DIE HEMELVAART VAN DIE MESSIAS Deur Dr. Arnold Fruchtenbaum

Vergelijkbare documenten
Die huidige werk van Die MeSSiaS Deur Dr. arnold g. Fruchtenbaum

GOD DIE VADER Deur Dr. Arnold G. Fruchtenbaum

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

Jesaja sien die Toekoms

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

BYBELSTUDIE OPENBARING LES 4 HOOFSTUK 1:9-13.

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

Die Kerk se Geboorte

n Tempel Leier besoek Jesus

Van Vervolger tot Prediker

DIE GODHEID VAN DIE MESSIAS Deur Dr. Arnold Fruchtenbaum

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

Goeie Konings, Slegte Konings

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

Les 1 vir 7 Oktober 2017

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

2. Die skepping van die mens

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11)

Ontdek God Saam. (v 1.0) n Riglyn om nuwe groepe te lei

Van Vervolger tot Prediker

'n Man gestuur deur God

Petrus en die Krag van Gebed

Welkom by Die Storie God se storie

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees?

VRAE EN BESWARE WAT MENSE SOMS OOR DIE DOOP HET

Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)?

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

Hoe moet ek die Drie-eenheid verstaan?

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

Paulus kritiseer sy tyd se manier

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

DIE JOODSE BRUILOFSTELSEL EN DIE BRUID VAN DIE MESSIAS

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

DOOP: Deel 2 INLYDING:

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

MAAK JESUS WEER DIE HOOF VAN SY KERK!

Het jy al jou kruis opgeneem Die Besluit

Jesus het aan Petrus gesê: "en as jy eendag bekeerd is, moet jy jou broeders versterk", net voor sy ontkenning (Lukas 22:32) Petrus vervul die bevel

Gemeenskap. Wat is n gemeenskap? n Gemeenskap het n hoof/hoof?

Die Groot Gebod dennis de wet

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

In God se plan, was dit die tyd vir Saulus om die evangelie te verkondig en nuwe kerke in en om die Romeinse Ryk te bou.

Deur Christus Alleen

Deur Christus Alleen

JOHANNES 6:48 HK 28. Votum en seën. Psalm 100 : 1, 3. Gebed. Skrifberyming 54 (2-6) : 1. Skriflesing: Johannes 6:41-59 (AV 1983) Belydenis: HK 28

Aanbieding 1 Agtergrond. Skrywer van 2 Petrus

12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15

Jesus beskryf die werking van die Heilige Gees as volg:

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

Toe God alles gemaak het

D O O P. Die doop van bekeerlinge is n kardinale deel van ons redding, wat ons nie kan uit die weg stoot of verontagsaam nie.

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

Die Groot Geloofswoordeboek: Kenmerke van die ware kerk

DIE VOORWAARDES VAN GEBED Dr Arnold Fruchtenbaum

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

Hoé weet ons die Bybel is die Woord van God? Erkenning van die gesag van die Skrif en die Heilige Gees

Quo Vadis? EVANGELISASIEBLAD VAN DIE GEREFORMEERDE KERKE IN SUID-AFRIKA. Geregistreer by die poskantoor as nuusblad. NR.

BYBELSTUDIE HEBREËRS 6:13-7:28.

Dooppreek Mika Bogaards

n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2)

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

HEMELVAART. SKRIFLESING: Johannes 14:1-14. TEKS: Johannes 14:2-3 (AV 1933/53) Jesus Christus is hemel toe vir ons. Psalm 2 : 4, 6.

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

Preek Romeine 1:16-17

9. Ek glo Jesus het opgestaan Johannes 20:1-18

Toe God alles gemaak het

Deur Christus Alleen

DIE BRIEF AAN FILEMON

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer

Preek oor: Wat doen die Heilige Gees? Die Heilige Gees laat die wedergeboorte plaasvind

n Dubbele kruis-belydenis

Preek Genesis 1:27. (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 6 November 2016)

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

Frits Gaum wonder: Kan jy twyfel in Jesus se opstanding uit die dood en steeds gelowig wees?

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het.

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 6: TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1. Ook ons liggame behoort aan die Here. Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2

PREEK Sondag 10 Junie 2007 Ds Freddie Schoeman

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

Preek 1 oor gesag (vyfde gebod)

14. Ek glo my sondes word vergewe 1 Johannes 1:5 2:2

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol

Preek, Ds Freddie Schoeman. Sondag 27 Februarie 2011

Preektema: Die doop is n genadedaad van God aan sondaarmense.

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap.

Transcriptie:

Deur Dr. Arnold Fruchtenbaum INHOUD INLEIDING... 2 I. DIE GESKIEDENIS VAN DIE HEMELVAART... 2 II. DIE TEOLOGIESE IMPLIKASIES, BETEKENIS EN GEVOLGE VAN DIE HEMELVAART... 2 A. Die Ou Testament se profesieë oor die hemelvaart... 2 B. Die geskiedkundige feit van die hemelvaart... 3 1. Voorspel deur die Messias self... 3 2. Bevesig deur die skrywers van die Nuwe Testament... 3 3. Die Griekse sleutelwoorde wat gebruik is... 3 C. Die kenmerke van die hemelvaart... 3 D. Die aloop van die hemelvaart... 4 E. Die betekenisse van die hemelvaart... 4 1985, 2005 Ariel Bedieninge. Alle regte voorbehou. Geen deel van hierdie manuskrip mag sonder die skritelike toestemming van die publiseerders in enige vorm gereproduseer word nie, tensy in kort aanhalings in n oorsig of professionele werk. E-pos: Homeoice@ariel.org www.ariel.org www.faithequip.co.za info@faithequip.co.za +27 (0) 21-913-4159 Botrivierstraat 14, Proteavallei, Bellville, 7530 www.ariel.org homeoice@ariel.org 1

INLEIDING En nadat Hy dit gesê het, is Hy opgeneem terwyl hulle dit sien Handelinge 1:9a In hierdie studie bespreek ons die Messias (Christus) se hemelvaart in twee afdelings: eerstens, die geskiedenis van die hemelvaart en tweedens, die teologiese implikasies, betekenis en gevolge van die hemelvaart. I. DIE GESKIEDENIS VAN DIE HEMELVAART Daar word in drie Skrifgedeeltes oor die hemelvaart geskryf, naamlik Markus 16:19 20, Lukas 24:50 53 en Handelinge 1:9 12. Wat die geskiedenis van die hemelvaart betref, is daar ses aspekte waarvan ons moet kennis neem. Eerstens het dit volgens Lukas 24:50 aan Betanië se kant van die Olyberg gebeur: En Hy het hulle uitgelei tot by Betánië Die dorpie Betanië lê laag af teen die oostelike helling van die Olyberg en dis waar die hemelvaart plaasgevind het. Dit het nie op die kruin van die Olyberg plaasgevind waar daar nou n kerk staan om die plek aan te dui nie. Tweedens het Hy volgens Lukas 24:50 sy hande opgehef en die dissipels op die Joodse manier geseën: En Hy het sy hande opgehef en hulle geseën. Derdens is Hy volgens Lukas 24:51 in die hemel opgeneem: En terwyl Hy hulle seën [Hy was besig om sy inale seën uit te spreek], het Hy van hulle geskei [Hy is skielik van hulle geskei] en is in die hemel opgeneem. Jesus het nie sommer met sy eie krag opgevlieg nie; Hy is in die hemel opgeneem. Dit word deur Handelinge 1:9a bevesig: En nadat Hy dit gesê het, is Hy opgeneem terwyl hulle dit sien Vierdens is sy hemelvaart volgens Handelinge 1:9b deur n wolk bedek: en n wolk het Hom voor hulle oë weggeneem. Toe Yeshua (Jesus) op n sekere hoogte was, het n wolk die res van die hemelvaart bedek. Die dissipels het hom nie isies in die hemel sien wegraak nie. Hulle kon die hemelvaart net vir n ruk lank sien totdat n wolk dit bedek het. Op water hoogte die bedekking plaasgevind het, word nie gesê nie. Vyfdens was daar die engele se boodskap in Handelinge 1:10 11: En toe hulle nog sip na die hemel kyk terwyl Hy weggaan, staan daar twee manne in wit klere by hulle, wat sê: Galilése manne, waarom staan julle en kyk na die hemel? Hierdie Jesus wat van julle opgeneem is in die hemel, sal net so kom soos julle Hom na die hemel sien wegvaar het. Die engele se boodskap was dat Jesus eendag in die wolke van die hemel gaan terugkeer. Die klem is egter op die manier, nie op die plek van die wederkoms nie. Die engele het nie gesê Hy gaan na dieselfde plek terugkeer nie, maar dat die manier waarop Hy gaan terugkeer, dieselfde gaan wees as die manier waarop Hy weggegaan het. Hy het in die wolke van die hemel weggegaan en Hy sal terugkeer in die wolke van die hemel, maar dit sal nie op dieselfde plek wees nie. Die plek waar die wederkoms gaan plaasvind, is die stad van Bosra of Petra. Sesdens het Hy volgens Markus 16:19 die hemel binnegegaan en aan die regterhand van God die Vader gaan sit: Nadat die Here dan met hulle gespreek het, is Hy opgeneem in die hemel en het gaan sit aan die regterhand van God. Dit het die profesie wat in die Ou Testament in Psalm 110:1 voorkom, volbring. Die profesie het voorspel dat die Messias vir n tyd lank aan die regterhand van God sal sit. Dit het ook die profesie van Jesus se eie woorde dat Hy na die Vader sal gaan (Johannes 14:2; 16:17,28) volbring. Dit word later in 1 Timoteus 3:16 en Hebreërs 1:3 herbevesig. II. DIE TEOLOGIESE IMPLIKASIES, BETEKENIS EN GEVOLGE VAN DIE HEMELVAART Die tweede gedeelte van hierdie studie het te doen met die teologiese implikasies, betekenis en gevolge van die hemelvaart. Daar is vyf spesiieke aspekte waarvan ons moet kennis neem. A. Die Ou Testament se profesieë oor die hemelvaart Die eerste aspek wat ons aanraak is dat die hemelvaart op ten minste twee verskillende plekke in die Ou Testament voorspel word, naamlik Psalm 68:18 en Spreuke 30:4. Die antwoord op die vraag Wie het opgevaar en neergedaal? is niemand anders as die Seun van die mens nie. 2

B. Die geskiedkundige feit van die hemelvaart Die tweede aspek is die feit dat die hemelvaart plaasgevind het. Die waarheid van die hemelvaart kan op twee maniere gesien word. 1. Voorspel deur die Messias self Eerstens het Yeshua sélf voorspel dat Hy na die hemel gaan opvaar en terugkeer na God die Vader (Johannes 3:13; 6:62; 14:2; 12; 16:5; 10; 17; 28). 2. Bevesig deur die skrywers van die Nuwe Testament Tweedens is daar die gebeurtenis self wat op drie plekke geskiedkundig beskryf word (Markus 16:19 20; Lukas 24:50 53; Handelinge 1:9 11) en een keer as n herbevesiging in die Paulus se briewe (Efesiërs 4:8 9). Die gedeelte in Handelinge 1:9 11 gee vir ons die meeste besonderhede. 3. Die Griekse sleutelwoorde wat gebruik is Lukas gebruik vier Griekse sleutelwoorde om die besonderhede van die hemelvaart weer te gee. Die eerste Griekse woord wat hy gebruik, is epeirthei, wat om op te lig beteken. Dit wys vir ons dat die hemelvaart opwaarts geskied het. Verder is hierdie woord in die passiewe vorm, wat wys dat die Seun in die hemel opgeneem is deur God die Vader. Die tweede Griekse term is hupelaben, wat die betekenis het van om onder iets anders te wees. Die Messias was in die atmosferiese hemel en is deur die wolke opgeneem. Die punt is dat die wolke onder Hom was en dat die wolke Hom dus tydens die hemelvaart ondersteun het. Die ander funksie van die wolk was dat dit res van die hemelvaart van die dissipels se sig verberg het. Die derde Griekse woord is poreuomeivou wat leterlik beteken soos wat hy gegaan het. Dit beteken om op n reis te gaan. Jesus het eenvoudig op n reis gegaan. Dit was n vertrek in die sin dat Hy n reis aangepak het, dit wil sê n vertrek van die aarde en n reis na die hemel. Die woord dra beide die konsepte van vertrek én reis oor. Die aspek van vertrek beteken daar was n vertrek vanaf die aarde; die aspek van reis beteken dit was n reis na die hemel. Die vierde Griekse woord is analeimphtheis. Dit beteken om bo te ontvang. Dit beteken die hemelvaart het geëindig toe Yeshua bo in die hemel ontvang is. Elke reis het n bestemming. Terwyl die derde woord die konsep van reis benadruk, beklemtoon die vierde woord die bestemming van die reis, wat die hemel self is. Soos baie reise was hierdie reis nie n permanente een nie, maar n tydelike een. Eendag gaan Hy terugkeer aarde toe om sy Koninkryk te vesig. C. Die kenmerke van die hemelvaart Die derde aspek is dat daar ses kenmerke van die hemelvaart is. Eerstens het die hemelvaart met die hele Persoon gebeur. Dit was nie net die menslikheid van Jesus of die Godheid van Yeshua wat opgevaar het nie. Die hele God-Man, die The-antropiese Persoon, het opgevaar. Tweedens was dit sigbaar: die dissipels kon sien hoe Jesus opvaar tot in die atmosferiese hemel totdat n wolk Hom van hulle sig verberg het. Derdens was dit liggaamlik. Die opstandingsliggaam wat Hy gekry het toe Hy opgestaan het uit die dood, is die liggaam wat opgevaar het. Vierdens was dit geleidelik. Hy is nie in n oogwink of oombliklik met die spoed van lig opgeraap nie en het ook nie skielik verdwyn nie. Dit was geleidelik en het in vier stadiums plaasgevind, soos die genoemde vier Griekse woorde vir ons illustreer. Vyfdens is die hemelvaart deur die wolke ontvang. Yeshua het opgevaar in die wolke van die hemel, dieselfde wolke wat die res van die hemelvaart van die dissipels se sig verberg het. En, sesdens het die hemelvaart beteken daar het n plaaslike oorplasing van een plek na die ander plaasgevind, naamlik van die aarde na die hemel. 3

D. Die aloop van die hemelvaart Die vierde aspek waarna ons kyk is dat die hemelvaart afgesluit is met die aankoms van die Messias in die hemel. Dit was die einde en ook die doel van die hemelvaart: Jesus se liggaamlike aankoms in die hemel. Dit is so belangrik dat daar vytien spesiieke skrifgedeeltes is wat oor sy aankoms in die hemel gaan (Handelinge 3:20 21; 9:3 6; 22:6 10; 26:13 18; Filippense 3:20; 1 Thessalonisense 1:10; 4:16; 1 Timoteus 3:16; Hebreërs 4:14; 6:20; 7:26, 9:24; 1 Johannes 2:1; Openbaring 1:7; 5:5 12). E. Die betekenisse van die hemelvaart Die vyfde aspek is dat daar twaalf betekenisse van die hemelvaart is. Die eerste betekenis is dat die hemelvaart dít wat Yeshua gesê het, as die waarheid bewys het. Hy het geprofeteer dat Hy na die Vader toe sou gaan en die hemelvaart het hierdie profesie wat Hy uitgespreek het, volbring (Johannes 14:28). Tweedens beteken die hemelvaart dat Jesus n plek gaan gereedmaak. In Johannes 14:2 het Hy gesê Hy gaan hemel toe, na die Vader, om n plek vir ons voor te berei. Die hemelvaart en die aankoms van Yeshua in die hemel beteken dat Hy n plek vir ons gereedmaak. Die derde betekenis van die hemelvaart is dat dit die hoogtepunt van sy verheerliking beteken (Efesiërs 1:20 23). Met sy aankoms in die hemel het dit die verheerliking voltooi wat begin het toe Hy begrawe is in n ryk man se nuwe graf. Vierdens dui dit sy hoofskap oor die kerk aan. Dit beteken Hy is die hoof van die kerk op grond van die feit dat Hy opgevaar het na die hemel (Kolossense 1:18). Vyfdens beteken die hemelvaart dat daar n Man aan die regterhand van God die Vader sit (Handelin ge 2:32 35). Sesdens beteken die hemelvaart dat Yeshua se bediening as hoë priester begin het. Hy het sy plek as priester wat vir ons intree, ingeneem. Deur middel van sy hemelvaart kan Hy in sy priesterlike hoedanigheid in die hemel optree. Omdat daar n Man aan die regterhand van God die Vader sit wat hierdie hoë priesterlike bediening uitvoer, moedig die skrywer van Hebreërs ons aan om van hierdie hoë priester gebruik te maak. As ons hoë priester verteenwoordig Hy ons. Aangesien Hy n Man is wat al op dieselfde manier as ons versoek is, maar nie sonde het nie, beteken dit dat Hy n simpaieke hoë priester is. Die sewende betekenis van hemelvaart is dat dit die aankoms van die Heilige Gees aandui. Die nuwe ipe bediening wat die Heilige Gees in Handelinge 2 begin het, kon nie voor die hemelvaart van Jesus plaasgevind het nie. Slegs ná sy hemelvaart kon die Heilige Gees kom om vir ewig in gelowiges te woon en om Sy werk van doop in die Gees te begin. Dit kom profeies uit in Johannes 7:39 en 16:7 en word in Handelinge 2:33 volbring. Die agste betekenis van die hemelvaart is dat dit die Messias n voorloper vir ons in die hemel maak (Hebreërs 6:20). Deur middel van sy hemelvaart het Hy n voorloper in die hemel geword. n Voorloper beteken die eerste van meer wat later kom. Die gelowiges is die meer wat later kom. Die negende betekenis is dat gelowiges nou n nuwe posisie in die hemele het (Efesiërs 1:20 21). Omdat gelowiges in Christus is, het hulle n nuwe posisie. Omdat die Messias in die hemele aan die regterhand van God die Vader sit, en omdat gelowiges in die Messias is, sien God gelowiges nou as teenwoordig in die hemele nie isies nie, maar posisioneel. Die iende betekenis van die hemelvaart is dat die gawes van die Heilige Gees (Efesiërs 4:7 11) deur middel van die hemelvaart uitgedeel kon word. Hierdie skrifgedeelte wys vir ons dat die gawes van die Heilige Gees eers beskikbaar kon word nadat die Messias opgevaar het na die hemel. Die Seun het dus opgevaar na die hemel en toe dié geestelike gawes aan die mens gegee. Die elfde betekenis van die hemelvaart is dat dit die manier waarop Hy gaan terugkom aarde toe voorsien (Handelinge 1:9 11). Dit voorsien wel nie die plek nie. Hy het in die wolke van die hemel opgevaar en Hy sal op dieselfde manier eendag terugkeer, ook in die wolke van die hemel. 4

Die twaalfde en laaste betekenis is dat die heiliges van die Ou Testament nou ook in die hemel is. Voordat Hy opgevaar het na die hemel is die heiliges van die Ou Testament se siele in die middel van die aarde in die doderyk gehou. Toe Yeshua opgevaar het na die hemel het Hy die siele van die Ou Testament se heiliges saam met Hom geneem. Dus beteken die hemelvaart dat die siele van die Ou Testament se heiliges nou ook in die hemel is (Efesiërs 4:8). AS U HIERDIE BYBELSTUDIE GENIET HET, BEVEEL DR. FRUCHTENBAUM AAN: MBS009, 016, 020, 028, 031, 032, 035, 036, 040, 043, 044, 048, 049, 056, 060, 061, 069, 070, 075, 094, 099, 127, 134, 183 en 185. 5