Sing vooraf staande: Psalm 19:4 (p. 83)

Vergelijkbare documenten
Jesaja sien die Toekoms

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

Baie welkom by vanoggend se erediens

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê.

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

Les 2 vir 13 Oktober 2018

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

n Tempel Leier besoek Jesus

Goeie Konings, Slegte Konings

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

Sing vooraf staande: Psalm 73:9 (p. 369)

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)?

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

Grote God, ons bring U eer, ons aanbid U, Koning, Heer. U kom toe die lof alom - U wat was, wat is, wat kom. Voor U buig die skepping neer - U wat

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer

Inhoudsopgawe. Voorwoord... 11

Welkom by Die Storie God se storie

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

Jona en die Groot Vis

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

JOHANNES 6:48 HK 28. Votum en seën. Psalm 100 : 1, 3. Gebed. Skrifberyming 54 (2-6) : 1. Skriflesing: Johannes 6:41-59 (AV 1983) Belydenis: HK 28

Jona en die Groot Vis

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

Skriflesing: Dordtse Leerreëls Hoofstuk 2 paragraaf 8 Sing- Ps. 25:4; Ps. 19:5; Ps. 23:2 volkome vrye raadsbesluit, genadige wil en voorneme van God

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

Van Vervolger tot Prediker

Sing vooraf: Psalm 95:6 (p. 478)

Toe God alles gemaak het

Sing vooraf: Psalm 16:5 (p. 62)

Heilig, heilig, heilig, heilig is die Heer. Eng'le in die hemel buig hul voor Hom neer. Here, hoor my bede, hoor my as ek sing, en aan U, my Vader,

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

Tema van die dag is ons bekommernisse, en wat om daarmee te maak.

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

Les 1 vir 7 Oktober 2017

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap.

Preek Genesis 1:27. (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 6 November 2016)

Sing vooraf staande: Psalm 119:33 (p. 593)

Die Groot Gebod dennis de wet

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 6: TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1. Ook ons liggame behoort aan die Here. Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3.

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11)

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het

HOSEA 6:1-3. Votum en seën. Psalm 48 : 1. Gebed. Skriflesing: Hosea 6 (AV 1933/53) Teks: Hosea 6:1-3 (AV 1933/53) Psalm 72 : 3

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

Toe God alles gemaak het

n Dubbele kruis-belydenis

Ontdek God Saam. (v 1.0) n Riglyn om nuwe groepe te lei

Aanbieding 1 Agtergrond. Skrywer van 2 Petrus

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

PSALM 90:2 NGB 1. Votum en seën. Psalm 90 : 1. Gebed. Skriflesing: Psalm 90 (AV 1933/53) Belydenis: NGB 1. Teks: Psalm 90:2 (AV 1933/53)

Meer Jesus Meer Liefde Meer Dissipels. Leierskap Strukture

TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5

Dankoffersondag met Nagmaal 4 November

Kersliedere. Jesus is die Ewige Lig!

Preek Romeine 6:3-4. (Preek tydens erediens in Gereformeerde Kerk Welkom-Noord op Sondag 25 Junie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff

Skriflesing: 2 Tim 2:14-26(word gelees deur gemeentelede uit die banke)

Skriflesing: Esegiël 47 Tema: God se nuwe lewe vloei deur ons na mekaar en na die res van die wêreld.

ons rykdom in Christus 2

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

Sing vooraf staande: Skrifberyming 1-1:7 (24:7)

DIE JERUSALEM RAAD Les 8 vir 25 Augustus 2018

Sing vooraf: Psalm 84:4 (p. 425)

PSALM 115:1 HK Sondag 52:

Preek Romeine 1:16-17

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

LITURGIE VIR N OOP GESPREK

Gisteraand het dit gegaan dit oor hoe ons lewens moet wees om Jesus te volg. Watter klere ek moet aantrek.

Transcriptie:

Sing vooraf staande: Psalm 19:4 (p. 83) 4 Die HEER se heil ge wet / is rein en onbesmet, / en sal die hart bekeer; sy woorde sal gewis / aan wie eenvoudig is, / die ware wysheid leer. Sy regte heerskappy / dié sal ons hart verbly / en onreg nooit gedoë; en wat sy wet berig / is suiwer soos die lig / wat afstraal op die oë. Ons hulp is in die Naam van die Here wat die hemel en die aarde geskape het. Geliefdes, genade en vrede vir u van God ons Vader en die Here Jesus Christus deur die kragtige werking van God die Heilige Gees. Lofpsalm 18:11, 12 (p. 75) 11 Sy ordening, dié was voor my, / ek het sy woord getrou gebly. Ek was opreg van hart voor Hom / en wou op onregspad nie kom; sodat die HEER, sy trou tot prys, / en na die reinheid van my hand, sy woord gegee het as my pand / en my my reg het toegewys. 12 Barmhartig, vol van derenis, is U vir wie barmhartig is; en wie opreg is, U sal hom / ook met opregtheid teëkom. By hul wat reinheid rein bemin, / hou U, die Heil ge, U ook rein; maar vir wie leef in valse skyn, / is U ook self verkeerd van sin. Geloofsbelydenis: Apostolicum Na die wet sing ons Psalm 19:6 (p. 83). Wet Psalm 19:6 (p. 83) 6 Hoe word, deur U vermaan, / my weg n helder baan, / en my verwagting skoon! Hy wat u wet bemin, / die vind, o HEER, daarin / n groot genadeloon. Wie kan van voor af aan / sy dwalinge verstaan / en al wat hom ontbreek het? HEER, reinig U my tog / van sondes wat daar nog / diep in my hart bly steek het. Gebed Doksologie: Aanbidding: Skuldbelydenis: Vergifnis: Dank: Smeking vir die nood van die gemeente en voorbidding vir die kerk, owerhede en sondige wêreld, asook die beroep op die beloftes van God: Algemene bede: Verligting van die Gees ter wille van die Woorddiens: Psalm 78:1 (p. 390) 1 Merk op, my volk wat nou my roepstem hoor, / met ope hart en toegeneë oor! Met wyse spreuke wil ek u vermaan, / wat waarheid is van vroegste tye af aan; verborge goud wat net op koest'ring wag, / met stof bestrooi, haal ek weer voor die dag. Skriflesing: Esegiël 3 Teks: Esegiël 3:19 Maar as jy die goddelose waarsku, en hy hom nie van sy goddeloosheid en van sy goddelose weg bekeer nie, dan sal hy deur sy ongeregtigheid sterwe; maar jy het jou siel gered. (Esegiël 3:19 AFR1953) As jy hom waarsku en hy bekeer hom nie van sy goddeloosheid nie, van sy bose optrede nie, sal hy deur sy sonde sterf, maar jy sal jou eie lewe behou. (83AV) 1

Ons is vir mekaar verantwoordelik! Die gelowige word aan n groot verantwoordelikheid verbind: hy moet oor die lewe van sy naaste waak, want God gaan die lewe van jou naaste van eis! Ons behandel hierdie preek aan die hand van die volgende punte: 1. Esegiël en sy opdrag 2. Die inhoud van die opdrag 3. Waar pas ons in? 1. Esegiël en sy opdrag Die Here gaan na Esegiël toe en Hy gee aan hom opdrag om vir die Jode wat daar in Babel in ballingskap is, te gaan preek. Esegiël self is maar swak, daarom spreek die Here hom ook aan as mens. Die 1933-vertaling praat van mensekind. Al twee die woorde teken Esegiël maar net as n swakke en gebrekkige mens iemand soos ons. Dit openbaar ook iets anders: As hierdie swakke en brose mens daar by hulle opdaag met sy prediking, dan moet hulle weet dat dit die Here is wat praat, want n mens kan nie uit sy swakheid sulke dinge sê nie. Hierdie swakke mens moet ook die hele tyd onthou dat hy aan sy Sender verantwoording verskuldig is. Toe stel die Here hom as wagter aan. Daar is twee soorte wagters. Die een is iemand wat net gedurende die nag waghou oor iets wat aan hom toevertrou is, soos byvoorbeeld n trop skape van iemand. Esegiël is nie as dié soort wagter aangestel nie. Hy is aangestel as die soort wagter aan wie die veiligheid van n hele stad toevertrou is. Die wagter het gewoonlik in n hoë toring op die stadsmuur gesit waarvandaan hy ver oor die gebied rondom die stad kon sien. Hy moet dag en nag waak en as hy enige vyand sien opdaag, moet hy alarm maak. Esegiël word aangestel om op hierdie manier oor die stad van die Here te waak. Tog is daar iets in die beeld van die wagter wat kortkom, want agter Esegiël staan die Here. Hy is die eintlike Bewaker van die stad. Esegiël is wagter oor die huis van Israel, maar hy moet aan hulle die waarskuwings van die Here af gaan oordra. Die waarskuwings word almal deur die Here gegee. Esegiël moet dit net aan die volk deurgee. Dis al. Hy het nie n swaar of gevaarlike werk nie. Hy moet net gaan sê wat die Here sê. Die gevaar is ook anders as wat dit gewoonlik met n stad en sy mense is. Die vyand val hulle van buite af aan daarom moet die wagter die hele tyd oor die vlaktes kyk. Maar die gevaar wat die volk van die Here bedreig, kom nie van buite af nie. Dit kom van binne af dis hulle eie sondes. Daarom is daar die spanning in die teks self dat die Here Esegiël oor die Israeliete aanstel, maar hy moet die goddeloses gaan waarsku. 2

Hy kyk nie van die stad af oor die vlaktes nie. Hy kyk van die muur af na binne toe oor die stad. Vir ons gevoel kom Israel en goddeloses nie mooi by mekaar uit nie, maar dis tog presies waaroor dit gaan. In die kerk van die Here is daar mense wat nie die pad loop soos dit hoort nie, hulle is goddeloos, en hulle moet gewaarsku word. Die sonde veroorsaak dat die toorn van die Here hulle vernietig. Nou stuur die Here Esegiël om vir alle Israeliete te gaan sê dat die Here Hom vererg oor hulle sondes en dat hulle hulle daarvan moet bekeer. 2. Die inhoud van die opdrag Dit gaan in hierdie roeping oor die profeet self, oor sy Sender en oor die mense aan wie hy die berig moet bring. Dit gaan oor homself omdat die Here hom gaan straf as hy sy werk nie behoorlik doen nie. Die Here verwag van Esegiël dat hy hierdie werk met groot sorg gaan uitvoer. Hy moet gaan praat Hy mag nie stilbly uit skaamte of agterlosigheid of watter rede ook al nie. Dit gaan ook in dié saak oor die profeet self omdat hy sy eie plig teenoor sy medegelowiges nie nakom as hy stilbly nie. Elke mens het die plig teenoor ander mense om hulle te versterk in hulle geloof, en om hulle in liefde te vermaan tot bekering wanneer hulle sonde doen. Daarom sê die Here dat hy die profeet se lewe in die hande van die sondaars gaan stel as hy nie met hulle gepraat het oor hulle sondes nie. Dit gaan oor die Here wat sy Sender is omdat die profeet die Here se Woord kragteloos maak as hy sy werk nie doen nie. Hy word deur die Here geroep om God se openbaring aan die mense oor te dra. Die doel van die Here met hierdie openbaring is nie om die mense te straf nie, dis om hulle tot bekering te bring al moet Esegiël die toorn van die Here gaan verkondig. Verder gaan dit oor die volk Israel. Hulle moet weet van die oordeel van die Here wanneer hulle verkeerd doen. As die profeet dus swyg, dan bewerk hy die toorn van die Here oor hierdie mense, want in plaas van om tot bekering te kom, gaan hulle in hulle sondes volhard, en daarmee in die oordeel inloop. Die Here wil juis nie hê dat sy volk ongewaarsku in die oordeel moet inloop nie. Die opdrag van die profeet gaan oor hierdie goddeloses wat daar in die volk van die Here is. Hulle is ook mense wat die hele lewe net om hulleself laat draai en wat bitter ongelukkig is wanneer die hele lewe nie vir hulle voordelig is nie. Dis mense wat hulle eie lewenswette maak en dit bo-oor die Here s n skryf. 3

Sulke mense moet gewaarsku word. Hulle moet eers hoor hoe die Here oor hulle doen en late voel, en dan moet hulle beweeg word om terug te keer na die Here toe. Die profeet se opdrag om te waarsku is dus in wese niks anders nie as bekeringsprediking. Dit maak nie saak wie die goddelose is en wat sy posisie in die lewe is nie. o Die Here vra niks meer as net waarsku nie! o As hy dan in sy sondes volhard gaan die Here hom straf. As hy nie gewaarsku is nie, gaan die Here hom ook straf, maar dan gaan die Here die een wat moes gaan praat, verantwoordelik hou. Maar Ek sal van jou rekenskap eis vir sy dood. (Esegiël 3:18 AFR1983) Die ou vertaling lees: Maar sy bloed sal Ek van jou hand eis. (Esegiël 3:18 AFR1953) Dit is dalk belangrik dat ons daarop moet let dat die Here ons nie daarvoor verantwoordelik gaan hou as ons iemand gaan vermaan, en die gewaarskude ons woorde in die wind slaan nie. Vers 19 stel dit baie duidelik dat so n persoon deur sy eie sonde sal sterwe, maar dat die een wat moes gaan waarsku, sy lewe sal behou. Die Here noem in vers 20 die moontlikheid van n mens wat goed en reg lewe. Dan op n dag, verdwaal hy iewers in die sonde in. Die Here sê dat so n mens ook deur sy sondes sal sterf. Maar as hy nie gewaarsku is nie, gaan die Here die een wat hom moes gewaarsku het, straf. Die Here gaan van daardie persoon rekenskap eis vir die verdwaalde se dood! Nie omdat die een wat moes praat vir die ander een n middelaar is nie net omdat hy nie sy plig om te vermaan nagekom het nie. Die laaste moontlikheid wat die Here noem, is in vers 21. As daar nou n goeie mens is wat meteens begin sondig en jy gaan praat met hom, o gaan die Here hom in die lewe behou, en o jy gaan jou lewe ook behou, want dan het jy jou plig gedoen. 3. Waar pas ons in? Wanneer ons al die dinge lees, dan dink ons baie keer dat die Here met Esegiël praat en dat al die dinge met ons niks te doene het nie. Maar dis nie waar dat hierdie gedeelte niks met ons te doene het nie. Hierdie opdrag van die Here is ook waar van elkeen van ons. Ons is baie keer bang om met mense te praat wat dinge doen en sê wat verkeerd is. Ons is miskien bang dat ons die mense se vriendskap gaan verloor. Of ons is bang dat hulle vir ons gaan kwaad word. Die groot probleem agter die saak is dat ons dink ons moet die mense oortuig. Ons dink ons moet aanhou totdat hulle hulle standpunt verander. Maar dis nie wat die Here vir Esegiël gesê het nie. Die Here het vir hom gesê hy moet net gaan waarsku wat die Here sê. Kyk na vers 27: 4

Maar wanneer Ek jou die opdrag gee en jou tong losmaak, moet jy vir hulle sê wat Ek die Here God sê. Laat dan luister wie wil en laat skouers optrek wie wil: hulle is n weerbarstige volk. (Esegiël 3:27 AFR1953) Ons hoef nie te gaan baklei nie. Ons moet net getuig. Die Here sal self die res doen. As ons werklik glo in die Here Jesus Christus, sal ons weet dat ons n saak het om voor te getuig. Alle mense is sondaars en goddeloos. As dit nie so was nie, het die Here Jesus nie kom sterf tot versoening van mense nie. Hy het ons met God versoen, en dis n baie groot saak. En elkeen wat dit besef, sal onder alle omstandighede getuies van die Here wil wees. Ons opdrag om teen die kwaad te getuig is maar n klein opdraggie as ons dit vergelyk met die verlossingsdaad self dit wat ons Here Jesus Christus gedoen het. Die Here God het aan n kruis gesterf. Hy het daar aan die kruishout die Here se straf gedra oor al my sondes dis nou die soort van sondes waaroor Esegiël die Israeliete moes gaan waarsku. Hy het ook uit die dood opgestaan en hemel toe gevaar om daar blyplek gereed te gaan maak, waar Hy ons in die hiernamaals gaan laat woon. Intussen ontvang Hy reeds elkeen van ons daar soos wat ons sterf. Nou gee Hy die opdrag aan ons: Gaan praat met die mense wat sonde doen. Die wat daarin volhard en die wat altyd goed en reg gelewe het maar wat nou die spoor byster raak in sekere opsigte. Daar is van hulle wat ook daar in die blyplek wat nou voorberei word, gaan woon. Die Here het vir ander mense wat saam met ons lewe, ook gesterf. Al weet ons nie wie hulle is nie, moet ons getuig van die verlossing in die Here Jesus. Ons moet ook getuig van God se toorn oor al die wat nie soos verlostes lewe nie sodat die uitverkorenes onder die mense rondom ons tot bekering kan kom. Ons bly mekaar se hoeders. Die oortuigingswerk in mense se harte sal gebeur deur die werk van die Heilige Gees. Die ding om mense se harte te verander is nie ons saak nie. Die wat net hulle skouers wil optrek en dan omdraai en loop, moet dit doen. Die Here het n saak met hulle. Daar moet net nie n dag kom wanneer die Here gaan sê dat Hy ons gaan straf omdat mense onbekeerlik in hulle sondes volhard het omdat ons nie gaan praat het soos wat Hy aan ons opgedra het nie. Ons moet net getuig en waarsku so sê die Here. Ons moet dit met soveel liefde en oortuiging doen dat die wat verkeerd doen, begeer om tot bekering te kom en so hulle sondes laat vaar. Die Here gaan sy raad onveranderlik voltrek dis verseker. Maar Hy het reëls! As ons waarsku en mense volhard in sonde, straf die Here hulle alleen. As iemand in sonde voortlewe en ons het niks gesê nie, gaan die Here hom straf, maar die Here gaan van ons rekenskap eis van sy dood. 5

Let op dat die saak terugsny na onsself toe ook. Ons wil nou gaan Nagmaal vier. Hoe kom ons hier by die Nagmaaltafel aan? Is ons mense wat luister wanneer daar met ons gepraat word oor ons sondes (goddeloosheid)? Wees dan getroue getuies van die Here Jesus Christus, maar ook getroue bekeerlinge. Praat met ander mense wanneer ons moet, maar luister ook wanneer ons moet. As ons praat, doen ons dit sag en versigtig ons laat net die saak van die Here hoor. En altyddeur luister ons fyn na die stem van die Here sodat ons ook weet wanneer die Here ons self tot bekering en die ewige lewe vermaan. Slotgebed Slotpsalm 51:6 (p. 261) 6 Gee my weer lewensvreug, die soete smaak / wat ek moet mis, in sondesmart verlore; gee my gewilligheid, uit vreug gebore, / wat weer u diens vir my n vreugde maak. Dan hoor ek nie die wrede aanklag meer: / "Kyk hoe het hy, die kind van God, gesondig!" Ek wil oortreders dan u weë leer, / bekering aan die sondaars bly verkondig. Die HERE sal jou seën en jou behoed; Die HERE sal sy aangesig oor jou laat skyn en jou genadig wees; Die HERE sal sy aangesig oor jou verhef en aan jou vrede gee. Dr MJ du Plessis Gereformeerde Kerk Bellville Datum: 20 Februarie 2011 6