jaarverslag ten opsigte van die 2015/16 finansiële jaar 54-56 7.3.5 Afgevaardigdes na die 20ste Algemene jaarvergadering van die Gekonsolideerde Aftreefonds: 24 Februarie 2017 57 7.3.6 Aanstelling van n Munisipale Bestuurder 58-59

7. VERSLAE 5 7.1 NOTULE VAN BURGEMEESTERSKOMITEEVERGADERING VAN 18 OKTOBER 2016 7.1.1 MAANDVERSLAE AAN DIE BURGEMEESTERSKOMITEE 7.1.1.1 VERSLAE VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER 1. Risikobestuur: Geen. 2. Ouditkomitee: Aangeheg as Bylae B op bladsy 2 tot 9 (BK bylae) is n notule van die Ouditkomiteevergadering wat plaasgevind het op 24 Augustus 2016. Aangeheg as Bylae C op bladsy 10 tot 12 (BK bylae) is n verslag van die Oudit- en Prestasiekomitee vir die ses maande geëindig 30 Junie 2016. BURGEMEESTERSKOMITEE: 18 OKTOBER 2016

6 7.1.1.2 VERSLAG VAN DIE DIREKTORAAT ONTWIKKELING EN STADSBEPLAN- NINGSDIENSTE 1. Bouplanne: Aangeheg as Bylae D op bladsy 13 (BK bylae) is statistieke van goedgekeurde bouplanne met aanduiding van oorskryding waar van toepassing ten opsigte van Augustus tot September 2016. 2. Goedkeuring van grondgebruikveranderingsaansoeke: Alhoewel gedelegeerde bevoegdheid aan die Munisipale Bestuurder verleen is om aansoeke ingevolge die Ordonnansie op Grondgebruikbeplanning af te handel asook die raad se goedkeuring van die kategoriseringsmodel en gepaardgaande gematigde besluitnemers in terme die Wet op Ruimtelike Beplanning en Grondgebruikbestuur, 2013 (No 16 van 2013)(SPLUMA) saamgelees met die Land Use Planning Act, 2014 en Matzikama Land Use Management Bylaw, 2015, is daar geen aansoeke tydens Augustus en September 2016, gefinaliseer nie. Bogenoemde is weens die uitdagings wat die nuwe wetgewing en interpretasie daarvan bied, addisionele aansoeke wat nou vereis en geprosesseer moet word, verandering in prosedures om n portfolio met bewyse saam te stel dat voldoen is aan die nuwe regsuitsprake, onvolledige aansoeke, uitstaande kommentare van belanghebbende instansies en die tekort aan kapasiteit in die afdeling. BURGEMEESTERSKOMITEE: 18 OKTOBER 2016

7.1.1.3 VERSLAG VAN DIE DIREKTORAAT KORPORATIEWE DIENSTE 1. Biblioteke: 7 Aangeheg as Bylae E op bladsy 14 tot 17 (BK bylae) is verslae oor die ledetal, sirkulasiesyfers en aktiwiteite ten opsigte van die biblioteke ten opsigte van Augustus en September 2016. 2. Menslike Hulpbronbestuur: Aangeheg as Bylae F op bladsy 18 tot 19 (BK bylae) is n verslag oor die aanstellings, diensbeëindigings en opleiding van personeel vanaf April tot September 2016. BURGEMEESTERSKOMITEE: 18 OKTOBER 2016

7.1.1.4 VERSLAG VAN DIREKTORAAT PUBLIEKE WERKE EN BASIESE DIENSTE 1. Watermonsters: 8 Die uitslag van watermonsters word maandeliks deur die Omgewingsgesondheidsdienste van Weskus Distriksmunisipaliteit geneem en indien daar probleme is, word dit uitgewys. Die Direkteur Tegniese Dienste skenk aandag aan enige probleme uitgewys en neem ook watermonsters vir bakteriologiese ontleding. Alle uitslae is by die Direkteur Tegniese Dienste beskikbaar en word ook opsommend in die Omgewingsgesondheidmaandverslae van Weskus Distriksmunisipaliteit (sien item 6.1.7) hanteer. 2. Siviele werke: Aangeheg as Bylae G op bladsy 20 tot 21 (BK bylae) is verslae ten opsigte van straat-, water- en rioolwerke ten opsigte van Augustus en September 2016. 3. Elektrisiteitswerke: Aangeheg as Bylae H op bladsy 22 tot 28 (BK bylae) is n verslag ten opsigte van kragonderbrekings, nuwe diensaansluitings, voorafbetaalde meteromskakelings, toetsmeters en stroomveranderinge ten opsigte van Augustus en September 2016. Die gewone instandhouding op elektriese toerusting is gedoen. Aansluitings en afsnyding van wanbetalers is gedoen. Kabels is uitgewys, substasie-onderhoud is gedoen en kwotasies is op aanvraag gegee. BURGEMEESTERSKOMITEE: 18 OKTOBER 2016

7.1.1.5 VERSLAG VAN DIREKTORAAT GEMEENSKAPSDIENSTE 9 n Verslag oor die werksaamhede van die Direktoraat Gemeenskapsdienste is tydens die vergadering versprei (aangeheg as Bylae B op bladsy 2 tot 14). BURGEMEESTERSKOMITEE: 18 OKTOBER 2016

7.1.1.6 VERSLAG VAN DIREKTORAAT FINANSIËLE DIENSTE 1. 2016/2017 Kapitaalbegroting: 10 Aangeheg as Bylae I op bladsy 29 (BK bylae) is die kontantvloeisyfers ten opsigte van bogemelde begroting tot einde September 2016 vir die 2015/2016 finansiële jaar. 2. 2016/17 Bedryfsbegroting: Aangeheg as Bylae J op bladsy 30 tot 33 (BK bylae) is die werklike inkomste en uitgawes van bogemelde begroting tot einde Augustus 2016. 3. Debiteure betaalsyfers: Aangeheg as Bylae K op bladsy 34 tot 37 (BK bylae) is die debiteure betaalsyfers ten opsigte van Augustus en September 2016. 4. Masakhaneverslag: Aangeheg as Bylae L op bladsy 38 tot 39 (BK bylae) is die Masakhaneverslag ten opsigte van Augustus en September 2016. 5. Betaling van salarisse en lone: Aangeheg as Bylae M op bladsy 40 tot 43 (BK bylae) is die inligting tot September 2016 wat ingevolge Artikel 66 van die Wet op Plaaslike Regering : Munisipale Finansiële Bestuur, Wet No 56 van 2003 ( MFMA ) maandeliks aan die raad voorgelê moet word. Die eerste gedeelte handel oor die vergoeding van vaste personeel sowel as raadstoelaes. Die tweede deel handel oor tydelike lone wat uitbetaal was. 6. Reis- en Verblyfeise van Personeel en Raadslede: Aangeheg as Bylae N op bladsy 44 tot 48 (BK bylae) is lyste van die reis- en verblyfeise ten opsigte van Augustus en September 2016. 7. Uitstaande verpligtinge teenoor krediteure: Aangeheg as Bylae O op bladsy 49 tot 50 (BK bylae) is lyste van uitstaande krediteure ten opsigte van Augustus en September 2016. 8. Kontantsituasie: Aangeheg as Bylae P op bladsy 51 tot 52 (BK bylae) is opsommings van die kontantsituasie ten opsigte van Augustus en September 2016.

11 BURGEMEESTERSKOMITEE: 18 OKTOBER 2016

12 7.1.1.7 VERSLAG OOR OMGEWINGSGESONDHEIDSDIENSTE (WESKUS DISTRIKS- MUNISIPALITEIT) Omgewingsgesondheidsdienste gelewer in onderskeie dorpe en plase: Aangeheg as Bylae Q op bladsy 53 tot 70 (BK bylae) is verslae ten opsigte van omgewingsgesond-heidsdienste wat in Augustus en September 2016 in die onderskeie dorpe en plase van Matzikama Munisipaliteit deur die Weskus Distriksmunisipaliteit gelewer is. BURGEMEESTERSKOMITEE: 18 OKTOBER 2016

7.1.2 ANDER VERSLAE AAN DIE BURGEMEESTERSKOMITEE 13 7.1.2.1 VERBRUIKERSDIENSTE HANDVES VIR MUNISIPALE INGENIEURS- EN INFRASTRUKTUURDIENSTE 1. DOEL Dat die Raad die Verbruikersdienste Handves vir Munisipale Ingenieurs- en Infrastruktuur dienste, goedkeur. 2. AGTERGROND Die Verbruikersdienste Handves is 'n vereiste in terme van die Water Dienste Wet (Wet no. 108 van 1997), die Nasionale Waterwet (Wet no. 36 van 1998) en ander toepaslike regulasies wat erken dat die uiteindelike doel van waterhulpbronbestuur is die volhoubare gebruik van water tot die voordeel van alle gebruikers, sowel as wêreldklas standaarde en SANS 241. Die doel van die Verbruikersdienste Handves is in die eerste plek om munisipale doeltreffendheid en prestasie te verbeter deur die verskaffing van betroubare, vatbare, bevoegde, toeganklike, vriendelike, vertroulike en veilige dienste aan die belastingbetalers van Matzikama Munisipaliteit. Die Verbruikersdienste Handves verskaf 'n uiteensetting van dienste aangebied van drinkwater, rioolwater opvangs en behandeling, paaie en stormwater onderhoud, elektrotegniese dienste sowel as vaste afvalbestuur dienste. Tweedens verskaf die Verbruikersdienste Handves inligting oor 'n verskeidenheid van verbruikersdiensprosesse soos diensaansluitings, meting, fakture, instandhoudingswerk, klagtes en geskil beslegting. Aangeheg as Bylae R op bladsy 71 tot 86 (BK bylae) is n afskrif van die Verbruikersdienste Handves vir Munisipale Ingenieurs- en Infrastruktuurdienste. 3. AANBEVELING Dat - (1) die Verbruikersdienste Handves vir Munisipale Ingenieurs- en Infrastruktuurdienste, goedgekeur word. (2) die Verbruikersdienste Handves aan die wykskomitees binne die Munisipaliteit gekommunikeer word en op die Munisipaliteit se webwerf geplaas word. VOORGELÊ VIR OORWEGING Item opgstel deur die Direktoraat Publieke Werke en Basiese Dienste BURGEMEESTERSKOMITEE: 18 OKTOBER 2016 AANBEVELING Dat - (1) die Verbruikersdienste Handves vir Munisipale Ingenieurs- en Infrastruktuurdienste, goedgekeur word.

14 (2) die Verbruikersdienste Handves aan die wykskomitees binne die Munisipaliteit gekommunikeer word en op die Munisipaliteit se webwerf geplaas word. VOORGELÊ VIR OORWEGING Dat - (1) die Verbruikersdienste Handves vir Munisipale Ingenieurs- en Infrastruktuurdienste, goedgekeur word. (2) die Verbruikersdienste Handves aan die wykskomitees binne die Munisipaliteit gekommunikeer word en op die Munisipaliteit se webwerf geplaas word.

7.1.2.2 PRESTASIE-HERSIENINGSVERSLAG VAN ARTIKEL 57 BESTUURDERS 1. DOEL 15 Om die finale jaar prestasie-assesseringsverslag van artikel 57 Bestuurders vir die 2015/16 finansiële jaar aan die raad voor te hou vir kennisname. 2. AGTERGROND Die Wet op Munisipale Stelsels, 2000 (Wet 32 van 2000) bepaal dat die Munisipaliteit n prestasie-gebaseerde ooreenkoms met alle artikel 56 en 57-werknemers sluit. Die prestasie ooreenkoms tussen die werkgewer en die werknemer vereis dat die prestasie van die werknemer ten minste twee keer per jaar geëvalueer word. Die evaluerings vir die eerste semester van die 2015/16 finansiële jaar was op 07 April 2016 gedoen terwyl die finale jaar evaluering wat strek vanaf Desember 2015 tot en met die einde van die finansiële jaar, gedoen was op 14 September 2016. Die evaluerings gerapporteer in hierdie verslag het gefokus op die finale jaarprestasie van senior bestuur vir die 2015/16 finansiële jaar. Die evaluerings, gedoen op 14 September 2016 in die Toerismekantoor van Matzikama Munisipaliteit het dus gefokus op die werklike werk gelewer volgens aanhangsel A van die prestasie ooreenkomste. Die prestasie van die volgende senior bestuurders was geëvalueer: Direkteur Tegniese Dienste Direkteur Korporatiewe Dienste Direkteur Gemeenskap Dienste Direkteur Ontwikkelings en Stadsbeplanningsdienste Alhoewel geen voorsiening in die 2015/16 prestasie ooreenkomste van senior bestuur gemaak is vir die beloning van prestasie met n finansiële bonus nie, mag die Raad, soos in die vorige finansiële jaar, in terme van Artikel 8 (1) van Regulasie 805 wel die senior bestuur beloon met n bonus vir uitstaande prestering. 3. KOMMENTAAR Aangeheg as Bylae S op bladsy 87 tot 93 (BK bylae) is die Prestasie Evalueringsverslag ten opsigte van betrokke Artikel 57 Bestuurders wat n sinopsis weergawe van die asseseringsuitkomste van die bogenoemde direkteure soos geassesseer op 14 September 2016, is. Die prestasie van die verskillende direkteure kan as volg opgesom word: Direkteur Tegniese Dienste 83% Direkteur Gemeenskap Dienste 77% Direkteur Korporatiewe Dienste 77% Direkteur Ontwikkeling en Stadsbeplanningdienste 76% In terme van Artikel 32 (2) van regulasie 805 kan 'n prestasiebonus van tussen 5% en 14% van die totale pakket betaal word vir uitstaande prestasie. Ter wille van regverdigheid word die volgende glyskale gebruik deur die meeste munisipaliteite om as gids te dien: Prestasiegradering Bonus Berekening 0% - 64% Swak Prestasie 0% of total package 65% - 69% Gemiddelde Prestasie 5% of total package 70% - 74% Billike Prestasie 9% of total package 75% - 79% Goeie Prestasie 11% of total package 80% - 100% Uitstaande Prestasie 14% of total package

16 Ingevolge Artikel 8 (1) van regulasie 805 kan 'n prestasiebonus betaal word slegs nadat die jaarverslag vir die jaar ter tafel gelê en deur die raad aanvaar is. 4. AANBEVELING Dat - (1) die raad kennis neem van die prestasie van die Artikel 57 bestuurders vir die 2015/2016 finansiële jaar soos gemeet in die finale jaar prestasie hersieningsverslag. (2) bonusse soos per voorgestelde glyskale aan die direkteure betaal word nadat die konsep jaarverslag aan die Raad ter tafel gelê is en aanvaar is. VOORGELÊ VIR OORWEGING Agenda item opgestel deur Direkteur Ontwikkeling en Stadsbeplanningsdienste BURGEMEESTERSKOMITEE: 18 OKTOBER 2016 AANBEVELING Dat - (1) die raad kennis neem van die prestasie van die Artikel 57 bestuurders vir die 2015/2016 finansiële jaar soos gemeet in die finale jaar prestasie hersieningsverslag. (2) bonusse soos per voorgestelde glyskale aan die direkteure betaal word nadat die konsep jaarverslag aan die Raad ter tafel gelê is en aanvaar is. VOORGELÊ VIR OORWEGING Rdl WH Nell verneem wat die finansiële implikasie van die prestasiebonusse van die direkteure is. Die Direkteur Finansiële Dienste, mnr G Seas noem dat hy nie nou oor die inligting ten opsigte van die waarde van die prestasiebonusse beskik nie, maar dit sal bereken en beskikbaar sal wees. Dat - (1) die raad kennis neem van die prestasie van die Artikel 57 bestuurders vir die 2015/2016 finansiële jaar soos gemeet in die finale jaar prestasie hersieningsverslag. (2) bonusse soos per voorgestelde glyskale aan die direkteure betaal word nadat die konsep jaarverslag aan die Raad ter tafel gelê is en aanvaar is. Rdl WH Nell teken namens die ANC komponent beswaar aan teen die besluit.

17 7.1.2.3 TOEPASSING VAN ONTWIKKELINGSVEREISTES OP LOUIS ROOD, STRANDFONTEIN (15/B & 15/6/B & 15/3/2/5) 1. DOEL Dat die Raad kennis neem van die uitdagings om die grondgebruikbeperkings, verkoops- en dorpstigtingsvoorwaardes en Kusbestuur- en Omgewingswetgewing van toepassing op Louis Rood ooreenkomstig die aanvaarde regsopinie van Swanepoel & Swanepoel Prokureurs konsekwent toe te pas en af te dwing en besluite daaroor te neem. 2. AGTERGROND Dit is duidelik uit die tipes navrae en bouplanaansoeke wat by die Munisipaliteit ingedien word ten opsigte van die betrokke eiendomme dat daar n leemte ontstaan het met die wetlike korrekte interpretasie en implementering van bogenoemde bepalings. n Regsopinie is ten opsigte van die interpretasie en implementering van die verskillende grondgebruikbeperkings soos uiteengesit in die dorpstigtingsvoorwaardes van Erf 51, Louis Rood, die betrokke verkoopvoorwaardes, Soneringskemaregulasies ingevolge Artikel 8 van die Ordonnansie op Grondgebruikbeplanning, 1985 (No 15 van 1985), die titelakte van die betrokke eiendomme, interpretasies verskaf vanaf die voormalige Provinsiale Administrasie van die Kaap Die Goeie Hoop: Departement van Plaaslike Bestuur, insette vanaf Wes-Kaap Regering: Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning en toepaslike hofuitsprake van toepassing op n gedeelte van Louis Rood, Strandfontein is aangevra om sodoende enige misverstande daaromtrent uit die weg te ruim. Tydens die raadsvergadering gehou op 23 November 2015 is eenparig onder item 7.2.1 besluit: Dat die Raad die regsopinie wat Swanepoel & Swanepoel Prokureurs ten opsigte van die verskillende grondgebruikbeperkings wat op n gedeelte van Louis Rood van toepassing is, aanvaar. Die betrokke regsopinie word aangeheg as Bylae T op bladsy 94 tot 100 (BK bylae). 3. KOMMENTAAR Die regsopinie word deur die Stadsbeplannings- en Boubeheerafdeling van die Munisipaliteit gebruik om aansoeke wat in terme van die Ordonnansie op Grondgebruikbeplanning, 1985 (No 15 van 1985) (LUPO), Matzikama Grondgebruik Verordening, 1 Desember 2015 (LUPB) en die Nasionale Bouregulasies en -standaarde, 1977 (No 103 van 1977) (NBR) by die Munisipaliteit ingedien word, te evalueer, prosesseer en af te dwing. Verder is daar Terugset Riglyne (wat in proses is om as wetgewing afgekondig te word) en Kusbestuur Omgewingswetgewing wat ten opsigte van alle nuwe ontwikkeling gehandhaaf moet word. Hierdie Munisipaliteit het nie n Omgewingsbeampte in diens nie en vertraag dit ontwikkeling deurdat elke ontwikkelingsaansoek addisioneel met Wes-Kaap Departement Omgewingsake uitgeklaar word alvorens die ander ontwikkelingsvereiste deur hierdie kantoor geëvalueer kan word. Ten einde ontwikkelingsvoorstelle verder te kan evalueer waar gedefinieer hoogte vereiste ooreenkomstig die natuurlike grondvlak / natuurlike hoogtes van die grond van

18 toepassing is word n kontoerplan van n geregistreerde professionele kundige vereis waarop n berekende berekening ten opsigte van die gemiddelde hoogte aangedui moet word. Laasgenoemde verskil letterlik van erf tot erf en daarom moet die kontoere op die voorgestelde hoogtes aangedui word en in sekere gevalle, afhangend van die voorstel, word ook die hoogtes van die voorstel in verhouding tot die bestaande huis se dak en/of aanliggende nokhoogtes, vereis. Die NBR vereis dat die ontwikkelaar n minimum van drie inspeksies tydens bouwerke by die verantwoordelike beampte van die Munisipaliteit moet aanvra. Eerstgens na die fondasies gegrawe is, dan op rioolvlak (met ander woorde vloer is nou uitgebou) en dan by voltooiing van die gebou. Deesdae is dit nie meer die uitsondering nie, maar die reël dat ontwikkelaars uitgrawings voorstel ten einde die eiendomme tot die maksimum te benut. Laasgenoemde kan nie net n impak op die uitsig van omliggende eiendomme en ooreenstemmende waarde hê nie, maar ook op aansluitings by die bestaande munisipale dienste. Genoemde kan addisionele kostes behels indien daar enigsins afgewyk word van die goedgekeurde planne, maar onweerlegbare bewyse word hiervoor benodig. In die afwesigheid van n landmeter in diens van die munisipaliteit kan dit, afhangend van die inligting wat op genoemde kontoerplan aangedui word, moeilik wees vir die verantwoordelike amptenaar om met die gebruik van n bukswaterpas te bewys dat die hoogtes soos op die bouplan goedgekeur, afgedwing is. Alhoewel vrystelling van aanspreeklikheid ten opsigte van die raad in artikel 24 van die NBR omskryf word, word in terme van Regulasie A4 wat afgekondig is in terme van Artikel 17(1) van die NBR bepaal dat die Munisipaliteit enige addisionele dokumentasie / inligting van die eienaar van die eiendom kan versoek ten einde te verseker dat aan die wetlike vereistes voldoen word. Die verantwoordelike beamptes moet egter toegang tot die nodige toerusting / kundigheid hê ten einde ingeligte besluite in terme van wetgewing te kan neem. Ander Munisipaliteite met kusdorpe in hul jurisdiksie area versoek die eienaars/ontwikkelaars om n hoogte sertifikaat van n geregistreerde landmeter in te dien indien daar enige onsekerheid is om met beskikbare toerusting / kundigheid te verseker dat goedgekeurde hoogtebepalings nagekom word. Hoogtebepalings in ander kusdorpe word gedefinieer met spesifieke nokhoogtes terwyl die dorpstigtingsvoorwaardes in Louis Rood Strandfontein die plafonhoogte en grade van dak, as hoogtebeperking definieer. Dit is dus nie wenslik om soos ander Munisipaliteite n hoogte sertifikaat te versoek slegs by dakhoogte nie. Indien bouwerke dan wel van die goedgekeurde bouplan afwyk en dit afgebreek moet word is boukostes heelwat meer en kan regskostes toeneem. Om die hoogte sertifikaat by die riool inspeksie te versoek kan diepte van uitgrawings bevestig wat die aansluiting by dienste kan verifieer. Dit maak dan ook vir die verantwoordelike beampte dit veel makliker om van daardie punt die hoogte beperking, met die nodige onweerlegbare bewyse, af te dwing. Die versoek om ook wanneer die gebou vloerhoogte bereik n hoogte sertifikaat in te dien, indien nodig, gaan addisionele kostes van ongeveer R3 000/R5 000 vir die eienaar tot gevolg hê, maar daarmee kan verseker word dat die verantwoordelike beampte en raad wetgewing afdwing met onweerlegbare bewyse en nie enige onnodige kostes ten opsigte van dienstevoorsiening aangaan nie.

4. AANBEVELING 19 Dat - (1) kennis geneem word van die uitdagings om die grondgebruikbeperkings, verkoops- en dorpstigtingsvoorwaardes van toepassing op Louis Rood ooreenkomstig die aanvaarde regsopinie van Swanepoel & Swanepoel Prokureurs konsekwent toe te pas en af te dwing en die addisionele koste-implikasie wat dit op die ontwikkelaar kan hê en die maatreëls wat daarvoor in plek geplaas is, ondersteun. (2) Wes-Kaap Regering Departement Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning versoek word om hierdie kantoor behulpsaam te wees met die saamstel van ontwikkelingsvereistes vir Louis Rood wat insluit die aanvaarde regsopinie en terugseten Kusbestuuromgewingsbepalings en om as n verordening afdwingbaar te maak. (3) indien nodig, n konsultant aangestel word om die nodige dokument saam te stel en sorg te dra dat dit wetlik korrek is. EN OORWEGING Agenda item opgestel deur Direkteur: Ontwikkelings- Stadsbeplanningsdienste BURGEMEESTERSKOMITEE: 18 OKTOBER 2016 AANBEVELING Dat - (1) kennis geneem word van die uitdagings om die grondgebruikbeperkings, verkoops- en dorpstigtingsvoorwaardes van toepassing op Louis Rood ooreenkomstig die aanvaarde regsopinie van Swanepoel & Swanepoel Prokureurs konsekwent toe te pas en af te dwing en die addisionele koste-implikasie wat dit op die ontwikkelaar kan hê en die maatreëls wat daarvoor in plek geplaas is, ondersteun. (2) Wes-Kaap Regering Departement Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning versoek word om hierdie kantoor behulpsaam te wees met die saamstel van ontwikkelingsvereistes vir Louis Rood wat insluit die aanvaarde regsopinie en terugseten Kusbestuuromgewingsbepalings en om as n verordening afdwingbaar te maak. (3) indien nodig, n konsultant aangestel word om die nodige dokument saam te stel en sorg te dra dat dit wetlik korrek is. VOORGELÊ VIR OORWEGING Dat - (1) kennis geneem word van die uitdagings om die grondgebruikbeperkings, verkoops- en dorpstigtingsvoorwaardes van toepassing op Louis Rood ooreenkomstig die aanvaarde regsopinie van Swanepoel & Swanepoel Prokureurs konsekwent toe te pas en af te dwing

20 en die addisionele koste-implikasie wat dit op die ontwikkelaar kan hê en die maatreëls wat daarvoor in plek geplaas is, ondersteun. (2) Wes-Kaap Regering Departement Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning versoek word om hierdie kantoor behulpsaam te wees met die saamstel van ontwikkelingsvereistes vir Louis Rood wat insluit die aanvaarde regsopinie en terugseten Kusbestuuromgewingsbepalings en om as n verordening afdwingbaar te maak. (3) indien nodig, n konsultant aangestel word om die nodige dokument saam te stel en sorg te dra dat dit wetlik korrek is.

21 7.1.2.4 IMPLEMENTERING VAN N GEÏNTEGREERDE SONERINGSKEMA IN DIE MATZIKAMA MUNISIPALE AREA (15/6B) 1. DOEL Om kennis te neem van die uitdagings en oorweging te skenk aan die proses uiteengesit vir implementering van n geïntegreerde soneringskema vir die Matzikama Munisipale area. 2. AGTERGROND Artikel 23 van die Wes-Kaapse Wet op Grondgebruikbeplanning, 2014 (No 3 van 2014) (LUPA) bepaal as volg: Die doel van soneringskemas is om minstens - (a) (b) vir ordelike ontwikkeling en die welsyn van die gemeenskap voorsiening te maak, en gebruiksregte en ontwikkelingsparameters te bepaal, met behoorlike oorweging van die beginsels bedoel in Hoofstuk VI. Tydens n raadsvergadering gehou op 29 Mei 2015 is onder punt 7.2.5 besluit: 27. Dat kennis geneem word van die inhoud van die aangehegte voorgestelde standaard konsep soneringskemaregulasies. Artikel 24(1) van die Wet op Ruimtelikebeplanning en Grondgebruikbeheer, 2013 (No 16 van 2013) (SPLUMA) bepaal: A municipality must, after public consultation, adopt and approve a single land use scheme for its entire area within five years from the commencement of this Act. Deurdat SPLUMA op 1 Julie 2015 in werking getree het moet die Munisipaliteit teen 30 Junie 2020 n geïntegreerde soneringskema vir die hele Munisipale area, implementeer. Huidiglik is daar twee verskillende soneringskemas kragtens Artikels 7 (vir Vredendal dorpsarea) en 8 (alle ander dorpe en landelike areas) van die Ordonnansie op Grondgebruikbeplanning, 1985 (No 15 van 1985) (LUPO) in die Munisipale area, van toepassing. LUPO is deur die inwerkingtrede van LUPA op 1 Desember 2015 herroep, maar is bogenoemde soneringskemaregulasies steeds van krag deurdat Artikels 33 en 78 van LUPA daarvoor voorsiening maak. Ondanks die vereistes uiteengesit in SPLUMA en LUPA, is bogenoemde twee soneringskemas egter verouderd, maak dit nie vir meeste nuwe tipes ontwikkeling voorsiening nie en kompliseer en strem dit soms toekomstige ontwikkeling. Daarom is dit nodig dat hierdie twee soneringskemas in n geïntegreerde soneringskema wat gemoderniseer is en as n innoverende hulpmiddel vir die bestuur van ontwikkeling en grondgebruikregte gebruik kan word, gekonsolideer word. n Soneringskema is egter n komplekse wetlike dokument wat die bestaande regte van alle eiendomme in ag moet neem en kan geag word as die fondament waarvolgens alle ontwikkeling gebou is en moet word. Om n geïntegreerde soneringskema saam te stel en wetlik korrek sonder die benadeling van bestaande en toegekende regte te implementeer, is n tydrowende en duur taak wat gespesialiseerde kundigheid, vereis. Vorige raadsbesluit aangeheg as Bylae U op bladsy 101 tot 110 (BK bylae).

3. KOMMENTAAR 22 Voorgestelde standaard konsep soneringskema: Ten einde plaaslike munisipaliteite in die Wes-Kaap Provinsie by te staan het die Wes- Kaapse Regering n proses om n voorgestelde standaard konsep soneringskema te ontwikkel, begin. Verskeie professionele kundige persone van regoor provinsiale- en plaaslike regering as ook die privaat sektor het aan hierdie proses deelgeneem. Die wetlik korrektheid van die voorgestelde standaard konsep soneringskema is ook deur die regspan van Wes-Kaapse Regering ondersoek. Die voorgestelde standaard konsep soneringskema is reeds deur Wes- Kaap Regering vir insette geadverteer en is alle insette wat ontvang is, verwerk deur die dokument dienooreenkomstig te wysig, soos nodig. Die volgende opsies is aan munisipaliteite in die Wes-Kaap Provinsie vir die opstel en implementering van n geïntegreerde soneringskema, beskikbaar: Die opstel van hul eie geïntegreerde soneringskema. Om die voorgestelde standaard konsep soneringskema as n basis te gebruik en die nodige wysigings ooreenkomstig spesifieke behoeftes van die munisipaliteit daarop aan te bring. Om die voorgestelde standaard konsep soneringskema sonder enige wysigings te aanvaar en te implementeer. Die hoof doelwitte van die voorgestelde standaard konsep soneringskema is as volg: Om die verskillende soneringskemas van toepassing in n munisipale area in n enkele soneringskema te integreer. Om voorsiening te maak vir die hedendaagse uitdagings ten opsigte van grondgebruikbeheer met verwysing na nuwe en moderne grondgebruike. Om moderne meganismes te ontwerp wat wenslike en sinvolle ontwikkeling bespoedig. Om erkenning te gee aan die diversiteit van gemeenskappe, areas en hul ooreenstemmende behoeftes asook voorsiening te maak vir verskillende tipes ontwikkeling. n Akkurate register ten opsigte van grondgebruike op eiendomme vir doeltreffende bestuur daarvan tot gevolg hê. Ongemagtigde grondgebruike op eiendomme uitgewys word en waar toepaslik kan dit deur die korrekte sonering akkommodeer word. Die nuwe sonerings kan n hoër waarde grondgebruiksreg op n eiendom tot gevolg hê en kan die Munisipaliteit op nuwe inkomstebronne soos hieronder munt slaan: o Fooie vir grondgebruikaansoeke om ongemagtigde grondgebruike reg te stel. o Fooie van gepaardgaande bouplanaansoeke (ook huidige ongemagtigde geboue). o Kapitaalbydraes, hoër eiendomsbelasting en dienstegelde vir hoër waarde eiendomme. Daar is reeds verskeie munisipaliteite wat aangedui het dat hulle die voorgestelde standaard konsep soneringskema in hul munisipale area gaan aanvaar en kan lasgenoemde in die Matzikama Munisipale area moontlik die volgende voordele inhou: Besparing van tyd en kostes (ook regskostes) ten opsigte van die opstel van die voorgestelde standaard konsep soneringskema. Die insette van verskeie professionele beplanners van die Wes-Kaap Regering, Munisipaliteite en konsultante wat reeds in die opstel van die voorgestelde standaard konsep soneringskema ingewerk is as ook die wetlik korrektheid daarvan wat reeds deur die regspan van Wes-Kaap Regering, gedoen is. Die implementering van die voorgestelde standaard konsep soneringskema by verskeie munisipaliteite kan lei tot die verbetering van effektiewe en doeltreffende dienslewering aan alle partye deurdat konsultante in die stadsbeplanningsprofessie, ontwikkelaars en grondeienaars beter bekend sal wees met n gestandaardiseerde soneringskema.

23 Deur enige toekomstige wysigings en toevoegings aan die voorgestelde standaard konsep soneringskema deur die Wes-Kaap Regering (ooreenkomstig die insette en lesse geleer deur alle betrokke munisipaliteit) te verbeter. Deur enige regsaksies of regsuitsprake gebaseer op die voorgestelde standaard konsep soneringskema wat deur munisipaliteite aangevra / verkry word. Die implementering van die voorgestelde standaard konsep soneringskema sal tribunaal lede se taak vergemaklik deurdat vereistes met ander munisipaliteite ooreenstem. Ondersoek ten opsigte van bestaande raadsbesluite en beleide: Daar is verskeie bestaande raadsbesluite en beleide (soos byvoorbeeld die beleide rakende parkeervereistes, Gastehuise en Oornagfasiliteite en Huiswinkels) in terme van bogenoemde twee soneringskemaregulasies wat eers deeglik ondersoek moet word om seker te maak hoe die voorgestelde standaard konsep soneringskema dit aanspreek (definieer). Voordat die voorgestelde standaard konsep soneringskema gefinaliseer kan word moet die volgende, maar nie beperk tot onderstaande nie, eers afgehandel word: Die bestudering van die inhoud van die voorgestelde standaard konsep soneringskema om te verseker dat dit vir spesifieke behoeftes en uitdagings wat die Munisipaliteit in die gesig staar, voorsiening maak. Om oorgangstabelle ten opsigte van bestaande en nuwe sonerings (met inagneming van grondgebruikbeperkings) te bepaal, te ontwikkel. Die opstel van registers ten opsigte van grondgebruike en die bepaling van nuwe sonerings in terme van die voorgestelde standaard konsep soneringskema vir elke eiendom in die Munisipale area asook die finalisering van n nuwe gepaardgaande soneringskaart. Om die soneringskategorieë in verhouding met die waardasiekategorieë te ondersoek en te vergelyk. Nadat die voorgestelde konsep soneringskema gefinaliseer is moet dit deur n publieke deelname proses geneem word wat onder andere die volgende insluit: Voorlegging van voorgestelde konsep soneringskema aan die Raad om sodoende goedkeuring om met die publieke deelname proses voort te kan gaan, te verkry. Werkswinkel die voorgestelde standaard konsep soneringskema met die Raad gemeenskap soos nodig. Wye detail publieke deelname proses met een tot een skakeling sover moontlik. Verkry kommentaar vanaf provinsiale regering en distriksmunisipaliteite. Evalueer en verwerk enige kommentare wat ontvang word. Terugvoering aan alle partye wat kommentaar gelewer het. Verkryging van Raad se goedkeuring van finale voorgestelde konsep soneringskema. Interregeringsloodskomitee: Artikel 25 van LUPA bepaal onder Samestelling of wysiging van soneringskemas as volg: n Munisipaliteit moet sy soneringskema saamstel of wysig deur - (a) n interregeringsloodskomitee in te stel om n konsep-soneringskema of n konsepwysiging van n soneringskema saam te stel, of (b) die prosedure uiteengesit in Artikel 27 te volg. Artikel 26 van LUPA bepaal onder Interregeringsloodskomitee as volg: (1) Indien n munisipaliteit n interregeringsloodskomitee bedoel in Artikel 25(a) instel, moet die komitee bestaan uit minstens - (a) die munisipale bestuurder of n munisipale werknemer aangewys deur die munisipale bestuurder, en (b) verteenwoordigers van -

24 (i) die munisipaliteit, benoem deur die munisipale bestuurder, (ii) die tersaaklike distriksmunisipaliteit, benoem deur sy munisipale bestuurder, en (iii) die Departement, benoem deur die Departementshoof. (2) Die lede van die interregeringsloodskomitee moet persone wees wat aangestel is op grond van hul kwalifikasies en ondervinding in, en kennis van, grondgebruikbeplanning. (3) Die interregeringsloodskomitee- (a) se voorsitter is die munisipale bestuurder of die munisipale werknemer wat deur die munisipale bestuurder ingevolge subartikel (1)(a) aangewys word, na gelang van die geval. (b) bepaal sy eie prosedures, wat vir minstens n kworum en besluitneming voorsiening moet maak, en (c) kan subkomitees aanstel en take aan sodanige van subkomitees opdra. (4) Die lede beoog in subartikel (1)(b)(iii) moet skriftelike provinsiale kommentaar op n konsep soneringskema of n konsepwysiging van n soneringskema gedurende die samestellingsproses daarvan aan die munisipaliteit lewer. Artikel 27 van LUPA bepaal onder Prosedures sonder interregeringsloodskomitee as volg: (1) Indien n interregeringsloodskomitee beoog in Artikel 26 nie ingestel word nie- (a) moet die munisipaliteit n konsep-soneringskema of konsepwysiging van n soneringskema, uitgesluit die register en soneringskaart, vir skriftelike kommentaar by die Provinsiale Minister indien, en (b) mag die Munisipaliteit nie sy soneringskema aanneem of n wysiging daarvan goedkeur totdat- (i) die munisipaliteit die kommentaar bedoel in subartikel (2) ontvang en oorweeg het nie, of (ii) die tydperk bedoel in subartikel (2) geëindig het en indien geen kommentaar gedurende daardie tydperk van die Provinsiale Minister ontvang is nie. (2) Die Provinsiale Minister moet, binne 60 dae van ontvangs van n konsep-soneringskema of konsepwysiging van n soneringskema ingevolge subartikel (1)(a), skriftelik kommentaar daarop aan die munisipaliteit lewer. (3) Die tydperk bedoel in subartikel (2) kan met die instemming van die munisipaliteit verleng word. In ag genome bogenoemde en deurdat die Wes-Kaap Regering reeds n voorgestelde standaard konsep soneringskema in samewerking met verskeie professionele persone van regoor die provinsiale- en plaaslike regering as ook die privaat sektor opgestel het en om dat die wetlik korrektheid daarvan reeds deur die regspan van Wes-Kaap Regering ondersoek is, kan die opstel van n geïntegreerde soneringskema sonder n interregeringsloodskomitee, gedoen word. Die proses ten opsigte van die goedkeuring en implementering van die voorgestelde konsep soneringskema behels ook: Finaliseer voorgestelde konsep soneringskema en voorsien aan Raad vir finale oorweging. Publiseer besluit ten opsigte van goedgekeurde soneringskema in terme van Artikel 13(a) van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Stelsels, 2000 (Wet 32 van 2000). Gaan voort om bona fide sonerings kwessies aan te spreek. Oorsigrol van Provinsiale Minister: Artikel 27(1)(3) van SPLUMA bepaal as volg: Every municipality must, within a time prescribed by or in terms of provincial legislation, submit its approved land use scheme to the Premier for purposes of monitoring the performance of the municipalities.

25 Artikel 28 van LUPA bepaal onder Indiening van soneringskemas as volg: n Munisipaliteit moet, binne 30 dae van goedkeuring van n soneringskema of wysiging daarvan, die volgende by die Provinsiale Premier indien: (a) n skriftelike kennisgewing van die besluit om die soneringskema aan te neem of te wysig, (b) die aangenome of gewysigde soneringskema, uitgesluit die register of soneringskaart, en (c) n verslag wat die terugvoering van die munisipaliteit op die kommentaar wat ingevolge Artikel 26(4) of 27(2) gelewer is, uiteengesit. In ag genome bogenoemde wetgewings moet die goedgekeurde soneringskema (hetsy n nuwe of die voorgestelde standaard) by die Provinsiale Minister ingedien word tesame met dokumentasie soos hierbo uiteengesit ten einde hul oorsigrol oor munisipaliteite uit te oefen. Weens die komplekse wetlike tydrowende en duur proses om die soneringskema met inagneming van die bestaande regte van alle eiendomme saam te stel en te implementeer deur gespesialiseerde kundigheid soos vereis word kan hierdie proses geensins afjaag word nie en moet die amptenare van die Stadsbeplanningsafdeling die geleentheid gegee word om die proses noukeurig en volledig, af te handel. 4. AANBEVELING Dat (1) die Raad kennis neem van die inhoud van die voorgestelde gewysigde standaard konsep soneringskema deur Provinsie voorsien. (2) die voorgestelde gewysigde standaard konsep soneringskema as n basis gebruik word en die nodige wysigings ooreenkomstig spesifieke behoeftes van die Munisipaliteit daarop aan gebring word. (3) daar vir genoegsame befondsing vir die opstel en implementering van n geïntegreerde soneringskema in die 2017/2018 munisipale begroting, voorsiening gemaak word. (4) die geïntegreerde soneringskema sonder die samestelling van n inter-regeringsloodskomitee in terme van Artikel 27(1) van die Wes-Kaapse Wet op Grondgebruikbeheer, 2014 No 3 van 2014), opgestel word. (5) die gewysigde konsep geïntegreerde soneringskema aan die Raad voorgelê sal word vir goedkeuring voor die nodige publieke deelname proses. VOORGELÊ VIR OORWEGING Agenda item opgestel deur die Direkteur Ontwikkeling- en Stadsbeplanningsdienste BURGEMEESTERSKOMITEE: 18 OKTOBER 2016 AANBEVELING Dat (1) die Raad kennis neem van die inhoud van die voorgestelde gewysigde standaard konsep soneringskema deur Provinsie voorsien. (2) die voorgestelde gewysigde standaard konsep soneringskema as n basis gebruik word en die nodige wysigings ooreenkomstig spesifieke behoeftes van die Munisipaliteit daarop aan gebring word.

26 (3) daar vir genoegsame befondsing vir die opstel en implementering van n geïntegreerde soneringskema in die 2017/2018 munisipale begroting, voorsiening gemaak word. (4) die geïntegreerde soneringskema sonder die samestelling van n inter-regeringsloodskomitee in terme van Artikel 27(1) van die Wes-Kaapse Wet op Grondgebruikbeheer, 2014 No 3 van 2014), opgestel word. (5) die gewysigde konsep geïntegreerde soneringskema aan die Raad voorgelê sal word vir goedkeuring voor die nodige publieke deelname proses. VOORGELÊ VIR OORWEGING Dat (1) die Raad kennis neem van die inhoud van die voorgestelde gewysigde standaard konsep soneringskema deur Provinsie voorsien. (2) die voorgestelde gewysigde standaard konsep soneringskema as n basis gebruik word en die nodige wysigings ooreenkomstig spesifieke behoeftes van die Munisipaliteit daarop aan gebring word. (3) daar vir genoegsame befondsing vir die opstel en implementering van n geïntegreerde soneringskema in die 2017/2018 munisipale begroting, voorsiening gemaak word. (4) die geïntegreerde soneringskema sonder die samestelling van n inter-regeringsloodskomitee in terme van Artikel 27(1) van die Wes-Kaapse Wet op Grondgebruikbeheer, 2014 No 3 van 2014), opgestel word. (5) die gewysigde konsep geïntegreerde soneringskema aan die Raad voorgelê sal word vir goedkeuring voor die nodige publieke deelname proses.

27 7.1.2.5 AANSOEK OM REGISTASIE VAN N SERWITUUT OOR N GEDEELTE VAN GEDEELTE 20 VAN PLAAS WINDHOEK NO 449 TE KLAWER: ENGEN 1. DOEL Om oorweging te skenk aan die beskikbaarstelling in terme van Artikel 14 van Wet op Munisipale Finansiële Bestuur, 2003 (MFMA) vir gebruik van n gedeelte van Gedeelte 20 van die Plaas Windhoek No 449 ten einde n dienspad serwituut vir Klawer 1-Stop te skep. 2. AGTERGROND Daar is tans n 3m wye waterlyn serwituut tussen Klawer 1-stop op die T-aansluiting van die Klawer hoofpad by die N7. Laasgenoemde akkommodeer ook n gravitasie- en rioollyn, onderskeidelik. Hierdie aansoek behels die registrasie van n addisionele 2 meter wye serwituut aanliggend aan genoemde serwituut as n dienspad ten opsigte van hierdie onderskeie dienstelyne in eersgenoemde serwituut. Bylaes: Liggingsplan Bylae V op bladsy 111 Aansoekskrywe Bylae W op bladsy 112 Kommentaar van Departement Publieke Werke en Basiese Dienste Bylae X op bladsy 113 (BK bylae) 3. KOMMENTAAR Die Munisipaliteit het hierdie eiendom onteien en reeds die betrokke gelde oorbetaal. Weens verskeie uitdagings rakende die ondertekening van die betrokke dokumentasie is die eiendom nog nie op die Munisipaliteit se naam by die akte kantoor oorgedra nie, maar is dit reeds ingedien. Die betrokke gedeelte grond word vir die ontwikkeling van behuising geoormerk. Alhoewel die voorstel die ontwikkelingsarea opbreek behels dit slegs die verbreding van die voorgestelde serwituut van die bestaande serwituut wat geskep is vir die verskaffing van minimum basiese dienste tussen ook tussen die rioolwerke en bestaande Klawer 1- stop.departement Publieke Werke en Basiese Dienste ondersteun die aansoek onderhewig aan voorwaardes. 4. AANBEVELING Dat die Raad ingevolge artikel 14 van die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur, 2003 bevestig dat die addisionele 2m breë strook aanliggend aan die bestaande waterlyn serwituut, op die gedeelte van Gedeelte 49 van die Plaas Windhoek 449, soos uiteengesit op die aangehegte liggingsplan van WSP met verwysing C1010 // 17667 gedateer Februarie nie vir die verskaffing van n minimum vlak van basiese munisipale dienste benodig word nie en derhalwe vir die registrasie van n dienspad tot die bestaande serwituut ook aan ENGEN kosteloos beskikbaar gestel kan word onderhewig aan die volgende voorwaardes: Dat - (1) die betrokke grondgebruikveranderingsaansoek in terme van Artikel 15 van die Matzikama Grondgebruikbeplanning Verordening, 1 Desember 2015 goedgekeur word. (2) plaaslike arbeiders vir die projek gebruik sal word. (3) Matzikama Munisipaliteit toegang tot die serwituut pad het. (4) munisipale dienste ook binne die addisionele 2m wye strook grond aanliggend aan die waterlynserwituut geïnstalleer word, indien nodig.

28 (5) die bestaande toegang vanuit Hoofpad 547 vir toegang na die bestaande en voorgestelde serwituut, gebruik word. (6) die kostes vir die opstel van die landmeterskaarte en betrokke prosesse asook die registrasie vir ENGEN se rekening sal wees. (7) n Ooreenkoms ook ooreenkomstig die bepalings van regulasie 45 van die Munisipale Bate Oordrag Regulasies, 2008 voor registrasie van die addisionele serwituut soos versoek, tussen die Munisipaliteit en ENGEN onderteken word. (8) indien voorgestelde dienspadserwitute n gelyste aktiwiteit in terme van die Wet op Omgewingsbewaring, 1998 is, en/of toestemming in terme van enige ander wetgewing verkry moet word, ENGEN die nodige aansoeke vir hul rekening sal doen en die munisipaliteit van die goedkeuringsbriewe binne 30 dae na uitreiking, sal voorsien. (9) goedkeuring in terme van Munisipale Bate Oordrag Regulasies, 2008 nie vir die aansoek vir die beskikbaarstelling van die betrokke grond vir n dienspad serwituut, vereis word nie omdat die Munisipaliteit ook die betrokke serwituut gaan benut. VOORGELÊ VIR OORWEGING Agenda item opgestel deur die Direkteur Ontwikkeling en Stadsbeplanningsdienste BURGEMEESTERSKOMITEE: 18 OKTOBER 2016 AANBEVELING Dat die Raad ingevolge artikel 14 van die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur, 2003 bevestig dat die addisionele 2m breë strook aanliggend aan die bestaande waterlyn serwituut, op die gedeelte van Gedeelte 49 van die Plaas Windhoek 449, soos uiteengesit op die aangehegte liggingsplan van WSP met verwysing C1010 // 17667 gedateer Februarie nie vir die verskaffing van n minimum vlak van basiese munisipale dienste benodig word nie en derhalwe vir die registrasie van n dienspad tot die bestaande serwituut ook aan ENGEN kosteloos beskikbaar gestel kan word onderhewig aan die volgende voorwaardes: Dat - (1) die betrokke grondgebruikveranderingsaansoek in terme van Artikel 15 van die Matzikama Grondgebruikbeplanning Verordening, 1 Desember 2015 goedgekeur word. (2) plaaslike arbeiders vir die projek gebruik sal word. (3) Matzikama Munisipaliteit toegang tot die serwituut pad het. (4) munisipale dienste ook binne die addisionele 2m wye strook grond aanliggend aan die waterlynserwituut geïnstalleer word, indien nodig. (5) die bestaande toegang vanuit Hoofpad 547 vir toegang na die bestaande en voorgestelde serwituut, gebruik word. (6) die kostes vir die opstel van die landmeterskaarte en betrokke prosesse asook die registrasie vir ENGEN se rekening sal wees. (7) n Ooreenkoms ook ooreenkomstig die bepalings van regulasie 45 van die Munisipale Bate Oordrag Regulasies, 2008 voor registrasie van die addisionele serwituut soos versoek, tussen die Munisipaliteit en ENGEN onderteken word. (8) indien voorgestelde dienspadserwitute n gelyste aktiwiteit in terme van die Wet op Omgewingsbewaring, 1998 is, en/of toestemming in terme van enige ander wetgewing verkry moet word, ENGEN die nodige aansoeke vir hul rekening sal doen en die munisipaliteit van die goedkeuringsbriewe binne 30 dae na uitreiking, sal voorsien.