Sing vooraf: Psalm 66:4 (p. 321)

Vergelijkbare documenten
Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Jesaja sien die Toekoms

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

Goeie Konings, Slegte Konings

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

n Dubbele kruis-belydenis

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

n Tempel Leier besoek Jesus

Sing vooraf staande: Psalm 73:9 (p. 369)

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

Sing vooraf staande: Psalm 19:4 (p. 83)

Sing vooraf: Skrifberyming 17-2:3, 4 (18:3, 4)

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

Grote God, ons bring U eer, ons aanbid U, Koning, Heer. U kom toe die lof alom - U wat was, wat is, wat kom. Voor U buig die skepping neer - U wat

Baie welkom by vanoggend se erediens

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

Welkom by Die Storie God se storie

SKRIFLESING: Jesaja 6. TEKS: Jesaja 6:3 HK 8. Voor die drie-maal heilige God buig ons laag. Psalm 99 : 1, 2. Psalm 81 : 11, 12

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê.

Sing vooraf: Psalm 95:6 (p. 478)

Van Vervolger tot Prediker

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Psalm 25:1, 5 (p. 115) Skriflesing: Matthéüs 24 Teks: Matthéüs 24:13 Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word. (Matthéüs 24:13 AFR1953)

Sing vooraf: Psalm 84:4 (p. 425)

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

Jona en die Groot Vis

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

Die Here sal jou soos n kroon in sy hand hou, n koning se kroon in die hand van jou God.

Sing vooraf: Psalm 33:11 (p. 161)

Preek Genesis 1:27. (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 6 November 2016)

LITURGIE VIR N OOP GESPREK

Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)?

Jona en die Groot Vis

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

Preek Romeine 6:3-4. (Preek tydens erediens in Gereformeerde Kerk Welkom-Noord op Sondag 25 Junie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

Kersliedere. Jesus is die Ewige Lig!

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

JOHANNES 6:48 HK 28. Votum en seën. Psalm 100 : 1, 3. Gebed. Skrifberyming 54 (2-6) : 1. Skriflesing: Johannes 6:41-59 (AV 1983) Belydenis: HK 28

Geloofsbelydenis: Apostolicum Na die wet sing ons Psalm 67:1 (p. 326). Wet Psalm 67:1 (p. 326)

God bly met u, waar u ook mag gaan. Mag sy Gees u lei en heilig en u altyddeur beveilig. God bly met u, waar u ook mag gaan

Heilig, heilig, heilig, heilig is die Heer. Eng'le in die hemel buig hul voor Hom neer. Here, hoor my bede, hoor my as ek sing, en aan U, my Vader,

Deur Christus Alleen

Dankoffersondag met Nagmaal 4 November

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

Geloofsbelydenis: Nicea Na die wet sing ons van ons verlossing en vryspraak deur die Here met Psalm 22:2 (p. 99). Wet Psalm 22:2 (p.

Aanbieding 1 Agtergrond. Skrywer van 2 Petrus

Pragtige Koningin Ester

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3.

Die Here gee vir mense, wat oor Hom bly is, dit wat hulle harte begeer.

Preek Romeine 1:16-17

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

'n Man gestuur deur God

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder.

TEKS: 1 Korintiërs 8:4-6 HK 34:94-95

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Van Vervolger tot Prediker

Die Groot Gebod dennis de wet

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

Petrus en die Krag van Gebed

INHOUDSOPGAWE. Voorwoord Doen God al die skuifwerk hier op aarde? God se genade bepaal sy planne God se meesterplan...

VADERSDAG. Een van die raadslede van die sinagoge, 'n man met die naam Jaïrus, kom toe daar aan. Net toe hy vir Jesus sien, val hy op sy

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het.

Skriflesing: Esegiël 47 Tema: God se nuwe lewe vloei deur ons na mekaar en na die res van die wêreld.

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 13. TEKS: 1 Korintiërs 13:8. Die liefde bly vir ewig. Psalm 103 : 1, 2. Psalm 102 : 11, 12. Skrifberyming 21 (9-4) : 1, 6

Sing vooraf: Skrifberyming 4-6 (nuut)

Die Kerk se Geboorte

Tema: Laat skyn die heerlikheid van God in jou lewe met genade (liefde) EN waarheid!

Sing vooraf staande: Psalm 119:33 (p. 593)

Vir die Here is die hoofsaak dat ons sal glo en gehoorsaam.

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

Sing vooraf: Psalm 16:5 (p. 62)

Sing vooraf staande: Skrifberyming 1-1:7 (24:7)

PSALM 90:2 NGB 1. Votum en seën. Psalm 90 : 1. Gebed. Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1. Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53)

Sing vooraf staande: Psalm 135:2 (p. 655)

Transcriptie:

Sing vooraf: Psalm 66:4 (p. 321) 4 Laat, aardse volke en wêreldmagte, / vir Isr els God jul lofsang hoor; want Hy het nie in lydensnagte / ons voet laat uitgly uit sy spoor. U het ons in vergange tye, / o HEER, getugtig en bedroef, en ons gelouter deur die lye / nes silwer deur die vuur beproef. Ons hulp is in die Naam van die Here wat die hemel en die aarde geskape het. Geliefdes, genade en vrede vir u van God ons Vader en die Here Jesus Christus deur die kragtige werking van God die Heilige Gees. Lofpsalm 118:9 (p. 578) 9 Die HEER het my met sware slae / getugtig, maar nie tot die dood; Hy t my gehoor in donker dae / en my gered uit alle nood. Ontsluit dan voor my pelgrimskrede / die poort van sy geregtigheid, om God te loof wat my gebede / verhoor het in die dag van stryd. Geloofsbelydenis Nicea Na die wet antwoord ons die Here met Psalm 89:12 (p. 447) Wet Psalm 89:12 (p. 447) 12 Ek sal sy nageslag en troon nooit laat vergaan, / sy heerskappy laat duur so lank die hemel staan. Maar wil sy kinders nie my wette onderhou nie, / bly hul aan my bevel en regte nie getrou nie, maar dwaal hul verder af in hul onheil ge weë / Dan kom my tugtiging op sondaarspad hul teë. Gebed Doksologie: Aanbidding: Skuldbelydenis: Vergifnis: Dank: Smeking vir die nood van die gemeente en voorbidding vir die kerk, owerhede en sondige wêreld, asook die beroep op die beloftes van God: Algemene bede: Verligting van die Gees ter wille van die Woorddiens: Psalm 90:8 (p. 455) 8 En as die leed van jare uitgely is, / verkwik ons vroeg, wanneer die nag verby is; ag, skenk ons, HEER, die blyk van welbehae, / verbly ons na die smart van al ons dae en na die swaarte van die sware proef, / waarmee U ons wou tugtig en bedroef. Skriflesing: Jeremia 6 Teks: Jeremia 6:8 Laat jou tugtig, Jerusalem, dat my siel nie van jou vervreemd word nie, dat Ek jou nie n wildernis maak, n onbewoonde land nie. (Jeremia 6:8 AFR1953) Die Here hou hier nabetragting met sy volk. Hy laat hulle terugkyk op hulle lewe, en dan laat Hy hulle weer die toekoms inkyk. Die terugkyk is om hulle tot sondebesef en sondebelydenis te bring mens moet jou sondes erken. 1

Met al die dinge wat gebeur, wil die Here hulle twee dinge laat verstaan: Enersyds wil Hy hulle die oordeel oor hulle sondes laat verstaan. Andersyds wil Hy hê dat hulle ook sy genade moet verstaan wanneer hulle hulle bekeer. Dit is vir die Here belangrik dat elke mens eerlik teenoor Hom moet erken en bely wanneer hy sonde gedoen het en dat hy met berou uit sy sondes moet wegbreek. Net so moet ons voortdurend die gebeure wat verby is, in oënskou neem, en kyk waar God ons aanspreek. God spreek ons ook aan in sy genade en met sy oordeel. Ons gee aandag aan die volgende sake wat in hierdie gedeelte na vore kom: 1. Die sondes van die volk 2. Die aankondiging van oordeel 3. Die straf aan die Here Jesus voltrek 1. Die sondes van die volk Die Here kyk terug na die geskiedenis van sy volk (v. 7). Die volk hou haar boosheid vars soos wat n put sy water vars hou. Geweld en verdrukking word in haar gehoor; siektes en wonde is gedurig voor die Here se aangesig. So lyk n volk wat geestelik onbekwaam geraak het. In vers 13 praat die Here verder oor al hulle sondes. En die HERE het gesê: Omdat hulle my wet wat Ek hulle voorgehou het, verlaat het en na my stem nie geluister en daarin nie gewandel het nie, (Jeremia 9:13 AFR1953) Hierdie kerkvolk van die Here maak van die kleinste tot die grootste onregverdige wins. Dis nie net op sosiale gebied waar dit so sleg gegaan het nie. Die kerkleiers het saam sonde gedoen van die profeet af tot by die priester pleeg almal bedrog. En dan maak hulle die saak reg deur net doodeenvoudig te sê dat hulle jammer is terwyl daar geen werklike vrede is nie. En hulle genees die verbreking van die dogter van my volk op die maklikste manier deur te sê: Vrede, vrede! terwyl daar geen vrede is nie. (Jeremia 6:14 en 8:11 AFR1953) Verder kla die Here omdat hulle in die skande kom omdat hulle gruwels bedryf het. Daarby ontbreek dit by die volk om hulle te skaam. Daar staan geskryf dat hulle nie eers meer bloos oor hulle foute nie (v. 15). Hulle kom in die skande, omdat hulle gruwel bedryf het, tog skaam hulle hul nie in die minste nie en weet nie om te bloos nie. Daarom sal hulle val onder die wat val; en die tyd van hulle besoeking sal hulle struikel, sê die HERE. (Jeremia 8:12 AFR1953) Vergelyk ook Jeremia 6:15. By wyse van nabetragting herinner die Here hulle nou hieraan. Hulle moet hulleself sien in hulle sondes en ongeregtigheid. Geen mens kan straf verstaan as hy nie weet waarvoor hy gestraf word nie. Daarom moet die profeet Jeremia die volk so skerp gaan aanspreek oor al die sondes van hulle verlede. Mens leef nie net in die verlede nie. Die Here wil met hierdie volk van Hom in die toekoms ingaan. 2

Maar Hy wil nie met hulle verder gaan as hulle nie berou het oor al die dinge wat agter die rug is nie. Hy wil ook nie met hulle die toekoms in as hulle hulle nie van hulle oortredings gaan bekeer nie. Daarom word hulle nou gestraf. Mens moet egter die regte gesindheid hê teenoor die straf wat die Here oor jou beskik. Mens kan verskillend op straf reageer: Ons kan dit gelowig aanvaar en tot bekering kom. Of jy kan jou verset en jou teen God verhard. As voorbeeld van verharding kan mens dink aan Egipte. Die een plaag na die ander het hulle getref, maar sonder versagting. Die Here sê self in Romeine 9 dat Hy die hart van Farao verhard het sodat Hy in die verharding en verdelging van Farao sy almag kon openbaar. Dis ook die houding wat ons by Judas kry. Hy is jammer dat hy die Here Jesus verraai het, maar hy het op geen stadium werklike berou gekry nie. Sy selfmoord bewys dit, want berou sou hom teruggedryf het op sy knieë. Daarom is die gesindheid by die volk baie belangrik. Hulle moet hulle laat straf tot bekering. Anders word hulle gestraf tot verdelging verdelging is wanneer die Here Hom van sy volk vervreem (in moderne taal: dan is hulle hel toe!). 2. Die aankondiging van oordeel Luister weer na hierdie aankondiging. Die eerste paar verse is n alarmkreet waarin die Here self n vernietigende oordeel aankondig. Hy stel die kerkvolk voor as n bekoorlike meisie die dogter van Sion. Maar hierdie meisie is bederf deur allerhande verkeerde dinge. Nou kom God om die meisie dood te maak. Die mooie en die verwénde verdelg Ek die dogter van Sion. (Jeremia 6:2 AFR1953) Die toekomstige bruid van die Here Jesus moet eers gestraf word oor haar oortredinge! Meteens verander die inhoud van die hele hoofstuk. (Kyk gerus in u Bybels.) Plotseling word ons verplaas na die krygsraad van die beleërders. Hulle sê vir mekaar dat hulle die oorlog teen Jerusalem moet heilig. Een van die mense in die raad staan op en sê dat hulle onmiddellik n stormaanval moet uitvoer. Ons lei uit vers 4 af dat die beraadslagings die middag plaasgevind het. Die aanvoerder wat wil hê dat hulle dadelik moet aanval, wys op die skaduwees wat al hoe langer word. Net na hom staan daar n ander bevelvoerder op wat kla dat dit reeds te laat is vir n dagaanval. Hulle moet in die nag aanval hulle moet die paleise in die donker verwoes. Die Here is saam met die vyand in die vergadering, want toe sê die Here dat hulle haar bome moet afkap. o Hy sê ook dat hulle n wal teen haar moet opgooi. 3

o En dan gee die Here sy redes. Let op: Hier is groot haas in die beplanning en die aanval. Dit is omdat die Here nie meer wil wag nie. Hy wil hierdie dogter wat nie wil hoor nie, gaan verdelg. Hy por die vyande aan om so gou as moontlik aan te val. Dis tyd dat die mooi jong dogter wat haar sondes vars hou, getug moet word. Dan is God meteens weg van sy vyande af. Hy is meteens weer by die dogter van Sion. Laat jou tugtig, dat My siel nie van jou vervreem word nie! Die boodskap klink inderdaad oor die kerk: Ondersoek jouself in die tugtiginge wat oor jou kom, en sien dat God verdien om jou nie net te tugtig nie, maar om jou inderwaarheid heeltemal te verdelg. Sien en verstaan dat jy swaarder verdien as wat jy ontvang. Luister in jou straf na die stem van genade, en bekeer jou. Indien dit nie die gesindheid van jou hart is nie, gaan die Here sy siel van jou vervreem. Dan word jy n wildernis. Eiendom van die hel. 3. Die straf aan die Here Jesus voltrek Hierdie deel van die geskiedenis is later vervul in die lewe en dood van die Here Jesus Christus. Ons teksvers is n vooruit sê van hoe die lyde van Jesus Christus hanteer sou word. Hy hang aan die kruis in die plek van Israel. o Maar nou moet ons net onthou dat Israel simbool is van die kerk deur die eeue dus ook van ons. o o Ons is die mooi jong bederfde dogter. Ons is die uitverkore bruid van Jesus Christus wat gestraf moet word vir al haar sondes en wat ook as gevolg van al haar sondes verwerplik geword het. Die Here Jesus laat Hom tugtig. Hy beleef die bewoënheid wat ons moet hê oor al ons sondes. MAAR Hy laat Hom nie straf vir Homself nie. Hy laat Hom tug totdat Hy sterf, ter wille van ons. Hy laat Hom tug ter wille daarvan dat die Here sy siel nie van ons af sal wegtrek nie sodat ons nie die eiendom van die dood sal word nie. Toe die geweld van pyn deur sy arms en bene geskiet het toe hulle die staalpenne daardeur geslaan het, het die Here Jesus geweet dat Hy dit moet verduur en oorwin sodat ons, wat te swak is, deur sy lyding toegang tot die ewige koninkryk kan verkry. Dit was juis onder die besef van hierdie lyding wat Hy die vorige aand gaan smeek het dat die beker by Hom moet verbygaan, as dit moontlik is. Dit alles onthef ons egter nie van ons verantwoordelikheid nie. Die oproep en die aanspraak bly: Laat jou tugtig. Hoor en verstaan dat God jou voor Hom op jou knieë wil hê. Ons weet almal dat die Satan elke dag met ons werk. Daar is nie een diepsinnige mens wat nie weet hoe die duiwel ons gedagtes en werke probeer draai en wring dat dit verkeerd moet word nie. Hy werk ook met ons in ons beproewinge en in ons straf. 4

Hy probeer hard om ons teen God te verhard. Ons moet dus baie fyn oplet na ons gesindheid teenoor die Here. Ons almal doen dinge wat maak dat ons die straf van God tot die dood toe verdien. Nie een van ons is so sondeloos dat ons nie gestraf kan of behoort te word nie. Wanneer ons dus deur die Here gestraf word oor ons sondes, moet ons besef dat ons liggaam die tempel van die Here is. Hy wil in n rein en heilige tempel bly Hy kan nie anders nie as om ons tot bekering te straf sodat sy blyplek heilig en smetvry kan word. Hy tug ons sodat Hy nie sy siel van ons vervreem nie. Hy wil ons nie n wildernis en n onbewoonde land maak nie. Laat ons liggaam en siel steeds die woonplek van God se Gees bly, en laat ons siel hom altyd neerwerp voor die bevel van God die Heilige Gees. Slotgebed Skrifberyming 15-8:3 (44:3) wysie: Ek geloof (Sb 12-2) 3 Koop van My die fyne mengsel / wat as oogsalf jou kan dien, en bestryk daarmee jou oë, / dat jy, blinde, weer kan sien. Ek bestraf al wie Ek liefhet, / en Ek tugtig in my trou. Wees dan yw rig tot bekering, / vurig om my Woord te hou. Die HERE sal jou seën en jou behoed; Die HERE sal sy aangesig oor jou laat skyn en jou genadig wees; Die HERE sal sy aangesig oor jou verhef en aan jou vrede gee. Dr MJ du Plessis Gereformeerde Kerk Bellville Datum: 27 Januarie 2008 (oggend) 5