MODERATUUR. BYLAAG (By punt 7 van die SDR verslag)

Vergelijkbare documenten
Proses van wysiging van Artikel 1 van die Kerkorde

NOTULE. Ds. Paul Grobler tref n paar dagreëlings. Die liturgiese kleur van die dag is pers van Lydenstyd.

Ingevolge artikel 185 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 55 van 1995, het elke werknemer die reg om nie onbillik ontslaan te word nie.

1. PROJEKNOMMER (SLEGS VIR KANTOORGEBRUIK): 2. NAAM EN KONTAKBESONDERHEDE VAN PROJEKVOORSTELLER EN (HANDTEKENING VAN PROJEKVOORSTELLER) CMR PROJEKPLAN

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur

Algemene Bevoegdheidsraad: Handleiding vir gebruik in die Kerk vir die bestuur van predikante sake 2013

SA GEMEENTE SENTRALE KERKRAAD (SK) NOTULE VAN DIE VERGADERING TE CITY TEMPLE. Sondag 10 Julie 2011 OM 13:00

KONSTITUSIE VAN ARSO

Verloop van die kerkregtelike proses. Besluite van die Algemene Sinode: Selfdegeslag verhoudinge

REGLEMENT VAN DIE ADMINISTRATIEWE PERSONEELVERENIGING

Tensy uit die samehang anders blyk, beteken in hierdie reglement: 'n Lid van die Fakulteitsraad met spreek- maar geen stemreg nie.

GRONDWET. Centurion Kunsvereniging (hierna genoem die Kunsvereniging) Die naam van die Kunsvereniging sal wees CENTURION KUNSVERENIGING.

Ontwikkeling van die luistersiklus. n Hulpmiddel

Risikoprofielsamestelling op SanPort ipad- app

HOËRSKOOL OOS-MOOT OOS-MOOT RAAD GEDRAGSKODE

DIE KERKORDE VAN DIE NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK

BELEID TEN OPSIGTE VAN OOV UITGAWES

Gemeenskap. Wat is n gemeenskap? n Gemeenskap het n hoof/hoof?

DIE BURGEMEESTER, RAADSLID T VAN ESSEN, SE VOORLEGGING VAN DIE TWEEDE HERSIENING VAN DIE

HOOFSTUK 8 Die Nasionale Raad

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

Les 11: Tegnologie in die sake-omgewing

INVESTERING BELEID BELEID VAN DIE RAAD

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN DIE PRE-PRIMÊRE SKOOL SENEKAL

FAKTORE EN VEELVOUDE

Die volgende is die hoofde waarin die ooreenkoms verdeel is:

Nasionale Minimumloon: Wie, waar, hoekom en hoe?

AANSOEK VIR ONDERSTEUNING TEN OPSIGTE VAN N NAVORSINGSPROJEK / STUDIEBEURS

REËLS VIR DIE AANSTELLING VAN AMPSDRAERS

Les 14: Entrepreneurskap

KONSTITUSIE. Van die. Hoedspruit Plaaswag. ( die Plaaswag )

RAAMWERK VIR n KONSTITUSIE VIR n GEMEENSKAPSFORUM / ORGANISASIE VIR GEMEENSKAPSONTWIKKELING

NUUSBRIEF: JANUARIE 2014

MEMORANDUM VAN OOREENKOMS

Eerste jaarvergadering en konstitusie

MODULE 3: GEBOUE. Ja. Dit ís n huis. En hierdie is versekering. Eenvoudige, verstaanbare, duidelike versekering.

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA. REGULASIE EN PROSEDURE VIR DIE AANSTELLING VAN UITVOERENDE DIREKTEURE EN DIE REGISTRATEUR (Rt326/10)

NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK IN OOS-KAAPLAND FINANSIËLE STATE VIR DIE JAAR GEëINDIG 28 FEBRUARIE 2007

BELASTINGVRYE PLAN Kom ons kry Suid-Afrika aan die spaar.

Die horisontale as verteenwoordig die invoerveranderlike en die vertikale as die uitvoerveranderlike, en die twee asse sny by n gesamentlike nulpunt.

????: Eienaar van I Do tydskrif. BESIGHEIDSVERSEKERING Finansiële Onderskrywingsriglyne

1.1 Erfenis Wes-Kaap (EWK) en die Departement van Kultuursake en Sport (DKES)

ADMINISTRATIEWE BURO VAN DIE GKSA

Verwante artikels: Die volgende artikels is van Kerkbode gekopieer. - Versoek dat NGK gays sal aanvaar (Beeld) *************

Ignition Munt en Die Ignition Netwerk Ontwerp vir Waarde, Volhoubaarheid, en Groei

Handleiding 2. Skep van ʼn webwerf Weergawe 1.0 Februarie 2014 GKSA

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

OM GOD SE WERK DEUR TRINITAS TE ONDERSTEUN

OPSIES WANNEER UIT DIENS TREE BY JOU WERK UMBRELLA FUNDS

PERSONEELADMINISTRASIEMAATREËLS (PAM)

5. NOTULE VAN DIE VERGADERING GEHOU OP 7 NOVEMBER Bylae A

GRONDWET VAN DIE HERMANUS HISTORIESE VERENIGING

besigheidsversekering finansiële onderskrywingsriglyne

Foto-redigering vir sun.ac.za

vonnisse tot 12 maande resorteer onder die Hoof van die Korrektiewe Sentrum vir plasing op parool. Artikel 76:

KONSTITUSIE FICHARDTPARK WOONBUURT ASSOSIASIE 2 JUNIE 2010

Deur Christus Alleen

1. PROJEKNOMMER (SLEGS VIR KANTOORGEBRUIK): 2. NAAM EN KONTAKBESONDERHEDE VAN PROJEKVOORSTELLER EN (HANDTEKENING VAN PROJEKVOORSTELLER)

REGLEMENTE VAN DIE NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK IN SUID-AFRIKA (SINODE VAN WES-KAAPLAND)

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

D. VOORBEELDE VAN BEROEPSBRIEF EN DIENSOOREENKOMS VIR PREDIKANTE

Preek 1 oor gesag (vyfde gebod)

KONSTITUSIE VAN PRETORIA PAPEGAAI KLUB

eboeke word ontwikkel en gratis verskaf deur die

HELPHETTA VERSLAG JULIE 2018

UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT BELEID. Ondernemingsbeleid. Senior Direkteur: IKT-dienste UBK. Jaarliks

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN LAERSKOOL RUSTENBURG

Opsies wanneer jy aftree PREDIKANTE PENSIOENFONDS VAN DIE NED. GEREF. KERK IN SUID-AFRIKA (PPF)

.1 INLEIDING. geleenthede te adverteer en deelname te bevorder Moets

DIE KERKORDE VAN DIE NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK

Ontleding van die toepassing van die 75 beginsels van korporatiewe bestuurstoesig soos aanbeveel in die King III-verslag

Kan Ons Asseblief in U Nuusbrief of Advertensie Blad adverteer?

LAERSKOOL SAAMTREK. Grond-en-gebouebeleid

DIE KERKORDE VAN DIE NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK

A B C Toekenning. 15 Februarie 2003

Belastingvrye Belegging. Planbeskrywing

RESPECT 4 U. L e s 1. Jou vermoëns en sommige van jou verwagtinge en drome indentifiseer

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II SKRYF EN AANBIED (LU3) TAAL (LU4)

DISSIPLINERE KODE VIR STUDENTE DIE JOU SAKGIDS VIR:

Sentraalbeplande stelsel

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

Taalbeleid van die Universiteit Stellenbosch

Riglyne vir Steundiensaanstellings

HOOFSTUK 9 Regspleging

REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA MAATSKAPPYWET, AKTE VAN OPRIGTING KRANSPOORT EIENAARSKOMITEE NWM 8 Maart 2016 Rev 1

VLEISINVOERE VANAF NAMIBIË GERHARD SCHUTTE OOS-KAAP RPO JAARVERGADERING 20 MEI 2015

Watter koek se dele lyk vir jou die grootste? Dis Reg! Die koek wat in 3 dele gesny is se dele is groter as die koek wat in 4 dele gesny is.

Press Minister Pravin Gordhan, 2014 Begrotingsrede

DIENSKONTRAK MEMORANDUM VAN OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: hierin verteenwoordig deur behoorlik daartoe gemagtig (hierna die WERKGEWER genoem)

MUNISIPALITEIT DEERNIS BELEID

AANSOEK OM GEDEELTELIKE / VOLLE VRYSTELLING VAN SKOOLGELD

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Riglyne vir die regulering van termynaanstellings van langer as 3 (drie) maande 1

Hoërskool Pretoria-Noord. Wiskunde Geletterdheid GR 11. Junie Eksamen 2016 Vraestel 2

EUROPA Trust Company 2

TYGERBERG SKOOLFONDS 2015

3 Maart 2004 BESTUURSTAKE VAN VRYWILLIGERS AS LEDE VAN AFRIKAANSE CHRISTELIKE VROUE VERENIGING BESTURE

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies?

Hoe verskil n projek van dag-tot-dag werk?

ARBEIDSREG ARR214. Tema 5 Organiseringsregte, Kollektiewe Arbeidsreg & Kollektiewe Bedinging

Transcriptie:

18 BYLAAG (By punt 7 van die SDR verslag) MODERATUUR 1. SAMESTELLING 1.1 Die moderatuur is volgens Bepaling 32.2.9 saamgestel uit die moderator, assessor, aktuarius, vyf addisionele lede, asook die sinode se predikant in sinodale diens (adviserend) wat ampshalwe as skriba optree en die saakgelastigde van die sinode (adviserend). Die moderatuur tree op as dagbestuur van die SDR en hanteer: 1. sake wat deur die sinode of Sinodale Diensraad aan hom opgedra is; 2. dag-tot-dag bestuursake; 3. die koördinering van die uitvoering van die diensterreine soos bepaal deur die sinode en die aanwysing van taakspanleiers; 4. die benoeming van afgevaardigdes om by bepaalde geleenthede die groete / gelukwensing / meegevoel van die sinode oor te bring; 5. die opstel van n skema van werksaamhede vir die volgende sinode. 2. FUNKSIONERING 2.1 Die moderatuur se funksionering word in bep 35.2.2 bepaal. Hierdie verslag word volgens die bepaling se uiteensetting aangebied. 2.2 Die moderatuur het sedert die vorige sinode 23 keer vergader (tot op die datum van die finalisering van hierdie verslag). Drie van die vergaderings is spesifiek aan strategiese beplanning gewy, ten einde die SDR, in die lig van die besluit van die vorige sinode hieroor te adviseer. (Sien Bylaag 1) 2.3 Die moderatuur het twee hooffunksies: koördinering en die hantering van dag-tot-dagbestuursake. In die uitvoering van sy taak het die DKB hom deurlopend deur die sinode se visie, kernwaardes en fokusareas laat lei. 2.4 Bestuursake het aandag gekry soos dit van tyd tot tyd nodig was. 2.5 Spesifieke sake word in die verslag van die SDR gehanteer. 3. OPDRAGTE VAN DIE 2012-SINODE Daar was geen opdrag direk aan die moderatuur nie. 4. OPDRAGTE VAN DIE SDR 9.5.1 Begroting 2013/14 [SDR 03*2013-02-21] *1 Die voorgestelde begroting, soos deur die SDO in oorleg met die moderatuur voorberei, is aangeheg as Bylae 9.5. *2 Die SDR keur die voorgestelde begroting vir 2013/14 goed met die voorbehoud dat die moderatuur doelgerig die uitgawes moet afbestuur sodat dit vanaf 2015/16 nie meer nodig sal wees om tekorte uit reserwes aan te vul nie. 4.1 Sien aangehegte verslag. 5. SKEMA VAN WERKSAAMHEDE VAN DIE SINODESITTING VAN 10-14 OKTOBER 2016 *1. Die moderatuur het n taakspan onder leiding van die direkteur aangewys om die skema van werksaamhede te hanteer. Die lede van die taakspan was dr Herman Carelsen, ds Paul Gobler, dr James Kirkpatrick en dr Dewyk Ungerer 6. ANDER SAKE 6.1 Samestelling van die nuwe moderatuur n Laat verslag hieroor sal by die sinodesitting dien.

19 BYLAAG (By punt 4 van die moderatuursverslag) PRIORITISERING VAN WERK EN BEGROTING Die moderatuur het in opdrag van die SDR die volgende dokument oor die riglyne oor die prioritisering van die Sinode se werksaamhede opgestel: As uitgangspunt vir die werkgroep se gesprek is die reeds goedgekeurde Visie, Kernwaardes en Kernbesigheid van die Sinode, soos dit voorkom in 2.1.3 van die SDR verslag gebruik. 1. FUNKSIONERING IN OOREENSTEMMING MET KERKORDELIKE ARTIKELS Die eerste gedagte wat deurlopend aan die orde is, is dat ons binne die beskrywing van die werksaamhede soos in die Kerkordelike artikels beskryf moet funksioneer. Alle gestelde prioriteite moet erns maak met die ooreenkomste oor die verantwoordelikhede binne die verskillende vlakke van die verband. 1.1 Bevoegdhede en roeping van ringe en sinodale strukture In die prosesse oor die herstrukturering het ons volstaan met die duidelike formulerings soos in die Kerkorde verwoord. DIE ALGEMENE SINODE Die ring en Sinode bestaan in nou verband met die Algemene Sinode. In Oktober 2011 het die AS belangrike besluite geneem om ook hulle werksaamhede te beperk en strenger by hulle opdrag soos in die verband verwoord te bly. Die nuwe bewoording van artikel 43 wat die werksaamhede van die AS beskryf is as volg: 1.1.1.1 Artikel 43 43.1 Tot die taak van die Algemene Sinode hoort: 43.1.1 dit wat uitdrukking gee aan ons gemeenskaplike identiteit in terme van Woord, belydenis, kerkorde, roeping en beleid; 43.1.2 dit wat ons nasionale en internasionale ekumeniese verhoudinge raak; 43.1.3 dit wat die kerk se publieke getuienis op nasionale en internasionale gebied raak; 43.1.4 die viering van ons onderlinge verbondenheid; 43.1.5 die aanwysing van die Bybelvertaling(s) wat amptelik gebruik moet word; 43.1.6 die vasstelling van die Belydenisskrifte ooreenkomstig Artikel 44, die Kerkorde, die liturgiese formuliere en gebruike, die liederebundel(s) en die liturgiese grondlyne vir eredienste; 43.1.7 die vasstelling van die formele vereistes vir die opleiding van die bedienaars van die Woord; 43.1.8 die administrasie van vaste eiendom en fondse van die Algemene Sinode; 43.1.9 die beheer oor algemene kerklike media; 43.1.10 die hantering van appèlsake wat voor hom gebring word. Dit is vir ons belangrik om raak te sien dat in die NG Kerk ons prosesse van saam dink oor roeping en beleid deur die Algemene Sinode gekoördineer word. In die verlede het ons meestal deur die sinodes insette na die Algemene Sinode gelewer. Die insette sal natuurlik altyd belangrik bly. Ons sal egter in ooreenstemming met ons benadering van bemagtiging van ringe prosesse moet ontwikkel waar die insette nader aan die gemeentes plaasvind. Dit is veral belangrik omdat die afvaardiging na die Algemene Sinode ter wille van kostebesparing en makliker funksionering drasties verklein is. n Effektiewe funksionering van die ringe en sinode sal baie help dat die AS nie hulle besluite in isolasie van gemeentes neem nie. Die verkleinde afvaardiging vra waarskynlik dat ons anders oor die samestelling van die afgevaardigdes na die Algemene Sinode dink. Die huidige praktyk dat die afgevaardigdes na die AS deur die SDR bepaal word is prakties maklik maar skep tog die moontlikheid dat ringe uitgesluit voel in die verteenwoordiging. DIE RING Artikel 31 Tot die werksaamhede van die ring behoort: 31.1 kerkvisitasie; 31.2 die opsig oor die gemeentes, om toe te sien dat kerkrade en gemeentes hulle roeping nakom; 31.3 advies en hulp aan kerkrade; 31.4 die stigting van nuwe gemeentes of ontbinding van gemeentes op versoek van kerkrade en die reëling van gemeentelike grense; 31.5 die behandeling van sake wat óf in eerste instansie óf in beroep voor die ringsvergadering gebring word; 31.6 die behartiging van die gemeenskaplike roeping en gesamentlike werksaamhede van die gemeentes binne die ring soos telkens deur die ring bepaal; 31.7 die opsig en tug oor alle ouderlinge, diakens en predikante, wat emeriti en proponente insluit, sonder om die opsig van die kerkraad oor sy ampsdraers uit te sluit (sien Art. 62.2). DIE SINODE

20 Artikel 35 Tot die taak en bevoegdhede van die sinode behoort: 35.1 die opstel en wysiging van bepalinge en reglemente vir die werksaamhede aan hom toevertrou, mits dit nie met die Kerkorde in stryd is nie; 35.2 die behartiging van die gemeenskaplike roeping en gesamentlike werksaamhede van die gemeentes in sy gebied, met inagneming van Artikel 22 en daarom ook Artikel 26, 31 en 43 van die Kerkorde. Die aard en omvang van hierdie sake word deur die sinode self bepaal; 35.3 die opleiding van evangeliedienaars soos deur Artikel 5 bepaal; 35.4 die opbou van die nodige fondse met die oog op eie werksaamhede en die finansiering van die Algemene Sinode volgens n aanvaarde formule; 35.5 die behandeling van alle sake wat in eerste instansie of by wyse van appèl voor hom gebring word; 35.6 Die aanwysing van afgevaardigdes na die Algemene Sinode. 2. BEGROTING Dit spreek vanself dat, om die beginsels soos bo bespreek te laat realiseer, daar indringend gekyk sal moet word na die verantwoordelikhede van die ondersekeie leierskapgestaltes. In hierdie opsig moet die sinodale begroting ook in lyn gebring word met die verspreiding en befondsing van werksaamhede. Die vraag na watter gestalte van die organisasie verantwoordelikheid moet aanvaar vir watter werk, kan nie deur een leierskap in isolasie besluit word nie, maar moet al drie die leierskappe betrek. 2.1 Beleid rakende beskikbare fondse vir aanwending 2.1.1 Inkomstebronne Die Sinode het basies vier inkomstebronne naamlik: *1 Vaste inkomste Hierdie is inkomste gereken op die beleggingsinkomste van fondse tot ons beskikking en is onderhewig aan die finansiële beleid oor die persentasie van aanwending van rente en die beskerming van kapitaal teen inflasie. Hierdie bron van inkomste is die mees stabiele bron. *2 Diskresionêre inkomste Hierdie inkomste word uit gemeentes befonds in onderhandeling tussen die STO en die gemeentes met inspraak van die ringe. Die projeksies van die STO is dat die inkomste onder druk is en is direk aan die finansiële situasies van die gemeentes gekoppel. Die aksieplanne van die STO wat reeds in plek is beteken dat die bron van inkomste as redelik stabiel gereken kan word maar dat daar nie op radikale groei gereken kan word nie en dat n vermindering van inkomste uit die bron n realiteit uit die statistieke van die afgelope jare is. *3 Toevallige inkomste Hierdie inkomste word uit spesiale projekte befonds en word vir spesifieke sake aangewend. Die droogtehulp in die huidige boekjaar is n voorbeeld van die inkomstebron. Die bron is labiel en kan nie in die gewone aanwending van fondse verreken word nie, aangesien die inkomste vir n bepaalde doel geoormerk is. *4 Kapitaal fondse. Hierdie inkomste word uit die vervreemding van bates of skenkings aan die Sinode befonds. Die bron is labiel en kan nie in die gewone aanwending van fondse verreken word nie. Daar is ook n minimum belegging van tans ongeveer R34 miljoen nodig om as sekuriteit vir mediese subsidies aan emeriti, wat n gevestigde reg is, te dien. AANBEVELINGS: 2.1.1.1 Die sinode neem kennis van die inkomstebronne. 2.1.1.2 Die sinode keur die instandhouding van die belegging benodig om die subsidies vir emeriti te verseker goed. Die SDR sien toe dat die kapitaal genoegsaam is om die befondsing van die mediese subsidies uit die opbrengs moontlik te maak. 2.2 Finansiële implikasies Veskillende moontlikhede m.b.t. finansiering, soos in 3.3 hieronder vermeld, het verkskillende implikasies vir die begroting. As vertrekpunt is geneem dat die huidige posisie nie houdbaar is nie. AANBEVELING: 2.2.1 Die sinode neem kennis dat indien die begroting nie afbestuur word, of die inkomste wesenlik verbeter nie, projeksies aantoon dat teen 2021 alle fondse van die sinode, kapitaal ingesluit, uitgeput sal word. (Sien grafiek aan die einde van hierdie verslag) 2.3 Aanwending van fondse

21 Die aanwending van die fondse het drie moontlikhede. Daar sal duidelikheid moet wees oor watter aanwending ons in verskillende situasies kan gebruik. 2.3 1. Slegs inkomste word aangewend In hierdie model word daar streng op die lopende inkomste uit die beleggings (na beskerming van kapitaal) en gemeentes gereken. Indien ons die model kies het ons min beweegruimte om strategiese besluite te neem en word ons ondersteuning deur blote finansiële realiteite bepaal. 2.3 2. Inkomste en beperkte aanwending van kapitaal. In hierdie model is die klem op die lopende inkomste uit beleggings en gemeentes met die moontlikheid van beperkte aanwending van kapitaal vir spesifieke prosesse of strategiese veranderings. In die model kan n totale rente inkomste sonder beskerming van kapitaal of selfs gedeeltelike aanwending van kapitaal vir byvoorbeeld onderhandeling oor beëindiging van ondersteuning vanaf die Sinode gebruik word. Hierdie model is ons huidige finansieringsmodel en is geskoei op die benadering dat die gemeentelike bydraes binne die Sinode vir gesamentlike werksaamhede verdeel word. By die gesprek van die moderatuur oor die prioritisering was die versonderstelling dat die afwenteling van die finansiering na ringe as n medium termyn saak sien en ter wille van ons proses nie gaan probeer om dit nou op die spits te dryf nie. Die model is waarskynlik die mees aanvaarbare model van finansiering. Om dit egter effektief in ons sisteem aan te wend sal ons moet besluit oor: a) Die beginsel dat die basiese lopende uitgawes deur die basiese inkomste (gemeentelike inkomste en rente na beskerming van kapitaal teen inflasie) gefinansier moet word. b) Die beginsel dat geen medium of langtermyn uitgawes uit korttermyn aanwending van kapitaal befonds kan word nie. c) Die riglyne waarbinne kapitaal (ook die rentekomponent wat vir kapitaalbeskerming geoormerk word) aangewend kan word binne die begroting. d) n proses om die SDR, ringe en gemeentes te konsulteer oor die prioritisering van huidige werksaamhede sodat ons n breër aanduiding kan hê van waar ons die moontlike inperking van werksaamhede binne die begroting moet fokus. 2.3.3. Aanwending van inkomste en kapitaal op grond van begrotingsbehoeftes. In hierdie model word ons uitgawes op grond van n ideale begroting bepaal. Die implikasie is dat die druk op die beskikbare fondse eksponensieel al hoe groter word. Die realiteit is dat ons in die 2016/17 begroting as gevolg van ons gebrek om mekaar oor die prioritisering te vind in werklikheid van die model gebruik gemaak het. Die finansiële implikasies van die praktyk is dat ons moeilike besluite bloot uitstel tot die fondse dit vir ons ondraaglik maak. AANBEVELING: 2.3.4 Die sinode: *1 Keur die model vir befondsing soos in 3.3.2 verwoord goed. *2 Aanvaar die beginsel dat die basiese lopende uitgawes deur die basiese inkomste (gemeentelike inkomste en rente na beskerming van kapitaal teen inflasie) gefinansier moet word. *3 Aanvaar die beginsel dat geen medium of langtermyn uitgawes uit korttermyn aanwending van kapitaal befonds kan word nie. (Daar word aanvaar dat n minimum belegging van tans ongeveer R34 miljoen benodig word, om as sekuriteit vir mediese subsidies aan emeriti, wat n gevestigde reg is, te dien.) *4. Gee opdrag aan die SDR om riglyne, waarvolgens kapitaal binne die begroting (ook die rentekomponent wat vir kapitaalbeskerming ge-oormerk word) aangewend kan word, te ontwikkel. *5. Keur goed dat die moderatuur jaarliks n proses fasiliteer waar die SDR en ringe gekonsulteer word oor die prioritisering van werksaamhede voor die goedkeuring van die begroting. 2.4 Riglyne of beleid oor ons ondersteuning In die huidige sisteem is daar waarskynlik te veel onduidelikheid oor watter tipe sake ondersteun word en oor die permanensie al dan nie van die ondersteuning. Indien daar duideliker beginsels verwoord kan word sal dit baie help met n meer objektiewe evaluering van die sinodale begroting en ondersteuning. 2.4.1 Sinodale kantoor en gepaardgaande poste Die kostes rondom die funksionering van die Sinodale kantoor en die personeel, sowel as die vergoeding van funksionarisse, is eerste prioriteit in die aanwending van ons fondse om die sisteem te laat funksioneer. Met die voorbehoud dat ons gemaklik is dat die personeelstruktuur effektief is en doelwitte duidelik verwoord is, het die begrotingsitem n permanensie daaraan verbonde en is eerste prioriteit in die aanwending van fondse. 2.4.2 Langtermyn kontraktuele verbintenisse. *1 Die Sinode het besluite geneem wat ons in langtermyn kontraktuele verbintenisse in die verband geplaas het. Hieronder is die mediese subsidie aan pensionarisse, Gesamentlike werk ou Transvaalse Sinodes (waaronder Argief en die Kuratorium) en die funksionering van die Algemene Sinode. Hierdie werksaamhede het n bepaalde permanensie daaraan verbonde en kan slegs deur onderhandeling en ooreenkoms met die ander rolspelers verander word en het dus n hoë prioriteit in die aanwending van ons fondse.

22 *2 Die sinode het hulle verbind aan die ondersteuning van ringe of gemeentes waar daar poste gesubsidieer word. Binne die ondersteuning ontstaan daar n arbeidsregtelike verhouding tussen die ringe of gemeentes met individue wat in poste aangestel word. Die sinode staan nie in n arbeidsregtelike verhouding met die individue nie maar daar bestaan wel n langtermyn ooreenkoms met die ringe of gemeentes wat eers na onderhandeling getermineer kan word. Die pos(te) kan net ondersteun word indien dit duidelik aan die kernbesigheid van die Sinode verbind is en daar duidelike uitkomste tussen die Sinode en die betrokke gemeente of ring bepaal is. 2.4.3 Jaarlikse ad hoc toekennings *3 Ondersteuning van ander organisasies en bedieninge Die Sinode het verbintenisse met organisasies geskep uit die prioritisering van werksaamhede in die verlede. Die ondersteuning kan slegs befonds word uit die restant van fondse wat na die prioriteite in 3.1 en 3.2 aangedui befonds is en sal jaarliks opnuut in oorweging geneem moet word. Geen verwagting oor lang- of medium termyn ondersteuning kan in die prioriteite geskep word nie. Die ondersteuning spruit uit artikel 35.2 (Die behartiging van die gemeenskaplike roeping en gesamentlike werksaamhede van die gemeentes in sy gebied, met inagneming van Artikel 22 en daarom ook Artikel 26, 31 en 43 van die Kerkorde. Die aard en omvang van hierdie sake word deur die sinode self bepaal) en is direk aan die prioritisering van die werksaamhede van die Sinode verbind. Hierdie prioritisering is reeds vir die huidige dienstydperk op die 2012 Sinodesitting verwoord en lui soos volg: 1 Armoedeverligting 2 Begeleiding van rou-prosesse 3 Beklemtoning van God-gefokusde spiritualiteit 4 Bemagtiging van ringe 5 Bestuur van diversiteit en eenheid 6 Bewusmaking van belangrikheid van ekologie 7 Bou van verhoudings na binne en buite 8 Ondersteuning met prediking en erediens 9 Opleiding in Skrifhantering 10 Opskerping van roepingsbewustheid by lidmate 11 Ondersteuning van gemeentes t.o.v. finansies en administrasie 12 Pastorale versorging van predikante en predikantsgesinne 13 Toerusting van lidmate vir bediening as gelowige Onder die werksaamhede val die Judea getuienisforum, CMR, SKDBM, Sibs Marias Sentrum, Tshilidzini skool en n groot deel van die totale begroting van Diensgetuienis, hulp aan RMA vir pensioen voorsiening van leraars, Pretoria Engelse bediening, Mosambiek Sending, Ring van Daspoort vir pos vir vreemdelingebediening. In die gesprek oor die werksaamhede moet die gedagte dat indien die werksaamhede nie meer deel van die kernbesigheid van die Sinode of die prioritisering vorm nie, ons met die organisasies moet onderhandel oor die staking van die ondersteuning. Hierdie werksaamhede het n korttermyn permanensie en die finansiering is direk verbind aan die beskikbare fondse soos deur die beleid bepaal. Die Sinode moet dit ook oorweeg dat die toegewing op Sinodale bydraes vir nie gemeentelike werk gekoppel word aan werksaamhede wat deur die Sinode geprioritiseer word. Op die manier stel die Sinode organisasies wie se werksaamhede vir ons n hoër prioriteit geniet in staat om met die sanksie van die Sinode direk gemeentes te nader vir ondersteuning. AANBEVELINGS: 2.4.4 Die sinode keur die beginsels m.b.t. die prioritisering van die aanwending van fondse soos verwoord in 2.4.1 tot 2.4.3 goed. 2.4.5 Die sinode keur goed dat n proses ingevolge 2.3 en 2.4 deur die SDR gekoördineer word, waartydens met ringe ooreengekom word oor die verantwoordelikheid vir en befondsing van werk wat spruit uit die fokusareas soos deur die sinode goedgekeur.

Randwaarde 23 Grafiek by 2.2 van Bylaag by punt 4 van moderatuursverslag 50 000 000 Huidige inkomstes volg tendens, uitgawes onveranderd, volle opbrengs op belegging en addisionele kapitaal aangewend vir tekorte 40 000 000 Fondse op belegging 30 000 000 20 000 000 10 000 000 - Aanwending van fondse Sinodale bydraes Opbrengs op beleggings Ander inkomstes -10 000 000 Surplus/tekort -20 000 000